desember 2014 nuusbrief - rsa brokers...tot die internet verkry. in die verwelkomingsbrief wat...

20
Bladsy 1 DESEMBER 2014 NUUSBRIEF Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET 1 Finsolnet Nuus Bl.2 2 Beleggingsnuus en Beleggingsbeleid aanpassings 3 3 Projekte 4 4 Ekonomiese Oorsig en grafieke 4-12 5 Inkomstebelasting 13 6 Vlekvryestaal Houers 13 7 Verdeling van Kapitaal 13 8 Maandelikse reisprogram 14 9 Algemeen 14 9.1 Makelaar Magtiging vs. Makelaar Aanstelling 14 9.2 Onderbetaling van AIMS Vergoeding 14 9.3 Radio Advertensies, praatjies en mark kommentaar 15 9.4 Poskantoor 15 9.5 E-pos navrae aan Japie Louw 15 9.6 Voorkoming van Boedelbelasting deur Uittree Annuïteite 15 Kantoor ure oor Kerstyd 15 10 RSA Makelaars Personeel Nuus 16 11 Bylaes 17-18 12 Personeel en Kontakbesonderhede 19-20

Upload: others

Post on 24-Dec-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 1

DESEMBER 2014 NUUSBRIEF

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

1 Finsolnet Nuus Bl.2

2 Beleggingsnuus en Beleggingsbeleid aanpassings 3

3 Projekte 4

4 Ekonomiese Oorsig en grafieke 4-12

5 Inkomstebelasting 13

6 Vlekvryestaal Houers 13

7 Verdeling van Kapitaal 13

8 Maandelikse reisprogram 14

9 Algemeen 14

9.1 Makelaar Magtiging vs. Makelaar Aanstelling 14

9.2 Onderbetaling van AIMS Vergoeding 14

9.3 Radio Advertensies, praatjies en mark kommentaar 15

9.4 Poskantoor 15

9.5 E-pos navrae aan Japie Louw 15

9.6 Voorkoming van Boedelbelasting deur Uittree Annuïteite 15

Kantoor ure oor Kerstyd 15

10 RSA Makelaars – Personeel Nuus 16

11 Bylaes 17-18

12 Personeel en Kontakbesonderhede 19-20

Page 2: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 2

1. SYGNIA BELEGGINGSOPBRENGS Ten spyte van ongunstige internasionale en plaas-like ekonomiese omstandighede vir September en Oktober 2014, het Sygnia in samewerking met hulle 10 portefeulje bestuurders steeds goed presteer. Verwys in hierdie opsig na die grafieke op bl. 12. In ons Junie 2014 Nuusbrief, bladsy 6 en 7 het ons ʼn baie duidelike uiteensetting aan u gegee van hoe Sygnia se konserwatiewe, matige en aggressiewe strategieë met die ekwivalente marksegment waarin hulle kompeteer, vergelyk het. In die Junie 2014 grafieke het Sygnia baie goed vertoon, maar nou dat die rivier nie meer afkom nie en die water minder word, vergelyk hulle selfs beter (sien bl. 12 vir opgedateerde grafieke). Dit impli-seer dat Sygnia se span fondsbestuurders selfs in moeilike tye steeds presteer! Sygnia het so pas toestemming verkry om namens individue kapitaal in direkte aandele op die Johan-nesburg Effektebeurs te belê. Kliënte wat by direkte aandele portefeuljes betrokke is, is dus welkom om ons te skakel om meer besonderhede te verkry.

2. VORDERING MET OORDRAG VANAF DIE AIMS ADMINISTRATIEWE PLATFORM NA DIE SYGNIA ADMINISTRATIEWE PLATFORM:

a) OPSIONELE KAPITAAL: Goeie vorde-ring is met die oordrag van kliënte se opsionele (eie) kapitaal gemaak en die meeste daarvan is reeds oorgedra.

b) UITTREE ANNUÏTEIT EN LEWENDE ANNUÏTEIT: Ons het ook fluks gevorder met die oordrag van bestaande annuïteite en is tans besig om lewende annuïteite oor te dra. Ons vertrou dat die hele oordragproses binne die volgende 6 maande afgehandel sal wees. Let asseblief daarop dat, voordat AIMS se admini-strasie van Lewende Annuïteite finaal oorgedra word na Sygnia se administrasie, daar nóg ʼn brief wat die finale waardes reflekteer aan elke kliënt gestuur sal word. Kliënte moet asseblief die dokument teken en aan ons teruggestuur. (Ons hoop die Poskantoor werk die keer saam).

c) 5-JAAR LEWENSREEKS BELEG-GINGS BY AIMS Soos in die Junie 2014 nuusbrief bevestig, is ons nie noodwendig van voorneme om hierdie beleg-gings op te vra nie. Hierdie beleggings was met spesifieke belasting, kontantvloei en boedelbeplanningsvoordele in hierdie formaat geplaas. Indien ons wél hierdie portefeuljes moet opvra, sal ʼn nuwe 5-jaar termyn weer van vooraf moet begin. Dit is onwaarskynlik dat dit effektief sal wees en daarom sal ons die bestaande beleggings verkieslik in bogenoemde formaat laat.

