theewaterskloof gazette 5 feb 2013

8
Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier Year 3 • Tuesday 5 February 2013 | Tel. 028 214 1294 Die OK Minimark en drankwinkel in Botrivier is Sondagnag aan die brand gesteek deur ’n groep oproeriges wat deur Botrivier beweeg het en ook spaza-winkels geplunder het. FOTO’S: ANNIE HYDE W inkels inkels brand brand Nag van groot skade vir Botrivier ANNETTE THERON Dele van twee winkels en ’n park op Botri- vier is eergisteraand aan die brand gesteek, die dorp se kragtoevoer onderbreek en talle huiswinkels geplunder in ’n voorval waar- voor niemand in dié stadium ’n verduideli- king het nie. Dit is deel van die wetteloosheid, vandalisme en plundering wat volgens dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), duidelik besig is om toe te neem in Suid-Afrika. Volgens lt. Cyril Coetzee van die Caledon-po- lisie het kwaaddoeners Sondagnag die OK Mi- nimark en drankwinkel op Botrivier aan die brand probeer steek. Die Minimark en drank- winkel se deur is afgebrand. “Daar is egter se- kuriteitshekke by dié besighede, en dus kon die vandale nie toegang tot die perseel kry nie.” Volgens Coetzee was ’n groep jeugdiges en volwassenes verantwoordelik vir die skade. Een polisieman is beseer toe hy met ’n klip in sy gesig gegooi is. Ao. Kevin Abrahams van die Botrivier-poli- sie sê die eienaar van ’n huiswinkel het hom Sondagaand omstreeks 22:30 gebel om te sê daar is mense op pad om by sy winkel in te breek. Dié winkel was een van verskeie spaza- en huiswinkels in fase 2 en 3 wat daardie aand geplunder is. Daar is gespekuleer oor ’n verband tussen ’n vergadering Sondagmiddag om 17:00 op die hoek van Mandela- en Waterkantstraat, maar volgens James Pheiffer, gemeenskapsleier in Botrivier, het dit gehandel oor ongelukkigheid oor tikgebruikers in die openbare park in fase drie. Die vergadering het vreedsaam verdaag. Pheiffer sê ook hy het ’n oproep ontvang oor die plundering van die winkels. Hy het na die Midnight-winkel gegaan, die aanvallers gevra waarom hulle plunder en hulle versoek om dit staak. Hy het glo later verneem ’n groep het na die munisipale kantoor beweeg. “Met die terugbeweeg het ons gesien die speelparkie in fase drie is aan die brand gesteek deur oproeri- ges. Die hele dorp se krag het afgeslaan omdat elektriese bedrading wat oor die parkie loop, aan die brand geslaan het.” Mike Jeffree, ’n inwoner van Botrivier, sê die vandalisme is deur en deur krimineel. ’n Ander inwoner sê sy is keelvol. “Dis die eerste keer dat ek ook regtig bang voel. Ek het vanoggend (4 Februarie) ná 03:00 ’n oproep van my sekuriteitsmaatskappy ontvang om te sê daar is winkels gebrand en geplunder. Dis ver- skriklik dat mense wat aan ons ’n diens lewer so geteiken word en hul eiendom beskadig word.” Nog ’n inwoner van Botrivier sê dis hartver- skeurend. “Ek het vanoggend poskantoor toe gery en op pad terug het ek by die Minimark gestop om ’n koerant te koop. Een van die om- standers het vir my gesê hy vermoed dis glo weer die mense wat in oproer is." Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het by na- vraag gesê hulle het geen aansoek vir ’n beto- ging of optog ontvang nie en daar is geen griewe van enige Botrivier-instansie of inwoners oor dienslewering ontvang nie. Dr. Burger sê dit wil voorkom asof die voor- val in Botrivier tipies is van die soort wette- loosheid wat die land toenemend ondervind. “Alhoewel dit in dieselfde boek voorkom, is dit om ’n verskillende rede. Daar is dienslewering- protesaksie en dan staking wat te doen het met loonverskille, en dan kry mens dié soort van vandalisme wat op die oog af geen werklike grief verteenwoordig nie. Dit is ’n suiwer vorm van misdaad.” Hy glo beskuldigings teen die polisie in situa- sies soos hierdie is oordrewe – dienslewering- protesaksie is gemik teen plaaslike owerhede en die polisie is in die middel. “Hulle moet aan- mekaar pa staan vir goed waaraan hulle nie deel gehad het in terme van die oorsprong daar- van nie, en dan moet hulle die frustrasie en woede van groot groepe mense probeer hanteer en dit lei daartoe dat gemeenskappe hulle frus- trasie op die polisie uithaal.” Hy sê daar moet gekyk word na die polisie en interne beheer, “maar dit is nie waar die oplossing lê nie; daar moet gekyk word na die strafregstelsel, maar ook na die onvermoë van plaaslike regerings om hulle rol te vervul.” Die veiligheidshekke voor die OK Minimark en drankwinkel se deure het verhoed dat oproeriges toegang tot die winkels kry. Regering kondig nuwe minimumloon vir plaaswerkers aan – Bl. 3

Upload: boland-gazette

Post on 07-Mar-2016

254 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 5 February 2013 | Tel. 028 214 1294

Die OK Minimark en drankwinkel in Botrivier is Sondagnag aan die brand gesteek deur ’n groep oproeriges wat deur Botrivier beweeg het en ook spaza-winkels geplunder het. FOTO’S: ANNIE HYDE

WWinkelsinkelsbrandbrand

Nag van groot skade vir BotrivierANNETTE THERON

Dele van twee winkels en ’n park op Botri-vier iseergisteraandaandiebrandgesteek,diedorpsekragtoevoeronderbreekentallehuiswinkels geplunder in ’n voorval waar-voor niemand in dié stadium ’n verduideli-king het nie.

Dit isdeelvandiewetteloosheid,vandalismeen plundering wat volgens dr. Johan Burgervan die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS),duidelikbesig isomtoe teneeminSuid-Afrika.

Volgens lt. Cyril Coetzee van die Caledon-po-lisie het kwaaddoeners Sondagnag die OK Mi-nimark en drankwinkel op Botrivier aan diebrand probeer steek. Die Minimark en drank-winkel se deur is afgebrand. “Daar is egter se-kuriteitshekkebydiébesighede,enduskondievandale nie toegang tot die perseel kry nie.”

Volgens Coetzee was ’n groep jeugdiges envolwassenes verantwoordelik vir die skade.Een polisieman is beseer toe hy met ’n klip insy gesig gegooi is.

Ao. Kevin Abrahams van die Botrivier-poli-sie sê die eienaar van ’n huiswinkel het homSondagaand omstreeks 22:30 gebel om te sêdaar is mense op pad om by sy winkel in tebreek. Dié winkel was een van verskeie spaza-en huiswinkels in fase 2 en 3 wat daardie aandgeplunder is.

Daar is gespekuleer oor ’n verband tussen’n vergadering Sondagmiddag om 17:00 op diehoek van Mandela- en Waterkantstraat, maarvolgens James Pheiffer, gemeenskapsleier inBotrivier, het dit gehandel oor ongelukkigheidoor tikgebruikers in die openbare park in fasedrie. Die vergadering het vreedsaam verdaag.

Pheiffer sê ook hy het ’n oproep ontvang oordie plundering van die winkels. Hy het na dieMidnight-winkel gegaan, die aanvallers gevrawaarom hulle plunder en hulle versoek om ditstaak. Hy het glo later verneem ’n groep hetna die munisipale kantoor beweeg. “Met dieterugbeweeg het ons gesien die speelparkie infase drie is aan die brand gesteek deur oproeri-ges. Die hele dorp se krag het afgeslaan omdatelektriese bedrading wat oor die parkie loop,

aan die brand geslaan het.”Mike Jeffree, ’n inwoner van Botrivier, sê

die vandalisme is deur en deur krimineel.’n Ander inwoner sê sy is keelvol. “Dis die

eerste keer dat ek ook regtig bang voel. Ek hetvanoggend (4Februarie) ná 03:00 ’n oproepvanmy sekuriteitsmaatskappy ontvang om te sêdaar is winkels gebrand en geplunder. Dis ver-skriklik dat mense wat aan ons ’n diens lewerso geteiken word en hul eiendom beskadigword.”

Nog ’n inwoner van Botrivier sê dis hartver-skeurend. “Ek het vanoggend poskantoor toegery en op pad terug het ek by die Minimarkgestop om ’n koerant te koop. Een van die om-standers het vir my gesê hy vermoed dis gloweer die mense wat in oproer is."

Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van dieTheewaterskloof-munisipaliteit, het by na-vraag gesê hulle het geen aansoek vir ’n beto-gingofoptogontvangnieendaarisgeengriewevan enige Botrivier-instansie of inwoners oordienslewering ontvang nie.

Dr. Burger sê dit wil voorkom asof die voor-

val in Botrivier tipies is van die soort wette-loosheid wat die land toenemend ondervind.“Alhoewel dit in dieselfde boek voorkom, is ditom’nverskillenderede.Daar isdienslewering-protesaksie en dan staking wat te doen het metloonverskille, en dan kry mens dié soort vanvandalisme wat op die oog af geen werklikegrief verteenwoordignie.Dit is ’n suiwervormvan misdaad.”

Hyglobeskuldigings teendiepolisie insitua-sies soos hierdie is oordrewe – dienslewering-protesaksie is gemik teen plaaslike owerhedeen die polisie is in die middel. “Hulle moet aan-mekaar pa staan vir goed waaraan hulle niedeelgehadhet intermevandieoorsprongdaar-van nie, en dan moet hulle die frustrasie enwoedevangrootgroepemenseprobeerhanteeren dit lei daartoe dat gemeenskappe hulle frus-trasie op die polisie uithaal.”

Hy sê daar moet gekyk word na die polisieen interne beheer, “maar dit is nie waar dieoplossing lê nie; daar moet gekyk word na diestrafregstelsel, maar ook na die onvermoë vanplaaslike regerings om hulle rol te vervul.”

Die veiligheidshekke voor die OK Minimark en drankwinkel se deurehet verhoed dat oproeriges toegang tot die winkels kry.

Regering kondig nuwe minimumloon vir plaaswerkers aan – Bl. 3

Page 2: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 5 February 20132

7 Februarie) VLV Kuns & Handvlyt-vergadering om 15:00by NGKerk Caledon-Wes. Navrae: Retha Skein,028 2121432.) Victoria Dienssentrum Genadendal-uitstap-pie see toe. Navrae: 028 251 8182.

9 Februarie) Caledon RVK speel ’n vriendskaplike wed-stryd weg teen Genadendal.

14 February) KwilteRSEnd Quilt Academy: Marie PeaceyworkshoponSriLankanappliqué in theChurchHall. Phone Petro on 084 392 1032 or Carool on028 514 2951.

15 Februarie) Swartberg Primêre Skool: Romantic Eveningin skoolsaal. Navrae: 028 212 1927.

16 Februarie) Greyton Primêr Valentynsdans met PaddyDamon om 20:00 in Greyton Primêr-skoolsaalKontakpersoon: Lilian Cloete, 028 254 9943.) Caledon RVK speel ’n vriendskaplike wed-stryd tuis teen Grabouw.

.

A bellyful of laughsThe Caledon Casino, Hotel & Spa hasjust what the doctor ordered for thosewho need a little light-hearted fun.

OnSaturday 30March, five of the coun-try’s top Afrikaans comedians will taketo the stage at The Caledon Hotel for thelaugh-a-minute spectacular GemengdeVrugte.The comedy line-up includes KobusGalloway, Jurie Prins, Francois van As,Schalk Bezuidenhout and Werner Smit.All recognised funnymen in their ownright, they will each perform their own15-minute stand-up session, promising totake the audience on a quick and clever,energetic comedy journey.“Wearecontinuingourtraditionofpro-viding quality entertainment in 2013,”says Paul Campbell, complexmanager at TheCaledon Casino Hotel & Spa. “GemengdeVrugte is a fun collaboration, tinged with un-mistakably Afrikaans humour. We look for-ward to hosting these five hilarious charac-ters in March.”

The comedy event, which will kick off at20:00, will be preceded by a cocktail functionin The Caledon Hotel’s lounge bar at 19:00.Tickets, sold atR100 per person, are availableat the hotel’s reception desk. Places are limit-ed so early booking is recommended.

Kobus Galloway is one of five comedians who will performat the Caledon Casino Hotel & Spa on 30 March.

Cooking with the QuinnsFollowing the popularity of recent TV coo-king shows, a Caledon couple has been in-spired to invite local food lovers to meet attheir home to share in the making of popularmeals. The series of presentations kicks offon Friday 15 February at 18:00.Peter and Dianne Quinn, who own an ac-commodation establishment in town, havebeen involved in several restaurants throughtheyears.TheTerrace inGreytonwasapopu-lar restaurant in the early 2000s, where Pe-ter’s freshly cooked fish, steaks and pastadishes were a big drawcard.They will be assisted in the cooking work-shopsbyBraslervanSchoor,alsoakeencook.Phone them on 028 212 3832 or 083 789 4282. Peter Quinn and Brasler van Schoor making pasta.

TYD VIR AVONTUUR: SA Forest Adventures se tak bydie Caledon Casino Hotel & Spa het op 18 Januarie’n groep internasionale besoekers van Electrolux verwel-kom. Hier is die twee eienaars, Clinton Lerm (links) enChristo van Jaarsveldt, by Mary Anne Fourie, Lerm severloofde. Hulle het die Electrolux-span laat bontstaanin ’n spanbousessie gebaseer op die kookprogramRea-dy Steady Cook. FOTO: ANNETTE THERON

TAKING THE PLUNGE: Jamie Minus from Botriver andTamsyn Ess from Grabouw have known each othersince Grade One and declared their mutual love sixyears ago. On 17 December 2012 they said “I do”at the Elgin Grabouw Country Club.

ONE STEP AHEAD

- See page 5

VW Hermanuswww.rolavwhermanus.co.za

Tel: 028 312 6084

Page 3: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 5 February 2013 3

Boere begroet R105-minimumloon met berustingVERSLAGSPAN

Boere moet van 1 Maart af hul werkersminstens R105 per dag betaal. Dit is 52%meer as wat boere tans voorgeskryf wordom te betaal.

Dienasionaleminister vanarbeid,MildredOliphant, het gister dié nuwe minimumloonvir plaaswerkers aangekondig nadat sta-kings vir ’n minimum-dagloon van R150 dieWes-Kaap sedert November verlede jaar spo-radies onder erge geweld en vandalisme laatdeurloop het.Boere het die aankondiging met berustingbegroet, terwyl plaaswerkerverteenwoordi-gers nie teen druktyd vir kommentaar bereikkon word nie.WillieSmal, ’nboervanHammansdalinCa-ledon, sê hy het geen probleem met ’n mini-mumloon van R105 nie. “Trouens, ons mensekry meer as dit.”Smal meen ook daar is ’n groot verskil tus-sen die permanente plaaswerker en seisoen-werker. “Met die plaaswerker het ons nie ’nprobleem nie, maar dit is die seisoenwerkerwat inkom van elders wat hierdie belaglikeeise van R150 per dag stel. Dié mense se pro-duktiwiteit en effektiwiteit regverdig nie diebedrag nie.”

Hy meen vrugteboere se plukkers kan baiemeer as R150 per dag verdien as hulle per kratbetaal word, “maar hulle doen net die mini-mum”.Hy sê ook die byvoordele wat plaaswerkersop plase kry, sluit subsidies op hulle kragreke-ning, rantsoene, huisvesting envervoervanennadiehospitaalendoktersenkraam-byvoorde-

le in.Richard Krige, eienaarvan Boontjieskraal, sê hulleberus hulle by die wetge-wing van die minister.Hy is egtervanmeningdatwetlike aftrekkings nou ’nrol gaan begin speel – “diekoste om mense werk toe tevervoer, die ektras buitendie minimumloon of hoër asdie minimumloon.“Ek dink landbouers gaanbegin waardes koppel aandie addisionele voordelewathulle vir hul werkers gee endit sal so aangedui word ophulle betaalstrokies.”Krige sê landbouers het ’nhegte verhouding met hullewerkers.“Ons leef naby aan ons

mense en ons doen baie welsynwerk wat geldkos,maardit salvoortaaninberekeninggebringword.”“Die nuwe minimumloon is meer as wat onsgehoop het,” sê Porchia Adams, woordvoerdervir Agri Wes-Kaap.Die drastiese styging in toetreevlaklone gaanvolgens die organisasie ’n effek hê op die ander

loonvlakkevanbeterbesoldigdeposteopplase.“Die totale loonrekeing vir landbou in dielandwas reedsR14miljard engaanmethierdieaankondiging skerp styg.“Die verhoogde minimumloon gaan ’n baiegroter effek hê op arbeidsintensiewe vertak-kings soos die vrugte- en groentebedrywe.”Adams meen produsente gaan te midde vanander stygende kostes soos brandstof, water-en elektrisiteitstariewe en nou die verhoogdelone wat oor ’n maand in werking tree, moetherbesin oor ekonomiese oorlewing binnehierdie beperkende raamwerk.Nosey Pieterse, verteenwoordiger vanBawsi, Bawusa en plaaswerkers in die alge-meen, was nie gister teen druktyd beskikbaarvir kommentaar oor die nuwe loonvasstellingnie.Hoewel Cosatu die aankondiging van die nu-we minimumloon verwelkom, sal hulle voort-gaan met onderhandelinge namens die plaas-werkers.“Die nuwe minimumloon is beslis ’n stap indieregterigting.Maarnavorsinghetbewysdatmense nie hulself kan onderhou met minderas ’n R150 per dag nie.“Daarom sal ons oor die volgende 12maandevoortgaan om hoër lone by boere aan te moe-dig,” sê Cosatu se sekretaris-generaal in dieWes-Kaap, Tony Ehrenreich

Plaaswerker-protesaksie is hopelik nou iets van die verlede met die aankondi-ging gister dat lone verhoog word na R105 per dag. FOTO: ANNETTE THERON

VERMIS: Die Ri-viersonderend-polisie soek naJohannes Andre-as wat sedert 20Desember verle-de jaar vermisword. Andreaswas voor sy ver-dwyning gekleein ’n oranjeT-hemp, blou denimbroek en swart insteek-skoene. Enigeen met inligting kan sers. LuckyMaluleke bel by 028 261 8040.

Munisipaliteit verduidelik ‘vuil’ waterANNETTE THERON

Klagtes oor “vuil” water in Caledon is niksnuuts nie. Die Theewaterskloof-munisipali-teit (TWK) sê inwoners kla sedert 2009 aan-sienlik meer hieroor, hoewel die probleemvan water wat vuil lyk lank reeds bestaan.“Sover ons konvasstelwas daarminstens dielaaste 25 jaar klagtes in hierdie verband,” sêStan Wallace, munisipale bestuurder. Po-gings om die oorsaak te vind, was onsukses-vol en ’n ernstige soektog is nou van stapelgestuur.Wallace sê Caledon word tans vanaf dieOverberg-watersuiweringsaanlegbyMarias-dal langsdieSonderendriviervanwatervoor-sien. “Hierdie water word tot in TWK-reser-voirs gepomp, vanwaar dit versprei worddeur ’n stelsel van ander reservoirs, pompeen pypnetwerke.”

Volgens Wallace het die dorp se water lankgelede uit die Basil Newmark-dam gekom endit word vertel dat ook water uit die warmwa-terbron van tyd tot tyd gebruik is om diewaterin Caledon aan te vul. “Dit is dus moontlik datdaarnogvandieouaansluitings tussendiever-skillende netwerke bestaan wat die oorsaakkanwees vandie vuilwaterwat soms in sekeregedeeltes van die dorp voorkom.”Wallace sêTWKhet ’n spesialis aangestel omdie spesifieke karaktertrekke van elke moont-like waterbron te identifiseer en inwonersword versoek om die dorpskantoor by die eer-ste tekens van water met ’n vuil voorkoms tebel by 028 214 3365. “Ons bied weer eens onsverskoning vir die ongerief aan en vertrou datons op u samewerking kan staatmaak om dieverskynsel behoorlik aan te spreek.”Diemunisipaliteit verseker inwonersdatdiewater drinkbaar is en net ’n “vuil” kleur het.

Page 4: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 5 February 20134

LewenskostesDie petrolprys word vandeesweek wéér met ’nverdere 41c per liter verhoog. Nog petrolskok-ke wag glo in Maart en April.Soos bankrekeninge krimp, klim die gemid-

delde Suid-Afrikaner se skuld.Volgens berigte word meer skuld egter nie

net toegeskryf aan verhoogde lewenskostesnie. Ongeag verbruikers wat al hoe swaardertrek, word sente tog nie twee keer omgedraainie. Só beweer ’n ekonoom in die Mail &Guardian in ’n berig verlede week. Daarvol-gensraakdiegemiddeldeverbruikerbydiedagal hoe meer spandabelrig. Kan dit regtig diegevalwees,ofsukkelmenseomvanhulgewonespandabele giere af te wyk?Is dit nie net die waarde van luukshede wat

ook geklim het nie? ’n Gasstoof word byvoor-beeld deesdae as ’n luukse stoof gekenmerk enkosbaieduurderas ’nelektriesestoof.Togkoopal hoemeer verbruikers een, omdat gas se pryseerder daal as styg en op langtermyn die ver-bruiker se sak beter gaan pas.Indien Eskom tog daarin slaag om tariewe

met die gevreesde 16% te verhoog, sal skuldnatuurlik klim, want vandag se verbruikergaan nie sommer elektriese toebehore soos ’nhaardroër prysgee nie.Inteendeel, as die verbruiker se haardroër

of voedselverwerkerdie gees gee,word ’nbetereen teen ’nhoërprys gekoopomhopelik langerte hou. Iewers gaan Suid-Afrikaners, asookverbruikers in ander resessie-geteisterde lan-de, anders moet begin dink of bankrotskap enarmoede gaan oor ’n wyer spektrum aan dieorde van die dag wees.

Many have pleaded for closure of damMany have pleaded for closure of damIt is with great sympathy and regret thatI looked at the photo of a grieving father,David Ghlabo (“Youngest son drowns indam”, Gazette 29 January).Regret? Yes, because this tragedy could

perhaps have been avoided if only the pow-ers that be would listen!For years theBotRiverRatepayersAsso-

ciation, theNeighbourhoodWatch,variousother organisations as well as private indi-viduals have been pleading, directly or in-directly, to thewardcommittee for this eye-sore tobedemolished.Thewater in thedam

is putrid, not fit for human consumptionor any formof life and it is not the first timethat a child has drowned there.The security to keep children and va-

grants out of the area is non-existent, de-spite the fact that, a few years ago, the mu-nicipality spent thousands to fence it. Anaerial view shows what a large percentageof the total area of thevillage it covers. Thiscouldhousea community centre, a park forthe children and other sport facilities – andavoid tragedies like these!

JOHAN VAN NIEKERK, Bot River

Tyd om in te haal – ‘goalposts keep on shifting’Tyd om in te haal – ‘goalposts keep on shifting’Hellomense. Awêmyma se kinnes. Bewe jullenog? Aag nee wat, jammer, nou klink ek nesOubaas van die Laan.Jinne, maar ons het darem lanklaas gesels

nè? Die nuwe “mall” is amper gereed om inge-wy teword, JZwas toeweergekiesaspresidentvan dieANC enBarackweer ingesweer as pre-sident van daardie groot kapitalistiese land indieweste–die landwaardie laaitieshulbroekeop hul boude dra, die land van hips-hops enander volksvreemde verskynsels.Ek sien Nkandla is pal in die nuus, maar die

minister verseker ons dat ons glad nie hoef teworrie nie. Alles is klopdisselboom, volgens

die dierbare min. Nxesi. Daar klink ek alweernes Oubaas. Mag ’n mens nog “Oubaas” sê?JZ het mos gesê dis nie reg om jou hond vee-

arts toeteneemnie.Disookverkeerd,ofdwaas,omjouFluffyvir “walkies” teneem.So ’nmensmoet maar op jou hoede wees. FNB moes ooktoe les opsê omdat hulle die arme onskuldigebloedjies vir hulle “propaganda” gebruik het.Ja nee wat, dis ’n heel nuwe wêreld en soosdie bekende Engelsman sou sê: “The goalpostskeep on shifting all the time.” Volgende keergesels ons oor rugby. Dis alweer amper sulketyd. Groete.

FANIE LANTAND, Ou Krokkies-afrigter

Dankie vir hulp aanDankie vir hulp aanGena se kindersGena se kindersNamens die span wat die vier vakansiefunk-sies in Genadendal aangebied het, wil onsWil-lie Small (Hammansdal-plaas), Louis Jordaan(Caledon Spar), Ailsa van Wyk (Caledon Casi-no), Wimpies Hardware en Vilko in Greytongraag hartlik bedank vir hul bydrae tot ons va-kansieprogram.Altesaam 576 kinders het die vier funksies

bygewoon en ons kon almal voorsien van kosen koeldrank by elke geleentheid. Ons is opregdankbaar.

PROFESSOR ROLAND GRASER EN RICHARDISAACS, Genandendal

RAADOPMETGEMORS:Maria Diedericks, dieopsigter by die ACVVUitsig Tafelronde-crèche op Caledon, iswoedend omdat inwo-ners hulle rommel opdie skoolterrein stort.Sy sê dis nou reeds ’njaar lank wat sy elke og-gend die gemors moetoptel. “Hierdie weekwas dit ou vleisbene, ’nmes en ’n gebreektebierbottel.” Sy het al ge-bruikte kondome, dag-gapype, sanitêre doe-kies, skoene, vroue-on-derklere en vuilweggooidoeke opgetel.FOTO: ANNETTE THERON

It’s not paying tax that infuriates, it’s how it is spentBattlingwith tax forms fillsmewith cold, im-potent rage. It’s not that I mind paying foreverything that the state begrudges me, it isjust that so much of my money now goes into the pockets of politicians and their law-yers.Not directly, I must add: It is first washed

by the fiscus. The Press tells me about thebillions spent on cases involving politiciansand civil servants: R20million here, R30mil-lion there. It sometimes leads to legal pro-ceedings, but the strike rate is low.Litigation is great fun for lawyers, because

they know in advance that their payment isguaranteed. For the client though, litigationis like a ride in a locked taxi: the destinationis unknown, the meter is running and thejourney long and circuitous.Thesystemsuffers theoddhiccup,butwise

legal minds make sure that their clients donotspendtheirownmoneyincourt.So,whenpeccadilloes like fraud, tax evasion, tenderfiddling, murder and such are committed bypoliticians and their officials in the line of

duty, all bills will be paid.When the occasional minnow sometimes

stepsonthe toesof thebig fish though,he/shemay get hooked. Weep, dear reader, for Ju-lius, who (after due process of course) willpay dearly for his hubris.Even for thebigbugs, legaloutcomessome-

times go awry, especially if the ungratefulpublic starts viewing their residential im-provements, overseas holidays, BIG Xmaspresents and the like as private affairs andtherefore fit to be scrutinised as such.TheAmericansatiristAmbroseBiercehad

an uncomfortable way of looking at things:He defined a lawyer as “...someone skilled incircumventing the law”.Of course, lawyers, as sworn officers of the

courts, enjoy immunity in their various ef-forts to keep their clients on the street. Andwhen the time comes, they appeal. (AnotherBiercism: “Appeal – a second throw of thedice”).In nature, things are also tough, but the

fight stays clean. I recently wanted to eradi-

cate some wild asparagusbushes barring my access tothe new dam. After digging upas many of their rhizomes aspossible, I made a fire on topof them. All was well for a fewweeks. Then they put up newshoots.Remember, they had lost all

their foliageandhadnotputupany green shoots to supplythem with fuel since the fire.Every few days though, theyshot up a hopeful little spearand I lopped it off.Once, after a previous veld

fire, I had gathered a bunch ofthe sweet, wild shoots and atethem with relish.Aweek later I treated someguests toanoth-

er bunch of fresh spears. At the first bitethough, they recoiled in disgust – seems thatduring the interveningweek the clever planthad used the sunshine to manufacture and

load its shoots with bitter tannin, a cute evo-lutionary trick to ward off grazers, starvedby their loss of habitat and with nothing elseto eat but [email protected]

ColumnColumn

Wees bedag opWees bedag ophondevergiftigershondevergiftigersEk is baie hartseer oor die dood van Jingo, mygetroue hond van die afgelope drie jaar.Verlede Dinsdagaand (22 Januarie) het ie-

mandJingovergiftigomdathysoopenwakkeris. As iemand probeer het om op my perseelte kom, het hy vreeslik geblaf en die hek metsy lewe beskerm. Ekweet nie hoe Jingo vergif-tig is nie, maar die veearts het bevestig dat hyietsbaiegiftig ingekryhet.EkwildusnetanderBotrivier-inwoners waarsku om op die uitkykte wees vir sulke ongerymdhede.

INGRID ADAMS, Cherry Grove, Botrivier

Page 5: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof GazetteNews - NuusTuesday 5 February 2013 5

Agulhas tourism boomsCapeAgulhas enjoyedan increase invisitornumbersinthe2012-2013festiveseason,saysCape Agulhas Tourism CEO Alison Cough-lan.“Ninety percent of Cape Agulhas Tou-

rism’s members have reported an increasein business, with the other 10% reportingthe same interest as in the previous year.”She says visitor stays were generally as

long as in the 2011-2012 season, but spendwas slightly higher. “Businesses also re-portedmore international visitors during atraditionally domestic season.”Coughlan says most visitors found “the

friendly people” to be their favourite partof the visit.Guests also appreciated the beautiful

beaches, crime-free and peaceful environ-ment, good weather, harbours and varietyof accommodation and activity options.On thedownside, slowrestaurant service,

the closure of the lighthouse museum andrestaurant, and uncontrolled fireworkswere noted as some of the region’s draw-backs.Visitors to the L’Agulhas visitor centre

and Shipwreck museum increased by 18%and 28% respectively. The lighthouse stair-case was climbed by more than 5 000 people

during December, despite it being renova-ted.Coughlan says Cape Agulhas Tourism is

workingwithAgulhasNationalParktogaina more accurate figure on visits to Africa’smost southernmost tip. “Not all visitorswant to climb the lighthouse. Our currentstatistics are based on ticket sales and visi-tors to the L’Agulhas office, but we need toget amuchmore accurate indication of visi-tors,” says Coughlan.“Cape Agulhas Tourism is in the process

of renovating and upgrading its three visi-tor centres to ensure they have the highestqualityof informationandresourcesavaila-ble.New information, specific brochures onHeuningberg, Grootberg, the lighthouseand blue cranes, have been printed.”New street and regional maps have been

created; the photograph database increasedby thousands of images, the website(www.discovercapeagulhas.co.za) and Fa-cebook (Discover Cape Agulhas) pages areupdated daily and the provincial website(www.tourismcapetown.co.za) will, in fu-ture,bemanageddirectlybyCATstaff.CapeTown Tourism’s official site (www.cape-town.travel)will alsobeused topromote theattractions and stories of Cape Agulhas.

Laerskool Bredasdorp se geelspan het skoonskip gemaak by die interhuis-atletiekbyeenkoms en het diepunte-, gees- en deelname-beker verower. Hier juig die dirigente uitbundig. Henry Pratt, verantwoordelikvir die sport-portefeulje by Laerskool Bredasdorp se beheerliggaam, het die bekers aan hulle oorhandig.Die skool bedank almal wat hul ondersteuning op die genotvolle dag gegee het. FOTO: VERSKAF

Bekers ingeryg

Hier is die blouspan-dirigente van Laerskool Bredas-dorp ná afloop van die optog voor die paviljoen.

FOTO: VERSKAF

Laerskool Bredasdorp se geelspan-dirigente by hulspan voor die begin van die atletiekbyeenkoms.

FOTO: VERSKAF

Skole inTheewaterskloof,BredasdorpenNa-pier het verlede week hul kleure-atletiekby-eenkomste gehou en te oordeel aan die foto’swatdeurdieGazetteontvang is,wasdaarvol-op gees en opwinding. Talle rekords is ge-slaan en verbeter.

Elanie van Schalkwyk het die hoogspring-rekord virmeisies o.17 na 1,55 m verbeter by Hoërskool Bre-dasdorp se jaarlikse kleuresportbyeenkoms.

FOTO: VERSKAF

Tel: 028 313 6084Cell: 082 903 2854Gateway Centre,

Cnr Main & Mimosa Street,Hermanus

www.rolavwhermanus.co.za

ERNO COREEJES - NUWE handelaarshoof van VW ROLA HERMANUS.

“WATCH THIS SPACE ! “

VW Hermanus

See 4th February!

Next to the Casino

THE CALEDON CASINO, HOTEL, SPA AND ENTERTAINMENTWWW.THECALEDON.CO.ZA

OPEN 24/7 • FREE WI-FI

Page 6: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof Gazette General - Algemeen Tuesday 5 February 20136

FAMILIE-

KENNIS-

GEWINGS

07

Gelukwensing

Congratulations

RAAIWIE'S 2?HOGANSNYDERS10/02/2013.Wense vir 'n spesiale 2deverjaarsdag vir 'n wonder-like klein seuntjie met hopegeluk en glimlaggies. Metliefde op jou verjaarsdagMamma, Dadda & Viv.

17

Begrafnisdienste

Funeral Services

DOVES. Begrafnisdiens-te/Funeral Services. Givingcomfort. Taking care. Cale-don: 18 Plein St, 028-2123054. Hermanus: 64 DirkieUys St, Sandbaai, 028-3164205. Kleinmond: 27 MainRd, 028-271 4971.Gansbaai: 61 Main Rd,028-384 3344.

PERSOON-LIKEDIENSTEPERSONALSERVICES

PADSTAL/RESTAU-RANT, DASSIESFON-TEIN: Vir etes, funksies envele meer! Tel. 028-2141475.

34

Spyseniering

Catering

GABBIANORESTAU-RANT CALEDON.Conference room 16-20people for birthdays /meetings etc. Call 028-2123671 for more information.

OV ERB ERG CAT ER -ING/HIRING. Demper-straat 10, Caledon. Tehuur: Breekgoed, messe-goed, glasware, linne,stoeloortreksels, bykom-stighede. Skakel Egbert082 789 7260.

TEKOOPFORSALE

71

Algemeen

Miscellaneous

SINKPLATE vanaf R25 permeter. Dennehout buitedeure R350. Dennehoutvensterrame 900 x 900mmmet glas R250. Skakel 028212 1571 of 083 534 0130HEALTHWALKER en 'ngroot skryftafel met seslaaie in goeie toestand tekoop.Skakel 028-212 1621.

72

Bote en Toerusting

Boats&Equipment

TWOSEATER PADDLEBOATS for sale.R9 990 each.Call Nico 084 837 5374.www. avantimarine.co.za

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

101

Attorney’s Services

113

te Huur/toHire

KRAGGEREEDSKAP.Vir die huur van hoë-drukspuite en kragge-reedskap, skakel Gabriëlvan der Merwe by Over-berg Dienssentrum by 083551 5406 alle ure.

1141

Algemene

Dienste

General Services

AUTOELECTRICAL-DIET-LOF'S. Gespesialiseerdeauto elektriese diens. 23Jaar ondervinding. Ookverskaffers van professio-nele weerstasies en solarpanele. New Cross straat,reg langs Overberg Supafit.Dietlof (Wên) van der Mer-we. Tel. 028-214 1614 of082 788 5276.CALEDONKEYS&LOCKS. Ons sluit die wegvir u oop. Skakel 028-2121775 / 082 969 0975.

EIENDOMMEPROPERTIES

HUIS TEHUUR +WOON-STELOFVIR KANTORE.Beskikbaar vanaf 1 Maart2013. Cathcartstraat, Cale-don. R4500 p.m.elektrisiteit uitgesluit.Skakel 082 444 4960.

VERLOOFDE PAARTJIEsoek verblyf in Caledon.Sober gewoontes, nie-rokers. Eenslaapkamerwoonstel met water enelektrisiteit ingesluit. Geenprobleem om deposito te betaal. Vanaf 1 Maart ofspoedig moontlik. SkakelPierre Barkley by 082 4418004.

JOBS

TUISVERSORGINGmet10jaar ondervinding byKidbrooke Place. Besit 'nkode 8 lisensie. Onmiddellikbeskikbaar. Vir meer inlig-ting skakel Susan by 071418 3867 / 028-212 2094.

Page 7: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof GazetteSchools - SkoleDinsdag 5 Februarie 2013 7

B’dorp eer presteerdersHoërskool Bredasdorp hetop 16 Januarie tydens ’nglansgeleentheid in dieklubhuis sy leerlinge ver-eerwatverlede jaarakade-mies presteer het.

Joleen van Aardt, departe-mentshoof:akademie,hetdieaand georganiseer.Die gr. 12-klas van 2012 het

volgens die skool uitstekendindieNasionaleSeniorSerti-fikaat-eksamen presteer.Hoërskool Bredasdorp het

99 matrikulante ingeskryf,wat ’n klasgemiddelde van62,2%behaalhet.Daarwas91A-vakgemiddelde en dieslaagsyfer was 99%.Die topkandidaat was Marcél Teixeira met

’n gemiddelde van 87,5% (6 vak-A’s). Marcélgaanhomas ’n ingenieur bekwaamby dieUni-versiteit van Kaapstad.A-simbole is ook behaal deur Willem van

Schalkwyk (85,5%met 6 vak-A’s; studeerBRekaandieUniversiteit Stellenbosch (US)),GeriusMoelich (83,1%met 4 vak-A’s; ingenieurswese,

US), Lize-Marié Fourie (82,8% met 6 vak-A’s;BRek., US), Neil Mathee (82,3% met 7 vak-A’s;BSc, US), Pierre Swanepoel (82,1% met 5vak-A’s; ingenieurswese, US) en Leandra Gel-denhuys (81,5%met 6 vak-A’s; ingenieurswese,US).Muriel Snyders spog ook met 6 vak-A’s en

’n gemiddelde van 79,3%.

Agter, van links is Leandra Geldenhuys, Willie Stoman, Willem van Schalk-wyk, Marcél Teixeira, Neil Mathee en Sonja Meyer. Voor is Marinda Stoman.Die res van die gr. 12-leerlinge met A-gemiddelde het reeds na tersiêreinstellings vertrek.

NUWEGRAADR’E: Al-tesame 45 gr. R-leer-linge het vanjaar byL.R. Schmidt Primêraangesluit. HazelWindvogel, die gr.R-leier, is opgewondeom die nuwe gr. R’eskoolgereed te kry vir2014. Lucretia Groe-newald en GeraldineGillion sal tydelik virCandice Baatjies in-staan terwyl sy metkraamverlof is.

