weet u … geliefdes … wanneer ons ons bybels oopmaak 9,1-13.pdf · teen israel en teen-ie...

19
2Kon 9:1-13 Jehu se oorname van Israel. Wat leer die HERE ons daarmee oor Wie Hy is, en wat Hy mee besig is, in ons Goddelose wêreld vol politieke-onrus en geweld? September 2017 Ps 68: 1, 2 – vooraf Ps 149: 1, 3, 4 – lofpsalm Ps 72: 1, 6, 7 – na wet Ps 86: 6 – as antwoord op die Woord Ps 12: 1, 5, 6, 7 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 9: 1, 6, 7, 8 – slotpsalm Lees: 2Kon 9:1-13 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes ons land is vol politieke-onrus. In-ie ANC is-aar binne-gevegte. Die oposisie-partye sukkel met koalisies teen-ie ANC. In tussen woed ‘n teroriste-oorlog teen-ie boere. Misdaad is hoog. Ekonomie laag. Die gaping tussen rykes en armes word al groter. Die middelklas wat die ekonomie met hulle belasting-geld aan-ie gang hou word al kleiner en-ie belasting-las op-ie ouens wat oorbly al groter. Kenners sê dis ‘n resep vir ‘n oorlog. Beweeg ons in-ie res van-ie wêreld in sien ons-ie selfde ding. Bewys Ek lees nou-ie dag ‘n artikel wat sê dat in Afrika sedert die 1960’s by-die 40 suksesvolle staatsgrepe was. Nog meer onsuksesvolles. Elke keer ‘n bloedige afêre. 1 In 2Kon 9-10 is-aar ook politieke-onrus daar’s revolusie daar’s staatsgreep daar’s bloed en dood. Want dit gaan oor Jehu die hoof van die Israeli-weermag 2 se magsoorname in Israel met staatsgreep en revolusie. Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in ‘n land-en-wêreld vol politieke-onrus. Nou in 2Kon 9:1-13 waarby ons vanoggend stilstaan gaan ons meer hieroor begin leer. 1 Vgl https://hartlander.org/2012/04/02/blik-na-buite-demokrasie-en-staatsgrepe-in-afrika/; https://www.afriforum.co.za/selfdoenfederalisme-die-antwoord-vir-lande-soos-suid-afrika/ 2 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 139; Davis se 2Kon komm bl 146.

Upload: others

Post on 05-Oct-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 2Kon 9:1-13 Jehu se oorname van Israel. Wat leer die HERE ons daarmee oor Wie Hy is, en wat

    Hy mee besig is, in ons Goddelose wêreld vol politieke-onrus en geweld?

    September 2017

    Ps 68: 1, 2 – vooraf Ps 149: 1, 3, 4 – lofpsalm Ps 72: 1, 6, 7 – na wet Ps 86: 6 – as antwoord op die Woord

    Ps 12: 1, 5, 6, 7 – tydens Barmhartigheidsdiens

    Ps 9: 1, 6, 7, 8 – slotpsalm

    Lees: 2Kon 9:1-13

    Skrifverklaring. Inleiding.

    Geliefdes ons land is vol politieke-onrus.

    In-ie ANC is-aar binne-gevegte. Die oposisie-partye sukkel met koalisies teen-ie ANC.

    In tussen woed ‘n teroriste-oorlog teen-ie boere.

    Misdaad is hoog. Ekonomie laag.

    Die gaping tussen rykes en armes word al groter.

    Die middelklas wat die ekonomie met hulle belasting-geld aan-ie gang hou

    word al kleiner en-ie belasting-las op-ie ouens wat oorbly al groter.

    Kenners sê dis ‘n resep vir ‘n oorlog.

    Beweeg ons in-ie res van-ie wêreld in

    sien ons-ie selfde ding.

    Bewys Ek lees nou-ie dag ‘n artikel wat sê

    dat in Afrika sedert die 1960’s by-die 40 suksesvolle staatsgrepe was.

    Nog meer onsuksesvolles. Elke keer ‘n bloedige afêre.1

    In 2Kon 9-10 is-aar ook politieke-onrus daar’s revolusie daar’s staatsgreep daar’s bloed en dood.

    Want dit gaan oor Jehu die hoof van die Israeli-weermag2

    se magsoorname in Israel met staatsgreep en revolusie.

    Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in ‘n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

    Nou in 2Kon 9:1-13 waarby ons vanoggend stilstaan gaan ons meer hieroor begin leer. 1 Vgl https://hartlander.org/2012/04/02/blik-na-buite-demokrasie-en-staatsgrepe-in-afrika/;

    https://www.afriforum.co.za/selfdoenfederalisme-die-antwoord-vir-lande-soos-suid-afrika/ 2 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 139; Davis se 2Kon komm bl 146.

    https://hartlander.org/2012/04/02/blik-na-buite-demokrasie-en-staatsgrepe-in-afrika/https://www.afriforum.co.za/selfdoenfederalisme-die-antwoord-vir-lande-soos-suid-afrika/

  • 1

    Want dit gaan hier oor:

    Jehu se oorname in Israel

    en wat die HERE deur hierdie Openbaringsgeskiedenis wys

    oor Wie Hy is en waarmee Hy besig is in ‘n wêreld vol onrus.

    Toepassing En dan’s hier in 2Kon 9:1-13 uiteindelik vier lesse oor Wie die HERE is en waarmee Hy besig is.

    En dan moet hierdie lesse ons aanspreek bekering bring. Maar ook troos en bemoedig.

    1. Die eerste les is-at die HERE absoluut getrou is.

    Wat Hy sê doen Hy.

