lehan le roux

22
Lehan le Roux Fisiese Wetenskap. Ondersoek n nuttige chemiese bedryf in Suid-Afrika

Upload: lehan-le-roux

Post on 20-Feb-2015

577 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lehan le Roux

Lehan le RouxFisiese Wetenskap.

Ondersoek n nuttige chemiese bedryf in

Suid-Afrika

22 Julie 2011

Page 2: Lehan le Roux

UitrekselDie volgende word ondersoek:-Die geskiedenis van Sasol.

-Gebruik van stowwe wat vervaadig word.

-Proses en tipes verbindings.

-Impak op die ekonomie.

-Impak op die omgewing en gemeenskap.

-Veiligheid van chemiese afval.

Sasol is al jare aan die gang en het innoverende prosesse verbeter.Sasol het verskeie produkte wat hul vervaardig met die hoof produk brandstof.Dit word als met die hulp van die Fischer-Tropsch proses gedoen.Sasol het n beduidende goeie invloed op Suid Afrika se ekonomie ,maar hulle maak ook seker dat hul als nodig kan doen om hul omgewing skoon te hou en ʼn groot hulp vir die gemeenskap kan wees.

Inleidingʼn Nuttige chemiese bedryf in Suid Afrika is Sasol .Sasol is ʼn geïntegreerde en multi-nasionale petrochemiese maatskappy in Suid-Afrika.Die land was Suid Afrika en die doel was om petrol en diesel te voorsien.

Oor die afgelope 50 jaar het hierdie maatskappy wêreldklas tegnologie ontwikkel vir die omskakeling van steenkool na brandstowwe. Die maatskappy het ongeveer 34 000 werknemers oor 20 lande in die wêreld en ʼn laaste jaarlikse omset van meer as 11 biljoen doller.

Sasol omskep steenkool na petrol, diesel en ander sintetiese brandstowwe deur middel van die alombekende Fischer-Tropsch-sintese, en was die eerste ter wêreld om dit op ʼn winsgewende grondslag te vermag.Die maatskappy het belange in meer as 30 lande ,onder meer mynbou belange in Suid Afrika ,natuurlike gas- en oliebelange in Mosambiek en Gabon onderskeidelik , en fasiliteite vir chemiese vervaardiging en bemarking hoofsaaklik in Suid

Page 3: Lehan le Roux

Afrika, Europa,VSA, Middel Ooste en Asie en voer produkte uit aan meer as 100 lande.

GeskiedenisDie geskiedenis van Sasol dateer terug na die werk van twee wetenskaplikes , Franz Fischer en Hans Tropsch wat in 1923 ʼn proses ontwerp het waardeur steenkool na petrol, diesel en ander sintetiese brandstowwe omskakel kon word. Die bevindinge van hierdie studies in1927 aan die publiek voorgelê ten einde die oprigting van Suid Afrikaanse olie-van-steenkool industrie te ondersoek. Aangesien die land geen plaaslike olie reserwes gehad het nie was dit noodsaaklik om beskerming te verleen teen stygende invoerpryse en om mettertyd ekonomiese onafhanklik te kon raak van ander lande. Terwyl die regering in 1947 voorsien het vir die stigting van Sasol met wetsontwerp het ʼn entrepreneur met die naam Menell na afloop van die tweede wêreld oorlog die Suid Afrikaanse regte tot die Fischer-Tropsch sintese van die Duitsers gekoop. Die hoer koste verwant aan die vervaardiging van vloeibare brandstowwe vanaf steenkool en verskeie mislukte pogings om private stigtings kapitaal te bekom het uiteindelik gelei tot die stigting van die staatsbeheerde Suid Afrikaanse Olie en gaskorporasie deur die destydse Nasionale Party regering in 1950.

Die Suid Afrikaanse Steenkool Olie en Gaskorporasie is in 1950 ingevolge die wet op maatskappye as ʼn gewone maatskappy met wins oogmerk gerigestreer.Die naam Sasol is deur die vader van die korporasie,Etienne Rousseau voorgestel en was n akroniem van Suid Afrikaanse Sintetiese Olie.

