ministry of education junior primary phase religious … · hoe die wêreld ontstaan het, en ons...

27
Republic of Namibia MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE FOR IMPLEMENTATION 2015 RELIGIOUS AND MORAL EDUCATION SYLLABUS GRADES 1 - 3 AFRIKAANS VERSION

Upload: others

Post on 02-Feb-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION

JUNIOR PRIMARY PHASE

FOR IMPLEMENTATION 2015

RELIGIOUS AND MORAL EDUCATION SYLLABUS

GRADES 1 - 3

AFRIKAANS VERSION

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

Ministerie van Onderwys National Institute for Educational Development (NIED) Privaatsak 2034 Okahandja Namibië © Kopiereg NIED, Ministerie van Onderwys, 2014 Godsdiens en Morele Opvoeding Grade 1 - 3 ISBN: 978-99945-2-056-5 Gedruk deur NIED Webtuiste: http://www.nied.edu.na Publikasiedatum: 2014

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

INHOUD

1. Inleiding 1

2. Beredenering 1

4. Insluitende Onderwys 2

9. Leerinhoud 9

10. Evaluering 19

9.1 Doel van evaluering 19

9.2 Soorte evaluering 19

9.3 Graadbeskrywings 20

10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering 20

10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering 21

11. Woordelys 22

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

1

1. Inleiding

Hierdie leerplan beskryf die voorgenome leer vir Godsdiens en Morele Opvoeding in die Junior Primêre Fase. As 'n vak val Godsdiens en Morele Opvoeding binne die "geestelike" en "morele en etiese" terreine van leer in die kurrikulum, en het tematiese skakels met ander vakke oor die kurrikulum heen.

Die doelstellings, leerdoelwitte en vaardighede wat mekaar tussen vakke oorvleuel, is deel van noodsaaklike leer binne die totale leerplan. In ideale omstandighede sal 2 periodes per week, insluitend saalbyeenkoms vir hierdie vak nodig wees.

NIED het ingestem tot 'n vasgestelde hersieningsiklus vir kurrikulums. Die beoogde jaar vir die implementering van die volgende hersiening van die Junior Primêre Fase is 2021. 2. Beredenering

Godsdiens is 'n manier om die betekenis van die lewe te verstaan. Kinders word groot binne die emosies, waardes en verhoudings van hulle gesinskultuur en bespiegel oor die geheime van die lewe. Die doel van Godsdiens en Morele Opvoeding is om leerders te help om hulle godsdienstige oortuigings, praktyke en waardes te verstaan en om ander mense en groepe te aanvaar wie se waardes en godsdienstige tradisies van hulle s'n verskil.

Hierdie vak moet gebaseer word op die leerders se eie omgewing en agtergrond, en op hulle vrae en bespiegelings oor die lewe. Om hulle te help om hulle begrip van godsdiens te ontwikkel is die leerplan se beginpunt verskillende aspekte van erkende godsdienste, merendeels die Christelike godsdiens omdat dit 'n wyd verspreide godsdiens in Namibië is, en ander godsdienste in 'n mindere mate. Die onderwyser moet egter die klem laat val op die lewensbeskouing wat in sy klas verteenwoordig word. Sommige leerders kom uit families wat in naam en optrede Christene is, terwyl ander uit ander geloofsgroepe kom en sommige 'n sekulêre agtergrond kan hê. Die onderwyser se benadering moenie streng volgens sy/haar eie geloofsoortuigings wees nie, maar ekumenies in terme van Christelike oortuigings, praktyke en begrip, asook godsdienste en waardesisteme.

3. Doelstellings

Godsdiens en Morele Opvoeding maak dit vir leerders moontlik om hulleself en die veranderende multikulturele wêreld waarin hulle grootword, beter te verstaan. Derhalwe onderskryf die Godsdiens en Morele Opvoeding leerplan die volgende doelstellings:

Om die hoogste morele, etiese en geestelike waardes soos integriteit, verantwoordelikheid, gelykheid en eerbied vir lewe aan te kweek

Om die geestelike en godsdienstige welsyn van die leerder aan te kweek en te bevorder, met die nodige respek vir die diversiteit en vryheid van denke

Die doelstellings van Godsdiens en Morele Opvoeding is om –

'n bewustheid by die leerder te ontwikkel dat hy aan 'n familie en 'n gemeenskap behoort; en om goeie verhoudings tussen die huis en die skool daar te stel deur die leerder aan te moedig om inligting by volwasse familielede te soek

leerders bewus te maak van geloofsgemeenskappe en die belangrikheid daarvan, veral in die geval van hoogtepunte soos geboorte, puberteit, huwelik en dood

'n persoonlike bewustheid van oortuigings te ontrwikkel, en daarmee saam 'n gevoel van ontsag en verwondering, en 'n begeerte om ander te respekteer, om positiewe waardes te bevorder, en om die natuur te beskerm en bewaar

die leerders se gemoeds-, interpersoonlike en psigomotoriese potensiaal te ontwikkel deur skeppende aktiwiteite en probleemoplossingsvaardighede te bevorder deur middel van groeptake

die leerders bewus te maak van die regte van die kind, insluitend die reg om nee te sê, en van hulle gepaardgaande verantwoordelikhede in die huishouding, skool en

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

2

gemeenskap

'n grondslag te lê sodat hulle hulle eie geloof en dié van ander kan verstaan

4. Insluitende Onderwys

Insluitende Onderwys is elke leerder se reg. Dit bevorder deelname aan of toegang tot die volle spektrum van opvoedkundige programme en dienste wat deur die opvoedkundige stelsel in hoofstroomskole beskikbaar gestel word. Die gedagte is om steun en erkenning te gee aan die uiteenlopendheid wat onder ALLE leerders aangetref word en om ALLE struikelblokke tot leer uit die weg te ruim.

Basiese Onderwys skep ’n parate gemeenskap, soos in die vooruitsig gestel in Visie 2030, deur insluiting te bevorder. Leerders met leerstruikelblokke en ander eiesoortige behoeftes sal ingesluit word in ’n hoofstroomskool, en hulle behoeftes sal aandag kry deur verskillende onderrigmetodes te gebruik en waar nodig, spesifieke leermateriaal te verskaf. Voorsiening sal gemaak word vir leerders wat so ernstig gestrem is dat hulle geen voordeel sal trek uit bywoning van insluitende skole nie. Dit sal volgens die behoeftes geskied met behulp van leer-ondersteuningseenhede, hulpeenhede of hulpskole totdat hulle ’n punt bereik waarop hulle in ’n insluitende skool opgeneem kan word, indien moontlik. Die leerplan, onderrigmetodes en materiaal word aangepas vir leerders in hierdie skole.

