kroonnuus 20131105

12
Jana Bekker DIE vuurwapenkundige wat onlangs uit die Suid-Afrikaanse Jagters-en- wildbewaringsvereniging (SAJWV) geskors is, het dié week teruggekap dat alle inligting in die onlangse berig nie waar is nie. het op Dinsdag 22 Okto- ber berig (“Pa, seun geskors”) dat die man en sy seun uit die vereniging ge- skors is nadat hulle deur ’n tugkomi- tee van die SAJWV aan onwettige jag en nagskiet skuldig bevind is. In ’n brief aan Kroonnuus sê Johan Klopper nie al die inligting in die be- rig is waar nie. “Ek het die sogenaamde skietonge- luk dieselfde dag as wat dit plaasge- vind het, aangemeld. Hulle het dit as ’n fratsongeluk beskou en wou dit nie ondersoek nie.” Hy sê nadat iemand aangehou is, is dit wel ondersoek. Hy brei nie uit oor wie die mens is nie. Klopper sê die uitslag van die on- dersoek was dat niemand verant- woordelik gehou kan word nie. Hy sê die staatsaanklaer was onwillig om die saak te vervolg (nolle prosequi). Klopper sê die SAJWV het wel ’n in- terne verhoor gehou, maar hy is nie die geleentheid gegun om sy getuies te roep nie en sy kant van die saak is dus nooit aangehoor nie. “Die ongeluk het nie op ’n SA Jag- ters-skietdag plaasgevind nie en het eintlik niks met hulle te doen nie. Wie is hulle dan nou om, ná die hof se be- slissing, dit te veto en aansoek te doen dat ek onbevoeg verklaar word?” Hy sê wat sy seun se saak betref, was hy nie skuldig aan onwettige jag of nagjag soos beweer word nie. “Hy het wel ’n koedoe vervoer wat deur ’n boer op sy eie plaas geskiet is en het dit vir die boer na ons koelka- mer op die dorp vervoer, want hulle het nie een op die plaas nie.” Klopper sê sy seun is skuldig be- vind vir die vervoer van die bok son- der ’n permit of brief van die plaaseie- naar. “Hy het ’n boete van R2 000, op- geskort vir drie jaar, of ses maande tronkstraf gekry vir die vervoer van die bok,” sê hy. Klopper sê sy seun kon nie die dag van die SAJWV se interne verhoor daar wees nie. “Hulle het geweier om die datum te skuif sodat hy teenwoor- dig kon wees om hom te verdedig.” Volgens Klopper het sy seun nadat die uitstel geweier is skriftelik be- dank. “Hulle het hom ná die bedan- king steeds verhoor en geskors.” Klopper sê die boer, wat ook lid van die SAJWV is, wat erken het hy het die koedoe geskiet, se lidmaatskap is vir drie maande opgeskort. “Maar my seun wat slegs die bok vervoer het, word geskors.” Nou vra Klopper hoe regverdig die SA Jagters optree deur uitsprake te lewer sonder dat lede hulself kan ver- dedig. “Is dit hoe ’n billike en regver- dige instansie moet optree?” Hy sê sy siening is ’n vereniging moet sy lede beskerm en indien iets sou gebeur, hulle bystaan – “beslis nie om eerste klippe op te tel nie”. Klopper sê eindelik maak dit seer, maar wat mense sê en dink, is nie be- langrik nie. “ . . .God weet wat die waarheid is,” sê hy in sy brief. Jagter stel sy saak oor skorsing HUIS EDELKROON het verlede week ’n stewige kontanthupstoot gekry ná ’n muntlegging by die Sen- trale Volkskool. Altesaam R5 150 is ingesamel. Die muntlegging was die geestes- kind van Cheree van der Walt (32) van Kroonheuwel, ’n finalejaarstu- dent in BA Kriminologie. Sy moes ’n werkstuk oor gemeen- skapsielkunde inhandig, waarvoor sy by Huis Edelkroon betrokke ge- raak het. “Ek het die nood by die mense ge- sien en besluit om te help,” sê Van der Walt. Sy sê die staat subsidieer R2 400 per bed vir staatspasiënte by die huis, terwyl die koste daarvan R5 070 beloop. “Om daardie geld op te maak moet hulle van iewers af geld kry,” sê sy. Volgens Cheree is die geld wat die tehuis te kort skiet tot soveel as R40 000 per maand. “Ek het die Sentrale Volkskool genader en die kinders was gaaf en opgewonde genoeg om betrokke te raak.” Kinders het met silwermunte en note by die skool opgedaag. Die geld is in die vorm van ’n appelboom, wat op die plaveisel geteken is, ge- pak. Twee kinders, ’n seun en meisie, wie se name in ’n trekking gekies sal word, sal vandag die geld aan Huis Edelkroon oorhandig. Mnr. Leonard Welthagen, skool- hoof, is opgewonde oor die projek. “Ons skool hou daarvan om vir die ou mense iets te gee,” sê hy. Sanet Williamson, verpleeg- diensbestuurder by Huis Edel- kroon, sê hulle is geweldig opge- wonde oor die projek. “Dit is vir ons verskriklik lek- ker.” Sy sê personeel by die ouetehuis het al self projekte aangebied om geld vir die huis in te samel. Die geld word vir hulpbehoewen- de inwoners in die ouetehuis aan- gewend. TEL (056) 212 3171 DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS h Hy sê nadat dit wel onderso wie die mens Jana Bekker per bed vir staatspasiënte by die wie se name in ’n trekking gekies Kroonnuus Kroonnuus

Upload: kroonnuus

Post on 06-Mar-2016

354 views

Category:

Documents


11 download

DESCRIPTION

Kroonnuus 20131105

TRANSCRIPT

Page 1: Kroonnuus 20131105

TEL (056) 212 3171 DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

Jana Bekker

DIE vuurwapenkundige wat onlangsuit die Suid-Afrikaanse Jagters-en-wildbewaringsvereniging (SAJWV)geskors is, het dié week teruggekapdat alle inligting indie onlangseberig

nie waar is nie.het op Dinsdag 22 Okto-

ber berig (“Pa, seun geskors”) dat dieman en sy seun uit die vereniging ge-skors is nadat hulle deur ’n tugkomi-tee van die SAJWV aan onwettige jagen nagskiet skuldig bevind is.In ’n brief aan Kroonnuus sê Johan

