annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · web viewhoekom...

20
VIS EN TJIPS deur Jaco Jacobs MEMORANDUMS: HOOFSTUK 1 Vrae: 1. Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. Sy steek in haar spore vas, haar oë rek, haar maag draai en sy kreun liggies. (3) 2. Waar werk Crystal se pa? Hy werk by die akwarium. (1) 3. Wat het skynbaar die vorige nag by die akwarium gebeur? ‘n Klomp ouens het ingebreek en partytjie gehou (drankbottels en sigaretstompies in die water) en daarna graffiti op die muur geverf. (2) 4. Na wie verwys die naam “Visasem”? Waarom? Dit verwys na Ginger, die dolfyn, want sy eet vis. (2) 5. Dit klink vir Crystal of Ginger ‘n vraag vra. Wat dink jy sou die dolfyn graag wou weet? Sy sou vra waarom hulle haar tenk so bemors het / hoekom hulle dit gedoen het.

Upload: trinhcong

Post on 05-Feb-2018

443 views

Category:

Documents


21 download

TRANSCRIPT

Page 1: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

VIS EN TJIPS deur Jaco Jacobs

MEMORANDUMS:

HOOFSTUK 1Vrae:

1. Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is.Sy steek in haar spore vas, haar oë rek, haar maag draai en sy kreun liggies.

(3)2. Waar werk Crystal se pa?

Hy werk by die akwarium.(1)

3. Wat het skynbaar die vorige nag by die akwarium gebeur?‘n Klomp ouens het ingebreek en partytjie gehou (drankbottels en sigaretstompies in die water) en daarna graffiti op die muur geverf.

(2)4. Na wie verwys die naam “Visasem”? Waarom?

Dit verwys na Ginger, die dolfyn, want sy eet vis.(2)

5. Dit klink vir Crystal of Ginger ‘n vraag vra. Wat dink jy sou die dolfyn graag wou weet?Sy sou vra waarom hulle haar tenk so bemors het / hoekom hulle dit gedoen het.

(1)

Page 2: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 2Vrae:

1. Die eerste sin van hoofstuk 2 sluit aan by die vorige hoofstuk. Verduidelik.Hoofstuk 1 eindig met ‘n vraag: Wie sal so iets simpels aanvang? Hoofstuk 2 begin met die antwoord: Kevin Pieterse.

(2)2. Waarom rol Crystal haar oë nadat sy die woorde op Kevin se T-hemp gelees het?

Die woorde op die hemp laat dit lyk asof kevin baie van homself dink, maar crystal dink nie hy is ‘n “hunk” nie, eerder ‘n skurk.

(2)3. Wat is Kevin se straf omdat hy ingebreek het?

Hy moet 160 uur gemeenskapsdiens in die akwarium doen.(1)

4. Waarom voel Crystal dat sy die een is wat gestraf word? Sy hou nie van Kevin nie en nou moet sy so baie tyd saam met hom deurbring. Sy is kwaad vir hom en dink hy is arrogant

(2)5. Wie is oom Jules en waarom voel hy skuldig?

Hy is die nagwag en voel skuldig omdat hy geslaap het toe die ouens ingebreek het.

(1)6. Verduidelik waarom Crystal dink: “Gmf! Hy gaan nie ‘n sent betaal word vir die

vakansie se werk nie.”Sy kry lekker as sy daaraan dink dat hy niks geld vir sy werk gaan kry nie, veral as sy die woorde “te huur” op sy hemp sien.

(1)7. “Jy kan begin om jou kunswerk dood te verf.” Waarom is hierdie sin ironies?

‘n Kunswerk is iets kreatief en mooi waarna mense wil kyk, maar sy graffiti is lelik en destruktief / vandalisties.

(1)8. Hoe is dit dubbelsinnig as Crystal sê sy sal Kevin kom roep wanneer die haaie gevoer

word?Sy sal hom roep om te kom help om die haaie te voer of sy sal hom roep sodat sy hom vir die haaie kan voer (hy is die haaikos).

