laerskool kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/gr.-5 …  · web viewdie...

8
Dagbeplanning: Afrikaans Graad 5 12-16 Oktober Leerders sal hierdie week 'n woordeboek en 'n glimpen nodig hê. Die teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek moet gebruik word by die woordeboekopdrag. Maak asseblief seker om al die aanwysings in die aantekeninge noukeurig te volg. Leerders moet asseblief nie enige werk voltooi voordat daar na die lesaanbieding gekyk is nie. Dag Aktiwitei t Aan- tekeninge Taalfabri ek DBO Boek 2 Klaswerk- boek / Huiswerk lyntjies- boek Teams Maandag 12 Oktober Luister Pippie Langkous Voltooi die storie Geen Geen Maak aan- tekeninge in Huiswerk lyntjiesb oek Video Voltooi luister toets op Teams Dinsdag 13 Oktober Lees en Kyk Kyk hoe lyk Pippie vandag! Geen bl. 26, 27 Geen Video Woensdag 14 Oktober Skryf Skryf jou eie dagboek. bl. 145- 148 bl. 116 bl. 29 bl. 40-43 Plak dagboek in. Video Donderdag 15 Oktober Taal en Begripsle es DBO-boek Geen bl. 32: Tipe sinne bl. 36, 37 bl. 38: Indirekte rede bl. 39 Geen Video Vrydag 16 Oktober Taal en Begripsle es DBO-boek Geen bl.40, 41 bl.44, 45 bl.47- 49 Geen Video 1

Upload: others

Post on 02-Jan-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Gr.-5 …  · Web viewDie teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek . moet

Dagbeplanning: Afrikaans Graad 512-16 Oktober

Leerders sal hierdie week 'n woordeboek en 'n glimpen nodig hê. Die teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge.Die woordeboek moet gebruik word by die woordeboekopdrag.Maak asseblief seker om al die aanwysings in die aantekeninge noukeurig te volg.Leerders moet asseblief nie enige werk voltooi voordat daar na die lesaanbieding gekyk is nie.

Dag Aktiwiteit Aan-tekeninge Taalfabriek DBO Boek

2

Klaswerk-boek /

Huiswerklyntjies-

boek

Teams

Maandag 12 Oktober

LuisterPippie

LangkousVoltooi die

storie

Geen Geen

Maak aan-tekeninge in

Huiswerklyntjiesboek

Video Voltooi

luistertoets op Teams

Dinsdag 13 Oktober Lees en Kyk

Kyk hoe lyk Pippie vandag!

Geen bl. 26, 27 Geen Video

Woensdag14 Oktober Skryf

Skryf jou eie

dagboek.

bl. 145-148bl. 116

bl. 29bl. 40-43

Plak dagboek in. Video

Donderdag15 Oktober

Taal en Begripslees DBO-boek Geen

bl. 32: Tipe sinnebl. 36, 37bl. 38: Indirekte redebl. 39

Geen Video

Vrydag 16 Oktober

Taal en Begripslees DBO-boek Geen

bl.40, 41bl.44, 45bl.47- 49 Geen Video

1

Page 2: Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Gr.-5 …  · Web viewDie teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek . moet

Laerskool KruinsigAfrikaans Huistaal Graad 5

12-16 Oktober MAANDAG: LUISTER

Juffrou Ilse bied vir julle 'n luisteroefening aan op Teams.

Hierdie oefening is nie formele assessering nie, maar 'n goeie oefening. Die luisterteks is op Teams gelaai as PIPPIE LANGKOUS Die luistertoets se vrae is op Teams gelaai as PIPPIE LANGKOUS onder ASSIGNMENTS Maak aantekeninge van die luisterteks in jou lyntjies huiswerkboek. Onthou om jou "quizz" te "SUBMIT" anders ontvang ek dit nie, en dan ontvang jy nie jou punte nie. Jy sal jou finale punt ontvang nadat Juffrou dit gekontroleer het.

STERKTE!

Pippie Langkous

1. Wat is die vrou wat die storie lees se naam?2. Van watter taal is die boek vertaal?3. Wie het die boek vertaal?4. Deur wie is die illustrasies gedoen?5. Wat is illustrasies?6. Wie is die uitgewer?7. Wat is ‘n uitgewer?8. Watter storie lees julle vandag?9. Wie het vroeg wakker geword?10.Wat het sy gedoen nadat sy wakker geword het?11.Wat doen sy aan Tommy?12.Waarheen wil sy gaan?13.Watter intensiewe vorm word gebruik?14.Hoe ken Tommy en die hoofkarakter mekaar?15.Wat vra hul mammie?16.Hoekom is hulle so haastig?17.Wat het Pippie daardie oggend gemaak?18.Met wie praat Pippie?19.Waarin is sy bedek toe sy die deur oopmaak?20.Waar moet Tommie en Anneke sit?21.Wat kan Pippie nie doen nie?

22.Hoekom kan sy dit nie doen nie?23.Wat doen ‘n dingsoeker?24.Waarna soek Pippie gewoonlik?

2

Page 3: Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Gr.-5 …  · Web viewDie teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek . moet

25.Wat wil Tommy graag optel?26.Wat beteken dit as mens moet opskud?27.Wat beteken dit as iemand in die pad val?28.Waar lê die heel beste goed gewoonlik?29.Wat het Pippie vir die ou oom gegee?30.Wat wil Pippie doen waarmee Tommy en Anneke nie saamstem nie?

VOLTOOI DIE LUISTERTOETS OP TEAMS

Skryf nou self 'n slot vir die storie. Ons sal Woensdag na die regte slot luister en dan julle stories daarmee vergelyk. Skryf die slot in jou klaswerkboek. Skryf 'n eerste poging, redigeer en skryf dan die finale poging sonder enige foute. Jou slot moet 8-10 sinne lank wees.

