redaksioneel - ng kerk · pdf filelig tydskrif hou op 17 maart 2018 weer ‘n lesersdag in...

11
Jaargang 15 - Uitgawe 30 13 Oktober 2017 REDAKSIONEEL Welkom terug na die kort vakansie, die laaste kwartaal is altyd ‘n baie besige een... maar, juis in hierdie dae wat ons almal hardloop om alles teen Desember klaar te kry, het ons nodig om iewers stil te raak en te luister na God se stem. Lees gerus “Ten Slotte”, waar dr Ben Joubert hierdie keer ons aandag wil vestig op die derde gewoonte, “luister”. In hierdie uitgawe word daar deur ENGO se De Wet Claassens, hulde gebring aan Jana du Plessis wat onlangs oorlede is. ENGO vestig ook die aandag op die “Vir ons Kinders”-projek wat op 20 Oktober 2017 ten einde loop, koop asseblief ‘n kaartjie indien jy dit nog nie gedoen het nie! Shepherd bied binne die volgende twee weke interessante VBO geleenthede aan, kyk gerus daarna. Gemeentes is ook woelig met allerlei funksies wat hulle aanbied, NG Berg en Dal bied ‘n program aan waartydens Reformasie 500 gevier gaan word, sluit gerus ook by hulle aan hiervoor. Ons is baie dankbaar vir broodnodige reën wat in ons streek geval het, maar bid steeds vir die Noord- en Wes-Kaap wat regtig ‘n behoefte aan goeie reënval het... dink ook asseblief aan almal wat die afgelope paar dae geweldige skade tydens groot storms ervaar het! Gemeentes/navorsers, neem asseblief kennis dat Christa Botes van die Argief- en Inligtingskantoor, onlangs ‘n rugoperasie ondergaan het. Sy is tot 13 November 2017 afgeboek, ons bid vir ‘n spoedige herstel. Indien iemand die Argief wil besoek, skakel eers vooraf by 051 406 6700, om seker te maak dat hier wel iemand beskikbaar sal wees om bystand te verleen. Baie sterkte en seën vir al julle werksaamhede... mag julle almal daardie plekkie vind om stil te word, te luister en ook te ontspan, al voel dit soms onmoontlik... NUUS VANUIT DIE SINODE BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO) Huldeblyk aan Jana du Plessis De Wet Claassens, Hoof Uitvoerende Direkteur van ENGO, skryf die volgende oor hierdie besondere mens: Dit is vir ons ‘n groot hartseer dat ENGO se Ambassadeur, Jana du Plessis, oorlede is. Ons "motto" by ENGO is HOOP, nie net hoop vir nou nie, maar hoop vir altyd. EWIGE HOOP. Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld. Jana, jy was die perfekte Ambassadeur vir ons omdat jy elke dag hierdie boodskap van hoop uitgeleef het. Ons het soveel meer van onvoorwaardelike geloof geleer by jou, jou "fighting spirit" was aansteeklik. Jy was meer as net 'n

Upload: phamanh

Post on 03-Mar-2018

236 views

Category:

Documents


16 download

TRANSCRIPT

Page 1: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

Jaargang 15 - Uitgawe 30 13 Oktober 2017

REDAKSIONEEL

Welkom terug na die kort vakansie, die laaste kwartaal is altyd ‘n baie besige een... maar, juis in hierdie dae wat ons almal hardloop om alles teen Desember klaar te kry, het ons nodig om iewers stil te raak en te luister na God se stem. Lees gerus “Ten Slotte”, waar dr Ben Joubert hierdie keer ons aandag wil vestig op die derde gewoonte, “luister”.

In hierdie uitgawe word daar deur ENGO se De Wet Claassens, hulde gebring aan Jana du Plessis wat onlangs oorlede is. ENGO vestig ook die aandag op die “Vir ons Kinders”-projek wat op 20 Oktober 2017 ten einde loop, koop asseblief ‘n kaartjie indien jy dit nog nie gedoen het nie!