3. VOORDELE VAN ADMINISTRATIEWE OORDRAG: Ons ontvang steeds navrae van kliënte wat admini-strasie met fondsbestuur verwar. Ons bevestig weereens dat slegs AIMS se administrasie oorgeskakel word na Sygnia se administrasie. Ons verwys u na ons Desember 2013 nuusbrief waarin die voordele sowel as die oordragproses deeglik uiteengesit is Let asseblief daarop dat AIMS in die verlede niks met fondsbestuur te doen gehad het nie. Fondsbestuur = Fondsbestuurder moet:

- Beleggingskapitaal in regte onderafdelings van die onderliggende portefeuljes aanwend;

- beleggingsproses by onderliggende fondsbe-stuurders kontroleer;

- verseker dat fondsbestuurders kapitaal in terme van geskrewe mandate bestuur;

- portefeulje samestelling na gelang van wat in die ekonomie gebeur en kliënt se behoeftes aanpas;

Administrasie = papier werk, i.e.:

- Aansoeke hanteer;

- kapitaal hanteer;

- uitreik van dokumente (polisse, beleggings, kwartaalstate, inkomstebelastingstate);

- inkomste onttrekkings reël;

- internet toegang reël; Daar kan dus as gevolg van Administrasie verskui-wing GEEN verskil in portefeulje- opbrengste wees nie, behalwe dat die verminderde administratiewe koste struktuur by Sygnia nou tot groot voordeel van ons kliënte sal wees. Ons heg weer vir u die vergelyking met Sygnia se administratiewe koste hierby aan Bylae B - Bl. 18.

11.. FFIINNSSOOLLNNEETT NNUUUUSS

Page 3: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 3

4. INTERNET TOEGANG Soos by AIMS kan u ook by Sygnia direkte toegang tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme daarmee ondervind is u welkom om ons kantoor dienooreenkomstig te skakel.

Hoewel Sygnia se verwelkomings-briewe aanvanklik net in Engels uitgestuur is, word dit eersdaags ook in Afrikaans uitgestuur.

2.1 LIBERTY LIFE PORTEFEULJES Soos in ons vorige Nuusbrief bevestig, het ons die grootste gedeelte van ons Liberty Life portefeuljes reeds na alternatiewe beleggings verskuif, omdat die opbrengs van die Liberty Life portefeuljes nie na wense was nie. Hierdie projek is feitlik gefinaliseer. Baie dankie vir u samewerking.

2.2 AANPASSINGS IN BELEID VIR BELEG-GINGSADVIES As gevolg van swakker ekono-miese vooruitsigte, plaaslik en internasionaal, vir die volgende 5 tot 10 jaar, maak ons die volgen-de oorhoofse beleggingsbeleids-aanpassings:

a) FORMULE VIR DIE BEPALING VAN INKOMSTE ONTTREKKINGS UIT OPSIONELE PORTEFEULJES EN LEWENDE ANNUÏTEITE:

In die verlede het ons op ʼn netto opbrengs van 7% p.j. uit die Sygnia konserwatiewe strategie gewerk. Hierdie netto opbrengs veronderstelling word nou na 6% p.j. verminder. Die effek daarvan is dat ons ietwat meer kapitaal in die konserwatiewe strategie sal plaas vir inkomste en dat daar dan minder kapitaal beskikbaar sal wees vir groei in die matig /aggressiewe strategieë.

b) VERPLIGTE LYFRENTES Waar kliënte verplig word om reeds by aftrede met inkomste onttrekkings van sowat 6%pj van fonds-waarde te begin, bloot omdat hulle oor te min kapitaal beskik, sal ons noodwendig daarna kyk om na gelang van omstandigheide, ±50% van die kapitaal in gewaarborgde, groeiende, enkel of gesamentlike verpligte lyfrentes te belê. Die nadeel is dat by die afsterwe van die eienaar van die lyfrente daar minder kapitaal beskikbaar sal wees. Die voordeel is egter dat dit enorme sekuriteit aan inkomste en veral groeiende inkomste verskaf, aangesien gewaarborgde jaarlikse eskalasie van inkomste ingebou kan word.

c) VERDELING VAN KAPITAAL VIR GROEIENDE BELEGGINGS

Wat die groeiende komponent van portefeuljes betref, wat in hoofsaak tussen die matige en ag-

gressiewe strategieë van Sygnia verdeel is, word hierdie portefeuljes soos volg aangewend: Die matige strategie word nou tussen Sygnia se inflasie +4 strategie en Sygnia se indeksfonds verdeel. Die hele effektetrustbeurs word in verskillende indekse ingedeel, bv. industriële indeks; finansiële indeks, ens. Uit hierdie indekse groepeer Sygnia konserwatiewe, matige en aggressiewe portefeuljes. Sygnia beheer die portefeulje samestelling. By ʼn Indeksfonds is daar geen Fondsbestuurder betrokke nie. Die administrasiefooi is NUL en die bestuursfooi is 0,4% per jaar van fondswaarde. Die meer aggressiewe komponent word verdeel tussen Sygnia se inflasie +6 strategie en Sygnia se buitelandse multi-bestuurde fondse. Sodoende verhoog ons dan outomaties die internasionale blootstelling in groeiende portefeuljes.

d) BLOOTSTELLING IN BUITELANDSE PORTEFEULJES

Ons bevestig dat daar reeds in al 3 Sygnia se konserwatiewe, matige en aggressiewe strategieë, 25% in buitelandse porte-feuljes belê is. In die toe-koms wil ons die buiteland-se blootstelling vergroot. Waar kapitaal suiwer vir groei aangewend word, kan ons die volgende opsies oorweeg: a) Om die kapitaal beskikbaar “open-ended” in ʼn

matig tot aggressiewe strategie soos bo genoem te belê;

b) Om die kapitaal in ʼn sogenaamde 5-jaar polis baadjie in bogenoemde strategieë aan te wend en

c) Om die kapitaal direk in die buiteland te belê in terme van die toegelate marges soos deur die Ontvanger van Inkomste toegelaat.

22)) BBEELLEEGGGGIINNGGSSNNUUUUSS EENN BBEELLEEGGGGIINNGGSSBBEELLEEIIDD AAAANNPPAASSSSIINNGGSS

Page 4: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 4

3.1 LIBERTY LIFE PROJEK Soos voorheen genoem, is die opvraging van hierdie portefeuljes en die herbelegging daarvan feitlik gefinaliseer.

3.2 UITTREE ANNUÏTEIT OMSKAKELING Die omskakeling van ou Uittree Annuïteite na beter portefeuljes - ons het reeds ver met hierdie projek gevorder en Pieter en Japie sal in 2015 voortgaan

om dit so ver as moontlik te finaliseer, ten einde beter opbrengste te bewerkstelling. 3.3 VERSKUIWING VAN AIMS ADMINISTRASIE NA SYGNIA SE ADMINISTRASIE Soos voorheen genoem vorder hierdie projek fluks en poog ons om dit teen Junie 2015 te finaliseer.

4.1 MARKTE IN OËNSKOU Ons het in die afgelope maand verskeie terugvoer sessies van individuele portefeulje bestuurders en maatskappye bygewoon, onder andere dié van Jeremy Gardiner van Investec asook dié van kleiner maatskappye. Die Sygnia kwartaalvergadering is ook bygewoon en 2 van Sygnia se portefeulje bestuurders, onder andere Coronation, het tesame met Sygnia, baie volledige terugvoer gegee. Die grafieke wat ons dan ook in hierdie nuusbrief aanhaal, kom uit Sygnia se aanbieding. Die oorheersende terugvoer wat ons hier gekry het, is dat opbrengste vir die volgende 5 tot 10 jaar baie minder sal wees as vir die vorige 10 jaar periode. Coronation se aandele opbrengsvooruitskatting vir die volgende 10 jaar is in die orde van 8%pj. Uit die aard van die saak sal daar beter en minder goeie jare/periodes wees, maar die gemiddelde opbrengs sal baie minder wees as waaraan ons gewoond geraak het. Die matige en konserwatiewe strategieë sal dan noodwendig ook minder goed vaar. Ten einde hierdie tendens teen te werk, word aanbeveel dat ʼn groter buitelandse blootstelling, veral in Dollar, oorweeg moet word. Vandaar dan ook ons beleids-aanpassings soos kortliks hier bo uiteengesit. Vooruitskatting vir die waarde van die Rand is gewelding moeilik. Voort-slepende stakings; chaos in die poskantoor; wanbestuur; swak regering en bedrog in regerings-departemente, is besig om hierdie probleem te vererger.

Die afgradering van S.A. krediet deur Moody’s as gevolg van toenemende risiko is beslis nie behulpsaam nie! Dit het ʼn uiters nadelige invloed

op die belegging van buitelandse kapitaal in Suid-Afrika en ook op toerisme. Ons het reeds in ons Desember 2013 Nuusbrief, bl. 6, ons kliënte gewaarsku om versigtig te wees met hulle individuele verwagting vir opbrengste op die beurs vir 2014. Hierdie negatiwiteit het so pas in September en Oktober gerealiseer. 2014 Het feitlik geen groei getoon nie! Ons vertrou dat 2015 ʼn beter finansiële jaar sal wees.

4.2 RENTEKOERS OORSIG / OLIEPRYS Die Reserwebank sit steeds in die onbenydens-waardige situasie dat hulle onder druk is om rentekoerse te verhoog, ten einde ons rente aan-biedings vir internasionale beleggers aantrekliker te maak. Sodoende word buitelandse kapitaal bekom om die betaalbalans te verbeter. Stygende rente-koerse sal die sukkelende, lokale ekonomie egter nader aan die afgrond bring. Dit bly egter onwaarskynlik dat ons noemenswaar-dige rentekoersstygings in 2015 sal ervaar.

Die enigste groot voordeel wat wêreld en plaaslike markte tans beleef, is die sterk daling in die prys van olie.

Dit kan internasionaal tot die vermindering van petrolpryse lei, wat weer ʼn baie positiewe effek op die ekonomiese herstel sal hê. Dit behoort ʼn sterk dalende effek op inflasie te bewerkstellig.

33.. PPRROOJJEEKKTTEE

44.. EEKKOONNOOMMIIEESSEE OOOORRSSIIGG EENN GGRRAAFFIIEEKKEE

Page 5: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 5

KOMMENTAAR:

Hierdie temas word hieronder

individueel bespreek

KOMMENTAAR:

Die skep van likiditeit het op

31ste Oktober 2014 in die VSA

tot ʼn einde gekom. Die

redelike waarskynlikheid dat

VSA rente sal begin styg, is nou

ʼn moontlikheid.

4.3 GRAFIEKE Ons gebruik Willem van der Merwe van Sygnia se statistiek uit hulle aanbieding aan Finsolnet op 24 Okto-ber 2014. Die grafieke is aangepas om die einde van Oktober se waardes te weerspieël.

KOMMENTAAR: September en Oktober was internasionaal en plaaslik baie moeilik.

Page 6: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 6

KOMMENTAAR:

Die $-gebaseerde VSA Ekonomie

herstel goed en oorheers weer die

Chinese ekonomie. Europa

benodig dringend ʼn likiditeit

inspuiting soos wat in die VSA

toegepas is, anders sal herstel nog

langer vertraag word. Japan se

Ekonomie gaan nog baie lank

neem om te herstel. Ontwikkel-

ende markte sukkel steeds om

goeie opbrengste te lewer en

buitelandse kapitaal te lok.

KOMMENTAAR:

Hierdie inligting bevestig die groot

probleme waarmee Europa tans

worstel en daar is nie baie lig in die

tonnel nie.

KOMMENTAAR:

Hierdie uiteensetting toon duidelik

die geskatte opbrengste van die

individuele wêreld ekonomieë en

spreek vanself.

Page 7: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 7

KOMMENTAAR:

Hierdie twee grafieke toon

duidelik die negatiewe

effek van September en

Oktober se mark bewe-

gings in Suid-Afrika.

KOMMENTAAR:

Die Russiese betrokken-

heid in die Oekraïne skep

steeds groot gevaar vir

wêreld onsekerheid wat

internasionale groei in

markte kan vertraag: die

moontlikheid dat die VSA

en ander lande weer in die

Midde-Ooste sal moet

ingryp, is ʼn sterk waar-

skynlikheid en skep

soortgelyke probleme.

KOMMENTAAR:

Die uitvloei van buiteland-

se kapitaalbeleggings

word duidelik in hierdie

grafiek weerspieël en die

tendens sal omgedraai

moet word ten einde ons

betaalbalans te stabiliseer

en om die Rand se waarde

te verbeter.

Page 8: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 8

KOMMENTAAR:

Die Amerikaanse ekonomie

herstel steeds baie goed en dit

gaan die Dollar se waarde

teenoor ander internasionale

geld eenhede beslis versterk

KOMMENTAAR:

Alle aanduidings is daar dat

die olieprys vir ʼn geruime tyd

laer sal neig. Moontlik sal die

skaliegas projek in Suid-Afrika

vertraag en hopelik totaal

vermy word. Verlaagde

oliepryse is baie goeie nuus vir

alle ekonomieë en veral ook

om inflasie op alle kommodi-

teite te verminder

KOMMENTAAR:

Rentekoerse in Amerika het vir

ʼn geruime tyd verminder en

die uitfasering van baie

likiditeit in die mark kan nou

moontlik dié tendens omdraai

en dit kan rentestygings tot

gevolg hê.

Page 9: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 9

KOMMENTAAR: Die belangrikste ekonomiese faktore vir redelike opbrengs in Suid-Afrika word hier uiteengesit. Ons kan net hoop dat 2015 beter as 2014 sal vaar. Hierdie faktore is van kardinale belang vir die wêreld en plaaslike ekonomie se 2015 opbrengs.

KOMMENTAAR:

Hierdie uiteensetting sit die basiese

probleme in Suid-Afrika bondig uiteen.

Page 10: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 10

:

SYGNIA INTERNATIONAL FUND PERFORMANCE

OPBRENGS VAN SYGNIA SE PRIMÊRE FONDSBESTUURDERS

KOMMENTAAR: In al 3 strategieë het Sygnia se fondsbestuurders gemaklik die mandaat doelstellings behaal.

Konserwatief

Matig

Aggressief

Page 11: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 11

Agg

ress

ief

Mat

ig

Ko

nse

rwat

ief

SYGNIA FONDSE IN AFGELEIDE INSTRUMENTE

SYGNIA INTERNASIONALE AANDELE FONDSE

SYGNIA INDEKS FONDSE

Page 12: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 12

KOMMENTAAR: Hierdie grafieke toon al die kompeterende beleggingsmaatskappye se fondsopbrengs behalings waar die beleggings

mandate dieselfde is. Die rooi kol toon Sygnia se effektiewe behalings aan, wat in al 3 segmente uitstekend is .

KO

NS

ER

WA

TIE

F

MA

TIG

A

GG

RE

SS

IEF

Page 13: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 13

5.1 BELASTINGWYSIGINGS

Die implementering van al die voorge-stelde wysigings wat in ons Nuusbrief van Junie 2014 (Bl. 8) bespreek was, is tot 01 Maart 2016 deur SARS uitgestel, omdat Cosatu by die Fiskus beswaar aangeteken het. Dit is werklik betreurenswaardig, want dit was in die afgelope 30 jaar waarskynlik van die beste voorgestelde wysigings wat nog beoog is. Weereens word hierdeur bevestig dat Suid-Afrika effektief deur die vakbonde geregeer word. Ons gaan dus vir die 2016 belastingjaar voort om weer, waar moontlik, 15% van bruto niepensioen-draende inkomste in uittree-annuïteite te belê vir belastingverligting. Ons gaan verder voort om uittree-annuïteite soos in die verlede “om te rol” en vir die daaropvolgende belastingjaar te herbelê. Die maksimum bedrag wat uit pensioenfondse, uittree-annuïteite en voorsorgfondse belastingvry beskikbaar is, bly steeds R500,000 aangesien dit op 1/3/2014 van krag gemaak is. 5.2 R30,000 PJ BELASTINGVRYE BELEGGING Vanaf die 1 Maart 2015 word R30,000 per individu in ʼn “belastingvrye spaarrekening” toegelaat. Die belegging mag jaarliks met dieselfde bedrag aange-

vul word tot ʼn maksimum van R500,000 per per-soon, per leeftyd. ʼn Penalisasie @ 40% per jaar sal op die oorskryding gehef word indien daar meer as die toegelate R30,000pj in hierdie produk belê word. Daar is tans maar karige inligting oor die aard en opbrengs van die belegging beskikbaar. Ons ver-moed effektetrusts, lewensversekeraars en staatseffekte sal betrokke wees. Sodra meer inligting bekend word, sal ons u inlig. 5.3 UITTREE-ANNUÏTEIT BYDRAES VIR DIE 2015 BELASTINGJAAR

Soos in die Junie Nuusbrief bevestig is die nodige skrywes reeds in Augustus 2014 aan individue gerig en ons bedank een en almal vir die vinnige terug-voer daarop. Ons moet dit ongelukkig weer beklemtoon dat ons geen verantwoordelikheid kan aanvaar vir bydraes wat ná 31 Januarie 2015 gemaak word nie. Behal-we by ons eie kantoor, word daar geweldige druk by die beleggingsmaatskappye waar hierdie kapitaal geplaas word, ervaar. U word dus vriendelik ver-soek om u bydrae ruim voor 31 Januarie 2015 te finaliseer. Byvoorbaat baie dankie vir u samewer-king.

6.1 MULTISTAR Die prokureurs firma, Sonnenberg, is steeds in ʼn baie moeilike hofsaak in Engeland met Multistar gewikkel. Ons sal alle belanghebbendes in kennis stel sodra ons positiewe nuus ontvang, nl. of ons kliënte deel van hierdie hofsaak kan uitmaak.

6.2 INTERNATIONAL TANK CONTAINERS As gevolg van die dalende Rand verbaas Interna-tional Tank Containers ons steeds met baie goeie opbrengste. Ons wil die Maatskappy vir die uitstekende bestuur

bedank.

Ons herbevestig ons voorstel soos per ons vorige nuusbriewe dat, as gevolg van die swak opbrengs van beleggings by Banke, individue nie meer as R30,000 in ʼn geldmark omgewing vir onvoorsiene uitgawes moet hou nie. Dit is ʼn baie beter opsie om sodanige kapitaal in Sygnia se konserwatiewe strategie vir likiditeit en groei te belê. Ons bevestig hiermee die Sygnia rekening nommer waarin sodanige kapitaalbedrae inbetaal kan word, weereens met die versoek dat,

sodra u sodanige inbetalings gemaak het, u ons asseblief van die ter sake kwitansies per faks of epos voorsien ten einde die kapitaal aan u eie portefeuljes toe te deel. SYGNIA:

Rekening Naam: Sygnia Financial Services Inflow Bank: Nedbank Takkode: 198765 Rekening Nr: 1032604158 Verwysing: Voorletters & Van

55)) IINNKKOOMMSSTTEEBBEELLAASSTTIINNGG

77)) VVEERRDDEELLIINNGG VVAANN KKAAPPIITTAAAALL

66)) VVLLEEKKVVRRYYEESSTTAAAALL HHOOUUEERRSS

Page 14: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 14

8.1 REISROETE Ons herbevestig hiermee ons maandelikse reisprogram. Indien u spesifieke finansiële omstandighede het wat u buite ons normale geskedu-leerde besoek wil bespreek, is u welkom om ʼn afspraak deur Maria de Jongh te reël. Let egter daarop dat, indien u finansiële omstandighede tot so ʼn mate verander het dat herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf om ʼn gewysigde ontleding voor te berei.

OOS-KAAP - word gedurende die 2de week van

elke maand besoek. Vanaf George beweeg ons via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en vlieg via Oos-Londen terug na Kaapstad.

JOHANNESBURG/ POTCHEFSTROOM/ PRETORIA - word gedurende die laaste week van

die maand besoek.

KAAPSTAD EN OMGEWING - kliënte word na

gelang van omstandighede in die 1ste en 3de week van die maand gesien.