Die leerder-gesentreerde benadering tot onderwys is by uitstek geskik vir leerders met spesiale leerbehoeftes, omdat dit bou op wat leerders reeds weet en kan doen, en hulle dan help om nuwe kennis en vaardighede aan te leer. Die leerplanraamwerk vir Insluitende Onderwys spesifiseer die vaardighede wat leerders met spesiale leerbehoeftes behoort te kan bemeester. Individuele Leerondersteuningsplanne (ILOP) moet daargestel word om die individuele leerproses vir leerders met spesiale leerbehoeftes te rig en te evalueer.

Meer riglyne oor hoe om vir leer en onderrig in ’n insluitende klaskamer te beplan is saamgevat in die leerplanraamwerk vir Insluitende Onderwys (2012). Hierdie riglyne sal help om ALLE leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en benaderings wat tot sukses sal lei in ’n wêreld wat toenemend ingewikkeld raak, vinnig verander en oor ’n magdom van inligting en kommunikasietegnologie beskik.

In elke tema moet alle kwessies uit sowel manlike as vroulike oogpunt benader word, ook kwessies waaroor seuns en meisies bekommerd is en waarin hulle geïnteresseerd is. Seuns en meisies is geneig om verskillende opinies oor etiese sake te hê, en hulle moet mekaar se denkwyses verryk deur in die klas gedagtes daaroor te wissel. Die leerplan gee voorbeelde uit die Bybel wat sterk vroulike en manlike karakters insluit. Indien bykomende gevalle uit die Bybel gebruik word, moet positiewe vroulike rolmodelle ingesluit word.

5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre sake

Godsdiens en Morele Opvoeding moet tot die hele persoon spreek, en die vak kan 'n integrerende rol speel in elke ontwikkelingsfase. Godsdiens sluit normaalweg kulturele en morele waardes in, alhoewel dit nie die enigste grondslag vir sulke waardes is nie. In hierdie leerplan is hierdie waardes veral duidelik in die temas van persoonlike en sosiale waardes en van menseregte en demokrasie. Verskeie temas en onderwerpe hou verband met kwessies rakende omgewingstudies, en kunsaktiwiteite word ook oral ingespan. Godsdiens en Morele Opvoeding dra by tot leer oor die omgewing, en gee so vir elke leerder 'n begrip van godsdienstige verduidelikings van ons plek in die omgewing: wie ons is, hoekom ons hier is, hoe die wêreld ontstaan het, en ons verantwoordelikheid teenoor die omgewing. Godsdiens en Morele Opvoeding is 'n vak waar baie tyd bestee kan word aan die meer ingewikkelde kwessies soos reaksie op en gevoelens oor MIV en Vigs deur middel van besprekings, rolspel en kuns.

u

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

3

Interkurrikulêre kwessies sluit in Omgewingsleer, MIV en Vigs, Bevolkingsopleiding, Opleiding vir Mensregte en Demokrasie (OMRD), Inligting en Kommunikasietegnologie (IKT) en Padveiligheid. Hierdie vakke is bygevoeg by die formele leerplan omdat dit alles gekoppel is aan bepaalde risiko's en uitdagings binne ons Namibiese gemeenskap. Al ons leerders moet verstaan –

wat die aard van hierdie risiko's en uitdagings is

wat die uitwerking daarvan op ons gemeenskap is

hoe dit in die plaaslike opset hanteer kan word

Die grootste risiko's en uitdagings is uitgewys as –

omgee vir en die bestuur van ons natuurlike hulpbronne

die gevolge van MIV en Vigs

gesondheidsprobleme wat verband hou met besoedeling, swak sanitasie en afval

sosiale onsekerheid as gevolg van ongelykheid en bestuur wat regte en verantwoordelikhede ignoreer

swak nakoming van padveiligheidsmaatreëls

sake rakend globalisering Party vakke is meer gepas om spesifieke interkurrikulêre kwessies aan te raak Hierdie leerplan bevat meer voorbeelde van ander skakels met interkurrikulêre kwessies; hieronder word net een voorbeeld van elke interkurrikulêre kwessie gegee:

Omgewings-bewustheid

MIV en Vigs Bevolkings-opleiding

OMRD (EHRD)

Padveiligheid

Graad 1: Omgee vir die omgewing

Grade 1-3: Hoe om met mense wat MIV het, te werk

Graad 2: Gewoontes, oortuigings, en waardes van verskillende groepe in Namibië

Grade 1-3: Die reg op godsdiensvry-heid en keuses

Graad 3: Neem die regte besluite as jy fietsry, byvoorbeeld wees verstandig, kom verkeersreëls na

6. Benadering tot onderrig en leer

Die benadering tot onderrig en leer is gebaseer op die paradigma van leerder-gesentreerde onderrig (LGO) soos uiteengesit in ministeriële beleidsdokumente en die LGO se konsepraamwerk. Hierdie benadering verseker optimale leerkwaliteit as die beginsels toegepas word. Daarbenewens bly die tematiese/geïntegreerde benadering die fokuspunt van Junior Primêre onderrig en leer.

Die doel is om leer met begrip te ontwikkel, en daarmee saam die kennis, bevoegdhede en benaderingswyses wat kan bydra tot die ontwikkeling van die gemeenskap. Elke leerder bring ’n magdom kennis en sosiale ervarings saam skool toe, dinge waartoe die familie, die gemeenskap en wisselwerking met die omgewing bygedra het. Leer in die skool moet die leerder se vooraf kennis en ervarings insluit, daarop voortbou, dit uitbrei en uitdagings daaraan stel.

Leerders leer op hulle beste wanneer hulle aktief betrokke is by die leerproses deur intensiewe deelname, bydraes en skeppende werk. Elke leerder is ’n individu met sy/haar eie behoeftes, leertempo, ervarings en vaardighede. Die onderwyser moet vir hierdie behoeftes van die leerder voorsiening kan maak en leerervarings daarvolgens kan aanpas.

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

4

Leerstrategieë moet mekaar afwissel, maar buigsaam wees binne goed gestruktureerde lesaanbiedings.

Met betrekking tot die leerdoelstellings en vaardighede wat bereik moet word, moet die onderwyser besluit wanneer dit die beste is om die inhoud van Godsdiens en Morele Opvoeding breedvoerig te onderrig, wanneer dit gepas is om leerders inligting vir hulleself te laat ontdek of na te vors, wanneer hulle verruiming of verryking nodig het, wanneer bepaalde vordering in vaardighede of inligting nodig is, of wanneer die leerders aangemoedig moet word om hulle eie pad deur ’n bepaalde studieveld te vind.

