administratiewe geregtigheid - fedsas.org.za  · web view6.4 in die geval waar 'n bonus aan...

30
www.fedsas.org.za DIENSKONTRAK (Vaste aanstelling: Nie Opvoeder) AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: (Naam van Skool) (hierna genoem "die Werkgewer") EN (Nie-Opvoeder se naam) (Hierna genoem "die Werknemer") Die partye kom hiermee soos volg ooreen: 1. Woordomskrywing 1.1 In hierdie dienskontrak, tensy uit die samehang anders blyk, sluit woorde wat in die enkelvoud gebruik word die meervoud in en vice versa en sluit 'n woord wat na een geslag verwys die ander geslag in. 1 van 30 “Krag deur Eenheid en Samewerking” Kopiereg FEDSAS

Upload: ngodieu

Post on 19-Mar-2019

232 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

DIENSKONTRAK(Vaste aanstelling: Nie Opvoeder)

AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

(Naam van Skool)

(hierna genoem "die Werkgewer")

EN

(Nie-Opvoeder se naam)

(Hierna genoem "die Werknemer")

Die partye kom hiermee soos volg ooreen:

1. Woordomskrywing

1.1 In hierdie dienskontrak, tensy uit die samehang anders blyk, sluit woorde wat in die enkelvoud gebruik word die meervoud in en vice versa en sluit 'n woord wat na een geslag verwys die ander geslag in.

1.2 In hierdie kontrak, en die aanhangsels daartoe, het die volgende woorde die volgende betekenis:

"Beheerliggaam" beteken die Beheerliggaam van die Skool soos omskryf in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996.

1 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 2: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

"dienskontrak" beteken hierdie dienskontrak en Aanhangsel "A" en Aanhangsel "B" hierby aangeheg. Indien die Dienskontrak, Personeelregulasies en Prosedures swyg oor ‘n spesifieke punt sal die relevante gedeelte(s) van die toepaslike arbeidswetgewing van toepassing wees.

"Prinsipaal" beteken die Prinsipaal van die Skool, aangestel deur die Provinsiale Departement van Onderwys.

"Skool" beteken (Skool se naam) ,'n openbare skool in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996.

"wangedrag" beteken enige gedrag deur die Werknemer wat in stryd is met sy gemeenregtelike plig tot goeie trou teenoor die Werkgewer en sluit in enige skending van hierdie dienskontrak, insluitende Aanhangsel "A", sowel as die Dissiplinêre Kode hierby aangeheg as Aanhangsel "B".

"werksdag" beteken 'n dag waarop die Werknemer gewoonlik werk in terme van hierdie dienskontrak.

"werkplek" beteken die Skoolgronde en enige ander plek waar daar van die Werknemer vereis word om sy pligte uit te voer soos gelys in Aanhangsel "A".

2. Duur van kontrak

2.1 Die partye kom ooreen dat hierdie 'n vaste termynkontrak is wat 'n aanvang sal neem op ________________ en beëindig kan word ingevolge

paragraaf 8 hieronder.

3. Werksomskrywing

2 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 3: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

3.1 Die Werknemer sal die posisie van _________________________ beklee.

3.2 Die pligte van die Werknemer is vervat in Aanhangsel "A", getiteld: "Werksomskrywing vir _____________________". Die Werkgewer mag van tyd tot tyd die pligte soos omskryf in Aanhangsel "A" wysig, verander of aanvul, op voorwaarde dat so 'n wysiging, verandering of aanvulling redelik is en vereis word in terme van die behoeftes van die Werkgewer en dat die daar behoorlik met die werknemer gekonsulteer is.

3.3 Die Werknemer sal sy professionele pligte onder die beheer en toesig van die _______________ verrig en sal aan alle billike instruksies van ____________ in hierdie verband gehoor gee.1

4. Proeftydperk

4.1 Die kontrak is onderworpe aan die Werknemer se bevredigende voltooiing van 'n proeftydperk van (drie) maande.

4.2 As die Werkgewer van mening is dat die Werknemer nie sy pligte bevredigend verrig het gedurende die proeftydperk nie, sal die Werkgewer, te enige tyd gedurende die proeftydperk:

4.2.1 die Werknemer skriftelik hiervan in kennis stel;

4.2.2 die Werknemer 'n geleentheid gee om die Werkgewer toe te spreek oor die uitvoering van sy pligte en te reageer op die Werkgewer se redes waarom hy beweer dat die Werknemer se diens onbevredigend is;

1 Die persoon aan wie nie-opvoeders by die Skool moet rapporteer, maw lynbestuur by die Skool.

3 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 4: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

4.2.3 mag, nadat paragrawe 4.2.1 en 4.2.2 nagekom is, hierdie ooreenkoms

beëindig deur die Werknemer twee weke skriftelike kennis te gee.

