jaar 14 - uitgawe 27 kontak ons: [email protected] www ... uitgawe 27-… · lynn van rooyen van...

8
1 2 September 2016 Vader, breek vandag ‘n nuwigheid in my oop sodat ek hierdie seisoen kan blom vir U. Ek wil vrug dra wat getuig van U goedheid en ‘n boom wees wat vir ander skadu kan gee. Dankie vir lewende water wat elke dors deel van my voed. Dankie vir my gees se oopgebreekte grond wat U Woord kan ontvang. Ek sit vandag my winterhart voor U voete neer. Ek gryp elke belofte uit U hart en plant dit in my siel se tuin. Dankie vir nuwe lewe, nog ‘n kans en U stukkies bederf van alles wat mooi is om my. Ek eer U vir hierdie wonderlike seisoen! Amen 1. ALGEMENE SINODE NUUS: Die volgende inligting is van die Algemene Sinode se kantoor vir Kommunikasie ontvang, neem asseblief die nodige kennis daarvan: SEISOEN VAN DIE SKEPPING: Die Taakspan Ekologie, in samewerking met die medewerkers van Woord-en Fees, stel vier preeksketse en riglyne, asook die basis-liturgie, beskikbaar vir die Seisoen van die Skepping - 2017. Vanuit verskillende konfessionele tradisies regoor die wêreld, word ’n Seisoen van die Skepping in Koninkrykstyd, in die tyd ná 1 September elke jaar, gevier. Dit volg op ’n voorstel in die verband van die Ekumeniese Patriarg Dimitri I van die Ortodokse kerk in 1989. In ’n aanbeveling van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke na aanleiding van die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling (Johannesburg 2002), word kerke aangemoedig om 1 September elke jaar af te sonder as ’n dag van gebed vir die skepping en volhoubaarheid. Klik op preeksketse en basis- liturgie om inligting af te laai. MEDIAVRYSTELLING VAN DIE BYBELGENOOTSKAP: Daar is omvattende navorsing deur Ipsos vir die Bybelgenootskap gedoen en daar het werklik interessante feite aan die lig gekom. Die rol wat die Bybel in mense se lewens speel, of ons nog Bybels benodig en persone se voorkeure ten opsigte van gedrukte- en digitale media, is baie relevant vir die Kerk – lees hier verder. INTERNASIONALE KONFERENSIE: Christians for Biblical Equality International (CBE), in samewerking met GEMA en CBESA, bied vanaf 14 tot 17 September 2016 ’n internasionale konferensie getiteld, Truth Be Told: Speaking Out Against Gender Based Violence, aan. Die konferensietema is gebaseer op Joh 8:32, Then you will know the truth, and the truth will set you free. Vanuit die NG Familie se geledere tree di Rethie van Niekerk en Christina Landman, asook Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie advokaat Thulie Madonsela, Openbare Beskermer, tree ook by hierdie geleentheid op. Hierdie word ook baie sterk deur die Seisoen van Menswaardigheid ondersteun aangesien dit absoluut aansluit by dié Seisoen se werksaamhede. Daar is meer inligting op hul Facebook-blad beskikbaar by http://www.facebook.com/GEMA-Gender- Equality-Matters-1717637875154055/?fref=ts of op die webblad. 2. SEMINAAR / WERKSWINKEL: DEEL JOU GELOOF (DJG)-SEMINAAR: Dit word op Saterdag 17 September 2016 in Petrusburg aangebied. Dit bestaan uit ‘n voldag-kursus waar jy bemagtig gaan word om jou geloof met familie en vreemdelinge te kan deel. Daar word Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Upload: others

Post on 14-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

1

2 September 2016

Vader, breek vandag ‘n nuwigheid in my oop sodat ek hierdie seisoen kan blom vir U.

Ek wil vrug dra wat getuig van U goedheid en ‘n boom wees wat vir ander skadu kan gee.

Dankie vir lewende water wat elke dors deel van my voed. Dankie vir my gees se oopgebreekte grond wat U Woord kan

ontvang.

Ek sit vandag my winterhart voor U voete neer. Ek gryp elke belofte uit U hart en plant dit in my siel se tuin.

Dankie vir nuwe lewe, nog ‘n kans en U stukkies bederf van alles wat mooi is om my.

