rondom my - ... rondom my dawie de jager (uit: vonk@verse 1.best books, 2011) aanbieding opgestel &
Post on 13-Jun-2020
0 views
Embed Size (px)
TRANSCRIPT
RONDOM MY DAWIE DE JAGER
(UIT: VONK@VERSE 1. BEST BOOKS, 2011)
AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR:
LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES
mailto:vonk@verse
TEMA
LIEFDE
TITEL: RONDOM MY
•Die titel van die gedig vewys na wat die
spreker vir sy geliefde wil sê: • Ons moet die verhouding rustig aanpak,
maar jy moet by my wees. •Spreker is in gesprek met sy geliefde!
INHOUD VAN GEDIG Die spreker sê vir sy geliefde hy wil hierdie keer nie haastig wees nie, want omdat hy in die verlede haastig was, het dinge nie uitgewerk soos hy graag WOU gehad het nie.
Hy is daarvan bewus dat sy geliefde ook nog tyd nodig het, want hy sien dit in haar oë.
Daarom sê hy as sy in hierdie verhouding tyd wil hê, moet sy net naby hom bly.
Ek wil my tyd vat hierdie
keer
?
RONDOM MY
1 Ek wil my tyd vat hierdie keer
2 ek moet my tyd vat hierdie keer
3 want die haastigheid in my
4 het my al veels te veel keer
5 ondergekry
6 my ondergekry.
7 Ek wil my tyd vat hierdie keer
8 ek moet my tyd vat hierdie keer.
9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.
10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla
11 dinge wat jou terughou.
12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.
13 Kom wees net jy, kom wees net jy.
14 As jy wil tyd vat hierdie keer
15 kom vat ‘n rukkie hier by my
16 As jy tyd wil vat
17 kom wees hier rondom my
18 kom wees hier rondom my
19 net as jy wil …
20 net as jy wiI.
TYDENS LEES
Dawie de Jager is 'n lid van die Klopjag-groep (waar hy beter bekend is as Daaf).
Hierdie liedjie is op een van Klopjag se CD's beskikbaar.
LIRIEK: LIEFDESGEDIG Dit is die woorde van ‘n lied en behoort
gesing te word. 'n Belangrike kenmerk van 'n liriek is
herhaling. In hierdie geval word die herhaling gebruik om te beklemtoon.
In strofe 1:
Hy wil sy tyd neem (die
verhouding rustig vat) omdat hy in vorige verhoudings te haastig was en dan verkeerd opgetree het.
In slotstrofe: nooi hy haar uit om ook haar tyd te neem,
maar naby hom te bly.
BEKLEMTOON …
en dan beklemtoon hy dat dit haar keuse is:
"net as jy wil ... ".
Hy herhaal die woorde "as jy wil" vier keer en gebruik die ellips baie effektief in die voorlaaste versreël, asof hy wil hê sy moet
nadink oor sy voorstel: "net as jy wil"
VERTELLER Ek-spreker
wat vertel hoe hy voel en
hoe hy dinge ervaar
• Strofe 1
r.1 “Ek wil my tyd vat hierdie keer”
r.2 “ek moet my tyd vat hierdie keer”
• Strofe 2
r.9 “Ek sien die blou …”
r.12 “kom wys my …”
• Strofe 3
r.15 “… hier by my”
r.17 “… hier rondom my”
KLANKRYKHEID EN RITME Alliterasie (alliteration):
Dit is wanneer dieselfde medeklinker of konsonant kort na mekaar in dieselfde versreël herhaal word, veral as dit aan die begin van 'n lettergreep is.
r.12 “… wie jy is en wie jy graag wil wees”
[ALL the rest]
Assonansie (assonance):
Wanneer dieselfde klinker of vokaalklank kort na mekaar in dieselfde versreël herhaal word.
r.4 “het my al veels te veel keer”
[A Selected few…vowels]
REFREIN[CHORUS] Gedeelte van ‘n lied/
gedig wat herhaal word.
r.1 & 2
r. 7 & 8
r. 14
Doel: Beklemtoning en gee ritme aan die gedig.
Hoe die persoon voel:
Bang/versigtig omdat hy reeds seergekry het in ‘n verhouding.
GEVOELVOL
BOU Uiterlike bou:
Drie strofes
• Strofe 1 = 6 versreëls (sestet)
• Strofe 2 en 3 = 7 versreëls
• Baie herhaling
Innerlike bou:
Innerlike progressie
(verklaring aan sy geliefde)
• Strofe 1 r.1 “Ek wil my tyd vat …”
• Strofe 2 r.12 “kom wys my …”
• Strofe 3 r.17 “kom wees hier …”
RONDOM MY DAWIE DE JAGER
(UIT: VONK@VERSE 1. BEST BOOKS, 2011)
mailto:vonk@verse
RONDOM MY
1 Ek wil my tyd vat hierdie keer
2 ek moet my tyd vat hierdie keer
3 want die haastigheid in my
4 het my al veels te veel keer
5 ondergekry
6 my ondergekry.
