elite - heinré de bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...van die oomblik dat...

10
2016 ELITE PRODUK

Upload: others

Post on 19-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

2016E L I T EPRODUK

Page 2: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

Jou opregte leidende mediese tekorte spesialis

wat konsekwent deursigtige kwaliteit & uitsonderlike waarde bied. Ons maak elke

sekonde van elke minuut ‘n onvergeetlike ervaring.

Page 3: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

1

ELITE

‘N UITSIG VAN BO

INLEIDING

BETREK JOU SPESIALIS VANDAG

EEN VERENIGDE VISIE

bladsy 2

bladsy 3

‘n Oorsig van waarom, hoe & wat Stratum Benefits jou bied.

DIE FYN DEURSIGTE SKRIF

JOU WAGTYDPERKE

WAT ONS VOORDELE NIE DEK NIE

ALGEMENE UITSLUITINGS

bladsy 7

bladsy 7

bladsy 8

MEDIESE TEKORTE OPLOSSINGS VIR INDIVIDUE

GAPINGDEKKING PRODUKREEKSbladsy 4

Page 4: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

2

STRATUM BENEFITS (EDMS) BPKREG NR: 2003/018155/07Stratum Benefits se hoofkantoor is gesetel in Johannesburg, met streekkantore in Durban en Kaapstad en satteliet-kantore in Port Elizabeth en Bloemfontein.

HOOFKANTOORt 086 111 3499f 086 633 3761e [email protected] www.stratumbenefits.co.za

Surrey Rylaan 367, Blok C & D, Ferndale, Randburg, 2194Suite 386, Privaatsak X09, Weltevredenpark, 1715

Ons strategiese nasionale voetspoor verseker dat jy altyd gedek is, maak nie saak waar jy in die Republiek van Suid-Afrika is nie.

BETREK JOU SPESIALIS VANDAG

KLIËNT AANSOEKVORM INDIENINGSDie indiening van jou Kliënt Aansoekvorm vir verwerking is so maklik soos 1, 2, 3.

e [email protected]

KLIËNT NAVRAE & POLIS ADMINISTRASIEKontak een van jou Client Support Specialists vir 'n merkwaardige dienservaring vir navrae, opdaterings of wysigings van jou profiel, gekose produk, produkvoordele, toepaslike onderskrywing, premie opsommings en status.

e [email protected]

KLIËNT EIS INDIENINGS & ADMINISTRASIE Van die indiening tot die afhandeling van jou eis op ‘n uitsonderlike en persoonlike manier, maak ons elke sekonde van elke minuut ‘n onvergeetlike ervaring.

e [email protected]

WERKGEWERGROEP ADMINISTRASIEKontak een van jou Employer Group Scheme Specialists vir navrae, opdaterings of wysigings aan jou werkgewergroep se profiel, werknemers se besonderhede, belastingfakture en faktuurstate.

e [email protected]

MAKELAAR PORTEFEULJE ADMINISTRASIE Kontak een van jou Broker Portfolio Specialists vir navrae, opdaterings of wysigings aan jou makelaarskontrak of vir enige kommissiestaat navrae.

e [email protected]

DIENSUREMaan - Don 8:00 - 16:30Vry 8:00 - 16:00

Page 5: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

3

Ons Handelsnaam Ambassadeurs verwelkom jou as ‘n vennoot van ‘n markleier met die inspirasie om deur geloof en ondersteuning die rasionele te oortref.

EEN VERENIGDE VISIE

"Ons maak elke sekonde van elke minuut ‘n onvergeetlike ervaring en bly in voeling met jou met elke tree, van

aansluiting wat so maklik soos 1, 2, 3 is tot navrae en die verwerking van eise op 'n uitsonderlike en persoonlike manier."

Ons dek die gaping wat ontstaan tussen wat jou mediese skema betaal en die fooie van private gesondheidsorg. Maak seker jy kry die heel beste dekking vir mediese rekeningtekorte en die dienslewering wat jy verdien.