Page 4: Lehan le Roux

Nadat verskeie tegniese probleme oorbrug is, is die eerste brandstof in 1955 by die sasol 1 aanleg in Sasolburg vervaardig en motor brandstof was by petrolstasies in Suid Afrika beskikbaar vir verkoop later daardie jaar. Weens sterk internasionale druk om sanksie te plaas op uitvoere na Suid Afrika as gevolg van die aparteidsregering het Kuweit in 1964 die uitvoer van enige petroleum produkte na Suid Afrika verban en kort daarna OPEC in 1973.Iran was Suid Afrika se grootste verskaffer van ru-olie tot die revolusie in 1979 .Ten einde die verskaffing van ru-olie deur Iran te verseker is die Natref olie maatskappy in 1969 gevorm deur Sasol.Na die revolusie in 1979 het Sasol en totale gesamentlike eienaars van Natref geword en Sasol se aandeel het gestyg tot bo 60%.Die oliekrisis van 1974 en 1978 het in wese Sasol se posisie versterk eerder as benadeel aangesien die maatskappy se vervaardigings reeds laer was as wêreld olie pryse en sy verkoop pryse weens skaarsheid in elkegeval gestyg het.In 1976 het Sasol begin met die oprigting van Sasol 2 in Secunda en teen die tyd wat produksie begin het in 1980 is daar alreeds begin met die oprigting van ʼn derde aanleg, Sasol 3 ook in Secunda.Produksie het in 1982 by Sasol 3 aanvang geneem.Sasol is in 1979 gedeeltelik geprivatiseer hoewel die staat ʼn 30% belang in die maatskappy behou het en 70% van die maatskappy se aandele is op die mark geplaas.Deur die jare heen het die onderneming homo in die vervaardiging van ander produkte onderskei die neweprodukte van sy unieke prosesse vir die vervaardiging van vloeibare brandstof.

Vandag is Sasol (oorspronklik n akroniem van Suid Afrikaanse Steenkool en Olie) n petrochemiese reus.

Page 5: Lehan le Roux

Gebruike van stowweDie brandstowwe wat deur Sasol gemaak word , word oor ʼn weie spektrum maniere reg oor die land gebruik.Een van die groot voordele van die STV-tegnologie is dat motorenjins glad verander hoef te word om die produk te kan gebruik nie. Brandstofkenners voorspel dat vervloeiende steenkool binne die volgende twintig jaar in n groot deel van die wêreld se behoefte aan vervoerbrandstof sal voorsien.

Die afgelope aantal jare reeds verlaat straalvliegtuie die OR Tambo Internasionale lughawe in Gauteng met brandstof in n gelyke mengsel van Sasol verwerkte tradisionele ruolie brandstof. Ook die Amerikaanse lugdiens het meer betrokke geraak by die STV met projekte om die B52 brandstof vir straalvliegtuie te vervang deur brandstowwe wat uit steenkool vervaardig word.Amerika monitor Sasol se innovasies op hierdie terrein.

Die hoof eindproduk wat Sasol vervaardig is petrol en dit word hoofsaaklik gebruik vir die dryf van enjins.Sasol 1 vervaardig in der waarheid baie meer produkte as net sintetiese brandstof.Altesaam 110 produkte word uit steenkool verkry.Uit aleen een van die Sasol neweprodukte word drie soorte plastiek vervaardig, naamlik polietileen, polivinielchloried en polistireen.

Page 6: Lehan le Roux

Afgesien van Sasol se nywerheidsgas , wat deur Gaskor bemark word, word verskeie ander soorte gas uit steenkool uit Sasol-neweprodukte gemaak. Vloeibare petroleumgas is byvoorbeeld die heel ligste gas. Dit word onder verskillende handelsname verkoop en is byvoorbeeld n uitstekende kampeergas.

