uit die hoof se kantoor · 2018-10-26 · marketstraat 145, fairland (011) 678-4591/2 jaargang 25...

14
+ Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die leerders wat hierdie naweek aan die WOW-spelfees se nasionale ronde in Stellenbosch gaan deelneem. Revue Encore Baie sterkte aan die leerders en personeel wat hard aan die oefen is vir die Revue Encore wat op 25 en 26 Oktober plaasvind. Akademie Die afbakenings vir die eksamen is reeds aan leerders uitgedeel. Julle moet asb. vroegtydig met jul hersiening begin. Personalia Zelda Duvenage, sterkte met die finale reëlings vir jou groot dag eerskomende Saterdag. Ons sien daarna uit om ‘n foto van die bruidspaar te plaas. BELANGRIKE DATUMS VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeellid wat in die komende week verjaar: Adele Ekron (Administrasie) - 22 Oktober Mag jou nuwe lewensjaar geseënd en voorspoedig wees. DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 30 Oktober Dankfees 6 November Gr. 7-prysuitdeling AKADEMIE 12 23 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders SPORT 18 & 19 Oktober Krieketfees: o/10’s (tuis) 18 20 Oktober Cornwill Hill Cricket Festival (o/11A) (w) KULTUUR 25 & 26 Oktober Encore! Revue en Koor musical

Upload: others

Post on 27-May-2020

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

+

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

WOW-spelfees Baie sterkte aan die leerders wat hierdie naweek aan die WOW-spelfees se nasionale ronde in Stellenbosch gaan deelneem. Revue Encore Baie sterkte aan die leerders en personeel wat hard aan die oefen is vir die Revue Encore wat op 25 en 26 Oktober plaasvind. Akademie Die afbakenings vir die eksamen is reeds aan leerders uitgedeel. Julle moet asb. vroegtydig met jul hersiening begin. Personalia Zelda Duvenage, sterkte met die finale reëlings vir jou groot dag eerskomende Saterdag. Ons sien daarna uit om ‘n foto van die bruidspaar te plaas.

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellid wat in die komende week verjaar:

Adele Ekron (Administrasie) - 22 Oktober

Mag jou nuwe lewensjaar geseënd en voorspoedig wees.

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 30 Oktober Dankfees

6 November Gr. 7-prysuitdeling

AKADEMIE 12 – 23 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders

SPORT 18 & 19 Oktober Krieketfees: o/10’s (tuis)

18 – 20 Oktober Cornwill Hill Cricket Festival (o/11A) (w)

KULTUUR 25 & 26 Oktober Encore! Revue en Koor musical

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

VAKATURE BESKIKBAAR: NASKOOLSENTRUM ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n dame wat daagliks gedurende skoolkwartale vanaf 13:00 – 17:30 in die parkie na die gr. R-naskoolleerders kan omsien. Kwaliteite: Kreatiwiteit; ‘n liefde vir kleuters; inisiatief Diensaanvaarding: 9 Januarie 2019 Salaris onderhandelbaar. Persone wat hulself geskik vir die pos beskou, kan hul CV’s aan [email protected] stuur voor of op 31 Oktober 2018. Indien u nie binne 3 weke vanaf 31 Oktober van ons hoor nie, was u aansoek onsuksesvol.

Johan Kilian

Voorsitter: Beheerliggaam

REDAKSIE

Een van die belangrikste lesse wat ons ons kinders kan leer, is om minder egoïsties te wees en meer uit te reik na ander. Dis hartseer om te sien hoe mense al hoe meer selfgesentreerd lewe en weinig tyd of simpatie het vir hul naaste. Dis asof die hele wêreld verval het in ‘n oorlewingsangs. Hulle gee net om oor eie belang en die behoeftiges en verlorenes bly behoeftig en verlore. Die voorkoms van afknouery en depressie onder kinders so jonk as 7 jaar, is besig om tragiese afmetings aan te neem. ‘n Mens wonder altyd na die tyd of daar nie iets aan gedoen kon wees nie, maar dan is dit te laat.