Ek eer U vir hierdie wonderlike seisoen! Amen

1. ALGEMENE SINODE NUUS: Die volgende inligting is van die Algemene Sinode se kantoor vir Kommunikasie

ontvang, neem asseblief die nodige kennis daarvan:

SEISOEN VAN DIE SKEPPING: Die Taakspan Ekologie, in samewerking met die medewerkers van Woord-en Fees, stel

vier preeksketse en riglyne, asook die basis-liturgie, beskikbaar vir die Seisoen van die Skepping - 2017. Vanuit verskillende konfessionele tradisies regoor die wêreld, word ’n Seisoen van die Skepping in Koninkrykstyd, in die tyd ná 1 September elke jaar, gevier. Dit volg op ’n voorstel in die verband van die Ekumeniese Patriarg Dimitri I van die Ortodokse kerk in 1989. In ’n aanbeveling van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke na aanleiding van die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling (Johannesburg 2002), word kerke aangemoedig om 1 September elke jaar af te sonder as ’n dag van gebed vir die skepping en volhoubaarheid. Klik op preeksketse en basis-

liturgie om inligting af te laai.

MEDIAVRYSTELLING VAN DIE BYBELGENOOTSKAP: Daar is omvattende navorsing deur Ipsos vir die Bybelgenootskap

gedoen en daar het werklik interessante feite aan die lig gekom. Die rol wat die Bybel in mense se lewens speel, of ons nog Bybels benodig en persone se voorkeure ten opsigte van gedrukte- en digitale media, is baie relevant vir die Kerk – lees hier verder.

INTERNASIONALE KONFERENSIE: Christians for Biblical Equality International (CBE), in

samewerking met GEMA en CBESA, bied vanaf 14 tot 17 September 2016 ’n internasionale konferensie getiteld, Truth Be Told: Speaking Out Against Gender Based Violence, aan. Die konferensietema is gebaseer op Joh 8:32, Then you will know the truth, and the truth will set you free. Vanuit die NG Familie se geledere tree di Rethie van Niekerk en Christina Landman, asook Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie advokaat Thulie Madonsela, Openbare Beskermer, tree ook by hierdie geleentheid op. Hierdie word ook baie sterk deur die Seisoen van Menswaardigheid ondersteun aangesien dit absoluut aansluit by dié Seisoen se werksaamhede. Daar is meer inligting op hul Facebook-blad beskikbaar by http://www.facebook.com/GEMA-Gender-Equality-Matters-1717637875154055/?fref=ts of op die webblad.

2. SEMINAAR / WERKSWINKEL:

DEEL JOU GELOOF (DJG)-SEMINAAR: Dit word op Saterdag 17 September 2016 in Petrusburg aangebied. Dit bestaan

uit ‘n voldag-kursus waar jy bemagtig gaan word om jou geloof met familie en vreemdelinge te kan deel. Daar word

Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

2

materiaal voorsien wat bestaan uit die Seminaarboekie, 'n Groeivennootboekie, asook die DJG-Bybelstudiegids vir gebruik by sel- of Bybelstudiegroepies. Koste: R200pp (materiaal, opleiding en ligte verversings ingesluit) Besprekingsdatum: Vóór of op Sondag 11 September 2016 Vir navrae en besprekings, skakel vir Lulu Hugo by 083 309 7277

VBO-WERKSWINKEL:

3. GEBEURE BY GEMEENTES:

NG KROONHEUWEL-NOORD: Die rolprent Uitvlucht met Regardt van den Bergh as regisseur

en sy vrou Clara Joubert in die hoofrol, word Vrydag 2 September 2016 om 18:00 in dié gemeente se kerkgebou vertoon – van die akteurs sal ook by hierdie geleentheid wees. Clara glo Uitvlucht gaan mense leer om “minder te oordeel en meer hante te vat”. Die kaartjies is R50pp en is by Rellings, Blomme van Eden, asook by die deure beskikbaar. Hamburgers, koffie en koeldrank sal ook gekoop kan word – vir enige navrae, kontak vir ds Pieter-Möhr van Niekerk op 076 457 0894.

NG PARYS-SUID: Let op: Die karnaval vind in die kerksaal van NG Parys-Wes plaas

NG ANDREW MURRAY hou hierdie

Sondag 4 September 2016, hul jaarlikse “FRIENDS OF ANDREW MURRAY”-erediens om 09:00 by die kerkgebou in Alexandralaan. Die Canto Amici-koor sal optree en almal is welkom om hierdie spesiale diens by te woon.

Page 3: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

3

NG UITSIG: Borge en pryse vir hierdie geleentheid word benodig. NG FICHARDTKRUIN:

Skakel asseblief die kontakpersone indien iemand daarmee kan help.

NG HEUWELKRUIN: As jy van Kwela en van Hannes van Wyk hou, is hierdie Vroueoggend die plek om te kuier. Dit beloof om ʼn baie spesiale funksie te wees met heerlike verversings, asook uitstallers wat hul ware te koop gaan aanbied. Die Acapella Bliss- sanggroep gaan ook optree. Daar is heelwat kaartjies beskikbaar, asook plek vir nog uitstallers – kontak gerus die kerkkantoor.

NG LANGENHOVENPARK:

NG HEUWELSIG:

Aandag alle uitstallers! Hierdie gemeente se Kersmark vind weer vanaf 11 tot 13 November 2016 in hulle Gemeentesentrum plaas. Daar is ’n beperkte aantal stalletjies teen R300/stalletjie vir die drie dae beskikbaar. Slegs handgemaakte Kersgeskenke kan verkoop word. Geen stalletjies met voedsel sal toegelaat word nie, aangesien daar ’n teetuin gaan wees. Aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar, skakel 051 446 2225 (08:00 – 14:00), of stuur ’n e-pos na [email protected]. Aansoeke moet dié kantoor nie later as Vrydag 28 Oktober 2016 bereik nie.

Page 4: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

4

4. ADVERTENSIE: Die Aurora Alkohol en Dwelmsentrum bied ‘n bekostigbare buitepasiënte

behandelingsprogram aan vir persone wat in Bloemfontein en omliggende areas woon. Die volgende prosedure word gevolg vir opname in die behandelingsprogram:

Skakel Aurora Sentrum en maak ‘n afspraak vir assessering.

Indien die persoon ‘n geskikte kandidaat vir Aurora Sentrum se buitepasiënteprogram is, word die behandelingsfooi betaal.

Die persoon konsulteer dan die dokter soos gereël en dit is deel van die behandelingsfooi.

Die persoon kom drink vir 30 dae daagliks sy medikasie soos deur die dokter voorgeskryf (± 20 minute per dag) by Aurora Sentrum.

Die persoon kom vir agt terapiesessies oor agt weke by die maatskaplike werker gedurende kantoor-ure (± 60 minute per sessie.)

Die geleentheid om een maal per week by ‘n groepsessie in te skakel is beskikbaar.

Nasorgdienste is ook beskikbaar.

Beide die groepsessies en die nasorgdienste is beskikbaar teen geen ekstra koste. Kontak Santie Froneman by 051 447 4111 (k) vir enige verdere navrae.

5. NUUSBRIEWE:

MISSIE JAPAN: Lees die jongste nuus- en gebedsflits van 26 Augustus 2016 deur hier te klik.

BYBEL-MEDIA 18/2016: Hierdie week is die fokus op die jongste Kerkbode, Toerustingsondag en drie publikasies vir

gebruik in elke gemeente – lees dit hier. Neem ook kennis van Toerustingsondag op 11 November 2016 - Bybel-Media het in Julie ‘n inligtingspamflet hieroor aan elke gemeente (en leraar) gestuur.

CLF: Christelike Lektuurfonds het in vennootskap met die Wes-Kaap Sinode se Sentrum vir Publieke Getuienis, die 10

Bybelse beginsels vir leierskap in pamfletvorm saamgevat, om veral leiding te gee aan geestelike leiers in ‘n Afrikakonteks – klik hier vir meer inligting.

6. PREDIKANTE- EN BEROEPENUUS:

NOG ‘N NUWE AANKOMELING!: Die ooievaar is omtrent bedrywig in die Vrystaat Sinode - ds Kirna

Hellmuth van NG Tweetoring (Torings van Hoop) en haar man Julius het op 6 Augustus 2016, die trotse ouers van klein Juduan geword – ds Rikus van Zyl van NG Fichardtkruin loop ook breëbors rond, want hy is die oupa van die klein seuntjie. Baie geluk aan die nuwe ouers en grootouers, dit bly altyd ‘n wonderwerk uit die Hand van die Here – geniet die bederf!

