algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · web view2019-01-28 · daar word sterk klem...

37
TUISKATEGESE GRAAD SEWE MY LEWE, VAN BEGIN TOT EINDE SAAM MET GOD My naam: ______________________________________________________________ My skoolgraad: _________________________________________________________ My woonadres: _________________________________________________________ My ouers/voogde se name: _______________________________________________ My ouers/voogde se tel nr: ______________________________________________ RIGLYNE VIR OUERS/VOOGDE: 1. U kind hoef net EEN les per week te doen (en soms moety hulle net een vers per week opsoek). Doen die les op ‘n gemaklike manier sonder om te jaag, sodat u kind dit kan geniet. As jou kind verkies, kan hulle die les op hul eie ook doen. 2. U kan die hele week gebruik om die waarhede van die les met u kind te bespreek en in te skerp. 3. Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te maak aan Bybel lees. Kopiereg op die Tuiskategese Reeks: Jan Vermeulen 1

Upload: others

Post on 09-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

TUISKATEGESE GRAAD SEWE

MY LEWE, VAN BEGIN TOT EINDE SAAM MET GOD

My naam: ______________________________________________________________

My skoolgraad: _________________________________________________________

My woonadres: _________________________________________________________

My ouers/voogde se name: _______________________________________________

My ouers/voogde se tel nr: ______________________________________________

RIGLYNE VIR OUERS/VOOGDE:

1. U kind hoef net EEN les per week te doen (en soms moety hulle net een vers per week opsoek). Doen die les op ‘n gemaklike manier sonder om te jaag, sodat u kind dit kan geniet. As jou kind verkies, kan hulle die les op hul eie ook doen.

2. U kan die hele week gebruik om die waarhede van die les met u kind te bespreek en in te skerp.

3. Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te maak aan Bybel lees.

Kopiereg op die Tuiskategese Reeks: Jan Vermeulen

1

Page 2: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK EEN

WAAR KOM EK VANDAAN?

Voltooi die verse : Genesis 2:7 Die het toe die mens uit die stof van die en in sy neus geblaas sodat hy ’n lewende wese geword het.

Psalm 139:13 U het my my in die sko van my .Een van die grootste geheime in die lewe is om te ontdek waar jy regtig vandaan kom. Die Bybel beskryf jou herkoms op verskillende maniere. Die boontse twee verse is maar net twee maniere waarop die Bybel jou herkoms beskryf.Die kern van die beskrywings is: GOD HET JOU GEMAAK .En omdat God jou gemaak het, beteken dit ook dat jy aan Hom behoort.Voltooi die verse:

Jesaja 43:1 Ek het jou op jou geroep, jy is .Jesaja 49:14-16 Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet , haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in My handpalms gegraveer . Is jy dus maar net toevallig hier op aarde? Hoekom, dink jy, het God jou gemaak?

2

Page 3: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK TWEE

HOEKOM HET GOD MY GEMAAK? (DEEL EEN)

Voltooi die verse:

Genesis 1:26 Toe het God gesê: “Kom ons maak die mens as ons vertee , ons .Genesis 2:15 Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit opte .Psalm 8:6-7 U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelwese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. U laat hom heers oor die werk van U hande, U het alles aan hom onderwerp .God het vir jou met ‘n baie spesiale doel gemaak. In die eerste plek moet jy so leef dat alle mense vir God in jou kan sien. Maar nie net die mense moet vir God in jou kan sien nie, ook die diere en die natuur moet vir God in jou kan sien. Jy moet die hele skepping van God met respek behandel en versorg.Dink ‘n bietjie na oor die volgende vrae. Beantwoord elke vraag net vir jouself in jou gedagtes:

Maak ’n lys van soveel as moontlik welsynsorganisasies maar ook van natuurbewaringsorganisasies in ons land. Vra dan vir jouself af of jy en jou gesin dalk by een van hulle betrokke kan raak.

3

Hoe voel jy oor bedelaars? Hoe voel jy oor mense wat nog die Here ken nie? Hoe voel jy oor rondloperhonde? Hoe voel jy oor renosterstroping? Hoe voel jy oor die besoedeling van die aarde?

