baie welkom - brooklyn-gemeente · (2 korintiërs 5:20b). wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe...

8
Baie welkom 25 Oktober 2015 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Oggenddiens Saai en oes Fanie van der Schyff In Psalm 126 gebruik ons Here n eenvoudige landboubeeld om ons iets van die krag van sy Woord te leer. Sy Woord word vergelyk met saad wat gesaai word en in hierdie beeld is ons die boer wat moet saai. Uiteindelik is dit God wat laat groei. Aanddiens Waar is Jesus as ek dit die nodigste het? Paul Grobler Ons wonder en worstel soms met waar God inpas in ons lewe. Ons probeer wat met ons gebeur ontrafel en sin maak daarvan. Soms word ons ontnugter deur teleurstellings. Waar is Jesus in dit alles? Ons is soms saam met die Emmausgangers op pad en het Jesus dan nodig om ons weer perspektief te gee oor waarmee Hy besig is. Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Psalm 126 Sang: Sk 12-3:1, 2, 3 Ps 134a:4 Ps 105a:5 Ps 33a:5, 11 Sk 18-7:1, 10, 12 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Paul Grobler Skriflesing: Lukas 24:13-35 Sang: Ps 147a:1, 2 Lukas 24:13-35 Sb 10-2 (Onse Vader) Amen Residentia- Sunnyside Araratsaal 09:30 Hierdie dienste word deur die ander belanghebbende Kerke gereël. BEROEPE ONTVANG Proponent GP (Gerben) Meijer na Vryburg. Ds HV (Henning) Venter van Pinetown na Middelburg-Noord. Versoen met God Waar is Jesus as ek dit die nodigste het Lees binne … BEROEPE AANVAAR Ds D (Dirk) Kotzee van Gobabis na Pretoria- Alkantrant. DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA BEROEPENUUS SONDAG 18 Oktober 2015

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

Baie welkom 25 Oktober 2015 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Oggenddiens

Saai en oes Fanie van der Schyff

In Psalm 126 gebruik ons Here ’n eenvoudige landboubeeld om ons iets van die krag van sy Woord te leer. Sy Woord word vergelyk met saad wat gesaai word en in hierdie beeld is ons die boer wat moet saai. Uiteindelik is dit God wat laat groei.

Aanddiens

Waar is Jesus as ek dit die nodigste

het? Paul Grobler

Ons wonder en worstel soms met waar God inpas in ons lewe. Ons probeer wat met ons gebeur ontrafel en sin maak daarvan. Soms word ons ontnugter deur teleurstellings. Waar is Jesus in dit alles?

Ons is soms saam met die Emmausgangers op pad en het Jesus dan nodig om ons weer perspektief te gee oor waarmee Hy besig is.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Psalm 126 Sang: Sk 12-3:1, 2, 3 Ps 134a:4 Ps 105a:5 Ps 33a:5, 11 Sk 18-7:1, 10, 12 Sk 13-3

Duxbury: 18:30

Paul Grobler Skriflesing: Lukas 24:13-35 Sang: Ps 147a:1, 2 Lukas 24:13-35 Sb 10-2 (Onse Vader) Amen

Residentia-Sunnyside

Araratsaal 09:30 Hierdie dienste word deur die ander belanghebbende Kerke gereël.

BEROEPE ONTVANG Proponent GP (Gerben) Meijer na Vryburg. Ds HV (Henning) Venter van Pinetown na Middelburg-Noord.

Versoen

met God

Waar is Jesus

as ek dit die

nodigste het

Lees binne …

BEROEPE AANVAAR Ds D (Dirk) Kotzee van Gobabis na Pretoria-Alkantrant.

DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA

BEROEPENUUS SONDAG 18 Oktober 2015

Page 2: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

Gelukwense Almal wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf, en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle sal vir my kinders wees.

(Openbaring 21:7)

25/10 Chris v.d. Meer 073 796 0614

25/10 Johan v.d. Meer 073 734 6018

26/10 Renate Henning 083 751 7585

26/10 Peet Langley 079 640 8855

26/10 Yolanda v.d. Bijl 012 348 3144

27/10 Magriet Goosen 083 232 9443

27/10 Jaco Pienaar 083 651 4394

27/10 Theuna Stoltz 084 595 2820

28/10 Louis de Klerk 082 229 9829

28/10 Ina Herbst 082 488 5464

28/10 Jan v.d. Merwe 082 314 1941

29/10 Corien Mitchell 083 989 8650

29/10 Ian Mitchell 082 782 5463

29/10 Bettie Wiechers 082 517 0863

31/10 Abri Meyer 084 607 1108

DAGBOEK

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Stel ons in kennis stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Voorbidding word gevra vir Marili, dogter van Johan en Maryna Kruger (073 383 2198).

Agapé-fondsinsameling Agapé is besig met die laaste fondsinsameling van vanjaar. Ons verkoop servette en geskenksakkies met Afrikaanse woorde op. Die servette kos R20 per pakkie van 25 en die geskenksakkies kos R10 per pakkie waarin 10 sakkies is. Ondersteun ons gerus en moenie hierdie lekker winskopie misloop nie. Te koop by Agapé-lede.

Gelukwense Baie geluk aan Johann en Christa Arnold met die doop van hul babaseuntjie, Chris. Mag hy julle nog baie vreugde verskaf.

Vertaler dingend

benodig Ons benodig iemand om te help met die vertaling van klassisdokumente in Engels. Kontak Rentia by 012 362 0069.

Voorbidding: Maleisië Die regering het hul Islamiseringsproses in Oos-Maleisië, tuiste vir twee-derdes van Maleisië se Christene, verskerp. ’n Groot aantal Christene het reeds tot Islam bekeer weens ’n gebrek aan Bybelkennis en hul geloof. Bid vir die kerk om hul gemeentelede effektief te dissipel, sodat hulle hierdie groeiende bedreiging kan weerstaan.

Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee

Dinsdag: 08:30 Predikante-toerusting

Woensdag: 19:00 Nuwe lidmate

Ter approbasie As diakens: Coenraad Steyn, Kobus van der Westhuizen, Louw Steyn en Ilse de Villiers.

ELJADAHUIS Baie dankie aan al die bydraes (kos en kontant) wat so gereeld inkom vir Eljadahuis. Dit help regtig om die leë koskaste daar te vul. Eljadahuis het ook al agtergekom hulle kan maandeliks staatmaak op Brooklyn-gemeente om ’n groot vrag kos te gee.

Page 3: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

WEEKTEMA

Waar is Jesus as ek dit die nodigste het

TEKS:

Lukas 24:13-35

TOERUSTING

VIR GROEPE

EN GESINNE

Lees/Luister: Lees as groep of gesin saam deur Lukas 24:13-35.

Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar.

Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte: Wat is die sentrale gedagte van Lukas 24:13-35? Hoekom was dit uitsonderlik dat Jesus besluit het om aan die Emmausgangers te verskyn? Hoekom dink jy was dit nodig dat Jesus nie net dadelik vir hulle gesê het wie Hy was nie, maar dat hy hulle laat ontdek het wie Hy is? Hoe vergelyk die worsteling wat die Emmausgangers gehad het met die worsteling in jou lewe nou? Waar in die afgelope week het jy teleurstelling ervaar en hoe het jy dit hanteer? Hoe kan ons ander help om te midde van ons teleurstellings en worsteling te soek na Jesus?

Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

Bid: Bid as gesin of groep saam vir die volgende: Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer. Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het. Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid.

Page 4: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

Versoen met God 2 Korintiërs 5:11-6:2

Versoening is in die konteks van ons land polities gelaai. Die strewe na die skep van ’n “reënboognasie” is ’n poging om mense wat eens van mekaar vervreemd was, met mekaar te versoen. Dit is egter alles horisontaal gerig, ’n poging van mense om mense met mense te versoen. Geen versoening is moontlik sonder God nie. Versoening gaan in die eerste plek en ten diepste oor die mens in sy verhouding tot God – dít is waar ware versoening begin. As ons werklik ware versoening wil verstaan, dan is daar ’n goue draad wat deur alles heen loop, naamlik: “Dit is alles die werk van God” (2 Korintiërs 5:18a). Sonder God is ware versoening onmoontlik. Die kern van ware versoening is dít: “Hy het ons deur Christus met Homself versoen ...” (2 Korintiërs 5:18b). Daarop volg die inhoud van ware versoening: Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God ... die mens hulle oortredinge nie toereken nie (2 Korintiërs 5:19). Weer eens: “Dit is alles die werk van God” (2 Korintiërs 5:18a). Ons het die opdrag om God se versoening ons eie te maak: “Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het” (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en dat ek myself nie dalk bedrieg nie – dat my: “Ja, Here, ek aanvaar hierdie versoening” nie dalk bloot lippetaal is nie?

