29 maart 2015 hartklop - ngk onrusrivier · 2015. 3. 28. · sin koll: badisa baie dankie vir u...

8
VANOGGEND SE DIENS (DS MICHIEL DE KOCK) TEKS: LUK 23:33 - 36 TEMA: JESUS MAAK ONS DRAERS VAN GENADE “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie,” Dit was Jesus se eerste woorde aan die kruis. Dit weerspieȅl God se hart van genade. Ja, Jesus het dit natuurlik vir die mense wat Hom gekruisig het gebid, maar ook vir jou en my, want dis ons sonde wat Hom daar gebring het. Ons sonde wat Sy aaklige kruisdood genoodsaak het. Die soldate en die wat Hom die onskuldige as skuldig veroordeel het, was net die mense wat dit namens ons gedoen het. Nou spreek Jesus ons vry. Die toets vir jou en my Christenskap is dan juis of ons ook kan vry spreek, vergewe sonder voorwaardes. Ja, of ons ook die genade kan aangee na hulle wat sukkel, of hulle wat hulle bes doen maar nie hulle skuld kan betaal nie, terwyl ons in die rykdom van Jesus se vergifnis leef? Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAGMIDDAE SAAMKUIER @ 15:30 BY DIE DIENSSEN- TRUM - ONS NOOI ALLE 50 PLUSSERS Nie seker wat om met jou Son- dagmiddag te doen nie? Lus vir gesels en lag en kuier? Kom ge- niet die geselskap en ‘n heerlike koppie tee/koffie. Mans en vroue, enkel of getroud - u is almal baie welkom! Navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat ons die woestyn. Ons stap saam met die Here Jesus na Jeru- salem vir die Paasfees. Dit is Sondag. Dit is ‘n dag van gemengde emosies. Dit is die eerste dag van Jesus se laaste week op aarde. En dit is ook Palmsondag. Vir die Paasfees het Jesus in Betfage tuisgegaan, by Lasarus en sy twee susters. Dié Sondagoggend vroeg is Jesus saam met die feesgangers na Jerusalem. Jesus het intussen twee van Sy dissipels gestuur om vir Hom ‘n eselsvul te gaan haal. En op die rug van hierdie vulletjie kom die Here by die stadspoorte aan. Toe die skare Hom sien, is hulle verheug, want dit is hulle Koning! Hulle gee van hul klere om as ‘n saal te dien. Ander strooi hulle klere voor die eseltjie oop om as ‘n rooi tapyt te dien. En die skare sing lofliedere en roep luid: “Hosanna!”. Hulle wuif die palmtakke. (Die palmtakke immers die embleem van ‘n Koning!) En Jesus ...? Jesus huil. Nie sag nie, maar Hy snik soos Hy huil. Jesus weet hierdie skare wat nou hulle “Hosanna’s” sing, sing valse note. Die komende Vrydag sal hulle weer sing. Maar dan sal dit ‘n dreunsang wees: “Kruisig Hom. Kruisig Hom”. Vrydag sal Hy nie deur ‘n eseltjie gedra word nie. Vrydag sal Hy die draer wees. Hy sal ‘n ander se kruis moet dra, ‘n kruis waarop die wêreld se sondelaste gelaai word. Vrydag sal Hy Sy laaste reis aflê, op die Via Dolorosa . Op pad na Golgotha. U is welkom om by ons aan te sluit en saam met ons Jesus te volg. Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MAART 2015 TEKS VIR DIE WEEK VIR SONDAG 5 APRIL (DR CLIFFORD HEYS) 1. Lees Johannes 20v1-18 – Maria Magdalena se ontdekking. Lees 20v19- 25 – Die dissipels se belewing. Lees 20v26-31 – Thomas se belydenis. Leef jou in. Deel julle emosies met die ander. 2. Verstaan julle: Jesus het ons lewenspad deur-leef. Hy is deur ons laagtes en vertwyfeling, deur ons krisisse, deur ons siektes, deur ons dood, deur ons begrafnis en deur ons opstanding. Hy het dit gemaak. Nou begelei Hy vir ons daar-deur. 3. Dus: ‘As jou God dood is, neem tog myne. My God leef!’

Upload: others

Post on 25-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

VANOGGEND SE DIENS (DS MICHIEL DE KOCK)

TEKS: LUK 23:33 - 36 TEMA: JESUS MAAK ONS DRAERS VAN GENADE

“Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie,” Dit was Jesus se

eerste woorde aan die kruis. Dit weerspieȅl God se hart van genade. Ja, Jesus het

dit natuurlik vir die mense wat Hom gekruisig het gebid, maar ook vir jou en my,

want dis ons sonde wat Hom daar gebring het. Ons sonde wat Sy aaklige kruisdood

genoodsaak het. Die soldate en die wat Hom die onskuldige as skuldig veroordeel

het, was net die mense wat dit

namens ons gedoen het. Nou

spreek Jesus ons vry. Die toets

vir jou en my Christenskap is dan

juis of ons ook kan vry spreek,

vergewe sonder voorwaardes.

