n≠a jaqna conservancyland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse....

12
Equator Initiative Gevalle Studies Plaaslike volhoubare ontwikkeling oplossings vir mense, die natuur, en aanpasbare gemeenskappe Namibië N≠A JAQNA CONSERVANCY Empowered lives. Resilient nations.

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

Equator Initiative Gevalle StudiesPlaaslike volhoubare ontwikkeling oplossings vir mense, die natuur, en aanpasbare gemeenskappe

NamibiëN≠A JAQNA CONSERVANCY

Empowered lives. Resilient nations. Empowered lives. Resilient nations.

Page 2: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

UNDP EQUATOR INITIATIVE GEVALLESTUDIE REEKS Plaaslike en inheemse gemeenskappe oor die hele wêreld is besig met die bevordering van innoverende, volhoubare, ontwikkeling oplossings wat werk vir mense en vir die natuur. Min publikasies of gevallestudies vertel die volle verhaal van hoe sulke inisiatiewe ontwikkel, die breedte van die die impak daarvan, of hoe hulle oor tyd verander. Nog minder het onderneem om hierdie stories te vertel met die verhaal deur die gemeenskap praktisyns self gelei.

Om sy 10-jarige bestaansjaar te gedenk, het die Equator Inisiatief ten doel om hierdie leemte te vul. Die volgende gevallestudie is een in ‘n groeiende reeks wat in volledige besonderhede die werk opsom van die Equator Pryswenners - gekeurde en eweknie-geëvalueerde beste praktyke in gemeenskap-gebaseerde omgewingsbewaring en volhoubare lewensbestaan. Hierdie gevalle is bedoel om die beleid dialoog wat nodig is om plaaslike sukses te bepaal, te inspireer, die globale kennis-basis op die plaaslike omgewing en ontwikkeling van oplossings te verbeter, en om te dien as modelle vir herhaling. Gevallestudies word die beste gesien en verstaan met verwysing na “‘The Power of Local Action: Lessons from 10 Years of the Equator Prize’”, ‘n versameling van die lesse geleer en beleidsleiding wat gebruik maak van die geval materiaal.

Kliek op die kaart om die Equator Initiative se navorsbare gevallestudie databasis te besoek. RedakteursHoofredakteur: Joseph CorcoranBesturende Redakteur: Oliver HughesBydraende Redakteurs: Dearbhla Keegan, Matthew Konsa, Erin Lewis, Whitney Wilding

Bydraende SkrywersEdayatu Abieodun Lamptey, Erin Atwell, Toni Blackman, Jonathan Clay, Joseph Corcoran, Larissa Currado, Sarah Gordon, Oliver Hughes, Wen-Juan Jiang, Sonal Kanabar, Dearbhla Keegan, Matthew Konsa, Rachael Lader, Patrick Lee, Erin Lewis, Jona Liebl, Mengning Ma, Mary McGraw, Gabriele Orlandi, Juliana Quaresma, Peter Schecter, Martin Sommerschuh, Whitney Wilding, Luna Wu

OntwerpOliver Hughes, Dearbhla Keegan, Matthew Konsa, Amy Korngiebel, Kimberly Koserowski, Erin Lewis, John Mulqueen, Lorena de la Parra, Brandon Payne, Mariajosé Satizábal G.

BedankingsDie Equator Initiative erken met dankbaarheid N≠a Jaqna Conservancy, sowel as die leiding en insette van Ben Begbie-Clench, Namibië Support Unit Manager by die Working Group of Indigenous Minorities in Southern Africa (WIMSA). Alle foto krediete met vergunning van N≠a Jaqna Conservancy. Landkaarte met vergunning van CIA World Factbook en Wikipedia. Vertaling: F. Dicks.

Voorgestelde Aanhaling United Nations Development Programme. 2012. N≠a Jaqna Conservancy, Namibia. Equator Initiative Case Study Series. New York, NY.

Page 3: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

PROJEK OPSOMMINGMet 912.000 Ha. kommunale grond, kombineer N≠a Jaqna Conservancy die volhoubare bestuur van endemiese wild en natuurlike hulpbronne met die bemagtiging van Namibië se !Kung San mense. (Simbole ‘≠’ en ‘!’ verteenwoordig duidelike klik geluide, uniek aan Khoisan-tale). Gestig as ‘n Bewaringsgebied in 2003, lei die organisasie plaaslike !Kung San as wild-bestuurders, komiteelede en wildwagters op. Doelwitte sluit in die hervestiging van wildbevolkings en volhoubare bosbestuur deur goeie beplanning, bestuur en beheer.

Die bestuur struktuur vir die bewaringsgebied word voorgeskryf deur die Namibiese wet as deel van sy suksesvolle Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur Program. Daarbenewens het die N≠a Jaqna Bewaringsgebied ‘n hoogs raadplegende, beraadslagende bestuur model ontwikkel, wat pas by die unieke leierskap stelsel van die !Kung San mense.