As jou opregte leidende mediese tekorte spesialis, het ons produkte saamgestel wat jou nie alleenlik pas nie, maar jou en jou leefstyl bevoordeel om te verseker dat jou mediese tekorte gedek is. Ons lei jou na meer as wat jy wil hê, ons bied ‘n ervaring wat jou toekom.

Deur Een Verenigde Visie, is ons Handelsnaam Ambassadeurs oorgehaal vir ‘n revolusie wat verder strek as aksies of resultate wat gemeet kan word. Hierdie geïnspireerde denke waarborg dat jou opregte leidende mediese tekorte spesialis konsekwent deursigte kwaliteit en uitsonderlike waarde bied. Sluit vandag aan by die revolusie om ‘n ervaring van die gewone na die buitengewone te beleef.

KWALITEIT WAT DEURSIGTIG ISOns verskaf voortreflike dienslewering deur

onvergelykbare konsekwentheid in alles wat visueel en mondelings gekommunikeer word.

SPESIALISTE WAT LEIDING NEEMOns is standvastige markleiers wat inspireer, innovasie dryf deur

vindingrykheid en gespesialiseerde oplossings bied aan ons kliënte wat hulle nie alleenlik pas nie, maar ook hul lewenstyl bevoordeel.

PERSOONLIKE KONTAKOns handelsnaam word deur persoonlike interaksie verwesenlik wat

lewe kry deur ons verfrissende benadering. Deur Een Verenigde Visie is ons meer as net ‘n span, ons is familie, ons is Handelsnaam Ambassadeurs wie nie alleenlik uiting gee aan die revolusie nie, maar

smee emosionele bande wat elke kliënt se dienservaring verpersoonlik.

UITSONDERLIKE WAARDE‘n Geïnspireerde belofte om elke ervaring van die gewone na die

buitengewone te omskep en ongeëwenaarde kundigheid te verskaf, terwyl jy net die beste kry in dienslewering en bevrediging.

OPREGTHEIDEerlikheid is die beste beleid om kliënte se vertroue te wen en lojaliteit van ‘n handelsnaam te verseker. Egtheid word bereik

deur te doen en sê wat ons glo, vertroue word omskep in lojaliteit en dit is hierdie lojaliteit wat ons voortbestaan verseker.

SPOED & LEWERINGOns maak elke sekonde van elke minuut ‘n onvergeetlike ervaring. Ons loods ‘n nuwe era, ‘n revolusie wat ons inspireer om verder

te stap as net die ekstra myl vir elke makelaar, elke kliënt en vir almal.

DIE REVOLUSIE ONS WAARDES

Page 6: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

4

Ons ELITE opsie is met deurdagte denke saamgestel om ons gapingdekking produkte 'n buitengewone ontdekking te maak. As jou mediese tekorte spesialis, neem ons nie net die leiding nie maar baan ons die weg vir jou reis met die handelsnaam wat ‘n revolusie lei. Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi ten volle betaal het nie tot ‘n verskeidenheid van voordele wat ons onwrikbare verbintenis aan jou toon, maak ons elke sekonde van elke minuut 'n onvergeetlike ervaring.

ELITE

MAANDELIKSE PREMIEONS DEK

R 275GAPINGDEKKING VIR INDIVIDUE

• Jy en jou gade, selfs al behoort julle nie aan dieselfde mediese skema of mediese skema opsie nie

• Alle afhanklikes geregistreer op jou of jou gade se mediese skema opsie • Individue van alle ouderdomme

WAAROM ONS JOU DEKOns GAPING VOORDEEL bied jou sekerheid dat wanneer 'n binne- of buite-hospitaal mediese prosedure noodsaaklik word en jou diensverskaffer, soos jou dokter of spesialis, ‘n tarief hef wat aansienlik meer is as wat jou mediese skema betaal, die onverwagte verskil waarvoor jy aanspreeklik is jou nie platsak sal laat nie.

