statistiek vir webblad gkpotchefstroom.co.za op die kerkwerf › wp-content › uploads › 2018 ›...

4
Dagboek 26 Aug: NAGMAAL en gemeente-ete om 12:00 27 Aug: Uitdra van Evangeliekommissie om 17:30 by Ockerselaan 11 31 Aug: Gemeente-aand en hamburgerbraai Statistiek vir Webblad GKPotchefstroom.co.za Bladsye besoek Besoekers Nuwe Besoekers Terugkeer besoekers Preke afgelaai Feb '18 837 338 116 162 200 Mrt '18 1361 720 413 307 216 Apr '18 707 351 121 230 542 Mei '18 704 323 159 164 272 Jun '18 534 261 111 150 270 Jul '18 538 276 163 113 232 H A M B U R G E R B R A A I Die volgende gemeente-aand en hamburgerbraai Ons kuier gesellig saam vanaf 17:30 by die saal. Vir 'n bestelling bel Johan du Plessis by die kerkkantoor 018 294 4600 of Pieter by 082 923 1384 R 20 per hamburger. Dit bly 'n “winskoop” Op die Kerkwerf Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom Jaargang 34, nr 27 Sondag 26 Augustus 2018 REDAKTEUR: RUDY VAN DER SPOEL 018 294 3402 [email protected] Eredienste: 09:30 en 18:00 Predikant: Ds Ronald Bain 082 339 0933 Kantoor 018 294 4600 Faks: 086 610 9283 Pastorie: 018 293 2116 Karin Bain 082 532 1620 Hulpprediker: Prof Callie Coetzee 082 337 7951 Koster Pieter Bouwsema 082 923 1384 Orrelis: Magda Pelser-van der Merwe 079 872 2516 E-posadres: [email protected] Web: www.gkpotchefstroom.co.za Diensbeurte: Ouderlinge: André Vorster C5, Tom Chambers D1, diakens wyke C5 Fanie Coetzee en D1 Theunie Chamberlain. Nagmaalete vanaf 12:00 in ons saal. Diens by Huis Eikelaan 15:30: Ouderlinge van wyke B6 Flip Mostert en C1 Gert van der Walt. Bussiediens: Vandag ry Andries de Klerk 084 440 1661 Sondag 2 September ry Gert Kruger 072 314 5534 Goeiemôre broers en susters, kinders en besoekers EREDIENSTE Oggenddiens prof Callie Coetzee , aandiens teologiese student Jonker Venter OGGEND: Skriflesing: Matteus 26:17 - 30 Teks: Matteus 26: 29 SING: Psalm 100:1 - 4; Psalm 130: 2; Psalm 65: 3; Skrifberyming 16: 8 en 9 (Tema 11 - 3); Psalm 23:1, 3; Psalm 116; Skrifberyming 28b (Tema10 - 2). AAND: Votum en Seëngroet Lofsang: Psalm 135: 2, 6, 7 Gebed. Woordsang: Psalm 105: 6, 7 en 24 Skriflesing: Josua 24:1 - 28 (1953 vertaling) Fokusverse: Josua 24: 13 -14, 19 (53 vertaling) TEMA: Die HERE voorsien alles wat nodig is in die verbond vrees Hom en dien Hom in waarheid! Dankgebed: Liefdegawes: Slotsang: Psalm 111: 3, 5. Wegstuurseën NOU VRYDAGAAND 31 Augustus 2018

Upload: others

Post on 27-Jun-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Statistiek vir Webblad GKPotchefstroom.co.za Op die Kerkwerf › wp-content › uploads › 2018 › ... · Psalm 116; Skrifberyming 28b (Tema10 - 2). AAND: Votum en Seëngroet Lofsang:

Dagboek 26 Aug: NAGMAAL en gemeente-ete om 12:00 27 Aug: Uitdra van Evangeliekommissie om 17:30 by Ockerselaan 11 31 Aug: Gemeente-aand en hamburgerbraai

Statistiek vir Webblad GKPotchefstroom.co.za

Bladsye besoek

Besoekers

Nuwe Besoekers

Terugkeer besoekers

Preke Af afgelaai

Feb '18 837 338 116 162 200

Mrt '18 1361 720 413 307 216

Apr '18 707 351 121 230 542

Mei '18 704 323 159 164 272

Jun '18 534 261 111 150 270

Jul '18 538 276 163 113 232

H A M B U R G E R B R A A I Die volgende gemeente-aand en hamburgerbraai

Ons kuier gesellig saam vanaf 17:30 by die saal.

