morele kompas voorbeeld

4
Morele Kompas Bladsy 1 Die doel van hierdie kursus is om ons te laat groei in God se wil. © 2010 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Geen duplisering hoegenaamd toegelaat sonder toestemming. Morele Kompas ‘n Kursus oor die Tien Gebooie Jimi le Roux Die Here het ons die Tien Gebooie gegee as 'n samevatting van sy wil. Dit is ons gids vir 'n lewe wat God behaag. Dit is ons morele kompas. Dit wys tien rigtings uit waarin ons groei moet wees. "Ongelukkig" maak die Bybel dit duidelik, en ons eie ervaring ook, dat ons dit nie in eie krag kan nakom nie. "Gelukkig" help die Gees ons om te groei in die rigting van elkeen van hierdie tien doelwitte. Ons kyk eers na ons verhouding tot die Tien Gebooie as deel van die wet van Moses, behandel dan die wet en die tien rigtings, wat pragtig uiteenvou van die een na die ander. Dan kyk ons na ‘n lewe deur die Gees - die enigste manier hoe ons in God se wil kan lewe. Morele Kompas kom met weeklikse notas vir die kleingroepleier . Dit is ideaal vir persoonlike studie en meditasie, vir die lei van byeenkomste of vir groepsbespreking in kleingroepe. Inhoud 1. Ek en die wet Ons leer meer oor waar ‘n Christen t.o.v. die wet van God staan. 2. Die Dekaloog Ons leer meer oor die interne samehang van die Tien Gebooie. 3. Geloof Die doel van die eerste gebod is om te groei in geloof en vertroue op God. 4. Aanbidding Die doel van die tweede gebod is om te groei in ware aanbidding van God. 5. Verhouding Die doel van die derde gebod is om te groei in ‘n verhouding met God. 6. Spiritualiteit Die doel van die vierde gebod is om te groei in ‘n praktiese geestelike lewe. 7. Respek Die doel van die vyfde gebod is om te groei in respek en nederigheid teenoor mense. 8. Liefde Die doel van die sesde gebod is om te groei in liefde en omgee teenoor mense. 9. Getrouheid Die doel van die sewende gebod is om te groei in getrouheid en betroubaarheid. 10. Tevredenheid Die doel van die agste gebod is om te groei in tevredenheid en dankbaarheid. 11. Waarheid Die doel van die negende gebod is om te groei in die waarheid en realiteit. 12. Selfkennis Die doel van die tiende gebod is om te groei in selfkennis en ‘n innerlike lewe. 13. Geestelike Lewe Hoe bring ons alles bymekaar? Ons leer meer oor geestelike volwassenheid. 14. Lewe deur die Gees Ons leer meer oor die Geesmanier om die wet te lééf! 15. Bylaag Sabbat/Sondag? ‘n Simpatieke standpunt...

Upload: jimi-le-roux

Post on 31-Mar-2016

220 views

Category:

Documents


4 download

DESCRIPTION

Die voorblad en eerste deel van Morele Kompas, ons kursus oor die Tien Gebooie.

TRANSCRIPT

Page 1: Morele Kompas Voorbeeld

Morele Kompas Bladsy 1 Die doel van hierdie kursus is om ons te laat groei in God se wil.

© 2010 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Geen duplisering hoegenaamd toegelaat sonder toestemming.

Morele Kompas ‘n Kursus oor die Tien Gebooie

Jimi le Roux

Die Here het ons die Tien Gebooie gegee as 'n samevatting van sy wil. Dit is ons gids vir 'n lewe wat

God behaag. Dit is ons morele kompas. Dit wys tien rigtings uit waarin ons groei moet wees.

"Ongelukkig" maak die Bybel dit duidelik, en ons eie ervaring ook, dat ons dit nie in eie krag kan

nakom nie. "Gelukkig" help die Gees ons om te groei in die rigting van elkeen van hierdie tien

doelwitte. Ons kyk eers na ons verhouding tot die Tien Gebooie as deel van die wet van Moses,

behandel dan die wet en die tien rigtings, wat pragtig uiteenvou van die een na die ander. Dan kyk ons

na ‘n lewe deur die Gees - die enigste manier hoe ons in God se wil kan lewe.

