6de sondag van paastyd€¦ · skriflesing: 1 petrus 3:13-22 dit is 'n voorreg om te ly vir...

37
6de Sondag van Paastyd 1. Voorsang ....................................................................................... 1 2. Gebed ........................................................................................... 2 3. Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 ........................................................... 2 4. Boodskap ....................................................................................... 4 4.1. Kinderoomblik ......................................................................... 4 4.2. Boodskap ............................................................................... 4 5. Gebed ......................................................................................... 15 6. Bespreek die volgende vrae ............................................................ 16 7. Offergawes .................................................................................. 16 8. Slotlied ........................................................................................ 17 9. Seënbede .................................................................................... 17 10. Afkondigings .............................................................................. 17 11. Luister ...................................................................................... 18 12. Die storie agter die Groot Storie (as jy dieper wil delf) ..................... 18 13. Die Message se weergawe van 1 Petrus 3:13-22 ............................. 26 14. Verdere hulpmiddels ................................................................... 28 1. Voorsang Ons Koning kom https://youtu.be/cowweuVsLsM U’s my God https://youtu.be/ZVh-FClcFe4

Upload: others

Post on 19-Aug-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

6de Sondag van Paastyd

1. Voorsang ....................................................................................... 1

2. Gebed ........................................................................................... 2

3. Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 ........................................................... 2

4. Boodskap ....................................................................................... 4

4.1. Kinderoomblik ......................................................................... 4

4.2. Boodskap ............................................................................... 4

5. Gebed ......................................................................................... 15

6. Bespreek die volgende vrae ............................................................ 16

7. Offergawes .................................................................................. 16

8. Slotlied ........................................................................................ 17

9. Seënbede .................................................................................... 17

10. Afkondigings .............................................................................. 17

11. Luister ...................................................................................... 18

12. Die storie agter die Groot Storie (as jy dieper wil delf) ..................... 18

13. Die Message se weergawe van 1 Petrus 3:13-22 ............................. 26

14. Verdere hulpmiddels ................................................................... 28

1. Voorsang

Ons Koning kom

https://youtu.be/cowweuVsLsM

U’s my God

https://youtu.be/ZVh-FClcFe4

Page 2: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Wat ’n vriend het ons in Jesus

https://youtu.be/d1EK5zRNY_Y

Jesus ons loof U

https://youtu.be/P7oHcLecZJA

2. Gebed

Luister na hierdie lied as ’n gebed

https://youtu.be/2eQ1oal44wU

3. Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22

Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle

beywer vir wat goed is? 14 Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen

wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou.

Moenie vir mense bang wees of julle laat

afskrik nie. 15 In julle harte moet daar net heilige eerbied

wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed

om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle

'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle

lewe. 16 Maar doen dit met beskeidenheid en met

eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon

bly, sodat dié wat julle oor julle goeie

lewenswandel in Christus belaster, daaroor

Page 3: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

skaam kan kry dat hulle kwaad van julle

gepraat het. 17 As dit die wil van God mag wees dat julle

moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter

só as om te ly wanneer julle kwaad doen. 18 Ook Christus het een maal vir die sondes

gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle

na God te bring, Christus wat as mens

doodgemaak is, maar deur die Gees lewend

gemaak is. 19 En so het Hy na die geeste in die gevangenis

gegaan en daar sy oorwinning aangekondig. 20 Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly

het toe Hy groot geduld met hulle aan die dag

gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het.

Net 'n klein klompie in die ark, ag in getal, is

deur die water gered. 21 Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou

gered word. Die doop is nie 'n afwassing van

die vuilheid van die liggaam nie, maar 'n bede

tot God om 'n skoon gewete, en dit red julle op

grond van die opstanding van Jesus Christus. 22 Hy is nou aan die regterhand van God nadat

Hy die engele en magte en kragte aan Hom

onderwerp het en die hemel ingegaan het.

Lees gerus die Message se weergawe deur hier

te kliek

Page 4: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

4. Boodskap

4.1. Kinderoomblik

Kliek hier om Sakkie-video te kyk.

https://youtu.be/oJvkso_NRsg

4.2. Boodskap

Jy kan die boodskap lees hieronder of klik op die

blou letters om na die video te kyk.

https://youtu.be/TFe6TyhD1rM

Indien jy belangstel om elke week die boodskap in ’n MP3 via

WhatsApp te ontvang, kontak die kerkkantoor of een van die leraars.

#Hoe is God?

Wat is die prentjie van God waarmee jy leef? En

wat ek bedoel met ‘prentjie’ is dit: Hoe ervaar

jy God se teenwoordigheid in jou lewe?

Dink jy aan Hom as ’n liefdevolle pa of as hierdie

kwaai Heerser wat regstaan om jou met sy

weerligstraal te tref wanneer jy ongehoorsaam

is?

Ek dink dit is ’n belangrike vraag omdat dit jou

uiteindelik bring by die vraag oor hoe jy jou

geloof beoefen?

Page 5: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Is jou geloof vir jou ’n lys reëls wat jy moet

navolg sodat jy darem eendag in die hemel kan

kom... of is jou geloof vir jou ’n verhouding met

God wat jou lewe reeds hier en nou radikaal kan

verander?

Die skrywer C.S. Lewis vertel in sy beroemde

boek Mere Christianity, ʼn storie oor ʼn

skoolseun wat uitgevra is oor hoe hy dink God

is.

Hy het geantwoord dat sovêr hy kon agterkom

God “die tipe persoon is wat altyd rondsluip en

kyk of daar iemand is wat homself geniet en dan

die pret stopsit!”

(“the sort of person who is always snooping

around to see if anyone is enjoying himself and

then trying to stop it!”).

Ek dink dit is hoe baie mense God sien: ʼn

Pretbederwende Boelie-Despoot!

Twee ma’s staan eendag en gesels met mekaar.

So vertel die een ma dat hulle gesin die vorige

aand aan tafel was en dat haar 6-jarige seun

soos gewoonlik nie sy groente wou eet nie.

Sy was moeg om hom te dreig, want dit het in

elk geval nie regtig gewerk nie. Toe sê sy ma vir

hom dat die Here hom gaan straf omdat die Here

Page 6: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

net niks daarvan hou as kinders nie hulle

groente opeet nie.

Met die uitstap uit die kombuis slaan daar ʼn

klipharde donderslag reg langs die huis! Toe sy

omdraai om te kyk of haar seun OK is, is sy bord

leeg, al die groente is opgeëet en sy hoor net

hoe hy mompel:

“So ʼn groot bohaai, net oor ʼn bietjie groente!”

