tel: (012) 845-8300 epos: [email protected] is waar petrus die romeinse offisier cornelius...

4
31 JANUARY 2018 ONDER LEIDING VAN: TEL: (012) 845-8300 EPOS: [email protected] BERAAMDE TOERPRYS: R33 990.00 ($1 = R13.10) - ( sien bl 2 vir valuta aanpassings ) DAG 01 JOHANNESBURG / TEL AVIV 12 NOV Groot opgewondenheid! U ontmoet mekaar 3-ure voor vertrek by O.R. Tambo Internasionale Lughawe, handel die nodige MAAN formaliteite af, groet en vertrek op u vlug LY 054 om 11:00 am na Ben Gurion Lughawe Tel Aviv. Ons arriveer op Ben Gurion Lughawe om 21:30 pm waar ons groep ontmoet en oorgeplaas word na ons toerbus. Vertrek na u Hotel in Tel Aviv vir oornag. DAG 02 TEL AVIV – QUMRAN – EIN GEDI – MASADA – EIN BOKEK 13 NOV Vanoggend na ontbyt reis ons suid na die Qumrangrotte waar die Dooie See Boekrolle ontdek is. Kyk na DINS ’n kort video oor die geskiedenis van Qumran. Loop en besigtig die grotto. By diè Kibboets is ’n pragtige winkel waar U aandenkings kan koop. Reis verder suid na Ein Gedi, ‘n kibboets geleë aan die oewers van die Dooie See. Ons gaan na ‘n spesiale uitkykarea waar ons pragtige foto’s kan neem van die Waterval van Ein Gedi. Dit is hier waar Dawid weggekruip het vir koning Saul (1 Samuel 24:1). Hierna vertrek ons na die impossante Berg Masada. Ons bestyg die berg met ‘n kabelkar. Bo-op die berg besigtig ons die bouvalle van 'n Joodse vesting en luister na die fassineerende geskiedenis van die 967 Jode wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulself in die hande van hul Romeinse besetters oor te gee. Vertrek na Ein Bokek waar u vanaand tuisgaan by u Hotel wat ideaal geleë is op die oewers van die Dooie See. Hier sal u die geleentheid hê om in die Dooie See te swem of te dryf, voordat u aandete en oornag geniet. DAG 03 EIN BOKEK – BETHABARA – JERIGO* – BET SHEAN – NASARET 14 NOV Vanoggend na ontbyt reis ons noord al langs die Jordaanrivier en besoek Bethabara (Joh 1:25), volgens oorlewing die korrekte WOEN plek waar Johannes vir Jesus gedoop het. Reis verder na die oudste stad in die wêreld Jerigo*, die stad wat onder Josua se aanvoering vernietig is (Joshua 4:5-6). Besoek Elisa se Fontein waar hy water soet gemaak het, en besigtig die Berg van Versoeking. Ons vertrek na Bet Shean – waar die liggame van Saul en sy seuns aan die stadsmure vasgemaak was. Ons loop deur die opgrawings wat ‘n merkwaardige stad onthul, een wat opgeneem het die “Glory of Rome”, beste van hellenistiese kultuur. Sien ‘n tipiese Romeinse Kardo, ‘n hoof kommersiële verkeersweg wat die boonste stad, die mark, Romeinse badhuis en teater verbind het. Reis verder na u Hotel in Nasaret vir aandete en oornag. DAG 04 NASARET – KANA – MAGDALA – TIBERIAS 15 NOV Vanoggend na ontbyt in Nasaret besoek ons die Kerk van Aankondiging en Josef se Grot. Daarna DOND Nazareth Village”. Hier gaan ons terug na bybelse dae soos wat Nasaret was ± 2 000 jaar gelede. U gaan die gevoel kry van hoe dit was toe Jesus self hier gebly het. Hierna reis ons via Kana waar Jesus sy eerste wonderwerk verrig het na ’n spesiale dorpie Magdala, die geboorteplek van Maria Magdalena wat ’n vissersdorpie was in die tyd van Jesus. Sien die onlangse nuwe opgrawings van ‘n eerste eeu se stad en sinagoge. Vertrek na ons Hotel in Tiberias vir aandete en oornag.

