marketstraat 145, fairland 011 678-4591/2 ...volgende week wy die lente in en ons wens vir julle...

13
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 26 28 Augustus 2014 Vinkie Laerskool Fairland BELANGRIKE DATUMS Augustus WOW-spelfees: Tweede uitdunrondte 28 Augustus Battle of the Books: Eerste uitdunrondte 4 September Gr. R- en gr. 1-inligtingsdag 18 September Revue: Kleedrepetisie tydens skooltyd 22 September Revue:Tegniese repetisie tydens skooltyd 23 September Revue: Eerste optrede vir alle grade en Cast 1 (Karakters) 24 September Revue: Tweede optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters) 25 September Revue: Derde optrede vir alle grade (Premiére) en Cast 1 (Karakters) 29 September Revue: Vierde optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters) 30 September Revue: Vyfde optrede vir alle grade (Opnames) en Cast 1 (Karakters) 1 Oktober Revue: Laaste optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters) UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Charné Writes met haar verlowing aan Herman Augustyn. Beste wense met die opwindende tyd wat voorlê. Ons verwelkom Maandag vir Marelize Nel terug. Ons is baie bly dat jy weer by ons aansluit. Terselfdertyd groet ons vir Johanette Judels, wat met verlof is tot einde November. Ons wens jou alles van die beste toe met die aankoms van die nuweling. Anneke Marx wat Marelize se klas op so ‘n bekwame wyse behartig het, sal vanaf Maandag vir Johanette se gr. 1-klas verantwoordelik wees. Oorgangstydperk somer skooldrag Vanaf Maandag 1 September is daar vir twee weke ‘n oorgangstydperk ten opsigte van skooldrag. Leerders mag winters- of somersdrag in dié twee weke dra. Vanaf Maandag 15 September dra al die leerders somersdrag. Webtuiste Ons nuwe webtuiste kan nou gevolg word: www.lsfairland.co.za. Indien daar ouers is wat vir ons meer onlangse foto’s het, stuur asb. vir Karén Reyneke na [email protected]. Facebook/Twitter Ons is bly om aan te kondig dat ons nou ‘n offisieële Facebook-blad het. Kom “like” ons gerus by Laerskool Fairland. Ouers is welkom om foto’ van hulle kinders se prestasies by die skool en op kultuurvlak hier te plaas. Vertel sommer vir almal van die nuwe blad. Ons is ook op twitter by @FairlandLS.Volg ons gerus. SPREILIGTE-PROJEK Ons nooi alle belangstellende ouers uit om ‘n vergadering by te woon op Dinsdag 2 September om 18:00 in die lapa. Motorkompetisie: Wenners van week 22 Augustus 2014 Baie geluk aan die volgende leerders: Gr. R - Ben Barnard / André Viljoen Gr. 1 - Josiah Stroh Gr. 2 - Herman Goosen Gr. 3 - Andries de Kock / Jane Stewart Gr. 4 - Keelin Boake Gr. 5 - Jason Thuysma Gr. 6 - Marna van Greunen Gr. 7 - Ockie van Wyk

Upload: others

Post on 21-Jan-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 26 28 Augustus 2014

Vinkie Laerskool Fairland

BELANGRIKE DATUMSAugustus WOW-spelfees: Tweede uitdunrondte28 Augustus Battle of the Books: Eerste uitdunrondte4 September Gr. R- en gr. 1-inligtingsdag18 September Revue: Kleedrepetisie tydens skooltyd22 September Revue: Tegniese repetisie tydens skooltyd23 September Revue: Eerste optrede vir alle grade en Cast 1 (Karakters)24 September Revue: Tweede optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters)25 September Revue: Derde optrede vir alle grade (Premiére) en Cast 1 (Karakters)29 September Revue: Vierde optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters)30 September Revue: Vyfde optrede vir alle grade (Opnames) en Cast 1 (Karakters)1 Oktober Revue: Laaste optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters)

UIT DIE HOOF SE KANTOORPersonaliaBaie geluk aan Charné Writes met haar verlowing aan Herman Augustyn. Beste wense met die opwindende tyd wat voorlê.

Ons verwelkom Maandag vir Marelize Nel terug. Ons is baie bly dat jy weer by ons aansluit. Terselfdertyd groet ons vir Johanette Judels, wat met verlof is tot einde November. Ons wens jou alles van die beste toe met die aankoms van die nuweling. Anneke Marx wat Marelize se klas op so ‘n bekwame wyse behartig het, sal vanaf Maandag vir Johanette se gr. 1-klas verantwoordelik wees.Oorgangstydperk somer skooldragVanaf Maandag 1 September is daar vir twee weke ‘n oorgangstydperk ten opsigte van skooldrag. Leerders mag winters- of somersdrag in dié twee weke dra. Vanaf Maandag 15 September dra al die leerders somersdrag.WebtuisteOns nuwe webtuiste kan nou gevolg word: www.lsfairland.co.za. Indien daar ouers is wat vir ons meer onlangse foto’s het, stuur asb. vir Karén Reyneke na [email protected]/TwitterOns is bly om aan te kondig dat ons nou ‘n offisieële Facebook-blad het. Kom “like” ons gerus by Laerskool Fairland. Ouers is welkom om foto’ van hulle kinders se prestasies by die skool en op kultuurvlak hier te plaas. Vertel sommer vir almal van die nuwe blad.Ons is ook op twitter by @FairlandLS. Volg ons gerus.SPREILIGTE-PROJEKOns nooi alle belangstellende ouers uit om ‘n vergadering by te woon op Dinsdag 2 September om 18:00 in die lapa. Motorkompetisie: Wenners van week 22 Augustus 2014Baie geluk aan die volgende leerders:Gr. R - Ben Barnard / André ViljoenGr. 1 - Josiah StrohGr. 2 - Herman GoosenGr. 3 - Andries de Kock / Jane StewartGr. 4 - Keelin BoakeGr. 5 - Jason ThuysmaGr. 6 - Marna van GreunenGr. 7 - Ockie van Wyk

Page 2: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

2

MOTORKOMPETISIE – BAROMETER

35003400330032003100300029002800270026002500240023002200210020001900180017001600150014001300120011001000900800700600500400300200 223100 83