Wanneer Steenkool vergas word, word groot hoeveelhede ammoniak vrygestel.Dit is die basiese grondstof vir die kunsmis, plofstof en reinigingsmiddelbedryf.Wanneer die steenkoolgas gesuiwer word,word die swael verwyder en dit is dan weer n grondstof vir die vervaardiging van onder meer insekdoders en vuurhoutjies. Toe Japan Malei in die tweede wêreldoorlog beset het, was die weste se voorraad van rubber kortgeknip en kunsrubber is toe in toenemende mate uit olie vervaardig. By Sasol is dit n neweproduk van die olie uit steenkoolproses.Sowat 60% van die rubber in die gemiddelde motorband is kunsrubber en dit word ook gebruik vir skoensole, motorbuffers en bande.

Alkohol en ketone is neweprodukte van die sintese proses en dit word gebruik onder meer verf,drukkersink,handreinigers, insekdoders en kleurstowwe. Sasol maak meer ketone as wat binnelands nodig is en dit word met welslae uitgevoer.

Metanol is n kragtige alkoholbrandstof wat deur sommige mense as die brandstof van die toekoms beskou word. Dit word in motorenjins by sportsoorte soos versnelrenne en veldrenne gebruik.

Sasol verkoop selfs van sy stoom aan ander nywerhede in die omgewing en ook die stofas, wat eintlik n afval produk van die vergasingsproses is, word verkoop vir die maak van stene en paaie.

Page 7: Lehan le Roux

Proses en tipes verbindingsDaar is 4 basiese fases in n GTV of STV fabriek (1)Om die steenkool in gas om te sit(2)Om die gas te raffineer en alle onsuiwerhede te verwyder(3)Om die gas in vloeistof te verander(4)Om die vloeistof in petrol of diesel te verander.

Petrol word tradisioneel in n raffinaderye vervaardig. Die stof wat bloot uit ruolie gedistilleer word voldoen nie meer aan die vereistes van moderne enjins nie, maar word wel gebruik in die vervaardigingsproses.

Sasol gebruik die Fischer-Tropsch proses vir die vervaardiging van petrol uit steenkool. Meeste petrol bestaan uit koolwaterstowwe met tussen vyf en twaalf koolstofatome per molekule hoofsaaklik parafiene ,naftene, aromate en oliefiene.Die spesifieke verhoudings sal afhang van die raffinadery,die spesifieke ru-olie wat gebruik is en die kwaliteit van die petrol-veral die oktaan.

Petrol kan ook ander organiese elemente bevat, byvoorbeeld eters wat bygevoeg word, asook onsuiwerhede veral swaelverbindings. Sekere onsuiwerhede moet verwyder word omdat hulle andersins korrosie in die enjin sou veroorsaak.

Die belangrikste eienskap van petrol is die oktaangradering. Bymiddels word by petrol bygevoeg om te voorkom dat die enjin klop-die verskynsel waar van die brandstof te vroeg ontplof en n klop geluid in die enjin veroorsaak. Die oktaangetal van n brandstof dui aan hoe klop bestand dit is. Dit word gemeet relatief tot n mengsel 2,2,4-trimetielpentaan(n isomer van

Page 8: Lehan le Roux

oktaan) en n-heptaan.n 87-oktaan-petrol het dus diesefde klopbestandheid as n mengsel met 87%iso-oktaan en 13%n-heptaan.Die oktaan graderingstelsel is ontwikkel deur die chemikus Russel Marker.

