ons koerant - februarie

8
Verandering... Elke jaar herinner die natuur ons van die veranderinge wat in ons lewens gebeur en so gebeur dit dan ook by kerksondermure. Ons weekblad het ‘n algehele transformasie ondergaan en ons stel ons nuwe maandelikse Koerant aan u bekend! Ons hoop dat u ook so opgewonde en entoesiasties sal wees oor die nuwe “blaadjie” soos ons. Ek wil elkeen nooi om gewillig te wees, harte oop te maak en toe te laat dat die winde van verandering wat op jou pad gaan kom, jou lewe verhelder! Op Woensdag 17 Februarie is die Aswoensdag - die begin van Lydenstyd. Stap met verwondering saam met Jesus op die pad na die kruis en die leë graf om te beleef hoe die hart van die Vader op die tafel kom, hoe Jesus se liefde Hom deurgedra het. ONS koerant Februarie 2010 Maandag 15 Februarie: EEIII Kursusse Studentebediening 18:30 Dinsdag 16 Februarie: EEIII Kursusse ADAM Toerustingskursus 19:00 TM DivorceCare 18:00 - 20:00 DivorceCare4Kids 18:00 - 20:00 Musiekspan 19:00 Woensdag 17 Februarie: Manne van die Woord 6:00 WIP Byeenkoms (Good News Café) Gemeenteraadsvergadering 40plus Sosiaal 19:00 Vonkelvroue Afskopfunksie 19:00 Musiekspan 19:00 Donderdag 18 Februarie: 30plus Byeenkoms 19:00 SIFRA 14:30 - 15:30 GriefShare 19:00 - 21:00 Spesiale Doopvoorbereiding 19:15 Vrydag 19 Februarie: Pa-en-Kind-Kamp Beroepsforum 8:00 - 10:00 Saterdag 20 Februarie: Gebedsgeleentheid 7:00 Pa-en-Kind-Kamp Maandag 22 Februarie: Studentebediening 18:30 Dinsdag 23 Februarie: ADAM Toerustingskursus 19:00 Musiekspan 19:00 DivorceCare 18:00 - 20:00 DivorceCare4Kids 18:00 - 20:00 Woensdag 24 Februarie: Manne van die Woord 6:00 MOPS 9:00 - 12:00 40plus Verryking 19:00 Musiekspan 19:00 Nuwe Lidmaat Verwelkomingsfunksie 18:30 Donderdag 25 Februarie: SIFRA 14:30 - 15:30 GriefShare 19:00 Bybelskool 9:00 en 19:15 30plus Byeenkoms 19:00 Vrydag 26 Februarie: Beroepsforum 8:00 - 10:00 Enkelouerbyeenkoms Saterdag 27 Februarie: Gebedsgeleentheid 7:00 Maandag 1 Maart: Mighty Men Centurion 19:00 Dinsdag 2 Maart: ADAM Toerustingsaand 19:00 Musiekspan 19:00 DivorceCare 18:00 - 20:00 DivorceCare4Kids 18:00 - 20:00 Woensdag 3 Maart: Manne van die Woord 6:00 Oppiekoppie Seniors 6:00 WIP Byeenkoms 40plus Uitreik Donderdag 4 Maart: Bybelskool 9:00 en 19:15 ADAM Aanbiddingsaand GriefShare 19:00 - 20:00 SIFRA 14:30 - 15:30 Doopgesprek 18:30 Vrydag 5 Maart: 30plus Komitee Naweek Beroepsforum 8:00 - 10:00 Wêreldbiddag vir vroue Saterdag 6 Maart: Gebedsgeleentheid 7:00 30plus Komitee Naweek Wêreldbiddag vir mans TM TM TM TM TM TM TM TM Op die Kalender Preekrooster Sondag 14 Februarie 2010 Ouditorium 8:00 en 10:00 - Riaan Pienaar HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 - Fanie Venter Aand Ouditorium - Colin Smith Sondag 21 Februarie 2010 Ouditorium 8:00 en 10:00 - Colin Smith HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 -Fanie Venter Aand Ouditorium - Riaan Pienaar Sondag 28 Februarie 2010 Ouditorium 8:00 en 10:00 - Fanie Venter HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 - Riaan Pienaar Aand Ouditorium - Fanie Venter Sondag 7 Maart 2010 Ouditorium 8:00 en 10:00 - Adrio König HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 - Fanie Venter Aand Ouditorium - Adrio König Op pad met Jesus se Liefde... saam met kerk mure sonder Ons benodig dringend mans sangers en daar is ook ruimte vir aanbiddingsleiers. As die Here dit op jou lê, kontak ons kunstebedie- ningsleier, Leanda by 082 928 3172. kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 1

Upload: kerksondermure

Post on 18-Feb-2016

294 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Ons weekblad verander in 'n Koerant!!!

TRANSCRIPT

Page 1: Ons Koerant - Februarie

Verandering...

Elke jaar herinner die natuur ons van die veranderinge wat in ons lewens gebeur en so gebeur dit dan ook by kerksondermure.

Ons weekblad het ‘n algehele transformasie ondergaan en ons stel ons nuwe maandelikse Koerant aan u bekend!

Ons hoop dat u ook so opgewonde en entoesiasties sal wees oor die nuwe “blaadjie” soos ons.

Ek wil elkeen nooi om gewillig te wees, harte oop te maak en toe te laat dat die winde van verandering wat op jou pad gaan kom, jou lewe verhelder!

Op Woensdag 17 Februarie is die Aswoensdag - die begin van Lydenstyd. Stap met verwondering saam met Jesus op die pad na die kruis en die leë graf om te beleef hoe die hart van die Vader op die tafel kom, hoe Jesus se liefde Hom deurgedra het.