Ja, of ons ook die genade kan

aangee na hulle wat sukkel, of

hulle wat hulle bes doen maar nie

hulle skuld kan betaal nie, terwyl

ons in die rykdom van Jesus se

vergifnis leef?

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

SONDAGMIDDAE SAAMKUIER

@ 15:30 BY DIE DIENSSEN-

TRUM - ONS NOOI ALLE

50 PLUSSERS

Nie seker wat om met jou Son-

dagmiddag te doen nie? Lus vir

gesels en lag en kuier? Kom ge-

niet die geselskap en ‘n heerlike

koppie tee/koffie. Mans en

vroue, enkel of getroud - u is

almal baie welkom!

Navrae: Hannie Koch

028 316 1595 / 081 271 2290

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: BADISA

Baie dankie vir u ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat ons die

woestyn. Ons stap saam met die Here Jesus na Jeru-

salem vir die Paasfees. Dit is Sondag. Dit is ‘n dag van

gemengde emosies. Dit is die eerste dag van Jesus se

laaste week op aarde. En dit is ook Palmsondag.

Vir die Paasfees het Jesus in Betfage tuisgegaan, by Lasarus en sy twee susters.

Dié Sondagoggend vroeg is Jesus saam met die feesgangers na Jerusalem. Jesus

het intussen twee van Sy dissipels gestuur om vir Hom ‘n eselsvul te gaan haal.

En op die rug van hierdie vulletjie kom die Here by die stadspoorte aan. Toe die

skare Hom sien, is hulle verheug, want dit is hulle Koning! Hulle gee van hul klere

om as ‘n saal te dien. Ander strooi hulle klere voor die eseltjie oop om as ‘n rooi

tapyt te dien. En die skare sing lofliedere en roep luid: “Hosanna!”. Hulle wuif die

palmtakke. (Die palmtakke immers die embleem van ‘n Koning!)

En Jesus ...?

Jesus huil. Nie sag nie, maar Hy snik soos Hy huil.

Jesus weet – hierdie skare wat nou hulle “Hosanna’s” sing, sing valse note. Die

komende Vrydag sal hulle weer sing. Maar dan sal dit ‘n dreunsang wees: “Kruisig Hom. Kruisig Hom”. Vrydag sal Hy nie deur ‘n eseltjie gedra word nie. Vrydag sal

Hy die draer wees. Hy sal ‘n ander se kruis moet dra, ‘n kruis waarop die wêreld

se sondelaste gelaai word. Vrydag sal Hy Sy laaste reis aflê, op die Via Dolorosa .

Op pad na Golgotha.

U is welkom om by ons aan te sluit en saam met ons Jesus te volg.

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

29 MAART 2015

TEKS VIR DIE WEEK

VIR SONDAG 5 APRIL

(DR CLIFFORD HEYS)

1. Lees Johannes 20v1-18 – Maria Magdalena se ontdekking. Lees 20v19-25 – Die dissipels se belewing. Lees 20v26-31 – Thomas se belydenis. Leef jou in. Deel julle emosies met die ander. 2. Verstaan julle: Jesus het ons lewenspad deur-leef. Hy is deur ons laagtes en vertwyfeling, deur ons krisisse, deur ons siektes, deur ons dood, deur ons begrafnis en deur ons opstanding. Hy het dit gemaak. Nou begelei Hy vir ons daar-deur. 3. Dus: ‘As jou God dood is, neem tog myne. My God leef!’

Page 2: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

ONS BID VIR ... Sarie van Staden

Sarel Vorster

Jan Eksteen

Louis van Brakel

Martha Swart

Francois Snyders

Paul Bezuidenhout

Sybrand Smit se broer

Hettie van Wyk

Willie Smit

Rina vd Westhuizen

André van Vuuren

Fritz de Jager

Gideon Botha

Okkie van Tonder

Sunsunet Gombert

SPESIALE GEBED:

Vader, ons bid spesiaal vir al die

vakansiegangers op die paaie

tydens paastyd. Ons bid vir ‘n

veilige reis. Ons bid ook vir

vrede en vreugde vir gesinne en

families wat in hierdie tyd

saamkuier. Ons vra U seën.

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 30 MAART DI. 31 MAART WO. 1 APRIL

05:00 GEBED in die OnsTeater

DIENSSENTRUM: Indien u belangstel om u

hare te laat sny (mans en vrouens), droogblaas,

krullers indraai (set) ensovoorts kontak vir Es-

ter du Toit by 028 316 2229 of 083 407 7973

en maak ‘n afspraak. Ester sal fooie verskaf.