KERN FEITEEQUATOR PRYSWENNER: 2008

GESTIG: 2003

GELEË: Otjozondjupa, noordoostelike Namibië

BEGUNSTIGDES: meer as 2,650 lede van die gemeenskap

BIODIVERSITEIT: 9,120 vk. km. gemeenskap bewaringsgebied

3

N≠A JAQNA CONSERVANCYNamibië

INHOUDSOPGAWE

Agtergrond en Verband 4

Sleutel aktiwiteite en Nuwighede 5

Biodiversiteit Impakte 7

Sosiaal-ekonomiese Impakte 8

Beleid Impakte 9

Volhoubaarheid 10

Herhaling 10

Vennote 11

Page 4: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

4

Namibiese landsbeleid maak voorsiening vir die skepping van Bewaringsgebiede binne bestaande kommunale gebiede, waarvolgens tradisionele leiers samewerkende landsbestuur ooreenkomste met die staat aangaan. Die bestuur struktuur gee lede van die Bewaringsgebiede gedeelde regte op daardie grond, terwyl die regering die grond in trust hou vir die mense, wat ‘n sê het oor hoe die land bestuur word en hoe dit gebruik word. Niemand anders kan die grond betree of beset sonder toestemming van die plaaslike tradisionele owerheid en die bewaringsgebied nie.

CBNRM wetgewing en die geskiedenis van die N≠a Jaqna

Die N≠a Jaqna Conservancy in die noord-oostelike streek van Otjozondjupa, een van slegs twee San-bestuurde Bewaringsgebiede in Namibië, is in die Staatskoerant van Desember 2003 onder die Ministerie van die Omgewing en Toerisme se Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne Bestuur (GGNHB) Program gepubliseer. As `n gevolg hiervan, is bestuurs- en benuttingsregte van die natuurlike hulpbronne binne die bewaringsgebied sedertdien aan die !Kung San-mense toegeken, met eksklusiewe regte om voordeel te trek uit die ontwikkeling van toerisme in die gebied. Alhoewel die bewaringsgebied in 2003 geproklameer is, het die proses veel vroeër in 1998 begin, toe 1,850 lede van die grootliks San-gemeenskap vir die eerste keer aansoek gedoen het by die regering vir bewaringsgebiedsregte. Baie van die San wat in die gebied woon, was tydens die konflik in die land hervestig, sommige van so ver as Angola. Terwyl dit die getal van die San in die gebied (hoofsaaklik dié van dieselfde taalgroep) vermeerder het, het dit nie enige voordele beteken in terme van die land se sekuriteit of belegging nie.

Die Bewaringsgebied gee die !Kung San-mense ‘n mate van grond sekuriteit; dit is ‘n manier vir die mense om inkomste te verdien uit die land, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander aktiwiteite met ‘n minimale impak op die omgewing. Hierdie reëling bied ‘n billike opsie vir mense om aansoek te doen vir formele regte op die grond - ‘n proses wat nie dikwels aan plaaslike gemeenskappe beskikbaar is nie.

Die skep van ‘n gemeenskap bestuursplan

Alhoewel die Bewaringsgebiede ‘n regerings program is, vereis alle besluite - van die meet en aanwysing van grense tot die toewysing van verantwoordelikheid binne die Bewaringsgebiede - die ondersteuning van die hele gemeenskap, (skattings wissel van 2000 tot 5000 mense) van wie baie ongeletterd of minimaal opgevoed is. Die stigting van die Bewaringsgebiede het vereis dat die oorgrote meerderheid van die mense ten gunste moes wees van die bestuursplan en alhoewel dit byna vyf jaar geneem het, is die nodige ondersteuning uiteindelik verkry.

N≠a Jaqna is tans die grootste geregistreerde bewaringsgebied in Namibië tot op datum, met ‘n oppervlakte van meer as 9,120 km2. Kalahari sand dek ‘n plat landskap van breëblaar- en acacia bos, wat ‘n skamele 400-450mm reënval in ‘n gemiddelde jaar ontvang. Die oorgrote meerderheid bewaringsgebied inwoners maak staat op die grond en hulpbronne vir veldkos, medisyne, gras en hout vir bouwerk, vuurmaakhout, sowel as weiding en verbouing. Die Bewaringsgebied is gasheer vir ‘n groot hoeveelheid biodiversiteit, sowel as hoë waarde wildspesies en kommersieel lewensvatbare plante word gebruik vir hul medisinale waarde. Die groot omvang van die area bied ruim oppervlaktes goed geskik vir ‘n wild habitat. Die grootte beteken ook dat baie statte geïsoleer is en die bedryfskoste van die bewaringsgebied is hoër as in ander bewaringsgebiede, as gevolg van die verspreide aard van vestiging en hulpbronne.

Vir doeleindes van bestuur, is die bewaringsgebied verdeel in vier distrikte. ‘n Omvattende, deelnemende beplannings oefening in al die nedersettings van die bewaringsgebied, het gelei tot ‘n hulpbron-sonering skema wat aanvaar is deur die bewaringsgebied lidmaatskap, die plaaslike !Kung Tradisionele Owerheid, sowel as regeringsorganisasies en nie-regeringsorganisasie belanghebbendes. Hierdie soneringsplan word weerspieël in die Grondwet van die Bewaringsgebied en die amptelike bestuur- en benuttingsplan. Sake en Toerisme Ontwikkeling strategieë is nou in plek en word tesame met hierdie bestuursplanne uitgevoer.