ONS koerantFebruarie 2010

Maandag 15 Februarie:EEIII Kursusse

Studentebediening 18:30Dinsdag 16 Februarie:

EEIII KursusseADAM Toerustingskursus 19:00

TMDivorceCare 18:00 - 20:00DivorceCare4Kids 18:00 - 20:00

Musiekspan 19:00Woensdag 17 Februarie:Manne van die Woord 6:00

WIP Byeenkoms (Good News Café)Gemeenteraadsvergadering

40plus Sosiaal 19:00Vonkelvroue Afskopfunksie 19:00

Musiekspan 19:00Donderdag 18 Februarie:30plus Byeenkoms 19:00

SIFRA 14:30 - 15:30GriefShare 19:00 - 21:00

Spesiale Doopvoorbereiding 19:15Vrydag 19 Februarie:

Pa-en-Kind-KampBeroepsforum 8:00 - 10:00Saterdag 20 Februarie:Gebedsgeleentheid 7:00

Pa-en-Kind-Kamp

Maandag 22 Februarie:Studentebediening 18:30Dinsdag 23 Februarie:

ADAM Toerustingskursus 19:00Musiekspan 19:00

DivorceCare 18:00 - 20:00DivorceCare4Kids 18:00 - 20:00

Woensdag 24 Februarie:Manne van die Woord 6:00

MOPS 9:00 - 12:0040plus Verryking 19:00

Musiekspan 19:00Nuwe Lidmaat Verwelkomingsfunksie 18:30

Donderdag 25 Februarie:SIFRA 14:30 - 15:30GriefShare 19:00

Bybelskool 9:00 en 19:1530plus Byeenkoms 19:00Vrydag 26 Februarie:

Beroepsforum 8:00 - 10:00Enkelouerbyeenkoms

Saterdag 27 Februarie:Gebedsgeleentheid 7:00

Maandag 1 Maart:Mighty Men Centurion 19:00

Dinsdag 2 Maart:ADAM Toerustingsaand 19:00

Musiekspan 19:00DivorceCare 18:00 - 20:00

DivorceCare4Kids 18:00 - 20:00Woensdag 3 Maart:

Manne van die Woord 6:00Oppiekoppie Seniors 6:00

WIP Byeenkoms40plus Uitreik

Donderdag 4 Maart:Bybelskool 9:00 en 19:15ADAM Aanbiddingsaand

GriefShare 19:00 - 20:00SIFRA 14:30 - 15:30Doopgesprek 18:30Vrydag 5 Maart:

30plus Komitee NaweekBeroepsforum 8:00 - 10:00

Wêreldbiddag vir vroueSaterdag 6 Maart:

Gebedsgeleentheid 7:0030plus Komitee NaweekWêreldbiddag vir mans

TM

TM

TM

TM

TM

TM

TM

TM

Op die KalenderPreekroosterSondag 14 Februarie 2010

Ouditorium 8:00 en 10:00 - Riaan PienaarHS Zwartkop Skoolsaal 9:00 - Fanie Venter

AandOuditorium - Colin Smith

Sondag 21 Februarie 2010Ouditorium 8:00 en 10:00 - Colin Smith

HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 -Fanie VenterAand

Ouditorium - Riaan Pienaar

Sondag 28 Februarie 2010Ouditorium 8:00 en 10:00 - Fanie Venter

HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 - Riaan PienaarAand

Ouditorium - Fanie Venter

Sondag 7 Maart 2010Ouditorium 8:00 en 10:00 - Adrio König

HS Zwartkop Skoolsaal 9:00 - Fanie VenterAand

Ouditorium - Adrio KönigOp pad met Jesus se Liefde...

saam met kerk muresonder

Ons benodig dringend mans sangers en daar is ook ruimte vir aanbiddingsleiers.

As die Here dit op jou lê, kontak ons kunstebedie- ningsleier, Leanda by 082 928 3172.

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 1

Page 2: Ons Koerant - Februarie

Ons nooi alle enkel Ma’s en Pa’s, met of sonder kinders om te kom

deel in ‘n naweek van pret & plesier, avontuur & kapperjolle,

maar ook om die Here te kom loof en prys. Dagboek nou alreeds die

naweek van 19-21 Maart. Stuur ‘n e-pos aan

indien jy saam wil gaan kamp - ons stuur vir jou die

inskrywingsvorms en besonderhede. Besoek gerus ook op die webblad onder Persoonlike

Hulp.

ENKELOUERBYEENKOMSVrydagaand, 26 Februarie

Ons gaan uiteet by die Mall en ‘n Fliek kyk!

Laat weet vir Rita by [email protected] of jy belangstel sodat ons ‘n blokbespreking kan

maak.

[email protected]

GriefShare‘n Bediening vir persone geraak deur die dood van ‘n geliefde

______________________________________________________Ons nooi elkeen wat emosionele pyn ervaar as

gevolg van die dood van ‘n geliefde, om te kom deel in hierdie reeks van dertien sessies!

Jy is welkom om enige tyd by die programskedule van Reeks 1 of Reeks 2 in te skakel.

Tyd: 19h00 tot 21h00Plek: kerksondermure Jeuglokaal 1Datums: Reeks 1 begin Donderdagaand 18 Februarie 2010, en

Reeks 2 begin Donderdagaand 22 Julie 2010Kostes: R150 eenmalige administrasiefooi. Aanbieder: Ds Hennie Yzelle

Vir enige navrae en besprekings kontak Rita Barnes by (012) 663 -1610 / [email protected]

Vir almal tussen werk, werkloos of werkgewers wat insette wil lewer.

‘n Ontbyt Forum om ondersteuning te bied vir mense tussen werk of werkloos, asook geleentheid te skep om praktiese

idees en ervarings uit te ruil.Vrydagoggende van 8:00-10:00.

Plek: kerksondermureNavrae by Inge Nel, 084 621 7670 of

Werksoekers & Werkgewers - neem gerus ‘n Beroepeblaadjie by die Inligtingstoon-bank. Ons lewer ‘n diens waardeer Werksoekers hulself kan bemark en Werkgewers vakante poste gratis kan

adverteer. Die blaadjie word gereeld op ons webwerf opgedateer.

Kontak Inge by 084 621 7670

[email protected]

Ons is opsoek na ‘n nuwe naam en logo vir hierdie bediening!

Stuur jou idees en ontwerpe aan [email protected]

Daar is ‘n GROOT prys op die spel - ‘n prys wat nie te versmaaie

is nie!

Afsnydatum: 3 Maart

Spring gou!!

TERAPIE EN BERADING AFSPRAKE, ALGEMENE NAVRAE, PRAATJIES, REGISTRASIE, INSKRYWINGSVORMS VIR SEMINARE, EN MEER,

kontak vir Rita by (012) 663-1610 / 5200 of epos by [email protected]! Alle inligting oor Netwerk vir Lewe aktiwiteite is beskikbaar by die

Inligtingstoonbank.

Vroedvroue in diens van Christus en die Gemeenskap

‘n Gratis ondersteuningsgroep vir splinternuwe mammas en hul pasgebore

babas. Gratis weeg en wenke.

