jaar 15 - uitgawe 20 kontak ons: [email protected] www ... · cv’s kan gestuur word aan...

6
1 30 Junie 2017 So saam met die einde van Junie, bereik ons ook die einde van die 2de kwartaal met al sy werksaamhede, die skole sluit vir die wintervakansie en hierdie is ook die laaste uitgawe van dié kwartaal – die volgende een sal DV op 27 Julie 2017 verskyn. Geniet die welverdiende vakansie, reis veilig en kom met nuwe moed en energie terug! As jy nog wonder waarheen om te gaan, hier is ‘n paar idees... Foto’s: Lekkeslaap 1. DOMINEE, STEL JY BELANG IN DIE EKOLOGIE?: Leraars wat ʼn belangstelling het in die ekologie en graag deel wil vorm van die Ekologie-netwerk van die NG Kerk Vrystaat, word versoek om vir ds Gideon Lamprecht te skakel by 082 417 0507, vóór of op Maandag 24 Julie 2017. Daar vind op Maandag 31 Julie om 09:00 - 12:00, ‘n vergadering plaas by die NG Gemeente Onze Rust in Bloemfontein. Kontak gerus vir ds Gideon as jy voel dat jy ‘n bydrae tot hierdie belangrike saak kan maak. 2. NB! BEURSE EN LENINGS - NG KERK VRYSTAAT: Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks beurse en lenings aan voltydse teologiese, sowel as nie-teologiese studente, toe. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2018 studiejaar, is reeds by hierdie kantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2017. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir Danielle Theron by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie-teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se ouers in die Vrystaat woonagtig is, asook teologiese studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Voorwaardes geld. Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Upload: others

Post on 14-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... · CV’s kan gestuur word aan ilg@isat.co.za, of gefaks word aan 086 609 2109, ... Ons is vrygemaak om nuut te lewe

1

30 Junie 2017 So saam met die einde van Junie, bereik ons ook die einde van die 2de kwartaal met al sy werksaamhede, die skole sluit vir die wintervakansie en hierdie is ook die laaste uitgawe van dié kwartaal – die volgende een sal DV op 27 Julie 2017 verskyn. Geniet die welverdiende vakansie, reis veilig en kom met nuwe moed en energie terug!

As jy nog wonder waarheen om te gaan, hier is ‘n paar idees...

Foto’s: Lekkeslaap

1. DOMINEE, STEL JY BELANG IN DIE EKOLOGIE?: Leraars wat ʼn belangstelling het in die

ekologie en graag deel wil vorm van die Ekologie-netwerk van die NG Kerk Vrystaat, word versoek om vir ds Gideon Lamprecht te skakel by 082 417 0507, vóór of op Maandag 24 Julie 2017. Daar vind op Maandag 31 Julie om 09:00 - 12:00, ‘n vergadering plaas by die NG Gemeente Onze Rust in Bloemfontein. Kontak gerus vir ds Gideon as jy voel dat jy ‘n bydrae tot hierdie belangrike saak kan maak.

2. NB! BEURSE EN LENINGS - NG KERK VRYSTAAT: Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks beurse en lenings

aan voltydse teologiese, sowel as nie-teologiese studente, toe. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2018 studiejaar, is reeds by hierdie kantoor beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2017. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir Danielle Theron by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie-teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se ouers in die Vrystaat woonagtig is, asook teologiese studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Voorwaardes geld.

Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... · CV’s kan gestuur word aan ilg@isat.co.za, of gefaks word aan 086 609 2109, ... Ons is vrygemaak om nuut te lewe

2

3. GEMEENTENUUS:

4. ANDER GEBEURE:

MPL LIFE COACH KURSUS: Verbreed jou kennis en verdien VBO punte! Caritas Terapie Sentrum se opleidingseenheid vir

optimale funksionering, bied vanaf 24 - 29 Julie 2017, hierdie kursus deur Edgar Phillips aan. Registreer as ‘n internasionaal geregistreerde Life Coach en verdien ‘n ekstra inkomste of doen dit voltyds as jy aftree. Klik hier vir ‘n inligtingstuk, asook die inskrywingsvorm. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan Edgar Phillips by [email protected], of kontak Estie Botha by [email protected] (087 150 5058/083 976 3504). Die kursusse word aangebied by Caritas Terapie Sentrum, Lawsonstraat 72, Kimberley. Verblyf is op die terrein beskikbaar by ons Oornaghuis - kontak vir Stina by 087 150 0517.