Agtergrond en Verband

Page 5: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

55

Sleutel aktiwiteite en Nuwighede

Die bestuur- en benuttingsplan van die Bewaringsgebied, soos goedgekeur deur die inwoners van die gebied, maak voorsiening vir die volgende sentrale doelwitte: Om optimum wild bevolkings in die Bewaringsgebied te hervestig deur middel van goeie bestuur en versigtige, verantwoordelike beplanning; om te verseker dat die voordele van lidmaatskap deur die benutting van wild volhoubaar is en dat hierdie voordele gelewer word aan alle lede van die Bewaringsgebied; om konflik tussen afdelings van die Bewaringsgebied lidmaatskap en tussen die Bewaringsgebied lidmaatskap en natuurlewe te voorkom en die lewensbestaan te verbeter van al die lede van die Bewaringsgebied deur die verspreiding van die voordele van lewensvatbare toerisme-bedrywighede in die Bewaringsgebied.

As gevolg van wild stropery en die oorbenutting van plaaslike flora binne die omliggende gebiede, het die plant- en natuurlewe bevolking afgeneem in die jare wat die Bewaringsgebied se skepping vooraf gegaan het. Besorgd oor die afname in biodiversiteit, was

die Bewaringsgebied, met die hulp van skenkers, in staat om hierdie tendens tot ‘n sekere mate om te keer, deur die gemengde gebruike van versigtige bewaring en volhoubare toerisme praktyke. Een van die belangrikste aktiwiteite was die inbringing van meer wild in die gebied deur die ondersteuning van deelgenote.

Meer as 2,650 lede van die gemeenskap behoort tans aan die Bewaringsgebied en het besluitnemingsmag oor hoe hulle land ontwikkel en bestuur word. Toerisme, wild kontrakte en die volhoubare versameling van inheemse plantspesies (soos die Duiwelsklou, of Harpagophytum procumbens) is bronne van inkomste vir die andersins ekonomies beperkte !Kung San-mense. Bewaring is versterk deur inheemse kennis en tradisionele landsbestuur praktyke. Behalwe ‘n “Community Forest Programme”, is die groep besig met toergids- en wildwagter opleiding; hulle het twee suksesvolle gemeenskap georganiseerde toerisme inisiatiewe ondersteun en aktief vennootskappe met kommersiele toermaatskappye en private jag kontrakteurs nagestreef.

Volhoubare Wild Bestuur

Sodra wild na die gebied gebring is, was die Bewaringsgebied in staat om ‘n teen-stroop eenheid – wildwagters – te vorm, wat op patrollies uitgaan in diens van die Bewaringsgebied. Hulle werk nie net om die veiligheid van die diere te beskerm nie, maar ook om te help om die gesondheid van die ekosisteem te verbeter; die wildwagters is betrokke in praktyke soos die grawe van watergate om die volume van water beskikbaar vir beide die diere en die menslike inwoners, te verhoog.

Die toenemende orvloed van wild het aanleiding gegee tot ‘n baie suksesvolle toerisme praktyk. Die N≠a Jaqna Bewaargebied het ‘n kontrak met ‘n trofeejag agentskap, wat op sy beurt elke jaar wild invoer. Die aanvaarbare kwota vir trofeejagters is baie spesifiek, om net te neem wat maklik herwin kan word binne die diere bevolking in die gebied en die reëls vir die kwota is streng: byvoorbeeld,

Page 6: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

66

tydens teling tydperke is dit verbode om naby watergate te skiet, terwyl dragtige diere nie gedood mag word nie. Toeriste betaal hoë pryse om in die gebied te jag en ‘n goeie gedeelte van die geld gaan terug in die bewaringsgebied, om dit in staat te stel om selfonder-houdend te wees in terme van die bestuur van watervoorsiening en toekomstige geslagte van wild. Wanneer trofeejagters skiet, word hulle nie toegelaat om die hele dier te neem nie; die jagter mag die kop of nog ‘n klein deel van die dier (aangewys deur die wet) verwyder, maar die grootste deel van die dier gaan na die bewaringsgebied as vleis. Die mense ontvang nie net geld nie, maar kos ook volgens hierdie reëling, en dit is ook ‘n manier om stropery te vermindering. Die !Kung San het ‘n groot mate van gebrek aan voedsel-sekuriteit, sodat die voorsiening van ‘n gereelde bron van vleis - een wat ook geldelike inkomste verskaf - help om stropery te stigmatiseer en dus gevalle daarvan te verminder.