Vir 'n bestelling bel Johan du Plessis by die kerkkantoor

018 294 4600 of Pieter by 082 923 1384 R 20 per hamburger. Dit bly 'n “winskoop”

Op die Kerkwerf Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom

Jaargang 34, nr 27 Sondag 26 Augustus 2018

REDAKTEUR: RUDY VAN DER SPOEL 018 294 3402

[email protected] Eredienste: 09:30 en 18:00 Predikant: Ds Ronald Bain 082 339 0933

Kantoor 018 294 4600 Faks: 086 610 9283 Pastorie: 018 293 2116 Karin Bain 082 532 1620

Hulpprediker: Prof Callie Coetzee 082 337 7951

Koster Pieter Bouwsema 082 923 1384 Orrelis: Magda Pelser-van der Merwe 079 872 2516

E-posadres: [email protected] Web: www.gkpotchefstroom.co.za Diensbeurte: Ouderlinge: André Vorster C5, Tom Chambers D1, diakens wyke C5 Fanie Coetzee en D1 Theunie Chamberlain. Nagmaalete vanaf 12:00 in ons saal. Diens by Huis Eikelaan 15:30: Ouderlinge van wyke B6 Flip Mostert en C1 Gert van der Walt. Bussiediens: Vandag ry Andries de Klerk 084 440 1661 Sondag 2 September ry Gert Kruger 072 314 5534

Goeiemôre broers en susters, kinders en besoekers

EREDIENSTE Oggenddiens prof Callie Coetzee, aandiens teologiese student Jonker Venter

OGGEND: Skriflesing: Matteus 26:17 - 30 Teks: Matteus 26: 29 SING: Psalm 100:1 - 4; Psalm 130: 2; Psalm 65: 3; Skrifberyming 16: 8 en 9 (Tema 11 - 3); Psalm 23:1, 3; Psalm 116; Skrifberyming 28b (Tema10 - 2).

AAND: Votum en Seëngroet Lofsang: Psalm 135: 2, 6, 7 Gebed. Woordsang: Psalm 105: 6, 7 en 24 Skriflesing: Josua 24:1 - 28 (1953 vertaling) Fokusverse: Josua 24: 13 -14, 19 (’53 vertaling)

TEMA: Die HERE voorsien alles wat

nodig is in die verbond – vrees

Hom en dien Hom in waarheid!

Dankgebed: Liefdegawes:

Slotsang: Psalm 111: 3, 5. Wegstuurseën

NOU VRYDAGAAND

31 Augustus 2018

Page 2: Statistiek vir Webblad GKPotchefstroom.co.za Op die Kerkwerf › wp-content › uploads › 2018 › ... · Psalm 116; Skrifberyming 28b (Tema10 - 2). AAND: Votum en Seëngroet Lofsang:

LIEF EN LEED

Kotie Bisschoff is nou al vir meer as twee maande in

die intensiewe sorgeenheid in die Urologiese Hospitaal

in Pretoria. Tienie Venter 072 279 0878 is ontslaan uit

Mediclinic en is terug by die versor-

gingseenheid van Groen Wilgers. Sy

beleef van tyd tot tyd nog erge pyn. Estie Duvenhage 083 589 3105 is die afgelope

week opgeneem in Mediclinic, maar is intussen

ontslaan.

Hentie De Wet is die afgelope week geopereer, maar is darem weer terug in die versorgingseenheid van Groen Wilgers. Jan de Wet 082 370 2665 het Donderdag ʼn skoueroperasie ondergaan. Ons dra al hierdie lidmate op aan die Here se troue sorg. GEMEENTEKAMP Hou asb. 19 en 20 Oktober oop vir ons gemeentekamp te Takwasa kampterrein in die Vredefort koepel. Ons sal later meer besonderhede gee.

Ons wil graag ʼn beroep doen op lidmate wie se foto nog nie geneem is nie om asseblief na die diens in die saal aan te meld. Melissa Kent sal in die saal wees om die foto te neem.

VAN ALLES EN NOG WAT

KOLLEKTES: Vandag en volgende Sondag: Onder die erediens vir

Barmhartigheid. By die deure vanoggend vir Deputate Jeugsorg

Volgende Sondag se kollekte die oggend vir ons eie Jeug

Die kollekte vanaand by deure is vir Instandhouding van die erediens ------------- KATEGESE Vanoggend geen kategese vanweë Nagmaalviering

Maandag lees Laat my lammers wei Hoofstuk 57

Volgende Sondag moet julle Les 21 en Psalm 68: 1A leer. Katkisasie vir hoërskoolkinders op Woensdae om 14:15 vir Graad 8 – 10. 17:10 vir Belydenisklas by die pastorie 2