Die Oktaangradering is dus nie n aanduiding van die hoeveelheid oktaan wat in die petrol teenwoordig is nie. Algemene beskikbare petrol het oktaangradering in die omgewing van 87 tot 95.Dit is egter moontlik vir brandstof om oktaan van meer as 100 te he, aangesien iso-oktaan nie die mees klopbestande stof is nie.Renvloeistowwe , etanol, vliegtuigbrandstof en gas het oktaangraderings van 110 en hoer. Petrol se oktaan kan verhoog word deur bystowwe, soos tetraetiellood.Die Fischer-Tropsch, gebruik grondstof wat direk omgeskakel word in 'n kommersieel lewensvatbare vloeibare brandstowwe, die wese huppel van die syncrude stap. Die mees algemene grondstof wat gebruik word om synfuels Fischer-Tropsch te produseer, sluit in natuurlike gas, steenkool en biomassa (plante en plant-afval). In FT sintese, is die roumateriaal onderworpe aan baie hoë hitte - 1,037.7 grade Celsius of hoër - en druk 'n mengsel van koolstofmonoksied en waterstof genoem sintesegas te produseer . Hierdie stap van die proses maak Fischer-Tropsch vloeibare brandstof baie skoner as die brandstof wat van ru-olie of syncrude. Onsuiwerhede soos swaar metale kan maklik verwyder word van die vergasser na die synthesegas uitgefaktureer. Gasse soos koolstof en swael kan gefiltreer word, sodat hulle nie besoedelingstowwe vrylaat wanneer die brandstof brand.Vervolgens word die synthesegas verkort in vloeibare vorm. Weer onder hoë hitte en druk, is 'n katalisator in die proses, gewoonlik' n verbinding met of yster of kobalt. Die katalisator sneller 'n chemiese reaksie tussen die waterstof en koolstofmonoksied, die skep van lang kettings van koolwaterstowwe. Verskillende katalisators produseer verskillende koolwaterstof strukture. Hierdie Koolwaterstowwe word dan verkoel en gekondenseer in vloeibare vorm, en gefiltreer. Saam met 'n sintetiese vorm van diesel of petrol, kan Fischer-Tropsch-sintese industriële smeermiddels, lampolie en ander produkte.

In vergelyking met syncrude produkte, Fischer-Tropsch vloeistowwe brand baie skoner. Hierdie synfuels het byna geen deeltjies en bevat minder stikstofoksied as die tradisionele brandstof en wat minder koolstof monoksied uitstoot . Natuurlik, diegene synfuels wat gebruik maak van hernubare hulpbronne as

Page 9: Lehan le Roux

grondstof (soos biomassa) is beter vir die omgewing in die lang termyn as dié wat fossielbrandstowwe gebruik as grondstof.

Page 10: Lehan le Roux

Impak op die ekonomieDie aanleg is deel van Suid Afrika se suksesverhale te wete die totstandkoming en groei van Sasol, die semi-staatsinstellings wat die tegnologie uitgevind en vervolmaak het om steenkool en Aardgas in ʼn vloeibare brandstowwe om te skakel.

In sy finansiële verslag vir die jaar wat op 30 Junie het , het Sasol n bedryfswins van R24,7 miljard verklaar. Die tegnologie van steenkool tot vloeistof is slegs ekonomies haalbaar in ʼn wêreld van hoe oliepryse:die vervaardiging van sintetiese brandstowwe raak eers winsgewend wanneer die olieprys $50 per vat bereik.

Daar word verwag dat die wêreldwye produksie van vloeistof uit steenkool wat in 2007 sowat 150 000 vate per dag was, in 2020 tot 600 000 en in 2030 1,8 miljoen vate per dag sal styg. Te midde van stygende oliepryse en onstabiliteit in die Midde-Ooste probeer lande regoor die wêreld deesdae om die guns van die petrochemiese groep van Sasol te wen. Sasol vra gewoonlik vergoeding wanneer sy tegnologie in lisensie gebruik word, maar konsentreer daarop om n aandeel in die eienaarskap van die fasiliteite te bekom sodra dit gebou is.

Sasol is tans die wêreld se grootste vervaardiger van sintetiese brandstof. Sasol het wêreldwyd nagenoeg 34 000 werkers in sy diens onder wie die grootste getal doktore van enige maatskappy in die suidelike halfrond wat deel van Suid Afrika se grootste werkverskaffers maak. Hy is verantwoordelik vir sowat 4,71% van die land se bruto binnelandse produk.

Sasol het in September 2007 sy mees omvattende ooreenkoms tot dusver vir swart ekonomiese bemagtiging aangekondig . Dit is in die lewe geroep om vaardighede te ontwikkel en groter ekonomiese bevoegdheid na voorheen benadeelde Suid-Afrikaanse gemeenskappe te bring.

Page 11: Lehan le Roux

Sasol se invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie is welbekend. Die groep se bedrywighede dra ook onregstreeks tot nog 170 000 werkgeleenthede by. Die groep se bydrae tot die gemeenskap is egter nie beperk tot sy produkte en die salarisse wat sy werknemers ontvang nie. Daar word ook reuse-werk gedoen om 'n beter maatskaplike en ekonomiese omgewing te skep in die gemeenskappe waarin die groep sake doen. Vir dié doel word daar jaarliks R100 miljoen in sleutelgemeenskappe belê om veral agtergeblewenes op 'n volhoubare wyse te bemagtig.

Die geld word aan 'n wye reeks projekte bestee, met inbegrip van onderwys, gesondheid en welsyn, werkskepping en opleiding, kuns en kultuur en die bewaring van die omgewing. Een van die grootste beleggings is in onderwys en opleiding. Die projekte strek van opleiding om mense te leer lees en skryf en om lewensvaardighede aan te leer, tot die oprigting van skole en die voorsiening van laboratoriumtoerusting, biblioteke en rekenaarsentrums aan skole en tersiêre instellings. Die groep bestee jaarliks meer as R500 miljoen aan navorsing en ontwikkeling en ken jaarliks 500 studiebeurse aan ingenieurstudente toe. Meer as die helfte van die beurse word toegeken aan studente uit voorheen benadeelde gemeenskappe.

Die jaarlikse ekspo vir jong wetenskaplikes in Sasolburg en die Sasolburg se wetenskap-en-tegnologieuitstalling word ook deur die groep geborg. Benewens die opleiding van sy eie personeel, bestee Sasol jaarliks R5 miljoen om die inwoners van Sasolburg en Secunda basiese vaardighede aan te leer.

Een van die suksesverhale van Sasol se borgskappe is die Ochrim-musiekskool in Soshanguve en die Pretoriase middestad, wat ná 'n nederige begin in 'n volwaardige opleidingsentrum vir aspirant-musikante ontwikkel het.

Ten opsigte van die omgewing is die groep veral bekend om sy borgskap van boeke oor die fauna en flora, soos die gewilde handleiding vir voëlkykers.

Sasol het die afgelope vyf jaar reeds meer as R72 miljoen belê in die ontwikkeling van Suid-Afrika se o. 23-span, wat algemeen as die AmaGlug-glug bekend is.

Page 12: Lehan le Roux

Impak op omgewing en gemeenskap

Dit lyk of STV tegnologie vir hom ʼn vaste plek in die brandstof bedryf verwerf het . Die wêreld se bekende oliereserwes kan nog net sowat 4 dekades lank hou, maar daar is meer as ʼn eeu en ʼn half se steenkoolreserwes oor. Dit lyk dus of die tegnologie elders verder gaan herleef-ongeag die koste en die impak wat dit op die omgewing het.

“Vervloeide steenkool” genereer twee maal meer koolstofdioksied as die verbranding van olie. Gevolglik sal lande wat hul kweekhuisgasse wil beperk alternatiewe metodes moet vind om hul koolstof uitlaat te verminder ten einde die skade te vergoed wat deur die STV tegnologie veroorsaak word. Met die STV tegnologie word daar ook groot hoeveelhede swaeldioksied in die lug ingepomp. Dit laat omgewingsbewustes agiteer namens mense in die omgewing wat as gevolg daarvan asemhalingsprobleme ondervind. Swaeldioksied , wat verband hou met respiratoriese probleem, word vrygestel wanneer die laegehalte-steenkool verbrand word vir Sasol Infrachem se prosesse. Die mees klaarblyklike gevolg van die lugbesoedeling is dat skoon, vars lug in stink en bedorwe wasige lug verander word. ʼn Ernstige gevolg dan is die uitwerking wat dit op die mens en dier se gesondheid het. Onder kwale wat dit kan meebring ,is irritasie van die oë en longsiektes soos asma, longontsteking en brongitis en selfs kanker en emfiseem.

Die lugbesoedeling kan weer beïnvloed deur die temperatuur te verander. Deeltjies in die lug versprei die sonstrale en verminder die hoeveelheid lig wat die aardoppervlak bereik,met ʼn gevolglike verlaging in die temperatuur. Daarteenoor keer gasse soos koolstofdioksied weer die son se hitte in die atmosfeer vas- die sogenoemde kweekhuis effek.