WANNEER ONS JOU DEK• Jy is gedek wanneer jou diensverskaffers 'n tarief hef wat aansienlik meer is as wat jou mediese skema uit jou mediese

skema hospitaalvoordeel betaal en nie uit jou mediese skema spaarrekening of dag-tot-dag voordeel nie

• Jy is gedek vir mediese prosedures wat in die hospitaal, dokters of spesialiste se spreekkamers, dagklinieke of ander geregistreerde fasiliteite uitgevoer word

• Jy is gedek vir Voorgeskrewe Minimum Voordeel (VMV) toestande

WAARVOOR ONS JOU DEKOns GAPING VOORDEEL bied 'n bykomende 500% dekking wanneer jy aanspreeklik is vir die verskil tussen wat jou diensverskaffers hef en wat jou mediese skema betaal uit jou mediese skema hospitaalvoordeel. Daar is geen beperking op die aantal kere per jaar wat jy kan eis vir rekeningtekorte wat verband hou met die volgende mediese dienste nie:

• Dokters of spesialiste• Basiese radiologie, maar gespesialiseerde radiologie soos MRI-, CT- en PET-skanderings is uitgesluit• Patologie• Fisioterapie• Weggooibare items soos chirurgiese handskoene, verbande en gaas• Medikasie wat verskaf is as deel van jou binne- of buite-hospitaal voorval

VOORBEELD VAN HOE ONS GAPING VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

GAPING VOORDEEL

KOSTE VAN GEBOORTE

JOU MEDIESE SKEMA BETAAL

GAPING VOORDEEL

DEK

JY IS AANSPREEKLIK

VIR

Ginekoloog R 18 000

R 12 000 R 6 000 R 0

Narkotiseur R 5 000

R 3 000 R 2 000 R 0

Pediater R 3 500

R 2 500 R 1 000 R 0

Waar jou hospitaal ‘n tarief hef wat aansienlik meer is as wat jou mediese skema betaal vir teater- en saalfooie, is dekking nie van toepassing nie.

Page 7: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

5

WAAROM ONS JOU DEKOns SUB LIMET VOORDEEL bied jou die geleentheid om te verseker dat jou gesondheid en herstel prioriteit geniet, wanneer jou mediese skema 'n randbedrag limiet toepas vir interne prosteses of MRI- & CT-skanderings wat jou aanspreeklik maak om 'n gedeelte van die koste te betaal.

WANNEER ONS JOU DEK• Jy is gedek wanneer jou mediese skema ‘n randbedrag limiet bied,

bekend as ‘n sub-limiet of jaarlikse limiet, waarvan jy kan eis vir interne prosteses as deel van ‘n binne-hospitaal mediese prosedure, maar die toestel kos meer as die bedrag wat jou mediese

skema betaal• Jy is ook gedek wanneer jou mediese skema ‘n randbedrag limiet

toepas, bekend as ‘n sub-limiet of jaarlikse limiet, waarvan jy kan eis vir MRI- & CT-skanderings as deel van ‘n binne- of buite-hospitaal mediese prosedure maar jou diensverskaffer hef ‘n tarief aansienlik meer as die bedrag wat jou mediese skema betaal

WAARVOOR ONS JOU DEK• Ons SUB-LIMIET VOORDEEL bied dekking wanneer jy

aanspreeklik is om ‘n gedeelte van jou interne prostese verskaffer se rekening te betaal, tot en met R 20 000 per geval met ‘n maksimum van R 60 000 per persoon per jaar

• Jy sal ook gedek wees vir ‘n totale aantal van 2 MRI- of CT-skanderings tot ‘n bedrag van R 2 500 per skandering per

persoon per jaar, wanneer jy aanspreeklik is om ‘n gedeelte te betaal van jou diensverskaffer se rekening

VOORBEELD VAN HOE ONS SUB-LIMIET VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

SUB-LIMIET VOORDEEL

MEDIESE PROSEDURE

KOSTE VAN INTERNE

PROSTESES OF SKANDERINGS

JOU MEDIESE SKEMA BETAAL

SUB-LIMIET VOORDEEL

DEK

Heupvervanging R 47 000 R 37 200 R 9 800

Kardiale Pasaangeër

R 33 000 R 28 800 R 4 200

Kogleêre Inplanting

R 188 000 R 168 000 R 20 000

MRI- & CT-Skanderings

R 7 450 R 4 950 R 2 500

Waar die sub-limiet of jaarlikse limiet uitgeput is in die tyd van die voorval en jou mediese skema nie ‘n gedeelte van jou diensverskaffer se rekening betaal nie, is dekking nie van toepassing nie.

