dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · by sy opstanding word jesus deur die gees opgewek...

482
1 VOORWOORD ns het reeds verlede jaar gemeld dat die deputate die ongepubliseerde dagstukkies oor die Heidelbergse Kategismus van wyle prof. Paul de Bruyn bekom het en dit as basis gebruik vir die 2016- tot 2018-Almanakuitgawes. Prof. De Bruyn het die dagstuk- kies tot Sondag 38 voltooi en het dit as lewenstaak gesien om dit beskikbaar te stel vir al ons Gereformeerde lidmate. Die beplanning van die deputate is die volgende: Almanak 2016: Dagstukkies van Sondag 1-19 is gebruik en aangevul met dagstukkies deur ander predikante wat handel oor die werk van die Vader en die Seun. Almanak 2017: Dagstukkies van Sondag 20 tot 31 word gebruik en dit handel oor die werk van die Heilige Gees, die sakramente. Vanjaar se uitgawe gaan grootliks konsentreer op byvoorbeeld die doop en vervulling met die Heilige Gees, die gawes, die vrug, die kenmerke van vervulling met die Gees en ook verder oor die doop en nagmaal. Almanak 2018: Die res van die dagstukkies vanaf Sondag 31 gaan DV gebruik word en hoofsaaklik oudstudente van wyle prof. Paul de Bruyn gaan die dagstukkies vanaf Sondag 38 tot 52 voltooi. Die basis van die dagstukkies is reeds voltooi deur die twee uitstekende publikasies van prof. Paul oor die Tien Gebooie en die Onse Vader. Hierdie jaar se dagstukkies is ’n voortsetting waar verlede jaar geëindig het. Ons het begin by Sondag 1 wat handel oor ons enigste troos. Vanjaar begin ons by die Trooster, en die werk van die Trooster, die Heilige Gees. Die publikasie is in dié sin uniek, omdat ons in besonder fokus op die werk van die Heilige Gees. Dit sal met groot vrug gebruik kan word tydens huisgodsdiens en Bybelstudies. Die werk van die Heilige Gees en die reformatoriese verstaan van die werk van die Heilige Gees is uiters noodsaaklik in die lig van die aanslae van die Pentakostalisme. Dit bied uitstekende toerusting vir al ons lesers. Hierdie voorwoord word gesamentlik geskryf deur twee deputate van die Almanak- deputate. Dit is met groot hartseer, omdat ons broer en gewaardeerde redakteur, ds. Willem Vogel, ontslaap het voordat hy die voorwoord kon skryf. Sy liefde en groot ywer om as redakteur van die Almanak elke uitgawe met die grootste sorg te beplan, sal ’n dankbare herinnering vir ons bly. Sy dank in die voorwoord van Almanak 2016 aan almal wat deelgeneem het aan die groot werk, wil ons weer hierdie jaar herhaal: Hartlike dank aan al die professore, dominees en teologiese studente wat dagstukkies geskryf het. Die inhoud van elke dagstukkie is werklik verrykend. Baie dankie aan mev. Lina de Bruyn vir die beskikbaarstelling van wyle prof. Paul de Bruyn se dagstukkies, oor die O

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

1

VOORWOORD

ns het reeds verlede jaar gemeld dat die deputate die ongepubliseerde dagstukkies oor die Heidelbergse Kategismus van wyle prof. Paul de Bruyn bekom het en dit as

basis gebruik vir die 2016- tot 2018-Almanakuitgawes. Prof. De Bruyn het die dagstuk-kies tot Sondag 38 voltooi en het dit as lewenstaak gesien om dit beskikbaar te stel vir al ons Gereformeerde lidmate. Die beplanning van die deputate is die volgende:

Almanak 2016: Dagstukkies van Sondag 1-19 is gebruik en aangevul met dagstukkies deur ander predikante wat handel oor die werk van die Vader en die Seun.

Almanak 2017: Dagstukkies van Sondag 20 tot 31 word gebruik en dit handel oor die werk van die Heilige Gees, die sakramente. Vanjaar se uitgawe gaan grootliks konsentreer op byvoorbeeld die doop en vervulling met die Heilige Gees, die gawes, die vrug, die kenmerke van vervulling met die Gees en ook verder oor die doop en nagmaal.

Almanak 2018: Die res van die dagstukkies vanaf Sondag 31 gaan DV gebruik word en hoofsaaklik oudstudente van wyle prof. Paul de Bruyn gaan die dagstukkies vanaf Sondag 38 tot 52 voltooi. Die basis van die dagstukkies is reeds voltooi deur die twee uitstekende publikasies van prof. Paul oor die Tien Gebooie en die Onse Vader.

Hierdie jaar se dagstukkies is ’n voortsetting waar verlede jaar geëindig het. Ons het

begin by Sondag 1 wat handel oor ons enigste troos. Vanjaar begin ons by die Trooster, en die werk van die Trooster, die Heilige Gees. Die publikasie is in dié sin uniek, omdat ons in besonder fokus op die werk van die Heilige Gees. Dit sal met groot vrug gebruik kan word tydens huisgodsdiens en Bybelstudies. Die werk van die Heilige Gees en die reformatoriese verstaan van die werk van die Heilige Gees is uiters noodsaaklik in die lig van die aanslae van die Pentakostalisme. Dit bied uitstekende toerusting vir al ons lesers.

Hierdie voorwoord word gesamentlik geskryf deur twee deputate van die Almanak-

deputate. Dit is met groot hartseer, omdat ons broer en gewaardeerde redakteur, ds. Willem Vogel, ontslaap het voordat hy die voorwoord kon skryf. Sy liefde en groot ywer om as redakteur van die Almanak elke uitgawe met die grootste sorg te beplan, sal ’n dankbare herinnering vir ons bly. Sy dank in die voorwoord van Almanak 2016 aan almal wat deelgeneem het aan die groot werk, wil ons weer hierdie jaar herhaal:

Hartlike dank aan al die professore, dominees en teologiese studente wat dagstukkies geskryf

het. Die inhoud van elke dagstukkie is werklik verrykend. Baie dankie aan mev. Lina de Bruyn vir die beskikbaarstelling van wyle prof. Paul de Bruyn se dagstukkies, oor die

O

Page 2: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

2

Heidelbergse Kategismus, wat hy by sy heengaan reeds voltooi het. Dankie aan die personeel van die Administratiewe Buro (Wymie en Joey, ook vir die opstel van die inligtingsdeel. Petro, Angie, Annah en Abram vir neem van bestellings, verpakking en versending). Di. Ronald Bain, Peet Coetzee, Thomas Masase, Masilo Letebele en br. Giel Erasmus, vir hulle insette en harde werk. Ons bedank al ons borge en kerkrade vir die bemarking en verkoop van die Almanak. Dankie aan elke leser wat ’n Almanak gekoop het.

Die voorblad is ’n foto van ’n kwiltwerk deur prof. Paul Schutte van die NWU. Sy

kwiltwerk is internasionaal bekend en ons bedank hom vir die toestemming om ’n foto van sy werk te gebruik. Die verwysing na die Heilige Gees as ’n duif wat op Jesus neerge-daal het met sy doop (Matt. 3:16) was die inspirasie agter die pragtige kunswerk.

Mag hierdie uitgawe van die Almanak u toerus om met meer ywer, vervul met die

Gees van God, u dienswerk tot sy eer te doen.

- Di. Peet Coetzee en Ronald Bain (Deputate Almanak 2016-2018)

Page 3: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

3

Page 4: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

4

Sondag 1 Januarie Skrifgedeelte: Esegiël 36:24-38; Joël 2:28-32 Fokusgedeelte: Esegiël 36:26-27; Joël 2:28-29

Die werk van die Heilige Gees in die Ou Testament

Soms dink ons dat die Heilige Gees minder werksaam in die Ou Testament was, maar dit raak gou duidelik dat die Heilige Gees in die lewe van die volk Israel gedurig werksaam was. Volgens Nehemia (9:20) was dit die Heilige Gees wat die volk in die woestyn onderrig het, en volgens Jesaja (63:11, 14) is die volk deur Gees tot binne Kanaän gelei. Die aanwesigheid van die Heilige Gees by enkelinge is duidelik; so vind ons dit by Simson (Rigt. 14:6), Saul (1 Sam. 10:6), Dawid (Ps. 51:13), Jesaja (Jes. 61:1), Esegiël (Eseg. 11:5) en Job (Job 33:4).

Tog was daar ’n onvolledige en onderbroke vorm van aanwesig-heid van die Gees in die Ou Testament, en juis dit het die verlange na ʼn voortdurende werking van die Gees geskep. Daarom het die Ou-Testamentiese gelowige na die nuwe toekoms uitgesien, waar die volk van God permanent aan die wer-kinge van die Gees deel sal hê. Van hierdie profetiese verwagting lees ons in Jeremia 31:31, Esegiël 39:29 en Joël 2:28-32.

Die Heilige Gees word verder geteken as die Gees wat oordeel en verteer (Jes. 4:4). Dit sal in die ballingskap gebeur, die volk sal gereinig word. In die lewe van Saul sien ons dat die Gees van die HERE weens sy sonde van hom gewyk het. Dawid pleit in Psalm 51:13 dat die HERE nie sy Gees van hom moet wegneem nie, al het hy die Gees bedroef deur sy optrede en sonde met Batseba.

In die Ou Testament was die Gees dus in die kerk en in die gelowiges werksaam, maar daar was ’n verlange dat die volheid sou aanbreek. Dit was ’n roep na Pinkster, die fees van die weke, ook die fees van die oes genoem (Eks. 23:16), of die pinksterfees.

Die naam “pinksterfees” hou verband met die bepaling in Levitikus 23:16 dat die fees gevier moet word die dag ná die sewende sabbat, op die 50ste dag nadat die eerste gerf as beweeg-offer gebring is. Die volle oes is ingebring.

In die Nuwe Testament word die verlange vervul as die Gees 50 dae ná Goeie Vrydag uitgestort word, tien dae ná die hemelvaart. Wonderlik om te leef in die tyd van die volheid waar die Heilige Gees in ons woon, as Trooster ons leer en lei.

Page 5: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

5

Daarom is ons nie bang om die nuwe jaar in te gaan nie. God is met ons, God is in ons. Sing: Skrifberyming 14:1, 2 (8-1:1, 2)

Ds. PA (Peet) Coetzee (Emeritus)

Page 6: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

6

Maandag 2 Januarie Skrifgedeelte: Rigters 3:7-10; 6:34; 11:29 Fokusgedeelte: Rigters 3:10; 6:34; 11:29

Die Heilige Gees maak bekwaam om te werk

Dit is duidelik dat die rigters Otniël, Gideon en Jefta nie die volk Israel kon rig sonder die besondere vervulling met die Heilige Gees nie. Dit is die Gees van die HERE wat bekwaam maak om te werk en om ’n leier te wees.

Waar kry u die bekwaamheid om u werk te doen? Is dit maar net oorgeërf of talente waarmee u gebore is? Ons mag oordeel dat gawes soos handewerk en kuns nie van die Gees af kom nie. Tog sien ons dat die HERE vir Moses beveel om Besaleël en Oholiab te gebruik om die tent van ontmoeting te bou. Volgens Eksodus 31:2 het die HERE Besaleël met die Gees toegerus om met vaardigheid ontwerpe van goud, silwer en brons te maak. So het die HERE ook Oholiab met die Gees toegerus om saam te werk. Dank u die HERE elke dag vir die gawes wat u ontvang het?

Let egter op dat die HERE die gawes stuur ná gebed van die volk. In die geval van al drie rigters het die HERE ná gebed van die volk hulle gestuur en deur sy Gees hulle toegerus om die volk te verlos (Rigt. 3:9; 6:7; 10:11). Bid ons vir leiers wat ons land en ander lande in die wêreld moet rig/lei? Bid ons dat die HERE mense sal toerus deur sy Gees om ons land op die regte weg te lei tot vrede en rus (NGB, Art. 36)? Bid ons gedurig vir ons predikante, vir u ouderling en diaken, dat die HERE deur sy Gees hulle sal toerus om hulle dienswerk tot eer van sy Naam te doen? U gebed maak hulle bekwaam sodat hulle met prediking en huisbesoek u kan vertroos en versorg soos herders ’n kudde moet versorg (HK v/a 116). Maak dit ’n nuwejaarsvoorneme om voortdurend vir leiers te bid, nie net huidige leiers nie, maar dat die HERE in die toekoms leiers deur sy Gees bekwaam sal maak om ons te lei.

Daar is nog een belangrike saak: Het u opgemerk dat in al drie gevalle waar die rigters geroep is, hulle met die Gees van die HERE vervul is? Die naam HERE is Jahwe, die Verbondsgod. Die redding gaan uit van die God van die Verbond tot Wie Israel in ’n besondere verhouding staan. Dit is die Gees van die HERE wat by Israel weer die bewustheid werk om hulle te bekeer van die afgode, hulle sonde te bely en na die HERE terug te keer.

Dieselfde Gees werk ook in ons, oortuig ons van ons sonde, maar troos ons met die evangelie van Jesus Christus, die Middelaar van die Verbond. Die

Page 7: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

7

evangelie dat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal ontvang. Sing: Psalm 72:1, 2

Ds. PA (Peet) Coetzee (Emeritus)

Page 8: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

8

Dinsdag 3 Januarie Skrifgedeelte: 2 Timoteus 1:1-11 Fokusgedeelte: 2 Timoteus 1:7

Die Heilige Gees as krag in die Nuwe Testament

Die Gees van God is die Gees van krag (2 Tim. 1:7). Dit is in hierdie krag waarmee die apostels as gestuurdes moes uitgaan om te getuig van wat hulle gesien en gehoor het. Dit is alleen in hierdie krag waarin ons kan uitgaan om die evangelie te verkondig, in eie krag kan ons dit nie doen nie.

Daar is in die Nuwe Testament ’n baie nou verhouding tussen Gees en krag, en die twee woorde word selfs as sinonieme gebruik (Luk. 1:17, 35). Hierdie krag as die krag van die Heilige Gees vind ons by Jesus. By die doop met die Gees is Hy toegerus met krag om sy verlossingswerk te verrig; as Hy wonderwerke doen, kom dié krag na vore; deur dié krag dryf Hy duiwels uit (Matt. 12:28).

By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag wat Hy ontvang op Pinkster met die krag van die Heilige Gees. Met die krag van die Gees gaan Jesus die mense oortuig deur die Woord of die prediking van die evangelie van Christus.

Hoe wonderlik die voetstappe van hulle wat die evangelie verkondig! Bid ons genoeg en gereeld vir die predikante wat elke Sondag die evangelie moet bring? Onthou – Christus en sy Gees bewerk die reddende geloof deur die krag van die Woord wat verkondig word (Rom. 15:19).

Nou stel Paulus dat Timoteus ’n genadegawe van God ontvang het (vs 6). Hierdie gawe word in vers 7 omskryf as die Gees van krag en liefde en selfbeheersing. Met selfbeheersing word bedoel geestelike nugterheid en gebalanseerdheid. Die Gees as die Gees van krag kom na vore in twee eienskappe, naamlik liefde en selfbeheersing. Dit is opmerklik dat hierdie twee eienskappe ook as vrug van die Gees beskryf word. Die eerste en laaste vrug van die Gees (Gal. 5:22) is liefde en selfbeheersing. Op hierdie manier dien die gawe van die Gees die vrug van die Gees.

Is u bang om die evangelie te verkondig? Nee, bid vir die krag van die Gees, want die Gees maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en lief-de en selfbeheersing. Jy ontvang die krag, jy ontvang liefde en jy ontvang nug-terheid en gebalanseerdheid.