    In ‘n wêreld vol politieke-onrus vol staatsgrepe

    vol geweld vol oorlog vol revolusie moet ons-it weet.

    Opmerking Nou om hierdie waarheid raak te sien

    moet ons begin by 2Kon 9:1-13 se Konteks.

    A. Vers 1 begin ons vertel oor-ie Konteks. Dis waar ons Elisa en-ie profete-seuns ontmoet.

    Opmerking3 Die profete-seuns is mos Elisa se leerlinge.

    En daar in-ie Goddelose tyd van Agab se seun Joram

    wat op-ie oomblik regeer

    is hulle ware gelowiges waarlik dissipels van-ie HERE.

    B. Maar nou’s Elisa en-ie profete-seuns nie al Konteks nie.

    Nog iets baie belangriks by-ie konteks

    is-at die HERE op hierdie einste oomblik sy oordeel

    oor Israel en-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom.

    Ons sien-it in vers 1: “Toe roep die profeet Elísa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe

    so maak jou gereed om op ‘n belangrike missie te gaan4 en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in Gílead.”

    Opmerking Nou op-ie kruik met olie sal ons net-nou dieper op ingaan.

    Vir nou: Sien julle waarheen stuur Elisa hierdie ou?

    Dis na Ramot in Gilead toe.

    Opmerking In-ie Basuin is ‘n kaart wat wys waar Ramot-Gilead is.

    3 Vgl 2Kon 4 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php; NIDOTTE vol 4 bl 1073 4 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 22, vol 3 bl 1150; Van Gelderen se 2Kon komm bl 137; Hobbs se 2Kon komm bl 114

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • 2

    En nou-sit net hier

    as ons lees dat Elisa hierdie ou Ramot-Geliad toe stuur

    dat ons by baie belangrike Konteks kom.

    Verduidelik5 Die konteks van-ie HERE se oordeel wat begin het. Die HERE se oordeel oor Israel.

    Die HERE se oordeel teen-ie Goddelose huis van Agab

    waarvan koning Joram mos deel is.

    Want by Ramot-Gilead veg Israel teen Aram.

    En Aram staan onder bevel van Hasael.

    In 2Kon 8:12-13 het Elisa aangekondig

    dat Hasael koning oor Aram sou word.

    En dan nie om maar net koning oor Aram te wees nie.

    Nee die HERE se doel met Hasael

    is om sy oordeel oor Goddelose Israel te bring en oor-ie Goddelose koningshuis van Agab.

    En hier by Ramot-Geilead

    waarheen Elisa hierdie ou uit die profete-seuns stuur

    is-ie HERE se oordeel besig om te gebeur.

    Want in 2Kon 8:28-29 lees ons

    dat hier by Ramot-Gilead Hasael met Aram teen Israel veg.

    Koning Joram is al klaar gewond vertel 2Kon 8:29.

    So wat is besig om te gebeur?

    Wel-ie oordeel van-ie HERE deur Hasael.

    C. En nou’s hierdie belangrik.

    Teen Israel en teen-ie Goddelose koningshuis van Agab

    het hier by Ramot-Gilead die HERE se oordeel begin.

    Toepassing En hier-sie eerste les in 2Kon 9:1-13 oor Wie die HERE is. Hierdie hele oordeel-ding gebeur

    omdat die HERE absoluut getrou is.

    Wat die HERE sê doen Hy dit gebeur.

    Ons sien-it as ons aanbeweeg van vers 1 na vers 2-3. Elisa praat nog steeds met die ou uit die profete-seuns wat hy Ramot-Gilead toe stuur:

    “As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in ‘n binnekamer;”

    5 Vgl The Expositor’s Bible ommentary vol 3 bl 850; K&D se 2Kon komm bl 339; Van Gelderen se 2Kon komm bl 136; The

    Expositor’s Bible ommentary vol 3 bl 850; Olley se 2Kon komm bl 257

  • 3

    “neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel ...”

    Verduidelik6 En net hier

    as ons lees-at Elisa hierdie ou Ramot-Gilead toe stuur

    om Juhu te salf as koning oor Israel

    moet ons-ie HERE se absolute getrouheid sien.

    Bewys Want hier gebeur presies wat die HERE so tussen 12-20 jaar terug7

    vir Elia in 1Kon 19:15-17 gesê het.

    Dis-aar waar-ie HERE vir Elia gesê het:

    “gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat ... moet jy salf as profeet in jou plek. En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, hom sal Jehu doodmaak ...”

    En hier doen-ie HERE-it nou.8

    Dis tussen 12 en 20 jaar later. Maar die HERE doen-it.

    Die HERE is absoluut getrou.

    Wat Hy sê doen Hy dit gebeur.

    Toepassing9 Israel en ons moet dit weet. Die politieke-onrus die oorlog wat Israel beleef

    is-ie maar sommer net politiek en onrus en geweld nie.

    Nee dis-ie HERE se oordeel oor Goddelose Israel

    en-ie Goddelose huis van Agab soos-ie HERE gesê het.

    Num 23:19 is reg:

    “God is geen man dat Hy sou lieg nie ... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?”

    Dis hoe ons God is. Hy is absoluut getrou. Wat die HERE sê doen Hy.

    * * * * *

    6 Vgl House se 2Kon komm bl 286; NIDOTTE vol 2 bl 502, 520, 1125, vol 3 bl 1016; Reformation Heratige study Bible bl

    526; Hobbs se 2Kon komm bl 114 7 Vgl Reformation study Bible bl. 473 8 Die HERE doen-it deur Elia wat vir Elisa as profeet aanstel. Die HERE doen dit deur Elisa wat vir Hasael as koning or

    Aram aanstel. Die HERE doen dit deur Elisa wat hierdie ou uit die profete-seuns afvaardig om vir Jehu as koning oor Israel aan te stel (vgl The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl. 850)

    9 Vgl Grudem, Systematic Theology – An introduction to Biblical doctrine, bl 196

  • 4

    D. Ons sien hierdie waarheid van-ie HERE se absolute getrouheid weer

    as ons aan lees na vers 7-10.