Die ander ma lag en sy sê sy het ook ’n snaakse

storie om te vertel. Toe die geweldige storm die

vorige aand losbreek, gaan soek sy haar

dogtertjie om te kyk of die nie bang is vir die

donderweer nie.

En daar staan haar dogtertjie, reg voor die groot

sitkamervenster, gordyne wawyd oop en sy

staar die donkerte in - en elke keer as daar ʼn

weerligstraal flits, dan glimlag sy en sy draai

haar koppie so skuins.

Nuuskierig vra die ma die dogtertjie waarmee sy

dan nou besig is en die dogtertjie antwoord:

“Mamma, ek pose vir Jesus – kyk, Hy neem

foto’s van my!”

Iewers het die klein dogtertjie ʼn ander beeld van

God gehad as die seuntjie met sy bord groente,

Page 7: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

- én die seun in CS Lewis se boek wat God as ’n

Pretbederwer ervaar het!

Dink gou: wanneer iets sleg met jou gebeur,

wanneer jy swaarkry of seerkry, is jou eerste

gedagte ook soms, wat het ek nou verkeerd

gedoen? Waarom straf die Here my?

As ek eerlik is – al veg ek daarteen – is dit heel

dikwels die sondige gedagtes wat in my kop

kom...

Maar 1 Petrus 3 gee vir ons hierdie ander beeld

van God: God wat in Jesus ons lot kom verander

het, sodat ons in Sy teenwoordigheid die lewe in

oorvloed kan geniet en met betekenis kan lewe,

omdat ons deur die kruis vrygemaak is van

skuld.

Gebeur daar nog slegte dinge met goeie mense?

Ja natuurlik! Kry gelowiges soms swaar? Ja,

Petrus is baie duidelik daaroor dat lyding en

swaarkry deel is van ons lewe hier op aarde.

Maar ook is hy net so duidelik daaroor dat ons

deur die soet en suur van die lewe, die 24/7

teenwoordigheid van God moet raaksien in ons

lewe – Hy wat vir ons omgee, ons liefhet en

Page 8: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

saam met ons huil wanneer ons hartseer is of

seerkry.

God die Vader is beslis nie ʼn kwaai despoot wat

rondsnuffel om ons uit te vang of bang te maak

nie. Dit is nie die beeld wat Petrus of die Nuwe

Testament oor God in Jesus vir ons gee nie!

Petrus sê wanneer ons die pyne van die lewe

aan ons lywe voel, moet ons die lyding van Jesus

op aarde en aan die kruis onthou.

Volgens Petrus was die doel van Jesus se lyding

en van Sy kruis om ons in die teenwoordigheid

van God die Vader in te lei, nie om ons uit vrees

vir God weg te dryf nie!

Daarom in hierdie Paastyd van die kerkjaar –

onder hierdie moeilike omstandighede waarin

ons nou moet leer leef - mag ons toelaat dat ons

vrese, ons skuld en ons vrae deur die helder lig

van God se genade na die oppervlak gebring

word, sodat ons ware vrede en vrymaking en

verlossing, kan ervaar in die teenwoordigheid

van die regte egte liefdevolle Drie-enige God.

Soos Dan Hoffman kan ons hierdie tyd sien as

“an invitation to come out of ourselves and

Page 9: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

discover how God truly wants to pamper us with

the gift of his own love for us in Jesus Christ.”

#Die grootsheid van Jesus

Ja, Jesus kom wys ons dat God die Vader anders

is.

Daar is mos mense wat glo alle paaie lei na

Rome – dit maak nie saak watter god jy aanbid

nie, dis almal maar eintlik dieselfde god... Maar

ons weet mos dis mos nie waar nie!

Volgens ’n ou legende het ’n reisiger eendag

verdwaal en in ’n moeras met dryfsand beland.

Op sy krete om hulp het die Chinese filosoof,

Confucius, verskyn, en toe Confucius sien wat

gebeur het, het hy vir die reisiger gesê: “’n Mens

moet voor jou voete kyk en sorg dat jy nie op

plekke soos dié beland nie. Dis jou eie skuld dat

jy in hierdie moeilikheid is.”

En toe is Confucius weer daar weg.

Later het die Indiese filosoof en geestelike leier,

Boeddha, opgedaag en gesê: “Laat hierdie man

se benarde situasie ’n les wees vir die res van

die wêreld.”

Page 10: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

En toe is die Boeddha ook daar weg...

Die profeet Mohammed het kom kyk wat

aangaan, en teenoor die spartelende man

opgemerk: “Helaas! Jy moet berus; wat gebeur

het, is die wil van Allah.”

En toe is Mohammed daar weg.

Toe kom Jesus daar aan, Hy het die spartelende

man jammer gekry en onmiddellik sy hand na

die man in die dryfsand uitgesteek. “Gee My jou

hand,” het Hy gesê, “Ek sal jou red.”

Jesus wys ons dat God die Vader anders is...

Hy wil ons regtig help om ’n lewe in oorvloed te

leef!

As ons aan God dink as hierdie kwaai ou man

met die lang wit baard wat op sy troon sit en ons

dophou om te kyk of ons nie ’n voet verkeerd sit

nie – mis ons uit op ’n heerlikheid!

Ons mis uit op ’n verhouding met ’n liefdevolle

Vader God. Ons mis uit op ’n lewe-in-oorvloed-

lewe!

#Laat die Jesus-musiek in jou lewe weerklink

In ’n groot katedraal in Europa was daar ʼn

grootse, wonderlike pyporrel.

Page 11: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Een Saterdagoggend, was die koster in die

kerkgebou besig om te kyk of alles gereed is vir

volgende dag se erediens.

Terwyl hy op die galery besig was – daar waar

die orrel in die kerkgebou bo-oor alles

uitgetroon het – is hy ietwat onverhoeds betrap

toe hy voetstappe op die galery hoor.

ʼn Man het na hom toe gestap en gevra:

“Ekskuus, meneer, ek het nogal ʼn ent gereis om

hierdie beroemde orrel van hierdie katedraal te

kan besigtig. Kan ek dalk die orrel oopmaak en

net vir ʼn oomblik daarop speel?”

Die koster het eers nee gesê, want wat sou die

orrelis se reaksie wees as ʼn vreemdeling op die

kosbare instrument speel? Hy kon sy werk

verloor as die orrelis dit agterkom.