Gebruik van inheemse plante en tradisionele kennis

Nog ‘n belangrike aktiwiteit om te monitor, is die gebruik van die plant. Histories geniet die Bewaringsgebied ‘n aansienlike inkomste

uit die oes van ‘n plant wat gebruik word vir die behandeling van artritis en rumatiek. Toe die mark vir Duiwelsklou die eerste keer te voorskyn kom, was daar ‘n strewe om soveel as moontlik van die plant te oes, om dit teen die hoogste moontlike prys te verkoop, wat beteken die moontlike beperking, of selfs uitskakeling van ‘n hulpbron wat nodig is vir die ekonomie van die gebied. Duiwelsklou neem ongeveer 2-4 jaar om tot volwassenheid te groei, en dus was die Bewaringsgebied gemotiveer om uiters pro-aktief in die bestuur van die oes te word. Die oes van duiwelsklou word tans noukeurig gemonitor: die getal van insamelaars gesertifiseer deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme is beperk en die seisoen beskikbaar vir mense om te oes is aansienlik verminder. Daarbenewens is die Bewaringsgebied se duiwelsklou oes organies gesertifiseer op ‘n Suid-Afrikaanse plaaslike vlak, en die area word gereeld ondersoek om toepaslike teruggroei en oorvloed te verseker. Indien die vlakke van Duiwelsklou onvoldoende is, kan die organiese sertifisering herroep word. Met die organiese sertifisering verhoog ook die prys van die produk, wat die mense van die bewaringsgebied ongeveer 15% meer gee aan winste, as wat hulle andersins sou ontvang het.

Bron: NACSO. 2010. Namibia’s Communal Conservancies: a Review of Progress and Challenges in 2009. NACSO, Windhoek. bl.. 112.

Afb. 1: N≠a Jaqna Conservancy

Kilometres

Page 7: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

7

Impakte

BIODIVERSITEIT IMPAKTEDeur middel van die kontrak met die trofee jag agentskap, word ongeveer 250 nuwe stukke wild elke jaar in die Bewaringsgebied ingevoer. Daarbenewens is daar ‘n bewys dat die diere wat tans in die Bewaringsgebied lewe, vermenigvuldig met goeie getalle, gebaseer op verslae van die wildwagters. Dit demonstreer die Bewaringsgebied se duidelike netto wins in terme van natuurlewe bevolking.

Stygings in die belangrikste wild spesies

Die Bewaringsgebied het herlewings gesien in olifant, kameelperd, wildehond en bastergemsbok bevolkings. Spesies wat algemeen opgemerk word, sluit in eland, rooikat, rooijakkals, koedoes, duiker, steenbok, vlakvark, ystervark, kolhaas, bakoorjakkals, bruin hiënas (gelys as kwesbaar) en gevlekte hiënas.

As gevolg van die afgeleë ligging en ‘n gebrek aan infrastruktuur, is nog min grootskaalse opames gedoen. Maar die aantal wild wat tussen 2006 en 2009 ingevoer is, beloop 399 diere, insluitend blou wildebeeste, elande, kameelperde, gemsbokke en koedoes, sowel as ‘n paar volstruise.

Daar was ook al kamera val plasings by ‘n watergat wat ‘n baie aktiewe bevolking toon, insluitend luiperds, wilde honde (gelys as bedreigde), bruin hiënas en olifante. (Kliek hier om sommige van die diere te sien wat deur ‘n mosie-geaktiveerde kamera vasgelê is.)

N≠a Jaqna se gemeenskap wildwagters, wat teen-stroop patrollies oor die Bewaringsgebied se uitgestrekte area uitvoer, is onlangs erken as een van die beste sodanige groepe in Namibië deur die Ministerie van Omgewing en Toerisme (wat hulle beloon het met perde om die wagte se terrein te vergroot). Saam met hierdie benadering is ‘n fokus op die vermindering van mens-wildlewe konflik - byvoorbeeld deur ondersoek en bevordering van weiveld bestuur tegnieke wat die samebestaan van vee weiding en wild toelaat.

Volhoubare oes van Duiwelsklou

Wat betref die Duiwelsklou oes, is daar baie gedoen om hierdie kritieke komponent van die gebied se inheemse genetiese diversiteit te bestuur en te onderhou. Bewaringsgebied leiers gaan na elke stat en lei individue in die Bewaringsgebied op hoe om die Duiwelsklou te oes. Na die opleiding, word ‘n beperkte aantal gesertifiseerde insamelaars vir die vier maande oes periode geregistreer. Tydens die oes, word die geregistreerde individue steeds gemonitor. As Bewaringsgebied leiers vind dat hulle nie die volhoubare oes tegnieke beoefen nie, word hul permit gekanselleer en is hulle nie meer in staat om te oes nie. Hierdie praktyk word ondersteun deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme, wat die permit uitreik.

Dwarsdeur Namibië is daar ‘n duidelike stel van die beste praktyke vir die Duiwelsklou oes en N≠a Jaqna bewaringsgebied het dié beste praktyke aangepas om by die praktyke van individuele en familie- gebaseerde oesgroepe aan te pas. Byvoorbeeld, daar is spesifieke mate in terme van die grootte van die plante en knolle wat mense uithaal, en so lank as wat die insamelaars die belangrikste penwortel ongeskonde hou, sal die plant weer op sy eie genereer. Deur voldoening aan hierdie riglyne, is dit duidelik watter plante beskadig is en watter weer sal regenereer, en die Bewaringsgebied, deur die beheer van die aankoop en verskeping van Duiwelsklou binne en buite die gebied, was in staat om die bedrag van ekonomiese en maatskaplike voordele wat die insamelaars ontvang, ook grootliks te verhoog.

