donderdag 6 februarie vrydag 7 februarie saterdag 8 … · e-pos jou cv na...
TRANSCRIPT
SONDAG 2 FEBRUARIE
Skriflesing: Ef 2: 11 - 22 08:00 & 09:45 Kinderkerk
08:00 Erediens - Ds Danie Vermaak
09:45 Erediens (Doop) - Ds Danie Vermaak
14:00 Afrika erediens
17:00 Jeugdiens – Christian Oberholzer
18:00 Belydenisjaar
18:00 Erediens – Ds Leon Westhof
MAANDAG 3 FEBRUARIE 09:00 60+ Bestuur
13:30 Lyndans
18:00 Kreatiewe Aftrede
DINSDAG 4 FEBRUARIE 06:45 Vroue van die Woord
08:00 Leraarsvergadering
09:00 Jukskei
19:00 Huweliksvoorbereiding
19:00 35+ - Herberg
WOENSDAG 5 FEBRUARIE 05:45 Manne van die Woord
09:00 – 10:00 60+ Bloeddrukmeting
09:15 Vroue Omgeegroep
10:00 60+ Byeenkoms
18:00 Bou en Eiendom
19:00 Connect
DONDERDAG 6 FEBRUARIE 09:00 Pilates / 09:00 Jukskei
09:00 Bybelstudie – Sunrise View
14:00 Thusanang
14:30 Bybelstudie – Glevera
18:00 Jeugbestuur / 19:00 Doopvoorbereiding
VRYDAG 7 FEBRUARIE 08:30 Jacob’s Well
09:00 Koor
SATERDAG 8 FEBRUARIE
05:45 Manne van die Woord
SONDAG 9 FEBRUARIE – Biddag vir Onderwys
08:00 & 09:45 Kinderkerk
08:00 Erediens (Nagmaal) D + E
- Ds Danie Vermaak
09:45 Erediens (Nagmaal) F + A
- Ds Danie Vermaak
14:00 Afrika erediens
17:00 Jeugdiens – Christian Oberholzer
18:00 Belydenisjaar
18:00 Erediens – Ds Leon Westhof
NUWE INTREKKERS
Alle nuwe lidmate wat
nog nie aangemeld het
nie, meld asb. direk
na die erediens voor in
die kerk aan.
Die volgende nuwe lidmate het kom aanmeld: Carl
en Liz Louw; Hennie en Marna Viljoen; Frank en
Zelda Brits; John en Leigh-Anne Keller; Dries en
Minette Nel en Cobus en Erica Dannhauser.
.
60+ Openingsbraai
5 Februarie vanaf 10:00
in die lapa en Oinossaal. Bring julle eie vleis, eetgerei en ietsie vir die dors. Musiek, tafels, stoele en
slaaie sal verskaf word.
Gee asb julle name en hoeveelheid persone by die kerkkantoor voor/teen
Sondag 2 Februarie.
Geleentheid ook vir entrepreneurs
om hulle handewerk uit te stal.
ALLE nuwe 60+ lidmate is BAIE welkom!
Navrae: Schalk by 012 345 1605 of
083 484 8676
ALPHA
HUWELIKSKURSUS
Wil jy jou huwelik verryk?
Kom geniet ‘n romantiese kersligete
terwyl ons praat oor:
‘n Sterk fondasie; die kuns van
kommunikasie; die krag van vergifnis;
familie; goeie seks en liefde in aksie.
Vanaf Donderdagaand 5 Maart
Koste: R700 per paartjie (vir die etes
en boekies).
Bespreek julle plek voor 28 Februarie
by Hannes (082 855 9666).
BROOD OP DIE WATER
Neem gerus ‘n sakkie met ‘n behoeftelysie
by die voordeur. Bring die produkte dan
volgende Sondag saam en plaas op die trollie
by die voordeur. Enige kontantskenkings is
ook welkom. Merk dit deeglik:
“Kospakkies” Vir enige navrae, kontak
Hannelie White 012-3451144 of
0833247084
KREATIEWE AFTREDE Kom gesels saam in ‘n rustige informele werkswinkel hoe om my aftrede in te rig sodat ek steeds kan voel ek maak ‘n bydrae.
Gesprekstemas sluit in:
1. Leer ken mekaar se stories. Hoe pak ek my reis aan? 2. Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Waar gaan ek heen? 3. Hoe hanteer ek al die verliese? Wat van my verhoudings? 4. Die aftree plan. Hoe berei ek voor? Wat maak ek met al die ekstra tyd?
Wanneer: Maandagaande, 3, 10, 17 en 24 Februarie
Waar: Konsistorie: NG Gemeente Elarduspark
Tyd: 18:00-20:00
Koste: R150 p/p of R200 per egpaar
Slegs tien plekke beskikbaar - bespreek joune vroegtydig: Ryna 012 345 1144 of [email protected]
Tans is daar 650 lidmate wat per maand ‘n dankoffer gee per
debietorder, EFT of koevert.
Ons het sedert verlede Sondag reeds R6 000 ontvang.
Dankie daarvoor
Die mikpunt per maand is R65 000.
Wat vra die kerkkraad vir 2020?
Dat hierdie 650 lidmate hul bydraes met R100 per maand verhoog.
Dat lidmate wat nie deelneem aan die begroting van die gemeente nie,
die stap sal neem om vennote te word.
“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of
uit dwang nie. . . (2 Korintiërs 9: 7)
Kontak ons boekhouer, Jolandie by [email protected]
VAKANTE POS: DIGITALE KOMMUNIKASIE VAKANTE POS: DIGITALE KOMMUNIKASIE
'n Deeltydse posisie is beskikbaar by NG Gemeente Elarduspark vir 'n persoon in die kerkkantoor wat die digitale-
platforms en kommunikasie kan bestuur.
ERVARING: Vorige ervaring en verwysings sal in jou guns tel.
TAAKOMSKRYWING: ‘n Volledige taakomskrywing is beskikbaar op die webwerf (www.ngelarduspark.org.za) of deur die kerkkantoor te e-
pos by: [email protected].
NEEM KENNIS: Van die suksesvolle aansoekers sal verwag word om prakties geëvalueer te word.
Die NG Elarduspark behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie.
Daar sal ook ‘n 6 maande proeftydperk wees.
E-pos jou CV na [email protected] en [email protected]. Sluitingsdatum is
2 Februarie 2020 en die aansoekers wat die kortlys haal , sal gekontak word vir onderhoude in die week van 4-6
Februarie 2020.
VROUEKAMP - ELARDUSPARK
Datum: 6 - 8 Maart (Ons arriveer Vrydag 14:00 en vertrek Sondag na die brunch).
Plek: Effata kampterrein naby Warmbad
Kostes: R790 vir die naweek en dit sluit al die etes in.
Tema: God se teenwoordigheid in my lewe
Afsnydatum: 24 Februarie 13:00
Skryf in deur op hierdie skakel te druk:
https://forms.gle/PzZjNUzjyiqZEyfX7
Vir meer inligting:
Maartje 072 375 3965
Wat bring ek saam?
Bybel en pen
Duvet, kussing en handdoek
Tekkies of gemaklike skoene (daar is lekker plek om te stap).
Swembroek (as jy lus het om te swem).
OPLEIDING IN BASIESE GESONDHEIDSORG
VIR HUISWERKERS
89 Persone het tot dusver opleiding ontvang in basiese gesondheidsorg, onder wie drie
mans! Die terugvoer vanaf die huiswerkers en werkgewers is oorweldigend positief.
BAIE DANKIE aan alle werkgewers wat dit vir hulle werkers (finansieel en tydsgewys)
moontlik gemaak het om die opleiding by te woon.
Verdere opleidingsgeleenthede gedurende 2020:
5, 6 en 7 Maart 2020 (Engels) – slegs 4 plekke beskikbaar
16, 17 en 18 April 2020 (Engels) – 7 plekke beskikbaar
Kontak:Ryna Grobbelaar (012 345 1144 x2) of
[email protected]) vir verdere inligting en
registrasievorms. Laasgenoemde is ook by die
kerkkantoor beskikbaar.
Registrasiefooi: R350-00
TRAUMA-GEBEDSKETTING: Ons is ’n aantal gelowige kinders van ons Hemelse Vader wat 24-uur met
liefde voorbidding sal doen vir jou onmiddellike krisis. Kontak: Koos Burger (012) 345-1460 of 072 850
8926 of die kerkkantoor (012) 345-1144.
SIEKESORG EN GEBED: Indien jy geopereer gaan word of weet van ‘n lidmaat wat in die hospitaal is,
kontak asb die kerkkantoor (012) 345-1144 of vir ds. Leon Westhof (012) 345-1144.