Page 9: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

9

Vervul jou roeping, want die HERE rus jou ten volle toe. Dit was die bood-skap aan Timoteus, dit is die boodskap aan jou. Sing: Psalm 92:2 (1936)

Ds. PA (Peet) Coetzee (Emeritus)

Page 10: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

10

Woensdag 4 Januarie Skrifgedeelte: Matteus 3:13-17; Markus 1:9-11 Fokusgedeelte: Matteus 3:16, 17

God Drie-enig by die doop van Jesus

God het Hom so in sy Woord geopenbaar dat die drie onderskeie Persone (Vader, Seun en Heilige Gees) die enige, ware en ewige God is. Dit bely ons in Sondag 8 van ons Kategismus. Dit is die hart, die kortste samevatting van ons Christelike geloof.

Hierdie selfopenbaring van die Drie-enige God kom in sy Woord tot ons op ’n besondere manier. Nêrens word daar ’n hoofstuk afge-sonder om die Drie-eenheid van God uiteen te sit, te verklaar of te verduidelik nie. Nee, veel eerder ontmoet ons Hom as die Drie-enige God in die ontvouing van die openbaringsgeskiedenis. Nêrens ’n uiteensetting nie, telkens eerder ’n ontmoeting met die Drie-enige God in sy werking, in sy aktiewe bemoeienis met ons.

Een so ’n openbaringshoogtepunt vind ons by die doop van ons Here Jesus. Voor Hy sy openbare werk kan begin, word Hy deur Jo-hannes die Doper in die Jordaan gedoop. Hier ontmoet ons die Drie-enige God in aksie.

• Die stem van die Vader uit die hemel: Dit is my geliefde Seun in Wie Ek ’n welbehae het.

• Die Seun self wat in die water gedoop word. • Die Heilige Gees wat soos ’n duif op Hom neerdaal.

Die doop van Jesus, dit was sy salwing: deur die Vader aangewys, deur die Heilige Gees toegerus. Inderdaad ’n venster op die hemel wat vir ’n oomblik op ’n skrefie vir ons oopgaan. Die Drie-enige God in aksie, tot ons verlossing. ’n Wonder-handeling deur die Drie-enige God. Dit vra nie van ons ’n verklaring nie … dit roep ons op tot verwondering! Sing: Skrifberyming 12-3

Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)

Page 11: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

11

Donderdag 5 Januarie

Skrifgedeelte: Matteus 28:11-20 Fokusgedeelte: Matteus 28:19

God Drie-enig by ons doop

Jesus se openbare werksaamheid op aarde begin nie net met ’n openbaring van die Drie-enige God by sy doop nie, dit eindig ook met ’n opdrag in die Naam van die Drie-enige God voor sy hemelvaart. Jesus se werk op aarde is volbring. Hy het vir ons geleef, gesterf en opgestaan. Aanstons gaan Hy na die hemel opvaar. Sy laaste woorde kom tot sy dissipels – die groot opdrag.

Die werk wat Hy volbring het, moet nou na alle nasies uitkring. Vir die doop van alle gelowiges word hierdie formule deur Christus vasgestel (NGB art. 9).

Doop, inlywing in die Naam van God. Dit beteken: op sy gesag, namens Hom. Die gesag en die Naam van die Drie-enige God.

Dit is maar net die een Naam. Nie drie name nie. Een, enige God. Weereens nie ’n uiteensetting nie, maar die enige God in aksie in sy drie-heid. • Die Vader, wat aan ons verkondig en verseël dat Hy ons sy kinders en

erfgename gemaak het. • Die Seun, wat aan ons die afwassing van al ons sondes in sy bloed verseël. • Die Heilige Gees, wat ons verseker dat Hy in ons wil woon en dit wat

Christus vir ons verdien het, ons eiendom wil maak. In hierdie Naam trek die hele Skrif saam. Hiervoor het ons Here Jesus

aarde toe gekom, sodat ons in dié Naam gedoop en in Hom ingelyf kan word: Vader, Seun en Heilige Gees. In hierdie Naam is ek en jy gedoop … nie sodat ons ’n greep op Hom kan kry nie, maar sodat ons kan leef uit die greep wat Hy op ons het. Sing: Skrifberyming 1-1:1, 2, 7

Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)

Page 12: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

12

Vrydag 6 Januarie

Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 13 Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 13:13

Die seën van die Drie-enige God

Paulus se standaardgroet aan die einde van sy briewe is: Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees. By die groet van 2 Korintiërs word bygevoeg: … en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees. Juis die feit dat Paulus hier van die standaardgroet afwyk, bevestig die belangrikheid daarvan. Die feit dat dit op dieselfde plek en met dieselfde betekenis as die ander briewe se slotseën gebruik word, sê vir ons dat die seën van die Drie-enige God wat tot ons kom, juis die genade is wat God in Jesus Christus aan ons bewys het.

• Die liefde van die Vader, dat Hy sy Seun vir ons gegee het. • Die gemeenskap, die inwoning van die Heilige Gees. • Dit is die genade van God Drie-enig wat ons deel geword het deur die

dood en opstanding van ons Here Jesus Christus. God, onbegryplik groot, ver bo wat ons kan dink of verstaan: ons leef in

die rykdom van sy werkinge en onder die seën wat Hy gee. Ons belydenis oor Hom kan nooit sy wese deurgrond nie. Ons ken egter die Drie-enige God in sy genadewerking met ons:

• God die Vader … en ons skepping. • God die Seun … en ons verlossing. • God die Heilige Gees … en ons heiligmaking.

So bely ons die Drie-enige God wat Hom so in sy Woord aan ons geopen-baar het. Dit alles is die genade van Jesus Christus waarmee ons geseën word. Wat ’n onuitspreeklike voorreg om onder sy drie-dubbele seën te leef. Sing: Psalm 68:9 (1936)

Ds. Cassie Aucamp (Bergsig/Andeon)

Page 13: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

13

Saterdag 7 Januarie Skrifgedeelte: Esegiël 36:16-33 Fokusgedeelte: Esegiël 36:27, 32

’n Hart wat weer kan skaamkry

Daar was al ’n dag in jou lewe wat jy nooit sal vergeet nie, omdat jy bloedrooi van skaamte geword het. Jou eie sonde het jou skaam gemaak. Vandag is mense dikwels nie meer skaam oor hoe hulle lewe nie, want almal rondom hulle doen mos ook maar dieselfde dinge. Vir God sit daar iets moois in skaamwees, want skaamwees is ’n belydenis dat ons iets gedoen het wat sy Gees diep bedroef. Skaamwees oor iets wat ons gedoen het, is ’n erkenning dat ons eintlik God se liefde nie werd is nie, maar dat ons dit ondanks ons sonde nogtans ontvang het. Israel was nie meer skaam oor wat hulle in hulle handel en wandel gedoen het nie. Hulle het deur hulle afgodediens die land onrein gemaak. God wou nie langer as die Heilige God onder sy volk teen-woordig wees nie. Hy laat hulle in ballingskap wegvoer. Israel se sonde het beteken dat hulle die skuld gedra het dat God se Naam onder die volke ontheilig is. God sou self sorg vir die heiliging van sy Naam – nie ter wille van Israel nie, maar ter wille van sy Heilige Naam sal Hy hulle uit al die nasies gaan haal en na hulle eie land terugbring. God beloof nog meer: Ter wille van sy Naam sou hy Israel skoonwas van hulle sonde en aan hulle ’n nuwe hart gee wat gewillig en bereid is om volgens sy wil te lewe. God wou met die vervulling van sy beloftes Israel laat skaamkry as hulle terugkyk oor die ontheiliging van sy Naam.

Met Pinkster het hierdie beloftes van God werklikheid geword toe Hy sy Gees op al die gelowiges in Jerusalem uitgestort het. Van daardie wonderlike dag af sou God met sy Gees in elkeen van ons kom woon. Die wonder van die Gees se werk in ons is dat Hy ons ’n hart gee wat kan skaamkry. Die vergifnis van sonde in Jesus Christus maak dat ek skaam voor God staan, omdat ook my sonde sy Heilige Naam baie oneer aandoen. Dan verstaan ons waarom God dit dwarsdeur Jeremia se profesie so duidelik laat hoor: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, maar ter wille van my Heilige Naam. ’n Skaam hart wil God se Naam weer heilig en groot maak in die oë van ander mense. Sing: Psalm 40:4

Ds. DJ (Daan) Bakker (Boksburg)

Page 14: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

14

Sondag 8 Januarie Skrifgedeelte: Matteus 3:1-12 Fokusgedeelte: Matteus 3:11

Jesus doop almal

Van oraloor, van Jerusalem, van Judea en die omstreke van die Jordaan kom mense na Johannes om deur hom gedoop te word. Hy doop egter nie almal nie, net hulle wat bereid is om hulle sondes te bly en hulle te bekeer en vir die koms van die Messias gereed te maak.

Wanneer die Fariseërs en Sadduseërs na hom toe kom om gedoop te word, wys hy hulle beslis weg: “Addergeslag, wie het julle aange-wys om te vlug vir die toorn wat aan die kom is? Dra dan die vrugte wat by die bekering pas.”

Daarmee waarsku hy hulle dat hy maar net met water doop tot bekering, maar ná hom kom Hy wat hulle met die Heilige Gees en met vuur sal doop. Hy doop almal óf met die Heilige Gees óf met vuur. Jesus doop hulle wat deur God se genade hulle skuld bely en hulle verlossing buite hulleself in Hom as Verlosser soek, met die Heilige Gees.

Hy skenk aan hulle ’n nuwe hart as wedergebore kinders van God en erfgename van die koninkryk van die hemele.

Hulle wat egter onbekeerd God en sy genade in Jesus Christus verwerp, doop Hy met vuur. Vuur is die beeld van God se heilige toorn oor sondaarmense.

Jesus is daarin as God se Regter soos ’n boer wat sy graaf in sy hand het. Met die graaf maak Hy die dorsvloer deur en deur skoon sodat geen enkele deel op die dorsvloer oorbly nie. Die koring bring hy in sy skuur bymekaar en die kaf sal hy met vuur verbrand. Geen mens sal ongedoop bly nie. Hy word met die Gees gedoop tot redding, of met vuur tot veroordeling.

Jy wat jou toevlug tot Jesus geneem het, is met die Gees gedoop. Dra dan die vrugte wat by jou bekering pas. Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing (Gal. 5:22).

Sing: Psalm 38:1, 15

Ds. DJ (Daan) Bakker (Boksburg)

Page 15: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

15

Maandag 9 Januarie

Skrifgedeelte: Jesaja 43:22 – 44:5 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Jesaja 43:3

Ons nuwe identiteit in Christus

Die belofte van Jesaja 44:3 staan in skrille teëstelling met die Here se teregwysing in die voorafgaande verse:

Hy kondig aan dat Hy ondanks Israel se sondes en oortredings sy Gees op hulle kinders sal uitstort, en dat dit hulle totaal sal verander. Net soos wat strome water aan ’n dorsland ’n heeltemal nuwe voorkoms gee, net so onherkenbaar anders sal hulle nakomelinge wees. Die Here handel met ons nie volgens ons sondes nie. Hy kyk nie na hoe Israel optree wanneer Hy besluite oor hulle toekoms neem nie. Sy genade is groot. Daarom gaan Hy sy Gees oor hulle nageslag uitstort.

Hierdie belofte het die Here op Pinksterdag vervul, en sedertdien woon Hy deur sy Gees in elke gelowige. Ons word ’n nuwe mens, ons ontvang ’n nuwe identiteit sodat ons saam met Paulus kan getuig: “Ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my!” (Gal. 2:20).

Wanneer ons die Gees van Pinkster ontvang, is sy werk in ons lewe groter en magtiger as wat ons dikwels besef, en daarom ook baie keer verwag. Daarom word ons in 2 Petrus 1:3 en 4 bemoedig met: “Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien ... Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die goddelike natuur.”

Paulus stel dit so: “Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees” (Rom. 8:4). En hy bevestig hierdie waarheid met: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee”( Fil. 4:13).

Danksy ons nuwe identiteit in Christus is ek en jy vandag nie aan die mag van die sonde uitgelewer nie, want ons is deur die Gees van die lewende God gesalf, en daardeur bemagtig om elke aanslag van die duiwel te weerstaan. Sing: Skrifberyming 33:1, 3 (1936)

Ds. PA (Piet) Venter (Emeritus)

Page 16: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

16

Dinsdag 10 Januarie Skrifgedeelte: Joël 2:21-32 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Joël 2:28, 29

God belowe volledige herstel

Die boodskap van die profeet Joël is dat die dag van die Here naby is (1:15). Hy sien in ’n visioen dat sprinkane golf na golf die hele land van Juda van elke plant en gewas stroop, sodat daar geen kos vir mens en dier is nie.

Daarom roep hy Juda op tot waaragtige berou en bekering: “Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe” (2:13). As hulle dit doen, dan belowe Hy, twee keer, dat sy volk nooit weer in die skande sal kom nie (2:26, 27).

Trouens, Hy belowe meer as dit, Hy belowe volledige herstel aan hulle – nie slegs op fisiese gebied dat daar weer oeste sal wees nie, maar dat Hy ook aan hulle geestelike herstel sal gee. Hy sal sy Gees op al die mense laat kom, ongeag hulle geslag en ongeag hulle ouderdom, en ook ongeag die sosiale status wat hulle geniet.

Die Here het hierdie belofte nagekom. Ongeveer agt eeue later herken Petrus die vervulling daarvan op die Pinksterfees in Jerusalem toe die Heilige Gees op ongeveer 120 volgelinge van Jesus uitgestort is. En dit het nie net by hulle gebly nie. By monde van Joël het die Here verder belowe dat “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (vs 32).

Ons verlossing in Christus is nie outomaties nie. As die Here ons roep, dan vra dit van ons ’n antwoord. So lees ons dat dié wat daardie dag Petrus se woorde aangeneem het, gedoop is, en omtrent 3000 mense is by die getal van die gelowiges gevoeg ( Hand. 2:41). Sing: Psalm 87:2, 5 (1936)

Ds. PA (Piet) Venter (Emeritus)

Page 17: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

17

Woensdag 11 Januarie Skrifgedeelte: Esegiël 47:1-12 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Esegiël 47:9c

Die oorvloedige lewe deur die Gees

Wat ’n wonderlike visioen is dit wat Esegiël gesien het: ’n skouspel van water wat onder die drumpel van die tempel uitstroom. Dit vloei al hoe dieper en bring lewe vir alles en almal wat daarmee in kontak kom. Onmiddellik herinner dit aan Jesus se woorde: “Met die een wat in my glo, is dit soos die Skrif sê: ‘strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’ Hiermee het Hy na die Gees verwys, want mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang” (Joh. 7:38, 39).

Ons het dus hier ’n profesie oor die bedeling van die Heilige Gees, en dit illustreer die effek wat die kerk van die Here in die bedeling ná Pinkster op sy omgewing sal hê. As mense wat tot geloof in Jesus gekom het, is ons soos ’n rivier wat al hoe dieper vloei. Elkeen wat hom/haar aan hierdie stroom oorgee, lewe al dieper in die Heilige Gees. Ons het nie meer die behoefte om self in beheer van ons lewe te wees nie … om die grond onder ons voete te voel nie. Ons het die rykdom van die lewe deur die Gees geleer ken. Dis ’n lewe van oorvloed – met al die soorte diere, baie vis en allerlei vrugte en blare wat versadiging en genesing bring. Hierdie lewe het sy oorsprong in die tempel van God, in die teenwoordigheid van die Here.