Klopper nie al die inligting in die be-rig is waar nie.“Ek het die sogenaamde skietonge-

luk dieselfde dag as wat dit plaasge-vind het, aangemeld. Hulle het dit as’n fratsongeluk beskou enwou dit nieondersoek nie.”Hy sê nadat iemand aangehou is, is

dit wel ondersoek. Hy brei nie uit oorwie die mens is nie.Klopper sê die uitslag van die on-

dersoek was dat niemand verant-woordelik gehou kan word nie. Hy sêdie staatsaanklaer was onwillig omdie saak te vervolg (nolle prosequi).Klopper sêdieSAJWVhetwel ’n in-

terne verhoor gehou, maar hy is niedie geleentheid gegun om sy getuieste roep nie en sy kant van die saak isdus nooit aangehoor nie.“Die ongeluk het nie op ’n SA Jag-

ters-skietdag plaasgevind nie en heteintlikniksmethulle te doennie.Wieis hulle dan nou om, ná die hof se be-slissing, dit te veto enaansoek te doendat ek onbevoeg verklaar word?”Hy sê wat sy seun se saak betref,

was hy nie skuldig aan onwettige jagof nagjag soos beweer word nie.“Hy het wel ’n koedoe vervoer wat

deur ’n boer op sy eie plaas geskiet isen het dit vir die boer na ons koelka-mer op die dorp vervoer, want hullehet nie een op die plaas nie.”Klopper sê sy seun is skuldig be-

vind vir die vervoer van die bok son-der ’n permit of brief vandie plaaseie-naar. “Hy het ’n boete van R2 000, op-geskort vir drie jaar, of ses maandetronkstraf gekry vir die vervoer vandie bok,” sê hy.Klopper sê sy seun kon nie die dag

van die SAJWV se interne verhoordaar wees nie. “Hulle het geweier omdie datum te skuif sodat hy teenwoor-dig kon wees om hom te verdedig.”Volgens Klopper het sy seun nadat

die uitstel geweier is skriftelik be-dank. “Hulle het hom ná die bedan-king steeds verhoor en geskors.”Klopper sê die boer, wat ook lid van

die SAJWV is, wat erken het hy hetdie koedoe geskiet, se lidmaatskap isvir driemaandeopgeskort. “Maarmyseun wat slegs die bok vervoer het,word geskors.”Nou vra Klopper hoe regverdig die

SA Jagters optree deur uitsprake telewer sonder dat lede hulself kan ver-dedig. “Is dit hoe ’n billike en regver-dige instansie moet optree?”Hy sê sy siening is ’n vereniging

moet sy lede beskerm en indien ietssou gebeur, hulle bystaan – “beslisnie om eerste klippe op te tel nie”.Klopper sê eindelik maak dit seer,

maar wat mense sê en dink, is nie be-langrik nie. “ . . .God weet wat diewaarheid is,” sê hy in sy brief.

Jagterstel sysaak oorskorsing

HUIS EDELKROON het verledeweek ’n stewige kontanthupstootgekryná ’nmuntleggingbydieSen-trale Volkskool.Altesaam R5 150 is ingesamel.Diemuntlegging was die geestes-

kind van Cheree van der Walt (32)van Kroonheuwel, ’n finalejaarstu-dent in BA Kriminologie.Symoes ’nwerkstuk oor gemeen-

skapsielkunde inhandig, waarvoorsy by Huis Edelkroon betrokke ge-raak het.“Ekhet die nood by diemense ge-

sien en besluit om te help,” sê Vander Walt.Sy sê die staat subsidieer R2 400

per bed vir staatspasiënte by diehuis, terwyl die koste daarvanR5 070 beloop.“Om daardie geld op te maak

moet hulle van iewers af geld kry,”sê sy.Volgens Cheree is die geld wat

die tehuis te kort skiet tot soveel asR40 000 per maand.“Ek het die Sentrale Volkskool

genader en die kinders was gaaf enopgewonde genoeg om betrokke teraak.”Kinders het met silwermunte en

notebydie skool opgedaag.Die geldis in die vorm van ’n appelboom,wat op die plaveisel geteken is, ge-pak.Twee kinders, ’n seun en meisie,

wie se name in ’n trekking gekiessal word, sal vandag die geld aanHuis Edelkroon oorhandig.Mnr. Leonard Welthagen, skool-

hoof, is opgewonde oor die projek.“Ons skool hou daarvan om vir

die ou mense iets te gee,” sê hy.Sanet Williamson, verpleeg-

diensbestuurder by Huis Edel-kroon, sê hulle is geweldig opge-wonde oor die projek.“Dit is vir ons verskriklik lek-

ker.”Sy sê personeel by die ouetehuis

het al self projekte aangebied omgeld vir die huis in te samel.Die geldword vir hulpbehoewen-

de inwoners in die ouetehuis aan-gewend.

TEL (056) 212 3171 DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

DRIE gr. 4­leerlinge van die Sentrale Volkskool pak hul munte tydens die muntlegging uit om geld vir HuisEdelkroon in te samel. Van links is DW Staal, Ben Jacobs en Johann Fourie.

Jana Bekker

DIE vuurwapenkundige wat onlangsuit die Suid-Afrikaanse Jagters-en-wildbewaringsvereniging (SAJWV)geskors is, het dié week teruggekapdat alle inligting indie onlangseberigin KroonnuusKroonnuus het op Dinsdag 22 Okto-

ber berig (“Pa, seun geskors”) dat dieman en sy seun uit die vereniging ge-skors is nadat hulle deur ’n tugkomi-tee van die SAJWV aan onwettige jagen nagskiet skuldig bevind is.In ’n brief aan

Klopper nie al die inligting in die be-rig is waar nie.“Ek het die sogenaamde skietonge-

luk dieselfde dag as wat dit plaasge-vind het, aangemeld. Hulle het dit as’n fratsongeluk beskou enwou dit nieondersoek nie.”Hy sê nadat iemand aangehou is, is

dit wel ondersoek. Hy brei nie uit oorwie die mens is nie.

Jagterstel sysaak oorskorsing

Jana Bekker per bed vir staatspasiënte by die wie se name in ’n trekking gekies

Hulp aan tehuis uitmuntend

TEL (056) 212 3171 DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

KroonnuusKroonnuus

Page 2: Kroonnuus 20131105

2 KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

’n INWONER vanWespark wat 28 jaarby die verspreidingvan Volksblad betrok-ke was, is verledeWoensdag aan hart-versaking oorlede.Martie de Beer (72)

se seun Wimpie sê syma het ’n ruk las vanhaar longe gehad enhet twee jaaraanhart-versaking gelei.Sy was in die Heil-

bron-hospitaal toe syoorlede is.Ná 28 jaar as organi-

seerder vanVolksbladse verspreidingsafde-ling het sy ongeveervier jaar gelede afge-tree.Haar man, Willem,

is in 2006 oorlede. In2001 is haar jongsteseun, Francois (24),aan limfoonkankerdood. Sy word oorleefdeur haar seunsWim-pie de Beer (42) vanKroonstad, Jannie deBeer (45) van Bloem-fontein, ’ndogter,Hes-terKriel (40) vanSene-kal, haar skoonseun,Riaan Kriel, skoon-dogter, Heilie de Beer,en vier kleinkinders.De Beer word 8 No-

vember om 11:00 uitdie NG kerkWespark,Kroonstad, begrawe.

Geliefdeinwoneroorlede

MARTIE DE BEER

FRED LEHMKUHL tussen skaapmae wat gelos is op dieplek waar van sy gesteelde skape geslag is.