18:30 LYDENSWEEK MEDITASIE

05:00 GEBED in die OnsTeater

09:45 Golden Harvest diens in sitkamer.

SOPKOMBUIS

10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees saam

kreatief met alle soorte kunswerke. Kontak

Joan (028 316 2127/082 710 2787) indien jy nie

oor vervoer beskik nie. Ons sal jou kom oplaai.

DIENSSENTRUM: Naaldwerk (klere her-

stel / versteldiens beskikbaar). Bring gerus.

18:30 LYDENSWEEK MEDITASIE

05:00 GEBED in die OnsTeater

SKOLE SLUIT

24een GEBEDSWAG

DIENSSENTRUM:

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb afspraak by Marilyn (082 532 6931).

10:00 TRIMGIM in die sysaal. 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:30 LYDENSWEEK MEDITASIE

DO. 2 APRIL VR. 3 APRIL SA. 4 APRIL

05:00 GEBED in die OnsTeater

10:15 Groet- en ontmoetoggend saam met

Kosie en Joan. Kom sit agteroor, speel saam,

gesels saam en lag saam!

18:30 LYDENSWEEK MEDITASIE

08:00 & 10:00 GOEIE VRYDAG

DIENS (NAGMAAL)

18:30 Passiespel in die Ou Hawe,

Hermanus. Bring u stoel, piekniek-

mandjie en warm baadjie. Welkom!

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 5 APRIL?

“Die Heer het opgestaan, Hy het

waarlik opgestaan!”

06:00 OPSTANDINGSDIENS by die

kruis bokant kerk.

09:00 FEESDIENS in die gemeentesen-

trum

WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 22)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 11)

GEEN KATEGESE

(VAKANSIE)

Here, dankie dat ons Jesus se regmatige plek as Koning oor ons lewens erken. Dankie vir Jesus, Hy is deur U gebruik om ons weer in die regte verhouding met Hom as Opperwese te stel.

Jesus, dankie dat U aan ons as mensekinders kom verduidelik wie God eintlik is, wat God vir ons as mense beteken, en ook wat God van ons verwag.

Dankie dat ons in Jesus Christus as Verlosser glo. Dankie Vader, dat ons weet dat hierdie koninkryk reeds in Jesus Christus teenwoordig is maar sal eendag volkome werklikheid word.

Jesus, dankie dat U op die kruis gesterf het vir ons sondes. Dankie dat U vir ons geleer het wat ware geloof beteken en hoe ons moet leef in die regte verhouding met God.

Dankie Jesus, dat U uit die dood opgestaan het vir ons. U het die eerstelling geword en net so sal ons, die origes, ook opstaan. U het die dood oorwin en ons saam met U.

STIL SATERDAG Jesus, vandag is ons stil en

onthou die hel waardeur U

moes gaan - vir my. U was van

God die Vader geskei deur ons

sondes wat U op U skouers kom dra het -

vir my. Jesus, ons is stil, want ons weet

nie wat om te sê nie. Ons is stil, want ons

hou asems op - wagtend. Jesus . . .

Page 3: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

Ons nooi graag ons kinders om in te skryf vir #imagine wat van 10-12 April 2015 by Bredasdorp

gehou word. Dit is 'n onvergeetlike ervaring vir ons kinders.

Die maklikste manier om in te skryf is om dit self te doen op internet. Hier onder is die web-adres waarop kinders self kan inskryf. Die groepkode is NGKOnrus.

Dit behoort klaar op die vorm te staan.

Die maklikste is om die inligting onder al die kinders te versprei. Kinders van ander gemeentes in Hermanus kan ook onder die kode inskryf.

Dit dui maar net daarop dat hulle van Hermanus kom. Anders kan hulle 'n eie kode aanvra.

https://www.itickets.com/register/new/336931&referrer=NGKOnrus

Kontak Nicola Coetzee by 082 724 1053 of [email protected]

*** GESOEK: VOLWASSENES WAT TOESIG KAN HOU TYDENS KAMP ***

Die nuwe reeks van die Toekomsvenster boekies is geskryf deur Annes Nel met die tema: Op pad na heelheid.

U is baie welkom om dit te bestel by die kerkkantoor @ R65 elk voor DONDERDAG 2 APRIL. Die leraars gaan nie noodwendig vol-gens die boekie se tekse werk nie, maar u is baie welkom om dit steeds in u kleingroepe te gebruik. (Ons sal dit ook waardeer in-dien u die korrekte kleingeld kan saambring) Baie dankie!