STRUWIG EKO-RESERVAAT – HOëRSKOOLLEERDERS NEEM KENNIS!: Ds Jurgens de Jager van die NG Gemeente

Witrivier skryf die volgende:

Ons het vir die hoërskoolkinders van ons land ‘n lekker ekologiese ervaringsgeleentheid geskep vir die vakansie in September. Hierdie is ‘n poging om Struwig Eko-Reservaat meer bekend te stel en ook om aan jongmense die geleentheid te bied om meer bewus te word van die natuur en die bewaring daarvan. Dit word onder toesig van die NG Kerk en die Voortrekkers aangebied – klik gerus hier vir al die inligting. Gemeentes, bring asseblief die inligting onder die jongmense se aandag!

5. CHRISTELIKE LEKTUURFONDS NUUSBRIEF: In hierdie uitgawe word die Julie-pamflet vir Reformasie 500

bekend gestel, klik hier.

6. PREDIKANTENUUS: Ds Leoni Pistorius van die NG Gemeente Langenhovenpark in Bloemfontein het ‘n beroep

na die NG Gemeente Louisvale (Sinode Noord-Kaap) aanvaar. Sy het haar afskeidspreek op 18 Junie 2017 gelewer en begin vanaf 1 Julie 2017 in haar nuwe gemeente. Geniet die nuwe omgewing en mag dit vir julle ‘n geseënde ervaring wees.

7. VAKATURES:

VOLTYDSE LERAAR - NG WELKOM-WES: Aansoeke word tans vir hierdie pos ingewag, klik hier vir meer inligting. Die

sluitingsdatum vir aansoeke is reeds Sondag 16 Julie 2017.

BESTUURDERSPOS BY ‘N GF4GF- (Good Foundations for Good Fruit) SENTRUM: Hierdie pos by die A-Maize-ing

Sentrum te Bothaville in die Vrystaat, raak teen die einde van 2017 vakant, maar aansoeke word reeds ingewag – sluitingsdatum is Maandag 31 Julie 2017, met diensaanvaarding vanaf 1 Januarie 2018. Klik hier vir al die inligting.

BEGELEIER/PIANIS/ORRELIS - NG ANDREW MURRAY: Hierdie gemeente in Bloemfontein verlang die dienste van ‘n

pianis/begeleier/orrelis, met diensaanvaarding op 1 September 2017. Die persoon sal alle eredienste op Sondae-oggende om 09h00 moet begelei, asook tydens spesiale dienste. Sluitingsdatum vir die pos is Vrydag 21 Julie 2017. CV’s kan gestuur word aan [email protected], of gefaks word aan 086 609 2109, of per hand afgelewer word by die Kerkkantoor te Alexandralaan 34, Arboretum, Bloemfontein. Vir navrae, skakel asseblief vir Maggie Jacobs by 079 932 9297.

Page 3: Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... · CV’s kan gestuur word aan ilg@isat.co.za, of gefaks word aan 086 609 2109, ... Ons is vrygemaak om nuut te lewe

3

MEDELERAAR - NG PAARL-VALLEI: Aansoeke vir hierdie pos word tans ingewag, klik hier vir meer besonderhede.

Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 14 Julie 2017 om 12:00 en datum van diensaanvaarding is 1 Oktober 2017 (onderhandelbaar).

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike

instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

8. HERHALINGS: Lees die volgende berigte in ‘n vorige Vrypos hier:

PANEELGESPREK - NASIONALISME, POPULISME EN POLARISASIE - INTERDISSIPLINÊR-TEOLOGIES NAGEDINK - 26 Julie

SHEPHERD VBO-PROGRAM VIR RES VAN 2017 HERSTEL VAN NG KERKGEBOU, FRANKFORT

ESPERANZA JEUGSORGSENTRUM KORT ‘N NUWE VOERTUIG

GEBEDSGIDS NOU IN AFRIKAANS BESKIKBAAR

#IMAGINE SAVE THE DATE - 6 tot 8 April 2018

‘N 40 DAE VELDTOG OOR DIE VYF SOLA’S VAN DIE REFORMASIE - begin op 13 Augustus 2017, bestel betyds die nodige materiaal!

WERKSWINKEL - TRAUMATIC INCIDENT REDUCTION by NG Wesselsbron-Nrd - 7 tot 10 Augustus 2017

SKITTERVROUE - BEKENDSTELLING VAN DIE NASIONALE VROUEKONFERENSIE 2017 - 8 & 9 September (besprekings het reeds geopen)

9. VERJAARSDAE: Seënwense vir almal wat die komende week, sowel as

gedurende die vakansie verjaar, mag dit ‘n besondere jaar vir elkeen wees:

4 Julie: Ds Riaan van Zyl - BETHLEHEM-WES - 083 388 3640, [email protected] Ds Jaques Louw - HOOPSTAD - 082 487 7061, [email protected]

6 Julie: Ds André Smit - BULTFONTEIN - 082 578 4700, [email protected]

11 Julie: Ds Riaan Stander - LANGENHOVENPARK - 082 665 8478, [email protected]

13 Julie: Ds Christo Nel - RIEBEECKSTAD - 076 943 2006, [email protected]

14 Julie: Ds Peet Louw - RIEBEECKSTAD-ERFDEEL - 084 522 0079, [email protected]

24 Julie: Mev Christa Botes - ARGIEF- EN INLIGTINGSDIENSTE - 084 501 1009, [email protected] Ds Eddie Botha - LEEUWBERG - 082 959 4114, [email protected]

9. TEN SLOTTE: Geniet ook die Jan Tuisbly-ervaring, soms is dit beter om net rustig tuis te verkeer...

Groetnis tot ons weer gesels...

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

Page 4: Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... · CV’s kan gestuur word aan ilg@isat.co.za, of gefaks word aan 086 609 2109, ... Ons is vrygemaak om nuut te lewe

4

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERStuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 14:00)

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

CLF NUUS:

NUUTSTE REFORMASIE PAMFLET BESKIKBAAR

CLF Reformasie 500 pamflette word maandeliks gratis beskikbaar gestel in Afrikaans en Engels, so hou hiermee ook Engelssprekende buurgemeentes en ander denominasies in jul area in gedagte en seën hulle met ʼn bestelling van hierdie pamflette. Hierdie pamfletonderwerpe word ook maandeliks op CLF se gratis slimfoon toep (App) gelaai, indien u verkies om dit elektronies aan u gemeentelede beskikbaar te stel en dit is ook in Word of PDF formaat aflaaibaar op CLF se webblad by www.clf.co.za

Skakel 021 8736964, besoek www.clf.co.za, of stuur e-pos na [email protected]

vir navrae of om pamflette te bestel.

TERUG NA INHOUD

VOLTYDSE LERAAR - NG WELKOM-WES:

Die gemeente staan in diepe afhanklikheid voor hul Hemelse Vader om wysheid en leiding in die beroeping van ʼn leraar vir hulle gemeente.

GEMEENTEPROFIEL: Daar is 404 belydende- en 79 dooplidmate.

LERAARSPROFIEL:

ʼn Gelegitimeerde, gereformeerde prediker wat die gesag van die Skrif aanvaar.

JULIE PAMFLET VRYGEMAAK... daarom gee ons om

(Lisel Joubert)

Die Hervorming het ‘n nuwe perspektief oor hulpverlening in die Skrif ontdek. Ek help nie sodat ek beloon word nie. Ek gee omdat ek vry is om te kan dien en

ook omdat ek die beeld van God in ander kan raaksien. Luther se teologiese motivering was dat alle goeie dinge uit Christus in ons ingevloei het, sodat dit

weer uit ons na dié kan vloei, wat dit nodig het.

Page 5: Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... · CV’s kan gestuur word aan ilg@isat.co.za, of gefaks word aan 086 609 2109, ... Ons is vrygemaak om nuut te lewe

5

ʼn Toegewyde, energieke persoon met ʼn passie vir mense.

Kontak deur middel van huisbesoek is baie belangrik.

Die kandidaat moet verkieslik getroud wees en die leraar se vrou moet inskakel soos enige ander gemeentevrou. WERKSPROFIEL:

Ampspligte ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding onderhandelbaar binne sinodale riglyne.

Gemeente bied ʼn gerieflike en ruim pastorie vir inwoning.

AANSOEKE: Gee ʼn duidelike maar kort uiteensetting hoe u u rol as leraar sien. ʼn CV (nie meer as twee bladsye nie), met die name en kontakbesonderhede van drie persone (twee binne die gemeente en een van buite), wat as getuies aangaande u leer, lewe en bediening kan dien. Rig u aansoek en CV per e-pos aan, [email protected]

SLUITINGSDATUM: Aansoeke sluit op Sondag 16 Julie 2017.

Vir navrae kontak vir Dries Cronjé (skriba) by 057 357 5860, of 082 900 8322.

Die Kerkraad hou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.

