by die doopvont - durbanville gemeente - wie is ons februarie blitsig.pdf · jy kan ‘n...

4
Ek plaas liefde elke dag op die spel. Daar is niks waarmee ek minder goed is as met die liefde nie. Ek is veel beter daarmee om te kompeteer as om lief te hê. Ek reageer veel eerder instinktief en vanuit my eie ambisies as vanuit die liefde. Ek is geskool en opgelei in die ontwikkeling van my eie vaardighede en potensiaal – om uiteindelik my sin te kry. En tóg besluit ek elke dag om dít wat ek die beste kan doen opsy te skuif sodat ek kan probeer om dít te doen wat ek maar baie lomp doen – naamlik om myself oop te maak vir die frustrasies en mislukkings van die liefde; om dit te waag om te misluk wanneer ek probeer om lief te hê eerder as om te slaag in die vervulling van my eie trots en ambisies. Na aanlieding van 'n oordenking deur Eugene Peterson Ons staan vandag stil by 1 Johannes 4: 7-21 09:00 Klassieke Diens Dr. Tinus van Zyl Doop Kerkgebou 09:00 Familiediens Ds. André Agenbag Gemeente Sentrum Jeuggroepe: Voorskool tot Gr 6 10 Februarie 2019 VANDAG 18:00 DG Leef diens Ds. André Agenbag Tema: gods of entertainment Jeuggroepe Gr 7-11 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld BAIE WELKOM NUWE INTREKKERS! Ons wil jou graag leer ken en kan nie wag om jou te ontmoet nie – gee gerus jou kontakbesonderhede aan die kerkkantoor deur. Een van ons leraars sal dan kontak maak om 'n besoek af te lê. Skryf gerus jou naam in die nuwe intrekkerboek in die portaal. Jy kan ook ons webblad besoek by www.durbanvillegemeente.co.za vir meer inligting oor die gemeente. Lidmaatskapoorplasings kan by Christa aangevra word by 021 9756370. Ons sien uit om jou deel te maak van die Durbanville Gemeente-familie! By die DOOPVONT ... Klassieke diens dr Tinus van Zyl OLIVIER Danie & Rachelle doop vir JANA

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: By die DOOPVONT - Durbanville Gemeente - Wie is ons Februarie BlitSig.pdf · Jy kan ‘n advertensie van besigheidskaartjie grootte plaas in ons SIG. Adverteer gerus jou dienste of

Ek plaas liefde elke dag op die spel. Daar is niks waarmee ek minder goed is as met die liefde nie. Ek is veel beter daarmee om te kompeteer as om lief te hê.

Ek reageer veel eerder instinktief en vanuit my eie ambisies as vanuit die liefde. Ek is geskool en opgelei in die ontwikkeling van my eie vaardighede en potensiaal – om uiteindelik my sin te kry. En tóg besluit ek elke dag

om dít wat ek die beste kan doen opsy te skuif sodat ek kan probeer om dít te doen wat ek maar baie lomp

doen – naamlik om myself oop te maak vir die frustrasies en mislukkings van die liefde; om dit te waag om te misluk wanneer ek probeer om lief te hê eerder

as om te slaag in die vervulling van my eie trots en ambisies.

Na aanlieding van 'n oordenking deur Eugene Peterson

Ons staan vandag stil by

1 Johannes 4: 7-21

09:00 Klassieke Diens

Dr. Tinus van Zyl Doop

Kerkgebou

09:00 Familiediens

Ds. André Agenbag

Gemeente Sentrum

Jeuggroepe:

Voorskool tot Gr 6

10 Februarie 2019

VANDAG

18:00 DG Leef diens

Ds. André Agenbag

Tema: gods of entertainment

Jeuggroepe Gr 7-11

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

BAIE WELKOM NUWE INTREKKERS! Ons wil jou graag leer ken en kan nie wag om jou te

ontmoet nie – gee gerus jou kontakbesonderhede aan die kerkkantoor deur. Een van ons leraars sal dan

kontak maak om 'n besoek af te lê. Skryf gerus jou naam in die nuwe intrekkerboek in die portaal. Jy kan ook ons webblad besoek by www.durbanvillegemeente.co.za vir

meer inligting oor die gemeente.