Deelnemende grondgebruik beplanning en monitering

In terme van menslike interaksie met biodiversiteit, het die Bewaringsgebied ‘n skema van deelnemende hulpbron sonering in elk van die 19 statte in die Bewaringsgebied onderneem. ̀ n Opname is gemaak om uit te vind watter gebiede hoër konsentrasies van verskillende voedselsoorte (beide fauna en flora) en medisyne het, wat mense van gebruik maak; die einddoel is om die gebiede waar die biodiversiteit bestaan en waar dit potensieel kan floreer,

Page 8: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

te beskerm. Die Bewaringsgebied het areas afgesonder vir menslike nedersetting, vir gemengde boerdery, verbouing, beesboerdery en kleinvee teelt, sowel as vir ongestoorde wildlewe. Op hierdie manier het die !Kung San pogings aangewend om hierdie, by tye teenstrydige, grondgebruike apart te hou, sodat die biorykdom van die Bewaringsgebied kan voortgaan om te bestaan en uit te brei.

Die Bewaringsgebied se beleid is ‘n beperkte vernietiging van die brose ekostelsel van N≠a Jaqna, baie van wat nog onaangeraakte wildernis is. Spesifieke risikos wat die Bewaringsgebied hanteer, sluit in oorbeweiding deur die paar boere in die gebied (en ‘n baie groter risiko van boere van die omliggende areas), verwante bos verwydering, onwettige ontbossing (veral die sny en verkoop van beskermde hardehout bome), oorbenutting van en die onwettige handel in Duiwelsklou en wild diefstal. Die projekte en die beleid van die Bewaringsgebied, en die kontrolering deur die gemeenskap wildwagters, bekamp hierdie risikos.

Sekere plant- en dierespesies word gemonitor deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme, en gemeenskap wildwagters hou “voorvalle dagboeke” wat waarnemings en aktiwiteite aanteken. Met verloop van tyd sal dit moontlik wees om ‘n evaluering van die impak van hierdie rekords op te bou, maar in die nege jaar wat die Bewaringsgebied in werking is, is dit nog nie saamgevat nie.

In plaas daarvan, word die impak gemeet vanaf die terugvoer deur die gemeenskap wildwagters en die plaaslike bevolking. Terwyl dit onwetenskaplik geag kan word, het die groot ervaring van die meeste Bewaringsgebied lede in bos en natuurlewe kennis - die meeste van hulle met hul lewens geleef in die wildryke gebiede met ‘n baie noue interaksie met die omliggende omgewing, om nie te praat van die tradisionele kennis wat oorgedra word in San kultuur nie - die samestelling van ‘n ryk skat van kennis op die ekosisteem bestuur verseker.

SOSIAAL-EKONOMIESE IMPAKTEDie teiken begunstigdes is die inwoners van N≠a Jaqna Conservancy, van wie die meerderheid (ongeveer 85%) inheemse San-mense is en byna almal van wie arm landelike inwoners met lae opleiding is, wat oorleef op bestaansboerdery, veldkos insameling en droogtehulp voorrade.

Ekonomiese voordele van volhoubare oes

Na 2007, toe die gekontroleerde Duiwelsklou oes in N≠a Jaqna begin het onder die vaandel van die Bewaringsgebied, het die lidmaatskap van die Bewaringsgebied ongeveer N $ 1,2 miljoen in direkte ekonomiese voordeel van die oes ontvang. Die Duiwelsklou oes het oor die N $ 200,000 in inkomste vir die gemeenskap in 2007 gegenereer, met hierdie bedrag verhoog tot N $ 950,000 in 2009. Hierdie toename was nie net te wyte aan ‘n groter oes nie, maar ook aan verhoogde pryse van organiese sertifisering, verhoogde gehalte en beter onderhandelings met die verskaffer.

Die Bewaringsgebied, as ‘n instelling, genereer ook ‘n inkomste vir mense wat lede is, maar nie direk betrokke is by die oes nie, te danke

aan ‘n bykomende premie van die koper aan die Bewaringsgebied op elke kilo van Duiwelskou geoes. Die Bewaringsgebied is ‘n groot, wêreldwye speler in die Duiwelsklou mark, veral in die organies gesertifiseede mark; in 2008 was N≠a Jaqna die enkele grootste Namibiese produsent van organies gesertifiseerde Duiwelskou. Die geld wat gegenereer is uit die Duiwelskou oes is aansienlik en volgens die Bewaringsgebied se voordeel verspreidingsplan, is voorskole die eerste prioriteit vir sy belegging.

