naweek in beeld goudini - 2013 - sawatot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so! dennis mitchell...

5
1 Suidwes-Kaap ‘n Naweek in Beeld: 19 - 21 Julie 2013 Redakteur: Judy Hendra - Tel: 0833626901. E-pos: [email protected] Die Goudini kamp is die ideale plek om die winterkoue af te weer. Dié kamp word ook gekenmerk as ons familie/ gesins naweek. Van vroeg oggend het die waens opgetrek. Ja nie eers die snerpende kou en gietende reën kon die kamp atmosfeer en samesyn bederf nie. Met die aankoms is elke huisgesin is bederf met heerlike leesgenot en die kinders met ‘n lekkergoed pakkie. En net om die koue te trotseer is elkeen welkom geheet met so ‘n ou knertsie. Kampleiers Neil & Adéll deel ‘n knertsie uit vir Janine Theron, terwyl kampbestuurder Verna Jordaan die leesgenot uitdeel. Vrydagaand is daar heerlike Kerrie & Rys verkoop. Die reuk van die dis het die lug gevul en die Sawanante kon nie wag tot ná boekevat vir die aankope nie. Tussen deur het Verna vir heerlike pannekoeke gebak. So gepas saam met die winter reën. Dit was wonderlik om al die bekendes weer te sien. Wat ‘n wonderlike verassing om vir Sakkie Rys weer te sien. Boekevat is waargeneem deur Neil Halvorsen waargeneem. Hy het die waarde van die verhouding tussen man en vrou en ouers en kinders benadruk.

Upload: others

Post on 13-Nov-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Naweek in beeld Goudini - 2013 - SAWATot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so! Dennis Mitchell het die afgelope ruk gesukkel met sy gesondheid en ons is saam met hom opreg dankbaar

1

Suidwes-Kaap ‘n Naweek in Beeld:

19 - 21 Julie 2013

Redakteur: Judy Hendra - Tel: 0833626901. E-pos: [email protected]

Die Goudini kamp is die ideale plek om die winterkoue af te weer. Dié kamp word ook gekenmerk as ons

familie/ gesins naweek.

Van vroeg oggend het die waens opgetrek. Ja nie eers die snerpende kou en gietende reën kon die kamp

atmosfeer en samesyn bederf nie.

Met die aankoms is elke huisgesin is bederf met heerlike leesgenot en die kinders met ‘n lekkergoed

pakkie. En net om die koue te trotseer is elkeen welkom geheet met so ‘n ou knertsie.

Kampleiers Neil & Adéll deel ‘n knertsie uit vir Janine Theron, terwyl

kampbestuurder Verna Jordaan die leesgenot uitdeel.

Vrydagaand is daar heerlike Kerrie & Rys verkoop. Die reuk van die dis

het die lug gevul en die Sawanante kon nie wag tot ná boekevat vir die

aankope nie. Tussen deur het Verna vir heerlike pannekoeke gebak. So

gepas saam met die winter reën.

Dit was wonderlik om al die bekendes weer te sien. Wat ‘n wonderlike

verassing om vir Sakkie Rys weer te sien.

Boekevat is waargeneem deur Neil Halvorsen waargeneem. Hy het die waarde van die verhouding tussen

man en vrou en ouers en kinders benadruk.

Page 2: Naweek in beeld Goudini - 2013 - SAWATot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so! Dennis Mitchell het die afgelope ruk gesukkel met sy gesondheid en ons is saam met hom opreg dankbaar

2

Lede kom bymekaar vir Boekevat, Kerrie & Rys verkope.

Welkom terug Sakkie Rys!

Met die reën iets van die verlede het van die SAWAnante die geleentheid

gebruik om die deelnemende plase te besoek vir die legendariese Breed-

kloof se Soetes en Sop-fees.

O

gids die pad is verspoel! Kwadraat besig met Heerlike Sop word bedien

Maar ‘n plan word gemaak al het katte kwaad?

Dit beteken om ompad te ry!

Terug by die kamp terrein het oud en jonk hulle kaatjie van die baan gehou by die “super-tube” en “put-

put” baan. Sailor Viljoen, wat so-pas terug gekeer het van wittebrood het ‘n noue ontkoming gehad toe hy

gegly het by die trappe op die “super-tube”. Gelukkig niks ernstig nie.

Saterdagaand se boekevat is waargeneem deur Pietie van Deventer. Lewe voluit, maar onthou jy het ‘n ver-

antwoordelikheid teenoor God van hoe jy leef.

< << Pietie van Deventer

neem boekevat.

Die SAWAnante luister aan-

dagtig >>>

Die natuur skoon in die Breedekloof is prentjie mooi. Ons het net weer besef hoe bevoorreg ons is om dit

te kan geniet.

