oral, altyd en in alles hartklop - ngk onrusrivier · 2018-02-09 · gewilde tv-programme, laat...

6
VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER PRED 9:7-10 WAAG DIT OM TE LEEF! Dit is ‘n kuns om die lewe voluit te lewe. Ons ontvang die vermoë om te kan kies hoe ons oor die lewe dink en hoe ons sin vind in wat ons doen. Hierdie keuse oor hoe ons oor die goed en sleg van die lewe dink, is uniek aan ons mense. Kies jy om die donker kant van dinge raak te sien, sal jou lewe ook somber en vaal daar uitsien. Indien jy egter die moed het om na die positiewe kant van dinge te kyk, sien jy die geleenthede en die stukkies genade makliker raak. Hierdie gawe om te kan kies hoe jy op gebeure reageer, is een van God se grootste geskenke aan mense. Soms vra dit moed om verby die donker wolke na die silwer randjie te kyk. Die Prediker nooi ons in hoofstuk 9 om hierdie keuse te maak. “Eet jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly ge- moed…” Die lewe is nie altyd sonder uitdagings nie, maar vandag wil ons dit waag om te lewe! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop TEKS VIR SON 18 FEB DR WILHELM BURGER TEKS: 1 PET 2:1-10 1. Ons praat die week oor die tema: “Ons waag dit met die kerk”. 2. Wat dink jy maak die kerk anders as enige ander organi- sasie in ons dorp? 3. Die kerk word in vers 5 en 9 met verskillende beelde beskryf. Watter betekenis vind jy in die verskillende beelde? 4. Vers 5 praat van ‘n boupro- ses. Watter deel van die kerk help jou die meeste om geestelik te groei? AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Ons nooi graag alle tieners, ouers en jonk van gees om saam te kom “Praise & Worship”. Ons is tans besig met ‘n reeks “Jesus die Ontwerper” Welkom! 11 FEBRUARIE 2018 HARTLIK WELKOM! Welkom by ons Lewensvreugdefees. Dit mag vreemd lyk om mense vanoggend kerk toe te sien kom met stap- en drafklere aan, met verkykers en kameras om die nek, koffiebekers en boeke in die hand, selfs met honde ...? Maar moenie vrees nie, ons is nog steeds Eg-Gereformeerd. Meer nog – ons is Bybels! Wees eerlik met jouself – die gejaagdheid van die dag en die bekommernis van die nag beroof ons van vele lewensvreugdes. Is ons nie besig om te verarm aan lewenskwaliteite nie? Hier is goeie nuus: Ons het die Boek Deuteronomium weer opnuut gaan lees. En tot ons verbasing het dit ons opgeval hoeveel keer die Here ons juis aanspoor tot lewensvreugde en vrolikheid. As u nog die Ou Vertaling het, blaai na Deut. 12v12 (... julle moet vrolik wees), 14v26-29 (... vrolik wees), 16v11 (... jy moet vrolik wees), v14 (... jy moet vrolik wees op jou feeste), v15 (... en jy moet maar net vrolik wees), 26v11 (... jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die Here aan jou en jou huis gegee het) en 27v7 (... eet en vrolik wees). Let op: Die Here skryf vir Sy volk tye toe om saam te kom vir feeste, en ons Lewensvrugdefees vandag is maar net een van hierdie voorgeskrewe geleenthede. U is welkom. Kom val in. Bring net lewensvreugde saam en kom deel dit met ons. Immers, ons is ‘n mededeelsame gemeente ....! Wees LIG!

Upload: others

Post on 19-Mar-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER PRED 9:7-10 WAAG DIT OM TE LEEF! Dit is ‘n kuns om die lewe voluit te lewe. Ons ontvang die vermoë om te kan kies hoe ons oor die lewe dink en hoe ons sin vind in wat ons doen. Hierdie keuse oor hoe ons oor die goed en sleg van die lewe dink, is uniek aan ons mense. Kies jy om die donker kant van dinge raak te sien, sal jou lewe ook somber en vaal daar uitsien. Indien jy egter die moed het om na die positiewe kant van dinge te kyk, sien jy die geleenthede en die stukkies genade makliker raak.