‘n Vriendelike versoek dat die ouers en leerders ons in hierdie projek sal ondersteun!“GOEIE GEDRAG”-KNOPIESOm kinders voor te berei vir die lewe, is dit belangrik dat hulle oor die nodige sosiale vaardighede beskik om selfstandig te kan optree om enige uitdaging wat oor hulle pad mag kom, te kan hanteer. Leerders het hierdie sosiale vaardighede nodig om situasies by die skool en na skool

korrek te hanteer en dit ontstaan tydens die interaksie tussen leerders en tydens konfliksituasies soos boeliegedrag, vloek, baklei, gevaarlike speletjies, slegsê, ongehoorsaamheid, skinderpraatjies, seermaak, gebrek aan respek, selfsugtigheid, mag nie saam speel nie, kwaad word, afknouery, rommel strooi, skool se eiendom beskadig, diefstal, oneerlikheid, ens. Ons het daarom besluit om vir daardie leerders, wat oor die nodige sosiale vaardighede beskik, wat met die nodige respek optree, die korrekte besluite neem, selfstandig en korrek optree tydens konfliksituasies, te beloon deur aan hulle spesiale knopies te gee om te dra. Hulle sal op Maandae tydens die saalperiode spesiale vermelding vir goeie gedrag ontvang. Ebbe le RouxAdjunkhoof

REDAKSIEHopelik beleef ons tans die laaste koue front vir die jaar! Ek dink die meeste van ons is reg om die serpe en jasse te boks vir volgende jaar.Daar heers ‘n gevoel van afwagting by die skool, veral wat die revue betref. Al die betrokkenes (onnies, leerders en ouers) is redelik voos met al die oefeninge, kostuums en ander voorbereidings wat aan die gang is. Ons vra maar weer dat almal mooi geduldig bly, want ons is amper daar. En die leerders sien veral baie uit na die eindproduk. Ons hoop dat julle reeds ‘n draai by Karėn in die kantoor gemaak het om julle kaartjies te bespreek. Moet asb. nie te lank wag nie, die verskillende aande is reeds redelik vol bespreek. Daar is egter nog plek en ons wil julle graag almal daar hê om ons kinders te ondersteun.Hou ook in gedagte dat die leerders nog toetse skryf tot in die week voor die revue en hulle nie moet slaplê met hulle skoolwerk nie. Goeie dissipline is die wagwoord! Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref.ErikaOns deel graag met julle die saalopening wat op Maandag vir die leerders aangebied is.WOORDE HET VLERKECharmaine: Môre Juffrou Penny. Hoe gaan dit met jou?Penny: Môre Juffrou Charmaine, dit gaan goed dankie...lekker naweek gehad. Hoe gaan dit met jou?Charmaine: Dit gaan goed dankie. Ek het self ook ‘n lekker naweek gehad. Was wel vanoggend so ‘n bietjie haastig om betyds klaar te kry vir skool. Dit was so hittete of ek het vanoggend se opening gemis.Penny: Sjoe, Juffrou Charmaine...dit sal baie onverantwoordelik van jou wees om ‘n opening te mis. Ek is nuuskierig om te weet hoekom jy nou juis vanoggend so moes jaag om klaar te kry.Charmaine: Jy weet Juffrou Penny...vanoggend toe ek nou so inderhaas my tande wil borsel, druk ek die buisie effens te hard...so spuit ek toe ‘n hele streep tandepasta in die wasbak uit. Wat ‘n gemors! Ek het toe nou maar probeer om te red wat daar te redde is en

Page 3: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

3

die tandepasta in die buisie probeer terug sit. Weet jy dat dit onmoontlik is om tandepasta in die buisie terug te druk?Penny: Klink nogal na ‘n gemors. Kan dink dis ‘n onmoontlike situasie. Laat my nogal dink aan mense se woorde...woorde wat eers gesê is kan mos nie teruggetrek word nie...as dit uit is, is dit uit. Charmaine: Dis nou nogal interessant dat jy dit sê, want net die naweek speel iemand vir my ‘n stuk van die sangeres Lize Beekman...weet nie of jy dit al gehoor het nie, maar dit gaan oor woorde wat vlerke het. Dis ‘n ongelooflike mooi stuk...sal dit bietjie vir jou speel. Iedergeval...dit sit my toe nou aan die dink...hoe lyk woorde met vlerke? Dit sal nou vir my interessant wees om te hoor wat jy daarvan dink. As ek nou vir jou ‘n papier en kleurkryte gee en vir jou vra om vir my te teken hoe woorde met vlerke lyk...wat sal jy teken?Penny: Sjoe...dis nogal diep. Jinne...wat sal ek teken (Penny dink)...jy weet Juffrou Charmaine... die prentjie wat nou in my gedagtes opkom is ‘n prentjie van vlermuise en skoenlappers. Ek dink woorde met vlerke lyk soos vlermuise of skoenlappers.Charmaine: Redeneer ek nou reg as ek sê lelike woorde wat seermaak lyk soos vlermuise en mooi woorde wat mooi, opbouend en positief is lyk soos skoenlappers? Penny: Presies net so...dis hoe ek woorde met vlerke sal beskryf. Het jy al agtergekom hoeveel vlermuise tussen die skoenlappers rondvlieg hier by Fairland? Ek het verlede week terreindiens gedoen en my hart was so seer na die tyd, want ek het gehoor hoe ‘n kind vir ‘n maatjie sê dat sy nie saam met hulle mag speel nie, want hulle hou nie van haar nie. Ek wens ek kon die teleurstelling op daai kind se gesiggie vir jou beskryf. Dit het my hart sommer baie seer gemaak. Charmaine: Ek stem met jou saam...terreindiens stel my ook teleur. Daai vlermuise waarvan jy praat vlieg natuurlik nie net op die speelgrond rond nie, maar op die sportveld, in die rye, in die klas en sommer op whatsapp en BBM ook. Ek was al telkemale verstom om te hoor hoe afknouerig en afbrekend ons kinders so tussendeur die onskuldige glimlaggies kan wees. Wonder soms of hulle agterkom dat mens verby die onskuldige glimlaggies kan kyk en die vlermuise kan sien wat so blindelings by hul monde uitvlieg. Penny: Dis baie waar! Ek was al net so verbaas...veral as dit ‘n kind is van wie ek dit glad nie verwag nie...’n kind wat voor my net skoenlapperwoorde laat uitkom. Charmaine: Ek dink nou aan die versie in die Bybel wat se: “Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie.” Dit staan in Jakobus 3 vers 9 - 10 Penny: Sjoe! Hoe van toepassing is dit nou nie op ons gesprek nie? Charmaine: Juffrou Penny, ek wil nou nogal braaf wees en ‘n wens...’n droom uitspreek oor ons skool...ons kinders en ons personeel. Penny: Ja...ek luister...Charmaine: As ek nou een droom vir ons skool kon hê, dan sal dit wees dat ons skool ‘n welige blomtuin sal wees waar hordes skoenlappers...kleurvolle skoenlappers oral rondvlieg.