Toets jouself daaraan vir wie jy lewe (2 Korintiërs 5:15).

Toets jouself daaraan of jy God se versoening aan ander verkondig (2 Korintiërs 5:18; 6:1, 2).

Toets jouself daaraan of jy self vrede met ander mense nastreef (Matteus 5:21-26).

Dit is ’n voorreg om te mag weet dat God Homself met jou versoen het – laat jou hele lewe dit vertoon.

Hervormingsdiens die jaarlikse gesamentlike Hervormingsdiens vind plaas op 1 November om 18:30 by Brooklyn-gemeente.

Kerssangdiens Let asseblief daarop dat die Kerssangdiens skuif van 25 Oktober na 22 November om 17:00.

Aflegging van

geloofsbelydenis Dit vind plaas tydens die erediens op 8 November 2015.

Versoek Sal almal wat leë fotostaatpapier-kartondose het wat nie gebruik word nie, dit asseblief by die kerkkantoor kom afgee. Dit is vir ’n instansie wat dit vir ’n projek wil gebruik.

T E M A

POSTE BESKIKBAAR BY

AROS Met sy unieke karakter en opleidingsmodel

benodig Aros gereeld roepinggedrewe gekwalifiseerde personeel en dosente om

deel te word van die instansie. Weens uitbreiding en groei het Aros die volgende

poste vir 2016 beskikbaar:

2 administratiewe beamptes;

akademiese assistent: opvoedkundige sielkunde, leerderondersteuning, navorsing;

akademiese assistente: didaktiek, assessering, kurrikulumstudies, onderwysbestuur;

akademiese assistente: Bybelkunde, filosofie en religiestudies;

koördineerder: werwing en funksies;

notularis;

webwerf- en stelseladministrateur – intreevlak.

Volledige posbeskrywings en aansoekvorms AANLYN

http://www.aros.ac.za/ beskikbaar. Stuur gerus aan vir vriende en familie.

Page 5: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

AUGUSTUS-

DANKOFFER

"Die Augustus-Dankoffer

is jare gelede ingestel

om'n besondere en

bewuste geleentheid

te skep vir 'n spesiale

bydrae as deel van ons

dankbaarheidslewe

FINANSIËLE VERSLAG

Jun-15 Jul-15 Begrote bydraes 248,644 248,644

Bydraes 279,462 303,522

Uitgawes 280,886 243,421 Surplus/Tekort

Werklik -1,424 60,101

Aug-15 Sept-15 Begrote bydraes 248,644 248,644

Bydraes 290 392 227833

Uitgawes 342 047 278942 Surplus/Tekort

Werklik -51655 -51109

INKOMSTE BERAAM

R550 000

86% bydraes tot op

23 Oktober ontvang

=

R 472 900

BILTONG- FEES 2015

R161 440.92 INKOMSTES EN UITGAWES

Page 6: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

Jun-15 Jul-15 Begrote bydraes 248,644 248,644

Bydraes 279,462 303,522

Uitgawes 280,886 243,421 Surplus/Tekort

Werklik -1,424 60,101

Aug-15 Sept-15 Begrote bydraes 248,644 248,644

Bydraes 290 392 227833

Uitgawes 342 047 278942 Surplus/Tekort

Werklik -51655 -51109

AUGUSTUS-

DANKOFFER

"Die Augustus-Dankoffer

is jare gelede ingestel

om'n besondere en

bewuste geleentheid

te skep vir 'n spesiale

bydrae as deel van ons

dankbaarheidslewe

INKOMSTE BERAAM

R550 000

86% bydraes tot op

15 Oktober ontvang

=

R 472 900

FINANSIËLE VERSLAG

BILTONG- FEES 2015

R161 440.92

Christus-mense “In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem” (Handelinge 11:26). Ons Here Christus se Naam, so gebind aan die naam van mense wat in Hom glo ... letterlik: Christus-mense. Wat ’n erenaam! Van daardie dag af, kort ná Jesus se hemelvaart, het hierdie naam vir die wêreld ’n skelnaam geword en wrede vervolging van Christene het begin. Deur al die eeue heen, tot vandag toe, haat satan hierdie naam en probeer hy om deur geweld (en misleiding) die naam Christen dood te smoor. In ons pragtige land leef ons nog in vrede – in talle lande regoor die wêreld is daar openlike bloedige vervolging van Christene. Bid vir hulle wat vervolg word omdat hulle die kosbare naam van ons Here Christus bely en wees trots op díé erenaam aan jou gegee: Christen ... Christus-mens!