TERUG NA INHOUD

BESTUURDERSPOS BY ‘N GF4GF- (Good Foundations for Good Fruit) SENTRUM:

Posbeskrywing: Kandidate moet ongeveer 10 gematrikuleerde jongmense uit verskillende kulture op ‘n kleinplaas buite Bothaville mentor en dissipel vir ‘n “gap year” wat loop van Februarie tot November elke jaar. Die GF4GF program sluit die volgende in:

Morele herstel en karakterontwikkeling; waardes van dissipelskap; leierskap; lewensvaardighede; probleemoplossing; kommunikasie en konflikhantering; alkohol-en dwelmvoorkoming; seksualiteit en verhoudings; familiewaardes; basis in pastorale gesprekvoering; fasilitering; leer deur ervaring; groepswerk; misdaadvoorkoming; gemeenskapsontwikkeling en –transformasie; kinderbediening en jeugwerk; loopbaanbegeleiding; Ububala sport; persoonlike finansies; basiese besigheids-beginsels; basiese boerderybeginsels en groentetuine. Vir meer besonderhede oor die aard van die getuieniswerk/gemeenskapsdiens gaan na http://gf4gfcentres.co.za/about-us/

Vergoeding: Gratis inwoning en etes as die sentrum in bedryf is, ‘n voertuig met brandstof vir die uitvoering van die opdrag. Die maandelikse vergoeding sal tydens ‘n onderhoud onderhandel word.

Vereistes: Persone wat ‘n persoonlike verhouding het met Jesus Christus, ‘n liefde het vir die jeug en oor kultuurgrense brûe kan bou. Die persoon moet oor die vermoë beskik om te inspireer deur ‘n goeie rolmodel te wees, kursusse aan te bied, dissipline te handhaaf, verhoudings te bou met die boerderygemeenskap en bowenal ‘n koninkryksperspektief uitleef. Die gebruik van Sesotho sal ‘n aanwins wees. Formele teologiese opleiding is ‘n vereiste en samewerking met plaaslike leraars en pastore moet voortgesit word.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2017 Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018 Stuur CV’s na [email protected], of Posbus 267, Bothaville 9660 Navrae: Ds Johan Lessing by 082 873 0930, of dr Pieter van Jaarsveld by 082 852 5702

TERUG NA INHOUD

MEDELERAAR - NG PAARL-VALLEI:

Aansoeke vir bogenoemde pos word ingewag – in biddende afhanklikheid voor God.

GEMEENTEPROFIEL: 1 314 belydende lidmate en 360 dooplidmate uit alle ouderdomsgroepe.

GEMEENTE-BELYDENIS: Ons word geseën om vir ander tot seën te wees van die Paarl tot aan die uithoeke van die wêreld.

Ons is die liggaam van Christus. Ons is vrygemaak om nuut te lewe.

Ons loop waar Jesus lei. Hy lei ons deur sy Woord en sy Gees.

Ons is almal kinders van die Vader. Ons leef in liefde saam. Ons versorg mekaar. Ons doen wat reg is.

Ons gee saam vir ander om. Ons deel graag die Goeie Nuus. Saam laat ons die Koninkryk kom.

ONS IS OP SOEK NA ‘N LERAAR WAT...

Page 6: Jaar 15 - Uitgawe 20 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... · CV’s kan gestuur word aan ilg@isat.co.za, of gefaks word aan 086 609 2109, ... Ons is vrygemaak om nuut te lewe

6

’n passie het vir die jeug en ervaring wat betref senior jeugbediening.

hom/haar sal tuisvoel binne die gereformeerde spiritualiteit van die gemeente.

’n vermoë het om dinamies te preek - kontekstuele relevansie en geestelike diepte is vir ons belangrik.

die vermoë het om inspirerende eredienste te fasiliteer (musikaliteit en die vermoë om ‘n sangkultuur verder uit te bou sal ’n bonus wees).

hom/haar kan vereenselwig met die geloofsraamwerk van ons gemeentebelydenis en hom/haar met passie daarbinne kan uitleef.

’n missionale hart het en die vermoë om die gemeente opgewonde te maak en te help mobiliseer vir die uitreik na ongelowiges en behoeftiges plaaslik en regoor die wêreld.

die vermoë het om selgroepbediening verder uit te bou.

die vermoë het om pastoraal mense met liefde te begelei.

die vermoë het om goed in spanverband saam te werk.

VERGOEDING: Volgens sinodale aanbevelings, pastorie beskikbaar.

DATUM VIR DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf Oktober 2017

AANSOEKE:

'n Aansoekbrief, vergesel van u CV, drie referente, asook gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, moet per geregistreerde pos of e-pos gestuur word.

Per geregistreerde pos: Die Voorsitter Pre-advies Kommissie, NG Gemeente Paarl-Vallei, Suite 7261, Privaatsak X3041, Paarl 7620.

Per e-pos: [email protected] Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 14 Julie 2017 om 12:00

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld