preekriglyne – vir eredienste · web viewu self word ons naaste en ons vrede word u eer. daarom...

29
Lukas 2:8-20 – Kersfees – 25 Desember 2019 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Lukas 2:8-20.....................................5 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................5 1.4 Vorige stof................................................. 6 1.5 Ekstra stof................................................. 6 2 Erediens........................................................7 2.1 Tema........................................................ 7 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................7 2.3 Liturgie.................................................... 7 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................8 3.1 Rus......................................................... 8 3.2 Liedere.................................................... 11 4 God praat met ons en ons luister...............................13 4.1 Familie-oomblik............................................ 14 4.2 Preekriglyn................................................ 16 5 God stuur ons om te leef.......................................19 6 Volgende erediens..............................................20 1 Oorsig Die geboorte van Jesus soos dit vroeër aan Maria aangekondig is, word in hierdie episode deur die engel (en engele) aan die herders bevestig. Die tonele waarin die geboorte van Jesus, sy besnydenis en voorstelling afspeel, is 'n voortsetting van die toon wat reeds vóór sy geboorte gegeld het, naamlik dat God bestaande magstrukture heeltemal omkeer en dekonstrueer. Dit is duidelik uit byvoorbeeld 1

Upload: others

Post on 30-Dec-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

Lukas 2:8-20 – Kersfees – 25 Desember 2019

1 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Lukas 2:8-20..........................................................................................................5

1.3 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................5

1.4 Vorige stof..............................................................................................................................6

1.5 Ekstra stof...............................................................................................................................6

2 Erediens.........................................................................................................................................7

2.1 Tema.......................................................................................................................................7

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................7

2.3 Liturgie....................................................................................................................................7

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................8

3.1 Rus..........................................................................................................................................8

3.2 Liedere..................................................................................................................................11

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................13

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................14

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................16

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................19

6 Volgende erediens.......................................................................................................................20

1 OorsigDie geboorte van Jesus soos dit vroeër aan Maria aangekondig is, word in hierdie episode deur die engel (en engele) aan die herders bevestig. Die tonele waarin die geboorte van Jesus, sy besnydenis en voorstelling afspeel, is 'n voortsetting van die toon wat reeds vóór sy geboorte gegeld het, naamlik dat God bestaande magstrukture heeltemal omkeer en dekonstrueer. Dit is duidelik uit byvoorbeeld die loflied van Maria waarin sy juis God se ommekeer van mag besing: "My siel loof die Here, my gees jubel oor God my Verlosser, want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien … Kragtige dade verrig Hy met sy arm. Die denke van hoogmoediges verwar Hy, magtiges ruk Hy van hulle trone af, en geringes verhoog Hy. Hongeriges versadig Hy met goeie gawes, en rykes stuur Hy met leë hande weg …" (vgl 1:46-55 NDV; sien ook die opmerkings oor magsanalise hier onder).

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

Die geboorteverhaal van Lukas is vol genade en hoop. Dit betuig aan elkeen wat hoor of lees dat omstandighede nie die deurslag vir die lewe gee nie, dat die lewe anders kan wees. Nee, die lewe is inderdaad anders! Die koms en die lewe en sterwe van die Messias bring nuwe perspektiewe. In die woorde van Lied 478 sluit dit "vergesigte oop" vir die kerk van Jesus Christus.

1.1 Ander teksteJesaja 52:7-107Hoe wonderlik klink op die bergedie voetstappe van homwat die goeie boodskap bring,wat vrede aankondig,wat die goeie tyding bring,wat redding aankondig,wat vir Sion sê:“Jou God is Koning!”8Hoor, jou wagte roep hard,hulle jubel almal saam,want hulle sien dat die Herena Sion toe terugkom.9Jubel en juig, puinhope van Jerusalem,want die Here het vir sy volkuitkoms gebring,Hy het Jerusalem verlos.10Die Here het sy heiligheid, sy mag,geopenbaar voor die oë vanal die nasies.Tot aan die uithoeke van die aardesal hulle die redding sienwat ons God bewerk het.

Psalm 96Die Here kom om oor die aarde te heers

96 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here,sing tot eer van die Here, almal op aarde! 2Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! 3Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 4Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het.

2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

6Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. 10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volkeregverdig oordeel.” 11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.

Hebreërs 1:1-4, (5-12)Die uitnemende grootheid van die Seun van God

1 In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam.

5Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê:“Jy is my Seun,van vandag afis Ek jou Vader,” a

en ook:“Ek sal sy Vader wees,en Hy sal my Seun wees” b

6En wanneer God die Eersgeborenein die wêreld inbring, sê Hy:“Al die engele van God

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

moet Hom aanbid.”7Van die engele sê Hy:“Hy maak sy engele stormwindeen sy dienaars vuurvlamme.” c

8Maar van die Seun sê Hy:“U troon, o God,staan vir ewig vas,met u koninklike septerlaat U reg geskied.9U het die reg liefen U haat die onreg.Daarom het God, u God,U onder groot vreugdetot Koning gesalfbo u tydgenote.” d

10En verder:“U, Here, het in die begindie aarde gevestig,en ook die hemel is die werkvan u hande.11Dié dinge sal vergaan,maar U bly bestaan;soos ’n kledingstuksal alles verslyt;12soos klere sal U dit oprol;ja, soos ’n kledingstuksal dit vervang word.Maar U, U bly dieselfde,en u jare het geen einde nie.” e

Johannes 1:1-14Die Woord het mens geword

1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.6Daar was ’n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld—die wêreld het deur Hom tot stand gekom—en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore.14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.”

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

1.2 Fokusteks: Lukas 2:8-20Die geboorte van Jesus

(Matt 1:18–25)

2 In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.4Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het. 5Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. 6Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. 7Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die skaapwagters en die engele

8Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 10Toe sê die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê."13Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:14"Eer aan Godin die hoogste hemel,en vrede op aardevir die mense in wie Hy'n welbehae het!"15Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: "Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het."16Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. 17Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 18Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. 19Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. 20Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.

1.3 Eksegetiese opmerkingsRaadpleeg gerus Woord en Fees vir bykomende agtergrond oor die teks en konteks. Dit is beskikbaar by www.bmedia.co.za.

Meegaande preekskets is 'n verwerking van die materiaal in Woord en Fees.

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

1.4 Vorige stofDie eerste skakel hier is na 'n preekriglyn uit 2006 wat die tema van God se "onmag" teenoor die wêreld se "mag" ontwikkel. Die tweede skakel is na 'n preekriglyn uit 2002 wat met die voorbeeld van 'n sensus die idee ontwikkel dat God sy mense tel om dié te vind wat "weg" is. Die derde preekriglyn (doc en ppt) is uit 2015 en het nie net 'n lekker Familie-oomblik met die storie van "candy canes" nie, maar werk met die idee van God se vrede wat uit geregtigheid gebore word en ons laat sing van die vrede en vreugde wat God bring.

Lukas 02_1-14.doc

Lukas 02_1-20.htm

Lukas 02_1-20a.doc

Lukas 02_1-20a.ppt

1.5 Ekstra stofTeks en konteks

2:8 Die boodskap van Jesus kring uit na die herders wat met die boodskap van die engele hulle na Maria en Josef haas.

Dit is betekenisvol dat die eerste Jode wat die boodskap van Jesus hoor juis die herders is, nie die elite in Jerusalem nie. Trouens, 'n maand en 'n half (41 dae) ná die geboorte sal Jesus in Jerusalem wees waar Hy aan die Here gewy sal word, sonder dat Herodes of die priesterhoofde en skrifkenners iets agterkom. Net Anna en Simeon sal die toewydingsgeleentheid van die Verlosser van die wêreld saam met sy ouers vier. Die wyse manne is nog op pad ...

2:9-12 Die engele bring 'n boodskap van groot blydskap wat nie net vir die hele volk sal wees nie (2:10), maar vir al die mense van die aarde in wie God 'n welbehae het (2:14). Lukas beklemtoon van die begin af die genade wat vir alle mense betekenis inhou.

"Goeie tyding" vertaal die Griekse woord "evangelie". Dit is wat die geboorte van Jesus vir die wêreld gaan inhou. Die teken dat dit só is, is die baba wat in doeke toegedraai is en in 'n krip in die stad van Dawid lê.

Die engel noem Jesus met drie name wat sy hele bediening stempel:

Verlosser – dit is 'n sinoniem vir die naam Jesus wat ook Verlosser of Redder beteken en wat dui op die doel van sy koms. Hy het gekom om mense van hulle sondes te verlos en hulle te heilig deur die werk van die Heilige Gees.

Christus – Gesalfde of Messias waarmee by die verwagting van Israel soos deur die profete aangekondig, aangesluit word. Hy het gekom om namens ons ons sondes voor God te versoen sodat ons in die vergifnis en genade kan floreer wat Hy vir ons deur sy kruisdood verwerf.

Here – kurios – die Griekse woord wat Jode gebruik het om die Hebreeuse naam vir God in die OT, JAHWE, te vertaal, en waarmee Jesus se Goddelike status aangedui word. Here is 'n persoonsnaam vir Jesus wat sy Goddelike status aandui sowel as 'n titel wat sy Goddelike gesag aandui. Hy is God en Hy word gehoorsaam as God.

2:13-14 'n Magtige leërskare engele verskyn om God te prys en sy Naam te eer, want Hy het met hierdie geboorte vrede kom bring onder die mense in wie Hy 'n welbehae het. Vers 14 is talle kere deur die eeue getoonset in van die mooiste van ons liedereskat.

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

2:15-20 Die herders laat nie gras onder hulle voete groei nie, en vertrek na Betlehem om die boodskap te bevestig. En inderdaad, die boodskap was eg. Let op hoe hulle vertel van "die woord" wat vir hulle gesê is oor die Kind. Hierdie Kind sou die Woord van God wees.

Die nuus bring verwondering by almal wat dit gehoor het met Maria wat nog meer spesifiek die woorde in haar hart gebêre het en telkens weer daaroor nagedink het.

Dit is hoe dit telkens met 'n "woord" van die Here werk. Daar is altyd verdere en voortdurende nadenke nodig om die betekenis daarvan te kan begryp. Die Here werk ook daarin mee deur verdere bevestigings wat Hy gee op die pad wat 'n mens met Hom loop.

Dit is duidelik dat die herders onmiddellik ingespan word as getuies vir God se boodskap wat 'n beweging in die platteland begin vóór Jerusalem en die elite bewus word hiervan.

Betekenis en boodskap

1. Die evangelie word menigmaal die beste voortgeplant deur eenvoudige getuies. Die elite is baie keer juis 'n bron van weerstand teen die evangelie soos ons net hierna van Herodes-hulle al kennis neem. Hoe dit ook al sy, jy is ook 'n getuie van hierdie verhaal. Jy het ook die "woorde" van God. Wie in jou omgewing moet dit nog hoor? Wat kan jy doen om die nuus ook verder te laat versprei?

2. Die name van God in die Bybel het 'n besondere betekenis. Dit beskryf wie Hy is, en wat Hy doen. Oordink die betekenis wat hierdie drie name of titels van Jesus vir jou het: Verlosser, Christus, en Here. Soos die engele en herders beweeg hierdie name ons tot aanbidding en lofprysing, tot gebed en getuienis.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondAlbei moontlike agtergronde het ‘n CC0 lisensie en is vanaf piqsels.com. Onthou om die lig in die kerkgebou in ag te neem – as daar baie sonlig is, mag die ligter foto te lig wees.

2.3 LiturgieDaar is in die liturgie gebruik gemaak van Bybelmedia se preekstudies sowel as van vorige bydraes by seisoenvanluister.co.za.

KERSFEES 2019

Die klem is op afwagting en voorbereiding – nie net vir die koms van Jesus as mens wat gevier word met Kersdag nie, maar ook vir Jesus se wederkoms. Die Latynse woord adventus is die vertaling van die Griekse woord parousia wat algemeen gebruik word vir Jesus se tweede koms.

TOETREDE 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4

Gedig NP Van Wyk Louw, een van Suid Afrika se grootste digters, het ’n pragtige gedig geskryf oor die lewe van Jesus – die eerste vers handel oor Sy geboorte:

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

LIED 358 Welkom o stille nag van vrede vs 1,2,3

VOTUM Jesaja 52, Psalm 96

GROET Lukas 2

LOF

LIED 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4

VREDESGROET: Sursum corda

LIED 349 Kom kinders besing met ‘n vrolike stem vs 1,2,3,4

SKRIFLESING Hebreërs 1

GEBED

SKRIFLESING

Uit die Ou Testament Jesaja 9

Uit die Evangelie Lukas 2:8-20

Kort Preek (ahv Preekriglyn)

GELOOFSBELYDENIS (eerder as gebed)

Geloofsbelydenis met Kersfees

SANG

LIED 362 Vol vreugde sing die engle’skaar vs 1,2

LIED 365 Hoor die blye eng’lelied vs 1,2,3

OFFERGAWES

LIED 348 Stille nag vs 1,2,3

SKRIFLESING VOOR DIE SEËN

Johannes 1

SEËN

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusKERSFEES 2019

Die klem is op afwagting en voorbereiding – nie net vir die koms van Jesus as mens wat gevier word met Kersdag nie, maar ook vir Jesus se wederkoms. Die Latynse woord adventus is die vertaling van die Griekse woord parousia wat algemeen gebruik word vir Jesus se tweede koms.

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

RUS

TOETREDE 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4

Indien ‘n Adventskrans gebruik word, steek dit nou aan…

Gedig NP Van Wyk Louw, een van Suid Afrika se grootste digters, het ’n pragtige gedig geskryf oor die lewe van Jesus – die eerste vers handel oor Sy geboorte:

Nie uit wit paleise niewou Hy (uit soewereine Wil)tot ons soort staat gebore word;maar, waar die Kuise en die Arme stilen buite die hotel se poortverniet loseer het in die stal,het Hy, Visarendjie van God,in ons benoude vlees geval…

LIED 358 Welkom o stille nag van vrede vs 1,2,3

VOTUM Jesaja 52, Psalm 967Hoe wonderlik klink op die berge

die voetstappe van hom

wat die goeie boodskap bring,

wat vrede aankondig,

wat die goeie tyding bring,

wat redding aankondig,

wat vir Sion sê:

“Jou God is Koning!”

Sing ’n nuwe lied tot eer van die

Here,

sing tot eer van die Here,

almal op aarde! 2Sing tot eer van die Here,

prys sy Naam,

verkondig elke dag sy reddingsdade!

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

7Prys die Here, alle volke,

prys die Here om sy eer en mag! 8Prys die Here

om die eer van sy Naam!

Kom na sy voorhowe toe,

bring vir Hom offers! 9Buig voor die Here

by sy heilige verskyning;

betoon eerbied aan Hom,

almal op aarde.

GROET Lukas 214“Eer aan God

in die hoogste hemel,

en vrede op aarde

vir die mense in wie Hy

’n welbehae het!”

LOF

LIED 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4

VREDESGROET: Sursum corda

Voorganger: Rig julle harte op God.

Gemeente: Ons harte is op God gerig.

Voorganger: Laat ons die Here dank.

Gemeente: Dit is reg en goed dat ons Hom sal dank.

Voorganger: U kom oral en altyd ons dank toe, Here ons God, deur Jesus Christus ons Heer.

’n Nuwe dag is gebore.

U toekoms het begin.

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

Toe die aarde nog donker was, het ons u lewenslig aanskou.

Die hemel gaan vir ons oop

en u heil kom binne ons bereik.

U self word ons naaste

en ons vrede word u eer.

Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses,

saam met die vroue, manne en kinders wat u lig ontdek het as hulle lewenslig

met ’n diep belydenis u lof te besing.

