nuusbrief #18 30 mei 2019 · saam met die vader heers hy oor sy mense en oor die groot heelal. en...

12
Nuusbrief #18 30 Mei 2019 God regeer soos Jesus Hemelvaart herinner ons daaraan dat God regeer, maar help ons ook om te verstaan hóé God regeer. Die Vader is op sy troon vanwaar Hy regeer. En aan sy regter- hand is die Seun. En hierdie Seun is niemand anders nie as ons Here Jesus Christus. As ons net geweet het dat God regeer, sou ons onder die misverstand kon verkeer dat Hy op dieselfde wyse as aardse konings regeer. Dat Hy hiet en gebied, dat Hy sy wil met mag en geweld laat geskied, dat sy heersersposisie swaarder by Hom weeg as die belange van sy mense. Maar nou word ons op Hemelvaart gerus gestel: dit is nie hoe God regeer nie. Nie soos ‘n aardse koning nie, maar soos Jesus. Die Seun aan die regterhand van die Vader is dieselfde Jesus wat deur die Vader gestuur is omdat Hy die wêreld liefhet en sy mense se belange op die hart dra. Dis dieselfde Jesus wat nie aan sy verhewe status vasgeklou het nie, maar die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het. Dieselfde Jesus wat gesê het dat Hy gekom het sodat mense lewe in oorvloed kan hê. Dieselfde Jesus wat Homself oorgegee het om deur mense gekruisig te word. Hierdie Jesus het na die hemel opgevaar om sy plek aan die regterhand van die Vader in te neem. Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig van die liefde van God. Dis die boodskap van Hemelvaart ook vir ons vandag: dat die God van liefde oor ons lewe regeer en dat Hy dit doen dit deur die Seun wat aan sy regterhand sit. Hy regeer met die onweerstaanbare krag van sy liefde. Mag die God van liefde ook in ons lewe die botoon voer! André Bartlett Hemelvaart 2019

Upload: others

Post on 27-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

Nuusbrief #1830 Mei 2019

God regeer soos Jesus

Hemelvaart herinner ons daaraan dat God regeer, maar help ons ook om te verstaan hóé God regeer.

Die Vader is op sy troon vanwaar Hy regeer. En aan sy regter-hand is die Seun. En hierdie Seun is niemand anders nie as ons Here Jesus Christus.

As ons net geweet het dat God regeer, sou ons onder die misverstand kon verkeer dat Hy op dieselfde wyse as aardse konings regeer. Dat Hy hiet en gebied, dat Hy sy wil met mag en geweld laat geskied, dat sy heersersposisie swaarder by Hom weeg as die belange van sy mense.

Maar nou word ons op Hemelvaart gerus gestel: dit is nie hoe God regeer nie. Nie soos ‘n aardse koning nie, maar soos Jesus.

Die Seun aan die regterhand van die Vader is dieselfde Jesus wat deur die Vader gestuur is omdat Hy die wêreld liefhet en sy mense se belange op die hart dra. Dis dieselfde Jesus wat nie aan sy verhewe status vasgeklou het nie, maar die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het. Dieselfde Jesus wat gesê het dat Hy gekom het sodat mense lewe in oorvloed kan hê. Dieselfde Jesus wat Homself oorgegee het om deur mense gekruisig te word.

Hierdie Jesus het na die hemel opgevaar om sy plek aan die regterhand van die Vader in te neem. Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig van die liefde van God.

Dis die boodskap van Hemelvaart ook vir ons vandag: dat die God van liefde oor ons lewe regeer en dat Hy dit doen dit deur die Seun wat aan sy regterhand sit. Hy regeer met die onweerstaanbare krag van sy liefde.

Mag die God van liefde ook in ons lewe die botoon voer!

André BartlettHemelvaart 2019

1

Page 2: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

2

Leraars verjaarsdae

30 Mei Ds. Elise Klut

Melville

3 JunieDr. Hannes ReineckeSecunda-Oos

Hartlik geluk met julle verjaarsdae! Mag jou dag gevul wees met ontelbare seëninge, vreugde en liefde.

Page 3: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

Die koste is R 600,00 per persoon en inskrywings sluit 3 Junie 2019.

Om in te skryf, voltooi die aangehegte inskry-wingsvorm en stuur aan: [email protected]

BRING SAAM:HanddoekToiletwareFlitsKussing/kombers om buite te sitWarm, gemaklike klere en skoeneVersnaperinge (daar is nie ‘n snoepie nie)Skryfboek en penBybel

Beddegoed en etes word voorsien.

Die verblyf is in goed toegeruste en-suite kamers. Jy kan jou eggenoot/te ook saambring, maar hy/sy sal ongelukkig volprys vir haar moet betaal. Predikante word met R 500,00 per persoon geborg vanuit ons Sinodale begroting. Inskrywingsgeld sluit 2 nagte se luukse verblyf en 6 etes in (waarvan een ‘n lekker “braai-en-kuier” Maandagaand is).

Ons arriveer op Maandag, 10 Junie om 11:00 (koffie, tee & beskuit) en

vertrek Woensdag, 12 Junie om 13:00. Die gebedstye is 06:00, 12:00 & 18:00

elke dag, so ons arriveer voor Maandag se 12:00-gebedstyd en vertrek net na

Woensdag se 12:00-gebedstyd.Ons Retreat-leier is Barry van der

Merwe (emeritus-leraar van die Ned. Geref. Kerk), die Retreat-leier van

Origins.

Dis tyd om weg te breek... Retreat vir Predikante: 10-12 Junie 2019

Met Pinkster agter die rug is dit goed dat jy hierdie retreat bywoon om tot rus te kom. Dit word gereël deur die diensgroep Predikante-versorging en vind plaas by die “Origins Retreat Centre”. Op die koop toe kry jy 12 VBO-punte.

3

Page 4: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

Kinderbedieningskonferensie 2019

Op 18 Mei 2019 het die jaarlikse kinderkonferensie wat deur ToekomsNou (Portefuelje vir Jeug- en Gesinsbedie- ning) aangebied word, afgeskop. Die tema vir hierdie jaar… “Dit borrel in my”. Die hart van hierdie geleentheid is om gemeentes, predikante en almal wat ‘n hart het vir kinders te bemoedig en te bemagtig om op die ou end met praktiese en teoretiese vaardighede terug te gaan en die kinderbediening by hul eie gemeente weer met nuwe entoesiasme aan te pak.

Hierdie jaar se konferensie was vol pret en natuurlik ook fantastiese sprekers nl. Ds Dirk Coetzee van Petra en Dr. Gert vd Merwe. Albei sprekers het die bywoners aan hul lippe laat hang met genoegsame inligting om jou kop en hart aan die gang te kry en weer opnuut die belangrikheid en die “hoe” van kinderbediening te kom uitlig.

Hier volg so kort stukkie terugvoer van Esther Voster wat die geleentheid bygewoon het.

Met vroegoggend koffie en tee begin die “Borrel in my” kinderbedieningskonferensie.

Ons stap in met honderde balonne rondom ons wat die dag opvrolik. Saam sing ons kinderliedjies voor ons by ds Dirk Coetsee leer hoe belangrik kinders in die gemeenskap van die gelowiges is. Geloof word nie aangeleer, dit word aangesteek en kinders het mentors nodig om hul te wys hoe jy die Here moet dien. Ons hoor dat ons kinders geestelike kampioene kan wees.

Dr Gert vd Merwe laat die lig weer val op die belangrikheid van die huis as kerk. Ons kinders is by ons wanneer ons in die huis is, op pad is, wanneer ons gaan slaap en wanneer ons opstaan. Ons kan ‘n groot invoed op ons kinders hê.

Ons kan van die Kinderbedieningskonferensie weggaan met nuwe moed vir ons kinders in die gemeentes maar veral ook in die huisgesin waar ons kosbare kinders is.

Ek is van mening dat die kinderkonferensie op elke gemeente in die Hoëveld Sinode – maar ook oor die land – se kalender moet opkom. Jaar na jaar is die terugvoer dat mense weer 1) besef hoe belangrik kinderbediening is vir die toekoms van die kerk en 2) dat dit nie so ‘n groot uitdaging hoef te wees nie maar eintlik ‘n borrelende bele-wenis vir kind en aanbieder.

Ons hoop om meer gemeentes volgende jaar by die geleentheid te sien.

Groete en VredeWaldo NiemandtPortefeuljeleier: Jeug- en Gesinsbediening

4

Page 5: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

5

Page 6: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

6

Page 7: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

Excelsus bring graag die volgende werkswinkels onder u aandag:

1. Kursus in Brugbediening 2019 | 29 Julie - 2 Augustus & 4-7 November

Verandering van predikant in ‘n gemeente laat so ‘n gemeente in ‘n tyd van onsekerheid. Die pad vor-entoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om brug predikante op te lei vir die fasilitering tydens hierdie oorgang periode, en tot voordeel van die gemeente.

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel, kliek hier.

7

Jy word uitgenooi na Excelsus se jaarlikse Lentekonferensie, Lente in Bediening en Teologie.

Dié konferensie vind plaas vanaf 17 – 19 September 2019 by Universiteitsoord en die Universiteit van Pretoria.

Vanjaar se tema is …

Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te leef.