4.3 Na verstryking van die proeftydperk en in die afwesigheid van 'n kennisgewing in terme van paragraaf 4.2.1, sal dit geag word dat die Werknemer die proeftydperk bevredigend voltooi het.

5. Werksure

5.1 Die Werknemer se normale werksure sal wees van ___________tot __________ Maandae tot Vrydae.2

5.2 Daar sal slegs van die Werknemer verwag word om oortyd te werk as die Werkgewer en Werknemer van tyd tot tyd daarop ooreenkom. Die Werknemer sal slegs vir oortyd vergoed word as vergoeding vereis word in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes van 1997. In die geval waar vergoeding vereis word deur bogenoemde Wet, sal die vergoeding in ooreenstemming met die Wet wees.3

5.3 Indien die Werknemer, weens siekte of enige ander onvoorsiene gebeurtenis, nie daartoe in staat is om vir diens aan te meld nie, sal hy die Prinsipaal van die Skool onmiddellik in kennis stel of in kennis

2 Hou in gedagte dat die maksimum werksure per week in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 45 ure per week is.3 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vereis dat 'n skriftelike ooreenkoms om oortyd te werk aangegaan moet word voordat 'n Werknemer oortyd hoef te werk. Vir hierdie rede is dit aan te beveel dat 'n algemene ooreenkoms om oortyd te werk in die dienskontrak gevoeg word. In afwesigheid van so 'n algemene skriftelike ooreenkoms, sal die Werkgewer en Werknemer skriftelik moet ooreenkom op oortydelke keer as die Werkgewer dit verlang en die Werknemer sal altyd die reg hê om te weier om oortyd te werk.

4 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 5: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

laat stel binne 30 minute vanaf die tyd waarop die werknemer veronderstel was om diens te aanvaar.

6. Vergoeding

6.1 Die Werkgewer sal die Werknemer (onderworpe aan paragraaf 6.2 hieronder), 'n maandelikse bedrag van R____________betaal. Die salaris sal op die laaste dag van elke maand in die Werknemer se bankrekening inbetaal word. Die werknemer is verantwoordelik om die bankbesonderhede aan die werkgewer te verskaf en die werkgewer skriftelik van wysigings in te lig.

6.2 Die Werkgewer sal alle aftrekkings wat vereis word deur wetgewing, insluitende inkomstebelasting en bydraes in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 130 van 1993 en die Werkloosheidsversekeringswet 30 van 1996, van die bedrag genoem in paragraaf 6.1 aftrek. Die Werkgewer sal nie geregtig wees om enige ander aftrekkings van die Werknemer se salaris te maak sonder die Werknemer se skriftelike toestemming nie.

6.3 Die Werkgewer kan, in sy uitsluitlike diskresie en afhangende van die Werkgewer se finansiële posisie, die Werknemer 'n jaarlikse bonus van R_________betaal. (Opsionele klousule)

6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie kontrak ingevolge paragraaf 2 hierbo. Geen bonus sal aan die Werknemer betaal word nie as hierdie kontrak beëindig word, vir watter rede ookal, voor bogenoemde datum. (Opsionele klousule)

5 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 6: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

(Skool moet een van die volgende klousules wat betrekking het op Werknemersvoordeleskemas kies):

6.5 Dit staan die Werknemer vry om aan enige geregistreerde Mediese Skema en enige geregistreerde Aftredevoordeleskema van sy keuse te behoort. Die Werknemer moet die Werkgewer skriftelik in kennis stel van enige bestaande lidmaatskap tot sulke skemas of sodra hy 'n lid van enige so 'n skema word. Die Werkgewer sal verantwoordelik wees om 'n bydrae van % van die Werknemer se bydrae tot die skema/s te maak. Die bedrag sal egter nie R______ per maand oorskry nie.(Opsionele klousule).4

6.6 Die Werkgewer is nie verplig om lidmaatskap van 'n geregistreerde Mediese Skema of 'n geregistreerde Aftredevoordeleskema vir die Werknemer te bekom nie en die Werkgewer sal geen bydrae ten gunste van die Werknemer tot enige so 'n skema maak nie. (Opsionele klousule).5