Alle nuwe lidmate word uitgenooi na ’n byeenkoms vir nuwe lidmate op

om

in d i e

Kom ma ak ke n ni s , dr i nk ’ n kop p ie kof f i e saa m m et ons e n le e r i e ts ie me er va n Brookl yn -ge me e nt e. In di e n j y d i e by ee n koms ka n bywoon , ska ke l as b. v i r

by 08 4 7 64 606 8 of

by 072 17 95 847 .

Page 7: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

TUINWOONSTEL TE HUUR Beskikbaar van 1 Desember 2015, 3

slaapkamers, 1 studeerkamer, 1 volbadkamer, groot oopplan-

kombuis met ingeboude kaste, aparte opwas. Oopplan-sit-/eetkamer, onderdak-

parkering vir 3 voertuie. Top sekuriteit. Ideaal vir bejaarde egpaar (geen trappe) of

jong getroudes. Huur is R7 500 per maand met water en elektrisiteit ekstra. Deposito van R7 500

betaalbaar voor of op 1 Des. Kontak Millie Kriek by 082 4367 460. Rabiestraat 176,

Meyerspark

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

WOONSTEL TE HUUR, LYNNWOOD In die gewilde Nine-One-Nine-kompleks in Lynnwood. Baie veilige kompleks geleë in sekuriteitsbuurt, 2 slaapkamers met ingeboude kaste, badkamer met stort, kombuis, woongedeelte met balkon. Daar is ’n toesluitmotorhuis met ’n outomatiese deur plus ’n afdak vir ’n tweede voertuig. Baie parkering vir besoekers. Naby WNNR en maklike toegang tot N1. Sowat 4 km van UP. R8 000 per maand. Kontak Alta van Niekerk by 082 339 3309.

ADVERTENSIES

DATUM ONDERWERP AANBIEDER Okt 19 Hoe vind ek God se wil wanneer ek ’n moeilike besluit

moet neem? Chris

26 Kontemporêre reformatoriese ekklesiologie Chris

Nov 2 Agapé-vergadering

9 Judas Iskariot Fanus

16 Hoe argeologiese ontdekkings in Israel help om die Bybel beter te verstaan

Coenie Scheepers

DISSIPELSKAPKAFEE

Frankfort Riviertoer • Datum: 2 tot 6 Desember 2015

• Waar: Zorgvliet (Tweeling-distrik)

• Wie: Alle hoërskoolleerders • Hoeveel: R750 per kind

• Tema: Dissipelskap (Wie, Waar, Waarom?)

• Inskrywingsvorm: Beskikbaar op Riviertoer

Facebook: riviertoer.frankfort

TUINWOONSTEL GESOEK 1- of 2-slaapkamer-tuinwoonstel word gesoek. Kontak Ansie by 076 254 1242 of 072 501 8584.

Die Kerkregering in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Die pilare waarop die gereformeerde kerkregering gebou word Pilare is die draers van ʼn brug. In elke brugontwerp word ʼn aantal pilare vereis sodat die brug aan sy doel kan beantwoord: bv. om vir die toekomstige jare daagliks ʼn getal voertuie in beweging, te kan dra. As ons in die kerkregering van pilare praat, dan voorsien die Bybel die pilare waarop die kerk gebou is, om in die daaglikse aktiwiteit in beweging te bly, d.w.s. dat die kerk in hierdie wêreld as kerk kan funksioneer om getuies te wees van Jesus Christus. (Lees in die volgende uitgawe: Die 5 pilare)

Page 8: Baie welkom - Brooklyn-gemeente · (2 Korintiërs 5:20b). Wanneer ons dit gedoen het, is ons nuwe mense (2 Korintiërs 5:17). Hoe weet ek dat ek hierdie versoening aanvaar het en

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gkbrooklyn.org.za

Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

25 Okt

Duxbury Ouderling Christoff Pretorius Diaken Carlé Erasmus

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstoom Teologiese Studentekas

Bets

1 Nov

Duxbury Ouderling Diaken Elzabé Barnard

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstoom Teologiese Studentekas

Dalina

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected] Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 [email protected]

Fanus Heystek (Residentia-Sunnyside) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).