hartlik welkom by laerskool mikrolaerskoolmikro.co.za/images/pdf/prospektus_2016.pdf1. visie...

28
LAERSKOOL MIKRO Mededeelsaamheid * Integriteit * Kreatiwiteit * Respek * Omgee Spruitstraat, Kuilsrivier, 7580 Tel: (021) 903 2126 * Faks: (021) 903 2523 www.laerskoolmikro.co.za [email protected]

Upload: others

Post on 30-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

LAERSKOOL MIKRO

Mededeelsaamheid * Integriteit * Kreatiwiteit * Respek * Omgee

Spruitstraat, Kuilsrivier, 7580 Tel: (021) 903 2126 * Faks: (021) 903 2523

www.laerskoolmikro.co.za [email protected]

INHOUDSOPGAWE

BLADSY

Ons skool se visie en missie 1 Hartlik Welkom 2 Prosedure van aansoek om toelating en bevestiging van toelating 3

Die Geskiedenis van Laerskool Mikro 4 - 5

Skoolwapen en -leuse 6

Skoollied 7

Ons gedragskode 7 - 9 Dissiplinêre beleid en Prosedure vir Straf 10 - 12

Ons toelatingsbeleid 13 - 14

Kurrikulêre bedrywighede 15

Buitemuurse bedrywighede 16

Ouerbetrokkenheid 17

Skakeling met Skoolhoof en Personeel 17

Klerewinkel 18

Skooldrag 19

Sportdrag 20 - 21

Nasorgdienste 22

Skoolure 23

Ander Inligting 24 Die Geskiedenis van Kuilsrivier 25

1.

VISIE

Hardwerkende, skeppende, gebalanseerde

individue!

M I S S I E

Die Laerskool Mikro streef om

DIE KIND

doelgerig en optimaal, gebaseer op Christelike beginsels, deur verantwoordbare, demokratiese deelhouerinspraak en bestuur,

in totaliteit te onderrig en op te voed tot 'n gebalanseerde en gelukkige individu.

2.

Hartlik welkom

by Laerskool Mikro!

Dit is ons opregte wens dat u as ouer(s)

en leerder(s) 'n baie aangename verbintenis

met hierdie skool sal hê.

SKOOLHOOF EN PERSONEEL

Waarom die Laerskool Mikro as keuse vir u en u kind(ers)?

'n Kindgerigte onderrigbenadering waar kind nog kind kan wees 'n Unieke ouerbetrokkenheid waar die ouer groot inspraak het in die totale skoolstruktuur 'n Goed opgeleide personeel wat gereeld indiensopleidingskursusse bywoon en persoonlike aandag nastreef

3.

PROSEDURE VIR AANSOEK OM TOELATING (GRADE R - 7)

1. Die volgende dokumente/gewaarmerkte afskrifte

daarvan moet saam met die vorm “AANSOEK OM

TOELATING” ingehandig word:

u kind se kliniekkaart (graad R/1) u kind se identiteitsdokument (gr. R – 7) biologiese ouers se identiteitsdokumente (gr. R – 7) onlangse bewys (rapport/oorplasingsvorm)

van hoogste graad geslaag (gr. 2 – 7)

2. By „n eerste inskrywing (m.a.w. geen boeties of sussies reeds in die skool) moet „n gewaarmerkte afskrif van „n munisipale rekening of „n gesertifiseerde bewys van die huidige vaste adres, die vorm “Aansoek om Toelating” vergesel.

PROSEDURE VIR BEVESTIGING VAN TOELATING

Leerders wat binne ons tradisionele bedieningsgebied woonagtig is en voldoen aan ons toelatingsbeleid soos vervat in die prospektus, kry voorkeur.

Leerders wat buite ons tradisionele bedieningsgebied

woonagtig is, se ouers sal skriftelik in kennis gestel word of die aansoek om toelating geslaag het.

4.

DIE GESKIEDENIS VAN LAERSKOOL MIKRO

Die Laerskool Mikro het sy deure in Januarie 1972 geopen met mnr. Ronnie de Bruyn as eerste skoolhoof. Die skool het met 296 leerders en 12 opvoeders begin. Die skool is deur die Onderwys-departement as „n Afrikaans enkelmedium skool geregistreer en is op 12 Oktober 1972 amptelik deur mnr. Fanie Theron, die onderwyshoof, geopen Die skoolgemeenskap het die skool vernoem na C.H. Kühn, in lewe „n inwoner van Kuilsrivier, die skoolhoof van Hoërskool Kuilsrivier (tans Hoërskool De Kuilen) en „n bekende skrywer van meer as 100 jeugverhale onder die skuilnaam MIKRO. Die versameling boeke wat uit sy pen verskyn het, word in die “Mikrokas” by die skool bewaar. Groeiende leerdergetalle het aanbouings in 1984 (huidige gr. R, 1, 2 vleuels), 1994 (twee klaskamers bokant Mikrotique klerewinkel), 2008 („n klaskamer bokant die gr. R vleuel) en 2009 (Wag „n Bietjie veilige onderdak wagplek) tot gevolg gehad. Gebou veranderinge het in 1997 (omskakeling van laboratorium, kunsklas, naaldwerklokaal tot klaskamers), 1998 (omskakeling van die biblioteek tot „n inligtingsentrum (boekafdeling/rekenaarlokaal), 2001 (vestiging vir gr. R onderrig), 2003 (Langverwacht Sport/Kultuurlokaal) en 2010 (alle klaskamers van dataprojektor /rekenaar voorsien) plaasgevind om aan leerder-behoeftes te voldoen. Terreinveranderinge/verbeterings het ook periodiek plaasgevind. „n Tweede rugby-/ hokkieveld en vier tennisbane is in 1982 gevestig. In 2001 is die skoolterrein aan die suidekant uitgebrei om voorsiening vir „n gr. R speelterrein te maak en in 2013 is addisionele grond (openbare park) bekom om drie krieketnette te vestig.