Shepherd bied binne die volgende twee weke interessante VBO geleenthede aan, kyk gerus daarna. Gemeentes is ook woelig met allerlei funksies wat hulle aanbied, NG Berg en Dal bied ‘n program aan waartydens Reformasie 500 gevier gaan word, sluit gerus ook by hulle aan hiervoor.

Ons is baie dankbaar vir broodnodige reën wat in ons streek geval het, maar bid steeds vir die Noord- en Wes-Kaap wat

regtig ‘n behoefte aan goeie reënval het... dink ook asseblief aan almal wat die afgelope paar dae geweldige skade tydens groot storms ervaar het!

Gemeentes/navorsers, neem asseblief kennis dat Christa Botes van die Argief- en Inligtingskantoor, onlangs ‘n rugoperasie ondergaan het. Sy is tot 13 November 2017 afgeboek, ons bid vir ‘n spoedige herstel. Indien iemand die Argief wil besoek, skakel eers vooraf by 051 406 6700, om seker te maak dat hier wel iemand beskikbaar sal wees om bystand te verleen.

Baie sterkte en seën vir al julle werksaamhede... mag julle almal daardie plekkie vind om stil te word, te luister en ook te ontspan, al voel dit soms onmoontlik...

NUUS VANUIT DIE SINODE

BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO)

Huldeblyk aan Jana du Plessis De Wet Claassens, Hoof Uitvoerende Direkteur van ENGO, skryf die volgende oor hierdie besondere mens: Dit is vir ons ‘n groot hartseer dat ENGO se Ambassadeur, Jana du Plessis, oorlede is. Ons "motto" by ENGO is HOOP, nie net hoop vir nou nie, maar hoop vir altyd. EWIGE HOOP. Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld.

Jana, jy was die perfekte Ambassadeur vir ons omdat jy elke dag hierdie boodskap van hoop uitgeleef het.

Ons het soveel meer van onvoorwaardelike geloof geleer by jou, jou "fighting spirit" was aansteeklik. Jy was meer as net 'n

Page 2: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

Ambassadeur... jy was 'n "warrior", 'n rolmodel, 'n ware vrou van God!

Ian en die kinders - Ons wou nie hê dit moes gebeur nie. Jammer. Sterkte. Ons harte is seer. Mag Vader God julle vashou in Sy Hand van nimmereindigende vrede. Onthou trane is ook gebede wanneer ons nie kan praat nie. Rus in vrede Jana…

Vir ons kinders-Projek

ENGO se “Vir ons kinders”-projek, sluit op Vrydag 20 Oktober 2017. Skakel dus vandag nog jou naaste ENGO-kantoor en kry ‘n kaartjie! ‘n Lys van al die ENGO-kantore is beskikbaar op ENGO se webtuiste by www.engo.co.za

Met ’n donasie van slegs R30 word daar ‘n werklike verskil gemaak in een van ENGO se sewe sub-programme. Met dié donasie sê u ook: Ek Gee Om… Die trekking van die vyf finaliste word deur PWC op 25 November 2017, behartig. Die finale trekkingsfunksie vind hierdie jaar op 1 Desember 2017 plaas. Jou R30 maak ‘n verskil in die lewe van ‘n kind, bejaarde of gesin!

LiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein LiG het besluit om ENGO as hulle Harts-instansie te identifiseer en ‘n insameling vir ENGO te doen. Hulle

vra dat die dames wat die oggend gaan bywoon, ‘n pak doeke, of ‘n blik formulemelk sal saambring en dan vir elke tafel wat ten volle verkoop is, sal een kaartjie se waarde na ENGO toe gaan (R290).

Die bekende akteur en motiveringspreker, Hykie Berg, asook André Venter (van Romanz), gaan by hierdie spesiale geleentheid optree.

Besprekings kan tydens kantoor-ure gedoen word by, [email protected], of by 021 949 7419 / 083 293 2848.

Klik op advertensie-biljet vir ‘n leesbare weergawe.