(2)9. Dink jy Crystal vind Kevin aantreklik, al is sy so aggressief teenoor hom? Gee ‘n rede

vir jou antwoord.Ja, want sy sê hy het ‘n sterk gesig wat ‘n mens sal wil teken en beskryf hom in detail. Sy noem ook sy breë skouers.

(2)

Page 3: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 3

1. Verduidelik waarom die akwarium dalk toegemaak gaan word.Na Fred se dood doen Ginger nie meer toertjies nie en minder besoekers kom soontoe. Die munisipaliteit wil dit toemaak omdat dit te veel geld kos om dit in stand te hou.

(2)2. Watter veralgemening maak Crystal oor Kevin?

Sy dink hy is arrogant en dat hy lekker kry as hy goed verwoes.(2)

3. Wat, dink jy, sê dit van Kevin dat hy nie sy vriende se name vir die polisie wou gee nie?Hy is lojaal.

(1)4. Voltooi die blokkiesraaisel:

(12)DWARS1 AKWARIUM 2 DIKTUM3 DANS 4 TOERISTE5 SLAAG 6 GRAFFITIAF1 AQUAWORLD 7 GINGER8 FRED 9 HUNK10 SEE 11 STOMPNEUS

HOOFSTUK 4

1. Gee twee redes waarom Crystal se pa skynbaar beïndruk is met Kevin se werk.Hy het die muur blitsvinnig geverf en nie gekla oor die haaie se kos nie.

(2)

2. Bianca bring die dag se snoepiegeld. “Dit was stil vandag,” sê sy.2.1 Watter twee dinge kan jy aflei uit die feit dat Bianca sê dit was stil?

Daar was nie baie besoekers nie en hulle het min geld gemaak.(2)

2.2 Waarom sug Crystal se pa toe hy Bianca se woorde hoor?Hy is moedeloos en bang hulle gaan die akwarium sluit.

(1)3. Net omdat ‘n dolfyn glimlag, beteken dit nie sy is gelukkig nie.3.1 Waarom, dink jy, kan dit lyk of ‘n dolfyn glimlag?

Hulle mondhoeke krul boontoe.(1)

3.2 Is Ginger gelukkig?Nee, sy treur oor Fred.

(1)4. Wat bedoel Crystal as sy na Kevin as ‘n “windgat” verwys?

Hy is vol van homself / arrogant / dink te veel van homself.(1)

Page 4: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 5Vrae:1. Verduidelik in jou eie woorde wat die Scoville-skaal is.

Dit is ‘n instrument waarmee ‘n mens meet hoe warm ‘n rissie is. Hoe meer jou mond brand, hoe meer punte kry jy op die skaal.

(2)2. Met watter twee teenstrydige woorde (wat altwee “breek” as stam het) verwys

Crystal na Kevin?“inbreker” en “hartebreker”

(2)3.1 Gee ‘n voorbeeld van klanknabootsing in hierdie hoofstuk.

“tssst-warm”(1)

3.2 Met watter woord of frase kan die klanknabootsing vervang word?rooiwarm / vuurwarm

(1)4.1 Noem een voorbeeld van ‘n duur handelsmerk in die verhaal.

Guess(1)

4.2 Noem twee winkels waarna verwys word waar ‘n mens klere kan koop wat nie noodwendig duur handelsmerke het nie.Truworths en Mr Price

(2)5. Haal ‘n sin aan wat bewys dat Crystal wens haar ma wil ook vir haar duur

handelsmerkklere koop.“Sanri is gelukkig.”

(1)6. Beskryf in kort volsinne die 5 sketse wat Crystal (in hierdie hoofstuk) in haar sketsboek

maak.Sy skets vir Ginger. Sy skets Kevin wat vensters was.Sy skets die dogtertjie wat haar roomys vir die pikkewyn gee.Sy skets die seuntjie wat vir die haaie skree.Sy skets die robbe wat in die son slaap.