    Gedagtestruktureel10 In vers 4-6 gaan-ie ou uit die profete-seuns toe na Ramot-Gilead toe. Vers 4 praat oor hom as-ie jong-man.11

    Hy voer-ie HERE se opdrag deur Elisa stiptelik uit.

    Hy salf Jehu as koning

    en verkondig aan Jehu die HERE se Woord

    wat die HERE deur Elisa in vers 1-3 aan hom gegee het.

    Maar dan in vers 7-10 praat die jong-man verder. Hy bring nog ‘n stuk Woord van-ie HERE

    waarvan ons nog nie in vers 1-3 gelees het nie.

    Verduidelik12 In vers 1-3 gee die HERE se boodskap net kort. In vers 7-10 lees ons-ie res van-ie boodskap.

    Opmerking Julle kan kyk

    in-ie Basuin het ek iets daaroor geskryf.

    En dan-sit in vers 7-10 dat ons weereens-ie waarheid sien van-ie HERE se absolute getrouheid.

    Bewys Want kyk in vers 7-10 sê-ie HERE deur-ie jong-man vir wie Elisa na Jehu gestuur het:

    “En jy sal die huis van Agab ... verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte ... op Isébel kan wreek;” “en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía.

    Hulle was twee vorige konings in Israel

    wat totaal en al deur die HERE vernietig is13 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie ...”

    Verduidelik14 So deur Jehu gaan-ie HERE sy oordeel

    oor-ie Goddelose koningshuis van Agab laat kom. 10 Vgl House se 2Kon komm bl 286; K&D se 2Kon komm bl 339; Van Gelderen se 2Kon komm bl 140; Hobbs se 2Kon

    komm bl 111. 11 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 139 12 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 141, 142; Hobbs se 2Kon komm bl 111; Wiseman se 2Kon komm bl 233; The

    Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 850; Davis se 2Kon komm bl 148. 13 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 141 14 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 527; Van Gelderen se 2Kon komm bl 141-142

  • 5

    En ook oor Isebel Agab se bose vrou.

    Opmerking Dis sy wat Agab verlei het

    om sy rug finaal op-ie HERE te draai

    en Baäl-alleen te begin dien.

    Dis sy wat hordes van die HERE se profete uitgemoor het

    en ook baie van die HERE se gewone gelowige-dissipels.

    Een van hulle was Nabot.

    Ons lees hoe Isebel hom laat vermoor het in 1Kon 21.

    Dis ook daar in 1Kon 21:21-23 dat ons-ie HERE se oordeelswoord deur Elia aan Agab lees.

    Dis waar-ie HERE deur Elia vir Agab se:

    “Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.” “En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía ...” “En ook oor Isébel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jísreël.”

    En presies dit gaan Jehu nou doen hê?

    Dis wat die HERE in 2Kon 9:7-10 deur Elisa se gestuurde jong-man vir Jehu sê

    hy moet doen!

    Toepassing Sien julle ons God?

    Hy’s absoluut getrou.

    Dis tussen 12 en 20 jaar later.

    Maar hier gebeur-it nou. Wat die HERE gesê het doen Hy dit gebeur.

    Israel moet dit weet. Ons moet dit weet.

    Die oorlog teen Aram en Jehu se staatsgreep en revolusie

    Is-ie maar net die verloop van geskiedenis nie.

    Nee dis-ie HERE se oordeel

    oor Goddelose Israel en-ie Goddelose koningshuis van Agab.

    En-ie HERE bring hierdie oordeel in absolute getrouheid.

    Net soos-ie HERE vir Elia gesê het in 1Kon 19:15-17

    en net soos-ie HERE deur Elia vir Agab gesê het in 1Kon 21:21-23 net so gebeur-it nou.

    Dis hoe ons God is.

  • 6

    Ook nou in ons tyd in SA en in Afrika

    en in-ie res van-ie wêreld vol politieke-onrus

    en oorlog en staatsgrepe en bloed en dood.

    Die HERE is absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur.

    Bewys Die HERE het gesê Hy gaan sy oordeel

    deur Hasael en Jehu laat kom.

    En in 2Kon 9 gebeur dit nou.

    Jesus het gesê bv in Mark 13:8

    “die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe ...” wat alles wys-at Jesus se finale koms en oordeel op pad is.

    En hier rondom ons ook in Daspoort gebeur-it.

    Die HERE is absoluut getrou.

    “God is geen man dat Hy sou lieg nie ... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?”

    Oorgang Maar nou-saar ‘n tweede les oor-ie HERE

    hier in 2Kon 9:1-13. Dit gaan saam met die les van-ie HERE se absolute getrouheid

    en-at wat die HERE sê Hy ook doen.

    2. En dis-at die HERE in Israel

    in-ie wêreld in ons land in ons volk in alle volke se geskiedenis van politieke-onrus oorloë staatsgrepe en revolusies

    almagtig-soewerein in beheer is

    en alles regeer deur sy Profetiese-Woord.

    Toepassing En-is belangrik dat ons-it moet raaksien. Want politieke-onrus geweld misdaad

    ooloë revolusies gebeur rondom ons

    maar-an gee ons allerhande verklarings daarvoor.

    Ons pluis uit waarom-it gebeur en wat ons moet doen

    sodat dit nie weer gebeur-ie.