BASAAR 2015 Ons benodig asb die volgende: Wit olifante (pak gerus u kaste bietjie reg) Boeke, CD’s en DVD’s asb. Plante - enige steggies of klein plantjies is ook wel-

kom, ons het houers. Groot plante natuurlike ook welkom. Kontak Icky by 072 245 3191. Sy kan dit ook by u kom haal.

Vir enige navrae of hulp wat u kan aanbied, kontak asb vir Hans Herbst by 082 568 9845.

BASAAR AFSKOP VRYDAGAAND 24 APRIL @ 19:00

BASAARTENT

Ons nooi u na ‘n heerlike saamkuier en afskop

van die Basaar. Ons word hierdie jaar bederf

met ‘n skaap spitbraai!

Koste: R80pp (Sluit in die skaap spitbraai,

vars gebakte brood en konfyt, heerlike slaaie,

smullekker poeding en koffie/tee)

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en

daar is slegs 120 beskikbaar - so kom kry een

so gou moontlik!

HARTLIK WELKOM ALLE NUWE INTREKKERS

Hannetjie Vosloo (wyk 3B) Charl & Susette van Zijl (wyk 7)

Cliff & Lorraine Janke met Calista, Verné en Juandré (wyk 7) Hennie Boshoff (wyk 7)

Frans & Elsabé Maritz (wyk 9) Petro Rabie (wyk 12)

Andries & Babs de Lange (wyk 19) Ivy Theron (wyk 24)

Hanré & Malesa Blignaut met Marli, Jeanne en Tertia (wyk 24) Nico & Miemie v d Merwe (wyk 25)

Charlotte Taylor (wyk 29) Charles & Belinda Richards met Andrew & Ethan (wyk 29)

Francois & Arina v d Westhuizen (wyk 30 C) Jannie & Janette Lamprecht (wyk 31)

Maurits & Martie van Rooyen (wyk 32 A) Jannie & Sadie Welgemoed (wyk 33)

George & Geraldine Erasmus (wyk 34 B) Johann & Madelein Krog met Johann en Willem (wyk 34 B)

Abraham & Marlize Hickman met Zephan, Mar-Lize , Thomas & Riani (Wyk 35)

ONS NOOI ALLE MANNE

Ons hou weer Daniel Konferensie op Stanford.

17 - 19 April.

Die koste is R50 vir die hele naweek - die aksie is van

Vrydag 18h00 tot Saterdag 16h00, met erediens Son-

dag om die naweek af te sluit. Vir navrae en bespre-

kings, kontak asb vir Nico Roos by 083 230 1325 of

[email protected]

NOG BASAAR HEERLIKE SKAAPVLEIS van die Overberg distrik

beskikbaar om te bestel (aflewering ’n week voor die

Basaar). Bestel by Hans Herbst by 082 568 9845.

BASAAR LYSTE: Indien daar nog nie ‘n lys by u ‘n

draai gemaak het nie, is u welkom om ‘n bydrae te

skenk by die kerkkantoor. Baie dankie!

HANDEHULP: Heelwat stalletjies het u hulp nodig.

Kontak die kerkkantoor of Hans om u naam te gee.

Page 4: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

PAASFEESDIENSTE 7 WOORDE WAT JOU LEWE KAN VERANDER Ons word stil by die voet van die KRUIS, ons word stil en ons hoor weer

die woorde asof JESUS self dit vir ons sê.

PALMSONDAG 29 MAART @ 09:00

Eerste kruiswoord: “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle

doen nie”. Jesus maak ons genadige mense. Luk. 23 v 33 – 36.

LYDENSWEEK MEDITASIE - MAANDAG 30 MAART @ 18:30

Tweede en Derde Kruiswoorde: “Jy sal vandag saam met My in die Paradys wees” en “Seun daar is jou moeder,

moeder daar is jou seun”. Luk. 23 v 32, 33, 39-43. Joh. 19 v 25 - 27. Jesus maak ons draers van hoop en gee ons

‘n nuwe familie.

LYDENSWEEK MEDITASIE - DINSDAG 31 MAART @ 18:30

Vierde Kruiswoord: “My God, My God waarom het U my verlaat”.

Jesus leer ons medelye met ander. Matt. 27 v 45 – 48.

LYDENSWEEK MEDITASIE - WOENSDAG 1 APRIL @ 18:30

Vyfde Kruiswoord: “Ek het dors!” Joh.19 v. 28 – 29. Jesus help ons om te dors na die wil van God, ten diepste na God

self.

LYDENSWEEK MEDITASIE - DONDERDAG 2 APRIL @ 18:30

Sesde Kruiswoord: “Dit is volbring”. Joh.19 v 28 tot 35. Jesus help ons om die verlede af te handel.

GOEIE VRYDAG DIENSTE 3 APRIL @ 08:00 & 10:00 (NAGMAAL)

Sewende Kruiswoord: “Vader in U hande gee ek My Gees oor”. Luk. 23 v 44 – 46. Jesus leer ons van algehele oorgawe

- die kuns om sinvol te lewe en te sterwe.

GOEIE VRYDAG - PASSIESPEL BY DIE OU HAWE @ 20:00

Kom vroeg, bring gerus ‘n piekniekmandjie en onthou jou stoel en warm baadjie. Daar is ‘n paar voorprogramme,

kunstenaars wat optree asook Lofdanse. U is almal baie welkom.

OPSTANDINGSONDAG 5 APRIL @ 06:00

Kom vier die opstanding by die kruis op die parkeergebied aan die bokant van die kerk. Onthou asb om u eie

kampstoel en ‘n piekniekmandjie met tee/koffie en broodjie saam te bring. Ons breek die vastyd saam by die kruis.

OPSTANDINGSONDAG 5 APRIL @ 09:00

Vanaf 08:40 begin ons reeds die Here te loof in die kerkgebou self, want Hy het waarlik opgestaan!!! Kom vier saam

fees. Ons gaan sing, ons gaan dans, ons juig oor die opgestane Heer!

Nooi asb u vriende, bure, werknemers en besoekers om saam met ons Heer hierdie pad te stap.

Mag God drie–enig U met Sy onbegryplike diep liefde seën.

MICHIEL, WILHELM EN CLIFFORD

KOM BID SAAM IN DIE OGGENDE

Maandag 30 Maart - Donderdag 2 April @ 05:00

Ons kom by die OnsTeater bymekaar by die kerk

Ons nooi u almal hartlik uit om saam te kom stilword in gebed as

deel van die Lydensweek meditasies. Ons begin reeds die

kruiswoord van daardie dag oordink en tree ook in vir die dienste.

Kom en kniel saam met ons aan die kruis.

Page 5: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

DIE GOUE DRAAD VAN GOD SE VERHAAL MET ONRUSGEMEENTE

God skryf Sy verhaal met Onrusgemeente deur die gebeure en op die harte van die mense van hierdie ge-meente. Die pad wat ons drie-Enige God in en deur Sy gemeente van Onrusrivier al van lank voor ons in 2001 afgestig het stap, loop soos ‘n goue draad deur tye en datums, gebeure en Goddelike afsprake en ontmoe-tings wat Hy met ons oor die afgelope jare gehad het. Soms ook deur seer maak God Sy Vaderhart vir ons wyd oop en ervaar ons Sy trou en sorg soos nog nooit tevore nie. Elke keer wanneer ons terugkyk dan kan ons vir mekaar sȇ: “God is hier, Hy het ons gelei. Hy is in beheer, Hy roep en stuur en sorg. Sy Koninkryk is besig om te kom waar ons deur Sy genade alleen Sy stem kon hoor en gehoorsaam”. Ja ook soms ten spyte van ons het Hy Sy Koninkryk laat kom. Daar is duidelike ligbakens langs die pad wat ons nie mag vergeet nie, want dit getuig van wie God is, hoe getrou Hy is en dit gee vir ons hoop vir die pad vorentoe.

As jy deel was van so ‘n ontmoeting, al is dit ‘n enkele een wat vir jou uitstaan, plaas dit asb op skrif en laat ons dit kry. Ook meer persoonlike ervarings, waardeur God verheerlik word, sal verwelkom word. Clifford het ingewillig om uit al die Godsverhale wat ons as gemeente beleef het, hierdie Goue draad van God se pad, vir ons op skrif te sit. Dawie Vorster sal ons help met die taalkundige versorging daarvan. Ons sȇ opreg baie dankie.

U moet ons asb help om die verhale op papier te kry, want u is deel van God se verhaal van Onrusgemeente. U is baie welkom om u ervaring op skrif te plaas, verkieslik op rekenaar te tik en as ‘n aanhangsel (attachment) in “Word “ formaat aan Hanna by die kerk-kantoor te e-ppos. Haar adres is: [email protected] Indien u nie op rekenaar kan plaas nie vra gerus ‘n kleinkind wat vir oupa of ouma kan tik terwyl u die storie vertel nie (dit kan sommer ook ‘n wonderlike geleentheid wees). Andersins kan u dit maar gewoonweg net skryf en na die kerkkantoor bring. Die nodige datums en tye sal help om die pad te kan volg. U kan asb ook foto’s en ander beeldmateriaal by die kerkkantoor afgee. Ons vra mooi dat ons mikpunt sal wees om teen 30 April al die verhale by ons te kry. Besoekers is ook baie welkom om verhale te stuur. Kom ons doen dit biddend sodat God hierdeur verheerlik sal word. Opreg baie dankie.

HERMANUS PASSIESPEL - GOEIE VRYDAG 3 APRIL 2015 VANAF 18H30, OU HAWE HERMANUS

”Geseënd is die wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.” Jesus se woorde in die Bergpredikasie neem van jou besit met ‘n nuwe intensiteit waar dit met die musiek van Hermanus se see in die agtergrond luid oor die Ou Hawe weerklink. Elkeen wat die Passiespel op Goeie Vrydag in hierdie skilderagtige vakansiedorp beleef, word dan ook mildelik geseën en versadig met insig in Jesus se wonderbaarlike opoffering van meer as 2000 jaar gelede. Nêrens ter wêreld word toeskouers so emosioneel vasgevang deur die naakte elemente van die natuur as agtergrond vir ‘n Passiespel nie.

Amateur akteurs onder leiding van Fanus le Roux verseker jaarliks ‘n skouspel van wêreldgehalte. Selfs besoekers aan die oorspronklike Passiespel in Oberammergau het al by geleentheid erken dat hulle die opvoering in Hermanus by uitstek verkies.

Vanjaar sal mense weereens Jesus se lewe van Sy geboorte tot Sy Hemelvaart kan ervaar op die mees unieke manier denkbaar. Vir die twintigste keer sal die Ou Hawe in Hermanus weer van 20h00 af gehul wees in algehele donkerte. ‘n Soeklig sal weer die onderskeie tonele uit Jesus se lewe belig op die ruwe, gladde rotse langs die see, wat ’n taal op sy eie skep in hierdie uitsonderlike atmosfeer. Dis asof Jesus se woorde letterlik lewendig word: “Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.“

Die verhoog word geskep oor 160 m en toeskouers neem stelling in op die sleephang langs die see om vir 90 minute lank meegevoer te word deur wisselende grepe uit Jesus se lewe op aarde. Meesterlike laserliggebruik verseker asembenemende effekte wat bydra tot die toeskouer se ervaring van die bonatuurlike. Engele en die Heilige Gees as ‘n duif word skouspelagtig uitgebeeld en net voor Jesus se laaste kruiswoorde, “Dit is volbring“, verskyn die woorde van ‘n lied teen ‘n rots, sodat almal saam kan sing: Aanskou die Heiland aan die kruis, die Hemel-vors verag, vergruis – hoe Hy Hom daar vir my laat hang En ek leef bloot uit selfbelang. En wat kan die belewing van Jesus se hemelvaart ewenaar wanneer lig uit Jesus se hande straal en ’n virtuele wolk Hom stadig hemelwaarts laat styg!

Ook die klanksisteem verseker dat die Passiespeltoeskouer die maksimum emosie beleef. Die meestergebruik van werke van Vivaldi, Strauss en Tchaikovsky verseker ’n uitsonderlike atmosfeer. Verder vervul die klarinetkonsert van Mozart deurgaans en met intervalle ‘n uitsonderlike rol in die dramatiese gebeure rondom Jesus se geboorte tot by Sy verguising, die verraad en verloëning.

Suid-Afrika se eie lofdansers, Novis Vita, en Lee Friends Blignaut, rond die omvattende belewenis van ‘n Christus-ervaring uitmuntend af. Hierdie lewensveranderende gebeurtenis is ‘n moet in elke mens se lewe en kan met Jesus se eie woorde omskryf word: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon……“ Dis asof die soutsproei van die see die newels van jou denke suiwer en jou vervul met ‘n tydlose satisfaksie dat die lewe werklik sin maak. Jou siel is skoon gebad na hierdie opvoering. Jy het dan die krag om die daaglikse lewe van jou voete af te was. Navrae : Fanus Le Roux Sel nr: 078 483 3080 E-pos : [email protected] Webtuiste : www.passiespel.co.za F B : Passiespel Hermanus

Page 6: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

GESAMENTLIKE GEBED VAN DIE NGK & VGK GEMEENTES

WOENSDAG 1 APRIL 2015

GELOOFSGROEI

Dissipline (2) : GEESTELIK LEES - Hier gaan dit oor ons verhouding met God en nie oor

informasie in verband met God nie. Ons lees met ons harte en nie met ons kop nie, en laat

die Bybel met ons werk.

Rus in God. Doen 'n kort fokusgebed, haal rustig asem en word bewus van God se nabyheid.

Lees die Skrifgedeelte. Vra die Gees om met jou te praat. Herhaal 'n paar keer.

Lees dit weer en let op watter woord of frase praat met jou. Waarom praat dit met jou?

Lees nog 'n keer. Praat nou met God oor wat jy gehoor het. Hoe kan jy Hom antwoord.

Wees nog stil vir 'n paar oomblikke by die Here. As jou gedagtes dwaal gebruik jou gebedswoord

om jou gedagtes terug te bring.

Leef bewustelik en probeer agterkom waarom God die woord of frase op jou hart geskryf het.

SING LOFSANGE EN NADER TOT GOD Lied 290 - Nader, my God, by U

Lied 289 - Nader, steeds nader - vers 2 - “ Nader steeds nader, niks het ek meer, niks as 'n offer

om U mee te eer; net maar my hart, Heer, bring ek U mee - enkel U bloed kan my reiniging gee!

PAASTYD Net die bloed van Christus kan die sonde wegneem en niks anders nie. (Heb 9:26). In Ou Testamen-

tiese tye is diere offers gebring ter versoening van die volk se sondes. Slegs een keer per jaar kon

die Hoëpriester in die allerheiligste ingaan (die plek waar God Homself gemanifesteer het). Die bloed

van 'n offerdier is dan op die ark van die verbond gesprinkel as 'n versoening van die sondes van die

volk. In Egipte het die bloed aan die kosyne hul eersgeborenes se lewens gered.

Die bloed van Christus is 'n versoening vir ons sondes : - Rom 3 : 10, 12, 23

God is heilig en haat sonde - Rom 3 : 25 en Jesaja profeteer - Jes 53 :5

Vir Israeliete Ex 12 : 13 // vir ons 1 Kor 5: 7 en ons kan aan die wêreld sê dat daar versoening

vir hulle sonde is deur die bloed van Christus - 2 Kor 5 : 19 – 20

Die krag tot vergifnis deur die bloed van Christus - Efes 1 : 7 ; Ps 32 :1 ; Matt 26 : 28

Deur die bloed van alle sonde gereinig - 1Joh 1 :7 en telkens as God se kind sy sonde bely, word

daardie sonde deur God onder sy bloed geplaas en word ons opnuut daarvan gereinig - Jes 1 : 18

Gekoop deur die bloed - ons behoort nou aan God ! - 1 Kor 6 : 20 ; Hand 20 : 28 ; Op 5 :9 ;

Rom 14 : 18 en Joh 10 : 28

Vrye toegang tot die Vader - Heb 10 : 19. Deur Jesus se gestorte bloed kan selfs die grootste

sondaar in die teenwoordigheid van God kom, en die reg hê om tot God te nader. Deur die bloed

van Christus staan ons regverdig voor God, want God het dit as volkome skuldoffer aanvaar.

DIE BLOED VAN CHRISTUS MAAK OPNUUT DIE PAD VIR ONS OOP NA DIE BOOM VAN DIE

LEWE – DIE EWIGE LEWE – EN NA DIE STAD VAN GOD!! (Heb 10 : 19 – 25 )

SONDEBELYDENNIS Ons bely en maak skoon dat ons nou voor God kan staan in gebed.

Page 7: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

V

ir en

ige n

avrae, ve

rsoe

ke o

f kom

me

ntaar, ko

ntak

asb vir A

nn

ett

e M

cMillan

by 0

72

90

3 9

18

9.

GEBED

Ons bid dat Christene weer 'n keer, asof vir die eerste keer, sal verstaan hoe groot God se

liefde vir ons is.

Ons bid dat ongelowiges sal verstaan wat die liefde en genade van God beteken, en dit sal aanvaar.

Ons bid dat almal, veral nie-Christene wat die skouspel van die Passiespel in die ou-Hawe, of elders

gaan bywoon, daardeur aangeraak sal word, vergifnes vir hul sondes sal ontvang en hulself in geloof

na Christus sal keer.

Ons bid dat in hierdie tyd van Paasfees die Here sal ingryp in die lewens van regeerders, wie se

besluite die lewens van miljoene mense aanraak. Dat Hy Homself aan hulle sal openbaar as die

enigste almagtige God en dat hulle voor Hom sal buig. Ons bid vir Irak, Afghanistan, Sirië,

Ukraïne, Rusland, Amerika en Israel.

Ons bid dat die Christene in hierdie lande staande sal bly en sal bly vashou aan Christus, want Hy

laat vaar nooit die werke van Sy hande nie. Dat hulle sal bly getuig en liefde betoon teenoor hul

vervolgers en hul medeburgers.

SLOT

Jesus, Thou hast bought us, Not with gold or gem, but with Thine own life blood, for Thy diadem.

With Thy blessing filling each who comes to thee, Thou hast made us willing, Thou hast made us free.

By Thy great redemption, By Thy grace divine, We are on the Lord's side; Saviour, we are Thine.