Morele Kompas kom met weeklikse notas vir die kleingroepleier . Dit is ideaal vir persoonlike studie

en meditasie, vir die lei van byeenkomste of vir groepsbespreking in kleingroepe.

Inhoud

1. Ek en die wet – Ons leer meer oor waar ‘n Christen t.o.v. die wet van God staan.

2. Die Dekaloog – Ons leer meer oor die interne samehang van die Tien Gebooie.

3. Geloof – Die doel van die eerste gebod is om te groei in geloof en vertroue op God.

4. Aanbidding – Die doel van die tweede gebod is om te groei in ware aanbidding van God.

5. Verhouding – Die doel van die derde gebod is om te groei in ‘n verhouding met God.

6. Spiritualiteit – Die doel van die vierde gebod is om te groei in ‘n praktiese geestelike lewe.

7. Respek – Die doel van die vyfde gebod is om te groei in respek en nederigheid teenoor mense.

8. Liefde – Die doel van die sesde gebod is om te groei in liefde en omgee teenoor mense.

9. Getrouheid – Die doel van die sewende gebod is om te groei in getrouheid en betroubaarheid.

10. Tevredenheid – Die doel van die agste gebod is om te groei in tevredenheid en dankbaarheid.

11. Waarheid – Die doel van die negende gebod is om te groei in die waarheid en realiteit.

12. Selfkennis – Die doel van die tiende gebod is om te groei in selfkennis en ‘n innerlike lewe.

13. Geestelike Lewe – Hoe bring ons alles bymekaar? Ons leer meer oor geestelike volwassenheid.

14. Lewe deur die Gees – Ons leer meer oor die Geesmanier om die wet te lééf!

15. Bylaag – Sabbat/Sondag? ‘n Simpatieke standpunt...

Page 2: Morele Kompas Voorbeeld

Morele Kompas Bladsy 2 Die doel van hierdie kursus is om ons te laat groei in God se wil.

© 2010 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Geen duplisering hoegenaamd toegelaat sonder toestemming.

Morele Kompas ‘n Kursus oor die Tien Gebooie Jimi le Roux

Ek en die wet

Die doel van hierdie deel is om aan te dui waar ‘n

Christen teenoor die Ou Testamentiese wet staan.

Moet ek die wet hou? Baie Christene wonder oor die Ou Testamentiese wet. Sommige sê dat die wet van Moses gehou moet word, want Jesus het self gesê (Matteus 5:17-19): 17 MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Jesus is duidelik nie anti-wet nie; Jesus is pro-wet. Maar nie soos die Fariseërs dit hou nie. Daarom voeg Hy by die bg. verse (Mat 5:20): 20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Sommige Christelike groepe sê onomwonde dat ons die wet moet hou, en daarby sluit hulle ook die Sabbat in. En baie Christene leef “wetties”, volgens die norme in hulle eie kring wat reël wat hulle mag aantrek, eet, drink, doen en sê. Die groot vraag is dan ook of ons die Tien Gebooie moet hou – dit is immers ‘n “ewige instelling”?

Moet ek dus die wet hou? JA? NEE? Die vraag is verkeerd en word nie in die Nuwe Testament op hierdie manier beantwoord nie. Die regte vraag is eerder “Kan ek die wet hou?” Daaroor is die Nuwe Testament duidelik – ons kan nie! In Romeine 7 en 8 word dit vir ons verduidelik:

� Die wet is goed en goddelik – die wet leer my God se wil. Maar die wet definieer ook die sonde – as daar geen reëls was nie, was daar ook geen oortreding nie. Maar ons kan ook nie sonder reëls leef nie. Daarom moet die wet daar wees! Lees in Rom 7:7-10: 7 Wat is dan ons gevolgtrekking? Dat die wet van Moses sonde is? Beslis nie. Inteendeel, ek sou nie geweet het wat sonde is nie, as dit nie deur die wet was nie. Ek sou byvoorbeeld nie geweet het dat dit sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.” 8 Maar deur hierdie gebod het die sonde ’n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood. 9

Voorheen, toe die wet nie daar was nie, het ek gelewe, maar toe die gebod gekom het, het die sonde begin lewe, 10 en ek het gesterwe.