Lidmaatskapoorplasings kan by Christa aangevra word by 021 9756370.

Ons sien uit om jou deel te maak van die Durbanville Gemeente-familie!

By die DOOPVONT ...Klassieke diens dr Tinus van Zyl

OLIVIER

Danie & Rachelle

doop vir JANA

Page 2: By die DOOPVONT - Durbanville Gemeente - Wie is ons Februarie BlitSig.pdf · Jy kan ‘n advertensie van besigheidskaartjie grootte plaas in ons SIG. Adverteer gerus jou dienste of

VOORBIDDINGDAGBOEKWat gebeur hierdie week?

Ma. 11 Februarie

08:00 Drie maal God: Week vier

Di. 12 Februarie

08:00 Stilword (Gebed)

19:00 Kerkraadvergadering

Wo. 13 Februarie

18:00 Kooroefening

Do. 14 Februarie

08:00 Nagmaal en Gebed

18:00 Band oefen

Vr. 15 Februarie

06:00 Mannebediening

Volgende Sondag

17 FEBRUARIE 2019

Teks: Efesiërs 2: 1-10

09:00 Klassieke Diens

Ds. André Agenbag

09:00 Familiediens

Dr. Tinus van Zyl

18:00 DG Leef diens

Ds. Wynand Breytenbach

ADVERTEER IN ONS KWARTAALLIKSE SIGJy kan ‘n advertensie van besigheidskaartjie grootte plaas in ons SIG. Adverteer gerus jou

dienste of besigheid. Dankie aan Aurora Spar vir jul getroue borg.

Kontak Alrina by die kerkkantoor.

PELGRIMSTOER NA ISRAELDs Agenbag neem 'n pelgrimstoer na Israel vanjaar

vanaf 28 Oktober tot 5 November.

Kom saam met ons en volg in die voetspore van Jesus wanneer ons o.a Bethlehem, Nasaret,

Kapernaum, die Galilea omgewing en Jerusalem besoek. Verskeie ander besienswaardighede van

Bybelse en historiese belang, soos Karmel, Megiddo, Jerigo, Masada, die Qumran gro�e en

die Dooie See sal ook besoek word.

Kom saam en ervaar die wêreld waarbinne die groot Bybelse verhale afgespeel het en beleef die

geleentheid tot geestelike verryking en verdieping wat dit bied. Kontak Ds Agenbag vir meer inlig�ng

by [email protected]

en 082 828 6404.

Martie Fourie, Jacques de Klerk,

Evelene Verster, Lenie Byliefeldt &

Riana O`Kennedy

Ons bid ook vir die familie van

Henk Badenhorst wat oorlede is.

Laat weet asb. vir Christa by die kerkkantoor –

[email protected] as jy weet

van siekes of nood êrens. Ons wil julle

graagbesoek en vir julle bid.

Page 3: By die DOOPVONT - Durbanville Gemeente - Wie is ons Februarie BlitSig.pdf · Jy kan ‘n advertensie van besigheidskaartjie grootte plaas in ons SIG. Adverteer gerus jou dienste of

Enigiemand wat belangstel om by

die koor betrokke te raak, kan

eerskomende Woensdagaand 18h00

op die orrelgallery aanmeld.

Vir meer inligting kan Stephan

gekontak word by 0844 500 100 /

[email protected].

Kooroefening

SINODALE OFFERSby die deur

STUDENTEBEARBEIDINGBediening aan studente is vir die kerk van die uiterste belang, want dit is 'n belegging in

die geestelike vorming van môre se leiers. Die fondse wat hiervoor ingesamel word, word

gegee vir bediening van studente op verskillende plekke. Die grootste gedeelte van

fondse gaan na Stellenbosch se Kruiskerk en Wellington Moedergemeente. Ander

kampusse wat bedien word, is Tygerberg en Kaapstad.

VRYWILLIGERS NODIG OM TE HELP

met versorging van mense se hare in die

siekeboeg op Donderdae oggende vanaf

08:00 tot 11:00 by Huis Aristea. Nie

vakansie dae nie. Geen kwalifikasies nodig.

Kontak vir Sume van der Merwe by

021 913 5101 of 082 475 3356

LAASTE KANS OM TE

BESPREEK VIR DIE

GEMEENTEKAMPSLEGS 10 PLEKKE BESKIKBAAR

KRAAIFONTEIN-NOORD hou Basaar Saterdag 2 Maart 2019

Plek: Fanie Theron laerskool

Tyd: 09:00

Daar gaan heerlike eetgoed en vermaak

vir die kinders wees. Kom kuier en

geniet die dag saam met ons!

FCD BENODIG SLIMFOON

FCD (Fisantekraal Centre of Development) benodig

dringend ʼn android slimfoon in ʼn goeie

werkende toestand vir kantoor gebruik.

Skakel ons gerus op 021 975 7764

NOVEMBER SE DANKBAARHEIDSOFFERDie November-Dankbaarheidsoffer is ‘n jare-lange instelling om 'n besondere en bewuste geleentheid te skep vir 'n spesiale bydrae as

deel van ons dankbaarheidslewe.

Die mikpunt vir 2018/2019 is R1 500 000 waarvan tot einde Januarie, R1 157 426

ingesamel is.

Daar is nog geleentheid vir lidmate om inbetalings hiervoor te doen.

BAIE DANKIE vir elke lidmaat se bydrae!

Page 4: By die DOOPVONT - Durbanville Gemeente - Wie is ons Februarie BlitSig.pdf · Jy kan ‘n advertensie van besigheidskaartjie grootte plaas in ons SIG. Adverteer gerus jou dienste of

Offergawes en spesiale

bydraes kan ook d.m.v.

SNAPSCAN gegee word. As u

ʼn slimfoon het, is dit baie

maklik. Laai net die

SNAPSCAN App af en volg

die instruksies.

BESONDERHEDETel: 021 975 6370

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.durbanvillegemeente.co.za

Facebook:

Durbanville Gemeente

Instagram:

@durbanvillegemeente

@DG_Leef

Twitter:

@Dgemeente

DURBANVILLE GEMEENTE

BANKBESONDERHEDEABSA, Durbanville-tak,

Rekeningnommer: 141 058 0019

Naam: NG Gemeente Durbanville

Verwysing bv. Pienaar/MDO

KERKKANTOORKERKKANTOOR

Ons benodig hulp van omgee-individue & besighede.Die Durbanville Kinderhuis het oor die jare met groot sukses vrywilligers by ons program geïntegreer. Hulle

speel ʼn baie belangrike rol in die lewens van ons kinders.

Ons wil u uitnooi om by hierdie wonderlike netwerk van omgee-individue aan te sluit, deur betrokke te raak by

die volgende programme:• Huiswerkondersteuning – Help ons kinders vir 1 uur

per week met hul huiswerk• Afhaal van skenkings – 2 uur per week

• Ontvangs – help met dienste by ontvangs – 2 ure per week. Kontakpersoon: Charmaine by

[email protected]• Fondsinsameling – ons benodig kundige

bemarkingsindividue om 4 strategiese 2-uur werkswinkels die jaar by te woon.

Ons doen ook ʼn beroep op maatskappye om as deel van hulle CSI-beleid een van hulle personeellede beskikbaar

te stel. Kontakpersoon: Johanna by [email protected]

• Liefdadigheidswinkel – ons benodig individue om ons vir 2 uur per week te help met verkope in ons winkel –

kontakpersoon: Angelina by [email protected]

• Borg 'n kind. Individue wat bereid is om ons te help met bemarkingsidees vir hierdie projek.

Kontakpersoon: Melanie by [email protected]

”Vrywilligers het nie noodwendig die tyd nie; hulle het die hart. "

Wanneer: Saterdag, 2 Maart 2019 om 10h00Waar: Durbanville GemeentesentrumToegang: R30

Mans ook welkom, want die tema is nie slegs vir vroue bedoel nie. Sy stel haar nuwe boek: “Toe-val-lig” ook bekend en sal te koop wees. Tee en verversings word bedien. Koop asb spoedig kaartjies, wél teen 25 Februarie ‘19.

AMORÉ BEKKER: “VROUE, GOD EN KOS”