Kinders leer direk by die voorbeeld wat aan hulle gestel word deur volwassenes. As hulle deur ons optrede kan leer dat naasteliefde nie net oor basiese behoeftes soos kos en klere gaan nie, maar ook geestelike honger en die sug na aanvaarding en respek insluit, sal ons samelewing baie meer vredeliewend wees. Leer ons nog ons kinders wat nederigheid is, weet hulle dat dit nie swakheid toon om soms die minste te wees nie? Verstaan hulle dat juis daarin krag lê? Kan hulle insien dat hulle waarde in ander se oë deur hulle aksies beïnvloed word? ‘n Mens hoef nie jou hele lewe aan barmhartigheid te wy om ‘n verskil te maak nie. Die klein dingetjies is dikwels die belangrikste. ‘n Môresê-glimlag kikker maklik iemand anders se dag op. Die mens het ‘n behoefte aan warmte, vriendelikheid, aanraking en tonne liefde. Kom ons leer ons kinders om nie die ongevoelige egoïste te wees wat deesdae orals te sien is nie. Ons glo mos aan omgee...en dit moet so bly. Erika

AKADEMIE Toppresteerders – 3de kwartaal

Gr. 4: Jako-Martin Müller Nina Theron Amy Olvier Niel Marais

Gustav Vorster Donna de Wet Mia Moore Marlené van Niekerk Martin Nel Mignon Potgieter Jacques le Roux Nina Nieuwoudt Keane Avis Johann Louw Eben van Graan Stephan Minnaar

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

2

Gr. 5: Luan Espach Rico Vosloo Jean Taljaard Megan Jooste Franco Roos Zander van Tonder Nicola du Plessis Jean du Toit Mila Viljoen Mia le Grange Natanya Swart Karma Visagie Joof Enslin Jaco Dannhauser Dirk van den Berg Anika du Preez Dylan Engelbrecht Joané Vorster Genevieve Parry Ariële van der Gugten Anja Botha Annika Swanepoel

Gr. 6: Anshe Roos Karo Bekker Nicola Nel Jana Theron Lea Booyens JP Reichel Ellie Knobel Lené Dyson Dawid Wiggett René Naudé Pierre de Villiers Diaan Rooseboom Dezi Coetzer Mariné Louw Jana Simpson Simon du Plooy Megan Fritz Stefan Prins Angelina Tappan Xander Vorster Xanté Johnston Nelius van Graan Ané van der Westhuizen

Gr. 7: Ezaan Husselmann Andries de Kock Cayla van Rooyen Isabella du Toit Mia Marais Ian van Heerden Simon Kilian Francois van Zyl Euané Theart Duan Brittion Suné Boshoff Kara Schreuder Jarik Engelbrecht Natalie Dixon Shané Mengel

KULTUUR

REVUE

ENCORE! DATUM: 25, 26 Oktober 2018 TYD: 19:00 PLEK: Skoolsaal Kaartjies: R50 per persoon

Ons nooi graag alle belangstellendes om ons skool se eerste optredes van die revuegroepe asook ons twee kore te kom ondersteun by die opwindende nuwe jaarlikse aanbieding, Encore! Die program bied die volgende aan:

Magical Moments – Revue ( Sluit natuurlik ‘n onderwyseritem in!) ‘n Amper rampspoedige Rapsodie – Junior- en Seniorkore se musikale blyspel weereens op die planke! Dus…as julle die eerste optrede van Rapsodie gemis het, is dit nou jou heel LAASTE kans om hierdie spogproduksie te sien. En as jy weet hoeveel pret ‘n revue is, MOET jy hierdie heel EERSTE opvoering van ons twee revuespanne kom ondersteun!

Ons hoop om julle almal daar te sien vir hope pret en pragtige optredes deur ons talentvolle kinders. Hou asb. die Vinkie en die d6 dop vir inligting oor die kaartjiebesprekings.

SENIOR- en JUNIORKOOR

Oefeninge

19 Oktober: 13:30 – 16:00 beide kore 20 Oktober: tye sal volg 23 Oktober: 15:30 – 18:00 beide kore 25 Oktober: “Run” in skooltyd

Optredes

25 Oktober 26 Oktober 30 Oktober – Dankfees

Juniorkoor afsluiting: 6 November

Seniorkoor afsluiting: 7 November

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

4

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

SPORT

KRIEKET

Oefentye (Slegs A-spanne; ander spanne reeds afgesluit)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 - 15:15

CORNWALL HILL KRIEKETTOERNOOI

Saterdag 13 Oktober het ons o/9- tot o/11 A-, asook ons 1ste en 2de spanne vriendskaplike wedstryde teen

Cornwall Hill Preparatory gespeel. Laerskool Fairland het 2 van die 5 wedstryde gewen.

o/9A verloor met 70 lopies

o/10A wen met 7 lopies

o/11A wen met 8 paaltjies

2de span verloor met 63 lopies

1ste span verloor met 7 paaltjies

Spesiale vermelding: Rico Vosloo (o/11A) – 52 lopies.

Jean Taljaard (o/11A) – 51 lopies.

Jaden Bezuidenhout (1ste-span) – 64 lopies.

1ste span wen met 3 paaltjies vs Louw Geldenhuys

2de span verloor met 6 paaltjies vs BPMS (1ste span)

3de span wen met 70 lopies vs Unika (2de span)

o/8-Hardebalspan wen met 2 paaltjies vs Jan Celliers

o/9A wen met 81 lopies vs Louw Geldenhuys

o/9B verloor met 9 lopies vs Dalmondeor

Spesiale vermelding: Dominique Tait (o/9A) teken 83 lopies van 61 balle aan.

Ruben Bredenkamp (o/9A) neem 5 paaltjies vir 2 lopies in 4 beurte.

Pieter de Klerk (2de span) teken 54 lopies van 37 balle aan.

Sterkte aan ons o/10A-span wat vandag en Vrydag hier op ons velde in die o/10-Krieketfees wedstryde

speel.

Die o/11A-span speel Vrydag en Saterdag by Cornwall Hill in hul o/11-Krieketfees. Sterkte vir julle ook!

MINI-KRIEKET

Oefentye

Maandae: 13:30 - 14:15 Dinsdae: 13:00 - 14:00

Wedstryde gaan by Randburg Sportgronde plaasvind.

Datums: 25 Okt.; 1 Nov. en 8 Nov.

o/6 - Gr. R

Oefentye: Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:00

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

5

TENNIS

Seniortennis

Voorlopige JHB-ligawedstryde

Dogters A: 24 Okt . Bye 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Dogters B: 24 Okt. Curro, Wilgeheuwel (weg) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns A: 18 Okt. Heronbridge A (weg) 25 Okt. Fontainbleau B (tuis) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns B: 18 Okt. Bryneven (tuis) 25 Okt. Trinity, Randpark (tuis)

31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Juniortennis – Rondomtalie

Die rondomtalie vir die seuns sal op die volgende dae plaasvind:

Donderdag 1 November – Novak Djokovic

Maandag 5 November – Stan Wawrinka

Dinsdag 6 November – Rafael Nadal

Woensdag 7 November – Roger Federer

Wedstryde begin op Donderdag 1 November en Maandag 5 November stiptelik om 14:15.

Wedstryde begin op Dinsdag 6 November en Woensdag 7 November stiptelik om 13:45.

Leerders mag tweede pouse aantrek en speel in gewone klere.

Novak Djokovic

Donderdag 1 November

Stan Wawrinka

Maandag 5 November

Rafael Nadal

Dinsdag 6 November

Roger Federer

Woensdag 7 November

Johann Louw Christiaan Campher Joshua Liebenberg Ben Barnard

Jako Martin Muller Martin Nel Graig Rothmann Jonathan Visagie

Willem du Plooy Ruben Bredenkamp Ben Brewis Juan Nieuwenhuizen

Caton Potgieter George Pienaar Julian Engelbrecht Willem Theron

Nathan du Toit Kristian van Gaalen Anrich Campher Ruben Jacobs

Spelers moet asseblief 3 nuwe Green Dot - balle saambring!

ATLETIEK

Oefenprogram vir atlete sal op die d6 geplaas word.

Uitslae vs L/s Orion

Laerskool Orion wen die byeenkoms en teken 531 aan. Fairland teken 331 aan. Baie dankie aan die atlete vir jul deelname en ouers vir jul ondersteuning.

Middelafstande: Oefenprogramme kan by mnr. Jordaan K44 afgehaal word.

SWEM

Galadatums: (4de kwartaal)

Vr. 19 Oktober (Constantia Kloof Primary)

Vr. 26 Oktober (Monument Primary)

Vr. 2 November (TrinityHouse, Little Falls)

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

6

Algemene inligtingsbrief in verband met swem, sal voor die einde van die dag op die d6 Connect geplaas

word.

Uitslae

Laerskool Fairland se swemspan het Vrydag 12 Oktober aan hulle eerste A-liga gala vir die seisoen by

Bryneven Primary deelgeneem. Hulle eindig in ‘n algehele 5de plek uit die 6 deelnemende skole.

NETBAL

Fast Five liga

o/12-netbalspan neem deel aan ‘n vriendskaplike Fast Five-liga te Curro, Krugersdorp op die volgende

datums:

17 Okt.; 24 Okt. en 31 Okt.

ALGEMEEN

VERE-KAS

* verlore klere en sporttoerusting * bekostigbare tweedehandse skoolklere * pragtige aanpaskamers * groter spasie

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

GR. 6-LEIERSKAMP

Verslag deur JP en Nicola:

Saam: AYOBA!!! (Gr. 6’e moet antwoord) AYOBA YES!!!!

Saam: Geagte mnr. Willie, personeel en maats

JP: Ek is JP Reichel ......

Nicola: ... en ek is Nicola Nel!

Saam: ...en ons wil julle graag meer vertel van die gr. 6-leierskamp

JP: Die eerste dag het afgeskop waar almal vol opwinding bymekaar gekom het en na Konka vertrek het.

Nicola: Daar aangekom, was ons almal in groepe verdeel en sonder om enige tyd te mors, het ons dadelik

met die aktiwiteite weggeval.

JP: Die aktiwiteite was propvol pret! Ons het mekaar beter leer ken en geleer hoe om as ‘n span saam te

werk. My gunsteling aktiwiteit was beslis die “Mud-stacle-Course”!

Nicola: Hier het ons so vuil geword dat dit moeilik was om mekaar uit te ken!!! My gunsteling was....

JP: Teen 6 uur die aand was almal flou en dood van die honger!! Gelukkig was ons verseker van ‘n lekker

bord kos voordat ons die naglewe gaan aandurf het.

Nicola: Ons het elke aand 10 uur in die bed gekom en kon nie wag vir die volgende dag nie! Na 3 dae van

pret en lekker eet was dit tyd om op te pak en huistoe te gaan!

JP: Ek is seker dat al die graad sesse met ons sal saamstem dat die kamp beslis een was om te onthou

en namens elke een van ons wil ons baie dankie se vir die volgende onderwysers wat ons vergesel het.

Nicola; Juf. Leanie, mnr. Hendrik, juf. Linda, mnr. Dean, juf. Zelda en mnr. Claude!

JP: Baie dankie ook aan mnr. Willie en ons wonderlike skool vir die geleentheid.

SAAM: BAIE DANKIE!

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

7

STERRE VAN DIE WEEK

27 September 2018 Gr. 1/14: Zander Oosthuizen Gr. 1/22: Mikhe Muller Gr. 1/24: James van den Heever Gr. 1/25: Paityn Cooney Gr. 1/26: MC Doyle Gr. 1/27: Andrew Holmes 11 Oktober 2018 Gr. 1/14: Kegan Schoeman Gr. 1/22: Minke Beck Gr. 1/24: Ingrid Killian Gr. 1/25: Ruben van Niekerk Gr. 1/26: Miané van Zyl Gr. 1/27: Genevieve Koekemoer Gr. 2/15: Amoné Serfontein Gr. 2/16: Jayden Swanepoel Gr. 2/17: Hannah Cogzell Gr. 2/18: Nicholas Troup Gr. 2/21: Lizé Pelser Gr. 2/23: Juan Botha Gr. 3/12: Wian Swanepoel Gr. 3/13: Marno White Gr. 3/28: Amy-Leigh Erasmus Gr. 3/29: Daniel Schneider Gr. 3/45: Lome Vorster Gr. 3/46: Lélena van Rooyen

Uitblinkers van die week

Rooiklas: Zanica van der Mooren en Liam Pretorius

Geelklas: Lané Viljoen en Erlich Marais

Groenklas: Leila Underwood en Calvin Klopper

Blouklas: Christie Tait en Caleb Grobler

Persklas: Neante Denner en Jacques Muller

Oranjeklas: Mary-Ann Swart en Wihan Ittmann

INLIGTINGSENTRUM

Die inligtingsentrum is elke Maandag-Donderdag 2e pouse, asook Woensdagmiddae 13:10-14:30 oop as jy wil boeke uitneem!. Kom neem gerus ‘n boek uit voordat die eksamen begin!!

People’s Theatre bied aan: Beauty and the Beast November - Desember 2018 Bespreek by: [email protected] 011-403 1563 / 2340

Groete Juf. Connie

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

8

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SKAAK Wihan van der Westhuizen is gekies om Johannesburg Metro Skaak-unie te verteenwoordig as lid van die o/10C- span by die Suid Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap te Birchwood, Boksburg op 15-21 Desember 2018. Wihan is tans in gr. 2. Baie sterkte, Wihan. Ons is baie trots op jou.

KARATE Vier Fairlanders het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt tydens die Afrika Goju-Ryu Karatekampioenskap waaraan hulle deelgeneem het in Stellenbosch op 22 September 2018. Hulle vorm deel van die Palm Court Goju-Ryu Karate Dojo, onder leiding van Sensei Mario Sequeira. Graag wens ons die volgende leerlinge geluk:

Adriaan Venter – Blou Obi (gr. 6)

Anè van der Westhuizen – Oranje Obi (gr. 6)

Renier Willemse (gr. 6) – Groen Obi

Wihan van der Westhuizen(gr. 2) Geel Obi

Wel gedaan, ons is sommer baie trots op julle!

GIMNASTIEK Liumé Jansen van Rensburg het Donderdag 4 Oktober 2018 deelgeneem aan die SA Gym Games, klas 1. Sy het Gauteng verteenwoordig en haarself baie goed van van haar taak gekwyt! Sy behaal n algehele 6de plek in die kompetisie.

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

9

KULTUUR

CON SPIRITO KULTUUR KUNSWEDSTRYD Na afloop van twee uitdunrondes by Con Spirito Kultuur Kunswedstryd dring Chrstiaan Hendriks en Hannah Dercksen deur na die Prestige-aand prysuitdeling. Christiaan word aangewys as itemwenner: Afrikaans Prosa. Hannah word aangewys as itemwenner vir Engelse Monoloog.

AKADEMIE

AMESA WISKUNDE OLIMPIADE : UITSLAE FINALE RONDE Gr. 4: Brons M du Toit; Jacques le Roux; Juan Loots; Johann Louw; Martin Nel Silwer Niel Marais; Ryan Marx, Stephan Minnaar Goud Jako Martin Müller

Gr. 5: Brons Ruan Booysen; Bridget Campbell; Jaco Dannhauser; Anika du Preez; Luan Espach;

Isobel Genis; Megan Jooste; Mia le Grange; Christiaan Liebenberg; Ané Minnaar; Xander Oelofse; Genevieve Parry; Kaylee Snyman; Annika Swanepoel; Anré Ueckermann; Dirk van den Berg; Jaco van der Walt; Zander van Tonder; Karma Visagie

Silwer Anroux Barnard; Eric Beyl; Daniel Booysen; Dylan Engelbecht; Linda Potgieter; Klarissa Pretorius; Natanya Swart; Luke van den Berg; Mila Viljoen; Joané Vorster

Goud Rico Vosloo Gr. 6: Brons Benno Coetzee; Hadrian Divito; Tiaan le Roux; René Naudé; Nicola Nel;

Kiara Raftopoulos; Jana Simpson; Theo van der Gugten; Suné van Heerden; Xander Vorster

Silwer Dawie Human; Nina Novella; JP Reichel; Anshe Roos; Diaan Rooseboom; Chris Rothmann; Richard Steenekamp

Goud Karo Bekker; Ellie Knobel Gr. 7: Brons Jayden Louw; Liam Parsons; Zack Vermeulen Silwer Mia Marais; Juan van der Merwe; Andries de Kock WOW-SPELFEES 2018

Baie sterkte aan die leerders wat op Saterdag 20 Oktober aan die WOW-spelfees se nasionale ronde te

Stellenbosch Universiteit gaan deelneem. Hulle verteenwoordig Gauteng en ons vertrou dat dit met hulle

almal baie goed sal gaan.

Sterkte met jul voorbereiding in die komende week!

Leanie Taljaard

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

10

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, [email protected]". TUINWOONSTEL TE HUUR 1-slaapkamer woonstel te huur – R4 800.00 per maand (water, elektrisiteit en DSTV ingesluit). Veilig, met eie parkering. Kontak 082 560-1947

GESINSHUIS OORKANT LAERSKOOL FAIRLAND Pragtige gesinshuis geleë op ‘n groot erf met ‘n welige tuin. 4 Ruim slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer toegerus is met ‘n en-suite badkamer. Groot kombuis met genoeg kaste, ‘n spens, eetkamer, studeerkamer en ‘n sonkamer met ‘n uitsig oor die tuin. Stoep met ‘n ingeboude braai spesiaal vir ‘n heerlike familie byeenkoms. Massiewe tuin wat genoeg spasie bied vir die kinders om in te baljaar. Koue wintersdae hoef jou nie af te sit nie, daar is selfs ‘n vuurpit. Die huis bied ook ‘n dubbel motorhuis en ‘n bediendekamer. Prys: R19 500 Kontak Janine Lewis op 083 297 0811 vir meer inligting.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

11

Col’Cacchio, L’Corro Sentrum

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

12

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2018-10-26 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 32 18 Oktober 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR WOW-spelfees Baie sterkte aan die

14