nuus vanuit de oude woning vol.5.2 desember 2016 voetnotas

10
Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 1 Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige Nuwe Jaar! VOETNOTAS Drakenstein Heemkring | Paarl Argief | Hoofstraat 214 Lees binne Minnie Krakowsky — Van Rusland, sonder liefde (2) Strange and a little bizarre — Victorian Christmas cards (7) 195 year old Groot Constantia wine returns to SA (10) Kontak-besonderhede Webwerf: www.drakensteinheemkring.co.za Facebook: facebook.com/heemkring Blog: wordpress.oudewoning.com Adres: Hoofstraat 214, Paarl Besoektye: Woensdae 10vm - 12nm Per afspraak

Upload: others

Post on 30-Nov-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

�1

Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige

Nuwe Jaar!

VOETNOTAS Drakenstein Heemkring | Paarl Argief | Hoofstraat 214

Lees binne

Minnie Krakowsky — Van Rusland, sonder liefde (2)

Strange and a little bizarre —Victorian Christmas cards (7)

195 year old Groot Constantia wine returns to SA (10)

Kontak-besonderhede

Webwerf: www.drakensteinheemkring.co.za Facebook: facebook.com/heemkring Blog: wordpress.oudewoning.com Adres: Hoofstraat 214, Paarl Besoektye: Woensdae 10vm - 12nm Per afspraak

Page 2: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

MINNIE KRAKOWSKY NÉE KALSKY

Van Rusland — sonder liefde Die tragiese verhaal van Minnie Krakowsky, die vrou van dr. Krakowsky, ’n mediese dokter wat in c1902 in die Paarl gepraktiseer het. Hy was ook die

dorp se destydse distriksgeneesheer.

Die afgelope tyd het daar 'n publikasie of twee verskyn wat handel met vroeë Russiese besoekers aan die Kaapkolonie en spesifiek ook aan die Paarl. Dit was dus met groot 1

belangstelling dat ek prof. Sally Swartz se boek, Homeless Wanderers, gelees het aangesien sy heelwat gevallestudies van pasiënte afkomstig van daardie deel van die wêreld, in genoemde publikasie aanbied. Sy verwys met groot gesag na die wel en weë van geestesgesondheid pasiënte in Suid-Afrika se psigiatriese hospitale in die 19de eeu. Een van hulle, ene Minnie Krakowsky née Kalsky , het 'n verbintenis met die Paarl van 2

destyds. Prof. Swartz verkies om weens etiese redes nie die familiename van die persone te noem in haar boek nie, maar omdat dit openbare dokumente is en ek ook met my eie navorsing die werklike besonderhede van hul name verkry het, bied ek dit aan soos dit verskyn in amptelike dokumente en nuusblaaie.

Die doel van hierdie artikel is nie daarop gemik om die genealogie van enigeen te ontrafel nie maar eerder om die leser, veral die lesers van die Paarl, bekend te stel aan vroeë besoekers aan die Paarl wat 'n voetspoor agtergelaat het. En nie almal het altyd edele motiewe gehad nie.

Minnie word omstreeks 1863 in Poland gebore as die dogter van Fishel Kalsky en Golda 3

Goldblum. Op ouderdom 24 skei sy van haar eerste eggenoot, ene Isaac Medschenk , by wie sy 4 5

twee kinders (Freda en Lottie) gehad het. Sy word beskryf as 'n baie aantreklike vrou en teen 1890 tree sy vir die tweede keer in die huwelik met Abraham Noar . Twee kinders (Isaac en 6

Harry) word ook uit hierdie huwelik gebore. In hierdie stadium woon sy naby Londen waar haar tweede eggenoot voor 1894 sterf. Op 22 Februarie 1894 tree sy in die huwelik met Alexander Krakowsky, 'n mediese dokter en oorspronklik van Rusland. Die huwelik vind plaas in Bayswater, Engeland, deesdae bekend vir sy baie hotelle, maar ook bekend as woonplek van Winston Churchill en Tony Blair.

Die egpaar emigreer na Suid-Afrika en kom in 1898 in Kaapstad aan. Minnie was toe 36 jaar oud en basies in die fleur van haar lewe. Tog begin sy kort na haar aankoms, eienaardige gedrag openbaar. Volgens amptelike dokumente waarin die distriksgeneesheer se bevindings 7

aangeteken is, het sy sewe weke voor Maart 1898 in Suid-Afrika aangekom, maar was intussen ook in Johannesburg voordat sy haar by haar man in Woodstock aangesluit het. Tydens die

Gorelik, Boris, An Entirely Different World – Russian Visitors to the Cape 1797-1870. 2015.1

Haar sterfkennis dui haar nooiensvan aan as KALSKY terwyl die aangifte dit aandui as Abrahamson. Die sterfkennis 2

moet egter as korrek beskou word aangesien haar ouers se besonderhede ook aangedui word. Die sterfkennis is 'n paar dae later as die aangifte voltooi en is die fout toe waarskynlik reggestel. Haar nooiensvan, Kalsky, verskyn ook in 'n testament wat deur haarself onderteken is. Nie Rusland, soos wat Swartz aandui nie maar ek sal toegee dat weens bewindsoornames Poolse burgers vir sekere 3

tydperke dalk as ‘Russe’ beskou sou kon word.