Foto: Verskaf

Slagting kos boerbyna R40 000

Jana Bekker

DRAGTIGE ooie en ooie met klein lammertjies is on-der diemeer as honderd skape wat verlede naweek ge-steel is.Sowat 70 van Fred Lehmkuhl se skape is terugge-

vind en daar is op ’n verdere 25 karkasse afgekom. Se-we skape is steeds soek.Dít is die vierde voorval waar skape die afgelope

twee maande by boere in die omgewing gesteel is.Fred se boerdery is op die plaas Lehmkuhlsrus op

dieEdenville-pad. Sydogter,Hesti, het verledeVrydagomstreeks 23:30 skape hoor blêr.Sy het haar broer, Ken, gebel wat met sy terugkeer

na die plaas ongeveer ’n uur later van die skape buitedie kamp gesien het.Die volgende oggend het Fred die skape gaan tel en

besef daar is minstens honderd skape weg.“Onshet oral gesoek,maar kondie skapenêrens kry

nie. ’n Ent die land in het ons ’n klein groepie skapegekry,” sê hy.Die veediefstaleenheid op Heilbron, die honde-een-

heid en Edenville-polisie is na die toneel ontbied. Hul-le het begin soek en eindelik op 25 karkasse en 70 skapeafgekom.“(Die diewe) het een skaap keelaf gesny, maar hom

nie eens gevat nie,” sê Fred.Ná die voorval is sowat 14 lammertjies sonder ma’s.

Hulle word hans grootgemaak.Fred sê die veediewe het oor drie plase drade geknip

om op sy plaas te kom.Die skape is sowat 1 km van die teerpad en 100 m

van die grondpad wat na sy plaas toe lei, geslag. Dieskade is sowat R40 000.

Jana Bekker

OM in die onafhanklike verkie-sing in 2014 jou kruisie te trek is’n besoek aan een van die stemlo-kale in Moqhaka oor die registra-sienaweek in November ’n moet.Kiesers kan hulle oor die na-

week van 9 en 10November by eenvan 96 stemlokale in die munisi-pale gebied registreer.“Ons open tydelike ‘kantore’ in

al die woongebiede vir mense omhulle te registreer,” sêCharmaineMabala, dieOnafhanklikeVerkie-singskommissie (OVK) se plaasli-ke toesighouer vir die FezileDabi-distrik.Die lokale sal op albei dae van

08:00 tot 17:00 oop wees.“Ons verwag van mense om die

stemlokale te besoek om tweegoed te doen – omhul besonderhe-de na te gaan om te verseker ditis korrek; of omhulle te registreeras hulle nie op die kiesersrol isnie,” sê sy.Volgens Charmaine is haar tei-

kenvir die naweek 11 700 registra-sies. Op die oomblik is daar 78 380geregistreerde kiesers in Moqha-ka.Charmaine sê dit is belangrik

dat mense hulle registreer omdatdit hulle in staat stel om te stem.“Dit is belangrik om te stem,wantdit is vir ons toekoms,” sê sy.Vanjaar is die eerste keer dat

die vrygeborenes (’n troetelnaamvir diegene wat ná Suid-Afrika seeerste demokratiese verkiesinggebore is) sal kan stem.“Soveel moontlik van hulle

moet kom stem sodat hulle hulstemreg en ons demokrasie kangeniet deur aktiewe landsburgerste wees,” sê sy.Charmaine sê hulle hoop op die

maksimum deelname van kie-sers.Een van drie vorme van identi-

fikasie word met registrasie of opstemdag aanvaar – ’n groen stre-pieskode-ID-boek; ’n geldige, tyde-like identiteitsertifikaat en dieeerste keer ooit word ’n slimkaartaanvaar. Dié kaart is in Julie deurdie departement van binnelandsesake bekend gestel.Mense wat wil bevestig of hulle

wel geregistreer is, kan hul ID-nommer na 32810 SMS of die tol-vrye nommer 080-011-8000 skakel.Kiesers kan ook die verkiesings-kantoor langs die Kroonstad-skouburg besoek.

Registreer jouom te kan stem

Page 3: Kroonnuus 20131105

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 3

Jana Bekker

BEN ZAAIMAN (68), ’ninwoner van Kroonstad,is onlangs etlike metersvan sy huis af in ’nbotsing op die N1 oor-lede.Die botsing het op 23

Oktober omstreeks 18:15by die vierrigtingstop na-by die Ultra City-vulsta-sie, minder as 500 m vansy huis op die Frishge-waagd-kleinhoewes, ge-beur.Johnny McLachlan, ei-

enaar van Mac’s Towingop Kroonstad, sê volgensomstanders op die toneelhet ’n vragmotor reg voorBen ingery.“Hy het glo uitgeswaai

en ’n Isuzu-bakkie ge-tref.”Ben was ’n bekende

op die dorp en is hiergebore.Sy vrou, Elna, het hom

as baie liefdevol beskryfen iemand “oor wie almalmal was”.

Hulle sou volgendemaand hul 45ste huwe-liksherdenking vier.Die egpaar het drie dog-

ters, Yulani (42), Anelda(38) en Benita (33).

Botsing op N1eisman se lewe Jana Bekker

LEERLINGEvan die SentraleVolkskool het Vrydag ’n helehoop sakke met herwinbareartikels vir ’n projek van tweemedeleerlinge skool toe ge-bring.Twee gr. 5’s, Nathan Greig

en Lian deWinnaar, het vroeërvanjaar ’n bronsmedalje ont-vang vir ’n natuurwetenskap-projek wat hulle vir die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikesingeskryf het.Dít het die saadjie geplant om

meer in die verband te doen en’n herwinningsprojek is by dieskool in werking gestel.By die skool is groot houers vir

voorwerpe van glas, papier, kar-ton, blikkies en metaal en plas-tiek aangebring.“Die langtermyndoelwit is om

al die skole op die dorp betrokkete kry,” sê Chanta Greig, Nathanse ma. Sy sê hulle wil aanstaandejaar ander skole help om sulke pro-jekte te begin.ThabongWaste Recyclers tree op

as kontrakteur tussen die skool endie onderneming Remade Recy-cling wat die herwinbare artikelsontvang. Die geld wat vir die arti-kels ontvang word, sal vir anderskoolprojekte aangewend word.

NATHAN GREIG by die hoop sakke vol herwinbare materiaal wat sy maats Vrydag na dieSentrale Volkskool saamgebring het. Foto: Jana Bekker

Klein begin, groot herwin

BEN ZAAIMAN Foto: Verskaf

TEEN PREGNANCY, life in prisonand peer pressure were three sub-jects that were discussed during ayouth dialogue that was held by theViljoenskroon police recently.This police station has embarked

on programmes that seek to promoteyouth crime prevention in Rammu-lotsi. Other issues that were discus-sed include youth and health, youthcrime prevention and community

orientated policing.“After the establishment of the

Youth Desk, many challenges thatdirectly affect the youth in Rammu-lotsi were discussed to bring downthe levels of criminal acts committedby young people,” says Captain Ste-phen Thakeng, police spokesperson.He says some of the challenges

young people in the Viljoenskroonstation precinct face, are robberies,

rapes, teen pregnancies and burgla-ries.“As a result they lose their moral

direction.”According to Thakeng, a majority

of them are young people that movein and out of a school environment.The first Youth Dialogue was held

for girls on 16 October and one forboys was held on 23 October.Both sessions were facilitated by

the Viljoenskroon police under theleadership of the station comman-der, Lt Col Kolisang Sello.Both sessions were attended by

educators, learners from the Mahla-bathini Primary, Ntswanatsatsi Pri-mary, Dr Sello Primary, Renyakal-letse Primary, Kgolagano High andKgabareng High Schools. Targetedaudiences were learners betweengr. 7 to gr. 11 and other youth forma-

tions in Rammulotsi.“The sessions were successful and

a commitmentwasmade by learnersto support youth crime preventionprogrammes in Viljoenskroon andtheYouthDeskwith its endeavour tofight against crime,” said Sello. Hesaid that these engagements shouldbe held on a continuous basis, just toensure young people come to a reali-sation that crime does not pay.

