preke: seisoen van menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... ·...

21
Johannes 1:1-14 - Kersfees 25 Desember 2016 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................1 1.2 Fokusteks: Johannes 1:1-14..................................5 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................5 2 Erediens........................................................5 2.1 Tema........................................................5 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................5 2.3 Liturgie....................................................6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus.........................................................6 3.2 Liedere.....................................................8 4 God praat met ons en ons luister...............................12 4.1 Familie-oomblik............................................12 4.2 Preekriglyn................................................13 5 God stuur ons om te leef.......................................15 6 Volgende erediens..............................................15 1 Oorsig Die karakter van die Kersdiens is een van verwondering en aanbidding, van dankbaarheid vir God se onbegrensde liefde en trou. Hierdie verwondering en dankbaarheid moet die hele liturgie dra en daarin uitdrukking vind. Dit spoor ons ook aan om grensloos vrygewig en liefdevol te wees. Die liturgiese kleure is wit en goud, die kleure van die koning wat gebore is. Gebruik baniere en ander versierings om die liturgiese ruimte feestelik te klee. Draai geskenke toe om uit te deel aan die begin van die diens. Die volgende mense kan geskenke ontvang: die gesin met die meeste lede 1

Upload: others

Post on 30-Dec-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

Johannes 1:1-14 - Kersfees 25 Desember 20161 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................1

1.2 Fokusteks: Johannes 1:1-14..................................................................................................5

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................5

2 Erediens.........................................................................................................................................5

2.1 Tema.....................................................................................................................................5

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................5

2.3 Liturgie..................................................................................................................................6

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................6

3.1 Rus........................................................................................................................................6

3.2 Liedere..................................................................................................................................8

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................12

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................12

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................13

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................15

6 Volgende erediens.......................................................................................................................15

1 OorsigDie karakter van die Kersdiens is een van verwondering en aanbidding, van dankbaarheid vir God se onbegrensde liefde en trou. Hierdie verwondering en dankbaarheid moet die hele liturgie dra en daarin uitdrukking vind. Dit spoor ons ook aan om grensloos vrygewig en liefdevol te wees. Die liturgiese kleure is wit en goud, die kleure van die koning wat gebore is. Gebruik baniere en ander versierings om die liturgiese ruimte feestelik te klee.

Draai geskenke toe om uit te deel aan die begin van die diens. Die volgende mense kan geskenke ontvang: die gesin met die meeste lede in die kerk; die oudste persoon in die kerk; die jongste persoon in die kerk; almal wat vandag verjaar en iemand wat nog nie ʼn geskenk ontvang het nie.

1.1 Ander teksteJesaja 62:6-126Ek het wagte op jou mure uitgesit,

1

Page 2: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

Jerusalem,hulle sal dag en nag roep.Julle wat die Here

aan sy beloftes moet herinner,julle moenie stilbly nie.7Julle moenie stilbly nie

totdat Hy Jerusalem herstel het,totdat Hy die hele wêreld

die roem van Jerusalem laat sing het.8Die Here het ’n eed afgelê,en deur sy groot mag sal Hy dit

gestand doen:Ek sal jou koring

nie weer aan jou vyande geeom te eet nie,

uitlanders sal nie weer die wyn drinkwaarvoor jy hard gewerk het nie.9Dié wat die koring oes, sal dit eeten hulle sal My loof;dié wat die druiwe oes, sal die wyn drink

in die voorhof van my heiligdom.10Gaan uit, gaan uit by die poorte,maak die pad gereed vir die volk!Vul die grootpad op, vul dit op!Vat weg die klippe!Steek ’n banier op

dat die volke dit kan sien!11Die Here kondig

dwarsoor die wêreld aan:“Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom!Sy volk wat Hy Syne gemaak het,

is by Hom,dié wat aan Hom behoort,

loop voor Hom uit.”12Hulle sal genoem word:

“Gewyde volk,volk wat deur die Here verlos is.”En jy, Jerusalem, sal genoem word:

“Gewilde stad,stad wat nie verlate lê nie.”

