web viewcrystal sê kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ......

16
VIS EN TJIPS deur Jaco Jacobs OPSOMMINGS EN VRAE:

Upload: nguyenthuy

Post on 31-Jan-2018

260 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

VIS EN TJIPS deur Jaco Jacobs

OPSOMMINGS EN VRAE:

Page 2: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 11Opsomming:Crystal sit met haar voete in die getypoel en skets. Kevin kom vra haar om verskoning vir die vorige dag se gesprek. Hy kom sit langs haar en vertel haar dat sy pa sy werk verloor en begin drink het. Sy ouers is vroeër die jaar geskei. Sy broer wil niks met hul pa te doen hê nie, want hy soek altyd net geld. Kevin sien egter soms sy pa. Crystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. Dan wys sy hom die video-opname van Ginger en Fred wat op maat van die liedjie “Cheek to cheek” dans.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGopgeneuk messed up verwoesweerloos vulnerable blootgestel aan aanval

Vrae:1. Waarom is die skets van die krap in die hoofstuk onvoltooid?

(1)2. Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woorde in te vul: Kevin se pa het sy

2.1 ______ verloor en verslaaf geraak aan 2.2 ______. Sy ma en pa is vroeër die jaar 2.3 ______. Kevin se pa soek die heeltyd 2.4 ______ by sy kinders; daarom wil 2.5 ______ niks meer met hom te doen hê nie. 2.6 ______ sien egter soms sy pa sonder dat sy 2.7 ______ daarvan weet.

(7)3. Volgens die HAT beteken “weerloos”: “nie in staat tot verdediging nie”. Hoekom dink

jy lyk Kevin vir Crystal weerloos?(2)

4. Wat is mariene bewaring?(1)

1.1 Watter soort liedjie is “Cheek to cheek”?(1)

1.2 Wat beteken die woorde “I’m in heaven” in die liedjie?(1)

1.3 Waarom het die woorde “I’m in heaven” in die geval van Ginger ‘n spesiale betekenis wanneer hulle na die DVD kyk?

(2)2. In hierdie hoofstuk hoor Crystal drie woorde wat sy nooit uit Kevin se mond verwag

het nie en sy oen iets wat sy nooit verwag het om te doen nie. Watter woorde hoor sy en wat doen sy?

(2)

Page 3: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 12Opsomming:Dit is ‘n paar dae later. Crystal se pa vertel opgewonde aan etenstafel dat hy en Kevin vir Ginger ‘n roetine uitgewerk het en dat sy binnekort vertonings kan begin hou. Hy besluit om die volgende dag, Saterdag, na toemaaktyd ‘n vertoning vir ‘n paar mense te hou. Crystal dink weer aan wat Kevin vir haar van sy pa vertel het en gee haar pa ‘n drukkie.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGroetine routine ‘n vaste volgorde waarin dinge gebeurskepties sceptical twyfelend

Vrae:1. Wat beteken dit as Crystal se pa sê dat Kevin ‘n ongelooflike “slag met diere” het?

(1)2. Watter groot aankondiging maak Crystal se pa?

(1)3. Waaroor is Crystal en haar ma skepties?

(1)4. Waarom verander Crystal se ma die onderwerp?

(2)5. Maar ek sit en dink oor Kevin. Oor wat hy my vertel het.5.1 Wat het Kevin vir Crystal vertel?

(3)5.2 Waarom dink Crystal juis nou aan Kevin se woorde?

(1)5.3 Waarom gee Crystal haar pa ‘n drukkie?

(2)

Page 4: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 13Opsomming:Ginger hou haar eerste vertoning in ‘n lang tyd voor ‘n paar mense. Crystal se pa het ‘n joernalisvriend ook genooi om te kom kyk sodat hy ‘n artikel kan skryf. Ginger doen al die toertjies perfek. Aan die einde van die vertoning het Kevin ‘n verrassing - sonder dat Crystal se pa dit weet, het hy vir Ginger ‘n dansnommer geleer. Crystal en haar ma vee trane weg toe hul Ginger sien dans.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGThe Little Mermaid

Disney se 1989 animasierolprent, gegrond op die klassieke Hans Christian Andersen-sprokie

Vrae:1. Op watter drie maniere gaan Ginger se belangrike vertoning verewig word?