Gesprekspunte vir die komende kwartaal is onder andere koors, familie

verhoudinge, emosionele welstand van mamma en voeding. “Mommy-to-be”

ook welkom om in te skakel en sodoende hul plekkie in hierdie

ondersteuningsgroep te vind.Elke Donderdag van 13:30 - 15:30 by

kerksondermure

Hierdie bediening is nog in sy baba-skoene stadium en sal binnekort op

dreef wees.

Kontak persoon: Miriam 012 663 1610 / [email protected]

**Ons gaan

kamp**

Rusoord Môremark

Die nuwe jaar het met ‘n groot spoed weggetrek. Soveel so dat

ons alweer ernstig aan ons môremark bepaln. Die

môremark word op 27 Maart gehou.

Ons benodig weer baie items vir ons witolifanttafel. U kan alle

items wat tuis in onbruik geraak het, vir Rusoord skenk. Ons neem enige iets. Ons benodig

ook koeke en gebak vir die koektafel. Is daar dalk iemand

wat kan help? Indien ons bestanddele kan kry, sal ons reël

dat daar gebak word.Kontak: Joggie of me. Delaport

by (012) 664 5835

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 2

Page 3: Ons Koerant - Februarie

DivorceCare4Kids‘n Bediening vir laerskoolkinders beïnvloed deur egskeiding

Ons nooi alle laerskoolkinders wat geraak is deur egskeiding om te kom deel in hierdie opwindende reeks van dertien sessies! Hierdie program is

spesiaal aangepas om ‘n emosioneel-veilige omgewing vir kinders te skep. Kinders is welkom om enige tyd by die programskedule van

Reeks 1 of Reeks 2 in te skakel.

Tyd: 18h00 tot 20h00Plek: kerksondermure Jeuglokaal 1Datums: Reeks 1 begin Dinsdagaand 16 Februarie 2010, en

Reeks 2 begin Dinsdagaand 20 Julie 2010Kostes: R150 eenmalige administrasiefooi. Indien die kind(ers) se ouers

ook inskakel by DivorceCare is geen addisionele fooie betaalbaar nieAanbieder: Adriana Pretorius

Vir enige navrae en besprekings kontak Miriam Müller by (012) 663 -1610 / [email protected]

DivorceCare‘n Bediening vir persone geraak deur egskeiding_________________________________________

Ons nooi elkeen wat geskei is, of tans deur ‘n egskeiding gaan,om te kom deel in hierdie reeks van dertien sessies!

Jy is welkom om enige tyd by die programskedule van Reeks 1 of Reeks 2 in te skakel

Tyd : 18h00 tot 20h00Plek: kerksondermure Jeuglokaal 2Datums: Reeks 1 begin Dinsdagaand 16 Februarie 2010, en

Reeks 2 begin Dinsdagaand 20 Julie 2010Kostes: R150 eenmalige administrasiefooi. Indien jou kind(ers) ook inskakel

by DivorceCare4Kids is geen addisionele fooie betaalbaar nieAanbieder: Mariki van der Westhuyzen

Vir enige navrae en besprekings kontak Miriam Müller by (012) 663 -1610 / [email protected]

Vir navrae kontak Belinda by 012 663 5200 X 29 / 082 339 0776 / [email protected]

PROJEK NAVRAEIndien jy wil inskakel by ʼn projek of meer inligting daaroor benodig

kontak asseblief vir Anne-Marie Cronje by 082 866 5336 of [email protected]

Unitas Hospitaal

15 Februarie om 18:45 (onderdak parkering)22 Februarie om 18:45 (onderdak parkering)1 Maart om 18:45 (onderdak parkering)

Ons besoek siekes in die hospitaal, spandeer tyd saam met die wie nie besoekers ontvang nie en deel in die Liefde van Jesus soos wat die Heilige Gees ons lei.

Kom sluit by ons aan en ervaar hoe jy met die blydskap en vreugde wat daar in ons Verlosser, Jesus Christus is, vervul word wanneer Sy Naam verheerlik word!

Skakel: Danie 084 249 0154 / Jan 082 886 5016 / Abie 082 904 9791

Ons bid graag saam met jou!

Wat ook al jou behoefte:Bekommernis, verhoudingsprobleme, siekte,

afhanklikheid, vreugde en blydskap, onsekerheid, terugslag... maak nie saak wat nie.

Jou Sorge en Blydskap - ons tree graag saam met jou in gebed voor die Vader.

Kry ons na die diens by die gebedspilaar in die ingangsportaal

1ste Maandag-van-die-maand-byeenkoms1 Maart 2010, 19:00 - Jeugouditorium

Kom luister na oom Adriaan Vlok as hy met ons deel wat naby aan sy hart lê..

Ons kyk ook na verdere reëlings en onderlinge ondersteuning

MMCMighty Men Centurion

Binnekort!!! Moenie dit misloop nie!

Gratis opleiding oor hoe om Vennootskappe te bou waarby jou

projek finansiëel, met borgskappe en handegewys kan baatvind. Netwerk en skakel in by die projek van jou

keuse.

Wanneer: 6 Maart 2010Waar: kerksondermure

Tyd: 9:00-13:00RSVP: Anne-Marié 082 866 5336

[email protected]

Die ideale spanbou- selgroep- of gesinsprojekte:

Adopt-A-Room (Cansa)Vera 082 466 4152

en

Matla A Bana (Kinderbeskerming)

Janita 071 607 0980

By beide projekte kan jou gesin of selgroep ‘n vertrek of deel van ‘n

vetrek se opknapping aanvaar as ‘n projek

AL DIE OUERS WAT WIL DOOP, LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:

DATUMS VIR DOOPVOORBEREIDING

DOOPOUERS: Kyk tog na die datums hier onder dat julle vroegtydig registreer vir die doop!

Al die ouers wat SONDAG 7 MAART 2010 in die kerk (ouditorium)

Doop – onthou julle doopgesprek DONDERDAGAAND 4 MAART

18:30 by die kerk.