8.2 ADRESSE VAN KANTOORLOKALE: Ons bevestig weer dat indien enige van ons kliënte moontlik ʼn probleem het om ons by die kantoorlokale te sien, dit net aan Maria bevestig moet word en ons sal dan die nodige reëlings tref om u aan huis te sien.

ADRES TE JOHANNESBURG: Regus House, Blok A, Wedgefield Office Park Muswellstraat Suid 17 Bryanston ADRES TE POTCHEFSTROOM: 2de Vloer, Oktrongebou, James Morokarylaan 62 Potchefstroom ADRES TE PRETORIA: Renwick House, Rubensteinrylaan 878, Moreletapark ADRES TE GEORGE: Office Reliance 123 Mitchellstraat George ADRES TE JEFFREYSBAAI: “Supertubes” Pepperstraat 12 Jeffreysbaai ADRES TE PORT ELIZABETH: Regus House, Fairview Office Park, Ringstraat, Greenacres ADRES TE OOS LONDEN: Second Office 6 Donaldstraat Vincent

9.1 DIE VERSKIL TUSSEN DIE ONDERTEKENING VAN ‘N MAKELAAR MAGTIGING OM INLIGTING TE BEKOM VERSUS ‘N MAKELAAR AANSTELLING OM PORTEFEULJES OOR TE NEEM Ons het onlangs weer ʼn geval gehad waar ʼn kliënt ʼn ABSA kantoor besoek het, bloot om inligting te verkry. Die kliënt is nie versoek om ʼn makelaar magtiging te teken om inligting te bekom nie, maar is ʼn makelaar aanstellingsvorm om as amptelike makelaar aangestel te word, gegee om te teken. Dit het verreikende gevolge gehad en die ergste van alles was dat die persoon wat die vorm laat teken het slegs in ʼn sekretariële hoedanigheid betrokke was. Met ʼn groot klomp moeite is die Bank gekontak en die saak is reggestel. Ons wil dus weer versoek dat u onder geen om-standigheide Makelaar aanstellings bloot teken nie. Die wet vereis dat daar ʼn duidelike onderskeid en ʼn beskrywing moet wees van die verskil tussen die

twee dokumente. Verwys in hierdie verband weer na ons volledige uiteensetting in ons Junie 2014 Nuusbrief (Bl. 10).

9.2 ONDERBETALING VAN AIMS VERGOEDING Met die implementering van ʼn vergoedingskontrolestelsel is gevind dat AIMS ons sedert 2003 op sekere beleggings nie betaal het nie.

Die saak word nou reggestel en sekere kliënte sal die ter sake debiete op hulle kwartaalstate waar-neem. AIMS het onderneem om aan elke kliënt ʼn verduidelikkende skrywe te stuur. Gelukkig het u vir etlike jare die voordeel van die kapitaalgroei in die portefeuljes ervaar.

99)) AALLGGEEMMEEEENN

88)) MMAAAANNDDEELLIIKKSSEE RREEIISSPPRROOGGRRAAMM

Page 15: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 15

9.3 RADIO ADVERTENSIES, PRAATJIES EN MARK KOMMENTAAR Ons vermaan u om met groot omsigtigheid inligting te ontleed en veral om nie na aanleiding van praatjies en mark terugvoer wat veral op radio uitgesaai word, oorhaastig op te tree nie. Van hierdie kleiner maatskappye lewer voortdurend terugvoer op markgebeure, ensovoorts. Alhoewel dit maatskappye is by wie ons ook kontrakte het om hulle beleggings te gebruik, bemark ons egter met opset nie hulle portefeuljes nie, as gevolg van die klein hoeveelheid kapitaal wat onder hulle bestuur is, die onbekendheid van Fondsbestuurders en die onnodige hoë administratiewe en bestuurskoste wat gehef word. Ons is intens bewus van hulle porte-feulje opbrengste en woon ook hulle terugvoer sessies by. Op soortgelyke wyse is daar gedurig advertensies oor korttermynversekering. Alhoewel ons glad nie by korttermynversekering betrokke is nie, geld presies dieselfde reëls. Ons stel voor dat indien u dit oorweeg om oor u korttermynversekering na-vraag te doen, u ten minste 3 groot maatskappye moet nader om kwotasies aan u voor te lê. Maat-skappye wat finansieel onder druk is, maak waarskynlik aantreklike aanbiedings in hierdie verband.

9.4 POSKANTOOR Die chaos wat by poskantore bestaan, het ongeluk-

kig tot gevolg dat heel-wat kliënte nie hulle keusebriewe ontvang het om hulle inkomste uit hulle lewende annuïteite betyds te kan verhoog nie. Ongelukkig kan aan hierdie situasie niks

gedoen word nie en sodanige kliënte sal eers oor ʼn jaar weer hulle reg kan uitoefen om inkomste te verander.

Ons is bekommerd dat van die skrywes wat ons aan u gerig het om juis die uittree annuïteite “om te rol” en/of u terugvoer daarop wat aan ons teruggepos is, moontlik nie by ons sal uitkom nie. U word dus versoek om, wanneer u dokumente aan ons pos, u dit indien moontlik met ʼn epos asseblief aan ons sal bevestig. Ons bedank u byvoorbaat vir u samewer-king in hierdie verband.

