proagri 131, december 2011

32
AgriTrader Desember / December 2010 Nr / No 131 ISSN 1042–1558 ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Siloking-voermengers: Sukkel minder; produseer meer | Meganisasie | Sleepwaens | Veeboerdery |

Upload: smart-publishing

Post on 06-Mar-2016

236 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Tegnologie vir die boer

TRANSCRIPT

Page 1: ProAgri 131, December 2011

AgriTrader

Desember / December 2010Nr / No 131

ISSN 1042–1558

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Siloking-voermengers:Sukkel minder; produseer meer

| Meganisasie | Sleepwaens | Veeboerdery |

Page 2: ProAgri 131, December 2011
Page 3: ProAgri 131, December 2011
Page 4: ProAgri 131, December 2011
Page 5: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010 3www.proagri.co.za

In hierdie uitgawe

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Business-to-business magazine (April – June 2010) with a free circulation of 59 341 per month (Paid 12, Total 59 353)

Redakteursbrief

RedakteurCoenraad Rall > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

BemarkersAnelda Strauss > [email protected] Schmahl > [email protected]

VerkoopbestuurderAnneke Claassen > [email protected]

Uitleg en grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge en intekeningPaula MacMavis > [email protected]

GedruktemediabestuurderSuzanne [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Inhoudsopgawe / Contents

Meganisasie

5 Dis in ’n kits die beste vir jou diere op...met Jupidex se Taarup 614-voermenger

7 Duitse tegnologie: Gou, goedkoop, doeltreffendSit peste op hul plek met Degesch se pulsFOG-verstuiwers

Vervoer

9 Veilige veevervoer: Nic Sleepwaens loop los voor

Veeboerdery

11 Dis moontlik: Jy kan jou lampersentasie dramaties opstoot!

9

Verantwoordelike boerekies die betroubare enakkurate Siloking-voer-menger, rotsvas gerug-steun deur GreenfieldsAgricultural Holdings.Siloking is in verskillendemodelle beskikbaar;vanaf die ligte Smart van3 tot 5 m3 tot diereusagtige Duo van 12tot 40 m3, wat elkeen ’nperfek gemengderantsoen skep. Praat metGlen Clark by 082-804-8045 of DerekNicolle by 083-798-0056

of [email protected] om te hoor wie die handelaarnaaste aan jou is. Besoek ook www.siloking.com vir meerinligting.

Copyright © 2010. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced,copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarksand logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

11

5

Die afgelope jaar het ons hard aanProAgri se webwerf

gewerk. Die webwerf kry volgende jaar sy eie personeel, waarvan ek die eerste is. Maak gerus’n draai by www.proagri.co.za omhonderde artikels oor landbousake telees en dit, soos ons gedrukte ProAgri, heeltemal gratis.Ek is ook baie bly om te kan sê dat

ProAgri se nuwe redakteur niemand anders as die gewilde radio-aanbieder, Annemarie Joubert, is nie. Baie welkom,

Annemarie, en sterkte! Ons almal by ProAgri wens elke leser, adverteerder en mede-

werker en hulle gesinne ’n veilige en aangename vakansietyd, ’nsinryke en geseënde Kersfees en ’n skitterende 2011 toe. Baie dankie vir u almal se ondersteuning en hartlike samewerkingdeur die jaar.

Voorblad

Die ProAgri-span

ProAgri-kalender dien die boer regdeur die jaar

Spesiale behoeftes vereis ’n spesiale kalen-der. Daarom is ProAgri se Landboukalen-

der spesiaal saamgestel om die boer elke dagvan die jaar te dien met nuttige inligting enruimte vir sinvolle beplanning.

Al wat jy moet doen, is om ’n spyker in joumuur te kap om hom aan op te hang ensiedaar – die volle voordeel van die ProAgri-kalender is heel jaar lank joune.

Perfek vir landbouverskaffersDie beste plek vir ’n landbouverskaffer om te wees is onder die boer se

aandag en die plek waar jy dit die beste en langste regkry, is op ProAgri se Land-boukalender.

Knap duskant 60 000 eksemplare van ProAgri se 2011 Landboukalender wordaan aktiewe kommersiële boere gestuur. Jou advertensie in die Landboukalenderbereik dus duisende boere en bly lank onder hulle elkeen se aandag.

Die Landboukalender het plek vir groot, kleurige vertoonadvertensies, kleinervertoonadvertensies en inskrywings op spesifieke dae.

As jy vanjaar hierdie waardevolle advertensiegeleentheid misgeloop het, praatnou met Stefan van Wyk by 082-381-7563 of 051-446-0789 om seker te maak dat2012 vir jou ’n suksesjaar is.

Page 6: ProAgri 131, December 2011
Page 7: ProAgri 131, December 2011

www.proagri.co.za ProAgri 131 - Desember / December 2010 5

Meganisasie

Vinniger, deegliker, egaliger, betroubaarder – dis hoe Jupidex se

Taarup 614-voermenger werk om vir diediere die akkuraatste rantsoen en vir dieboer die grootste wins op te dis.

Een van die talle tevrede boere wat sosê, is Johan Grobbelaar van DriekoppiesBoerdery naby Petrusburg. Die Grobbe-laars boer met koring en mielies, maarhulle rond ook hulle eie beeste af enkoop skape in wat hulle vetmaak en danweer verkoop.

In hierdie bedrywigheid speel ’n voer-menger ’n sleutelrol en daarom is Johanmet net die beste tevrede: Jupidex seTaarup 614. En dis nie sommer netpraat nie: Driekoppies het sy Taarup614 nou al vier jaar en in al dié tyd hetnie ’n enkele dier nodig gehad om ’nenkele dag honger te ly, soos meer aseen keer die geval met sy vorigemenger was, nie.

