tuisblad - romeine 1 · 2020. 2. 27. · romeine 1 1paulus, ʼn dienskneg van jesus christus, ʼn...
TRANSCRIPT
Romeine 1
1Paulus, ʼn dienskneg van Jesus Christus, ʼn geroepe apostel, afgesonder tot die
evangelie van God – 2wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige
Skrifte, 3aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid 4en
na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die
opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, 5deur wie ons genade en die
apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene
ter wille van sy Naam, 6onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus 7aan al
die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede
van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 8In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle
geloof verkondig word in die hele wêreld. 9Want God wat ek in my gees dien in die
evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink 10en altyd in
my gebede smeek of ek tog nou eindelik ʼn goeie geleentheid sal vind deur die wil
van God om na julle te kom; 11want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander
geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; 12dit is, dat ek
saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle
sowel as van my. 13Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my
dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat
ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene. 14Teenoor Grieke sowel as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense
is ek ʼn skuldenaar. 15Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in
Rome is, die evangelie te verkondig. 16Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ʼn krag van
God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. 17Want
die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos
geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 18Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die
goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid
onderdruk, 19omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het
dit aan hulle geopenbaar. 20Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die
wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en
goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21omdat hulle, alhoewel hulle
1
God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas
geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 22Terwyl hulle
voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23en die heerlikheid van die
onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ʼn verganklike
mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan
onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25hulle wat die waarheid van
God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat
geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26Daarom het God hulle oorgegee aan
skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat
teen die natuur is; 27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou
laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne
skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling
ontvang. 28En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te
hou nie, het God hulle oorgegee aan ʼn slegte gesindheid, om te doen wat nie
betaam nie: 29hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid,
hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30nuusdraers,
kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders
van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31onverstandig, ontrou, sonder
natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32mense wat al ken hulle die
verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge
nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
1. Briefopening – Romeine 1:1-71Paulus, ʼn dienskneg van Jesus Christus, ʼn geroepe apostel, afgesonder tot
die evangelie van God – 2wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige
Skrifte, 3aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van
Dawid 4en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God
deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, 5deur wie ons
genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry
onder al die heidene ter wille van sy Naam, 6onder wie julle ook is, geroepenes
van Jesus Christus 7aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in
Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus
Christus!
2
1.1 Vrae en bespreking by Romeine 1:1-7
1. Wat leer ons aangaande die skrywer van hierdie brief? (vers 1)
Die gevestigde patroon van briewe uit die antieke tyd is dat die skrywer homself eers
noem en daarna aan wie hy die brief rig en in die derde plek groet die skrywer die
lesers van die brief. Hierdie drie elemente van ʼn brief staan ook bekend as die
briefopening en in Romeine is die eerste sewe verse van die eerste hoofstuk dan die
briefopening.
Die skrywer van hierdie brief – Paulus – stel homself in vers 1 aan die lesers
bekend. Dit is eers in vers 7a dat hy die lesers aan wie die brief gerig is noem en in
vers 7b groet hy hulle. Die res van die briefopening staan Paulus af om op die
begrip die evangelie van God uit te brei.
Toe Paulus hierdie brief geskryf het, was hy self nog nie in Rome gewees nie. Die
Here het hom ook nie gebruik om ʼn kerk in Rome te vestig nie. Dit word oor die
algemeen aanvaar dat die kerk in Rome ontstaan het uit Jode en Jodegenote wat op
die eerste Pinksterdag in Jerusalem was met die uitstorting van die Heilige Gees
(Hand 2:9-11).
Die Heilige Gees het ons aan Paulus voorgestel in die boek Handelinge. In
Handelinge 8 leer ons Paulus ken as die fanatiese Fariseër wat daarvan oortuig is
dat die volgelinge van Jesus Christus en sy Naam geheel en al van die aarde moet
verdwyn. In sy poging om van die Naam van Jesus en sy volgelinge ontslae te raak
het, het Paulus die gelowiges in Jerusalem en Judea vervolg. Met
aanbevelingsbriewe van die Joodse Raad is hy ook na Damaskus toe om die
gelowiges daar gevange te neem en na Jerusalem te bring. Op pad na Damaskus
het Jesus Christus aan hom verskyn en hom tot bekering en geloof in Jesus Christus
gebring. Van daardie dag af was Paulus ʼn ywerige en getroue dienskneg van Jesus
Christus en het hy sonder ophou die evangelie verkondig aan Jode en heidene.
3
Verder noem hy homself ʼn dienskneg van Jesus Christus. Paulus noem homself
in werklikheid ʼn slaaf van Jesus Christus. ʼn Slaaf het geen seggenskap oor homself
meer nie. Hy is geheel en al die eiendom van sy heer en meester. Dit beteken dat
hy geheel en al in onderwerping en in verantwoordelikheid staan tot sy heer. ʼn Slaaf
kan net aan een eienaar behoort aan wie hy absolute gehoorsaamheid betoon. Vir
die slaaf is daar geen wins in hierdie diens aan sy heer nie. Hy doen eenvoudig wat
hom opgedra is om te doen.
Paulus het homself volledig as eiendom van Jesus Christus beskou. Aangesien
Jesus Christus hom ook verlos het met sy kosbare bloed behoort hy met hart, siel,
verstand en liggaam volledig aan Jesus Christus. Die enigste wil wat geld is die wil
van Jesus Christus.
Paulus is in ʼn bepaalde opsig ʼn dienskneg van Jesus Christus – hy is ʼn geroepe
apostel. Paulus het nie aansoek gedoen of ʼn aanlegtoets afgelê om ʼn apostel wees
nie. Inteendeel, hy het sy eie godsdienstige ambisies nagestreef deur die kerk van
Jesus Christus te vervolg. Hy was ywerig besig om hierdie ambisie van hom te
verwesenlik toe Jesus Christus hom in sy spore op pad na Damaskus gestuit en op
die grond laat neerval het (Hand 22:10). Toe het Jesus vir hom gesê: Staan op en
gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om
te doen.
In daardie opdrag het Jesus vir Paulus as apostel geroep en aangestel. Hy moet
apostel wees vir die heidene – mense wat hy as Fariseër verag het. Hierdie opdrag
het ook ingesluit dat Paulus vir die Naam van die Here moet ly.
Paulus en die ander apostels is deur die Here aangestel om met gesag die
fondament van die kerk te lê (Efes 2:20). Dus is die verkondiging van die apostels
gesagvol omdat hulle in opdrag van die Here die werk doen. Die Heilige Gees het
die Woord van God in hulle ingeasem om dit te verkondig en uiteindelik ook neer te
skryf soos wat die Here vir Paulus gebruik het om ook hierdie brief aan die Romeine
te skryf.
4
Laastens sê Paulus dat hy afgesonder is tot die evangelie van God. Die Jode het
hulleself afgesonder gehou van die heidene omdat hulle die heidene as onrein
beskou het. Nou het die Here vir Paulus afgesonder vir een bepaalde werk – die
evangelie van God. Die evangelie het sy fokus geword. Alles wat hy gedoen het,
het hy ter wille van die evangelie gedoen (1 Kor 9:23).
Besprekingsvrae
1. Waaruit het jy in jou lewe al agtergekom dat Christus ook vir jou sondes aan die
kruis gesterf het?