Psalm 97

Vir die regverdiges het daar lig gekom

97 Die Here regeer, die aarde moet juig,

al die baie eilande moet bly wees! 2Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou

op reg en geregtigheid. 3’n Vuur trek voor Hom uit

2

Page 3: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

en verteer sy vyande aan alle kante. 4Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. 5Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde. 6Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien

sy magtige verskyning. 7Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer,

word ontnugter, want al hulle gode

moet voor die Here buig. 8Sion is bly, die stede van Juda juig wanneer hulle hoor wat U

as regter gedoen het, Here. 9U, Here, is die Allerhoogste

oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode. 10Julle het die Here lief;

haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe

van sy troue dienaars, Hy red hulle

uit die greep van die goddelose. 11Vir die regverdiges

het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. 12Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Titus 3:4-7

Die Christelike gedrag

3 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. 2Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.3Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat. 4Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. 6God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. 7So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

3

Page 4: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

8Dit is ’n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. 9Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. 10Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie, 11omdat jy weet dat so ’n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.

Lukas 2:(1-7), 8-20

Die geboorte van Jesus

(Matt 1:18–25)

2 In daardie tyd het keiser Augustus ’n bevel uitgevaardig dat ’n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.4Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het. 5Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. 6Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. 7Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die skaapwagters en die engele8Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9Meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 10Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12En dit is vir julle die teken: julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.”13Skielik was daar saam met die engel ’n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:14“Eer aan God

in die hoogste hemel,

en vrede op aarde

vir die mense in wie Hy

’n welbehae het!”15Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”16Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. 17Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 18Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. 19Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. 20Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.

4

Page 5: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

1.2 Fokusteks: Johannes 1:1-14Die Woord het mens geword

1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.6Daar was ’n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld—die wêreld het deur Hom tot stand gekom—en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore.14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.”16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrond14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. (Johannes 1)

In die preekskets word soos volg berig: Jesus se menswording word in vers 14 met twee woorde beskrywe wat baie betekenisvol is, Hy het sarks (vlees) geword en eskênôsen (tent opgeslaan – die woord roep ook die tabernakel in die woestyn in herinnering) onder ons.

Die agtergrond is getiteld “camping”, die eiendom van Archigeek. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing toe.

Dit is beskikbaar by https://www.flickr.com/photos/thearchigeek/6401974259/in/photolist-aKHMUx-nZzD99-88VHLN-dZghXo-4XXKSE-bRkpTr-7E44wR-55zwiH-8njPgT-4LKuaP-6PS7Nx-aaB2rH-6Csu3H-

5

Page 6: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

2k3w4z-p7WK5m-bRkqvp-oBw1rF-atwhQp-4A7GWt-9yXr3f-fEKPMX-dcxiuc-49VbwP-bRkr2T-qmQmi2-ae1jDH-4eCF4a-pt66WR-bRkpjD-pNAEbP-8yspBw-bqNr8v-4Xhk33-fABmtj-pADLWc-adEBNL-6YLT7Q-33BZcp-jddx1T-8fDC5n-71pmLS-a4Axx2-ahvSLn-5dPgpd-5dPk9E-5w4SW8-cWYE3A-d5LzUJ-2u1zh5-qmYFjF

2.3 LiturgieDie Liturgie maak ruim gebruik van voorstelle uit BybelMedia se Woord en Fees 2016-2017.

RUSToetredeLied 358 of VONKK 142 of F103 VotumLofsang Lied 367 of Lied 369 of VONKK 68 SeëngroetLofsang Lied 349 Adventkrans 1e 4 kerse Lied 331 of F319. Adventkrans wit kers Lied 334 of VONKK 124 Geloofsbelydenis Lied 353 HOORGebedLied 345 Kom, alle getrouesFamilie-oomblik Lied 349 Kom, kinders, besing met ’n vrolike stemPreekLEEFGebedDankofferSlotsang Lied 348 Stille NagSeënRespons Lied 364 Herders op dei ope velde se refrein: Kom, loof die Heer...

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeLied 358 Welkom, o stille nag van vrede ofVONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer [bekend: Zion’s Daughter] http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0142 ofF103. Kersfees Is ’n Vreugdefees http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f103/

VotumVoorganger: Sing ʼn nuwe lied vir die Here. Sing tot eer van die Here almal op die aarde, vertel van sy redding van dag tog dag, verkondig sy grootheid voor al die volke,

6

Page 7: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

sy magtige dade aan al die mense. In die begin was die Woord – gesproke en lewend,

ʼn belofte gemaak en vervul.Gemeente: Verheerlik die Here saam met ons. Al God se beloftes is vervul.Voorganger: In die begin was die Woord, En deur Hom het alles ontstaan.Gemeente: Ewig en nou, alreeds en nog nie, God se beloftes is waar.Voorganger: Eer aan God in die hoogste hemele! Die Woord het vlees geword en God se beloftes waargemaak.

LofsangLied 367 Ere aan God ofLied 369 Ere aan God ofVONKK 68 Ere Aan God, Bring Hom Die Eer! [bekend: Joy to the world] http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0068

SeëngroetGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus, ons Here, wat gekom het, hier is en weer gaan kom en die Heilige Gees wat ook op hierdie Kersdag God se hoop, vrede, vreugde en liefde in ons harte wil laat leef.

LofsangLied 349 Kom, kinders, besing met ‘n vrolike stem

Adventkrans(Hierdie gebede sluit aan by die “Donker Advent” liturgie wat deurgans gebruik is.)Ons vier vandag Kersfees – die fees van Christus se geboorte, toe God se Seun mens geword het en onder ons kom woon het. Terwyl ons hierdie kerse aansteek, Dank ons God vir die hoop wat ons van Hom ontvang, wat ons help om te midde van ‘n gebroke wêreld, waar mense met siektes soos MIV en Vigs leef, na God te kyk en in hoop te leef.(Iemand – dalk iemand wat in die mediese veld werk – steek die eerste adventkers aan)Dank ons God vir die vrede wat hy skenk, wat ons in staat stel om te midde van geweld en onlus, agente van God se vrede te wees.(Iemand – dalk iemand wat vir die polisie werk – steek die tweede adventkers aan)Dank ons God vir die vrede wat hy skenk, wat ons in staat stel om te midde van geweld en onlus, agente van God se vrede te wees.(Iemand – dalk iemand wat vir die polisie werk – steek die tweede adventkers aan)Dank ons God vir die vreugde wat Hy ons hart uitstort, sodat ons in ‘n wêreld vol armoede en onreg, steeds met Godgegewe lewensvreugde en menswaardigheid kan leef.(Iemand – dalk ‘n hawelose persoon, of iemand wat arm is, of iemand wat baie betrokke is by barmhartigheid, of ’n maatskaplike werker – steek die tweede adventkers aan)

7

Page 8: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

Dank ons God vir die liefde waarmee Hy ons verlos, sodat ons in ’n wêreld vol onmin en haat, in liefdevolle verhoudings agente van God se versoening kan wees.(Iemand – dalk iemand van ’n ander ras as die meerderheid van die gemeente, of twee mense van verskillende rasse – steek die tweede adventkers aan)

Lied 331 Want so lief het God die wêreld gehad ofF319. Want ’n Kind Is Vir Ons Gebore (Immanuel) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f319-in-a/

Ons dank God omdat Hy sy Seun vir ons gegee het.Ons dank Hom omdat sy lig deur Christus in die wêreld ingekom het en dit vir ons moontlik gemaak het om tot die lig te kom en as verlostes in die lig van Christus te lewe.Gemeente (G):U is Immanuel, God met ons.U is vir ons die bron van lig en lewe.(Iemand – dalk ’n kind - steek die Christuskers aan.)

Lied 334 O die goeie tyding, o die blye tyding ofVONKK 124 Jesus Bring Vreugde http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0124

V: Liefdevolle God en Hemelvader, Immanuel, Ons dank U dat U God met ons is en dat U u Seun gestuur het om onder ons te woon en ons na die ware lewe te lei. Gee dat die hoop, die vrede, die vreugde en die liefde waarvan ons in die tyd van Advent gehoor het, ’n volle werklikheid in ons sal wees – ook nou waar ons U aanbid en dien. Deur Jesus Christus ons Here – nou en vir ewig.G: Amen.

GeloofsbelydenisLied 353 Die Heiland is gebore

3.2 LiedereF103. Kersfees Is ’n Vreugdefees(RUBRIEK: Flammikidz – Kersfees / Diens en Getuienis)Teks en musiek: Jan de Wet© 2003 MAR Gospel Music Publishers(Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge)

1. Kersfees is ’n vreugdefees.Jesus is nou hier.Hy wil by sy mense weesom saam met hulle fees te vier.

2. Kersfees is ’n Christusfeesas ons net verstaan,dat Hy nie net in ’n krip lê nie,maar ook aan ’n kruis moes hang.

Refrein:Vir jou en my het Jesus mens geword.Hy het gely om ons die lewe te gee.

8

Page 9: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

Maak oop jou hart en laat sy vrede in.Kersfees sal dan in jou begin.

3. Kersfees is ’n vreugdefees.Jesus het gekom.Hy wil by sy mense weesdat hul kan glo in Hom.

4. Kersfees is ’n vreugdefees.As ons net verstaan,dat Hy nie net in ’n krip lê nie,maar ook deur ’n graf moes gaan.

Refrein:

Nie net een keer in ’n jaar nie!Kersfees elke dag heel jaar.

VONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer

1. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!Ons kom in aanbidding, buig tot in die stof.Heer, ontvang ons loflied, aan U al die lof!Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!

2. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig!In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig.Hy kom na die aarde, om ons op te rig!Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig! Teks: Ernst Kotzé 2010 Musiek: JUDAS MACCABEUS – GF Handel 1746; harmonisasie effens gewysig 2001© Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Advent / Kersfees en Epifanie

F319. Want ’n Kind Is Vir Ons Gebore (Immanuel)(RUBRIEK: Flam / Flammikidz – Kersfees)Oorspronklik: ImmanuelTeks en musiek: Marcel ZimmerAfrikaanse vertaling: Faani Engelbrecht© 1993 Celmar Music

1. Want ’n kind is vir ons gebore,

9

Page 10: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

God het sy Seun aan ons gegee.Die heerskappy rus op sy skouersen sy Naam sal wees:

Refrein:Wonderbare Raadsman, Magtige God,Ewige Vader, die Vredevors.

Immanuel,God met ons.Immanuel,God met ons,Immanuel.

2. Want so lief het God die wêreld,Hy het sy Seun aan ons gegee sodat die wat nou in Hom gloleef tot in ewigheid.

Refrein:

VONKK 68 Ere Aan God, Bring Hom Die Eer!

1. Ere aan God, bring Hom die eer!Hy buig in liefde neer.Profete se verwagtinggaan heerlik in vervulling.‘n Kind vir ons geskenk! ‘n Seun vir ons gegee!‘n Koningskind is vir ons gegee!

2. God is met ons, Immanuel!‘n Engel deel dit mee.Uiteindelik het Hy gekom,Verlosser van die mensdom.Kom buig nou almal neer!Kom buig voor God, die Heer!‘n Koningskind is vir ons gegee!

3. Buig voor die Kindjie in die stal.Hy heers oor die heelal.Ons wonderbare Raadsman,ons Vredevors, ons Vader.Verheerlik Hom tesaam!Verheerlik Hom tesaam!

10

Page 11: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

‘n Koningskind is vir ons gegee!

Teks: Joy to the world – Isaac Watts 1719; Tom Gouws 1993; gewysig VONKK Werkgroep 2009Gebruik met toestemming van die NG Kerk UitgewersMusiek: ANTIOCH – Lowell Mason 1848, in aansluiting by GF Handel (1658-1759)© Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Musiek: openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Kersfees en Epifanie

VONKK 124 Jesus Bring Vreugde

1. Jesus bring vreugde, redding en vreugde –Hy het mens vir ons geword.Engele juig dit, herders getuig dit:”Jesus, Redder, Seun van God!”Wyd oor die aarde kring sy behae;Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe.Hy maak ons, mense, kinders van God.Wyd oor die aarde kring sy behae;Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe.Hy maak ons, mense, kinders van God.

2. Jesus bring vrede, hemelse vrede:Al ons skuld het Hy versoen.Nie meer verlore – wedergeboredeur sy Gees wat wonders doen.Vry kan ons nader tot God die Vader:Niks kan ons skei nie, niks wat ons ly nie.Hy is ons vrede – vrede wat bly.Vry kan ons nader tot God die Vader:Niks kan ons skei nie, niks wat ons ly nie.Hy is ons vrede – vrede wat bly.

3. Heer, U bring vryheid, Heer, U bring blyheid,U wat mens word in ons nag.Heerlike gawes gee U weldadig,God van Liefde, God van mag.Ewige Koning, ons is u woning;Hemel en aarde kry nuwe waarde.U is die Here, U maak ons vry.Ewige Koning, ons is u woning;hemel en aarde kry nuwe waarde.U is die Here, U maak ons vry.

Teks: AP van der Colf 1988 (met toestemming NG Kerk-Uitgewers)Melodie: In Dir ist Freude – Giovanni Giacomo Gastoldi 1591Orrelbegeleiding: H Pieter van der Westhuizen 2001 (met toestemming NG Kerk-Uitgewers)Musikale verryking: Anton Esterhuyse 2010

11

Page 12: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

© Teks en orrelbegeleiding: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Lofprysing / Kersfees en Epifanie

4 God praat met ons en ons luisterGebedHere Jesus,ons sien U uit die verteoor die onmeetlike afstand van die tyd.Ons hoor U.Ons probeer U verstaan.Ons probeer begryp wie U is.Laat ons saam met U loop.U was op aarde anders as alle ander mense.Sterker en swakker.Grootser en geringer.U verkondig die eer van God, en skaar U by die veragtes.U bring die krag van God,en U is swak met die swakkes.U gee vryheid,en laat U bind met die gebondenes.U is God met ons.U verdedig die saak van die skuldiges.U skei waarheid en leuen.U gebruik nie geweld nieen U deins nie terug vir opoffering nie.Laat ons met U saamloop,U vergesel.Gee ons lig uit u goedheid.Maak ons soos U – sodat ons waarlik mens kan word. - Jorg Zink

Lied 345 Kom, alle getroues

Familie-oomblikLied 349 Kom, kinders, besing met ’n vrolike stem

Preek

4.1 Familie-oomblikWys ’n video van die Kersverhaal, soos:

https://www.youtube.com/watch?v=kWq60oyrHVQ – kinders wat die Kersverhaal vertel en opvoer.

https://www.youtube.com/watch?v=ABP57sznhZ0 – animasie, vertelling is voorlesings van die relevante Skrifgedeeltes. Jy kan maklik net ’n spesifieke gedeelte van die video wys.

12

Page 13: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

Op Kersoggend is kinders opgewonde oor die geskenke wat hulle gekry het. Wys iets wat jy gekry het. Vra wat hulle gekry het. Party sou dit saamgebring het – laat hulle dit vir die gemeente wys. Wees saam met hulle bly en opgewonde. Herinner hulle dan dat die groot geskenk wat ons kry, Jesus is. God het in Jesus mens geword, sodat ons God deur Jesus kan ken en dien. Daarom gee ons onsself vir God. Jy kan sterretjies op die kinders se voorkoppe plak, of ’n bietjie body glitter op hul voorkoppe vryf. Daarmee vier ons dat ons doop bevestig dat ons God se kinders is én dat ons onsself vir Jesus gee.

4.2 PreekriglynDie evangelie van Johannes begin deur Jesus as die Woord van God aan ons bekend te stel. Johannes die Doper en die eerste dissipels word in die volgende gedeeltes aan ons voorgestel as die eerste getuies daarvan.

Johannes begin dus nie by Jesus se geboorte nie. Hy begin ook nie met ’n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mens en Israel sou plaas nie (anders as Matteus). Hy begin selfs nie by Jesus se betrokkenheid by die skepping waarvan die Psalms (33:6) en die Pentateug (Gen. 1:3) vertel nie (anders as Lukas). Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was.

Jesus is die Woord (logos) van God. Jesus is nie net goddelik nie, maar Godself. So praat 1 Joh. 1:1 en Openb. 19:13 ook oor Jesus. Uit Hom is alles gemaak, want Hy was die lewe van alles (Kol 1:16). En dit skyn soos ’n lig in die duisternis wat ons lewens verlig.

Logos

Dit is 'n geweldige aanspraak om Jesus die Logos (Woord) van God te noem. Die kindjie in die krip, die baba, die Een wat gekom het om God se werk te doen, was voor alle tye daar. Die Woord was aan die begin daar, die Woord was by God, die Woord was God.

Die Griekse woord logos word gebruik vir woorde en gedagtes. Johannes gebruik logos as eienaam vir Christus. Die Grieke sou in hierdie gebruik van die woord iets gehoor het van wat die filosoof Heraklitus van Efese reeds in die 6de eeu vC geskryf het, dat die logos die beginsel is waardeur orde uit chaos geskep word.

Die Jode wat met die Ou Testament bekend was, sou egter onmiddellik aan Genesis 1 gedink het (God se woord, "laat daar lig wees"), die verwoording van die skepping deur die Psalmdigters ("deur die woord [dabar] van die Here is die hemele gemaak" - Ps 33:6) en die vele kere wat gepraat is van die woord [dabar] van die Here wat tot 'n profeet gekom het (Jer 1:2). In die Griekse vertaling van die Ou Testament is die vertaling logos dan ook vir die Hebreeuse woord dabar gebruik.

Jesus is hierdie leweskeppende woord van God. Jesus is God en is God se diepste kommunikasie met ons. Jesus die lewenslig is die kern van God se manier van kontak maak met ons. Dit is van hierdie lig wat ons getuig, soos ’n Johannes die Doper, sodat mense in God kan glo. Hierdie lig is Jesus, die mensgeworde Woord van God.