(5)7. Die toeriste stap teleurgesteld weg toe Ginger nie die toertjies wil doen nie. Hoe, dink

jy, laat dit Crystal se pa voel? Verduidelik.Hy voel moedeloos / bekommerd, want as daar minder toeriste kom, sal die akwarium toemaak.

(2)

Page 5: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 6Vrae:1. Aan watter bekende uitdrukking herinner die woorde “van kop tot stertvin”?

Van kop tot tone(1)

2. Wat beteken “so gesond soos ‘n vis in die water”?Baie gesond

(1)3. Hoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ma oor die

veeartsrekening kla?Sy is die veearts en hy sê dus vir haar sy vra te veel geld.

(1)4. Verduidelik hoe meneer Parker die woord “gesond” 4.1 letterlik en 4.2 figuurlik

gebruik.4.1 Hy sê die rob is gesond.4.2 Hy sê hy wens hulle finansies was ook gesond.

(2)5. Waarom dink Crystal nie dis ‘n goeie teken dat haar pa nog laat in sy kantoor besig is

nie?As hulle so lank vergadering hou is hulle besig om na die akwarium se finansies te kyk en dan is haar pa weer in die moeilikheid by meneer Parker.

(2)6. Haal ‘n sin op bl. 19 aan wat wys dat Crystal tog raaksien dat Kevin aantreklik is, al wil

sy dit nie openlik erken nie.“Spiere bult op sy arms.”

(1)7. Dink jy Kevin beledig vir Ginger as hy haar “Visasem” noem? Verduidelik.

Nee, dit is sy troetelnaam vir haar, want dit lyk of hy van Ginger hou.(2)

8. Waarom behoort ‘n mens nie alleen saam met ‘n dolfyn te swem nie?Dit is gevaarlik, want die dolfyn kan jou seermaak.

(1)9. Verduidelik waarom Crystal se pa so verstom is.

Hy kan nie glo dat Ginger ‘n toertjie vir Kevin doen nadat hy al ‘n jaar lank sukkel om haar toerjies te laat doen nie.

(2)

Page 6: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 7Vrae:1. Wat sien Crystal se pa as ‘n wonderwerk?

Dit is ‘n wonderwerk dat Ginger vir Kevin toertjies doen omdat hy al vir ‘n jaar probeer sonder sukses.

(2)2. Hoekom dink jy glimlag Kevin op bl. 28 skelm?

Hy is bly dat hy Crystal kan terugkry omdat sy altyd vir hom voorsê wat om te doen.(1)

3. Watter twee dinge hoef Kevin nie meer te doen nie, mits hy help om Ginger toertjies te leer?Hy hoef nie vensters te was of haaikos op te sny nie.

(2)4. Wat beteken meneer Parker se woorde dat die munisipaliteit “’n besluit” oor Aqua

World sal moet neem?Dit is ‘n dreigement dat die akwarium gesluit sal word.

(1)5. Wat lei jy af uit die feit dat Bianca net in Kevin se maagspiere en glimlag belangstel en

hom as ‘n “vakansieprojek” sien?Sy is baie oppervlakkig. Sy fokus net op Kevin se uiterlike en stel nie belang in ernstige verhoudings nie.

(1)6. Haal ‘n voorbeeld van ‘n metafoor op bl. 30 aan.

“En as die vakansie verby is, is hy ou nuus.”(2)

7.1 Haal twee vergelykings op bl. 30 aan.“Sy lyk soos ‘n kat wat ‘n mossie sien.” “Soos laas week se weervoorspelling.”

(2)7.2 Is elke vergelyking geslaagd? Verduidelik jou antwoord.

Hulle is albei geslaagd.‘n Kat wat ‘n mossie sien, is bly oor sy prooi net soos Bianca opgewonde is om Kevin te “vang”.Mense stel net belang in die volgende dag se weer. Bianca stel ook net belang in ‘n kêrel vir daardie vakansie, daarna vergeet sy hom.

(4)

Page 7: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 8Vrae:

1. Waarom was Crystal se pa so trots toe die seeperdjies vroeër die jaar kleintjies gekry het?Dit is inheemse seeperdjies en hulle is ‘n bedreigde spesie.

(1)2. Noem drie dinge wat daarop dui dat Bianca by Kevin aanlê.

Sy bring vir hom ‘n ddraairoomys, komplimenteer hom, giggel as sy met hom praat en vee die roomys van sy neus af.

(3)3. Waarom, dink jy, wil Crystal naar word toe Bianca die roomys van Kevin se neus

afvee?Crystal weet van Bianca se planne met Kevin en dit walg haar dat Bianca so ooglopend met Kevin flirt, wat haar goedkoop laat lyk. Dalk is sy jaloers.

(2)HOOFSTUK 9Vrae:

1. Pas die regte letter in die tweede kolom by die beskrywing in die eerste kolom. Skryf net die letter neer.

(10)

BESKRYWING KARAKTER1. Meneer Twee Miljoen Punte op die Scoville-

skaal (H)A. Bianca

2. Sy eet tamatiesous op haar worsbroodjie (D) B. Roberta3. Sy word deur Kevin Pieterse afgerig (G) C. Giger Rogers4. Sy het vir Kevin ‘n roomys gekoop (A) D. Sanri5. Een van die robbe by die akwarium (B) E. Jules6. ‘n Klasmaat van Crystal en Sanri (F) F. Desiree7. Hy het ‘n snor (J) G. Ginger8. Nagwag by Aqua World (E) H. Kevin Pieterse9. Beroemde Hollywood-ster (C) I. Blennie10. ‘n Visspesie wat by Aqua World gesien kan

word (I)J. Meneer Parker

2. Wat bedoel Sanri wanneer sy sê:”Ten minste twee miljoen punte...”?Sy bedoel Kevin is baie aantreklik.

(1)3. Hoekom sal sy dit sê om Crystal te irriteer?

Sy weet Crystal hou nie baie van Kevin nie.(1)

4. Crystal sê Kevin is ‘n man van vele talente. Watter “talent” van Kevin maak dat Crystal nie van hom hou nie?Vandaal

(1)

Page 8: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 10Vrae:

1. Watter verwagting skep die eerste twee sinne van hierdie hoofstuk by die leser? Waarom is die antwoord ‘n skok?Dit laat jou dink Crystal gaan sê sy is verlief op Kevin, maar dan sê sy dis Ginger, die dolfyn.

(2)2. Watter uitdrukking beteken NIE dieselfde as “flirteer” nie?

a) ogies maakb) aanlêc) flikkers gooid) mal wees oorD mal wees oor

(1)3. Verduidelik wat jy uit die volgende sin kan aflei: “Die idee was dat hy my nie moes

sien nie.”Crystal wou vir Kevin en Ginger afloer / skelm dophou.

(1)4. Waarom sê Kevin dat Ginger nog vir Bafana Bafana gaan speel?

Sy speel so goed met die bal dat sy vir die Suid-Afrikaanse sokkerspan sal kan speel.

(1)5. Hoe kan ons uit Kevin se gesigsuitdrukking sien dat hy ontspanne is as hy met Ginger

speel?Hy glimlag, maar as Crystal hom oor die inbraak uitvra raak sy gesig weer hard.

(1)6. Wat vind ons van Kevin se pa uit?

Hy is nie ‘n gawe / “nice” ou soos Crystal se pa nie.(1)

7. Verduidelik die twee moontlike betekenisse van die volgende sin wat dubbelsinnig is: Wat is Kevin Pieterse se storie?Sy wil weet wat in Kevin se verlede gebeur het (wat is sy lewensverhaal).Sy wil weet wat Kevin se probleem is.