OVIES OP DIE OOP SEE: ’n Groep toerisme-leerlinge van Hoërskool Overberg het verledenaweek ’n Sinfonia-vaart “na nêrens” beleef.Die groep van 24 gr. 11- en 12-leerlinge konnie wag dat die weeldeskip die hawe Vrydag-middag (25 Januarie) verlaat nie. Later dieaand was ’n paar effe groen om die kiewe,ongeag seesiekpille. Saterdagoggend vroeghet die kaptein aangekondig die skip souweens ’n sterk suidoostewind wat vir Sondagvoorspel is, en toegang tot die hawe sou ver-hoed, terugvaar. Die siekes het vinnig herstelen die dag in die kalm waters van die hawebaie geniet, soveel so dat sommige reeds hulplek vir volgende jaar wil bespreek.

TOP-OVIES: Dié leerlinge van Hoërskool Overberg hetdie topposisies behaal op hul onderskeie graadgroe-pe se akademiese merietelyste. Van links is SumaréPrinsloo (gr. 9), Juandré de Bruyn (gr. 8), Pieter Ed-wards (gr. 11) en Carla Zondagh (gr. 10).

Page 8: Theewaterskloof Gazette 5 Feb 2013

Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 5 Februarie 2013 | Tel. 028 214 1294

Caledon-gholfkaptein sespan klop presidentspanDie Caledon-gholfklub het op Saterdag 26Januarie die nuwe seisoen op ’n hoë nootafgeskop toe die jaarlikse openingsdag bydie klub aangebied is.

Hierdie kompetisie word tradisioneel gehoutussen ’n span wat die klubkaptein verteen-woordig en een wat die klub-president verteen-woordig.

Altesame 32 spelers het vir dié dag ingeskryfwat op ’n beterbal-stableford-formaat beslis is.Die spelers het almal gelyktydig afgeslaan byverskillende putjies.

Die stryd was fel en uitstekende tellings isaangeteken, met Dirkie Groenewald en BrianFewell wat skitterende spel gelewer het om 50punte aan te teken.

Groenewald in besonder het uitgeblink met’n bruto-telling van 71 houe, wat die baansyfermet twee houe klop. Wat sy prestasie soveelmeer uitsonderlik maak, is dat hy vanaf ’n 11-voorgee speel en sy telling is gevolglik 13 netto-houe beter as sy voorgee.

Johan Koekemoer en Juan Esterhuizen hetdie tweede plek behaal met ’n telling van 46punte terwyl Lynton January en Anton Booy-sen ook dieselfde telling kon aanteken. Hullehet egter op die uittel verloor.

Die spelers van die kaptein se span het metdie louere weggestap nadat hulle met 5.5 punteteenoor 3.5 baas was oor die presidentspan.

Die dag is oudergewoonte deur Raka Wynegeborg.

Ariel Hugo, kaptein van die Caledon-gholfklub (links), ontvang die openingsdag-trofee van ’n afgehaalde Henry Metcalf, president van die Caledon-gholfklub,nadat dié se span nie die mas kon opkom op die openingsdag nie.

BOLAND-KRIEKET: JohanSmal het die afgelope De-sembervakansieas lid vandie o.12-Boland-krieket-span deelgeneem aan dieo.13-toernooi in Worce-ster, aangesien daar nie ’no.12-toernooi is nie. Diespan het teen WP, OP entalle uitnodigingspannegespeel. Die o.12-spanhet algeheel sesde geëin-dig.

CALEDONNER LAAT VELDFIETS KREUN: Wilhelm Schon-feldt (18) van Heuningneskloof in Caledon is ’n kranigeveldfietsryer en het pas verneem dat WP-kleure deurMotorsport Suid-Afrika (MSA) aan hom toegeken is virsy uitsonderlike prestasies in 2012. Hy het eers in Junie2010 kompeterend begin deelneem en het in 2012aan die MSA-streeksveldfietskampioenskap vir motor-fietse in die 200cc-klas deelgeneem. Hy het ook dieklubkampioenskap van WPATV in 2012 gewen. WPATVbied die MSA-streekskampioenskap vir veldmotorfietsein die Wes-Kaap aan. Veldmotorfietse van enige kapasi-teit neem deel. Wilhelm, wat verlede jaar aan die Olyf-krans Kollege in Swellendam gematrikuleer het, wordgeborg deur Helderberg Yamaha. Hy gaan volgende aandie 2013 Nasionale Veldfietskampioenskap deelneem.

Karatekas kry geel gordelsAlbert Myburgh Primêr sekaratekashetuitstekendge-vaar by die Samurai Karate-klub-gradering wat in De-sember verlede jaar by dieklub se hoofkwartier inNorthpine, Brackenfellplaasgevind het.

Shunay Rossouw en Cor-lia Apollis van Albert My-burgh, sowel as EvandreWentzel van die vaardig-heidskool op Napier, het aldrie hul geel gordels ver-werf.

By die Samurai-hoof-kwartier se jaarlikse prys-uitdeling op 15 Desemberhet dié drie ook uitgeblink.Shunay is as studentvandiejaar aangewys en Corlia asdie student met die bestevordering, en Evandre het die bywoningstro-fee gewen vir die Bredasdorp-klub.

Sensei Dennis en Sempai Duneshia Bogen-hagen was by met die ontvangs van die trofeë.Hulle is baie trots opdie lede. SenseiBogenha-

gen sê dat al die karatekas baie hard gewerkhet. “Dié wat egter tot die einde vasgebyt het,het uiteindelik die vrugte gepluk. Baie dankieaanKennethDunsdonenpersoneelvirhulby-stand en dat hulle ons projek ondersteun.”

Sensei Dennis Bogenhagen, Evandre Wentzel, Shunay Rossouw, CorliaApollis en Sempai Duneshia Bogenhagen.