Geen vlermuis naby nie. Vlermuise bly mos in donker grotte...ek hou veel eerder in ‘n blomtuin met skoenlappers skool as in ‘n grot vol vlermuise.Penny: Dis ‘n baie kosbare droom! Dink jy regtig dis moontlik?Charmaine: Juffrou Penny...ek glo my lewe lank al dat niks onmoontlik is nie...ek glo dat as ons elkeen na onsself kyk en fokus op die woorde wat by ons eie monde uitvlieg...as elkeen van ons doelbewus besluit om net skoenlapperwoorde by ons monde te laat uitkom, dan is dit beslis ‘n droom wat waar kan word. Wat dink jy daarvan?Penny: Juffrou Charmaine...ek stem met jou saam. Jy het beslis nou vir my iets gegee om oor te dink...ek wil verseker nie grillerige en lelike vlermuise by my mond laat uitkom nie. Ek dink ons moet daai wens...daai droom van jou oor ons skool uispreek. Dink jy ons kan dit saam vir ons skool toebid? Charmaine: Beslis! Kom ons bid saam!GEBEDCharmaine: Here Jesus...so baie dankie vir hierdie nuwe dag wat U vir ons elkeen gegee het. Dankie vir die kosbare gesprek wat ek en Juffrou Penny vandag kon hê. Dankie vir hierdie skool met soveel kosbare kinders en personeel. Dankie dat ons vanoggend ons skool aan U kan opdra. Dankie dat ons vir Laerskool Fairland kan bid!Penny: Ja Here Jesus...ons het soveel om voor dankie te sê. Here God...Ons wil vanoggend ons droom vir Laerskool Fairland in U hande kom lê. Here ons bid dat ons skool ‘n kleurvolle blomtuin sal wees VOL SKOENLAPPERS...dat ons skool ‘n plek sal wees waar ons mekaar deur ons woorde en ons dade sal opbou...positief sal beinvloed...’n plek waar ons mekaar met ons woorde seën. Here ons bid dat U elkeen van ons bewus sal maak van die woorde wat ons sê...sodat ons ‘n verskil kan maak hier waar ons is. Dankie dat ons hierdie droom met U mag deel en U seën oor ons skool kan toebid. Seën ons kinders, ons ouers en ons personeel. Charmaine: Ons bid dit nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat ons weet dat U genade groot is en U liefde onvoorwaardelik is. Amen

AKADEMIEGraad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 15 Augustus Wiskunde Afrikaans Engels Afrikaans

Di. 19 Augustus SK

Vr. 22 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels

Di. 26 Augustus LO

Vr. 29 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Vr. 5 September NW NW NW NW

Page 4: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

4

Di. 9 September SW SW SW Tegnologie

Vr. 12 September LV LV LV SW

Di. 16 September EBW

Die ANA-toetse word op die volgende datums geskryf:16 September - Gr. 3,6 Afrikaans17 September - Gr. 1,2,4,5,7 Afrikaans18 September - Gr. 3,6 Wiskunde19 September - Gr. 1,2,4,5,7 Wiskunde

KULTUURREVUE Ek is op soek na ou tasse, trommels en hoedebokse om te leen vir die revue. As daar enige iemand is wat so ‘n “vintage” tas iewers het en bereid is om dit vir ons te leen, sal dit baie waardeer word. Kontak asb. vir Erika 0834581554. Baie dankie solank aan diegene wat op my versoek gereageer het, maar ons het nog tasse nodig. Merk asb. die tas binne-in of sit u maan op ‘n kaartjie aan die handvatsel vas.

Kaartjiebesprekings vir REISKarén Reyneke hanteer alle kaartjiebesprekings vanaf Maandag 11 Augustus op vasgestelde tye:Maandag- tot Vrydagoggende: 07:15 – 08:15Maandag- tot Donderdagmiddae: 12:45 – 14:15Ons vra dat ouers ASB. by hierdie tye sal hou!Kaartjies is nog by drukkers en sal op ‘n latere stadium aan ouers uitgedeel word.Kaartjiepryse is soos volg: Volwassenes en alle ander R100Kinders onder 6 R50Slegs klein kinders onder 3 mag op ouers se skoot sit asb. anders word die persoon agter jou benadeel.GEEN deelnemers mag die vertonings bywoon nie. Ons het net genoeg sitplekke oor die 6 vertonings vir ouers en hulle familie/gaste. Die kinders kry hulle EIE vertoning op die Donderdag 2 Oktober tydens skooltyd.Donderdag 25 September is die Premiére. Kaartjies kos R150. Slegs vir volwassenes. Dit sluit ‘n ligte onthaal vooraf in. Beperkte sitplekke.

Op Dinsdag 30 September word die lewendige video-opname gedoen. Daar sal dus ook op daardie aand beperkte sitplek beskikbaar wees.Aangesien die skool die videograaf betaal vir sy professionele dienste en die gebruik van multi-kameras, sal GEEN opnames van watter aard ookal toegelaat word deur enigiemand in die gehoor nie. Ons vertrou op u samewerking in die verband.Die volgende tydjie tot en met openingsaand op 23 September gaan fyn beplanning van ons en julle vereis. Die revue open op 23/09 en sal daarna nog 5 keer aangebied word. Die datums is soos volg:Volle kleedrepetisie [tydens skooltyd] Donderdag 18 SeptemberTegniese repetisie [tydens skooltyd] Maandag 22 SeptemberOpening (eerste optrede) Dinsdag 23 September 18:30 Cast 1Tweede optrede Woensdag 24 September 18:30 Cast 2Premiére (derde optrede) Donderdag 25 September 18:30 Cast 1Vierde optrede Maandag 29 September 18:30 Cast 2Voorlaaste optrede (vyfde optrede) Dinsdag 30 September 18:30 Cast 1 Laaste optrede (sesde optrede) Woensdag 1 Oktober 18:30 Cast 2Skoolvertoning slegs vir leerders en personeel 2 Oktober 08:30 Cast 1Die Woensdagaande se oefenprogram IN DIE SAAL lyk so:

DATUM 18:00 - 19:00 19:00 - 20:00

03 September Gr. R en gr. 1 Gr. 2 en gr. 3

10 September Gr. 4 en gr. 5 Gr. 6 en gr. 7

17 September Akteurs en soliste: sang Dansers en soliste: dans

Sanggroep- en seniorkooroefeninge: Dinsdae 17:00 – 19:00

DAG Eerste Pouse Tweede Pouse

Maandag Sounds of Silence:Jonathan en GerhardFly me to the moon:James C en Jonathan McL

9 Million Bicycles:Chloë M en Gary BOver the Rainbow:Ela B en Chloë B

Dinsdag Greased Lightning:Janco Theart, Janco Spies, Gerhard, James en Jonathan

Proud Mary:Karinda S en Marguerite vS99 Red Balloons:Kyla S en Shanelle N

Woensdag Mustang Sally:Pascale V en Marguerite vS

Hot Gates:Chloë B en Kristi S

Donderdag Joyride:Leon, Lily Dorfling en Lenka van Dyk

Shackles:James C

Page 5: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

5

KOORSeniorkoorOefening: Dinsdae: 17:00 – 19:00 in die saal.JuniorkoorOefening: Donderdae: 14:00 – 15:30 in die saal.NEA (DEELNAME AAN HUIDIGE OPTREDES):Alle NEA-uitslae moet binne ‘n week ingehandig word by juf. Karen Nel (gr. 3/12). Uitslae wat te laat ingehandig word, sal nie in die saal uitgedeel word nie en ook nie in Vinkie verskyn nie.NEA – UITSLAE:Jessica Janse van Rensburg (gr. 1) Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak Junior DiplomaDiaan Rooseboom (gr. 2) Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak Junior DiplomaMaria Kotze (gr. 3) Afrikaans Voorbereide Lees Junior Diploma Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak Junior DiplomaKarla Rooseboom (gr. 4) Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak DiplomaCaitlyn Rothman (gr. 4) Afrikaans Voorbereide Lees Diploma Afrikaans Onvoorbereide Lees DiplomaTiana Goosen (gr. 4) Afrikaans Voorbereide Lees SilwerLourens Fourie (gr. 4) Afrikaans Voorbereide Lees GoudAndré van Graan (gr. 4) Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak GoudSuné Botha (gr. 5) Afrikaans Voorbereide Lees Goud Afrikaans Onvoorbereide Lees GoudBianca van Niekerk (gr. 5) Afrikaans Voorbereide Lees GoudZoë Franck (gr. 5) Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak GoudMargaret Kotze (gr. 6) Afrikaans Redenaars: Oorredingstoespraak DiplomaChadé Fourie (gr. 6) Afrikaans Voorbereide Lees GoudRADIKALE REDENAARSDie eerste uitdun vind op 19 September by Laerskool Fairland plaas. Hou die Vinkie dop vir verdere inligting.SATCHNeem asb. kennis dat alle SATCH uitslae en navrae van nou af aan juf. Joyce (K41) gerig moet word.Erika Joubert

SPORTTENNISSeniorsTennisoefening: Maandae 17:00 – 18:00 (by Jean – Top 8 seuns en dogters) Indien ‘n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar vooraf verskoning by juf. Nadia gemaak word.DaagwedstrydeDaagwedstryde maak op 18 Augustus oop vir die vierde kwartaal se liga en sluit dan weer op 3 Oktober sodat spanne vroegtydig gefinaliseer kan word.

JuniorsTennisoefening: Maandae 16:00 – 17:00 (by Jean – Top 8 seuns en dogters) Indien ‘n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar vooraf verskoning by juf. Lizahn gemaak word.Hier volg die voorlopige ligadatums vir die derde kwartaal:Juniorseuns:9 September Fairland A vs Trinity A (tuis) Fairland B vs Trinity B (weg)23 September Fairland A vs Louw Geldenhuys A (tuis) Fairland B vs ?????Juniordogters:2 September Fairland A BYE Fairland B vs Louw Geldenhuys (weg)16 September Fairland A vs Aurora (tuis) Fairland B vs Parkview (weg)23 September Fairland A vs Trinity (weg) Fairland B vs Crawford Sandton (tuis)SKAAKUitslae: Maandag 25 AugustusOntwikkelingspan wen 8 – 4 vs Louw Geldenhuyso/9 verloor 1 – 11 vs Victory Parko/11 wen 11 – 1 vs Piet van VuurenOefeningGr. 1: Kamer 22 13:30 – 14:15Gr. 2 en 3: Kamer 25 14:00 – 15:00 Gr. 4 – 7: Kamer 1 15:00 – 16:30Gr. 2-leerders moet in die wagklas wag totdat skaak begin.Alle spelers moet asb. skaakoefeninge bywoon. Spanne word nou gefinaliseer vir ligawedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind. Voorlopige liga-bepalings vir die onderskeie spanne:Ontwikkelingspan:8 September vs Trinity Randpark weg15 September vs Fontainebleau tuiso/9-span:8 September vs Northcliff Primary weg15 September vs Louw Geldenhuys tuiso/11-span:8 September vs Trinity Little Falls weg15 September vs Bordeaux Primary weg22 September vs Fontainebleau tuis

Page 6: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

6

o/13-span:8 September vs Blairgowrie tuis15 September vs Jan Celliers weg22 September vs Trinity Little Falls wegSkaakgroeteAnnemarie HeymansKRIEKETUitslae:2de span Fairland 157/6 na 25 beurte vs Curro Aurora 50Beste Kolwers: Morne Hanzen 29 Muller Dirker 22Beste Bouler: Morne Hanzen 3 paaltjies, 10 beurteFairland wen met 107 lopies.3de span Fairland 124 vs Dalmondeor 109/9Beste Kolwer: FC Bezuidenhout 19Beste Bouler: Francois Krauze 2 paaltjiesFairland verloor met 15 lopiesOefentye:o/9 – o/13: Maandae: 14:15 – 15:45 Dinsdae: 13:45 – 15:15 Woensdae: 13:45 – 15:15Krieketvaardighede:Gr. 1- en gr. 2-leerders: Maandae: 13:40 – 14:10 Dinsdae: 13:10 – 13:40 Woensdae: 13:10 – 13:40Aandreeks – Eerste span finaalBaie geluk aan Emjee Strydom en Neil Eksteen wat die volgende prestasies behaal het tydens die krieket -aandreeks by Hoërskool Randburg:Bouler van die toernooi - Emjee StrydomKolwer van die toernooi - Neil EksteenSpeler van die toernooi - Neil EksteenBaie geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir Johannesburg Noordwes - krieketspanne:o/9 -Cor Müller o/10 Reuben du Toit Deon Muller Juan Neveling Fouché Maré Ulli Bronkhorst Jayden Bezuidenhout Wilhelm de Klerk Manie Groenewald Zak van der Merwe (reserwe) Ruben Aucamp (reserwe)o/11 Aidan van den Berg o/12 JD Schreuder Johan Bredenkamp Berndt Schreuder

Werno van Wyk Johan Muller Tiaan Steenkamp SJ de Klerk Janko de Swardt Divan Pienaaro/13 Neil Eksteen Emjee Strydom Herman Neveling Elrich du ToitMicheal VermeulenHOKKIEHokkie (Dogters)Uitslae: Dinsdag 20 Augustuso/9B wen 4 – 0 vs Louw Geldenhuyso/10B verloor 2 – 2 vs Louw Geldenhuyso/11B wen 2 – 0 vs Louw Geldenhuyso/12B gelykop 0 – 0 vs Louw Geldenhuyso/13B wen 2 – 0 vs Louw GeldenhuysBaie dankie aan elke dogter wat die oefeninge getrou bygewoon het. Julle gedrag en mooi gesindheid word waardeer.Dankie aan die ouers wat die dogters na die wedstryde vervoer het.Dankie aan elke afrigter wat hulle kennis oorgedra het om van die seisoen ‘n sukses te maak.Mini-hokkie – uitslae:o/8 - wen 7 – 0 vs Orban Primaryo/9 - wen 3 – 1 vs Orban PrimaryMet ongeveer 100 hokkiespelertjies is die seisoen begin en in ‘n oogwink afgesluit.Ons is dankbaar dat die spelertjies almal speelkans gekry het.Opregte dank aan elke ouer wat hulle kinders aangery en aangemoedig het na elke wedstryd en oefening. Dit word opreg waardeer.Juf. Eurette Hokkie (Seuns)Oefentye: (Seuns)MAANDAE WOENSDAE VRYDAE15:15 – 16:15 15:00 – 16:00 WedstrydeLANDLOOPUitslae: 21 Augustus te Alberts Farm

Page 7: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

7

Top 10: Seuns o/8 Kean Swanepoel sesde Seuns o/9 Francois van Zyl derde Ethan Ceronio vyfde Dogters o/9 Ezaan husselman tweede Lerise Botha negende Seuns o/10 Robbie Styger vyfde Seuns o/11 Ian de Fouw eerste Johan Bredenkamp agtste Dogters o/11 Lize-li Smit derde Seuns o/12 Kyle Swanepoel tweede Dogters o/12 Anne Louw derde Seuns o/13 Marig Engelbrecht tweede Dogters o/13 Suzanne van Wyk sesdeBaie geluk aan al die deelnemers. Laerskool Fairland is trots op julle!Donderdag is dit die laaste ligabyeenkoms. Lekker kliphard oefen die week. Sterkte vir Donderdag en die belangrikste – geniet dit!Oefentye:Maandag-, Dinsdag- en Woensdagmiddae: 15:45 – 17:00Donderdagmiddae: 14:00 – 15:00Kom oefen getrou saam met ons die week!Liga-byeenkomste:28 Augustus - Golden Harvest ParkDie afstand vir elke ouderdomsgroep is soos volg:o/7 – o/10 (seuns en dogters) 2kmo/11 – o/12 (seuns en dogters) 3kmo/13 (dogters) 3kmo/13 (seuns) 4kmONDERSTEUNERSHEMDE EN –PETTEDaar is nog ondersteunershemde- en pette beskikbaar by Adele Ekron in die kantoor. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om asb. ‘n ondersteunershemp en –pet aan te skaf sodat Fairland se ondersteuners duidelik kan uitstaan.

INLIGTINGSENTRUMWOW-SPELFEESDie volgende deelnemers is deur na die distrik/provinsiale rondte wat sal plaasvind op Vrydag 19 September vanaf 14:00 tot ongeveer 17:00 te Laerskool Fairland. Programme sal deurgegee word sodra dit gefinaliseer is. Gr. 1 Gr. 2 Gr. 3Daniël Booysen Oswald Auműller Andries de KockLuan Espach Lené Dyson Jessica GoosenKlarissa Pretorius Leah Groeneveld Mia MaraisFranco Roos Jeandré Műller Fouché Maré

Josiah Stroh Nicola Nel Kiara PrallNatanya Swart JP Reichel Isabelle van de VenterVictor van Blerk Anshe Roos Ian van HeerdenRico Vosloo Dawid Wiggett Cayla van RooyenBaie sterkte aan dié betrokke deelnemers en baie dankie aan al die leerders wat so entoesiasties deelgeneem het. Julle is almal fantastiese spellers! Ek is trots op julle almal wat aan die mondelinge uitdunne deelgeneem het. Soos wat die uitdunne vorder, moet daar toenemend gekyk word na 60% bekende en 40% onbekende woorde, sowel as die skriftelike toetse afgelê, om die finale spanne te kies vir provinsiale en nasionale rondtes volgens die WOW-riglyne. Gr. 4- tot gr. 7- deelnemers wat deur is na die distrik/provinsiale rondte sal gedurende die week gefinaliseer word. BATTLE OF THE BOOKS: 28 AugustusBaie sterkte aan ons deelnemende span. Ons hou vir julle styf duime vas!ANTI-DIEREMISHANDELING KOMPETISIE (Vrywillig)Jy kan weer ‘n pragtige plakkaat ontwerp/teken/skilder waarin jy wys hoe ‘n mens vir diere kan omgee en hoe mense diere positief kan hanteer. Jou plakkaat moet ook ‘n slagspreuk en ‘n titel hê. Grootte van plakkaat: A2 of A3.Inskrywingsfooi: R10 per plakkaat.Jy kan jou geld en plakkaat ingee by juf. Leanie wat dit sal versend voor/op 22 Oktober.Pryse: Gr. 1 en 2: Gr. 3, 4 en 5, Gr. 6 en 7: Wenner in elkeen van kategorieë - R2 000Wees kreatief en ontwerp ‘n oorspronklike plakkaat!Leanie Taljaard

ALGEMEENVERE-KASVere-kastye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroeteLillian Ankersmit082 324-5034STERRE VAN DIE WEEKDie kriteria waarvolgens Sterre van die Week gekies word, is te sien op die School Communicator onder Algemeen.

