dit webblad: · m.a. geestesgesondheid (unisa, 1996) daleen boshoff 082-770-8135 ek kan help : as...
Post on 12-Jun-2020
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Dit
Omsendbrief 17/16
2016 05 23
“Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor. Geloof is om nou reeds op die maat daarvan te begin dans.”
Ruben Alves
Geagte ouers
1. SPORT
Ouers en leerders kom ondersteun asseblief môre die netbal en rugby hier by ons skool!
1.1 Rugby
1.1.1 Wedstryde
Dankie aan al die rugbyspanne met julle pragtige spel en
goeie sportmangees tydens die wedstryde teen Laerskool
Kenmare.
Dankie aan al die ouers en personeel vir jul ondersteuning.
1.2 Netbal
1.2.1 Wedstryde
Dankie aan al die dogters, afrigters en ouers vir die netbalwedstryde wat Donderdag
by Laerskool Fairland plaasgevind het. Ons is trots op al ons netbalspelers!!
1.3 Mini-netbal
Baie dankie vir elke ouer, dogter en onderwyser vir ‟n heerlike mini-netbaldag, Saterdag,
21 Mei 2016.
Belangrike kennisgewing
Maandag, 23 Mei Gewone oefening
Oefentye vir Dinsdag, 24 Mei en Donderdag, 26 Mei is 13:15 tot 14:00 as gevolg van
ligawedstryde tuis.
o.6 Baan C
o.7 Baan A
o.8 Baan D
o.9 Baan B
Mee Noeline van Wyk
en Marthea Smith
se groep
Woensdag, 25 Mei Mini-netbal- en Tau-rugbytoernooi (tuis)
Maandag, 30 Mei Geen oefening vir mini-netbal as gevolg Super C- en D-toernooi (tuis)
Dinsdag, 31 Mei Mini-netbalfees vs Laerskool Dr Havinga en Ridgevale Primary (tuis)
Donderdag, 2 Junie Afsluiting van mini-netbal om 13:00 tot 14:00 in die saal
2/...
Privaatsak X01, Helderkruin 1733
Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: helder2@global.co.za
Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za
Baan E
2
1.4 Skaak
Baie geluk aan al die spanne met julle puik spel tydens die ligakompetisie te Laerskool
Roodekrans op Vrydag, 20 Mei 2016. ‟n Speler wat dié dag uitgestaan het was Edward
Potgieter, ‟n graad 2 leerders wat teen o.13 leerders deelgeneem het, en al sy wedstryde
gewen het.
Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het met vervoer en vir hul ondersteuning.
(E Ferreira en T Breet)
2. KULTUUR
2.1 WOW-Spelfees
Die eerste rondte (graad 1 tot 7) van die WOW-spelfees het
vandag plaasgevind. Leerders wat kwalifiseer vir die volgende
uitdunrondte sal in die week briewe ontvang.
2.2 Kunswedstryd
Spreekkore en Choral Verse groepe is goed op dreef en gedigte word met harde werk en
baie pret aangeleer.
Dankie vir almal se samewerking om ons Kruiner Kultuur te laat pronk.
(K Lourens)
3. KOOR
3.1 Koorfees
Baie dankie en geluk aan elke koorlid wat Vrydagaand, 20 Mei by die
Koorfees opgetree het. Julle sang was voortreflik en julle gedrag,
soos altyd, onberispelik. Julle was weereens fenomenaal. Dankie
aan me Nel, oom Henk en die koorouers vir julle toegewydheid.
3.2 “Sing in Harmonie” kompetisie
3.2.1 Juniorkoor
Baie geluk aan die Juniorkoor wat deurgedring het tot die finale rondte wat in
Augustus plaasvind. Ons is baie trots op elke koorlid.
3.2.2 Kinderkoor
Sterkte aan die kinderkoor wat Vrydagaand, 27 Mei 2016 aan die kompetisie
deelneem. Al die kaartjies vir dié geleentheid is reeds uitverkoop.
(M Nel)
4. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK
Mee élRaana Venter (Graad RR), Ursula Niehaus en Mariaan Deneys (Graad R‟e) sal hierdie
week aan diens wees vanaf 06:45. U neem dus u kleuter na die bogenoemde klasse/personeel.
Die ander personeel is eers van 07:15 af by hul klasse.
(L Kapp)
3/...
3
5. FINANSIES
Ons wil weereens ons ouers se samewerking vra om die administrasie van ons finansiële afdeling
te verbeter en foute, ook aan ons kant, te verminder. Dit is van uiterste belang om die
korrekte verwysings met u oorbetalings te gebruik. Ons ervaar toenemend dat ons bedrae
ontvang met verkeerde verwysings, soms herhaaldelik, nadat ons u van die fout in kennis gestel
het. In baie gevalle beland u betaling dan teen die verkeerde rekening wat ons invordering van
gelde bemoeilik. Soms is die verwysing van so ‟n aard dat ons die betaling ontvang, nie teen ‟n
rekening kan allokeer nie, bv. die verwysing wat op ons bankstate verskyn is slegs “KOORTOER”.
Hierdie probleme veroorsaak nie net dubbel werk nie maar verhoog ook ons kostes (telefoon-
oproepe, papier en ink, ens.). Ons wil dus weereens ‟n beroep op u doen om seker te maak dat u
u Rekeningnommer en die van en naam van die OUDSTE LEERDER as begunstigde verwysing
(“beneficiary reference”) gebruik. U maandstate dui aan wat teen die rekening gehef is bv.
skoolgelde, toere, ens. Hierdie verwysing sal dus geld vir alle bedrae wat op u rekening verskyn.
Onthou ook dat daar meer as een leerder in die skool is wat dieselfde naam en van het – om die
leerders te kan onderskei is die gebruik van die rekeningnommer dus baie belangrik.
Ook wil ons bevestig dat u ons slegs van ‟n betalingsbewys hoef te
voorsien indien ons u om een vra. U betalings word direk van ons
bankstate verwerk. Ten einde u bankkoste te bespaar kan u dit dus
slegs vir u rekords uitdruk sodat u dit vir ons kan verskaf indien nodig.
Baie dankie vir u samewerking om van ons skool se finansies ‟n sukses
te maak.
(E Smit)
6. HERREGISTRASIE GRAAD 1 TOT 6 LEERDERS
Dankie aan al die ouers wat reeds hul herregistrasievorms vir 2017 teruggestuur het. Alle
voltooide vorms kan tot 1 Junie 2016 by hul klasonderwysers ingehandig word. Ons doen „n
ernstige beroep op u as ouers om hierdie vorms so spoedig moontlik terug te stuur.
(Bestuur)
7. GEMEENSKAPSPROJEKTE
7.1 Sopkombuis
Baie dankie vir ons ouers en kinders se ondersteuning en bydraes,
dit word opreg waardeer. Ons gaan beslis baie kinders se harte
warm maak hierdie winter.
7.2 Groot Marico Projek
Aangeheg is ‟n skrywe vir u aandag. Kom ons as Kruiners wys ons mensliewendheid
teenoor die gemeenskap.
(A Williamson)
8. SKOOLURE EN TERMYNREËLINGS TYDENS EKSAMEN
Die Grondslagfase leerders sal vanaf 2 Junie om 12:45 verdaag en die Intersenfase leerders
(Graad 4 tot 7) om 13:00. Die termyn sal normaal voortgaan vanaf 20 tot 24 Junie. Ons
versoek u om asseblief die leerders skool toe te bring in die laaste week.
(Bestuur)
4/...
4
9. TEKKIE TAX DAG
Tekkie Tax dag vind op, Vrydag, 27 Mei 2016 plaas. Verkope sluit môre,
Dinsdag, 24 Mei. Die koste is R10 per plakker. Ongelukkig is daar geen
veters meer beskikbaar nie. Onthou die “funky” tekkiekompetisie teen R5.
Leerders trek skoolklere aan met hul tekkies.
(A Botes)
10. BELANGRIKE DATUMS
Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie
aktiwiteite betrokke is!
23 Mei 2016 - Goue Leeus oefening (o.12 en o.13)
24 Mei 2016 - Rugby vs Laerskool Dr. Havinga (tuis)
- Netbal vs Laerskool Kenmare (tuis)
25 Mei 2016 - Mini-netbal- en Tau rugbyfees (tuis)
- Rugby: o.8A en B vs Laerskool Muldersdrif (tuis)
26 Mei 2016 - Netbal ligawedstryde vs Laerskool Roodekrans (tuis)
- Goue Leeus oefening (o.12 en o.13)
27 Mei 2016 - Tekkie Tax dag
- Rugby: o.8A en B vs Randhart (weg)
- Kinderkoor: Sing in Harmonie kompetisie aand
28 Mei 2016 - Goue Leeus Millenniumdag (Pretoria)
30 Mei 2016 - Netbal Super C & D-toernooi (tuis)
Helderkruingroete
-----------------------------------------------------------------------------
GEKLASSIFISEERDE BERIGTE
A& B KUNSSENTRUM Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywings-vorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin. Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!
Vir hulp met boekhouding, finansiële state, belasting (persoonlik en besigheid), sekretariële dienste, BEE sertifikate en salarisfunksies, skakel:
Leandra by 083 537 2898
Handyman Vir gratis kwotasies, betroubare en lojale diens. Kontak Ignatius 082 926 3485 of Retha by snoepie 082 927 1244.