9.5. EPOS NAVRAE AAN JAPIE LOUW Sommige kliënte stuur eposse in verband met algemene navrae direk aan Japie en dit word graag hanteer. U word egter vriendelik versoek om per “cc” ʼn afskrif van die navraag ook aan die betrokke Administratiewe dames te rig. Japie gaan gereeld weg op sakebesoeke en is dus nie noodwendig op kantoor beskikbaar om onmiddellik aandag aan die navraag te gee nie, van daar hierdie versoek dat die administratiewe dames ook met ʼn afskrif van u epos, ingelig word.

9.6 VOORKOMING VAN BOEDELBELASTING DEUR ENKELBEDRAG KAPITAALBELEGGINGS IN UITTREE ANNUÏTEITE: Heelwat van ons kliënte ervaar dat by die afsterwe van die langslewende of by gesamentlike afsterwe, boedelbelasting ervaar sal word. Op hierdie stadi-um is gesamentlik R7,000,000 as totale boedelbelastingkorting beskikbaar. Waar bates dus hierdie bedrag oorskry, sal boedelbelasting teen 20% daarop bereken word. In die verlede is daar vir hierdie koste/uitgawe gewoonlik deur middel van ʼn lewenspolis voorsie-ning gemaak, maar as gevolg van die feit dat lewensversekering by ouer persone baie duur word, is dit nie altyd ʼn opsie nie. Ouer persone is ook nie noodwendig versekerbaar nie. ʼn Oplossing vir hierdie probleem lê daarin dat enkelbedrae in uittree annuïteite belê kan word en dat hierdie kapitaal dan ná dood, onmiddellik en belastingvry aan die begunstigdes beskikbaar sal wees. Indien u daarin belangstel dat ons hierdie opsie in detail met u moet bespreek, verneem ons graag van u.

KANTOOR URE OOR FEESTYD

Ons kantore sluit: 12 Desember 2014

Ons open weer op: 5 Januarie 2015

Page 16: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 16

1100)) RRSSAA MMAAKKEELLAAAARRSS -- PPEERRSSOONNEEEELL NNUUUUSS

Eileen van Zyl het aan die einde van Junie 2014, na 21 jaar by RSA Makelaars, ons diens verlaat. Ons sê vir haar dankie vir haar getroue diens en wens haar voor-spoed toe.

ʼn Tweede dogter vir Japie en Lynelle Louw, Mialise, is op 18 Augustus 2014 gebore. Baie geluk aan hierdie gesin met die pragtige nuwe toevoeging. Baie geluk ook aan Oupa Pieter en Ouma Lynette Smitsdorff met hulle 4e kleinkind.

Die groei wat RSA Makelaars in 2014 ervaar het, is in hoofsaak te danke aan die ondersteuning van ons jarelange kliënte en as gevolg van nuwe kliënte wat deur bestaande kliënte na ons verwys word. Ons wil graag ons opregte dank aan een en elke kliënt betuig vir u deurlopende ondersteuning.

Anzette, oudste dogter van Magda en Johan Matthee, het haar aan Christo verloof en ons wens die paartjie baie voorspoed vir die toekoms en die beplanning wat daarmee saamgaan.

Jean Marais, oudste seun van Linda en Johan Marais, het ook intussen aan Clair verloof geraak en die groot dag is op 2 April 2015. Baie geluk aan almal en sterkte met die reëlings.

Anien en Vicus Schoeman se dogter, Nadia, tree op 10 Januarie 2015 in die huwelik met Armand. Baie geluk en seënwense aan die toekomstige egpaar en ook aan die ouer pare. Mag alles glad verloop!

Bernice, dogter van Denise van Zyl, het vir ʼn tydjie as ontvangsdame by RSA Makelaars uitgehelp. Sy het haarself intussen as lugwaardin by Safair bekwaam. Baie geluk aan haar. Ons weet sy is ʼn aanwins vir Safair en kliënte wat van hierdie redery gebruik maak kan maar uitkyk vir die mooi blonde lugwaardin.

Ons verwelkom graag vir Anien Schoeman in ons Admin afdeling. Anien is op 2 JULIE 2014 in die plek van Eileen by ons aangestel en sy is vinnig besig om haar in Eileen se skoene in te grawe. Ons weet dat sy spoedig baie goeie verhoudings met al haar kliënte gaan opbou.