Page 4: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK DRIE

HOEKOM HET GOD MY GEMAAK? (DEEL TWEE)

Voltooi die verse:

Genesis 56:5-6 Toe die Here sien hoe groot die bedorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink, was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens gemaak het. Dit het Hom diep gegrief .Die Bybel sê God het die mens met ’n doel gemaak, onder andere om as sy verteenwoordiger op te tree. Maar die mense in Noag se tyd het nie aan God se doel aandag gegee nie.Dink nou na oor jou eie lewe. Beantwoord vir jouself die vraag in jou gedagtes: Hoe beantwoord jy vandag aan die doel waarvoor God jou gemaak het?Handelinge 17:26-27 Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. God het hulle gemaak om Hom te soek , al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.Ons sien daar is nog ’n rede hoekom God ons gemaak het. Hy wil hê dat ons Hom moet soek en vind. Dit beteken dat ek met Hom so ’n goeie verhouding moet hê dat Hy my sy vriend kan noem.Johannes 15:15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende .

4

Is Jesus al jou beste vriend?

Page 5: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VIER

HOE VOEL GOD OOR MY?

Voltooi die verse:

Matteus 6:26 Kyk na die wilde voëls : hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

Lukas 12:7 Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.

Hoeveel jy regtig vir God werd is, word in die volgende verse vertel:

1 Petrus 1:18-21 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer en goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus.1 Johannes 3:1

Jy is vir God so baie werd, Hy noem jou selfs sy

5

ONTHOU DAAROM ALTYDJy is ‘n koningskind

Jy hoef nooit negatief oor jouself te dink nie

Jy is ‘n wenner

Page 6: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VYF TOT TIENEEN BYBELVERS PER WEEK

SOEK VIR DIE VOLGENDE PAAR WEKE EEN BYBELVERS PER WEEK OOR DIE VERHOUDING TUSSEN GOD EN DIE MENS EN SKRYF DIE HELE VERS NEER. MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK VYF

WEEK SES

WEEK SEWE

WEEK AGT

WEEK NEGE

WEEK TIEN

WEEK ELF

6

Page 7: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

GLO JY REGTIG IN GOD?

Die heel eerste vers in die Bybel sê dat God in die begin die hemel en die aarde gemaak het. Elke vers in die res van die Bybel kan op hierdie eerste vers gebou word, want die hele Bybel is geskryf om ons te oortuig dat God bestaan. Glo jy dit?

Voltooi die verse:

Hebreërs 11:6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon .

Psalm 14:1 Die dink daar is geen God nie.

VRAAG: Jy sou kon vra hoe weet ons vir seker glo dat die Bybel regtig waar is, want ons kan dan nie vir God met ons oë sien nie?ANTWOORD: Net die Heilige Gees kan jou in jou hart oortuig dat God bestaan en dat jy sy kind kan wees.Voltooi die verse:

Romeine 8:15-16: julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “ Abba !” Dit beteken Vader . Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

WEEK TWAALF

7

Dus: As jy ooit sou twyfel of God regtig bestaan, bid vir die Heilige Gees om jou in jou hart te oortuig.

Page 8: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

NOG BYBELSE BESKRYWINGS VAN GOD

In die Bybel is daar baie beskrywings van hoe goed God is of hoe groot God is en dit is geskryf om vir my en jou te help om te glo dat Hy regtig bestaan. Hier volg nou net ’n paar sulke beskrywings.

Voltooi die verse:

Psalm 42:6 Hy is my en my God.Genesis 17:1 “Ek is God die .Psalm 51:16 Red my van ondergang, o God, my .Psalm 19:15 Here, my en my . Jesaja 64:8 U is ons , Here.1 Johannes 4:8 Want God is .

Al die woorde wat ek en jy ken, is nie genoeg om te beskryf hoe wonderlik God is nie.Voltooi die verse:

Psalm 139:17-18 Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem- hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.Probeer nou in jou eie woorde beskryf hoe jy oor God voel:

8

Page 9: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK DERTIEN

NOG BELANGRIKE VERSE OOR GOD

Alle verse in die Bybel oor God is vir ons belangrik. Maar daar is tog ’n paar van die verse wat jy gerus uit jou kop kan leer.

Voltooi die verse:

Johannes 3:16 God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie die Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely , Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Romeine 8:38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Handelinge 17:25 Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.

9

Alle mense op aarde, selfs mense wat nie in God glo nie, leef elke oomblik van hulle lewe op God se

genade.

Page 10: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VEERTIEN

WAT KAN JOU VERHINDER OM IN GOD TE GLO (1)

Miskien moet ons in die eerste plek vra WIE kan jou verhinder om in God te glo? God het een groot vyand. Jy weet al reeds wie die vyand is, maar kom ons lees in die Bybel meer van hom.