Om op ’n Sondag met ’n graaf testaan en sukkel terwyl ’n uitgevrete voermenger ledig vir jou staan en kyk,is nie goed vir ’n boer se bloeddruk nie.Daarom het Johan die Taarup met sybeter ontwerp, sy beter manier van lewering en sy beter vakmanskapaangeskaf.

Boonop bespaar die Taarup hom ’nwavrag vol tyd en diesel. Waar dievorige voermenger twee uur gestaan endiesel suip het om ’n redelike vermeng-ing te behaal, kerf en meng die Taarupenige voer perfek in omtrent ’n agste tot’n kwart van dié tyd. Daarvoor gebruikhy twee stewige awegare wat gladwegop onderhoudvrye Ultra Glide-laers loop.

Sy dryfkettings en kettingratte loop in’n oliebad om ’n gladde werking en ’neindelose lewe te verseker.

Die Taarup 614 is die beste, doeltreffendste, vinnigste, duursaamste voermengerwat hulle nog ooit gesien het, sê Dirk Rossouw van Jupidex en Willie Dreyer en TinusFourie van Driekoppies Boerdery. Hierdie voermenger speel ’n sleutelrol in dieboerdery se veekomponent en het in vier jaar nog nooit ’n enkele bees of skaap virsy kos laat wag nie.

Die kontradraaiende awegare werk diemateriaal onverbiddelik na die middelvan die menger, vanwaar dit na bo styg,na die kante beweeg, teen die wande afdaal en weer na die middel gevoerword.

148 lemme, elkeen met driesnyvlakke, is aan die awegare gemon-teer om die materiaal netjies en skoonteen ’n gesegmenteerde snyerstaaf tekerf. In die vier jaar wat Driekoppies seTaarup elke dag tot 8 ton voer en lekmeng, is die lemmetjies nog nie eenkeer aangedraai nie. Hulle eerstesnyvlakke is nog heeltemal skerp. Ditbeteken dat Johan meer as 12 jaar diensuit een stel lemme gaan kry.

Dit is vir Johan baie belangrik dat leken voer deeglik gemeng moet word omte verseker dat elke dier presies dieregte rantsoensamestelling kry. DieTaarup meng enigiets: lusern, koring- ofmieliehooi, gras in enige vorm engrootte baal, kuilvoer, meel, konsen-trate, melassestroop, minerale, gooimaar in – hy weeg alles akkuraat en sypens hou ’n allemintige 14 kubiekemeter wat hy in ’n japtrap alles presieskerf en meng.

Die onderkant van die mengkamer isvan roesbestande Cor-Ten-staal gemaaken met Ultra-Glide-plastiek uitgevoerom wrywing tydens die mengaksie teverminder en die mengkamer se lewe teverleng.

Hierdie flink mengaksie bespaar natuurlik ’n magdom diesel teenoor dievorige menger wat twee uur lank moesstaan en sukkelmeng. ’n Boer kanbeswaarlik ’n operateur bekostig wat ’n

Johan Grobbelaar van DriekoppiesBoerdery naby Petrusburg is oortuig datsy seun, Hennie, nog net soveel nut uithierdie taai, betroubare Taarup-voer-menger van Jupidex sal put as wat hyvandag doen. Regs van sy gesig is diesif waar konsentrate ingegooi kan word.

Dis in ’n kits die beste vir jou diere op...

met Jupidex se Taarup 614-voermenger

Jupidex staan gereed om elke boer indie land van net die beste voer-mengers, raad en diens te voorsien.Praat met Jupidex se streeksbestuur-der vir die Vrystaat en Noordoos-Kaap, Dirk Rossouw, by082-448-1511, of met die produk-bestuurder, Terry Alexander, by 082-449-8116 of 033-345-2733. Daaris ’n Jupidex-handelaar naby aan jou.

trekker twee uur lank moet staan enoppas en ’n mens kan tog nie dietrekker onbewaak laat staan en loopnie.

Johan se Taarup meng die volle 14kubieke meter in net tien minute. Virmelkboere, wat growwer voer verkies,kan die tyd selfs korter wees.

Die Taarup 614 vra so tussen 60 kWen 76 kW trekkerkrag en ’n mens sukkelnie, soos met Driekoppies se vorigemenger, knaend met goed wat verstopen vasdraai en nie wil uittap nie. DieTaarup 614 het twee aftappunte; eenlinks vir op die grond en een regs virenige hoogte trog – en hy verstop nooit.

Dis lekker en maklik om met dieTaarup 614 te werk, sê Johan. Hy vereisbaie min onderhoud en enigeen kan ditdoen. Hy beveel Taarup beslis vir anderboere aan.

Jupidex bied die boer drie Taarup-mengermodelle: Die 608 wat 8,5 kubieke meter hou, die 610 wat 10,5 kubieke meter hou en die 614 soosDriekoppies s’n, wat 14 kubieke meterhou.

Page 8: ProAgri 131, December 2011
Page 9: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember 2010www.proagri.co.za 7

Die gunstige groei-omstandighedewat jou kweekhuis, tonnel of

nethuis vir jou plante skep, is net sogunstig vir peste en plae om vooruit teboer.

Dit kan ’n probleem skep, want disvir enigeen ’n onaangename taak ommet ’n gewone spuit in ’n bedekte gebied te werk om hulle te probeer bestry. Tot 80% van die spuitstof kanvan die plante afloop en in die grondbeland, waar dit die nuttige grondlewedoodmaak en die grondwater besoedel.

Boonop skuil peste en kieme onderblare en teen dakstrukture waar jyhulle nie met ’n gewone spuit bykomnie en die groot volume water wat virdie metode vereis word, bevorderswamsiektes en vlek produkte.

pulsFOG doen dit regMaar slegte nuus vir peste, plaeen kieme, is dat plaagbestrydingsmid-dels, toegedien met een van pulsFOGse ULV (ultra lae volume)-masjiene,geen ontsnapkans bied nie.

Hierdie tegniek berus op die beginseldat die water-spuitstofmengsel totklein misdruppeltjies verstuif word, so10 μm groot. Sou jy een liter vloeistofin sulke klein druppeltjies opbreek endit egalig oor ’n oppervlak van 1 hektaar versprei, dan sal daar teoreties so 19 000 druppeltjies opelke vierkante sentimeter beland.

Dit is hoekom jou spuitoplossingmet hierdie metode tot ’n honderdsteverminder kan word sonder om die

Duitse tegnologie: Gou, goedkoop, doeltreffend Sit peste op hul plek met Degesch se pulsFOG-verstuiwers

Meganisasie

Moenie verder sukkel nie. Praatvandag nog met Eddie Engelbrechtvan Degesch by 082-450-9199 enwen jou oorlog teen peste en plae –maklik, gou en doeltreffend. Jy kanhom ook e-pos [email protected]. of besoek www.degesch.co.za. Degeshis mense wat die boer verstaan.

So dwarrel ’nstatiese pulsFOG-

misspuit met behulp van’n waaier sy spuitmiddelmis deur ’n kweekhuis om elke hoekie en

krakie te bereik.

doeltreffende werking daarvan te verminder.

Met pulsFOG-toerusting is volumesvan 1,5 tot 2 ℓ/1 000 m2 doeltreffend.

Maklik om te gebruikMet hierdie tegniek hoef jy niemoeisaam elke plant en blaar teprobeer bespuit nie. Nee, jy plaas blootjou pulsFOG-verstuiwingspuit in dietonnel of nethuis en skakel hom aan.Die spuitmiddelmis wat hy uitblaas,dwarrel in die ingeslote ruimte rondom letterlik elke hoekie en skeurtjie tebereik.

As jou kweekhuis te groot is, help jydie dwarreling met waaiers aan vol-gens die resep en patroon wat pulsFOGse kenners vir jou gee en siedaar – joustryd is binne minute gewonne!

Een werker met ’n K-30 termiesemisspuit kan ’n kweekhuis van ’nhektaar binne ’n uur doeltreffendbehandel teen ’n tempo van 3 tot5 minute per 1 000 m2.

Veelsydige aanwendingPulsFOG het ’n misspuit vir elkemoontlike toepassing. Die termiesemisspuite werk volgens diepulssproeierbeginsel. Buiten ’n vergasserdiafragma wat die pulsevoortbring, het dit geen bewegendedele nie. Dis hierdie misspuit wat die afgelope 40 jaar die tier was vanblaaspootjie, witvlieg, blaarmyner,poeieragtige skimmel en botritis.

Degesch SA (Edms) Bpk is die agentvir pulsFOG, en beskik oor ’nvolledige dienssentrum en onder-delereeks.

Degesch is ook die vervaardigeren verspreider van PhostoxinR

Die ULV (ultra lae volume)-metodebereik nie net alle verskuilde peste nie,maar dit skakel ook spuitstofvlekke opprodukte uit en bespaar tot 90% vandie tyd wat andersins aan bespuitingbestee is. Boonop is dit meer omge-wingsvriendelik en veiliger vir werkers.

PulsFOG is ook perfek vir dieontsmetting van dierebehuising sooshoender- en varkhokke, en vir diebeheer van insekte soos muskiete,huisvlieë, sandvlieë, bytende muggies,tsetsevlieë, swartvlieë, kokkerotte enmiere.

Daar is nie ’n beter manier om peste,plae en kieme in tonnels, nethuise,kweekhuise en dierebehuising te bestryas met pulsFOG se verstuiwings-toerusting nie – en daar is ’n masjienvir elke taak.

Page 10: ProAgri 131, December 2011

MacDon FD70 Flexdraper-stropertafelstoot produk�witeit op met tot 40% of meer

MacDon FD70 Flexdraper

• Haal die beste uit enige stroper• Ideaal vir hoëvolume gewasse• Perfek vir laagdraende sojabone, bone, lensies en ertjies• Skakel pitverlies grootliks uit• Volg grondkontoer met drie segmente (speling

254 mm op punte)• Behou afstand tussen mes en spoel vir skoon snywerk• Vervoer materiaal sagkens maar ferm op band na

stroperbek• Beskikbaar in 9,1 m, 10,7 m, 12,2 m, 13,7 m• Wen American Society of Agricultural and Biological

Engineers se AE50-toekenning

Die bobaas-bone-uithaler

• Monteer voor aan die trekker sodat jy kan sien wat jy doen en nie jou bone vertrap voor jy hulle uithaal nie

• Haal skoon uit en pak netjiese windrye in een beweging

• Eerste snystaaf werk onder die grond; tweede snystaaf trek bone uit; vingers pak bone op vervoerband en vervoerband pak netjiese windrye.

• Minimum vermorsing• Dieptewiele verseker presiese staafdiepte.• Groo�es: 4-ry 30''; 6-ry 30'', 6-ry 36'', 8-ry 36''.