Herhaling (Beklemtoning)
Herhaling (Beklemtoning)
Assonansie
EK-VERTELLER/SPREKER
TITEL: vewys na wat die spreker vir sy geliefde wil sê: Ons moet die verhouding rustig aanpak, maar jy moet by my wees.
Alleenplasing (Beklemtoon versreël)
r1&2: “ hierdie keer” verwys dat
vorige verhoudings anders was
r4: Hy is gewoonlik (“veels te veel keer”) oorhaastig en
dan loop alles verkeerd. TOO MANY TIMES
r5: Bevestig dat die haastigheid hom “ondergekry” het
-GOT TO HIM
r1 &
2 :
R e
fr e
in
Wat wil die persoon beklemtoon?
In strofe 1 en 2:
Hy wil sy tyd neem (die verhouding rustig vat)
omdat hy in vorige verhoudings te haastig was en dan verkeerd opgetree het.
7 Ek wil my tyd vat hierdie keer
8 ek moet my tyd vat hierdie keer.
9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.
10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla
11 dinge wat jou terughou.
12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.
13 Kom wees net jy, kom wees net jy.
Herhaling( Beklemtoning)
Herhaling (Beklemtoning)
Alliterasie
EK-VERTELLER/SPREKER Metafoor: r.9 “Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.” “blues”
verwys na hartseer/heimwee/droefheid
Verwys na hartseer wat sy beleef het en wat haar bang
maak om weer in ‘n verhouding betrokke te raak.
r7&8: Refrein
r11,12 &13: Die spreker motiveer haar om net haarself te wees, sonder om voor te gee wanneer sy by hom is.
r7, 8, 9 & 10: Herhaling (Beklemtoning) Ek wil..., ek moet..., Ek sien..., Ek weet...
Wat wil die persoon beklemtoon?
In slotstrofe:
…nooi hy haar uit om ook haar tyd te neem,
maar naby hom te bly. Beklemtoon dat dit haar keuse is of sy by hom wil bly.
14 As jy wil tyd vat hierdie keer
15 kom vat ‘n rukkie hier by my
16 As jy tyd wil vat
17 kom wees hier rondom my
18 kom wees hier rondom my
19 net as jy wil…
20 net as jy wiI.
Herhaling (Beklemtoning)
Herhaling (Beklemtoning)
Herhaling (Beklemtoning)
Ellips …asof hy wil hê sy moet nadink oor
sy voorstel:"net as jy wil"
r1&14: Refrein: Die spreker nooi haar uit om naby hom te bly terwyl sy die besluit neem.
EK-VERTELLER/SPREKER
Vir Musikaliteit
Algemene vrae: 1.1 Benoem die tipe gedig.
1.2 Benoem die kenmerke van hierdie tipe gedig.
2. Benoem die tema van die gedig.
3. Watter atmosfeer/stemming is oorheersend in die gedig?
4. Bespreek die innerlike en uiterlike bou van die gedig.
5. Watter boodskap wil die titel van die gedig aan die leser oordra?
6.1 Benoem die tipe spreker in die gedig.
6.2 Waarom is die tipe spreker effektief in die gedig?
Algemene vrae: (Vervolg)
7. Watter effektiewe metode gebruik die digter om klankrykheid aan
die gedig te verleen?
8.1 Wat is die doel van die baie herhaling in die gedig?
8.2 Wat wil die spreker spesifiek beklemtoon?
9. Wat is die funksie van die refrein in die gedig?
10.1 Beskryf in EEN WOORD hoe die ek-spreker in die gedig voel.
10.2 Waarom dink jy voel die spreker so?
11. Met wie kommunikeer die ek-spreker in die gedig?
Vrae: Strofe 1
1. Verklaar in jou eie woorde wat die spreker in die refrein (r.1 en 2) probeer oordra.
2. Benoem die soort rym wat in die refrein gebruik word.
3. Wat is die spreker se probleem as hy op iemand verlief raak?
4. Bewys deur ‘n aanhaling uit strofe 1 neer te skryf wat die nagevolge van sy
probleem vir hom inhou.
5. Noem TWEE maniere hoe die digter die persoon se probleem beklemtoon.
6. Was die spreker al voorheen verlief? Bewys jou antwoord deur ‘n aanhaling uit
strofe 1 neer te skryf.
7.1 Skryf ‘n voorbeeld van assonansie neer uit die strofe en onderstreep die letters.
7.2 Wat wil die digter beklemtoon deur die gebruik van die assonansie in die versreël?
8 Wat is die funksie van die alleenplasing van r. 5 “onderkry”
Vrae: Strofe 2
1. Verklaar in jou eie woorde wat die spreker in die refrein (r.7 en 8) probeer
oordra.
2. r. 9 “Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë”
Wie is die jou in die versreël?
3.1 Benoem die beeldspraak wat in r.9 voorkom.
3.2 Watter boodskap wil