die krag van onafhanklike advies internasionale markte · nikkei 1.1% laer). hong kong se hang seng...

2
Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833 BLADSY 1 MAADELIKSEVERSLAG I April 2017 MAANDELIKSE MARK VERSLAG MAANDELIKSEVERSLAG APRIL 2017 APRIL 2017 BELEGGINGS AFTREEBEPLANNING BUITELANDSE BELEGGINGS BELASTINGBEPLANNING BOEDELBEPLANNING LEWENSVERSEKERING DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES INTERNASIONALE MARKTE . Wisselvallige prestasie op internasionale markte in Maart – in die VSA en Asië was markte onder druk terwyl sake beter gelyk het in Europa. In die VSA het die Dow Jones Nywerheidsindeks (DJIA) vir die langste tydperk sedert 2011 agtereenvol- gende dalings aangeteken danksy beleggers se kommer dat President Donald Trump se agenda nie noodwendig volledig deurgevoer gaan word nie. Trump het nie daarin geslaag om die sogenaamde ‘Obamacare’ wet ongedaan te maak nie en daarby was beleggers bekommerd oor sprake van belasngwysigings en ook dat die beloſtes van bestedeing aan infrastruktuur afgeskaal of selfs gekanselleer kan word. Hoewel Amerikanse indekse die kwartaal stewig afgesluit het, was dit geen watwonderse maand vir die DJIA nie wat die maand op -0.72% teenoor Feb- ruarie afgesluit het, die eerste maandellikse daling sedert Oktober en die swakste maand vir hierdie indeks sedert Januarie 2016. Die S&P was ook laer vir die maand (-0.04%), hoewel ierdie indeks vir die eerste kwartaal 5.5% hoër is as verlede jaar. Die Nasdaq saamgestelde indeks het in Maart met 1.48% gestyg. Wat ekonomiese data betref het persoonlike inkomste soos verwag is in Februarie met 0.4% gestyg. Vebruiksbesteding was 0.1% hoër en die PCE prysindeks (wat as aanwyser vir inflasie gebruik word) het jaar op jaar met 2.1% gestyg. Die Amerikaanse Federale Reserweraad het voorts ná afloop van sy vergadering in Maart rentekoerse vir die tweede keer in drie maande verhoog. In Europa het die vernaamste indekse hoër gesluit. Die DAX van Duitsland was 4.04% hoër vir die maand (+3.08% vir die jaar tot datum) en in Frank- ryk het die CAC Maart op +5.43% afgesluit. Die VK se FTSE 100 was 0.82% hoër vir die maand. In Asië was daar geen noemenswaardige verander- inge nie en Japan se Nikkei het die maand 1.1% laer as in Februarie afgesluit (jaar tot datum is die Nikkei 1.1% laer). Hong Kong se Hang Seng indeks het ʼn styging van 9.6% vir die eerste kwartaal aangeteken teenoor verlede jaar en was vir die maand 1.6% hoër. Die Shanghai Saamgestelde indeks was vir die maand 0.6% hoër en jaar tot datum op +3.8%. Brent ru-olie was onder druk en het in Maart met 5.3% gedaal weens voortslepende kommer oor stygings in die Amerikaanse produksie van skaliegas. Die goudprys het die maand met 0.1% gestyg – jaar tot datum is die goudprys 8.9% hoër. Die planaprys was onder druk het het in Maart met 7% gedaal. Die geleentheid om deel te neem aan Intellidex – ʼn voor- aanstaande navorsings- en me- diamaatskappy – se jaarlikse oorsig van die beste welvaartbestuurders in SA het aangebreek. Neem deel en staan ʼn kans om R10 000 te wen. Brenthurst Wealth is in 2016 as die nommer vier boeek welvaartbestuurmaatskappy in SA aangewys. OM DEEL TE NEEM KLIK HIER: www.intellidex.co.za/winR10000 WISSELVALLIGE MAAND VIR INTERNASIONALE MARKTE

Upload: others

Post on 19-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES INTERNASIONALE MARKTE · Nikkei 1.1% laer). Hong Kong se Hang Seng indeks het ʼn styging van 9.6% vir die eerste kwartaal aangeteken teenoor verlede

Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833

BLADSY 1 MAADELIKSEVERSLAG I April 2017

MAANDELIKSE MARK VERSLAG

MA

AN

DEL

IKSE

VER

SLA

G

AP

RIL

20

17

APRIL 2017

BELEGGINGS • AFTREEBEPLANNING • BUITELANDSE BELEGGINGS

BELASTINGBEPLANNING • BOEDELBEPLANNING • LEWENSVERSEKERING

DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES

INTERNASIONALE MARKTE

.

Wisselvallige prestasie op internasionale markte in Maart – in die VSA en Asië was markte onder druk terwyl sake beter gelyk het in Europa. In die VSA het die Dow Jones Nywerheidsindeks (DJIA) vir die langste tydperk sedert 2011 agtereenvol-gende dalings aangeteken danksy beleggers se kommer dat President Donald Trump se agenda nie noodwendig volledig deurgevoer gaan word nie. Trump het nie daarin geslaag om die sogenaamde ‘Obamacare’ wet ongedaan te maak nie en daarby was beleggers bekommerd oor sprake van belastingwysigings en ook dat die beloftes van bestedeing aan infrastruktuur afgeskaal of selfs gekanselleer kan word. Hoewel Amerikanse indekse die kwartaal stewig afgesluit het, was dit geen watwonderse maand vir die DJIA nie wat die maand op -0.72% teenoor Feb-ruarie afgesluit het, die eerste maandellikse daling sedert Oktober en die swakste maand vir hierdie indeks sedert Januarie 2016. Die S&P was ook laer vir die maand (-0.04%), hoewel ierdie indeks vir die eerste kwartaal 5.5% hoër is as verlede jaar. Die Nasdaq saamgestelde indeks het in Maart met 1.48% gestyg. Wat ekonomiese data betref het persoonlike inkomste soos verwag is in Februarie met 0.4% gestyg. Vebruiksbesteding was 0.1% hoër en die PCE prysindeks (wat as aanwyser vir inflasie gebruik word) het jaar op jaar met 2.1% gestyg. Die Amerikaanse Federale Reserweraad het voorts ná afloop van sy vergadering in Maart rentekoerse vir die tweede keer in drie maande verhoog.

In Europa het die vernaamste indekse hoër gesluit. Die DAX van Duitsland was 4.04% hoër vir die maand (+3.08% vir die jaar tot datum) en in Frank-ryk het die CAC Maart op +5.43% afgesluit. Die VK se FTSE 100 was 0.82% hoër vir die maand. In Asië was daar geen noemenswaardige verander-inge nie en Japan se Nikkei het die maand 1.1% laer as in Februarie afgesluit (jaar tot datum is die Nikkei 1.1% laer). Hong Kong se Hang Seng indeks het ʼn styging van 9.6% vir die eerste kwartaal aangeteken teenoor verlede jaar en was vir die maand 1.6% hoër. Die Shanghai Saamgestelde indeks was vir die maand 0.6% hoër en jaar tot datum op +3.8%. Brent ru-olie was onder druk en het in Maart met 5.3% gedaal weens voortslepende kommer oor stygings in die Amerikaanse produksie van skaliegas. Die goudprys het die maand met 0.1% gestyg – jaar tot datum is die goudprys 8.9% hoër. Die platinaprys was onder druk het het in Maart met 7% gedaal.

Die geleentheid om deel te neem aan Intellidex – ʼn voor-aanstaande navorsings- en me-diamaatskappy – se jaarlikse oorsig van die beste welvaartbestuurders in SA het aangebreek. Neem deel en staan ʼn kans om R10 000 te

wen. Brenthurst Wealth is in 2016 as die nommer vier boetiek welvaartbestuurmaatskappy in SA aangewys.

OM DEEL TE NEEM KLIK HIER: www.intellidex.co.za/winR10000

WISSELVALLIGE MAAND VIR INTERNASIONALE MARKTE

Page 2: DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES INTERNASIONALE MARKTE · Nikkei 1.1% laer). Hong Kong se Hang Seng indeks het ʼn styging van 9.6% vir die eerste kwartaal aangeteken teenoor verlede

PLAASLIKE MARKTE M

AA

ND

ELIK

SEV

ERSL

AG

A

PR

IL 2

01

7 Verskeie mark en ekonomiese aanwysers het in

Maart stadig maar seker tekens van verbetering begin toon – hoewel teen ʼn baie stadige pas – en dit wou voorkom of die ekonomie tekens van lewe toon. Dit het in die laaste dae van die maand verander met die onverwagte opdrag deur Presi-dent Jacob Zuma dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, onmiddellik van ʼn internasionale reis (hy het aanbiedings aan buitelandse beleggers oor die stand van sake in SA gemaak) moet terug keer. Dit is dae daarna opgevolg met ʼn kabi-netskommeling, wat die afdanking van die Minister van Finansies ingesluit het. Daardie pos is nou gevul deur vorige Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba. Die gebeure het daartoe bygedra dat die graderingsagentskap S&P Global die gradering van Suid-Afrika afwaarts aangepas het en die lankver-wagte ‘rommelstatus’ beoordeling is aangekondig.

Markte het dadelik reageer. Die rand het binne dae met 11% verswak en plaaslike aandele (in die besonder kleinhandel- en bankaandele) het skerp gedaal. Ondanks die politieke omwentelinge het die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele die maand positief afgesluit op +1.8% teenoor Februarie (jaar tot datum staan dit op +2.8%), gesteun deur die prestasie van randverskansingsaandele. Die swakker rand het die randverskansers en nywerheidsaandele gesteun en die Indi-25 het die maand op +4% afgesluit (jaar tot datum +6.3%). Die Resi-20 het die maand 2.1% hoër afgesluit (-0.7% jaar tot datum) nadat die swakker rand die goudprys soos gemeet in die plaaaslike geldeenheid gesteun het. Finansiële aandele was onder druk danksy die politieke gebeure en kommer oor die moontlikheid dat rentekoerse gaan styg en verdere afgraderings op pad is. Die Fini-15 het die maand op -2.2% teenoor Februarie afgesluit (jaar tot datum is dit 3.3% laer).

Die beste vertonings op die plaaslike beurs was afkomstig van nywerheidsaandele, in die besonder randverskansers, ná die swakker rand weens die pol-itieke gebeure daardie aandele laat styg het. Gou-daandele het ook goed gevaar danksy die swakker rand.

Gold Fields het die beste vertoning van Maart aangeteken en het met 16.2% gestyg. In tweede plek was Grand Parade Investment wat 14.9% hoër as in Februarie gesluit het. In die derde plek was Sappi (+11.4% vir die maand), ook gesteun deur die verswakking van die plaaslike geldeenheid. Aandele wat die swakste gevaar het was Lonmin (-23.7% vir die maand), JSE Ltd (-20.8%) en Netcare Ltd (-19.5%).

Voertuigverkope het in Maart met 2.1% gestyg tot 48 534 voertuie, aldus die jongste syfers wat deur die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van SA (Naamsa) bekend gemaak is. Dit volg op ʼn klein daling van 0.1% in Februarie en ‘n styging van 3.7% in Januarie. Jaar tot datum is voertuigverkope 1.9% hoër as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Wat ekonomiese data betref is beter handelsbalans syfers aangekondig op ʼn surplus van R5.2 miljard. Die Monetêre Beleidskomitee het ná afloop van sy verga-dering in Maart die repo-koers onveranderd gehou op 7%. Kredietverlening in die private sektor het in Februarie toegeneem – 5.3% jaar op jaar, hoewel dit laer was as 5.5% in Januarie. Februarie se inflasiesyfer was op 6.3% effens laer as die 6.6% wat in Januarie aangekondig is.

Die FNB Huisprysindeks het in Maart tekens van groei getoon en van die aangepaste 2.7% in Februarie in Maart met 4.1% toegeneem. In reele terme, wanneer huispryse vir inflasie aangepas word, is die verander-ing in huispryse steeds negatief – daling van 3.4% jaar op jaar in Februarie. Die resultaat van ‘n gemiddelde huisprysstyging van 2.7% teenoor inflasie van 6.3%.

Bronne: FNB Anchor Capital Wheels24.co.za

AFGRADERING KRAP MARKTE OM IN LAASTE DAE VAN MAART