Geniet die voordele van Vitamech se wye handelaarsnetwerk

en flink, kundige diens. 021-907-8000

Boer vir meer met

Vitamech

www.vitamech.co.za

Stroop elke pit!Pickett One Step™ Ahead

KontakJurie Swart: 083-375-8840

Louis van der Merwe: 072-626-8409

Page 11: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010www.proagri.co.za 9

s

Vervoer

Die perfek geskikte dierevervoermid-del tydens sondvloedtoestande was

Noag se ark. As jy vandag ’n vragwaardevolle diere veilig en maklik wilvervoer, is jou antwoord volstrek diegedugte, veelsydige Nic-veesleepwa.

Wil jy af en toe ’n tollie of twee of ’npaar sponskussings aanry, dan is ’ngewone sleepwa heeltemal geskik virjou doel, maar as jy elke dag vragte vetvee ver oor moeilike paaie wil vervoer,het jy ’n professionele, gevorderde, duursame sleepwa nodig: ’n regteveesleepwa van Nic-sleepwaens.

Noag sou sy hande saamgeslaan hetoor die doelmatige manier waarop Nic-sleepwaens diere vervoer. Vir die veel-sydige boer, of die boer wat ook, soosdit ’n fatsoenlike mens betaam, soms virsy buurman ’n aanrytaak verrig (natuurlik teen betaling), is daar dieNic-kombinasieveesleepwa wat 4 perde,5 beeste, 50 skape of 25 varke kan vervoer – elke soort dier presies volgenssy eie aard en voorkeur.

Nic-sleepwaens het natuurlik ookander veesleepwaens van verskillendegroottes en ontwerpe; elkeen perfekgeskik vir die diere wat jy wil vervoer,soos ’n toegewyde bulsleepwa waarop jyvier bulle van 800 kg elk kan vervoer,elkeen in sy eie afskorting.

Die gerief en veiligheid van jouwaardevolle diere is vir Nic-sleepwaens

Nic Sleepwaens se nuttige kombinasiesleepwa het ’n onderstel van 5,5 ton met 16-duimwiele en vervoer 4 perde, 5 beeste, 50 skape of 25 varke – veilig, maklik en jaar na jaar na jaar. Saam met die wa kom ’n stel stewige dwarspype(sprakke) wat op verskillende plekke dwarsdeur die wa gedruk kan word omdiere op die wa te rangskik presies soos jy wil hê om wipplankryery en swaaieryuit te skakel.

Dis enige perd se droom om met Nic-sleep-waens se spesiale perdewa vervoer te word.Benewens sy kombinasiesleepwaens het Nic-sleepwaens ’n spesiale sleepwa vir bykanselke soort dier wat Noag op die ark gehad het.

baie belangrik. Daarom word netdie doeltreffendste glymatte (rubber of staal na jou keuse),hekke en hekknippe, tussenskot-balke en oploopblaaie gebruik.Die tussenskotbalke (sprakke)kan jy van die veiligheid buite diewa op ’n aantal verskillendeplekke deursteek om diere te houpresies waar jy hulle wil hê.

Nic-sleepwaens is van rondepyp vervaardig, wat die moont-likheid van beserings drastiesverminder omdat dit nie skerphoeke het nie. Dit verminder ookwindweerstand.

Nic-sleepwaens is so ontwerpdat diere nie kan uitspring of indie raamwerk kan vashaak nie enhulle gevorderde rubberveer-stelsel skakel die oordrag vanpadvibrasie uit sodat diere kalmeren rustiger bly terwyl hulle vervoer word. Hierdie duursameveerstelsel sorg ook dat dieswaartepunt teen enige beladingpresies reg bly om perfekte padhouvermoë te verseker.

Nic-sleepwaens spog met diebeste staal, die beste ontwerp,die beste veer-, rem- en ligte-stelsels, die beste padhouvermoëen die langste lewe. Dit allesplaas Nic-sleepwaens in ’n klas

Veilige veevervoer:Nic Sleepwaens loop los voor

Vir die perfekte professionelesleepwa, praat vandag nog met NicSleepwaens se vriendelike mense by018-673-0224 of 082-859-0904 [email protected]. Dis wat Noagsou gedoen het as hy sy diere oorland moes vervoer.

van hulle eie – ligjare voor die res.Dit is ook geen wonder dat ’n tweede-

handse Nic-sleepwa altyd ’n besonderhoë inruilprys behaal nie.

Eienaars van Nic-sleepwaens verklaardat hulle nog nooit ander sleepwaensteëgekom het wat so perfek gebalan-seerd is en so sonder rondswaai sleepnie; dat hulle nog nooit sleepwaens metsulke sterk onderstelle en sulke uitmun-tende veerstelsels gesien het nie; dathulle nog nooit ander sleepwaens gesienhet wat so eindeloos nuut bly nie; endat sleepwasleep pure plesier is solankdit ’n Nic-sleepwa is wat jy sleep.

Maar Noag het nie net plaasvee gehadom op te laai nie, en ook hier sou Nic-sleepwaens so reg in sy smaak val.Nic-sleepwaens maak ook spesialesleepwaens vir die vervoer van allerleisoorte wild – tot kameelperde, renosters en krokodille.

Die reeks van 147 modelle sluit insleepwaens vir motors, vierwielmotor-fietse, helikopters en brandbestryding.Daar is tenksleepwaens, platbaksleep-waens, enkel- en dubbelassleepwaens,klein-, middelslag en groot sleepwaens– en pasgemaakte sleepwaens spesiaalvir jou doel as daar nie een in die reeksis wat perfek aan jou behoeftes voldoennie.

Maar daar hou die goeie nuus nie opnie: Daar is ’n agent van Nic-sleep-waens naby aan jou – ’n hele 114 vanhulle regoor die land. Besoek www.nictrailers.co.za om te sien wie dienaaste een is.

Page 12: ProAgri 131, December 2011
Page 13: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010www.proagri.co.za 11

Veeboerdery

Lampersentasie kan reeds met die volgende lamseisoen betekenisvol

verhoog word deur die gelyktydigetoepassing van die korrekte en doeltref-fende bestuur-, voeding-, seleksie- entelingspraktyke.

Met seleksie vir vrugbaarheid kanmaksimum 2% vordering per jaargemaak word (Land, 1979), maar diegelyktydige toepassing van voorge-noemde praktyke kan die lampersen-tasie, afhangend van hulle huidigelampersentasie en die reproduksie-potensiaal van die ooie, met tot 20 tot36% of selfs meer verhoog (Hunt,2010).

VervangingsooieMet speen moet die klein en-boepenslammers, asook dié met defini-tiewe prulfoute, geprul word.

Maak soveel ooilammers as moontlikgroot; paar almal; skot alle droë jongooie na aftasting uit; klas diedragtige jongooie eers na aftasting opgrond van bouvorm- en woleienskappeen skot dié wat nie aanvaarbaar is nieuit totdat die gewenste getal bereikword.

Om vrugbaarheid en tweelinggeboor-tes by jongooie te maksimeer, moet toegesien word dat jongooie hulle kritieke paringsmassa [80% van volwasse massa (Graaf, 2010) met paring op 12 maande en jonger en 90 % as hulle ouer as 12 maande is]bereik.

Ooilammers moet vanaf speen toteerste paring ’n kragvoeraanvulling (700 kg gemaalde mielies of garspitte +200 kg Voermol SS 200 + 50 kg Voer-mol Procon + 40 kg Voermol-melasse-meel) teen so ’n peil ontvang dat hullehulle teikenparingsmassa met eersteparing bereik.

Paar jongooie in ’n aparte trop met4% ervare ramme.

TeelrammeGee voorkeur aan ramme wie se moe-ders die meeste lammers per lamkansgespeen het; hulle moeders se OPI(ooiproduksie-indeks) moet positiefwees, hoe groter hoe beter, terwyl diegeselekteerde ram se TWW-waarde (totale massa lam gespeen) ook positiefmoet wees, hoe groter hoe beter (Brynard, 2010).

Spuit ramme drie maande voor diepaarseisoen in met Multimin, Vitamien Aen Vitamien E.

Voer teelramme vanaf twee maandevoor die paarseisoen hoë vlakkedeurvloeiproteïen om testikelgroei enspermproduksie te maksimeer enramme in ’n uitstekende kondisie te kry.Voer teelramme Voermol Superlamkor-rels of ’n SS 200-gebaseerde aanvulling

Dis moontlik: Jy kan jou lampersentasie dramaties opstoot!

Lammers net waar jy kyk! Daar is verskeie strategiese en praktiese riglyne watskaapboere kan volg om 'n hoë lampersentasie volgende lamseisoen te verseker(Hunt, 2010).

Dr Jasper Coetzee, Voermol Voere

reproduksie (Adams et al, 2005), metander woorde, hoe beter die kondisievan die teelooie tydens paring, hoe hoëris die lampersentasie (Ferguson et al,2007).

Soos die kondisiepunt van teelooievan 2,7 na 3,3 verbeter het, het die aftaspersentasie van 103 na 130% toegeneem (AWI, 2009).

Ooie wat met paring 55 kg geweeghet, het ’n 45% hoër ovulasietempogehad as dié wat 40 kg geweeg het, terwyl dit met nog 11% kan toeneemindien hierdie ooie in massa toeneemmet die aanvang van die paarseisoen(Rowe, 2003). Vir elke 1 kg wat 'n ooiswaarder is met paring, neem die lampersentasie met ± 1,5 tot 2,5% toe(Downing & Scaramuzzi, 1991).

Optimale voeding van die teelooi isdie heel belangrikste faktor wat ’n hoëlampersentasie verseker (Hunt, 2010).Meer as 70% van ’n skaapkudde se reproduksieprestasie word deur voedingbepaal (Rowe, 2005).

Die jongste navorsing toon dat ditekonomiese geregverdig is om alle ooiewat die vorige lamseisoen tweelingegelam het, ongeag hulle kondisie, asookjong ooie, vanaf drie weke voor diepaarseisoen vir minstens ses wekeprikkelvoeding te gee. Die res van dieteelooie word slegs prikkelvoedinggegee indien hulle skraal (kondisiepuntvan minder as 3), is.

Die beste prikkellek (300 tot 400 g/ooi/dag) is Voermol Maxiwol-produksiekorrels, maar die ander Maxi-wolprodukte gee ook goeie resultate.

Spuit ooie ongeveer vier weke voor die paarseisoen met Multimin, asooktamien A en E, doseer met ’n doeltref-fende doseermiddel en ent met ’n multi-

(575 kg gemaalde mielies of garspitte +200 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voer-mol Procon + 80 kg Voermol Melasse-meel) teen 500 tot 1 500 gram/ram/dagop voldoende weiding of saam met ad lib lusernhooi.

Doseer ramme twee tot drie keer perweek met 25 ml koringkiemolie.

Vermy die gebruik van oorvet en onfikse ramme deur hulle vanaf tweemaande voor die paarseisoen te oefenom hulle topfiks te kry.

Toets teelramme vier tot ses wekevoor die paarseisoen vir vrugbaarheid,geslagsiektes en dekbehendigheid.Doseer hulle terselfdertyd met ’n doel-treffende doseermiddel en ent hulle met'n multiklostridiale-entstof.

Toekenning van te veel ooie aan ’nram kan veroorsaak dat daar mindertweelinge is. Waar drie ramme per 100ooie gebruik is, was die speenpersen-tasie 8% hoër as waar slegs tweeramme per 100 ooie gebruik is.

Die ideale wollengte met die aanvangvan die paarseisoen is drie tot viermaande wolgroei (Graaf, 2010).

TeelooiePrul alle droë ooie, asook dié wat lammaar nie ’n lam speen nie. Dié met laeOPI-syfers moet ook uitgeskot word(Brynard, 2010).

Om die hoogste lampersentasie teverseker, moet teelooie in 'n uitstekendekondisie (minstens 3,5 kondisiepunt)wees, asook in massa toeneem met dieaanvang van die paarseisoen.

Die kondisie van die ooie met die aan-vang van die paarseisoen is die belang-rikste bepalende faktor vanreproduksietempo van ooie (Hunt,2010). Energie (oftewel vetheid) dryf

vervolg op bl 13

Page 14: ProAgri 131, December 2011
Page 15: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010www.proagri.co.za 13

Bertus [email protected]

Buks le [email protected]

Rob [email protected]

Beskikbaar by:

Spilpunt Store Trekkers

Beveilig jou:

Ingevoer deur:

Sizwe Group012-657-5300

Simkaart

+

Paneel

Buite-ogie

+

Gratis montering vir 12 maande R 8 095

Boere kan self inspring met ’n Videofied-kamerastelsel

Residensiële en Klein

Kommersiële

Koordloos/draadloos

Onmiddellike installasie

Afstandbeheerde

ProxCard Aktivering

4-jaar Batterylewe

vanaf

klostridiale-entstof. Indien enting slegseen maal per jaar geskied, moet dit inlaatdragtigheid gedoen word.

Om embrionale resorpsie en fetale afsterwing te voorkom, moet teelooienie vir die eerste maand nadat dieramme uitgehaal is hanteer word nie.

KoggelrammeDeur die teelooie vir nege dae voor diepaarseisoen met hoë libido-koggel-ramme (byvoorbeeld Afrikaners,Afrino’s, ensovoorts) te koggel, kan diemeerlinggeboortes betekenisvol verhoogword omdat hulle die ooie tot ’n hoërovulasietempo stimuleer.

Waar Merino-ooie in die lente voor diepaarseisoen met Afrikanerkoggelrammegekoggel is, is die meerlinggeboortesmet gemiddeld 19 tot 21% (King et al,1989) verhoog en wanneer hulle in dieherfs gekoggel is, was die verhoging14,4% (King, 1994).

Het voeding van lakterende ooie ’ninvloed op lampersentasie?Dit blyk dat goeie voeding gedurendelaktasie ’n oordrageffek het wat diedaaropvolgende lampersentasie verhoog(Jefferies, 1984).

Onvoldoende voeding van lakterendeooie gedurende die eerste twee maandena lam, wat meer as 10% liggaamsmas-saverlies tot gevolg het, is waarskynlikeen van die belangrikste redes vir ’n lae

lampersentasie in Suid-Afrikaanseskaapkuddes.

Volgens Curnow (1987), begin ’n ooise hittesiklus die volgende teelseisoenal hoe later hoe meer massa sy na lam,veral gedurende die eerste ses wekevan laktasie, verloor.

Kunsmatige verhoging van lampersentasieDie lampersentasie van ooie kan dramaties verhoog word deur die ooiemet vaginale sponse te sinchroniseer endan DMS met sponsonttrekking te spuit.Aangesien te hoë dosisse DMS totongewenste getalle drie-, vier- en selfsvyflinge kan lei, moet dit met omsigtig-heid gedoen word en moet die dienstevan ’n kundige veearts gebruik word.

Waar sponse en DMS gebruik word,gaan die ooie oor ’n baie kort tyd (3 tot5 dae) op hitte kom. Die beste is om hierdie ooie kunsmatig te insemineer of,indien genoeg ramme beskikbaar is,kan handdekking gedoen word.

Die verhoging in lampersentasie watmet sponse en DMS bewerkstellig word,is nie permanent nie, met ander woordedit moet elke paarseisoen gedoen wordanders keer dit weer terug na die vlakwaar dit was.

AlgemeenIndien die lampersentasie drasties ver-hoog word, moet ’n hoë bestuur- en

vanaf bl 11voedingspeil te alle tye gehandhaafword en dit word hoogs aan beveel omlamhokke te gebruik.

Skakel die plaaslike veearts oor dieimmunisering van ooie teen ensoötieseaborsie en slenkdalkoors.

Indien die ooie die eerste maandnadat die ramme uitgehaal is nie hullemassa handhaaf nie, moet ’n produk-sielek verskaf word.

Die hoogste besetting en meerling-geboortes word verkry indien die ooiegedurende die aktiewe geslagseisoen(Maart tot April) gepaar word (Hunt,2010). Waar buite die aktiewe geslag-seisoen gepaar word, is die gebruik vankoggelramme en prikkelvoeding ononderhandelbaar om ’n hoë lam-persentasie te verseker.

Indien die besetting van die ooie min-der as 90% is, moet ondersoek onverwyld na moontlike vrugbaarheids-probleme ingestel word (Hunt, 2010).

Wanneer die lammers gespeen word,moet die ooie op grond van hulle kondisie in twee groepe (skraal en goed)verdeel word. Die skraler ooie (kondisiepunt van minder as 3) moet in’n aparte trop op beter gehalte weidinggeplaas word om te verseker dat hullemet paring in ’n goeie kondisie (minstens 3) is (Hunt, 2010).

Ooie moenie korter as vier weke voordie paarseisoen geskeer word nie omdatdit die lampersentasie kan verlaag.

Page 16: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / Deember 2010 www.proagri.co.za14

Page 17: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / Deember 2010www.proagri.co.za 15

Page 18: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010 www.proagri.co.za16

agrilag deur Dom boer

Neem kennis!

Verbyganger aan boer: “Hoekom het jy nie ’n trekker om mee teploeg nie?”Boer: “Ek het twee trekkers in die skuur.”Verbyganger: “Nou hoekom span jy dan ’nbul voor die ploeg in?”Boer: “Ek probeer hom leer dat die lewe uitmeer as romanse bestaan.”

Kille logika

’n Man ry op Vrydag die dorp binne, bring drie dae daar deur envertrek weer op Vrydag. Hoe is dit moontlik?Sy perd se naam is Vrydag.

Boer: “Dokter, ek eet soos ’n perd, werk soos ’n esel en slaapsoos ’n os, maar ek voel so siek soos ’n hond.”Dokter: “Is jy seker jy moes nie liewer ’n veearts geraadpleeg hetnie?”

“My papegaai lê vierkantige eiers.”“Merkwaardig! Kan hy praat ook?”“Ja, maar net een woord.”“Wat?”“Eina!”

Gas: “Hierdie sop smaak snaaks.”Kelner: “Nou waarom lag jy dan nie?”

Heinie: “Eienaardig hoe baie hedendaagse meisies nie wil trounie.”Hennie: “Wat laat jou so sê?”Heinie: “Ek het hulle gevra.”

Oeps!

Advertensie in koerant: Te koop: Opregte Boerboel. Goeiewaghond. Eet enigiets. Baie lief vir kinders.

Toe klein Gerrie dieretuin toe was, was hulle baie kwaad vir homoor hy die ape gevoer het. Hy het hulle vir die leeus gevoer.

Gas: “Kelner, daar’s ’n vlieg in my sop.”Kelner: “Dis nie ‘n vlieg nie – dis die vorige ou wat gekla het. Diekok is ’n toordokter.”

Onregverdige ou wêreld!

Ma: “Waarom het die onderwyser jou geslaan?”Pietie: “Oor die seun langs my gerook het, Ma.”Ma: “Maar hoekom slaan hy jóú oor hý gerook het?”Pietie: “Want ek het hom aan die brand gesteek, Ma.”

Die reine waarheid

Koos doen aansoek om werk as ’n plaasarbeider.Boer: “Jy moet fiks wees. Het jy enige siektes gehad?”Koos: “Nee, niks.”Boer: “Enige ongelukke?”Koos: “Nee, niks.”Boer: “Maar jy kom hier aan op krukke. Jy moes tog seker ’n ongeluk gehad het?”Koos: “O, dit? Die bul het my gegaffel – maar dit was nie ’n ongeluk nie. Hy het dit aspris gedoen.”

Eina!

Die stadjapie koop ’n perd by die boer, maar kom kla na ’nmaand: “Die perd is fluks en vinnig en ry lekker, maar hy laat dieheeltyd sy kop hang. Daar moet tog iets fout wees met hom.”“Toe maar,” antwoord die boer, “dis maar net sy trots. Sodra hybetaal is, sal hy sy kop hoog hou.”

Page 19: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010www.proagri.co.za 17

Page 20: ProAgri 131, December 2011

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die mees bekos�gbaarste advertensie-tariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] Strauss (Pretoria) 083-748-3413 | 012-362-6390 [email protected]

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

ProAgri 131 - Desember / December 2010 www.proagri.co.za20

AgriGids

Page 21: ProAgri 131, December 2011

AgriG

ids

ProAgri 131 - Desember / December 2010 21www.proagri.co.za

Page 22: ProAgri 131, December 2011

AgriGids

ProAgri 131 - Desember / December 2010 www.proagri.co.za22

Page 23: ProAgri 131, December 2011

AgriG

ids

ProAgri 131 - Desember / December 2010 23www.proagri.co.za

Page 24: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010 www.proagri.co.za24

Veeboerdery

Namate die kosteknyptang knel,skakel al hoe meer beesboere oor na

Beefmaster en Beefmaster-kruisings. Disook geen wonder nie, want dié ras issorgvuldig geteel en word steeds verbeter vir die winsgewendste vleispro-duksie.

Die Beefmaster-veilingsuitslae van 2010vertel ’n storie van volgehoue groei:Bos Blanco veiling van vroulike diere11 Februarie 2010BW StaalGemiddelde pryse:Koeie met kalwers: R19 100Dragtige koeie: R12 800Dragtige verse: R12 600Duurste koei met kalf: R38 000 gekoopdeur J TheronDuurste dragtige vers: R17 500 gekoopdeur M LouwNooitverwacht Beefmaster14 April 2010Kerneels, Gerrie en Rienie van RensburgGemiddelde pryse:Bulle: R30 928Koeie met kalwers: R7 416Verse: R7 391Duurste bul: R48 000 gekoop deur N HeydenrychDiadem en Considerata8 Junie 2010 Frieda de Jager en Johan van der NestGemiddelde prys vir 32 bulle: R33 800Duurste bul: R90 000 gekoop deurGrassfields FarmingBeefmaster Nasionale Veiling14 Julie 2010 Gemiddelde pryse:Bulle: R29 4043 in 1 vroulike diere: R16 714Koeie met kalwers: R11 666Dragtige verse: R10 369Verse: R12 500Semen: R251,32Duurste bul: R60 000 gekoop deur CAJ van RensburgDuurste 3 in 1: R22 000 gekoop deur Sedona KonstruksieDuurste koei met kalf: R16 000 gekoopdeur HA van BiljonDuurste dragtige vers: R15 000 gekoopdeur JG de KockDuurste vers: R18 000 gekoop deur JG de KockDuurste semen (BOS07 7406): R400 perstrooitjie gekoop deur GF ScheepersTrigon Beefmastergroep20 Julie 2010 Jannie Ungerer, Willem en Sarie PieterseGemiddelde pryse:Bulle: R21 333Koeie met kalwers: R10 300Dragtige verse: R8 800Oop verse: R7 000Duurste bul: R28 000 gekoop deur G Janse van RensburgNoordwes-Beefmasterveiling22 Julie 2010

Noordwes-klub, LichtenburgGemiddelde pryse:Bulle: R24 010Koeie met kalwers: R11 143Dragtige koeie: R9 667Dragtige verse: R8 068Duurste bul: R36 000 gekoop deur Paulen Danie van der WaltHuman Beefmasters27 Julie 2010 Piet en Marika HumanGemiddelde pryse:Bulle: R23 000Verse: R7 500Duurste bul: R37 500 gekoop deur B MeyerCentral Beefmaster Sale29 Julie 2010 Ottershaw & Wesminster EstateGemiddelde pryse:Bulle: R20 000Vroulike diere: R7 900Trimaster-veiling (eerste) Heilbron30 Julie 2010 Trimaster-groepGemiddelde pryse:Bulle: R21 444Koeie met kalwers: R8 100Dragtige verse: R7 300Duurste bul: R29 000 gekoop deur JanMarais4 x 4 Beefmasters3 Augustus 2010 GF ScheepersGemiddelde prys vir 48 bulle: R50 100Duurste bul: R135 000 gekoop deur L Kleynhans van Louca BeefmasterHoogste prys vir ’n vroulike dier: R14 700 gekoop deur Thys VersterBeefmaster Alliance Nigel5 Augustus 2010 Alliance-groepGemiddelde pryse:Bulle: R25 771Vroulike diere: R9 363Duurste bul: R58 000 gekoop deur dr C BadenhorstElmic Beefmasters10 Augustus 2010 Mike en Elma NicolauGemiddelde prys vir bulle: R27 400Hoogste prys vir ’n bul: R47 500 gekoopdeur C Potgieter

Beefmaster:Die ras word so groot want die beeste groei so geil

Bos Blanco11 Augustus 2010 BW StaalGemiddelde prys vir bulle: R37 930Hoogste prys vir ’n bul: R135 000gekoop deur Hans en Marius MoolmanShawe Beefmaster Sale12 Augustus 2010 Donuil ShawGemiddelde pryse:Bulle: R31 500Vroulike diere: R8 600Duurste bul: R37 000 gekoop deur De Villiers en Johan MeintjesSandspruit Beefmasterveiling17 Augustus 2010 SandspruitGemiddelde pryse:Bulle: R24 420Vroulike diere: R7 896Duurste bul: R46 000 gekoop deur M Leeen T StrettonDuurste vroulike dier: R8 000 gekoopdeur A ReabowPetana Oktavia17 Augustus 2010 Peet Koekemoer, Petie Koekemoer, Connie van Vuuren, Jan SchoemanGemiddelde pryse:Bulle: R25 187Vroulike diere: R9 640Verse: R7 619Duurste bul: R60 000Quardsen Beefmaster18 Augustus 2010 Kobus en Riana GildenhuysGemiddelde pryse:Bulle: R18 000Dragtige koeie R7 500Dragtige verse: R8 200Duurste bul: R30 000WO Beefmasters25 Augustus 201064 bulle verkoop teen ’n gemiddeldeprys van R37 700Oos-Vrystaat-veldbulklub2 September 2010Gemiddelde prys van bulle: R28 500Duurste bul: R50 000 gekoop deur P van der WaltIvukile Beefmasters7 September 2010 19 bulle verkoop teen ’n gemiddeldeprys van R24 525Duurste bul: R36 000 gekoop deur B WieseEast Coast Beefmaster Sale14 September 2010 Gemiddelde prys vir bulle: R22 600Hoogste prys vir ’n bul: R61 000 gekoopdeur C RattrayFouché Boerderyvennootskap23 September 2010 Gemiddelde pryse:Bulle: R17 846,15Vroulike diere: R7 067,50Grange Familietrust het die duurste bulteen R23 000 gekoop en die duurste vroulike dier teen R8 800

Die duurste bul wat op die Nasionale Beefmaster Veilingverkoop is

Page 25: ProAgri 131, December 2011

Veilin

gs

ProAgri 131 - Desember / December 2010 25www.proagri.co.za

Page 26: ProAgri 131, December 2011

Veilin

gs

ProAgri 131 - Desember / December 2010 www.proagri.co.za26

Page 27: ProAgri 131, December 2011

Veilin

gs

ProAgri 131 - Desember / December 2010 27www.proagri.co.za

Page 28: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010 www.proagri.co.za28

Veilin

gs

Page 29: ProAgri 131, December 2011

ProAgri 131 - Desember / December 2010 29www.proagri.co.za

Veilin

gs

Page 30: ProAgri 131, December 2011
Page 31: ProAgri 131, December 2011
Page 32: ProAgri 131, December 2011