KAB MOOC 6/9/4073 nr.336424

KAB MOOC 6/9/4073 nr.336425

KAB MOOC 6/9/4073 nr.336426

KAB CSC 2/6/1/181 nr. 1257

�2

Page 3: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

mediese ondersoek het sy op vrae geantwoord dat sy in Johannesburg is terwyl sy in werklikheid in Kaapstad was. Sy sou ook gedurig aan haar klere gevroetel het, die knope losgemaak het en aangetrek het om uit te gaan. Voorts was sy daarvan oortuig dat haar kinders in Engeland was terwyl hulle volgens getuienis in Kaapstad teenwoordig was.

Volgens haar man se getuienis het sy op 7 Februarie 1898 probeer om haarself om die lewe te bring met 18 gram morfien, maar sy is met groot moeite gered en aan die lewe gehou deur haar man. Hy sou ook 'n ander dokter se mening ingewin het en hulle twee het toe vir bykans drie weke haar intensief versorg. Sy wou nie eet nie en was soms ook aggressief.

Uiteindelik word Minnie op 31 Maart 1898 in Valkenberg hospitaal ('n geestesgesondheid-inrigting) opgeneem waar dr. Dodds bevind dat sy ‘showing symptoms of marked mental enfeeblement; memory especially affected for recent events’. Haar man was egter van opinie dat sy gely het aan anemie en uitputting. 8

Minnie bly vir vier maande in die hospitaal waarna sy aan die sorg van haar man toevertrou word. Swartz is van mening dat hierdie besluit geneem is omdat haar man 'n mediese dokter was en hy finansieel en andersins goed na haar sou kon omsien. Sy was nie weer heropgeneem in Valkenberg hospitaal nie, maar wanneer Minnie wel 'n toeval sou kry, het hy aangedui dat hy dit nie kan bekostig om haar daar te laat opneem nie. In die rekords van die hospitaal was sy aangedui as 'n ‘non-paying patient’ wat daarop dui dat die gesin finansieel dalk gesukkel het. 9

Teen 1902 was dr. Krakowsky 'n praktiserende dokter van die Paarl en in 1903 was hy die distriksgeneesheer van die dorp. Dit was egter gedurende hierdie tydperk wat daar vrae gevra was oor die dokter se kwalifikasies. Die mediese owerheid van die Kolonie het daarop begin aandring dat hy bewyse van sy kwalifikasies moet voorlê aan welke versoeke hy nie kon voldoen nie. Selfs 'n navraag aan Rusland se owerhede het nie die antwoorde verskaf waarna gesoek is nie. 10

Terwyl die onderskeie owerhede steeds wonder oor die dokter se kwalifikasies, verskyn daar in die South African Medical Record van Januarie 1904 'n berig dat dr. Krakowsky van die Paarl en dr. Schuller van Kaapstad genomineer is vir lidmaatskap van die westelike tak van die B.M.A. (British Medical Association), C.G.H. (Cape of Good Hope.

Gedurende Junie 1904 verskyn daar weereens 'n berig in die South African Record. Hierdie keer word daar aangekondig dat dr. Krakowsky van die Paarl die land tydelik verlaat het vir studies ten einde 'n Britse diploma te verwerf.

Swartz, 20158

Swartz, 20159

KAB AG 1553210

�3

Page 4: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

Of hy dit wel verwerf het, is nie bekend nie, want gedurende 1905 doen hy weer aansoek vir 'n verdere twee maande verlof om na Brittanje te reis. Sy kollega, ene dr. Wolfe, sertifiseer dat Krakowsky aan erge rumatiek ly en dat hy van die geleentheid wil gebruik maak om sy kwalifikasies te voltooi. Dit blyk dat 11

hy toe iewers in 1905 die land verlaat het. Sonder sy vrou en kinders. Hy sou ook, volgens rekords, nie weer terugkeer na Suid-Afrika nie. Maar dit was nie die laaste woord oor hom nie.

Gedurende 1905 verneem die owerhede van die Kaapkolonie dat hy sy aanstelling as Justice of Peace (vrederegter) van die Paarl vir sy eie gewin misbruik en verskyn daar in die Medical Record of South Africa 'n berig dat sy aanstelling gekanselleer is. Nóg was dit de einde niet. Op 29 Mei 1914 verskyn daar 'n interessante kennisgewing in die London Gazette. Daarvolgens gee ene Alexander KEAY kennis dat hy voortaan onder daardie naam bekend sal staan. Voorheen het hy bekend gestaan as Alexander Krakowsky, 'n eertydse distriksgeneesheer en vrederegter vir die Paarl distrik in die Kaapkolonie. Het hy dit dalk gedoen om sy spore vir sy vrou dood te vee? Niemand weet nie, maar gegewe sy rekord hier in die Kaapkolonie, kan ek nie tot 'n ander gevolgtrekking kom nie dat hy sy (duistere) verlede hiermee ongedaan wou maak.

Intussen het sy vrou, Minnie, heel goed vir haarself gedoen. Sy sterf in 1932 en word op die sterfkennis aangedui as 'n weduwee - wat moontlik een van twee dinge kan beteken: óf sy het haarself as weduwee beskou omdat haar man haar blatant verlaat en nooit weer teruggekeer het nie óf sy het op die een of ander wyse kennis gekry dat hy oorlede is. Haar eie sterfkennis is vaag in die verband aangesien daar slegs aangedui word dat hy ná 1922 oorlede is. As sy enigsins formeel in kennis gestel was van sy oorlye, sou sy sekerlik van 'n volledige datum voorsien gewees het. Ten tyde van haar afsterwe woon sy te Roeland straat 72, dieselfde adres wat nou op die Kaapse argief se voordeur pryk. Haar eiendom was heel waarskynlik deel van 'n groter gedeelte waarop die destydse Roelandstraat gevangenis (en nou die argief) geleë was. Sy laat, 12

benewens drie eiendomme, ook 'n batige boedel (sonder enige skuld) na ten bedrae van £3380 agtien sjielings en twee pennies. Haar 13

kinders is die enigste erfgename.

KAB CO 787611

Die Registrateur van Aktes beskryf dit as: ‘... portion of Lots no.’s 3 and 4 of Municipal wasteland situated in Roeland 12

street...’

KAB MOOC 6/9/4073 nr.3364213

�4

Page 5: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

�5

Page 6: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

Bronne en verwysings Kaapse Argiefbewaarplek The South African Medical Record The Londen Gazette Swartz, S., Homeless Wanderers – Movement and Mental Illness in the Cape Colony in the Nineteenth Century. UCT Press. 2015.

© 2016 Johann H Claassen

�6

Page 7: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

LIGHTHEARTED, AND A LITTLE BIZARRE

Victorian Christmas Cards Christmas cards have been around for more than a century, and were very

popular during the Victorian era. From a modern perspective, many of those early cards seem slightly “off” and even a little bizarre. Many, like the dead

robin on the following page, hint at older pagan traditions.

�7

Page 8: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

�8

Page 9: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

�9

Page 10: Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016 VOETNOTAS

Nuus vanuit De Oude Woning Vol.5.2 Desember 2016

GRAND CONSTANCE WINE

195 year old bottle of wine returns to Groot Constantia

Groot Constantia recently acquired a 1821 vintage bottle of Constantia wine. The following is an extract from a Groot Constantia press statement issued

in September this year.

Grand Constance, the French translation for Groot Constantia, received international acclaim for its superior quality and began to fetch extremely high prices at well-attended auctions in many European cities with emperors and kings, such as Frederick the Great of Prussia, Napoleon Bonaparte and King Louis Philippe of France, all vying for their share.

The wine also became Napoleon’s drink of choice. Before his death in 1821, Napoleon had 30 bottles of Grand Constance shipped over to St Helena Island every month to ease his exile.

Charles Dickens celebrated it in Edwin Drood, Jane Austen's character recommended it as a cure for a broken heart to heroine Marianne Dashwood in Sense and Sensibility and Charles Baudelaire compared Constantia wine to his lover‘s lips in his most famous volume of poems, Les Fleurs du Mal.

Constantia bottles, bottle shards and bottle seals dating from as far back as 1774 have been found in far corners of the globe in some unusual circumstances: • One bottle was found at the bottom of the

ocean in the archipelago outside Stockholm in the late 1940’s by a diver;

• Three bottles were discovered in the cellar of a castle near Belgium that date to the period 1760 – 1840;

• A shard featuring the Constantia bottle seal was discovered on a beach in the Delaware Bay and identified by historians to be part of the cargo of the Severn – a ship that was stranded there in 1774;

• Another find was a very crude example of the Constantia wine seal – evidently far older than all the other examples - which was unearthed in an excavation in Meiningen in Germany.

Visitors to Groot Constantia will be able to view the 1821 bottle of Grand Constance in the Cloete Cellar museum.

�10

Die Drakenstein Heemkring ontvang graag bydraes vir Voetnotas. Kontak ons gerus vir meer besonderhede ([email protected])