C SCHUTTE EN REDAKSIE
HOOF
NG Weltevreden Gemeentefees Woensdag 27 April 17:00 Kosstalletjies 19:00 Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade met Frank Opperman Kaartjies vir die vertoning is R100 per persoon en kan by die kerkkantoor gekoop word. Kontak 011 475 5510 vir meer inligting.
EVEN FASTER ELECTRICAL SERVICES
NO JOB TO BIG OR TO SMALL,WE FIX IT ALL
ALL ELECTRICAL REPAIRS AT A AFFORDABLE PRICE!
NO CALL OUT FEE!!
FREE QUOTES
24/7 ELECTRICAL SERVICES
10% DISCOUNT ON ALL ELECTRICAL REPAIRS
CONTACT DETAILS:
E-MAIL: EVENFASTER.ELECTRICAL@GMAIL.COM
E-MAIL: LOURENS.EVENFASTER@GMAIL.COM
LOURENS: 0762194963
GERDA: 0796635498
Individuele & Gesinsterapie M.A. Geestesgesondheid (UNISA, 1996)
Daleen Boshoff 082-770-8135
Ek kan help :
As julle as gesin deur ‘n moeilike tyd gaan.
Ouerleiding – “Alemene kinder-dinamiek…”
Depressie en angs (Volwassenes en kinders)
Kroniese siekte
Moeilike verhoudings in ‘n
hersaamgestelde gesin
Hantering van traumatiese ervarings
Konsentrasieprobleme in die klaskamer - - - 0 0 O 0 0 - - -
Skakel my gerus vir ‘n afspraak.
Wees ma met geld! Leer hoe om binne 5 jaar af te tree met dubbel jou huidige inkomste terwyl jy 8 ure ‘n dag met jou kinders spandeer! Vir meer inligting – click hier: www.wealthymothers.co.za/antoinette/helderkruin Antoinette Venter: antoinette@wealthymothers.co.za
RIECK MAINTENANCE cc VAT NO: 4350235257 P.O.BOX 215
CC NO: 2006/188596/23 TARLTON
E-MAIL: rieckmain14@hotmail.com 1749
FAX NO: 086 513 7733
OFFICE NO: 082 252 2611 Michael 0834007916
STEEL WORK & BUILDING
PALISADE FENCE, BALUSTRADES (MILD STEEL &
STAINLESS STEEL)
TEMPORARY SITE FENCES, BRICK BASKETS + C
ONCRETE BUCKETS
ELECTRIC FENCE,CCTV CAMERAS, GATES, CARPORTS,
FIRE STAIRCASES
SMALL STRUCTURAL STEEL PROJECTS, BURGLAR PROOFS,
SAFETY DOORS
ANY BUILDING WORK
HERSIENINGSPROGRAM GR 4-7 Kontaknommer: 011 764 4430 of roodepoort@mastermaths.co.za
GRAAD 4 & 5 Afronding
Breuke
Tyd
Lang maal
Lang deel
GRAAD 6 Afronding
Breuke
Veelvoude
Faktore & Priemfaktore
Tyd
Massa, Volume & Afstand
Orde van Bewerkings
GRAAD 7 Verhouding, koers & spoed
Priem-faktorisering
Heelgetalle OF Desimale
Lyne & Hoeke
Omskakelings
Wilgemed Apteek, h/v Mozart en
Paul Kruger, Honeydew.
Tel 011 475 4707.
Maan-Vry (08:30-20:00).
Sat (08:30-16:00), Son (09:00-12:00).
Kliniek tye: Maandag (17:00-19:00) en
Sat (09:00-12:00).
Apteker: Stefan Beukes.
Is daar enigiemand wat kan help met /of weet van vervoer vanaf Chancliffe uitbreiding, Muldersdrift of dalk een van die vulstasies op Robert Broom weg tot by Helderkruin Laerskool in die oggende vir Junie maand. Kontak: Elsie op 072 495 2964 of elsie.roux@tsogosun.com
IS YOUR HOME, FACTORY OR OFFICE IN NEED OF
RESTORATION OR MAINTENANCE? Geratech Construction is a local construction and
maintenance company specialising in: Restorations & Renovations Flooring & Walling Waterproofing Roofing & Ceilings Electrical & Painting
For quality craftsmanship and professional service, contact us today at
082 880 8419 or valerie@geratech.net
M & E Modeldskool se
nuwe seisoenkursus-
se begin week van
30 Mei 2017. Dogters
vanaf 3 tot 13 jaar
welkom. Vir meer
inligting kontak
Estelle 084 310 9908.
Studeer op ‘n slim manier!
Edublox Lees- en Leerkliniek Studiblox –
vakansiekursus dek:
Geheuetegnieke,
Opsommings,
Spoedleestenieke.
Leer hoe om jou eie toespraak te
skryf.
Leer hoe om ‘n goeie opstel te
skryf.
Kontak: (011) 764 5824 / 082 531 7200
Epos: monique@edublox.com
www.edublox.co.za
top related