Kronies: Anna Pretorius Dirk en Erna Kruger Ernie Kemm Faure Louw (jr.) Gavin Wise Japie van Zyl Louwrensa Fourie Magda Wolfaardt Nellie Engelbrecht Melinda Aldrich Pieter Bouillon Pieter Stannard
Kanker: Alwyn Cronje Donald van Aardt Erna Fourie Gail Horak Henri du Plessis Johan Small Rika Meyer Schalk Nolte Stella Breedt Steve Prinsloo Theo Nell Willie du Plessis Wimpie Espach
Familielede buite ons gemeente: Daniel van Wyk (Alida – ouma 082 8359407) Dorie Grobler (Louisa Wolmarans se ma) Piet van Rooyen (Lena -0791378083) Issie Viljoen (Susan Wassenaar 0827431993) Lidmate is welkom om familie se name vir voorbidding by die kerkkantoor (012) 345-1144 of [email protected] deur te gee.
Ons bid saam ...
... dat elke lidmaat die lewensbrood sal proe en sal besef dat Jesus die Brood is wat lewe
gee.
... dat NG Elarduspark met God se liefde oor grense sal beweeg te midde van tye waar
ons eerder in ‘n kamer, agter grendels, wou skuil.
... vir elkeen wat deur ‘n moeilike tyd, weens siekte of ekonomiese druk, gaan - dat hulle
bewus sal wees van God se liefde en greep op hulle!
HUISBESOEK & SIEKEBESOEK
Die "Huis- & Siekebesoek-boek" is beskikbaar
by die kerkkantoor se toonbank.
Jy is steeds welkom om enige leraar te skakel.
BASLOSE SEKELBOS HOUT TE KOOP
Droog … Droog … Droog
R17 per Sakkie self laai
R18 per Sakkie afgelaai (Min 50 sakkies)
Johann 078 802 0310 Gareth 081 726 9774
Orthoclasestraat 716, Elarduspark
TE HUUR Ruim 3 Slaapkamer Woonstel in
Wingate Park Kompleks onmiddellik beskikbaar.
Nuut geteël met kombuis wat ten volle oorgedoen is.
Dubbele toesluitmotorafdakke
Swembad in Kompleks
Huur R9 000 per maand (Elektrisiteit uitgesluit)
Kontak: Riaan Ferreira Sel 082 353 3324
Privaat eenheid
TE HUUR
Loop afstand van NG Kerk
Elarduspark, baie naby aan skole,
winkelsentrums en busstop.
Dadelik beskikbaar
2 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan
kombuis en leef area.
Onderdakparkering, R6 600.00 pm,
water en elektrisiteit ekstra,
Deposito R6 600.00.
Skakel Jeanne Wentzel
082 449 5450
IPAD EKSTRA
KLASSE Wiskunde & Wetenskap Gr 8-12
KLEINGROEPKLASSE (MAKSIMUM 6
LEERDERS) ASOOK IDIVIDUELE KLASSE INDIVIDUELE ASSESSERING, EVALUERING
& REMEDIËRENDE HULP
Ons help ook Tuisskool leerders met Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie (insluitende die eksperimente en PAT Take).
Gr 8 Wiskunde & Algemene Wetenskap - Help met oorskakeling van Laerskool na Hoërskool
Gr 10 Wiskunde & Fisiese Wetenskap - Help om die groot sprong in beide vakke tussen Gr 9 en Gr 10 te oorbrug
KONTAK: Ina Wilmans - Sel: 082 345 8930
E-pos: [email protected]
The Fitness Studio
Indoor Cycling Classes Body-conditioning Classes
• Also known as “Spinning” • Monday to Thursday
- 17:30-18:15 & 19:30-20:15 • Tuesday and Thursday
- 05:45-06:30 • A great overall work-out: cardio,
strength and endurance training – a good fitness base and excellent cross-training for other sport.
• Monday to Thursday - 18:30-19:15
• Various benefits including muscle toning, improved muscle strength and core stability.
509 Mirage Str, Elardus Park
082 928 7803
Bookings essential!
WISKUNDEKLASSE Gr 8 – 12
Rita du Plessis B Sc (Wisk) (Pret) HOD (Pret)
Nougastraat 633,
Elarduspark
Kontak: (012) 345-1326
Sel: 082 5772716