(3)2. Waarom het Crystal se ma ‘n hoopvolle glimlag?

(1)3. Watter teenstrydige ding doen Bianca?

(2)4. Hoe weet ons dat Bianca min van seelewe weet?

(1)5. Watter verrassing het Kevin vir Crystal se pa en die toeskouers?

(1)6. Wat beteken “Nou is almal op hul voete”?

(1)7. Waarom wil Crystal en haar ma huil?

(2)

Page 5: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 14Opsomming:Na die vertoning dwaal Crystal tussen die tenks rond terwyl haar pa en die joernalis gesels. Sy sien Kevin waar hy op ‘n bankie sout-en-asyn-skyfies sit en eet. Crystal sê sy bewonder vir Kevin oor wat hy met Ginger reggekry het. Kevin weet waarom sy verbaas is, want ‘n dolfyn en ‘n jeugmisdadiger soos hy is nie eintlik ‘n natuurlike kombinasie nie. Hulle begin praat oor ander kombinasies soos sout-en-asyn of vis en skyfies, wat nie natuurlik was totdat iemand dit probeer het nie. Kevin lag en Crystal besef vir die eerste keer hoe aantreklik hy is. Sy selfoon lui en Crystal hoor hoe hy vir sy pa sê dat hy nie geld het nie. Kevin praat weer met Crystal oor sy pa, maar Bianca onderbreek hulle. Sy het vir Kevin ‘n sjokolade gekoop, maar hy wil dit nie hê nie en is onbeskof met haar. Bianca dink dat Kevin en Crystal ‘n verhouding het omdat hulle gesels en sy loop woedend weg. Crystal praat Kevin aan omdat hy so onbeskof met Bianca was, maar hy maak ‘n grap daaroor.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGjeugmisdadiger juvenile

delinquent‘n minderjarige wat ‘n misdaad pleeg

P.S.-sjokolade P.S. chocolate ‘n soort sjokolade met verskillende boodskappe op die omhulsel

Vrae:1. Watter vergelyking gebruik Crystal om Kevin se verhouding met Ginger te

verduidelik?(2)

2. Hoe het die verhouding tussen Crystal en Kevin verander?(3)

3. Wat dink jy beteken dit as Kevin lyk asof hy “iets raaksien wat hy tot dusver misgekyk het” wanneer hy na Crystal kyk?

(1)4. Waarom blaas Crystal haar asem verlig uit?

(2)5. Waarom bel Kevin se pa hom?

(1)6. Waarom klink Bianca agterdogtig?

(1)7. Skryf Bianca se woorde in jou eie woorde oor: “Is dit hoe die wind waai?”

(1)8. Hoe weet ons dat Crystal nie regtig vir Kevin kwaad is omdat hy Bianca onbeskof

behandel het nie?(1)

Page 6: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 15Opsomming:Crystal voel daar behoort ‘n natuurwet te wees wat sê dat iets altyd skeefloop sodra dit goed begin gaan. Maandagoggend gaan sy saam met haar pa akwarium toe sodat hy en Kevin met Ginger kan oefen. Oom Jules, die nagwag, sê daar was die naweek geen probleme nie. Crystal se pa ontdek egter daar is by die snoepie ingebreek. Die snoepie is ‘n gemors en dit lyk asof die dief geld gesoek het. Oom Jules is verbaas, want die snoepie was gesluit. Hy ontdek die snoepie se sleutel in Kevin se rugsak. Crystal is baie geskok. Kevin begin sê dat hy onskuldig is, maar dan gryp hy sy rugsak en vlug.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGnatuurwette natural laws /

scientific laws‘n stel wetenskaplike reëls wat verduidelik hoe alles in die natuur werk, byvoorbeeld Newton se bewegingswette

Vrae:1. Wat het die afgelope tyd goed gegaan by die akwarium en in Crystal se lewe?

(2)2. Waarom kan Crystal se voorgestelde wet as ‘n voorafskaduwing beskou word?

(1)3. Waarom gaap oom Jules?

(1)4. Waarom gluur oom Jules vir Kevin aan as hy sê dat daar die afgelope naweek geen

probleme was nie?(2)

5. Verduidelik in jou eie woorde hoe alles skeefloop in hierdie hoofstuk.(4)

Page 7: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 16Opsomming:Oom Jules is woedend en sê hulle moet die polisie bel om Kevin te vang. Crystal is in twee geskeur. Aan die een kant dink sy ook Kevin is die skuldige, veral omdat sy weet hy het geld nodig om vir sy pa te gee. Maar aan die ander kant wil sy ook glo hy is onskuldig. Haar pa se selfoon lui en terwyl hy praat, troos Crystal vir Ginger en sê alles sal regkom. Haar pa sê dit is Bianca wat gebel het om te sê haar snoepiesleutel is weg. Crystal keer skielik haar pa om die polisie te bel, want sy het ‘n plan.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGonskuldig innocent kan nie geblameer word nieskuldige guilty (person) die persoon wat geblameer moet wordtroos comfort om iemand beter te laat voel deur simpatie te

toon

Vrae:1. “Ek het geweet daai mannetjie is moeilikheid.” Wie het vroeër amper dieselfde

woorde gesê? Verduidelik.(2)

2. Verduidelik waarom dit vir Crystal voel asof sy in twee skeur.(2)

3. Watter afleiding maak Crystal se pa en oom Jules uit Bianca se oproep?(1)

4. Voltooi:Crystal-wat-kwaad-is dink Kevin was ________ om by die snoepie in te breek nadat haar pa so baie vir hom gedoen het.

(1)5. Wie is die “ander Crystal” wat planne maak?

(1)

Page 8: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 17Opsomming:Crystal en haar pa ry in die motor rond op soek na Kevin, maar hulle weet nie waar hy woon nie. Net toe haar pa wou moed opgee, onthou Crystal van die strandstalletjie waar Kevin werk. Sy laat haar pa daarheen ry, want iemand daar kan hulle dalk help. ‘n Rastaman werk by die stalletjie en hy sê dat kevin daar naby in ‘n woonstelblok bly. Crystal hardloop terug motor toe.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGlugversorger air conditioner masjien wat die temperatuur van die lug beheerpolisie cops sleng vir polisieRastallokke dreadlocks ‘n haarstyl wat bestaan uit lang, dik haarlokke wat

aan mekaar vasgekoek isRastaman Rastafariër-man Rastafari het in die 1930’s in

Jamaika begin. Haile Selassie 1, die keiser van Ethiopië, was hul messias en Reggae-musiek sinoniem met die beweging.

Vrae:1. Hoekom wil Crystal nie hê haar pa moet vir die polisie vra waar Kevin woon nie?

(1)2. Hoe weet Crystal dat Kevin saans by ‘n strandstalletjie werk?

(1)3. Wat noem die Rastaman vir Crystal?

(1)4. Waaraan laat die bynaam “Kevinator” jou dink?

(1)5. Watter drie dinge bewys volgens die Rastaman dat Crystal nie vir die polisie werk

nie?(3)

Page 9: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 18Opsomming:By die Merry Mews-woonstelblok vind Crystal uit Kevin bly in nommer 22. Sy klop aan die deur. ‘n Seun wat baie soos Kevin lyk, maak oop. Dit is sy broer, Rico. Hy is onbeskof, maar Kevin se ma is vriendelik en nooi haar binne. Crystal verduidelik dat haar pa die bestuurder van Aqua World is en die tannie is verbaas om te hoor Kevin is nie by die werk nie. Crystal vertel wat by die akwarium gebeur het. Dan daag Kevin by die woonstel op.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGvervalle Run down /

delapidatedverwaarloos

Vrae:1. Waarom is Merry Mews se naam ironies?

