jacobsdal primêre skool  · web viewafgegee word. baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 28 25 Aug – 1 Sept 2017 LOSLITDAG: VRYDAG, 1 SEPTEMBER 2017 Daar is nog net een week oor voor Loslitdag! Opskud en gaan koop ‘n plakker vir R10 by tannie Maryka in die boekstoor. Leerders wat ‘n plakker gekoop het, mag op Vrydag, 1 September “sivvies” aantrek waarmee hulle hulle kultuur uitbeeld. Die tema vir hierdie jaar is DIVERSITEIT. KONSERT: ‘n Volledige brief met reëlings word by die nuusbrief ingesluit. Baie baie dankie aan die ouers wat so gou reageer het en vir ons produkte geskenk het vir die konsert se ete. Hoenderskenkings kan vanaf Maandag, 28 Augustus by die kombuis afgegee word. Baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om geregte te maak en brode te bak. Wees verseker dat ons dit baie waardeer. Jakkie-ouers is tops! Besprekings word by die skool gedoen en kaartjies kos R100 per sitplek. U kaartjie sluit ‘n ete in. Geen kinders in en uit by die saal nie. Al die kinders word in klaskamers geakkommodeer. Eet klaar by die huis of bring vir jouself ‘n kospakkie saam. Trek asseblief warm aan, die aande is koud. Sterkte met die laaste reëlings. BUITEMUURS VOLGENDE WEEK: Geen buitemuurs in volgende week nie a.g.v. die konsert. Indien daar afrigters is wat wil oefen, sal hulle met leerders spesifiek reël. KOSHUIS: Ouers kan gerus ‘n draai maak by die koshuis se Gholfdag wat op Saterdag, 26 Augustus by Jacobsdal Gholfbaan plaasvind. Vier geraamde rugbytruie word die aand opgeveil. Ouers kan telefonies ‘n bod daarvoor insit deur Pieter Groenewald by 0823226945 te skakel. ‘n Voorbeeld van die vier truie word by die nuusbrief ingesluit. LEERDERDEELNAME: TENNIS: UITSLAE TEEN DOUGLAS: 0/13A: Wen 5 - 1 0/11A: Wen 4 – 2 0/9A: Verloor 4 – 2 Baie geluk! KRIEKET: UITSLAE TEEN DE AAR: Die 0/13-span verloor met 6 paaltjies en die 0/11-span met 16 lopies teen De Aar. MINI-KRIEKET: Sterkte aan ons 0/7 en 0/8 krieketspanne wat op Saterdag, 26 Augustus aan ons Mini-kriekettoernooi deelneem. Al die spelers moet om 8:00 voor die pawiljoen by juffrou Karin en meneer Tait aanmeld. Ons nooi ons ouers uit om die oggend saam met ons te kom geniet. Jakkies Personeel gaan heerlike verversings te koop aanbied. LANDLOOP: Baie geluk aan die volgende 3 atlete wat vir die Griekwaland-Wes landloopspan gekies is en op 9 September aan die SA Landloopkampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem: Leo Wilkinson, Jannes Krause en Hanru Krause. SKAAK:

Upload: others

Post on 05-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewafgegee word. Baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om geregte te maak en brode te bak. Wees ver. seker dat ons dit baie waardeer. Jakkie-ouers

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 28 25 Aug – 1 Sept 2017LOSLITDAG: VRYDAG, 1 SEPTEMBER 2017Daar is nog net een week oor voor Loslitdag! Opskud en gaan koop ‘n plakker vir R10 by tannie Maryka in die boekstoor.Leerders wat ‘n plakker gekoop het, mag op Vrydag, 1 September “sivvies” aantrek waarmee hulle hulle kultuur uitbeeld. Die tema vir hierdie jaar is DIVERSITEIT.

KONSERT:‘n Volledige brief met reëlings word by die nuusbrief ingesluit.Baie baie dankie aan die ouers wat so gou reageer het en vir ons produkte geskenk het vir die konsert se ete. Hoenderskenkings kan vanaf Maandag, 28 Augustus by die kombuis afgegee word. Baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om geregte te maak en brode te bak. Wees verseker dat ons dit baie waardeer. Jakkie-ouers is tops!Besprekings word by die skool gedoen en kaartjies kos R100 per sitplek. U kaartjie sluit ‘n ete in. Geen kinders in en uit by die saal nie. Al die kinders word in klaskamers geakkommodeer. Eet klaar by die huis of bring vir jouself ‘n kospakkie saam. Trek asseblief warm aan, die aande is koud. Sterkte met die laaste reëlings.

BUITEMUURS VOLGENDE WEEK:Geen buitemuurs in volgende week nie a.g.v. die konsert. Indien daar afrigters is wat wil oefen, sal hulle met leerders spesifiek reël.

KOSHUIS:Ouers kan gerus ‘n draai maak by die koshuis se Gholfdag wat op Saterdag, 26 Augustus by Jacobsdal Gholfbaan plaasvind. Vier geraamde rugbytruie word die aand opgeveil. Ouers kan telefonies ‘n bod daarvoor insit deur Pieter Groenewald by 0823226945 te skakel.‘n Voorbeeld van die vier truie word by die nuusbrief ingesluit.

LEERDERDEELNAME:TENNIS: UITSLAE TEEN DOUGLAS:0/13A: Wen 5 - 1 0/11A: Wen 4 – 2 0/9A: Verloor 4 – 2 Baie geluk!

KRIEKET: UITSLAE TEEN DE AAR:Die 0/13-span verloor met 6 paaltjies en die 0/11-span met 16 lopies teen De Aar.

MINI-KRIEKET:Sterkte aan ons 0/7 en 0/8 krieketspanne wat op Saterdag, 26 Augustus aan ons Mini-kriekettoernooi deelneem. Al die spelers moet om 8:00 voor die pawiljoen by juffrou Karin en meneer Tait aanmeld.Ons nooi ons ouers uit om die oggend saam met ons te kom geniet. Jakkies Personeel gaan heerlike verversings te koop aanbied.

LANDLOOP:Baie geluk aan die volgende 3 atlete wat vir die Griekwaland-Wes landloopspan gekies is en op 9 September aan die SA Landloopkampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem:Leo Wilkinson, Jannes Krause en Hanru Krause.

SKAAK:Baie sterkte aan Rian Steenkamp wat op 25 en 26 Augustus aan ‘n Kwalifiserende Skaaktoernooi deelneem.

NOORDKAAP KUNSTEFEES:Ons het die volgende sertifikate ontvang van leerders wat in die musiekafdeling van die Noordkaap Kunstefees deelgeneem het:Schalk Meintjes: GoudRoelfie Bekker: GoudCarla Meintjes: SilwerEsna Marais: GoudMarlien Smith: GoudBaie geluk!

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Elza van Wyk (bestraling)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewafgegee word. Baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om geregte te maak en brode te bak. Wees ver. seker dat ons dit baie waardeer. Jakkie-ouers
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewafgegee word. Baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om geregte te maak en brode te bak. Wees ver. seker dat ons dit baie waardeer. Jakkie-ouers
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewafgegee word. Baie dankie ook aan die ouers wat bereid is om geregte te maak en brode te bak. Wees ver. seker dat ons dit baie waardeer. Jakkie-ouers