Om in groepe, pare, as individue of as 'n hele klas te werk tydens Godsdiensperiodes moet dus georganiseer en gefokus wees. Samewerking en ondersteuning tydens Godsdiens en Morele Opvoeding-periodes moet waar moontlik aangemoedig word. Daar is byvoorbeeld In Godsdiens en Morele Opvoeding baie strategieë om toe te pas en leerders wat in groepe saamwerk, kan by mekaar leer. Dit is belangrik dat take betekenisvol is sodat leerders die toepaslikheid daarvan kan insien. Namate leerders persoonlike, sosiale en kommunikasievaardighede ontwikkel, kan hulle stelselmatig verantwoordelikhede gegee word om deel te neem aan die beplanning en evaluering van hulle werk, onder leiding van die onderwyser Daar is ouers wat verwag dat Godsdiens en Morele Opvoeding die plek moet inneem godsdiens- en morele opvoeding by die huis, maar Namibië is 'n sekulêre staat, en die staatskoolstelsel is nie op godsdiens gebaseer nie. Ondervinding het ook getoon dat om die skool te gebruik om leerders meer (of minder) godsdienstig te probeer maak nie werk nie. Godsdiens en Morele Opvoeding in 'n sekulêre skool dra by tot die ontwikkeling van die leerder deur hom 'n beter begrip van godsdiens en godsdienste te gee. As dit nougeset gedoen word om 'n ondersoekende gees en positiewe waardes te ontwikkel sal dit leerders in staat stel om die belangrikheid van die oortuigings en gewoontes wat hulle tuis aangeleer het, te herken en te waardeer, asook hoe dit verband hou met dié van ander.

Godsdienstige oortuigings is 'n manier om dinge buite die rasionele om te verstaan en dit te verwerk, soos die skepping, geboorte, lewe, lyding en dood. Godsdiens en Morele Opvoeding-periodes moet dus gebruik word om hierdie breër kwessies te bespreek wanneer die leerders dit aanroer, sowel as vrae wat hulle kan hê oor morele en etiese kwessies soos eerlike spel, geregtigheid, vriendskap, lojaliteit, rykdom en armoede, groot word, waarheid en leuens, ens. Baie tyd moet gewy word aan aan die bespreking van leerders se vrae oor hierdie sake, hulle vrese en onsekerhede, en veral om hoop en selfvertroue te bou vir 'n positiewe en sinvolle lewe. 7. Leerstandaarde Wanneer leerders die Junior Primêre Fase betree, sou almal al in 'n mate met godsdiens in hulle huislike omgewing kennis gemaak het.Die eerste vyf weke in graad 1 moet gewy word aan skoolgereedheidsaktiwiteite.

Wanneer hulle die Junior Primêre Fase (graad 1 tot 3) van opleiding in Godsdiens en Morele Opvoeding voltooi het, moet leerders die volgende kan doen:

Behoort aan Verduidelik hoekom mense aan 'n bepaalde gemeenskap behoort en besef dat die hulpbronne van 'n gemeenskap afhanklik is van die mense in daardie gemeenskap. Lewensfases Verduidelik hoekom mense bepaalde gewoontes, oortuigings en benaderings het en hoe dit voel om aan 'n geloofsgemeenskap te behoort of nie te behoort nie. Die gewyde

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

5

Gebruik tekste, musiek en kuns om gewyde betekenis oor te dra. Feeste Ondersoek idees wat gekoppel is aan feesseisoene en verduidelik hoekom godsdienstige feeste spesiale betekenis het. Sosiale waardes Ontwikkel 'n belangstelling in godsdienstige en morele kwessies in 'n gees van verdraagsaamheid en respek vir ander. Leerders demonstreer hulle sosiale verantwoordelikhede as lede van 'n demokratiese gemeenskap. Godsdiens en die omgewing Waardeer die skoonheid en ons afhanklikheid van die natuur. Persoonlike waardes Verduidelik die belangrikheid van vriendskap en demonstreer hoe om 'n goeie maat te wees. Kinders se regte en verantwoordelikhede Beskryf kinders se regte en verantwoordelikhede by die huis en by die skool en wys hoe om nee te sê vir ongevraagde aandag en aanraking deur ander. 8. Omvang en opeenvolging – Pre-primêr tot graad 3

Ten einde vordering in vaardighede, kennis en benaderings deur die Junior Primêre Fase te wys, geld die volgende omvang en opeenvolging van Pre-primêr tot graad 3. Die leerinhoud vir Pre-primêr is egter nie in hierdie dokument ingesluit nie, en kan in die Pre-primêre leerplan nagelaan word.

BEHOORT

PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

SELF EN DIE GEMEENSKAP, FAMILIES IN HARMONIE AND IN KONFLIK, EN DIE GEMEENSKAP AS 'N HULPBRON

Bespreek hoekom leerders waarde het, hoe ander dit aan hulle wys, hoe hulle dit aan ander kan wys Vind bevrediging in hulpvaardigheid

Bespreek hoekom leerders waarde het, hoe ander dit aan hulle wys, hoe hulle dit aan ander kan wys

Verduidelik hoe lede van 'n familie mekaar kan help

Bespreek die basiese funksies van godsdienstige leiers in die gemeenskap, en hoe ander lede bydraes lewer

LEWENSFASES

OM IN 'N GEMEENSKAP AANVAAR TE WORD: VERWELKOM 'N BABA, OUER MENSE EN VOOROUERS GROOTWORD: NUWE VERANTWOORDELIKHEDE MET BEGIN VAN TIENERJARE

Sien en waardeer hulleself as uniek en spesiaal

Veduidelik hoekom seremonies belangrik is om 'n baba te verwelkom

Verduidelik, eenvoudig en met respek, ooreenkomste en verskille tussen eie en ander se waardes met betrekking tot ouer persone en voorouers

Verduidelik in eenvoudige terme die begrippe Christen, bevestiging en Joodse Bar/Bat Mitzvah

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

6

DIE GEWYDE

GEWYDE PLEKKE EN VOORWERPE, GEWYDE TYD: SPESIALE TYE IN ONS LEWENS, GEWYDE TYD, TEKSTE, MUSIEK EN KUNS: GEWYDE TEKSTE

PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Verduidelik hoekom 'n plek of voorwerp in godsdienstige verband spesiaal is

Beskryf weeklikse en jaarlikse tye van aanbidding in hulle godsdiens

Stel vas watter gewyde boeke tot watter godsdiens behoort

FEESTE

Vertel die Kersverhaal/gods-dienstige fees en gesels daaroor

Vertel die verhaal van die Pasga of ander gekose onderwerpe in hulle eie woorde oor Vertel die Paasverhaal oor

Verduidelik drie godsdienstige vierings in 'n Afrika-tradisie Vertel in hooftrekke die gebeure oor wat gelei het tot Jesus se veroordeling

SOSIALE WAARDES

SAAMWOON: WEDERSYDSE BETREKKINGE, VERGIFFENIS EN VERSOENING DEMOKRASIE: MAAK EIE REËLS DEUR MEERDERHEIDSBESLUIT EN HOU DAARBY