6.7 'n Werknemer sal, wanneer sy diens 'n aanvang neem, die nodige stappe neem om 'n lid te word van die Mediese Skema en Aftredevoordeleskema van die Werkgewer se keuse. In die geval waar die Werknemer reeds 'n lid van soortgelyke skemas is op datum van diensaanvaarding, sal die Werknemer die Werkgewer van die besonderhede van sy lidmaatskap in kennis stel. Die Werkgewer het dan die diskresie om die Werknemer vry te stel van sy verpligting om aan die Werkgewer se Skemas te behoort en kan 'n maandelikse bydrae tot die Werknemer se skema/s maak in terme

4 Hierdie klousule is van toepassing waar die Skool geen Werknemersvoordeleskemas voorsien nie, maar wel 'n betaling aan die Werknemer wil maak wat aan sulke Skemas behoort.5 Hierdie klousule is van toepassing waar die Skool geen bydrae tot enige Werknemersvoordeleskemas tot voordeel van 'n Werknemer wil maak nie.

6 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 7: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

van paragraaf 6.5 hierbo. Die Werkgewer is verantwoordelik vir bydraes tot die skema/s van die Werkgewer se keuse, waarvan die bedrag bepaal sal word in terme van die Reëls van die spesifieke skema/s. (Opsionele klousule).6

7. Verlof

7.1 Jaarlikse verlof:

7.1.1 Die Werknemer is geregtig op _____(minimum 21 opvolgende dae vir elke 12 maande diens)_________ dae betaalde verlof per jaar.

7.1.2 Die Werkgewer en Werknemer sal poog om ‘n ooreenkoms te bereik oor wanneer die Werknemer sy jaarlikse verlof kan neem. In die afwesigheid van ‘n ooreenkoms, sal die Werkgewer die Werknemer in kennis stel wanneer die Werknemer die verlof moet neem.

7.2 Siekverlof:

7.2.1 Die werknemer is geregtig op betaalde siekteverlof gelykstaande aan

die getal dae wat die werknemer gewoonlik sou gewerk het gedurende

‘n tydperk van ses weke oor ‘n 36 maande siklus‚met dien verstande

dat die werknemer nie geregtig sal wees om binne die eerste drie

6 Hierdie klousule is van toepassing in gevalle waar die Skool sy eie voordeelskemas in plek het en verkies dat die Werknemer daaraan behoort.

7 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 8: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

maande van hierdie kontrak meer as 1 dag betaalde siekverlof vir elke

26 dae gewerk, te neem nie.

7.2.2 Die verlening van betaalde siekverlof van meer as 2 werksdae, of op meer as 2 geleenthede gedurende ‘n 8 week periode, sal onderworpe wees aan die voorlegging van 'n aanvaarbare mediese sertifikaat deur die Werknemer. Die mediese sertifikaat moet ingedien word binne drie dae na die Werknemer siekverlof geneem het.

7.2.3 In die geval waar 'n Werknemer aan diens beseer word en kwalifiseer vir vergoeding in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 130 van 1993, sal betaling vir siekverlof geskied in ooreenstemming met die Wet.

7.3 Kraamverlof:7

7.3.1 Die Werknemer is geregtig op 4 maande onbetaalde kraamverlof.

7.3.2 ‘n Werknemer wat 'n miskraam het gedurende haar derde trimester van swangerskap of wat 'n doodgebore kind het, sal geregtig wees op 4

opeenvolgende werksdae kraamverlof teen volle betaling na die miskraam of doodgeboorte.

7.3.3 Die Werknemer moet die Werkgewer skriftelik kennis gee dat dit haar voorneme is om kraamverlof te neem, die beplande aanvangsdatum van die kraamverlof en die datum waarop die

7 Dit is moontlik om bloot te bepaal dat alle ander vorme van verlof in terme van die BCEA bepaal word, maar om enige misverstande te voorkom is dit beter om besonderhede in die kontrak te vervat, aangesien meeste Skole en opvoeders nie bekend is met die BCEA nie

8 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 9: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

Werknemer van voornemens is om terug te keer werk toe. Die Werknemer moet die Werkgewer minstens 20(twintig) werksdae voor die aanvang van die kraamverlof kennis gee.

7.3.4 'n Mediese sertifikaat met die verwagte geboortedatum van die Werknemer se kind moet die kennisgewing verwys na in paragraaf 7.3.3 vergesel.

7.4 Verlof vir gesinsverantwoordelikhede:8

7.4.1 Die Werknemer is geregtig op 3 werksdae betaalde verlof vir gesinsverantwoordelikheid vir die duur van hierdie kontrak.

7.4.2 Die werknemer is geregtig om betaalde gesinsverantwoordelikheids- verlof te neem as die werknemer se kind gebore word; die werknemer se kind siek is; of die werknemer se gade/lewensmaat sterf of as sy ouers, skoonouers, aangenome ouers, broer/suster, grootouer, kind, aangenome kind, kleinkind of broer of suster sterf.

7.4.3 Die Werkgewer behou die reg voor en mag vereis dat die Werknemer redelike bewys lewer van die plaasvind van enige gebeurtenis hierbo genoem, waarvoor verlof geneem is.

8. Beëindiging van die kontrak

8 Dit is moontlik om bloot te bepaal dat alle ander vorme van verlof deur die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal word, maar ten einde misverstande te voorkom is dit beter om besonderhede in die kontrak te vervat, aangesien meeste Skole en opvoeders nie bekend is met die Wet nie.

9 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 10: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

8.1 Die Werkgewer of die Werknemer mag die dienskontrak tussen die twee partye beëindig deur die ander party vier weke skriftelike kennis te gee.

8.2 Die Werkgewer kan die Werknemer een maand se salaris betaal in plaas van die kennisgewingstydperk. Indien die werknemer versuim om die nodige kennis aan die werkgewer te gee kan die werkgewer enige skade van die werknemer se laaste betaling verhaal.

8.3 Ongeag paragraaf 8.1 hierbo, kan die Werkgewer die kontrak summier beëindig weens enige gronde wat regtens erken word.910

8.4 In die geval waar die Werkgewer die kontrak beëindig weens die wangedrag van die Werknemer, sal die Werkgewer die prosedures vervat in Aanhangsel "B" hiertoe, getiteld "Griewe en Dissiplinêre Kode en Prosedure" volg.

8.5 In die geval waar die Werknemer vir 'n periode van meer as drie werksdae afwesig is sonder enige kennisgewing aan die Werkgewer, of enige redelike gronde vir sy afwesigheid het, sal geag word dat die Werknemer die kontrak vrywillig beëindig het.

8.6 By die beëindiging van diens sal die Werkgewer die Werknemer van 'n dienssertifikaat op sy laaste dag van diens voorsien.

9 Hierdie klousule is wyd genoeg om ontslag weens wangedrag, swak werkverrigting, onbevoegdheid of operasionele vereistes(maw afdanking) in te sluit.

10 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 11: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

8.7 Die werkgewer kan enige bedrag verskuldig aan die werkgewer van die werknemer se laaste salaris verhaal by bedanking.

8.8 Die aftee-ouderom is 65 jaar en die werknemer tree die einde van die jaar af waarin die werknemer 65 jaar oud word.

9. Kompensasie vir verliese gely deur die Werkgewer

9.1 In die geval waar die Werkgewer skade ly weens die Werknemer se nalatige of opsetlike optrede, kan die Werkgewer die Werknemer deur middel van skriftelike kennisgewing opdrag gee om die volle of 'n gedeelte van die Werkgewer se skade of verlies te vergoed.

9.2 Indien die Werknemer in gebreke bly om gehoor te gee aan die kennisgewing, kan die Werkgewer die bedrag skade of verlies van die Werknemer se salaris aftrek in ooreenstemming met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

10. Goeie trou

10.1 Die werknemer sal die beleid van die werkgewer, insluitend alle gedragskodes en soortgelyke riglyne van toepassing op die werkplek, nakom.

10.2 Die werknemer mag nie enige privaatwerk teen vergoeding doen nie, tensy die werkgewer vooraf skriftelike toestemming aan die werknemer verleen. Die toestemming verleen deur die werkgewer mag onderhewig wees aan voorwaardes.

11 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 12: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

10.3 Die werknemer sal getrou aan die werkgewer wees en sal al sy pligte met die uiterste professionaliteit, sorg en deskundigheid uitvoer en sal te alle tye die belange en reputasie van die werkgewer beskerm.

10.4 Die werknemer bevestig dat alle dokumente, inligting en getuigskrifte aan die werkgewer voorgelê ter ondersteuning van sy aansoek vir werk eg is en stem toe dat as bewys sou word dat dit vals is, die werkgewer geregtig sal wees om sy dienste te beëindig na ‘n dissiplinêre verhoor.