Bophelo Gemeenskapsentrum-Senekal As deel van Engo Gesinsorg, Senekal se 60-jarige bestaan, het ENGO se Bophelo Gemeenskapsentrum op 5 Oktober 2017, kospakkies aan sewe behoeftige gesinne, een psigiatriese pasient en twee kinders van Tsokolo E Fedile (straat-kinderprojek), oorhandig. Die kospakkies het bestaan uit 12.5 kg meel, kool, wortels, aartappels, kookolie, vis, stampmielies, droë bone, koekmeel, suiker, seep, Vaseline,uie en tee.

Besoek gerus ook ENGO se webblad by www.engo.co.za - klik ook hier vir hul jongste nuusbrief.

Op die foto verskyn Dirk Uys (Bestuurder Bophelo), Anna Mononela (Sekretaresse Bophelo) en ontvangers van kospakkies.

SHEPHERD (VBO) GELEENTHEDE

Uitnodiging: RSVP voor 13 Oktober 2017 - sien nota onderaan tov toegang

In die feesjaar van die Reformasie wil die UV Fakulteit Teologie en Religie, ook ‘n bydrae tot hierdie belangrike tema maak. Die program word deur kenners op hul gebied aangebied en is saamgestel met relevante temas vir gemeentes, leraars en ander belangstellendes. Temas sluit in Calvyn oor riglyne vir sosiale uitdagings, Prediking en die hoor van die viva vox evvangelii vandag?, Sacramental space, ensovoorts.

Klik op program links vir ‘n leesbare weergawe.

Page 3: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

Die geleentheid is gratis en 10 VBO punte kan vir die geleentheid verwerf word. Om te registreer, SMS die kode D18467, u naam en e-pos adres na 31029.

Neem ook kennis van die Tutu-Jonker Prestige Lesing wat op dieselfde dag, om 19:00 in die Equitas Ouditorium plaasvind met prof Eddy van der Borght, as gasspreker.

NB! Onthou dat persone sonder toegangskaarte die kampus by Hek 5 in DF Malherberylaan moet binnekom (naby die Landbou-gebou) waar die Besoekersentrum geleë is. Meld by die Besoekersentrum aan - onthou asseblief u ID/rybewys.

Nog ‘n VBO geleentheid:

Sertifikaat in Bedieningsvernuwing,

Module 3: Triniteit, die wonderlike, vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt Teologie), klik hier vir volledige besonderhede.

ADVERTENSIES UIT GEMEENTES

NG ONZE RUST bied aan… NG UITSIG bied aan:

Bespreek kaartjies by Ria Roux, 083 308 4394, of skakel NG Uitsig

se kerkkantoor by 051 522 2780/763 - slegs 100 sitplekke beskikbaar - daar vind ‘n gelukstrekking plaas,

bring jou kaartjie saam.

Page 4: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

NG BERG EN DAL vier die Reformasie…

“AAN DIE BEGIN WAS DIE WOORD, EN GODS WOORD BLY EWIG”

1517 – 2017

Ons onthou die Reformasie, ons erfenis en wat dit vandag vir ons sê...

Op 31 Oktober 1517, so word vertel, is ‘n kennisgewing met 95 teologiese stellinge van Martin Luther,

teen die deur van die Schlosskirche in Wittenberg, Duitsland, vasgespyker – ‘n gebeurtenis (én die

reaksie van die Rooms-Katolieke Kerk daarop), wat gelei het tot ‘n totale hervorming van die kerklike-,

sosio-politieke- en kulturele landskap in Europa en wat deur die loop van die volgende vyf eeue,

wêreldwyd uitgekring het. Vroeg in die 20ste eeu is gepoog om die betekenis van hierdie gebeure,

met drie begrippe te omskryf, die sogenaamde “sola’s” (“alleen/slegs”). Help dít ons om die

Reformasie, die Woord en onsself te verstaan? Ons wil almal uitnooi om in Oktober 2017 hierdie

gebeure saam met ons te onthou en na te dink oor wat dit in ons eie tyd en wêreld beteken...