Youth crime prevention dialoguewas a great success

Page 4: Kroonnuus 20131105

4 KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Geloofspraatjiesdien nie vir werwingOM die geloofskaart in ’n geskil te speel omstemme te werf is so oud soos die berge. Oordie naweek het dieANCop ’n groot byeenkomsna dié party as die Drie-Enige God verwys endie 12dissipels asdie 12voorsitters vandiepar-ty.OmvoortsnaoudpresidentNelsonMandelaas Moses te verwys gaan darem ’n bietjie beteraf. Wat van respek vir enige ander geloof?Net so is dit opmerklik hoe die mensdom ge-

loof kan gebruik om aksies te verdoesel wathulle aan misdrywe skuldig gemaak het.In dié lesersgebied is wel sulke mense wat

’n andermasker opsitwanneer dit by sakekomen die regte pad stap. Reëls is reëls enmoet na-gekom word.Die enigstemanier om ’n verskil temaak oor

hoe jou wêreld waarin jy leef, woon en werk,

moet lyk, is om jou as kieser te registreer. Dítkan jy die naweek doen.Jou kruisie kan die verskil maak.’n Kollega, Jana Bekker, het dié uitgawe van

Kroonnuus redaksioneel versorg. Sy is nou so-wat twee maande op Kroonstad. Almal hethaar al gevra waarom sy die mooiste Kaap virdie Vrystaat verruil het: “Diemense op Kroon-stad is só vriendelik,” sê sy.Aanvanklikhet sy gedinkdieSotho-spreken-

des mompel wanneer hulle hul koerant byVolksblad en Kroonnuus se kantoor kom haal.Hulle groet beleef enigeen ongeag of hulle diemens ken of nie.Dit is wat die Vrystaat besonders maak. Nie

net is die omgewing om ons plat nie, maar ookdie mense is plat op die aarde.

CAREL VENTER, Kroonstad:

EK is nou 33 jaar in die korttermynverse-keringsbedryf.Die wanorde wat nou daagliks in ons

strate plaasvind, is heeltemal onaanvaar-baar.Padtekens en veral stopstrate het ’n baie

ernstige doel. Dan sit ons daarby verkeers-ligte en voetgangers op Kroonstad, U-draaiin die Duikweg en motoriste wat oor rooiverkeersligte ry.Elkeen in die wêreld moet self besluit,

maar wat nie uit die oog verloor moet wordnie is dat u die gevolge van daardie besluitgaan dra.Dit is maklik om te besluit ek ry teen ’n

spoed vantussen 60 km/h en 100 km/h oor’n stop straat. Wat die mense nie besef nie,is daar kan mense sterf in daardie ongeluk.Benewens dat die mens dalk in die

ongeluk dood is, kan die een verantwoorde-lik gehou word vir aanspreeklikheid en ditkan derduisende rande beloop. Dit kan ’nmens geldelik uitroei. Moet nie van dieveronderstelling uitgaan “maar ek hetversekering, my versekering sal betaal nie”.Daar kan klagte ingedien word van roekelo-se en nalatige bestuur wat die eis dan kanbeïnvloed.Wat van kinders met fietse in die strate?

Hoe gaan dit ’n mens se lewe beïnvloedindien so ’n kind in die ongeluk dood is?Padtekens is daar met ’n doel. Dit is om

die verkeer reg te laat vloei. Dit is om onspaaie veiliger te maak en ons almal moetmekaar in ag neem. Ons is almal volwassemense en ’n onverantwoordelike bestuurderin ’n voertuig is ’n dodelike wapen net soerg soos ’n vuurwapen.Baie mense ry sonder derdepartyverseke-

ring. Dit gaan nie net oor die ander partyse voertuig nie, maar oor aanspreeklikheidook. Dit kan iemand wees wat byvoorbeeldinternasionale rugby beoefen wat in so ’nongeluk omkom en hy is die broodwinner.Mense, dit kan baie lelik raak met so ’n eis.Asseblief, ek vra vandag baie mooi:

Respekteer die verkeersreëls. Moenie as udie berig sou lees, sê ag, ek gaan ry soosdit my pas nie. Dit is met baie goeiebedoelings dat ek die brief skryf.Veilig en lekker ry.

Respekteerverkeersreëls

MATRIEKLEERLINGE landwyd het verlede Maandag die eindeksamen met hul eerste En­gels­ vraestel begin. D’atra Hicks, ’n leerling aan die Hoërskool Zenith, en haar medema­trieks lê die nasionale senior sertifikaat­eksamen in ’n kerksaal oorkant die skool af. Dielaaste vraestel word op 29 November geskryf. Foto: Jana Bekker

DIE Dameskring van Kroonstad het op die maandvergadering in Oktober meer oor erfenisgeleer. Vroue het pienk gedra ter viering van Kankermaand. Die nuwe streekverteenwoor­diger, Marichen Barkhuizen van Welkom, het die geleentheid bygewoon. Sy het die vrouegeïnspireer ommeer by die samelewing betrokke te raak. Van die lede wat die vergaderingbygewoon het, is van links Wilma Botha, Lorraine Snyman, Thea Steenekamp, Susanvan Niekerk, Gertruida Gryffenberg, Barkhuizen en Ina Jagga. Foto: Verskaf

Leer saammeer oor erfenis

DIE Polkadot-Kerskothuis-mark wordmôre totVrydag bydie ouStadsaal opKroonstadgehou.Die mark

vind daaglikstussen 09:00en 18:00plaas.’n Teetuin,

geskenke,dekor en kunsvorm deel vandié mark.Vir meer

besonderhedebel Friedsiede Jonge by076-563-3488.

Koopopmark

STAMPMIELIES met gespikkelde suiker-bone is so tradisioneel en hoogs voedsaam.Mandisa Titi, die kommunikasiebestuur-

der van die Moqhaka-munisipaliteit, hetaan Kroonnuus vertel hoe sy dié gereg, watin die Xhosa-gemeenskap gemaak word,voorberei.Bestanddele:1 koppie stampmielies3 koppies gespikkelde suikerboneeen blokkie biefaftrekselMargarien na smaakMetode:Laat die stampmielies en bone oornag in

koue water week. Spoel af.Plaas die stampmielies en bone in ’n prut-

pot en vul met koue water aan. Dít kan nousommer ’n hele dag op matige of selfs lae

hitte kook.Voeg die opgeloste biefaftrekselblokkie

so ’n uur voordat die gereg gaar is, by.Roer die margarien voor opdiening by.Samp le dinawa1 kopi stamp3 kopi dinawa kgubedu1 bief stock bolokoNnuka ka botoroMokgwa:Beha stamp le dinawa ka hara sekotolo

sa metsi a batang. Tshola metsi stamp le di-nawa tsatsi lehlamang.Beha stamp le dinawa ka slow cooker.

Tshela metsi a batang.Peha hantle (4 to 8 hours), tshela beef

stock. Kopanya hantle. Peha hape.Fuduwa botoro ka hare.

MaakXhosa-stamp

DIRK DE HART, raadslid: FezileDabi-distriksmunisipaliteit, Kroonstad:

COPE vind dit onaanvaarbaar dat ’nraadsvergadering van die Moqhaka-munisipa-liteit wat vir Donderdag 31 Oktober belê issonder enige kennisgewing gekanselleer is.Dit is duidelik dat die raad van Moqhaka

en die ANC nie die pligte en aktiwiteittussen die twee kan skei nie.Dit het aan die lig gekom dat die raadsver-

gadering gekanselleer is sodat lede van dieraad ANC-partypolitieke werk kon verrig.Dit is ’n duidelike misbruik van die posisievan die raad en ook die lede daarvan.Nieteenstaande dat die staande reëls en

orders geensins gevolg is met die kanselle-ring van die raadsvergadering nie.Die speaker van die munisipaliteit het ’n

verpligting teenoor die mense van Moqhakaen dus kan ’n geskeduleerde raadsvergade-ring nie summier gekanselleer word virpartypolitiek nie – die raad en sy lede moethul verpligtinge nakom.

Raadmoet syplig doen

THE birthday celebrations of the Brent Park Secondary School endedwith the crowning ofMr andMissBrent Park 2013.With almost 30models‘owning’ the catwalk and showcasing their abilities, the judges had areally hard time choosing the winners. Performances and entertainmentfrom talent show stoppers, student rappers and DJ’s kept the audien­ce glued to their seats. Shubaica Jantjies andDavienDaniels were crow­ned Miss and Mr Brent Park. The first princess is Keshia Jonker andthe second Lucia Hankane. Koos Mogorosi and Betty Maishoane werecrowned Mr and Miss Personality. Photo: Supplied

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

Page 5: Kroonnuus 20131105

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 5

Page 6: Kroonnuus 20131105

6 KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

Page 7: Kroonnuus 20131105

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 7

Jana Bekker

DIE DA-raadslid vir wyk 16 versoekinwoners om oorskotplante en -bomewat hulle nie benut nie, te skenk.Grace Wille sê hulle wil dié plante

gebruik, veral in dele waar inwonersnie die versiering van die wyk kan be-kostig nie.“Ongebruikte swaaie, klimrame en

speelgoed sal ook gewaardeer word,”sêWille. “Onswil graagvirhulle bome

en plantgoed gee om hulle mee besigte hou,” sê sy.Enige speelgoed, soos ou poppe of ou

karretjies, sal verwelkom word. Inwo-ners kan Wille by 082-375-9069 bel.

Oorskotplante vir wyk gevra

Page 8: Kroonnuus 20131105

8 KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

KUNSWERKE van Ceciel du Toit en Nicky Ja­cobs, kunsleerlinge van Mari Leonard, is on­langs vir die landwye Santam­kinderkunskom­petisie gekies. Die tema vir vanjaar se kompeti­sie was My gunsteling­herinnering. Altesaam4 773 kunswerke is ontvang, waarvan 306 virdie kompetisie gekies is. Hiervan sal 13 in ’nkalender ingesluit word. Die meeste inskry­wings is in die afdeling vir kinders van ses totsewe jaar ontvang. Die meeste kunswerke isdeur meisies. Foto: Verskaf

DIE twaalde Rotary-fees van Liggies wordop Woensdag 27 No-vember om 18:00 met’n gospel-musiekaandin die NG Moeder-kerk ingelui. Dit is ’nbelewenis wat niemisgeloop mag wordnie.

Kroonstadters kanweer hul vere, of lie-wer, liggies beginregskud vir die jaar-likse Rotary-fees vanLiggies. Op Saterdag7 Desember van 16:30af vind die Fees vanLiggies-aandmark byCrossstraat plaaswaar verskeie vlooi-markhandelaars hulware sal uitstal.

Dit is ook ’n ge-leentheid vir ondermeer kerke, skole eninstansies om kos- ofander stalletjies te be-man en sodoende geldvir hul projekte in tesamel. ’n Verhoog entoerusting sal beskik-baar gestel word.

Jong plaaslikekunstenaars sal hultalente hier ten toonkan stel. Deelnemersen luisteraars wordgenooi om hieraandeel te neem. Die fees-liggies word op diemark aangeskakel.

Ondernemings opdie dorp kan hulleteen R220 inskryf omhul winkels te ver-sier. Wisseltrofeë virdie inskrywings is opdie spel.

Daar is ook nog tydvir ondernemings omhulle in te skryf om ’nlamppaal te versier.Lamppale word aanondernemings “ver-koop” wat dan hul eieKersfees-liggieversie-rings aanbring. On-dernemings is vir huleie versierings ver-antwoordelik.

Inskrywingsgeldvan R475 kan vir diehuur van ’n paal byRellings, Crossstraat,gedoen word.

Die elektrisiteitsaf-deling van die dorpverrig hier ’n groottaak om al die versie-rings betyds op te rig.Die Rotary-klub isdankbaar daaroor.

Huis- en woonstel-bewoners word aan-gemoedig om hul wo-nings te versier.Huisbewoners neemdeel aan ’n kompeti-sie vir onder meer dieoorspronkliksteKersuitbeelding enskouspelagtigste ver-siering. Inskrywingskan teen R20 by Rel-lings gedoen word.Bel Hazel Dell by 082-976-8419.

Fees vanLiggieswink al

Page 9: Kroonnuus 20131105

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 9

URGENT!!!Aqua Transport & Plant HireQUALIFIED DIESEL MECHANIC -

Email CV to:or

orFax to: 086 274 3124 orcall Gerhard at 078 993 2975

·3 Years' experience inearthmoving equipment·Previous experience in mineenvironment can be to youradvantage·Must be prepared to workafternoon shifts·Must have red seal certificatee.g. Merseta·Security check will be done

Package: Marked related (Negotiable)

[email protected]@aquatransport.co.za

ALGEMENEKENNISGEWINGS

VERLORE/VERMIS

1225

FORD-SLEUTEL METBOTTELOOPMAKER VERLOOR

tussen Rowanstraat enSteynsrus-pad.

Beloning aangebied.Skakel At 082 850 1739.

PERSOONLIKEDIENSTE

SPYSENIERING& LOKALE

1401

FME WEDDING &PARTY PLANNER

Onthaal, dekor, spyseniering, kerse,tafels en stoele, stoeloortreksels,

kandelare, 'underplates',breekware, tafeldoeke, rooitapyt,

ens.Skakel 079 515 8814.