Verbeterde inkomste, voedselsekuriteit, en geslagsgelykheid

Daar is ook ander bronne van werksgeleenthede en inkomste uit die toerisme ooreenkoms met die trofeejag organisasie, en die gevolglike vleis bring bykomende voedselsekuriteit. Daarbenewens is daar verdere werksgeleenthede in terme van die wildwagters, Bewaringsgebied personeel en die mense wat betrokke is by verskeie projekte wat die Bewaringsgebied bestuur.

Hoewel daar nie veel in die lyn van infrastruktuur in die bewaringsgebied area is nie, is daar ekonomiese aanwysers dat die werk en die ekstra inkomste ‘n positiewe uitwerking het, byvoorbeeld, daar is ‘n toename in eienaarskap van beeste - wat ‘n aansienlike belegging aan die kant van die individu vereis. Trofeejag vennote voorsien tussen 20 en 30 karkasse per jaar vanaf hul plase; die vleis word versprei aan die gemeenskap, wat ‘n belangrike toevoeging is in ‘n gebied met ‘n lae voedselsekuriteit.

Alhoewel daar steeds ‘n opvoedkundige verskil tussen mans en vroue in die Bewaringsgebied is, fokus baie van die projekte in N≠a Jaqna veral op geslag insluiting. Vroue is in beheer van die Duiwelsklou oes en die opleiding van nuwe insamelaars. Elke stat het ‘n vroulike spanleier vir die oes, wat verantwoordelik is om seker te maak dat die oes uitgevoer word op ‘n volhoubare wyse, terwyl sy ‘n posisie van gesag oor al die insamelaars handhaaf.

Oor die algemeen is die rol van vroue in die Bewaringsgebied baie sterk; N≠a Jaqna se grondwet waarborg 50/50 verteenwoordiging in die Bewaringsgebied se stat- leierskap komitee struktuur -

8

Page 9: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

gewoonlik ‘n man en ‘n vrou uit elke stat. In sommige gevalle kan daar twee vroue van die een stat en twee mans van ‘n ander wees, maar die leierskapstruktuur word gewoonlik gelyk gehou. In die bestuurskomitee, wat uit 4 mense bestaan, is daar twee vroue en twee mans.

Ondernemingsontwikkeling, onderwys en gesondheid

Baie min mense het toegang tot kontant inkomste of indiensneming gehad voordat die Bewaararea gestig is. Die Bewaararea het nou 12 plaaslike mense voltyds in diens en lede geniet kontant inkomste uit die verkoop van Duiwelsklou, verskeie hout produkte, handwerk en verhoogde inkomste uit toerisme. ‘n Aantal van die Bewaararea projekte voorsien ook broodwinning geleenthede, insluitend: hoenderboerdery en waatlemoen kweking projekte in twee statte; groentetuine in nege statte; twee toerisme terreine en ‘n proef volstruisplaas om eierdoppe te voorsien aan handwerk vervaardigers. (San juweliersware is tradisioneel van volstruiseierdoppe gemaak). Die Algemene Jaarvergadering het in 2010 besluit om ‘n gedeelte van die wins in die onderwys te belê, spesifiek die vroeë kinderjare ontwikkeling in die streek. Die verhoogde aanwesigheid van vervoer as gevolg van die Bewaararea aktiwiteite, beteken dat hul voertuig dikwels dien as ‘n ambulans in die gebied, wat die broodnodige toegang tot die enigste operasionele gesondheidskliniek verskaf.

BELEID IMPAKTEDaar is nou ‘n hele paar wild Bewaringsgebiede in Namibië, maar N≠a Jaqna is een van die mees bekende en gerespekteerde, veral by die Ministerie van die Omgewing en Toerisme. Na die wen van die Equator Prize in 2008, het N≠a Jaqna se sukses geloofwaardigheid verleen aan die hele Bewaringsgebied stelsel en het dit omgewing bewustheid bevorder binne Namibië as ‘n geheel. Dit het ook gedien om gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuur te bevorder; in terme van grond sekuriteit en in terme van die Bewaringsgebied, het lede van die !Kung San inkomste verdien, wat veroorsaak dat beide beleidmakers en die algemene publiek hulle sien as meer produktiewe lede van die Namibiese gemeenskap, wat op sy beurt dit baie moeilik vir hulle maak om die regmatigheid van die Bewaringsgebied, beide in terme van sy landsgebied en as ‘n regsentiteit, uit te daag.

Histories is die !Kung San ‘n baie onveglustige nasie, en het gewoonlik uit die gebied verskuif wanneer hulle uitgedaag word. As gevolg van hierdie gebrek aan vertroue in hul grondregte oor die laaste 1,000 jaar, bewoon hulle op die ou einde sommige van die slegste dele van die land in Suider-Afrika. Besit van ‘n projek en die bestuur van die land waarin hierdie projek werk en die wil om voort te gaan om daardie projek te bedryf, is deel van die proses van interaksie met die staat, wat ‘n vertroue en ‘n politieke stem vereis wat tradisioneel die !Kung San ontval het.