Sondag 15 Oktober 2017 09:30 – ‘n Woord vir geloof vandag (JM)

Sondag 22 Oktober 2017 09:30 – Christus as Woord vir vandag (BS)

Sondag 29 Oktober 2017 09:30 – ‘n Woord tot Gods eer vandag (JL)

Woensdag 18 Oktober 2017 om 09:30 – Luther: Van Wittenberg na wêreldwyd Alle senior lidmate word uitgenooi om ‘n oggend in beeld en klank mee te maak, oor die “Luther-effek”

van Wittenberg (1517) na wêreldwyd (2017). Ds Jan Lubbe lei die byeenkoms, almal ook welkom vir

tee, koffie en verversings.

Woensdag 25 Oktober 2017 om 19:00 – Luther,die film Die treffende Luther-film saam te kyk, met toeligting daarby. Na die tyd heerlik saamkuier om ‘n

koppie tee en ietsie te ete.

Sondagaand 29 Oktober 2017 om 18:00 – Luther en Bach Orrelis Johan Cromhout en ds Jan Lubbe lei ‘n program van gemeentesang, voorlesing en orrelspel oor

die musiek van die Reformasie.

Ons gee ook ‘n pragtige boekmerk uit ter herinnering aan die Reformasie 500.

GEREFORMEERDE KERK BLOEM-SUID SE KONTREIFEES…

Page 5: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

NG LANGENHOVENPARK:

Gesamentlike hervormingsdagdiens: Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na hulle aanddiens op Hervormingsondag, 29 Oktober 2017. Hulle wil graag saam met soveel gelowiges as moontlik die Here ontmoet en ook die Nagmaal vier.

Plek: NG Kerk Langenhovenpark h/v Boerneef en

Etienne le Rouxstraat

Tyd: 17:45 vir 18:00

Tema: God se droom vir sy kerk in ‘n tyd soos hierdie...

NB! RSVP: Skakel die kerkkantoor by 051 446 2225

(Ma- Vr 09:00 - 13:00), of stuur ‘n e-pos na

[email protected], of na Riaan Stander by

[email protected]

Getalle: Hulle sal graag ’n aanduiding wil hê van die

getal persone wat die geleentheid wil bywoon, sodat

almal na die tyd, lekker saam tee kan geniet.

Navrae: Riaan Stander, 051 446 1131/082 665 8478

Kersmark: Aandag uitstallers: Hierdie gemeente bied vanaf 10 tot 12 November 2017 ‘n Kersmark aan in die Gemeentesentrum. Die mark val saam met die gemeente se jaarlikse gemeentefees op Sondag 12 November. Daar is ’n beperkte aantal stalletjies beskikbaar teen R300 per stalletjie vir drie

dae. Slegs handgemaakte Kersgeskenke/produkte kan verkoop word. Geen stalletjies met voedsel sal toegelaat word nie, aangesien daar ’n teetuin gaan wees. Uitstallers word gekeur om duplisering van produkte te voorkom. Aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar, of laai dit hier af. Vir navrae, skakel 051 446 2225 (k/u Ma-Vr 08:00 - 14:00), of stuur ’n e-pos na [email protected]

Aansoeke moet dié kantoor nie later as 28 Oktober 2017 bereik nie.

Page 6: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

NG PARYS-WES: NG FRANKFORT:

ALGEMEEN

Bestel Jaarboek 2018: NB! Gemeentes se

kerkkantore moet asseblief hiervan kennis neem - dit is julle verantwoordelikheid om die nuwe

Jaarboek te bestel, dit word nie deur die Sinodale Kantoor gedoen nie. Klik hier vir die bestelvorm.

Klik op biljet vir meer inligting

Page 7: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

Reformasie 500 Feesvieringe deur die Tussen Kerklike Raad (NGK, NHK en GKSA)

Program:

ʼn Historiese visuele program

ʼn 30-Instrument simfonieorkes onder leiding van Braam van Tonder

ʼn Massakoor onder leiding van Renette Bouwer

Predikers: Prof Gert Breed en dr Stephan

Joubert, met ds Hannes van der Merwe as liturg

Besprekings (kaartjies is beperk!):

Betaal R30 per persoon in op die volgende bankrekening:

Rekening naam: NG Kerk Sinode Suid-Transvaal

Bank: ABSA Bank

Takkode: 514 205

Rekening nommer: 405 030 6630

Verwysing: REFORM + tyd van vertoning

Stuur die bewys van betaling sowel as u kontakbesonderhede per e-pos aan [email protected]. U kaartjie(s) sal dan per e-pos aan u gestuur word, wat saamgeneem moet word na die vertoning.