5.

Feesvierings om sekere mylpale te herdenk het nie agterweë gebly nie. Die 10de bestaansjaar is in 1982 gevier met die verskyning van „n feesblad en die opvoer van „n operette. Die skool se mondigwording is op 25 Maart 1993 met „n huldigingsgeleentheid ter ere van C.H. Kühn (skuilnaam MIKRO) gevier. Die aand se verrigtinge het bestaan uit kreatiewe skryfwerk deur leerders, die bekendstelling van „n boek “Die Lewe en Werk van Mikro in Kuilsrivier” en die bekenstelling van sy persoonlike besittings, foto‟s en boeke. Die 25ste (1997), 30ste (2002) en 40ste (2012) bestaansjare het elk met groot feesvieringe (bekendstelling van feesembleme, aktiwiteite vir leerders, oud-skoliere, ouers/oud-ouers, huidige/oud-personeellede, kerkbyeenkomste, feeskonserte) gepaard gegaan om tradisie te skep. 2005 was „n waterskeidingjaar toe die ouers hul tot die Hooggeregshof en Appélhof moes wend om die skool se Afrikaansmedium onderrigstatus te behou. Laerskool Mikro wil graag bekend staan as „n waardegedrewe skool. Daarom vorm „n stel goeie waardes vir baie jare deel van ons skool se daaglikse bedrywighede. Ons fokus veral op die volgende:

Mededeelsaamheid, Integriteit, Kreatiwiteit, Respek en Omgee.

Ons skoolvisie se oorsprong begin by ons skool se leuse: Werk en Skep: Hardwerkende, skeppende, gebalanseerde individue!

6.

SKOOLWAPEN EN LEUSE

ONTWERPER: Dr. C. Pama SIMBOLE: Hoewel letters nie in wapens gebruik word nie, is daar in Europa, en veral in Duitsland, die neiging om 'n heraldiese figuur te gebruik wat sprekend is en aan 'n letter herinner. Om hierdie rede is die skild hoekig in drie verdeel, wat 'n soort M (Mikro) voorstel. Hieraan is 'n skildhoof toegevoeg en daarop 'n skryfveer (verwysing na die skrywersberoep van Mikro) en twee heraldiese fonteine ('n toespeling op die naam "Cuylen"). LEUSE (WAPENSPREUK):

By die leuse, nl. WERK EN SKEP, is aan Mikro gedink. Dit bevestig

die groot waarheid dat geen skepping, van watter aard ook al, tot stand kom tensy dit voorafgegaan word deur harde werk nie.

7.

DIE SKOOLLIED

Werk en skep, Werk en skep Dis die leuse van ons skool Met ons visiere vér gestel wil ons elke skooldag nader. Dat ons aan ons leuse reg kan laat geskied. Mikro, wat 'n voorreg om by jou my jare te kan deurbring. Waar ek gaan of my begewe Wil ek trots opreg en eerlik my beskeie deeltjie bydra tot ons leuse werk en skep.

LEERDER GEDRAGSKODE

Die gedragskode van die Laerskool Mikro is daarop gerig om aan die leerder die geleentheid te bied om in 'n atmosfeer van DEMOKRATIESE DISSIPLINE te gedy tot 'n besef van SELFDISSIPLINE, m.a.w. 'n eie besef en oordeel van wat reg of verkeerd is. In hierdie opvoedingsproses word gestreef na die ontwikkeling van 'n POSITIEWE SELFBEELD by elke leerder, d.w.s. dat dissipline met gesonde oordeel en liefde toegepas sal word. Straf vir die oortreding van een of meer van ondergenoemde skoolreëls, sal in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet (84 van 1996) toegedien word. Dit kan detensie en/of dissiplinêre verhoor insluit. Die volgende huishoudelike STRAFBARE REËLS het ten doel om die goeie orde en dissipline in ons skool te handhaaf: 1. Ek/Ons hou ons skoolgebou en terrein netjies. Rommelstrooiery is

taboe.

2. Ek/Ons dra die voorgeskrewe skooldrag soos dit in die prospektus uiteengesit is. L.W. Geen juweliersware word saam met skooldrag gedra nie. Meisies mag wel „n ringetjie/knoppie (een gaatjie per oor) in die oor dra.

8.

3. My/Ons hare is altyd netjies. Die meisies vleg lang hare of maak dit vas, terwyl die seuns se hare so geknip moet wees dat dit nie oor die hemp se kraag hang nie, ook dat die ore en oë oop is. L.W. Die haarstyl by beide seuns en meisies moet pas by ons skool se beeld. Die nuwerwetse haarstyle by seuns en meisies (“steps”, “jel”, hare kleur, golwing) moet deur ouer en opvoeder ontmoedig word.