WAAROM ONS JOU DEKOns BYBETALING VOORDEEL bied jou die gemoedsrus dat jou leidende mediese tekorte spesialis jou sal dek wanneer jy versoek word om ‘n vooraf bybetaling te maak voordat 'n noodsaaklike mediese prosedure uitgevoer kan word.

WANNEER ONS JOU DEK• Jy is gedek wanneer jou mediese skema vereis dat jy ‘n fooi, wat bekend staan as 'n bybetaling, betaal voordat jy sekere binne- en buite-hospitaal mediese prosedures mag ondergaan• Ons sal die bybetaling terugbetaal wat deur jou betaal is óf

aftrekbaar is van jou mediese skema spaarrekening of dag-tot-dag voordeel

WAARVOOR ONS JOU DEK • Ons BYBETALING VOORDEEL dek binne- en buite-hospitaal

prosedure verwante bybetalings, verteenwoordigend as 'n randbedrag of 'n persentasie en het geen beperkings op

die aantal kere wat jy kan eis per jaar nie• Jy is ook gedek vir 1 bybetaling tot 'n maksimum bedrag van R 8 250 per polis per jaar, vir die vrywillige gebruik van 'n hospitaal of

'n dagkliniek buite die aangewese netwerk van jou mediese skema

Waar ‘n privaat vooruitbetaalbare fooi gehef word deur jou dokter of spesialis wat nie eisbaar is vanaf jou mediese skema nie, is dekking nie van toepassing nie.

WAAROM ONS JOU DEKOns ONKOLOGIE VOORDEEL verlig die finansiële druk wat nie bevorderlik is vir genesing nie, deur voortreflike en unieke voordele te bied vir jou noodsaaklike onkologie behandeling.

WANNEER EN WAARVOOR ONS JOU DEKONKOLOGIE VOORDEEL

• Jy word gedek wanneer jou mediese skema slegs ‘n gedeelte van jou goedgekeurde onkologie behandeling betaal soos vir radioterapie, chemoterapie, basiese en gespesialiseerde patologie, spesialis konsultasies, geregistreerde onkologie fasiliteitsfooie, biologiese of gespesialiseerde medikasie ens. Die verskil waarvoor jy verantwoordelik is word deur sekere mediese skemas as bybetalings beskou of kan reflekteer as ‘n randbedrag waar jou diensverskaffer ‘n tarief hef wat aansienlik meer is as wat jou mediese skema betaal

• Ons ONKOLOGIE VOORDEEL dek jou wanneer jou mediese skema slegs ‘n gedeelte van jou diensverskaffers se rekeninge

betaal en is beperk tot R 450 000 per persoon per jaar

ONKOLOGIE OPTIMISER VOORDEEL

• Jy word gedek wanneer jou mediese skema vir jou ‘n onkologie voordeel aanbied wat beperk is tot ‘n jaarlikse randlimiet waaruit jy kan eis per jaar. Wanneer hierdie randlimiet bereik is, is jy verantwoordelik vir alle verdere behandelingskostes

• Ons ONKOLOGIE OPTIMISER VOORDEEL dek jou onkologie behandelingskoste wanneer jou mediese skema daarmee staak

en is beperk tot R 100 000 per persoon per jaar

DIAGNOSE VOORDEEL

• Ons DIAGNOSE VOORDEEL bied ‘n eenmalige betaling van R 30 000 wanneer jy vir die eerste keer met kanker gediagnoseer

word en behandeling nodig is as deel van ‘n goedgekeurde onkologie behandelingsplan

BYBETALING VOORDEEL

ONKOLOGIE VOORDELE

Page 8: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

6

WAAROM ONS JOU DEKOns ONGEVALLE VOORDEEL bied verrykte voordele om te verseker dat jy en jou geliefdes nie net die beste mediese sorg ontvang nie, maar ook nie bekommerd hoef te wees oor 'n onverwagte uit-die-sak koste vir 'n ongevalle voorval nie.

WANNEER ONS JOU DEK• Jy is gedek by ‘n geregistreerde ongevalle-eenheid as onmiddellike

behandeling benodig word vir ‘n fisiese besering wat die resultaat is van ‘n eksterne krag as gevolg van impak met iets of iemand

• Jy is gedek wanneer jou mediese skema nie dekking voorsien nie en jy aanspreeklik is vir die koste van die ongevalle voorval

• Ons sal ‘n terugbetaling aan jou maak, wanneer jou mediese skema die ongevalle voorval uit jou mediese skema spaarrekening of dag-tot-dag voordeel betaal

WAARVOOR ONS JOU DEKOns ONGEVALLE VOORDEEL dek die koste van jou ongevalle voorval tot R 10 000 per polis per jaar vir:

• Dokters of spesialiste konsultasies• Basiese radiologie, maar gespesialiseerde radiologie soos MRI-, CT- en PET-skanderings is uitgesluit• Patologie• Weggooibare items soos chirurgiese handskoene, verbande en gaas• Medikasie wat aan jou verskaf is as deel van jou ongevalle voorval• Vooropname ongevalle bybetalings of fasiliteitsfooie

VOORBEELD VAN HOE ONS ONGEVALLE VOORDEEL VERSEKER DAT JOU MEDIESE TEKORTE GEDEK IS

ONGEVALLE VOORDEEL

KOSTE VAN ONGEVALLE VOORVAL

JOU MEDIESE SKEMA BETAAL

ONGEVALLE VOORDEEL

DEK

JY IS AANSPREEKLIK

VIR

R 3 500 R 0 R 3 500 R 0

WAAROM ONS JOU DEKOns TRAUMA BERADING VOORDEEL verseker dat jy nie net die ondersteuning kry wat jy nodig het nie maar die ondersteuning wat jy verdien, wanneer omstandighede buite jou beheer die vermoë het om die verloop van jou lewe te verander.

WANNEER ONS JOU DEK• Jy is gedek waar jy getuie was van, of direk geraak is deur 'n daad

van fisieke geweld of 'n ongeluk wat gelei het tot ernstige liggaamlike beserings of by die diagnose van 'n gevreesde siekte

• Jy is gedek wanneer jou mediese skema nie dekking bied nie en jy aanspreeklik is om die geregistreerde berader, kliniese sielkundige of psigiater se konsultasiefooi te betaal

• Ons sal ‘n terugbetaling aan jou maak, wanneer jou mediese skema die konsultasiefooie uit jou mediese skema spaarrekening of dag-tot-dag voordeel betaal

WAARVOOR ONS JOU DEK • Ons TRAUMA BERADING VOORDEEL dek jou konsultasiefooie

tot R 10 000 per polis per jaar

WAAROM ONS JOU DEKOns BYKOMENDE VOORDELE bied jou en jou geliefdes die gemoesdrus om te weet dat wanneer jy ‘n onverwagte krisis met finansiële gevolge in die gesig staar, ons verseker dat jou dekking onveranderd sal bly, want ons glo die las hoef nie joune alleen te wees nie.

WANNEER EN WAARVOOR ONS JOU DEK• Ons GAPINGPOLIS PREMIEKWYTSKELDINGSVOORDEEL dek

jou Stratum Benefits polispremie vir 12 maande in die geval van sterfte, permanente ongeskiktheid of geforseerde aflegging van

die premiebetaler• Ons MEDIESE SKEMA BYDRAE KWYTSKELDINGSVOORDEEL

dek jou mediese skema bydrae vir 6 maande tot ‘n maksimum van R 4 500 per maand in die geval van sterfte of permanente

ongeskiktheid van die premiebetaler • Ons ONGELUKSTERFTEVOORDEEL bied ‘n uitbetaling van R 5 000 in die geval van die ongeluksdood van die hoofversekerde

of gade en R 3 000 vir die ongeluksdood van ‘n afhanklike

TRAUMA BERADING VOORDEEL

BYKOMENDE VOORDELE

Page 9: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

7

Kan jy die fynskrif raaksien? Eerlikheid is die beste manier om ‘n kliënt se vertroue te wen en as jou opregte, leidende mediese tekorte spesialis glo ons in konsekwente gehalte dienslewering wat volhoubaar is. Jy hoef nie tussen die lyne te lees nie, want ons het die rompslomp vir jou verwyder. Eenvoudig. Duidelik. Bondig.