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom!

EERSTEJAARSKAMPE 2018

Klik op beide advertensies om na die onderskeie webbladsye te gaan waar meer besonderhede beskikbaar is - Gemeentes word versoek om die inligting aan alle matrikulante bekend te stel

Page 8: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

NUUSBRIEWE EN PUBLIKASIES

Nuusbrief 18/2017: Hierdie week word gefokus

op die November-uitgawe van LiG Tydskrif en dit gaan jou oë laat vonkel!

Nadia Beukes vertel van haar droomtoer na New York en ons word geïnspireer deur gewone mense wat groot droom én doen. LiG vertel watter vaardighede jou kind kan

aanleer wanneer hy help in die kombuis (ja, dit is die gemors werd!). Ons vra ook wat sukses in God se oë regtig is en kyk wat die Bybel oor sterre sê.

Ons praat oor die hoekoms, moets en moenies van tienerselfdood en vertel ook van ‘n vrou wat 22 jaar lank aan kleptomanie gely het. Kundiges gee ook raad vir vroue wat voel dat hulle mans nooit tuis is nie.

Ons gee heerlike, gesonde kos-idees en maak lesers mooi. LiG

gee jou die geleentheid om stil te raak, te ontspan en jou lewe te verryk met mooi, sinvolle inhoud.

LiG - vir jou en jou mense.

Besoek gerus hul webblad by www.bybelmedia.org.za

CLF NUUS: WêRELD TRAUMADAG - 17 OKTOBER 2017

Of jy vasgenael van skok voor die TV of rekenaar sit en sien hoe mense afgemaai word in Las Vegas, óf dit nader aan jou deur is deur nuus van betogings, moord, selfdood in jou eie omgewing, of dit jy of jou eie hartsmense is wat gekaap, verkrag, beroof, vermoor word, aan ʼn

terminale siekte ly, verongeluk het of in ʼn familievete, of egskeiding vasgevang is... Die lys van gebeure wat trauma veroorsaak is nimmereindigend. Trauma raak ons almal in ʼn meerdere of mindere mate - niemand is daarvan vrygeskeld nie! Om trauma te verwerk moet jy die proses sowel as jouself verstaan en daarom het CLF twee kosbare (gratis) pamflette genaamd, Trauma, hoe verwerk

ek dit? en Help jou kind om trauma te verwerk, uitgegee. Bestel gerus daarvan en help jouself en ander om die seer van die lewe te verstaan en te verwerk. Dit kan ook bydra dat mense wat trauma beleef, dieper professionele hulp gaan soek wanneer dit nodig is. Vir bestellings en navrae skakel 021 873 6964, of stuur ‘n e-pos na [email protected], of besoek hul webtuiste by www.clf.co.za

Klik ook hier vir hul Oktobermaand nuusbrief.

PREDIKANTE- EN BEROEPENUUS

Nuwe inisiatief vir predikante wat wil groei in die effektiwiteit van hul prediking: Klik

hier vir meer inligting oor Die Preek Laboratorium - 'n splinternuwe inisiatief om predikante wat die effektiwiteit van hul prediking wil verhoog, te help.

Beroeping: Die NG Gemeente Luckhoff het vir ds Theo Oosthuyzen (tans by NG Senekal), as leraar in ‘n

Vastetermyn, kontrakpos (3 jaar), beroep. Hy word DV op Saterdag 2 Desember 2017 in die amp bevestig.

Page 9: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

VAKATURES

LERAAR (VOLTYDS) - NG BETHLEHEM-PANORAMA: Hierdie pos raak binnekort vakant, klik hier vir

al die inligting - sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 20 Oktober 2017.