TE KOOP

BOUMATERIAAL

1610

KLEIBAKSTENEIS BETER -

BERTS BRICKS(Potchefstroom)Kleipleisterstene,Kleisierstene,

Kleiplaveiselstene,Sement maxi stene,Sementpleisterstene,Sementplaveiselstene,Minimum vragte in

Kroonstad en omgewing10 000 bakstene.018 292 1615

www.bertsbricks.co.za

KLERASIE

1615

HOT SPOT:(oorkant Clicks).GROOT WINTER-UITVERKOPING!Kom loer gerus.Vir meer inligting

skakel Sylvia 082 908 9555.

ALLERLEI

1655

30% AFSLAGOP ALLE BLINDERS:

Top Carpets056 212 5507.

BELLO MIA ENHOUSE OF DÉCORHillstraat 20 Hill StreetNuwe adres!Oorkant Paint ShopKom kyk na al die silwerbakke,kandelare, glase, ens. vir jou huis.Lekker geskenke vir elkegeleentheid. Verhuring vandekor vir funksies ook. Die mooistekindergeskenke en klere vir kleu-ters, babas en kinders.Tandekrale en snoesigelangoorhasies vir troostye ook hierbeskikbaar.Skakel 082 554 5852.

MUURDEKORin 'n oogwink.

Verskeie muurplakkers virkinderkamers, skuifdeure, kombuis,ens. Top Carpets. 056 212 5507.

SHOES:Green Cross, Crocs, Aerosoft, Rock

Spring, Tsonga, Paradise,Young Clinic, Pierre Cardin,

health shoes, fashion shoes, etc.Available at Shoetique(langs ou Cyril Smiedt).Vir meer besonderhedeSylvia 082 908 9555.

NUWE 'WACKER'te koop

teen 'n lae prys.Skakel 082 203 1717.

TROETELDIERE

1660

DIERELIEFHEBBERS ALLEEN-LIK: 2 pragtige langhaarkatjiesGRATIS vir goeie huise.Skakel 083 332 6622.

GESOEK OMTE KOOP

1675

BANTAMS(HOENDERTJIES)TE KOOP GEVRA:

Verskillende kleure, asb.Moet opreg wees.

Skakel 082 257 0348.

EK KOOPTWEEDEHANDSEBREEKWARE,

eetgerei en ornamente.Soek Royal Albert-teestel.Skakel Jenny 083 290 0255.

TE KOOP GEVRA:Enige elektriese en

handgereedskap asookhoutwerkgereedskap en

-toerusting, meubels, yskaste,antieke goedere en enige anderartikels. Skakel 056 212 5418

of 076 168 1921.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

BOUWERK &KONSTRUKSIE

1801

BOUWERK: Aanbouings, herstel enopknapping - kraakvry gewaarborg.Verf en teël. Afdakke. Waterdigting

vir dakke. 072 396 8231.

TUIN &BESPROEIING

1825

OM GRASSNYDIENSTE:Gratis kwotasie.

Skakel Orton 082 729 6000.

INSTANT LAWN/KIKUYU-KITSGRAS:

Middenspruit-kitsgrasplaas, 10 kmbuite Kroonstad opViljoenskroon-pad.Gras gelaai op plaas:

R9 per rolR11 per rol afgelewer

in Kroonstad.Skakel Louwna 083 285 1065.

GESIFTE, ONKRUIDVRYEkraalmis: R40 vir 50 kg.Skakel 083 923 3642om reëlings te trefvir bestellings.

VRUGBARE ROOITUINGROND:

Afgelewer per kubiekemeter/5-kubieke meter-vragte

ook beskikbaar.Kompos per 60-d/m-sak.

Uitstekend vir grasdeklaag.Skakel Louwna 083 285 1065.

ALLERLEI

1845

AIR ENGINEERING CCCompany Reg number:CK 2013/063/8468/4

Refrigeration and AirconditioningContractors

Repairs, Installations & Services.John: 071 803 6192

HERSTEL VAN STOWE,YSKASTE, VRIESKASTE,

WASMASJIENE.Skakel Hendrik072 806 4421.

JJ STAALWERKEVervaardiger van: Staalhekke,

diefwering,afdakke, heinings en

sleepwaens. Jack 082 466 9158.

KINGS BLINDS:Alle tipes blinders -

ook was-en herstelwerk

Skakel 082 783 1396.

LEKKENDE DAK?Skakel die spesialiswaterdigter.Gratis kwotasie. Meer as 22 jaar

ondervinding. 10-jaar-waarborg. Skakel LutherCronje 082 891 4052.

MAAK EN RESTOUREERvan houtmeubels, boekrakke,biltongkaste, koffietafels,

bedkassies,bedkopstukke ens.

Skakel Dave Jordaan 082 573 9927.

PLUMBING

[email protected]

082 452 2458

056 212 7842

GeyserBurst pipesBlock Sewerage

GeyserBurst pipesBlock Sewerage

SKUUR EN HERSTELVAN HOUTVLOERE.

Dawie082 558 8741.

TAXIDIENSTE:Vir u en u pakkies.

Skakel076 215 2914.

Trendy WendyTrendy WendyOns vervaardig:

PophuiseStoor- en

huishulpkamersasook

hondehokke!Skakel

058 303 1680

WAS VAN MATTE,sitkamerstelle enkantoorstoele.Top Carpets.056 212 5507.

VERFWERK

1872

PLAVEISEL

1873

VERVOER &BERGING

1870

HARNO VERVOER4- en 8-ton-trok beskikbaar vir dieverwydering van bourommel enalgemene vervoerwerk.Skakel 073 157 7248.

Page 10: Kroonnuus 20131105

10 KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

ZIAN DE JAGER, seun van oud-Kroonstad-ter Nic de Jager (43), gaan in Desember indie voetspore van sy pa volg en in die nasio-nale o.13-krieketweek in Bloemfontein inaksie wees. Pa Nic se eerste van twee o.13-weke in 1982 was ook in Bloemfontein. Hyhet die Vrystaat se o.13-span as kolwer endraaier verteenwoordig in ’n span wat daar-die jaar spelers soos Hansie Cronjé en KosieVenter ingesluit het. Zian van die LaerskoolEmfuleni in Vanderbijlpark is vanjaar as

kolwer en draaier virGauteng gekies.

Die jaarlikse krieket-week word van 6 tot 10 De-sember in Bloemfonteingehou. Pa Nic is deesdaeby ArcelorMittal Suid-Afrika bestuurder van produk- en markont-wikkeling, Platstaal, in Vanderbijlpark. Hyis met Kroonstadter, Ronel, getroud. Die eg-paar het ook ’n dogter, Micaela (10) .