Tog het die vreemdeling weer gesmeek en vertel

hoe ver hy gereis het om die orrel te kon beleef

en, het hy die koster verseker, niks sal met die

orrel gebeur nie.

Die koster het so na die leë kerk gekyk en

gedink dit kan tog nie skade doen nie en toe

stem hy in dat die vreemdeling op die orrel mag

speel.

Page 12: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Die vreemdeling het homself voor die orrel

reggeskuif, ’n paar verstellings gemaak aan die

orrel se manuale en toe begin speel.

Die wonderlikste musiek het skielik die

katedraal gevul... musiek so hemels wat die

koster nog nooit vantevore in die katedraal

gehoor het nie!

Hy was meegevoer en aangeraak...

Toe die vreemdeling klaar gespeel het, het hy

die koster bedank en by die trappe van die

galery begin afloop. Die koster het hom egter

gekeer en uitgeroep: “Wag! Die was die mooiste

musiek wat ek nóg in hierdie katedraal gehoor

het. Wie is jy?”

Die vreemdeling het by die trappe omgedraai en

gefluister: “Felix Mendelssohn.”

Ja, die man was niemand anders nie as een van

die grootse orreliste en komponiste van die 19de

eeu!

Nadat Mendelssohn daar weg is, het die koster

vir ’n oomblik alleen daar gestaan en gedink oor

die pragtige musiek wat nog in sy siel weerklink

het: “Dink net – ek het amper verhoed dat die

meester sy musiek speel in my katedraal.”

Page 13: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Dit is ʼn bietjie ons storie met Jesus en met God

die Vader ook!

Deur ons bagasie uit die verlede met ons saam

te sleep, deur nie uit Sy vergifnis te lewe nie,

deur nie te leef in die wye oop ruimtes van Sy

genade nie, deur in vrees en onsekerheid te leef

omdat ons God nie vertrou dat Hy regtig in

beheer is nie - is om nie toe te laat dat Sy

musiek uit jou lewe weergalm nie!

Die beste wat ons kan doen is om deur die

werking van die Heilige Gees toe te laat dat God

se genade in Jesus ons lewens transformeer.

Soos wat 2 Kor. 3:18 dit so mooi verduidelik:

“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die

Here, want die sluier is van ons gesig af

weggeneem. Ons word al meer verander om aan

die beeld van Christus gelyk te word.

Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem

steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”

Of soos die Message dit stel:

“...when God is personally present, a living

Spirit, that old, constricting legislation is

recognized as obsolete. We’re free of it! All of

us! Nothing between us and God, our faces

shining with the brightness of his face.

Page 14: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

And so we are transfigured much like the

Messiah, our lives gradually becoming brighter

and more beautiful as God enters our lives and

we become like him.”

Dis die droom! Dit moet die droom wees van

elke gelowige! Nie net om die ewige lewe as

prys te verkry nie, maar om nou reeds – hier op

aarde – al meer en meer soos Jesus te leef en

op te tree en te klink.

Mag jy leef met ’n prentjie van God wat jou

vrymaak om Sy liefde in jou lewe te ervaar en

te leef.

Mag jy leer om elke dag te vertrou dat die Drie-

enige God selfs in jou gevind kan word.

Mag jy onthou dat jy elke dag - as gevolg van

Sy genade vrye toegang tot Sy genadige

teenwoordigheid het.

Mag jy ervaar – hoe buite beheer jou lewe dalk

ook al in hierdie stadium mag voel – dat God

steeds in beheer is en dat jy veilig in sy arms is.

Amen

Page 15: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

5. Gebed

Here, ons bely dat ons dikwels leef met ’n

skeefgetrekte prentjie van U.

Dis ons eie sonde wat maak dat ons aan U dink

as ’n Pretbederwer. ’n Despoot.

Heilige Gees, wys ons hoe om te lewe, sodat ons

in ’n lewende verhouding met die Vader kan leef.

Here, ons is bekommerd oor die wêreld en wat

aan die gebeur is. Ons raak mismoedig en

verloor so maklik hoop. Daar is soveel dinge

wat ons verloor het en wat ons bang is ons nooit

weer gaan beleef nie.

En daar is soveel mense wat die risiko loop om

deur hierdie virus seergemaak te word, Here.

Ons weet nie wat om te doen en hoe om te help

nie.

Ons is nie in beheer nie, Here en ons kan nie

altyd sien dat U in beheer is nie. Ons glo dit –

al sien ons dit nie.

Ons bid vir ons regeerders. Ons owerhede. Ons

mediese personeel. Ons veiligheidsmagte. Vir

wysheid. Vir insig. Vir kalmte. Dat U liefde deur

hulle sal stroom.

Page 16: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Dankie, dat ons aan U mag behoort.

Dankie, vir U veilige arms om ons.

Amen

6. Bespreek die volgende vrae

Noem enige iets uit die boodskap wat jou

geraak het of wat jy nie verstaan nie.

As jy vir jou vriend in een sin ’n WhatsApp

moes stuur, wat dink jy wil die Here vandag vir

jou sê?

Wat is die hoop in ons lewe waarvan ons lees

in vers 15? Wat sal jy antwoord as iemand vir

jou vra oor die hoop wat in jou lewe is?

Daar is nog vrae wat julle kan bespreek by die

3iG-materiaal, asook die Kleingroep-materiaal

wat aangeheg is aan die dokument.

7. Offergawes

Baie dankie vir soveel lidmate wat reeds tot ons

Noodfonds bygedra het. Meer info word in die

Afkondigings deurgee.

Let wel dat jy net soos altyd jou dankoffer kan

gee. Ons het SNAPSCAN as ’n bykomende opsie

opgestel, maar niks het verder verander nie. Vir

meer info, besoek gerus ons webtuiste

www.ngkerkmelkbosstrand.co.za

Page 17: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

8. Slotlied

Luister na hierdie lied van Riaan Benadé en Demi Lee Moore

https://youtu.be/xnckBQK987A

Meer as ooit dink ek dat dit tyd is om hierdie lied in Suid-Afrika te sing. Die lied se naam is ‘Dit is tyd om te sing’

https://youtu.be/8dMX22tJ4Fk

9. Seënbede

https://youtu.be/AIhAEABhdvw

10. Afkondigings

Daar het ’n brief van die kerkraad uitgegaan die

week – ons plaas die inhoud van die brief

hieronder.