BEROEPE: Die NG Gemeente Sasolburg-Fontein het vir proponent E (Elzeth) Pienaar beroep. Sy word op Sondag 4

September 2016 as Vastetermynleraar (18 mde kontrak), bevestig. Prop Pienaar is die vrou van ds Jac Pienaar van die NG Gemeente Taaibosspruit.

Ds PM (Pieter) Cocheran van die NG Gemeente Harrismith wat na die NG Gemeente Windhoek-Eros beroep is, se werkspermit in Namibië is goedgekeur en hy sal gedurende September 2016 in sy nuwe gemeente bevestig word.

Proponent L (Lyndon) van der Haer (ex UV 2012), het ‘n beroep na die NG Gemeente Memel aanvaar. Hy word op Sondag 16 Oktober 2016 in die amp van Vastetermynleraar (2 jr kontrak), bevestig.

Mag elkeen van julle in jul onderskeie bedieninge, die seën van die Here ervaar en so help bou aan sy Koninkryk…

7. VAKATURES:

SKRIBA: Die NG Gemeente Bainsvlei beskik tans oor hierdie vakante pos. Dié pos hanteer ook die finansies van die

gemeente en is ‘n halfdagpos – klik hier vir die vereistes en kontakbesonderhede, sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 5 September 2016.

MEDELERAAR: Hierdie vakature ontstaan binnekort by die NG Gemeente Harrismith – klik hier vir die besonderhede,

sluitingsdatum is Woensdag 14 September 2016 om 12:00.

Page 5: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

5

MEDELERAAR: Hierdie pos word vanaf 1 Januarie 2017 by die NG Studentekerk, Bloemfontein, beskikbaar. Hulle is ‘n

missionale, multi- en interkulturele gemeente, met eredienste in Afrikaans en Engels. Vir meer inligting, klik hier – sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 23 September 2016.

FINANSIëLE BEAMPTE: Aansoeke van persone nie ouer as 55 jaar, word vir hierdie pos by die NG Gemeente Hugenoot,

Bloemfontein ingewag. Kry hier meer besonderhede – sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 30 September 2016.

ORRELIS: Die NG Gemeente Noordhoek, Bloemfontein beskik vanaf Oktober 2016 oor ‘n vakante pos vir ‘n orrelis.

Belangstellendes kan hul CV stuur na [email protected] vir navrae, kontak Grace Pretorius by 082 570 0710.

8. KENNISGEWING: Let asseblief daarop dat die e-pos adres van die NG Gemeente Noordhoek,

Bloemfontein vanaf 1 September 2016 verander na, [email protected]

9. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars wat die komende week verjaar, seënwense

vir die nuwe lewensjaar:

3 Sept: Ds Amos Kotze - KROONSTAD - 056 212 3328, 082 224 2222, [email protected]

4 Sept: Ds Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, [email protected]

7 Sept: Dr Marius Terblanché - ONZE RUST - 051 522 7711, 073 426 2317, [email protected]

10. TEN SLOTTE:

Geniet hierdie seisoen van nuwe lewe uit die Vader se Hand, groetnis tot volgende keer.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERGee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure,

inligting na hierdie adres.

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

Page 6: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

6

MILJOENE BYBELS STEEDS BENODIG IN SUID-AFRIKA:

Meer as 23 miljoen Bybels word nog in Suid-Afrika benodig. Dit was die bevinding van onlangse navorsing wat deur die navorsingsmaatskappy, Ipsos, gedoen is. Byna 44% van Christenhuishoudings in die land het aangedui dat hulle nie meer Bybels benodig nie, terwyl 46,7% steeds tussen een en drie Bybels vir lede van die huishouding benodig.

Volgens hierdie navorsing behoort 68,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking, ouer as 15 jaar, tot die Christelike geloof. Net meer as 'n kwart van die bevolking (25,4%) ouer as 15 jaar, behoort tot geen godsdienstige groep nie.

Die Bybel is vir die meeste Christene steeds baie relevant. Op 'n skaal van een tot 10, met 10 die belangrikste, het 64,9% die belangrikheid van die Bybel in hulle lewens tussen agt en 10 geplaas. Die meerderheid van Christene in Suid-Afrika (79,1%) besit ook reeds een of meer Bybels. Tog is daar 5,5% Christene in die land wat glad nie 'n Bybel besit nie.

