marketstraat 145, fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · marketstraat 145, fairland (011)...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Ons dink aan Erika Joubert wat vroeër die week ‘n operasie ondergaan het. Hoop jy voel sommer gou weer beter. Ruan Basson het ook verlede week ‘n operasie ondergaan. Sterkte Ruan, ons hoop jy is sommer gou weer op die been! Vrydag 22 September Die skool sluit Vrydag 22 September om 12:00 as gevolg van die langnaweek. Ons herinner jul ook aan die volgende: Leerders kom met gewone klere skool toe. Onthou die piekniekmandjies daar gaan heerlik piekniek gehou word op die rugbyveld vanaf 11:00 om dankie te sê vir almal wat so hard gewerk het vir die kaskarkuierfees. BELANGRIKE DATUMS VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar: Eurette Theart - 24 September Erika Joubert - 26 September Mag dit vir julle ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees. DATUM AKTIWITEIT KULTUUR Einde September Oudisies vir kore (2018) 22 Oktober Juniorkoor: NG Aasvoëlkop SPORT 17 Oktober Atletiek (Vriendskaplik) : Randhart (Weg) 25 Oktober Atletiek (Vriendskaplik) : Orion (Tuis) ALGEMEEN 28 September Begroting 2018: Inligtingsessie in lapa 29 September Skool sluit om 11:00. 14 Oktober Fairland-familiefliek 26 Oktober Algemene Ouervergadering in skoolsaal AKADEMIE 29 September Rapporte 10:50 by registerklasse uitgedeel

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia Ons dink aan Erika Joubert wat vroeër die week ‘n operasie ondergaan het. Hoop jy voel sommer gou weer beter. Ruan Basson het ook verlede week ‘n operasie ondergaan. Sterkte Ruan, ons hoop jy is sommer gou weer op die been! Vrydag 22 September Die skool sluit Vrydag 22 September om 12:00 as gevolg van die langnaweek.

Ons herinner jul ook aan die volgende: Leerders kom met gewone klere skool toe. Onthou die piekniekmandjies – daar gaan heerlik piekniek gehou word op die rugbyveld vanaf 11:00 om dankie te sê vir almal wat so hard gewerk het vir die kaskarkuierfees.

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar: Eurette Theart - 24 September Erika Joubert - 26 September Mag dit vir julle ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees.

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR Einde September Oudisies vir kore (2018)

22 Oktober Juniorkoor: NG Aasvoëlkop

SPORT 17 Oktober Atletiek (Vriendskaplik) : Randhart (Weg)

25 Oktober Atletiek (Vriendskaplik) : Orion (Tuis)

ALGEMEEN 28 September Begroting 2018: Inligtingsessie in lapa

29 September Skool sluit om 11:00.

14 Oktober Fairland-familiefliek

26 Oktober Algemene Ouervergadering in skoolsaal

AKADEMIE 29 September Rapporte – 10:50 by registerklasse uitgedeel

Page 2: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

2

REDAKSIE

So onverwags kan die lewe ‘n mens ‘n uitdaging gee en ek praat nie nou net met die Springbok-ondersteuners nie. Dis beter om nie daaroor te praat nie! Nee, ek bedoel iets onvoorsiens gebeur en jy moet skielik ‘n plan B in plek kry, met die minimum tyd vir beplanning of besinning oor waarheen en wat nou? Dis dan wat jy diep moet grou (soos die kinders sê) en by jou diepste diep gaan ekstra haal: ekstra energie, ekstra moed en ekstra geduld. Dis veral die geduld wat jy gaan nodig kry in emmersvol, want soos die meeste mense maar is, hou ons nie van verandering nie en dan veral nie as dit jou planne omvêr gooi nie. Ek praat ook graag van my ganse en hoe ek hulle in ‘n ry moet kry en daar hou. Ongelukkig of gelukkig werk die lewe nie so nie en dwing die onvoorsiene jou tot die groter insig: “Jy is eintlik nie in beheer nie!” (Plaas verbaasde emoji hier) Wat ons moet besef, is dat jy wel alles tot in die fynste besonderhede kan beplan, maar nie beheer nie. En dalk is dit die geheim, om in jou beplanning, voorsiening te maak vir die onverwagse, die krulbal, die jakkalsie onder jou ganse. En dan moet jy leer om te “go with the flow” en te besef dat die heelal nie tot stilstand gaan kom nie. Jou ganse loop net bietjie rond, maak ‘n bondel, blaas hier, kwaak daar en dan skielik begin een weer die voortou neem en die ander volg half-verleërig die oorspronklike paadjie…en als is wel met die wêreld. Balans en harmonie is herstel. Que será, será! Erika