    Maar ons mis die HERE wat almagtig-soewerein in elke politieke-onrus in elke oorlog in elke staatsgreep en revolusie

    almagtig-soewerein regeer en alles beheer.

    Voorbeeld15 Party ouens skryf byvoorbeeld dat ons in Jehu se staatsgreep en revolusie ‘n nasionalistes-regse reaksie het

    op Agab se liberaal-linkse regering.

    15 Vgl Bright, The Kingdom of God, bl 54-55; Hobbs se 2Kon komm bl 114

  • 7

    En Agab wat in sy linkse liberalisme alles

    wat Israelities volkseie is by die deur uitgooi.

    Veral toe hy Isebe wat nie ‘n Israeliets is nie getrou het

    en die Baäl-godsdiens aangeneem het.

    So hier in Jehu se staatsgreep en revolusie gebeur regse nasionalistiese politiek

    wat regaeer teen linkse liberale politiek.

    Nou-it kan wees.

    Maar as-it al is wat ons sê dan gaan ons verkeerd. Want dan het ons van die HERE vergeet.

    Die HERE wat binne in politieke-onrus

    ooloë staatsgrepe revolusies

    steeds soewerein-almagtig in beheer is

    en deur sy profetiese-Woord regeer.

    En presies dit sien ons in 2Kon 9:1-13.

    A. Want kyk weer na vers 1. Elisa word daar “die profeet Elísa” genoem. En wat’s ‘n profeet?

    Verduidelik16 Wel in Deut 18:18 sê-ie HERE oor sy profete: “Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy (die profeet) sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.”17

    Toepassing So Elisa is-ie een of ander ver-regse ou

    wat vir Jehu opstook teen-ie liberaal-linkse koningshuis van Agab nie.

    Nee Elisa is ‘n profeet van-ie HERE.

    Vir Elisa gee die HERE sy Woord.

    En met daai Profetiese-Woord heers-ie HERE in hierdie staatsgreep in hierdie revolusie van Jehu.

    Dis-ie HERE se profetiese-Woord deur Elisa

    wat Jehu se staatsgreep en revolusie aan-ie gang sit! Die HERE begin-it deur sy Woord. En so laat die HERE sy oordeel kom.

    B. Ons sien hierdie waarheid ook as ons aanlees vers 3 toe. Ons lees daar die Woord of Boodskap van-ie HERE aan Jehu.

    Dis-ie boodskap wat die jong-man

    wat Elisa na Jehu toe stuur moet bring.

    16 Vgl TWOT vol 2 bl 544. 17 En in 2Pet 1:21 staan daar dat “geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige

    Gees gedrywe, het (profete) gespreek.”

  • 8

    Dis-ie boodskap van:

    “So spreek die HERE: Ek salf jou (Jehu) tot koning oor Israel.”

    Verduidelik18 Dis-ie jong-man

    wat die salf-olie op Jehu se kop moet uitgooi. Maar eintlik is-ie HERE aan-ie werk.

    Want dis wat-ie boodskap van-ie HERE sê:

    “Ek salf jou (Jehu) tot koning oor Israel.” Nie Elisa nie. Nie die jongman-ie.

    Nie een of ander nasionalisties-regse groep in Israel nie.

    Nee die HERE. Dis die HERE wat met Jehu as sy Gesalfde koning

    sy oordeel oor-ie Goddlose huis van Agab gaan bring.

    Toepassing Dis duidelik hê?

    Die HERE is hier in beheer. Soewerein-almagtig deur sy profetiese-Woord.

    C. Ons sien hierdie waarheid ook in die laaste deel van vers 3 waar Elisa vir-ie jong-man sê

    wat hy moet doen na hy Jehu gesalf het

    en vir hom-ie Boodskap van-ie HERE gebring het: “Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.”

    So hoekom?

    Verduidelik19 Wel omdat daar na Jehu se salwing

    en na Jehu die Boodskap van-ie HERE gekry het niks anders moet oorbly nie.

    Net die HERE en sy profetiese-Woord moet bly.

    Nie Elisa nie. Nie die jong-man

    wat die HERE se boodskap bring nie.

    Want die HERE is hier in beheer.

    Soewerein-almagtig deur sy profetiese-Woord.

    Dis wat moet uitstaan vir Jehu en vir ons.

    Niks anders nie.

    Daarom dat hierdie jong-man net moet verdwyn as hy klaar gepraat het.

    D. Kyk na vers 7. Ook daar sien ons-ie waarheid dat dit die HERE is

    wat in hierdie staatsgreep en revolusie van Jehu soewerein-almagtig regeer

    en alles beheer deur sy profetiese-Woord.

    18 Vgl TWOT vol 1 bl 530 19 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 138; Lange se 2Kon komm bl 94-95

  • 9

    In vers 7 bring-ie jong-man die verdere Woord van-ie HERE aan Jehu en dan sê hy vir Jehu:

    “En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte ... op Isébel kan wreek.”

    Opmerking Ons sal net-nou dieper in gaan op hierdie ding

    dat die HERE die bloed van sy knegte wreek.

    Maar vir nou: Sien julle Wie’s in beheer?

    Verduidelik20 Dis-ie HERE. Jehu sal-ie huis van Agab verwoes. Maar in-it alles is-ie HERE in beheer.

    Want in Jehu wat die huis van Agab verwoes

    gaan-ie HERE sy doel bereik.

    Want so gaan die HERE die bloed van sy knegte wreek.

    Ons sien-ie selfde ding in vers 8-9: “en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam ... en soos die huis van Baésa ...”

    Verduidelik21 Sien julle Wie is aan die werk?