Suid-Afrikaanse Christene (62,4%) verkies steeds om koerante, tydskrifte en boeke in gedrukte formaat te lees. 'n Verdere 21,7% het egter aangedui dat hulle nie net in gedrukte formaat lees nie, maar ook van digitale formate gebruik maak. 'n Verdere 3% het aangedui dat hulle uitsluitlik in digitale formaat lees.

"Die Bybelgenootskap herdenk hierdie maand sy 196 ste bestaansjaar in Suid-Afrika. Alhoewel ons die Here baie dankbaar is vir alles wat op die gebied van Bybelvertaling,-produksie en -verspreiding oor hierdie byna twee eeue bereik is, bly die uitdaging uiters groot om te verseker dat elkeen wat 'n Bybel verlang, een kan kry," sê ds Dirk Gevers, Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. "Die navorsing wat Ipsos vir ons gedoen het, bevestig in baie opsigte dat die Bybel in Suid-Afrika steeds belangrik is."

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is op 23 Augustus 1820 in Kaapstad as 'n hulpvereniging van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap gestig. Vandag funksioneer die Genootskap as 'n nie-winsgewende maatskappy.

TERUG NA INHOUD

CLF: TIEN BYBELSE BEGINSELS VAN LEIERSKAP: Om ‘n Christenleier te wees is nie altyd

maklik nie. Jy moet ander lei tot ‘n liefdevolle verhouding met Jesus Christus, maar daar is baie uitdagings wat jou en jou gemeente in die gesig staar.

Christelike Lektuurfonds het in vennootskap met die Wes-Kaap Sinode se Sentrum vir Publieke Getuienis, die 10 Bybelse beginsels vir leierskap in pamfletvorm saamgevat

om veral leiding te gee aan geestelike leiers in ‘n Afrikakonteks. Hierdie pamflet is tydens ‘n kerkleierskonferensie wat op Maandag 25 Augustus 2016 te NGK Stellenberg gehou is, as hulpmiddel aan ongeveer 300 pastore van verskeie denominasies uitgedeel. Bestel gerus die pamflet “Ten Biblical Principles of Leadership” vir u gemeente en benut dit ook om uit te reik na ander geestelike leiers van geloofsgemeenskappe in u eie, of ‘n area waarheen u uitreike doen. Skakel 021 873 6964 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

Tydens hierdie konferensie is Christelike Lektuurfonds se uitstalling met groot belangstelling besoek en is weereens besef hoe intens die behoefte aan lewensveranderende lektuur in ons gemeenskappe is.

Page 7: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

7

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – SKRIBA, NG BAINSVLEI, BLOEMFONTEIN:

POSBESKRYWING: Alle Skriba- en finansiële funksies:

Kerkkantooradministrasie.

Skribaat vir alle kerkvergaderings.

Finansiële bestuur.

Ander pligte soos ooreengekom.

Halfdagpos.

VEREISTES VIR POS:

5 Jaar kantooradministrasie ondervinding.

Bewese rekenaarvaardigheid in Pastel, Excel en Word - tikspoed van 40 woorde per minuut.

Verkieslik: Naskoolse diploma in Finansies of Administrasie.

NG Kerk lidmaat - inskakeling by Bainsvlei gemeente sal onderhaandel word.

Bestuurslisensie en eie vervoer.

Goeie menseverhoudinge en lojaliteit teenoor die Here en sy Kerk.

VERGOEDING: Markverwant vir pos.

AANSOEK & CV: Stuur per e-pos aan [email protected]

NAVRAE: Vir meer inligting kan Danie Fourie by 079 870 0210, of Cindy Bouwer by 051 448 2077 geskakel word.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - MEDELERAAR, NG HARRISMITH: Hiermee maak die kerkraad die betrokke vakature bekend en nooi

persone met volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel: Die gemeente is een van twee NG Gemeentes in die dorp op die grens tussen die Vrystaat en Kwazulu-Natal. Ongeveer 920 belydende en 230 dooplidmate word deur twee leraars bedien. Dit is ‘n gevestigde en gelukkige gemeente met heelwat jonger lidmate en jong gesinne. Professionele beroepslui en afgetredenes is in die gemeente gevestig. Die pragtige landbou-omgewing met gevestigde boere strek oor ‘n wye gebied tot by die platorand in die ooste en Drakensberge in die suide. Die dorp beskik oor goeie besighede en dienste. Ekonomiese ontwikkeling en uitbreiding word vir die omgewing in die vooruitsig gestel.