Doopvoorbereiding (eerste babas) 19:15

21, 28 Januarie en 4, 11 Februarie15, 22, 29 April en 6 Mei

19, 26 Augustus en 2 en 9 September4, 11, 18 en 25 November

Spesiale Doopvoorbereiding (opvolg vir 2de plus babas)

18 Februarie Mei

16 September2 Desember

DOOPREGISTRASIES

Doopsondae en kleingroepdopeDoopregistrasie vir:

Februarie 2010 sluit Woensdag 27 Jan. Maart 2010 sluit Woensdag 24 Feb. April 2010 sluit Woensdag 24 Maart Mei 2010 sluit Woensdag 21 April Junie 2010 sluit Woensdag 26 Mei Julie 2010 sluit Woensdag 23 Junie Augustus 2010 sluit Woensdag 21 Julie September 2010 sluit Woensdag 25 Augustus Oktober 2010 sluit Woensdag 22 September November 2010 sluit Woensdag 27 Oktober Desember 2010 sluit Woensdag 24 November

Navrae: Elize by 012 663 2003 x 215 Of [email protected]

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 3

Page 4: Ons Koerant - Februarie

Adam toerusting kursus “Surviving Financial Meltdown” -

aangebied oor 4 Dinsdagaande –begin 9 Februarie.

Bybelse finansieële waarhede vir ‘n soliede, persoonlike finansieële

grondslag.

Tema “Verminder die Geraas”.Navrae Peet Townsend 0798861804

Vrydag 5 Maart 2010om 19:00 by kerk mure

R30.00 per persoon(Vingerete ingesluit)Kinders onder 10jr - GRATIS!

sonder

Woensdag oggend 3 Maart byeenkoms by kerksondermure om 9:30. Navrae: Hennie Jooste (012) 664 8228

Colin Bekendstellingsaand - Donderdag-aand, 18 Februarie in

Jeuglokaal 1. Tyd: 19:00 - 21:00

Ons sal ‘n kinderoppasser voorsien

Dieretuin Nagmars30+ en WIP

Saterdagaand, 20 Februarie, 18:00-23:00Pretoria Dieretuin - Boomstraat

R55p/p - kinders is welkom!Bring & Braai na die tyd in die dieretuin,

slegs vure sal voorsien word. RSVP: 12 Februarie

Sprekeraand (Spreker sal bekend gemaak word)

Donderdagaand, 25 Februarie, 19:00Jeuglokaal 1, Kinderoppasser is

beskikbaar

Koffie middag / aand28 Februarie 2010

Ons doen spesiale koffie-middag vir ouers & kinders

15:00 by Spur - Centurion Lifestyle Centre

Kontak: Yvette 082 373 4977 /

Koffie aand - na aanddiens28 Februarie, Cuppacino’s - boonste

vloer, Centurion Mall

Kom geniet ‘n heerlike kuier aandjie saam met ons so voor die nuwe maand

begin!

SA turn 2 God6 Maart, Parlementsgebou, PTA

Koffie Aand7 Maart

Cappucino’s - Boonste vloer,Centurion Mall

Bosberaadnaweek12-14 Maart30+ Komitee

Linda 083 533 5618 / [email protected]

[email protected] of Linda 083

533 5618 / [email protected]

BYEENKOMSTE

Woensdag, 17 Feb: Verryking Bediening, “Diensbaarheid en My Gawes” as voorbereiding van die 40+ kamp.

19 - 21 Feb: 40+ Kamp by Sebiba Kwele

Woensdag. 24 Feb: Restaurant Kuier

Woensdag, 3 Maart: Uitreik Bediening, bespreking rondom “Uitreik en My Gawes” asook jaarbeplanning.

SELLEIERTOERUSTING

Elke Sondag om 17:30 in die ontvangslokaal.

Navrae: Hannes Gildenhuys by 073 662 7304

24 Feb - Ronél Vorster en Nativa kom praat oor gesonde leefstyl en kosblik idees. Ons maak pick-up sticks vir

klein handjies.10 Maart - Louanda Erasmus van Boer soek ‘n Vrou 1, kom praat oor Voelgoed nav Nasionale Voelgoed week (1-7 Maart). Sy bied ook die

kreatiwiteit aan.24 Maart - Sosiale kuier. Plek sal

nog aangekondig word.Navrae: Zelda 082 562 2613

GASVRYHEIDGasvryheidsvergadering, 10 Maart om 19:00 in die Jeugouditorium. Alle ou en nuwe lede word uitgenooi. Kom ontmoet mekaar en vind meer uit oor

gasvryheid in kerksondermure.Navrae: Retha 012 663 2003

SABI SAND MANNEKAMPKom beleef die Woord van God in die natuur en word toegerus met praktiese riglyne vir die alledaagse lewe vir elke

man, ongeag hoe jonk of oud. Kom ontdek dit wat jou lewe betekenisvol

(”significant”) en nie net suksesvol nie, sal maak.

Wanneer: 11-14 MaartKoste: R600p/p

Inskrywingsvorms beskikbaar by www.kerksondermure.org

Alle nuwe lidmate word hartlik uitgenooi na ons Nuwe Lidmaat

Funksie, Woensdag, 24 Februarie om 18:30. Bevestig

asb byRetha 012 663 2003

Nuwe LidmaatFunksie

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 4

Page 5: Ons Koerant - Februarie

Temas vir die maand

Sondag, 14 FebruarieTema: IsakOnthou-vers: Gen.26:24“Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou...”Onthou-woord: GOEDOnthou-gedagte: God is goed vir my

Sondag, 21 FebruarieTema: JakobOnthou-vers: Gen.28:15“Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan... Ek sal jou nie in die steek laat nie.”Onthou-woord: GEBRUIKOnthou-gedagte: Hier is ek. Gebruik my.

Sondag, 28 FebruarieTema: JosefOnthou-vers: Gen.41:16“Nie ek nie. God gee die goeie antwoord vir u.”Onthou-woord: GODOnthou-gedagte: Nie ek nie. Maar God.

Sondag, 7 MaartTema: Kwartaal-terugblik

Dapper Stappers en Tweens:Ons hou vasvra, speel Noot vir Noot, stomstreke en doen boeresport om by al die antwoorde uit te kom waaroor ons hierdie kwartaal tydens die kindereredienste gesels het.

Soldaatjies en Koningskleuters:Vonkie en Kuifie kom kuier by julle - leer hulle asseblief alles wat julle hierdie kwartaal geleer het sodat hulle net so slim soos julle sal wees.

Wanneer is daar NIE

kindereredienste NIE?

Met Nagmaal - op Sondag, 14 Maart

Tydens ‘n langnaweek - op Sondag, 21 Maart

Tydens die skoolvakansie - vanaf Sondag, 28 Maart tot Sondag, 11 April

Tyd van Eredienste Kindereredienste duur 1uur en 10min. Die deure van die kinderbediengslokale maak om 9:10 en 11:10 oop na afloop van ons eredienste. Ouers word versoek om NIE u kind(ers) vroëer te kom haal NIE, aangesien dit steurend is en inbraak maak op ons kinders se spesiale tydjie met Jesus.