Hierdie gawe om te kan kies hoe jy op gebeure reageer, is een van God se grootste geskenke aan mense. Soms vra dit moed om verby die donker wolke na die silwer randjie te kyk. Die Prediker nooi ons in hoofstuk 9 om hierdie keuse te maak. “Eet jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly ge-moed…” Die lewe is nie altyd sonder uitdagings nie, maar vandag wil ons dit waag om te lewe!

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop TEKS VIR SON 18 FEB

DR WILHELM BURGER TEKS: 1 PET 2:1-10

1. Ons praat die week oor die tema: “Ons waag dit met die kerk”. 2. Wat dink jy maak die kerk anders as enige ander organi-sasie in ons dorp? 3. Die kerk word in vers 5 en 9 met verskillende beelde beskryf. Watter betekenis vind jy in die verskillende beelde?

4. Vers 5 praat van ‘n boupro-ses. Watter deel van die kerk help jou die meeste om geestelik te groei?

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE Ons nooi graag alle tieners,

ouers en jonk van gees om saam te kom

“Praise & Worship”. Ons is tans besig met ‘n reeks

“Jesus die Ontwerper” Welkom!

11 FEBRUARIE 2018

HARTLIK WELKOM! Welkom by ons Lewensvreugdefees. Dit mag vreemd lyk om mense vanoggend kerk toe te sien kom met stap- en drafklere aan, met verkykers en kameras om die nek, koffiebekers en boeke in die hand, selfs met honde ...? Maar moenie vrees nie, ons is nog steeds Eg-Gereformeerd. Meer nog – ons is Bybels! Wees eerlik met jouself – die gejaagdheid van die dag en die bekommernis van die nag beroof ons van vele lewensvreugdes. Is ons nie besig om te verarm aan lewenskwaliteite nie? Hier is goeie nuus: Ons het die Boek Deuteronomium weer opnuut gaan lees. En tot ons verbasing het dit ons opgeval hoeveel keer die Here ons juis aanspoor tot lewensvreugde en vrolikheid. As u nog die Ou Vertaling het, blaai na Deut. 12v12 (... julle moet vrolik wees), 14v26-29 (... vrolik wees), 16v11 (... jy moet vrolik wees), v14 (... jy moet vrolik wees op jou feeste), v15 (... en jy moet maar net vrolik wees), 26v11 (... jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die Here aan jou en jou huis gegee het) en 27v7 (... eet en vrolik wees). Let op: Die Here skryf vir Sy volk tye toe om saam te kom vir feeste, en ons Lewensvrugdefees vandag is maar net een van hierdie voorgeskrewe geleenthede. U is welkom. Kom val in. Bring net lewensvreugde saam en kom deel dit met ons. Immers, ons is ‘n mededeelsame gemeente ....!

Wees LIG!

Opsoek na u motor- en huissleutel? Kom haal

dit gerus by die kerkkantoor.

DINSDAG 13 FEBRUARIE SOPKOMBUIS

WOENSDAG 14 FEBRUARIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS

15:00 AS-WOENSDAG BY VOLMOED (sowat 6 km links op die Hemel -en-Aarde pad). Kom vat hande saam oor kultuurgrense heen! Kom gedenk as gelowiges wat omgee, AS-WOENSDAG saam met die VGK Gemeentes van Zwelihle, Mount Pleasant en Hawston. Vir navrae of saamry: Elsa Marais 082-373-6629 Alle mans en vroue baie welkom!!

*** GEEN BYBELSKOOL AGV AS-WOENSDAG BYEENKOMSTE SIEN JULLE ALMAL WEER VOLGENDE WEEK! WELKOM!

18:00 AS-WOENSDAG by die Drie Kruise

LYDENSWEKE BEGIN 14 FEBRUARIE - 25 MAART Gesels met Vader God en hoor wat Hy van jou vra om in hierdie Lydensweke mee te vas. Dalk moet jy iets prysgee of dalk moet jy juis iets gaan doen. Word gerus stil in Sy teenwoordigheid, en luister. KOM ONS WAAG DIT IN DIE LYDENSWEKE, OM JUIS DALK BIETJIE BUITE JOU GEMAKSONE TE GAAN EN AAN TE MELD VIR DIENS. Ons bid saam met u dat dit ‘n geseënde reis saam sal wees.

DONDERDAG 15 FEBRUARIE SOPKOMBUIS

*** GEEN BYBELSKOOL AGV AS-WOENSDAG BYEENKOMSTE. SIEN JULLE ALMAL WEER VOLGENDE WEEK! WELKOM!

SONDAG 18 FEBRUARIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 32 A & B)

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Welkom!

