hartklop - ngk onrusrivier...met andré en leana king met die skielike heengaan van hul moeder,...

6
VANOGGEND SE DIENS ‘DIE ABRAHAM AVONTUUR(DR CLIFFORD HEYS) Dr Clifford vertel ons vanoggend van kinders wat die land verlaat. Wat bid die ouers van hierdie land-verlatende kinders? Ons kan bid vir ‘n Abram se Avontuur. Abram en Sara moes ook maar des- tyds hul goedjies pak en groet. En vir ons kinders kan dit ook ‘n Abraham Avontuur wees mits hulle besef: Hulle stap wel uit hul sekuriteite uit, maar God stap saam met hulle. God is met hulle en God is daar om hulle te seën. (Gen 12:1). En God het ook ‘n doel met hulle verhuising - om vir ander tot seën te wees. (Gen. 12:2). Daarom moet hulle getrou bly om soos Abram, altare te bou en God te aanbid midde mense wat nie soos hulle glo nie. (Gen 12:7 & 8). En as hulle moedeloos word, moet hulle, soos Abram, opkyk na die sterre. Die almagtige God wat sterrestelsels in hulle bane, hou, kan hulle vir hulle op Sy gebaande weg hou (Gen. 15:5). Hulle moet ook weet dat hulle moontlik getoets kan word, soos die dag toe God vra dat Abram sy enigste seun moes offer. maar ook dan sal God ingryp en self voorsien. Sy Naam is immers JAHWEH JIREH (Gen. 22:14). HARTLIK WELKOM Het u al gewonder waar Abraham sy geloof gekry het? Abram was immers ‘n nie-gelowige, maar God het hom nogtans geroep (Gen. 12). Die Joodse Rabbi’s sou ons kon verwys na ‘n Joodse geskrif- die Midrash. Hiervolgens was Abraham se se vader Tera, ‘n vervaar- diger en aanbidder van afgode, maar sy seun Abram, was baie skepties oor sy pa se sogenaamde gode. En op ‘n dag moes vader Tera op ‘n reis gaan en hy versoek sy seun Abram om sy winkel met die afgode op te pas. Abram kon nie glo dat mense sulke men- se gemaakte afgode kon aanbid nie. En toe vat hy ‘n hamer en slaan al die afgode in die winkel stukkend, behalwe die grootste afgod. En Abram lê die hamer in die hande van hierdie groot af- god. Toe vader Tera terugkeer en die verwoesting in sy winkel sien, was hy woedend. En hy wou weet wie verantwoordelik was vir hierdie gemene daad? “Abram, was dit jy?” “Nee, dis nie ek nie vader. Dis daardie groot afgod met die hamer in sy hand. Die afgode het stry gekry en toe word die groot afgod kwaad en hy slaan al die ander stukkend!.” Antwoord Abram verontskuldigend. “Jy lieg vir my. Afgode is leweloos Hulle is net beelde uit klip gekap. Hulle kan nie praat nie. Hulle kan nie stry nie. Hulle kan nie slaan!” sê Tera woedend. “Maar pa sê dan hierdie beelde is tog gode. Hoe verwag pa van my om sulke klip beelde te aanbid? Pa - weet so goed soos ek - hierdie beelde is hand gemaakte beelde. Hulle is nie gode nie . . .? Is ek nie reg nie . . .?” vra Abram. Tera moes toegee. Sy beelde was geen gode nie. En van toe af het Tera, saam met sy seun Abram, gesoek na die ware God. Vandag gaan ons verder lees uit Genesis 12. Welkom! TEKS VIR DIE WEEK (Son. 27 Julie) 15:30 Groep vir enkellopendes kuier saam in die ARK. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan ge- selskap. Julle is almal baie welkom!! Wees Lig! Hartklop 20 Julie 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANOGGEND: SIN KOLL. KINDERHUISE Ons fokus volgende Sondag op die nagmaal. Ons nooi veral families om saam te kom deel in die nagmaal. Die riglyne vir gesprek oor die nagmaal (bylaag by die Hartklop) kan ook deur volwassenes gebruik word om weer na te dink oor die betekenis daarvan. Skrif: 1 Kor.11:23-26 1. Wat beteken die nagmaal vir jou? 2. Waarom is kinders vroeër uitgesluit van die viering? Dink jy hulle behoort deel te neem? 3. Hoe kan ons onsself beter voorberei vir die nagmaal?

Upload: others

Post on 06-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder, Ansie. Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan van Lorraine

VANOGGEND SE DIENS ‘DIE ABRAHAM AVONTUUR’ (DR CLIFFORD HEYS)

Dr Clifford vertel ons vanoggend van kinders wat die land verlaat.

Wat bid die ouers van hierdie land-verlatende kinders? Ons kan

bid vir ‘n Abram se Avontuur. Abram en Sara moes ook maar des-

tyds hul goedjies pak en groet. En vir ons kinders kan dit ook ‘n

Abraham Avontuur wees mits hulle besef:

Hulle stap wel uit hul sekuriteite uit, maar God stap saam met

hulle. God is met hulle en God is daar om hulle te seën.

(Gen 12:1).

En God het ook ‘n doel met hulle verhuising - om vir ander tot

seën te wees. (Gen. 12:2).

Daarom moet hulle getrou bly om soos Abram, altare te bou en

God te aanbid midde mense wat nie soos hulle glo nie.

(Gen 12:7 & 8).

En as hulle moedeloos word, moet hulle, soos Abram, opkyk na

die sterre. Die almagtige God wat sterrestelsels in hulle bane,

hou, kan hulle vir hulle op Sy gebaande weg hou (Gen. 15:5).

Hulle moet ook weet dat hulle moontlik getoets kan word, soos

die dag toe God vra dat Abram sy enigste seun moes offer.

maar ook dan sal God

ingryp en self voorsien.

Sy Naam is immers

JAHWEH JIREH

(Gen. 22:14).

HARTLIK WELKOM

Het u al gewonder waar Abraham sy geloof gekry het?

Abram was immers ‘n nie-gelowige, maar God het hom nogtans

geroep (Gen. 12).

Die Joodse Rabbi’s sou ons kon verwys na ‘n Joodse geskrif- die

Midrash. Hiervolgens was Abraham se se vader Tera, ‘n vervaar-

diger en aanbidder van afgode, maar sy seun Abram, was baie

skepties oor sy pa se sogenaamde gode. En op ‘n dag moes vader

Tera op ‘n reis gaan en hy versoek sy seun Abram om sy winkel

met die afgode op te pas. Abram kon nie glo dat mense sulke men-

se gemaakte afgode kon aanbid nie. En toe vat hy ‘n hamer en

slaan al die afgode in die winkel stukkend, behalwe die grootste

afgod. En Abram lê die hamer in die hande van hierdie groot af-

god.

Toe vader Tera terugkeer en die verwoesting in sy winkel sien,

was hy woedend. En hy wou weet wie verantwoordelik was vir

hierdie gemene daad?

“Abram, was dit jy?”

“Nee, dis nie ek nie vader. Dis daardie groot afgod met die hamer in sy hand. Die afgode het stry gekry en toe word die groot afgod kwaad en hy slaan al die ander stukkend!.” Antwoord Abram

verontskuldigend.

“Jy lieg vir my. Afgode is leweloos Hulle is net beelde uit klip gekap. Hulle kan nie praat nie. Hulle kan nie stry nie. Hulle kan nie slaan!” sê Tera woedend.

“Maar pa sê dan hierdie beelde is tog gode. Hoe verwag pa van my om sulke klip beelde te aanbid? Pa - weet so goed soos ek - hierdie beelde is hand gemaakte beelde. Hulle is nie gode nie . . .? Is ek nie reg nie . . .?” vra Abram.

Tera moes toegee. Sy beelde was

geen gode nie. En van toe af het

Tera, saam met sy seun Abram,

gesoek na die ware God.

Vandag gaan ons verder lees uit

Genesis 12. Welkom!

TEKS VIR DIE WEEK (Son. 27 Julie)

15:30 Groep vir enkellopendes kuier saam in die ARK.

(Kontak Hannie Koch by 028 316 1595).

Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is

spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag

alleen voel en ‘n behoefte het aan ge-

selskap. Julle is almal baie welkom!!

Wees Lig!