(2)

Page 9: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 11Vrae:

1. Waarom is die skets van die krap in die hoofstuk onvoltooid?Die krap het onder ‘n klip weggehardloop voordat sy hom klaar kon teken.

(1)2. Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woorde in te vul:

Kevin se pa het sy 2.1 werk verloor en verslaaf geraak aan 2.2 drank / alkohol. Sy ma en pa is vroeër die jaar 2.3 geskei. Kevin se pa soek die heeltyd 2.4 geld by sy kinders; daarom wil 2.5 sy broer niks meer met hom te doen hê nie. 2.6 Kevin sien egter soms sy pa sonder dat sy 2.7 ma-hulle daarvan weet.

(7)3. Volgens die HAT beteken “weerloos”: “nie in staat tot verdediging nie”. Hoekom dink

jy lyk Kevin vir Crystal weerloos?Kevin voel blootgestel omdat hy sy diepste geheim aan Crystal vertel het. / Kevin kan hom nie verdedig teen die situasie met sy pa nie, awnt hy kan niks daaraan doen nie. (diskresie)

(2)4. Wat is mariene bewaring?

Dit is beskerming van die seelewe.(1)

5. a. Watter soort liedjie is “Cheek to cheek”?

Dis ‘n outydse liefdeslied.(1)

b. Wat beteken die woorde “I’m in heaven” in die liedjie?Dit beteken om verlief te wees / baie gelukkig.

(1)c. Waarom het die woorde “I’m in heaven” in die geval van Ginger ‘n spesiale

betekenis wanneer hulle na die DVD kyk?Die twee dolfyne was baie lief vir mekaar, maar Fred is dood en in die hemel.

(2)6. In hierdie hoofstuk hoor Crystal drie woorde wat sy nooit uit Kevin se mond verwag

het nie en sy oen iets wat sy nooit verwag het om te doen nie. Watter woorde hoor sy en wat doen sy?“Ek is jammer.” Sy glimlag vir die eerste keer vir Kevin.

(2)HOOFSTUK 12Vrae:

1. Wat beteken dit as Crystal se pa sê dat Kevin ‘n ongelooflike “slag met diere” het?Hy werk baie goed met diere.

(1)2. Watter groot aankondiging maak Crystal se pa?

Ginger gaan weer vertonings begin hou.(1)

3. Waaroor is Crystal en haar ma skepties?Sy weet nie of Ginger gereed is om weer vertonings te begin hou nie.

(1)

Page 10: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

4. Waarom verander Crystal se ma die onderwerp?Sy wil haar man se aandag van die onderwerp aftrek, want sy is bang dit gaan nie werk nie.

(2)5. Maar ek sit en dink oor Kevin. Oor wat hy my vertel het.5.1 Wat het Kevin vir Crystal vertel?

Hy het haar vertel dat sy pa werkloos is en ‘n alkoholis en dat sy ouers geskei is.(3)

5.2 Waarom dink Crystal juis nou aan Kevin se woorde?Crystal se pa praat oor Kevin en hoe goed hulle klaarkom; daarom dink sy aan Kevin se eie pa wat nie so gaaf is nie.

(1)5.3 Waarom gee Crystal haar pa ‘n drukkie?

Sy besef dat hy ‘n goeie pa is en wil hom wys dat sy hom waardeer.(2)

HOOFSTUK 13Vrae:

1. Op watter drie maniere gaan Ginger se belangrike vertoning verewig word?Crystal Maak sketse, Sanri neem foto’s en oom Desmond gaan ‘n artikel skryf.

(3)2. Waarom het Crystal se ma ‘n hoopvolle glimlag?

Sy was skepties, maar hoop die vertoning is ‘n sukses.(1)

3. Watter teenstrydige ding doen Bianca?Sy kla dat sy na werk moet bly vir die vertoning, maar sê vir Kevin sy kan nie wag om die vertoning te sien nie.

(2)4. Hoe weet ons dat Bianca min van seelewe weet?

Sy dink ‘n dolfyn is ‘n vis / weet nie ‘n dolfyn is ‘n soogdier nie.(1)

5. Watter verrassing het Kevin vir Crystal se pa en die toeskouers?Hy het vir Ginger ‘n dansie op maat van “Under the Sea” geleer.

(1)6. Wat beteken “Nou is almal op hul voete”?

Die toeskouers gee vir Ginger ‘n staande applous.(1)

7. Waarom wil Crystal en haar ma huil?Hulle is emosioneel om vir Ginger weer te sien dans na ‘n jaar en voel baie gelukkig.

(2)

Page 11: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 14Vrae:

1. Watter vergelyking gebruik Crystal om Kevin se verhouding met Ginger te verduidelik?Sy sê dit is soos sout en asyn – nie ‘n natuurlike kombinasie nie, maar die twee geure werk goed saam, net soos Ginger en Kevin.

(2)2. Hoe het die verhouding tussen Crystal en Kevin verander?

Hulle is gemakliker met mekaar, want hulle sit langs mekaar, gesels, lag en maak grappies. Crystal erken selfs dat Kevin aantreklik is en haar hart vinniger laat klop.

(3)3. Wat dink jy beteken dit as Kevin lyk asof hy “iets raaksien wat hy tot dusver misgekyk

het” wanneer hy na Crystal kyk?Hy sien dalk hoe mooi sy is / besef dat hy van haar hou.

(1)4. Waarom blaas Crystal haar asem verlig uit?

Sy hou haar asem op as Kevin so naby is en is dan bly as niks tussen hulle gebeur nie, want dit sal nie ‘n goeie idee wees om Kevin te soen nie.

(2)5. Waarom bel Kevin se pa hom?

Hy soek geld.(1)

6. Waarom klink Bianca agterdogtig?Sy sien Crystal en kevin alleen saam en wonder of hulle verlief is.

(1)7. Skryf Bianca se woorde in jou eie woorde oor: “Is dit hoe die wind waai?”

Is dit wat hier aangaan?(1)

8. Hoe weet ons dat Crystal nie regtig vir Kevin kwaad is omdat hy Bianca onbeskof behandel het nie?Sy sukkel om haar lag in te hou as Kevin sê dat Bianca “’n pyn” is.

(1)HOOFSTUK 15Vrae:

1. Wat het die afgelope tyd goed gegaan by die akwarium en in Crystal se lewe?Ginger het weer toertjies begin doen.Kevin en Crystal is baie beter vriende.

(2)2. Waarom kan Crystal se voorgestelde wet as ‘n voorafskaduwing beskou word?

Die leser word gewaarsku dat iets gaan skeefloop en dit gebeur dan ook.(1)

3. Waarom gaap oom Jules?Hy is moeg omdat hy nagskof gewerk het.

(1)4. Waarom gluur oom Jules vir Kevin aan as hy sê dat daar die afgelope naweek geen

probleme was nie?Hy vertrou steeds nie vir Kevin na die inbraak nie en het hom nog nie vergewe nie.

Page 12: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

(2)5. Verduidelik in jou eie woorde hoe alles skeefloop in hierdie hoofstuk.

Crystal se pa vind uit dat daar by die snoepie ingebreek is.Oom Jules voel sleg, want die snoepie was gesluit en hy het niks gehoor nie.Oom Jules kry die snoepie se sleutel in kevin se rugsak.Hulle konfronteer Kevin en hy probeer sy onskuld bewys, maar hardloop dan weg.

(4)HOOFSTUK 16Vrae:

1. “Ek het geweet daai mannetjie is moeilikheid.” Wie het vroeër amper dieselfde woorde gesê? Verduidelik.As Bianca op bl. Vra wat die neuwe seun se naam is, sê Crystal “Moeilikheid”.

(2)2. Verduidelik waarom dit vir Crystal voel asof sy in twee skeur.

Sy voel twee verskillende emosies. Aan die een kant is sy kwaad vir Kevin oor die inbraak by die akwarium en verdink hom (voel hy verdien dit). Aan die nader kant hou sy van hom en kan nie glo dat hy so iets sou doen nie.

(2)3. Watter afleiding maak Crystal se pa en oom Jules uit Bianca se oproep?

Hulle dink Kevin het die sleutel by Bianca gesteel.(1)

4. Voltooi:Crystal-wat-kwaad-is dink Kevin was ________ om by die snoepie in te breek nadat haar pa so baie vir hom gedoen het.ondankbaar

(1)5. Wie is die “ander Crystal” wat planne maak?

Dit is die deel van Crystal wat glo Kevin is onskuldig.(1)

HOOFSTUK 17Vrae:

1. Hoekom wil Crystal nie hê haar pa moet vir die polisie vra waar Kevin woon nie?Haar pa sal moet verduidelik waarom hy die adres soek en dan weet die polisie Kevin is weer in die moeilikheid.

(1)2. Hoe weet Crystal dat Kevin saans by ‘n strandstalletjie werk?

Sy het hom die aand van die strandpartytjie gesien en ‘n worsbroodjie daar gekoop.

(1)3. Wat noem die Rastaman vir Crystal?

Sweet Lips(1)

4. Waaraan laat die bynaam “Kevinator” jou dink?Dit klink soos die filmkarakter The Terminator. / Kelvinator, ‘n besigheid wat yskaste maak. (Kevin is ‘n “cool” ou met baie spiere soos die Terminator.)

(1)

Page 13: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

5. Watter drie dinge bewys volgens die Rastaman dat Crystal nie vir die polisie werk nie?Sy is te oulik, te jonk en is kaalvoet.

(3)

HOOFSTUK 18Vrae:

1. Waarom is Merry Mews se naam ironies?Dit klink na ‘n vrolike plek, maar is ‘n ou, vervalle gebou.

(2)2. Waarom, dink jy, sal dit beter wees as Crystal eers alleen met Kevin praat?

Kevin sal gemakliker wees om met haar te praat as met ‘n grootmens.(2)

3. Watter fout begaan Crystal toe die deur oopgemaak word?Sy dink die ou wat die deur oopmaak is Kevin, maar dis sy broer.

(1)4. Kies die regte antwoord:”Ongeskikte klein buffel” is ‘n voorbeeld van...

a) metafoorb) personifikasiec) vergelykingd) alliterasiea) metafoor

(1)5. Waarom, dink Crystal, lyk die tannie nie baie geskok toe sy hoor wat by die akwarium

gebeur het nie?Sy dink sy erger dinge het seker al met haar gebeur. (Sy weet van die probleme met Kevin se pa.)

(1)6. Haal ‘n sin aan wat bewys dat Rico min dink van Kevin se werk by die akwarium.

“Sodat hy weer die visse kan gaan kos gee.”(1)

7. Dink jy Kevin het sy gesin vertel van Ginger en die vertoning wat sy gehou het? Motiveer jou antwoord.Nee, want dan sou Rico geweet het dat hy belangriker dinge doen as net visse kosgee.

(2)

Page 14: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 19Vrae:

1. Waarom is dit ongeskik van Rico om te sê Kevin moet sy eie “vryplek” kry?Crystal en Kevin moet oor ‘n ernstige saak praat, nie vry nie. / Dit sal Crystal en kevin baie verleë laat voel, veral omdat Rico Crystal skaars ken.

(1)2. Hoekom maak Crystal of sy nie die onderbroeke op die vloer sien nie?

Sy voel verleë, maar wil nie vir Kevin sleg laat voel nie.(1)

3. Hoe het die snoepie se sleutel in Kevin se rugsak beland?Bianca het dit daar weggesteek.

(1)4. Waarom het Bianca vir Kevin na die skuldige laat lyk?

Sy wou hom terugkry omdat hy haar afgejak / beledig het.(1)

5. Wie het al die goed in die snoepie rondgegooi en die kasregister oopgepluk?Bianca

(1)6. Waarom sis Kevin vir Crystal om sagter te praat?

Sy ma weet nie dat hy onskuldig was nie en hy wil nie hê sy moet hoor nie.(2)

7. Verduidelik in jou eie woorde waarom Kevin die blaam gevat het vir die inbraak in die akwarium?Hy wou sy jonger broer, Rico beskerm. Rico was reeds ‘n paar keer in die moeilikehid en sou hierdie keer na ‘n verbeteringskool gestuur word. Hy wou ook nie hê sy ma moet nog probleme met Rico hê na al haar probleme met sy pa nie.

(3)8. Noem twee redes waarom Kevin hoopvol is dat sy broer sal ophou moeilikheid maak.

Rico het groot geskrik en sal hopelik nie weer so iets doen nie. Sy ma gaan Rico na ‘n goeie skool stuur waar hy weg van sy slegte vriende sal wees.

(2)9. Waarom is Kevin bly hy het vir die polisie gejok?

Gedurende sy gemeenskapsdiens het hy vir Ginger en Crystal ontmoet en hulle het sy lewe beter gemaak.

(2)10. Wat dink jy gebeur as Kevin vir Crystal nader trek?

Hy soen haar.(1)

Page 15: annelienimmo.weebly.comannelienimmo.weebly.com/uploads/4/2/1/9/42199647/vis…  · Web viewHoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ... Die leser word

HOOFSTUK 20Vrae:

1. Hoe word die liedjie “Umbrella” in die dolfynvertoning gebruik?Ginger spuit water op Kevin, dan begin die liedjie speel en Roberta kom in met ‘n sambreel op haar neus. Kevin vat die sambreel om droog te bly as Ginger hom weer natspuit.

(2)2. Waar is Kevin se pa?

Hy is in ‘n rehabilitasiesentrum.(1)

3. Hoekom kan ‘n mens sê Crystal se verwagtinge ten opsigte van Kevin se gesin is realisties?Sy weet dat dinge nie oornag gaan regkom nie, maar hoop dit sal regkom.

(2)4. Beskryf die mense (kinders) se gesigsuitdrukkings in die skets.

Twee van hulle lag uitbundig en die derde lyk verbaas / verstom.(2)

5. Wat beteken dit as meneer parker hom “uit die voete” maak?Hy loop / vertrek / verdwyn.

(1)6. Waarom sê Crystal dat Kevin ‘n “vry man” is?

Sy gemeenskapsdiens is klaar.(1)

7. Waarom sê Kevin dat hy glad nie ‘n vry man is nie?Hy gaan nog naweke by die akwarium kom werk met Ginger / is verlief op Crystal.

(1)8. Watter antwoord verwag Crystal as sy vra op wie Kevin sy hart verloor het?

Sy verwag dat hy sal sê dat dit sy (Crystal) is.(1)

9. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien ONWAAR, moet jy jou antwoord motiveer.a) Kevin noem vir Crystal ook tergend “Visasem” wanneer hy sê:”Ek is mal oor jou,

Visasem.”ONWAAR Hy praat net met Ginger.

b) Crystal se van is Isaacs.WAAR

c) Na die voorval by die snoepie vertrou Crystal se pa hom nie weer met die toerustingkamer se sleutel nie.ONWAAR Kevin sluit nog die toerustingkamer.

d) Die vertoning word met die liedjie “Umbrella” afgesluit.ONWAAR Dit eindig met Ginger se dansie op “Under the Sea”.

e) Sanri is dol oor die seun wat sy by die strandpartytjie ontmoet het.WAAR

(8)