Upload: vuongdien

Post on 07-Sep-2018

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

31 JANUARY 2018

ONDER LEIDING VAN:

TEL: (012) 845-8300 EPOS: [email protected]

BERAAMDE TOERPRYS: R33 990.00 ($1 = R13.10) - (sien bl 2 vir valuta aanpassings)

DAG 01 JOHANNESBURG / TEL AVIV 12 NOV Groot opgewondenheid! U ontmoet mekaar 3-ure voor vertrek by O.R. Tambo Internasionale Lughawe, handel die nodige MAAN formaliteite af, groet en vertrek op u vlug LY 054 om 11:00 am na Ben Gurion Lughawe Tel Aviv. Ons arriveer op Ben Gurion

Lughawe om 21:30 pm waar ons groep ontmoet en oorgeplaas word na ons toerbus. Vertrek na u Hotel in Tel Aviv vir oornag. DAG 02 TEL AVIV – QUMRAN – EIN GEDI – MASADA – EIN BOKEK 13 NOV Vanoggend na ontbyt reis ons suid na die Qumrangrotte waar die Dooie See Boekrolle ontdek is. Kyk na DINS ’n kort video oor die geskiedenis van Qumran. Loop en besigtig die grotto. By diè Kibboets is ’n pragtige

winkel waar U aandenkings kan koop. Reis verder suid na Ein Gedi, ‘n kibboets geleë aan die oewers van die Dooie See. Ons gaan na ‘n spesiale uitkykarea waar ons pragtige foto’s kan neem van die Waterval van Ein Gedi. Dit is hier waar Dawid weggekruip het vir koning Saul (1 Samuel 24:1). Hierna vertrek ons na die impossante Berg Masada. Ons bestyg die berg met ‘n kabelkar. Bo-op die berg besigtig ons die bouvalle van 'n Joodse vesting en luister na die fassineerende geskiedenis van die 967 Jode wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulself in die hande van hul Romeinse besetters oor te gee. Vertrek na Ein Bokek waar u vanaand tuisgaan by u Hotel wat ideaal geleë is op die oewers van die Dooie See. Hier sal u die geleentheid hê om in die Dooie See te swem of te dryf, voordat u aandete en oornag geniet.

DAG 03 EIN BOKEK – BETHABARA – JERIGO* – BET SHEAN – NASARET 14 NOV Vanoggend na ontbyt reis ons noord al langs die Jordaanrivier en besoek Bethabara (Joh 1:25), volgens oorlewing die korrekte WOEN plek waar Johannes vir Jesus gedoop het. Reis verder na die oudste stad in die wêreld Jerigo*, die stad wat onder Josua se

aanvoering vernietig is (Joshua 4:5-6). Besoek Elisa se Fontein waar hy water soet gemaak het, en besigtig die Berg van Versoeking. Ons vertrek na Bet Shean – waar die liggame van Saul en sy seuns aan die stadsmure vasgemaak was. Ons loop deur die opgrawings wat ‘n merkwaardige stad onthul, een wat opgeneem het die “Glory of Rome”, beste van hellenistiese kultuur. Sien ‘n tipiese Romeinse Kardo, ‘n hoof kommersiële verkeersweg wat die boonste stad, die mark, Romeinse badhuis en teater verbind het. Reis verder na u Hotel in Nasaret vir aandete en oornag.

DAG 04 NASARET – KANA – MAGDALA – TIBERIAS 15 NOV Vanoggend na ontbyt in Nasaret besoek ons die Kerk van Aankondiging en Josef se Grot. Daarna DOND “Nazareth Village”. Hier gaan ons terug na bybelse dae soos wat Nasaret was ± 2 000 jaar gelede.

U gaan die gevoel kry van hoe dit was toe Jesus self hier gebly het. Hierna reis ons via Kana waar Jesus sy eerste wonderwerk verrig het na ’n spesiale dorpie Magdala, die geboorteplek van Maria Magdalena wat ’n vissersdorpie was in die tyd van Jesus. Sien die onlangse nuwe opgrawings van ‘n eerste eeu se stad en sinagoge. Vertrek na ons Hotel in Tiberias vir aandete en oornag.

31 JANUARY 2018

DAG 05 VOL DAG GALILEA + BOOT – YARDENITE – TIBERIAS 16 NOV Vanoggend na ontbyt vaar u per boot op die See van Galilea na Kapernaum om die oorblyfsels van die 2de eeuse sinagoge VRY (gebou op die plek waar die sinagoge in die tyd van Jesus was) te besoek. U sien ook 'n oliepers wat goed behoue gebly het.