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Gr. 1 tot gr. 3: Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste GDO – voldag pos

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018 Salaris Onderhandelbaar

Stuur verkorte CV na [email protected]. Aansoeke sluit op Maandag 28 September om 12:00.

OUD-LEERDERS PRESTEER

Hoërskool Monument Baie geluk aan Ruan Fritz wat tot Hoërskool Monument se Sosiale Raad vir 2018 verkies is. Hy is tans ‘n gr. 10-leerder by Monnas.

AKADEMIE

Rapporte word om 10:50 by registerklasse uitgedeel. Geen rapporte word vroeër uitgedeel alvorens dit nie by mnr. Servaas Nel aangevra (met geldige rede) en deur hom goedgekeur is nie. Stuur asb. e-pos aan [email protected]. Ons vra asb. ons ouers se samewerking in dié verband.

Page 3: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

3

KULTUUR

SENIORKOOR

KOOROUDISIES vir 2018 sal teen einde September begin. Hou die Vinkie dop vir inligting.

JUNIORKOOR

Belangrike datums

22 Oktober - NG Aasvoëlkop oggenddiens

Juniorkoor: Kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2

boksterte

Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swart belt en skoolskoene.

SPORT

ATLETIEK

MIDDELAFSTANDE

Oefentye

Maandae – Donderdae: 15:45 – 17:00 Vrydae: Geen oefening

Alle leerders van gr. 3 tot gr. 6 word genooi om saam te kom oefen! Bring jou waterbottel, tekkies en ‘n warm top saam.

Leerders wat nie die oefeninge bywoon nie, sal nie in aanmerking geneem word vir vriendskaplike byeenkomste wat in die vierde kwartaal plaasvind nie.

Atlete wat nie die oefening kan bywoon nie, moet asb. verskoning maak by mnr. Jordaan.

Oefentye 4de kwartaal (vanaf Dinsdag 10 Oktober tot laaste byeenkoms)

Naellope - Juniors: Oefentye: Ma. – Wo.: 07:15 - 07:45

14:10 - 14:40 14:40 - 15:10 15:10 - 16:10 15:45 - 17:00

Ma.

Naellope: o/11 - o/12 Velditems: o/9 - o/10

Naellope: o/9 - o/10 Velditems: o/11 - o/12

Hekkies Middelafstande

13:50 - 14:20 14:20 - 14:50 14:50 - 15:50 15:45 - 17:00

Di. Naellope: o/9 - o/12 Naellope: o/9 - o/12 Hekkies Middelafstande

Wo. Velditems: o/9 - o/10 Velditems: o/11 - o/12 Hekkies Middelafstande

14:00 - 15:00

Do. Geen Geen Geen Middelafstande

Oefenprogram by Hoërskool Linden Maandae en Dinsdae: 14:30 – 15:30 Naellope / Middelafstande

Kondisionering (naellope / hekkies) Maandae: 14:30 – 15:30 Verspring / Diskus Dinsdae: 14:30 – 15:30 Hoogspring / Spiesgooi / Gewigstoot

Kondisionering (worpe) 15:30 – 16:30 Hekkies

Vir verdere inligting kontak vir Dané van der Linde (083 610-0026)

Page 4: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

4

HOKKIE

Seuns (Liga)

Ons Oop A-hokkiespan het Vrydag 15 September by Northcliff High in die “Best of the Best”-uitspele teen Cliffview Primary gespeel. Hulle het ongelukkig 2-1 verloor in ‘n baie kompeterende wedstryd.

Baie geluk aan hierdie seuns met die seisoen se mooi uitslae.

Seuns (Vriendskaplik vs TrinityHouse Little Falls)

o/10-span verloor 1 – 0 o/11-span wen 3 – 0

Dogters (Vriendskaplike wedstryde vs TrinityHouse Little Falls)

o/10C wen 1 – 0 vs THLF (o/10A) o/11C gelykop 1 – 1 vs THLF (o/11A) o/11B wen 3 – 0 vs THLF (o/12A) o/11B gelykop 1 – 1 vs THLF (o/13A)

Dogters (Vriendskaplik vs Jan Celliers)

o/9C verloor 3 – 1 vs Jan Celliers (o/9A) o/9D verloor 4 – 1 vs Jan Celliers (o/9B) o/10C verloor 4 – 0 vs Jan Celliers (o/10A) o/11B verloor 4 – 2 vs Jan Celliers (o/11A) o/11C wen 3 – 1 vs Jan Celliers (o/11B)

Ons o/9A-, o/10A- en o/12A-spanne word as ligawenners aangewys. Ons o/11A- en o/13A-spanne

word as naaswenners aangewys.

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan. Oefening is verpligtend en daar sal by die oefening register gehou word. Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!

Seniortennisliga (Jhb-liga): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

Voorlopige ligabepalings

Donderdag 21 September Seuns A vs TrinityHouse RP (weg)

Seuns B vs Louw Geldenhuys (weg)

Woensdag 27 September Dogters A vs Unika (weg)

Dogters B (Loslootjie)

Donderdag 28 September Seuns A vs Heronbridge (tuis)

Seuns B (Loslootjie)

Woensdag 11 Oktober Dogters A vs Louw Geldenhuys (weg)

Dogters B vs Crawford Sandton (weg)

Donderdag 12 Oktober Seuns A vs Jan Celliers (weg)

Seuns B vs Jan Celliers (weg)

Woensdag 18 Oktober Dogters A (Loslootjie)

Dogters B vs King School Robin Hills (tuis)

Donderdag 19 Oktober Seuns A vs Louw Geldenhuys (tuis)

Seuns B vs Crawford Sandton (tuis)

Woensdag 25 Oktober Dogters A vs Fontainebleau (tuis)

Dogters B vs TrinityHouse RP (weg)

Page 5: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

5

Donderdag 26 Oktober Seuns A vs Unika (weg)

Seuns B vs King David Sandton (weg)

Donderdag 2 November Seuns B vs TrinityHouse RP (tuis)

JUNIORTENNIS

Oefeninge in die oggende word weer in die 4de kwartaal hervat.

KRIEKET

Krieket (Ligawedstryde)

LET WEL: Ligawedstryde word op die volgende dae gespeel:

Maandae: 1ste, 2de en 3de spanne (oopspanne)

Dinsdae: o/8A en o/9A & o/9B

Woensdae: o/10A & B

Donderdae: o/11A & B

Die spelers sal in kennis gestel word van enige veranderinge in bogenoemde.

Uitslae

o/8A wen met 10 paaltjies vs Louw Geldenhuys o/9 B

o/9A wen met 21 lopies vs Jan Celliers

o/9B wen met 3 paaltjies vs Jan Celliers

o/10A wen met 190 lopies vs Fontainebleau

o/10B wen met 8 paaltjies vs Fontainebleau

o/11A wen met 9 paaltjies vs Fontainebleau

1ste span wen met 34 lopies vs Jan Celliers

Spesiale vermelding : Seef Dannhauser (o/11A) neem 5 paaltjies. Hy neem 4 van daardie paaltjies

in 4 agtereenvolgende balle.

TrinityHouse Cricket Festival

Ons 1ste span het Donderdag 14 tot Saterdag 16 September in die TrinityHouse Cricket Festival by TrinityHouse Randpark deelgeneem. Die uitslae was soos volg: Verloor met 5 paaltjies vs Grey Kollege Bloemfontein in ‘n 50-beurt wedstryd. Wen met 16 lopies vs Selborne Primary in ‘n 10-beurt wedstryd. Wen met 18 lopies vs Grey Kollege Bloemfontein in ‘n 10-beurt wedstryd. Verloor met 6 paaltjies vs Laerskool Lynnwood in ‘n10-beurt wedstryd. Verloor met 80 lopies vs Laerskool Lynnwood in ‘n 50-beurt wedstryd.

Geluk aan die 1ste span met hierdie uitslae.

MINI-KRIEKET

Oefening (LET WEL : Die leerders wat nie getrou die oefeninge bywoon nie, sal nie vir die spanne in aanmerking kom nie!)

o/7 & o/8: Maandae : 13:30 - 14:15 Dinsdae : 13:00 - 14:15 Donderdae : Wedstryde:14:00 - 16:00 (sal bevestig word)

Oefening: Let Wel: Slegs vanaf 4de kwartaal

o/6 - Gr. R: Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10

Page 6: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

6

SKAAK

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) Skaak: Wagklas-oefentye

TYE DO. MA. & DO. DI. & WO. Gr. 1(beginners) K27 13:35 - 14:20 13:30 - 14:00 13:00 - 13:30 Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K22 14:00 - 15:00 Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K22 15:00 - 16:30 Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K31 15:00 - 16:30

Ontwikkkelingspan Wen 5 – 1 vs Franklin D. Roosevelt Wen 6 – 0 vs Risidale Primary Gelykop 3 – 3 vs Curro Aurora Wen 5 – 1 vs Laerskool Boskop Wen 4 – 2 vs Northcliff Primary. Seniorspan Wen 5 – 1 vs Cliffview Primary Wen 4 – 2 vs Laerskool Unika Verloor 5 – 1 vs Northcliff Primary Verloor 4 – 2 vs Franklin D. Roosevelt Verloor 4 – 2 vs TrinityHouse Randpark.

RUGBY

Baie geluk aan Tiaan le Roux en Malan Graham wat in die Red Squad-span vir 2018 opgeneem is.

VRIENDE VAN FAIRLAND

Elke oggend voor skool kom daar ‘n groep dames bymekaar vir terapie. Een maal per week meld ‘n vrou in die kombuisie aan vir sielkundige berading, sosiale en emosionele ondersteuning, om ‘n gevoel van waarde te ervaar, om te weet jou lewe maak tog ‘n verskil, om te weet dat daar tog ‘n rede is waarom jy bestaan en hier op aarde geplaas is… Daarmee saam kom liefde, samesyn, lekker lag en sommer net laf wees! Terwyl hierdie dames terapie van hoogs geskoolde en ervare beraders ontvang, is hulle ook besig om met hulle hande te werk. Intellektueel en fisies is hierdie dames aan die gang! Waarmee is hulle besig? Om honger magies te vul. Meer as dit: om dalk ‘n hartjie te troos,’n verlange te stil, bietjie hoop en liefde te gee… En hoe kry hulle dit reg? Met broodjies! En vrugte. Wat ‘n wonderlike terapie sessie ervaar hierdie vroue nie! Deur te gee, ontvang hulle soveel meer. Deur bietjie tyd af te staan om ‘n honger magie te vul, ontvang hulle hartsgeluk en liefde en vriendskap! Maar nog soveel meer… ‘n Glimlag in die hartjie van ‘n honger magie wat weer die dag kan aanpak.

Wie is hierdie gelukkige vrouens? Die Yummy Mummy’s!

Ralph Waldo Emerson het gesê :

The purpose of life is not to be happy. It is to be useful, to be honourable, to be compassionate, to have it make some difference that you have lived well.

En Steve Maraboli het gesê: “A kind gesture can reach a wound that only compassion can heal.”

Page 7: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

7

INLIGTINGSENTRUM

THE TRAVELLING BOOKSHOP

Baie dankie aan al die leerders en ouers wat die boekuitstalling ondersteun het.

Juf. Connie

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kas-tye Neem asb. kennis dat die Vere-kas op Vrydag 29 September vanaf 10:00 tot 11:00 oop gaan wees sodat ouers en/of leerders verlore goedere kan kom afhaal.

Indien daar nog verlore goedere aan die begin van die 4de kwartaal oor is, gaan dié items herverkoop word.

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Milla Smit Groenklas: Amy Barnard Oranjeklas: Lizzy Mentz

Persklas: Damian Correira Geelklas: Liam Ouwenkamp Rooiklas: Luke Bell

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14 Liam Viljoen Gr. 1/22 Carla Haasbroek Gr. 1/24 Kaeden vd Berg

Gr. 1/25 Robert-Liam Lemon Gr. 1/26 Divan Brough Gr. 1/27 Monique Jansen

Gr. 2/15 Jana Hooman Gr. 2/16 Jana Nagdy Gr. 2/17 Marnus Goosen

Gr. 2/18 Danika Strauss Gr. 2/21 Milan Ernst Gr. 2/23 Carla Boshoff

Gr. 3/12 Joshua Liebenberg Gr. 3/13 Lijan Smal Gr. 3/28 Hailey Armstrong

Gr. 3/29 Charles Marais Gr. 3/45 Danny Naude Gr. 3/46 Daniella Brown

VOORTREKKERS

WELTEVREDE VOORTREKKERS ROCK DIT OP VOORSLAGKAMP!

Die gr. 7-kameelperdspan van Weltevrede Voortrekkers het die naweek van 8 tot 10 September die

Voorslagtoetskamp te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas bygewoon. Hierdie kamp was die kersie op die

koek van hul laerskool Voortrekkerloopbaan, waar hulle getoets is in 10 afdelings, waaronder:

Ek as Mens – Lewensloop, Herkoms, Groepsdruk, Ontwikkeling as leier Ek in my Omgewing – Kaarte, Metodes om rigting te bepaal, Kampering, Touwerk Ek as Voortrekker – Wapen, Vlag, Samestelling en Range Voortrekkerwees – Grondslag, Wese, Kode, Belofte Ek as Afrikaner/Landsburger - Afrikaner vandag, Afrikanereienskappe, Nasionale lied en vlag,

Lands- en Voortrekkergeskiedenis

Seremonies Sang en Spele Situasies

Page 8: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

8

Die Penkoppe en Drawwertjies van Laerskool Fairland wat hierdie kamp bygewoon het is:

Ekhard Rabie, Ilouise du Plessis, Kay-La Boshoff, Raine Pretorius, Abigail Swanepoel, Bianca Kotzé,

Caitlyn Rothmann, Caitlin Coetzee, Danelle van den Heever, Chané Stevens, Twanette Meyer en Zané

Pretorius.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle - Weltevrede se naam is orals gehoor, en ons het net

komplimente gekry!

Neef Hein Coetzee en Nig Juliette Ferreira

BAIE DANKIE … Baie dankie aan ieder en elk wat hierdie jaar my verjaardag so spesiaal gemaak het. Ek waardeer elke brief, blom, boodskappie en geskenk. Liefde Juf. Maricia Baie dankie aan elkeen se bydrae om my verjaardag besonders te maak. Dit was ‘n baie spesiale dag wat ek altyd sal onthou. Baie dankie vir al die geskenke en bederf. Juf. Ilene

Lentesokkie Gr. 6 & gr. 7

Die lentesokkie vir alle gr. 6- en gr. 7-leerders vind plaas op

Donderdag 21 September van 18:00 tot 21:00.

Ons tema is “Lente-maskerbal”.

Trek mooi aan, dra ‘n masker en kom geniet die aand saam met ons!

Kaartjies is te koop by juf. Charmaine (K30) teen R60 per persoon.

Page 9: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

9

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

AKADEMIE

WOW SPELFEES PROVINSIALE RONDTE TE LAERSKOOL HELDERKRUIN Op Vrydag 15 September het 7 Laerskole en 2 Hoërskole deelgeneem aan die provinsiale uitdunne. Daar was bykans 190 deelnemers en dit het geklank en gespel dat dit klap. Kompetisie is elke jaar strawwer en strawwer, maar Laerskool Fairland het hul baie goed van hul taak gekwyt. Hier is ons uitslae: Gr. 7: Maria Prinsloo 3de Gr. 6: Mia Marais 1ste Gr. 5: Lené Dyson 4de Anshe Roos 3de

Karo Bekker 2de

Gr. 4: Rico Vosloo 3de Nicola du Plessis 2de Gr. 3: Jako Martin Müller 4de Niel Marais 2de Gr. 2: Marieke Wiggett 4de Ruben Bredenkamp 3de Gr. 1: Jano Greyling 4de Leila Westley 3de

Wian Maartens 2de Annabelle Kirstein 1ste Baie geluk aan al bogenoemde deelnemers! Julle is almal uitgenooi na die nasionale kompetisie wat op Saterdag 21 Oktober te Universiteit Stellenbosch sal plaasvind. Baie dankie aan al die WOW-deelnemers wat aan die provinsiale rondte deelgeneem het. Julle het almal voortreflik geklank en gespel en dit is ‘n leerervaring wat jou net soveel meer woordwys sal laat. Neem gerus volgende jaar weer deel! WOW-groete! Leanie Taljaard

SPORT

GIMNASTIEK Liumé Jansen van Rensburg (gr. 1/25) het op 14 September Gauteng verteenwoordig by die “SAGF Nasionale kampioenskap”. Sy het uitstekend presteer en is as die 2017 Nasionale kampioen vir ‘Class 0 Vault’ in haar ouderdomsgroep aangewys.

Page 10: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

10

GIMNASTIEK

Baie geluk aan Tamryn Arter wat deurgedring het na die Gauteng Provinsiale kampioenskap wat op 14

September 2017 in Pretoria plaasgevind het.

ARTISTIESE GIMNASTIEK

Baie geluk aan Caiden Bouwer wat tydens die provinsiale artistiese gimnastiek kompetisie gekwalifiseer

het om Gauteng te verteenwoordig by die Nasionale Gym Spele, wat plaasvind tydens die

skoolvakansie.

ARTISTIESE GIMNASTIEK Karma Visagie het op Donderdag 14 September aan die Nasionale Artistiese Gimnastiek Kompetisie (SA's) deelgeneem. Sy het vir 'Class 2' ‘n goue medalje vir die brug, silwermedalje vir die spronge, brons medalje vir vloer en 'n silwermedalje vir algehele 2de plek. Baie geluk!

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Dis HEERLIKE LENTE ~ kom ons vier dit met musiek! Skryf nou in vir kitaar-, viool-, dromme-, sang- of

klavierlesse! Resonanze Musiekskool, Berario Gemeenskapsentrum, 081 351-7491

[email protected]

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected]) VAKANSIE (HUIS- EN DIERE-VERSORGING)

Ek versorg u huis en diere terwyl u met vakansie is. Ek het 15 jaar ondervinding met uitstekende verwysings. Bespreek betyds vir Desembervakansie. Kontak Anna (082 211-2862)

MEENTHUIS TE HUUR IN STRUBENSVALLEI

Beskikbaar 1 Nov. 2017. 3-slaapkamers, 2-badkamers, 2-leefareas, Jacuzzi. Park vir huurders se gebruik. Naby Retail Crossing op Hendrik Potgieter. Huur R10 500.00 (water en ligte uitgesluit). Benodig deposito gelykstaande aan 1 maand se huur. Kontaknommer 0824519287

KING EDWARD VII SCHOOL 2019

“Expression of interest” vorms is nou beskikbaar op KES se webtuiste vir alle Graad 6 seuns wat sou belangstel om KES by te woon vanaf 2019. http://www.kingedwardschool.co.za/School/School%20Enrolment

Page 11: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

11

Page 12: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

12

BETROUBARE KINDEROPPASSER SOEK WERK

Betroubare kinderoppasser beskikbaar vanaf Januarie 2018. Baie goed met kinders/babas (uit bly).

Skakel Chris by 082 659-0822 vir verdere navrae.

Page 13: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

12

SUN CITY RESORT

Summer has arrived – finally

Treat your family and friends to a well-

deserved getaway

Relax, Recharge, Reflect, Reconnect &

Create Memories that last a lifetime Sun

City Resort - South Africa's most favorite

playground

2 bedroom 6 sleepers phase 1 (Revamped)

2 bedroom 6 sleepers phase 2 (Luxury)

3 bedroom 8 sleepers phase 1 (Revamped)

Midweeks: Monday-Friday

Weekends: Friday-Monday

Full Weeks: Friday-Friday

Please contact me for more info

[email protected]

079 679 2145

Page 14: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 … · 2017-09-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 24 Nr. 29 21 September 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia

13