DIE FYN DEURSIGTE SKRIF

WAGTYDPERK VIR VOORAF-GEDIAGNOSEERDE KANKERWaar kanker gediagnoseer is voor die eerste dag wat jou dekking begin, kan eise slegs ingedien word nadat jy in remissie was vir 'n minimum tydperk van 3 agtereenvolgende jare vanaf die datum waarop bevestig is dat jy in remissie is.

GAPING VOORDEEL DEK NIE• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema nie ‘n gedeelte van die rekening betaal het nie• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema 'n gedeelte

van, of die volle bedrag van die rekening van jou mediese skema spaarrekening of dag-tot-dag voordeel betaal het

• Diensverskaffer rekeninge waar die behandelingsdatums verskil van die datum van die binne- of buite-hospitaal mediese voorval• Hospitaalrekeninge waar die hospitaal ‘n duurder tarief hef as wat jou mediese skema betaal vir teater- en saalfooie• Diensverskaffer rekeninge deur jou betaal terwyl jy in jou mediese

skema se self-betalingsgaping is• Diensverskaffer rekeninge wat deur jou mediese skema betaal is uit jou bo-drempelvoordeel • MRI- & CT-skandering rekeninge waar die radioloog ‘n duurder tarief hef as wat jou mediese skema betaal vir gespesialiseerde

radiologie of waar jou mediese skema geen betaling op die rekening gemaak het nie• Medikasie waarvoor jou mediese skema nie betaal het as

voorraadkoste vir ‘n binne- of buite-hospitaal mediese prosedure nie of voorskrifmedikasie wanneer jy uit die hospitaal ontslaan word• Verwante gesondheidsorgdienste rekeninge vir diagnostiese,

tegniese, terapeutiese, direkte pasiëntsorg en ondersteuningsdienste soos arbeids- en spraakterapie, tensy ons voordeel spesifiek voorsiening maak vir dekking

WAT ONS VOORDELE NIE DEK NIE

Van die eerste dag wat jou dekking met ons begin, sal 'n wagtydperk van toepassing wees voordat jy kan eis van enige van jou polisvoordele. Wagtydperke beskerm ons kliënte teen verhoogde premies om te verseker dat jou polis bekostigbaar bly.

3 MAANDE ALGEMENE WAGTYDPERKBinne die eerste 3 maande van dekking sal 'n algemene wagtydperk van toepassing wees waar geen eise ingedien kan word nie, tensy jy eis vir 'n onvoorsiene voorval wanneer jy onmiddellike behandeling benodig as gevolg van ‘n fisiese besering wat die resultaat is van ‘n eksterne krag as gevolg van impak met iets of iemand.

6 MAANDE WAGTYDPERK VIR ‘N VOORAFBESTAANDE MEDIESE TOESTANDBinne die eerste 6 maande van dekking sal 'n wagtydperk vir voorafbestaande mediese toestande van toepassing wees waar geen eise ingedien kan word vir 'n prosedure of operasie met betrekking tot enige siekte of toestand waar tekens of simptome daarvan vir die voorafgaande 12 maande van dekking begin het nie. ‘n Toestand kan steeds beskou word as voorafbestaande, selfs al het jy nie jou dokter daaroor geraadpleeg nie.