Aardjie na sy vaartjie

NIC DE JAGER en sy seun, Zian. Foto: Verskaf

HUMANWESSELS het dieHoërskool Kroonstad severdienstelikheidstrofee virsenior seuns ontvang vir syprestasie as dux­leerling ingr. 10 met ’n gemiddeld van91% oor die jaar heen. Foto:Verskaf

DIE gr. 8­ en gr. 9­leerlinge aan die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) het onlangs aan die Global­wiskunde­olimpiade deelgeneem en besonder goed gepresteer. Die tien beste presteerders vandie skool het ’n gemiddeld van 74,5% op die olimpiade behaal. Die slimkoppe is van links voor:Anne­Mari Behrens (brons), Entia van Tonder (brons), Rozanne MacDonald (silwer) en Carlivan Tonder (goud); agter: Christiaan Doubell (goud), Waldo Wessels (goud), JC Cordier (goud)en Natalie Rosslee (silwer). Afwesig: Mia van Oudtshoorn (brons) en Christi Louw (brons). Foto:Tinkie Hattingh

Presteer in wiskunde­olimpiade

TWEE leerlinge van die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) op Kroon­stad het weer op die Vrystaatse Nautilus­wiskunde­olimpiade puikgepresteer. Carli van Tonder (gr. 8) en JC Cor­dier (gr. 9) het elk’n derde plek in hul onderskeie grade behaal. Foto: Tinkie Hattingh

JEF'S ALGEMENE VERVOEREN NUTSMAN

Verwydering van bourommel,takke en enige iets uit erwe, ens.

Skakel 083 494 5877.Faks: 056 212 1322.

BOME

1871

HOUTKAPPERTJIE:083 568 1568

Afsaag, 'trim' en verwyder van bome.Kaggelhout te koop.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

VAKANSIE& REIS

AKKOMMODASIE

2635

Vakansieverblyf:Stellenbosch:

Billike dubbel- en enkelkamersbeskikbaar in

goed toegeruste koshuis van9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014.Sentraal. 021 887 1583.

SELF CATERING

2626

PE BEACHFRONTSelf-catering accommodation.Fully equiped two-bedroom

apartments.R650 per night.

Lillian 079 982 2979or 041 581 0623.

TYDDEEL

2630

5 HOLIDAY CLUB-PUNTE te koop

teen aankoopprys in 2001.Skakel 082 405 1773.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

WIT MERCEDES te koop.Model 250D - 300000 kilosElegance: 1996. Leër sitplek

Goeie toestand.Prys R 32000

Skakel 072 856 1536

VOLKSWAGEN BEETLEte koop: In lopende toestand,

R12 500. 083 625 9962.

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

WERK

VERKOPE &BEMARKING

3760

-----------------------------------------BEMARKER:

BANKPRODUKTE* 6-maande-kontrak,mag permanent word.

* 1 - 2 j verkoops-, bank-,kliëntediensonderv.

* Opleiding word verskaf,FAIS- eksamen sallater afgelê word* R7 000 p.m.E-pos CV:

[email protected]

Slegs kortlys word gekontak.--------------------------------------------

VERKOOPSPERSOONword benodig by besigheid in

Kroonstad. Moet dadelik kan begin.Ondervinding van loodgieterspro-

dukte en hardeware en Pastel sal totvoordeel wees.

Minimum kwalifikasie:Matriek. Handig CV in by

K.T.P.Reitzstr. 8 ofstuur verkorte

CV na 086 652 7087.

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

BOEDEL WYLE:MJJ STEYN - BOEDELNOMMER: 12594/2012

KENNISGEWING

In die boedel van wyle MARIA JACOBAJOHANNA STEYN, gebore op 1 Junie 1934,identiteitsnommer 340601 0057 087, in lewe 'nhuisvrou van Arboretum Aftreeoord, Kroonstad.Datum van dood 25 Oktober 2012, boedelnom-mer: 12594/2012, weduwee.Kennis geskied hiermee dat die eerste en finalelikwidasie- en distribusierekening inbogenoemde boedel ter insae sal lê vir 'n tyd-perk van een en twintig dae gerekenvanaf 8 November 2013 ten kantore van dieMeester van die Hooggeregshof teBloemfontein en die Landdros te Kroonstad.

HJ LABUSCHAGNEEKSEKUTEURTESTAMENTÊRLABUSCHAGNE &DE LANGEPOSBUS 272, ORANJESTRAAT 40KROONSTAD9500

122. BOEDEL WYLE: HENRY FRANKBASSONBOEDELNOMMER: 7216/2012

_KENNISGEWING

IN DIE BOEDEL VAN WYLE: HENRY FRANKBASSONGEBORE: 10 NOVEMBER 1927IDENTITEITSNOMMER: 271110 5094 080DATUM VAN AFSTERWE: 5 JANUARIE 2012HUWELIKSTATUS: GETROUD BINNEGEMEENSKAP VAN GOEDERE METJOHANNA MARGARETHA BASSONADRES: ENSLINSTRAAT 25, KROONSTADBOEDELNOMMER: 7216/2012KENNIS geskied hiermee aan krediteure endebiteure in die bogemelde boedel om hul eisein te dien en skulde te vereffen by die kantoorvan die ondergemelde binne dertig (30) daevanaf datum van publikasie.EKSEKUTEURGRIMBEEK VAN ROOYEN & VENNOTE ING.POSBUS 1282KROONSTAD 9500TEL: 056 212 5197VERWYSING: RACHELLE MINNIE.

122. BOEDEL WYLE:JF VISSERBOEDELNOMMER: 8639/2013

BOEDELKENNISGEWING

In die boedel van wyle JACOBUS FREDERICKVISSER, identiteitsnommer 370828 5012 089 ennagelate eggenote CHRISTINA CAROLINA VIS-SER (Gebore Riekert), identiteitsnommer390122 0034 082, getroud binne gemeenskapvan goedere, in lewe woonagtig in Dongesstraat20, Kroonstad, Vrystaat, boedelnommer8639/2013, datum van afsterwe 12/08/2013.Krediteure en debiteure in bogemelde wordhiermee versoek om hul eise in te lewer en hulskulde te betaal by ondergetekende binne 'ntydperk van dertig (30) dae vanaf 8 November2013.Eksekuteur TestamentêrGC ENGELBRECHTPosbus 1606Kroonstad9500

BOEDELS:LIKWIDASIE ENDISTRIBUSIE

4205

122. DAVID JACOBUS STRAUSSBOEDELNOMMER:1631/2011

_KENNISGEWING

In die boedel van wyle DAVID JACOBUSSTRAUSS, gebore 11 September 1938, identi-teitsnommer 380911 5027 089, datum vanafsterwe 30 Junie 2010, getroud buitegemeenskap van goedere sonder die aanwasbe-deling. Adres: Hoewe 13 Frischgewaagd, Kroon-stad.Boedelnommer: 1631/2011Kennis geskied hiermee dat die eerste en finalelikwidasie- en distribusierekening in die boedelin die kantore van die Meester van dieHooggeregshof, Bloemfontein en dieLanddros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een entwintig (21) dae vanaf 8 November 2013 terinsae lê vir alle persone wat daarby belang het.Indien geen beswaar daarteen by die Meestervan die Hooggeregshof ingedien word binne diegemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uit-betaling daarvolgens oorgaan.EKSEKUTEURGrimbeek van Rooyen & Vennote IngPosbus 1282Kroonstad 9500Tel. 056 212 5197Verwysing: R. Minnie