Verduidelik hoekom omgee vir almal belangrik is Noerm 'n paar klasreëls en aanvaar dit as positiewe dissipline

Verduidelik hoekom omgee vir almal belangrik is

Verduidelik hoekom vergiffenis en versoening belangrik is

Verduidelik hoekom dit vir almal wat betrokke is belangrik is om saam te stem oor reëls

GODSDIENS EN DIE OMGEWING

DIE WÊRELD OM ONS: WAT RONDOM ONS IS, WAAR ONS KOS VANDAAN KOM; DIE SKOONHEID VAN DIE NATUUR, BOME IN GODSDIENSTIGE TRADISIES

Vertel stories uit hulle eie godsdienste Toon respek teenoor ander se gelowe, regte en wense

Verduidelik die verskille tussen mensgemaakte en natuurlike verskynsels Hulle sê in eenvoudige terme wat hulle van die skepping glo

Gee eie redes hoekom ons die omgewing moet oppas

Vertel 'n storie om te verduidelik op watter manier bome 'n spesiale betekenis het

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

7

PERSOONLIKE WAARDES

VERANDERING, VERLIES EN GROEI: OM IN VREDE MET JOUSELF TE LEWE, HOOGTEPUNTE IN DIE LEWE, OM IN VREDE SAAM MET ANDER TE LEWE, VRIENDSKAP IN DIE ALLEDAAGSE LEWE

Aanvaar mislukking en sukses op 'n positiewe manier Ontwikkel empatie en ontdek die vreugde van goeie vriendskappe

Onthou/vertel van 'n tyd toe hulle baie gelukkig en tevrede was

Beskryf in eie woorde hoe hulle vrede ervaar

Verduidelik in hulle eie woorde hoe om 'n goeie maat te wees

KINDERS SE REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE

MY BASIESE REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE, REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE IN DIE HUIS, REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE BY DIE SKOOL, DIE REG OM NEE TE SÊ: OPLEIDING IN SELFGELDING

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

8

PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Wees positief oor eie en ander se vermoëns, vaardighede en waardes Demonstreer goeie gedrag Neem besluite en hanteer probleem-situasies op 'n verantwoordelike wyse

Verduidelik hulle basiese regte en verantwoordelikhede

Beskryf wat hulle kan doen om hulle verantwoordelikhede by die huis regverdig uit te voer Beskryf aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag by die skool, en gee redes

Demonstreer hoe om met vertroue negatiewe aanraking te weier

ONDERWERP VAN EIE KEUSE

Gee hulle eie mening en bring dit in verband met ander se standpunte oor die onderwerp

Gee hulle eie mening en bring dit in verband met ander se standpunte oor die onderwerp

Gee hulle eie mening en bring dit in verband met ander se standpunte oor die onderwerp

Gee hulle eie mening en bring dit in verband met ander se standpunte oor die onderwerp

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

9

9. Leerinhoud Graad 1-leerders moet in die eerse termyn vir ten minste vyf weke aan gereedheidsaktiwiteite blootgestel word voordat formele onderrig begin. Verwys na die dokument, A School Readiness/Preparatory Programme (5 weeks), uitgegee deur NIED in 2011.

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

BEHOORT

Sub-onderwerp: Self en die gemeenskap

Sub-onderwerp: Families in eensgesindheid en konflik

Sub-onderwerp: Gemeenskap: Die gemeenskap as hulpbron

Leerdoelwitte Leerders weet wat dit is om versorg te word as die basis vir selfontdekking

Leerdoelwitte Leerders is vertroud met interafhanklikheid tussen familielede

Leerdoelwitte Leerders besef dat die gemeenskap se hulpbronne afhanklik is van die mense binne die gemeenskap

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

vertel hoekom hulle waardeer word, hoe ander dit vir hulle wys, hoe hulle dit vir ander wys, bv.

- bespreek, teken en dramatiseer hoe hulle tuis en by die skool versorg word

- mimiek/dramatiseer Bybelse skrifgedeeltes oor versorging (die lelies van die veld, laat die kindertjies na my toe kom), genesing (die dogtertjie van Jaïrus), die baba Moses in die mandjie: sy ma, suster en Farao se dogter

verduidelik hoe lede van 'n familie mekaar kan help, bv.

- bespreek hoe lede van 'n familie onderling saamwerk, en wat elkeen vir die ander doen

- vergelyk twee kante van 'n

familiekrisis en albei groepe se gevoelens daaroor (Rut en Naomi, Josef en sy broers)

- mimiek en dramatiseer die verhale

beskryf die basiese pligte van 'n godsdienstige leier in die gemeenskap en ook ander lede wat 'n bydrae maak, bv.

- luister n die storie van hoe God vir Adam en Eva gemaak het; mimiek die storie

- vind uit wie gee praktiese hulp in die plaaslike gemeenskap; vind uit wie help ten tye van godsdienstige seremonies (eredienste, troues, begrafnisse, ens.) en op watter maniere

- identifiseer en lys die verskillende funksies in die aanbiddingsgemeenskap (sang, prediking, skoonmaak van die gebou, onderrig, berading, besoeke)

- sit 'n uitstalbord van die aktiwiteite teen die muur op

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

10

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

LEWENSFASES Sub-onderwerp: Om in 'n gemeenskaps aanvaar te word: Verwelkom 'n baba

Sub-onderwerp: Ouer mense en voorouers

Sub-onderwerp: Grootword: nuwe verantwoordelikhede met toetrede tot die tienerjare

Leerdoelwitte Leerders beskryf hoe verskillende gemeenskappe 'n nuwe baba verwelkom

Leerdoelwitte Leerders demonstreer hoe ouer en jonger mense mekaar kan help

Leerdoelwitte Leerders kom agter dat verantwoordelikhede toeneem namate 'n mens ouer word

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

verdudelik hoekom seremonies belangrik is om 'n baba te verwelkom, bv.

- beskryf hoe sommige families vir babas name kies

- teken of beskryf 'n doopseremonie; herhaal die woorde wat by die doop gebruik word en vind uit wat dit beteken

- bespreek hoekom water gebruik

word by Christelike doopgeleenthede

- gee voorbeelde van hoe peetouers 'n peetkind kan help

- vergelyk met ander seremonies

verduidelik op 'n eenvoudige manier en met respek ooreenkomste en verskille tussen eie waardes en dié van ander met betrekking tot ouer mense, en tot voorouers, bv.

- gee 'n voorbeeld van hoe om raad by 'n ouer persoon te vra en sê of dit gewerk het

- bespreek die soort konflik wat 'n ouer persoon kan help oplos

- vergelyk met 'n storie uit hulle eie

ervaring; maniere waarop hulle ouer mense kan help

- vergelyk maniere waarop

verskillende gemeenskappe dink oor vorige generasies/voorouers

verduidelik in eenvoudige taal die Christelike belydenisaflegging en die Joodse Bar Mitzvah/Bat Mitzvah, bv.

- vergelyk verantwoordelikhede van lede in hulle jaargroep

- luister na die storie van Jesus in die tempel op 12-jarige ouderdom

- dramatiseer Maria, Josef en Jesus toe hulle weer bymekaar was en hoe hulle gevoel het

- vind meer uit omtrent tradisionele rituele wat verband hou met grootword: Christelike belydenisaflegging

- Joodse Bar Mitzvah/Bat Mitzvah

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

11

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

DIE GEWYDE Sub-onderwerp: Gewyde plekke en voorwerpe

Sub-onderwerp: Gewyde tyd: Spesiale tye in ons lewens, gewyde tyd

Sub-onderwerp: Tekste, musiek en kuns: gewyde tekste

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat 'n plek, of partykeer 'n voorwerp, betekenis kan hê vir'n individu of vir 'n hele groep

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat gewyde tyd 'n godsdienstige betekenis het

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat vir gelowiges, gewyde tekste deur God geïnspireer is; sien in dat godsdienstige musiek 'n boodskap kan oordra; sien kuns as 'n manier om 'n godsdienstige boodskap oor te dra

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

verduidelik hoekom 'n plek of voorwerp spesiaal is in 'n godsdienstige sin, bv.

- bespreek wat maak die huis of skoolvir hulle spesiaal

- identifiseer of teken plekke of voorwerpe wat n spesiale betekenis het ('n boom, heilige boek, kerk, graf), en sê hoekom dit gewyd is

beskryf weeklikse of jaarlikse tye van aanbidding in hulle godsdienste, bv.

- vertel stories of bespreek hoe verskillende mense betekenis aan tyd gee: verjaardae, dae van plaaslike belang, nasionale dae

- bespreek tye van gemeenskaplike gebed en aanbidding en belangrike godsdienstige feeste in die gelowe wat in die klas verteenwoordig word

- bespreek die konsep van die

ewigheid in gelowe wat in die klas verteenwoordig word

stel vas watter gewyde boeke tot watter godsdienste behoort, bv.

- vind uit wat die Bybel, die Tora en die Koran is, hoekom hulle van ander boeke verskil, hoe hulle bewaar en deur gelowiges eerbiedig word word

- vergelyk 'n teksvers uit elke boek oor dieselfde onderwerp met mekaar

neem deel aan die sing/voordra van 'n godsdienstige lied of psalm, bv.

- luister na of sing tradisionele of moderne liedjies met verskillende stemmings, soos vreugde, eerbied, verdriet

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

12

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- beskryf hoe stemming deur musiek geskep word

- identifiseer watter simbole aan watter godsdiens behoort, bv. teken godsdienstige simbole vir Judaïsme (Ster van Dawid, 'n 7-arm kandelaar), Islam (die halfmaan), Christendom (die kruis, duif, vis, brood en wyn); verduidelik wat elkeen beteken

FEESTE Sub-onderwerp: Vrolike vierings: Advent en Kersfees

Sub-onderwerp: Pasga en Paasfees

Sub-onderwerp: Afrika tradisies en godsdiens Palmsondag en Gewyde Week

Leerdoelwitte Leerders verstaan hoekom Kersfees/godsdienstige vierings 'n spesiale betekenis het

Leerdoelwitte Leerders verstaan Judeo-Christendom; hulle verstaan die Paasboodslap van opoffering vir ander wat lei tot oorwinning oor struikelblokke

Leerdoelwitte Leerders sien die Afrika-konteks vir godsdiens in Namibië raak; verstaan deur Jesus se voorbeeld dat godsdienstige hervormers dikwels bestaande owerhede teenstaan

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

reageer op die Kersverhaal/godsdienstige feeste, bv.

- maak 'n Adventkalender

- luister na die Advent- en Kersverhaal; teken, dramatiseer en sing Kersliedere, maak Kerskaartjies; bespreek Kersvierings in hulle eie families of gemeenskap

vertel die verhaal van die Pasga oor of 'n verhaal van hulle eie keuse, bv.

- luister na die Eksodus-verhaal; mimiek met geïmproviseerde musiek/teken episodes, bv. die trek deur die Rietsee; die moderne Joodse Pasga

verduidelik drie godsdienstige vierings in Afrika-tradisies, bv.

- vind meer uit oor Afrika se tradisionele seremonies en/of feeste ( Hererodag, Samkhubis, offers aan voorvaders, reënmaakseremonies)

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

13

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- vergelyk dit met ander feeste,

verjaardae en ander vierings in hulle eie lewens

vertel die storie van Paasfees oor, bv.

- bespreek maniere waarop mense oorwinning of sukses vier

- luister na 'n opsomming van die Opstandingsverhaal en Jesus se verskyning; hoekom Jesus die Lam van God genoem word

- skep kunsaktiwiteite rondom Paasfees

vertel in hooftrekke die gebeure wat gelei het tot Jesus se veroordeling, bv.

- luister na die belangrikste gebeure wat gelei het tot Jesus se gevangeneming en veroordeling om gekruisig te word

- dramatiseer/teken episodes; bespreek hoekom die godsdienstige leiers van die tyd vir Jesus wou kruisig

SOSIALE WAARDES Sub-onderwerp: Saamwoon: wedersydse betrekkinge

Sub-onderwerp: Vergiffenis en versoening

Sub-onderwerp: Demokrasie: maak eie reels deur meerderheidsbesluit, en hou daarby

Leerdoelwitte Leerders vind uit dat positiewe waardes en optredes ons saambind

Leerdoelwitte Leerders vind uit hoe belangrik vergiffenis en versoening is

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat reëls waaroor ooreengekom is, 'n sosiale kontrak is

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

verduidelik hoekom omgee vir almal belangrik is, bv.

- demonstreer aanvaarbare maniere om geskenke te gee en te ontvang; bespreek hoekom geskenke nie van vreemdelinge aanvaar moet word nie

- oefen formele/informele groetvorms; luister na/vertel 'n storie oor groet uit 'n godsdienstige tradisie

verduidelik hoekom vergiffenis en versoening belangrik is, bv.

- dramatiseer alledaagse situasies wat hulle ervaar waarin iemand veronreg word, toets verskillende oplossings om die onenigheid op te los

- vergelyk die gelykenisse van die ongenadige amptenaar en die verlore seun; beskryf die gevoelens en wense wat ter sprake is

verduidelik hoekom almal wat betrokke is, saamstem oor reëls, bv.