VAKANSIEPROGRAM

Ons bied ‘n baie opwindende vakansiepro-gram vir kinders vanaf Gr.1-7 vanaf Maandag, 29 Maart - Donderdag, 1 April aan. Die FIFA vakansieprogram fokus op:

F - Fondasie,

I - Inbou,

F - Fiksheid en

A - Aksie!

Die program is eksklusief vir kinders wat in 2010 ‘n verskil wil maak! Inskrywings sal vanaf 1 Maart op ons webtuiste of in die Jeugkantoor beskikbaar wees. Registreer asb voor 24 Maart om te verseker dat u kinders nie hierdie lewensveranderende geleentheid misloop nie!

Kontak vir Charlene: 012 663 2003 x 214 of [email protected]

Soldaatjies in die Wit Tent Die peuter-erediens vir die Soldaatjies vir Jesus (3-4jr) verskuif tydelik na die wit tent totdat die aanbouings voltooi is. Jammer vir die ongerief!

Registrasie vir 2010 Maak asb seker dat u kind(ers) geregistreer is vir kinderkerk 2010: www.kerksondermure.org of in die Jeugkantoor. Vir navrae, skakel 012 663 2003 x 214.

Kleingroepleier-hempies Daar is nog bedieningshemde vir kleingroepleiers in die Jeugkantoor beskikbaar. Die koste beloop R50.

Alle nuwe maats en hul ouers word uitgenooi om in die jeugkantoor aan te meld om 8:00 of 10:00. Registreer asb alle nuwe kinders by ons webtuiste (www.kerksondermure.org). Vir meer inligting oor kinder-bediening in kerksondermure, skakel Tiesie by 082 802 7853 / [email protected] of Charlene by 012 663 2003 x 214 of [email protected]

Nuwe Maats

KLETSBOEKE VIR KINDERS Alle kinders vanaf die Peuter- tot Seniorfase het ‘n kletsboek nodig vir die kindereredienste. Dit is in die Jeugkantoor @ R35 beskikbaar. Hierdie kletsboek word Sondae vir kleingroepaktiwiteite gebruik. Dit is ook ‘n Bybelstudieboek en ouers moet elke tema asb in die week saam met hul kinders deurwerk nadat dit Sondae in die kinderkerk hanteer is.

DRINGEND BENODIG Ons het dringend nog kleingroepleiers nodig om in die fases Gr.1-3 en Gr.4-6 met kleingroepe te help. Raak deel van kinders se geestelike reis en kom meld aan: [email protected] of skakel: 082 802 7853

Intersessors Baie dankie aan al die intersessors wat tydens kindereredienste vir kinders en kleingroepleiers intree. Sou u wil deel raak van die Op-jou-kniëe-vir-kinderspan, is u welkom om ons te kontak. ([email protected] of 082 802 7853)

Koördineerdersvergadering Die koördineerdersvergadering vir bedienings-leiers vind op Woensdag, 3 Maart om 18:00 by die gemeentesentrum plaas. Dankie aan al ons bedieningsleiers vir julle toewyding!

Speletjiesaand vir Kinders

Alle Gr.1-7 kinders word uitgenooi na ‘n spleletjiesaand op Vrydag, 23 April om 18:00-20:00 by kerksondermure. Ouers word versoek om nou reeds hierdie datum aan te teken. Dit gaan

lekker lag, vet pret en

sommer vele meer inhou!

Moet die nie misloop nie!

Hou asb die kalender dop: daar is ook nog ‘n pannekoekaand en ‘n talentaand later die jaar!

KINDERBEDIENINGSKONFERENSIE Die jaarlikse kinderssondermure kinderbedieningskonferensie vind op Saterdag, 8 Mei, vanaf 8:00-14:00 by die gemeentesentrum plaas. Die tema is Op pad met Jesus se Liefde! Kleingroepleiers, jeugwerkers, onderwysers, ouers of enige iemand met ‘n hart vir kinders: kom word bemagtig om met Jesus se liefde op pad te wees... op pad na kinders. ([email protected])

Kinderbedieningslokale

Doekdra vir Jesus (Babas 0-2jr: Doekdra-lokaalSoldaatjies vir Jesus (Peuters 3-4jr): Wit TentKoningskleuters (Kleuters 5-6jr): KleuterlokaalDapper Stappers (Juniors Gr. 1-3): JeugouditoriumTweens (Seniors Gr. 4-6): TweenslokaalKeerpunt (Gr.7): Blou & Wit Tent (erediens om 9:30 - 11:10)

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 5

Page 6: Ons Koerant - Februarie

3 Maart19:00

te Epa Restaurant in Jeanlaan (langs die KFC).

Jong mense wat nie ingeskakel het by die Alpha kursus nie, word uitgenooi na dié geleentheid. Ons drink koffie en praat saam oor die Goeie Nuus-boodskap.

Ouers neem kennis van inligting oor die Tienerbediening materiaal in die maandblad. ‘n Weeklikse selfstudie (Toolkit) word deurgegee, sodat die tieners die geleentheid gebied word om in gesinsverband sy deelname, in God se plan in die wêreld, te ontdek.

Tienerbediening Geleenthede

14 Februarie om 17:00 en 18:0021 Februarie om 17:00 en 18:0028 Februarie om 17:00 en 18:0007 Maart om 17:00 en 18:00

Gr.8 Leerlinge - Wit TentGr.9 Leerlinge - Blou en Wit TentGr.10 Leerlinge - JeugouditoriumGr.11 Leerlinge - Jeuglokaal 2

Tiener registrasie sal in die Jeugkantoor geskied of registrasie kan op die

webtuiste gedoen word.

www.kerksondermure.org

14 Februarie - Jeugouditorium21 Februarie - Jeugoudirorium28 Februarie - Jeugouditorium

07 Maart - Jeuglokaal 2

BELYDENISAFLEGGING

Sondag, 7 Maart tydens die aanddiens in die ouditorium.

Kuierkerk18:30

‘n Uitreik Geleentheid‘n Uitreik geleentheid word beplan vir tieners op Sondag, 14 Maart om 14:00 - 17:00.

Tieners word die geleentheid gebied om uit te reik na die gemeenskap en Jesus-liefde daar te leef. Hierdie is ook ‘n afsluiting en samevatting van die kwartaal se groepwerk.

Tieners sal tydens die bedienings geleentheid inligting ontvang of besoek ons webtuiste vir meer inligting.

Tiener-ouer Inligtingsessie

Tiener-ouers word uitgenooi om op Sondag, 14 Maart, om 16:00 - 17:00 ‘n inligtingsessie by te woon in die Jeugouditorium.

Tema: Die 7 grootste foute wat “goeie” ouers maak.

Woensdag17 Februarie

19:00

Pannekoek-aand by Laerskool Bakenkop klubhuis. Het jy al jou bak en brou-vernuf getoets of kaneelsuiker gestrooi? Kom kuier dan saam en kom bak pannekoek vir jouself, vir jou vriend en dié se vriend...

Neem kennis dat daar NIE ‘n Alpha-byeenkoms sal wees op 17 Februarie nie. Kursusgangers word uitgenooi na die Pannekoek-aand. (sien hierbo)

Alpha-byeenkomste vind plaas op 24 Feb en 3 Maart te kerksondermure, Jeuglokaal 2 om 18:30.

RODNEY SEALE @ KEERPUNT

Rodney Seale tree op Sondag, 7 Maart, om 9:30 - 11:00

by die Keerpuntbediening in die Blou en Wit Tent op.

Ouers van Gr.7's is baie welkom om hierdie erediens saam met hul kinders by te woon.

Studente @

kerksondermure

WANNEER:ELKE SONDAG 19:30

WAAR:EL SHEDDAI

WIE:GRAAD 12'S EN STUDENTE

FEBRUARIE KALENDER

14 FEBKOFFIE KUIER

21 FEBUITREIK

28 FEBFLIEK

Vir meer info kontak:Johan by 082 331 3925

[email protected]

Pannekoek-aand GnCgood news café

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 6

Page 7: Ons Koerant - Februarie

OP PAD MET JESUS SE LIEFDE VIR TIENERBEDIENING

‘n Weeklikse selfstudie aan tieners wat die geleentheid gebied word om in gesinsverband sy deelname, in God se plan vir die wêreld, ontdek.

KINDERHOEKIE

Fun with water & all: Springkastele en glybane te huur. Spesiale pryse gedurende langnaweke en vakansies. Skakel 082 512 5210.

Infanticare (Babaskool) open 1 Maart 2010 in Centurion. Die skool volg baba en kleuter stimuleringsprogram. Skakel Ria 082 878 6599/ [email protected]

Discover the wonder of communication by using basic Sign Language with your baby; either attend a class or order a Self-Training Kit. E-mail [email protected]

Ekstra klasse – Afrikaans: Graad 1-12. Taalgebruik, sinskonstruksie, skryf, lees, praat. Bied ook ander vakke aan (nie wiskunde en wetenskap nie). Remediëring en herhaling van die inhoud. Het ervaring om met kinders te werk wat aandagafleibaar is, disleksies is, enige fisiese gestremdheid. Skakel 012 345 3117/076 943 6814.

Wiskunde klasse vir laerskool en hoërskool leerders. Hou op sukkel met

Ons is almal verskillend. Ons het elkeen sterk en swak punte. Dit is belangrik om jou spanmaats te ken en net so belangrik dat ons die lede in ons gesin ken. Hierdie week staan ons stil by Isak en sy twee seuns.

Lees Gen.27:1-24 Dink na oor hoe julle as gesin in hierdie week ‘n goeie spanmaat kan wees wat mense seën, eerder as seën van ander mense steel?

Lees Gen.27:25-40Dink na oor watter praktiese maniere julle as gesin hierdie week tot seën kan wees vir jul medemens.

Lees weer Gen.27:1-40Plaas jouself in die twee broers se skoene. Hoe sou jy so ‘n situasie hanteer het?

Lees Gen.33:1-20Dink na oor hoe ons deur ons gesindheid God se genade aan ander mense kan weerspieël.

Lees Efesiërs 2:1-10Dink na oor die grootste seën van alle tye: Jesus wat vir ons lewe deur aan ‘n kruis te sterf.

Wanneer ons in terme van sport na Jakob se lewe kyk, sal ons moet erken: Jakob is beslis die ongewilde spanmaat. Ons sien egter dat genade deurlopend in sy lewe deurskemer. Soms is ek ook die ongewilde persoon in die gesin - maar solank ek aan God vashou, kan ek maar bly worstel totdat ek vrede gevind het.

Lees Gen. 32:22-32Het julle as gesin al ooit ‘n tyd/seisoen deurgemaak waar julle met die Here gestoei het? Watter vrug het daaruit na vore gekom?

Lees Gen. 32:22-32Ons kan so maklik tou opgooi - veral as ons gebede nie beantwoord word nie of dinge nie vir ons uitwerk soos ons beplan het nie. Wat leer julle vandag by die Here?

Lees Gen.33:1-12Watter ontdekking maak julle vandag uit Esau se optrede? Hoe kan dit ons in ons eie gesin help?

Lees Gen.33:1-12Jakob het met sy broer gaan regmaak. Watter effek sal dit op ons as gesin hê indien ons elkeen inisiatief neem en gaan regmaak?

Lees Gen.33:10-14Jakob se gesindheid verander van ‘n selfsugtige man na ‘n man wie se pas deur sy mede-reisigers (kinders & diere) bepaal word. Wat sê dit vir ons as gesin?

Josef se verhaal het soveel raak-vlakke met die lewe van vandag. Sy droom word nie gereken nie. Sy uniekheid word nie raakgesien nie. Hy beleef verwerping, afsondering en selfs onregverdige hantering omdat hy die regte dinge gedoen het! Josef wys ons egter wat ons meot doen wanneer die telling teen ons is.

Lees Gen.37:12-20Watter gevolge kan jaloesie in ons gesin te weeg bring? Wat maak ons as gesin met elkeen se drome?

Lees Gen.39:1-20Hoe hanteer Josef versoekings in sy lewe? Word hy beloon omdat hy die regte ding doen? Hoe help dit ons gesin vandag?

Lees Gen.39:20-23Iemand het op ‘n keer gesê: Jy kan nie beheer wat met jou gebeur nie, maar wel wat IN jou gebeur. Watter impak het dit op ons gesin se situasie op die oomblik?

Lees Rom.8:28God laat alles ten goede meeewerk vir die wat Hom lief het. Hoe waar is dit nie ook in Josef se lewe nie. Wat sê dit vir ons as gesin?

Lees Gen.45:1-15Josef leer ons dat familie belangrik is! Watter veranderings kan ons as gesin na vandag se gedeelte aanbring sodat ons weer naby en vol liefde kan saamleef?

