uit die hoof se kantoor - lsfairland.files.wordpress.com · akademie 2 augustus amesa-wiskunde...

12
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 19 22 Junie 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Klarike Scheepers wat die afgelope naweek in die huwelik getree het met Jaco Fouché. Ons glo en vertrou jul verbintenis sal ‘n lang en geseënde een wees. Baie welkom terug aan Lize Schoeman wat met kraamverlof was. Dit is lekker om jou vriendelike gesig weer by die skool te sien. In dieselfde asem wil ons graag vir Ilene Oberholzer dankie sê wat in haar plek afgelos het. Ilene, jy is altyd ‘n staatmaker – dankie vir al jou harde werk! Ons dink ook aan Jacques Esterhuizen wat nog baie siek is en nog steeds behandeling ontvang. Jy en jou ouers bly in ons gebede. Gauteng-kampioenskap Baie sterkte aan die o/12A- en o/13A-netbalspanne wat Vrydag en Saterdag aan die Gauteng- kampioenskap gaan deelneem in Krugersdorp. BELANGRIKE DATUMS VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeellid wat die komende week verjaar: Marilet Vosloo - 28 Junie Mag dit vir jou ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees. DATUM AKTIWITEIT KULTUUR 23 Junie LFK visuele kuns rondte 2 (gr. 4-7) SPORT 26 28 Junie Hokkie: Klinieke (Seuns en dogters sien inligting op SC) ALGEMEEN 30 Junie Skool sluit om 11:00 24 Julie Skool open 26 Julie WOW-spelfees: Rondte 2 26 & 27 Julie LAPA-boekuitstalling 27 Julie Jaco Jacobs kom besoek die skool 31 Julie Produksie 2000: Boelie-vertoning 1 Augustus Oueraand: Sosiale media-praatjie: 18:45 in skoolsaal (ALLE OUERS) Tye: Gr. R: 16:30 18:30 / Gr. 1 tot gr. 7: 17:00 18:30 AKADEMIE 2 Augustus AMESA-Wiskunde Olimpiade Rondte 2

Upload: others

Post on 18-Oct-2019

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 19 22 Junie 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia Baie geluk aan Klarike Scheepers wat die afgelope naweek in die huwelik getree het met Jaco Fouché. Ons glo en vertrou jul verbintenis sal ‘n lang en geseënde een wees. Baie welkom terug aan Lize Schoeman wat met kraamverlof was. Dit is lekker om jou vriendelike gesig weer by die skool te sien. In dieselfde asem wil ons graag vir Ilene Oberholzer dankie sê wat in haar plek afgelos het. Ilene, jy is altyd ‘n staatmaker – dankie vir al jou harde werk! Ons dink ook aan Jacques Esterhuizen wat nog baie siek is en nog steeds behandeling ontvang. Jy en jou ouers bly in ons gebede.

Gauteng-kampioenskap

Baie sterkte aan die o/12A- en o/13A-netbalspanne wat Vrydag en Saterdag aan die Gauteng-

kampioenskap gaan deelneem in Krugersdorp.

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellid wat die komende week verjaar:

Marilet Vosloo - 28 Junie

Mag dit vir jou ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees.

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 23 Junie LFK visuele kuns rondte 2 (gr. 4-7)

SPORT 26 – 28 Junie Hokkie: Klinieke (Seuns en dogters – sien inligting op SC)

ALGEMEEN 30 Junie Skool sluit om 11:00

24 Julie Skool open

26 Julie WOW-spelfees: Rondte 2

26 & 27 Julie LAPA-boekuitstalling

27 Julie Jaco Jacobs kom besoek die skool

31 Julie Produksie 2000: Boelie-vertoning

1 Augustus Oueraand: Sosiale media-praatjie: 18:45 in skoolsaal (ALLE OUERS) Tye: Gr. R: 16:30 – 18:30 / Gr. 1 tot gr. 7: 17:00 – 18:30

AKADEMIE 2 Augustus AMESA-Wiskunde Olimpiade Rondte 2

2

REDAKSIE

Kom ons wees nou maar eerlik, ons almal is uitgelewer aan die tegnologiese waansin van vandag, waar perfeksie nie net ‘n doelwit is nie, maar ‘n maatstaf…solank dit iemand anders is wat gemeet word en nie jyself nie! Ons hou nie daarvan om verkeerd te wees nie, nie van enige kritiek nie en nog minder van advies. Dit sit my aan die dink en ek kom tot die ontnugterde besef dat die tendens ook ons leerders begin affekteer in veral hulle houding ten opsigte van dissipline en teregwysing. Leerders reageer nie altyd na wense as hulle op hulle foutiewe antwoorde of ongewensde gedrag gewys word nie. Selfs die volwassenes probeer soms om die resultaat teen te staan namens die kind. Nou vra ek graag die volgende:

Wat leer jou kind as hy nooit toegelaat word om te fouteer nie? Is die kind mét sy foute dan “nie goed genoeg” nie en sal hy dalk ophou probeer as gevolg hiervan? Is die paadjie na sukses nie gesaai met die klippe van oorlewing nie, oorlewing van elke terugslag, elke fout en elke mislukte poging?

Jou kind se welslae of teleurstellings behoort SLEGS aan hom. Jy word nie gemeet aan hoe goed/sleg jou kind vaar nie! Leer jou kind sodoende om verantwoording te doen vir sy aksies en ook om trots te wees op sy suksesse en nie te voel dat hy niks werd is nie, “want my ma doen als vir my” en my pa dink ek moet perfek wees in ALLES wat ek doen.

Moet jy nie jou kind se ander opvoeders/afrigters/mentors heelhartig ondersteun as hulle krities na jou kind se ontwikkeling kyk nie? Indien ‘n afrigter/opvoeder werklik belangstel in die kinders waarvoor hy verantwoordelik is, sal hy hulle aksies wil lei deur kritiese evaluering daarvan. Dit sal soms beteken dat foute uitgewys word en regstellende aksie geneem word. Hoe anders moet kinders geleer word wat beter opsies is?

Remember what doesn’t kill you, makes you stronger! Erika

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Gr. 4 tot gr. 7 Rugby- en krieketafrigting ‘n vereiste

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Diensaanvaarding: 1 Julie 2017 Salaris: Onderhandelbaar Stuur verkorte CV na [email protected] of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Vrydag 23 Junie om 12:00.

AKADEMIE

Rapporte

Die skool sluit Vrydag 30 Junie om 11:00. Rapporte word om 10:45 in registerklasse uitgedeel.

3 Leesweek Gr. 1 tot gr. 3 Vanaf 26 - 29 Junie 2017 vind ons jaarlikse Leesweek weer plaas! ‘n Paar hoogtepunte in die week is soos volg: Maandag 26 Junie: Elke leerder bring hul gunsteling storieboek asook ‘n plastiekbekertjie saam skooltoe. Iewers tydens die skooldag gaan die leerders dan ‘drop all and read’ met ‘n bekertjie warm sjokolade in die hand. Dinsdag 27 Junie: Elke gr.1- tot gr. 3-leerder trek aan soos hulle gunsteling storieboekkarakter! Hulle kom in hierdie klere skooltoe en kom vertel vir juffrou en die klas wie hulle voorstel. Dink net…Pinnochio, Zackie Mostert, Professor Fungus, Die Gestewelde Kat, Trompie en soveel meer. Woensdag 28 Junie: Sonja Herholdt en Tjokker kom besoek ons gr. R- tot gr. 3-leerders in die saal met ‘n wonderlike vertoning! Na afloop van die vertoning gaan hulle CD’s (R80), DVD’s (R100), ‘n DVD en CD vir R150 asook Tjokkerknopies teen R5 verkoop. Donderdag 29 Junie: Leerders bring ‘n storieboek saam en saam met hulle onderwyseres gaan hul iewers op die skoolterrein sit en lees bv. op die tennisbane, die krieketblad ens. Op Maandag 26 Junie ontvang elke gr. 1- tot gr. 3-leerder ‘n spesiale kaartjie wat hulle voor in ‘n gebruikte boek kan plak en dan die boek aan die klas se boekhoekie kan skenk.

KULTUUR

SENIORKOOR

Neem kennis dat alle oefeninge normaal sal voortgaan, behalwe op die datums hieronder uiteengesit.

Belangrike datums

27 Junie Laaste oefening voor die vakansie

Derde Kwartaal

15 Augustus NG Weltevredenpark Koorfees

17 Augustus Laerskool Louw Geldenhuys Koorfees

25 Augustus Voorlopige datum LFK

JUNIORKOOR

Ons nader nou die einde van die tweede kwartaal. Sterkte vir die laaste paar weke.

Belangrike datums

26 Julie - Foyer Produksies

Derde Kwartaal

17 Augustus - Laerskool Louw Geldenhuys koorfees 25 Augustus - Voorlopige datum vir LFK

Juniorkoor kleredrag vir optredes Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2 boksterte Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swart belt en skoolskoene.

4

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

LFK 14 – 25 AUGUSTUS FINAAL (BESTE VAN DIE BESTE) 31 AUGUSTUS

Inskrywings

Ons is tans besig om die inskrywingsvorms voor te berei en sal dit binnekort beskikbaar maak. Die drama- dans-, sang- en instrumentale- afdelings sal in die middel van Augustus plaasvind.

Visuele kuns (LFK)

Visuele kuns-inskrywingsvorms vir gr. 4 tot gr. 7 is beskikbaar by juf. Johanette (in oranjeklas by gr. R). Die gr. 1- tot gr. 3-leerders neem nie aan enige verdere rondtes deel nie. (Sien Kultuurnorm) Deelnemers aan die tweede rondte van die kunskompetisie op Vrydag 23 Junie, moet onthou om al hulle benodighede saam te bring. Hulle mag ook ‘n voorbeeld van hulle skoene/stewels bring om vanaf te werk. (gr. 6 en gr. 7)

Belangrike datums Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

DANS

Klasse het weer hervat op Woensdag 21 Junie.

DRAMA

Hervat week van 26 Junie. Juf. Erika

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017

KAAPTOER 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

EREKLEURE: SPORT

Erekleure is aan die volgende leerders toegeken op Maandag 19 Junie tydens ‘n saalbyeenkoms:

ATLETIEK

Die volgende 3 leerders het Gauteng by die SA’s verteenwoordig in Maart 2017:

Corne de Fouw (1 200m) Christiaan Liebenberg (Hoogspring) Anroux Barnard (Gewigstoot)

NETBAL

Simone van Belkum is verkies tot die Gauteng o/13A-netbalspan.

HOKKIE

Juan Schoeman is verkies tot die Suid-Gauteng o/13A -hokkiespan.

Baie geluk aan al die sportsterre. Laerskool Fairland is baie trots op julle!

5

LANDLOOP

Oefening (NIE VERPLIGTEND NIE):

Maandae – Donderdae: 15:45 – 17:00 Vrydae: 14:00 – 15:00

Alle leerders van gr. 1 tot gr. 7 word uitgenooi! Kom leer saam met ons die tegniek, die genot van oefen en word lekker fiks vir die komende landloopseisoen.

Bring jou waterbottel, tekkies en ‘n warm top saam.

NETBAL

Uitslae: Fast Five-aandreeks (Woensdag 21 Junie) – o/13A-span

Wen 15 – 13 Unika Wen 22 – 4 Louw Geldenhuys

Wen 36 – 6 Trinity Randpark Wen 15 – 13 Fontainebleau

Verloor 23 – 13 Helderkruin

Speel uit vir 3 en 4de plek teen Unika wen 23 – 3. Eindig algeheel derde.

HOKKIE

Oefening begin die derde kwartaal, behalwe o/13A-spanne wat nou oefen vir die Kaaptoer.

Kliniekdatums: Maandag 26 Junie o/12 en o/13 Seuns en Dogters: 14:15-16:15 Dinsdag 27 Junie o/7 en o/8 Mini-hokkie dogters: 13:15-14:45

o/9, o/10 en o/11 Dogters: 15:00-17:00 Woensdag 28 Junie Skeidsregterkursus (slegs afrigters) Donderdag 29 Junie o/9,o/10 en o/11 Seuns: 14:15-16:15

Hokkie-oefentye (3de Kwartaal)

Seuns

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE

Ontwikkeling 14:10 – 15:10 13:30 – 14:30 Geen oefening Geen oefening

Junior Geen oefening 13:30 – 14:30 Geen oefening 14:10 – 15:10

Senior 15:30 – 16:30 Geen oefening 14:40-15:40 14:10 – 15:10

** Die o/13-spanne oefen elke 2de Maandag by die astro vanaf 31 Julie tot 25 September. (5X) Wedstryde vir dogters o/9 - o/13 begin reeds Dinsdag 1 Augustus by Louw Geldenhuys. Wedstryde vir die seuns o/10 - o/13 is Vrydae by Louw Geldenhuys.

Proewe vind dus die eerste week van die derde kwartaal plaas.

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan.

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefening register gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!

Belangrike datums

Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus vir top 8 - seuns en - dogters

Seniortennisliga (Jhb-liga) Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

Dogters

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45

o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40

o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40

6

RUGBY

Uitslae Goue Leeus - Kwartfinaal

o/9A verloor 20 – 17 vs L/s Florida

o/10A wen 7 – 0 vs L/s Roodekrans

o/11A verloor 17 – 12 vs L/s Randhart

1ste span verloor 25 – 12 vs L/s Florida

Uitslae Goue Leeus – Semifinaal

o/10A verloor 10 – 0 vs L/s Kenmare

KRIEKET

Maandag 26 Junie

Slegs o/12- en o/13-seuns oefen vanaf 14:10 – 15:40 as gevolg van Noordwes krieketproewe vir o/9- tot

o/11-seuns.

Dinsdag 27 Junie

Geen krieketoefening as gevolg van Noordwes krieketproewe.

Woensdag 28 Junie

Slegs oefening vir o/9- tot o/11-seuns as gevolg van Noordwes krieketproewe vir o/12- en o/13-seuns

vanaf 13:45 – 15:15

o/8-seuns: Krieketproewe vanaf 13:45 – 15:15. Hierdie is interne proewe wat by die skool

plaasvind.

LET WEL: Briewe met inligting in verband met Noordwes krieketproewe sal aan betrokke

seuns gegee word.

SKAAK

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:00 - 13:50

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 13:00 - 14:00

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.22

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

“Skins” en “Fleecy Tops” “Skins” en “Fleecy Tops” is slegs beskikbaar by Constantia Uitrusters.

7

NASKOOLSENTRUM

Die naskoolsentrum sal oop wees gedurende die Julievakansie vir ingeskrewe naskoolleerders. Briewe was op Maandag 19 Junie 2017 uitgedeel.

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Wian Velthuysen Groenklas: Mikhe Müller Oranjeklas: Bianca Merrington

Persklas: Joss Krieg Geelklas: Noah Breedt Rooiklas: Wian Coetsee

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Ludé Pieterse Gr. 1/22: Marisse Mostert Gr. 1/24: Ethan Duvenhage Gr. 1/25: Zaiden Lombard Gr. 1/26: Kayleigh Ruffels Gr. 1/27: Jolene Serfontein Gr. 2/15: Duan Marais Gr. 2/16: Rohan Bezuidenhout Gr. 2/17: Marioné Pretorius Gr. 2/18: Dominic Tait Gr. 2/21: Ben Brewis Gr. 2/23: Karla Viljoen Gr. 3/12 Handré Jacobs Gr. 3/13 Kaylin Niemandt Gr. 3/28 Ethan van Damme Gr. 3/29 Carlo Myburgh Gr. 3/45 Zihan Gagioano Gr. 3/46 Jané Hattingh

GOEIE GEDRAG:

Gr. 7/1 Bennu Dyson Gr. 7/44 Jacques Scheltema

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

KATA Daniella Brown het goud bereik vir Kata by die Tenshinkan South Gauteng kampioenskap wat Saterdag 10 Junie gehou was.

ADVERTENSIES

LAERSKOOL FAIRLAND-PERSONEEL

Een van ons assistent-opvoeders soek ‘n bekostigbare tuinwoonstel in die omgewing van die skool.

Kontak asb. vir Zelda 079 878-2326.

Ons algemene werker soek ‘n kamer naby die skool en is bereid om daarvoor te werk oor naweke.

Kontak asb. mnr. Willie.

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

8

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Bly warm hierdie winter deur jou huis te vul met vrolike musieknote!! Skryf nou in vir kitaar, sang, viool,

dromme of klavierlesse. Berario Ontspanningsentrum. Resonanze Musiekskool - 081 351 7491 -

[email protected]

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

BEDIENDE BENODIG

Ons is op soek na ‘n bediende/helper wat kan inwoon en twee/drie dae ‘n week kan werk (Honeydew area). Indien u weet van enige iemand, kontak asseblief vir Amanda Pretorius op 082 924 8781.

EKSTRA WISKUNDEKLASSE

Ekstra wiskunde (gr. 4 – gr. 12), rekeningkunde (gr. 8 – gr. 12) en ekonomie (g. 11 en gr. 12) beskikbaar. Klasse het 'n maksimum van 3 leerders. Wees progressief! Kwalifikasies: B.Com (Hons) Ekonometrie en PGCE Small Yolande 0836349992

‘N WEGBREEKNAWEEK OP DIE LIMPOPORIVIER

Bederf jouself en gesin met ‘n wegbreeknaweek om ‘n vleisie te braai op die walle van die Limpopo en selfs ‘n lyntjie in die rivier nat te maak. Ons het ‘n 4 slaapkamer grasdakhuis met 9 beddens teen R1200 per nag vir 6 mense, daarna R150/persoon. Minimum van 2 nagte waarvoor jy nêrens beter kan doen nie. Geniet die mooiste sonsondergang oor Botswana en luister saans om die vuur na die jakkalse en ander naggeluide. Die plaas het heelwat wild wat bedags besigtig kan word vanuit jou voertuig. Die dapperes kan gaan stap gedurende die dag. Huidige beskikbare weke begin op 15 Aug, 5 Sept en 12 Sept. Kontak Callie op 082 926-9195 of [email protected] vir verdere besonderhede.

9

Heksie’s Bakery

Lillian Ankersmit Phone: 082 324 5034

E-mail: [email protected] Website: Heksies.co.za

Cakes: Birthdays, Weddings, Picture Transfer, Pops

Cup Cakes, Basic Butter Cream, Novelty, Boutique

Biscuits, Choc Chip, Oatmeal, Ginger, Sweet, Pecan, Peanut butter, other.

10

11

12