jaarverslag vir burgers 2012/2013 - western cape · 2014-04-07 · 2 jaarverslag vir burgers...

7
JAARVERSLAG VIR BURGERS 2012/2013

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

JAARvERSLAG vIR BuRGERS2012/2013

Page 2: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

Jaarverslag vir Burgers 2012/132

WAT ONS DOEN

Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf.

Kuns- en Kultuurdienste om die ontwikkeling, bewaring en

bevordering van kuns en kultuur te fasiliteer deur:

Befondsing van kuns- en kultuurorganisasies in die

provinsie;

Ondersteuning van kapasiteitsbou en opleiding van

kunsadministrateurs en kunspraktisyns;

Betrokkenheid in vennootskappe en samewerking met

kuns- en kultuurorganisasies, opvoedkundige inrigtings

en munisipaliteite;

Steun aan kuns- en kultuurgeleenthede (bv. skeppende

platforms en feeste); en

Voorsiening van administratiewe steun aan die Wes-

Kaapse Kultuurkommissie.

Taaldienste om veeltaligheid in die Wes-Kaap te bevorder,

trots en begrip onder ons mense te vestig en om voorheen

gemarginaliseerde tale aktief te ontwikkel deur:

Die voorsiening van vertalings-, redigerings- en

tolkdienste aan provinsiale regeringsdepartemente;

Steun aan die implementering van die Wes-Kaapse

Taalbeleid in die provinsiale regering;

Die bevordering van isiXhosa, Nama en Suid-Afrikaanse

Gebaretaal; en

Die voorsiening van administratiewe steun aan die Wes-

Kaapse Taalkomitee.

Museums, Erfenis en Geografiese Naamdienste om

die provinsiale erfenis te bevorder en te bewaar deur

museum-, erfenis- en geografiese naamdienste en deur:

Befondsing van provinsie-ondersteunde museums;

Betrokkenheid in uitreikprogramme na gemeenskappe;

Ontwikkeling van beleidsrigtings;

Navorsing en ontwikkeling van uitstallings;

Navorsing oor die agtergrond en oorsprong van

geografiese name;

Opvoedkundige programme vir skole te fasiliteer;

Geleenthede wat tot die nasionale trots bydra, bv.

Vryheidsdag, te fasiliteer; en

Administratiewe steun aan die Raad van Erfenis Wes-

Kaap te voorsien

Biblioteekdiens om biblioteek- en inligtingsdienste te

voorsien deur:

Voorsiening van nuwe biblioteekmateriaal aan

biblioteke;

Fasilitering van promosieprojekte en

geletterdheidsveldtogte, bv. Suid-Afrikaanse

Biblioteekweek en Nasionale Boekweek;

Voorsiening van opleidingsprogramme aan openbare

biblioteek-personeel;

Die implementeer van die SITA-Biblioteeksinligtings

bestuurstelsel (SLIMS)in openbare biblioteke en die

voorsiening van inligting en kommunikasie-tegnologie

(IKT) –infrastruktuur aan biblioteke;

Voorsiening van gratis openbare internettoegang aan

biblioteekgebruikers;

Beter toegang tot biblioteekdienste deur boekwaentjies

Voorsiening van befondsing aan munisipaliteite vir die

verbetering van openbare biblioteek-dienste;

Befondsing van nuwe biblioteekfasiliteite; en

Steun aan die opgradering van bestaande fasiliteite.

Argiefdienste om argivale en rekordbestuursdienste te

voorsien deur:

Verkryging van waardevolle rekords;

Bewaring van historiese argivale rekords;

Fasilitering van gemeenskapsbewustheidsprogramme

en uitstallings

Deelname aan nasionale en internasionale geleenthede,

bv. die Nasionale Argiefweek;

Bestuur van die argiefleeskamer vir navorsers;

Rangskik en beskryf van die argivale materiaal om

maklike toegang vir navorsers te bewerkstellig;

Rekordbestuursopleidingsprogramme in

regeringsliggame; en

Ondersoek en goedkeuring van rekordklassifikasiestelsels.