10 MAANDE WAGTYDPERK VIR SPESIFIEKE MEDIESE TOESTANDEBinne die eerste 10 maande van dekking sal 'n wagtydperk van toepassing wees waar geen eise ingedien kan word vir 'n prosedure of operasie met betrekking tot:

• Swangerskap & geboorte • Histerektomie (tensy weens kanker) • Gewrigsvervangingchirurgie (tensy as gevolg van ‘n fisiese besering

wat die resultaat is van 'n eksterne krag) • Nasale- & sinus chirurgie• Kardiale chirurgie (met betrekking tot die hart)• Spinale chirurgie• Herstel van breuke• Endoskopiese prosedures (prosedures wat uitgevoer word met

gespesialiseerde toerusting om te sien en te opereer op die interne organe van jou liggaam)• Tandheelkunde• Katarak-operasies

JOU WAGTYDPERKE

Page 10: ELITE - Heinré de Bruinmoeitedoener.co.za/wp-content/uploads/2016/01/2016...Van die oomblik dat ‘n gaping ontstaan as gevolg van jou mediese skema wat nie jou private gesondheidsorgfooi

www.stratumbenefits.co.zaTERME EN VOORWAARDES VAN TOEPASSING | E&OEONDERSKRYF DEUR CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

8

BYBETALING VOORDEEL DEK NIE• Boete bybetalings of bybetalings toegepas waar jy nie jou mediese

skema reëls gevolg het en / of vir die vrywillige gebruik van 'n hospitaal of diensverskaffer wat nie deel van jou mediese skema

se netwerk is nie, tensy ons voordeel spesifiek voorsiening maak vir dekking• Gedeelde rekening fakturering waar 'n private enkelbedrag gehef

word deur jou dokter of spesialis vóór of onmiddellik ná 'n mediese prosedure uitgevoer word, waarvoor jy verantwoordelik is om te betaal en nie van jou mediese skema kan eis nie

ONKOLOGIE VOORDELE DEK NIE• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema 'n gedeelte

van, of die volle bedrag van jou mediese skema se spaarrekening of dag-tot-dag voordeel betaal het

• Afgekeurde kankerbehandeling kostes as jou mediese skema nie magtiging vir die behandeling as deel van jou onkologie behandelingsplan gegee het nie

• Diensverskaffer rekeninge vir die behandeling van kanker waar jy nie jou mediese skema se reëls gevolg het en / of vir die vrywillige gebruik van 'n diensverskaffer wat nie deel van jou mediese skema se netwerk is nie

• Afgekeurde biologiese medikasie kostes as jou mediese skema nie die medikasie gemagtig het as deel van jou aanvanklike of deurlopende onkologie behandelingsplan nie

• Eenmalige betalings vir kanker wat gediagnoseer is vóór die eerste dag wat jou dekking begin het, betalings vir 'n sekondêre diagnose of vir 'n kanker diagnose wat nie 'n goedgekeurde mediese skema onkologie behandelingsplan vereis nie

SUB-LIMIET VOORDEEL DEK NIE• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema ‘n sub-limiet of

jaarlikse limiet as 'n randbedrag toepas vir binne- en buite-hospitaal prosedures anders as interne prosteses en MRI- & CT-skanderings

• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema se sub-limiet of jaarlikse limiet uitgeput is in die tyd van die geval en jou mediese skema nie ‘n gedeelte van jou diensverskaffer se rekening betaal

het nie

ONGEVALLE VOORDEEL DEK NIE• Diensverskaffer rekeninge waar die ongevalle voorval nie

onmiddellike behandeling benodig het vir 'n fisiese besering wat die resultaat is van ‘n eksterne krag as gevolg van impak met iets of iemand nie• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema ‘n ongevalle

voordeel bied en die rekeninge ten volle betaal het van jou mediese skema se hospitaalvoordeel• MRI- & CT-skandering rekeninge• Medikasie waarvoor jou mediese skema nie betaal het as

voorraadkoste vir ‘n binne- of buite-hospitaal mediese prosedure nie of voorskrifmedikasie wanneer jy uit die hospitaal ontslaan word

TRAUMA BERADING VOORDEEL DEK NIE • Rekeninge van ‘n geregistreerde berader, kliniese sielkundige of

psigiater in die geval waar jy nie ‘n getuie was van, of direk geraak is deur 'n daad van fisieke geweld of 'n ongeluk wat gelei het tot ernstige liggaamlike beserings nie of nie gediagnoseer is met 'n gevreesde siekte nie