LIED 349 Kom kinders besing met ‘n vrolike stem vs 1,2,3,4

3.2 LiedereF20. U Is Die Lig

(RUBRIEK: FLAM Gemeentesang / Kruisfuur – Geloofsbelydenis / Toewyding)

Teks en Musiek: André Serfontein

© 2005 MAR Gospel Music Publishers

(Opgeneem op FLAM, vol 1)

1. U is die Lig, U laat my sien;

U is die brood vir my lewe;

U is die water wat binne my vloei;

U laat my leef, u laat my groei.

Refrein:

Ek loof U Heer vir als wat U is.

Ek loof U Heer, U’s my Vader.

Ek loof U Heer vir als wat U gee.

Meer as wat ek kan verstaan,

Daarvoor kom prys ek U Naam!

2. U is die Woord, U wil my rig;

U wys my U wil vir my lewe;

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

U skenk my vrede en U gee my rus;

U het my lief net soos ek is

Refrein:

F35. Jesus Kom Weer

(RUBRIEK: Flammikidz – Wederkoms / Hoop en Voleinding)

Teks en Musiek: Hanneke Engelbrecht

© 2005 MAR Gospel Music Publishers

1. Jesus is ons Koning, Heer,

en ons weet Hy sal t’rugkeer.

Soos hul Hom sien opvaar het,

sal Hy kom om ons te red.

Refrein:

Ja, Jesus kom weer!

Ja, Jesus kom weer!

Ek en jy behoort aan Hom.

Ons glo dat Hy weer sal kom.

2. Jesus is ons Koning, Heer.

Ek en jy behoort aan Hom.

Soos hul Hom sien opvaar het,

glo ons dat Hy weer sal kom.

Refrein:

F247. Jesus Ons Aanbid U

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

(RUBRIEK: FLAM Gemeentesang - Verwondering)

Oorspronklik: Jesus, We Enthrone You

Teks en Musiek: Paul Kyle

Afr. teks: 2008 Johan Engelbrecht

© 1980 Thankyou! Music

Jesus, ons aanbid U,

U ons Koning en Heer.

Neem nou ons loflied aan.

Ons verheerlik u Naam.

En soos ons buig hier voor u troon, [x3]

Here Jesus, kom bind ons saam.

4 God praat met ons en ons luisterSKRIFLESING

Hebreërs 1

In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.

GEBED

Gemeente: Ons Vader wat in die hemel is …

Voorganger: U Seun kom as ’n baba, in ’n stal, tussen diere, neergelê in ’n krip.

Gemeente: Laat u Naam geheilig word …

Voorganger: U Seun kom nederig, weerloos, kwesbaar en in eenvoud.

Gemeente: Laat u koninkryk kom, soos in die hemel, net so ook op die aarde …

Voorganger: Engele het eerste gesing oor die Chistuskind, en herders was die eerstes wat Hom aanbid het.

Gemeente: Gee ons vandag ons daaglikse brood

en vergeef ons ons oortredinge, net soos ons ook dié vergeef wat teen ons oortree,

en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.

Aan U behoort die koninkryk, die mag en die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen.

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

SKRIFLESING

Uit die Ou Testament Jesaja 9

9 Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn.5Vir ons is ’n Seun gebore,

aan ons is ’n Seun gegee;

Hy sal heers, en Hy sal genoem word:

Wonderbare Raadsman,

Magtige God,

Ewige Vader,

Vredevors.6Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Uit die Evangelie Lukas 2:8-20

Kort Preek (ahv Preekriglyn)

4.1 Familie-oomblikDramatiseer die fokusteks ahv Die Nuwe Testament vir Kinders deur Stephan Joubert, Jan van der Watt en Hennie Stander, 1999.

Skaapwagters Hoor en Sien die Goeie Nuus

8–12 Naby Betlehem het ’n klompie mense gebly wat skape oppas. Hulle het in die veld geslaap. Een nag kom ’n engel* van die Here na hulle toe. Die Here se krag het alles rondom hulle helder lig gemaak. Die skaapwagters het groot geskrik. Maar die engel* sê vir hulle: “Moenie bang wees nie. Ek het goeie nuus vir julle. Hierdie nuus is ook vir die hele volk bedoel: vandag is die Redder* in Betlehem gebore. Hy sal almal wat glo* se sondes* wegvat. Hy is Christus*, die Here. Gaan soek na ’n baba wat styf in doeke toegedraai is en in ’n bak lê en slaap. Dit is Hy!”

13–14 Skielik was daar baie engele* rondom hulle. Hulle het God geprys*:

“Eer* aan God. Hy bly in die hoogste hemel.

Daar is nou vrede vir almal op aarde wat in Christus* glo*.

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

God vier fees oor hulle.”

15 Nadat die engele* terug is na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan dadelik na Betlehem toe om die Kindjie te soek van wie die Here ons vertel het.”

16–19 In Betlehem het hulle vir Maria en Josef gekry, en ook vir die Kindjie wat in die krip lê. Toe hulle daar kom, het hulle vertel wat die engel* vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal was verbaas. Maria ook. Sy het baie keer daaraan gedink.

20 Later het die skaapwagters teruggegaan na hulle skape toe. Hulle het God geprys* oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Alles het gebeur presies net soos wat die engel* vir hulle gesê het.

en/of

15

Page 16: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

Woordherkenning

Daar is 13 woorde weggesteek wat in die teks van die NT vir kinders (Lukas 2:1-20) voorkom. Die woorde kan op en af, skuins op en af en selfs van regs na links lees.

Die woorde vertel die verhaal van hoe Jesus mens geword het en onder ons kom woon het...

Y B V E Y U D M S T V D I KT D V R O K E W D V B G T ET G B H W H Z N R U B Y S PS K A P E W D V B V B G D ZV B G L X V B G W E T Y T DW T T E R A S A N O L R H TE W D V B E U T K L E E K HB R V B G R I S G D T Y D KT E A I V S N F D Y N K T DD I W U T R E E V B G S G TT D R T G W R V B G S A B GH S V V B U I L R T W D K BK W D V B W S Q O S P I R KD W V B G F R T R O W W U IT W D V B F D N U D F A G WG V B G Q E G M Y S U D B EB X S U T S I R H C E R E TK V B G R O S T G W D F G GW H B T W J T V B G C V B B

16

Page 17: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

Oplossing

M E H N S K A P E G L E T E R A S A N L R E U E B R I D E A V N D I U R E E D G R U I L D S O P I R K T O W F U F A E S D S U T S I R H C E O J

4.2 PreekriglynOns vandag hier bymekaar smag almal na 'n Kersfees sonder vrees. Ons smag na 'n Kersfees net met genade en hoop.

Vandag hoor ons 'n boodskap van genade en hoop. Die rede? God se groot ommekeer van alles begin met Kersfees.

Die geboorteverhaal van Lukas is vol genade en hoop. Dit betuig aan elkeen wat hoor of lees dat omstandighede nie die deurslag vir die lewe gee nie, dat die lewe anders kan wees. Nee, dit is inderdaad anders! Die koms en die lewe en sterwe van die Messias bring nuwe perspektiewe. Dit sluit. in die woorde van Lied 478. "vergesigte oop" vir die kerk van Jesus Christus.

Die engelekoor sing 'n loflied by sy geboorte. Saam met die lofsang, hoor ons ook 'n smeekbede dat dinge nie hoef te bly soos dit tans is nie, dat dit inderdaad kan verander vir die een wat aan Jesus verbind word. Sonder verdienste, net met die goedheid van God … Dit gee hoop in ons "verwarde wêreld" (Lied 478).

17

Page 18: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

So, kyk en sien hoe God alles verander.

'n Baba verander alles

Jesus kom na die aarde met onbenullige majesteit en ook met enorme, heerlike kleinheid!

Hierdie kindjie is die Verlosser … eerloos en weerloos in 'n krip, en tog deur engele besing!

Wie is regtig in beheer van die wêreld? Welkom in die wêreld van mans en mag. Augustus is keiser in Rome en Sirenius goewerneur in Sirië. Israel is 'n verowerde land en die Romeine is in beheer. Die magtigste man in die wêreld laat die mense tel. Anders as 'n sensus wat Romeinse burgers tel, laat hy hier die res tel sodat hy hulle kan belas!

Maar die herders hoor die boodskap eerste.

God kies hulle, saam met die vroue, om sy getuies te wees … Herders was van die eenvoudigste mense in Bybelse tye. Dit was gewoonlik die werk van die jongste seun of van diegene wat verstandelik nie so skerp was nie. Herders se reputasie was só sleg dat hulle nie as waardige getuies deur die howe gereken is nie.

Nie die mense bo aan die leer nie, nie die Skrifgeleerdes, Herodes of Augustus nie. Maria sing daarvan: "Maghebbers het Hy van trone afgeruk en na geringes omgesien" (1:52). God haal mag en status uitmekaar. Sodat daar vir gewone mense vreugde kan wees; vir die gewone man, die gewone vrou, en die gewone kinders …

Iemand skryf:

Die punt van Kersfees is dat aan die eenvoudigste siele vertel word dat God hulle innig liefhet. Dit vertel aan hulle dat God identifiseer met hulle probleme, hartseer, pyn, hoop, frustrasies en vreugde. God weet daarvan, nie omdat Hy hulle gemaak het nie, nie omdat Hy alwetend is nie, maar omdat God 'n eenvoudige mens geword het. God het as Kindjie onder ons kom woon.

Jesus het by geleentheid 'n klein kindjie tussen sy dissipels staangemaak en gesê: "As julle nie só word nie, as julle die Koninkryk nie só ontvang nie, kan julle nie deel raak van die nuwe skepping nie."

Verandering, selfs al is dit goeie nuus, is nie altyd maklik vir mense nie.

Vrees

God se heerlikheid en God se bevrydende aksie maak mense inderdaad dikwels bang.

In die Ou Testament is daar verskeie beskrywings van die reaksie van mense as hulle God ontmoet. Want wie die heerlikheid van God sien, sal sterwe … "want wie kan die Here sien en bly lewe?", sê God vir Moses in Eksodus 34.

Die herders skrik geweldig groot, want wie sou so iets in die oop veld by die skape verwag? Lukas vertel dat die engel en ook die groot koor daarna "skielik" gekom het. Onverwags en oorweldigend. By 'n andergeleentheid het Petrus sommer in die water gespring, sommer gebid dat Jesus moet weggaan, omdat hy wat Petrus is, skielik bewus geword het van sy eie sonde en ellende in die teenwoordigheid van die Messias.

Lukas beskryf 'n enorme teenstelling: 'n leër van engele, met die glans van God wat skyn, maar die herders word gestuur om 'n baba in 'n krip te gaan soek. As mense nie verstaan nie, as iets te groot is vir ons begrip, dan word mense gewoonlik bang.

18

Page 19: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

Deel van hierdie vrees is ontsag. God los mense egter nooit in hulle vrees nie.

Vrees word vreugde

God verander vrees in vreugde:

"Moenie bang wees nie, want ek bring 'n goeie boodskap …"

Die wonder van die boodskap is dat die herders nie sterwe nie. Moenie bang wees nie, is seker deel van die kern van die Kersfeesboodskap. "Kom nader," sê God vir Moses in die woestyn. Eenvoudige mense mag voor God staan en saam met Hom lewe, want Christus het gekom om sondaars te red, nie dié wat hulleself as regverdig beskou nie. Die dokter kom na die siekes toe, nie na die mense wat meen dat hulle gesond is nie – so vertel die Lukas-Evangelie later.

Die ongelooflike ding oor die aankondiging van die geboorte van Christus (dink aan Matteus se weergawe dat die hele Jerusalem in rep en roer was) is dat dit vrees in vreugde verander.

Dit het vir ons almal so vanselfsprekend geword dat Kersfees net 'n fees is dat ons vergeet dat dit so maklik anders kon gewees het. Die aankondiging van die koms van God se Seun moes eintlik met vrees en bewing geskied het. Om dié rede is die herhaalde woorde van God deur sy engel "Moenie bang wees nie", so verrassend en wonderlik. Verrassend, want ons verdien God se oordeel. Wonderlik, want ons het genade by Hom gevind!

Vreugde word getuienis

Die eens bang mense kragtige getuies.

Die inhoud van hulle getuienis is die goeie nuus soos dit reeds in Jesus se name in ons teks opgesom word: die Kind wat gebore is, is die (absolute) Verlosser, hy is Jesus. Dan nog twee titels, naamlik die Messias (Christus) – daarmee word Jesus aangedui as die Gesalfde van God, aangestel as die Een wat Israel sal herstel, en die Here (kurios) – die Heerser oor alles en almal (die "baas"), 'n titel wat Romeinse keisers vir hulleself toegeëien het. Dit is geweldige aansprake met politieke ondertone.

Uit inskripsies weet ons dat in die Romeinse Ryk Augustus ook met die titels Verlosser en Skenker van Vrede (v 14) vereer is. Die stryd tussen Caesar en Christus het dus reeds hier begin. Watter een van hulle is werklik die Here van die aarde?

Die goeie nuus – vandag nog – is dat Jesus die Here , die Keiser is. Die wêreld en die toekoms is in Jesus se hande. Die wêreldgeskiedenis eindig nêrens anders as voor Sy troon nie.

Gewone mense, soos ons

Die getuies van Jesus se geboorte, lewe, sterwe en opstanding, is oorwegend gewone mense, die geringes van die samelewing … Hulle word almal deur die Gees verander en toegerus, soveel so dat die geleerde teenstanders verbaas staan oor hulle vrymoedigheid (Hand 4:13)!

Jy is ook geroep om te vertel van Jesus terwyl jy Hom navolg.

Dit is ons gebed vir mekaar: Kersfees sonder vrees – te midde van allerlei omwentelings, woelinge en bekommernisse – Kersfees sonder vrees, net met genade en hoop – van God af vir ons en vir mekaar … Want God se groot ommekeer van alles begin met Kersfees!

19

Page 20: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

5 God stuur ons om te leefGELOOFSBELYDENIS (eerder as gebed)

Geloofsbelydenis met Kersfees

Ek glo dat ‘n engel van die Here aan Josef verskyn het...

“Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus anoem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.

Ek glo dat Jesus gebore is toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië.

Ek glo dat dit so beskik was dat Josef en Maria na Bethlehem toe moes gaan om ingeskryf te word.

Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Saam met die engele juig ek:14“Eer aan God

in die hoogste hemel,

en vrede op aarde

vir die mense in wie Hy

’n welbehae het!”

Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:

“Die maagd sal swanger word en

’n Seun in die wêreld bring,

en hulle sal Hom Immanuel noem.” b

Die naam beteken God by ons.

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.

Ek glo dat elkeen wat Hom aangeneem het, wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

SANG

LIED 362 Vol vreugde sing die engle’skaar vs 1,2

LIED 365 Hoor die blye eng’lelied vs 1,2,3

20

Page 21: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewU self word ons naaste en ons vrede word u eer. Daarom verhef ons ons stem om saam met engele, herders en wyses, saam met die vroue, manne

OFFERGAWES

LIED 348 Stille nag vs 1,2,3

SKRIFLESING VOOR DIE SEËN

Johannes 1

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.

SEËN

Mag ons in alles wat ons doen voor Jesus as ons Here in aanbidding buig.

Mag ons elke dag in blye aanbidding buig oor God se liefde vir ons.

Mag ons dankbaar in aanbidding buig vir elke seën wat God ons Koning oor ons uitstort.

6 Volgende erediensJesaja 63:7-9

Liturgie en famlie-oomblik: Wicus Wait

Powerpoint: Rethie van Niekerk

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

21