Let asb. op dat ons Kategese groepe weer begin

het. Die kinders is almal opgedeel in

verskillende WhatsApp-groepe wat gefasiliteer

word deur een van ons kategete.

Moedig asb. julle kinders om deel te neem aan

die online gesprekke. Dit behoort nie meer as

15-30 minute uit hul week te neem nie.

Page 18: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Beste vriende in Christus

Covid 19 is sowaar besig om groot uitdagings aan ons almal te stel. Terwyl

ons in die tye nie as gemeente bymekaar kan kom nie, is ons dankbaar dat

die Heilige Gees steeds in almal van ons aan die werk is. Teen die tyd word

almal van ons geraak deur die emosionele, ekonomiese en maatskaplike

nood wat die inperking met Covid 19 tot gevolg het. Ons gebed is dat jy die

Here en Sy leiding in die tyd op nuwe maniere ervaar.

Ons hou jou/julle graag op hoogte en deel namens die kerkraad inligting

oor die gemeente se funksionering in die tye van die vlak 4 inperking:

1. Gemeente byeenkomste:

Geen gemeentebyeenkomste is nog toelaatbaar nie. Slegs troosdienste

kan gehou word, maar dan onderhewig aan streng beperkings. Kontak

die leraars in die verband.

Dit beteken dat ons noodwendig steeds alle beplande byeenkomste soos

eredienste, vergaderings, kleingroepe, die Pinkster-byeenkomste en die

40 -dae Geloofsreis, moet uitstel tot ons duidelikheid het oor die

toekoms.

Onthou intussen, julle is die gemeente en waar julle bid, lag en leef, daar

gebeur kerk en maak die Here deur Melkbosgemeente ’n verskil net

mooi waar julle nou is!

2. Funksionering van ons personeel en leraars.

Daar is steeds min ruimte vir die funksionering van die gemeente se

personeel en leraars.

Ons is dankbaar dat ons kerkperseel in die dae gebruik word as ’n

verspreidingspunt vir middele vir gesinne in nood binne die gemeente en

die groter Melkbos gemeenskap. Ons doen dit in samewerking met ’n

paar diensleweringsinstansies in ons gemeenskap.

Page 19: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

In die lig daarvan, en met die nodige permitte, is die personeel vir drie

dae van die week in die voormiddae by die kantoor.

Leraars mag steeds nie roetine hospitaal en huisbesoek doen nie. Hulle

kan en wil wel by dringende geestelike en emosionele nood en ernstige

siekte kom ondersteun. Die maklikste is om in die tye direk met die

leraars te skakel of jou kerkraadslid te vra om dit te doen.

3. Roetine bestuur en onderhoud

Die roetine bestuur en onderhoud van die gemeente se finansies,

personeel en toesig oor die kerkperseel gaan aan met groot afwagting vir

die dag wat ons almal weer die fasiliteite kan gebruik en geniet.

4. Gemeente finansies

Ons het groot begrip dat baie van ons in die dae finansiële druk ervaar

met kommer oor die toekoms. Baie van julle ervaar dit selfs eerstehands

met werksverlies of verlies aan eie inkomste of by familie en vriende.

Desondanks is ons dankbaar vir die ruim bydraes wat julle maak tot ons

gemeente se Noodfonds met kospakkies, sop kook en geldelike bydraes.

Sedert die inperking het lidmate al R53 000 tot die fonds bygedra.

Hierdie bydraes, tesame met ons begroting vir ons

Barmhartigheidsbediening, stel ons in staat om medegelowiges in hul

nood te kan ondersteun.

Die verlies aan Sondae se bankkollektes en die groeiende ekonomiese

druk het noodwendig ’n negatiewe impak op die gemeente se lopende

begroting met ’n duidelike daling in inkomste. Ons hanteer dit deur die

begroting van die gemeente te vries en slegs die mees noodsaaklike

uitgawes aan te gaan.

Die Finansiële bediening evalueer die situasie weekliks en maak

eersdaags aanbevelings aan die kerkraad rakende verdere moontlike

besnoeiings. Ons bly egter weekliks verbaas en dankbaar vir julle

dankoffer inbetalings wat steeds gemaak word en ons tot op hede in

Page 20: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

staat stel om alle noodsaaklikhede te kan hanteer. Ook dit is ’n toets vir

ons geloof. Dankie dat jy ook hierin na die Here se stem luister en Sy

leiding volg.

5. Dalk kan jy help?

Ons leer in die tyd op nuwe maniere dat ons mekaar nodig het. Ons

sorg en omgee vir mekaar maak dat ons Jesus meer eerstehands en

prakties ervaar. Dankie vir hoe julle na mekaar uitreik. As jy middele,

tyd of vaardighede het waarmee jy ander wil dien en nie weet hoe

nie, skakel gerus vir Ds Albertus, ds Faani of Gerda van die

Barmhartigheidsbediening. Dit kan dalk net die ding wees wat iemand

se gebede verhoor.

6. Geestelike groei en begeleiding

Hoewel ons verlang om ons byeenkomste te hervat, besef ons dat die

Here ons op nuwe maniere leer dat die gemeente bestaan uit mense wat

voor Hom saam is. Ons leraars doen moeite om op ons nuwe webtuiste

genoeg geestelike materiaal vir groot en klein beskikbaar te stel om julle

op ’n weeklike basis te kan begelei. Sien die webtuiste by:

https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/ Ons leraars ontvang graag terugvoer

en versoeke in die verband.

7. Emosionele ondersteuning

Die groeiende onsekerheid, ingeperktheid en negatiwiteit maak dat

almal van ons diep in onsself moet grawe. Dit lei tot angstigheid,

magteloosheid en depressiwiteit by baie. Naas die leraars, het ons ook ’n

groepie opgeleide beraders in die gemeente, wat reeds besig is om ’n

luisterende oor te gee vir die wat sukkel met angstigheid of ’n donker

gemoed.

Dalk het jy net doodgewoon behoefte dat iemand luister of saam met

jou bid oor die telefoon. Tesame met die leraars kan die volgende

Page 21: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

persone hiervoor by die volgende nommers gekontak word: Mariechen

Erasmus: 082 736 1512, Freda Rossouw: 081 5674999; Tielman

Rossouw: 082 395 6800 en Anton Basson: 083 229 5393

Met bogenoemde gesê, herinner ons mekaar daaraan dat ons saam met

ander gelowiges in die gemeenskap deel is van die kudde van die Goeie

Herder wat ons elkeen op die regte pad wil lei tot die eer van Sy Naam.