• Diensverskaffer rekeninge waar jou mediese skema ‘n trauma berading voordeel bied en die rekening ten volle betaal van jou mediese skema se hospitaalvoordeel

• ‘n Fooi wat gehef is deur jou berader, kliniese sielkundige of psigiater wat nie geregistreer is by 'n erkende Suid-Afrikaanse regulerende liggaam nie

BYKOMENDE VOORDELE DEK NIE• Voorvalle waar gestremdheid van 'n tydelike en nie van 'n

permanente aard is nie• Die dood, permanente ongeskiktheid of geforseerde aflegging van

enige versekerde persoon anders as die versekerde persoon bekend as die premiebetaler nie

• Voorvalle waar die oorsaak van dood as gevolg van natuurlike oorsake is, van toepassing op ons ONGELUKSTERFTEVOORDEEL

WAT ONS VOORDELE NIE DEK NIEOns dek jou nie vir hospitalisasie, siekte, kwaal, verlies, skade, dood, liggaamlike besering of aanspreeklikheid wat veroorsaak word deur of as gevolg van:

• Mediese skema uitsluitings waar geen onderliggende dekking bestaan nie, tensy ons voordeel spesifiek voorsiening maak

vir dekking• 'n Voorval waar jou gekose gapingdekking- of primêre

gesondheidsorgpolis nie die betrokke voordeel verskaf waarvoor jy wil eis nie• 'n Voorval wat plaasvind tydens 'n toepaslike wagtydperk • Vetsug of nie-medies noodsaaklike rekonstruktiewe kosmetiese chirurgie• Kostes aangegaan vir eksterne prosteses of toestelle soos kunsmatige ledemate, rolstoele en krukke • Opname in 'n versorgingsfasiliteit soos’n verswaktesorg-sentrum• Kunsmatige inseminasie, hormoonbehandeling vir onvrugbaarheid of voorbehoedmiddels maar uitsluitend van buisafbinding en vasektomies• Depressie, waansin, emosionele of geestelike siekte, sowel as enige stresverwante toestande• Osseo geintegreerde tandheelkundige inplantate• Kaak- en gesigchirurgie, tensy onmiddellike behandeling benodig

is vir ‘n fisiese besering wat die resultaat is van ‘n eksterne krag as gevolg van impak met iets of iemand

• Gespesialiseerde meganiese of gerekenariseerde toestelle en toerusting wat benodig word tydens 'n operasie of prosedure

• Ondersteunende mediese verslae om te help met die finalisering van 'n eis• Kostes aangegaan vir die vervoer of dienste gelewer terwyl in 'n

noodvoertuig, vaartuig of vliegtuig, maar uitsluitend die 24 UUR MEDIESE NOODDIENSTE VOORDELE

• Onluste, oorloë, politieke en openbare onrus, terrorisme, burgerlike opstande, arbeidsonluste, stakings, uitsluiting, openbare onrus of enige poging tot sulke dade

• 'n Doelbewuste kriminele of bedrieglike daad of enige onwettige aktiwiteit deur jou of 'n lid van jou huishouding wat direk of indirek lei tot verlies, skade of besering

• Poging tot selfmoord, opsetlike selfbesering en doelbewuste blootstelling aan uitsonderlike gevaar, behalwe in 'n poging om 'n mens se lewe te red

• Dwelm- en alkohol verslawing• Aktiewe militêre, polisie en polisie-reservis aktiwiteite, terwyl op aktiewe diens• Kernwapenmateriaal, ioniserende uitstralings of kontaminasie deur

radio-aktiwiteit van enige kernbrandstof, kernafval of weens die verbranding van kernbrandstof wat kernsplyting insluit

• Voorvalle wat plaasvind waarvoor die werklike skade gedek word deur wetgewing

• Enige verlies wat voortspruit uit enige kontraktuele aanspreeklikheid• Gevolglike verlies of skade, behalwe waar dit spesifiek aangedui

word dat skade of verlies van hierdie aard gedek sal word

ALGEMENE UITSLUITINGS