Hoogs demokratiese bestuur prosesse

Die mense van N≠a Jaqna is ook uiters betrokke by die bestuur van die Bewaringsgebied. Alhoewel die gebied nog redelik skraal in terme van infrastruktuur is, ry Bewaringsgebied leiers eintlik van stat tot stat om die bestuursplanne te bespreek met en onderskryf te kry deur die hele lidmaatskap van ‘n paar duisend. Op hierdie manier is daar ‘n ware demokrasie van bestuur.

Omdat die !Kung San nie ‘n hiërargies gestruktureerde leiding stelsel het nie, is hulle leiers eintlik meer soortgelyk aan voorsitters wat toesig hou oor die debat tussen die statbewoners. Elke lid oor die ouderdom van 18 jaar het sy of haar stem in die maak van die Bewaringsgebied besluite.

Versterking van plaaslike regte tot grond

In sommige afdelings van die praktyk, het N≠a Jaqna ‘n rolmodel vir ander Bewaringsgebiede geword en uitruilbesoeke het gevolg. Maar in terme van nasionale beleid is daar baie minder invloed, en deel hiervan moet toegeskryf word aan die San se gemarginaliseerde sosiale status binne die land en streek, wat staat interaksie terughou. Die uitsondering is die verdediging van grondregte in N≠a Jaqna, waar beplande kleinskaalse plase, wat die San van grond sal onteien en omgewingsensitiewe gebiede verwoes, deur middel van N≠a Jaqna deur die gemeenskap teengestaan is. Terwyl dit nie beleidsverandering is nie, het dit voldoening aan nasionale wetgewing en ‘n respek vir demokratiese prosesse bevorder, wat nie voorheen die geval was nie. Hierdie aksie het die gemeenskap se kennis van hul regte en die vermoë om in interaksiie met die staat te tree, aansienlik versterk.

9

“Bewaringsgebied leiers reis letterlik van stat tot stat om die goedkeuring van die

Bewaringsgebied se lidmaatskap te verkry. Hulle kry óf almal bymekaar op een plek, of werk met drie of vier statte op ‘n dag: hou een vergadering, ry drie of vier uur, hou ‘n ander vergadering. Hulle gaan net aan - slaap in die statte en gaan die

Bewaringsgebied deur totdat hulle klaar is met die volle konsultasie.”

Ben Begbie-Clench, Namibia Support Unit Manager at the Working Group of Indigenous Minorities in Southern

Africa (WIMSA)

Page 10: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

10

Volhoubaarheid en Herhaling

VOLHOUBAARHEIDDie volhoubaarheid van die N≠a Jaqna Conservancy hang daarvan af of die mense die voordele van die projek sien en ‘n deel daarvan wil wees; die hoogs demokratiese aard van sy bestuur is ‘n groot faktor in sy wenslikheid. Hierdie mate van deelname is miskien nie die mees koste-effektiewe nie, (soveel reis vereis brandstof en voertuig onderhoud) maar aan die einde sou die opoffering van die hoë vlak van demokrasie ‘n groter struikelblok tot volhoubaarheid blyk te wees, as die verhoogde geldelike koste. Daarbenewens het die Bewaringsgebied se bestuur hard gewerk om blywende verhoudings met hul vennote te bou. As ‘n voorbeeld, die Bewaringsgebied verhoog nie hul kontrak prys jaarliks of open ‘n jaarlikse bod vir die vennootskap met ander trofeejag maatskappye nie; alhoewel dit in die kort termyn kan lei tot minder van ‘n wins vir die !Kung San, sal die wedersydse voordelige ooreenkoms oor die volgende tien jaar ‘n groter en meer betroubare wins op die lang termyn voorsien.

Daar is egter sekerlik uitdagings vir die Bewaringsgebied se volhoubaarheid. Alhoewel N≠a Jaqna meer finansieel onafhanklik raak deur sy trofee jag kontrak en die verkoop van Duiwelsklou , sou ware onafhanklikheid van die huidige skenkers ‘n vlak van finansiële verantwoordelikheid bring wat nog nie gesien is nie. Die !Kung San, egter, is in ‘n unieke posisie vir sukses, as gevolg van die wenslikheid van die ongerepte kwaliteit van hul pragtige en afgeleë gebied as ‘n bestemming vir ekotoerisme.

Bedreigings tot volhoubaarheid sal slegs verhoog met verloop van tyd; die behoefte vir landbougrond en weiding areas sal net verhoog met Namibië se groeiende bevolking, en veranderinge in die gedrag en migrasie roetes van wild kan voorkom onder die invloed van globale klimaatsverandering; ‘n groot bedreiging in `n sodanige dorre streek. Gelukkig word die !Kung San van N≠a Jaqna sterk verbind tot sukses, want hulle verstaan die gevolge van die skade aan hul brose ekosisteem; hulle verstaan dat daar waarskynlik geen tweede kans sal wees nie. Deelname aan die gemeenskap en