Page 3: Naweek in beeld Goudini - 2013 - SAWATot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so! Dennis Mitchell het die afgelope ruk gesukkel met sy gesondheid en ons is saam met hom opreg dankbaar

3

En ander kon nie wag om in die heerlike natuurbron te gaan ontspan nie.

Vir sommige het die nag net te lank geword.

Hier is Ohna Oosthuizen met haar kleinseun

En so word die braai-vleis vure aangesteek en kort voor lank is die lug gevul met die reuk van ʼn vleisie

op die kole. Die kitare is uitgehaal en daar al te lekker gekuier en gesing om die vure. Ja dis mos kample-

we die!

Sondag oggend se diens is waargeneem deur Ds. Stef Esterhuizen.

Hy het die naweek afgesluit met die boodskap dat ons “God

pleasers” en nie “man-pleasers” wees nie.

Goudini Spa is in die hartjie van die asemrowende Breërivier vallei . Die oord lê op die beroemde

Roete 62, en is die grootste en uiteenlopendste wynroete ter wêreld.

Die kultuurryke Tulbagh, die Kleinplasieopelugmuseum en vele meer is op die voorstoep van

Goudini. Jy kan selfs jou lyn gaan natmaak in die nabygeleë forelplase in die Du Toitskloof berge.

Vir die avontuurlustiges is daar interessante 4x4 roetes om aan te durf en vir die wat veiliger op hul

eie voete voel, is daar die wandelpad na die Badsberg- en Slanghoek-wynkelders.

Page 4: Naweek in beeld Goudini - 2013 - SAWATot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so! Dennis Mitchell het die afgelope ruk gesukkel met sy gesondheid en ons is saam met hom opreg dankbaar

4

TOEKENNINGS

Pietie & Annie van Deven-

ter—10 Streek

Neels & Verna Jordaan

10 Streek

John & Agnus Mitchell -

20 Streek

Piet & Antoinette Steyn -

25 Algemeen

Alex & Joan Foster -

200 Streek

Kampbestuur

Verna & Neels Jordaan

Kampleiers

Neil & Adéll Halvorsen

Dit was ‘weer-eens ‘n heerlike kamp. Dankie aan almal wat dit ’n heerlike naweek gemaak het.

Daar was 30 huisgesinne wat saamgetrek het. Ons het talle besoekers gehad en

vertrou julle het die kuier saam met ons geniet. Dit was vir ons ‘n voorreg om julle saam met ons te hê,

en hoop om julle sommer gou weer terug te verwelkom. Daar was 67% lede bywoning.

Page 5: Naweek in beeld Goudini - 2013 - SAWATot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so! Dennis Mitchell het die afgelope ruk gesukkel met sy gesondheid en ons is saam met hom opreg dankbaar

5

Het julle storms in julle lewens?

Jesus gaan nie slaap nie.

Roep Hom aan en glo Hy sal kom en ons moeilike omstandighede verander.

Die volgende kamp is 8 - 11 Augustus te Mountain Breeze. Dit is die jaarlikse AJV. As SAWAnante

en Mede kampeerders moet ons steeds onthou dat alhoewel ons meestal ‘n groot groep en in redelike

veilige omstandighede saam kamp, is ons nog altyd verantwoordelik is vir ons eie veiligheid . Ons moet

ook seker maak dat wanneer ons in die aand gaan slaap dat alle kosbare goed soos fietse, elektriese-ware

asook enige drank eerder weg gesluit word. Dit is die goed wat skelms wat in die nag rondsluip opsoek

is na.”

‘n Baie spesiale dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het vir die Kerrie & Rys. Dit word opreg waar-

deer.

Tot ‘n volgende keer, dan maak ons weer so!

Dennis Mitchell het die afgelope ruk gesukkel met sy gesondheid en

ons is saam met hom opreg dankbaar dat dit sommer baie beter gaan.

Dit was so lekker om weer saam te kon kamp.

Sakkie-rys het ‘n onaangename tyd agter die rug en het verskei terug-

slae beleef na die ongeluk en operasies. Hou goeie moed! So bly jy

kon nie naweek met ons mee-maak.

Sailor en Estie Viljoen is op 29 Junie getroud. Baie geluk julle twee.

Terwyl almal Sondag opgepak het, het Neil ander planne gehad.

Hy het Janelle die ja-woord gevra en gelukkig het sy gesê JA.

Baie geluk! (Dogter van Petrus & Janine Theron)

Verskeie van ons lede het naby familie wat siek is en deur ‘n moeilike tyd gaan. Ons bede en beste

wense vergesel julle op julle pad na herstel en in hierdie tyd.

Aan diegene wat hulle verjaarsdag of

Huweliksherdenking vier BAIE GELUK