122. JOHANNES GEORGE DU PREEZBOEDELNOMMER:13911/2010

_KENNISGEWING

In die boedel van wyle JOHANNES GEORGEDU PREEZ, gebore 29 Augustus 1975, identi-teitsnommer 750829 5068 089, datum vanafsterwe 18 Oktober 2010, ongetroud, adresArabellahof 202, Reitzstraat, Kroonstad.Boedelnommer: 13911/2010.Kennis geskied hiermee dat die eerste en finalelikwidasie- en distribusierekening in die boedelin die kantore van die Meester van dieHooggeregshof, Bloemfontein en dieLanddros, Kroonstad, vir 'n tydperk van een entwintig (21) dae vanaf 8 November 2013 terinsae lê vir alle persone wat daarby belang het.Indien geen beswaar daarteen by die Meestervan die Hooggeregshof ingedien word binne diegemelde tydperk nie, sal die Eksekuteur tot uit-betaling daarvolgens oorgaan.EKSEKUTEURGrimbeek van Rooyen & Vennote IngPosbus 1282Kroonstad 9500Tel. 056 212 5197Verwysing: R. Minnie

_

122 BOEDEL WYLEMJ MOKHACHANEBOEDELNOMMER:872/2013

KENNISGEWING

In die boedel van wyle MALEFETSANE JACOBMOKHACHANE, identiteitsnommer 4403105246 088, en langslewende eggenote, LIKA ELI-ZABETH MOKHACHANE, identiteitsnommer500519 0709 083, EGLIEDE GEHUUD BINNEGEMEENSKAP VAN GOEDERE, gebore op 10Maart 1944 en wie se laaste adres 22516 Geluk-waarts, Maokeng, Kroonstad, provinsieVrystaat was en wat oorlede is op 12 Januarie2013, boedelnommer: 872/2013.Meesterskantoor, Bloemfontein.Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965,word hierby kennis gegee dat die tweede gewy-sigde eerste en finale likwidasie- en distribusie-rekening in bogemelde boedel ter insae lê virpersone wat daarby belang het vir 'n periodevan een-en-twintig (21) dae, vanaf 8 November2013, te kantore van die Meester van die Hoog-geregshof, Bloemfontein en te kantore van dieLanddros, Kroonstadq.q Eksekuteurp/a NAUDè-THOMPSON ING.Cross-straat 98Posbus 932Kroonstad9500Tel. 056 212 3280/9.

EIENDOMME

SAKEPERSELE

3215

PERSELE TE HUUR:Skakel

082 908 9555.

WOONSTELLETE HUUR

3250

Skakel 056 213 2094werksure.

WOONSTEL TE HUUR

ONMIDDELIK BESKIKBAAR

- FLAT TO LET

Een slaapkamer

met ingeboude

kaste en balkon.

Sentraal geleë.REGRET - NO PETS

AND CHILDREN.

R2 300 per maand

ROOMS AND FLATSTO LET.Contact

082 908 9555.

RUIM 1-SLK-WOONSTEL,KROONHEUWEL: R1 930 p.m.

Deposito word verlang. Skakel Jamesde Witt by 082 579 2761.

VRYGESELW/STELvir enkelpersoon.Huur R1 600 p.m

Water en ligte ingesluit.Skakel 078 700 9592

1-SLK-W/S: Grondvloer.Ingeboude kaste, Plessey-meter.

Huur: R1 900 p.m.Geskik vir pensioenaris.

Beskikbaar1 Desember. 083 459 7494.

MOTORHUISE/BERGING

3260

TE HUUR: 2 X KAMERS/STOOR-PLEK, Middedorp. Skakel 079 731

0291.

HUISE TE KOOP

3275

NETJIESE UITGEVERFDE3-slk-huis te koop. Fowlerstraat 26.Ruim woonhuis. Prys verlaag. Skakel

082 908 9555.

HUISE TE HUUR

3270

DRIE-SLAAPKAMER-huis met 2 badkamers te huur.Senekalstraat 18. Presidensia.

Naby skole.R4 500 p.m. 083 625 9962.

EIENDOMME GESOEKOM TE KOOP

3301

IF YOU WOULD LIKE TOSELL YOUR HOUSEfor under R300 000,

please contact 072 634 2111.Cash buyer.

EK IS OP SOEK NA'N 3-SLAAPKAMER-HUIS.Verkieslik met motorhuis

of woonstel in erf.± R400 000.

Privaat verkopers.Skakel 072 776 1595.

DORPSHUISETE HUUR

3325

MEENTHUIS TE HUUR:Die Oewer 9.

Onmiddellik beskikbaar.Skakel 082 773 2250 of

082 808 8381.

PRAGTIGE MEENTHUIS:2 slaapkamers,

oopplansitkamer, kombuis.Nuwe Suidrand.

Skakel 082 789 2389.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Kroonnuus 20131105

KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013 11

DRIE karatekas vandie Kroon­JKA­kara­teklub het onlangs opdie nasionale swart­gordel­gradering inJohannesburg hulgraderings geslaag.Hulle is van linksChristiaan Bredell(eerste dan), MinetteBornman (eerstedan) en Anton Bredell(tweede dan). Dieklub se hoofafrigter,Michelle Goosen(vierde dan, nie op diefoto nie), sê dit is ’nbaie streng graderingwat almal nie die eer­ste keer slaag nie.

Foto: Verskaf

Wys hul slagin karate

AVB KROONNUUS 1

Kroonstad TakHillstraat 18KroonstadTel: (056) 212 4129

Welkom TakMuizenstraat 38WelkomTel: (057) 352 2307

Die lewe mag wel oordie reis gaan...

...maar dit gaan ook oor hoe jyklaar maak.

Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnis-versekering en begrafnisdiens, verseker AVBOBdat daar goed na jou en jou geliefdes omgesiensal word.

KRY TOT R4000 KORTING OP ‘NBEGRAFNIS

Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer virgratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deurAVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word.

Terme en voorwaardes geld.Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer.

Vir meer inligting kontak ons

Ons is hier vir jou

Page 12: Kroonnuus 20131105

12 KROONNUUS, DINSDAG 5 NOVEMBER 2013

DIE seuns en meisies van die Kroonheuwel­ Primêre Skool het Fezile Dabi in die Septemberva­kansie op die nasionale skole­ringbaltoernooi verteenwoordig. Van links is, voor: MiriamNortman(afrigter), Marco Swart, Suné Kühn, Clarissa de Jonge (kaptein), Ilené Fullard, Esmie Rossouwen Johathan Nortman (afrigter); agter: Rudéne Weideman, Brian van Niekerk, Ané Bester enJohalize Steenkamp, inlas: Marx Steenkamp.

CLARISSA DE JONGE (links) en Ilené Fullard,leerlinge aan die Kroonheuwel­ Primêre Skool,is vir die presidentespan van Ringbal Suid­Afri­ka gekies.

MONTÉ EKRON en Janike van Jaarsveld, leerlinge aan die Kroonheu­wel­ Primêre Skool, het die Fezile Dabi­spanne (o.15) in die September­vakansie op die nasionale skoleringbaltoernooi verteenwoordig. Vanlinks is Monté, Johnny Nortman (afrigter) en Janike van Jaarsveld.

Foto’s: Verskaf

Speel vir streek ringbalSpeel vir streek ringbal