Page 8: 29 MAART 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2015. 3. 28. · Sin Koll: BADISA Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Na ongeveer 38 dae van afsondering, verlaat

SPOELKLIPPE-UITSTAPPIE NA MONTAGU 16 & 17 SEPT. Weens gebrek aan belangstelling is die busrit en oornagverblyf gekanselleer! DRINGENDE VER-SOEK:Persone wat nog belangstel om met EIE VERVOER 'n dagrit na MONTAGU te wil onderneem ( en dalk persone op te laai om kostes te bespaar)moet DRINGEND vir Joep skakel by 028 316 4018 0f 083 297 9230. Kostes beloop ongeveer R200 pp(vervoer uitgesluit) ONSTEATER WO. 8 APRIL 14:30 The HUNDRED-FOOT JOURNEY 'n Spoggerige Franse restaurant kry die wind van voor as 'n Indiese restaurant slegs 100 voet oorkant die straat open! MOET DIT NIE MIS NIE! Slegs donasie vir Dienssentrum. DR WILHELM BURGER is met verlof vanaf 30 Maart tot 22 April Ons bid hulle ’n geseënde rustyd toe. ONRUS MENGELARKIE

Op Sat 4 April 2015 by die De Wetsaal in Roosstr. On-rusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry iets lekker vir die naweek!

SPOELKLIPPE DO. 16 APRIL DV Sjampanje-ontbyt in Fernkloof 10:30 Gee name op by Kerkkantoor asb. Bring eie ontbyt, stoel en dalk 'n tafeltjie. Bring ook EIE DRINKGLAS. Ons voorsien sjampanje met lemoensap. Praatjie deur Elna Roux :"'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees" Kom geniet 'n heerlike oggend in God se pragtige tuin! ALMAL WELKOM! BASAAR AFSKOP SPITBRAAI Vrydagaand 24 April @ 19:00. Kom kry jou kaartjie so gou moontlik - slegs 120 beskikbaar. R80pp (sluit in skaap spit-braai, brood, slaai, nagereg, koffie/tee). Kerkkan-toor.

GEMEENTEKAMP 1-3 MEI 2015 te Montagu karavaanpark. Bespreek asb direk by die kampterrein. Nog enkele huisies ook beskikbaar. Gou spring! Die plekke raak vinnig vol. Hul kontak besonderhede: Tel: 023 614 3034 / [email protected] www.montagucaravanpark.co.za Hierdie is heerlike “luxury self-catering accommo-dation” en daar is kampplekke ook beskikbaar. Daar is drie swembaddens waarvan een onderdak en warm is. Dan is daar ‘n trampolien en wat die kinders noem ‘n “water wurm”. Daar is ook ‘n dam waar mense kan visvang en met bootjies kan ry.

DIENSSENTRUM: Alle navrae oor die dienssentrum, alle inbetalings en gelde van die dienssentrum word nou by die dienssentrum self hanteer LET WEL vanaf Maandae tot Vrydae van 09h30 – 12h30. DIENSSENTRUM LEDEGELD: Dit is die begin van ‘n nuwe finansiële jaar. Ons nooi u uit om ledegeld vir 2015 te betaal by die dienssentrum. U sal ook sien dat ons vir die eerste keer in twee jaar van die fooie opgestoot het. Ons moet ongelukkig ons uitgawes dek en dit raak ook stelselmatig meer. BEHUISING: ‘n Dame van 47 jaar (met ‘n klein hond-jie) benodig dringend behuising. Sy moet uit haar woonstelletjie agter in iemand se agterplaas. Sy kan R2 000 per maand betaal vir losies. Indien u kan help, kontak asb vir Erika Oosthuysen by 079 322 0998.

NUWE KUNSKLASSE BY DIE

DIENSSENTRUM

AANGEBIED DEUR WILLMA BURGER

Ons het nog ‘n bediening wat by die Dienssentrum

gaan begin. Bekende kunstenaar Willma Burger is

bereid om kunsklasse elke Woensdagoggend vanaf

10h00 – 13h00 by die Dienssentrum aan te bied

teen R100pp per maand. Die geld gaan vir die

Dienssentrum. Willma daag veral mans uit om met

hierdie klasse te begin. Sy gaan begin met teken

en waterverf. Indien daar persone is wat belang-

stel moet hulle hulle name asseblief gee by Joan

of Hannie by 028 316 1745.

KOSPAKKIES 20 APRIL DV Hawermout en suiker 2.5kg sal baie waardeer word. Baie dankie vir al die ander items wat so gereeld geskenk word.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

HARTKLOP BORGE GESOEK

Ons nooi graag enige besighede of individue

om die weeklikse Hartklop se drukkoste te

borg. Kontak gerus vir Karin de Bruin by die

kerkkantoor vir enige navrae.

Kontak hul gerus vir enige behuisingsbehoeftes.

(028) 316-3393 Van Blommenstein str

[email protected] www.aida.co.za