    Dis Jehu wat die huis van Agab uitwis.

    Maar deur Jehu is-ie HERE aan-ie werk.

    “Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel ... Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam ... en soos die huis van Baésa ...” En van-ie huis van Jerobiam en Baesa het niks oorgebly nie.22

    Die HERE het dit verwoes.

    Toepassing Sien julle: Die HERE is in beheer.

    Soewerein-almagtig deur sy Profetiese-Woord

    20 7a – Die waqatal והכיתה het dan die betekenis van ‘en jy sal tref/verslaan’of ‘en jy moet tref/verslaan’ ... in hierdie konteks

    gaan tref of verslaan dan om tref of verslaan met die doel om te vernietig – vgl Deut 7:2; Jos 10:26,28,35 (NIDOTTE vol 3 bl 103). 7b – Vraag: Wat is die verband tussen die waqatal van 7b en die van 7a? Dit kan wees dat (a) die waqatal aantoon dat 7b in tyd op die handeling van 7a volg. Dus: Jehu, na wie die 2de ml ev ww verwys, gaan die huis van Agab tref (7a). Daarna gaan die HERE, na Wie die 1ste ev ww verwys, die bloed van sy knegte, die profete, en al die knegte van die HERE op Isebel wreek (7b) (BHNG bl 128). Dit kan egter ook wees dat (b) die waqatal van 7b aantoon dat die handeling van 7b logies voortvloei uit die handeling van 7a. Dus: Jehu, na wie die 2de ml ev ww verwys, gaan die huis van Agab tref (7a). En so deur die optrede van Jehu sal die HERE, na Wie die 1ste ev ww verwys, dan die bloed van sy knegte, die profete, en al die knegte van die HERE op Isebel wreek (7b) – vgl Eseg 25:14; Rom 13:4 (BHNG bl 128; Joüon&Muraoka, A Grammer of Biblical Hebrew, bl 368; Van Gelderen se 2Kon komm bl 135; Olley se 2Kon komm bl 258; TWOT vol 2 bl 598). OAV, KJV en ESV kies vir (b). Van Gelderen se 2Kon komm bl 135 sê ook dat tussen 7a en 7b ‘consecutieve samehang’ is (vgl ook Olley se 2Kon komm bl 258; NIDOTTE vol 4 bl 1147).

    21 Vgl Davis se 2Kon komm bl 147 22 1Kon 14:10 en 1Kon 15:29 en 1Kon 16:3 en vers 11-12 vertel daarvan.

  • 10

    stuur-ie HERE vir Jehu

    as sy instrument van oordeel teen-ie huis van Agab uit.

    * * * * *

    E. Kyk na vers 11-13.

    Gedagtestruktureel In vers 11-13 is-ie jong-man wat vir Jehu kom salf het so pas weg.

    By Jehu bly nou alleen die Boodskap van-ie HERE oor.

    En dan?

    Wel vers 11 vertel-at Jehu by sy mede-ofisiere aan kom. Die jong-man het vir Jehu een-kant in ‘n kamer tot koning gesalf.

    En dan as Jehu nou weer by sy mede-ofisiere aankom

    vra een van hulle vir Jehu.

    Eintlik vra hy sommer namens almal.

    Hy vra vir Jehu: “Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom?”

    Verduidelik23 Sien julle hoe sien hierdie ofisiere die jongman

    wat die Woord van die HERE bring.

    Vir hulle is hy kranksinnig mal. Beslis hoef jy hom nie ernstig op te vat-ie.

    Maar kyk nou wat gebeur.

    In vers 12 sê Jehu vir sy mede-ofisiere wat hierdie ‘mal-man’ by hom kom maak het:

    “So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel.”

    En toe? Wel kyk vers 13: “Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!”

    Verduidelik24 Is-it nie vreemd nie?

    Vir-ie ofisiere is hierdie ou wat by Jehu aangekom het mal.

    Wat hy sê neem jy nie ernstig op-ie.

    Maar dan aanvaar hulle ewe-skielik met entusiasme

    sonder om twee keer te dink

    wat hierdie mal ou oor Jehu gesê het.

    “hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!”

    23 11d – Jehu se mede-offisiere noem Elisa se dienaar-profeet המׁשגע הזה, met die betekenis van ‘mal-man’. Hierdie is ‘n

    spottende verkleinerende manier van praat oor Elisa se dienaar-profeet – vgl ook Jer 29:26; Hos 9:7 (NIDOTTE vol 4 bl 46; Reformation Heratige study Bible bl 527; Lange se 2Kon komm bl 95).

    24 Vgl Konkel se 2Kon komm bl 476

  • 11

    Hoekom?

    Is-it omdat hulle ook siek-en-sat was

    vir-ie huis van Agab se linkse liberalisme?

    Is-it omdat hulle siek-en-sat was vir koning Joram se regeer-styl.

    En toe hierdie ‘profetiese’ woord oor Jehu kom dit aangryp

    om hulle eie begeertes werklikheid te maak?

    Ons weet-ie.

    Al wat ons weet is-at die HERE in Jes 55:11 gesê het:

    “so (is) my woord wat uit my mond uitgaan: dit sal ... doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.”

    En hier gebeur-it. Die HERE stuur sy profetiese-Woord deur hierdie jong-man.

    Die Woord van:

    “So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel.”

    En daai Woord werk almagtig. Daai Woord doen wat die HERE wil hê moet gebeur.

    Want Jehu word koning.

    Sy offisiere aanvaar-it dadlik.

    Al het hulle net te vore gedink die ou

    wat die boodskap gebring het is mal.

    Toepassing25 Sien julle ons God?!

    Hy is-ie Een wat in Jehu se staatsgreep en revolusie

    soewerein-almagtig in beheer is.

    Alles rig en bepaal-ie HERE.

    Dis-ie HERE wat hierdie staatsgreep en revolusie begin

    om so sy oordeel oor-ie huis van Agab te laat kom.

    En-ie HERE doen-it deur sy profetiese-Woord.

    * * * * *

    So wat sê-it vir ons hier-en-nou in SA?

    Wel hier’s troos. Elkeen wat regtig bekeer en in Jesus glo

    en Hom aanneem as Verlosser-en-Koning

    moet uit hierdie waarheid

    wat die HERE in 2Kon 9:1-13 wys troos kry.

    Hierdie waarheid dat die HERE absoluut getrou is. Hierdie waarheid dat die HERE soewerein-almagtig regeer

    25 Vgl Bridges, Trusting God even when it hurts, bl 78, 79, 81, 82, 84, 85-88. Vgl ook Dan 2:21; 4:17, 32; Jes 40:23-24; Spr

    16:33; 21:1,31; 2Kon 5:1

  • 12

    en alles beheer deur sy profetiese-Woord.

    Ja hierdie waarheid moet vir gelowige-dissipels troos gee.

    Hoekom?

    Wel omdat dit vir ons sê:

    Ons is nie maar net oorgegee

    aan sinlose-geweld en politieke-onrus en chaos nie.

    Nee deur Jesus is hierdie God my Vader.

    Daarom “dat ons ook vir die toekoms 'n vaste vertroue in ons getroue God en Vader kan stel dat geen (mens geen koning geen regering geen politieke-onrus) ons van sy liefde sal skei nie, aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie.”26

    Dis wat ons in 2Kon 9:1-13 moet sien. * * * * *

    Maar as jy vanoggend nog nie in sonde-besef en-ie besef van-ie HERE se oordeel bekeer het

    en na Jesus toe gegaan nie

    dan’s hier geen troos vir jou in 2Kon 9:1-13 nie. Regtig!

    En geliefde dan sê ek-it met ‘n dringendheid

    en ‘n omgee in my hart.

    Vir jou is-aar geen troos in 2Kon 9:1-13 nie. In teendeel elke stukkie politieke-onrus elke stukkie geweld

    elke stukkie misdaad moet jou herinner aan-ie waarheid oor-ie HERE wat ons in 2Kon 9:1-13 leer.

    Die waarheid

    dat die HERE soewerein-almagtig met sy profetiese-Woord

    volmaakte beheer het

    oor elke stukkie politieke-onrus elke stukkie geweld elke stukkie misdaad en daardeur besig is

    om sy oordeel oor jou te bring.

    Nou al.

    Dit sal finaal en ewig wees in die hel.

    3. En dan-saar nog les wat ons uit 2Kon 9:1-13 leer

    oor hoe-ie HERE sy oordeel oor jou bring.

    En dis-at die HERE sy oordeel

    deur sy Gesalfde Koning laat kom.

    Opmerking Dis-ie derde les in 2Kon 9:1-13. In politieke-orus geweld misdaad oolog moet ons weet:

    26 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 10 v/a 28.

  • 13

    I Die HERE is absoluut getrou.

    II Soewerein-almagtig regeer Hy

    en beheer Hy alles deur sy profetiese-Woord.

    III En dan laat die HERE sy oordeel kom deur sy Gesalfde Koning.

    Kom ons fokus nou daarop.

    Ons sien-it in vers 3 waar Elisa vir-ie jon-man sê: “neem dan die kruik met olie en giet dit op (Jehu se) hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel ...”

    Ons sie-it in vers 6 waar-ie jong-man die opdrag van-ie HERE uitvoer:

    “En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel.”

    Ons sien-it in vers 12 waar Jehu vir sy mede-ofisiere vertel

    wat die jong-man vir hom kom sê het: “En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel.” Dit staan uit hê?

    Die HERE salf vir Jehu as koning.

    So wat beteken-it as-ie HERE Jehu tot koning salf?

    Verduidelik I27 Wel-it beteke die HERE stel Jehu spesiaal in sy diens.

    II28 En dan is-aai salf-olie wat die jong-man oor Jehu se kop uitgooi ‘n teken

    dat die HERE sy Heilige Gees oor Jehu uit-stort

    om so Jehu te bekragtig om spesiaal vir-ie HERE te werk.

    So dis wie Jehu nou is.

    Jehu is-ie Gesalfde van-ie HERE.29 Hy’s bekragtig deur’ie Heilige Gees.

    Jehu staan nou spesiaal in diens van-ie HERE.

    Om wat te doen?

    27 Deur hierdie salwing plaas die HERE Jehu spesiaal in sy diens. Jehu is nou afgesonder vir diens an die HERE. Jehu

    staan nie in die sentrum nie maar die HERE – vgl Eks 29:36; Lev 8:12 (TWOT vol 1 bl 530). 28 Vgl 1Sam 10:6; 16:13; Jes 61:1 (TWOT vol 1 bl 530; NIDOTTE vol 2 bl 1125). 29 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 1125, 1126

  • 14

    Verduidelik30 Wel in 2Kon 9:7-10 sê die HERE dat Hy sy oordeel oor-ie Goddelose huis van Agab

    deur Jehu gaan laat kom.

    Jehu as Gesalfde Koning van die HERE

    gaan die huis van Agab totaal en al uitwis.

    Christus-prediking31 En nou moet ons dit leer:

    Die HERE laat sy oordeel

    oor-ie Goddeloses van hierdie wêreld kom

    deur sy Geslafde Koning.

    So doen-ie HERE ook as Hy uit eindelik

    in hierdie wêreld vol politieke-orus en oorlog en gewel

    die mees Godddelooste koning van alle tye en almal saam met hom

    gaan uitwis.

    Paulus noem in 2Tes 232 hierdie Goddelose koning “die mens van sonde ... die seun van die verderf ... die ongeregtige ...”

    Johannes noem hom in 1Joh 2:18 die Antichris.

    Openbaring 13:1 praat van hom as die “dier uit die see”.

    Die HERE sal hom en sy magte verwoes deur sy Gesalfde Koning deur die Gesalfde Koning deur Jesus. Jes 11:2 sê:

    “op Hom sal die Gees van die HERE rus” “omdat die HERE (Hom) gesalf het” sê Jes 61:1.

    En dan sê Jes 11:4 dat Jesus die Gesalfde van-ie HERE

    “die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.”

    Paulus sê in 2Tes 2:8 dat Jesus die HERE se Geslafde

    “die ongeregtige ... met die asem van sy mond sal verdelg ...” En Openb 19:15-16 staan daar: “En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan ... En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.”

    Toepassing Sien julle ons God?

    In ‘n wêreld vol politieke onrus vol Godeloosheid

    onder beheer van Godeloses bring-ie HERE sy oordeel

    deur sy Gesalfde Koning.

    30 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 1125 31 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 1126; Reformation Heratige study Bible bl 526 32 2Tes 2:3-4,8

  • 15

    Jesus is-ie finale en volmaakte Gesalfde Koning

    wat die HERE se eind-oordeel bring

    en finaal ‘n einde aan Goddelooses en Goddelose heersers maak.

    * * * * *

    So waar staan jy?

    Aan Jesus se kant of teen Hom? Onthou Jesus het in Mat 12:30 gesê:

    “Hy wat nie met My is nie, is teen My ...”

    So het jy al daai besluit gemaak?

    Is Jesus die HERE se Gesalfde Koning

    wat die HERE se eind-oordeel oor-ie Goddeloses bring

    al jou Verlosser-Koning?

    Of is jy nog deel van die Goddeloses

    wat Jesus “met die asem van sy lippe (gaan) doodmaak.”? Dis belangrik. Waar staan jy?

    Kies vandag! Kies vir Jesus!33

    Oorgang Maar kom ons gaan eers weer terug na 2Kon 9:1-13. Hier’s nog ‘n laaste les

    wat ons oor die HERE moet leer.

    4. En dis-at die HERE ‘n God is

    wat altyd ‘n einde maak aan onreg en-ie onderdrukking

    van sy gelowige dissipel-volk.

    Ons sien-it in vers 7 en vers 10.

    In vers 7 bring-ie jongman wat Elisa gestuur het die HERE se Woord vir Jehu: “En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Isébel kan wreek.”

    Verduidelik34 Nou die HERE se knegte

    33 Vgl. Deut. 30:19 34 7b – עבדי het die betekenis van ‘die dienaars/ knegte van My’. As profete dienaars van die HERE is dan staan hulle spesiaal in diens

    van die HERE. Hulle maak die HERE se Woord en Wil bekend. Hulle roep Israel en die volke rondom Israel tot bekering (NIDOTTE vol 3 bl 306, vol 4 bl 1192). Verer as 7b praat van עבדי יהוה, dan is dit ouens soos Kaleb wat “‘n ander gees in hom het (as afvallige ongelowige Israel) en hy volhard het om My te volg” (Num 14:24); Dis ouens soos Sadrag Mesag en Abednego wat “wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.” (Dan 3:28); dis ouens soos Daniël wat “wat God gedurigdeur vereer” (Dan 6:21); Dis ouens soos Job “‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad” (Job 1:8); Dis die wat op die HERE vertrou en Hom lief het (Ps 34:23; 69:37) (vgl NIDOTTE vol 4 bl 1192-193); Dis die wat hulle eie wil prys gee en die HERE se wil alleen soek en dit begin doen (Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 106).

    In die Lxx word עבדי יהוה vertaal met οἶ δούλοἶ κυρίου (vgl ook Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 105). Hierdie Griekse vertaling van עבדי יהוה lei ons na die NT waar ons leer dat ons van nature almal slawe van sonde is (Spr 5:22; Joh 8:34; Rom 6:16-17; Tit 3:3). Dis alleen wanneer Jesus ons vry maak dat ons uit hierdie sonde-slawerny bevy word (Joh 8:36; Rom 6:6) ... Jesus is die Gesalfde van die HERE wat sy volk uit ons sonde slawerny verlos (Jes 42:7; 61:1) ... Dis eers dan dat ons “vrygemaak van die sonde diensbaar word aan God” (Rom 6:18,22) (NIDNTT vol 3 bl 596).

  • 16

    is-ie HERE se ware gelowige dissipels-volk.

    Isebel het hulle wreed verdruk en uit gemoor.35

    En nou kom-ie HERE in 2Kon 9:7 en Hy sê-at wanneer Jehu die huis van Agab gaan verwoes

    dit ook die manier is hoe-ie HERE “die bloed van (sy) knegte ... op Isébel (sal) wreek.”

    Maar wat beteken-it as-ie HERE die bloed van sy knegte wreek?

    Verduidelik36 Wel-it beteken dat die HERE Isebel gaan inhaal en gaan uithaal.

    Sy’t verdruk sy’t gemoor.

    En die HERE was-ie blind nie. Hy’t gesien.

    En die HERE los-it nie.

    Hy gaan Isebel terug betaal.

    Isebel het sy knegte sy gelowige-dissipels se bloed laat uitloop. Die HERE gaan-it met Isebel ook doen.