10.5 Die werknemer aanvaar die verantwoordelikheid om, indien die werknemer enige simptome ervaar wat ‘n gevolg mag wees van, of mag dui op enige fisiese, psigologiese of emosionele probleme dit vroegtydig by die werkgewer aan te kommunikeer ten einde die werkgewer in staat te stel om die werknemer by te staan en pro-aktief op te tree.

11. Algemeen

11.1 Hierdie dienskontrak en die Aanhangsels daartoe is die geheel van die ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer.

11.2 Die werkgewer en werknemer verklaar dat geen voorstelling gemaak deur hulle of hul gevolmagtigdes aan die ander party, of enige ander term of diensvoorwaarde waarvoor nie uitdruklik in hierdie kontrak voorsiening gemaak is nie, bindend is op die partye nie.

11.3 Geen toegewing deur enigeen van die partye aan die ander party, in verband met die terme van hierdie kontrak, sal beskou word as ‘n afstanddoening van enige van die partye se regte in terme van die kontrak nie.

12 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 13: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

11.4 Waar enige gedeelte van hierdie kontrak ongeldig is in terme van enige geldende wetgewing, sal die geldigheid van die res van die kontak nie beinvloed word nie.

11.5 Geen ooreenkoms tussen die partye wat hierdie kontrak verander of wysig is bindend op die partye nie, tensy dit op skrif gestel is en deur beide partye onderteken is.

12.Domicilium Citandi et Executandi (Adres van betekening)

Die partye kies die volgende adresse as hulle domicilium citandi et executandi vir doeleindes van alle kennisgewings en dokumente vereis in hierdie kontrak:

Die werkgewer:________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Die werknemer:________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Onderteken te_______________op _____________________ 20__.

______________________________ 1.________________________Die Werkgewer 2._________________________(Met volmag van die Skool se As Getuies

13 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 14: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

Beheerliggaam om hierdie ooreenkoms te onderteken)

___________________________ 1.________________________Die Werknemer 2.________________________

As Getuies

‘BYLAE B’

GRIEWE EN DISSIPLINêRE KODE EN PROSEDURE

Deel 1: GRIEWE PROSEDURE

14 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 15: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

1. Doel van die griewe prosedure Die doel van hierdie griewe prosedure is om 'n klagte op individuele vlak so gou as moontlik op te los en so na as moontlik aan die bron van die klagte as wat moontlik is. Dit is daarop gemik om te voorkom dat 'n grief 'n dispuut word. 'n Grief is 'n klagte deur 'n werknemer of werknemers wat die diensverhouding van die persoon of persone raak, of waar daar 'n beweerde waninterpretasie is, of ‘n beweerde skending van sy of hulle regte bestaan.

2. Prosedure2.1 Mondelingse onderhoud

'n Opregte poging moet aangewend word om die grief deur middel van 'n mondelingse onderhoud tussen die gegriefde(s) en sy/hulle toesighouer/direkte hoof of werkgewer op te los. Waar dit nie vir die partye moontlik is om die grief deur middel van bespreking op te los nie, sal die gegriefde(s) die prosedure in paragraaf 2.2 en verder volg.

2.2 Indiening van 'n grief'n Gegriefde(s) mag skriftelik 'n grief indien by sy/hulle toesighouer/direkte hoof of werkgewer of nie later nie as 30 dae na die dag waarop die beweerde grief ontstaan het. Volledige besonderhede oor die aard van die grief moet voorsien word en die grief moet onderteken word deur die gegriefde(s).

2.3 Samesprekinge met WerkgewerBinne 2 werksdae na ontvangs van die grief, sal die werkgewer en gegriefde(s) samesprekinge voer in 'n poging om die aangeleentheid op te los tot bevrediging van al die partye. As die gegriefde(s) nie tevrede is met die uitkoms van die samesprekinge nie, kan die aangeleentheid skriftelik verwys word na ’n Mediator, soos aangewys deur die Werkgewer. Die Mediator sal dan binne 3 werksdae na ontvangs van die skriftelike

15 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 16: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

verwysing samesprekings voer met die gegriefde(s) en die werkgewer in 'n poging om die aangeleentheid op te los.

2.4 Onopgeloste grieweIn die geval waar 'n grief onopgelos bly na die samesprekinge verwys na in paragraaf 2.3 hierbo, kan die gegriefde(s), afhangende van die aard van die grief, 'n dispuut verklaar in terme van die Dissiplinêre Kode en Prosedure.