Werksprofiel: Van die leraar word verwag om pligte te verrig ooreenkomstig die betrokke artikels en bepalings van die Kerkorde. ‘n Finale en volledige diensooreenkoms sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word. Die gemeente bied ‘n vergoedingspakket en voordele ooreenkomstig sinodale riglyne, ‘n pastorie is vir bewoning beskikbaar. Die leraar verrig sy/haar pligte in noue samewerking met die mede-leraar , personeel en ampsdraers van die gemeente. Die kerkraad verwag van die leraar om die normale ampspligte te verrig en ook spesifiek te fokus op die totale gesinsbediening en die gespesialiseerde bediening aan die jonger segment van die gemeente (alle lidmate onder 45 jaar).

Die volgende moet by u aansoek ingesluit wees : - ‘n A4 bladsy motivering waarom u vir die pos aansoek doen. - ‘n Kort volledige CV van tussen drie en vyf bladsye. - Die kontakbesonderhede van ten minste drie onlangse referente. - Onlangse kleurfoto‘s van uself met u gesin. - Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 September 2016 om 12h00

‘n Kortlys sal saamgestel word en aansoekers op die kortlys kan genooi word vir ‘n persoonlike onderhoud. Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Page 8: Jaar 14 - Uitgawe 27 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 27-… · Lynn van Rooyen van CABSA as sprekers op. Ander wêreldbekende sprekers, onder andere ons eie ... Belangstellendes

8

Kerkkantoor: Tel: 058 622 1355 (Ma tot Vry 08h30 tot 16h00) Stuur aansoeke, ensovoorts na faks 058 622 1355, of per e-pos aan [email protected]

Navrae: David Bekker (Voorsitter Diensverhoudinge) - 082 773 8098 Gert Victor (Gemeenteleraar) – 082 459 2134 / 058 622 1703

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – MEDELERAAR, NG STUDENTEKERK, BLOEMFONTEIN:

Die Studentekerk is ‘n gemeente wat op die rand van die kampus van die Universiteit van die Vrystaat geleë is. Hulle glo dat God die gemeente hier gestig het met ‘n baie spesifieke doel, om die studentegemeenskap van Bloemfontein te bedien. Hulle is ‘n MISSIONALE, MULTI- EN INTERKULTURELE gemeente met eredienste in Afrikaans en Engels en is op soek na iemand om die vakature aan die begin van 2017 te vul. Hulle nooi enige leraar wat binne die familie van NG Kerke gelegitimeer is en wat gemaklik voel met die unieke aard van die bediening, om aansoek te doen.

PROFIEL: - Liefde vir God Drie-Enig, sonder om daaroor skaam te wees. - Gemak met die visie van die Studentekerk. - Minstens tweetalig wees. - ‘n Goeie kommunikeerder met ‘n sterk Gereformeerde teologie. - ‘n Sterk leier wat jonger mense kan dien. - Bereid om baie tyd in studente te belê. - Aanpasbaar wees. - Vermoë om te kan netwerk.

As jy voel dat God jou roep na hierdie bediening, stuur asseblief ‘n kort CV met die kontakbesonderhede van drie referente na [email protected] vóór of op 23 September 2016. Heg asseblief ook jou visie vir studentebediening as aparte dokument aan (in Engels).

Vir verdere navrae, kontak asseblief vir: Ds Christo Louw by [email protected] / 082 371 2905 Ds Danie du Toit by [email protected] / 082 589 7499

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – FINANSëLE BEAMPTE, NG HUGENOOT BLOEMFONTEIN:

Posbeskrywing: Alle finansiële aspekte van die gemeente.

Administratiewe aspekte: Sakelyste, notules en personeelaangeleenthede.

Vereistes vir die pos: Minimum kwalifikasies: Naskoolse diploma in rekeningkunde.

Rekenaarvaardigheid in Pastel, Excel en Word.

Goeie menseverhoudings, vriendelikheid en hulpvaardigheid.

Aansoeke van persone nie ouer as 55 jaar word ingewag. U aansoek en CV moet aan Elsa Combrink by [email protected] gestuur word, of faks na 051 436 2903. Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2016 Navrae: 051 436 2659 (k)

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld