morele kompas - ningapi.ning.com/files/wfufasrgkk-lpyt5pat5ti-nk5glt-e4adk…  · web viewonderhou...

23
Sabbat en Sondag p.1 Sabbat en Sondag Jimi le Roux Die kwessie van Sabbat of Sondag is weer ‘n vraagstuk vandag en vra ons meer noukeurige aandag. Die onderstaande bespreking is ‘n motivering vir die feit dat die kerk nie meer die Joodse Sabbat vier nie. Uit die Nuwe Testament kan ons niks anders aflei nie. Nogtans wil Christene opreg die Here dien deur op ‘n Saterdag ‘n sabbat in te rig en dit sou nie verkeerd wees nie, gegewe dat ons reg verstaan wat ons doen. Om hierdie studiestuk die beste te verstaan sal dit jou loon om vooraf eers die hele Galasiërs asook Romeine 7 en 8 te lees. 1. Die sabbat is ‘n teken van God se verbond met Israel Dit is die grondliggende waarheid oor die sabbat. Ons lees dit duidelik in Eksodus 31:13-18: Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik. En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God. Let op die volgende uit hierdie gedeelte: Die oorsprong van die Sabbat lê in die Skepping (Gen 2:1-2): So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak. © 2010 Jimi le Roux www.jimileroux.com Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Upload: others

Post on 25-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.1

Sabbat en SondagJimi le Roux

Die kwessie van Sabbat of Sondag is weer ‘n vraagstuk vandag en vra ons meer noukeurige aandag. Die onderstaande bespreking is ‘n motivering vir die feit dat die kerk nie meer die Joodse Sabbat vier nie. Uit die Nuwe Testament kan ons niks anders aflei nie. Nogtans wil Christene opreg die Here dien deur op ‘n Saterdag ‘n sabbat in te rig en dit sou nie verkeerd wees nie, gegewe dat ons reg verstaan wat ons doen. Om hierdie studiestuk die beste te verstaan sal dit jou loon om vooraf eers die hele Galasiërs asook Romeine 7 en 8 te lees.

1. Die sabbat is ‘n teken van God se verbond met Israel

Dit is die grondliggende waarheid oor die sabbat. Ons lees dit duidelik in Eksodus 31:13-18:

Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik. En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Let op die volgende uit hierdie gedeelte:

Die oorsprong van die Sabbat lê in die Skepping (Gen 2:1-2):

So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Deurdat God op die sewende dag gerus het, het Hy ‘n heilige ritme in die Skepping ingebou en aan sy volk opdrag gegee om dit in die vorm van die Sabbat te onderhou.

Die Sabbat is egter meer as die herdenking van die Skepping. Dit is ‘n teken tussen Israel en God van die verbond wat tussen hulle bestaan. Daar was ander tekens ook, nl. die besnydenis (Gen 17:9-14). Die eerste is meer spesifiek die teken van die Sinaïtiese Verbond, en die lg. die teken van die Abrahamitiese Verbond. Nogtans word beide aan die volk Israel voorgehou as die tekens van hulle verbond met God.

Die opdrag om die Sabbat te gedenk word in die Tien Gebooie opgeneem.

Wat vir ons duidelik moet wees is dat ons nie in daardie bedeling val nie, en dat die Sabbat as wet nie op ons van toepassing is nie. Dit is waar om twee redes:

Ons leef nie in die bedeling van die Ou Verbond (of Testament ) nie .

Die “verbond van werke” is vervang deur die “verbond van genade” en dit is ‘n fundamentele en onherroeplike verandering. Lees in Heb 7-10 hoe die Ou Verbond verbygaan – enkele aanhalings (ESV) is die volgende:

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 2: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.2

Heb 7:18-19For on the one hand, a former commandment is set aside because of its weakness and uselessness (for the law made nothing perfect); but on the other hand, a better hope is introduced, through which we draw near to God.

Heb 8:6-9But as it is, Christ has obtained a ministry that is as much more excellent than the old as the covenant he mediates is better, since it is enacted on better promises. For if that first covenant had been faultless, there would have been no occasion to look for a second. For he finds fault with them when he says: "Behold, the days are coming, declares the Lord, when I will establish a new covenant with the house of Israel and with the house of Judah, not like the covenant that I made with their fathers on the day when I took them by the hand to bring them out of the land of Egypt.

Heb 8:13In speaking of a new covenant, he makes the first one obsolete. And what is becoming obsolete and growing old is ready to vanish away.

Die hele Ou Verbond het verbygegaan in Jesus Christus, en die volgende onderaspekte daarvan is vervul:

Offerstelsel – Jesus is die finale en volmaakte offerlam wat versoening doen vir al ons sonde. Daar kan nooit weer enige offers wees na die kruis nie

Priesterstelsel – Jesus is ons hoëpriester vir ewig volgens die orde van Melgisedek en offer homself en tree vir ons in by die Vader

Wette (bv. kosher) – Jesus hou die wet finaal en volkome en verdien finale geregtigheid deur sy wetsonderhouding. Hy vervul die wet en maak ‘n einde aan enige geregtigheid deur wetsonderhouding. Hy plaas sy Gees in ons om ons in God se wil in te lei, soos die Ou Testament voorspel het.

Besnydenis – die besnydenis wys ook heen op die kruis van Jesus, waar die volmaakte Jood se bloed gestort word en die nuwe verbond beseël

Sabbat – Jesus is ons rus en lei ons in die sabbatsrus in (sien verderaan) Feeste – elke Joodse fees wys op sy eie manier na Jesus toe

Waarom sal ons aan die tekens vashou, as die vervulling reeds gekom het? Nou leef ons nie meer in die tyd wat vooruitkyk en verlang na die koms van die Messias nie, maar in die tyd wat terugkyk na die koms van die Messias en leef uit sy krag en vryheid. Maar is die tekens van die Sabbat en die besnydenis nie ewige tekens nie? Ja dit is – so staan dit duidelik. Maar ons moet dit soos volg verstaan:

Die tekens is voortekens wat wys op Christus, en wat vir ewig in Christus, wat hulle vervul het, voortbestaan. Soos die wet in Christus volmaak geword het, en elke offer in Christus se kruisdood ewigheidswaarde kry en die “ewige” koningskap van Dawid (2 Sam 7:11b-16) in Christus vir ewig waar is – so is die besnydenis en Sabbat in Christus permanente tekens van God se verbond: in ou en nuwe gedaante. Maar nooit sonder Christus nie – sonder Christus het hulle geen nut nie.

[Vir die Jode dien die tekens ook om hul nasieskap uit te beeld. Hulle sal dus voortgaan om, as Christen of Judaïs, die besnydenis te ondergaan en die Sabbat te onderhou. Ook Christenjode hou die Sabbat – nie omdat hulle Christene is nie, maar omdat hulle Jode is. So het die sommige vroeë Christene ook gedoen: hulle het beide dae gevier].

Die Sabbat hoort baie duidelik in die Ou Testament as ‘n teken van die Ou Verbond. In die Nuwe Testament – reg van die begin af, word die Sondag – die opstandingsdag – gevier in die kerk, en die ryk betekenis daarvan sal vorentoe bespreek word.

Ons is “heidene”, nie Jode nie.

In die Nuwe Testament maak dit ‘n baie groot verskil. Die eerste Christene was Jode en het dus die Joodse gebruike voortgesit. Jesus en sy dissipels, asook die eerste gemeente het bv.:

Die Sabbat gehou Die sinagoge besoek Die tempel besoek, en ook offers gebring Op vaste gebestye gebid Kosher alleen geëet Die Joodse feeste gevier

Alhoewel Jesus die kern en wese van die wet onderskei het en nie elke mondelingse tradisie nagekom het nie, was Hy en sy dissipels Jode in murg en been, en hulle lewe was deursuur met Joodse tradisie, kultuur en gebruike. Jesus se sending was niks anders nie as om die Jode op te roep om “meer Joods” te wees, d.w.s. om egter met hulle Joodse geloof om te gaan, en die God van hulle voorvaders met meer opregtheid en ywer te aanbid. © 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 3: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.3

Toe die eerste heidene tot bekering kom, het die kerk voor ‘n probleem gekom. Moet die nuwe bekeerlinge hulle laat besny en die wet van Moses hou? Daar was onsekerheid en sekere “Judaïseerders” het in die “heidense” gemeentes (d.w.s. in vandag se Libanon, Turkye, Griekeland en Italië) kom leer dat die bekeerlinge hulle moes laat besny. Dit het ‘n hele polemiek veroorsaak. In 49n.C. het Paulus en Barnabas dus na Jerusalem gegaan om met Jakobus, Petrus en die ander leiers te ontmoet om die saak uit te sorteer. Die verhaal vind ons in Handelinge 15. Christen-fariseërs (!) het toe opgestaan en gesê die Christen-heidene moet hulleself laat besny en die wet onderhou. Daarop het almal saamgepraat en besluit om die volgende brief aan die heidene te skryf (Hand 1523-29):

Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete! Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus— manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus. Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring. Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

Let wel hulle vra nie van die heidene om hulle te laat besny of die wet te hou nie, maar net om hulle te onthou:

van offervleis, aangesien die Jode dit as (deel van die) afgodery beskou het [hulle vleis was eers aan ‘n afgod geoffer, en dan te koop aangebied];

van onsedelikheid, aangesien die heidene (wat ons sou noem) “vrye seks” algemeen beoefen het (veral in hulle tempels), en die Christene onder die heidene moes goed verstaan dat dit nie aanvaarbaar was nie (1 Kor 6:12-20);

van diere wat verwurg is, en van die eet van bloed. Hierdie was die belangrikste eet-reël van die Jode en die heidene moes die Jode hiermee tegemoet kom.

Dit blyk dat die hele reëling wat die kerkvergadering in Jerusalem tref, glad nie daaroor gaan om van die heiden-Christene ook Jode te maak nie. Al die belangrikste Joodse kenmerke word oorgeslaan en wat wel gevra word – onder leiding van die Heilige Gees – is ‘n kompromis met die Joodse Christene wat in dieselfde gemeentes aanbid het. Hulle wou hulle Joodsheid behou en kon nie saam eet met mense wat aan afgodery deelgeneem het (volgens hulle) en wat bloed geëet het nie (wat heidene wel gedoen het). Dit blyk dat die kerk nie begaan was om van die heidene Jode te maak nie, maar wel om die eenheid van die Christengemeentes (wat uit Jode en heidene bestaan het) te bewaar. Dit het gegaan oor liefdevolle konsiderasie.

Hierdie episode is VAN DIE GROOTSTE BELANG vir ons tema. Die kerk het hiermee ‘n fundamentele besluit gemaak, nl. dat Jode en heidene hul verlossing vind in Jesus Christus. Die Jode sal dit doen as Jode, met al hul kultuurgoed daarby inbegrepe, en die heidene sal dit doen as Grieke, Romeine, ens. vanuit hulle kulture. Die belangrike grens wat hier oorskry is, is dat Christenskap kon “kontekstualiseer” of “inkultureer”. Tot vandag toe sien ons dat Christenskap in Afrika anders lyk as Christenskap in Amerika, terwyl beide staan op dieselfde waarhede rondom Jesus Christus en dit wat ‘n lewe van volgelingskap behels. En alhoewel die Christendom uit die Jodendom ontwikkel het, is hier ‘n grens oorgesteek wat die Jodendom agtergelaat het vir die wat nie Jode was nie. Dit was verskriklik belangrik, want ons sien dat die belangrikste Joodse aspekte nie vir die heidene opgelê is nie:

geen besnydenis geen Wet van Moses, insluitende: dieet-reëls (kosher), regsreëls, godsdiensreëls (bv. offers,

tiendes, priesters, feeste) geen sabbatsonderhouding – let wel dat die heidene nie die Sabbat gehou het nie, en

ook nie opdrag gekry het om dit te hou nie. Trouens, in daardie tyd was die Joodse kalender van sewe dae nie algemeen in gebruik nie (wel plek-plek), want die algemene “Romeinse week” was ‘n agt-dae week. Die sewedag-week het geleidelik veld gewen, maar dit was eers Konstantyn in die vierde eeu wat dit amptelik ingestel het.

Wat hierby aanpas is Petrus se visioen in Joppe, waar die Here die laken met allerhande onrein diere voor hom laat afsak het, met die opdrag “slag en eet”. Dit was net voor die evangelie se oorspoel na die heidene (Cornelius die Romein en sy gesin) en die Here skaf eintlik vir Petrus die groot skeiding (wet) tussen Jood en heiden af as Hy opdrag gee dat Petrus nou ook onrein (nie-kosher) kos mag eet. Dit is nog ‘n voorbeeld van die sprong wat die evangelie oor die kultuurgrens gemaak het, en die Joodse wet en Joodse gebruik is agtergelaat:

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 4: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.4

Handelinge 10:9-15En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

Natuurlik is dit in ‘n sin baie “ryker” vir Jode om in Christus te glo, aangesien Hy die Meshiach is wat verwag is. Daarom is dit ook baie mooi hoe hulle die Ou en Nuwe Testament sien in sy volle konneksies – baie meer as wat ons kan doen. Ons moet dit ook by hulle leer – dit verryk ons verstaan van Jesus baie. Maar in die Nuwe Testament en eerste gemeente was daar m.a.w. nie die gedagte of kompulsie dat die heidense Christene daardie Joodse dinge moes oorneem nie.

Die Joodse rabbi’s sien dit presies so en glo NIE dat die Sabbat vir almal bedoel is nie, trouens, hulle WIL NIE Hê dat heidene die Sabbat (en die wet) onderhou nie – trouens die Joodse (mondelinge) wet verbied dit! Dit is hulle eie verbondskenmerk as volk. Hulle glo dat die heidene nie die Wet van Moses moet onderhou nie, maar net die sewe beginsels van die “Wet van Noag”, soos hulle dit noem. Dit alleen is van voor die Sinaïtiese verbond af reeds vir alle mense geldig, en is:

Verbod op afgodery Verbod op moord Verbod op diefstal Verbod op seksuele oortredings Verbod op Godslastering Verbod op die eet van “lewende vleis”/bloed Verpligting om regverdige wette in te stel

Volgens Jode maak die onderhouding van hierdie Noagitiese beginsels ‘n heiden regverdig en verseker dit vir hom ‘n plek in die komende wêreld. Maar die wet van Moses is heelwat strenger, wat hulle op hulle self neem as hulle spesiale verbintenis en teken van hulle toewyding aan God.

2. Die Nuwe Testament oor Sabbat en Sondag

Die Nuwe Testament is absoluut daarteen dat die heidense Christene die wet onderhou

Groot dele van die Nuwe Testament is gewy aan die bestryding van die gedagte dat heiden-Christene ook die Joodse wet en besnydenis moes opneem en veral Paulus (as apostel aan die heidene) veg daarteen met mag en mening. Sy groot droom is om die Kerk van Jesus Christus te bou – bestaande uit Jood en nie-Jood. Hy werk aan die eenheid van die gemeente wat nie kom deur die wet nie, maar deur die geloof. Let bv. op die volgende:

Die hele brief Galasiërs is daaraan gewy. Paulus noem die “judaïseerders” se poging ‘n “ander evangelie”. Hy sê hy het vir Titus spesifiek nie laat besny nie, sodat hy die waarheid van die evangelie kan handhaaf. Hy verwys na die konferensie in Jerusalem en beklemtoon dat die apostels niks “Joods” aan die heidene opgelê het nie. Hy sê dat hy vir Petrus moes betig, toe hy en sekere ander Joodse broers begin het om apart te eet. Hy verduidelik in detail die hele saak van die Ou en Nuwe Verbond, wet en geloof, slawe en seuns, Hagar en Sara en sê as iemand hom laat besny, het hy die geloof verloor:

Gal 2:14 (Paulus betig vir Petrus) Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe? Gal 3:27-29 (Ons is deur die geloof en doop een nuwe kerk)Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 5: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.5

Gal 4:9-10 (Dit is ‘n misverstand om geestelike dae, maande, tye en jare waar te neem)…maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

Gal 5:1-4 (Dit is ‘n misverstand om hulle te laat besny)Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

Efesiërs beskryf baie mooi hoe die wet skeiding gemaak het tussen Jood en heiden, en dat Christus deur die kruis daardie muur afgebreek het en die wet van Moses, met al sy gebooie en bepalings opgehef het:

Efes 2:11-16Van geboorte was julle heidene, en julle is “onbesnedenes” genoem deur die wat hulleself “die besnedenes” noem, al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam. In die tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Christus is ons vrede, Hy wat die twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ‘n muur skeiding gemaak het. Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef, en deur vrede te maak, het Hy in Homself die twee, Jode en nie-Jode, tot een nuwe mensheid verenig. Deur sy dood aan die kruis het Hy ‘n einde gemaak aan die vyandskap en die twee met God versoen en tot een liggaam verenig.

Filippense verwys ook daarna as Paulus sê dat ons as Christene die ware besnydenis (die ware Jode) is, op grond van die geloof. Hy kyk terug op sy “meriete” as Jood en beskou dit as “drek” (die enigste vloekwoord in Grieks in die Bybel!). Hy gee dit met graagte prys om in sy verhouding met Jesus Christus te groei.

Fil 3:3-9Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie; alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer. Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is...

Kolossense deel ook daaroor, veral hoofstuk 2, waar hy verwys na die besnydenis, die Sabbat, die feeste en die wet. Byvoorbeeld:

Kol 2:8-12 (die fisiese besnydenis word nou vervul deur ons bekering, waarvan die doop die teken is)Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is.

Kol 2:16-17 (na hierdie vers is daar eintlik geen verdere argument nie)Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikste feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus.

Waarom gee ons sulke lang aanhalings? Omdat ons die gevoel en trant van die Nuwe Testament hieroor moet verstaan – die denke van Paulus en die Vroeë Kerk. Nie net enkele verse slim bymekaar gesit nie! Dit gaan duidelik daaroor dat heidene nie Jode word of heidene bly nie en ook dat Jode nie Jode bly of heidene word nie. Christus verander sowel heidene as Jode in een nuwe liggaam, wat sy eie nuwe en unieke karakter het. Daar is geen opdrag tot die Sabbat in die Nuwe Testament aan ons nie

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 6: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.6

Dit is belangrik om daarop te let dat die nuwe Testament in AL SY VERMANINGS en opdragte aan die heidene – die grootste proporsie van die Nuwe Testament – nie die Sabbat aan die heidene aanbeveel nie, hulle wat dit die nodigste gehad het om te leer, omdat hulle dit nie geken het nie! Waar is die lering van die apostels oor die Sabbatdag, terwyl hulle oor so baie dinge lering gegee het? Die hele tien gebooie behalwe die vierde gebod word aan die heidene herhaal:

1ste en 2de gebod: Hand 15:29, 17:16: Rom.1:25; 1 Kor.6:9-10, 10:14: 1 Joh.5:21: Openb 21:8, 22:15

3de gebod: Jak 5:12 ? 5de gebod: Efes.6:1-3, Rom.13:1-7 6de gebod: Rom.13:9 7de gebod Hand 15:20; Rom.2:22, 13:13: 1 Kor.5:11, 6:9, 13,15, 18: 10:8: Efes.5:3,11-12 8ste gebod Rom. 2:21 Efes. 4:28: 1Tess.4:6: Jak.5:4 9de gebod 1Tim 1:9-10. 10de gebod Rom.1:29, 13:9 1 Kor.5:11; 6:10; Efes.5:3.

Dit is verkeerd om te sê dat dit nie nodig was nie, omdat hulle dit reeds gehou het – niks is verder van die waarheid nie. Die Joodse Christene het die Sabbat gehou, maar is spoedig uit die sinagoge gewerp – hoe sou hulle dan saam met ongelowige Jode kon aanbid? Heidense Christene het weer nog nooit die Sabbat onderhou nie (tensy hulle eers tot die Jodendom bekeer was). Hulle het reeds in die Nuwe Testamentiese tye begin om op Sondag te vergader – sien verderaan.

Aangesien daar reeds blyke van Sondagsbyeenkomste was, waar is die apostels se ernstige waarskuwings dat hulle afwyk van God se gebod? Veral in die lig van sommige se gedagte dat Sondagviering eintlik ingestel is as dekmantel vir sonaanbidding (wat werklik verkeerd is) – waarom argumenteer die apostels teen die wet (wat die Sabbat insluit) en nie vir die Sabbat nie, en waarom hou hulle self byeenkomste op Sondae?

Ook is daar geen waarskuwings aan die heidene dat God sabbatsbrekers sal straf nie – wel “onsedelikes, afgodsdienaars, egbrekers, mense wat homoseksualiteit beoefen, diewe, geldgieriges, dronkaards, kwaadpraters of bedrieërs” (1 Kor 6:9-10), die wat “ontug pleeg, onsedelik lewe, gierigaards” (Ef 5:5) en “banges en ontroues, losbandiges,moordenaars, onsedelikes, bedrieërs, afgodsdienaars en leuenaars” (Op 21:8). Sabbatsverbrekers word duidelik nie ingesluit in sulke sondelyste nie.

Paulus maak dit duidelik dat daar GEEN SPESIALE DAG MEER IS NIE. Ons sien dit baie duidelik in Rom 14, waar Hy verwys na Jode en nie-Jode en hoe hulle teenoor mekaar moet omgaan:

Rom 14:5-10 (ook ‘n vers wat eintlik alle verdere argumente beeïndig)Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God. Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers. Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.

Die gebruik van die Nuwe Testamentiese gemeentes was om op Sondag byeen te kom

Onthou die agtergrond van die Sondag as dag van byeenkoms lê in (1) Jesus se opstanding op die eerste dag van die week en (2) die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag (die Joodse Pinksterfees is altyd 50 dae na Paasfees, dus op ‘n Sondag). Daar is ‘n baie ryk simboliek agter die Sondag as deel van die Nuwe Testament. Ons sal egter daarby kom. Uit die Nuwe Testament sien ons die volgende oor die viering van die eerste dag as die “Dag van die Here”:

Handelinge 20:7 (‘n Duidelike verwysing na die weeklikse eugaristie)En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

1 Kor 16:1-2 (Christene moes geld na die byeenkoms toe bring en dit daar ingee)

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 7: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.7

Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het. Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.

Openbaring 1:9-10 (Johannes is verban op Patmos, maar hou steeds die “Dag van die Here”)Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus. Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê ....

Dit blyk uit die bg. dat die eerste dag van die week reeds bekend was as “Die dag van die Here”, en dat daar byeenkomste gehou is op daardie dag, ten minste in Troas, Korinte en Galasiërs.

Dit blyk uit die geskiedenis dat daar meer as een dag gebruik is as ‘n byeenkoms en dat sommige (ons kan aanneem daar waar ‘n meerderheid Jode was) op die sewende dag

bymekaar gekom het; sommige op beide dae bymekaar gekom het – Saterdag (die Joodse Sabbatdag) en Sondag

(die “Dag van die Here”), maar die dubbele praktyk het mettertyd soos die bg. uitgesterf; sommige op geen besondere dag bymekaar gekom het nie – maar soos nodig. Onthou –

hulle het huisbyeenkomste gehou, daar was geen kerkgebou om heen te gaan nie sommige net op die Sondag bymekaar gekom het.

Ons moet onthou dat hulle nie ‘n “naweek” soos ons geken het nie – al hierdie dae was werksdae en hulle moes na ure bymekaarkom. Dit was doodgewoon nie so georganiseerd nie.

3. Jesus Christus en die Sabbat

Jesus hou die Sabbat

Sekerlik het Jesus die Sabbat gehou, maar hou in gedagte: Jesus het ook die wet gehou, was besny, het kosher geëet, die Joodse feeste gevier,

geoffer, die tempel besoek en op vaste gebedstye gebid. Hy was ‘n Jood in elke opsig – ook in sy geloofslewe.

Jesus het die Sabbat nie gehou soos hulle nie (soos ook nie die wet oor die algemeen nie) – Hy het dit eintlik totaal vernuwe, dit selfs uit sy Ou Testamentiese raamwerk gelig. Kom ons kyk daarna:

Jesus herdefinieer die Sabbat

‘n Bekende Nuwe Testamentikus sê dat Jesus vir sy oortreding van die sabbatsgebod gekruisig is. Ons moet onthou:

die Jode neem die geskrewe wet (Torah) en mondelingse wet (Talmoed en Mishna) as een wet. Die lg. interpreteer eintlik die eg. en help hulle om dit beter toe te pas. As die wet sê dat iemand nie meer as 40 houe mag kry nie (Deut 25:3), sê die Talmoed 39 houe. Dit maak voorsiening vir die moontlikheid dat mens verkeerd kan tel en so per ongeluk die wet oortree. So word die wet strenger gemaak (hulle sê hulle sit ‘n “heining” om die wet) om te verhoed dat die ware wet oortree word. Al hierdie gebruike het vir hulle een wet, een oorlewering, een tradisie, een kultuur geword.

Jesus kom en verwerp die mondelinge tradisie (en die vormlike) en lig die essensie (of die inhoudelike) uit. Hy herinterpreteer die wet, bv.

o 6de gebod: Hy sê dat haat en belediging reeds moord is (Mat 5:21-22)o 7de gebod: Hy sê dat seksuele begeerte reeds egbreuk is (Mat 5:27-28)o 3de gebod: Hy sê dat enige eed onnodig is – nie net ‘n ydele eed nie (Mat 5:33-37)

Volgens Jesus maak die Skrifgeleerdes die gebod kragteloos met hulle byvoegings. Hulle lê klem op die uiterlike, maar vergeet die innerlike (Mat 23:25-28), bv. ook by:

o 5de gebod – hulle verruil respek vir ‘n skynbare geestelike doel (Mat 15:3-6)Jesus korrigeer hulle geloofslewe op die volgende punte op dieselfde wyse:

o Geestelike lewe – aalmoese gee, gebed en vas (Mat 6:1-18)o Kosher eet – wat maak jou rein/onrein? (Mat 15:10-20)o Tiendes (Mat 23:23-24)o Wassinge (Mat 15:1-9)o Egskeiding (Mat 19:1-11)

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 8: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.8

Jesus HERINTERPRETEER en HERDEFINIEER die hele Wet van Moses. Hy skaf letterlik ook sekere gebooie af, presies soos dit geskryf staan in die Ou Testament. Hy skaf dit eenvoudig af en vervang dit met sy eie opdrag:

Eks 21:24, Lev 24, Deut 19:21 ens. spel die OT gebod van vergelding (Jus Talionis) uit: “oog vir ‘n oog, “tand vir ‘n tand”. Dit is inderdaad die Skrif, maar nogtans...

...sê Jesus nee, van nou af: draai die ander wang, gee die onderklere saam, loop die tweede myl (Mat 5:38-42).

Dit ontstel die Jode dat Hy die Skrif en hulle gebruike so verwerp. Daardeur distansieer Hy Homself van hulle volk, kultuur en godsdiens.

So doen Hy ook met die Sabbat. Ons sien Jesus gebruik die Sabbat om: Mense te genees (wat ‘n “werk” is): Mat 12:9-14, Luk 13:10-17, Luk 14:1-6, Joh 5:1-17, Joh

7:21-24, Joh 9:1-14; ander “werk” te doen : Hy vryf koring uit (Mat 12:1-5) – ‘n werk (om koring te oes/te dors)

Sy genesings op die Sabbat is vir hulle uitdagend en word in die evangelies in verband gebring met planne om Hom dood te maak. Dit is disrespekvol teenoor God, wat die gebod gegee, en hulle wat die Sabbat heilig as volk. Jesus sien dit egter heeltemal anders. Hy sê

Die Seun van die mens is immers Here oor die Sabbat (Mat 12:8). Jesus bedoel:o As insteller van die Sabbat het hy ook die mag om dit af te skaf – die Jode het ‘n

soortgelyke stelling gehad. Daarmee bevestig Hy sy mag as Messias, ja as God. Hy is nie onderworpe aan die Sabbat nie, maar Heer bo-oor die Sabbat. Hy is die Wetmaker en Wetgewer. ‘n Geweldige aanspraak!

o Hy is “groter as die tempel” (v5-6) – priesters werk in die tempel op die Sabbat, en Hy is groter as die tempel en meer as ‘n aardse priester.

o Hy skaf dit in werklikheid nie af nie, maar bring dit terug na sy ware aard. Hy sê

Die sabbatdag is vir die mens gemaak, en nie die mens vir die sabbatdag nie. o Die mens is eerste gemaak (op die 6de dag) en die Sabbat daarna (7de dag) – “vir

die mens”.o Die Sabbat mag dus nooit ‘n las wees, ‘n vorm, ‘n “werk” (!),meriete of inspanning

nie, maar ‘n lus, ‘n rus, ‘n opbouing, ontspannnig. Nie kreasie nie, maar rekreasie. o Jesus praat hier met Jode (vir wie die Sabbat bedoel is), alhoewel ons aanvaar dat

daar ‘n sabbatsbeginsel vir ons oorbly (sien verderaan).

Laat ons bevestig: Jesus “verbreek” nie net die Sabbat omdat Hy en Hy alleen Christus is (die Here van die Sabbat) nie. Dit gaan nie daaroor dat NET HY so mag optree, omdat Hy Christus is nie. Nee, Hy verander die Sabbat permanent, of beter: Hy herstel dit terug na die wesenlike sabbatsbeginsel permanent en laat ook sy dissipels toe om dit voortaan anders te doen. Sy optrede is so radikaal, so onjoods, dat dit tot sy verwerping lei. Nogtans bring Jesus daardeur ‘n punt tuis: die wet word in Homself vervul. Sy interpretasie is die wesenlike en finale. Dit is ‘n nuwe bedeling van suiwering, herstel en terugkeer. Dit is die Messiaanse tyd van vervulling. Jesus tree met gesag op; dink bv. waar Jesus sê dat Hy God is [Joh 8:58] of mense vergewe [Luk 7:48-50] – ook as Here oor die Wet en vervang dan ook die hele Ou Testamentiese wet in ‘n nuwe gebod in (Joh 13:34):

‘n Nuwe gebod gee ek julle, dat julle mekaar moet liefhê. Soos Ek julle liefhet, so moet julle mekaar liefhê.

Op Jesus se eie wonderlike manier vervul Hy die wet, verander Hy dit, vervang Hy dit, maar skaf Hy dit nie af nie. Dit is die samevatting van die wet, die wese daarvan, die toepassing. Dis uiteindelik al wat ons hoef te onthou en te doen – dan bly ons in die hele wet (wat betref die tweede tafel van die dekaloog). Dit is immers wat die Ou Testamentiese wet self sê (Lev 19:18);

Daarby haak Paulus aan as Hy sê (Rom 13:10): Liefde is die vervulling van die wet.

Met dieselfde gesindheid vervang en herstel Jesus die Sabbat terug na sy eenvoud en essensie.

Ons sal hierheen terugkeer, maar die prentjie wat ons kry van Jesus en Paulus saam is van ‘n Sabbat wat:

nie op die Ou Testamentiese wet geskoei is nie (en dit is ‘n wesenlike verskil!) – een wat ook die heidense Christen, wat nie onder die Joodse wet staan nie, kan verstaan en ken en toepas

nie uit reëls, regulasies (wettisisme) bestaan nie, waarby ons so graag baie self gevoeg het ontspring uit God se skeppingsritme, m.a.w. ‘n nie-Joodse of pre-Joodse sabbatsbeginsel of

skeppingsbeginsel vir die mens se voordeel en opbou daar is – vir ons en vir ander deur ons.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 9: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.9

Notas:1. Ons vraag moet wees hoe lyk die onderliggende sabbatsbeginsel wat die Joodse Sabbat

onderlê – m.a.w. dit wat in die skepping ingebou is? Hoe sal dieselfde sabbatsbeginsel vir gelowiges geld wat nie Jode is nie? Wat van die Sabbat is Joods en wat van die Sabbat dra oor na nie-Jode?

2. Ons leer ook uit Jesus se uitspraak dat die sabbat in die eerste plek nie vir God nodig is nie, maar vir ons. Dit doen nie iets VIR HOM nie, maar VIR ONS.

Daar moet geen twyfel wees nie – in die Messiaanse Tyd is dinge anders! Paulus sê Christus is DIE EINDE VAN DIE WET vir die wat glo – die wet loop ten einde in Christus, en by Christus begin die nuwe bedeling:

Rom 10:4Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word.

Dit bring ons by die volgende tema.

Jesus is ons rus, en lei ons die rus in

Ons moet verstaan dat Jesus self die vervulling is van die Sabbat, en in die Nuwe Bedeling, die ewige Sabbat aan almal aanbied:

Die Hebreërbriefskrywer se hele oogmerk is om aan te dui hoe die hele Ou Testamentiese kultus: offerstelsel, priesterskap en alles wat daarmee saamgegaan het na Christus gedui het, en deur Hom vervul is. Oor die sabbat sê hy die volgende (Heb 4:3-11):

Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

Ons kan sy argument soos volg opsom (lees ook die wyer konteks): Die Here het aan die volk Israel rus beloof in Kanaän Moses (die vader van die Sinaitiese verbond en die wet [Tien Gebooie]) het hulle tot by

Kanaän gelei maar kon hulle nie in daardie rus inlei nie Josua (as tipe van Jesus – hulle het dieselfde naam) het hulle in Kanaän ingelei maar kon nie

aan hulle rus gee nie Dawid het 500 jaar later weer die volk tot God se rus opgeroep (in Kanaän) wat aandui dat

hulle dit nog nie het nie Daar wag nog ‘n rus vir die volk van God en Jesus (as die nuwe Josua) sal hulle wel daar kan

inlei Daardie rus wat Jesus bring is die volmaakte en ewige rus – ‘n sabbatsrus (sabbatismos)

Dit is duidelik dat die Sabbat self ‘n vooruitkyk en tipe is van die ware en ewige Sabbat wat nog voorlê in Jesus Christus. Die Joodse rabbis het ook uitgekyk na die dag wanneer “alles Sabbat” is. Daaruit moet ons duidelik die tydelike teken-aard van die Ou Testamentiese Sabbat sien. Die teken duur tot dit vervul is, en die Ou Testamentiese tekens is vervul in die Messias (Christus) wat die Messiaanse era ingelui het. In hierdie era, waarin ons nou leef, beleef ons die rus van ons werke (wetsonderhouding). Dit is die era van die verbond van genade, teenoor die verbond van werke, wat verbygegaan het. Ons gaan deur Jesus Christus IN GOD SE RUS in – deur die geloof, deur God se genade. Dit is presies waarna die Sabbat as teken gewys het. Ons beleef nou reeds die rus van God, alhoewel dit in die ewigheid tot ‘n volle verwesenliking sal kom. Ook die Vroeë Kerk het geleer dat elke dag nou sabbat is – dat die ewige sabbat reeds in Christus aangebreek het. Jesus nooi ons in hierdie rus in as Hy sê (Mat 11:28):

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.

Let op die volgende notas by hierdie vers:

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 10: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.10

Jesus spreek diegene aan wat moeg en belas is van wetsverpligtinge, reëls en regulasies. The Message vertaal: Are you tired? Worn out? Burnt out on religion? Come to me...

Die “juk” van ‘n rabbi is sy lering of geestelike plig wat hy oplê. As jy ‘n leermeester volg, neem jy sy juk op. Jesus sê sy lering is lig en bedoel om rus te gee

“julle sal rus vind vir julle siele” lui die (letterlike) Ou Vertaling

Hoe kan ons aan die teken vashou as die vervulling reeds gekom het? Dit is so goed as om ná die kruis van Jesus steeds offers te bring, of om voort te gaan met die besnydenis, nadat Jesus vir ons stukkend gesny is, en ons deur die geloof ‘n hartsbesnydenis ontvang het (Kol 2:11) – die “besnydenis van Christus”. Toe die Messias kom, het hy die skadu’s en beelde van Ou Verbond tot niet gemaak (Kol 2:16-17):

Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.

Ek verduidelik effens vanuit die Nuwe Vertaling: Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet of drink nie [m.a.w. om kosher te eet], of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfeeste of die sabbatdag moet vier nie . Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom: die werklikheid [wat die skaduwee gooi] is Christus.

Duidelik is Christus die vervulling (en dus die einde) van die Sabbat. Ons sien dit ook in Jesus se dood en opstanding:

Jesus WERK finaal aan die kruis op Vrydag (sy kruis-“werk”, m.a.w.) en sterf vir ons. Paulus redeneer dat ons (die “ou mens”) ook SAAM met Hom gesterf het aan die kruis

Jesus RUS finaal op die Sabbatdag in die graf (en IN HOM ook ons van ons sonde) Jesus STAAN OP in ‘n nuwe lewe, en lui finaal ‘n nuwe bedeling in – en ons saam met Hom.

Met die gebeure aan die kruis het Hy en ons die ou bedeling agter ons gesit, en die nuwe lewe begin.

4. Die Sabbat in die Kerkgeskiedenis

In die Vroeë Kerk was daar vloeibaarheid, en – soos gesê – was daar verskeie praktyke: vanaf weeklikse byeenkomste op die Sabbat, byeenkomste op Sondag, byeenkomste op beide dae en byeenkomste op enige dag. Nogtans het die praktyk om op Sondag bymekaar te kom vinnig veld gewen soos

die Joodse Christene minder en minder geword het apostoliese lering oor die wet/Ou Verbond en genade/Nuwe Verbond inslag gevind het, en begrip ontwikkel het vir die betekenis van die Sondag as “Dag van die Here”

Sabbatsbyeenkomste het op plekke tot in die 3de en 4de eeue voortgeduur, veral in die Oosterse Kerk, terwyl die Westerse Kerk (en Alexandrië) reeds in die 2de eeu ‘n Sondag-praktyk gehad het.

Die volgende historici getuig op ‘n vroeë stadium van byeenkomste op Sondae:

(met Engelse vertalings)

Didache 80-90n.C. "And on the day of our Lords resurrection, which is the Lord’s day, meet more diligently..."

Ignatius 110n.C "If they who were concerned in old things, arrived at a newness of hope, no longer observing the Sabbath, but living according to the Lord’s day, by which our life sprung from him and by his death (whom certain persons deny)…we have been made his disciples, let us live according to Christianity."

Barnabas 120n.C. "Wherefore, also, we keep the eighth day with joyfulness, the day, also, on which Jesus rose again from the dead."

Justinus die Martelaar 140n.C "Sunday is the day on which we all hold our common assembly, because it is the first day on which God, having wrought a change in the darkness, made the world; and Jesus Christ our savior, on the same day rose from the dead."

Ook Pseudo-Barnabas (100n.C.), Bardaisanus (154n.C.), Dionysius (170n.C.), Ireneus (178n.C.), Tertullianus (180n.C.), Cyprianus (200n.C.), Victorinus (280n.C.) en Eusebius (324n.C.) bevestig die gebruik. Ook die pseudopigrafiese geskrifte uit die 2de eeu Evangelie van Petrus en Handelinge van Petrus verwys na die gebruik om die “Dag van die Here” te vier.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 11: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.11

Teen die middel van die tweede eeu is Sondag algemeen gevier in die hele kerk, en let op: daar was nie in die Vroeë Kerk ‘n groot (of enige) teologiese dispuut daaroor nie, wat mens

sou verwag as die Sabbat/Sondag-kwessie ‘n belangrike saak was wat mense ontstel het, of wat kunsmatig en skielik (of onder dwang) “verander” is.

waar die gebruik van die sabbat voortgeduur het, is dit deur die (groter) kerk gekritiseer as “judaïserend” en afgeraai.

Konstantyn die Grote -321n.C.

Keiser Konstantyn het op 3 Maart 321 Sondag dwarsdeur die Romeinse Ryk as die rusdag vasgestel. Die volgende is belangrik om op te let:

DIT IS VALS om te beweer dat die “katolieke kerk” die Sabbat na Sondag verander het op hierdie dag. Dit was toe reeds ‘n gevestigde praktyk en Konstantyn het uit hoofde van sy “bekering” tot die Christendom die Christelike praktyk van honderde jare net deur die hele Ryk siviel deurgevoer (en sekerlik ook om orde te skep, want Hy het ook die 8dae week formeel afgeskaf en die 7dae week formeel bevestig).

DIT IS VALS om te beweer dat die Sondag ingebring is as geheime voorwendsel om die son te aanbid. Alhoewel daar sekerlik sonaanbidding op daardie dag was, was die vroeë Christene nie “heidene in Christelike gedaante” nie, maar opregte kinders van God en het hulle die eerste dag van die gevier as Opstandingsdag, en dit in elk geval herdoop na “Die Dag van die Here”. Onthou ook:

o Elke dag van die week is na ‘n Romeinse god vernoem en om op Saterdag (=Sabbat) byeen te kom, is allermins ‘n aanbidding van Saturnus, na wie die dag vernoem is;

o Ook die maande van die jaar verwys steeds na Romeinse afgode en dui nie vir ons dat ons nou Romeinse gode aanbid nie. Dit sê bloot ons kultuuragtergrond kom vanaf die Romeine (en Germane, Franke, Saksers, ens.) – ons maak immers gebruik van die Romeinse kalender, Romeinse reg, ens.

Latere amptelike konsilies van die kerk (bv. die Konsilie van Laodicea, ook in die 4de eeu) het sabbatsonderhouding amptelik verbied (as anathema) en opdrag gegee dat die Sondag gevier moes word. Die besluit was deel van ‘n hele reeks om kerksake te reël, maar lyk vir ons asof dit die nuwe situasie van ‘n goedgunstige staat ter wille wou wees, en gee ook uiting aan ‘n anti-Joodse gevoel in die Romeinse Ryk. Terwyl dit vryelik erken moet word, en die anti-Joodse gevoelens moet veroordeel, hef dit nie die hele ontwikkel van Sondagviering op nie. Sondag is nie nie “ingevoer” net om ‘n breuk met die Jode te bewerk nie – dit het eeue gelede reeds gebeur.

Latere ontwikkelings

Teologisering rondom Sabbat en Sondag het voortgeduur en Thomas Aquinas, die groot teoloog van die Middeleeue, het geleer dat die Tien Gebooie ‘n morele (of natuurlike) wet is wat vir almal geld, nie net vir die Jode nie. Dit het bygedra tot die siening dat die Sabbat van die Tien Gebooie (die Joodse Sabbat, m.a.w.) in lyn te bring is met die gebruik van die Sondagviering. Alhoewel sowel Martin Luther as Johannes Calvyn geleer het dat Christene nie die wet of die Tien Gebooie as sulks “hou” nie, is meer en meer geglo dat die Sabbat oorgegaan het in die Sondag, volgens die argument:

Ou Testament : wet, besnydenis, pasga, Sabbat; Nuwe Testament : genade, doop, nagmaal, Sondag

Dit het aan die Sondag ‘n meer en meer wettiese “sabbats”-karakter gegee: Die Sondag is ook (tot vandag) die “Sabbat” genoem – wat verwarring skep Die Sondag is ook onderwerp aan Ou Testamentiese reëls: nie werk nie, nie koop nie, nie

kook nie (plus natuurlik al die mensgemaakte reëls: nie speel nie, nie swem nie, nie naaldwerk doen nie, ens.)

Veral onder die Puriteine het hierdie tendens sterk geword en sowel die evangeliese ontwaking en die Calvinisme het hul eie beklemtonings gegee aan “Sondagonderhouding” as iets soos ‘n Sabbat, of inderdaad die Nuwe Testamentiese Sabbat.

Die Westminster Confession of Faith (1646) spel dit uit:

7. As it is the law of nature, that, in general, a due proportion of time be set apart for the worship of God; so, in his Word, by a positive, moral, and perpetual commandment binding all men in all ages, he hath particularly appointed one day in seven, for a Sabbath, to be kept holy unto him: which, from the beginning of the world to the resurrection of Christ, was the last day of the week; and, from the resurrection of Christ, was changed into the first day of the week, which, in Scripture, is called the Lord’s day, and is to be continued to the end of the world, as the Christian Sabbath.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 12: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.12

Dit is basies waarmee ons grootgeword het in die Protestantse Kerk.

Ook die Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk hou Sondag baie streng, op wettiese wyse. Laasgenoemde het steeds tradisies rondom die Saterdag-sabbat en handhaaf in ‘n sin steeds beide. Sekere gebruike, tradisies en liturgieë word altyd aangepas vir Saterdag, en die gedagte is dat:

Saterdag die dag van rus is Sondag die dag van viering is

Die onderskeid word inderdaad in die Katolieke Kerk ook effens vervaag omdat die liturgiese dag reeds die vorige aand begin (soos in die Joodse beskouing). Om Saterdagaand die mis by te woon is dus om reeds die eerste mis van die Sondag by te woon – katolieke verstaan daaruit dat hulle reeds “Sondag” in die kerk was.

Vandag is daar (soos dikwels in die verlede) ‘n nuwe belangstelling in die leer dat Christene die Sabbat moet hou soos die Ou Testament dit voorskryf:

Daar word gesê dat die Sabbat deel is van die Tien Gebooie, en daarom moet ons dit hou, al hou ons nie die res van die Ou Testamentiese gebooie nie. Die hele Tien Gebooie is egter deel van die wet, soos Paulus van die wet praat, en dit bly waar dat ons nie die wet kan hou nie (en dus met skuld belaai is), dat Jesus vir daardie skuld aan die kruis betaal het, en ons van die skuld verlos is – nie deur wetsonderhouding nie (ook nie die Tien Gebooie nie), maar deur God se genade in geloof te aanvaar – en dat ons voortaan nie uit die wet leef nie, maar deur die Gees;

Daar word gesê dat die Sabbat ‘n ewige instelling is (soos van die wet self gesê word in die Ou Testament) – daaroor het ons reeds gedeel;

Daar word gesê dat die Sondag die teken van die Antichris is (in die sin dat die “pous” dit ingestel het en dat daar op Sondae nie “gekoop of verkoop” word nie (wat nou nie meer die geval is nie), dat dit ‘n afgodery behels omdat dit op die dag van die sonaanbidding gedoen word, ens. Sulke aansprake is egter heeltemal vals en reeds hierbo aangespreek.

Die meeste aansprake oor die 7de dag Sabbat vandag kom uit die geledere van die 7de Dag Adventisme. Dit is natuurlik irrelevant (en ons kan hulle ook as broers aanvaar, alhoewel hul verskeie punte van afwyking het van die hoofstroom evangeliese protestantisme), solank daar goeie uitleg van die Skrif en die geskiedenis gedoen word, maar van hul argumente oor die Sabbat is gebaseer op visioene wat Mev. Ellen G. White, hulle stigter, gehad het, bv. oor ‘n gesig van die hemelse heiligdom waarin sy gesien het dat die ark oop is, en dat die vierde gebod met ‘n lig omkring is. Ons kan nie argumente voer oor mense se visioene nie.

5. Die eerste dag van die week

Ons moet nog deel oor hoe Sondag gesien word in die kerk. Ons kyk eers na hoe die dag genoem is:

Benamings vir die eerste dag

DIE OPSTANDINGSDAG

Van die begin af het die kerk die opstanding van Jesus as die sleutel tot die nuwe verbond verstaan. So betekenisvol as wat die kruis is vir die verstaan van ons versoening met God (as volkome offer), so betekenisvol is dit dat Jesus die dood en die Bose oorwin het en ons almal insluit in sy oorwinning (2 Kor 2:14) en hoop gee op die ewige lewe. Kruis en opstanding hoort saam, dood en lewe, sodat die kruis nie in Jesus se permanente dood eindig nie. Die opstanding verander die hele aard van die wêreld en geskiedenis - Jesus as Messias lui die Messiaanse Tyd in, die Koninkryk van God kom (Mat 4:17) [en dit bly aan die kom] en die ewigheid maak inbraak op die tydelikheid. Ons leef nou in die oorgangstyd tussen die ou bedeling en die ewigheid. Jesus se opstanding lui die finale opstanding uit die dode in (1 Kor 15:20-26).

Op die spesifieke Sondag van die Opstanding: Oorwin Jesus die dood en staan Hy op/word opgewek Verskyn Hy aan die vroue wat die graf besoek (Luk 24:1-12) Verskyn Hy aan die Emmausgangers (Luk 24:13-32) Verskyn Hy aan Simon (Luk 24:34) Verskyn Hy aan al die dissipels (Luk 24:36 e.v.)

Een week later op die Sondag (Joh 20:26) verskyn Jesus weer aan die dissipels.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 13: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.13

Letterlik “na agt dae”, maar alle kommentators wys daarop dat hulle telling inklusief was, m.a.w. die huidige dag is ingetel. Sommige vertalings vertaal met “’n week later”. Die bedoeling is om aan te dui dat dit die volgende Sondag was.

Dis verkeerd om daaruit af te lei dat hulle net op Sondae bymekaar gekom het, want in hierdie tyd het hulle elke dag bymekaar gekom. Jesus kies egter om op hierdie dag weer te verskyn.

Vyftig dae na opstanding op Pinksterdag, ook ‘n Sondag, gebeur die volgende (Hand 2): Ons aanvaar dit as die KERK SE AANVANG/geboortedag – want: die Heilige Gees word uitgestort die evangelie word die eerste keer verkondig as Jesus se kruis en opstanding die nasies hoor die evangelie vir die eerste keer (in hul eie taal) die kerk groei aan tot 3000 gereddes die doop word bedien (vir die eerste keer deur die kerk)

Al hierdie is duidelike tekens van die Messiastyd, want die Ou Testament het verwag dat die laaste dae die tyd sal wees wanneer die Gees uitgesort sal word, wanneer die nasies in Jerusalem God sal aanbid, ens.

Die Ou Verbond eindig op ‘n Saterdag, en die Nuwe Verbond begin op ‘n Sondag. Anders gestel: die Ou Verbond se laaste rusdag (toe Jesus in die graf was) loop die Sondag uit in die ewige rus van die Nuwe Verbond. Sondag het dus die betekenis gekry van ‘n viering van die nuwe verbond. Soos die sewende dag die ou verbond versinnebeeld, so versinnebeeld die eerste dag die nuwe verbond.

Dit bring ons by die volgende aspek:

DIE EERSTE/AGSTE DAG

Daar is ‘n Bybelse numerologie waartydens die syfer sewe (en “die sewende dag”) op voltooing dui, maar die syfer een (en “die eerste dag”) op aanvang, of ‘n nuwe begin. Soos die eerste dag dui op God se eerste skepping (uit chaos en donkerte), dui dit ook op God se herskepping. Eweneens vertel die Sabbat van ‘n werk wat afgehandel is, en die opstandingsdag van ‘n nuwe begin. Reeds in die Vroeë Kerk is die Sondag ook “die agste dag” genoem (sien by Barnabas se aanhaling hierbo), waarvan die simboliek dui op

Jesus – waarvan die numeriese ekwivalent 888 is Lewe – as daar bv. gedink word aan:

o die agt siele wat deur die ark gered iso die agste dag waarop die besnydenis aangebring moes word

Omdat die agste dag ook die eerste dag is, dui die agste dag ook op die ewigheid.

DIE DAG VAN DIE HERE

Reeds uit Nuwe Testamentiese tyd word die Sondag “die Dag van die Here” genoem, soos hierbo genoem. Dit is vals om daaruit af te lei dat Johannes hier (Op 1:9-10) na die Sabbat verwys, want die kerk het van dag een af verstaan dat dit oor die Sondag gaan – daar was in die Vroeë Kerk geen misverstand daaroor nie. Trouens, die term is vroeg reeds algemeen en universeel gebruik vir die Sondag.

SONDAG

Die bestaande naam van die dag was “Sondag” en dit was aan die son gewy (soos elke dag aan ‘n ander Romeinse god gewy was).

Die gedagte dat Christelike Sondagviering ‘n bedekte Sonaanbidding is, is vals. Let op: ook die sewende dag, die Joodse Sabbat, is in die Romeinse afgodediens aan ‘n afgod

(Saturnus) gekoppel en dit sou onsinnig wees om met ‘n teorie te kom dat Jode die gebruik van die Saterdag wou aanbeveel om eintlik ‘n Saturnus-aanbidding in te voer.

die teorie dat vroeë Christene in werklikheid ‘n Babiloniese Mitras-geloof (of iets dergeliks) aangehang het, is van alle waarheid ontbloot en getuig van totale onkunde oor die geskrifte van die apostels, die apostoliese vaders en die kerkvaders. Daaruit blyk niks anders nie as toewyding aan Jesus Christus.

Dis so goed as om te sê ons aanbid eintlik die son omdat ons op die Sondag byeenkom (maar dis die suggestie wat sommige laat).

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 14: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.14

Die vroegste Christene was begerig dat ons geloof die prominente, heidense afgodery verdring en het probeer om dit met wortel en tak uit te roei. Dit was nie ‘n skielike proses nie, en het omtrent 200 jaar geduur (sedert die 4de eeu, toe die Christenskap gewettig is). Soos moontlik, soos die geleenthede na vore gekom het, het hulle die afgodediens afgeskaf en Christelike gebruike in die plek daarvan gestel. Tempels is skoongemaak en nuut gewy tot kerke, en heidense feesdae en gebruike is vervang met Christelike ekwivalente. Let op:

Daar kan aanvaar word dat vervlakking ingetree het met die popularisering van Christenskap (soos ons in ons eie dag geken het dat daar ‘n groot proporsie nominele Christenskap was of is, en dan ‘n kleiner proporsie wat dit meer opreg bedoel) – nogtans was die poging opreg en te verstane binne die konteks van hulle tyd. Die vroeë Christene het dit nie as ‘n kompromis gesien nie, maar as ‘n manier om die leuen te vervang met die waarheid.

Ons doen dieselfde in die volgende scenario , wat werklik gebeur: in Amerika het Halloween oorgeneem as ‘n populêre feesdag, maar die oorsprong daarvan maak dit vir Christene onaanvaarbaar. Sommige kerke reël op 31 Oktober ‘n “alternatief" deur by die kerk ‘n jeugaand te hou. Lekker dinge word vir die jeug aangebied om hulle weg te hou van Halloween-vieringe. Sou mens nou sê dat hierdie byeenkomste se oorsprong “heidens” of “okkult” is omdat dit op dieselfde dag plaasvind en ‘n konneksie het met Halloween? Natuurlik nie. Die ironie van hierdie voorbeeld is natuurlik dat Halloween van die kerk afgeneem is, want “Allerheilige-aand” of “All Hallows evening” is ‘n kerklike feesdag – sou ons nou sê die “oorsprong” van Halloween is in die kerk en daarom is dit nie boos nie? Natuurlik nie. Die les is eintlik dat ons nie die betekenis van ’n saak moet vind in sy oorsprong nie, maar in die bedoeling van die wat dit vier, gebruik of toepas. Dit is ewe verkeerd om ‘n woord van (sê maar) Paulus te neem en dan (soos leraars dikwels doen) uitmekaar te haal in sy “oorspronklike” Grieks en die “ware” betekenis te vind en terug te lees in die teks. Letterkundiges noem dit die “etimologiese fout”. Paulus self sou verbaas gewees het oor die “uitleg” en gesê het dat hy dit verseker NIE bedoel nie. Die bedoeling van ‘n woord is net wat hy bedoel het die oomblik toe hy dit gebruik het. Ons kan ook nie iemand se woorde in Afrikaans aan ons analiseer na sy oorspronklike Hollands en Germaans en dan by ‘n ander betekenis kom as wat hy so pas aan my oorgedra het nie. Nogtans is dit wat ons doen met die oorsprong van Christelike feeste en gebruike. Die is dan nou “heidens” terwyl dit opsigtelik en blatant Christelik is.

Ons doen ook iets daarvan as ons op die sendingveld kom en soek na aanknopingspunte met die bestaande geloof. So gaan Paulus in Athene na die Grieke en sê hy wil praat oor die “onbekende god”, waarvan hy ‘n beeld gesien het.

Die vraag kan ook gevra word of ek en jy vandag Jesus Christus sou gedien het as die Weste nie ‘n algemene Christelike kultuur gehad het nie. Die geloof is immers aan ons oorgedra deur ‘n kultuur en ‘n tradisie, al was daar vervlakking. Daardie kultuur het aanleiding gegee tot die redding van duisende, nee miljoene siele.

Hierdie hele agtergrond is net om te verklaar waarom sommige vroeë Christene die sonaanbidding van die Sondag probeer bekamp deur te sê die eintlike son wat aanbid moet word op ‘n Sondag is die “Son van Geregtigheid” (Mal 4:2), die ware God.

Hoe verstaan en vier ons Sondag? Soos gesê, is die Sondag tradisioneel in ons kultuur as ‘n Sabbat gesien, en ook ‘n Sabbat genoem. Dit is eintlik verkeerd. Die redes is die volgende:

Die Sabbat is op die sewende dag en die Sondag is op die eerste dag van die week Die Sabbat is ‘n instelling wat in die Ou Testament reëls het wat insluit:

o Geen werk – Jode maak geen kos nie, en skakel geen elektrisiteit aan nieo Geen vuur maak – Jode ry bv. nie motor op die Sabbat nie a.g.v. die binnebrand-

enjino Geen handel dryf – m.a.w. geen koop of verkoop nieo Geen reis – behalwe ‘n kort area (‘n “sabbatsreis”) om jou woonplek, en om

sinagoge toe te gaan.Daar is beswaarlik iemand wat hierdie Sabbat hou (en onthou – DIT is die Bybelse opdrag, nie ‘n afgewaterde aangepaste Sabbat wat iemand self uitgedink het nie), al sê hulle hul hou die Sabbat. Die Joodse rabbis het die wet bestudeer en die Sabbatsverbod saamgevat in 39 verbode aktiwiteite. Slegs die wat dit behoorlik hou (en selfs Jesus het nie) kan sê dat hy die Joodse of Ou Testamentiese Sabbat hou.

Ons moet eerder bely dat ons nie die Sabbat hou nie, en ook nie kan hou nie. In werklikheid is ons nie langer onder die wet nie, en hou die Sabbat nie in sy wetsgedaante nie. Die gees van die Nuwe Testament is dat ons vrygekoop is van die wet, wat ons beskuldig. Ons leef deur die Gees uit die vryheid wat Jesus Christus, deur sy finale en volkome wetsonderhouding, vir © 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 15: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.15

ons be-“werk” het. Hoe meer Geesvervuld ons leef, ons nader kom ons aan die wil van God – trouens, as die Gees volle heerskappy in ons kry sal ons so in die perfekte wil van die Vader leef dat die wet duidelik sal blyk as ‘n blote skadu, ‘n padwyser, ‘n onderwyser (of “tugmeester” – Gal 3:24) na Christus toe.

Ek glo as ons geen besondere dag sou hou nie, of elke dag aan die Here sou wy, sou ons in lyn wees met die leer van Paulus in die Nuwe Testament – dit is immers ook presies wat hy beskryf in die Vroeë Kerk (Rom 14:5-6). So radikaal moet ons ons vryheid van die wet beskou – dit het immers die Seun van God se lewe gekos om vir ons daardie vryheid te koop. Die beste Nuwe Testamentiese antwoord sou egter wees om te sê dat die Heilige Gees ons self moet lei in hoe ons met hierdie saak moet omgaan, n.a.v. Rom 7 (wet/vlees) en 8 (geloof/Gees).

Persoonlik glo ek dat die Heilige Gees reeds die kerk gelei het na dit wat ons op ‘n Sondag doen. Die volgende is van toepassing:

Ons kan ‘n sabbatsbeginsel onderskei nog voor daar sprake was van ‘n Sabbat, ‘n wet of ‘n Joodse volk. Dit is dit wat die Here in die skepping ingeskape het toe hy ses dae gewerk het en die sewende dag gerus het. Ons kan sê dat die Joodse Sabbat ‘n gestalte daarvan is – die toepassing daarvan vir die Jode. Die Sabbat is die sabbatsbeginsel in Ou Testamentiese of Joodse gedaante.

Die sabbatsbeginsel dra aan ons die waarheid oor dato ...God een dag uit sewe gerus het vir ons doeleindes – nie omdat Hy moeg was nie!

Hy leer ons om te rus, en Hy bou die rus-beginsel in die skepping in. Omdat Hy gerus het, moet ons ook rus. Alles in die skepping rus ook – selfs die Skepper! Dit is dus ‘n baie belangrike saak. Deur ook te rus “tune ons in” op God se heilige tyd, soos sommige sê. Dit is ‘n diep geestelike saak.

o ...die sabbat in beginsel vir ons voordeel gemaak is – ons gesondheid hang daarvan af. Die mediese wetenskap het ook bevind dat ons liggame op ‘n sewe-dae ritme ingestel is. Dit is vir ons fisiese en psigiese welsyn noodsaaklik om te rus, en die sewe dag ritme is die Bybelse norm.

o ...werk nie alles is nie. Die sabbatsbeginsel leer ons geloof en afhanklikheid. Om nie te rus nie is om net staat te maak op myself: my eie werk, my eie vermoë, my eie produktiwiteit. Ek is my eie voorsiener, ek het God nie nodig nie. Geloof is om te sê genoeg gewerk: nou rus ek – ek vertrou die Here vir genoeg inkomste om ook hierdie dag se niks-doen te vergoed.

Ons, as nie-Jode, gebruik die eerste dag van die week om hierdie sabbatsbeginsel uit te leef, maar let op die volgende:

Ons noem dit nie die Sabbat nie, want (1) dit skep die misverstand dat ons die Joodse Sabbat probeer hou en (2) die Here het nie vir ons so ‘n opdrag gegee in die Nuwe Testament nie. Ons stem nie saam dat Sondag die Nuwe Testamentiese Sabbat is nie, of dat net die dag verander het nie. Die Ou Testament se opdrag “gedenk die Sabbat dat jy dit heilig” is nie van toepassing op die Sondag nie. Ons kan nie eintlik praat van “Sondagontheiliging” nie. Dit is nie Nuwe Testamentiese taal nie.

Ons benader dit ook nie soos die Joodse Sabbat nie, en dit is HEELTEMAL VRY van ‘n wettiese karakter en van wedersydse veroordeling.

As sommige Christene ‘n ander dag as rusdag neem, ja ook die Saterdag, dan aanvaar ons dit en seën hulle, want ons is nie gebonde nie – ons is vry.

Hoe vier ons hierdie dag?

Die volgende voorstelle is wat my betref kongruent aan dit wat ons vanuit die Nuwe Testament verstaan oor Sabbat en Sondag:

As ons die Dag van die Here vier het dit ‘n ander aard as die Ou Testamentiese Sabbat – omdat dit oor die opstanding van die Here gaan, en die eerste dag is, gaan dit oor vreugde, nuwe lewe en blydskap. Dit is nie ‘n onderhouding nie, maar ‘n viering. Dit het ‘n feeskarakter.

Dit is wel ‘n dag van rus en ontspanning, waarmee ons in ritme wil leef met die sabbatsbeginsel wat God in die skepping ingebou het. Wat is die essensie hiervan? Ons sien af van ons normale, inkomstebringende werk. Ons produktiwiteit kom tot stilstand. Dit beteken nie ons mag niks doen nie. Dit gaan nie oor geen aktiwiteit nie. Dit gaan oor ophou met die inspanning. Dit gaan oor rus, herstel, opbou. Die kreasie moet plek maak vir re-kreasie. Dit is ‘n dag vir ons gesinne en ook ‘n dag vir onsself.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 16: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.16

Ons het nie reëls en regulasies oor die Dag van die Here nie. Die verbod op handeldryf, vuurmaak, reis, ens. is nie van toepassing op hierdie dag nie. Daarom gaan ons wel winkels toe, gaan eet uit, speel krieket op die gras, eet heerlik (die sonde is nie in die ete kook nie – verbode volgens Ou Testament – maar in die ongesond eet!) en gaan swem agterna. Ons beoefen stokperdjies en doen dinge wat vir ons lekker en ontspannend is.

In die tradisie van die Nuwe Testamentiese Kerk gee ons die eerste dag aan die Here, as eerstevrug; soos ons die eerste vrugte van die oes aan die Here wy, en die eerste tiende van ons inkomste aan die Here gee, so gee ons die eerste dag aan die Here. As ons die eerste vrugte gee, of ‘n tiende, simboliseer dit eintlik dat die hele oes, die hele inkomste en die hele week aan God behoort. Hoe wy ons die eerste dag aan die Here?

o Ons gaan kerk toe, soos die eerste Christene en Christene deur al die eeueo Ons gebruik die dag vir gebed en die Woord, Bybelstudie, geestelike boeke, ens.o Ons deel ons vreugde en seën met ander deur dienswerk en barmhartigheid.

Wat van Sondagsport en winkels wat oop is op ‘n Sondag?

As ons vashou aan die gedagte dat Sondag ‘n Ou Testamentiese Sabbat is, mag daar nie winkels oop wees nie, en ons mag natuurlik nie koop nie. Dan mag daar nie op ‘n Sondag professionele sport gedoen word nie – wat natuurlik presies dieselfde is as die wat in winkels, restaurante en garages oop is. As ons die eerste dag as iets anders as die Ou Testamentiese Sabbat sien, beskou ons dit nie as ‘n probleem nie. Ons gaan voort om Sondag te vier as ons rusdag – as ander hul inkomstebringende werk doen op ‘n Sondag, het hulle nie die Ou Testamentiese Sabbat verbreek nie (want hulle het, soos ons, nog nooit die Sabbat gehou nie)! Hulle probleem is eerder:

dat hulle nie in die kerk kan kom as hulle elke Sondag werk nie, en moet ter wille daarvan probeer om nie op Sondag te werk nie. Diegene wat egter Sondag nie werk nie en ook nie kerk toe gaan nie, moet nie so een veroordeel nie!

dat die sabbatsbeginsel verlore gaan , en hulle moet moeite doen om rusdae te kry wat God se begeerte vir ons welsyn honoreer.

Die staat se Wet op Minimum Diensvoorwaardes spel uit watter rustye aan werkers verleen moet word en behoort ondersteun en toegepas te word. Werkgewers se verantwoordelik is ook dat hulle werkers ‘n dag uit sewe kan rus, verkieslik op ‘n Sondag.

EK WEET: Hierdie uitleg is nie vir almal aanvaarbaar nie, omdat hulle ‘n Sondag=Sabbat paradigma ken en aanvaar. Dan is daar ook die mooi verhale van diegene wat ter wille van hulle geloof weier om op ‘n Sondag sport te doen, ens. Alhoewel die Here sulke toewyding sal eer, is daar ‘n beter verstaan van die Sondag uit die Nuwe Testament moontlik.

Wat sal ons dan van hierdie dinge sê?

Ek is oortuig dat die bg. ‘n eerlike verstaan is van die Sabbat en die Sondag. Dit interpreteer so ver moontlik korrek wat die Bybel en die geskiedenis vir ons hieroor leer. Dit is ook nie ‘n nuwe of vreemde interpretasie nie, dis eintlik ‘n wyd aanvaarde verstaan vandag en juis die rede waarom Christene vandag op Sondag doen soos hulle doen.

Nogtans is daar mense wat, uit liefde vir die Here, ‘n sabbat op Saterdag en op spesiale wyse wil vier. Omdat ons nie onder die wet is nie, kan ons dit natuurlik doen, en my gevoel hieroor is, om in lyn te wees met wat ons in die Skrif leer:

ons mag nie ons sabbat gebruik om mekaar te veroordeel nie, maar ons sabbat gebruik om ons persoonlike geestelike lewe te bou

ons mag dalk die Saterdag hou as rusdag en die Sondag as byeenkoms van Christene ons hou nie ‘n (Ou Testamentiese) Sabbat (hoofletter) op wettiese wyse nie, want dit is

onmoontlik en gaan teen die gang van Jesus se kruiswerk. Ons hou ‘n sabbat (kleinletter) – die sabbatsbeginsel – in ons week.

Dit sou so ‘n viering verryk as ons by die Jode leer hoe hulle hulle Sabbat vier, en bv. ook die rusdag op Vrydag-aand verwelkom met die aansteek van kerse (soos sommige Christene ook doen), en sinvolle gesinstradisies rondom dit hou. So iets gaan nie oor verpligtinge nie, maar oor sinvolle simbole wat ons verstaan verryk.

Die wat egter nie ‘n sabbat op die wyse vier nie, oortree nie, en is steeds in die Nuwe Testamentiese leer. Ek sluit af met Paulus se woorde in Romeine (14:4-7), toe hy presies oor hierdie saak gedeel het – laat ons dieselfde gesindheid handhaaf!

Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel?

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.

Page 17: Morele Kompas - Ningapi.ning.com/files/wfufAsrgkK-LPYt5paT5Ti-Nk5glt-E4aDk…  · Web viewOnderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet

Sabbat en Sondag p.17

Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie.Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg.Vir die een is die een dag belangriker as ander dae,vir die ander is alle dae ewe belangrik.Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting.Die een wat ‘n bepaalde dag op ‘n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here.Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want Hy dank God.En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, want Hy dank God.Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie.As ons lewe, leef ons tot eer van die Here, en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here.Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Amen.

© 2010 Jimi le Rouxwww.jimileroux.com

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die outeur en webruimte.