Deel 2 - DISSIPLINêRE KODE

1. Handhawing van dissiplineDie werkgewer is verantwoordelik vir die handhawing van dissipline, die bevordering van stabiliteit, werksekuriteit en vir die billike en gelyke behandeling van alle werknemers. Hierdie dissiplinêre kode en prosedure vorm 'n integrale deel van die dienskontrak tussen die werkgewer en elke werknemer. Dit geld vir alle werknemers wat deur die werkgewer aangestel is en dit word geimplimenteer sonder enige uitsondering, wanneer dissiplinêre aksie geneem word, insluitend die ontslag van 'n werknemer weens wangedrag.

2. DoelDie doel van die dissiplinêre kode en prosedure is om gedissiplineerde gedrag onder alle werknemers te bevorder wat tot die voordeel en veiligheid is van elke individu asook vir die bevordering van die besigheid se doelwitte. Dit is ontwerp om die standaarde van die besigheid te bevordering en nie om die werknemer te straf nie. Hierdie dissiplinêre kode en prosedure word aangewend in elke geval waar dissipline toegepas moet word.

3. Progresiewe dissiplinering In soverre dit moontlik is sal dissiplinêre stappe slegs geneem word om standaarde te handhaaf na informele raadgewing en mondelingse

16 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 17: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

waarskuwing nie daarin geslaag het om die gewensde resultate te behaal nie. As 'n werknemer die terme in sy kontrak verbreek of as sy optrede of gedrag onaanvaarbaar is, sal die werkgewer hom adviseer voordat daar oorgegaan sal word na formele dissipliêre stappe. Raadgewing sal insluit dat die probleem aan die werknemer gekommunikeer sal word; hy ingelig sal word oor wat van hom verwag word; hy aangemoedig sal word om die probleem op te los; en die werknemer gewaarsku sal word oor die moontlike gevolge indien die onbevredigende optrede of gedrag sou voortduur. Die werkgewer sal egter die reg hê om homself onmiddelik tot dissiplinêre stappe te wend indien die werknemer se beweerde wangedrag hom daartoe dwing.

4. Wangedrag4.1 Vorme van wangedrag

'n Werknemer is aan wangedrag skuldig indien die werknemer:(a) 'n bepaling van 'n wet oortree of versuim om daaraan te

voldoen;(b) nie voldoen aan die bepalings van sy dienskontrak of enige

van die Besigheid se Gedragskodes of beleid of soortgelyke riglyne nie;

(c) 'n handeling wat tot nadeel strek van die administrasie, dissipline of doeltreffendheid van die besigheid verrig, laat verrig of toelaat of oogluikend toelaat dat dit verrig word;

(d) 'n wettige bevel wat aan die werknemer gegee is deur 'n persoon wat die bevoegdheid daartoe het, nie gehoorsaam nie, dit verontagsaam of opsetlik in gebreke bly om dit uit te voer, of homself deur woord of gedrag aan insubordinasie skuldig maak;

(e) nalatig of traag is by die uitvoering van die pligte wat aan die werkenmer se pos verbonde is;

(f) enige privaat werk onderneem waaruit hy vergoeding ontvang sonder om te voldoen aan die vereistes van sy dienskontrak in hierdie verband;

17 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 18: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

(g) homself op 'n skandelike, onbehoorlike of onbetaamlike wyse gedra, of, terwyl aan diens, grof onbeleefd teenoor 'n persoon is, of seksuele of 'n ander vorm van teistering pleeg;

(h) terwyl aan diens of tydens optrede in 'n amptelike hoedanigheid, onder die invloed van sterk drank of bedwelmende middels is;

(i) sonder die voorafverkreë toestemming van die werkgewer, inligting wat die werknemer ingewin of bekom het as gevolg van die werknemer se diens, openbaar maak anders as in die uitvoering van die werknemer se ampspligte, of daardie inligting gebruik vir 'n ander doel as vir die uitvoering van die werknemer se ampspligte, hetsy die werknemer die inligting openbaar maak al dan nie;

(j) sonder voorafverkreë toestemming van die werkgewer, enige kommissie, geld, geldelike of ander beloning waarop die werknemer uit hoofde van die werknemer se amp nie geregtig is nie, aanneem of eis ten opsigte van die uitvoering van die werkenmer se pligte of die versuim om daardie pligte uit te voer, of versuim om die werkgewer van die aanbod van so 'n kommissie, geld of beloning te verwittig;

(k) enige eiendom van die werkgewer toe-eien of onbehoorlik gebruik;

(l) 'n misdaad pleeg wat van so 'n aard is dat dit 'n impak het op die diensverhouding tussen die werkgewer en werknemer;

(m) sonder verlof of 'n geldige rede, van diens afwesig is;(n) met die oog op die verkryging van enige voorreg of voordeel

in verband met die werknemer se amptelike posisie op pligte, of tot nadeel van, of skadeberokkening aan die werkgewer, 'n valse of onjuiste verklaring aflê met die wete dat dit vals of onjuis is.