Kom ons dra mekaar in die gemeente deur vir mekaar te bly bid en toe

te laat dat die Here met ons almal praat en ons vorm, sodat ons,

wanneer ons weer as gemeente kan saam wees, baie God-stories het om

met mekaar te deel.

Groete in Christus

Ds Albertus

Namens die leraars en die kerkraad.

Page 22: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

11. Luister

Ek besef orrelmusiek is nie in almal se smaak

nie, maar luister vandag net vir so ’n paar

minute na hierdie orrelwerke van Felix

Mendelsohn. Speel dit so hard as wat jy kan.

Maak jou oë toe.

https://youtu.be/hhMvETANi5o

of

https://youtu.be/EJfPnp8AS_k

12. Die storie agter die Groot Storie (as

jy dieper wil delf)

Vir die wat verder wil lees en wat dieper in die

teks wil delf:

Vers 13:

“Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle

beywer vir wat goed is?”

Die gedagte dat die Here sy kinders beskerm

teen die vyand is nie ’n nuwe gedagte nie. Dit

word regdeur die Ou en Nuwe Testament

aangetref. (Psalm 56:4; 91:7; 118:6; Jesaja

50:9; Matteus 5:10-12; 10:28-31, 39; 16:25-

26; Lukas 12:4-7; 21:17-18 – om maar net ’n

paar te noem.) Paulus het vir die gemeente in

Rome gevra: “As God vir ons is, wie kan dan

teen ons wees?” (Rom 8:31)

Page 23: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Dit beteken egter nie – en hieroor is Petrus baie

duidelik – dat christene nie sal swaarkry nie. Dit

maak ons nie immuun teen seerkry en lyding

nie. Inteendeel, die vroeë christene is wreed

vervolg vir hulle geloof.

Die hoop van vervolgde christene is dus in die

eerste plek met die oog op die ewige lewe –

hulle mag dalk nou swaarkry, maar hulle sal in

die hemel beloon word!

God beloon en bemagtig egter ook nou reeds sy

volgelinge! Dawid het vir Goliat verslaan,

Gideon het met sy klein bendetjie die Midianiete

verslaan, Petrus is deur ’n engel uit die tronk

bevry!

Terwyl ons van dag tot dag die Here deur ons

lewens eer, in die geloof lewe, help Hy ons tog

nou reeds om hierdie lewe te navigeer en om

ware geluk en vrede te ervaar.

Die woord wat ons met ‘beywer’ vertaal het, is

zelotes – wat ons ook sou kon vertaal het met

‘nabootser’. Die Engelse woord zeal kan in die

Grieks gehoor word. Dit is om iets met passie

te doen.

“Zealots” het deesdae ’n negatiewe woord

geword – veral wanneer dit in terme van geloof

gebruik word. Google se woordeboek definieer

dit bv. as “a person who is fanatical and

uncompromising in pursuit of their religious,

Page 24: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

political, or other ideals.” – maar Google

translate vertaal dit sommer net met ‘gelowige’!

Dit kan dus positief of negatief gebruik word –

maar Petrus moedig ons beslis hier aan om ons

met passie te beywer vir wat goed is, om ’n

‘goeie’ zealot te wees.

Vers 14:

“Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen

wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg

beskou. Moenie vir mense bang wees of

julle laat afskrik nie.”

14a is ’n direkte verwysing na die

Bergpredikasie, Matteus 5:10-12, wat sê

“Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle

doen wat reg is, want aan hulle behoort die

koninkryk van die hemel. 11 “Geseënd is julle

wanneer die mense julle ter wille van My beledig

en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot

in die hemel. Hulle het immers die profete voor

julle net so vervolg.”

Die ding is, Petrus vra die vraag: “Wie sal julle

kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat

goed is” en sy lesers sou dadelik kon sê: “Ons is

kwaad aangedoen juis omdat ons die Here

Page 25: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

dien!” Maar Petrus vra hulle om goed na te dink

oor presies waarom hulle swaarkry en wat die

gevolge van hulle gehoorsaamheid gaan wees!

14b is weer ’n verwysing na Jesaja 8:12 (“Julle

moenie bang wees en skrik vir die dinge

waarvoor hulle bang is nie.”) Jesaja moedig die

volk Israel aan om nie bang te wees vir hulle

vyande nie – net soos wat Petrus hierdie

christene in Klein-Asië aanmoedig om nie vir

hulle vyande bang te wees nie, maar om eerder

op God te vertrou en om aan te hou doen wat

reg is.

Vers 15:

“In julle harte moet daar net heilige

eerbied wees vir Christus die Here...”

Petrus gaan voort om die profeet Jesaja aan te

haal (Jes. 8:13) “Julle moet die Here die

Almagtige eer as die Heilige. Vir Hom moet julle

vrees en vir Hóm moet julle bang wees.”

“...Wees altyd gereed om 'n antwoord te

gee aan elkeen wat van julle ’n

verduideliking eis...”

Jesus het vir Petrus geleer dat hy gereed moet

wees, wanneer hulle hom aankla, om nie bang

te wees nie en om hom nie te bekommer oor

Page 26: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

wat hy gaan sê nie, omdat die Heilige Gees hom

sal leer wat om te sê. (Lukas 12 en 21)

Petrus het, nadat hy met Jesus se kruisiging oor

hierdie hekkie gestruikel het en Jesus verloën

het, nooit weer gehuiwer om te getuig voor

mense nie. Hy het geglo dat mens eerder aan

God as mense gehoorsaam moet wees (Hand.

5:29, 42).

“...oor die hoop wat in julle lewe.”

Hierdie hoop wat in ons lewe, is nou verbind aan

ons geloof. Dit is gebaseer op die beloftes van

God in Sy Woord en op ons ervaring van God se

getrouheid. In hoofstuk 1 reeds het Petrus gesê

dit is ’n ‘lewende hoop’. Dit is die hoop op

verlossing en die hoop op God se seën te midde

van vervolging.

Vers 16:

“Maar doen dit met beskeidenheid en met

eerbied vir God.

Beskeidenheid is nie ’n swakheid nie. Dit is nie

‘onseker van jouself’ nie. Dis om die ‘stil-sterk-

tipe’ te wees.

Eerbied sou ook met ‘vrees’ vertaal kon word.