Twee reaksies

Let egter op hoe Johannes onmiddellik die realiteit skets van die reaksie van die duisternis op die lig. Dié mense wat deur Hom tot stand gekom het, het Hom nie erken nie. Selfs sy eie mense, die Jode, het Hom nie aangeneem nie (9-11).

13

Page 14: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

Dié wat Hom dus aanneem, is van meet af aan in stryd met dié wat Hom nie aanneem nie, al het hulle die voorreg van familie-van-God te wees (Joh. 3:3) en die ewige lewe (Joh. 5:24). Die vreugde van kindskap word getemper met die wete dat die duisternis die lig verwerp en wil uitdoof, al kry die duisternis dit nie reg nie.

Tent opgeslaan

Jesus se menswording word in vers 14 met twee woorde beskrywe wat baie betekenisvol is, Hy het sarks (vlees) geword en eskênôsen (tent opgeslaan – die woord roep ook die tabernakel in die woestyn in herinnering) onder ons. Dit beteken dat Hy volledig mens geword het, ons sondige vlees aangetrek het, en ’n menslike bestaan aanvaar het. En let op dat dit iets is wat van hierdie punt af deel van Sy goddelike bestaan geword het. Dit is nie iets wat Hy ooit weer gaan uittrek nie. Hy IS nou ook mens.

Die wonder is dat ons nou die heerlikheid van God kan sien in ’n gewone mens. En ons sien spesifiek sy genade en sy waarheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het.

Sy genade loop in die volgende hoofstukke van Johannes oor in die tekens van voorsiening (water in wyn, vermeerdering van brood) en verwondering (loop op water); genesing (siek seun, siek man, en blinde man) en oorwinning (opwekking uit die dood). Dit nooi ons uit om Hom te vertrou vir ons lewe.

Sy waarheid word ervaar in ’n verhouding met God, iets wat die wet van Moses nooit kon gee nie. Ons kan God in Hom raaksien – iets wat Moses begeer het, maar nooit voluit kon beleef nie (vgl 1 Kor 3).

Boodskap

Die beskrywing van Jesus se genade en waarheid sluit die evangelie van Johannes oop. Elkeen van die tekens wat Jesus doen, wil jou oortuig dat sy genade vir jou ook genoeg is; dat jy Hom kan vertrou – dat Hy ook vir jou in terme van jou behoeftes (letterlik van partytjies – klein en groot – tot genesing op allerlei terreine) kan voorsien.

Maar die toppunt is dat jy deur hierdie evangelie insig kry in die waarheid, die kern van die lewe. In Jesus is daar lig en lewe, in Jesus is daar ’n verhouding met God te vinde – nêrens anders nie. Dank God daarvoor en verbind jou met jou hart en lewe aan Hom.

Kersfees

Wanneer ons vandag, op Kersdag, voor die Kindjie in die krip buig, buig ons voor die hoë God wat onder ons kom woon het. Ons buig voor die lewegewende Woord waardeur alles geskep is, steeds onderhou word, en eenmaal voltooi sal word.

Kersfees vul mens werklik met verwondering.

Met watter woorde sal ons reageer op God se woord in Jesus Christus? Die enigste gepaste woorde is lofsange en gebede, eerbetoon en verheerliking van God. Daarom is die erediens so belangrik. In die erediens hoor ons God se woord en antwoord ons stamelend op God se wonderbaarlike genade en waarheid in Jesus Christus.

'n Gepaste woord is ook om oor die waarheid van God in Jesus ons geloof in Hom te bely. Hierin gaan die aangrypende woorde van die Heidelbergse Kategismus ons voor (Vraag en antwoord 1):

"Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?"

14

Page 15: Preke: Seisoen van Menswaardigheidpreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2016/... · Web viewGenade en vrede vir julle van God ons liefdevolle Vader en Jesus Christus,

"Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort."

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangLied 348 Stille Nag

SeënDie Here wat gekom het, kom na jou toe:Hy sal jou seën en jou oppas,Hy sal met deernis na jou kyk en vir jou goed wees,Hy sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee.Die Drie-enige God seën jou op hierdie dag en al die dae – totdat Hy weer kom.Amen.

ResponsLied 364 Herders op dei ope velde se refrein: Kom, loof die Heer...

6 Volgende erediensPsalm 72:1-7, 10-14

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

15