12 Oktober Pippie Langkous Slot

DINSDAG: LEES EN KYK

Video DBO bl. 26, 27 LEESSTUK: Kyk hoe lyk Pippie vandag!

Kyk hoe lyk Pippie Langkous vandag!

Lees die leesstuk en beantwoored die vrae:

Met haar bos rooi hare, bonatuurlike krag, onafhanklike lewenstyl en rebelse persoonlikheid is Pippie Langkous al geslagte lank geliefd – oor die wêreld heen!

Sy bly alleen met haar perd, apie en ’n kis vol goue muntstukke terwyl haar seekaptein-pa die oseane aandurf. En saam met die buurkinders Tommy en Annika is elke dag ’n nuwe geleentheid vir speel en gesag uitdaag, want ’n grootmens wil Pippie nie word nie.

Die verhaal van Pippie Langkous is die breinkind van Sweedse skrywer Astrid Lindgren, en sedert 1945 is dit al in meer as 100 tale vertaal. Meer as 66 miljoen eksemplare van die boek is wêreldwyd verkoop en talle TV-reekse en flieks oor die karakter gemaak.

Sewe jong Sweedse aktrises het al die rol van Pippie vertolk, maar Inger Nillson word wyd beskou as die gewildste.

3

Page 4: Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Gr.-5 …  · Web viewDie teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek . moet

Inger het die karakter gespeel in ’n 1969-televisiereeks van 13 episodes wat Lindgren self geskryf het. Die reeks is reg oor die wêreld in verskillende tale uitgesaai, ook in Afrikaans, en ’n paar van die episodes is steeds op YouTube te sien.

Die 8-jarige Inger het destyds geen ervaring in toneelspeel gehad nie. Sy het die rol gekry nadat dit op televisie geadverteer is. Haar pa het ’n foto van haar na die produksiemaatskappy gestuur en voor sy haar oë kon uitvee, was sy op die Sweedse eiland Gothan waar die reeks verfilm is.

“Ek dink Pippie doen wat ons almal wil doen: Om ’n vry lewe te leef. Sy is sterk en doen presies wat sy wil. In haar wêreld is alles maklik ... ons almal wil soos sy wees,” het Inger die karakter se gewildheid verklaar in ’n onderhoud.

Inger woon vandag in Stockholm en werk steeds as ’n aktrise in plaaslike teaterproduksies. Sy vertolk ook ’n rol in die Duitse misdaadreeks Inspector and the Sea.Bronne: Umgas Magazine, Amo Mama

1. Noem 4 kenmerke van Pippie Langkous. (4)

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

4

Page 5: Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Gr.-5 …  · Web viewDie teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek . moet

Merk of die volgende stellings waar of onwaar is. (11)

Waar Onwaar1 Pippie Langkous is 'n nuwe storie.2 Daar is maar min mense wat die storie van Pippie Langkous ken.3 Pippie woon saam met haar pa.4 Haar maats se name is Tommy en Maryke.5 Pippie wil baie graag groot word.6 Pippie se verhaal is al in meer as 200 tale vertaal.7 Die verhaal van Pippie Langkous is die breinkind van Sweedse skrywer

Astrid Lindgren8 Meer as 66 miljoen eksemplare van die boek is wêreldwyd verkoop.9 Nege jong Sweedse aktrises het al die rol van Pippie vertolk.

10 Inger Nillson word wyd beskou as die gewildste aktrise wat Pippie se karakter vertolk het.

11.

Inger het die karakter gespeel in ’n 1966-televisiereeks van 13 episodes wat Lindgren self geskryf het.

Vul die ontbrekende woorde in. (20)

Die reeks is reg oor die __________ in verskillende tale uitgesaai, ook in _____________, en ’n

paar van die episodes is steeds op _______________ te sien.

Die _____-jarige Inger het destyds geen ervaring in __________ gehad nie. Sy het die rol gekry nadat dit op ____________ geadverteer is. Haar pa het ’n __________ van haar na die produksiemaatskappy gestuur en voor sy haar _______ kon __________, was sy op die ____________ eiland Gothan waar die reeks verfilm is.

“Ek dink [Pippie] doen wat ons ___________ wil doen: Om ’n _________lewe te leef. Sy is _________en doen __________ wat sy wil. In haar wêreld is alles _____________ ... ons almal wil soos sy wees,” het Inger die karakter se ____________ verklaar in ’n onderhoud.

Inger woon vandag in _____________ en werk steeds as ’n ___________ in plaaslike teaterproduksies. Sy vertolk ook ’n rol in die ______________ misdaadreeks _________________________________.

Punt uit: /30

5

Page 6: Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/10/Gr.-5 …  · Web viewDie teks sal aan die leerders verskaf word in hulle aantekeninge. Die woordeboek . moet

WOENSDAG: SKRYF

Voltooi jou dagboek oor die tyd toe julle verhuis het. Die dagboek moet in jou klaswerkboek geplak word en woorde wat verkeerd gespel is, moet in die woordeboek opgesoek word en reg oor geskryf word.

DBO bl. 29: Identifiseer die woordsoorte in die paragraaf. DBO bl. 40 - 43

DONDERDAG: TAAL EN BEGRIPSLEES

DBO bl. 32: Tipe sinne DBO bl. 36, 37 DBO bl. 38: Indirekte rede DBO bl. 39

VRYDAG: TAAL EN BEGRIPSLEES

DBO bl.40, 41 DBO bl.44, 45 DBO bl.47- 49

6