18:00 AANDDIENS Ons nooi veral alle tieners en hul ouers! *** (AANDNAGMAAL GELEENTHEID SKUIF NA 25 FEB @ 18:00) WAARNA KAN ONS UITSIEN?

SPOELKLIPPE Die opening van die Spoelklippe vind plaas op Vrydag, 23 Februarie om 18h00 in die Maalruimte. Verdere besonder-hede sal in die volgende Hartklop bekend bemaak word. Het u enige navrae? Kontak gerus vir Hannetjie Vosloo 082 452 0780 en Marietjie Siebrits 072 768 5468. (Hulle is die nuwe koördineerders.) SONDAGAAND 25 FEB 2018 @ 18:00 AANDNAGMAAL & BELYDENIS VAN GELOOF-AFLEGGING Ons nooi graag die hele gemeente na hierdie besondere aand waar ons jongmense “Ja” antwoord. Ons bedien ook dan die nagmaal. Kom luister gerus saam na Godstories en God se storie in ons jongmense se lewens.

AS-WOENSDAG 14 FEB @ 18:00 BY DIE DRIE KRUISE (PARKEERAREA BOKANT KERK) As-Woensdag is ‘n baie spesiale dag op ons kalenders. Dit is die ingang tot ons 7 Lydensweke. Tradisioneel word lidmate op As-Woensdag opgeroep tot groter toewyding met vas. Die gebruik is om op As-Woensdag jouself met groter toewyding aan die Here toe te wy. Die woord As-Woensdag herinner ons aan die ou tradisies toe die gelowiges hulself soos Job in sak en as geklee het. Vandag nog sal die priester, met die as van die vorige jaar se Palmsondag-palms, ‘n kruis op die toegewyde gelowiges se voorkoppe aanbring. As-Woensdag lei ons in tot ‘n periode van 40 dae waarin ons onsself opnuut aan die Here toewy. Ons doen dit met ‘n vrywillige vas soos deur (a) sekere genietinge prys te gee soos byvoorbeeld vleis, tee, koffie, suiker, lekkernye, sekere gewilde TV-programme, laat slaap. (b) Aan die ander kant mag jy eerder sekere dinge opneem soos byvoorbeeld om doelbewustelik uit te reik na mense in nood. ’n Helpende hand is ook ‘n vorm van toewyding. Dit maak ons Christus-gelykvormig. Ons span onsself in om soos Jesus te leef, te praat en te doen,.. Die aantal dae word ontleen aan toe die Here Jesus vir 40 dae in die woestyn toe Hy gevas het en deur die duiwel versoek is (Matt. 4v1-2). Maar omdat ons Sondae nie vas nie (Sondag is immers ‘n feesdag), duur die Lydenstyd eintlik 46 dae (40 lydensdae plus 6 om op te maak vir die 6 Sondae toe ons nie gevas het nie).

ONS NOOI U UIT TOT ‘N AS-WOENSDAG TOEWYDINGSLITURGIE AAN DIE VOET VAN DIE KRUIS.

BYBELSKOOL Ons Tema vir 2018:

Waag dit met die Gees en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander

geestelike liedere.

Die Geesvervulde mens en Geesvervulde Kerk kan nie anders as om te sing nie (Efes. 5v18-19).

DV Woensdag 21 Feb (Hermanus om 18:00) en Donderdag 22 Februarie (Onrus om 9:00)

Ons ontdek die musiek en lied as gawe van God.

Ons ontvang die inspirasie. Ons beleef die werking van die Heilige Gees.

Notas is beskikbaar. Die lesings sal net 30 minute duur, betyds om te verdaag na die kleiner groepe. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410.

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Ons Vader, ons het vandag vreugde, en dank U vir

hierdie nuwe dag. Here, dankie vir ons honde-

kinders wat die nuwe dag groet met hulle geblaf. Ons kinders se stemme wat

ons hoor wanneer hulle klaarmaak vir skool en kleuterskool. Wat ʼn groot

voorreg is dit dat ons kinders ʼn stem het om te kan praat. Dankie Vader, seën

elke kind in hierdie land van ons.

WEEK 12 - 18 FEB

MAANDAG 12 FEB

Here, ons groet hierdie nuwe dag met ʼn lied in

ons hart. Ons hoor die gesang van die voëls. Hulle

is so vrolik om die nuwe dag aan te kondig. Ons weet dat die engele ook vir

ons sing en daarom kan ons ook ʼn vrolike loflied aan U bring. Ons Prys U

grote Naam. Ons Vader, Seun en Heilige Gees. Dankie vir elke nuwe geskenk-

dag wat ons uit U liefdevolle Hand ontvang.

DINSDAG 13 FEB

Here, die son skyn daar buite en wat ʼn groot

voorreg is dit om die son op ons lywe te kan

voel. Wat ʼn pragtige dag om die see se geluid te kan hoor en die branders te

kan sien breek op die strand. Here, ons verlustig ons in U skepping, want U is

daarin, daarbo, daaragter en ook in ons. Ons is gelukkig Here, en vol blydskap

dat ons U kinders is.

WOENSDAG 14 FEB

Vader, dankie dat ons die vreugde het om met

U te kan praat. Ons gesprek met U is so heilig

en U ken ons hart. Here, die vreugde wat ons van U ontvang, niemand kan

dit van ons weg neem nie. Ons moet net volhou in gebed, want dit is ʼn

gesprek tussen U en ons. U weet wat ons nodig het, U wil ons gelukkig sien,

daarom sal ons U altyd loof en prys.

DONDERDAG 15 FEB

GEBED

ONS WAAG HIERDIE WEEK ...

… OM DIE LEWE TE VIER! Jesus, met U opstanding, het U vir

ons LEWE gebring. ‘n Lewe van oorwinning. Help ons om voluit in

hierdie oorwinning te leef en dit te aanvaar en ervaar. Ons eer U met

ons LEWE vandag.

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Thea Kruger, Letitia Immelman, Marie Mostert, Linda du Preez, Krappies Carstens, Lynette Crafford

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Ben Solomon, Francois van der Merwe, Carel Roux (Sarika Uys se kleinseun in Vincent Palotti) Frik Wepener, Ananda Burger, Oosie Oosthuysen, Baba Elri Theron (kopbesering), Loudine Bronkhorst

SIEKTE / SORGEENHEID / VERSWAK

Rupert & Joan Mizon, Francois Goosen, Fanie Schmidt Flick du Toit, Hanlie Chambers – wag op lewer- en nieroorplanting (Ina & Rassie Erasmus se dogter) Pauli & Duifie Theunissen, Ina Bezuidenhout, Alric Warmenhoven, Hennie Davies, Louis Scholtz, Frans en Rina Snyders

Vader, ons prys U in U heiligdom. Ons prys U hier

onder die magtige hemelgewelf. Ons prys U oor U

kragtige dade. Ons prys U oor U grootheid in genade, liefde en

barmhartigheid. Vader, ons eer U grote Naam, en daarom kan ons vir ander

vertel van U grootheid en selfs U liefde wat U aan ons bewys, uitdra en vir

ander van U liefde kan vertel.

VRYDAG 16 FEB

GEBEDSKLIPPE (MAALRUIMTE)

Ons nooi u graag om deel te word van ons Uitreik-Gebed.

Kom neem gerus ‘n klippie met ‘n naam op in die mandjies in die maalruimte. Kontak die persoon en vra waarvoor u

spesifiek kan bid. Daar is ook sekere sake / geleenthede / aksies waarvoor u kan bid.

Ons daag u uit om vir 2018 te WAAG MET GEBED en deel te word van God se span hier in

Onrusgemeente. Welkom!

The storm is over!

The storm is over now!

It's time to dance again.

A time for joy and celebrating.

Living a life that causes

my soul to dance.

Give every day the chance to

be the most beautiful

day of your life.

For He is a good, good Father!

Be still and know!

LEWENSVREUGDEFEES SONDAG 11 FEBRUARIE @ 09:00 (GROEPE) ONTHOU: U IS STEEDS WELKOM OM HIERDIE SONDAG NET IN TE SKAKEL, AL HET U NIE VOORAF BEVESTIG NIE.

GROEP SAMEROEPER KONTAK NO WAT WORD BEPLAN

Piekniek & Speletjies op Onrusstrand

Anton Duvenhage 072 477 3185 Ons nooi graag alle gesinne om saam te kom speel en piekniek. Bring jou piekniekmandjie en ons sien julle daar na die diens.