Hoofsprekers:

Dinsdag - Prof Thuli MadonselaWoensdag - Prof Christi van der Westhuizen

Donderdag - Gielie Hoffmann

Dagboek solank hierdie datums

Page 8: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

Noteworthy Events gaan die Faure Req-uiem asook pragtige ander werke saam met ‘n baie uitgesoekte kamer-orkes, asook Prof Theo van Wyk op die orrel uitvoer.

Indien daar ook mense is wat graag wil saamsing en alreeds die Faure Requi-em gesing het, is hulle welkom om die meegaande uitnodiging in te vul en aan Lanie Coetzer terug te stuur.

Die kaartjie van R150,00 sluit ‘n glasie sjampanje of sap en tuisgemaakte koekies in en is te koop by die Noteworthy Events Box Office – deur Lanie Coetzer persoonlik te bel of aan haar ‘n whatsapp of e-pos te stuur.

In die jongste Kerkbode (omslagdatum 31 Mei) lees ons oor die volgende ... PEN en MES

Kerkbode vat vandeesmaand hande met PEN en MES, wat

hierdie winter reuse-werk sal doen om die mees weerloses in

ons samelewing by te staan. Op bl 20 van die gedrukte uitgawe

vertel ons ’n tweede omgeestorie in ons reeks oor dié orga-

nisasies se jaarlikse Winterhoopveldtog (1 - 30 Junie) waarby

vrywilligers in talle stede en dorpe landwyd betrokke kan raak.

Kerkbode-app: Altyd byderhand

Met meer as 70% van ons digitale lesers wat ons stories op

hul fone lees, het ons moeite gedoen om die reeds netjies

Kerkbode-app nou werklik ’n puik produk te maak.

Het ons daarin geslaag? Gaan laai die opdateerde app (Android

en Apple) af indien jy nog nie het nie, en laat ons gerus weet. Besoek www.kerkbode.co.za en volg

die skakel na die app-winkel op die tuisblad. Dis gratis, nes ons aanlyninhoud.

Voorblad: ’n Data-storie oor hoe die kerk teen 2028 mag lyk

In die 1970’s was daar ’n stormloop na die preektstoel, wat gelei het tot ’n

rekordaantal jong NG leraars in 1981. Hoe gaan die kerk lyk wanneer die “Klas

van 1981” aftree? 8

Page 9: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

9

Page 10: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

10

CLF het tydens die 25 jaar viering van die VGK die nuwe veeltalige liedboek, “Sing praises all you people” bekend gestel. Die liedboek bestaan uit 100 liedere uit verskillende liedboeke en het ten doel om waarde tot die lofsang en aanbidding tydens multi-kulturele kerkdienste te voeg.

Page 11: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

datumlys

aflospredikante

n Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.

Kliek hier vir ʼn lys van aflospredikante.

pastorale beraders

Ons kry navrae vir Pastorale Beraders.

Indien u wel ‘n Pastorale Berader is, kan u asseblief vir my u kontakbesonderhede stuur. As u nie is nie, maar weet van iemand, stuur dan vir my die kontakbesonderhede en ek sal direk met hul kontak maak.

Ons wil graag ‘n databasis skep om sodoende ‘n addisionele diens te verskaf.

Stuur u besonderhede aan Natassja Marais [[email protected]].

Kliek hier vir ‘n lys van Pastorale Beraders.

vakaturesKlik hier vir Kerkbode se lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies.

Organisasie / Instansie Vakante pos SluitingsdatumNG Impalapark Musiekbegeleier 31 Mei 2019NG Lambton Voltydse leraarspos 30 Junie 2019NG Weenen Vaste-termyn leraarspos 31 Julie 2019

Saakgelastigde - NG Boksburg Wes- Halfdagpos van 08:00 tot 12:00 – Maandag tot Vrydag.- Kerkkantoor, besigheidsondervinding en rekenaarvaardigheid is noodsaaklik.- Goeie mense verhoudinge. - Salaris is markverband.- Sluitingdatum is 31 Mei 2019 om 12:00

Stuur CV na [email protected] of [email protected]

Vir verdere navrae skakel Ds. Adriaan by 0828369468 of Jannie by 0825647386.

Vir meer inligting oor die bogenoemde vakatures, kliek hier.

11

brugpredikante Kliek hier vir ʼn lys van brugpredikante.

Page 12: Nuusbrief #18 30 Mei 2019 · Saam met die Vader heers Hy oor sy mense en oor die groot heelal. En Hy heers soos wat Hy hier op aarde geleef het: ‘n dienskneg wat sy lewe getuig

VRYWARING

Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.

NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.

Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van pro-duk-aanspreeklikheid, oortreding van die Outeursreg Wet 98 van 1978 soos gewysig, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.

Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 394 0891.

12