Dit gaan nie hier oor bang wees nie, maar om

respek vir God se almag en grootheid te hê. Dit

Page 27: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

is om die Here en net die Here alleen te dien.

Dit behels gehoorsaamheid aan Sy wil.

Elke keer wanneer christene ‘getuig’ op so ’n

manier dat hulle liefdeloos oorkom, doen ons

eerder die evangelie skade aan.

“...Sorg dat julle gewete skoon bly sodat

dié wat julle oor julle goeie lewenswandel

in Christus belaster, daaroor skaam kan

kry dat hulle kwaad van julle gepraat

het.” ...”

Die Griekse woord suneidesis wat ons hier met

‘gewete’ vertaal het, behels ’n selfbewussyn.

Dit is om te weet wie jy is en waarheen jy op

pad is. Dis iets soos die stem binne jou wat jou

op die regte pad hou.

Vers 17:

“As dit die wil van God mag wees dat julle

moet ly wanneer julle goed doen, is dit

beter só as om te ly wanneer julle kwaad

doen.”

Petrus het reeds die punt in 2:20 gemaak. Daar

is niks masochisties aan ons geloofsbeoefening

nie – ons hoef nie vir pyn en lyding te gaan soek

nie! Maar as ons ly, omdat ons die Here dien,

Page 28: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

sal Hy by ons wees en word ons aangemoedig

om te volhard.

Vers 18:

“Ook Christus het een maal vir die sondes

gely, die onskuldige vir die skuldiges, om

julle na God te bring, Christus wat as mens

doodgemaak is, maar deur die Gees lewend

gemaak is.”

Petrus maak die punt dat Jesus ons in hierdie

lyding voorgegaan het. Hy het dit gedoen sodat

Hy die Weg na die Vader kan wees. Dit is altyd

die doel van ons getuienis, van ons

evangelisasie, om mense by die Vader uit te

bring.

Vers 19 en 20:

“En so het Hy na die geeste in die

gevangenis gegaan en daar sy oorwinning

aangekondig. Dit is hulle wat aan God

ongehoorsaam gebly het toe Hy groot

geduld met hulle aan die dag gelê het in die

tyd toe Noag die ark gebou het. Net 'n klein

klompie in die ark, ag in getal, is deur die

water gered.”

Martin Luther het in sy kommentaar oor 1 Petrus

3 van vers 19 en 20 gesê dat hy nie ’n idee het

wat Petrus hiermee bedoel het nie! En nadat ek

’n klomp slim teoloë se opinie hieroor gelees het,

Page 29: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

dink ek dis veilig om te sê dat ons nie eintlik ’n

idee het wat Petrus hiermee bedoel het nie.

Moontlik verwys hy na die onderwêreld of die

doderyk en dat Jesus ook sy oorwinning daar

gaan aankondig het, maar dit werk teologies nie

lekker nie. Ons verstaan dat hy verwys na

Genesis 6 en na Noag en sy vrou en kinders wat

deur die ark gered is en dat hy hiermee ’n

verband tussen die ark en die doop trek.

Dis dalk genoeg om te verstaan dat God in

beheer is oor alle sfere – lewe en dood. En al

mag die bose dink dat hy ’n mate van beheer

het, weet ons dat God klaar deur Jesus se

opstanding die bose oorwin het.

Vers 21:

“Dit dui op die doop, waardeur julle ook

nou gered word. Die doop is nie 'n

afwassing van die vuilheid van die liggaam

nie, maar 'n bede tot God om 'n skoon

gewete, en dit red julle op grond van die

opstanding van Jesus Christus.”

Beide die ark en die doop is tekens van God se

genade. Die ark is ’n simbool van Noag se

gehoorsaamheid aan God. Net soos wat om

gedoop te word ’n opdrag van God is. Net soos

water vuilheid wegwas, so is die doop die teken

dat ons sonde weggewas word.

Page 30: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

Petrus maak dit hier duidelik dat ons nie gered

word bloot omdat ons ’n skoon gewete het of ’n

mooi, morele lewe lei nie – maar op grond van

die opstanding van Jesus Christus. Let asb. mooi

op dat Petrus nie sê dat die doop ons red nie!

Vers 22:

“Hy is nou aan die regterhand van God

nadat Hy die engele en magte en kragte

aan Hom onderwerp het en die hemel

ingegaan het.”

Dit verwys na die gedagte van Psalm 110:1 (Die

Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit

aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan

jou onderwerp.”

Jesus regeer nou vanaf die regterhand van God

die Vader.

13. Die Message se weergawe van 1

Petrus 3:13-22 13-18 If with heart and soul you’re doing good,

do you think you can be stopped? Even if you

suffer for it, you’re still better off. Don’t give

the opposition a second thought. Through thick

and thin, keep your hearts at attention, in

adoration before Christ, your Master. Be ready

to speak up and tell anyone who asks why

you’re living the way you are, and always with

Page 31: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

the utmost courtesy. Keep a clear conscience

before God so that when people throw mud at

you, none of it will stick. They’ll end up

realizing that they’re the ones who need a

bath. It’s better to suffer for doing good, if

that’s what God wants, than to be punished for

doing bad. That’s what Christ did definitively:

suffered because of others’ sins, the Righteous

One for the unrighteous ones. He went through

it all—was put to death and then made alive—

to bring us to God.

19-22 He went and proclaimed God’s salvation to

earlier generations who ended up in the prison

of judgment because they wouldn’t listen. You

know, even though God waited patiently all the

days that Noah built his ship, only a few were

saved then, eight to be exact—saved from the

water by the water. The waters of baptism do

that for you, not by washing away dirt from

your skin but by presenting you through Jesus’

resurrection before God with a clear

conscience. Jesus has the last word on

everything and everyone, from angels to

armies. He’s standing right alongside God, and

what he says goes.

Kliek hier om die Boodskap te hoor/lees

Page 32: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

14. Verdere hulpmiddels

Kyk gerus na die 3iG Dissipelskap materiaal. Dis

so opgestel dat drie vriende dit via

WhatsApp/Epos of telefoon kan bespreek.

Ons stuur steeds die Kleingoep-materiaal.

Daar is ook ’n Tuisblad om gesinne te help om

die teks gedurende die week te hanteer.

Page 33: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

PRAKTIESE WYSHEID

VIR KLEINGROEPE

word stil

17 Mei 2020

Wat leer ons in verse 18-22 oor Christus en wat Hy gedoen het? Hoekom is dit belangrik? Wat is gewoonlik jou eerste reaksie wanneer iemand jou kwaad aandoen? Vergelyk dit met die reaksie wat deur Petrus voorgestel word. Hoe help die voorbeeld van Noag ons hiermee? Gesels oor hierdie gedagte: Hoe ‘n mens verontregting en lyding hanteer wys wie baas is in jou lewe. Op watter maniere ly gelowiges deesdae omdat hulle goed doen? Kan julle aan voorbeelde dink? Het dit al met jou gebeur?

As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is: As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.

Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Wat leer ons oor ‘n Christen se gewete en lewenswandel? Wat is die hoop in ons lewe waarvan ons lees in vers 15? Wat sal jy antwoord as iemand vir jou vra oor die hoop wat in jou lewe is?

Lees Psalm 66: 8-20

Dink na oor God se trou en oor hoe Hy luister en jou gebede verhoor.

Hoe ons nuut dink, doen en leef in die wêreld rondom ons.

Verder en Voor: Help mekaar om te dink aan praktiese maniere waarop julle hoop kan gaan uitleef.

Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid? Dit sal goed wees as julle ’n gebedsjoernaal kan begin waarin julle gebedsversoeke kan neerskryf. Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Hoe en waar het jy die afgelope week vir God beleef?

Dank God daarvoor.

Beantwoord een van die vrae oor jou week: Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom? Waarvoor is jy dankbaar en wat was vir jou moeilik? Waar het jy God aan die

werk gesien?

Vertel van iemand wat hoop uitstraal.

1 Petrus 3: 13-22

Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.

Wat dink julle was die hoofgedagte? Kan julle dit in een sin opsom?

Page 34: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

3 STAPPE ‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.

2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.

1 GESREK Ons maak weekliks met mekaar kontak (deur ’n koffie-afspraak of telefonies) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.

saam groei

saam bid

3iG

’n saam-glo dissipelskap gesprek

saam gesels

saam stap

17 MEI 2020

Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.

B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”

Wie is die mense vir wie die eerste Petrusbrief geskryf is? Ja, inderdaad het hulle in die provinsies van Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië gewoon. Godsdienstig word hulle beskryf as vreemdelinge en bywoners en wat weens hulle andersheid daarvoor gely het. Sosiologies was hulle ’n onbeduidende, verstrooide, lewensvreemde, klein minderheidjie versprei oor Klein-Asië. Hulle was sonder mag of invloed. In die oë van die ander mense van Klein-Asië en van die gereg was hulle as misdadigers gereken. Hulle is verag en beledig. Dit wil voorkom asof hulle geen toekoms of hoop gehad het nie. Niemand gee vir hulle om nie. Sommige van hulle is slawe wat uitgelewer is aan die willekeur van onregverdige eienaars. Van die vroue is aan die genadeloosheid van hul onbarmhartige mans oorgelaat. Wie is hulle? Niemand nie. Niks. Deur niemand geag of gereken nie. Uitgeskuifdes, nie in tel nie, onbelangrik. Vir sulke mense noem Petrus uitverkorenes van God, deur God die Vader vooraf bestem en uitverkies en deur die Gees afgesonder. Lees nou 1 Petrus 3:13-22 aandagtig deur.

Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.

Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).

1. Kan jy aan ‘n geleentheid dink toe jy gely het, omdat jy goed aan ander gedoen het.? Vertel vir mekaar daarvan? Hoe het jy daaroor gevoel? Hoe het jy daaroor gedink?

2. 1 Petrus gee insiggewende perspektiewe op lyding as deel van navolgers van Jesus se lewe: hulle word bedroef gemaak deur allerhande beproewings sodat die egteheid van hulle geloof getoets kan word (1:6-7); soos Christus, wat verwerp, maar uiteindelik geëer is, ly hulle ook (2:4-10); hulle volg die voorbeeld van Christus

Geloofsgewoonte: Om God te aanbid. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om blymoedig en vreugdevol ons in God te verlustig, ons saam met ander in God se teenwoordigheid te verbly en in verwondering oor sy Woord Hom in gebed en sang, maar ook in stilte te aanbid. Lees hieroor Ps. 16:7, 9 en 11; 139:14; 47:1Fil. 1:9-10 en Kol. 1:9. . Doen-dinge:

1. Waar beleef jy God se teenwoordigheid die meeste? In die natuur? Terwyl jy na christelike musiek luister? Tydens ’n erediens? Of in stilte? Soek die plek gereeld op. Deel met God in gebed wat jy daar beleef.

2. Noem al God se gawes aan jou op. Maak ’n lysie van sy voorsiening, leiding en liefde. Skryf ’n lied of gedig of maak ’n collage van jou belewenis van God.

3. Vier God se groot verlossingsdade in aanbidding regdeur die kerkjaar: advent,

kersfees, epifanie, lydenstyd, paasfees, pinkstertyd en die tyd van die koninkryk. .

Dink-dinge: 1. Wat gaan deur jou gemoed wanneer jy ander gelowiges sien wat God aanbid en

dit soms op maniere wat heeltemal van jou manier van aanbidding verskil?

2. Dink aan iemand wat werklik die lewe en God heelhartig geniet en vier. Wat dink jy kan jy by sy/haar manier van aanbidding leer?

3. Hoe kan aanbidding van God ’n lewenswyse word?

Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.

in sy lyding (2:18-25) en hulle moet dit as ‘n voorreg beskou as hulle ly omdat hulle doen wat reg is (3:14). Verduidelik vir mekaar hoe dit jou verstaan van lyding verander het.

3. Net soos in 2:22-25, verplaas Petrus die fokus weg van hulle eie lyding en plaas dit

binne ‘n nuwe raamwerk, naamlik die lyding van Christus in 3:18-22. Hier word Christus se onregverdige lyding en dood, nie as ‘n nederlaag beskryf nie, maar as ‘n triomfantlike oorwinning oor alle bose magte. Beskryf hierdie hoopvolle perspektief wat dit vir die eerste lesers moes open. Watter hoop bied dit ook vir julle as navolgers van Jesus vandag, wat ook dikwels moet ly terwyl julle doen wat reg en goed is?

4. Herinner mekaar aan die betekenis daarvan dat Christus nou aan die regterhand

van God is (vers 22). Omskryf die troos wat hierdie waarheid vir lydende navolgers van Jesus bied. Watter uitwerking moes hierdie troos op hulle hê, dink julle?

5. Dink na oor jou lewe as navolger van Jesus: Hoe lojaal is ek aan Jesus Christus te

midde teenkanting, verwerping en lyding?

Page 35: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

ons nuwe storie ons storie

FAMILIE TUISBLAD

GOD se storie

Rituele en gewoontes

1 Petrus 3:13-22

17 Mei 2020

Kan jy onthou van ’n keer toe jy ’n goeie ding gedoen het EN toe sleg behandel is daaroor? Vertel vir mekaar daardie storie.

Om te weet wat reg is, is soms moeilik. Om die regte ding te doen is soms moeiliker.

Wanneer ons dan sleg behandel word oor die keuse wat ons gemaak of die aksie wat ons uitgevoer het, maak dit, dit die moeilikste om WEER so te maak.

Dit voel soms of daar ’n geveg / stryd is tussen die mense wat goeie goed wil doen en die mense wat slegte goed wil doen.

Dit lyk ook soms of die slegte, die goeie wen.

Petrus herinner ons dat Jesus doodgemaak is, maar dat God Hom lewendig gemaak het. So het Jesus finaal die geveg/ stryd gewen teen die slegte en die dood.

Ons kan daarom aan Jesus vashou. Ons kan vashou aan Sy oorwinning. Ons kan aanhou goed doen - want ons weet Jesus het gewen.

Tydens lockdown is daar baie mense wat dink hulle word sleg behandel.

Dalk kan hulle nie werk of ’n inkomste verdien nie.

Baie mense voel moedeloos.

Wat kan jy / julle doen om mense te help? Wat kan julle doen om mense te help om minder moedeloos te voel?

Hoe kan ons aanhou om goed te doen?

God se kinders is mense wat goed doen.

God hou daarvan as Sy kinders reg optree.

MAAR deur die geskiedenis het kinders van God besef dat mense nie altyd positief reageer wanneer hulle die regte ding doen nie.

Petrus herinner die kinders van God in Turkye dat Jesus ook sleg behandel is deur somige mense.

Dit kan ons help om te onthou dat Jesus aangehou het om goed te doen selfs aan die mense wat Hom sleg behandel het.

Page 36: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

wat wil jy vandag bereik?

ons storie: ysbreker (hier en nou)

Ter wille van gemeentes wat gewoond is aan die ritme

van Kontak-kategese, plaas ons in hakies

hoe dit in daardie raamwerk inpas.

Besef egter asb. dat NOUS weggestap het van

Kontak-kategese. NOUS se kategese-model is steeds gebaseer op Groome se model, maar ons het dit verder ontwikkel sodat dit makliker in

gemeentes toegepas kan word.

Gemeentes is welkom om lede

van die NOUS span te nooi

om opleiding rondom hierdie metodiek

te kom aanbied.

GOD se storiewat sê die Bybel (daar en dan)

word stil

Lees Psalm 16

Lees weer vers 6.

As jy / julle kans het: gesels oor water mooi goed het God vir jou gee. Waarvoor is jy dankbaar in lockdown.

Hoërskool Kategese

17 Mei 2020

1 Petrus 3:13-22

Ons is steeds in die boek 1 Petrus besig. Onthou dat die boek geskryf is aan kinders van God wat hulle

bes probeer om te leef volgens hulle geloofsoortuigings. Die land waarin hulle woon het egter geen geduld of repek

hiervoor nie. Petrus wil hulle hoop gee en aanmoedig om steeds te doen

wat reg is. Hulle kan hulle hoop plaas op Jesus wat self sleg behandel is

omdat Hy gedoen het wat reg is.

Kan jy onthou van ’n keer toe jy ’n goeie ding gedoen het EN toe sleg behandel is daaroor? Vertel vir mekaar daardie

storie.

Om te weet wat reg is, is soms moeilik. Om die regte ding te doen is soms moeiliker.

Wanneer ons dan sleg behandel word oor die keuse wat ons gemaak of die aksie wat ons uitgevoer het, maak dit,

dit die moeilikste om WEER so te maak.

As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.

Lees 1 Petrus 3:13-22

Page 37: 6de Sondag van Paastyd€¦ · Skriflesing: 1 Petrus 3:13-22 Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is 13 Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14 Maar

ons nuwe storie na die erediens

gesels dan oor die volgende saam

bid vir mekaarIs daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Onthou julle nog die ABC van gebed? Aanbidding

“Here, ek aanbid U, want...”

Belydenis “Here, vergewe my vir...”

Voorbidding “Ek bid vandag vir...”

Danksegging “Dankie, vir...”

Eie behoeftes en toewyding

Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. God se kinders is mense wat goed doen. God hou daarvan as Sy kinders reg optree.

MAAR deur die geskiedenis het kinders van God besef dat men-se nie altyd positief reageer wanneer hulle die regte ding doen nie.

Is daar ’n voorbeeld uit die geskiedenis (waarvan julle weet) toe mense negatief gereageer het op mense wat probeer om goed te doen?

Petrus herinner die kinders van God in Turkye dat Jesus ook sleg behandel is deur somige mense.

Dit kan ons help om te onthou dat Jesus aangehou het om goed te doen selfs aan die mense wat Hom sleg behandel het.

Dit voel soms of daar ’n geveg / stryd is tussen die mense wat goeie goed wil doen en die mense wat slegte goed wil doen.

Dit lyk ook soms of die slegte, die goeie wen.

Het jy dit al so beleef? Vertel daarvan?

Petrus herinner ons dat Jesus doodgemaak is, maar dat God Hom lewendig gemaak het. So het Jesus finaal die geveg/ stryd gewen teen die slegte en die dood.

Ons kan daarom aan Jesus vashou. Ons kan vashou aan Sy oorwinning. Ons kan aanhou goed doen - want ons weet Jesus het gewen.

Watter hoop neem jy daaruit om te weet dat Jesus die dood oor-win het?

Hoe ons nuut, dink, doen en leef in die wêreld rondom ons. Verder en Voor

As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is

Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.

Wat dink julle was die hoofgedagte?

Kan julle dit in een sin opsom?

Tydens lockdown is daar baie mense wat dink hulle word sleg be-handel. Dalk kan hulle nie werk of ’n inkomste verdien nie. Baie mense voel moedeloos. Wat kan jy / julle doen om mense te help? Wat kan julle doen om mense te help om minder moedeloos te voel?

Hoe kan ons aanhou om goed te doen?