2. Indien jy bely dat Jesus jou Verlosser en Here is omdat Hy jou met sy kosbare
bloed gekoop het, beskou jy jouself as ʼn slaaf van Jesus Christus?
3. Tot hoe ʼn mate gee jy jou eie wil prys om net die wil van jou Here te
gehoorsaam?
4. Aangesien die woorde wat Paulus in die brief geskryf het die gesagvolle Woord
van die Here is, wat doen jy met daardie gedeeltes in die brief waarmee jou
natuurlike geaardheid ongemaklik is?
5. As jy dan deur Jesus Christus verlos, sien jy jouself ook as iemand wat deur God
afgesonder is vir Hom?
6. Hoe word dit in jou lewe duidelik jy vir die Here afgesonder is?
2. Wat maak Paulus aangaande die evangelie van God bekend? (vers 2-4)
God het sy evangelie tevore beloof deur sy profete in die heilige Skrifte .
Hiermee stel Paulus duidelik dat die evangelie nie ʼn uitvindsel van mense is nie. Die
evangelie het sy oorsprong by die Here self en Hy het dit reeds in die Ou Testament
belowe.
Die eerste keer wat die Here hierdie belofte maak, is in Genesis 3:15 net na die
sondeval. Die saad van die vrou sal die slang se kop vermorsel terwyl die slang
hom aan die hakskeen sal byt. Die evangelie is ook in die offers wat die Here
voorgeskryf het belowe. Een van die duidelikste beloftes is wanneer die Here aan
Abraham die opdrag gee om vir Isak te gaan offer en dan gee die Here in die plek
5
van Isak ʼn ram wat geoffer word. Jesaja 53 is nog ʼn duidelike belofte van die Kneg
wat as ʼn lam geslag sal word vir die oortredings van die volk.
In die boek Handelinge sien ʼn mens hoe Paulus telkens wanneer hy die evangelie
aan die Jode bring, begin met die Skrifte. Vanuit die Ou Testament toon hy aan dat
Jesus die vervulling is van al die beloftes wat God in die Ou Testament deur sy
profete gemaak het.
Die evangelie van God handel oor sy Seun wat na die vlees gebore is uit die
geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die
Seun van God deur die opstanding uit die dood. Aangaande Jesus Christus
word hier drie dinge geopenbaar.
Jesus Christus is die ewige Seun van God voor sy geboorte. Van ewigheid af
het die Seun en die Vader bestaan. Jesus het nie eers die Seun van God geword
toe die Heilige Gees op Hom gekom het nie. Jesus is nie maar net ʼn gewone mens
wat deur God as sy Seun aangeneem is nie. Hy was nog altyd die Seun van God.
In die maagd Maria het Hy die menslike natuur by sy Goddelike natuur aangeneem
om as Jesus Christus gebore te word.
Na die vlees is Hy gebore uit die geslag van Dawid. Wanneer die geboorte van
Jesus aan Maria aangekondig word, word daar vir haar gesê dat God aan Hom die
troon van sy vader Dawid sal gee (Luk 1:32). In daardie woorde het die Here
bevestig dat die belofte aan Dawid (2 Sam 7:12-13) in Jesus Christus vervul word.
In die geslagsregister van Jesus het Matteus en Lukas duidelik aangetoon dat Jesus
uit die geslag van Dawid en Juda kom. Jesus is dus ware en ewige God en
terselfdertyd ook ware en regverdige mens.
Deur die opstanding is Jesus Christus na die Gees van heiligheid bevestig as
die Seun van God. Hierdie woorde wil nie sê dat Jesus op grond van die
opstanding die Seun van God geword het nie. Die opstanding uit die dood het
bevestig dat Hy die Seun van God is. Die Gees van Heiligheid verwys na die Heilige
Gees. Dit is net die Heilige Gees wat ʼn mens kan oortuig dat Jesus Christus die
Seun van God is. Volgens vers 4 gebruik die Heilige Gees die opstanding uit die
6
dood as ʼn bewysgrond van die Jesus se Goddelikheid.
Paulus sluit vers 4 af met die volle Naam van Jesus – Jesus Christus onse Here.
Die Naam Here dui Hom aan as die Eienaar van die mense wat Hy verlos. Daarom
moet die verlostes hulle ook aan die gesag van Jesus Christus onderwerp.
Besprekingsvrae
1. Hoekom is dit belangrik om te weet wie Jesus is?
2. Hoekom is dit nodig om te weet dat die evangelie in die Ou Testament belowe
is?
3. Watter voordele hou dit vir jou in om te weet dat Jesus ware God en ware mens
gelyktydig is?
4. Hoekom moet ʼn mens jou aan Jesus as Here onderwerp? Is dit nie maar
genoeg om Hom net as jou Verlosser te erken en te bely nie?
3. Watter gawes het Paulus ontvang? (vers 5)
4. Vir watter doel het hy hierdie gawes ontvang? (vers 5)
5. Wat is die uiteindelike doel van Paulus se diens? (vers 5)
Deur Jesus Christus het Paulus genade en die apostelskap ontvang. Genade
is een van die lieflingswoorde wat Paulus gebruik. Genade is daardie onverdiende
guns wat die Here aan sy geliefdes gee. Paulus was sy lewe lank onder die indruk
wat hy eintlik verdien het – die ewige oordeel omdat hy die kerk van Jesus Christus
vervolg het. Maar deur Jesus Christus het hy die genade van God ontvang om
vrygespreek te wees van die ewige oordeel, want Christus het in sy plek die straf op
die sonde gedra.
Saam met die genade het Paulus ook die apostelskap deur Jesus Christus ontvang.
Paulus het geensins aansoek gedoen om ʼn apostel te wees nie. Jesus Christus het
hom as apostel aangestel die dag toe Hy hom tot bekering en geloof gebring het.
Daarby is hy in besonder aangestel as apostel vir die heidene – juis vir die mense
wat hy as ʼn Fariseër gehaat het.
7
Die Here deel gawes aan sy geliefdes uit, sodat hulle daarmee kan werk in diens
van die Here. Paulus sê dat hy hierdie gawes ontvang het om
geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene. Deur die verkondiging
van die evangelie van Jesus Christus het Paulus as apostels mense tot geloof in
Jesus Christus geroep. Maar dit is nie maar net ʼn kwessie dat mense in Jesus moet
glo en dan kan hulle maar voortgaan met hulle lewe soos voorheen nie. Wie in
Jesus Christus glo, word ook opgeroep tot gehoorsaamheid aan Jesus aangesien
Hy die Here is. Om iemand anders tot geloofsgehoorsaamheid te roep, beteken dat
jyself ook geloofsgehoorsaamheid in jou eie lewe openbaar.
Wanneer Paulus die heidene noem, beteken dit nie dat hy sy eie volksgenote
oorgeslaan het nie. Inteendeel, Paulus het telkens waar hy in ʼn nuwe stad gekom
het eerste aan die Jode die evangelie van Christus verkondig. Wanneer die Jode
die evangelie verwerp het, het hy dit aan die heidene gebring, want daarvoor is hy
deur Jesus as apostel aangestel.
Paulus het hierdie gawes van die Here ontvang om die geloofsgehoorsaamheid te
verkry ter wille van die Naam van Jesus Christus. Die hoogste doelwit vir Paulus
was om Jesus Christus deur sy arbeid as apostel te verheerlik. Indien hy enige
ander doelwit gehad het, sou hy nie te midde van al die swaarkry kon of wou
voortgaan nie. Maar die eer en heerlikheid van die Naam van Jesus Christus het
hom gedryf om te midde van watter teleurstellings ook al voort te gaan met sy
dienswerk as apostel.
6. Wat word aan ons bekend van die mense aan wie Paulus die brief geskryf het?
(vers 6-7)
In die hele briefopening beklemtoon Paulus wat God vir sondaars gedoen het. En
wanneer hy die mense noem aan wie hy die brief skryf, sê hy weer wat God ook vir
en met hulle gedoen het.
Hulle is geroep om aan Jesus Christus te behoort. In vers 5 het Paulus so pas
gesê dat hy die opdrag het om die evangelie aan die heidene te verkondig tot eer
8
van Jesus Christus. Die mense in Rome is ook ingesluit by die mense aan wie hy
die evangelie moet bring. Wanneer God mense roep tot gemeenskap met Jesus
Christus is dit nie maar net ʼn uitnodiging nie. Dit is die kragtige roep van die Here
wat tot gevolg het dat die Heilige Gees die geloof in die uitverkorene se hart stort,
sodat hy ook die regverdiging kan ontvang. Om dus geroep te wees deur God en
aan Jesus Christus behoort, beteken dat God ʼn radikale koersverandering in jou
lewe aangebring het.
Die ontvangers word ook geliefdes van God genoem. God het die wêreld lief, maar
vir sy uitverkore volk het Hy besondere liefde, want aan hulle het Hy sy Seun gegee
om hulle te verlos.
Hulle is ook geroepe heiliges wat in Rome is. Heiliges is nie ʼn spesiale groep
gelowiges nie, dit is alle mense wat waarlik in Jesus Christus glo. Hulle is deur die
Heilige Gees afgesonder van die wêreld uit om aan die Here alleen te behoort en in
sy diens te wees. Alhoewel die gelowiges van die wêreld afgesonder is vir die Here,
het Hy hulle nie uit die wêreld weggeneem nie. Hierdie gelowiges leef steeds in die
stad Rome wat vir baie mense die simbool van uiterste opstand is teen God. In so ʼn
wêreld moet die gelowige sout en lig wees tot eer van Jesus Christus.
In die groetwoord – genade en vrede vir julle van God en Jesus Christus – word
die evangelie in kort saamgevat. Genade verwys na die werk wat God in Christus vir
hulle gedoen het en vrede is die gevolg daarvan. Daar is vrede tussen God en die
mens en tussen mense onderling.
Besprekingsvrae
1. Hoekom is dit noodsaaklik om verlos te wees voordat ʼn mens in die koninkryk
van God kan dien?
2. Hoekom sou jy sê is geloof in Jesus Christus en gehoorsaamheid aan Jesus
Christus altyd aan mekaar verbind?
3. Hoe sal ʼn mens dit regkry om ter wille van Christus jou dienswerk te doen in
plaas daarvan om dit om selfsugtige redes te doen?
9
4. Watter rol vervul die herinnering aan God se roeping van jou en sy liefde vir jou
in jou dienswerk as gelowige? Hoe sal jou dienswerk verander indien jy van
God se roeping en liefde vergeet?
2. Danksegging en verlange om Rome te besoek – Romeine 1:8-158In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle
geloof verkondig word in die hele wêreld. 9Want God wat ek in my gees dien in
die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink10en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik ʼn goeie geleentheid sal
vind deur die wil van God om na julle te kom; 11want ek verlang om julle te
sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle
versterk kan word; 12dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die
gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my. 13Maar, broeders, ek wil
julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle
te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander
vrug kan insamel net soos onder die ander heidene. 14Teenoor Grieke sowel
as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ʼn skuldenaar.15Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die
evangelie te verkondig.
2.1 Vrae by Romeine 1:8-15
1. Waarvoor het Paulus die Here gedank? (vers 8)
2. Wat word vir ons duidelik van Paulus se diens aan God? (vers 9)
3. Waarvoor het Paulus nog tot die Here gebid? (vers 10)
Paulus dank God deur Jesus Christus oor al die gelowiges, want daar word
oor hulle geloof in die hele wêreld gepraat. Deur Jesus Christus behoort Paulus
aan God, daarom noem hy Hom my God. Wanneer Paulus die Here dan dank en tot
Hom bid, doen hy dit ook deur Jesus Christus. Dit is slegs deur Jesus Christus dat
enige mens toegang tot God kan kry. Paulus dank die Here oor die geloof van die
gelowiges in Rome. Geloof is immers ʼn gawe wat God aan mense gee en dit is nie
iets wat hulle in hulleself gehad het om mee te begin nie. Hy dank die Here vir die
10
geloof wat hierdie mense ontvang het en hy dank die Here ook dat die geloof in
hierdie mense werksaam geword het.
Daar word in die hele wêreld oor die geloof van die mense in Rome gepraat. Die
geloof in Jesus Christus het die mense in Rome se lewens so drasties verander dat
ander mense dit kon opmerk en hulle het daaroor gepraat. Maar dit was nie net oor
hulle veranderde lewenstyl wat daar gepraat is nie. Daar is ook gepraat oor wat
hierdie gelowiges doen. Hulle dade en woorde het getuig dat hulle aan Jesus
Christus behoort en die wêreld oor is daar van hulle gepraat.
Paulus het God in sy gees gedien in die evangelie van Christus. Aangaande die
Here tot wie hy bid, sê Paulus dat hy Hom in sy gees dien in die evangelie van sy
Seun. Paulus se diens aan die Here was nie bloot ʼn uiterlike handeling of ʼn plig wat
hy afgehandel wil kry, sodat hy met sy eie dinge weer kan aangaan nie. Hy het na
sy bekering niks meer van sy eie dinge gehad nie. Sy hart en siel is deur die Here
Jesus beset, daarom dien hy God vanuit die diepste van sy mens wees met sy hele
mens wees.
Sy diens aan God is diens in die evangelie van sy Seun. Met ander woorde, sy
diens aan God het bestaan in die verkondiging van die evangelie van Jesus
Christus. Die evangelie van Christus is die gereedskap van die Heilige Gees
waarmee Hy die geloof in sondaars se harte werk. Dit is ook die gereedskap
waarmee die Heilige Gees die geloof in die harte van die gelowiges onderhou en laat
groei.
Nog ʼn wyse waarop Paulus God in sy gees dien was deur die onophoudelike
gebede. Dit was gebede nie net ter wille van homself nie, maar gebede tot God ter
wille van die gelowiges ook in Rome. Paulus het God gedank vir hulle geloof, maar
hy het telkens wanneer hy aan hulle dink hulle in gebed aan die Here opgedra
en gesmeek vir ʼn geleentheid om hulle te besoek. Paulus sou uiteindelik drie
jaar moes wag voordat die Here die geleentheid aan hom gegee het om Rome te
besoek.