Page 13: Lehan le Roux

Veiligheid van chemiese afvalBy die Sasol fabriek is die afvalstrome geïdentifiseer en gekwantifiseer.

Gegewensbladsye weerspieël die chemiese ontleding van die strome en die hantering van gevaarlike afval en die voorsorgmaatreëls wat nodig is is voorskryf.

Die hoofdoel van die bestuur van afval by Sasol is afvalvermindering en baie navorsing is gefokus op dit. Voorbeelde om dit te illustreer, oorvloedig in:stowwerige teer is terug in die vergassers gevoer, hierdie hergebruik van die teer verminder 40% van die normale beskikking.tien duisende ton van 'n growwe en fyn as afgevoer elke maand deur kontrakteurs. Die as word in die vervaardiging van bakstene gebruik, en as 'n sement verlener.Tafel bunker olie, ter waarde van R160 miljoen, word verhaal van die teer met 'n koste van net R 1 miljoen (US $ 3 miljoen) aan Sasol.Saam met hierdie, al die nuwe aanvaarbare maniere is gevind om hul afvalstrome te hanteer en te verminder. Die gevolg is dat by Sasol Chemiese Nywerhede alleen 'n vermindering van 75% bereik is in die vaste en nie-waterige uitvloeisel wat voorheen grond gevul.

Die afvalstrome wat nog grond vul van die hand gesit in spesiaal gevoer damme. 'N permit stelsel reguleer hierdie praktyk en kleur kodering van afval verseker geskei beskikking om herstel te fasiliteer op' ʼn later stadium.

Alles moontlik word gedoen om effektief gebruik te maak van natuurlike hulpbronne. Byvoorbeeld, growwe steenkool wat gebruik word in die Sasol-vergassing proses, en die koolfines - waarvan miljoen ton per jaar' ʼn afval produk in Suid-Afrika - word gebruik om Sasol se kragstasies te brandstof. Co-generasie is in diens geneem om elektrisiteit te bespaar en voorheen-opgevlam gasse is nou ook doeltreffend benut, wat die opbrengs van die sintesegas per ton steenkool wat gebruik word te verbeter, met 3%.

Page 14: Lehan le Roux

GevolgtrekkingOor die afgelope 50 jaar het hierdie maatskappy wêreldklas tegnologie ontwikkel vir die omskakeling van steenkool na brandstowwe .Sasol is op die voorvoet met nuwe tegnologie en is die bedryf wat die pas hou met STV tegnologie in die wêreld.Die Fischer-Tropsch proses het die proses van petrol maak, verbeter en daar word gereeld meer verbeteringe mee gebring.Die maatskappy is een van die grootse ter wêreld in wat hy doen. Sasol neem ook grootliks deel in Suid Afrika se omgewing en doen hul deel om groot bevorderings mee te bring. Daar sal altyd ʼn mate van besoedeling wees, maar Sasol doen wat hul kan om besoedeling tot ʼn minimum te hou.

Sonder Sasol sou Suid Afrika tot ʼn stilstand kom.Dit is n goeie voorsiener van petrol en vele ander produkte.Nie net pomp dit n groot hoeveelheid geld in die land maar is baie betrokke in die gemeenskap, Sasol is een van die grootste bates wat die land al gehad het.

Bronnelys:www.mielstronk.com

www.wikipedie.com

www.sasol.com

www.howstuffworks.com

www.dieburger.com

wereldspektrum

Page 15: Lehan le Roux

Woordelys:

OPEC- Wêreldwye organisasie toegewy aan die stabiliteit in en gedeelde beheer van die olie markte.

Polietileen- Poliëtileen is die wêreld se mees populêre plastiek

STV-Steenkool tot vloeistof

Olieraffinadery- Olieraffinadery is 'n nywerheidsaanleg waar ru-olie verwerk word na nuttiger produkte, soos petrol, diesel, teer, verhittingsolie, parafien en vloeibare petroleumgas.

Katalisator- 'n Voorwerp wat 'n reaksie verspoedig of vertraag sonder om self deur die reaksie verander of verbruik te word.