- Dramatiseer wat gebeur as iemand 'n reël oortree tydens 'n speletjie

- bespreek gevalle waar 'n groep/klas 'n besluit neem en die minderheid instem om daarby in te val

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

14

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- bespreek/teken/dramatiseer hoe ons wys ons gee om vir mekaar, vir siekes, vir gestremde en ouer mense; hoe om troeteldiere en huisdiere te versorg; hoe diere mense kan help

- bespreek verdienstelike instansies wat donasies van geld, klere en kos vir die armes nodig het; bespreek wat leerders kan doen om te help

- sê die Onse Vader-gebed op of luister daarna, teken prentjies om die gedeelte oor vergiffenis te illustreer

- vra ouers/ouer persone hoe onenighede binne die gemeenskap opgelos kan word

GODSDIENS EN DIE OMGEWING

Sub-onderwerp: Die wêreld om ons: wat daar rondom ons is

Sub-onderwerp: Waar ons kos vandaan kom; Die skoonheid van die natuur

Sub-onderwerp: Bome in godsdienstige tradisies

Leerdoelwitte Leerders raak bewus van die natuurlike en die mensgemaakte wêreld

Leerdoelwitte Leerders verstaan ons afhanklkheid van die omgewing

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat die natuur bewonder moet word; besef dat bome 'n spesiale betekenis kan hê

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

verduidelik die verskille tussen mensgemaakte en natuurlike verskynsels en sê in eenvoudige taal wat hulle van die skepping glo, bv.

- kyk na die lug in verskillende rigtings vanaf 'n uitkykpunt naby die skool; beskryf wat hulle sien

gee eie redes hoekom ons vir die omgewing moet omgee, bv.

- in groepe, maak lysies van verskillende soorte stapelvoedsel en sê waar dit vandaan kom

- skets die proses vanaf oes of insameling tot by die tafel van ten minste een soort kos

vertel 'n storie om te verduidelik dat bome 'n spesiale betekenis het, bv.

- bespreek mteaniere waarop bome belangrik en aangenaam is

- luister na/vertel 'n Afrika storie waarin 'n boom 'n belangrike rol speel ('n skeppingsverhaal); 'n Bybelstorie met 'n boom in, bv. die boom van kennis; die boom van die lewe; die boom waaronder Gautama gesit het toe hy besef het hy is betower; dramatiseer/teken een van hierdie stories

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

15

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- teken 'n reeks prente vir die klaskamer

- identifiseer mensgemaakte en natuurlike dinge; bespreek hoe die natuurlike wêreld tot stand gekom het

- luister na die skeppingsverhaal uit die Bybel en ander skeppingsverhale en teken prentjies

- bespreek oesfeeste/sing/luister na oesliedjies

- vergelyk verskillende gebede wat voor ete gebid word; skryf 'n tafelgebed

beskryf 'n paar van die mooi goed in die natuur, bv.

- in pare, bestudeer 'n klein natuurlike voorwerp van naderby ('n blom, blaar, skulp, klip) en beskryf die kleure, tekstuur en vorm daarvan

- luister na die gedeelte oor die voëls en die lelies in die Bergpredikasie

PERSOONLIKE WAARDES

Sub-onderwerp: Verandering, verlies en groei; Om in vrede met jouself te lewe; Hoogtepunte in die lewe

Sub-onderwerp: Om in vrede met mekaar te lewe

Sub-onderwerp: Vriendskap in die alledaagse lewe

Leerdoelwitte Leerders besef die waarde van innerlike vrede; besef dat die lewe aanhoudend verander

Leerdoelwitte Leerders besef die waarde van vrede maak

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat elke party moet bydra tot vriendskap

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

vertel van/dink aan 'n tyd toe hulle gelukkig en tevrede was, bv. wees rustig en luister na musiek of 'n storie

beskryf hoe hulle vrede ervaar, bv.

- dramatiseer en bespreek alledaagse situasies oor hoe rusies of stryery opgelos kan word

beskryf hoe om 'n goeie maat te wees, bv.

- gesels saam oor goeie en slegte soorte vriendskap

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

16

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- bespreek/teken situasies waar hulle gelukkig voel, waar hulle stil en alleen is

- luister na stories oor armoede, siekte en dood, bv. Gautrama wat die Boeddha geword het

- vertel/dramatiseer/teken episodes uit die stories

- bespreek hoogtepunte in hulle eie lewens

- gesels oor/kyk na die groei van 'n plant of 'n insek, bv.

- 'n ruspe soos dit verander, en teken die stadia van ontwikkeling

- gesels oor die nuwe lewe wat hulle gesien het; hoe plante en diere doodgaan; die verandering in ons lewens as mense doodgaan

- bespreek maniere om mense te ondersteun in tye van rou

- bespreek die Christelike siening van die ewige lewe

- dramatiseer of doen 'n kunsprojek oor verandering en dood

- vra ouer mense hoe hulle vrede gemaak het ná Onafhanklikheid

- luister na Matteus 5:23-24, en vergelyk die teksgedeelte met die Moslemgebruik om na 'n moskee toe te gaan om te bid

- leer die Hebreeuse vorm van groet "shalom" (wat beteken "vrede")

- dramatiseer die storie van Maria en Marta en kyk na die verskillende maniere om 'n maat te wees

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

17

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

KINDERREGTE EN -VERANTWOORDELIKHEDE

Sub-onderwerp: My basiese regte en verantwoordelikhede

Sub-onderwerp: Regte en verantwoordelikhede in die huis Regte en verantwoordelikhede by die skool

Sub-onderwerp: Die reg om Nee te sê: Opleiding in selfhandhawing

Leerdoelwitte Leerders verstaan basiese kinderregte

Leerdoelwitte Leerders verstaan dat regte by die huis en regte by die skool verantwoordelikhede insluit; verstaan dat regte en verantwoordelikhede belangrik is in die skoolomgewing

Leerdoelwitte Leerders demonstreer hoe om hulleself te handhaaf wanneer hulle bedreig word

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

verduidelik hulle basiese regte en verantwoordelikhede, bv.

- bespreek die reg op 'n naam, familie, nasionaleiteit, onderwys, vryheid, vryheid van werk

beskryf wat hulle kan doen om hulle verantwoordelikhede by die huis regverdig na te kom, bv.

- in groepe, mimiek en bespreek dinge en huishoudelike takies wat mense vir mekaar doen; of seuns minder doen as meisies; dat kinders in verskillende huishoudings verskillende maniere het om te help; regte en verantwoordelikhede vir almal

beskryf wat aanvaarbare gedrag by die skool is en wat nie, en gee redes hoekom, bv.

- dramatiseer skoolsituasies waarin die teenstelling gewys word van leerders wat hulle regte misbruik omdat hulle nie verantwoordelik optree nie en leerders wat hulle regte gestand doen deur verantwoordelik op te tree

demonstreer hoe om hulleself te handhaaf deur nie negatiewe aanraking toe te laat nie, bv.

- miniek dierekarakters wat aggressief/onderdanig is

- dramatiseer alledaagse situasies van aggressie/onderdanigheid

- herhaal, maar verander van onderdanige optrede na dié van selfhandhawing

- bespreek positiewe/negatiewe aanraking

- dramatiseer hoe om te verander van onderdanige gedrag na selfhanhawing in reaksie op negatiewe aanraking

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

18

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- verduidelik hoekom lyfstraf in die skool verkeerd is volgens die grondwet

ONDERWERP VAN EIE KEUSE

Leerdoelwitte Leerders deel verskillende sienswyses met mekaar

Leerdoelwitte Leerders deel verskillende sienswyses met mekaar

Leerdoelwitte Leerders deel verskillende sienswyses met mekaar

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

gee hulle eie standpunte en bring dit in verband met dié van ander oor die onderwerp, bv.

- dink saam oor onderwerpe wat van toepassing is op die klas

gee hulle eie standpunte en bring dit in verband met dié van ander oor die onderwerp, bv.

- dink saam oor onderwerpe wat van toepassing is op die klas

gee hulle eie standpunte en bring dit in verband met dié van ander oor die onderwerp, bv.

- dink saam oor onderwerpe wat van toepassing is op die klas

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

10. Evaluering

Ten einde die volle omvang en vlakke van vaardighede te bepaal is ’n verskeidenheid deurlopende evalueringsituasies in die Junior Primêre fase nodig om ’n geheelbeeld van die leerder se vordering en bemeestering te gee. Deurlopende Evaluering (DE) moet duidelik, eenvoudig en hanteerbaar wees, en stewig geanker in leerder-gesentreerde beginsels en praktyke. Die vaardighede in die sillabus lê die begrip en bekwaamhede neer wat ’n leerder moet bereik en wat geëvalueer moet word. Die doelwit is egter dat die sillabus leergedrewe moet wees, eerder as evaluering-gedrewe. 9.1 Doel van evaluering

Die doel van DE is om betroubare en toepaslike inligting oor die leerder se bemeestering van die vaardighede te bekom. Hierdie inligting moet gebruik word om terugvoering aan leerders te gee oor hulle sterk en swak punte, waar hulle goed doen en waar en hoe hulle behoort te verbeter. Ouers moet gereeld deur middel van ’n formele skoolrapport op hoogte gebring word van hulle kinders se vordering. Hulle moet aangemoedig word om hulle kinders se prestasies te beloon en hulle onderrig te ondersteun. Deurlopende evaluering help onderwysers ook om hulle onderrig te verbeter en vir die leerders ’n beter leerervaring te gee. Die fokus moet wees op evaluering vir leer eerder as evaluering van leer. Ons evalueer om ’n betroubare beeld tre kry van elke leerder se bemeestering van die vaardighede ten einde verder onderrig/leer te verbeter, leerondersteuning te gee en onderrigstelsels te evalueer. 9.2 Soorte evaluering Informele evalueringsmetodes: Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die vaardighede bemeester het wat in die Wiskundesillabus uiteengesit word, en die leerder se vordering daarvolgens bepaal. In ’n groot mate kan dit op ’n informele wyse geskied deur waarneming van elke leerder se vordering in leer- en praktiese situasies terwyl hulle ondersoek, verskynsels en data interpreteer, kennis toepas, kommunikeer en standpunt inneem, sowel as in hulle deelname in die algemeen. Dit beteken dat ’n leerder vir evalueringdoeleindes waargeneem moet word terwyl die onderwyser onderrig gee. Die waarnemings moet deurentyd aangeteken word. Onderwysers neem alle leerders waar tydens die Wiskundelesse. Hulle sien wie aandag gee en wie nie, wie onafhanklik kan werk en wie sukkel om op hulle eie aan te gaan. Deur vrae te vra kan hulle bepaal wie die begrippe verstaan het en wie nie. Deur aktiwiteite fyn dop te hou kan hulle vasstel wie ’n taak kan voltooi deur kennis en vaardighede toe te pas, en wie nie. Die leerders se deelname, betrokkenheid en bydraes tot groepwerk word ook waargeneem. Formele evalueringsmetodes: Dit behels evalueringsmetodes soos vasvra, kort toetse, mondelinge toetse en werkblaaie. Werkblaaie is baie nuttig en kan óf op die skryfbord óf op papier aangebied word. Dit is baie belangrik dat onderwysers hulle werk organiseer en beplan om leerders te evalueer en punte toe ken en dit dan te verwerk uit tien (10). Die gebruik van formele geskrewe en mondelinge toetse kan net ’n beperkte omvang van vaardighede toets, en moet dus nie baie tyd in beslag neem nie. Kort toetse kan gedurende ’n Wiskundeperiode afgehandel word en moet beskou word as ’n gewone Wiskunde-aktiwiteit.

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

9.3 Graadbeskrywings Die leerder se vlak van bemeestering in verhouding tot die vaardighede in die Wiskunde-sillabus word in letterwaardes aangedui. Dit is noodsaaklik dat die letterwaardes wat toegeken word, die leerder se werklike vlak van bemeestering weerspieël in verhouding tot die vaardighede. In grade 1 tot 3 hou letterwaardes verband met ‘n persentasie. Die verhouding tussen die waardes wat toegeken word en die vaardighede word hieronder aangedui.

Graad % Vaardigheidsbeskrywings

A 80%+ Bemeester vaardighede uitstekend.Die leerder vaar uitmuntend op al die vlakke van vaardigheid.

B 70-79% Bemeester vaardighede baie goed. Die leerder se prestasie lê beduidend bo die gemiddelde vereistes en die leerder is baie knap op die meeste vlakke van vaardigheid.

C 60-69% Bemeester vaardighede goed. Die leerder het die vaardighede bevredigend bemeester in vreemde situasies en kontekste.

D 50-59%

Bemeester vaardighede bevredigend. Die leerder se vaardighede stem ooreen met die gemiddelde vereistes. Die leerder kan dalk in sommige afdelings ondersteuning nodig hê.

E 40-49%

Bemeester die minimum aantal vaardighede om as vaardig beskou te word. Die leerder het dalk nie al die vaardighede bemeester nie, maar sy/haar bemeestering is genoeg om bo die vaardigheidsvlak te wees. Die leerder het op feitlik alle vlakke leerondersteuning nodig

U 0-39%

Ongegradeer. Die leerder was nie in staat om ’n minimum vlak van vaardigheid te bereik nie, selfs met aansienlike hulp van die onderwyser. Die leerder het leerondersteuning baie nodig.

10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering (Besonderhede is beskikbaar in die Junior Primary National Policy Guide) Evaluering moet deel uitmaak van die lesbeplanning, en daar moet duidelike evalueringstandaarde wees. Tydens lesse en terwyl leerders besig is met normale klasaktiwititeite is die onderwyser besig met formele en informele deurlopende evaluering vir al die verskillende vaardighede in al die vakke. In die Junior Primêre fase staan evaluering in noue verband met die kriteria. Dit beteken dat, as punte of letterwaardes toegeken word, dit noodsaaklik is dat hulle die leerder se bemeesteringsvlak in verhouding tot die vaardighede moet weerspieël. 10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering Informele Deurlopende Evaluering word gedoen deur noukeurige en geskrewe aantekeninge (sien voorbeeld 10.4.3). Dit beteken dat die onderwyser waarnemings oor bemeestering of probleme op die klaslys aanteken, terwyl die leerders met lesaktiwiteite besig is. Hierdie aantekeninge of opmerkings help dan weer met toekomstige lesbeplanning, vereistes vir leerondersteuning en die toekenning van punte vir Formele Deurlopende Evaluering. Dit is nie nodig om ’n opmerking of nota vir elke vaardigheid te maak nie – ’n merkie is al wat nodig

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

is om te wys dat ’n leerder die bepaalde vaardigheid bemeester het. ’n Geskrewe bewys is egter nodig as ’n leerder sukkel en meer hulp nodig het. 10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering

Formele Deurlopende Evaluering word gewoonlik gedoen ná afhandeling van ’n tema of as ’n bepaalde begrip geëvalueer moet word voordat ’n nuwe begrip aangepak word. Hiervoor kan verskeie kort skriftelike of mondelinge toetse of vasvrageleenthede oor die termyn versprei word waarvoor die onderwyser dan punte toeken. Gedurende die termyn moet onderwysers rekord hou van die punte wat toegeken is vir Deurlopende evaluering op die Formele Deurlopende Evaluering klaslys. Hierdie evaluering vind plaas gedurende normale klasaktiwiteite. Dit beteken dat daar GEEN “toetsweek” of “toetsrooster” in die Junior Primêre fase (Gr. 1-3) is waar leerlinge moet leer vir toetse nie. Aan die einde van die termyn word die punte vir elke vak bymekaar getel in die “Totaal” kolom. Die “gemiddeld” word bereken deur die “Totaal” te deel deur die hoeveelheid evaluerings wat gedoen is. Die desimale breuke word afgerond volgens die wiskundige reël, bv. 3.2 = 3. Die gemiddelde punt word oorgedra na die Formele Deurlopende Evaluering Rekordvorm in onderskeie kolomme. Die onderwyser tel die kolomme bymekaar om die Totaal te kry en bereken dan die persentasie. Die persentasie word verwerk na letterwaardes soos aangedui in 10.3.

(Besonderhede oor rekordhouding is beskikbaar in die Junior Primêre Deurlopende Evaluering Rekordvorms)

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

11. Woordelys

NB: Die betekenisse wat hier gegee word, is van toepassing op die woord binne die konteks van hierdie leerplan en nie noodwendig op enige ander konteks nie.

Affektief - hou verband met gevoelens en emosies Bar Mitzvah - Joodse seremonie wat die volwasse status van seuns aankondig Bat Mitzvah - Joodse seremonie wat die volwasse status van meisies aankondig Deurlopende evaluering - meting van leerders se vordering, gebaseer op hulle werk in die klaskamer of toetse/vasvra regdeur die termyn of die jaar eerder as op net een eksamen Diversiteit - etniese verskeidenheid, sowel as sosio-ekonomiese en geslags- verskeidenheid binne ’n groep, gemeenskap of instelling Eerbied - ’n gevoel van diepe respek vir ’n persoon of ’n voorwerp Ekumenies - wat Christelike denominasies saambind Eties - gebaseer op korrekte gedrag Geïntegreer - ’n kombinasie van dele of voorwerpe wat goed saamwerk Gewyd - verwys na godsdienstige gebruike Globalisering - wêreldwye integrasie en ontwikkeling as gevolg van verbeterde tegnologie en kommunikasie; dit loop soms uit op verlies van individuele kulturele identiteite Heilig - afgesonder of van spesiale betekenis vir ’n godsdienstige doel en word gewoonlik nie bevraagteken nie Hoofstroomskole - skole wat hoofsaaklk bedoel is vir leerders wat nie spesiale opvoedingsbehoeftes het nie. Enige skool wat nie ’n spesiale skool is nie. Insluiting - om alle partye in te sluit Interkurrikulêre sake - sake wat betrekking het op kennis, vaardighede, begrippe en waardes wat op meer as een vak- of leerterrein van toepassing is Judeo-Christendom - begrippe en waardes wat as gemeenskaplik aanvaar word tussen die Joodse godsdiens en die Christendom Leerstandaarde - geskrewe voorskrifte van wat leerders moet weet en moet kan doen, op grond van hulle onderrig ná ’n bepaalde tyd, bv. aan die einde van Junior Primêr. Dit word ook "inhoudstandaarde"

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

genoem. Leerstandaarde beskryf wat onderwysers vir leerders moet leer en wat leerders moet leer Moreel - verwys na die verskil tussen goed en sleg, reg en verkeerd Multi-kultureel - verskillende kulture/dit wat te doen het met verskillende kulture Onderdanig - om toe te gee, ’n neiging om te dien of te gehoorsaam sonder om vrae te vra Ramadan - die Moslems se maand van vas tussen sonop en sononder Ritueel - oorgeërfde godsdienstige of sekulêre seremonie Sekulêr - nie-godsdienstig Selfversekerd - om seker te maak mense neem kennis van jou wil en teenwoordigheid Seremonie - ’n formele aktiwiteit of viering van ’n geleentheid Simbool - ’n voorwerp of uitbeelding wat ’n dieper betekenis verteenwoordig Skoolgereedheid/Voorbereidende program - ’n program ontwerp vir graad 1 Namibiese leerders omdat baie leerders nie skoolgereedheid bereik voordat hulle skool toe gaan nie. Dit is ontwerp om leerders te help om die begrippe en bekwaamhede baas te raak wat nodig is vir meer formele leer Tematiese skakels - verbindings met soortgelyke idees of onderwerpe in ander vakgebiede Vaardighede - meetbare bekwaamhede wat as noodsaaklik beskou word om ’n taak uit te voer of ’n standaard te bereik Vas - om kos en drank te vermy, gedeeltelik, selektief of in totaliteit, vir ’n bepaalde tydperk

NIED-leerplan: Godsdiens en Morele Opvoeding Junior Primêre Fase 2014

The National Institute for Educational Development Privaatsak 2034 Okahandja NAMIBIË Telefoon: +64 62 509000 Faks: +64 62 509033 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.nied.edu.na © NIED 2014