jy is super welkom by t - bloemfontein baptiste...

3
Wat ons moet weet en wat ons moet doen Die Man van Nasaret: Jesus Mark 10:45: ‘Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.’ 1. Die weglatings? Min oor geboorte. Min oor doop. Min oor versoeking. Min oor leringe. Min oor oordeel. Min oor wonders by die kruisiging. Min oor titels. 2. Die byvoegings. Jesus was ‘n ‘dadelik’ mens. Jesus bedien in huise. Jesus bedien mense apart. Jesus gebruik Sy hande en Sy oë. Jesus ly en sug. Heb 13:21: ‘Mag God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle Sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus Deel 4 van 21 2 September 2018 051- 451 1017 [email protected] www.kerk.co.za bfn_baptiste

Upload: others

Post on 24-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jy is super welkom by T - Bloemfontein Baptiste Kerkkerk.co.za/wp-content/uploads/2018/...te-preek-4.docx · Web view: “Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook

Wat ons moet weet en wat ons moet doen

Die Man van Nasaret: Jesus

Mark 10:45: ‘Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te wordnie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.’

1. Die weglatings? Min oor geboorte. Min oor doop. Min oor versoeking. Min oor leringe. Min oor oordeel. Min oor wonders by die kruisiging. Min oor titels.

2. Die byvoegings. Jesus was ‘n ‘dadelik’ mens. Jesus bedien in huise. Jesus bedien mense apart. Jesus gebruik Sy hande en Sy oë. Jesus ly en sug.

Heb 13:21: ‘Mag God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle Sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.’

Let wel: Intensiewe dissipelskapkusus. Saam is ons leraars besig om ‘n program vir geestelike groei saam te stel. Meesterlewe maak ‘n groot deel uit hiervan en is al in meer as 40 verskillende lande aangebied. ‘n Naweekkursus word beplan vir 14 Sept: Vrydagaand 18h30 – 21h30, Saterdagoggend 08h30 -12h00 en middag 14h00-17h00. Ligte etes sal bedien word en versorging vir kleiner kinders word gereël. Navrae Liezel Pretorius: [email protected].

Deel 4 van 21 2 September 2018

051- 451 1017 [email protected] www.kerk.co.za bfn_baptiste

Page 2: Jy is super welkom by T - Bloemfontein Baptiste Kerkkerk.co.za/wp-content/uploads/2018/...te-preek-4.docx · Web view: “Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook

SAAMBID

Die huis van my Vader moet ‘n huis van gebed wees. (Matt 21:13)

In die verlede het ons gekyk na 6 verskillende gebede van Paulus op 6 verskillende plekke.Hieronder is nog gebede van Paulus wat hy vir verskillende gemeentes gebid het.

Kom ons bid dieselfde gebede vir mekaar:

1. Rom 1: 9-11: ”God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie. Ek sien baie daarna uit om julle te besoek, want ek wil 'n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk.”

2. 1 Kor 1:4: “Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het.”

3. Ef 1:16-19: “Hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het..”

4. Ef 3:14: “Daarom kniel ek in gebed voor die Vader...”

5. Fil 1:3,4 & 9,10: “Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees.”

6. Kol 1:3 & 9,10: “Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle. Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.”

7. 1 Tes 1:2,3: “Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.”

8. 2 Tes 1:3: “Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer.”

9. 2 Tim 1:3:” Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink.”

10. Filemon 1:4-6: “Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys. My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.”

Saambid geleenthede:

Woensdae: 18h00 - 19h00 by die kerk.Vrydae: 09h00 -10h00 in die Jabes huis.Saterdae: 08h00 – 09h00 in die Jeugsentrum.Sondae: 08h00 voor Eerste diens, 09h45 voor Tweede diens; 18h00 voor Aanddiens.

Deel 4 van 21 2 September 2018