HOOF FONDSWERWING, BYBEL-MEDIA: ‘n Ervare, gemotiveerde en bekwame persoon word benodig

om die pos van Hoof van die Departement Fondswerwing, vanaf 1 April 2018 te vul. Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk of fondswerwers met bewese ervaring wat ook lidmate van die NG Kerk is, word genooi om aansoek te doen. Klik hier vir volledige inligting, die sluitingsdatum vir aansoeke is reeds Woensdag 25 Oktober 2017.

VAKATURES BY ‘N GF4GF-SENTRUM: Vakatures vir ‘n Bestuurder en Huismoeder bestaan by die A-

Maize-ing Sentrum (GF4GF - Good Foundations for Good Fruit), te Bothaville. Geskikte kandidate moet ongeveer agt gematrikuleerde jongmense uit verskillende kulture op ‘n kleinplaas buite Bothaville mentor en dissipel vir ‘n “gap year”, wat jaarliks vanaf Februarie tot November sal duur. Klik hier vir meer besonderhede, die sluitingsdatum vir aansoeke is op Dinsdag 31 Oktober 2017, met diensaanvaarding vanaf 1 Januarie 2018.

LERAAR (VOLTYDS) - NG ASHTON: Hierdie gemeente (geleë in die Breërivier Wynland en 170 km vanaf

Kaapstad), beskik oor die vakante pos. Klik hier vir volledige besonderhede, die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 31 Oktober 2017.

LERAAR (VOLTYDS) - NG WARDEN: Die kerkraad wag tans op aansoeke vir hierdie pos wat binnekort

vakant raak, vind meer besonderhede hier - sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 10 November 2017, met diensaanvaarding so spoedig moontlik daarna.

LERAAR (VASTETERMYN, KONTRAK 1 JR) - NG WOLMARANSTAD: Alle besonderhede rakende

die pos, kan hier besigtig word - sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 31 Desember 2017.

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante

kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VERJAARSDAE

Seënwense vir almal wat die komende week verjaar, mag dit ‘n besondere jaar vir elkeen wees:

14 Okt: Ds Frikkie van Heerden - ST HELENA - 079 898 2101, [email protected]

16 Okt: Ds Andreas van Rooyen - BOSHOF - 082 553 9081, [email protected]

17 Okt: Ds Barry van Wyk - PARYS-WES - 078 593 4449, [email protected]

18 Okt: Ds Johan Bouwer - KROONSTAD-WES - 074 582 5037, [email protected]

TEN SLOTTE

VYF GEWOONTES (UITDAGINGS AAN) VAN GELOWIGES WAT ERNSTIG IS

OOR GESTUURDHEID - DERDE GEWOONTE: LISTEN

Missionaliteit is ’n gewoonte! Die vyf gewoontes van Michael Frost help om ’n missionale

leefstyl te kweek wat verbaasde vrae van ongelowiges gaan ontlok. Die skakel tussen ons

spiritualiteit en ons handelinge is onmiskenbaar. Trouens Jesus en die Nuwe Testamentskrywers

Page 10: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

beskou geloof en handeling as onlosmaakbaar verbind aan mekaar. Jakobus (2:18) skryf, “...wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is en ek sal jou my geloof wys uit my dade”. Dit is Bybels om dade te sien as ’n kragtige uitdrukking van wie die persoon self is. Carl Jung het gesê: “Jy is wat jy doen, nie wat jy sê jy gaan doen nie”.

Inderdaad is die verhouding tussen geloof en dade wederkerig: wat jy glo doen jy, maar wat jy doen slyp ook jou geloof. Aristoteles se oortuiging was, “Ons is wat ons herhaaldelik doen. Voortreflikheid is dus nie maar net ’n handeling nie, dit is ’n gewoonte”. In terme van geloof, is geloof nie net maar ’n handeling of ’n eenmalige keuse, of selfs ’n geloofsisteem nie, maar ’n gewoonte! Dit vind uitdrukking in wat jy doen - in jou leefstyl.