private vennootskappe is die sleutel komponente vir N≠n Jaqna se voortgesette sukses, ‘n kombinasie van ‘n demokratiese benadering met ekonomiese voordele. Nog ‘n bydraende faktor is die kennis van die land en die omgewing wat die deelnemers besit, wat aangepas is vir `n nuwe einddoel. HERHALINGDaar was alreeds replisering en die uitruil van kennis tussen N≠a Jaqna en ander gemeenskappe en Bewaringsgebiede dwarsdeur Namibië, met die deel van beste praktyke in toerisme aktiwiteite en landsbestuur tegnieke. N≠a Jaqna is een van die mees suksesvolste en bekendste Bewaringsgebiede in Namibië, wat gewig leen aan die Bewaaraea benadering. Daarbenewens is daar ‘n groot hoeveelheid kennis wat uitgeruil word, nie net met ander gemeenskappe nie, maar met die Namibiese samelewing as ‘n geheel. Om te leer oor en begrip te hê van die behoeftes van toeriste en besoekers aan die Bewaringsgebied, het die !Kung San van N≠a Jaqna in staat gestel om hul metodes aan te pas op maniere wat voordelig vir hulle gemeenskap en aantreklik vir besoekers is – wat verder die volhoubaarheid van die projek aanmoedig. In ruil daarvoor, wanneer toeriste en nie-lede van die gemeenskap die Bewaringsgebied besoek, word hulle blootgestel aan ‘n dikwels ongesiende land met `n grootliks ongestoorde ekosisteem, gevul met inheemse plante en diere spesies, eerder as beeste of grootskaalse landbou. Hierdie blootstelling beklemtoon verder die belangrikheid en die doeltreffendheid van die gemeenskap grondbestuur, die aanmoediging van die groei en aanvaarding van die Bewaringsgebied stelsel op ‘n wyer vlak.

Daar is ‘n aantal uitruil vennote, met inbegrip van wedersydse uitruiling met Nyae NyaeConservancy, ander Namibiese Bewaarareas en ‘n San-groep uit Botswana. N≠a Jaqna personeel het ‘n aantal Bewaringsgebiede in die noorde van Namibië besoek, en selfs San-groepe in Angola.

Page 11: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

1111

Daar is hindernisse tot die uitruil van kennis, veral op die gebied van opvoedkundige vlak en die steil leerkurwe wat verband hou met suksesvolle Bewaringsgebied bestuur. Nietemin, die !Kung San lede van die gemeenskap wat ‘n groter mate van opleiding het, is onmisbaar in die proses van aanpassing en die opleiding van die gemeenskap as ̀ n geheel. Hulle het onontbeerlike leiers geword wat `n kulturele en traditionele kennis basis het, wat in buitestaanders ontbreek en het die kundigheid om die Bewaringsgebied suksesvol te onderrig en te bestuur.

VENNOTEDie N≠n Jaqna Bewaringsgebied is ‘n unieke vennootskap tussen die Namibiese regering, die Wêreldbank, internasionale NROs en private besigheid. Hierdie diverse vennootskap ooreenkoms is van kritieke belang vir die voortgesette sukses van die projek, wat belanghebbendes saambring uit baie verskillende sektore regoor

die wêreld. Op hierdie manier, smelt globale kundigheid groepe saam met plaaslike op-die-grond kennis, om ‘n volhoubare en herhaalbare inisiatief te skep.

Mees kritiek in hierdie vennootskap is die ondersteuning van die Namibiese regering, die UNDP GEF-Small Grants Program, internasionale NRO’s, en Eden Hunting (‘n private onderneming). Ander vennote sluit in:

• Working Group of Indigenous Minorities in Southern Africa (WIMSA)

• Ministry of Environment and Tourism• World Wildlife Fund• DED (German Development Service; now GIZ)• Namibian Association of Norway (NAMAS)

Page 12: N≠A JAQNA CONSERVANCYland, deur die gebruik van natuurlike hulpbronne op ‘n volhoubare wyse. Hulle kan betrek word by trofeejag indien wild volop is, kleinskaalse landbou en ander

Equator InitiativeEnvironment and Energy GroupUnited Nations Development Programme (UNDP)304 East 45th Street, 6th FloorNew York, NY 10017Tel: +1 646 781-4023 www.equatorinitiative.org

Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) is die VN se netwerk van globale ontwikkeling, wat pleit vir ‘n verandering en lande saambind in kennis, ondervinding en middele om mense te help om ‘n beter lewe te bou.

Die Equator Initiative bring die Verenigde Nasies, regerings, burgerlike samelewing, besighede en voetsoolvlak organisasies saam om plaaslike volhoubare ontwikkeling oplossings vir mense, die natuur en aanpasbare gemeenskappe te erken en te bevorder.

©2012 by Equator Initiative Alle regte voorbehou

Kliek op die “thumbnails” hieronder om meer gevallestudies soos hierdie te lees:

VERDERE VERWYSING

• NACSO. 2010. Namibia’s Communal Conservancies: a Review of Progress and Challenges in 2009. NACSO, Windhoek. http://www.nacso.org.na/SOC_2009/index.php

• Suzman, J. 2001. An Assessment of the Status of the San in Namibia. Legal Assistance Center. http://www.equatorinitiative.org/images/stories/2008winners/NA_Jaqna_Conservancy/sannami_na_jaqna.pdf