Page 17: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 17

BYLAE A – FINSOLNET FONDSFEITESTAAT

1111)) BBYYLLAAEESS

Page 18: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 18

BYLAE B

Gemiddelde Kliënt mark

waarde

SYGNIA AIMS OLD MUTUAL WEALTH

ALLAN GRAY

GLACIER INVESTEC MOMENTUM

R 500,000 R 1 425 R 2 280 R 2 565 R 2 280 R 2 250 R 2 280 R 2 280

R 1,000,000 R 2 850 R 4 560 R 5 730 R 4 560 R 5 700 R 4 560 R 4 560

R 2,000,000 R 5 700 R 7 980 R10 260 R 7 980 R 8 693 R 7 410 R 8 265

R 4,000,000 R 7 980 R13 680 R13 680 R12 540 R14 939 R13 110 R13 965

R 5,000,000 R 9 120 R17 100 R15 390 R14 820 R17 243 R15 960 R16 815

R 6,000,000 R10 260 R13 680 R17 100 R17 100 R19 523 R18 810 R19 665

R15,000,000 R20 520 R34 200 R32 490 R37 620 R40 043 R44 460 R45 315

SYGNIA Administrasie en Bestuursfooie

Sygnia Fondse

BESTUURSFOOIE

istration & Manage-

ment fees – VAT

included

ADMINISTRASIE FOOIE

Effektetrust Sygnia CPI plus 2% Sygnia CPI plus 4%

Sygnia CPI plus 6%

Glyskaal: (BTW Uitgesluit) Saldo < R2,000,000 = 0.25% pj

Saldo > R2,000,000 = 0.10% pj

Gemiddelde: (BTW Ingesluit)

0.69% pj 0.75% pj 0.79% pj

Sygnia Multi-Bestuurdefondse

Gespesialiseerd - Sygnia Aandelefonds Buitelands - Sygnia Buitelandse Gebalanseerdefonds Buitelands Gebalanseerd - Sygnia Signature 40/50/60/70 Fund of Hedge Funds - Sygnia All Star / Absolute / Signature

Saldo < R2,000,000 = 0.25%pj Saldo > R2,000,000 = 0.10% pj

(BTW Uitgesluit)

1.026% pj 0.80% pj 0.80% pj 0.85% pj

(BTW Ingesluit)

Sygnia Indeksfondse

Gespesialiseerd - Sygnia Genoteerde Eiendoms-indeksfonds

- Sygnia Top 40 Indeks - Sygnia SWIX Indeks - Sygnia DIVI Indeks

Internasionaal - Sygnia Internasionale Aandelefonds

Buitelandsgebalanseerd - Sygnia Skeleton 40/50/60/70 - Sygnia Skeleton Gebalanseerdefonds

NIL 0.40 % pj

(BTW Ingesluit)

Alternatiewe Effektetrust Maatskappye beskikbaar op Sygnia Administratiewe Platform:

Allan Gray Foord Mazi Kapitaal MET aandele Coronation Investec Cadiz Absolute Opbrengs Prudential 36One Aandele Stanlib Buigbare Inkomste

Saldo < R2,000,000 = 0.50% pj Saldo > R2,000,000 = 0.20% pj

(BTW Uitgesluit)

Per elke individuele Bestuursmpy gemiddeld

1.4% - 1.8%pj (BTW Ingesluit)

PLATFORM KOSTE (ADMIN. FOOI) VIR KLIËNT PER JAAR

Page 19: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 19

.

1122)) PPEERRSSOONNEEEELL KKOONNTTAAKK BBEESSOONNDDEERRHHEEDDEE

PPEERRSSOONNEEEELL EE--PPOOSS:: TTeell.. UUiittbbrr.. NNrr..:: FFaaxx--22--eemmaaiill Peter-John Smitsdorff [email protected] Derick Payne [email protected] Japie Louw [email protected] 112 0865 752647 Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) [email protected] 101 0866 151808 Ingrid Singels (Finansiële Ontledings) [email protected] 108 0866 151618 Colleen Knoetze (Ontvangs/dikteerwerk) [email protected] 100 0866 102734

AAddmmiinniissttrraattiieewwee AAssssiisstteennttee // KKlliiëënntteeddiieennss:: Magda Matthee (A-C ) [email protected] 111 0866 151811 Denise van Zyl (D-H) [email protected] 115 0865 950180 Michelle Hüsselmann (I-M) [email protected] 109 0865 152843 Heidi Fontini (N-S) [email protected] 107 0865 576843 Linda Marais (T-Z) [email protected] 110 0866 151810 Anien Schoeman (Portefeulje D Payne) [email protected] 113 0865 208156

Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530

GPS: S 33º52.707’ E018º38.171’

E-pos: [email protected] Webtuiste: www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za Tel: 021- 9196916 Faks: 021- 9199718

Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536

FSB KODE: 11108

Page 20: DESEMBER 2014 NUUSBRIEF - RSA Brokers...tot die internet verkry. In die verwelkomingsbrief wat Sygnia aan alle kliënte stuur word hierdie proses volledig verduidelik. Indien u probleme

Bladsy 20

RSA MAKELAARS - PERSONEEL

VOOR : Van links na regs Ingrid Singels; Pieter Smitsdorff; Maria de Jongh; Derick Payne

AGTER: Van links na regs Colleen Knoetze; Heidi Fontini; Magda Matthee; Japie Louw; Denise van Zyl; Anien

Schoeman; Michelle Hüsselmann; Linda Marais

INLAS 1: Pam Coetzee – Belastingkonsultant INLAS 2: Sarah Pieterse – Teedame

Die span by RSA Makelaars wil graag vir elkeen van ons gewaardeerde

kliënte en hulle geliefdes, ʼn geseënde Kersfees toewens.

Ry veilig, rus lekker en kyk mooi na mekaar tot 2015 dan...