Totius-Akademie Liewe Gemeente

Totius-Akademie is tans die enigste privaat laerskool in Potchefstroom wat Afrikaans-medium onderwys op Christelike grondslag aanbied. Klasgroottes word beperk, sodat persoonlike aandag moontlik is. Ons onafhanklikheid laat ruimte vir groter kreatiwiteit in die aanbieding van vakke en die verryking van die leerplan. As voorkeur-laerskool streef ons na die hoogste gehalte onderwys. U Woord ons Lig! Ons is tans besig om ʼn rekenaarsentrum by die skool in te rig waar leerders Vakverryking in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Wetenskap kan ontvang. Elke leerder se vordering word elektronies gemonitor, want die opvoedkundige sagteware word op die verskillende rekenaars deur die meester-rekenaar bediener bestuur en elke leerder kan ook boodskappe ontvang. Tans bied ek Vakverryking vir die leerders aan deur middel van projeksie vanuit ʼn enkele rekenaar, omdat ons nie ʼn rekenaar vir elke leerder in die klas het nie. Die ideaal is egter dat elke leerder op ʼn rekenaar aanteken en die opvoedkundige lesse kan deurwerk t.w.v. inskerping. Die plan is om klasse so te konstrueer dat elke leerder se vordering op die meester-rekenaarskerm gemonitor en bestuur word, intervensie aan leerders verleen kan word en assesseringspunte dan gestoor word. Totius-Akademie het egter tans ʼn tekort aan rekenaars vir opvoedkundige gebruik. Die vrymoedigheid word geneem om die skenking van rekenaars met ten minste Windows XP, of skerms, sleutelborde, muise en stelle oorfone te versoek. Indien u andersins ʼn kontant bydrae wil maak, sal dit hoog op prys gestel word. Die bankbesonderhede is: Totius-Akademie, Standard Bank Tjekrekening 030 542 510; Taknommer 05-28-38. As verwysing kan u asb. dit as “Bydrae Rekenaarsentrum” merk. Wees asb. so vriendelik om vir ons ook ʼn epos of sms te stuur – ons wil u darem graag kan bedank! Hoë waardering vir u goedgesindheid. U suster in Christus

Magda Pelser-van der Merwe Sel: 079 87 22 516 [email protected]

7

Page 3: Statistiek vir Webblad GKPotchefstroom.co.za Op die Kerkwerf › wp-content › uploads › 2018 › ... · Psalm 116; Skrifberyming 28b (Tema10 - 2). AAND: Votum en Seëngroet Lofsang:

VAN DIE KONINGSKINDERS

Laerskool Koningskindersaksie 31 Augustus 2018 vanaf 13:30 tot 17:00

Waar? Gereformeerde Kerk Potch Oos

Geen hoërskoolaksie nie a.g.v kamp wat plaasgevind het

Skakel gerus die volgende persone: Prieur du Plessis- 071 686 4586; Willem van der Meer- 073 021 6871 Monique de Klerk- 078 802 6478

Helpende Hand Projek Ek verduidelik kortliks: vir elke 15 debietorders van R50 wat ons

bymekaar maak kry ons gemeente R10 000 vir ʼn projek van ons

keuse om armes te help. Daar is vorms beskikbaar by Karin Bain.

Onthou Solidariteit is die vakbond. Afriforum die menseregte-organisasie. Helpende Hand is die hulp aan armes in kleuterskole, skole, tersiêre instellings en bejaardes. – Karin Bain

Ons het volgens Fanie Buys van Helpende Hand nie genoeg vorms gekry om te kwalifiseer vir die R 10 000 vir ’n projek van ons keuse nie. Vir elke 15 debietorders van R50 per maand kry ons R 10 000 vir ʼn projek van ons keuse. Ons kort dus nog ’n paar mense wat bereid is om die projek in hierdie verband te ondersteun. Vir enige verdere inligting kan u Helpende Hand se webtuiste besoek by helpendehand.co.za of vir Fanie Buys kontak by 082 645 0887 of epos by [email protected]

Sondag 9 September 2018 19:00 Genesis: Fondasie van die Evangelie

Pieter le Roux - CMI spreker

Gereformeerde Kerk 33 Walter Sisulu Avenue, Potchefstroom, North West

Kontak vir navrae Jonker Venter 082 566 3216

6

BYBELSTUDIES Ons weeklikse Bybelstudies is soos volg:

Huis Eikelaan om 15:00 op Dinsdae

Jongmense om 18:30 op Woensdae in Jeugkamer.

Oggendbybelstudie Donderdae om 9:30 in konsistorie.

Donderdagaande om 18:30 in konsistorie. -------------

VERGADERINGS in Augustus:

27 Augustus: Uitdra van Evangelie-kommissie by Ockerselaan11 om 17:30

NB 31 Augustus: Gemeente-aand en Hamburgerbraai vanaf 17:30

Hamburgerbraai - Japie en Pieter vra almal se ondersteuning NOU Vrydagmiddag/aand vanaf 17:30.

FOTOBORD Nuwe lidmate word gevra om na die diens

na die saal te kom vir die neem van ʼn foto vir die

fotobord. Melissa Kent sal die foto’s neem

VERJAARDAE GEDURENDE DIE WEEK

Ons wens doop- en belydende lidmate wat gedurende die week verjaar baie geluk met hul verjaardag:

26 Aug Ettie du Plessis, Wilriepark 2, 018 290 7935

27 Aug Helena Krüger, Le Rouxstraat, 073 900 3063

28 Aug Marjolaine Oosthuizen-van Tonder, Rivierstraat 22

Clarinda Venter, Beyers Naudelaan 38

29 Aug Cecile Snyman, Huis Eikelaan Suidblok 13, 018 294 6964

Marlise Stoop, Sellschopstraat 3, 076 279 6225

30 Aug Susan Coetzer, Adrinawoonstel 212, 076 748 3671

31 Aug Elmie Reynecke, Silwerpark 8, 083 666 6303

GEMEENTE-ETE NA NAGMAAL vanaf 12:00 Die kos wat Susan en Koos Nortjé maak is altyd 'n

heerlike ete. Die spyskaart klink heerlik. Beesbredie en hoenderpastei en ander kosse daarby. Bring jou eie bord en eetgerei en iets om te drink

3

Page 4: Statistiek vir Webblad GKPotchefstroom.co.za Op die Kerkwerf › wp-content › uploads › 2018 › ... · Psalm 116; Skrifberyming 28b (Tema10 - 2). AAND: Votum en Seëngroet Lofsang:

ATTESTATE

Attestaat ontvang van die Gereformeerde Kerk Rietvallei: Juan en Ileana Scheepers, Van Heerdenstraat 12, 082 853 0607. Hulle is in Wyk A3. Die ouderling is Chris van Ryssen en geen diaken. Die wyksuster is Frieda van der Walt.

Baie welkom in ons gemeente Met attes vertrek: Josef en Anelda Hibbert na die Gereformeerde Kerk Pietersburg-Noord. Ons wens hulle baie sterkte toe in hulle werk.

VAN ONS DIAKONIE

Die kollektes vir Barmhartigheid van Sondag 19 Augustus 2018 was R 6 060.

Die kollekte ten bate van die GKSA Sustentasiefonds was R 2 050.

DIAKONIE SE KOSKAS

Baie dankie aan almal wat help om ons blikkieskos aan te

vul. As jy ʼn blikkie kos koop gooi maar ʼn ekstra een in

die mandjie vir die Diakonie. Jy kan die nie-bederfbare

produkte in die wit krat in die saal sit.

U kan enige ander nie-bederfbare kos ook skenk.

Jongmense Koffiedrink vir alle jongmense na die aanddiens. Dit gaan

baie lekker wees en bied 'n geleentheid vir almal om mekaar

te leer ken.

Vir enige navrae kontak vir Willem van Heerden op 076 450 0562. Die jaar se Riviertoer inligting is as volg: Datums: Sondag: 2 Desember 2018 tot Donderdag 6 Desember 2018

Kampkoste: R 800 per kind

Inskrywingsvorms is reeds beskikbaar (sien skakel)

https://www.dropbox.com/s/14pvj6u5v8u0yjl/2018%20-

%20Inskrywingsvorm.pdf?dl=0 Getallebeperking: 150x kinders

Alle ouers en kinders is welkom om die Riviertoer saam met ons in te lei

met ʼn gesamentlike erediens om 9:30 die Sondag-oggend in die

Gereformeerde Kerk Frankfort.

Kontak gerus vir my of Sanette (073 027 9181) met enige navrae!

4

Kinders hou partytjie Dis heerlike lente

Dis partytjietyd

Dis Saterdag 1 September 2018 om 10:00.

Ons gaan ʼn heerlike partytjie hou.

Alle kinders van graad 7 en jonger is welkom.

VANUIT KERKVERBAND

BEROEPE ONTVANG Ds W Jobse (Wilhan) van Jeffreysbaai na Kemptonpark. Ds TJ Moletsane (Jeremia) van Sanveld na Zamdela, Boipatong,

Sharpeville en Sebokeng.

BEROEPE AANVAAR Ds AB van der Walt (Braam) van Lichtenburg na Eden.

BEROEPE BEDANK Ds FJ van Rensburg (Frikkie) van Rustenburg-Noordoos na

Kemptonpark. 5