(o) sy gemeenregtelike plig van goeie trou teenoor die werkgewer in enige opsig verbreek.

18 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 19: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

4.2 Misdrywe gepleeg deur die werknemerDie vryspraak of skuldigbevinding van 'n werknemer op 'n aanklag van enige misdryf deur 'n hof, sal nie die neem van dissiplinêre stappe in terme van hierdie Dissiplinêre Kode en Prosedure teen die werknemer uitsluit nie. As die wangedrag van die werknemer neerkom op 'n misdryf waaraan die werknemer skuldig bevind word in 'n hof, sal 'n gesertifiseerde afskrif van die skuldigbevinding voldoende bewys wees dat die werknemer 'n misdryf gepleeg het, behalwe as die skuldigbevinding ter syde gestel is deur 'n bevoegde hof of as dit bewys is dat die werknemer foutiewelik skuldig bevind is.

Deel 3: DISSIPLINêRE PROSEDURE

1. Voorondersoek na beweerde wangedragAs daar beweer word of as daar op redelike gronde vermoed word dat 'n werknemer skuldig is aan wangedrag, en as dit voldoende ernstig is om die neem van dissiplinêre stappe te regverdig, sal die werknemer se toesighouer/direkte hoof of mede-werknemers die saak aan die Werkgewer rapporteer. Die werkgewer sal dan 'n bevoegde persoon aanwys (hierna genoem "die ondersoekbeampte") om die aangeleentheid te ondersoek of self die ondersoek behartig.

2. Opdrag van die ondersoekbeampteDie opdrag van die ondersoekbeampte sal wees om uit te vind wanneer, waar en onder watter omstandighede die beweerde wangedrag plaasgevind het. Hy sal bewyse invorder om vas te stel of daar gronde is vir 'n klag van wangedrag teen werknemer. Hy sal die bewyse versamel en 'n voorlopige klagstaat opstel, wat die potensiële klagtes teen die werknemer sal uiteensit. Die ondersoekbeampte sal dan aan die werkgewer verslag doen.

3. Klagte(s) van wangedrag

19 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 20: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

Indien die werkgewer van mening is dat die ondersoekbeamte se verslag genoegsame gronde bevat vir 'n klag van wangedrag teen die werknemer, sal die werkgewer die werknemer beteken met 'n skriftelike klag van wangedrag. Die skriftelike klag sal al die beweerde klagtes van wangedrag in duidelike en bondige terme uiteensit en aandui wanneer en waar die beweerde wangedrag plaasgevind het. Elke klag sal die nodige addisionele inligting bevat wat dit vir die werknemer moontlik sal maak om die klag te verstaan en om homself voor te berei teen die klag. Die werkgewer kan te enige tyd 'n klag van wangedrag terugtrek. Die werknemer moet binne 2 dae na ontvangs van die skriftelike klag 'n geskrewe erkenning of ontkenning van die klag teen hom indien, wat ook 'n verduideliking in verband met die wangedrag waarvan die werknemer beskuldig word, kan bevat.

4. Skorsing van werknemerDie werkgewer mag te enige tyd voor of na hy die werknemer van wangedrag aangekla het, die werknemer skors van sy pligte op voorwaardes deur die werkgewer bepaal. Die werkgewer sal die werknemer skriftelik in kennis stel van sy skorsing, die redes daarvoor en of sy skorsing met of sonder betaling sal wees.

5. Dissiplinêre verhoor5.1 Aanwysing van 'n voorsittende beampte

Die werkgewer sal 'n voorsittende beampte aanstel om die klag te ondersoek en die dissiplinêre verhoor waar te neem.

5.2 Tyd en plek van verhoorDie voorsitter, in konsultasie met die werkgewer, sal die tyd en plek van die dissiplinêre ondersoek vasstel en die werkgewer sal die werknemer en die betrokke vakbond ten minste 5 dae skriftelike kennis gee van die verhoor.