Moenie jou daaglikse persoonlike omgang met die Here verwaarloos nie. Dit is daar waar jy deurlopend bemagtig en toegerus word om ’n seën te wees vir almal met wie jy vandag in aanraking kom. Sing: Psalm 63:1, 3 (1936)

Ds. PA (Piet) Venter (Emeritus)

Page 18: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

18

Donderdag 12 Januarie Skrifgedeelte: Handelinge 1:1-8 Fokusgedeelte: Handelinge 1:5

Jy is met die Heilige Gees gedoop

Daar is gelowiges wat verkondig dat die doop met die Gees ’n tweede ontvangs van die Heilige Gees in ’n latere stadium van jou geloofslewe is. Dit gebeur gewoonlik by wyse van ’n ekstatiese ervaring. Volgens hierdie opvat-ting kan jy dus jare lank ’n gelowige wees, iemand wat wedergebore is en bely dat Christus jou Verlosser is, terwyl jy nog nie die “doop met die Gees” ontvang het nie. Die hoogste bewys dat jy die doop met die Gees ontvang het, is die verskynsel van die spreek in tale. So onderskei hulle tussen twee groepe gelowiges in die kerk: die sogenaamde ingewydes wat reeds die “doop met” of die “volle inwoning” van die Gees ontvang het, en dié wat dit nog nie ontvang het nie en nog op ’n laer vlak van geloofslewe verkeer.

Is dit wat die Skrif ons leer? Die uitdrukking “doop met die Gees” kom inderdaad sewe keer in die Nuwe Testament voor (Matt. 3:11; Mark. 1:8; Luk. 3:6; Joh. 1:33; Hand. 1:5; 11:16; en 1 Kor. 12:13). Christus se belofte van die doop met die Gees hier in Handelinge 1:5 wys egter duidelik heen na die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag (soos ook die ander tekste hierbo genoem). Dit is ’n eenmalige, onherhaalbare heilsgebeurtenis. In Handelinge 2:1-3 word die doop met die Heilige Gees vir ons beskryf. Terwyl die tekens van die geluid van wind en die sigbare tonge van vuur gekom het, is hulle met die Heilige Gees gedoop. Om met die Heilige Gees gedoop te wees, beteken niks anders nie as die eerste en onherhaalbare ontvangs van die Heilige Gees deur gelowiges, wanneer die wedergeboorte, geloof en bekering gewerk word. Dit is daardie eerste gebeurtenis waar die Heilige Gees in ons kom woning maak. Die Skrif leer dat elke gelowige wat Jesus Christus as Verlosser bely, aan die volle inwoning en werking van die Heilige Gees deel het (1 Kor. 12:3). Ons kan dus met sekerheid weet dat ons met die Gees gedoop is. Ons is onder sy krag en heerskappy geplaas. Hy rig ons denke, stuur ons begeertes na wat goed en loflik is. Hy maak dit wat Christus vir sy volk bereik het, vir ons ’n lewende werklikheid. Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. DJA (Danie) Booyens (Koster)

Page 19: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

19

Vrydag 13 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 1:29-34 Fokusgedeelte: Johannes 1:29-34

Hy wat met die Heilige Gees doop

Johannes die Doper is hier self besig om mense te doop, omdat hy ’n god-delike opdrag daartoe ontvang het (vs 33). Wanneer Jesus na hom toe kom om gedoop te word, sê Johannes aan die dopelinge dat Jesus met die Heilige Gees sal doop.

Uit die struktuur van hierdie perikoop is dit duidelik dat daar ’n verband is tussen die wegneem van die sonde (vs 29) en die doop met die Heilige Gees (vs 33). Die doop van Jesus is dus onlosmaaklik verbonde aan die afwas van die sonde en die wegneem van die sonde. Dit beteken dat Johannes slegs met water kan doop en ’n beroep op die dopelinge doen om hulle te bekeer sodat hulle vergifnis van sonde kan ontvang. Jesus doop egter met die Heilige Gees wat werklik die harte en lewens vernuwe, wat werklik nuwe lewe gee. Dit was eers Jesus Christus se doop wat die werklikheid van vernuwing en die ewige lewe in mense harte indra. Dit gebeur wanneer Christus sy Gees op mense neerlaat.

Met die Pinkstergebeure het die Gees Christus se werk in gelowiges kom voortsit en dit as ’n krag in hulle lewens kom vestig. Van toe af woon Christus deur sy Gees by en in sy kerk, en lei en regeer Hy sy kerk tot die einde toe. Om die begin van hierdie gawe van God aan sy kerk te verduidelik, gebruik die Skrif die gedagte “doop met die Heilige Gees”.

As jy God in Christus ontmoet het, het jy die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dan het jy die ewige lewe, en is jy beslis deur Christus met die Gees gedoop! Sing: Skrifberyming 8-2:1, 2, 3

Ds. DJA (Danie) Booyens (Koster)

Page 20: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

20

Saterdag 14 Januarie Skrifgedeelte: Lukas 3:15-22 Fokusgedeelte: Lukas 3:22

Jesus se doop met die Heilige Gees

By Jesus se eie doop ontvang Hy die Heilige Gees. Die Gees daal op Hom neer in ’n sigbare gestalte soos ’n duif. Die duif laat ons natuurlik dink aan die duif van Noag. Met die doop van Christus kry die Heilige Gees dan die enigste en eerste rusplek op aarde, naamlik op Christus.

Die Gees daal egter nie net op Hom neer nie, maar bly ook op Hom. Dit illustreer dat God sy Seun met die Gees toegerus en gesalf het vir sy Middelaarswerk wat sou volg. Daarmee het Hy die Gees sonder enige beperking ontvang. Dit is die Gees waarmee Hy sy gemeente sal doop nadat Hy vir hulle gesterf het.

Op die dag van sy doop met die Heilige Gees ontvang Christus die volle salwing tot ons ewige Koning, maar ook tot ons enigste Hoëpriester en hoog-ste Profeet. Daarom is Hy Christus, die Gesalfde. Sy salwing is veral uniek en volmaak daarin dat Hy nie volgens die gebruik met olie gesalf is nie, maar met die Heilige Gees. So verleen die Heilige Gees aan Christus die krag om as Regeerder, Intreder en Wegwyser sy werk te kan verrig.

Deur die geloof is jy ’n “lid van Christus en daardeur het jy deel aan sy salwing” met die Heilige Gees (HK, Sondag 12). Regeer Hy as Koning oor elke aspek van jou lewe? Vertrou jy Hom werklik as Priester om vir jou in te tree? Luister jy na die Profeet se boodskap van waarheid, verlossing en hoop? Leef dan elke dag oorwinnend en diensbaar as koning, priester en profeet in en deur Christus! Sing: Psalm 116:9, 10 (1936)

Ds. DJA (Danie) Booyens (Koster)

Page 21: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

21

Sondag 15 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 1:19-29 Fokusgedeelte: Johannes 1:29a

“Daar is die Lam van God …”

Johannes die Doper is die oorgangsfiguur vanaf die Ou na die Nuwe Testament. Hy kondig die nuwe tyd só kragtig aan dat ’n kerklike kommissie hom kom ondervra. Hy sê hy is die reguitmaker van die pad van Jesus (vs 23) – sodat Hy sy aard en bediening kan openbaar (vs 14, 16, 17, 18). Daarom sê Jesus van Johannes daar was niemand groter as hy gebore nie (Matt. 11:11), maar Johannes sê hy is minder as ’n slaaf van Jesus (vs 27): hy moet minder word en Jesus meer (Joh. 3:30).

Jesus vra om deur Johannes gedoop te word, maar hy weier, want sy doop was ’n doop van bekering – totdat Jesus verduidelik dat Hy so aan God se eis van geregtigheid moet voldoen (Matt. 3:13-17). Daardie nag worstel Johannes om te verstaan wat Jesus bedoel, maar die volgende dag toe hy Hom sien, kondig hy triomfantelik aan: “Daar is die Lam van God …!” ’n Lig het vir hom opgegaan: al die lammers wat elke dag deur die eeue as sondeoffers geslag is, kon nooit die ongeregtigheid van Israel wegneem nie – ondanks hulle onskuld en al die vereistes waaraan hulle moes voldoen, was offerlam-mers bloot simbole van die mens se skuld en onvermoë om aan die eise van God se geregtigheid te voldoen.

Nou besef Johannes Wie Jesus werklik is: die offerlam wat God self uitge-kies het. Hy voldoen aan al die eise van God se geregtigheid! Net Hy kan ver-lore sondaars met die heilige God versoen. Niks anders kan nie.

God weet dit – en elke sondaar wat die Lam van God aanvaar as die offer vir sy/haar sondes, kan dit ook weet! Wat ’n genade om die nuwe jaar met dié sekerheid te begin! Sing: Skrifberyming 5-2:4, 5

Ds. DC (Chris) Coetsee (Emeritus)

Page 22: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

22

Maandag 16 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 1:8 – 2:2 Fokusgedeelte: Johannes 1:29b

“… wat die sonde van die wêreld wegneem …”

Johannes het ’n wêreldveranderende openbaring ontvang: Jesus is nie alleen die Lam van God nie, maar Hy is die deur God geskenkte Offerlam wat die “… sonde van die wêreld wegneem”!

Israel se “godsdiens” het altyd oor Israel se heil, voorspoed, oorlewing, triomf gegaan. Vir Johannes het die gordyn oopgeskuif, die skille afgeval: Yahweh is ook die God van “die wêreld”! Hy is egter ook die Regter van die “wêreld” – en die “… hele wêreld is voor God verdoem …” (Rom. 3:19) … maar: Hy wil dit red (1 Tim. 2:4)! Dit is waarom hy “Die Lam” stuur! Net Hy is goed genoeg, heilig genoeg, het genoeg liefde en begrip – is kosbaar genoeg!

Later sou die Lam Self verduidelik: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo (as die Lam van God), nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh. 34:16-19).

Elkeen wat, soos Johannes, oorweldig is deur hierdie ontsaglike werklik-heid, kan ook nie stilbly nie: die goeie nuus moet aan die wêreld verkondig word: “God gee om vir die wêreld! Hy sien die verskriklike nood van die wêreld: nou alreeds, maar ook op die ‘laaste dag’ – en daarom het Hy Die Lam voorsien!”

Elkeen wat die offer van die Lam werklik aanvaar en ervaar dus Johannes se blye aankondiging voort, want sy en hy word ook: ’n nuwe skepping en on-vermydelik ’n ambassadeur na die wêreld van die Lam en van God se onver-staanbare, reddende liefde (2 Kor. 5:17-21).

Is jy een? Sing: Skrifberyming 1-3:1-3

Ds. DC (Chris) Coetsee (Emeritus)

Page 23: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

23

Dinsdag 17 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 14:15-17, 25-26; 16:5-15 Fokusgedeelte: Johannes 1:33

“… dit is Hy wat met die Heilige Gees doop”

Wat die “kerk” (dit beteken “die Here s’n”) waarlik “kerk” maak, is: elke lidmaat daarin is met die Heilige Gees gedoop (1 Kor. 12:3, 12, 13). Dit, het Johannes gesien, is die verskil tussen sy volgelinge en dié wat Jesus sou volg. Immers: Johannes het Jesus gedoop omdat Hy verduidelik het “… op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen” (ander vertalings: “alle gereg-tigheid vervul”) – en toe het Johannes “… die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal op Hom … en ’n stem uit die hemel het gesê: ‘Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My’” (Matt. 3:15-17).

Die Joodse tradisie het geleer dat die Heilige Gees met die laaste profeet, Maleagi (400 jaar vantevore), die aarde verlaat het en eers weer met die koms van die Messias sou terugkom. Daarom is hyself nie “… die Profeet …” nie, het Johannes gesê: hy doop bloot met water – die ware Profeet sal met die krag en gesag van die Heilige Gees doop. Nou, ná die doop van Jesus en die teken van die “duif” en die stem uit die hemel, kom sy getuienis: “… dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.”

Dit doen Hy steeds met elke gelowige (HK, Sondag 20), want alleen die Heilige Gees kan oortuig van sonde (Joh. 16:8), toerus vir dienswerk (Hand. 1:8; 1 Kor. 12:7, 11) en in die gelowige die vrug van die nuwe lewe dra (Gal. 5:22, 23). ’n “Kerk” sonder die Heilige Gees is geen kerk nie, en ’n “gelo-wige” sonder die Gees is geen lidmaat van die kerk nie.

Het Jesus jou met die Heilige Gees gedoop? Toets jouself aan jou sonde-besef en soeke na heiliging, jou dienswerk en die vrug van jou lewe. Sing: Skrifberyming 8-3 (Aanvullende Psalmboek, 2012)

Ds. DC (Chris) Coetsee (Emeritus)

Page 24: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

24

Woensdag 18 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 5:18-29 Fokusgedeelte: Johannes 1:34

“… Hy is die Seun van God”

Watter monumentale twee dae in die lewe van Johannes die Doper: vanaf ’n blote kennis van sy neef Jesus, via “… daar is die Lam van God …” na “… wat die sonde van die wêreld wegneem …” na “… Hy wat met die Heilige Gees doop …” na die getuienis: “Hy is die Seun van God”!

Dis alles genadewerk: niemand kan dit vanself ontdek nie – dit kom van Godgegewe lig (Joh. 1:7-10; 3:19); die kennis skei mense: die ongelowige Jode wil Jesus doodmaak (Joh. 5:18), terwyl ander daardeur oorweldig word (Matt. 16:16, 17); die antichris openbaar homself deur te ontken dat Jesus die Seun van God is (1 Joh. 2:22, 23); en ander is oorweldig deur die liefde van God soos in die Seun geopenbaar (Joh. 3:16-18).

As jy erken dat Jesus die Seun van God is, beteken dit dat jy God eer (Joh. 5:23) en alreeds van die oordeel vrygespreek is (vs 24). Daarteenoor: om Hom nie as Seun te erken en te eer nie, is die hoogste ontering van God – en ver-seker jou van ’n lewe van slawerny (Joh. 8:31-34) en onherroeplike veroorde-ling (Heb. 10:29).

Vir die radelose en verskrikte sondaar is die Godgestuurde goeie nuus: “As jy in die Seun van God glo, is jy in die Seun en in die Vader … en jy het die ewige lewe” (1 Joh. 2:24, 25)! Jou Redder, Verlosser en Saligmaker is niemand anders nie as die Seun van God Self. Dit is die getuienis van die Woord en die Gees: “… en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie … Sy Gees leer julle alles … (en) is die waarheid: soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly.” Net dit! Sing: Skrifberyming 4-8

Ds. DC (Chris) Coetsee (Emeritus)

Page 25: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

25

Donderdag 19 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 20:19-25 Fokusgedeelte: Johannes 20:21 (OAV)

Die groot opdrag

Dit is Jesus se eerste verskyning aan sy dissipels op die dag van sy opstanding. Dit was ná sy verskyning aan die Emmausgangers wat waarskynlik ook daar teenwoordig was. Tomas was afwesig. Uit vrees vir die Joodse leiers was hulle agter geslote deure. Dan skielik staan die opgestane Jesus in hulle midde met die groet “Vrede vir julle”. Vrede wat alle vrees ver-dryf. Uit Jesus se mond het hierdie bekende groetwoord nou nuwe betekenis. Deur sy krag as Seun van God en ná sy opstanding en voltooide versoenings-werk is sy groetwoord nou ’n voltooide werklikheid. Dit is die uiteindelike betekenis van sy Middelaarswerk dat ons nou volkome vrede met God het (Rom. 5:1).