Voltooi die verse:

Genesis 3:1 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: "Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?"Genesis 3:5 Toe sê die slang vir die vrou: " Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken."Die slang kom sê vir Eva dat God vir hulle gejok het. So probeer hy die mooi verhouding wat dara tussen God en die eerst emense was verongeluk. En hy kry dit nogal gedeeltelik reg. Maar wie was hierdie slang eintlik?Openbaring 12:7-9 In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi.Die Duiwel (Satan) plant gedagtes in mens se kop wat dit vir jou moeilik kan maak om in God te glo. Hy sal jou enige tyd kom verttel dat daar nie ‘n God is nie, of dat God nie liuf is vir jou nie. Maar onthou die een groot eienskap van hierdie vyand van God:Johannes 8:43-47 Hy is van die begin af 'n moordenaar . En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat,

10

Page 11: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

WEEK VYFTIEN

WAT KAN JOU VERHINDER OM IN GOD TE GLO (2)

As die Satan God se groot vyand is en as hy dit kan regkry om mense te laat twyfel in God, moet ons dan bang wees vir hom?

Voltooi die verse:

1 Petrus 5:8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu , op soek na iemand om te verslind .Die Satan is dus baie gevaarlik. Ons moet hom nooit onderskat en nooit met hom speel nie. Maar ons hof nie vir hom bang te wees nie.1 Petrus 5:9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë . En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde lyding verduur.Onthou wat het Jesus vir die Satan gesê toe hy vir Jesus probeer mislei het:Matteus 4:10 Gaan weg , Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien .Matteus 16:23 Moenie in My pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok , want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug .

11

Page 12: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

Behalwe dat ek en jy die Duiwel kan weerstaan, belowe die Bybel ook God self nog finaal met Satan sal afreken.Romeine 16:19-20 God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter .

12

Page 13: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK SESTIEN TOT EEN EN TWINTIGEEN BYBELVERS PER WEEK

SOEK VIR DIE VOLGENDE PAAR WEKE EEN BYBELVERS PER WEEK OOR DIE GROOTHEID EN GOEDHEID VAN GOD EN SKRYF DIE HELE VERS NEER. MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK 16

WEEK 17

WEEK 18

WEEK 19

WEEK 20

WEEK 21

13

Page 14: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK TWEE EN TWINTIG

GOD SE PLAN VIR DIE MENS (1)

God het ‘n plan gemaak om vir jou en my te help om in Hom te glo. Daardie plan se naam is Jesus.

Voltooi die verse:

Johannes 1:12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo , het Hy die reg gegee om kinders van God te word.Handelinge 4:11-12 Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.

Jesus het aarde toe gekom sodat ons deur Hom in God kan glo. Maar nou kan jy vra, hoe kan ek DIT glo? God het weer ‘n plan gemaak.Voltooi die verse:

1 Korintiërs 12:3 en niemand kan sê : " Jesus is die Here nie", behalwe deur die Heilige Gees . Romeine 8:14-17 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “ Abba !” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

14

AS JY OOIT SOU TWYFEL IN GOD, AS JY OOIT SOU WONDER OF GOD WERKLIK IS, BID DAN: O HEILIGE GEES, GEE ASSEBLIEF VIR MY GELOOF

IN GOD.

Page 15: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK DRIE EN TWINTIG

GOD SE PLAN VIR DIE MENS (2)

Mense maak dikwels beloftes wat hulle nooit nakom nie. Maar as God belowe dat Hy ‘n plan gemaak het om ons te red, kan ons Hom glo?

Voltooi die verse:

Spreuke 30:5 Elke belofte van God is betroubaar .

Hebreërs 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.Romeine 4:20-21 Abraham het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het.

Skryf ‘n paar dinge in die blokkie hieronder wat God vir ons in die Bybel beloof.

Is daar enige belofte wat jy al aan God gemaak het? As jy ja sê, skryf daardie belofte hier onder neer en vra God om jou te help om die belofte na te kom.

15

GOD SAL ALTYD DOEN WAT HY BELOOF HET. DAAROM KAN ONS GLO DAT GOD ’N PLAN GEMAAK HET OM ONS TE RED.

Page 16: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VIER EN TWINTIG

HOE KAN JY WYS DAT JY IN GOD GLO? (1)

Om met jou mond te sê dat jy in God glo is een ding, maar hoe kan jy met jou lewe WYS dat jy in Hom glo?Een manier is om gereeld met God te praat, want jy sal tog nie met iemand praat as daardie iemand nie regtig bestaan nie. En hoe praat ek met God? Ek bid.

Voltooi die verse:

Filipense 4:6-7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.Jakobus 5:13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid . As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid .1 Tessalonisense 5:17 Bid .

Skryf jou eie kort gebed nou hier onder in.

16

Maak gereeld tyd om met God te praat. Soek vir jou ’n stil plek waar jy kan bid sonder om gehinder te word. Vertel vir God hoe lief jy Hom het. Sê ook dankie vir God se liefde. Bid ook vir ander mense.

Page 17: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VYF EN TWINTIG

HOE KAN JY WYS DAT JY IN GOD GLO? (2)

Nog ‘n manier om met jou lewe te wys dat jy in God glo, is om te leef soos Hy wil hê jy moet leef. Onthou dat die Heilige Gees deel van God se plan is om jou te red en om jou te help om in Hom te glo. Net so sal die Heilige Gees jou ook help om te leef soos God wil hê jy moet leef.

Voltooi die verse:

2 Korintintiërs 3:18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

As die Bybel sê ons lewe moet al meer soos die lewe van Jesus lyk, dan beteken dit ons moet al meer Jesus se eienskappe uitleef. Neem ‘n paar eienskappe van Jesus wat jy graag sal wil nastreef.

1 Korintiërs 10:33 Volg my voorbeeld , soos ek die voorbeeld van Christus volg.

17

KAN JY EERLIK Sê MENSE KAN JOU VOORBEELD VOLG?

VRA DIE HEILIGE GEES ELKE DAG EN AAND VAN JOU LEWE OM SO IN JOU HART TE LEEF DAT JY MAKLIK SAL WEET HOE OM TE LEEF

SOOS GOD WIL Hê JY MOET LEEF.

Page 18: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

18

Page 19: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK SES EN TWINTIG

HOE KAN JY WYS DAT JY IN GOD GLO? (3)

Nog ‘n manier om met jou lewe te wys dat jy in God glo, is om gereeld sy groot boek, die Bybel, te bestudeer. Hoe anders sal jy in elk geval presies kan weet hoe om reg te leef.Voltooi die verse:

Romeine 15:4 Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry , verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.Psalm 119:105 U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Hoe lees ek my Bybel?

1. Bid voor jy lees. Vra die Heilige Gees om jou te help verstaan wat jy lees.

2. Skryf die verse wat vir jou iets beteken neer sodat jy dit later weer kan gebruik.

3. Vra vir jou self af: Hoe kan ek nou dit wat ek gelees het, gaan uitleef in my lewe?

Kan dit lekker wees om Bybel te lees?

Esegiël 3:3 Hy het vir my gesê: “Mens, eet die boekrol wat Ek jou gee, eet jou vol.” Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond.

19

Page 20: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK SEWE EN TWINTIG TOT TWEE EN DERTIGEEN BYBELVERS PER WEEK

SOEK VIR DIE VOLGENDE PAAR WEKE EEN BYBELVERS PER WEEK WAT VIR ONS Sê HOE GOD WIL Hê ONS MOET LEWE. SKRYF DIE HELE VERS NEER. MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK 27

WEEK 28

WEEK 29

WEEK 30

WEEK 31

WEEK 32

20

Page 21: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK DRIE EN DERTIG

MY LEWENSPAD VORENTOE (1)Jy het baie besluite wat jy nog vorentoe in jou lewe sal moet neem. Jy sal byvoorbeeld moet besluit wat jy eendag wil word, met wie jy gaan trou, waar jy gaan woon, en nog baie meer. Die Bybel gee vir jou goeie riglyne oor besluite wat jou geestelike lewe gaan raak.

WAT BEHOORT JOU FOKUS IN DIE LEWE TE WEES

Voltooi die verse:

Efesiërs 5:10-12 Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak .Filipense 4:8 alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig.Matteus 6:30-33 Julle moet julle dus nie bekommer en vra: Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek? nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee .

21

Besluit sommer vroeg in jou lewe om jou toekoms in God se hande te plaas. Vra vir Hom wat Hy wil hê vir jou lewe. En vertrou God dat Hy al die pad vir jou sal sorg.

Page 22: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VIER EN DERTIG

MY LEWENSPAD VORENTOE (2)Dit is nie altyd maklik om elke dag voluit as gelowige te leef nie. Partykeer gebeur slegte dinge met jou wat jou moed kan breek. Soms raak ons sommer net lui as dit by die geestelike lewe kom.

Kan jy aan iets dink wat al met jou gebeur het wat jou moedeloos of negatief laat voel het. Skryf dit in die spasie hier onder neer.

Watse raad sal jy vir iemand gee wat moedeloos of negatief oor hulle lewe voel?

Voltooi die verse:

Romeine 12:11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig , dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed . Help die medegelowiges in hulle nood.En wat nou as ek iemand ken wat moed verloor het?

Jesaja 41:5 Die eilande het gesien wat gebeur en het bang geword, die hele aarde het gebewe . Die mense kom bymekaar, hulle help mekaar en praat mekaar moed in .

22

Page 23: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK VYF EN DERTIG

MY LEWENSPAD VORENTOE (3)Geen groot wedloop of wedstryd is maklik nie, veral nie as jy graag die beste wil doen waartoe jy in staat is nie. Jy moet alles inspan en nie uitsak nie. Dieselfde geld ook vir die geestelike lewe. Kom ons kyk hoe beskryf Paulus die geestelike wedloop.

Voltooi die verse:

Filipense 3:13-15 Maar een ding doen ek; ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Jesus Christus.2 Timoteus 4:7-8 Ek het die goeie wedloop afgelê, ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig enduit volgehou . Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God.1 Korintiërs 9:22-25 Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen . Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te kry, maar ons 'n onverganklike .

Die Bybel maak ook vir elke kind van die Here ‘n groot belofte:Voltooi die vers:

23

Die geestelike lewenswedloop is wel soms moeilik en ek moet my inspan, maar elke ware atleet geniet die wedloop of die wedstryd. Hulle kan nie wag om weer en weer deel te neem nie. Net so geniet elke ware kind van die Here sy/haar geestelike wedloop. Dit is mos lekker om God se kind te wees.

Page 24: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

Romeine 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

24

Page 25: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK SES EN DERTIG

MY LEWENSPAD VORENTOE (4)Een groot besluit wat elke mens moet neem, is: Wie gaan my lewe beheer? Gaan dit ek self wees, of gaan dit die Gees van God wees? Wanneer ek self besluit oor my lewe, noem die Bybel dit “die sondige natuur” wat my lewe beheer. Ek moet dus besluit: Gaan my sondige natuur my lewe beheer, of gaan die Heilige Gees my lewe beheer.

ONTHOU ALTYD (voltooi die vers)Galasiërs 5:14-18 Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer.Voltooi die verse:

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid , onreinheid, losbandigheid , afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede , rusies , verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap , uitspattigheid en al dergelike dinge.Galasiërs 5:22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde , vreugde, vrede, geduld , vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.Galasiërs 5:25-26 Ons lewe deur die Gees ; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

25

BID ELKE DAG DAT DIE HEILIGE GEES SO IN JOU SAL BLY DAT JY MAKLIK KAN WEET WAT IS GOD SE WIL VIR JOU, EN DAT JY GEWILLIG SAL WEES OM JOU HELE LEWE EN AL JOU TOEKOMSPLANNE IN GOD SE HANDE TE LAAT.

Page 26: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK SEWE EN DERTIG

MY LEWENSPAD VORENTOE (5)Baie mense het al dikwels gehoor dat hulle hul lewe in God se hande moet oorgee en dat hulle moet toelaat dat die Gees van God hulle elke dag lei en beheer. Maar nie almal kom tot daardie finale besluit om dit wel te doen nie. Jy moet vir jouself afvra of jy al daardie groot besluit geneem het.

Voltooi die verse:

1 Konings 18:21 Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom; maar as dit Baäl is, volg hom. Die volk het hom nie ‘n woord geantwoord nie.Openbaring 3:20 Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop . As iemand My stem hoor en die deur oopmaak , sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.Johannes 20:26-29 Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”Johannes 1:12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

26

Die grootste besluit van jou lewe sal altyd wees of jy Jesus al finaal aangeneem het as jou Redder. Hierdie besluit sal die res van jou toekoms bepaal. Om Hom aan te neem, kan jy maar net op jou knieë gaan en bid: Jesus, ek gee myself oor aan U. Dankie dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het. Maak my nou asseblief God se kind.

Page 27: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦  · Web view2019-01-28 · Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te

WEEK AGT EN DERTIG TOT DRIE EN VEERTIGEEN BYBELVERS PER WEEK

SOEK VIR DIE VOLGENDE PAAR WEKE EEN BYBELVERS PER WEEK WAT VIR ONS VERSEKER DAT GOD ONS LIEFHET EN ONS ALTYD SAL LEI EN BESKERM EN VIR ONS SAL SORG. SKRYF DIE HELE VERS NEER. MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK 38

WEEK 39

WEEK 40

WEEK 41

WEEK 42

WEEK 43

27