    Dis wat dit beteken as-ie HERE in vers 7 sê dat Hy “die bloed van (sy) knegte ... op Isébel (sal) wreek.”

    En dan gaan-ie HERE dit ordentlik doen. Kyk vers 10: “En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie.”

    Verduidelik37 Dis verskriklik. Dis wreed. En dis so uiters goed!

    Want dis wat Isebel verdien wat gelowige-dissipels verdruk en uitgemoor het.

    Honde vreet haar op.

    En daar’s niemand om haar te begrawe nie.

    Want jy kan nie Isebel begrawe nie

    as sy in-ie pense van honde is nie.

    Toepassing Sien julle ons God?

    Hy maak ‘n einde aan onreg

    aan verdrukking aan die uitmoording van sy gelowige-dissipels.

    Dis wie ons God is.

    35 1Kon 18 vertel daarvan. Ons lees ook daarvan in 1Kon 19. In 1Kon 21 ontkoet ons een van die knegte van die HERE.

    Nabot. Hy was ook een van Isebel se slagoffers. 36 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 154; TWOT vol 2 bl 599 37 10a – Dat הכלבים Isebel gaan op eet is deel van die HERE se oordeel oor haar – vgl 1Kon 21:19; Jer 15:3 (NIDOTTE vol

    2 bl 640). 10b – wanneer ons hier lees dat daar nie iemand is wat Isebel begrawe nie, ואין קבר, dan wys die feit dat sy nie begrawe word nie, op die skande waarin sy sterf. Dit wys ook op die HERE se oordeel. Isebel sterf onder die oordeel van die HERE totaal en al sonder eer – vgl 9:34-37; Pred 6:3; Jer 8:2; 14:16; 16:4-7; 25:33 (NIDOTTE vol 3 bl 866; Van Gelderen se 2Kon komm bl 142; Hobbs se 2Kon komm bl 115).

  • 17

    Dis hoekom Moses in Deut 32:43 sê:

    “Jubel, o nasies, oor sy volk, want (die HERE) sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders ...”

    Dis hoe ons God is. En dis wonderlik. Want deur die eeue

    word ie die HERE se gelowige-volk bespot

    uit geskuif teen gediskrimieer vervolg verdruk uitgemoor

    deur Goddelose wêreld-mense. Mense soos Isebel.

    Openbaringshistories38 Maar nou het ons ‘n God wat “die bloed van sy knegte wreek, en ... wraak oefen op sy teëstanders ...” Ons het ‘n God wat ‘n einde maak aan onreg.

    En daar kom ‘n dag

    dat die HERE-it finaal sal doen. Hy sal finaal ‘n einde maak aan-ie Goddelose wêreld-mens

    wat sy gelowige-dissipel-volk bespot

    uitskuif teen ons diskrimineer vervolg verdruk uitmoor.

    Openb 19:1-2 vertel daarvan.

    Daar word die Goddelose wêreld-mens “die groot hoer” genoem omdat hierdie Goddelose wêreld-mens soos Isebel is.

    ‘n Hoer wat mense weg van die HERE af verlei

    en die HERE se gelowige dissipels-volk verdruk en dood maak.

    En dan staan daar in Openb 19:1-2

    “Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel ... en Hy het die bloed van sy knegte op haar gewreek.”

    Opmerking Hoor julle? Dis soos in 2Kon 9:7 waar die HERE sê: “Ek sal die bloed van my knegte ... op Isébel (die groot hoer) wreek.” Hier in Openb 19:2 het dit finaal gebeur:

    “Hy het die bloed van sy knegte op haar gewreek.”

    Is dit nie troos nie? Ja dit is!

    Bewys Jesus sê so in Jes 61:1-2. Hy sê daar:

    “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,

    38 Vgl Beale se Openb komm bl 927, 928; NIDNTT vol 3 bl 97

  • 18

    om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis.” “om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos.”

    Verduidelik En Jesus gaan waarlik troos.

    Want Hy gaan nie net op die dag van wraak van ons God

    die bloed van sy knegte wreek nie.

    Hy gaan nie net ‘n einde maak

    aan Goddelooosheid en onreg nie.

    Nee Hy gaan ons ook laat opstaan uit die dood.

    Jesus gaan ons laat opstaan in ‘n nuut-gemaakte wêreld

    sonder Agabs sonder Isebels sonder Antichriste

    sonder Satan en sonder dood.

    * * * * * Slot

    Geliefdes in 2Kon 9-10 neem Jehu die mag in Israel oor. Hy word die nuwe koning met staatsgreep en Revolusie.

    So laat die HERE sy oordeel kom

    oor-ie Goddelose koningshuis van Agab.

    In ‘n land en wêreld vol politieke-onrus geweld

    misdaad oorlog bloed dood

    wys-ie HERE ons met 2Kon 9:1-13 I Hy is absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur.

    II Hy’s soewerein-almagtig in beheer.

    Met sy profetiese-woord is die HERE besig om te regeer.

    III Hy is die God wat uiteindelik sy oordeel bring

    deur sy Messias deur sy Gesalfde Koning Jehu

    wat heen wys na Jesus die volmaakte Mesias

    wat die HERE se eind-oordeel bring.

    IV En dan: Die HERE is ‘n God wat ‘n einde maak aan onreg.

    Hy sal die bloed van sy knegte wreek.

    Toepassing So wat maak jy met hierdie God?

    Het jy al sy Messias aangeneem? Het jy die HERE as die Een wat jou bloed sal wreek

    in ‘n wêreld vol misdaad moord oorlog.

    Of gaan Hy jou bloed laat uitloop en jou in die hel werp? Amen.