4. Ek/Ons bring nooit kougom op die skoolterrein nie. 5. Ek/Ons stoot ons fietse op die skoolterrein en plaas hulle slegs in

fietsrakke. Slegs op die smal fietspad agter die skool mag gery word. 6. Ek/Ons is altyd stiptelik vir alle geleenthede. 7. Ek/Ons gebruik slegs 'n boeksak (donkerblou/maroen/swart) met stewige

sye en nooit 'n slap seilsak nie omdat dit ons boeke verniel. 8. Ek/Ons kom nooit in die saal sonder dat ons van 'n opvoeder vergesel is

nie. 9. Wanneer ek/ons vrywillig by „n buitemuurse skoolaktiwiteit aansluit, moet

ek/ons my/ons verpligtinge en verantwoordelikhede in verband daarmee stiptelik nakom, tensy vrystelling deur die skoolhoof in oorleg met die ouer(s) verleen word. Waar botsings opduik, moet skoolaktiwiteite voorkeur geniet bo nie-skoolaktiwiteite.

10. Wanneer die skoolterrein gesluit is, mag ek/ons geen fasiliteite en

toerusting van die skool, met inbegrip van dié vir sport, gebruik nie; tensy daar vooraf vir toestemming gereël is. Hierdie reël het ten doel om vandalisme te voorkom.

11. Ek/Ons mag nie boeke tuis vergeet nie. Dit word nie as verskoning

aanvaar nie. 12. Ek/Ons mag nie my/ons skoolwerk verwaarloos nie. Huiswerk (leer en

skryfwerk) moet daagliks getrou gedoen word.

13. Ek/Ons hardloop nooit in die gange nie. Tydens klaswisseling loop ons in enkelrye en praat met niemand nie. Ek/Ons moet reeds aangetree het en doodstil staan wanneer die tweede klok lui vir instap – soggens voor skool en na beëindiging van die twee pouses. Uitstap moet ordelik geskied.

9.

14. Ek/Ons mag nie skooleiendom (bv. krap op banke of teen mure, klim oor skoolheining, beskadiging van struike en bome, boeke verniel of weggooi) beskadig, ontsier of besoedel nie.

15. Ek/Ons moet die skool tydens die vasgestelde skoolure stiptelik bywoon. ‟n Leerder mag nie gedurende skoolure sonder die skoolhoof se verlof uit ‟n klas afwesig wees of die skoolterrein verlaat nie.

16. Ons verkies dat selfone/tablette by die huis gelaat word. Indien wel skool

toe gebring word, moet dit gedurende die skooldag (terrein soggens betree tot huistoegaantyd) afgeskakel wees. Aangeskakelde selfone word vir ‟n tydperk gekonfiskeer.

17. Terwyl ek/ons onder die skool se toesig is, mag ek/ons nie ‟n mede-leerder se liggaamlike/emosionele welsyn (boeliegedrag) benadeel of in gevaar stel nie. Wapens, speelgoed en stowwe wat liggaamlike beserings, skade aan persoonlike-/skooleiendom kan veroorsaak, mag nie skool toe gebring word nie.

18. Ek/Ons eerbiedig ons meerderes, ons nasionale simbole, ons skoollied en skoolvlag. Ek moet my opvoeders en maats respekteer. Op die skoolterrein vloek en baklei ek/ons nie.

19. My/Ons goeie gedrag teenoor onderwysers en maats is van kardinale belang. Ontwrigting van die onderrigproses word nie toegelaat nie. Wanneer ek/ons in skooldrag/ sportdrag op die skoolterrein, in die dorp, op skooluitstappies, of by sport-byeenkomste op ander plekke in skooldrag geklee is, moet ons gedrag altyd vir ander „n voorbeeld stel.

20. Ek/Ons mag nie ander se besittings neem of pornografiese materiaal, sigarette, alkohol, dwelms op die skoolterrein bring nie.

LW:

Oortreding van reëls 1 – 11. Mondelinge waarskuwings; daarna straf met detensie.

Oortreding van reëls 12 – 20. Direkte detensie sonder waarskuwing.

Oortreding van reëls 17 – 20. Onderrig ontneem, dissiplinêre verhoor.

Ek/Ons glo in SELFDISSIPLINE en het nie toesig nodig om my/ons skoolwerk te doen en goeie

gedrag te openbaar nie.

10.

DISSIPLINêRE BELEID

A. Dissipline-stelsel: (Straf) Dissipline beteken dat opvoeders gesag uitoefen in die beste belang van die leerder met die klem op die ontwikkeling van selfdissipline, onafhanklikheid en volwassenheid. Dissipline behoort te alle tye ferm, konsekwent en positief te wees. Dissipline ...

het die daarstel van orde tot gevolg ten einde ‟n klimaat tot voordeel van leer te bewerkstellig.

verseker regverdige optrede en stel alle partye se beste belang voorop.

beskerm die leerder teen hom-/haarself en die optrede van ander leerders.

wat liefdevol toegepas word, ontwikkel verantwoordelikheid, onafhanklikheid en volwassenheid by leerders.

gee erkenning aan kinders se behoefte om binne ‟n sorgsame omgewing, gekenmerk deur liefde en aanmoediging, te funksioneer.

is gemik op die gereedmaking van die leerder vir sy/haar toekomstig lewensituasie.

Hantering van leerders wat Gedragskode nie nakom nie. Elke opvoeder is verplig om ‟n stel sigbare klasreëls in hul klaskamer te hê, wat in die gedragskode vervat is. Indien leerders nie die Gedragskode nakom nie, is dit die reg van die opvoeder om volgens die insidenteringstelsel inskrywings te maak. Opvoeders in Graadverband, besluit op ‟n insidenteringstelsel. Mondelinge waarskuwings gaan skriftelike inskrywings vooraf. Indien insidenteringsinskrywings ‟n sekere aantal bereik, word ‟n waarskuwingsbrief aan ouers gestuur om hul in kennis te stel dat die leerder binne-kort detensie sal sit indien swak gedrag/pligsversuim voortgaan. Indien swak gedrag/pligsversuim aanhou en die vereiste aantal insidenteringsinskrywings bereik word, sit die leerder detensie. Direkte detensie kan vir ernstige oortredings gegee word. Alle detensiebriewe word deur die skoolhoof onderteken en uitgereik op die voorafgaande Woensdag. Ouers moet ontvangs van detensiebrief erken deur middel van ‟n afskeurstrokie. Indien ‟n leerder versuim om brief aan ouers te oorhandig, word ouers onmiddellik gekontak.

11. In so ‟n geval word detensie na die volgende datum verskuif of mondelinge toestemming kan vir onmiddellike detensie gegee word. Alle leerders wat detensie sit, se name word in ‟n Detensieregister aangeteken.

PROSEDURE VIR STRAF

1. DETENSIE: Gr. 1 en 2: 13:15 tot 14:15 (Vrydagmiddag) en Gr. 3: 13:00 tot

14:00 (Vrydagmiddag) met skriftelike kennisgewing aan die ouers die voorafgaande Woensdag.

Detensie gr. 4 - 7 geskied op ‟n Vrydagmiddag van 14:15 – 16:15,

met skriftelike kennisgewing aan die ouers die voorafgaande Woensdag.

Na „n derde detensie vir dieselfde oortreding word ouers gekontak

(telefonies/afspraak). Indien bogenoemde geen positiewe uitwerking het nie, reël die

skoolhoof „n afspraak tussen die Beheerliggaam en die ouers.

2. ONDERRIG ONTNEEM (“TIME OUT”)

„n Leerder wat as gevolg van sy/haar gedrag die onderrigproses ontwrig en/of

disrespek teenoor „n opvoeder of mede-leerder betoon

kan van onderrig onttrek word.

3. DISSIPLINÊRE VERHOOR

Kan vir baie ernstige oortredings/erge wangedrag (disrespek vir opvoeder/ mede- leerder, onderrig ontwrig, aanranding, diefstal, pronografie, dwelms, beskadiging van skooleiendom, skool se naam in swak lig stel) dadelik in werking tree, sonder voorafgaande detensie.

Indien skuldigbevinding, kan die uitslag die volgende behels: ‟n

waarskuwing, skorsing deur die Beheerliggaam of aanbeveling vir uitsetting by die WKOD. (Verwys na WKOD voorskrifte)

B. Beloningstelsel:

12.

Belonings en motivering word op „n daaglikse basis aan die leerders gegee.

Beloning vir Goeie Gedrag:

Sertifikate word eenmalig aan die einde van die jaar aan leerders oorhandig. Dit

word in Graadverband dieselfde hanteer.

Beloning vir pligsgetroue werk:

Sertifikate word eenmalig aan die einde van die jaar aan leerders oorhandig. Dit

word in Graadverband dieselfde hanteer.

Beloning vir lees:

Vir elke 25 boeke wat leerders op hulle vlak, gelees het, kry hulle „n Leeskoning-

sertifikaat. Dit word twee keer per jaar in die saal oorhandig.

Toppresteerders:

Aan die einde van die eerste, tweede en derde kwartaal, ontvang die leerders wat

vir die betrokke kwartaal deel is van die groep leerders wat die 10 hoogste

persentasies in elke graad, behaal het, „n sertifikaat. Dit word tydens die laaste

saalbyeenkoms aan die einde van die kwartaal in alfabetiese volgorde aan die

leerders oorhandig.

Aan die einde van die vierde kwartaal ontvang die leerders wat deel is van die

groep wat die 10 hoogste persentasies behaal het, „n gedrukte sertifikaat.

Die drie toppresteerders in elke graad, kry „n verdere sertifikaat wat aandui of

hulle die derde, tweede of eerste plek in die Graad behaal het.

Die toppresteerder in elke graad ontvang „n skild met sy/haar naam daarop

gegraveer. Saam met hierdie toekenning, ontvang die toppresteerder ook „n

miniatuurskild om te hou.

Presteerders op verskeie terreine:

Tydens Saalbyeenkomste word daar voortdurend erkenning gegee en belonings aan leerders toegeken op verskillende terreine.

13.

LEERDER TOELATINGSBELEID

As statutêre verkose liggaam, verteenwoordigend van die ouergemeenskap, is die Beheerliggaam verantwoordelik vir die bepaling van die toelatingsbeleid van hierdie skool. Die skoolhoof, in sy hoedanigheid as lid van die Beheerliggaam, is verantwoordelik vir die uitvoering van die beleid in die praktyk.

1. GRAAD R TOT 7 LEERDERS

'n Leerder kan tot die LAERSKOOL MIKRO toegelaat word indien hy/sy en sy/haar ouer/s bereid is om by die onderstaande skoolbeleid in te skakel:

1.1 Die skool sal as die mees fundamentele vereiste op die waardes en normes van die ouergemeenskap sentreer en voortbou.

1.2 Leerders moet hulle vereenselwig met die kultuur, tradisies, gebruike, konvensies en etiese waardes van hierdie Afrikaans-mediumskool en dit eerbiedig.

1.3 Slegs openbare vakansiedae, soos deur wetgewing bepaal, sal erken word. Toelating geskied op die grondslag dat leerders op geen ander dae as gevolg van godsdienstige, politieke of ander redes afwesig mag wees nie.

1.4 Alle onderrig in hierdie skool (behalwe in die vakke Engels en Xhosa) geskied deur medium Afrikaans.

1.5 Die sillabusse soos deur die Nasionale Onderwys voorgeskryf, sal gebruik word.

1.6 Voorkeur sal gegee word aan alle aansoekers

1.6.1 wie se ouers oud-leerders van die skool is; 1.6.2 wie „n broer of suster in die skool het of „n broer of suster in

die skool gehad het wat na voltooiing van gr. 7 na „n ander skool is;

1.6.3 wie se ouer(s)/wettige voog eiendom huur/besit binne die tradisionele bedieningsgebied van die skool.

1.7 Toelating van leerdergetalle sal beheer word volgens bepalings van huidige wetgewing.

1.8 Enige magte en bevoegdhede wat die Beheerliggaam ingevolge hiervan het, mag aan die Skoolhoof gedelegeer word.

1.9 Die bepalings hiervan kan gewysig word indien 'n tweederde-meerderheid van die Beheerliggaam wat op die datum waarop sodanige wysiging vir beslissing voorgelê word, toestem tot sodanige wysiging. Indien sodanige wysiging goedgekeur word, sal alle partye daaraan gebonde wees, net so asof dit hierin vervat is.

14. 2. GRAAD R (PRE-PRIMÊRE) LEERDERS

2.1 Leerders wat in die jaar van toelating ses word, sal voorkeur toelating geniet.

2.2 Leerders wat in die jaar van toelating voor/op 30 Junie vyf word, kan daarna toegelaat word indien daar nog plek is.

2.3 Leerders wat teen Oktober nie skoolgereed is nie, sal outomaties toelating vir die volgende jaar kry.

2.4 Die ideaal is dat „n gr. R-klas nie groter as 30 leerders moet wees nie.

3. GRAAD 1 TOT 7 LEERDERS

3.1 Leerders, vanaf die jaar waarin hy/sy sewe word, tot ouderdom 15, sal voorkeur toelating tot die laerskool kry.

3.2 Die ouderdom van die leerder moet binne „n twee jaar grens van die gemiddelde klasouderdom val.

3.3 Bewys moet gelewer word van bewese skolastiese prestasies van „n leerder indien hy/sy vanaf „n ander skool by Laerskool Mikro inskryf.

3.3.1 Leerders word toegelaat tot die skool met die vereiste dat hulle in staat moet wees om die akademiese standaard van die skool te handhaaf.

3.3.2 Die standaard wat ingevolge 3.3.1 verlang word, sal in die uitsluitlike diskresie van die Beheerliggaam wees.

3.3.3 Indien dit na toelating van „n leerder in die diskresie van die skoolhoof blyk dat hy/sy nie redelikerwys deur normale onderrig soos in die skool beoefen in staat is om die standaard in 3.3.1 bedoel te handhaaf nie, kan die ouers versoek word om die leerder „n standaard evaluering te laat aflê om te bepaal of hy/sy op spesiale onderwysbehoeftes aangewese is.

3.4 Die ideaal is dat „n gr. 1 tot 7 klas nie groter as 35 leerders moet wees nie.

15.

KURRIKULêRE BEDRYWIGHEDE

GRONDSLAGFASE (Gr. 1 – 3) Geen eksamen. Deurlopende assessering (evaluering) dwarsdeur die jaar. Getikte rapport elke kwartaal. INTERMEDIÊR EN SENIOR FASE (Gr. 4 – 7)

Eksamen: Junie en Desember Deurlopende assessering dwarsdeur die jaar. Getikte rapport elke kwartaal.

DIDAKTIESE HULP/LEERONDERSTEUNING

Hulpverlening aan leerders met leemtes t.o.v. Lees, Spelling, Wiskunde, Skriftelike Werk en Taalervaring deur leerondersteuningspersoneel en privaat Remediërende/Spraak opvoeders.

INLIGTINGSENTRUM/INTERAKTIEWE ONDERRIG Die woord inligting kan met vrug uitgeleef word in hierdie ruimte. Die boek en rekenaar as inligtingsbron is tot die leerders se beskikking gedurende skooltyd en middae. Leerders kan ook deur middel van e-pos inligting na en vanaf die skool kommunikeer. Die benadering tot interaktiewe onderrig is ook „n werklikheid in die klaskamers.

16.

BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE

Daar word aan die begin van elke kwartaal 'n volledige buitemuurse program aan elke leerder beskikbaar gestel.

VERENIGINGS EN KLUBS Leerderraad, Mediaprefekte, Landsdiens, Kuns, Skaak, Redenaars, Fotografie. SPORT Somer : Atletiek, Tennis, Krieket. Winter : Rugby, Netbal, Hokkie.

KORE Senior en Junior EISTEDDFOD (Voordrag, opvoerings, kuns, musiek)

17.

OUERBETROKKENHEID

Een van ons skool se doelstellings is om te streef na 'n gesonde inter ouer-, leerder-, leerkragverhouding. Dit kan alleen bereik word as u as ouer(s) betrokke raak en belangstelling toon in die verskillende aktiwiteite waarby u kind(ers) of die skool betrokke is.

BEHEERLIGGAAM

Bestaan uit skoolhoof, 5 ouers, 2 leerkragte en een nie-onderwys personeellid wat 3-jaarliks deur die onderskeie belangegroepe gekies word soos deur die Minister bepaal. Die volgende subkomitees lewer verslag aan die Beheerliggaam:

• Skoolbestuur • Oueraangeleenthede • Bemarking en Openbare betrekkinge • Finansies • Geboue • Terrein

OUERKOMITEE EN KLASVERTEENWOORDIGERS

Die ouerkomitee (saamgestel uit klasverteenwoordigers) reël, in oorleg met die klasverteenwoordigers (ouers) en personeel, die verkopings en funksies wat aangebied word. Kontak die skoolhoof vir meer besonderhede.

SKAKELING MET DIE SKOOLHOOF EN DIE PERSONEEL

Skakel asseblief vir 'n afspraak indien u iets met die skoolhoof of 'n opvoeder wil bespreek.

18.

SKOOLDRAG: VERSKAFFERS

Die amptelike verskaffers van ons skool- en sportdrag is: LAERSKOOL MIKRO KLEREWINKEL (MIKROTIQUE) SEGE SPORT

Van Riebeeckweg (oorkant N.G. Kerk Kuilsrivier) KUILSRIVIER

KLEREWINKEL (MIKROTIQUE)

Die klerewinkel verkoop nuwe skooldrag asook goeie, gebruikte skooldrag. U kan skoon, gestrykte klere skenk wat weer aan ouers verkoop kan word. Laerskool Mikro-klerewinkel by skool (by Pre-primêre ingang)

verskaf: Hokkie-/Netbal-/Atletiekdrag

Skool Sweetpakke/Mikro Reënbaadjies/Skoolbaadjies

Goeie Tweedehandse Skooldrag

Interhuis T-hemde

Skooltasse/hokkiesakke/sportsakke Die klerewinkel is slegs op sekere tye oop. Verdere navrae by ontvangs.

19.

SKOOLDRAG: GRAAD 1 – 7

Somerdrag word gedurende die eerste en vierde kwartaal gedra en winterdrag gedurende die tweede en derde kwartaal. Gedurende die maande APRIL en SEPTEMBER mag òf winter òf somerdrag gedra word. Die twee mag egter nie gemeng word nie.

SEUNS

Somerdrag: Wit oopslaanhemp met kortmoue. Kort, grys broek of lang grys

broek met „n swart gordel (normale gespe). Kaalvoet of lang grys

kouse met skoolkleure in omslag en swart toerygskoene. Wanneer kaalvoet, mag die skoolbaadjie/reënbaadjie nie gedra word nie. Skoolbaadjie en/of maroen Mikro skooltrui/Mikro reënbaadjie/oortrui met M.

Winterdrag: Opsie 1: Wit toekraag langmouhemp of kortmou kraaghemp met skooldas,

lang of kort grys broek met „n swart gordel (normale gespe), grys kouse met skoolkleure in omslag, swart toerygskoene, skoolbaadjie en/of Mikro skooltrui/oortrui met die M, Mikro reënbaadjie.

Opsie 2: Mikro sweetpak (baadjie en broek), onder dit „n wit skoolhemp (langmou of kortmou) sonder das, kort, wit sokkies, oorheersend wit tekkies (geen platformskoene), Mikro reënbaadjie (mag slegs bo-oor

volledige sweetpak gedra word).

MEISIES

Slegs maroen of wit "alice bands", linte en bolletjies.

Somerdrag: Wit oopslaan kortmouhemp, maroen voorskootrok. Kort, wit sokkies en swart skoolskoene of kaalvoet (slegs gr. 1 – 3). Wanneer kaalvoet, mag die skoolbaadjie/reënbaadjie nie gedra word nie. Skoolbaadjie en/of maroen Mikro skooltrui/Mikro reënbaadjie.

Winterdrag: Opsie 1: Wit toekraag langmouhemp of kortmou dashemp, skooldas, maroen

voorskootrok, lang grys kouse met skoolkleure in omslag of lang swart kouse (geen wit sokkies onder swart kouse), swart skoolskoene, skoolbaadjie en/of Mikro skooltrui/oortrui met die M, Mikro reënbaadjie.

Opsie 2: Mikro sweetpak (baadjie en broek), onder dit „n wit skoolhemp (langmou of kortmou) sonder das, kort wit sokkies, oorheersend wit tekkies (geen platformskoene) Mikro reënbaadjie (mag slegs bo-oor

volledige sweetpak gedra word).

Opsie 1 en 2 by winterdrag mag nie gemeng word nie. Wanneer kaalvoet, mag die skoolbaadjie/reënbaadjie nie gedra word nie.

Reënjasse: Mikro reënbaadjie Serpe: Maroen skoolserp Slegs skooltruie/oortruie met die M mag gedra word.

Haarstyle moet pas by skooluniform.

20.

SPORTDRAG

KLEURATLETIEK (seuns en meisies) Interhuishemp/nuwe Mikro atletiekfrokkie en maroen/wit kortbroek. ATLETIEK TUSSEN SKOLE Seuns: Maroen kortbroek en die nuwe Mikro atletiekfrokkie. Meisies: Maroen kortbroek en die nuwe Mikro atletiekfrokkie. RUGBYWEDSTRYDE Wit rugbybroek en maroen rugbytrui. Geen rugbystewels nie. Ons speel kaalvoet. O/13A-span speel met geborgde truie – ontwerp mag verander. NETBALWEDSTRYDE Moulose Mikro-hemp en donkerblou rompie. Bypassende tekkies en kort, wit sokkies. O/13A-span speel met geborgde klere – ontwerp verskil. MINI-KRIEKET (O/7 – O/9) Maroen kortbroek en Mikro-hemp (hokkiehemp). Bypassende tekkies en kort, wit sokkies. KRIEKETWEDSTRYDE (O/10 – O/13) Maroen kortbroek en Mikro-hemp (hokkiehemp). Bypassende tekkies/ krieketskoene en lang, wit krieketkouse. O/13A-span: wit langbroek en kriekethemp (mag geborg word). Bypassende tekkies/krieketskoene. TENNISWEDSTRYDE

SEUNS:

Maroen kortbroek en Mikro-hemp (hokkiehemp). Bypassende tekkies en kort, wit sokkies. DOGTERS:

Blou rompie en moulose Mikro-hemp. Bypassende tekkies en kort, wit sokkies. Eerste span speel met geborgde klere – ontwerp verskil.

21. MINI-TENNISWEDSTRYDE SEUNS EN DOGTERS: Drag soos vir tennis. HOKKIEWEDSTRYDE Seuns: Mikro-hemp (met moue), maroen kortbroek, lang, wit skoolkouse,

bypassende wit tekkies/”togs”. Mondskerms verpligtend. Meisies: Moulose Mikro-hemp, maroen kortbroek, lang, wit skoolkouse,

bypassende tekkies/”togs”. Mondskerms verpligtend. O/13A-spanne speel met geborgde klere – ontwerp verskil. L.O. Seuns: Interhuishemp, Maroen kortbroek Meisies: Interhuishemp, Maroen kortbroek

L.W. Oefeninge kan in enige sportdrag beoefen word.

LET WEL: Alle kledingstukke (skool- en sportdrag) moet behoorlik gemerk wees.

22.

NASORGDIENSTE

BLOMMELAND (Pionierstraat, Kuilsrivier) (021) 903-0115 CORLIA HYMAN (Namakwastr. 7, Kuilsrivier) 072 380 1495 ELIZE GROENEWALD (Mortimerstraat 9, Kuilsrivier) (021) 903-4924 HAPPY HIPPO’S (Christelle van Niekerk) (Donovanstraat 10, Kuilsrivier) (021) 903-7531 JEAN SNYMAN (vanaf 2 tot 13 jaar) (Sunislot 9, Soneike, Kuilsrivier) (021) 906-3775 / 079 956 3125 JOAN OLIVIER (Sonnemeisiestraat 44, Kuilsrivier) (021) 903-4794 / 082 214 5213 JUNIOR CAMPUS (Kerkstraat 18, Kuilsrivier) (021) 903-9839 JUNIOR KIDDIES CAMPUS (Plantanusstraat 11, Kuilsrivier) (021) 903-3296 / 078 996 4793 KIDDIES PLANET (Hibuscusweg 5, Blackheath) (021) 905-0617 KIDZ CORNER/KIDZ SCHUTTLE (Skoolstraat 17, Kuilsrivier) (021) 903-9550 KIDZ ZONE NASORG (h/v Walnut en Kerkstraat, Kuilsrivier) 079 501 8652 / 083 282 9319 KIDZ ZONE SPEELSKOOL (0 tot 6 jaar) (h/v Walnut en Kerkstraat, Kuilsrivier) (021) 906-0241 KLEUTERMAATJIES (Ellenore Theron) (Sandalwoodrylaan 24, Kuilsrivier (021) 903-9370/082 565 6603 KRIELIE KLEUTERSKOOL (h/v Skool- en Olivierstrate, Kuilsrivier) (021) 903-2346 LORAINE CALITZ (Kareeboomstraat 12, Amandelrug, Kuilsrivier) (021) 903-8879 / 082 848 9043 MINA MOO NASORG (Tarentaalstraat 5, Kuilsrivier) (021) 903-4558 / 078 260 4996 NASORG EN VAKANSIE SORG (Debbie) (Piet-my-vroustraat 34, Kuilsrivier) 083 598 9039 NATASJA VAN NIEKERK (V/d Heeverstraat 10, Soneike, Kuilsrivier) 084 207 4364 OLIENHOUTBOOMPIES NASORG (Hester) (Olienhoutstraat 11, Kuilsrivier) (021)903-5089/0827739047 PATRYSIES NASORGSENTRUM (Spruitstraat 26, Kuilsrivier) (021) 903-2856 / 084 503 9550 RETHA FRANKEN (Piet Fransmanstraat 8, Kuilsrivier) (021) 903-5819 RIANA LOURENS (Taaibosstraat 37, Kuilsrivier) (021) 903-1478 / 082 328 2627 SLIMKOP UILTJIES SNIP & RISSIEPIT EDUCARE CENTRE (Laticia Gelderblom) (Spykermanstraat 27, Kuilsrivier) 0823935381 TOP KIDS NASORG (Magrieta Visser) Piet-my-vroustraat 70, Kuilsrivier (021) 903-8717 / 083 679 2832 JO-ANNE BABA & KLEUTERSKOOL (3 maande tot 6 jaar) h/v Langverwacht & Omegastraat 2, Kuilsrivier