Sportontwikkeling om vir alle skole en hul leerders

toegang tot sportgeleenthede te skep en om

ontwikkelingsprogramme vir sport en ontspanning te

voorsien deur:

Die stig van ontspanningsgebaseerde organisasies;

Voorsiening van steun aan MGO (Massa-deelname,

Geleentheid en toegang, ontwikkeling en groei)

Ontspanningsentra;

WIE ONS ISOns is die Wes-Kaapse Regering Kultuursake en Sport. Ons taak is om deur die

aanmoediging van skeppende vennootskappe met ander, uitnemendheid en inklusiwiteit in sport en kultuur aan te moedig. Ons skep die geleenthede vir toegang

en massa-deelname, talent-identifisering en vaardigheidsontwikkeling.

WIE IS IN BEHEERDie Minister is dr. Ivan Meyer. Hy is ’n verkose politikus en is, in ooreenstemming

met nasionale en provinsiale regeringsbeleid, verantwoordelik vir die bedryf van die Departement se aktiwiteite.

Die Departementshoof is mnr. Brent Walters. Hy is ’n staatsamptenaar wat aangestel is om te verseker dat die Departement die Minister en die regering se aanwysings

doeltreffend en doelmatig uitvoer.

Page 3: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

Jaarverslag vir Burgers 2012/13 3

Personeel

Daar is tans 628 personeellede in diens by persele regoor die provinsie.

ONS ORGANISASIE EN PERSONEEL

Werknemers volgens ras

Gekleurd34755%

Afrikaan17328%

Indiër41%

Wit10417%

Werknemers volgens geslag

Vroulik32251%

Manlik30649%

Manlik5

Vroulik5

Werknemers met gestremdhede

Tale wat gepraat word

Engels, Afrikaans en isiXhosa is die drie amptelike tale van die Wes-Kaap. Die meeste personeellede praat twee van die drie

amptelike tale van die provinsie.

Fasilitering van hoëprestasie-sportkampe;

Organiseer van hub festivals;

Steun aan MGO-sportsentra;

Steun aan ligas, toernooi-kompetisies en feeste;

Fasilitering van vaardigheidsontwikkeling;

Talent-identifisering;

Steun aan SHARP (Sport Hoër Prestasie en Vordering

deur Ontspanningsprogramme) sentra; en

Steun aan die Wes-Kaapse Sportskool.

Sportbevordering om geleenthede in sport te bevorder

deur:

Toeganklike, bekostigbare fasiliteite, programme en

dienste te voorsien;

Befondsingsteun aan geaffilieerde provinsiale en

streeksportfederasies te verleen;

Sportadministrateurs op te lei;

Tegniese beamptes op te lei;

In sportontwikkelingsaktiwiteite betrokke te raak;

Die bou en verbetering van sportfasiliteite te

ondersteun;

Fasilitering van hoëprestasie-sportprogramme;

Sport vir gestremdes te ondersteun;

Vroue- en meisiesport te ondersteun;

Transformasie in sport te ondersteun;

Steun aan groot geleenthede te voorsien; en

Sporttoekenningsgeleenthede te organiseer.

ONS BEGROTING

Uiteensetting van die begrotingstoewysing:

Bedrag - 2012/13

Vergoeding van personeel R138,042 miljoen

Programme R114,422 miljoen

Bedryfskoste R139,810 miljoen

Totaal R392,274 miljoen

Uiteensetting van die toewysing per program (vergoeding uitgesluit):

Program Bedrag

1. Administrasie R10,643 miljoen

2. Kultuursake R32,310 miljoen

3. Biblioteek- en Argiefdienste R119,219 miljoen

4. Sport en Ontspanning R64,252 miljoen

Totaal R226,424 miljoen

Page 4: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

Jaarverslag vir Burgers 2012/134

ONS PRESTASIE IN 2012/2013

KuNS- EN KuLTuuRDIENSTE

• 70 organisasies het befondsing ontvang

• 26 kuns- en kultuurgeleenthede is gereël

• 119 kunstenaars is opgelei

• 12 mentorprogramme is gebruik om kuns- en

organisatoriese ontwikkeling te bevorder.

TAALDIENSTE • 638 dokumente is geredigeer en vertaal

• Tolkdienste is op 12 geleenthede voorsien

• 24 mense is opgelei om tolkdienste te lewer

• 2 projekte is geloods om veeltaligheid te bevorder

• 2 projekte gerig op die regstel van historiese

taalongelykhede is geloods

• 2 projekte is geloods om voorheen

gemarginaliseerde inheemse tale en SA Gebaretaal

aktief te ontwikkel.

MuSEuMDIENS

• 368 332 mense het museums besoek

• 4 uitreikprogramme is uitgevoer

• 19 provinsie-gesteunde museums het steun

ontvang

• 4 plaaslike museums het steun ontvang

• 741 leerders het aan skool-uitreikprogramme

deelgeneem

• 4 opvoedkundige programme is ontwikkel.

ERfENIS- EN GEOGRAfIESE

NAAMDIENSTE

• 14 erfenisterreine is bevorder

• 300 geografiese name is hersien

• 3 plaaslike owerhede het opleiding oor die

hantering van geografiese naamsveranderinge en

die standaardisering van name ontvang.

BIBLIOTEEKDIENS

• 15 promosieprojekte is uitgevoer

• 373 personeellede is by gemeenskapsbiblioteke

opgelei

• 72 nuwe biblioteke is met die gerekenariseerde

biblioteek- en inligtingsbestuurstelsel verbind

• 222 461 biblioteek-items is geprosesseer

• 4 995 biblioteek-items is gekatalogiseer

• 343 biblioteeksentrums regdeur die provinsie het

steun ontvang.

ARGIEfDIENS

• 34 regeringsliggame is geïnspekteer

• 137 rekordbestuurders is opgelei

• 15 bewustheids- en bevorderingsprojekte is

geloods

• 54 413 rekords is deur navorsers geraadpleeg

• 317 liniêre meter argiefmateriaal is georden.

SPORTBEvORDERING

• 111 geaffilieerde provinsiale sportfederasies is

ondersteun

• 2 sportfasiliteite is verbeter

• 58 atlete het hoëprestasiesport-ondersteuning

ontvang

• 126 vrywillige sportadministrateurs is opgelei

• 5 sportgeleenthede vir gestremdes het steun

ontvang

• 6 vroue- en meisiesportgeleenthede het steun

ontvang

• 30 hoofgeleenthede het plaasgevind

• 6 ontspanningstrukture is gestig en ondersteun

• 12 848 mense het aan

ontspanningsportgeleenthede en programme

deelgeneem

• 49 ontspanningsgeleenthede is aangebied

SPORTONTWIKKELING

• 14 sportkodes is gespeel in interprovinsiale liga-

wedstryde in alle distrikte van die provinsie

• 8 distrikgebaseerde inheemse spele-feeste het

plaasgevind

• 5 afrigtingsklinieke is aangebied

• 6 toekenningsgeleenthede is aangebied

• 176 MGO-sentra het funksioneer.

Page 5: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

Jaarverslag vir Burgers 2012/13 5

DIENSLEWERINGSvERBETERINGSINISIATIEWE

Twee dienste is geïdentifiseer vir die verbetering van die Diensleweringsverbeteringsplan: Taaldienste en Argiefdiens.

Hierdie inisiatief het gefokus op die verbetering van diensstandaarde wat gekoppel is aan die Batho Pele-beginsel van

toegang, inligting en regstelling. ’n Kliëntedienshandves is ontwikkel om bevoordeeldes in te lig oor hulle reg op dienste en

verantwoordelikhede, diensstandaarde, openings- en sluitingstye, dienssentrumadresse en regstelmeganismes.

ANDER vERWYSINGS

Raadpleeg die Wes-Kaapse Regering Kultuursake en Sport se Jaarverslag vir 2012/13 vir meer inligting oor die

Departement se prestasies.

Page 6: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

Jaarverslag vir Burgers 2012/136

Notas

Page 7: JAARvERSLAG vIR BuRGERS 2012/2013 - Western Cape · 2014-04-07 · 2 Jaarverslag vir Burgers 2012/13 WAT ONS DOEN Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf. Kuns-

Jaarverslag vir Burgers 2012/13 7

Vir verdere inligting, voorstelle en/of komplimente, tree asseblief in verbinding met:

Die BestuurderKommunikasie-eenheid Wes-Kaapse Regering Kultuursake en SportPrivaatsak X9067Kaapstad8000

Telefoonnommer: 021 483 9877Faksnommer: 086 607 0208e-pos: [email protected] Webwerf: www.westerncape.gov.za/cas

HOE OM MET ONS IN vERBINDING TE TREE