Page 8: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

8

Week: 21 Augustus 2014Gr. 1/22 : Genevieve Parry Gr. 1/23 : Ruan BooyensGr. 1/24 : Benré Hoffman Gr. 1/25 : Layton van der MerweGr. 1/26 : Meanté Schoeman Gr. 1/27 : Xenia HumanGr. 2/13 : Danielle van Ryneveld Gr. 2/14 : Zander FourieGr. 2/16 : Tyrone van Schelt Gr. 2/17 : Theo van der GugtenGr. 2/18 : Chloë Vos Gr. 2/21 : Reuben GroblerGr. 3/12 : Erika Spangenberg Gr. 3/15 : Ethan CeronioGr. 3/28 : Nicolas Meintjes Gr. 3/29 : Ellie LaméGr. 3/45 : Isabelle du Toit Gr. 3/46 : Kiara PrallWINEX 2014 31 Oktober – Help ons om die aand ‘n sukses te maakVriende van Fairland hou op 31 Oktober weer ‘n Winex-funksie waar ons kwaliteitwyne opveil met die doel om fondse in te samel. Ons fondse word aangewend vir behoeftige gesinne van Laerskool Fairland.Wynskenkings sal hoog op prys gestel word. Skakel Rouaan Bredenkamp (082 098 4345)Dames kan ook aanbied om as gasvrou van ‘n tafel op te tree. E-pos Alet Beyl by [email protected] EN SEUN-KAMPOns soek foto’s van hierdie jaar se pa en seun-kamp vir die jaarblad. Enige ouer wat in besit is van foto’s, kan dit e-pos na [email protected] en seun-kamp 2015: 6 – 8 Maart (Malonjeni)LENTEDAG BY DIE SPENSDie spens was vol na ‘n baie suksevolle omgeeweek gedurende Feruarie, maar ons spens gaan na hierdie maand weer dolleeg wees.JY MAG LENTEDAG VIER DEUR IETS VROLIKS BY JOU SKOOLKLERE AAN TE TREK, SOOS ‘N LINT IN JOU HARE OF VROLIKE BANDJIES OM JOU ARM, AS JY IETS VIR DIE SPENS SAL SAAMBRING!Help ons asseblief weer om op 5 September ‘n LENTE-OMGEEDAG by die skool te hou deur van die volgende items skool toe te bring en sodoende ons spens te vul vir die laaste maande van 2014.Die lys van behoeftes is in klasverband verdeel om hoeveelhede beter te reguleer. Indien u egter verkies om produkte te bring wat onder ‘n ander graad gelys is, is u baie welkom. Leerders kan alle skenkings na hulle register-klasse neem op Vrydag 5 September.‘n Groot dankie aan al die ma’s wat so getrou elke maand ook kruideniersware skenk, julle help dat ons begroting elke maand klop! Baie, baie dankie. As daar dalk nog iemand is wat op ‘n maandelikse basis betrokke wil raak kan jul my kontak.By voorbaat baie dankieIrene Aucamp (083 651-7230)(Spens-koördineerder)

Gr. R/07 KoffieGr. R/08 SuikerGr. R/09 Tee (Gewoon of Rooibos)Gr. R/10 Langlewe MelkGr. R/11 Poeiermelk Of CremoraGr. 1/22 Marmite of Bovril Gr. 2/12 Blikkies GroenteGr. 1/23 Grondboontjiebotter Gr. 2/14 Ingemaakte Slaai (Boksies)Gr. 1/24 Konfyt Gr. 2/16 Ingemaakte VrugteGr. 1/25 Stroop Gr. 2/17 Soja Maalvleis (Toppers)Gr. 1/26 Blikkies Vis Gr. 2/18 Ingemaakte VrugteGr. 1/27 Blikkies Vleis Gr. 2/21 Cup A Soup of Pakkies SopGr. 3/12 Blikkies Sop Gr/ 4/47 Koekmeel 1kgGr. 3/15 Oats Gr. 4/48 Two Min NoodlesGr. 3/28 Oats Gr. 4/49 BlatjangGr. 3/29 Mieliemeel 1kg Gr. 4/50 MayonnaiseGr. 3/45 Rys Gr. 4/51 OlieGr. 3/46 Enige Pasta (nie 2min Noodles nie) Gr. 4/52 TamatiesousGr. 5/02 Jellie Gr. 6/04 Blikkies VisGr. 5/03 Koekies (Soet) Gr. 6/32 Skottelgoedseep Gr. 5/05 Aanmaak-koeldrank Gr. 6/34 WaspoeierGr. 5/06 Ouma Beskuit Gr. 6/37 Deodorant VrouensGr. 5/39 Provitas Gr. 6/40 Handy AndyGr. 5/41 Blikkies Vis Gr. 6/44 Blikkies VisGr. 7/01 OatsGr. 7/30 WaspoeierGr. 7/31 Blikkies VleisGr. 7/33 Blikkies GroenteGr. 7/42 Blikkies VisGRAAD 7-KOOKBOEKAs deel van die graad 7’s se fondsinsameling word ‘n kookboek uitgegee. Dit bevat 132 resepte in volkleur met ‘n foto van elke gr. 7-leerder by die resep. Daar is resepte in die volgende afdelings:• My eerste Valentynsontbyt• Bykosse by ‘n braaivleis• Iets spesiaals vir Pa en Ma• Iets wat Ouma maak wat ek ook kan maak• Kom ons eet gesondIndien daar ouers is wat belangstel om ‘n kookboek te bestel @ R150 per kookboek, kan julle vir Annabie Minnaar skakel by 0834180102 of vir haar ‘n e-pos stuur by [email protected] sperdatum vir bestellings is Vrydag 5 September. ‘n Bestelling is eers gefinaliseer as die betaling vir die kookboek gemaak is.

Page 9: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

9

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDDie beheerliggaam het besluit dat daar vir die volgende vier sportkodes (buiteskoolverband) koördineerders uit die personeel aangestel word. Hierdie persone sal slegs die nodige inligting deurgee. Geen afrigting sal verskaf word nie. • Gholf - Ruan Basson ([email protected])• Swem - Johanette Judels ([email protected])• Avontuursport - Lindsay Stadtlander ([email protected])• Ruitersport - Marli Grobbelaar ([email protected])AVONTUURSPORTDie Gauteng provinsiale byeenkoms vind by Helpmekaar Kollege plaas op 13 September. Inskrywingsvorms en verdere inligting sal binnekort op die webtuiste beskikbaar wees (www.schoolsar.co.za)Die SA Kampioenskap vind plaas op 10 en 11 Oktober en word deur Stanford Lake Kollege aangebied as gasheer.STOEIMorné Gordon (gr. 1/22) het op Saterdag 16 Augustus aan die Welpie Wesrandtoernooi te Witpoortjie deelgeneem. Hy het in die o/7, 26 kg gewigsgroep deelgeneem aan twee stoeigevegte, waarvan hy een verloor en een gewen het. Hiervoor het hy ‘n goue medalje verower. Baie geluk Morné! Ons sal onthou om katvoet vir jou te loop!GIMNASTIEKDie volgende gimnaste het op Saterdag 16 Augustus hul Sentraal-Gauteng junior gimnastiekkleure verwerf. Hulle sal Sentraal-Gauteng tydens die “North Zone”-kampioenskap te Kemptonpark in September verteenwoordig. Baie geluk en ons wens dié gimnaste baie sterkte toe met hul voorbereidings!Hulle is:Elri Boshoff (gr. 1/24) Sophia Kotze (gr. 1/23) Emma du Plessis (gr. 2/21)Jana Simpson (gr. 2/18) Lea Simpson (gr. 4/51).RITMIESE GIMNASTIEK Daniele van der Merwe (gr. 5/41) en Tina-Mari Meyer (gr. 5/06) het gedurende die naweek van 15 en 16 Augustus aan die ritmiese gimnastiek streekskompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar. Daniele neem deel in vlak 5 o/11 en verwerf ‘n silwermedalje vir haar dansroetine, goud vir tou,

silwer met kegels en goud met lint. Met hierdie prestasies behaal sy ‘n algehele eerste plek en ‘n goue medalje.Tina-Mari neem deel in vlak 6 o/11 en verwerf ‘n goue medalje vir haar dansroetine, silwer vir bal, goud met hoepel en goud met kegels. Hierdie uitstekende prestasies besorg haar ‘n algehele eerste plek en ‘n goue medalje.Hiermee verwerf Daniele en Tina hul Sentraal-Gautengkleure en sal hulle aan die nasionale kampioenskap in die Kaap deelneem vanaf 8 – 12 Oktober. Baie voorspoed aan julle twee gimnaste! Ons glo julle sal pragtig presteer!RUITERSPORT Die volgende ruiters is gekies om Gauteng te verteenwoordig by die nasionale kompetisie wat van 8 - 11 Oktober 2014 te Misty Meadows, Pretoria-Oos gehou sal word.Cherise WybengaSkouspring: 4 x A-span en 2 x C-span (Vlak 5, 6 & 7 onderskeidelik)Angie GeyserSkouspring: 1 x B-span en 1 x C-span (albei Vlak 3)Carla KeulderWorking Riding: A-span (Vlak 1)Performance Riding: C-span (Vlak 1)Working Hunter: C-span (Vlak 1)Caitlin KrugerWorking Riding: C-span (Vlak 1)Dit is ‘n puik prestasie! Ons wens julle sterkte toe met die komende nasionale kompetisie en glo dit sal met julle almal baie goed gaan!KULTUUR BUITE SKOOLVERBANDMaria Prinsloo (gr. 4) het aan die Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging deelgeneem en sy verwerf die volgende:Diploma (A++) vir Gedramatiseerde PoësieDiploma (A++) vir groepsvoordragGoud (A) vir monoloogGoud (A+) vir poësieGoud (A+) vir gedramatiseerde prosaBaie geluk Maria! Jy het pragtig presteer!

Page 10: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

10

ADVERTENSIESCONSTANTIA SKOOLKLEREOuers kan nou vir Constantia kontak om te hoor of hul reeds die klere ontvang het.Tel.no.: (011) 791-1300Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburge-posadres: [email protected] leweransier:Sportmans Warehouse:Tel.no.: (011) 431-0406Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburgwebtuiste: www.schoolandleisure.co.zaRESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOLKlavier // Dromme // Viool // Sang - Beginners tot gevorderd. Berario Ontspanningsentrum.Retha – 081 351-7491HOëRSKOOL MONUMENT BIED AAN STEVE HOFMEYR26 September – Opelugkonsert. Kaartjies @ R120 per persoon. Vir meer inligting kan u met Eben Vermaas skakel by 011-953 1165 of 0844378541 of per e-pos by [email protected] TANDHEELKUNDE NASIONALE GESONDHEIDSMAANDOns bied gratis spesialis ortodontiese konsultasie aan van nou af tot einde September vir skoliere. Vir verdere inligting kontak Michelle Olivier, tel. 011 782 0221/2.ROCCO DE VILLIERS-KONSERTNG Weltevreden – 6 September om 19:00. Kontak vir Anna-Marie Sonnekus – 084 811-1879 / [email protected] JOU BOOMPIEHersiening en voorbereiding vir toetse. Sien die Vinkie van 7 Augustus.Bespreek by: Reinette: 084 589 7068 / Chrissie:076 330 2754 / [email protected] VERKOOPSPERSOON GESOEK‘n Gevestigde kleinhandelonderneming in Northcliff/Blackheath is op soek na dinamiese verkoopspersoneel. Die geskikte kandidate kan na gelang van kwalifikasie beding vir ‘n aanvangsalaris van R96 000 tot R150 000 pa. Ons soek graag jong graduandi wat ‘n paar jaar se werksondervinding nodig het. Stuur ‘n opsommende CV na [email protected]. Die onderneming is nie op Sondae oop nie.

ONDERWYSPOSTE 2015: LAERSKOOL FAIRLAND – BEHEERLIGGAAMPOSTEVakature 1Onderwyser: Intersenfase – Wiskunde, Natuurwetenskappe en EngelsVereistes: Persone moet beskik oor toepaslike onderwyskwalifikasies. Sportafrigting is ‘n vereiste.Vakature 2Onderwyser: Grondslagfase – Gr. 1Vereistes: Persone moet beskik oor toepaslike onderwyskwalifikasies. Sportafrigting is ‘n vereiste.Vakature 3Assistent-opvoeder: Gr. RVereistes: Persoon moet in ‘n onderwysrigting (grondslagfase) studeer. Sportafrigting ‘n vereiste.Salarisse is onderhandelbaar. Diensaanvaarding: 1 Januarie 2015Aansoeke sluit: Donderdag 11 September om 12:00.Faks verkorte CV na (011) 678-9012 of e-pos na [email protected]. Skakel die skoolhoof, Willie Goosen by (011) 678-4591/2 vir meer [email protected]@beaglewatch.co.zawww.beaglewatch.co.zaTel: 011 678 1972WHEN SECONDS COUNT

INSAKE TANDHEELKUNDE NASIONALE GESONDHEIDSMAAND Ons bied gratis spesialis ortodontiese konsultasie aan van nou af tot einde September vir skoliere. Vir verdere inligting kontak Michelle Olivier, tel. 011 782 0221/2. ROCCO DE VILLIERS-KONSERT NG Weltevreden – 6 September om 19:00. Kontak vir Anna-Marie Sonnekus – 084 811-1879 / [email protected]. BUIG JOU BOOMPIE Hersiening en voorbereiding vir toetse. Sien die Vinkie van 7 Augustus. Bespreek by: Reinette: 084 589 7068 / Chrissie:076 330 2754 / [email protected] DINAMIESE VERKOOPSPERSOON GESOEK „n Gevestigde kleinhandelonderneming in Northcliff/Blackheath is op soek na dinamiese verkoopspersoneel. Die geskikte kandidate kan na gelang van kwalifikasie beding vir „n aanvangsalaris van R96 000 tot R150 000 pa. Ons soek graag jong graduandi wat „n paar jaar se werksondervinding nodig het. Stuur „n opsommende CV na [email protected]. Die onderneming is nie op Sondae oop nie. HUIS TE KOOP IN FAIRLAND

HUIS TE KOOP IN FAIRLAND: R2 790 000 Lovely 3 bedroomed duplex with open plan lifestyle. The owners have added a lot of extras to enhance the luxurious ambience. Contact Aubrey Faber on 084 400-4011.

TAG-a-LONG Label Specialists Is jy gefrustreerd met jou kinders se klere en hul belangrike persoonlike besittings wat verlore raak? Is jy opsoek na „n kwaliteit produk wat effektief en maklik is om te gebruik? TAG-a-LONG Label Specialists het die oplossing! TAG-a-LONG verskaf al 5 jaar kinderetikette aan die Suid-Afrikaanse mark. Ons gehalte produkte kan gebruik word om klere, boeke, skryfbehoeftes en kosblikke te merk . . . en dit teen bekostigbare pryse! Het jy enige knope of some wat verstel moet word of dalk 'n wapen en balkies wat aangewerk moet word? Skakel/sms my gerus of stuur 'n e-pos sodat ek vir jou meer inligting aangaande ons produkte, pryse en dienste kan verskaf. Elke Jansen Selnr.: 082 777 5630 E-pos: [email protected] of [email protected]

HOËRSKOOL RANDBURG – BEHEERLIGGAAM: VAKANTE BETREKKING INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT) ONDERWYSER - GRAAD 10 – 12 Ons is dringed op soek na „n voltydse IT-onderwyser wat Delfi-ondervinding het. Pos onmiddellik beskikbaar. Skakel asb. dringend die skool by tel. (011) 782-6226 of e-pos CV aan [email protected].

FONDSINSAMELING VIR BLIKOORTJIES KLEUTERSKOOL: GHOLFDAG Parys Gholfklub – R400 per persoon. Konka vir Marie – 082 779-2025 ([email protected]) of Seef – 082 324-2619 ([email protected]).

Page 11: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

11

GHOLFDAG BORGE: Ons vra weereens ons ouers om asb. ons borge te ondersteun.

Page 12: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

12

SHER

EE, A5-GR

OO

TTE ASB

!

Mo

torko

mp

etisie 2014

Pryse o

m te w

en:

Vir d

iegen

e wat kaartjies ko

op

: X

2 Eerste pryse:

Tw

ee To

yota C

oro

lla 1.6 Prestig

e m

oto

rs

(Mo

nu

men

t Toyo

ta Co

nstan

tia)

Tw

eede p

rys: R

10 000 D

erde p

rys: R

5 000 V

ir die leerd

ers (na aflo

op

van d

ie kom

petisie):

Leerder w

at wenkaartjies verko

op

het: R

11 000 elk – R1 000

nou in kontant en d

ie op

breng

s van ʼn R

10 000 beleg

ging

in die jaar nad

at hulle m

atriek geslaag

het. T

op

verkop

ers (na aflo

op

van d

ie kom

petisie):

IPad

Air W

ifi Silver vir leerder w

at die m

eeste kaartjies verkoo

p het (w

aarde R

8 200) IP

ad A

ir Wifi Silver vir d

ie ond

erwyser w

ie se registerklas d

ie meeste kaartjies verko

op het (w

aarde R

8 200) K

lasprys (n

a afloo

p van

die ko

mp

etisie): R

3 000 bed

erf uitstap

pie

vir die klas w

at die m

eeste kaartjies verkoo

p het W

eekliks: R

250 aan d

ie leerder w

at die m

eestekaartjies in sy/haar graad

gro

ep verkoo

p

ON

TH

OU

: D

aar is slegs 3500 kaartjies teen

R350 b

eskikbaar.

Page 13: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...Volgende week wy die lente in en ons wens vir julle ‘n vrolike, vernuwende, vrugbare seisoen toe! Mag Lente 2014 al jou verwagtinge oortref

13

[email protected]

www.beaglewatch.co.za

Tel: 011 678 1972

WHEN SECONDS COUNT

Beagle Watch verskaf

gratis beskerming

aan Laerskool Fairland