intermediatephase.co.za€¦  · web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras....

11
EKURHULENI NORTH November 2016 Graad 05 Afrikaans EAT ALGEMENE ASSESSERINGS VRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2016 GRAAD 5 Naam: _______________________________________________ Graad: 5____ INTRUKSIES EN INFORMASIE Die vraestel bestaan uit twee afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30) AFDELING B: TAALLEER (15) TYD: 1 UUR TOTAAL (45) Lees die vrae mooi en aandagtig deur. Dink voordat jy die vraestel beantwoord. Skryf netjies en leesbaar.

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

10 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

ALGEMENE ASSESSERINGS VRAESTEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALNOVEMBER 2016

GRAAD 5

Naam: _______________________________________________ Graad: 5____

INTRUKSIES EN INFORMASIE

Die vraestel bestaan uit twee afdelings.

AFDELING A: LEESBEGRIP (30)

AFDELING B: TAALLEER (15)

TYD: 1 UUR TOTAAL (45)

Lees die vrae mooi en aandagtig deur.

Dink voordat jy die vraestel beantwoord.

Skryf netjies en leesbaar.

Sterkte!

Page 2: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

Afdeling A: Leesbegrip.

Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat volg:

Die jakkals en die kraai.

1) Reynard, die jakkals, sien een oggend hoe ‘n kraai met ‘n stukkaas in sy bek wegvlieg en op‘n hoë tak in ‘n boom gaan sit.“Daardie stuk kaas wil ek hê,”dink die jakkals en stap na dieboom.

2) “Goeiedag, meneer Kraai,” roephy. “Hoe goed lyk jy nie vandagnie ? Jou vere glinster en jou oëis so helder. Ek is seker jou stemis mooier en beter as al die andervoëls s’n. Laat ek net een van jouliedjies hoor sodat ek jou die koningvan die voëls kan noem”. Die kraaistoot sy bors trots uit en voel baie blyoor die jakkals se woorde.

3) Die kraai, wat eintlik nie baie goedkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard, die jakkals, gryp dit natuurlik onmiddellik en vreet dit op. “Dis genoeg,” sy hy. “Dit is al wat ek wou hê.” Hy kyk opna die kraai en sê : “In ruil vir die kaas gee ek jou ‘n stukkie advies vir die toekoms. Moenie vleiers vetrou nie.”

4) Die jakkals draai om en stap weg en laat ‘n verslae kraai agter. Hy besef dat die jakkals hom ‘n streep getrek het en dat hy in die strik getrap het. Gegrief vlieg diekraai weg om verder te gaan soek vir iets om te eet.

Storie verwerk uit www.e-classroom.co.za

Woorde: 161

-2-

Page 3: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

1.1. Beantwoord die volgende vrae deur die regte antwoord te onderstreep:

1.1.1. Wat wou die jakkals graag gehad het ? (paragraaf 1)a) Die kraai se stuk kaas.b) Die kraai se vere.c) Die kraai se pote.d) Die kraai se stem.e) Nie een van die antwoorde nie. (1)

1.1.2. Waarom het die jakkals vir die kraai gevlei ? (paragraaf 3)a) Die jakkals luister graag hoe mooi die kraai sing.b) Die jakkals was honger.c) Hy wou vriende maak met die kraai.d) Hy wou die kaas hê.e) Nie een van die antwoorde nie. (1)

1.1.3 Waarom was die kraai so trots oor die jakkals se woorde ? (paragraaf 2)a) Hy kon baie mooi sing.b) Hy was baie bly oor die jakkals se woorde.c) Hy wou graag vriende wees met die jakkals.d) Hy was baie bly om die jakkals te sien.e) Nie een van die antwoorde nie. (1)

1.1.4. Wat beteken die woord “glinster” ? (paragraaf 2) “Jou vere glinster.”a) dofb) kleurvolc) skitterd) blinke) Nie een van die antwoorde nie. (1)

1.1.5. Wat was die grootste fout wat die kraai gemaak het ? (paragraaf 3)a) Hy het die jakkals geglo.b) Hy het in ‘n boom gaan sit.c) Hy het na die jakkals geluister.d) Hy was vriende met die jakkals.e) Nie een van die antwoorde nie. (1)

1.1.6. Waarom het die kraai vir die jakkals begin sing ? (paragraaf 2)a) Hy was bang vir die jakkals.b) Hy wou hê dat die jakkals hom die koning van die voëls noem.c) Die jakkals het hom goeie raad gegee.d) Hy het vir die jakkals geskrik.e) Nie een van die antwoorde nie. (1)

[6]-3-

Page 4: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

1.2. Soek sinonieme in die storie vir die volgende woorde:byvoorbeeld raad: (paragraaf 3) advies. (Woorde met dieselfde betekenis.)

1.2.1. gelukkig (paragraaf 2)

(1)

1.2.2. hoogmoedig (paragraaf 2)

(1)[2]

1.3 Soek antonieme in die storie vir die volgende woorde:byvoorbeeld toemaak: (paragraaf 3) oopmaak. (Woorde met die teenoorgesteldebetekenis.)

1.3.1. lae (paragraaf 1)

(1)

1.3.2. wantrou (paragraaf 3)

(1)[2]

1.4 Beantwoord die volgende vrae :

1.4.1. Watter twee woorde (paragraaf 4) vertel vir ons hoe kraai gevoel het nadat diejakkals hom ‘n streep getrek het ?

(1)

(1)

1.4.2. Waarom wou die jakkals hê dat die kraai moes sing ? (paragraaf 1).

(1)

-4-

Page 5: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

1.4.3. Hoe het die jakkals die kraai gevlei ? (paragraaf 2)

(4)

1.4.4. Waar het die kraai gesit ? (paragraaf 1)

(1)[8]

1.5 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord in te vul :

streep, vertrou, advies, toekoms,koning, strik, liedjies, glinster

1.5.1. In ruil vir die kaas sal ek vir jou goeie gee vir die

. (paragraaf 3) (2)

1.5.2. Die kraai het besef dat die jakkals hom ‘n getrek het

en dat hy in die getrap het. (paragraaf 4) (2)

1.5.3. Moenie vleiers nie. (paragraaf 3) (1)

1.5.4 “Laat ek net een van jou hoor sodat ek jou die _______________

van die voëls kan noem.” (paragraaf 2). (2)[7]

1.6. Watter les leer ons uit die storie ? (paragraaf 3)

(2)

Page 6: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

[2]

-5-

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

1.7. Sê of die volgende sinne waar (true) of onwaar (false) is:

1.7.1. Die jakkals se naam was Reynard. (paragraaf 1). (1)

1.7.2. Die kraai was ‘n mannetjie (paragraaf 2). (1)

1.7.3. Die kraai kon baie mooi sing. (paragraaf 3). (1)[3]

Totaal Afdeling A: 30

Afdeling B: Taalstrukture

2.1. Meervoude is meer as een.

Byvoorbeeld : vleier (paragraaf 3) - vleiers.

Gee die meervoude van die volgende woorde:

2.1.1. veer (paragraaf 2) (1)

2.1.2. voël (paragraaf 2) (1)[2]

2.2. Verkleining wys dat iets klein is.

Byvoorbeeld : stuk (paragraaf 3) - stukkie.

Gee die verkleining van die volgende woorde:

2.2.1. lied (paragraaf 2) - (1)

2.2.2. voël (paragraaf 2) - (1)[2]

2.3. Trappe van vergelyking

Byvoorbeeld : groot, groter, grootste

2.3.1. Die kraai kan (mooi) sing as die jakkals. (1)

2.3.2. Die jakkals is die (slim) van al die diere. (1)[2]

Page 7: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

-6-

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

2.4. Die kaas van die kraai is goudgeel. Ons noem dit Intensiewe vorm.

Gee die Intensiewe vorme van die volgende:

2.4.1. Die kraai voel nou (moeg) . (1)

2.4.2. Dit is nou (koud) in die boom waar die kraai sit. (1)[2]

2.5. Ons kan sinne oorskryf in die lydende vorm.

Byvoorbeeld : Die jakkals gryp die stuk kaas.

Die stuk kaas word deur die jakkals gegryp.

Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm:

2.5.1. Die kraai het ‘n liedjie gesing.

(1)

2.5.2. Die jakkals vreet die stuk kaas op.

(1)

[2]2.6. Daar is 4 soorte sinne byvoorbeeld :

Stelsin: Hy sien die stuk kaas. Vraagsin: Kan ek die kaas kry, asseblief ?Bevelsin: Gee die kaas hier !Uitroepsin: Jy is nou baie lelik !

Benoem die volgende sinne:

2.6.1. Hy lig sy kop op en begin sing. (1)

-7-

Page 8: intermediatephase.co.za€¦  · Web viewkon sing nie, lig sy kop en begin op sy heel beste kras. Maar die oomblik toe hy sy . bek oopmaak, val die stuk kaas op die grond. Reynard,

EKURHULENI NORTH

November 2016Graad 05

Afrikaans EAT

2.6.2. Hoe goed lyk jy nie vandag nie ? (1)

2.6.3 Dis nou genoeg ! (1)[3]

2.7. Ons gebruik die woord “het” by die verlede tyd byvoorbeeld :

Hy vat die stuk kaas.Hy het die stuk kaas gevat.

Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd :

2.7.1. Jy lyk baie goed.

(1)

2.7.2. Hy stoot sy bors uit.

(1)[2]

Totaal Afdeling B : 15Groottotaal : 45

Lekker vakansie

hou!!!