Dit is egter gevaarlik vir gelowiges om in hierdie wêreld te beweeg tussen die goddeloses in, sonder die wysheid en beskerming van die Gees van God. Daarom die derde gewoonte: Luister na die Gees van God! Die uitdaging is om ten minste vir een periode in die week (verkieslik aan die begin van die week), doelbewus en spesifiek te luister na die stem van die Heilige Gees.

Vir baie mense is luister na die

Heilige Gees soos om in ’n besige restaurant te probeer luister wat op die televisie deur die sportkommentator gesê word. Jy kan sy stem hoor deur al die geraas, maar jy moet hard konsentreer om uit te maak wat hy sê. Net so is dit moeilik om te

hoor wat die Heilige Gees wil sê terwyl ander mense en dinge jou aandag opslurp. Al hierdie ander mense en dinge moet “afgesit” kan word om beter te luister.

Vir gestuurdes is die Gees die onmisbare bron van wysheid wat vir ons onderskeidingsvermoë gee. Hoe sal ons anders ons weg vind in hierdie sondige wêreld sonder om deur húlle sondige gewoontes meegesleur te word? Die Gees van God is daar om my te help om te onderskei tussen waarheid en leuen, tussen fiksie en kennis en tussen die eerbare en die oneerbare.

Wanneer gelowiges na die Heilige Gees wil luister is die geneigdheid daar om te veel te praat en te min te luister. Daarom moet ons leer hoe om te luister. Ons moet leer om die Heilige Gees toe te laat om in ons gedagtes in te werk en daarvoor

is stilte nodig. Die volgende help om die gewoonte om te luister na die Gees, te kweek:

Skep ’n spesifieke tyd elke week (dit kan meer as een keer ook wees), waarin jy jou afsonder om spesifiek na die Heilige Gees te luister. Dit is anders as stiltetyd, maar sal jou stiltetyd bevorder. Dit is ’n tyd waarin jy nie veel van

die praatwerk doen nie, maar net alleen in God se teenwoordigheid is. Raak bewus van Hom en raak bewus van wat in jou gedagtes opkom.

Skakel dinge uit wat jou aandag aflei. Enigiets wat jou sintuie kan bereik moet verminder of uitgeskakel word. Hoe stiller die kamer, hoe gunstiger die omgewing om na die Heilige Gees te luister. Jesus leer ons: Wanneer jy bid gaan na jou binnekamer, maak die deur toe en bid... (Matteus 6:6). Vind ’n gemaklike posisie in ’n stoel in ’n houding wat jou die beste sal help om na die Gees te luister. Nadat jy alles uitgeskakel het, sal jy gereed wees om te luister.

Nooi God in. Moenie instorm en begin vrae vra nie, maar nooi God in en geniet sy teenwoordigheid. Laat doelbewus die Heilige Gees toe om jou te besit - gee oor. Die Gees van God wil in ons woon (1 Korintiërs 6:19). Die Gees van God is getrou en sal mettertyd antwoorde gee. Om te luister na die Gees kan die hoogste vorm van gebed wees.

Volg die stem van die Gees. Die Heilige Gees mag die naam of gesig van iemand by jou oproep vir wie Hy wil hê jy moet seën of uitnooi om te eet. Hy mag jou bewus maak daarvan dat jy te min bind met iemand of te veel oorhel na die wêreld se styl (vgl Romeine 8). Hy sal jou rustig of opgewonde maak en jou aanspoor om aan te gaan om iemand se nuuskierigheid oor geloof te prikkel. Hy sal jou bemoedig en krag gee vir uitdagings. Dit is waarom luister na die Heilige Gees een van die gewoontes van gestuurdes moet wees.

(Dr Ben Joubert)

Page 11: REDAKSIONEEL - NG Kerk · PDF fileLiG Tydskrif hou op 17 Maart 2018 weer ‘n lesersdag in Bloemfontein ... vreemde God in wie Christene glo, op 23 & 24 Oktober 2017 by die UV (Fakt

KONTAK ONS

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)

AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected]

(spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00)

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld