uit die hoof se kantoor - wordpress.com · beheer jou kind se sosiale mediagebruik! na aanleiding...

15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 31 20 Oktober 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Algemene ouervergadering: 24 Oktober Ons herinner ouers aan die algemene ouervergadering van 24 Oktober om 19:00 in die skoolsaal. Ons vra dat ouers asb. hierdie belangrike vergadering sal bywoon. Personalia Ons dink steeds aan Islé Verster en Verna van Greunen en wens hulle spoedige herstel toe. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 26 Okt. Dankfees 25 Okt. Atletiek: Vriendskaplike byeenkoms L/s Orion (w) 24 Okt. Alg. Ouervergadering 9 Nov. Koorafsluiting 26 Okt. Fairland Dankfees 7 Nov. Sport- en Kultuurtoekennings: Gr. 4 gr. 6-leerders 8 Nov. Toekennings: Gr. 7- leerders 11 28 Nov. Eksamen: Gr. 4 gr. 7- leerders VAN DIE BEHEERLIGGAAM BEHEER JOU KIND SE SOSIALE MEDIAGEBRUIK! Na aanleiding van gevalle van kuberboeliery wat na normale skoolure plaasvind, gee ons graag die volgende inligting aan ons ouers: Besoek www.kaspersky.co.za/safe-kids. Ouers kan sagteware gratis aflaai wat jou met die volgende sal help: - Om jou kind se internetaktiwiteite te bestuur - Om jou kind se gebruik van toepassings te bestuur - Om jou kind se gebruik van toestelle soos selfone, tablette, skootrekenaars, ens. te bestuur - Om ‘n ogie te hou oor jou kind se posisie (“location”) - Om dit maklik te maak om jou kind se aktiwiteite om ‘Facebook” –aktiwiteite te moniteer - Om jou in staat te stel om oproepe en sms’e te moniteer - Om werklike tyd waarskuwings en kennisgewings te ontvang. Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

Upload: others

Post on 08-Jun-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 31 20 Oktober 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Algemene ouervergadering: 24 Oktober

Ons herinner ouers aan die algemene ouervergadering van 24 Oktober om 19:00 in die skoolsaal. Ons vra dat ouers asb. hierdie belangrike vergadering sal bywoon.

Personalia

Ons dink steeds aan Islé Verster en Verna van Greunen en wens hulle spoedige herstel toe.

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN

26 Okt. Dankfees 25 Okt. Atletiek: Vriendskaplike

byeenkoms L/s Orion (w)

24 Okt. Alg. Ouervergadering

9 Nov. Koorafsluiting 26 Okt. Fairland Dankfees

7 Nov. Sport- en

Kultuurtoekennings:

Gr. 4 – gr. 6-leerders

8 Nov. Toekennings: Gr. 7-

leerders

11 – 28

Nov.

Eksamen: Gr. 4 – gr. 7-

leerders

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BEHEER JOU KIND SE SOSIALE MEDIAGEBRUIK!

Na aanleiding van gevalle van kuberboeliery wat na normale skoolure plaasvind, gee ons graag die volgende inligting aan ons ouers:

Besoek www.kaspersky.co.za/safe-kids. Ouers kan sagteware gratis aflaai wat jou met die volgende sal help:

- Om jou kind se internetaktiwiteite te bestuur

- Om jou kind se gebruik van toepassings te bestuur

- Om jou kind se gebruik van toestelle soos selfone, tablette, skootrekenaars, ens. te bestuur

- Om ‘n ogie te hou oor jou kind se posisie (“location”)

- Om dit maklik te maak om jou kind se aktiwiteite om ‘Facebook” –aktiwiteite te moniteer

- Om jou in staat te stel om oproepe en sms’e te moniteer

- Om werklike tyd waarskuwings en kennisgewings te ontvang.

Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

2

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat die komende week verjaar:

Adele Ekron (kantoor) 22 Oktober Martiza Rothman (beheerliggaam) 25 Oktober

REDAKSIE

Dis altyd so mooi om te sien dat ons mense instinktief na mekaar draai in tye van nood, hoe hulle tot die besef kom van hul nietigheid in die groot kosmos wat ons aarde noem en hoe gedeelde swaarkry dikwels die beste in elkeen uitbring. Die nypende droogte waarmee ons land tans stoei, bring mense weer terug na hul Skepper en die besef van hulle afhanklikheid. Natuurrampe het nog altyd die effek gehad. Dis amper asof ons in ‘n toestand van onbewuste stiksienigheid voortjaag, totdat iets soos die droogte ons in ons eie voetspore tot stilstand ruk! Dis alles maklik verstaanbaar, maar wat wel alle begrip te bowe gaan, is diegene wat op gevoellose wyse doodeenvoudig met hulle normale argelose bestaan voortgaan. Hulle eie belange troef altyd die welstand van die massa. Sulke stompsinnige en selfsugtige gedrag maak ‘n mens sinies oor die goedheid van die mensdom.

Dit herinner aan die groot onregte van die tweede wêreldoorlog, toe miljoene mense die slagoffers was van ‘n egoïstiese regime wat net na hulle eie belange omgesien het. Die skande van die apatie van ‘n wêreld wat blind was vir die Jode se nood, eggo steeds in die annale van geskiedenis.

Wat beteken dit vir jou en my? Dalk net dit: Moenie blind wees vir ander se behoeftes nie. Steek jou hand in eie boesem en evalueer jou waardestelsel. Dis maklik om al die regte geluide te maak, maar nooit jou woorde met aksie op te volg nie. Dit skep ‘n vals gevoel van selftevredenheid wat op die lang duur sal boemerang en van jou vereis om rekenskap te gee. Dus: Waar was jy toe hulle jou nodig gehad het? Het jy ook al die FB posts ge-like, Amen geskryf by elke filosofiese uitlating en dan met selftevredenheid gevoel dat jy nou genoeg bewys gelewer het (op ‘n openbare medium) dat jou hart op die regte plek sit?

Ek hou baie van ‘n Engelse uitdrukking wat sê: “Don’t just talk the talk. Be true to yourself and those around you. You also have to walk the walk!”

Erika

AKADEMIE Toppresteerders

Gr. 4: Nicola Nel Anshe Roos Leah Groeneveld Lené Dyson

Luke Groeneveld Karo Bekker René Naudé Megan Fritz

Emma van der Waal Jana Simpson JP Reichel Lea Booyens Nelius van Graan Xander Vorster Simon du Plooy

Gr 5: Mia Marais Ezaan Husselman Andries de Kock Kara Schreuder Francois van Zyl Caitlin Kruger Isabella du Toit Ian van Heerden Cayla van Rooyen Simon Kilian Duan Brittion Arno Brückner

Fouché Maré Emma van der Walt Liam Parsons Katje Herselman

Chrizelle du Plessis Jarik Engelbrecht

Gr. 6: Franco Vosloo Elize Naude Marcel Steyn Bianca Landman

Andrea Beukes Ryan Snyman Karla Rooseboom André van Graan

Jacques Scheltema Dané Kotzé Kyle de Vos Lyné Olivier

Dené Potgieter Zack van Niekerk Zander van Niekerk Bennu Dyson

Ané Dannhauser Chantei Hoffman Lea Simpson Ben de Bruyn

Adam Botha Reuben du Toit Maria Prinsloo Alana Viljoen Zelrie Gagiano Juan Schoeman

3

Gr. 7: Mathilda Steyn Lize-Li Smith Chloё Morrow Charles de Kock

Mika van Zyl Zoё Franck Brendan Kruger Kyla Booyens Suné Botha Nadia van Niekerk Michelle Steenekamp Schalk Viljoen

Lydia de Bruyn Inez Terblanche Luané Coetzer Jean de Villiers

Neal Keyter Ilke Human Michél Croucamp Ela Babüroglu

Luan Husselman Izelle Pohl Gerhard de Kock Zoё-Lee Botma Emma Dirks Eksamenrooster: November 2016

Tweede Kwartaal

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Vr. 11 Nov. EBW

Ma. 14 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 15 Nov.

Wo. 16 Nov. NW NW NW (Common) NW

Do. 17 Nov. LO

Vr. 18 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde

(Common)

Wiskunde

Ma. 21 Nov. Engels Engels Engels

(Common)

Engels

Di. 22 Nov.

Wo. 23 Nov. SW SW SW SW

Do. 24 Nov.

Vr. 25 Nov. SK SK SK SK

Ma. 28 Nov. PSW PSW PSW Tegnologie

KULTUUR KOOR

Singit: 14 Oktober 2016

Baie dankie vir almal se teenwoordigheid en ondersteuning met hierdie aand. Dit was ‘n reuse sukses. Die kore is ons trots!

4 Kooroudisies Kooroudisies vir 2017 is nou afgehandel. Baie dankie vir elke leerder wat ‘n oudisie gedoen het. Ons sien uit na ‘n opwindende nuwe koorseisoen. Die eerste oefening vir nuwe lede is 18 en 25 Oktober 2016 vam 17:00 tot 19:00. Almal moet asb hierdie oefeninge bywoon. Belangrike datums 18 en 25 Oktober: Belangrike oefentye vir seniorkoor 2016/2017 26 Oktober: Dankfees 9 November: Afsluiting vir Seniorkoor 2016 Juniorkoor: Oudisies vir 2017 Ons hou oudisies vir die juniorkoor 2017 op Vrydag 21 Oktober tydens normale skoolure. Alle gr. R-, gr. 1- en gr. 2- leerders wat belangstel, is welkom! Fairland Dankfees Ons Laerskool Fairland Dankfees vind plaas op 26 Oktober op die rugbyveld. Neem asb. kennis dat alle koorlede direk na skool tot na die optrede by die skool moet wees. Ons sien uit na die pragtige aand!!

Kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

Kultuuraanhaling van die week “A goal without a plan, is just a wish!”

Erika Joubert

TOEKENNINGSGELEENTHEDE Gr. 4 – 7

BELANGRIKE KENNISGEWING!!

Die toekenningsgeleenthede het ten doel om prestasies wat in 2016 deur leerders binne skoolverband

behaal is, te beloon. Derhalwe word sekere van die gr.4- tot gr.6-leerders uitgenooi om die sport- en

kultuurtoekenningsaande by te woon. Toekennings word aan die hand van Laerskool Fairland se norm

gemaak. Die norm is op ons webtuiste: www.lsfairland.co.za onder afdeling “reëls” te besigtig. Betrokke

leerders wat vanjaar na toekenningsgeleenthede uitgenooi word, sal na afloop van die normvergadering

hul uitnodigings ontvang. Die akademiese toekenningsgeleentheid vir die gr.4- tot gr.6-leerders sal aan die begin van die

daaropvolgende jaar plaasvind sodat die akademiese prestasie oor al vier kwartale (promosiepunt) in ag

geneem kan word.

Gr. 7 se toekenningsgeleentheid vind op Dinsdag 8 November plaas, waartydens akademiese-, sport- en

kultuurtoekennings gemaak word. Alle gr. 7-leerders word versoek om die geleentheid by te woon.

Spesifieke tye rondom die toekenningsgeleentheid sal bekendgemaak word sodra die getalle gefinaliseer

is.

Maak asb. ‘n aantekening in u dagboeke vir Maandag 7 November vir gr.4- tot gr.6-

toekenningsgeleentheid en Dinsdag 8 November vir die gr. 7-geleentheid. Leanie Taljaard Koördineerder: Toekenningsgeleenthede

5

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017:

Potchefstroom: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 Konka: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017

TENNIS

Juniortennis: Rondomtalie (Seuns)

Die rondomtalie sal op die volgende dae plaasvind:

Vrydag 21 Oktober – Stan Wawrinka Wedstryde begin stiptelik om 13:15

Vrydag 28 Oktober – Roger Federer Leerders mag tweede pouse aantrek.

Vrydag 4 November – Rafael Nadal Leerders speel in gewone klere.

Opgedateerde inligting:

Stan Wawrinka

21 Oktober

Roger Federer

28 Oktober

Rafael Nadal

4 November

Seef Dannhauser Malan Graham Hadrian Divito

Dylan Engelbrecht Simon du Plooy Jean Taljaard

Kean Swanepoel Dawid Wiggett Jean-Pierre Griesel

Ivan Scheltema Jaco Dannhauser Josiah Stroh

Lijan Smal Zander Fourie Richard Smith

Ben Barnard Rudolph Lategan Jason Smith

Ruben Botha Johann Louw Aiden Fourie

Christo Ankersmit Luan Espach Ethan van Damme

Ethan Jatho Keane Avis Queon Ernst

Lucian Kleyn Callie Symington Vincent Graham

Chris Rothmann Nader Nagdy

Seniortennis: Vierde kwartaal

Datums - voorlopige ligawedstryde

Dogters (Woensdae) 26 Oktober A span vs Jan Cilliers weg B span vs Kind David Sandton tuis Seuns (Donderdae) 20 Oktober A span vs Louw Geldenhuys tuis B span vs Bye

27 Oktober A span vs St. Stithians weg B span vs Louw Geldenhuys tuis

KRIEKET Uitslae

o/9B wen met 7 paaltjies teen Unika

Oefentye

Tyd: (derde en vierde kwartaal) Oefeninge vir die B-spanne en 3de span is klaar vir die jaar.

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

6

MINI-KRIEKET

(Sien verdere inligting op School Communicator Bronne/Sport: Mini-krieket)

Oefentye: Gr. 1: Maandag 13:35 – 14:15 Dinsdag 13:05 – 14:15 Gr. 2: Maandag 13:35 – 14:30 Dinsdag 13:05 – 14:30 Onthou om die volgende saam te bring: sonhoed, sonskerm, koue water en ‘n tennisbal en kolf wat duidelik gemerk is. Wedstryde: Vind plaas op Donderdae vanaf 14:00 – 16:00 Randburg Sportgrond. 20 & 27 Oktober 3, 10, 17 & 24 November Krieketoefentye vir gr. R-leerders (o/6) Dinsdag en Woensdag – 13:10 tot 14:10 MIDDELAFSTANDE Oefentye Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00 Donderdag: 15:00 – 16:00 Vrydag: 13:00 – 14:00 Gr. 3 - tot gr. 6 - leerders word uitgenooi om saam te kom oefen. Maak verskoning by mnr. Jordaan as jy nie kan kom oefen nie. ATLETIEK Oefenprogram: (4de kwartaal)

14:10-14:40 14:40-15:10 15:10 – 16:10 15:45 – 17:00

Maandag

Naellope o/11 - o/12

Velditems o/9 - o/10

Naellope o/9 - o/10

Velditems o/11 - o/12

Hekkies Middelafstande

13:50-14:20 14:20-14:50 14:50 – 15:50 15:45 – 17:00

Dinsdag Naellope o/9 - o/12 Naellope o/9 - o/12 Hekkies Middelafstande

Woensdag Velditems

o/9 - o/10

Velditems

o/11 - o/12

Hekkies Middelafstande

15:45 – 17:00

Donderdag Geen Geen Geen Middelafstande

7

INLIGTINGSENTRUM

Geletterdheidsmaand is verby, maar die aktiwiteite by die mediasentrum raak nie minder nie! Eerstens, geluk aan die volgende klasse wat die leesmarathon in hul grade gewen het: gr. 2/23, gr.3/13, gr.4/51, gr. 5/41, gr. 6/44 en gr. 7/33. Baie geluk – julle is leesfiks!

Ons het in die afgelope jaar nie minder nie as 660 nuwe boeke in die mediasentrum opgeneem. Baie dankie aan al die onderwyseresse wat gehelp het met die invoer, merk en oortrek van boeke. Dankie ook aan Annelie Terblanche wat soveel boeke oorgetrek het. Ons het ook die graad 2’s bekendgestel aan die proses van boeke uitneem en ons hoop dat hulle ‘n liefde vir lees sal aankweek en sodoende hulle wêreld sal verbreed, hul verbeelding sal aanwakker en hulle kennis sal uitbrei. Lees help ook kinders met die leerproses en ook hoe om beter te kan skryf.

Leesgroete Juf. Dalene

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ons herinner ouers om asseblief alle klere te merk met 'n naam en 'n kontaknommer.

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034

GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07: Zané Bornman Gr. R/08: Tiana Serfontein Gr. R/09: Cecilia Liebenberg

Gr. R/10: Ludé Pieterse Gr. R/11: Ian Gow Gr. R/11A: Juan Nortjé

8 STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/18: Josh Bester Gr. 1/22: Mia Groeneveld Gr. 1/24: Ilse Jooste Gr. 1/25: Karla Viljoen Gr. 1/26: Adrian Nel Gr. 1/27: Mia Swanepoel Gr. 2/14: Joshua Liebenberg Gr. 2/15: Mila van der Merwe Gr. 2/16: Alycia Reid Gr. 2/17: Carla Cloete Gr. 2/21: Louis van Kradenberg Gr. 2/23: Rojche Schutte

Gr. 3/12: John-Eric Roberts Gr. 3/13: Rudolph Lategan Gr. 3/28: Hayley Kleu Gr. 3/29: Danielle Jonker Gr. 3/45: Inge van der Walt Gr. 3/46: Kaylin Liebenberg

GOEIE GEDRAG

Gr. 1/25 Lizaan van den Heever Gr. 1/26 De Wet le Roux Gr. 4/49 Kyle Visagie en Zandiar Nel Gr. 4/52 Hanno de Lange

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting, sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns

welkom.

DANKFEES

Ons wil graag weer die jaar afsluit met ‘n projek wat waarde sal toevoeg tot elkeen van ons gesinne.

Ons nooi u elkeen, elke ouer, elke oupa en oupa, elke kosbare leerder, boeties, sussies en maats na

‘n onvergeetlike buitelug Dankdiens op ons paviljoen en rugbyveld. Ons Fairlanders gaan almal met

kerse in die hand, saam met Joshua na die Reën en ons Junior- en Seniorkore lof bring aan God en

heerlik saam sing om dankie te sê vir soveel seëninge hierdie jaar.

Om die saamsing te vergemaklik…gaan ons hierdie jaar ook die woorde van die liedere wat ons gaan sing aan u epos, asook op die skool se webblad plaas en verder ook op ons facebookblad dit sit! Dit sal verseker dat die woorde maklik van u selfone af saamgesing word!

DAGBOEK ASSEBLIEF – DANKFEES DATUM: Woensdag 26 Oktober TYD: 18:30 tot 20:00 KOSTE: Gratis.

Ons sien uit daarna om die jaar saam met elkeen van julle wat deel is van ons skool se hartklop, met hierdie hoogtepunt af te sluit.

“Kom sing ‘n lied om vir die Here dankie te sê…”

Psalm 147:7

9 GR. 6 LEIERKAMP: 10-12 OKTOBER 2016

Die gr. 6-groep het die leierkamp by Konka terdeë geniet! Hul is in groepe gedeel en al die groepe het

sommer vinnig soos 'n span saamgewerk. Hulle het op 'n rotasiebasis aan die verskillende

probleemoplossingsaktiwiteite deelgeneem. Die kos was onverbeterlik en die leerders het werklik

gesmul.

Die GROOT hoogtepunt was die hindernisbaan wat die leerders op die Dinsdag voltooi het - hier was

spanwerk van kardinale belang. Die leerders het deur die modder gekruip en was nog nooit in hul

lewens so vuil gewees nie!

Baie dankie aan elke leerder vir hulle goeie gedrag!

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

RUGBY

Nicolas Meintjes (gr. 5) is op 28 September as die beste o/11-agterspeler van die jaar aangewys by die jaarlikse prysuitdeling van Pirates Rugbyklub. Hy is ook verder gekies vir die o/11-Titans Sewes rugbyspan waar hy op 28 en 29 Oktober aan die jaarlikse XCO Nasionale Sewestoernooi deelneem te Rustenburg. Baie geluk Nicolas! Ons hou styf duime vas vir die komende wedstryde

JUDO Liam Parsons (gr. 5) het op 9 Oktober aan die SA Skole Judokampioenskap deelgeneem. Hy het ‘n bronsmedalje verower in die kategorie vir seuns van 11jaar (34 – 38kg)

10

STOEI Dylan Engelbrecht (gr. 3) het gedurende die vakansie aan die SA stoeikampioenskap deelgeneem. Hy het eerste geëindig in sy gewigsafdeling en hiervoor ‘n goue medalje verwerf.

GIMNASTIEK Karma Visagie (gr. 3) het tydens die vakansie aan die SA Nasionale Gimnastiekspele in die Kaap deelgeneem. Sy het ‘n goue medalje verwerf vir haar vloer- en balk-items en ‘n silwermedalje vir die hoëbalk-item. Sy het algeheel eerste geëindig. Sy is dus die SA nasionale kampioen in haar ouderdoms-groep vir 2016. ‘n Puik prestasie voorwaar! Baie geluk Karma! Ons is baie trots op jou!

SWEM

Ons swemspan het verlede Vrydag aan hul eerste swemgala in die A-liga deelgeneem by Bryneven Primary School. Hulle het 4de geëindig.

Galadatums: Vrydag 21 & 28 Oktober, 4 November

GHOLF

Baie geluk aan ons gholfspan wat verlede Vrydag hul vriendskaplike wedstryd teen St Benedicts met twee houe gewen het. Baie geluk aan al die leerders met hulle puik prestasies!

KULTUUR

DANS

Leerders skitter by Dance Stars

Landi van der Merwe (gr. 4), Maria Prinsloo (gr. 6) en Kayla Grobler (gr. 7) het gedurende die week van 19 September aan die Dance Stars

World Tour kompetisie deelgeneem. Die leerders is deel van die Fusion International dansskool en het deelgeneem in die ouderdomsgroep 12 tot 15 jaar. Die groepdans waaraan Landi en Maria deelgeneem het, “Sunglasses”, het die afdeling Oop Formasie gewen. Kayla se duo “Ice Angels” is as die wenner aangewys van die afdeling Nasionale Volksdanse duet/trio/ kwartet. Maria se duo “Rodeo Rebels” is derde geplaas in die afdeling oop duet/trio/kwartet en haar groepdans “Babettes” is tweede geplaas in die oop afdeling. Kayla is ook deel van die “Allstars” dansgroep en die groep is tweede en vierde geplaas in onderskeidelik die kommersiële en Oop afdelings. Al drie die leerders het uitnodigings ontvang om Suid-Afrika te verteenvoordig by die Internasionale Dance Star Kompetisie wat tydens 2017 in Kroasië gehou sal word.

11

WOW-SPELFEES 2016

Baie sterkte aan die volgende leerders wat Laerskool Fairland op Saterdag 22 Oktober sal

verteenwoordig by die nasionale uitdunronde waar leerders vanuit al die provinsies sal meeding om die

beste spellers in die land aan te wys.

Gr. 2 Marlené van Niekerk

Gr. 3 Klarissa Pretorius

Gr. 4 Lené Dyson

Gr. 5 Andries de Kock Mia Marais

Gr. 7 Suné Botha Mathilda Steyn Schalk Viljoen

Mathilda Steyn het die besonderse prestasie behaal om vandat ons in 2012 die eerste keer aan die

WOW-spelfeeste begin deelneem het, nog elke jaar vir Laerskool Fairland by die nasionale ronde te

verteenwoordig. Vanjaar is dit haar vyfde keer! Baie sterkte aan al die deelnemers! Ons hou vir julle

styf duime vas!

ATKV-LEESPROJEK

Tydens die jaarlikse ATKV-leesprojek, het 28 van ons leerders eksamen geskryf oor die verskillende boeke wat hulle gelees het. Vyf van ons leerders het baie goed gevaar: Franco Vosloo 90℅, Mathilda Steyn 87%, Dané Potgieter 83%, Ben de Bruyn 80% en Neil Keyter 77%. Baie geluk aan almal en dankie vir jul moeite en dat jul Laerskool Fairland se naam hoog hou.

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected]. FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected] SKAAPTJOPS!! Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected]. TE KOOP Ek het vier houtrame grootte (breedte .560 x 1.430) en drie aandrokke – kan my kontak as iemand

belangstel - pryse onderhandelbaar. Louisa van Rensburg - 083 455 4606

A CHRISTMAS STORY

Invitation to our free Walk-Through Living Nativity Event. Bring the whole family and experience the live sights and sounds of the Christmas Story! DATES: 9 – 11 December TIMES: Anytime between 18:30 and 20:30 (Guided tours will leave every few minutes) NO CHARGE (a tuckshop will be available) Honeyridge Baptist Church: Corner of Beyers Naude and Eastwood Ave, Randpark Ridge For further info: 011 795 3251 / [email protected]

12

Pilates Dynamics Teacher Training courses

Obtain the most in-depth qualification to enable you to teach on all levels of the Mat or the full Comprehensive Program.

Don’t delay, limited space available.

For more course information go to www.pilatesdynamics.co.za or contact us on 011 792 5459 or 072 999 2229 or email us on [email protected]

13

13

15