Besoek die Berg van Saligsprekinge, waar die Bergpredikasie (Matt 5-7) deur Jesus gelewer is. U besoek Tabgha, waar die wonderwerk met die brode en visse plaasgevind het (Mark 6:34-44). Besoek die kapel van Mensa Christi, waar Jesus aan sy dissipels verskyn het by die see van Galilea (Johannes 21). Ons vertrek na Yardenite, die tradisionele doopplek in die Jordaan Rivier aan die suidpunt van die See van Galilea. Hier word geleentheid gebied aan diegene wat hulself graag in die Jordaan Rivier wil laat doop of herdoop (Opsioneel $12). Keer terug na u Hotel vir aandete en oornag.

DAG 06 TIBERIAS – MEGIDDO – BERG KARMEL – CAESAREA – JERUSALEM 17 NOV Vanoggend na ontbyt vertrek ons na Megiddo waar u die uitgrawings besoek, en uit kyk oor die SAT Jisreëlvlakte waar die groot eind-botsing - die Slag van Armageddon - vgl Openb 16:16 nog in die

toekoms gaan plaasvind. Daarna reis u na Berg Karmel en bestyg die berg vir ‘n kort besoek aan die plek (ook genoem “El Muhraka”) waar Elia deur die Baälprofete gekonfronteer was. Reis verder na Caesarea en besoek die gerestoureerde Romeinse Amfiteater, die oorblyfsels van ‘n Kruisvaarders vesting en 'n Bizantynstraat. Caesarea is waar Petrus die Romeinse offisier Cornelius gedoop het (Hand 10). Vertrek na dié pragtige en ewige stad van Jerusalem na u Hotel vir aandete en oornag.

DAG 07 ISRAEL MUSEUM – DAVIDSON MUSEUM – HEZEKIAH TONNEL – “KLANK & LIG VERTONING” – JERUSALEM 18 NOV Vanoggend na ontbyt vertrek ons na die Israel-museum waar u die Model van Jerusalem sal besoek, ‘n presiese replika van SON dié stad soos dit daar uitgesien het tydens die bewind van Koning Herodus. U besoek ook die “Shrine of

the Book”, ‘n gebou spesiaal ontwerp om die Dooie See-boekrolle te huisves. Daarna besoek ons die Davidson Museum geleë in die suid westelike hoek van die Tempelterrein. Hier sien U die opgrawings van die Suidelike Trappe van die Tempelgebou gedurende Koning Herodus se uitbreiding van die Tempelterrein. Vanhier loop ons duer die Mis Poort na die Stad van Dawid, en besoek Hezekiah Tonnel’s wat in 700 B.C. gegrawe was gedurende die heerskappy van Koning Hezekiah van Judea. Die tonnel is 1749 voet lank, en loop af van die Gihon Fontein af tot by die Bad van Siloam waar Jesus die blinde man gesond gemaak het. Die stap deur die donker tonnel is slegs vir toeriste wat fiks is vir die stap. Verkeer na u Hotel vir aandete. Na aandete ‘n spesiale uitstappie en u besoek die “Klank & Lig Vertoning” binne die mure van die ou stad en baie naby aan die Jaffahek. Keer terug na u Hotel vir oornag.

DAG 08 OLYFBERG – GETSEMANE – BETLEHEM* – “KOTEL TONNELS” – JERUSALEM 19 NOV Vanoggend na ontbyt besoek ons die Olyfberg met sy pragtige uitsig oor Jerusalem, waar Dawid eenkeer aanbid het (2 Sam 15: MAAN 30-32). Ons stap teen die berg af en besoek die Kerk van Angs en die Hemelvaartskapel. Ons stop by die Pater Noster

kerk waar Jesus die dissipels geleer om die "Onse Vader" te bid. Besoek ook die Dominus Flavit Kerk "die Here het gehuil" (Lukas 19:37-42) met 'n pragtige uitsig oor die Ou Stad. Vertoef in die tuin van Getsémané, plek van Jesus se worsteling, Sy gevangeneming en waar Hy verraai is (Matt 26:36-56). Hierna vertrek ons na Betlehem* waar u die Geboortekerk van Jesus en die Herdersvelde besoek. Verkeer na u Hotel vir aandete. Na aandete ‘n spesiale uitstappie waar u die “Kotel Tonnels” gaan besoek, ‘n tonnel wat onder die Tempelterrein uit gegrawe is. Keer terug na u Hotel vir aandete en oornag.