5.3 Kennisgewing van werknemer se regte

20 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 21: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

In die kennisgewing verwys na in paragraaf 5.2 hierbo, sal die werknemer ook ingelig word dat hy die volgende regte gedurende die dissiplinêre verhoor het:(i) die reg om teenwoordig te wees by die verhoor

(regsverteenwoordiging is uitgesluit);(ii) die reg om bygestaan of verteenwoordig te word deur 'n

vakbondverteenwoordiger of mede-werknemer; (iii) die reg om gehoor te word;(iv) die reg om getuies te roep;(v) die reg om enige persoon wat as getuie geroep is ter

ondersteuning van die aanklag te kruisondervra; (vi) die reg om toegang te hê tot alle dokumente ingehandig as

bewysmateriaal;(vii) die reg op die dienste van 'n tolk, indien nodig.

5.4 Notulering van die verrigtingeDie werkgewer sal voorsiening maak vir die akkurate notulering van die verrigtinge gedurende die dissiplinêre verhoor.

5.5 Die dissiplinêre verhoorBy die aanvang van die verhoor, sal die voorsitter die doel van die verhoor aan die werknemer in die teenwoordigheid van die persoon wat hom bystaan verduidelik. Hy sal die klagstaat lees en die klagtes aan die werknemer verduidelik. Die voorsitter sal dan die werknemer die geleentheid gee om die aard van sy verweer uit een te sit.

Die ondersoekbeampte sal dan voortgaan om getuienis oor die klagtes te lei, waarna die werknemer getuienis sal lei tot sy verdediging.

Vir doeleindes van die verhoor kan die voorsittende beampte enige persoon roep wat in staat is om inligting of dokumentasie van materiële belang vir die ondersoek voor te lê. Die voorsittende beampte mag te

21 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 22: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

enige tyd aan enige persoon gedurende die verhoor vrae vra ter opheldering met betrekking tot enige saak waarop getuienis gelewer is.

5.6 Bevinding van die voorsittende beampteNa afhandeling van die dissiplinêre verhoor, sal die voorsittende beampte 'n bevinding maak op die vraag of die werknemer skuldig is aan die wangedrag waarvan hy aangekla is. Die voorsittende beampte sal 'n bevinding maak op elke klag van wangedrag teen die werknemer. Die voorsittende beampte sal binne 7 dae na afhandeling van die verhoor verslag doen aan die werkgewer en die werknemer oor sy bevinding.

Die verslag sal insluit: die voorsittende beampte se bevindinge; die redes vir die beslissing; enige opmerkings wat die voorsittende beampte wil maak in verband met die verhoor; en die voorsittende beampte se aanbeveling in verband met enige stappe wat geneem mag word deur die werkgewer in terme van hierdie Dissiplinêre Kode en Prosedure.

5.7 StrawweIndien die werknemer skuldig bevind word aan die klagte(s) van wangedrag of as die werknemer die klagte(s) erken, sal die werkgewer 'n besluit neem oor 'n gepaste straf binne 3 dae nadat hulle die bevinding van die dissiplinêre tribunaal ontvang het. Die werkgewer mag enige een van die volgende strawwe oplê:

(a) summiere ontslag;(b) ontslag met betaling in plaas van kennisgewingstydperk;(c) 'n finale skriftelike waarskuwing (wat vir ses maande geldig

sal wees);(d) 'n skriftelike waarskuwing (wat vir ses maande geldig sal

wees);(e) 'n vermindering van die werknemer se salaris tot die 'n mate

waartoe die werkgewer bepaal.

22 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS

Page 23: ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID - fedsas.org.za  · Web view6.4 In die geval waar 'n bonus aan die Werknemer betaal word, sal so 'n bonus slegs uitbetaal word by voltooiing van hierdie

www.fedsas.org.za

Wanneer daar op die gepaste straf besluit word, word die volgende faktore in ag geneem: die omstandighede waaronder die wangedrag gepleeg is; die strawwe wat vir soortgelyke wangedrag opgelê is; skriftelike waarskuwings wat aan die werknemer gegee is wat nog nie verval het nie; die werknemer se ouderdom, posisie, diensjare en verdienstelike diens deur hom gelewer.

Die werkgewer sal so gou as moontlik die werknemer skriftelik in kennis stel oor hulle besluit, en hulle sal ook die werknemer in kennis stel van sy reg om die saak na die CCMA the verwys.

6. Reg tot appèl

Indien die werknemer nie tevrede is met die uitslag van die Dissiplinêre verhoor nie kan die saak na die CCMA verwys word. Daar is geen interne

appèlprosedure nie.

23 van 23“Krag deur Eenheid en Samewerking”

Kopiereg FEDSAS