In ons teksvers word die woorde herhaal. Nou is dit nie meer net ’n groet-woord nie, maar eerder ’n afskeidswoord vir hulle uitstuur die wêreld in. Hulle word bemoedig en versterk met die vrug van Christus se Middelaarswerk. Hoewel die vrede wat Hy gee buite onsself in Hom en sy versoeningswerk vasgeanker is, moet dit ook ons eiendom word. Ons moet dit deur die geloof toe-eien en daaruit lewe. Daarom is dit ook vir ons nodig dat dit weer gesê moet word – herhaaldelik, ons lewe lank. Daar is só oneindig baie dinge wat dreig om ons die vrede te ontneem. Die vrede van Christus word ook die boodskap waarmee ons gestuur word. Dit is ’n oorweldigende opdrag met ’n oorweldigende verantwoordelikheid. In sy hoëpriesterlike gebed het Jesus vir sy dissipels voorbidding gedoen en gebid: “Soos U My gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur” (Joh. 17:18). Nou rig Hy die opdrag direk aan die dissipels: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat hulle vroeër gevlug het, word hulle nou weer in ere herstel. Die beloftes van vrede en toerusting word vervul. Ons hoef niemand te vrees nie. Ons mag ook nie huiwer nie. God wat roep, skenk ook die vrede en die volle toerusting aan alle gelowiges vir hulle verhewe roeping om getuies te wees van Christus tot aan die einde van die wêreld. Sing: Skrifberyming 41:1, 4, 5 (1936)

Ds. SA Cilliers (Waterberg)

Page 26: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

26

Vrydag 20 Januarie Skrifgedeelte: Matteus 3:1-2; 4:12-17 Fokusgedeelte: Matteus 3:2; 4:17b

Koninkryk – deel daarvan?

Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. Johannes se prediking, soos Matteus dit beskryf, het as inhoud iets heel

anders as dit wat die volk van Israel dit wou hoor. Die volk was só seker dat God naby hulle was dat hulle nie regtig gelyk het of hulle omgee of hulle naby God leef nie. In selfvergenoegdheid het hulle daarop geroem dat hulle, as “God se volk”, reeds alles het.

Hulle moes hoor dat hulle moet terugkeer na God, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. Die gesindheid van die volk moet verander! ’n Ander gesindheid as dié wat hulle openbaar, moet in hulle lewens sigbaar word. Hierdie ander gesindheid vra dat hulle anders gaan optree. Met hulle verstand en hart moes hulle anders word. In dit wat hulle dink, sê en doen moes die verandering sigbaar word. Die rede: Die koninkryk van die hemel het naby gekom – Christus is gebore. Hy wat die mag van Satan gaan ver-breek. Die seën – sowel as die oordeel – wat die koninkryk bring, het naby gekom.

Johannes preek: “Bekeer julle ...” en die prediking is deel van ’n geweldige voorbereiding om die hoorder na Christus te dryf. Dit is die begin van evange-lieprediking. Daarom moet die boodskap nou gebring word om by die hoor-ders ’n begeerte na die verkondiging van Christus te bring. Jesus neem die prediking van Johannes oor, maar Jesus begin nie net preek nie. Hy borduur nie net voort op wat Johannes gesê het nie, maar met hierdie woorde begin Hy sy prediking (bediening) om ’n wêreld te roep om nie net deel van hulle “godsdiens” te wees nie, maar deel van die KONINKRYK.

Is jy deel van die koninkryk van die hemel? Sing: Psalm 33:2

Ds. MP Fourie (Emeritus)

Page 27: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

27

Saterdag 21 Januarie Skrifgedeelte: Matteus 3:13-17 Fokusgedeelte: Matteus 3:15-17

Jesus se doop lei sy openbare optrede in

Dit moet ’n baie besondere gebeurtenis in die lewe van Johannes die Doper gewees het toe hy Jesus gedoop het! Dink jou in as dit vir jou beskore was! Johannes het homself onwaardig vir hierdie grootse opdrag gevoel. Tog het hy dit gedoen nadat Jesus hom daarop gewys het (vs 15) dat “op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.” Waarom was dit reg dat Jesus gedoop word? Omdat (i) Hy daardeur aan die wil van God, sy Vader, wou voldoen; (ii) Hy Hom as Seun van God deur sy doop vereenselwig het met gewone sondaarmense; (iii) dit die begin van sy openbare bediening moes aandui. Dit is opmerklik dat Matteus sy evangelie so inklee dat direk na die doop van Jesus as die Christus, die hel as ’t ware losgebars het en Satan in opstand gekom het met sy versoekinge van Jesus in die woestyn (vgl. Matt 4:1-11).

Met die doop van Jesus is die Drie-eenheid van God as Vader, Seun en Heilige Gees geopenbaar: Die Seun is in die water en word gedoop in die persoon van Jesus; die Heilige Gees het soos ’n duif op Hom neergedaal (vs 16). Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het (vs 17): “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” Dit is duidelik dat Matteus daardeur aan die leser te kenne wil gee dat God self hier vir Jesus as sy Seun erken. Tegelyk kom die Gees van God soos ’n duif op Jesus, wat die leser herinner aan Jesaja 42:1: “Ek laat my Gees op hom kom.” Hierdie toerusting van Jesus met die Heilige Gees dui die begin van sy openbare optrede aan. Dit was so ongeveer drie jaar voor sy kruisiging. Sing: Skrifberyming 14-1:1, 2

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 28: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

28

Sondag 22 Januarie Skrifgedeelte: Markus 1:1-8 Fokusgedeelte: Markus 1:8

Die belofte van die Gees

Die inhoud van die vier Evangelies is nie debatte of besprekings nie, maar ’n proklamasie of ’n aankondiging van: “Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God” (OAV) (Mark 1:1). Markus begin deur die identiteit van Jesus Christus aan te kondig.

Markus was heel waarskynlik ’n ooggetuie van verskeie van die sake waar-oor hy skryf, daarom kon hy met ontsag, onder inspirasie van die Heilige Gees en met persoonlike getuienis oor “die Goeie Nuus – die blye Evangelie” skryf. • Eerstens haal hy aan uit die profeet Maleagi en daarna uit Jesaja. Daar is al

geprofeteer dat almal gereed moet wees, want die Messias kom. • Tweedens haal hy Johannes die Doper aan wat in die woestyn opgetree het

en verkondig het dat Jesus Christus aan die kom was. Hierdie voorbereiding het behels dat almal wat glo, gedoop moes word en hulle moes bekeer.

Ons lees van Johannes die Doper se prediking en doop onder andere in Matteus 3; Lukas 3:1-9, 15-17; Johannes 1:19-28. Johannes die Doper word deur Jesus self genoem die grootste van die profete (Matt. 11:1-15). Johannes het met sy klere van kameelhare, sy manier van lewe, sy boodskap van bekering met Elia geïdentifiseer.

Johannes het aan die volk geleer dat hulle hul moes bekeer, omdat die Messias aan die kom was. Bekeer julle van julle geestelike louheid, bekeer julle deur in Jesus Christus te glo, Hom te dien met jou hele hart en siel en verstand, was sy boodskap.

Johannes was baie versigtig om self minder te word, sodat Jesus Christus meer kon word in sy lewe (vgl. Joh. 3:25-30). Johannes het wel met water gedoop en dit dui op die afwassing van ons sondes deur die bloed van Jesus Christus. Jesus het egter in Handelinge 1:4, 5 gesê dat Johannes met water gedoop het, maar dat die dissipels met die Heilige Gees gedoop sou word, dit was met die uitstorting van die Heilige Gees.

Dit beteken nie dat Johannes se doop met water minderwaardig of ongeldig was nie (vgl. Matt. 21:23-27), of dat die doop met water een dag deur ’n geestelike doop vervang sou word nie (vgl. Matt. 28:19-20). Nee, die doop

Page 29: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

29

van Johannes was net ’n voorbereiding sodat die mense gereed sou wees om Jesus Christus te ontvang.

Die apostels sowel as Jesus Christus is self deur Johannes gedoop. Ons is vandag baie bevoorreg dat ons gedoop word, wel met water, maar in die Naam van God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees. God as een Wese, geopen-baar in Drie Persone, is dus self by elke doop teenwoordig.

Wat ’n genade dat my naam in een sin met die Almagtige Drie-Eenheid genoem word, dat ek ook gedoop is in die Naam van die Heilige Gees. Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. GS Kruger (Centurion)

Page 30: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

30

Maandag 23 Januarie Skrifgedeelte: Matteus 12:33-37 Fokusgedeelte: Matteus 12:33-37

Ek getuig deur die woorde van my mond

Jy is geroep om vir God te getuig. Om getuie te wees, is nie bloot teoreties nie, maar baie prakties. Om getuie te wees, is só prakties dat dit te doen het met die woorde wat jy sê. Jesus leer hierdie waarheid by wyse van ’n alledaagse beeld van ’n boom wat vrugte dra. Die boom verteenwoordig die hart van ’n mens en die vrugte in die beeld wys na die woorde wat ’n mens sê. Jesus het hierdie gelykenis gebruik na aanleiding van die lasterlike woorde wat die Fariseërs oor Hom gesê het. Die Fariseërs se harte was sleg, daarom het slegte woorde uit hulle mond gekom.

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die hart van ’n mens is ’n skatkamer. In die skatkamer bêre ’n mens die goeie of die slegte. Die Fariseërs het sondige eiegeregtigheid en haat teen Jesus opgegaar, daarom het lasterlike woorde oor Jesus uit hulle monde gevloei. Wat in jou hart is, of dit nou geloof of ongeloof is, kan nie weggesteek word nie. Dit moet uitkom in die woorde van ’n mens se mond. Christus het jou deur sy dood en opstanding nuut gemaak. In jou hart leef die Heilige Gees. Hy het ware geloof in God in jou hart gewek. Laat die geloof waarvan jou hart vol is, omskep word in woorde van geloof wat uit jou mond kom. Wees getuie vir God in wat jy sê. Praat oor sy genade, sy trou, sy liefde en sy heiligheid. Daar is soveel om te sê! Oor die woorde wat ’n mens sê, goed of ydel en sleg, sal gepraat word wanneer Christus weer kom. Woorde is getuienis van geloof of ongeloof. Die slegte woorde uit ’n ongelowige hart sal daarom tot ewige veroordeling lei! Die goeie woorde uit ’n gelowige hart sal tot saligheid lei! Sing: Psalm 19:4, 7 (1936)

Ds. PJ (Johan) Nel (Akasia)

Page 31: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

31

Dinsdag 24 Januarie Skrifgedeelte: Romeine 8:1-17 Fokusgedeelte: Romeine 8:9

Die Gees van God woon in julle

Vir iemand wat aan Christus behoort, is dit vanselfsprekend dat die Gees van God in hom/haar woon. Gee jouself nou bietjie rekenskap van wat hierdie inwoning van die Gees vir jou beteken en wat dit vir jou lewe inhou.

Inwoning hou permanensie in. Die Heilige Gees kom nie net so nou en dan per geleentheid nie, maar Hy kom om te bly. Verder hou inwoning intimiteit in. Dit is nie bloot ons subjektiewe gevoel nie, maar dit is die persoonlike inwoning van God self, van die persoon van God, die Heilige Gees.

Hierdie inwoning beteken dat jy die tuiste van die Gees is, die huis waarin Hy woon en waaruit Hy werk – Hy neem beheer van jou lewe oor, Hy verander jou van slaaf van die sonde tot kind van God, Hy maak jou nuut, Hy beseël jou as eiendom van God en waarborg dat jy alles sal ontvang wat God beloof het. Hy leer en herinner en lei jou in die hele waarheid. Hy rus jou toe vir diens in en opbou van die liggaam van Christus. Hy laat jou groei uit Christus en na Christus toe. Hy stuur jou uit as getuie. As die Gees oorneem, bring Hy lewe en vrede.

Die uiteindelike en finale vervulling van die verbondsbelofte: “Ek sal my Gees in julle gee” (Eseg. 36:27), kom in sig as die woonplek van God by die mense sal wees en Hy by hulle sal bly (Op. 21:3). Hierdie inwoning van die Heilige Gees is ’n gawe, ’n gawe wat terselfdertyd ook ’n verpligting is, en hierdie verpligting is om jou deur die Gees van God te laat lei.

Die 1933/’53-Bybelvertaling se vertaling van die fokusvers: “as naamlik” die Heilige Gees in julle woon, is nie bedoel om die inwoning van die Gees in die gelowiges onseker te maak nie. Inteendeel, omdat ons seker is dat die Gees in ons woon, weet ons dat ons oorgegaan het van ons sondige bestaan waarin ons self in beheer bly tot die nuwe lewe waarin ons onder die heerskappy van die Gees vir Christus lewe.

Laat julle dan deur die Gees van God wat in julle woon, lei. Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. H (Hessel) Dijkstra (Emeritus)

Page 32: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

32

Woensdag 25 Januarie Skrifgedeelte: Lukas 1:26-38 Fokusgedeelte: Lukas 1:35

Die geboorte van ons Here Jesus Christus word deur die Heilige Gees bewerk

Daar is soveel mense wat nie werklik besef hoe die Gees in die lewe van

die kinders van God werk nie. En tog, deur die hele Bybel word die werk van die Gees vir ons baie duidelik uiteengesit, selfs hier, meer as 30 jaar voor die uitstorting van die Heilige Gees. Hy is God en sy werk is duidelik, beslis hier waar dit pertinent genoem word. Maria word deur die engel Gabriël besoek en is verbysterd dat die engel haar sou besoek. Die engel se boodskap bestaan uit hoofsaaklik drie gedagtes: Sy sal ’n Seun hê; Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste; sy Koningskap sal nie eindig nie.

Maria is verras, en daarom vra sy hoe dit moontlik is. Dan antwoord die engel dat die Heilige Gees oor haar sal kom en dat die krag van die Allerhoogste die lewe in haar sal wek. Die kind wat gebore word, sal niemand anders wees nie as Jesus Christus, die Seun van God. Wanneer die Gees in die lewe van God se kinders werk, dan is dit altyd met krag, ongeag hoe klein dit mag wees. Hier sien ons een van die groot wonderwerke in die geskiedenis van die wêreld waar die geboorte van Christus aangekondig word en dan gebeur dit dat Maria aan die Messias geboorte skenk.

Meer as 30 jaar later gebeur die volgende groot wonderwerk as Christus uit die dood opgewek word, deur een en dieselfde Gees. Dis dieselfde Gees wat in ons harte werk, met krag sodat ons kan glo, die Here kan dien, en ons vertroos wanneer ons swaar trek in die lewe. Jy is nooit alleen in hierdie wêreld nie, want die Gees van God staan jou elke dag by. Sing: Psalm 145:10 (1936)

Ds. Neville Boy (Thabazimbi)

Page 33: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

33

Donderdag 26 Januarie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:1-11 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:3

Alleenlik deur die Gees kan ons Christus as Here verkondig

Sou dit julle verbaas as ons sou sê dat die kerk nie groei omdat ons nie toelaat dat die Gees ons lei nie? Die Bybel is vol van gedeeltes wat daarvan praat dat ons niks goeds kan doen nie, behalwe deur die Gees. Selfs hier in ons voorgelese gedeelte is dit so. As ons dus wil hê dat die kerk moet groei, doen ons dit alleen deur die werk van die Gees.

Die gemeente in Korinte word aangespreek oor die feit dat hulle net klem lê op sekere gawes en ander as minderwaardig beskou. Paulus stel hierdie saak reg deurdat hy hulle daarop wys dat alle gawes van God af kom. Selfs die gawe van geloof (Ef. 2:8-9). As jy gelowig is, dan is dit die gevolg van die werk van die Gees in jou lewe. Ons bely dit in Sondag 3 van die Heidelbergse Kategismus. Ons is tot alle kwaad geneig, behalwe as ons deur die Gees weergebore word.