DAG 09 VOLDAG OU STAD – TUINGRAF – BERG SION – JERUSALEM 20 NOV Vanoggend na ontbyt begin ons toer van die Ou Stad. Ons betree Jerusalem deur die Mispoort en stap na die Klaagmuur, ook DINS bekend as die Westelike Muur, die Heiligste plek vir die Jode. Sien die Tempelterrein*, en aanskou die

pragtige El Aksa Moskee aan die buitekant, asook die Rotskoepel waar Salomo se tempel gestaan het en die rots waar Isak, volgens tradisie geoffer moes word. Volgende besoek ons die Bad van Batesda en gaan na die Vesting van Veroordeling en die Ecco Homo-boog. Volg die Via Dolorosa, ook bekend as die Lydensweg, en vertoef by die verskillende stasies. Ons volgende besoek is aan die Tuingraf. Ons loop duer die Ou Stad na die Damaskushek op na die Tuingraf ook bekend as Gordon se Golgota, definitief een van die hoogtepunte van ons toer!!! Hierna ry ons na Berg Sion en besoek die kerk St Peter in Galicantu, ook bekend as die Huis van Kajafas of die Kerk van Hanekraai, waar Petrus, Jesus verloën het. Ons besoek die Graf van Dawid en die Bo-Vertrek van die Laaste Avondmaal. Keer terug na u Hotel vir aandete en oornag.

DAG 10 JERUSALEM – BEN GURION / JOHANNESBURG 21 NOV Vanoggend baie vroeg vertrek ons na Ben Gurion Lughawe vir die vertrek op u vlug LY 051 om 09:00 terug na WOEN Johannesburg. Arriveer by O.R. Tambo Internasionale Lughawe om ± 18:00 na ‘n wonderlike toer in Israel met ’n verrykte gees, kosbare herinneringe en 'n nuwe vriendekring.

*** Neem asseblief kennis dat van tyd tot tyd, as gevolg van sekuriteit, is dit nie altyd moontlik om hierdie areas, wat onder die regsgebied van die Palestynse owerheid val, te besoek nie.

31 JANUARY 2018

REGISTRASIEENDEPOSITO:Ombesprekingstebevestig,benodigonsvanU’nvoltooideRegistrasieVorm

• EerstenieterugbetaalbaredepositovanR3500.00perpersoonnielateras30APRIL2018

• ’nTweedenieterugbetaalbaredepositovanR3500.00perpersoonnielateras30JUNIE2018

• Diebalansvandietoerprysworddeurdielugrederybenodig8/10wekevoorvertrek

OPREGISTRASIEBENODIGONS‘NAFSKRIFVANUPASPOORTWATGEFAKSKANWORDNA0864167388ofeposyvette@ptours.co.za

Onsbenodigvanu:(a)VoltooideRegistrasievorm

(b)Afskrifvandepositostrokie(faksofepos)

(c)DuiassebliefuverwysingsnommerP496,enuvanduidelikopdiedepositoaan

(d)‘nAfskrifvanupaspoort(liefs‘n“scanned”afskrif,maarkanookgefaksword)

Dietoerprysisgebasseerophuidigelugreisgelde,landreëlingskoste,petrolheffings,lughawebelastingsenenigeverandering in die wisslekoers, ten tye van die samestelling van die toerprogram, en is onderhewig aan dieveranderings in 2018. As gevolg van die fluktuasie in die internasionale wisselkoerse, is daar besluit om dietoerprogramtebaseerop’nwisselkoersvanUS $1 = R13.10. Diefinaletoerpryssalbepaalwordwanneerdievollebetalingvandietoerkostesdeuronsontvangisenwanneerdiebetalingsoorseegemaakis,ennadievliegtuigkaartjiesuitgereikis.

Diegekwoteerdeprysisgebaseerophuidigetarieweenisonderworpeaan2018verhogings

BAIE BELANGRIK: Indien u nie in besit is van ‘n paspoort wat vir ten minste 6 MAANDE vanaf terugkeerdatum geldig is nie, doen asb onmiddellik aansoek vir ‘n geldige paspoort. Dit neem 8 weke vir die departement van binnelandse sake om ‘n paspoort uit te reik. Kinders 18 jaar en jonger, moet in besit wees van ‘n “UNABRIDGED BIRTH CERTIFICATE”. (BAIE BELANGRIK). Sal U verantwoordelikheid wees om hierdie sertifikaat te verkry. Buitelandse paspoort houers moet ons kantoor onmiddellik kontak vir meer besonderhede. (YVETTE – 011 475 7900)

VALUTA (15) BERAAMDE TOER PRYS

$1 = R10.30 R29 790.00

$1 = R11.00 R30 840.00

$1 = R11.50 R31 590.00

$1 = R12.00 R32 340.00

$1 = R12.50 R33 090.00

$1 = R13.10 R33 990.00

$1 = R13.50 R34 590.00

$1 = R14.00 R35 340.00

$1 = R14.20 R35 640.00

$1 = R14.40 R35 940.00

KONTAK: YVETTE FOURIE Webtuiste: www.pilgrimagetours.co.za Tel: 011 475 7900 Faks: 086 416 7388 Epos: [email protected] Vir alle administrasie, depositos, finale betalings, navrae, registrasie vorms, paspoorte, forex, assuransie en vir enige verdere navrae, inligting op die program, info oor Israel

31 JANUARY 2018

TERME&VOORWAARDES–10DAGISRAELBELEWENIS–NEVIL&RINANORDEN12–21NOVEMBER2018

BERAAMDETOERPRYSVANAF:R33990.00($1=R13.10)SOOSBEREKENOP31JANUARIE2018Die toerprys is gebaseer op LUGREISGELDE en LANDREëLINGS, beskikbaar ten tye van die samestelling van die reisprogram en is onderhewig aanveranderingindiebogenoemde.Internasionalewisselkoerseskommelaansienlik,enLugreisgeldeen/ofbrandstofheffingswordookop‘ngereeldebasisaangepas.Daaromisdaarbesluitomonsprogramtebaseerop‘nwisselkoersvanVSA$1=R13.10. DIEVOLGENDEISBYDIETOERPRYSINGESLUIT:

• TWEEETESPERDAG(ONTBYT&AANDETE)–BEHALWEDAG1&9(AANDETEAANBOORD)• NEGENAGTEAKKOMMODASIEINEERSTEKLASHOTELLE(4*),OP’NDEELBASIS(VERBLYFINTWEEBED/DUBBELKAMERS)• RETOERVLIEGKAARTJIESVANAFJOHANNESBURG/TELAVIV/JOHANNESBURGOPELALLUGREDERY• ALLEBESIENSWAARDIGHEDESOOSOPDIEPROGRAMAANGEDUI• ALLEOORPLASINGSVANAFDIELUGHAWE–HOTEL–LUGHAWE• LUUKSELUGVERKOELDEBUSVERVOER• DIENSTEVAN‘NENGELSPREKENDECHRISTENGIDS• FOOITJIESAANGIDS,DRYWERENHOTELSTAF• LUGHAWEBELASTING&BRANDSTOFHEFFING• REISVERSEKERING:GROEPPOLISVIRONDER70JAAR*• KLANK&LIGVERTONING(DavidCitadel)

DIEVOLGENDEISBYDIETOERPRYSUITGESLUIT:• MIDDAGETES,ENIGEITEMSVANPERSOONLIKEBELANG,BVTELEFOONOPROEPE,WASGOEDDIENS,DRANKIESGEDURENDEETES

OFDIEGEBRUIKVANDIEYSKASINDIEKAMERS,ENS• REISVERSEKERINGSPOLISVIRPERSONE70JAARENOUER(SENIORPOLIS)–TOESLAGVANTOEPASSING• BINNELANDSEVLUGTEENVERVOERNAENVANO.R.TAMBOLUGHAWEJOHANNESBURGSUIDAFRIKA

ENKELKAMERHEFFING:$800.00PERPERSOON• VIRPASSASIERSWATVERKIESOMNIE‘NKAMERMET‘NANDERTOERLIDTEDEELNIE• VIRPASSASIERSWATNIEIEMANDHETOM‘NKAMERMEETEDEELNIE

NEEM KENNIS: DIE TOERPRYS IS GEBASSEER OP ‘N MINIMUM GROEP VAN 38 PASSASIERS WAT DEURGAANS SAAM REIS. SOU DIE GETALLE VERMINDER, MAAR MET ’N MINIMUM VAN 28 PASSASIERS SAL DAAR ’N GEFORSEERDE AANPASSING WEES VAN ± R1 600.00 PER PERSOON. ONS BEHOU ONS DIE REG VOOR OM DIE TOERPRYS TE VERANDER SOU DIE GETALLE VERDER VERMINDER.