- kalendertoolkitTieners seTieners se toolkit - kalender

1 Maart - Maandag 2 Maart - Dinsdag 3 Maart - Woensdag 4 Maart - Donderdag 5 Maart - Vrydag

15 Februarie - Maandag 16 Februarie - Dinsdag 17 Februarie - Woensdag 18 Februarie - Donderdag 19 Februarie - Vrydag

22 Februarie - Maandag 23 Februarie - Dinsdag 24 Februarie - Woensdag 25 Februarie - Donderdag 26 Februarie - Vrydag

Hulpwerf wil – deur gratis advertensies, ondersteuning bied aan kerksondermure lidmate wat met geen of swak inkomste aangewese is op genering van 'n inkomste om huis en haard gegom te hou deur hul kundighede/vaardighede aan te bied waar dienste/produkte in die gemeenskap benodig word! (Deur hulle te ondersteun, verander ons hul lewens)

Hulpwerf bied egter ook die geleentheid aan die breë kerksondermure familie oom ook hul kleinskaal dienste/produkte gratis te adverteer. Dit sluit ipso facto al die verskillende groeperinge binne kerksondermure in wat 'n aktiwiteit(e) of projek(te) wil adverteer.

Bepalings en voorwaardes geld.

wiskunde! Kontak Elaine Pretorius by 082 329 5397 of [email protected]

Naskool in Wierda Park - Vervoer vanaf skool, gesonde middagete, individuele aandag met huiswerk en nog meer word verskaf. Skakel Marilize by 082 888 8005 of www.trinitykids.co.za

Skoolvakansie Program - Kinders kan per dag bespreek of sommer die hele vakansie kom deel in die pret. Skakel Marilize by 082 888 8005 of www.trinitykids.co.za

Haarsalon vir kinders - Haarsny was nog nooit soveel pret. Skakel Christie by 083 455 0292

Ek maak waterdigte baadjies (dri macs) vir kleuters: Vanaf 1jr oud tot 6jr oud. Baie goeie kwaliteit materiaal. Corne 084 515 0718

Ek maak duvets, gordyne, kussings, doeksakke ens vir die nuwe baba in die huis se kamer. Kleuters is ook welkom om hul “nuwe” kamer met my te kom “bespreek”. Vra mamma om my te bel by 084 515 0718

DIENSTE

Werkverskaffingsburo-Huishulpe: Volledige besonderhede van huishulpe beskikbaar. Geen kostes. Die aanstelling wat jy maak, bly egter jou eie risiko. Lebone (Sanet) Werksburo, Sattie Stolze 012 664 4706 / 072 671 4348 E-pos [email protected]

Swembaddens: Herstel en instandhouding van swembaddens. Skakel Christo 072 546 4867.

Pumba “dogsitters”: Naweke weg, of met vakansie: Ek kyk na woef, woefels en kieter kat in die gemak van hulle eie omgewing teen R60/dag. Skakel Yolandé 083 557 7023.

Het u raad nodig om u tuin uit te le of unieke Water features te bou? Wil u Rommel verwyder? Ek het baie verwysings en foto's om die gehalte van my werk, teen baie billike tariewe aan u bekend te stel. Kontak Pieter @ 0834536400

gids - Hulpwerfsnuffel

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 7

Page 8: Ons Koerant - Februarie

Partytjies: Verjaarsdae, afskeidspartytjies, ooievaarstees, kombuistees, enige geleentheid, kom hou dit hier. Baie speelplek en aktiwiteite vir kinders. Skakel Marilize by 082 888 8005 of www.trinitykids.co.za

Oplossing en besparing vir kantoor uitgawes op printers en copiers en al die uitgawes wat daarmee saamgaan. Kontak ons vir n vinnige, gratis evaluasie sommer per e-pos en kyk hoe ons jou kan help. [email protected] 082 600 8196.

Cakes and Cupcakes by Karen: Gekwalifiseerde chef. Spesialiseer in troukoeke, doopkoeke, verjaarsdagkoeke, ens. Skakel Karen vir 'n afspraak by 083 467 8506 / 012- 665 3217 of epos [email protected]

Bio Sculpture, Angelic en NSI Gel Naels en Sonbed: Ek werk vanaf my huis in Doringkloof en verkoop ook Avroy Shlain, Environ en Bio Sculpture produkte. Skakel Runa by Tel: 012 667 3041 / 082 256 2085

Hoe om meer geld te maak. Skakel CTE vir inligtingsessie hoe om produksie te verbeter of hoe om geld te maak Tel 083 726 7063 of epos : [email protected]

Grafiese Teken Werk Aangebied: Verlang u die dienste van 'n tekenaar/ drafter vir bou & aanbou planne van huise of enige ontwikkelings. Skakel gerus Marizane Marais by 082 460 3336 of epos [email protected]

GESOEK

Gesoek: Tweedehandse koekversierbuise en drukkers veral vir klein goedjies om op kolwyntjies te sit.Sal betaal. Rina 083 452 9914/ 012 665 2007.

Blinde Soek: Werk By Irene kruising staan 'n blinde man met sy seun en bedel. Indien jy kan help sal ek die man gaan haal ek bring vir 'n onderhoud. Kan iemand help met skroefies , kraletjies of klein goedjies wat moet verpak word of 'n skakelbordwerk of so iets. Kontak Rina 083 452 9914.

Ons is op soek na iemand wat 'n liefde het vir bedieningswerk en wat ons gevangenisbedieningsnuusbrief in goeie, lekkerlees- idiomatiese Engels kan vertaal, 3 keer per jaar. Kontak Elmine Jordaan by 012 656 9084 of [email protected]

Twee gebruikte naaimasjiene (in goeie werkende toestand) vir 'n projek met werklose vroue. Kontak Hermien König 082 367 0089 of Louise Harley 083 306 8269.

Ek is opsoek na saamry geleentheid werk toe Maandae tot Vrydae 08:00 - 16:30 Vanaf Rooihuiskraal tot Midrand Kontak - Ansie 076 964 7822.

Gesoek Dringend: Enkel ma en dogter dringend opsoek na blyplek…1 of 2 slaapkamer tuinwoonstel of cottage of buitekamer..Naby Springvale Primary skool(net oorkant Shoprite sentrum in Wierda Park) Tussen R1500 – R2000Kontak Tracey 073 171 5610.

Studente dame op soek na werk na ure. Besig met n praktiese jaar en extra inkomste word benodig. Vir enige Restaurant of kinderoppasser

werk skakel asb 071 328 2496.

VAKANSIE

Paradysstrand (Jeffreysbaai): Seefronthuis vir perfekte wegbreek vakansie. 3 slp, (7 bed & sleeper vir kinders en 1 “Stack” bed vir groter gesinne, 2½ badkamer, sit/eetk, privaat braaigeriewe. Toegang tot alle huishoudelike toerusting. Skakel Tilla 082 578 7903.

Colesberg - Meerkat Manor: Gerieflike kamers, beste Linne. Dubbelbed, 2 enkelbeddens, Yskas, Braaipan, breekware, koffie en tee. Eie badkmr, kleutervriendelik. Selfdien. Gesin van 4 is R400 per nag. Skakel 083 644 0760.

Seewoonstel beskikbaar op die strand. Sea park, Umtentwenistrand. 4 persone (2 volwassenes, 2 kinders) Skakel 012 345 3117/076 943 6814.

Margate Sands daar kan 8 mense slaap vanaf die 20 Maart 2010- 27 Maart 2010. Self versorg eenheid met al die nodige huishodelike toebehore ingeluit. Uitsig op die hoofstrand sowel as loop afstand van hoofstrand van Margate. Eenheid word op ''n daaglikse basis skoon gemaak deur personeel van die oord. Kontak persoon: Pieter 082 8085946.

Margate See Uitsig. Reg deur die jaar. Ten volle toegerus. slaap 4 – 6. Nog plek vir paasnaweek en skoolvakansies.1 km vanaf hoof strand. Billike tariewe. Kontak Cecile. -084 599 9876 / 039 312 2552.

3 Slaapkamer woonstel by Uvongo. Puik uitsig en klipgooi vanaf see.Sien www.uvongokzn.co.za.Slaap 7 nagte en betaal vir 6.Skakel Dries 082 782 7106 of Cecile 082 325 3292.

HUISE/WOONSTELLE TE HUUR

Enkel kamer beskikbaar in n 2 slaapkamer tuinwoonstel (Wierda Park). 4 Km van Centurion Akademie en Centurion Lake Mall.Veilige omgewing met elektriese heining, nderdak parkeering. Tuin en braai geriewe beskikbaar. W+E ingesluit. R1900 p/m. Skakel Lucinda 071 328 2496.

1 Slaapkamer, badkamer, sitkamer/kombuisie tuinwoonstel beskikbaar in Zwartkop binne loopafstand van Centurion Mall. Nuut en ideaal vir 'n nie rokende studente dame. R2300.00 pm + deposito, water en ligte ingesluit. Skakel Mae 082 332 3565.Pierre Van Ryneveld: Ruim meenthuis om te deel met man/dame. Sekuriteits kompleks, tuin en ingeboude braai. R2 400 p/m. Onmidellik beskikbaar. Skakel Lizelle 072 664 7878.

Ons is nogal dringed opsoek na 'n derde persoon om verblyf mee te deel. Enigiemand wat belangstel is welkom om my te kontak by 084 455 6658/ [email protected] . Huur is ongeveer R2200 per maand uitsluitend water en ligte. 2km vanaf Centurion Mall.Pragtige gemeubileerde twee slaapkamer simpleks, 500m vanaf Kerk Sonder Mure. Skakel Gavin or Nicolene: 072 237 2278 of 012 660 3081.

TE KOOP

Vars Tuisgebak - Alle grootkoeke, soet- en soutterte, spesiale verjaarsdagkoeke, beskuit, muffins en botter-broodjies. Bestelling 2 dae voor die tyd. Pryslyste beskikbaar. Skakel Wilna 072 189 0040 of Ina 083 566 7713.

Juweelkassies te koop vir geskenke kersfees of verjaarsdae. Skakel Braam 082 595 2291/ 012 663 2357 in verskillende houtsoorte beskikbaar.

Verjaarsdagkoeke: Prentjiekoeke 30cm x 30cm @ R220, of 3D per kwotasie. Skakel Rina 083 452 9914 of 012 665 2007.

Kolwyntjies/Cupcakes: Vanaf R4,50 - kinderpartytjies, doop, kombuistee en spesiale verjaarsdae soos 16e, 18e, 21ste, 60e ens. Skakel Rina 083 452 9914 of 012 665 2007.

Houtkissies - Enige Grootte: Stoor ou tydskrifte of boeke daarin. Kan gestapel word. Dit is netjies en kan orde skep in enige vertrek. Oulike houers vir blomme, biltong en geskenke. Dit word deur mense wat leer om hul eie inkomste te verdien. Kontak Rina 083 452 9914 / 012 665 2007.

Mandjies/Geskenke vir spesiale geleenthede bv. Valentine, moedersdag, vadersdag, verjaarsdag, padkos. Skakel Emma 0012 654 1441/082 212 1407.

Nicka's Biltong & Beesvleis: Goeie gehalte Mpumalange biltong en beesvleis teen bekostigbare pryse. Kontak Liezl by [email protected] of 084 584 0147 vir 'n volledige pryslys.

Ontwerpers trourok, spierwit, skouerlose eenstuk. Nr 32 Foto's en prys op aanvraag. Skakel Corne 084 515 0718.

Mans troupak te koop @ R500. Baadjie grootte=40; Broek grootte =36/92. Kontak vir Leanda @ 082 928 3172.

Algemeen

Irene homes vir gestremdes bied die Campbells aan 25 Maart 7:30 by die kiepersolsaal in Eldoraigne vir fondsinsameling. Ondersteun ons asb. Skakel Cecile 012 665 1892 of 082 325 3292.

Stuur advertensies aan:[email protected]

faks dit na 086 512 4428 Bepalings en voorwaardes

? Advertensies word gratis geplaas.? n Maksimum van 25 woorde per advertensie

word toegelaat.? Geen telefoniese versoeke vir plasings word

aanvaar nie.? kerksondermure aanvaar geen

verantwoordelikheid vir die kwaliteit van dienste of produkte wat in die advertensies aangebied word nie.

? Die plasing van advertensies is onderhewig aan die goedkeuring van 'n paneel.

? Advertensies moet maandeliks hernu word.? Besighede moet van kerksondermure se

maandblad (ksm) gebruik maak om te adverteer. Dit sal 'n growwe misbruik wees van 'n goedbedoelde hulpdiens deur kerksondermure sou 'n besigheid van medium gebruik maak om te adverteer.

kerksondermure ONS KOERANT :: Februarie | bl 8