Piekniek in Fernkloof onder bome

Chookie Naude 072 355 9633 Vir diegene wat heerlik rustig onder koel bome wil saamkuier. Bring jou stoel, piekniekmandjie en kom kuier saam.

Stappers om die Eiland by Onrus

Ronelle van Zyl 028 316 4844 of 072 288 1439

Geniet u die see en cliffpaadjies? Kom stap gerus saam. Kontak asb vir Ronelle om seker te maak waar hulle begin.

Stapgroep in die Berge (Fernkloof)

Sandri & Niells van Zyl Smit

082 907 4060 Wil u graag die berge in en ons pragtige fynbos geniet? Hierdie groep is vir jou. Kontak vir Sandri om staptyd / plek te bevestig.

Drawwers Rudolf van der Berg 082 552 9925 As jou bene kriewel en die drafskoen roep, kom draf lekker saam met nuwe vriende. Rudolf sal die pas aangee en daarna kan almal iets lekker koel saam geniet.

Fietsryers Delarey van Heerden

072 474 1130 Gesoek: Alle fietsryers! Ons gaan ‘n kort entjie ry en stop by ‘n lekker koffiewinkel.

Motorfietse Wilhelm Burger 083 448 1651 Onthou om jou helmet en “leathers” aan te trek hierdie Sondag - na die diens vat ons die pad! Jou man of vrou kan ons ook by die eindbestemming ontmoet vir saamkuier. Kontak Wilhelm.

4 x 4 Wiele Con Uys 083 658 1168 Con het ‘n heerlike roete gekies (darem nie te moeilik nie) en daarna gaan hul lekker saamkuier en iets eet. Bring jou 4 x 4! Indien u nie een het nie, ons het spasie, kom klim gerus in.

Uiteetgroep Irma Herbst 082 450 8352 Saam gaan ons heerlik smul by Molteno's restaurant in Onrus. Kontak gerus vir Irma vir reëlings.

Barista Koffiegroep Malan Erasmus 083 415 5046 As koffie jou passie is, nooi ons jou graag om saam met coinniseurs te kom kuier en nuwe geure te ontdek. Ontmoet vir Malan direk na die diens en hoor waar die lekkerte gaan wees.

Kunstenaars Jaco Sieberhagen Ans Lamprecht

076 386 2408 083 973 6788

Alle kunstenaars van alle mediums, kennis en ondervinding baie welkom. Kom deel ons passie van kuns. Iets baie spesiaal word beplan vir ‘n wonderlike saamkuier. Kontak gerus vir Jaco of Ans om die oggend saam te kuier.

Boekklub Marietjie le Roux 083 455 1455 As boeke jou passie is, is hierdie groep beslis vir jou. Kom kuier saam met boekliefhebbers direk na die erediens in die Gebedskamer. Daar gaan heerlike koffie, tee en koek en natuurlik boeke wees. Daar is ook 'n voorlesing van Dr Clifford Heys se boek: God se name. Kom kuier gerus saam.

Voëlkykers Jaco du Preez 082 376 4404 Bring jou verkyker en kom geniet die wye verskeidenheid saam met mede-liefhebbers. Jaco vat ons na Meer en See. Kom geniet die wonder van die natuur saam.

Fotografie Gerhard van Helsdingen

083 306 9332 Hierdie span wil graag die gesinne by Onrusstrand gaan afneem (ook die pragtige see en rotse). Bring net jou kamera. Beginners baie welkom!

Hondestappers Tutu Wagener 083 449 7450 Bring jou vierbeen kinders, ons stap en speel. Tutu sal bevestig

Maalruimte Braai na die diens

Hannie Koch

Kosie de Kock

028 316 1595 of 081 271 2290

082 491 1315

Hierdie is ‘n ope uitnodiging aan enigiemand wat sommer net lekker wil saamkuier by die kerk na die diens. Bring gerus jou vleis (daar gaan ‘n heerlike vuur wees) asook al jou eetgerei en bygereg (en onthou ‘n drinkdingetjie). Ons kuier lekker saam!

Enkellopende Vroue Charmeé vd Merwe 028 316 2113 Ons nooi alle enkelvroue om mekaar te kom leer ken oor 'n kop-pie tee of koffie in die Dienssentrum direk na die erediens. Ons bou toekomstige vriendskappe na gelang van persoonlike be-hoeftes en belangstellings. Gestremdes ook baie welkom.

Koffie by die See (Davies Poel)

Norval Geldenhuys 083 531 3586 Lekker informeel, ons koop koffie by die stalletjie by Davies Poel en kuier saam op die grasperk. Kom maak gerus nuwe vriende.

Rolbal en saamkuier Koos Victor 082 807 2860 ‘n Heerlike spel en saamkuier op die stoep van die rol-balklub. Kontak gerus vir Koos om tyd en plek te bevestig.

HAARKAPPER: Kontak vir Ester by 081 453 8130 om u hare mooi te maak, te sny, te kleur, te knip, rollers in te draai, te "perm". Sy maak mens baie mooi. Sy vra verskillende pryse vir lede en nie-lede.

Kliniek: Sr. Calitz is ons verpleegsuster. Sy het 'n kliniek by die Dienssentrum op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Sy is bereid om bloeddruk te neem, suikermetings te doen en inspuitings toe te dien en om u vrae te probeer beantwoord. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede.

Naaldwerk om 9h30: 'n Verdere bediening by die Dienssentrum is Marlene Burger wat ons help met klere verstel. Nie almal van ons is goed met naaldwerk nie. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die ver-stellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

PRAATJIE OM 10H00 - ONS REIS SAAM: Ons probeer ook na aktuele onderwerpe/praatjies by die Dienssentrum luister. Ons reis saam met Jan-Hendrik Malan deur die Britse Eilande, Europa en Nieu-Seeland. Kom drink 'n koppie tee/koffie voor die tyd en kom luister saam. Almal is welkom. Onthou die Dienssentrum is vir oud en jonk. Dit is net die lede wat ongelukkig bo 60 jaar moet wees. Die aktiwiteite is egter vir enige persoon van enige ouderdom om by te woon.

Voete en hande: Ons is bevoorreg om by die Dienssentrum vir Marilyn Prinsloo te sien wat die voete- en handeversorging doen. Dit is haar passie! Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n af-

spraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Trimgim: Ons is bevoorreg om by die Dienssentrum 'n bio-kinetikus te sien wat opgelei is om die regte oefeninge vir bejaardes met hulle gesondheidsprobleme te doen. Mathilda Roos sien u op Woensdae om 15h00 in OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 per maand vir lede van die Dienssentrum en R60 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

Sitkamer om 10h30: Die Boekklub. ons Dienssentrum het besluit om ’n eie boekklub te stig. Die naam daarvan is "Die Boekklub". Enige persoon wat 'n boek gelees het en dit graag wil voordra

aan die groep is meer as welkom om Joan/Hannie by 028 316 1745 te kontak en jou naam en die boek se naam te gee sodat dit op die program aangedui kan word. Almal - oud of jonk - is welkom. Die luisteraars is meer as welkom om te sit en brei of om ander hand-werk te doen of om net te sit en luister. Dr. Hoepie Howell gaan 'n boek voordra en bespreek met die groep. Terwyl sy dit doen gaan die res van die groep of net luister of besig wees om aan ons sokkieprojek te werk of enige ander handwerk te sit en doen.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 13 FEB

WOENSDAG 14 FEB

DONDERDAG 15 FEB

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 16 FEB 09:00 - 11:30

Wat 'n voorreg om 'n wonderlike tee-tuin hier by die Dienssentrum te kom geniet. Daar is lekker geselskap, nuwe vriende word gemaak en ons ontmoet ook nuwe lidmate. Kom drink tee/

koffie en 'n eetding teen R30 (R20 vir lede). Dit is voor-waar die lekkerste eetgoed in Hermanus. U word bedien deur die vriendelikste kelnerinne in die dorp. Loer in by die kombuis en ontmoet die vriendelikste mense agter die tee/koffiekanne en die skoonmakers.

Nooi u verjaardag-, sel-, bybelstudiegroepe en kom drink saam. Kontak vir Siska Conradie by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe. As u betrokke wil raak by die maak van eetgoed vir die teetuin of om Vrydae by die teetuin te help, ons soek altyd vrywilligers. Kontak vir Siska en meld aan! U hulp sal opreg waardeer word.