073 2513477 MARIÉ OOSTHUIZEN (slegs 1 & 2 jaar) Grenachesingel 7, Zevenzight (021) 903-8530 / 084 297 4633 PIET-MY-VROUTJIES (Piet-my-vroustraat 66) 074 444 4622

VERVOER:

Antonie en Alet 072 124 9227 / 074 555 9633 (Jagtershof, Silveroaks, Amandelsig,

Langverwacht area)

Ashley Londt (021) 906-1601 / 083 262 2243 Beulen 083 366 4335 (Zevendal, Hazendal, Rouxville, Jagtershof) Beverley Ontong & Uncle Donnie 084 617 3076 / 078 443 9659 Oom Danie (Vanaf Eersterivier) 079 267 1520 Deé Transport (Deidré Stephanus) 071 451 5755 Elaine 073 298 1863 Greg (Vanaf Eersterivier) 083 660 7995 Jan Kotzé (Vanaf Bellville) 083 443 2027 Laticia Gelderblom (021) 903-3835 / 082 393 5381 Leana Steyn 082 878 7234 Linda‟s Transport 072 105 9215 (Brackenfell na Kuilsrivier) Lisl & Gilbert Harmse 083 743 5343 / 083 320 8784 (Kuilsrivier, Silversands, Stellendale,

Barendale area) Ntombizodwa Mirriam Matshoge 073 309 6086 (Kuilsrivier, Sarepta, Highbury)

23.

SKOOLURE

Pre-primêr (gr. R) Maandae tot Vrydae - 07:40 – 12:30 Grade 1 en 2 Maandae tot Vrydae - 07:40 – 13:00 Graad 3 Maandae, Dinsdae en Vrydae - 07:40 – 13:00 Woensdae en Donderdae - 07:40 – 14:15 Grade 4 – 7 Maandae, Woensdae, Donderdae en Vrydae - 07:40 – 14:15 Dinsdae - 07:40 – 13:00

24.

ANDER INLIGTING

Standplaas: Spruitstraat 26 KUILSRIVIER Posadres: Laerskool Mikro Posbus 53 KUILSRIVIER 7579 Telefoonnommer: 021 - 903 2126 Faksnommer: 021 - 903 2523 E-pos: [email protected] /

[email protected] Webtuiste: www.laerskoolmikro.co.za Verpligte ouerbydraes (skoolfonds) kan eenmalig, maandeliks of per debietorder betaal word. Raadpleeg die sekretaresse vir volledige besonderhede. Aantal leerders in skool: (Gr. R – gr. 7) ± 1 010 Skoolhoof: Mnr. Louis Mouton

25.

DIE GESKIEDENIS VAN KUILSRIVIER

Die dorp het sy ontstaan te danke aan 'n veepos wat deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in ongeveer 1683 deur die toedoen van goewerneur Simon van der Stel gestig is. Hierdie veepos was naby die huidige stasie geleë. Die naam, Kuilsrivier, is ontleen aan die naam van die rivier (in Van der Stel se tyd genoem "De Cuylen") wat deur die dorp vloei. Die water van hierdie rivier, vandag bekend as die Kuilsrivier, vloei normaalweg nie in die see nie, maar verdwyn uiteindelik in die sandduine naby Faure, waar dikwels groot vleie gevorm word. Op verskeie plekke in die rivier was destyds diep kuile water wat gedurende die jare standhoudend gebly het - vandaar die naam Kuilsrivier. Wanneer die reënval egter baie hoog is, dring die water soms deur tot die Eersterivier wat naby Macasserstrand in die see vloei. Die dorp het vanaf 'n nederige veepos tot 'n besondere groeipunt in Wes-Kaapland ontwikkel. Kuilsrivier het in 1950 munisipale status verkry. Die leuse van die dorp is:

"VIA TRITA VIA TUTA" (DIE GEBAANDE WEG IS DIE VEILIGE EEN)

Kuilsrivier se grootste bate is sy sentrale ligging ten opsigte van naskoolse- en spesiale opleidingsinrigtings, hospitale, mediese fasiliteite, winkelsentra, die see en die Moederstad. Daarom is dit geen wonder dat Kuilsrivier, met sy landelike rustige atmosfeer, tot 'n gewilde residensiële gebied ontwikkel het nie.

* ~ * ~ * ~ *