� Die sonde is ‘n aktiewe mag wat in ons werk – sonde laat my doen wat ek nie wil doen nie. Ons kan nie verhelp om die sonde te doen nie – ons het ‘n sondige natuur. As mens doen ek nie net goeie en liefdevolle dinge nie, maar ook verkeerde en liefdelose dinge (Rom 7:17-20):

17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18 Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit

Page 3: Morele Kompas Voorbeeld

Morele Kompas Bladsy 3 Die doel van hierdie kursus is om ons te laat groei in God se wil.

© 2010 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Geen duplisering hoegenaamd toegelaat sonder toestemming.

nie. 19 Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20 En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

� Ons kan nie die wet hou nie – hoe meer ons probeer om die wet te hou, hoe minder kry ons dit reg. Paulus sê in Rom 7 daar is eintlik twee wette wat vir ons tel:

■ Ons MOET die wet hou, en ■ Ons KAN NIE die wet hou nie:

Dit gaan daaroor dat ons eie krag die wet nie kan hou nie. Ons kan dus nooit iets by God verdien deur ons prestasies of meriete nie. Waar ons die wet hou, is dit gedeeltelik (ons kan sekere dinge hou en ander nie), en dan lei dit ook dikwels tot “legalisme” iets wat negatief, swaar is. Nog erger, dit word kompeterend, veroordelend, hoogmoedig, skynheilig. Dit is duidelik nie die prentjie wat ons in die Nuwe Testament kry nie. Die wet van God is in die Ou Testament ‘n vreugde – nooit ‘n swaar las nie (sien Psalm 119:127-176 vir ‘n voorbeeld van hoe God se wet tot inspirasie moes dien). God vra nie dat ons diens aan Hom ‘n las moet wees nie, maar ‘n vreugde! Hy vra ons hart, ons liefde! Watter frustrasie! Lees Rom 7:21-25: 21 So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. 22 Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, 23 maar ek vind in my doen en late ’n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ’n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. 24 Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? 25 Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.

� Jesus Christus maak ons los van die wet – Jesus het die wet eens-en-vir-altyd volmaak gehou en daarmee ook vervul. Diegene wat “in Hom” is (m.a.w. deur die geloof aan Hom deel het), deel in sy sondeloosheid en blaamloosheid. Ons oorgawe aan Hom en ons volgelingskap beteken dat ons ons eie sondige lewe wil afsterwe en met Hom ‘n nuwe lewe wil leef. In die Ou Testament het die gelowiges die wet gehou ten einde by God meriete te verdien. By die oordeel sal HY dan hulle goeie en slegte dade teen mekaar opweeg. Maar na Jesus se kruis bly daar vir ons geen meriete oor om by te voeg nie. Hy het reeds alles gedoen. Ons hoef niks te doen om God se guns te verdien nie, want ons is reeds sy geliefdes, sy kinders! Lees dit in Rom 7:4 en 8:14-16: Deur julle verbondenheid met die liggaam van Christus het julle gesterwe en staan julle nie meer onder die wet nie. Julle behoort nou aan iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom moet ons nou ’n vrugbare lewe lei in diens van God. 14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. 15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

� Die Heilige Gees lei ons in God se wil in – dit wat ons nie self kon doen nie, kan wel gebeur as ons die Heilige Gees in ons lewe toelaat. As Hý ons lei, kom ons in die bedoeling van die wet in. Hierdie keer werk dit – omdat dit nie ons eie krag is wat probeer, maar sy groot krag. Hierdie keer is daar vreugde omdat my verdienste nie tel nie, en ek die vreugde van genade beleef. Lees Rom 8:1-4: 8 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. 2 Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. 3 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. 4 Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

Die Heilige Gees skryf God se wet op ons harte, en ons doen dit nie uit plig nie, maar uit liefde. Dit is die wese van die nuwe verbond, wat reeds deur Jeremia en Esegiël voorspel is: Jeremia 31:31

Page 4: Morele Kompas Voorbeeld

Morele Kompas Bladsy 4 Die doel van hierdie kursus is om ons te laat groei in God se wil.

© 2010 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Geen duplisering hoegenaamd toegelaat sonder toestemming.

31 Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit. 32 Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. 33 Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. 34 ’n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.

Esegiël 36:26-27 26 Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ’n hart van vleis gee. 27 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. Die verskil tussen wetsonderhouding en die leiding van die Gees is dat die een die een, soos by die Fariseërs (en legalistiese Christene) maklik ‘n uiterlike saak word – een wat op die oog af die wet nakom deur sigbare reëls, maar waarvan die hart ver is. Die ander is ‘n hartsaak en dit is wat God vra – ‘n hart wat vir Hom brand. Verhouding! Liefde!

LET WEL: Ons kom dus die wet van God na as ons ons deur die Gees laat lei. Die Heilige Gees lei ons in die essensie van die wet in, Hy lei ons in verhouding met God in, Hy lei ons in God se liefde in, Hy lei ons in God se waarheid in. Hy lei ons in oorvloediger geregtigheid in as die skrifgeleerdes en Fariseërs. Daarom hoef ons nie meer die wet te onderhou op die wyse wat die Ou Testament voorskryf nie. Ons onderhou nie die wet om iets by God te verdien nie. Ons onderhou nie meer die Sabbat (op hierdie manier) nie. Ons laat ons nie besny nie. Ons eet nie kosjer nie. Ons is nie gebind aan die tientalle kultiese regulasies van die Jode nie. In daardie sin onderhou ons ook nie die Tien Gebooie nie! Ons kan dit nie onderhou nie, onthou? As ons na wetsonderhouding wil terugkeer, moet ons die hele wet weer op ons skouers neem. En dan het Christus vergeefs gesterwe (lees ook Gal 5:1-6).

Waar kom die wet dan in vir Christene? Die wet bly wel vir ons belangrik. Die wet, veral soos saamgevat in die Tien Gebooie (of die “Dekaloog” – tien woorde), is ‘n uitdrukking van God se wil. As ons God se wet ken, ken ons sy wil. Die Heilige Gees lei ons steeds na God se wil toe en ons vind dat die wet van God vir ons ‘n vreugde word. Omdat ons dit nie in eie krag hoef te onderhou om by God aanvaarbaar te wees nie, is die sware las van ons af weg. In die vryheid van die Gees, met God se goedkeuring reeds op ons, leef ons meer en meer in God se wet in. Die wet se rol het verander. Dit is ons morele kompas, ons riglyn, ons doelwit. Dit is ‘n lering in die kuns van die lewe. Daarom moet die kind van God ook die wet ken en daarheen leef. In die weke wat voorlê sal ons dieper op die Dekaloog ingaan en God se wil vir ons daaruit onderskei. Ons sal die Tien Gebooie een-vir-een deurgaan en eindig met die tema van leiding deur die Gees. Ons gaan dus omtrent vier maande (‘n kwartaal) met die Tien Gebooie besig wees.

Instruksies vir die groepleier 1. Laat die groep vooraf (indien moontlik) Romeine 7 en 8 lees. 2. Die leier kan ook Galasiërs (veral hoofstukke 2:15-5:26) vooraf lees. Gebruik ‘n maklike Bybel (bv. Die

Boodskap) om hierdie moeiliker begrippe aan hulle voor te hou.

3. Sorg vir eet- en drinkgoed soos die mense opdaag en ‘n lekker ligte atmosfeer.

4. Open met die ysbrekervraag aan almal: “Watter reëls is jy geneig om te oortree? Gee ‘n voorbeeld!”

5. Laat verskillende lede die bg. Bybelverse uit hulle eie Bybels voorlees – ook in ander tale en vertalings.6. Laat

hulle elke stelling eers bespreek. – vra spesifiek of hulle dit verstaan. Verwys vrae terug na die groep. As jy

voel dit haak vas, sê jy sal ‘n beter antwoord kry en na hulle terugkom.

6. Gesels oor enige ongemak wat mag heers oor die feit dat ons nie die wet “nakom” nie – verduidelik dat ons

onder die Gees se leiding die wet baie beter “nakom” as op ons eie!

7. Verduidelik wat die kursus vorentoe sal behels.