BREIPROJEK: Ons het besluit om hierdie jaar slaapsokkies vir Sofca en Huis Lettie Theron se inwoners te brei. As u weet van 'n persoon wat 'n behoefte het aan slaapsokkies, is u meer as welkom om die persoon se naam en besonderhede te gee. Kom Donderdae na die Boekklub en kom brei saam aan hierdie slaapsokkiepro-jek. Ons sal sorg vir 'n patroon of indien uself 'n patroon het wat goed werk, bring dit saam. Indien daar mense is wat vir ons wol kan skenk sal dit baie waardeer word. Bring dit asseblief na die Dienssentrum. Indien u nie wol het nie, maar 'n donasie vir die aankoop van wol wil gee is u ook meer as welkom om dit te doen.

PRAATJIES: Ons wil graag hierdie jaar luister na mense wat in-teressante plekke oor die wêreld besoek het. Indien u so iets ge-doen het, kontak asseblief vir Joan/Hannie by 028 316 1745 sodat ons u naam op ons program kan plaas.

KUNS: Ons wil graag meer van kuns leer by die Dienssentrum. Indien u enige vorm van kuns beoefen en 'n goeie leermeester is, sal u asseblief vir ons meer van u kuns kom leer en vertel? Kontak vir Joan/Hannie by 028 316 1745 en gee u naam en besonderhede.

GROOT NUUS - na baie navrae oor of ons weer kos sal voorsien by die Dienssentrum het ons besluit om dit te waag en te kyk of daar werklik 'n behoefte is. Op 7 Maart 2018 gaan ons die lekker-ste tuisgemaakte (vars) lasagne verkoop teen R45 per houer (17 x 12 x 4 cm). Dit is lasagne vir ongeveer twee persone. Bestel asseblief so gou moontlik by Joan/Hannie by 028 316 1745 tot Dinsdag 6 Maart - ons kan nie laat bestellings aanvaar nie.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop

[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

KOSPAKKIEPROJEK

Baie dankie aan die lidmate wat getrou hul kospakkiebydraes bring. Daar is groot waarde-ring hiervoor van die ontvangers van die kospakkies. Die koskas is baie leeg en ons benodig veral die volgende: konfyt, kookolie, sardine in ta-matiesous, suiker, tamatiesous, tandepasta, teesakkies, toiletpapier, boeliebeef, margarine. Ons koop ook die volgende produkte aan uit kontantbydraes van lidmate spesifiek vir die kospakkieprojek. Groente, kaas, hoenderborsies, maalvleis, eiers, opwasmiddel, seeppoeier, sjampoe en ook alle produkte waarvan ons nie genoeg gedurende die maand ontvang het nie. Indien u weet waar ons hierdie produkte maandeliks goedkoper/gratis kan kry, kan u my asb kontak.

Lidmate is dus baie welkom om maandeliks ‘n finansiële bydrae te maak/inbetaal (EFT) spesifiek vir hierdie doel. Die gemeente se bankbesonderhede is onder aan blad. Verwysing asb: Kospakkies Baie dankie!! Ronelle van Zyl (0722881439).

Baie dankie vir ons Hartklopborg wat die druk van die Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën vir jou.

BYBEL-WOORDSOEKRAAISEL

Baie dankie aan Koos Victor wat ons bederf met hierdie heerlike raaisel. Ons hoop om dit een maal pm te kan doen. Oor twee weke wil ons graag ook vir die kinders iets insit, so hou gerus dop. Onthou, die Bybelname kan links na regs, andersom, onder na bo, skuins ens geskryf staan. Die oplossing sal volgende week verskyn. GENIET DIT!

BYBELBOEKNAME: OU TESTAMENT

A B C D E F G H I J K L M N

1 R L J E S A J A I M E R E J

2 T E A E L E A E S O H D P B

3 E I M A L E A G I F A G R H

4 K G J U K S V J L M B O E N

5 S E P S H R G I O U A V D W

6 O S R B G A E H T S K A I H

7 D E U T ER O N O M I U M K O

8 U D T F K N E U L J K A E O

9 S E S M L A S P M E W U R G

10 R A L I O E I G A E I R S L

11 E M G G F P S S N O R N G I

12 T B H A G G A I O I A I A E

13 S O N A R I L M J S N E F D

14 E J O E L I E K E I N O R K

15 A M O S O B A D J A B O K E

NOTAS:

Aantal boeke OT 39

Aantal boeke in raaisel 31

Boeke nie in raaisel 8

BOEKE NIE IN RAAISEL

1

2

3

4

5

6

7

8