(2)2. Waarom, dink jy, sal dit beter wees as Crystal eers alleen met Kevin praat?

(2)3. Watter fout begaan Crystal toe die deur oopgemaak word?

(1)4. Kies die regte antwoord:”Ongeskikte klein buffel” is ‘n voorbeeld van...

a) metafoorb) personifikasiec) vergelykingd) alliterasie

(1)5. Waarom, dink Crystal, lyk die tannie nie baie geskok toe sy hoor wat by die akwarium

gebeur het nie?(1)

6. Haal ‘n sin aan wat bewys dat Rico min dink van Kevin se werk by die akwarium.(1)

7. Dink jy Kevin het sy gesin vertel van Ginger en die vertoning wat sy gehou het? Motiveer jou antwoord.

(2)

Page 10: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 19Opsomming:Kevin se ma sê hulle moet iewers privaat gaan praat. Kevin wil eers nie met Crystal praat nie, maar sy ma oortuig hom. Hulle gaan praat in die broers se kamer. Crystal verduidelik dat hulle weet Kevin is onskuldig. Sy het haar pa gevra om na die videos van die veiligheidskamera te kyk en hulle het gesien hoe Bianca die sleutel in Kevin se rugsak wegsteek. Crystal dink Bianca wou Kevin terugkry omdat hy haar afgejak het. Crystal se pa het Bianca se ouers gebel en haar afgedank. Kevin is egter steeds kwaad omdat hulle almal hom verdink het. Crystal sê sy is jammer. Sy wil loop, maar dan draai sy om en konfronteer Kevin met haar vermoede. Dit was nie hy wat by die akwarium ingebreek het nie, maar Rico. Kevin erken dat Crystal reg is – hy het vir die polisie gejok om sy jonger broer te beskerm. Kevin sê hy gee nie om wat ander mense van hom dink nie, maar wel wat Crystal oor hom voel. Hy is nie spyt oor sy leuen nie, want danksy die gemeenskapsdiens het hy vir Ginger en Crystal ontmoet. Dan trek hy Crystal nader...

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGafgejak met ‘n kortaf, onbeskofte antwoord beledigop heterdaad betrap

caught in the act iemand uitvang terwyl hy besig is om ‘n misdaad te pleeg

Vrae:1. Waarom is dit ongeskik van Rico om te sê Kevin moet sy eie “vryplek” kry?

(1)2. Hoekom maak Crystal of sy nie die onderbroeke op die vloer sien nie?

(1)3. Hoe het die snoepie se sleutel in Kevin se rugsak beland?

(1)4. Waarom het Bianca vir Kevin na die skuldige laat lyk?

(1)5. Wie het al die goed in die snoepie rondgegooi en die kasregister oopgepluk?

(1)6. Waarom sis Kevin vir Crystal om sagter te praat?

(2)7. Verduidelik in jou eie woorde waarom Kevin die blaam gevat het vir die inbraak in

die akwarium?(3)

8. Noem twee redes waarom Kevin hoopvol is dat sy broer sal ophou moeilikheid maak.(2)

9. Waarom is Kevin bly hy het vir die polisie gejok?(2)

10. Wat dink jy gebeur as Kevin vir Crystal nader trek?(1)

Page 11: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

HOOFSTUK 20Opsomming:‘n Paar dae later bied Kevin en Ginger hul eerste groot vertoning aan. Kevin se ma en Rico kom ook kyk. Kevin se pa is in ‘n rehabilitasiesentrum om behandeling vir sy drankprobleem te kry. Die dolfynvertoning is ‘n groot sukses. Selfs meneer Parker kom kyk en lyk beïndruk. Toe lamal weg is, help Crystal vir Kevin om die toerusting weg te sit. Daarna gaan sit en gesels hulle. Kevin sê dit was sy laaste dag van gemeenskapsdiens. Hy en Crystal gesels verder en dan soen hy haar. Ginger is bly om te sien dat hulle soen en Crystal wonder of die dolfyn van die begin af geweet het dat sy en Kevin saam hoort, soos sout en asyn of vis en tjips.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGRihanna ‘n Amerikaanse sangeres en aktrise, bekend vir

liedjies soos “Umbrella” en “Don’s stop the music”

Vrae:1. Hoe word die liedjie “Umbrella” in die dolfynvertoning gebruik?

(2)2. Waar is Kevin se pa?

(1)3. Hoekom kan ‘n mens sê Crystal se verwagtinge ten opsigte van Kevin se gesin is

realisties?(2)

4. Beskryf die mense (kinders) se gesigsuitdrukkings in die skets.(2)

5. Wat beteken dit as meneer Parker hom “uit die voete” maak?(1)

6. Waarom sê Crystal dat Kevin ‘n “vry man” is?(1)

7. Waarom sê Kevin dat hy glad nie ‘n vry man is nie?(1)

8. Watter antwoord verwag Crystal as sy vra op wie Kevin sy hart verloor het?(1)

9. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien ONWAAR, moet jy jou antwoord motiveer.a) Kevin noem vir Crystal ook tergend “Visasem” wanneer hy sê:”Ek is mal oor jou,

Visasem.”b) Crystal se van is Isaacs.c) Na die voorval by die snoepie vertrou Crystal se pa hom nie weer met die

toerustingkamer se sleutel nie.d) Die vertoning word met die liedjie “Umbrella” afgesluit.e) Sanri is dol oor die seun wat sy by die strandpartytjie ontmoet het.

(8)

Page 12: Web viewCrystal sê Kevin kan nie sy situasie as verskoning vir sy vandalisme gebruik nie. ... Word as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei

ANDER TEGNIESE ASPEKTERUIMTE EN TYDRuimte:Die plekke waar karakters in ‘n storie leef, werk, en beweeg het ‘n invloed op hul lewe. WAAR? Akwarium, strand, Kevin se huis

Tyd:Die gebeure in ‘n verhaal speel binne ‘n bepaalde tydsduur en era af. Vis en Tjips speel in die moderne tyd af waarin daar selfone, DVD-spelers en eietydse musiek is. Die storie word chronologies vertel, want die gebeure volg op mekaar.

VERTELPERSPEKTIEFDie persoon wat die storie vertel is die verteller.In Vis en Tjips het ons ‘n eerstepersoonsverteller (ek-verteller) wat deel van die storie is. Ons beleef die storie uit Crystal se oogpunt.

KARAKTERISERING

RONDE KARAKTERS PLAT KARAKTERSWord as ware mense ervaar wat deur die loop van die storie groei.

Nie volledige mense nie omdat hulle baie min ontwikkel.

Wie: Meneer Parker, Rastaman, Sanri, Crystal se ma, ens.

Protagonis:Hoofkarakter(s)Wie: Crystal en KevinAntagonis:Karakter wat teen die hoofkarakter is.Wie: BiancaStereotipes:Karakters wat oorvereenvoudig word.Wie: Rastaman, Bianca

INTRIGE (PLOT)Karakters doen dinge. Sekere goed gebeur met die karakters wat hulle laat optree. Die intrige is die reeks gebeure waaruit die storie opgebou is. Daar is gewoonlik ‘n begin (motoriese moment) en einde (slot) met progressie tussenin.Die klassieke intrige lyk so:

Klimaks: WAT? Kevin word verdink (snoepie)Opbou van Onknoping: WAAR? Hoofstuk 19spanning

Motoriese momentIemand het die akwarium gevandaliseer Slot / Einde

TEMA EN BOODSKAPDie tema is die hoofgedagte van die storie, bv. jaloesie of geweld. Die tema dra die boodskap van die storie. (jeugmisdaad, tienerliefde, gesinsprobleme, ens.)Die boodskap is die universele les wat die skrywer vir die leser wil leer.