KEUSEVANHOTELLE:(ONDERHEWIGAANFINALEBEVESTIGING)EERSTEKLASTELAVIVLEONARDOBEACHEINBOKEKDAVIDSPAHOTELHOTELNASARETCROWNPLAZATIBERIASCAESARHOTELJERUSALEMGRANDCOURTHOTEL

BAIE BELANGRIK: Indien u nie in besit is van ‘n paspoort wat vir ten minste 6 MAANDE vanaf terugkeerdatum geldig is nie, doen asb onmiddellik aansoek vir ‘n geldige paspoort. Dit neem 8 weke vir die departement van binnelandse sake om ‘n paspoort uit te reik. Kinders 18 jaar en jonger, moet in besit wees van ‘n “UNABRIDGED BIRTH CERTIFICATE”. (BAIE BELANGRIK). Sal U verantwoordelikheid wees om hierdie sertifikaat te verkry. Buitelandse paspoort houers moet ons kantoor onmiddellik kontak vir meer besonderhede. (YVETTE – 011 475 7900)

AS GEVOLG VAN DIE ONSEKERHEID VAN DIE S.A. RAND TEENOOR DIE ANDER GELDEENHEDE, IS PELGRIMSTOERE GENOODSAAK OM KWOTASIES OP ‘N DAAGLIKSEWISSELKOERSTEBEREKEN.REGISTRASIEENDEPOSITO:Ombesprekingstebevestig,benodigonsvanU’nvoltooideRegistrasieVorm

• EerstenieterugbetaalbaredepositovanR3500.00perpersoonnielateras30APRIL2018• ’nTweedenieterugbetaalbaredepositovanR3500.00perpersoonnielateras30JUNIE2018• Diebalansvandietoerprysworddeurdielugrederybenodig8/10wekevoorvertrek

OPREGISTRASIEBENODIGONS‘NAFSKRIFVANUPASPOORTWATGEFAKSKANWORDNA0864167388ofeposyvette@ptours.co.zaKREDIETKAART BETALINGS: Vanaf 01 Januarie 2008 het beide EL AL, Turkye en Egypt Lugredery besluit om nie kredietkaartbetalings virvliegkaartjies,gebaseeropGROEPSTARIEWEteaanvaarnie

BAIEBELANGRIK–PASSASIERSWATDITOORWEEG“OMWEGTEBREEKNADIETOER”Geenwegbreekversoekeworddeurdielugrederytoegelaatwanneerpassasierssebesonderhedereedsbydiegroepbesprekingingevoegis,endanlater’nversoekrigomomwegtebreek.Sulkeversoekemoetapartbespreekwordenpassasierssalvandienodigebybetalinginkennisgestelword. Dielugrederykandaaropaandringdatbetalingdadelikgedoenwordwanneerdiewegbreekbesprekingbevestigis.

BANKBESONDERHEDE:PELGRIMSTOEREBANK:ABSA/TAK:HORISON/TAKKODE:632005/REKENINGNOMMER:4090696897TOERVERWYSING:P496+PASSASIERSEVAN:_______________________VERSEKERING: Ingesluit tot en met die ouderdom van 70 jaar – GROEPSPOLIS Ingesluit ‘n GROEPSPOLIS teen groepstariewe – dit sluit nie enige vooraf gediagnoseerde mediese kondisie’s in nie

1. Dit beteken enige kondisie wat aanleiding gee tot ‘n eis, waarvoor die versekerde person 12 opeenvolgende maande voor hierdie dekking 2. ‘n Mediese praktisyn of spesialis gekonsulteer het 3. Mediese behandeling of advies ontvang het, of 4. Die voorkoms van simptone gehad het wat gemaak het dat ‘n redelike persoon advies gevra het. 5. Die polis bewoording kan afgelaai word vanaf www.bidvesttravelinsurance.co.za

*** SENIOR POLISSE Persone 71 jaar en ouer, kontak Yvette by 011 475 7900 of [email protected] omrede senior polisse ‘n ekstra bybetaling het

BAIEBELANGRIK:FAKSOFE-POSASSEBLIEFUREGISTRASIEVORM,DEPOSITOSTROKIE,ENAFSKRIFVANUPASPOORTNA:YVETTEFOURIEFAKS:0864167388E-POS:[email protected]:0114757900