Hartklop 20 Julie 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANOGGEND: SIN KOLL. KINDERHUISE

Ons fokus volgende Sondag op die nagmaal. Ons nooi veral

families om saam te kom deel in die nagmaal. Die riglyne vir

gesprek oor die nagmaal (bylaag by die Hartklop) kan ook

deur volwassenes gebruik word om weer na te dink oor die

betekenis daarvan.

Skrif: 1 Kor.11:23-26

1. Wat beteken die nagmaal vir jou?

2. Waarom is kinders vroeër uitgesluit van die viering? Dink

jy hulle behoort deel te neem?

3. Hoe kan ons onsself beter voorberei vir die nagmaal?

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder, Ansie. Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan van Lorraine

MA. 21 JULIE DI. 22 JULIE WO. 22 JULIE

SKOLE OPEN

** Bestel jou Kerkbode (kerkkantoor)

10:00 - 12:00 Saamkuier in die sitkamer

van die Dienssentrum. Welkom! Vir

vervoer of navrae, kontak Joan Ollewagen

028 316 2127 / 082 710 2787 of Hannie

Koch 028 316 1592 / 082 721 2290.

Sopkombuis

09:30 Gesprek oor Gebed vir Herlewing in

Hermanus (ARK). Welkom!

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak

‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623)

10:00 - 12:00 Saamkuier in die sitkamer

van die Dienssentrum. Ons maak blomme!

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

11:00 - 13:00 Die Klerekas is weer oop!

10:00 - 11:30 Trimgim in die Anneks. Kom

lag, speel, geniet en oefen saam met al

die pragtige dames. Welkom!

DO. 24 JULIE VR. 25 JULIE SA. 26 JULIE

10:00 Dienssentrum: Fliek in die konsis-

torie: Roses from the South - Andre

Rieu. (Slegs donasie!)

9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin is oop.

10:00 Ons BID saam (Gebedskamer)

HERE, BEREI ONS HARTE VOOR VIR DIE

NAGMAAL. HELP ONS OM U VERLOS-

SINGSBOODSKAP TE VERSTAAN EN

MET ONS HELE HART TE AANVAAR.

WAT GEBEUR SONDAG 27 JULIE ?

09:00 Erediens:Dr Wilhelm Burger

gaan voor. Ons verwelkom u ook aan

die nagmaalstafel.

Spes Koll: OekraÏne

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 27)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 16)

SIEKTE & NOOD

Here, ons wil U dank vir U versor-

ging en beskerming deur die

vakansie. Dankie dat ons lekker

kon rus en weer gevul kon word

met U energie en inspirasie. Help

ons om getrou op U pad te stap.

Here, vandag wil ek U loof vir die vreugde van vriende en vriendskap. Dankie vir die ondersteuning van

vriende. Dankie vir die saam bly wees, ook die saam hartseer wees as dinge verkeerd loop. Dankie dat ek my probleme, maar ook my drome en geheime met hulle kan deel en kan weet dat ek veilig by hulle is. Dankie vir lekker saam koffie drink en gesels. Help my om asb begrip, insig en 'n aanvoeling te hê vir hulle behoeftes. Help my om genoeg tyd vir hulle af te staan en wil U, U arms om hulle sit en hulle veilig dra. Seën asb my vriende, Heer.

Vader, vandag weet ek nie mooi wat om te vra nie en ken ek nie die regte woorde om vir my vriende te sê, wat

met die dood van 'n geliefde moet deel nie. Ek wil net vra dat U nou baie naby aan hulle sal wees, sodat hulle U arms om hulle kan voel en dat U hulle op die pad vorentoe sal dra as hulle nie meer verder kan loop nie. Dankie dat hulle nooit sonder U sal wees nie en dat U by hulle sal wees in hul donkerste ure. Rig hulle weer op Here en maak hulle moedig en sterk. Dankie dat die lyding wat ons hier op aarde verduur nooit kan opweeg teen die heerlikheid wat eendag in die hemel by U vir ons wag nie.

Vader, baie mense verlang na hul kinders en kleinkinders wat oorsee woon en werk. Maak asb daardie ver-

lange draaglik en help hulle om nie te veel te bekommer oor hul kinders wat so ver is nie. Dankie vir moderne kommunikasiemiddele wat dit moontlik maak om in verbinding met me-kaar te bly. Ek vra dat U vir hulle Christen-vriende sal gee om hulle by te staan en dat hulle 'n gemeente sal vind waar hulle gelukkig sal wees. Baie dankie dat U altyd naby ons kinders is en dat U hulle bewaar en met U liefde omvou.

Vader, ek kom dra vandag my siek vriend/vriendin aan U op. U weet hoe ernstig siek hy/sy is en hoe bekommerd ons oor hom/

haar is. Maak hom/haar weer gesond asb. Ek bid dat hy/sy nie angstig sal wees nie, maar dat U hom/haar rustig sal maak en vrede sal gee. Seën asb die dokters en verpleegsters wat met hom/haar sal werk en gee vir hulle die nodige kennis en kundigheid om hom/haar op die beste manier te help. Dankie vir medisyne wat kan help om pyn te verlig en hom/haar gesond te maak. Gee dat hy/sy sal weet dat U hom/haar liefhet en net die beste vir hom/haar wil hê ten spyte van die siekte.

Hybré Lombard

Neil Human

Deon Smith

Ras & Cissy Coetzee

Joey Swart

Faan vd Merwe

Annette Beukes

Malan & Kobie

Claasen

Sandra Nortje

Sarel Roux

Gert & Gesie du Plessis

Ons bid hierdie week

spesiaal vir ons pragtige

land Suid-Afrika. Ons bid

vir al die regeerders.

DANKIE HERE

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

ZAbba Vader . . .

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 7 woon ook die erediens by.

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder,

Ansie.

Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan

van Lorraine - ‘n getroue lewensmaat en moeder.

MEEGEVOEL

Here, ek bid vir elke afgetrede persoon wat sukkel met die aanpassing en veranderinge wat met aftrede gepaardgaan. Baie af-

getredenes is bekommerd oor finansies, Here help hulle om oor niks bekommerd te wees nie, maar al hul begeertes en behoeftes met dankseg-ging aan U bekend te maak. Gee asb vir hulle in-nerlike vrede wat nie van omstandighede afhang nie, maar van binne kom. Help hulle om daagliks nuwe vreugdes te ontdek wat die lewe die moeite werd maak. Help hule om positief in die gemeenskap betrokke te bly, want hulle het soveel om te gee. Here, gee dat hul verhouding met U sal verdiep, omdat hule meer tyd het om met U te spandeer deur die Bybel te lees en te bid. Seën hulle asb, Here.

Here, laat ons

BLOM in U

teenwoordigheid.

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder, Ansie. Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan van Lorraine

KERKBODE beplan om sy uitgawe van 1 Augustus 2014 in die

geheel te wy aan die NG Kerk se belydenisgrondslag en die

beoogde wysiging daarvan deur die voorgestelde nuwe artikel 1 van

die Kerkorde. Dit behels ook die insluiting van die Belydenis van

Belhar op ʼn nie-dwingende wyse in die NG Kerk se

belydenisgrondslag. Die gedagte is om die kerk daardeur te help

om goeie inligting wyd beskikbaar te stel.

BESTEL ASB U SPESIALE KOPIE TEEN MAANDAGOG-

GEND 21 JULIE BY DIE KERKKANTOOR. KOSTE IS R10.

KOLWYNTJIE TEETUIN

@ DIENSSENTRUM VRY 25 JUL 09:30-11:30

Heerlike maaskaastert, soutterte en

nog baie meer! Kom geniet ‘n warm koppie filter-

koffie saam met ‘n GROOT stuk heerlike tuisge-

bakte koek vir net R20! R10 vir lede van die

Dienssentrum. ALMAL IS MEER AS WELKOM!

BYBELSKOOL 2014

Die gesamentlike Bybelskool van die NG Gemeentes

Hermanus & Onrusrivier vir die tweede deel van die jaar,

begin weer op Wo. 30 Julie om 18:00 in Hermanus en

31 Julie om 09:00 in Onrus. Tensy ‘n ander reëling getref

moet word, sal dit voortgaan tot einde Oktober. Die lesing

van Wo. in Hermanus word weer op Do. in Onrus herhaal.

BLOK 1: 30/31 Julie tot 27/28 Augustus.

Tema: Die Opbou van die Gemeente volgens die Brief van die Efesiërs. Die Gemeentes ly vandag miskien ietwat anders as dié in

Bybelse tye. Wat sou ons by hulle kan leer van Gemeente-

wees in die 21e eeu? Is daar duidelike riglyne, beginsels

of kenmerke wat vandag van toepassing is op die ge-

meentes? Ons is tog ook maar die Kerk van Jesus

Christus. Kom kyk saam wat ons van hierdie Brief kan

aflei. Aanbieder: Dr JS Kellerman.

EPOS VAN JEANETTE KOTZE

NISSIE IN DIE KERK SE MUUR.

Vanoggend in die vroeë oggendure, flits die

gedagte deur my kop:

Ons finale ruspleke teen die Kerk se muur. Reken ons kon nie vir beter

gevra het nie. Ons sal deel wees van die kerkdienste, van die

samesang, die Rooi Trein se kindertjies. Ons leraar se preke aanhoor

en hoor hoe die kollekte in die sakkies val. Ons sal Vrydae saam met die

Teedrinkers tee drink by die Kolwyntjie teetuin.. Ons sal hoor hoe die

jukskei houtte, teen mekaar bots. As die bussie met die Spoelklippe

vertrek, hul opgewonde geselsies hoor. Die saambid in die gebedskamer.

Ons sal saam weer die jaarlikse kerkbasaar beleef van die heerlike ge-

sels. Weer die reuke van die houtvure waar potjiekos en tjoppies

gaargemaak word. Omring wees van die heerlike walms van pannekoek,

en kerkbasaar poeding.

Ons sal hoor hoe die kerkgebou skoongemaak word en stoele reggekuif

word. En saans, as die rustigheid oor Onrus daal, sal ons die duifies

hoor koer. Die mossies nes soek en dan as almal slaap, luister na die

see golwe wat teen die rotse slaan.

Dit is ons rusplek die, die Nissie in die Kerkmuur van die NG Gemeente

Onrusrivier.

Hanna antwoord terug:

Dit is só pragtig gestel! Wie sou nou ooit daaraan dink? Net Jeanette

Kotze! Ons kan ook vir jul bietjie sop stuur op ‘n Dinsdag. En.....wanneer

daar ‘n gedenkdiens is..... smile jul want jul weet wat wag!

VIR ENIGE NAVRAE OOR DIE GEDENKMUUR EN NISSIES,

KONTAK GERUS DIE KERKKANTOOR.

HELP IEMAND OM ‘N

PRINSES TE WEES.

Die Princess Project is ‘n

geregistreerde nie-wins-

gewende projek. Die projek

se doel is om klere aan

meisies/vroue te bied wat dit gewoonweg nie kan bekostig

nie. Soos bv na die matriekafskeid, spesiale funksies en

selfs trourokke. Hulle het tans takke op Hawston en Sand-

baai en wil graag binnekort een by Gansbaai ook oopmaak.

Enige aandrokke, trourokke, juweliersware, skoene ens kan

geskenk word. U is welkom om dit na die kerkkantoor te

bring. Navrae: Helen Viljoen 083 650 7131.

DINSDAG DIENSSENTRUM SAAMKUIER

22 JULIE @ 10:00 IN DIE SITKAMER

Kom maak blomme van

organza en plastieksakke

saam met Lida en Leana.

Almal is baie welkom!

BYEENKOMS OOR GEBED VIR HERLEWING IN

HERMANUS 22 JULIE 2014 @ 09:30 (ARK)

Ons dank die Here Jesus saam met julle vir die groeiende gebed en ver-soeningswerk onder die gemeentes in die groter Hermanus area.

Op nasionale vlak sien ons tekens van voortdurende groei in die gebedsbeweging. Ons loof die Here vir meer as 700 gemeentes/skole/

tronke/besighede wat die afgelope 18 maande deelgeneem het aan die “7 Days on the Wall” gebedsinisiatief vir herlewing in Suid-Afrika. Intus-

sen is die momentum besig om toe te neem oor die land heen, met George wat onlangs meer as 60 gebedstasies gehad het met hul “7 Days”.

Daar is ‘n groeiende honger en dors na herlewing onder ons mense.

Met bogenoemde in ag geneem, wil ek u graag uitnooi na ‘n “strategiese konsultasie sessie” saam met Daniel Brink van Jerigo Mure

Gebedsnetwerk, waartydens ons wil besin oor ‘n moontlike week van gebed vir herlewing in Hermanus.

Doel van byeenkoms: • Oorsig oor nasionale gebedsbeweging • Uitnodiging van kerkleiers in Kaapstad

• Bespreking oor die pad vorentoe vir die Hermanus omgewing

U IS ALMAL BAIE WELKOM OM INSETTE TE GEE EN DEEL TE WEES.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder, Ansie. Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan van Lorraine

GESELSBLAD OOR DIE NAGMAAL

(SONDAG 27 JULIE 2014)

Dagsê aan al die Families! Gebruik hierdie geselsblad om as gesin saam te dink oor die

doel en betekenis van die nagmaal en om voor te berei vir Sondag se gesinsnagmaal.

Geniet die opwinding!

AGTERGROND VIR OUERS

Die nagmaal maak deel uit van die twee Sakramente wat God aan die kerk gegee het. Die woord sakrament kom van die

Latynse woord: ”sacramentum” wat saamgestel is van sacrare en mysterion. In die woord sakrament lê daarom die betekenis

van heilig en misterieus. Hoé ’n sakrament presies in ons werk is dus iets wat ons nie regtig weet nie, dit bly ’n misterie, maar

ons weet dit is heilig!

GOD IS DIE EEN WAT DOEN

Die algemene definisie van ’n sakrament is: “a Rite in which GOD is uniquely active". Die heiligheid van die gebeurtenis is dus

omdat God die een is wat hier iets doen en die mens bloot passiewe ontvangers daarvan is. God is die een wat sê, of gee, of

doen, of wys. Dis sy gebaar, dis sy ritueel.

WAT VAN DIE OORDEEL OOR JOUSELF EET? (STUDIE VIR GROOTMENSE) As gevolg van wat in 1 Kor. 11:27-32 staan, is baie Christene bang vir wat in die nagmaal gebeur. Dit het ook ons denke oor die

nagmaal gevorm. Jy sou al mense gehoor het wat hulleself van die gebruik van die nagmaal weerhou omdat hulle een of ander

sonde het, gewoonlik is dit onmin met iemand anders. Ons kerk het ook baie lank verstaan dat ‘n persoon eers belydenis van

geloof moet aflê voordat jy mag nagmaal gebruik. In die laat negentiger jare het die kerk weer studie oor die gebruik gedoen

en besef dat die “oordeel oor jouself eet en drink”, verstaan moet word in die lig van wat in 1 Kor.11:17-26 staan. Die probleem

wat ontstaan het en wat vir God so ontstel (dat Hy ’n oordeel oor jou sal bring as jy dit so doen) is die gevaar dat jy arm en

minder belangrike mense daarvan weerhou om die nagmaal te gebruik!

Anders as vandag was die brood en die wyn nie net ’n teken van ’n ete nie, maar ’n ete in die ware sin van die woord! Almal het

hulle kos gebring en een maal per week het almal kans gekry om goed te eet, ook die armes. Hand. 2:46 vertel dat hulle van

huis tot huis gegaan het en die gemeenskaplike maaltyd geëet het. Dit het so uitgespeel dat die rykes meer kos bring as die

armes en ook daarom ’n bietjie vroeër gekom het om alles reg te kry. 2 Kor. 11:19 praat van partyskappe, of klieks wat beteken

het dat die “in” groep vroeër gekom het om hulle kos te bring maar ook alles opgeëet het voor die ander gekom het! (vgl. v.21)

Die probleem was dat die armes dikwels nie kos gekry het nie! Dit was egter juis een van die redes waarom hulle die nagmaal

gevier het! Verder is die armes ook daardeur verneder (v. 22). Om só die nagmaal te gebruik is ’n gruwel in die oë van die Here

en dit bring die oordeel van God.

WIE MAG DAN NAGMAAL VIER? Eintlik almal, veral die mense wat sukkel om te glo! Sakramente is juis daar om ons geloof te versterk. Tog glo ons as kerk is

dit ook nodig om te verstaan waaroor dit gaan. Dis daarom ons beleid om gedoopte kinders van skoolgaande ouderdom toe te

laat, aangesien ons glo hulle genoeg verstandsvermoë het om te verstaan dat dit nie net ’n dooie ritueel is nie, maar eintlik die

wonderlikste handeling van God is!

HOE PRAAT EK MET MY GR R - 3 KIND OOR DIE NAGMAAL? Om eerlik te wees, die nagmaal bly ’n misterie! Wat ons wel weet, is dat dit ’n teken van God se liefde en genade vir ons is. Die

nagmaal het ’n ryke betekenis vir ons omdat dit 1. Ons aan mekaar bind

(gemeenskaplike maal) 2. Dat dit ons laat dink aan die feesmaal wat kom (’n maal

met ’n toekomsverwagting) en 3. dat dit ’n dankbaarheidsmaal is.

Tog is dit vir die kleiner kind net belangrik om te verstaan dat dit God se manier

is om vir ons te wys dat Hy vir ons lief is. ’n Heel praktiese manier is dus om aan

die kind te verduidelik dat dit soos ’n God-soentjie is. Die nagmaal is eintlik ’n

soen van God aan sy kinders om sy liefde vir ons te wys. ’n Soentjie is mos nie

self liefde nie (jy kan mos jou eie hand ook soen en dan beteken dit niks). Dis

eintlik net ’n gebaar of teken van jou liefde vir iemand. Net so is die nagmaal nie

God se liefde nie, maar slegs ’n manier van God om sy liefde aan ons te wys.

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder, Ansie. Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan van Lorraine

HOE PRAAT EK MET MY GR 4 - 6 KIND OOR DIE NAGMAAL? Ons neem aan dat die ouer kind al ’n begrip het dat die nagmaal God se liefdesgebaar aan ons is. Dit is daarom goed om met

die ouer kind te begin praat oor die mens se reaksie op die gebaar. Ons moet gepas reageer op God se gebaar. Net soos jy

verkeerd kan reageer op iemand se liefdesgebaar bv. as ’n tannie jou soen en jy sê “ag nee!”, net so kan jy ook verkeerd

reageer op God se liefdesgebaar. As iemand jou ‘n drukkie gee, moet jy dit ontvang deur sag terug te druk. Anders is dit ‘n

ongemaklike situasie!. Net so kry die nagmaal eers vir ons betekenis as ons van ons kant af ook reageer op God se gebaar.

Ons reageer om dit met opregtheid en in dankbaarheid te ontvang. Daarom sit baie grootmense met toe oë nadat hulle die

tekens ontvang het. Jy sê in daardie tyd vir God dankie en loof Hom vir sy groot liefde. Die Bybel sê ons moet dit tot Jesus

se gedagtenis doen. Dit is ’n maaltyd wat ons help om te onthou.

HOEKOM BROOD EN WYN?

Die tekens herinner ons dat Jesus doodgemaak is twv ons. Ons moes gestraf

word vir sonde, maar Hy het dit in ons plek gedra. Die brood herinner aan sy

liggaam wat gebreek is aan die kruis en die wyn herinner ons aan sy bloed wat

gevloei het. Alles net om een rede – om ons sondes te vergeef!

HOE BAIE MAG ONS DIE NAGMAAL GEBRUIK EN WAT VAN DIE DOOP?

Die doop is ’n eenmalige verbond (ooreenkoms). Dit het die Here aan ons gedoen toe ons nog klein was om ons so gou moontlik

in sy genadeverbond in te nooi. Dis amper weer soos ’n troue. Mense wat trou, trou mos net eenmaal. As jy later weer wil

trou, dan sê jy eintlik daarmee dat die eerste keer nie vir jou rêrig of goed genoeg was nie. Net so hoef ons ook net een maal

gedoop te word omdat dit ook iets is wat God aan ons doen.

Die nagmaal is weer iets wat kinders van die Here so veel as moontlik moet gebruik. Dit is ’n herhalende sakrament (amper

soos die soentjies wat mense wat lief is vir mekaar, gedurig vir mekaar wil en moet gee.) Jy kan amper nie te veel nie!

HOE BEREI EK MY KIND VOOR? Dit is goed om te weet dat dit op Sondag, 27 Julie 2014, ‘n spesiale

familienagmaal is. Begin dus reeds by die huis by jou kind ’n verwagting oor

die nagmaal skep. So help jy hom/haar om ontvanklik te wees vir die

sakrament en verhoog jy ook sy/haar bewussyn oor hoe spesiaal dit eintlik is.

DEEL JULLE VERSTAAN EN BELEWENIS VAN DIE NAGMAAL

Elke gesin kan hierdie week ‘n plakkaat maak (teken, knip, plak, wees kreatief) om julle verstaan, betekenis en ervaring van

die nagmaal uit te beeld. Laat die kinders die plakkaat volgende week saambring na die nagmaal! Skoolgaande kinders sal nie

Bybelgroepe tydens die diens hê nie. Ons fokus op families!

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...Met André en Leana King met die skielike heengaan van hul moeder, Ansie. Met Ronnie Mostert, Conrad en familie met die skielike heengaan van Lorraine

SPOELKLIPPE: SO. 5 OKT. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Persone wat nog nie hul R220 inbetaal het nie, moet nou opskud! Nog net tyd tot 14 Julie! Daarna gaan persone op die waglys gekontak word.

VERSKEIDENHEIDSKONSERT SAT 2 Aug. (Grobbelaarsaal). Musiek, sanggroepe, lyndansers, die “Flooze” asook ‘n Rooikappe en Wolf skets. Kaartjies R50. Kontak Mariet Basson 078 329 7888.

HUIS LETTIE THERON BASAAR

SAT 26 JULIE @ 09:30

GROBBELAARSAAL Hul benodig ons u ondersteuning die dag

asook nog o.a. poedings, jellie, vla, beskuit, koeke, terte, brode. Leë 2l roomysbakke & wit olifant items.

Hoenderpasteie kan vooraf bestel word by Susan 028 316 3054 of Ansie 028 316 4044.

Baie dankie vir u ondersteuning!

PARADISE PARK WINTER KERSMARK

25 Julie 12:00-19:00 26 Julie 09:00-17:00 27 Julie 09:00-13:00 Kontak Hellen of Charlene 028 316 3402.

KOSPAKKIES Met groot dankbaarheid het die persone die kospakkies ontvang. Baie dankie vir elkeen se bydrae maar ook aan almal wat die pakkies gaan aflewer het. Mag ons Vader julle ryklik seën.

DIENSSENTRUM: FLIEKS, 10:00 in konsisto-rie Do. 24 Julie : ANDRE RIEU Roses from the South Do. 31 Julie : Fiela se kind. Kom geniet 'n heerlike oggende van musiek, dra-ma, geselsskap en nog baie meer. Slegs do-nasie! ALMAL WELKOM! MOSAÏEKGROEP byeenkoms Ma. 28 Julie om 15:00 in ARC. S J du Toit gaan ons meer van die geskiedenis van Hermanus vertel. Almal is welkom.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

DIE SOPKOMBUIS het ’n tekort aan sopbene of wildsbene. Skenkings van sopbene sal baie waardeer word. Baie dankie.

WINTERPROJEK Ons sê baie dankie vir al die warm klere en komberse wat reeds ingekom het. U is welkom om nog te bring na die Kerkkantoor. Baie dankie!!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die Hartklop moontlik

maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

OPLOSSINGS VIR BEHUISING BEHOEFTES EN WERKSKEPPING Weet u van eiendom wat moet koop of verkoop - Verdien ‘n ek-stra inkomste om so ‘n verwysing deur te gee na ons. Moontlik oorweeg u ‘n beroep in die eiendoms bedryf – kontak ons asb.

Philip 082 9000 697/ 028 312 3385/6

Mev Beatie Huysamen (1/7) Mej Aletta de Kock (2/7)

Mev Andriesa van Rooyen (7/7) Mev Cora Warren (7/7)

Mev Gertie van Niekerk (11/7) Mev Ria Viljoen (16/7)

Mnr Louw van der Watt (22/7) Mev Lena Swiegers (25/7) Mev Marlese Louw (27/7)

Mev Ruth Laubscher (28/7) Mnr Johan Goosen (29/7)

Mnr Zaaiman Swiegers (29/7) Mev Colleen Louw (31/7)

VERJAARSDAE bo 80 Ons bid God se seën u toe

BORGE GESOEK VIR DIE

WEEKLIKSE HARTKLOP

Ons wil graag enige besighede of

individue uitnooi om die weeklikse

Hartklop se produksiekoste te borg.

Elke borgskap duur ‘n kalender-

maand en kos R600. Op die agter-

blad verskyn daar dan ‘n adverten-

sie vir u besigheid.

Persone wat belangstel kan vir

Karin kontak by die kerkkantoor

of per epos:

[email protected]