11
4. Wat leer ons aangaande gebed in hierdie woorde van Paulus? (vers 10)
5. Wat wou Paulus bereik met sy besoek aan Rome? (vers 11-13)
ʼn Gelowige se gebede word verhoor – dit is die Here se belofte aan die gelowige
(vgl. Matt 7:7-11). Maar dikwels gebeur dit dat ʼn mens se gebede nie so gou
verhoor word as wat ʼn mens dit wil hê nie. In vers 10 hoor ons dat Paulus al
lankal bid en smeek vir ʼn geleentheid om die gelowiges in Rome te besoek .
Paulus het dus ook nie gou ʼn antwoord op sy smeekgebede gekry nie. Hy sê self in
vers 13 dat hy tot nog toe verhinder is om na Rome te gaan. Daar het dinge
voorgeval wat verhoed het dat hy by die gelowiges in Rome kon uitkom.
Na aanleiding van die openbaring in Handelinge weet ons dat die Here wel Paulus
se gebed verhoor het. Hy het in Rome aangekom anders as wat hy homself
voorgestel het – hy het as ʼn gevangene in Rome aangekom. Die Here verhoor
dus die gebede van gelowiges soms anders as wat jy gevra het.
ʼn Derde ding wat bekend word aangaande gebede in hierdie woorde is dat die
gelowige homself altyd in sy gebed ook aan die wil van God onderwerp. Dit is
inderdaad Paulus se begeerte om die gelowiges in Rome te besoek, maar die gang
van die gelowige word nie deur homself bepaal nie. Dit is altyd afhanklik van wat
God wil. Daarom onderwerp die gelowige hom ook aan die wil van God.
Daar is verskeie dinge wat Paulus as doelwit gestel het vir sy besoek aan die
gelowiges in Rome. Daar word oral in die wêreld oor die geloof van die gelowiges in
Rome gepraat. Paulus het ook daarvan gehoor en dit het by hom die verlange laat
ontstaan om hierdie gelowiges persoonlik te ontmoet – hy verlang om die
gelowiges te sien.
Paulus wou ook een of ander geestelike genadegawe aan hulle meedeel. Dit is
nie dat die apostel oor die vermoë beskik het om geestelike gawes aan ander mense
te gee nie. Dit is die Heilige Gees wat gawes gee aan gelowiges. Paulus het die
gawe ontvang om die evangelie te verkondig. Met sy gawe wou hy die gelowiges in
Rome gaan dien om hulle in die geloof te versterk.
12
ʼn Verdere doelwit wat verband hou met Paulus se mededeling van sy gawes met
hulle is dat Paulus ook deur hulle gawes verryk sal word. As apostels het Paulus die
gawe om die evangelie aan die gelowiges te verkondig, maar dit beteken nie dat hy
alles het wat hy nodig het en daarom nie ander gelowiges nodig het nie. Paulus wil
deur sy besoek aan die Romeine ook in sy geloof versterk word met die gawes
wat hulle van die Heilige Gees ontvang het.
ʼn Vierde doelwit is om een of ander vrug onder die mense in Rome te kan
insamel soos wat hy onder die ander heidene ingesamel het. Hierdie vrug
verwys na die geloofsgehoorsaamheid wat die apostels onder die heidene verkry
het. Die vrug is dus die nuwe bekeerlinge onder die heidene waarna Paulus uitsien
vir sy besoek aan Rome.
6. Wat bedoel Paulus as hy sê dat hy ʼn skuldenaar is teenoor alle mense? (vers
14-15)
Dat die Here vir Paulus verlos het en hom verander het van ʼn vervolger van die Here
Jesus na ʼn navolger van Jesus Christus, het so ʼn geweldige indruk op hom gemaak
dat hy net nooit kon ophou om die Here daarvoor te dank nie. Daarby het hy ook
nog die apostelskap ontvang om sy dank aan die Here op ʼn spesifieke wyse te
betoon. Die grootheid van die Here se genade aan Paulus het gemaak dat hy ʼn
skuldenaar is teenoor alle mense.
Dit is vir Paulus ondenkbaar om nie vir ander mense te vertel van die verlossing wat
God deur Jesus Christus skenk nie. Daarom is hy oortuig dat hy dit aan alle mense
verskuldig is – hy moet hulle vertel anders het hy sy plig en verantwoordelikheid
teenoor hulle versaak.
Paulus het die verantwoordelikheid teenoor Grieke en nie Grieke – dit wil sê, teenoor
elke nasie of volk. Dit is ʼn verantwoordelikheid wat hy ook het teenoor verstandiges
en onverstandiges – dit wil sê, teenoor elkeen in die samelewing maak nie saak hoe
bekend of geleerd of ryk die persoon is nie.
13
Dit is oor hierdie verantwoordelikheid wat Paulus teenoor alle mense het wat die
verlange in hom aan die brand hou om ook by die mense in Rome uit te kom. Hy wil
die evangelie ook aan hulle verkondig.
Besprekingsvrae
1. Ander mense het oor die geloof van die gelowiges in Rome gepraat en so het
Paulus daarvan te hore gekom. Wat sal die mense oor ons gemeente se geloof
vir ander mense kan vertel?
2. Hoe kan ʼn mens bepaal of jou diens aan die Here gepas en aanvaarbaar is?
3. Hoe weet jy of jy moet aanhou bid wanneer dit blyk dat jou gebede nie
beantwoord word nie?
4. Hoe sal ons die gedagte van om ʼn skuldenaar te wees teenoor ander mense ook
op onsself van toepassing maak?
3. Die tema van die brief – Romeine 1:16-1716Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ʼn krag
van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.17Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof,
soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
3.1 Vrae by Romeine 1:16-17
1. Waarom skaam Paulus hom nie oor die evangelie van Christus nie? (vers 16)
2. Wat bedoel Paulus as hy die evangelie noem die krag van God tot redding vir
elkeen wat glo? (vers 16-17)
In vers 14 en 15 het Paulus gesê dat hy as apostel vir die heidene verantwoordelik is
dat almal die evangelie van Christus behoort te hoor. Hy word gedring omdat hy
weet watter uitwerking die evangelie van Christus op sy eie lewe gehad het.
Daarom het hy ook die brandende verlange om in Rome die evangelie van Christus
te verkondig. Dus, omdat Paulus die waarde van die evangelie besef, is hy nie
skaam om hierdie evangelie aan alle ander mense mee te deel nie.
14
Daar is vyf dinge wat in hierdie twee verse genoem word wat dit duidelik maak dat
die evangelie van Christus die krag van God is. Die evangelie van Christus is tot
redding van elkeen. In hierdie woorde word daar van die standpunt af uitgegaan
dat alle mense verlossing nodig het. In die volgende gedeelte van vers 18 af tot by
Romeine 3:20 toon Paulus stelselmatig aan dat van die godsdienstige Jood tot die
wêreldse Griek is van God vervreem en onder God se toorn. Daarom het elke liewe
mens redding nodig. Wanneer aangetoon word dat alle mense redding nodig het, is
dit onvermydelik om die aaklige verlorenheid van alle mense ten toon te stel.
Die redding van sondaars het niks minder nie as die krag van God nodig.
Geen mens is in staat om homself van die oordeel van God en die straf van die
sonde te red nie. Indien dit vir die mens moontlik was om dit self te kon doen, sou
God nie sy Seun na hierdie wêreld gestuur het om so ʼn wrede dood aan die kruis te
sterf nie.
Die redding van die sondaar is ook nie ʼn gesamenlike projek van God en die mens
nie. Daarom moet ʼn mens weg bly van die gedagte dat God ʼn deel gedoen het en
nou moet die mens sy kant bring om uiteindelik verlos te wees nie. Die redding van
die sondaar is van die begin af tot in die ewigheid die werk van God. Hy roep die
mens, Hy regverdig die mens deur die geloof wat Hy in die mens gestort het en
uiteindelik verheerlik Hy die mens. Net God alleen kan ʼn sondaar red, daarom is die
evangelie van Christus die krag van God tot redding vir elkeen wat glo.
Die evangelie van Christus handel oor die geregtigheid van God. In die
evangelie van Christus word die geregtigheid van God geopenbaar. God is volmaak
regverdig en heilig. Hy het ʼn standaard gestel – die mens moet aan God alleen
gehoorsaam wees. Enige minagting van hierdie standaard, is ʼn oortreding wat
strafbaar is met die dood. Na regte moet God elke liewe mens laat sterf, want elke
liewe mens is ʼn skuldige sondaar.
In die evangelie van Christus toon God dat Hy nooit ophou om regverdig te wees
nie. Hy het sy Seun ʼn mens laat word in hierdie wêreld. Die mens het gesondig
daarom moet die mens die straf op die sonde dra. Jesus Christus wat tegelyk ware
God en ware mens is, sterf die dood as straf op die sonde. En elkeen wat in
15
Christus glo, kry deel aan die geregtigheid van Christus en word deur God regverdig
verklaar.
Verlossing is ʼn saak van geloof van begin tot einde. Hierdie geloof kan ook
saligmakende geloof genoem word. Saligmakende geloof behels dat ʼn mens sal
weet wie Jesus Christus, waarom Hy aan die kruis gesterf het en dat Hy opgewek is
uit die dood. Tweedens moet ʼn mens hierdie dinge nie net weet nie, maar dit as die
waarheid aanvaar. Die Heilige Gees oortuig die sondaar van die waarheid van die
evangelie. Deur hierdie oortuiging bewerk die Heilige Gees ook die vertroue in die
sondaar se hart dat Christus ook vir hom gesterf het.
Elkeen moet self glo dat Christus vir hom gesterf het. Die redding deur die
geloof in Christus is nie ʼn gemeenskaplike saak nie. Elkeen aan wie die evangelie
verkondig word, word individueel geroep om hom te bekeer en in Jesus Christus te
glo. Niemand kan namens iemand anders in Christus glo nie. Elke sondaar kan net
deur sy eie geloof in Christus regverdiging en verlossing ontvang.
Besprekingsvrae
1. Watter redes kan ʼn mens aanvoer dat jy skaam is vir die evangelie?
2. Wat kan ʼn gelowige doen om nie meer skaam vir die evangelie te wees nie?
3. Hoekom is dit belangrik om die geregtigheid van God te verstaan soos wat dit in
die evangelie geopenbaar word?
4. Hoe sal jy weet dat jy nie verniet glo nie?
4. Die nood van die mensdom – Romeine 1:18-3218Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die
goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die
waarheid onderdruk, 19omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar
is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 20Want sy onsigbare dinge kan van
die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word,
naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het
nie; 21omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of
gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul
16
onverstandige hart is verduister. 22Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het
hulle dwaas geword 23en die heerlikheid van die onverganklike God verander in
die gelykvormigheid van die beeld van ʼn verganklike mens en van voëls en
viervoetige en kruipende diere. 24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan
onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25hulle wat die waarheid
van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die
Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26Daarom het God hulle
oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike
verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27en net so het ook die manne
die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar
ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die
noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. 28En omdat hulle dit nie
die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle
oorgegee aan ʼn slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: 29hulle is
vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol
nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30nuusdraers, kwaadspre-
kers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van
slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31onverstandig, ontrou, sonder
natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32mense wat al ken hulle die
verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié
dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat
dit doen.
4.1 Vrae by Romeine 1:18-23
1. Wat is die eerste oorsaak dat God sy toorn van die hemel af openbaar? (vers
18-20)
2. Wat is die tweede oorsaak dat God sy toorn van die hemel af openbaar? (vers
21-23)
3. Wat maak God van Homself bekend deur sy toorn van die hemel af te
openbaar? (vers 18-19)
4. Wat maak God van Homself bekend wanneer Hy sy ewige krag en goddelikheid
in die skepping openbaar? (vers 20)
17
Toe Paulus die tema van die brief genoem het in die vorige twee verse het hy gesê
dat die geregtigheid van God in die evangelie van Christus geopenbaar word. God
se geregtigheid word onder andere in die evangelie geopenbaar deurdat Hy die
sonde regverdig in sy Seun straf. Maar die vraag is: Waarom is God se geregtigheid
so streng dat Hy selfs sy eie Seun wat mens geword het met die dood moes straf?
In Romeine 1:18-23 openbaar die Here self die twee dinge wat mense gedoen het,
sodat God nie anders kan nie as om sy toorn van die hemel af te openbaar.
Die eerste rede waarom God sy toorn van die hemel af openbaar – mense het in
hulle ongeregtigheid die waarheid aangaande God en kennis van Hom
onderdruk het.
Die tweede rede waarom God sy toorn van die hemel af openbaar – alhoewel
mense God geken het, het hulle Hom nie verheerlik of gedank nie maar eerder
beelde van skepsels gemaak en dit verheerlik en aanbid.
Om te weet wat God van Homself bekend maak wanneer Hy sy toorn van die hemel
af openbaar, moet ʼn mens oplet waarom Hy sy toorn van die hemel af openbaar.
God openbaar sy toorn van die hemel af oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid
van die mense. Die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense is hulle
onderdrukking van die waarheid aangaande God en hulle gevolglike aanbidding van
skepsels in plaas daarvan om die Skepper te aanbid.
Wanneer God dan sy toorn van die hemel af oor die goddeloosheid en
ongeregtigheid van die mense openbaar, maak Hy Homself as die heilige God
bekend wat geen sonde duld nie. God kan nie sondes verdra nie, daarom
openbaar Hy sy toorn van die hemel af. Vanaf vers 24 word dit bekend hoe God
reeds in hierdie lewe sy toorn oor die goddeloosheid en ongeregtigheid van die
mense openbaar.
Wanneer God sy ewige krag en goddelikheid in die skepping openbaar, maak Hy
Homself as die almagtige en ewige God bekend. Deur net na die skepping en die
verskeidenheid van skepsels te kyk en raak te sien hoe alles by mekaar hoort en
18
saamwerk, kan ʼn mens nie anders nie as om te besef dat God alwys en almagtig is.
Deur die openbaring in die skepping kan ʼn mens wel nie die verlossing wat Jesus
Christus bewerk het, leer ken nie, maar jy kan God se ewige krag en goddelikheid
leer ken. Daarom het niemand enige verontskuldiging nie.
5. Wat doen mense met die waarheid aangaande God wat geken kan word? (vers
18)
Die waarheid van God is helder en duidelik sigbaar vir die mens van die begin af. In
die skepping openbaar God Homself as die almagtig en ewige God en in sy toorn
openbaar Hy Homself as die heilige God wat geen sonde verdra nie, maar dit
regverdig straf. In sy verwaandheid onderdruk die mens hierdie waarheid
aangaande God.
Mense onderdruk die waarheid deur dit eenvoudig te ignoreer en maak asof dit nie
bestaan nie. Maar aangesien dit aanhoudend in die gesig van die mens gegooi
word, probeer hy dit met allerhande slim redenasies weg redeneer deur die ontstaan
van die skepping aan evolusie toe te skryf – as alles self ontstaan het, is daar mos
nie ʼn God voor wie jy jouself moet verantwoord nie. En die ongeluk en hartseer wat
die mens beleef as gevolg van sy sonde word met psigologiese en filosofiese
argumente beredeneer. Gevolglik bly die mens maar altyd die arme onskuldige
mens wat aan omstandighede uitgelewer is waaraan hy klaarblyklik niks kan doen.
6. Watter gevolge dra die mense omdat hulle die waarheid onderdruk het? (vers
21-23)
In verse 18 tot 20 het Paulus onteenseglik aangetoon dat God Homself deur middel
van sy skepping geopenbaar het as die ewige en almagtige God. Hierdie
openbaring van Homself is so duidelik dat daar niemand is wat hom kan
verontskuldig deur te sê dat hy nie geweet het daar is ʼn God nie. Alle mense oor die
ganse wêreld heen het ʼn oortuiging dat daar iemand groter as hulleself is – iemand
wat die wêreld geskep het en die mens se lewe regeer. Hierdie iemand is waardig
om aanbid te word.
19
In plaas daarvan dat die mense die enigste God erken, het hulle eerder die waarheid
wat voor hulle oë is onderdruk en dit het vir hulle verskriklike gevolge meegebring.
Hulle het God nie as God verheerlik en gedank nie. Die mens wil nie aan die
almagtige en ewige God dank en heerlikheid bring vir al sy seëninge nie. Wanneer
die mens dit doen, weet hy dat hy homself ook aan hierdie almagtige en ewige God
moet onderwerp en inval by sy reëls en voorskrifte. Daarom het die mens eerder die
waarheid aangaande God onderdruk en gevolglik het hy God nie verheerlik of
gedank nie.
Die waarheid aangaande God is die lig wat in hierdie wêreld skyn. Maar omdat die
mens die waarheid onderdruk het, het hy in sy oorlegginge dwaas geword en dit
het gelei tot ʼn verduistering van hulle onverstandige hart. Aangesien die mens
die enige waarheid voor sy oë weggeneem het, het dit nie beteken dat hy ʼn ander
waarheid ontdek het nie. Daar is immers net een absolute waarheid en sy Naam is
God. Maar as jy nie die waarheid het nie, gaan jy dwaas word en hierdie dwaasheid
is gelykstaande aan duisternis. Die mens kan nie ʼn vaste koers in sy lewe kry nie,
want hy het nie meer die lig van die waarheid nie. Op elke terrein van sy lewe is sy
duistere onverstandige hart sy enigste rigtingaanduider.
In sy verduisterde hart is die mens nog so verwaand om homself wys te noem en
voor te gee dat hy wys is. Maar in werklikheid het hy dwaas geword en hy weet
dit nie eers nie. Wysheid begin met die vrees van die Here. Maar aangesien die
mens in sy ongeregtigheid die Here uit sy wêreld verdring het omdat hy die Here nie
wil vrees nie, is die enigste alternatief dwaasheid. Maar omdat sy hart so verduister
is, kan hy nie insien dat sy sogenaamde wysheid eintlik dwaasheid is nie.
Dwaas in hierdie sin verwys nie na ʼn verstandelike gebrek by die mens nie. Dit
verwys na die geestelike en morele gebrek omdat die mens God nie wil erken en
aanbid nie.
Die dwaasheid van die mens lei uiteindelik daartoe dat hy beelde van skepsels
as sy god begin sien en aanbid. Die mens wat die waarheid aangaande God
20
onderdruk, beland uiteindelik by afgodery waar hy aan beelde van mense of diere
die eer bring wat hy eintlik aan die onverganklike God moet bring.
Besprekingsvrae
1. Watter gedagtes word by jou opgewek wanneer jy van die toorn van God hoor?
2. Hoekom is dit regverdig om siektes of rampe te verbind aan die toorn van God
oor die sondes van die mens?
3. Watter gevolge is daar vir die mens van vandag wat die waarheid aangaande
God onderdruk?
4. Hoe kan gelowiges in hulle lewe van elke dag heerlikheid en dank gee aan God?
4.2 Vrae by Romeine 1:24-27
1. Watter struktuur merk jy op in hierdie gedeelte? (wat word herhaal)
2. Watter sonde het die mense gedoen dat God hulle aan sonde oorgegee het?
(vers 25)
Paulus het in vers 18 begin om te sê dat God sy toorn van die hemel af openbaar
oor die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense. Die ongeregtigheid wat die
mense gepleeg het, was om die waarheid aangaande God te onderdruk (Rom 1:18).
Omdat hulle God voor hulle oë en uit hulle harte verdring het, het hulle die skepsel in
plaas van die Skepper aanbid en geëer (Rom 1:23).
Die Here het Homself nie ongeopenbaar gelaat teenoor mense nie. Inteendeel, die
Here het Homself van die begin van die skepping af aan die mens geopenbaar in sy
werke. In sy werke kan die ewige krag en goddelikheid van God opgemerk word
(vgl. Rom 1:19-21). Daarom is daar vir geen mens enige verontskuldiging nie – God
kan geken word en die mense het God geken. Tog het hulle hierdie waarheid
onderdruk. Maar omdat die mens iemand groter as hy self wil hê om te dien, het hy
die eer wat hy aan God moes gee aan die beelde skepsels gegee wat hy nou as sy
gode beskou.
In vers 25 en 28 sê Paulus weer wat die mense gedoen het – hulle het die
waarheid van God verruil vir die leuen (vgl. Rom 1:18). Dit het daarop uitgeloop
21
dat die mense die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat tot in
ewigheid geprys moet word (vgl. Rom 1:19-21).
Omdat mense die kennis van God ignoreer en die waarheid onderdruk, openbaar
God sy toorn van die hemel af. Hy doen dit deur die mense oor te gee. Die
werkwoord oorgegee word drie maal herhaal in vers 24, 26 en 28. God het die
mense oorgegee aan onreinheid, aan homoseksuele verhoudings en gedrag, en aan
ʼn slegte gesindheid wat tot uiting kom in allerhande sosiaal afbrekende sondes.
Die sonde wat die mense gedoen het wat daartoe aanleiding gegee het dat God
hulle aan hulle sondes oorgegee het, word in vers 25 herhaal. Hulle het die
waarheid van God verruil vir die leuen en die skepsel vereer en gedien bo die
Skepper wat tot in ewigheid geprys moet word. Reeds in vers 21 tot 23 het
Paulus hierdie sonde van die mense opgemerk. Omdat mense God nie geëer of
gedank het nie, het hulle dwaas geword en hulle onverstandige hart verduister.
Hierdie dwaasheid en duisternis het daartoe gelei dat hulle afgode van watter
skepsels ook al gedien het in plaas van die lewende God.
Die waarheid van God is die openbaring van God self in sy toorn oor die sonde en in
sy werk as Skepper. Hierdie geopenbaarde waarheid staan ook bekend as die
algemene openbaring van God. Om God in besonder te ken en ook te weet hoe ʼn
mens van jou sonde en die toorn van God verlos kan word, het jy die Woord van
God nodig. Daarin openbaar die Here Homself as die Verlosser in en deur sy Seun.
In plaas daarvan om aan hierdie geopenbaarde waarheid van God vas te hou, het
die mense hierdie waarheid verruil vir die leuen. Die leuen bestaan daarin dat ʼn
mens enigiets anders as God ook kan aanbid en dien. Die leuen gaan verder om te
dink dat die skepsel wat dan nou as god vereer word geheel en al onafhanklik van
God kan bestaan so asof die skepsel ook nou gelyk aan God geword het.
Deur na God as Skepper te verwys, neem Paulus die leser terug na Genesis 1:1. In
daardie woorde word dit duidelik geopenbaar dat God geheel en al onafhanklik bo
die ganse skepping is. Hy bring die skepping te voorskyn deur dit te skep. Die hele
skepping is van God afhanklik en kan nie een oomblik sonder God bestaan nie.
22
Daarom moet God vir ewig geprys word en die mens moet nie eers daaraan dink om
aan ʼn skepsel die eer te gee wat God toekom nie.
3. Wat bedoel Paulus wanneer hy sê dat God die mense aan hulle sondes
oorgegee het? (vers 24, 26, 28)
Drie keer word daar gesê dat God die mense oorgegee het aan onreinheid (vers 24),
aan skandelike hartstogte (vers 26) en aan ʼn slegte gesindheid (vers 28). Die
gedagte dat God mense aan hulle eie ongeregtighede oorgee, kom reeds in die Ou
Testament voor. Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland;
maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul. Maar my volk het na my stem nie
geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie. Toe het Ek hulle oorgegee
aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. (Psalm
81:11-13 AFR53) (vgl. ook Hand 7:42)
Wanneer mense hulle rug op God draai terwyl hulle die waarheid van God kan leer
ken en volhardend wegdraai van die Here af, draai die Here ook uiteindelik van die
mense af weg. Wanneer die Here die mense oorgee aan hulle sondes neem Hy sy
hand van hulle af weg, sodat die sonde sy aaklige loop met hulle kan neem.
4. Aan watter sondes is die mense oorgegee volgens vers 24?
5. Aan watter sondes is die mense oorgegee volgens vers 26-27?
God het die mense wat volhard om die waarheid te verruil vir die leuen in die
begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid. Hierdie onreinheid kom
daarin uit dat die mense hulle liggame onder mekaar onteer. Hier verwys Paulus
na die seksuele wellus wat hoogty vier onder die mense.
God het as Skepper aan die mense die emosionele en liggaamlike vermoëns
geskenk om ʼn seksuele verhouding te mag hê tussen een man en een vrou in die
geborgenheid van die huwelik. Dit is deur middel van hierdie intiemste verhouding
tussen ʼn man en ʼn vrou dat die hegte verhouding tussen Christus en sy kerk
verbeeld word (Efes 5:31-32).
23
Die mense het egter van die seksuele verhouding iets gemaak wat dit nie behoort te
wees nie. Daar word geld mee gemaak – prostitusie – of dit word gebruik om
allerhande gunste aan mense te verseker. In die oë van die Here is sulke seksuele
verhoudings niks anders as hoerery nie. Daarom word mense ernstig gewaarsku
teen enige seksuele verhouding wat nie binne die geborgenheid van die huwelik is
nie (1 Kor 6:16-20).
Die mense wat die waarheid van God verruil vir die leuen is deur God aan
skandelike hartstogte oorgegee. Hierdie skandelike hartstogte kom daarin uit dat
die vroue die natuurlike verkeer verander in dit wat teen die natuur is en net so
het die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en hulle wellus het
teenoor mekaar ontbrand. Hier verwys Paulus na die homoseksuele verhoudings
en praktyke wat tussen vrouens en vrouens en tussen mans en mans plaasvind.
Deur net te kyk hoe die man en die vrou se liggame van mekaar verskil, toon tog aan
dat die bedoeling van die Here van die begin af was dat die man en vrou bymekaar
moet kom en bymekaar moet bly in die huwelik. Dit is hoe God immers die eerste
mense geskep het – een man en een vrou wat by hom pas. Dit is die natuurlike en
egte verhouding.
In sy verdwaaldheid weg van die Here af het die mens dit wat logies bymekaar hoort
uitmekaar geskeur om die onlogiese ding te doen. Vroue verkeer seksueel met
ander vroue en mans verkeer seksueel met ander mans. Daarom skryf Paulus dat
hierdie verhoudings en praktyke teen die natuur is.
Hierdie onnatuurlike verhoudings en praktyke tussen mense van dieselfde geslag
het in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. In hullesself
dra hierdie mense die loon vir hulle misdade teen die Here. Hier kan ʼn mens dink
aan al die emosionele en liggaamlike gevolge wat so ʼn teen natuurlike verhouding
en praktyk meebring.
Besprekingsvrae
1. Watter vorme van afgodery is deesdae in praktyk?
2. Hoe kan ʼn mens jouself teen afgodery beskerm?
24
3. Wat kan en behoort gedoen te word om Christelike waardes in ʼn land of
gemeenskap te herstel?
4. Kan ʼn mens wat deur die Here aan sy sondes oorgegee is tot bekering kom of is
daar geen omdraai vir hom meer moontlik nie?
5. Kan iemand wat verslaaf is aan sondige seksuele verhoudings en praktyke
gered word?
4.3 Vrae by Romeine 1:28-32
1. Wat is die oorsaak dat God mense aan ʼn slegte gesindheid oorgee? (vers 28)
2. Waaraan het God hierdie mense oorgegee? (vers 28)
Die sondes wat hierdie mense doen, is anders as dit waarvan ʼn mens in vers 23 en
25 gelees het. Daar is daar gepraat van die onderdrukking van die waarheid
aangaande God en gevolglik het die mense dwaas geword en die skepsels as gode
begin vereer in plaas van om God te dien en eer. Afgodery is egter nie die enigste
gevolg vir die mens wanneer hy die waarheid aangaande God onderdruk nie.
Mense onderdruk die waarheid aangaande God en die gevolg is dat hulle dit
nie die moeite werd ag om God in erkentenis te hou nie. Die begrip moeite werd
ag is ʼn woord in die oorspronklike wat gebruik word om iets te toets en ondersoek of
dit eg is, soos wanneer ʼn mens ʼn stuk metaal sal ondersoek om te sien of dit regtig
goud is. Aangesien hierdie mense die waarheid aangaande God onderdruk het en
dus nie erken dat Hy God en almagtig is nie, is hulle vermetel genoeg om God aan
sekere toetse te onderwerp om agter te kom of Hy eg is. Watter toets hulle ook al
aangelê het om God se egtheid mee te toets het hulle tot die gevolgtrekking gebring
dat Hy nie eg is nie en daarom is dit nie eers nodig om enige erkenning aan Hom te
gee nie. Om die waarheid te sê, jy kan maar van God vergeet.
God het hierdie mense oorgegee aan ʼn slegte gesindheid om te doen wat nie
betaam nie. Die woord wat ons vertaal met slegte hou verband met die woord wat
ons vertaal het met moeite werd ag. Die mense het kwansuis God aan ʼn toets
onderwerp en Hom klaarblyklik in hulle gedagtes as oneg bevind. Nou het God hulle
25
oorgegee aan ʼn waardelose gesindheid of gedagte. Hulle gedagtes is ook deur God
getoets en as oneg bevind.
Met hierdie slegte gedagtenis of gesindheid kan die mense nie ʼn waardevolle morele
oordeel maak nie. Gevolglik doen hulle dinge wat nie betaam nie. Dit is dinge wat
selfs onder heidene as aanstootlik en afskuwelik beskou word.
3. Watter sondes is die gevolg van die slegte gesindheid waaraan God hierdie
mense oorgegee het? (vers 29-31)
In hierdie lys van sondes wat Paulus noem, word daarop gewys hoe die
ongeregtigheid van die mense uiteindelik alle verhoudings tussen mense
afbreek sodat ʼn hele samelewing daaronder ly. Hierdie is een van baie lyste van
sondes wat Paulus maak (vgl. Rom 13:13; 1 Kor 5:10-11; 6:9-10; 2 Kor 12:20; Gal
5:19-21; Efes 4:19, 31; 5:3-5; Kol 3:5, 8; 1 Tim 1:9-10; 6:4-5; 2 Tim 3:2-5; Tit 3:3).
Dit was algemeen in daardie tyd om sulke lyste van sondes te maak. Selfs heidense
skrywers wat oor die gedrag van mense geskryf het, het soortgelyke lyste gehad met
soortgelyke sondes.
Die lys begin met hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid. Ongeregtigheid
is ʼn algemene begrip vir sonde. Met hierdie woord word uitgedruk dat die sondaar
ander mense en God van hulle regte beroof. Die lewe draai vir so ʼn mens net om
homself en hy is geensins gepla oor iemand anders nie.
Boosheid – hierdie woord word dikwels gebruik om die duiwel te benoem. Iemand
wat vervul is met boosheid is doelbewus daarop gerig en daarmee besig om mense
aan te val en seer te maak. Ons vertaling in Afrikaans het ook nog hoerery voor
boosheid. Ek is van oordeel dat die vertalers hier ʼn fout gemaak het deur die woord
wat ons met boosheid vertaal te lees vir die woord wat ons met hoerery vertaal. In
Grieks is die klank van die twee woord naby aan mekaar (ponêria – boosheid, en
pornê – hoerery).
Hebsug – iemand wat hebsugtig is, is daarop uit om soveel as moontlik vir homself
26
in te palm. Daar is geen perke aan sy selfsug nie en in sy hebsugtigheid is hy glad
nie gepla oor watter invloed sy optrede op ander mense het nie. Hy is ʼn volslae
egoïs.
Ondeug – hierdie woord is die mees algemene beskrywing vir iets of iemand wat
sleg is. Dit is moeilik om in so iemand iets te vind waaroor jy hom kan aanprys.
Nydigheid – daar word ʼn onderskeid gemaak tussen jaloesie en nydigheid. Iemand
wat jaloers is, begeer om te hê wat iemand anders het maar hy het nog nie kwade
gevoelens teenoor die persoon omdat hy die ding het nie. Iemand wat nydig is, wil
eerder iemand anders die ding ontsê wat hy het as wat hyself die ding wil hê.
Moord – is dikwels die uiteindelike gevolg van nydigheid. Nydigheid is baie maal die
saad van moord (vgl. Matt 5:21-22; Mark 15:10).
Twis – is ook ʼn uitvloeisel van nydigheid. So ʼn mens is van geaardheid bakleierig.
Bedrog – is die doelbewuste misleiding van iemand anders sodat jy die voordeel
daaruit kan kry.
Kwaadaardigheid – ʼn kwaadaardige persoon is iemand wat altyd net die slegste
van ander mense dink en verwag. Dit is die teenoorgestelde waartoe Christene
opgeroep word (1 Kor 13:7).
Nuusdraers – die woord kan ook vertaal word met fluisteraar. Dit is iemand wat
heimlike slegte stories oor iemand versprei.
Kwaadsprekers – dit is iemand wat openlik slegte stories oor iemand anders
versprei.
Haters van God – dit is iemand wat God as ʼn hindernis in sy lewe sien. God wil net
sy pret bederf, daarom haat hy Hom.
Geweldenaars – is mense wat dink hulle is belangriker as ander mense en daarom
27
behandel hulle ander mense ook as minderwaardig en beledigend. Daar is ʼn trots in
hulle oor wat hulle dink hulle kan regkry.
Trotsaards – is hoogmoedige mense en in hulle optrede is hulle arrogant teenoor
ander mense.
Grootpraters – dit is mense wat geen gronde het om iets te bevorder nie, daarom
loop hulle rond met leë spogtery waarmee hulle ander mense om die bos lei.
Uitvinders van slegte dinge – is die mense wat daarop uit is om mense nog meer
te skok met hulle sondes as wat iemand anders dit kon regkry.
Ongehoorsaam aan die ouers – hierdie sonde tref in die hart van ʼn huisgesin.
Sulke mense het geen waardering vir hulle ouers nie en verag enige ouerlike gesag.
Onverstandig – dit is mense wat veral ten opsigte van morele sake onnosel besluite
neem. Hulle dink nie daaraan dat hulle God moet eer met hulle doen en late nie.
Ontrou – dit is mense wat nie hulle woord kan hou en op wie jy nie kan pyl trek nie.
Sonder natuurlike liefde – selfs heidene het nog onder die algemene genade van
die Here liefde vir hulle kinders en ouers. Hierdie mense wat liefdeloos is, het selfs
die natuurlike liefde verloor.
Onbarmhartig – dit is iemand wat geen gevoel van medemenslikheid meer in hom
oor het nie.
Die woord onversoenlikheid kom nie in die oorspronklike voor nie.
4. Wat is die dieptes van die slegte gesindheid waaraan God mense oorgegee het?
(vers 32)
Al ken hierdie mense die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge
doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle
28
goedkeuring skenk aan die wat dit doen. Kragtens die algemene genade van
God weet mense nog van reg en verkeerd, betaamlik en onbetaamlik. Sommige
mense is ook so bevoorreg om die Tien Gebooie van God te ken. Maar alhoewel
mense weet daar is gevolge wanneer hulle die verkeerde en onbetaamlike dinge
doen en kragtens die wet ook weet dat mense wat die gebooie van die Here oortree
die dood verdien, gaan mense onverpoos voort om hulle eie kop te volg.
Hulle het mos dit nie van waarde geag om die kennis van God behou nie of om God
in erkentenis te hou nie. Hulle eie sondige lewe is al wat vir hulle tel. Daarom gaan
hulle voort in hierdie sondige lewe. Maar dit is nie net vir hulle goed om self die
verkeerde dinge te doen nie. Hulle keur dit ook goed as ander mense dit doen.
Besprekingsvrae
1. Kan ʼn ware gelowige ook aan slegte gesindheid oorgegee wees of gebeur dit
met ongelowiges? (Sein 1 Kor 5)
2. Hoekom is dit belangrik om te weet dat sonde in ʼn mens se gedagte of hart
begin?
3. Watter strategie moet ʼn mens hê om die sonde dan te oorwin?
4. Sou jy sê dat die lys van sondes bedoel is om ʼn volledige lys te wees? Motiveer
jou antwoord.
29