Daarom, as Paulus ons in hierdie gedeelte leer dat ons alleenlik deur die Gees “Jesus as Here” kan verkondig, dan besef ons werklik hoe afhanklik ons van God is. God gee aan ons die gawe van geloof deur die Gees. Dit is deur een en dieselfde Gees dat ons Jesus as Here nie net kan bely nie, maar ook kan verkondig.

Gelei deur die Gees – en alleen so – kan ons die wêreld ingaan en Jesus Christus verkondig. As ons dus as kerk wil groei, moet ons weet en besef dat dit alleenlik moontlik is deur die kragtige werk van die Heilige Gees in ons lewens wat ons daartoe in staat stel. Sing: Psalm 145:11 (1936)

Ds. Neville Boy (Thabazimbi)

Page 34: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

34

Vrydag 27 Januarie Skrifgedeelte: Johannes 20:19-25 Fokusgedeelte: Johannes 20:21-22

Die Here stuur julle uit deur die Gees wat in julle werk

As ons sou redeneer dat ons nie die vermoë het om die evangelie te verkondig nie, dan erken ons dat die Gees nie in ons werk nie. Ons sou dan besig wees met ons eiewillige wyse van die Here dien.

Die dissipels het net die oggend van hierdie gebeure die leë graf ontdek. Johannes het geglo (vs 8), maar nie een het die volle implikasie van sy opstan-ding begryp nie. Nou verskyn Christus aan hulle en gee hulle opdrag, net soos Hy opdrag ontvang het. Hy stuur hulle. Om wat te doen? Om te verkondig dat Jesus die Christus is, die Seun van God. Deur in Hom te glo, ontvang jy die lewe (vs 31).

Dan doen Jesus ’n vreemde ding. Hy blaas oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees.” Die uitstorting van die Heilige Gees vind plaas eers nagenoeg 50 dae hierna. Hierdeur wil Christus egter aan hulle bevestig dat die Gees van Hom en die Vader af uitgaan. Elkeen word deur God – Vader, Seun en Heilige Gees – gestuur die wêreld in om die boodskap van verlossing te verkondig en met die vermoë om dit te doen. Waarom anders sou die Gees dan uitgestort word? Dit is nie sodat ons alleenlik getroos kan voel in tye van swaarkry nie. Dit is sodat elkeen die krag en vermoë kan hê om sy/haar roeping in hierdie wêreld te vervul deur die verkondiging van die evangelie.

God het deur sy Gees aan elkeen van ons die geleentheid gegee om Hom te verheerlik. Ons doen dit deur Jesus as Christus te verkondig, sodat elkeen wat glo, die lewe kan hê. Lewe dan in gehoorsaamheid aan die opdrag wat God jou gee. Sing: Psalm 119:10 (1936)

Ds. Neville Boy (Thabazimbi)

Page 35: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

35

Saterdag 28 Januarie Skrifgedeelte: Psalm 51 Fokusgedeelte: Psalm 51:5, 6, 13

Die Heilige Gees bring sondige mense tot belydenis van skuld

’n Mooi storie dié van God se getroue profeet Natan aan Dawid, eweneens ’n Godsaangestelde koning.

Profeet voor sy koning … maar sy koning het ’n donker geheim. Dawid het sy spore probeer uitwis en dit reggekry – Uria is oënskynlik wettig in ’n veldslag dood. Dawid kon dus wettig met die weduwee Batseba trou. Ja, al is die kind dood … alle spore is uitgewis. Mense vra nie meer lastige vrae nie!

Tot God sy geroepe profeet ’n storietjie kom vertel van ’n hans ooilam-metjie … En met “Jy is die man” val Dawid se masker af. Die Heilige God het alles geweet … dit toegelaat …

Dawid, die man na God se hart, wat die allermooiste goed oor God gedig het, gesing het, op sy harp gespeel het, wat oorloë gewen het, triomfliedere ge-sing het, gedans het, val in die versoeking. Niemand is gevrywaar nie. Dawid sondig! Sondig diep … ontken dit, verswyg dit … vee sy spore dood!

God het egter nie sy Heilige Gees van hom af weggeneem nie. Deur alles heen waarmee Dawid die Heilige Gees bedroef het, bring die Heilige Gees Dawid tot erkenning en verootmoediging. En daar voor God se profeet bieg Dawid. Nie omdat hy uitgevang is nie, maar in ware berou (vgl. ook Ps. 32).

Ons Here Jesus het gesê die Heilige Gees sal ons oortuig van sonde, ver-gifnis en vryspraak. Hierin gebruik God mense – ook vir jou en my. Dawid se sonde word vergewe, want sy Nakomeling, Jesus Christus, het gekom. Sing: Psalm 32:1

Dr. PK (Piet) Lourens (Emeritus)

Page 36: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

36

Sondag 29 Januarie Skrifgedeelte: Efesiërs 3 Fokusgedeelte: Efesiërs 3:16, 17

Die Heilige Gees en die inwoning van Christus deur die geloof

Voorbidding vir ’n gemeente – ’n aangrypende gebed gevul met bedes wat die Heilige Gees tot Bewerker van die eenheid tussen Christus en ’n gelowige verhelder. Na sy Godheid, genade en Heilige Gees gaan ons Here Jesus Christus immers nooit van ons af weg nie.

Die Ander Trooster is nie ’n nuwe anderster Trooster nie, Hy is immers die Voorspraak, ons Advokaat wat die Vader en Seun vir ons op Pinksterdag gestuur het, wat nou in ons en met ons werk.

Die lewende Here Jesus Christus is deur sy Heilige Gees teenwoordig. Hy woon in die gelowige, ons is tempels van die Heilige Gees. Hy beheers ’n gelowige, ’n gemeente.

Die heilsorde is deur en deur werk van die Heilige Gees – deur Hom ge-roep, wederbaar, sodat ons deur sy oortuigingswerk in ons kan glo, kan be-keer, kan volhard terwyl ons wag om deur Hom verheerlik te word.

Boonop is die vrug wat Hy in ons bewerk nie soseer op ewige saligheid alleen gerig nie, maar om ons nou die gelukkigste mense op aarde te maak … sodat ons straal van liefde, vreugde, vrede, sodat mense (en onsself) kan sien dat Christus in ons woon, sy beeld vertoon, omdat ons daagliks vernuwe word. Sing: 146:1

Dr. PK (Piet) Lourens (Emeritus)

Page 37: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

37

Maandag 30 Januarie Skrifgedeelte: 1 Petrus 4 Fokusgedeelte: 1 Petrus 4:14

Die Heilige Gees is die Gees van heerlikheid

Dis asof ons weer na Jesus se saligsprekinge luister, maar nou in ’n kon-teks van geloofsvervolging. Hoe moet ons oor geloofsvervolging dink?

Ons het vandag talle voorbeelde van mense wat iets van die Christelike godsdiens weet, maar nie vir God ken nie en daarom allerlei lasterlikhede kwytraak en gelowiges beledig en bespot. In plaas van om Hom te verheerlik, word Hy en syne vervloek. Dis baie sleg om dit te ervaar. Baie keer het ons geen verweer nie, en om tot dieselfde vlak te daal, is ook nie aangewese nie.

Petrus, wat self eens vloekend ontken het dat hy die Man ken, is (as hy hier skryf) die nuwe mens wat sy Here baie liefhet en sy kudde oppas (Joh. 21). En met ’n mooi Naam beskryf Petrus nie die Heilige Gees hier nie?!

Self het Petrus dit op die Pinksterdag beleef, waarna hy tot verstomming van talle die skare toegespreek het: die Gees van heerlikheid! Te midde van en ongeag lyding, uitsluiting, spot, belediging, vervolging, is daar iets aan en in ’n gelowige wat jou anders laat dink en optree en praat en doen … die Gees van heerlikheid neem beslag van jou lewe. Nie die negatiewe oorheers jou nie, maar die verheerliking waarin jy deel.

Die benaming “Gees van heerlikheid” kom waarskynlik uit die targums, dit was parafrases, verduidelikings en interpretasies van die Bybel in die ge-wone praattaal van die luisteraars. Met soveel opgewonde eerbied het die gelowiges reeds uit Ou-Testamentiese tyd oor God gepraat dat hulle Hom nie by die naam genoem het nie, maar van Hom as die “Heerlike” gepraat het. En dit is presies wat Petrus hier doen. Vir Hom is die Heilige Gees God, Hy is die “Heerlike”!

Midde-in lyding … is die “Heerlike” by, met en in jou! Dit klink soos ’n anomalie, maar juis dit word die ervaringsgenade vir gelowiges. Sing: Psalm 146:2

Dr. PK (Piet) Lourens (Emeritus)

Page 38: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

38

Dinsdag 31 Januarie Skrifgedeelte: Eksodus 34; Deuteronomium 16; Handelinge 2:1-8 Fokusgedeelte: Eksodus 34:22; Deuteronomium 16:10

Pinkstergebeure en die Ou Testament

Eksodus 12 vertel dat God sy volk in sy oordeel oorgeslaan het. Pasga beteken: oorgeslaan.

Ons lees ook dat Israel vanaf die 15de tot die 21ste geen suurdeeg in hulle huise mog hê nie, om selfs in hulle kos hulle lewe nuut en rein met God te begin. Vir die sewe dae het hulle die fees van die ongesuurde brood gevier.

Die Paasfees was Vrydag (daarom vir ons Goeie Vrydag), Saterdag was dit hulle Sabbat. Sondag het die fees van die ongesuurde brode begin en het Israel daarmee saam ook die fees van die eerstelinge gevier. Die oestyd het begin met die gars wat eerste ryp was, waarvan hierdie ongesuurde brode gebak is. Op hierdie fees van die eerstelinge is die eerste garsgerwe aan God geoffer en het hulle die ongesuurde brood van die nuwe seisoen se gars gebak.

Daarna het ’n bedrywige tyd gevolg, waar die garsoes en daarna die koringoes ingesamel is. Ná sewe weke was die harde oestyd verby.

Presies sewe weke ná die fees van die eerstelinge, dus op die 50ste dag, is die daglange pinksterfees gevier. Dit was bekend as die fees van die weke, of dan pinkster. Pinkster kom van die Griekse woord vir 50. Vyftig dae ná paasfees. Dit was dus op ’n Sondag, want die 49ste dag was ’n sabbat.

God se volk vier fees, want God was vir hulle goed. Uit dankbaarheid vir die oes offer hulle die beste van die oes aan God: twee koringbrode – die kos van die welvarendes! Dis ’n pelgrimsfees by die tempel en ’n besondere ge-wyde byeenkoms wanneer Israel die Here as die Bron van reën en vrugbaar-heid vereer het (Jer. 54:24).

Let op die duidelike verband tussen paasfees en pinkster; tot die naam, 50, is getel vanaf die paasfees, die verlossingsdagviering dat God hulle in sy oordeel oorgeslaan het. Let verder op dat die insameling van die oes op die opstandingsondag ná paasfees begin het en met pinkster afgesluit is.

In Johannes 12:24 lees ons dat Jesus soos ’n koringkorrel eers in die grond moet val en sterwe voordat die groot oes ingebring kon word. Met Paasfees, die begin van die oes, is Jesus gekruisig en begrawe, om ’n ryk oes vir sy Vader in te bring. Vyftig dae later, met Pinkster, word die Heilige Gees uitgestort, soos Hy belowe het. Die dissipels getuig met krag en omtrent 3 000

Page 39: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

39

mense het op daardie dag gelowig geword – ’n ontsaglike groot oes! Paasfees en Pinkster is in die Bybel gekoppel – dis die begin en einde van

die oestyd. Daardeur leer God ons dat daar ’n intrinsiek noue verhouding tussen ons Here Jesus en die Heilige Gees is. Sing: Psalm 34:1, 4

Dr. PK (Piet) Lourens (Emeritus)

Page 40: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

40

Page 41: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

41

Woensdag 1 Februarie Skrifgedeelte: Eksodus 19:16-19; Handelinge 2:1-4 Fokusgedeelte: Eksodus 19:18, 19; Handelinge 2:2, 3 (1983-vertaling)

Pinkster en die wetgewing op Sinai

Met die wetgewing op Sinai was daar ’n geluid van die ramshoring, en die Here het in vuur afgekom. Met die uitstorting van die Heilige Gees was daar die geluid van ’n geweldige stormwind en tonge van vuur. Albei gebeure is geweldige momente in die geskiedenis wat met geweldige tekens gepaard-gaan. Albei gebeure het ook met die Here se verbond te make. By Sinai het die Here ’n verbond met sy volk gesluit. Hulle moet Hom volgens sy wette dien, en Hy sal vir hulle ’n God wees. So wil God sy koninkryk op aarde vestig.

Pinkster, toe die Heilige Gees uitgestort is, vind sy wortels in die Ou Testa-ment. Pinkster in die Ou Testament was ’n oesfees wat 50 dae ná die Paasfees gevier is. Pinkster in die Nuwe Testament vind ook plaas 50 dae ná die groot Paasfees – toe Christus as Offerlam geslag is.

Tydens die Ou-Testamentiese Pinksterfees is die wetgewing op Sinai ook feestelik herdenk. Daarin sien ons die versterkte verband tussen die Wetge-wing en Pinkster.

Die gedagte van volheid of oorvloed – volheid van die oes – is tydens die Ou-Testamentiese Pinkster gevier. Dit geld natuurlik ook van die Nuwe-Testamentiese Pinkster: 50 dae nadat die ware Paaslam, Christus, geslag is, word sy werk vol met die uitstorting van die Gees. Ons beleef ’n geestelike oorvloed en blydskap. Die Jode het iets hiervan ook in die wet raakgesien. God se verbond met die wetgewing was bedoel om hulle lewens vol troos en vreugde te maak.

Christus kom maak die ou verbond (wat die Israeliete telkens verbreek het) nou vol. Hy is oorvloedig in ’n ewige verbond van vrede met ons verbind.

Die Heilige Gees is op jou uitgestort – dit maak jou lewe vol, en niks anders nie. Sing: Skrifberyming 8-3:1

Ds. HJ (Hennie) Briel (Petrusburg/Boshof)

Page 42: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

42

Donderdag 2 Februarie Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 3:1-11, 18 Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 3:8, 18; 1 Petrus 4:14

Die Heilige Gees is die Gees van heerlikheid

Ons het die woord “heerlikheid” 13 keer in hierdie paar verse gelees. “Heerlikheid” dui op iets wat gewigtig is. Dit dui ook op die glans en skittering soos van ’n lig. So word die Here se skitterende majesteit beskryf. Die Israeliete kon nie die volle heerlikheid van God sien en bly leef nie. Dikwels het ’n wolk die heerlikheid van die Here versluier. Die woord beteken ook om die Here lof en eer toe te bring.

Vers 18 stel dat ons almal die heerlikheid van die Here weerspieël. Iets van hierdie heerlikheid van die Here moet ons uitstraal! Verder sê vers 18 dat die Here wat die Gees is, dit doen. Ná sy hemelvaart is Christus met eer en heerlikheid gekroon. En kort ná sy hemelvaart word die Heilige Gees as die Gees van die heerlikheid uitgestort. Die Gees laat die hemelse glans en heerlikheid van dit wat Christus gedoen het, op aarde realiseer. Hy doen dit deur God se kinders, wat iets van Christus se heerlikheid moet weerspieël.

Ons is soos spieëls – ons moet die beeld van God wat op ons val, weer-kaats. Ons leef nie in die eerste plek om ons eie beeld weer te gee nie. Ons kan een van twee dinge deur ons lewe uitstraal: ’n negatiewe, hopelose uitsig op die lewe. Die Gees van heerlikheid bestraal ons egter met Christus se heerlike oorwinning.

Daarom kan ons en moet ons die boodskap van moed en hoop uitleef. Ons sien nooit net doodloopstrate en donkerheid nie. Ons leef positief en beïnvloed almal om ons positief. Die helder sonstrale wat ons opvang en weerkaats, is die heerlikheid van Christus, sy mag en majesteit en hoop wat deur ons lewe gesien en gehoor moet word. Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. HJ (Hennie) Briel (Petrusburg/Boshof)

Page 43: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

43

Vrydag 3 Februarie Skrifgedeelte: Galasiërs 4:1-7 Fokusgedeelte: Galasiërs 4:6

God kom woon deur sy Gees onder sy volk in geheel en afsonderlik

Ons gee graag die beste vir ons kinders. Daarom gee die Here die heel beste vir sy kinders – sy Seun en sy Gees. Die Heilige Gees kom nie net na ons toe nie, Hy kom woon in ons harte. Ons hart – dit dui op die diepste van jou menswees, die kern van ons lewe. Dit is waar ons woorde en dade en gedagtes vorm. Daar setel jou gevoel, jou emosies. Spreuke 4:23 sê: “Wat in jou hart omgaan, bepaal jou hele lewe.”

Christus gaan uit sy Vader se liefde, uit sy hart! – om vir ons te kom sterf. Ook Christus kom werk op aarde vanuit die liefde van sy hart. Dan stuur die Vader die Gees om ook in ons harte te kom woon. Hy kom verander en vernu-we ons hart na die hart van God.

Wanneer ’n mensehart so diep aangeraak word, reageer ons met die hart op die Vader se liefde. Liefde beantwoord liefde. ’n Hart roep tot die Vaderhart – Abba! Abba beteken Vader. Uit die hart van ons Vader, en weer terug vanuit ’n mensehart tot die hart van ons Vader word die liefde uitgeroep.

En omdat die Gees in ons elkeen se hart woon, kan ons mekaar ook van harte liefhê. Die Gees snoer ons harte saam. In “ONS” harte beteken dat dieselfde Gees in ons elkeen se hart is. Die Gees werk nie een gesindheid in jou hart en ’n ander gesindheid in iemand anders se hart, sodat twee mense se gesindhede teenoor mekaar staan, nie. Hy werk dieselfde liefde, die liefde van God, en dieselfde behoefte tot God, in ons elkeen.

Daarom behoort gelowiges, en kan gelowiges, vrede met mekaar te hê en in eensgesindheid met mekaar lewe. Sing: Skrifberyming 10-1:1, 2

Ds. HJ (Hennie) Briel (Petrusburg/Boshof)

Page 44: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

44

Saterdag 4 Februarie Skrifgedeelte: Johannes 20:19-25 Fokusgedeelte: Johannes 20:21

Christus se opdragte aan sy kerk

As die opgestane Here aan sy bang dissipels verskyn, doen en sê Hy die allernoodsaaklikste dinge. Dit wat Hy doen en sê, is vir ons net so noodsaaklik om te weet:

Hy seën hulle: “Vrede vir julle!” Hulle is in ’n gevaarlike en vyandige wêreld, maar Jesus is by hulle. Daarom kan hulle hul angs opsyskuif en sy vrede ervaar. Ons hoor elke Sondag van Hom: “Genade vir julle en vrede …”

Hy wys hulle sy hande en sy sy en verseker hulle dat Hy liggaamlik opgestaan het. Onthou, jou Here leef!

Hy gee aan sy kerk ’n Groot Opdrag: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Hy is die Gestuurde en ons word net soos Hy gestuurdes! Gebind aan die wil en die Woord van die Vader, moet ons doen wat Hy vra!

Ons kan dit egter nie in eie krag doen nie. Daarom blaas Hy oor die dissipels en sê: “Ontvang die Heilige Gees!” Ook ons kan ons opdrag slegs deur die krag van die Heilige Gees uitvoer.

Hy gee in ons hand die sleutels van die hemelryk: “As julle vir die mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie ver-gewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.” Kyk hiervoor Heidelbergse Kategismus, Sondag 31:83, 84.

Is u hiermee besig met die sekerheid dat Hy leef, in sy krag en met sy vrede in u hart? Sing: Skrifberyming 19-1

Dagstukkie Almanak 2006

Page 45: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

45

Sondag 5 Februarie Skrifgedeelte: Lukas 24:36-25 Fokusgedeelte: Lukas 24:50, 51

Die troonsbestyging van Jesus Christus

Wanneer ’n aardse koning die troon bestyg, is dit ’n groot skouspel. Leiers en eerste ministers van baie lande is teenwoordig. Daar is soldate wat in gelid verby marsjeer. Kanonskote word afgevuur. Mense in hulle duisendtalle woon die verrigtinge by.

Toe Jesus Christus opgevaar het na die hemel en so sy troon bestyg het, was daar geen strydwaens van vuur gewees nie. Daar was geen soldate wat verby marsjeer het nie. Daar was geen engele uit die onsigbare wêreld nie. Nee, dit was net die Here Jesus saam met sy dissipels in God se verhewend-heid en krag. Al wat ons in die Bybel lees van die heerlike gebeurtenis, is dat Hy sy hande opgehef het en hulle geseën het.

Terwyl Hy hulle geseën het en van hulle geskei is, is Hy in die hemel opgeneem. Jesus Christus se lewe op aarde is afgehandel, maar sy werk uit die hemel het begin. Van daardie oomblik af sou sy dissipels altyd lewe in sy onsigbare teenwoordigheid. Hy het immers self gesê: “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Vandag sê Hy ook aan jou: “Ek is met julle tot aan die voleinding van die wêreld.” Vandag is Jesus elke oomblik by jou deur sy Gees. Glo in Hom, vertrou op Hom, want kyk, Hy is jou Verlosser en Saligmaker wat jou elke oomblik lei en dra in jou lewe. Deur sy Gees stel Hy jou in staat om alles te doen wat jy vandag moet doen. Sing: Psalm 146:3

Ds. PJ (Peet) van der Walt (Emeritus)

Page 46: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

46

Maandag 6 Februarie Skrifgedeelte: Johannes 16:5-15 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Johannes 16:7-8, 13 (1983-vertaling)

Die Heilige Gees lei ons in die hele waarheid

Baie lewensvrae handel oor die vraag: Wat is die waarheid? In hierdie Skrifgedeelte word die Heilige Gees “die Gees van die waarheid” genoem (Joh. 16:13). Hy is ook gestuur om die waarheid van die evangelie te bevestig. Deur die evangelie getuig Hy aan ons die werke van die Vader en die Seun. So is die werke van die Drie-enige God die groot waarheid wat vasstaan en verkondig word.

So leer die Heilige Gees nie net vir ons die waarheid nie (vlg. Joh. 14:26), maar lei ons ook in die waarheid (Joh. 16:13), deur ons van ons sondes te oortuig en ons tot bekering op te roep (vlg. Joh. 16:9). Verder oortuig die Heilige Gees ons ook dat Jesus Christus God se verlossing bewerkstellig het (vlg. Joh. 16:10) deurdat Christus deur sy dood en opstanding Satan geoordeel en oorwin het (vlg. Joh. 16:11).

So bevestig die Heilige Gees die waarheid, wat God reeds deur sy Seun Jesus Christus gedoen het.

Bid vir die leiding van die Heilige Gees, om ons in die hele waarheid te lei. Daarvoor is die Heilige Gees aan ons geskenk om ons te lei met die vaste vertroue dat die hele waarheid in Jesus Christus se dade en woorde bevestig is. So lei die Gees van waarheid ons om die waarheid met sekerheid te aanvaar. Dit is die regte pad (vlg. Joh. 16:10), die pad van genade en waarheid (vlg. Joh. 1:14). Sing: Skrifberyming 24/1-1:7

Ds. P (Pierre) Cilliers (Daniëlskuil/Duineveld)

Page 47: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

47

Dinsdag 7 Februarie Skrifgedeelte: Johannes 14:15-21 (1953-vertaling) Fokusgedeelte: Johannes 14:16 (1953-vertaling)

Die Heilige Gees is ons Trooster

In die Skrifgedeelte praat Jesus nou van ’n “ander Trooster”. Dit dui daarop dat Hyself ook ’n Trooster vir ons is, maar nou in ’n ander sin.

Die woord “Trooster” kan ook as “Voorspraak” weergegee word. Dit ver-wys na iemand wat ons belange verteenwoordig en beskerm en wat ons ver-troos wanneer ons dink dat sake teen ons draai en wat ons help om die regte besluite te neem. Dit is iemand wat ons saak in die hof voor die regter bepleit, soos ’n advokaat.

So is Jesus ons Advokaat, ons Trooster en ons Voorspraak aan die regter-hand van die Vader. Telkens wanneer Satan as aanklaer teen ons wil optree, kom Jesus as ons Advokaat en pleit op die verdienste van sy bloed en verkry so ons vryspraak. Hy is ons Voorspraak in die hemel.

Ons moet daarop let dat ons nie net een regsaak het nie, maar twee regsake. Daarbo is Jesus absoluut noodsaaklik, anders kan ons nie ’n oomblik voor God bestaan nie. As Satan daarbo teen ons sou prosedeer en die Borg is nie daar om te betaal nie, dan is ons verlore. Maar ook hier op aarde het ons ’n benouende en gevaarlike regsaak. In hierdie regsaak veroordeel God ons nie, maar ons veroordeel onsself as doemwaardige sondaars. Hier tree nie Satan nie, maar ons gewete as die beskuldiger op. Hier het ons hierdie “ander Troos-ter” nodig.

Dis hier waar die Heilige Gees as die ander Trooster vir ons intree en inwendig werk; Hy tree vir ons in by onsself. Die skeur daarbinne genees Hy. Daarom dra Hy die lieflike naam Trooster, want troos is tog ’n inwendige werk.

Daarmee saam bely ons dat die Heilige Gees aan ons gegee is om ons te troos en ewig by ons te bly (HK Sondag 20). So lei en vertroos Hy ons almal. Hy het na ons toe gekom in sy wonderlike liefde wat in Christus bewys is. Sing: Psalm 143:6, 7, 8 (1936)

Ds. P (Pierre) Cilliers (Daniëlskuil/Duineveld)

Page 48: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

48

Woensdag 8 Februarie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:12-27 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:13

Leef met die Gees

Wie is kinders van God? Is dit net die Jode … of Afrikaners … of verdruktes en armes? Paulus gee ’n duidelike antwoord: • Dié wat die Heilige Gees ontvang het. • Hulle is deel van die een liggaam van Christus, ’n liggaam met die Gees

deurdrenk. Ons wil so graag mense in verskillende groepe verdeel. In die liggaam van

Christus bestaan hierdie verskille nie. Die belangrikste is die een Gees wat in ons woon en ons as liggaam van Christus saambind.

So word die menslik onmoontlike waar, deurdat Jood en Griek, slaaf en vryman, tot ’n eenheid saamgevoeg word, waar elke lid sy bydrae tot nut van die hele liggaam moet lewer … • Jy is nou die oog in die liggaam wat die eensame moet raaksien … • en die oor wat die noodsugte hoor … • en die lippe wat vertroos en vermaan … • en die hand wat die gevallene ophelp.

Dit is wat ons met die uitstorting van die Heilige Gees ontvang het. Die Gees het die lewe van die gelowiges deurtrek en beheers ons hele lewe. Dit bring in ons dankbaarheid, dankbaarheid wat uitkom in: • die oorgawe in alles aan God, want die Heilige Gees verseker jou dat jy in

Christus kind van God is … • die blydskap dat jy saam met ander in God se Koninkryk kan dien … • die vrymoedigheid om oral God se Woord uit te leef en uit te dra … • die toewyding om werklik die grote God te eer en loof.

Wat is jou bydrae vandag in Christus se liggaam? Sing: Psalm 96:1, 5 (1936)

Ds. RG (Roelie) Aucamp (Emeritus)

Page 49: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

49

Donderdag 9 Februarie Skrifgedeelte: Romeine 5:1-11 Fokusgedeelte: Romeine 5:5

Gedoop met die Gees • Jou lewe lyk so donker … • Jy word bang vir die toekoms … • Jy is vol bekommernis …

Watter hoop is daar nog vir jou? God se Woord gee ons hier die wonderlike versekering: “… die hoop

beskaam nie …” Dit is waarvan die Heilige Gees ons telkens weer verseker. Met Pinkster is ons met die Heilige Gees gedoop. Hy woon nou in ons, gee aan ons geloof, en versterk en vertroos ons. Dit is die begin van ons nuwe lewe: • Ons het nou vrye toegang tot God, omdat die Gees ons verseker dat Chris-

tus ons van ons sondeskuld vrygekoop het. • Die Gees troos ons dat ons nou aan God behoort. • Die Gees versterk ons met nuwe krag om met God te lewe.

Waar die gelowige is, is God ook en vul die Gees ons harte met God se liefde in Christus Jesus.

Ons het deur die Gees die sekerheid dat God vir ons omgee. Dit beteken dat ons moedeloosheid oorgaan in doelgerigtheid in ons lewe, want ons kan met sekerheid hoop op dit wat God beloof het. So seker en groot as wat sy liefde was toe Jesus vir ons gesterf het, so is dit ook vandag en in die toekoms. • Hierdie liefde dra jou deur al die swaarkry en donkerhede. • Hierdie liefde verander jou lewe sodat ander dit ook by jou waarneem. • Hierdie liefde laat jou werk en volhard. • Hierdie liefde bind gelowiges as liefdesgemeenskap aan mekaar vas, en

wys Christus aan die wêreld. Jy is met die Heilige Gees gedoop. Hy is met jou. Kan ander dit in jou lewe

sien? Sing: Psalm 124:1, 4 (1936)

Ds. RG (Roelie) Aucamp (Emeritus)

Page 50: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

50

Vrydag 10 Februarie Skrifgedeelte: Efesiërs 4:25 – 5:5 Fokusgedeelte: Efesiërs 4:30

Verseël met die Heilige Gees

Het jy die Heilige Gees? Die feit dat jy kind van God is … dat jy weet dat Christus jou vrygekoop het van jou sondeskuld … dat jou lewe verander het van haat na liefde … dit kom nie uit jouself nie. Dit is die resultaat van die werk van die Heilige Gees in jou hart. Hy het ons as eiendom van God verseël. Verseël beteken: • om vas en beskut te wees. Deur alles in die lewe is ons vas in God se

hand. Niks kan ons van sy liefde skei nie. • om die sekerheid te hê van wat vir ons voorlê. Ons is verseël met die oog

op die verlossingsdag. Dit is die sekerheid dat God ons tot in die ewige lewe sal bewaar. Ons kan selfs in hierdie deurmekaar wêreld uitsien na die dag wanneer God alles in almal sal wees. Ons lewe moet die eiendomsmerk van die verseëling met die Gees uitdra

en uitleef. • Dit is ’n lewe waarin jy in alles met God leef, net sy eer soek en Hom van

harte dien. • Dit is ’n lewe van berou oor jou sondes en die inspanning om daarvan los

te kom. • Dit is ’n lewe wat uit dankbaarheid net God eer. • Dit is ’n lewe met al die kenmerke van die nuwe mens.

As dit nie uit ons lewe straal nie, bedroef ons die Gees. Dit is as ons dit wat ons volgens God se bevel moet doen, nie doen nie. • As ons nie die Bybel bestudeer en bid nie … • As ons nie eredienste bywoon nie …

… sê ons eintlik daardeur dat ons ons ore toedruk om nie te hoor hoe die Heilige Gees ons versterk en vertroos nie.

Ons het die ryke voorreg om met die Heilige Gees verseël te wees. Waar-om wys dit nie meer in ons lewens nie? Sing: Psalm 9:1, 7

Ds. RG (Roelie) Aucamp (Emeritus)

Page 51: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

51

Saterdag 11 Februarie Skrifgedeelte: Handelinge 2:1-13 Fokusgedeelte: Handelinge 2:4; 4:31 (1953-vertaling)

Verskil tussen doop en vervulling met die Heilige Gees

Jesus het na die indrukwekkende gebeure op Pinkster, met die uitstorting van die Heilige Gees, verwys as die doop met die Heilige Gees. By die doop met die Heilige Gees word die klem op God se handelinge van regverdig-making geplaas. God neem deur die Gees intrek by die mens wat deur die soenverdienste van Christus rein geword het van al sy sonde. Daarmee het God net een maal gekom om vir ewig by hulle te bly. Vir die kerk het dit net eenmaal gebeur by Pinkster.

Vir die gelowige gebeur dit ook net eenmaal wanneer hy wedergebore word en tempel van die Heilige Gees word. Dit is God se genadewerk. Hierna volg die vervulling met die Heilige Gees wat enersyds dui op al die geestelike gawes en seëninge wat God algaande aan sy kind skenk, soos geloof, hoop en liefde.

Daarby is die vervulling met die Heilige Gees ’n verantwoordelikheid van die mens om met die gawes en seëninge te groei in die geloof en heiligmaking. Hiervoor rus God sy kinders ook toe. Indien jy glo dat Jesus die Christus is, deur wie se soenoffer aan die kruis jy regverdig gemaak is, is jy gedoop met die Heilige Gees.

Jy is egter hiermee ook deur God geroep om in die geloof te groei en vir God en jou naaste diensbaar te wees. Daarvoor moet jy deur die Heilige Gees vervul word, beheers word. Dit gebeur deur gehoorsaamheid aan die Woord wat deur die Gees geïnspireer is. Die Pinkstergebeure was indrukwekkend, maar besef jy nou wat ’n indrukwekkende begin God met jou maak?

Hierdie begin verseker ook aan jou ’n meer indrukwekkende einde wan-neer die Gees jou sal voorberei vir Christus se wederkoms as Koning van sy ewige Koninkryk. Sing: Skrifberyming 33(2-4):1, 3

Ds. SA (Sarel) Cilliers (Emeritus)

Page 52: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

52

Sondag 12 Februarie Skrifgedeelte: Handelinge 4:1-31 Fokusgedeelte: Handelinge 4:31; 13:52; 19:6

Kenmerke van die vervulling met die Gees

By die doop met die Heilige Gees tydens Pinkster het die Gees van God nie alleen amptelik intrek geneem in die kerk nie. Hulle is tegelyk ook vervul met die Heilige Gees sodat hulle met vrymoedigheid begin spreek soos wat die Gees dit aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hierna sou verdere vervullings met die Gees plaasvind, elke keer met ken-merkende gevolge. Die dissipels is só deur God in beslag geneem dat hulle met die nodige gawes toegerus is om sy gestuurdes in hierdie wêreld te wees. By meer as een geleentheid was dit besonderlik gerig op Christus se laaste opdrag voor sy hemelvaart: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

Vervulling met die Gees blyk dus uit die kenmerke soos ’n tydelike ver-sterking, sodat met entoesiasme en geestelike krag die evangelie verkondig word. Dit kan ook ’n voortdurende proses van geloofsgroei en toename in die heiligmaking na vore bring waarin die vrug van die Gees duideliker sigbaar word (liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, sag-moedigheid en selfbeheersing).

Die vervulling met die Gees kom na vore uit ons alledaagse houding teen-oor God en teenoor mekaar. Pleks van leuens, vuil en driftige taal, spreek ons onder mekaar met psalms, lofsange en geestelike liedere.

Daarby moet ons altyd God die Vader dank vir die geloofswerke; die liefdesoffers; en die volharding op die hoop op ons Here Jesus Christus wat uit ’n Geesvervulde lewe sigbaar moet wees. Sing: Psalm 145:1, 10 (1936)

Ds. SA (Sarel) Cilliers (Emeritus)

Page 53: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

53

Maandag 13 Februarie Skrifgedeelte: Efesiërs 5:18 Fokusgedeelte: Efesiërs 5:18

Word voortdurend met die Gees vervul

Waar soek jy jou toevlug tydens spanning, verveling, eensaamheid of frustrasies? Waar soek jy jou rus en sekerheid in ’n onrustige en onsekere wêreld? Die keuse is tussen ’n vol wees met wat die sondige wêreld bied (wyn) of die vol wees met die Gees van God.

Die waarskuwing van die teks bly aktueel. Die gebruik van verslawende middels neem in ons samelewing vaste vorme aan onder alle lae van die bevolking, ryk en arm, jonk en oud. Teenoor die leeg lewe met sy ydele vulling plaas Paulus die vol wees met die Gees. Om met die Gees vervul te word, is eerstens ’n gawe. God wil dit vir ons gee. God wil ons seën met alle geestelike seëninge in Christus. Hy wil ons ten volle laat geniet van die liefde en krag van die verbondsomgang met Homself.

Ons moet ook voortdurend vir God om sy genade en die Heilige Gees bid, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word. Dan is jy vol ware kennis, geregtigheid, heiligheid wat ’n sinvolle lewe ken-merk.

Om met die Gees vervul te word, is tegelyk ook ’n opdrag. ’n Opdrag waarmee ons tydens hierdie lewe nooit klaar sal kom nie. Ons moet geestelik bly groei. Dit beteken dat ek daagliks met die Woord van God moet omgaan, dit lees, oordink en toepas. Ek moet die woorde van God in my opneem, uit die Woord lewe, my deur die Woord laat vul en lei.

Om met die Gees vervul te word, vra dus voortdurende gebed, geloofs-oefening en selfverloëning. Langs die pad wil die Gees jou vul, sodat jy werklik geesdriftig kan lewe, bly, dankbaar en diensbaar in God se koninkryk. Sing: Skrifberyming 27(12-2):4

Ds. SA (Sarel) Cilliers (Emeritus)

Page 54: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

54

Dinsdag 14 Februarie Skrifgedeelte: Handelinge 1:1-8 Fokusgedeelte: Handelinge: 1:6-8

Geroep en toegerus om die evangelie te verkondig

Dra jy werklik die evangelie uit? Om dit te doen, moet jy die regte bena-dering hê. Jesus leer sy dissipels aangaande die uitbreiding van sy koninkryk. Hulle vra: Here, is dit nóú die tyd dat u die koninkryk gaan oprig? Hulle dink Christus gaan op daardie oomblik sy ryk oprig. Jesus sê egter: Dit is nie vir julle om die tyd en die omstandighede te weet wat die Vader in sy mag bepaal het nie. Wanneer God finaal sy ryk sal vestig, weet net Hy. Intussen moet die evangelie uitgedra word.

Hulle vra: Gaan Ú nou u koninkryk oprig? – asof hulle blote toeskouers is. Verrassend antwoord Jesus: Nee, júlle gaan die koninkryk uitdra met die krag van die Heilige Gees. Ek gaan my koninkryk uitbrei, maar ek gaan júlle gebruik. Die kerk ontvang die opdrag én toerusing deur die Heilige Gees.

As lewende lid van die kerk ontvang jy ook die taak. Hulle vra: Gaan U die koninkryk van Israel oprig? Hy sê: Julle sal my getuies wees tot aan die uithoeke van die aarde. Die evangelie is vir die hele wêreld – nie net vir jou volk of groep of stand nie. Gods genade is groter en wyer as dit.

Verstaan jy jou roeping? Jy mag nie sê: “evangelisasie is ander se werk” nie, of “ek het nou my deel gedoen”, of “ek kan nie”. Jy kan nie self nie, maar met die Gees kan jy! Ons is verlos deur die Here Jesus en het deel aan sy heerlike ryk. Nou wil ons vertel – met ywer wil ons dié hoop aan ander bring. Die Here laat jou paaie kruis met ander. Gebruik die geleenthede. Sing: Psalm 67:1, 2

Ds. JGL (Deon) van der Walt (Oudtshoorn)

Page 55: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

55

Woensdag 15 Februarie Skrifgedeelte: Efesiërs 1:3-14 (1953- en 1983-vertaling) Fokusgedeelte: Efesiërs 1:13 (1953-vertaling)

Alles wat God belowe, is vas en seker

Ek besoek week vir week ’n bejaarde dame wat vinnig agteruitgaan. En week vir week staan haar kinders en kleinkinders en die plaas in die sentrum van ons gesprekke. Nie die Woord van God nie. Daarin stel sy nie belang nie.

Maar op ’n dag is alles langs daardie siekbed anders. Sy hoor beter. Haar aandag is beter. Haar fokus op die Woord is beter. Ook die Here se boodskapper is beter – hy kry dit reg om op haar vlak te verklaar en toe te pas. Soos ’n boer nuut gekoopte beeste verseël as sy eiendom deur hulle te merk met sy spesiale eiendomsmerk, so merk Jesus Christus sy nuut en met bloed gekoopte eiendom met sy eiendomsmerk – sy merk is die Heilige Gees (vs 13).

Daarom is alles wat God aan sy kinders belowe vas en seker. Die Heilige Gees waarmee ons gemerk is, is die waarborg (vs 14).

Wat belowe God alles? Dat ons heilig en sonder gebrek voor Hom sal wees (vs 4), dat Hy ons as sy kinders aangeneem het (vs 5), dat Hy ons deur die bloed van sy Seun verlos (vs 7), dat ons vergifnis van ons misdade kry (vs 7), dat ons van Hom ’n erfdeel ontvang (vs 11).

Waarom kan al hierdie dinge deur die Heilige Gees gewaarborg word? Want elke belofte is gewortel en gegrond in die verdienste van Christus. Daar-om moet ons die grootheid van God prys. Sing: Skrifberyming 8-1:1 en 2

Ds. JL (Louis) Aucamp (Kemptonpark-Mooifontein)

Page 56: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

56

Donderdag 16 Februarie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:1-11 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:3

Die doel om met die Heilige Gees vervul te word

Die stigting en opbou van die kerk en koninkryk van Christus is totaal afhanklik van die inwoning en werking van die Heilige Gees (Hand. 1:8).

In die kerk van Korinte het ’n belangrike vraag ontstaan: Hoe moet ons weet wie waarlik die Gees ontvang het, en dus deur die Gees dien? So is dit maar nog steeds vandag. Ons hoor, sien en ervaar wyd uiteenlopende opinies, verkondiginge, praktyke, genesings en belydenisse. Wie kan ons glo en wie nie? Waar werk die Gees regtig en waar is onegtheid?

Die gemeente van Korinte stuur toe ’n afvaardiging na Paulus in Efese om duidelikheid te kry. Ons vind die antwoord (veral) in 1 Korintiërs 12 tot 14.

Die eerste en belangrikste kenmerk van ’n Geesvervulde mens is sy belydenis oor Jesus. Wie is Ek?, het Jesus aan sy dissipels gevra (Matt. 16:13 ev.). Dis die kernvraag. As iemand Jesus ’n vervloekte (anathema) noem, is dit duidelik dat so een nie die Gees ontvang het nie (vs 3). So iemand is nog deur heidense godsdienste vasgevang en verblind (vs 2). Die Gees het gekom om Christus te verheerlik, nie te vervloek nie!

As iemand vrymoedig, opreg en spontaan Jesus as Here bely, weet ons so iemand is met die Gees vervul (Hand. 2:17 ev.).

Dis die hoofdoel om met die Gees vervul te wees. Sing: Skrifberyming 7-2:1, 2

Dr. NP (Klasie) Heystek (Emeritus)

Page 57: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

57

Vrydag 17 Februarie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 2:6-12 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 2:10

Die Gees openbaar God aan ons

God is gees en onsigbaar. Ja, God die Seun het wel mens geword en onder ons gewoon. Vandag is Hy egter by die Vader – ons sien Hom en hoor Hom nie direk nie. Hoe sal ons dan weet wie God is? God is immers ’n Persoon wat met ons, deur Christus, in ’n persoonlike verhouding wil leef. ’n Verhouding wat God skep (Ef. 2:8).

Vir twee persone om in ’n verhouding te leef, moet hulle mekaar ken. Van hart uit ken en verstaan. Wedersydse verwagtinge moet begryp word. Hoe is dit moontlik om met God in so ’n persoonlike verhouding te leef? Veral omdat ons God nie direk sien en hoor nie.

Wel, die Heilige Gees skep hierdie wonderlike verhouding tussen ons en God. Hoe doen die Gees dit? Deur God se liefde vir ons aan ons bekend te maak, veral deur die Bybel (vs 9). So groot is die Vader se liefde vir ons dat Hy sy Seun as soenoffer gegee het.

Paulus noem dit God se verborge waarheid en wysheid (vs 7). Die Heilige Gees kan God se hart aan ons openbaar omdat Hy self God is en weet hoe God voel en dink (vs 10). Wie met die Heilige Gees vervul is, ken God deur die Gees. Daarom is ons ook oneindig lief vir ons hemelse Vader, in Christus, deur die Gees. Sing: Skrifberyming 8-2:1, 2

Dr. NP (Klasie) Heystek (Emeritus)

Page 58: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

58

Saterdag 18 Februarie Skrifgedeelte: Efesiërs 1:15-23 Fokusgedeelte: Efesiërs 1:17-20

Die Gees gee aan ons insig, hoop en krag

Gister het ons geleer dat die Heilige Gees God aan ons openbaar sodat ons Hom kan ken en in ’n persoonlike verhouding met Hom kan leef. Vandag leer ons hoe ons verhouding met God ons lewe verryk en oorwinnend maak.

Om hierdie rykdom ten volle te ken en te leef, is nie iets wat Paulus of enige leermeester ons kan leer nie. Hierdie diepe kennis van God en die rykdom van gawes aan ons kan net van die Gees kom. Daarom dat Paulus bid. Hy bid dat God self, deur sy Gees en Woord, hierdie rykdom aan ons sal bekendmaak.

Paulus noem ’n paar baie belangrike dinge wat ons Vader aan ons deur die Gees skenk: • Eerstens wysheid (vs 17), dit is om met Goddelike insig die gebeure van

elke dag te verstaan en te hanteer. Dis om te weet hoe om te lewe. • Dan hoop (vs 18), dit is om te weet en te ervaar dat God nou en vir altyd

in beheer is, elke oomblik met ons is. • Dan om die kragtige dade (vs 19) van God, in Christus en die Gees, in en

deur ons te begryp en te leef. Paulus vergelyk hierdie krag van God aan ons met die opstanding en hemelvaart van Jesus (vs 19b-23). Dis gewel-dig!

Die Gees van God laat ons oorwinnend en vreugdevol leef. Wonderlik! Sing: Skrifberyming 8-2:3

Dr. NP (Klasie) Heystek (Emeritus)

Page 59: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

59

Sondag 19 Februarie Skrifgedeelte: Efesiërs 3:14-21 Fokusgedeelte: Efesiërs 3:16

Die Gees maak ons gelowig, vol liefde en dankbaar

Hierdie tweede gebed van Paulus vir die Efesiërs vul sy eerste aan (Ef. 1:17-20). Daar is nog ’n hele skatkis van genadegawes wat die Heilige Gees aan ons kan en wil skenk as ons daarvan weet en daarom bid. Die volgende kragtige gawes word genoem:

• Geopende oë om die heerlikheid van die kerk te sien. Die kerk is ’n skepping van God – nie van mense nie. Daar is gelowiges op die aarde en in die hemel (siele van afgestorwenes). Saam vorm hulle deur die eeue ’n eenheid (vs 14, 15). Saam is hulle bruid van Christus.

• Die Gees maak ons innerlik kragtig sodat ons die sonde, die bose en die bose wêreld kan oorwin (vs 16). Die Gees skep hierdie oorwinning vir ons deur Christus in ons te laat woon. Wanneer Christus in ons woon, heers sy liefde en karakter in ons. Ons word soos Hy, doen soos Hy (vs 17).

• Nogtans sal ons nooit die volle mag, genade en liefde van Christus kan deurgrond of verkry nie. Dis te groot en wonderlik. So bid ons dan om al meer met sy volheid vervul te word. Christus skenk aan ons baie meer genade en heil as wat ons begrip of gebed kan bevat (vs 19-21).

So dank ons God elke dag vir krag, vrede en blydskap! Dis deel van die vrug van die Gees. Sing: Skrifberyming 20-2:1, 7

Dr. NP (Klasie) Heystek (Emeritus)

Page 60: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

60

Maandag 20 Februarie Skrifgedeelte: Galasiërs 5:13-26 (1953- en 1983-vertaling) Fokusgedeelte: Galasiërs 5:16-25 (klem op vs 25)

Gee aan die Heilige Gees volledige heerskappy oor jou lewe!

Een van jou groot rykdomme as Christen is die wete dat jy na jou ou natuur saam met Christus aan die kruis gesterwe het. Nou is dit nie meer jy – die óú jy – wat lewe nie, maar dit is Christus wat déúr sy Gees in jou leef! (Gal. 2:20)

Dink daaraan: Jy dra in jou die Gees van die opgestane, lewende Christus! Hierdie Gees is God se eskatologiese Gawe aan die kerk en haar individuele boustene. Jy is skatryk! Nou kom Paulus egter met die dringende appèl: “As ons dan deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.” Dit beteken dat daar tussen jou lewe en jou wandel die aller-intiemste verband moet wees. As jy deur die Gees lewe ... trek die lyn dan ook deur na jou woorde, jou dade en jou gedagtes!

Letterlik staan hier dat jy jou lewensbeginsel en jou lewenswandel in netjiese gelid moet bring. Die beginsel van jou lewe is tog die Heilige Gees, die Gees van die lewende en lewegewende Wingerdstok op Wie jy soos ’n lootjie ingeënt is (Joh. 15). Gee jou aan Hom oor sodat Hy die lieflike vrug van sy inwoning kan vertoon aan die takke van jou lewe wat in Christus so radikaal nuut en anders geword het!

Teenoor die aaklige werke (meervoud) wat deur die ou, sondige natuur voortgebring word (vs 19-21), staan die multidimensionele vrug (enkelvoud) wat die Heilige Gees in jou bewerk. Dit is soos die skitterende vlakke van ’n super-mooi, geslypte diamant: “... liefde, vreugde, vrede, geduld, vriende-likheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” (vs 22, 23).

Dít is ware vryheid: Wanneer die ou mens van sonde nie meer ons gedrag dikteer nie. Nie in die wêreld nie, en ook nie in ons persoonlike lewens nie!

Staan vas in hierdie vryheid. Laat die Heilige Gees deur Wie jy lewe elke dag bewustelik toe om ook jou gedrag tot in die fynste besonderhede te bepaal! Sing: Skrifberyming 9-4:1, 4, 5, 6

Ds. JJ (Koos) Cloete (Emeritus)

Page 61: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

61

Dinsdag 21 Februarie Skrifgedeelte: Efesiërs 5:21 – 6:9 Fokusgedeelte: Efesiërs 5:21, 24, 25; 6:1, 4, 5, 9

Leef ook in jou huis op Geesvervulde wyse!

In die tweede, praktiese, deel van sy brief aan hulle sê Paulus vir die ge-meente van Efese hoe hulle in totale onderskeiding van die ongelowige wêreld moet lewe. As mense wat met die Heilige Gees gedoop is, is hulle onder die liefdevolle heerskappy van die Gees en van die verhoogde Christus gebring. Daarom moes hulle sigbaar breek met die ou, sondige mens sodat hulle heilig en volgens die wil van God kon lewe.

Die nuutheid van hulle lewens moes onder andere spreek uit die manier waarop hulle as mans en vrouens, ouers en kinders, slawe en eienaars in heeltemal ’n ander styl as hulle ongelowige stadsgenote met mekaar omge-gaan het. Die groot beginsel vir al hierdie verhoudinge word in 5:21 uitgespel: “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.”

Indien hierdie beginsel eerbiedig word, is daar geen ruimte vir konflik nie. En niemand hoef te stry oor die vraag wie nou eintlik in enige verhouding die belangrikste is nie.

Feit is dat ons nie deur die offer van Goeie Vrydag vrygemaak is om oor mekaar baas te speel nie, maar om lief te hê en in navolging van Jesus mekaar se voete te was. • So kan man en vrou in hulle diens aan mekaar ’n afbeelding wees van die

volmaakte verhouding tussen die hemelse Bruidegom, Jesus Christus, en sy bruidskerk op aarde.

• Terwyl die man en pa met onvervalsde liefde oor sy vrou en kinders regeer, is hulle vry om met selfvertroue te leef en te wees wat hulle bedoel is om te wees.

• Werkers en werkgewers kan vir die wêreld wys hoe goed dit gaan waar albei partye Geesvervuld onder die Koningskap van Jesus Christus inbuig! Mag die Here jou en almal in jou huis seën terwyl julle, met behoud van

julle onderskeie rolverdelings, uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig is! Sing: Psalm 128:1, 2, 3

Ds. JJ (Koos) Cloete (Emeritus)

Page 62: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

62

Woensdag 22 Februarie Skrifgedeelte: Handelinge 6:8-15; 7:51-60 Fokusgedeelte: Handelinge 6:10; 7:55

Jy is ’n Geesvervulde getuie vir die Here!

Met die enkele uitsondering van Johannes het al die ander apostels na alle waarskynlikheid ’n marteldood gesterf. Daarby is Johannes die Doper onthoof, en heel moontlik ook Paulus. In ons Skrifgedeelte sien ons hoe die diaken Stefanus dapper vir die Here getuig het en uiteindelik net so dapper en vreesloos vir Hom gesterf het.

Dit blyk dat Christenskap in ’n gebroke wêreld aansienlik gevaarliker is as wat ons geneig is om te dink. Daarom wil ons graag weet: “Wat is die geheim agter al hierdie heilige mense se dapperheid?” “Hoe het hulle dit reggekry om in die skadu van die dood enduit aan die Here getrou te bly?”

Jy sal sien dat daar altyd klem gelê word op die feit dat hierdie mense be-wustelik in toewyding aan die Heilige Gees gelewe het. Van Stefanus lees ons uitdruklik dat hy ’n Geesvervulde man was en dat die kwaadwillige lede van die “sinagoge van die vrygelate slawe” nie opgewasse was teen die wysheid wat hy van die Gees ontvang het nie. Toe hy die Joodse Raad onbevange en reguit aangespreek het, was hy so vol van die Heilige Gees dat hy die woede van die raadslede nie eens raakgesien het nie. Hy was só gedoop in die oor-vloed van die Gees dat hy tot in die hemel kon sien. Hy het “opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan”. Terwyl hy gestenig is, kon hy, steeds in die krag van die Heilige Gees, twee van Jesus se kruiswoorde herhaal.

Maak seker dat jy in die spanningsvolle tyd waarin ons leef, altyd bewus is van die nabyheid van die Heilige Gees. Fokus, terwyl jy Jesus op die onstui-mige branders tegemoet loop, nét op Hom en nie op die storm nie. So is jy ook toegerus om – soos Stefanus – in die krisis van die laaste dae meer as ’n oor-winnaar te wees deur die lewende Christus wat deur sy Gees in jou woon! Sing: Skrifberyming 10-2

Ds. JJ (Koos) Cloete (Emeritus)

Page 63: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

63

Donderdag 23 Februarie Skrifgedeelte: Romeine 8:1-17 Fokusgedeelte: Romeine 8:12-14

Ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te lei!

In Romeine 8 skryf die apostel Paulus oor die asemrowende verandering wat God in die lewens van gelowiges teweeggebring het: Hy het ons sonde in sy Seun veroordeel; Hy het ons in Christus vrygespreek; Hy het ons saam met sy Seun lewend gemaak.

Wat is die gevolg van al hierdie wonderlike genade? Ons is nie meer slawe van ons sondige natuur nie. Ons word nie meer deur ons sondige natuur beheers nie, maar deur die Heilige Gees. Wat ’n evangelie!

In dieselfde asem hoor ons egter ook in hierdie Skrifgedeelte wat ons verantwoordelikheid is. Romeine 812 sê dat ons “onder ’n verpligting staan”. Die 1933/53-vertaling sê ons is “skuldenaars”, met ander woorde ons skuld iets. Wat is dit? Ons wat deur die Heilige Gees beheers word, het die verplig-ting om die Heilige Gees toe te laat om ons te beheer! Ons het die verpligting om ons deur die Gees van God te laat lei (vgl. Gal. 5:16; Ef. 5:18).

Wat beteken dit? Ons moet nou lewe soos die Gees ons lei. Ons moet gewillig volg soos Hy lei. Waarin lei die Gees ons? In heiligmaking. Hy lei ons om al hoe meer ’n einde te maak aan al ons sondige praktyke; Hy lei ons om al hoe meer die vrug van die Gees te vertoon (Gal. 5:22-23); Hy lei ons om al hoe meer te vernuwe na die beeld van Christus (vgl. Rom. 8:29). Dit doen Hy alles tot lof en eer en verheerliking van God.

Met ander woorde, die Gees se leiding in ons lewens is nie net ’n onskat-bare voorreg nie, maar ook ’n reuse verantwoordelikheid. Mag ons ons dank-baarheid vir God se oorvloedige genade wys deur ons deur die Gees te laat lei – tot sy eer! Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. AJ (Albert) Coetsee (Uitschot)

Page 64: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

64

Vrydag 24 Februarie Skrifgedeelte: Galasiërs 5:13-26 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:16

Ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te beheers!

In Galasiërs 5 hoor ons die wonderlike woorde: Die Heilige Gees woon en werk in gelowiges. Hy bring sy vrug – die wonderlike eienskappe van vers 22-23 – in gelowiges na vore.

Ons hoor egter ook in hierdie woorde van ons verantwoordelikheid ten opsigte van die Heilige Gees. Ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te be-heers. Hoekom? Want ons kan die Heilige Gees bedroef (Ef. 4:30). Ons kan sy werking weerstaan of belemmer. Die Heilige Gees se beheersing gaan nie daaroor dat ek geen verantwoordelikheid het nie. Inteendeel, ek moet teen die sonde worstel deur die Heilige Gees toe te laat om my beheersend hierin te lei (vgl. Rom. 8:14; Ef. 5:18).

Daarom moet ons besef dat indien ons nie die Gees toelaat om ons te be-heers nie – indien ons onsself nie elke dag vir sy werking oopstel nie, indien ons maar voortploeter volgens ons sondige natuur – dan gaan ons direk teen God se Gees. Dan speel ons werklik met vuur.

Juis om hierdie negatiewe gedrag teë te werk, moet ons gehoorsaam wees aan die positiewe opdragte in Galasiërs 5: • Vers 16: “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan

sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.” • Vers 25: “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag be-

paal.” Hoe sal dit duidelik wees dat ek deur die Heilige Gees beheers word? Mak-

lik: Die vrugte wat ek dra, sal dit wys (Luk. 6:43-45). Die vrug van die Gees sal al hoe meer sigbaar wees in die lewe van iemand wat hom deur die Gees laat beheers.

Mag ek en jy wat deur Christus gekoop is en in wie die Heilige Gees woon, God al hoe meer verheerlik deur die Gees toe te laat om ons te beheers! Sing: Skrifberyming 9-2:8, 9

Ds. AJ (Albert) Coetsee (Uitschot)

Page 65: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

65

Saterdag 25 Februarie Skrifgedeelte: Handelinge 13:44-52 Fokusgedeelte: Handelinge 13:48, 52

’n Gelowige vol van die Heilige Gees is ’n gelowige vol blydskap!

Dit behoort nie vir ons vreemd te wees nie, maar op ’n paar plekke in die Skrif word “die Heilige Gees” en “blydskap” met mekaar verbind. Ons lees byvoorbeeld in Galasiërs 5:22 dat “blydskap” deel is van die vrug van die Gees (“vreugde” in die 1983/92-vertaling). Ons lees in 1 Tessalonisense 1:6 dat die gelowiges in Tessalonika God se woord aangeneem het “met ’n blyd-skap wat van die Heilige Gees kom”. Net so lees ons ook in Handelinge 13:52 dat die gelowiges in Antiogië “vol blydskap en vol van die Heilige Gees” was.

Wat is dan die verband tussen die Heilige Gees en blydskap? In Hande-linge 13 lees ons hoe Paulus tydens sy eerste sendingreis op twee opeen-volgende sabbatdae in Antiogië gepreek het. In sy preke verduidelik hy hoe Jesus die vervulling is van God se beloftes en profesieë in die Ou Testament; hoe die Jode Jesus doodgemaak het, maar hoe God Hom uit die dood opgewek het; hoe daar vergewing en vryspraak is van sondes vir elkeen wat in Jesus glo; en hoe die evangelie ook vir die heidene (nie-Jode) bedoel is.

Dit is dan dat ons lees dat die heidene wat dit gehoor het, “baie bly” was. Geen wonder nie! Verlossing in Christus kan nie anders nie as om ons bly te maak. Hierdie blydskap kom van die Heilige Gees. Hy oortuig ons nie net van die waarheid van die evangelie nie, Hy skenk ook nog vir ons die onuitblus-bare blydskap wat daarmee gepaardgaan om te weet dat Jesus my Verlosser is.

Mag ons as nuwe mense altyd vanuit hierdie blydskap leef – en sodoende getuig van God se groot verandering in ons lewens. Sing: Psalm 2:6 (1936)

Ds. AJ (Albert) Coetsee (Uitschot)

Page 66: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

66

Sondag 26 Februarie Skrifgedeelte: Handelinge 4:5-13, 29-31 Fokusgedeelte: Handelinge 4:13, 29, 31

Die Heilige Gees gee ons vrymoedigheid om van Christus te getuig!

Hoe gebeur dit dat ’n verlore sondaar tot bekering kom? Die Skrif maak dit duidelik: Die Heilige Gees werk in so ’n persoon se hart wanneer die Woord aan hom/haar verkondig word, en oortuig hom/haar van die waarheid van die boodskap van die kruis (1 Kor. 2:4).

In Handelinge 4 lees ons dat die Heilige Gees nie net in die persoon werk wat die evangelie aanhoor nie; Hy werk ook in die persoon wat dit verkondig. En wat doen Hy volgens Handelinge 4 vir diegene wat dit verkondig? Hy gee vir hulle die vrymoedigheid om van Christus te getuig.

Petrus en Johannes is gearresteer omdat hulle ’n verlamde man gesond ge-maak het, en vervolgens die evangelie verkondig het (Hand. 3:1 – 4:4). Die volgende dag is hulle voor die intimiderende Joodse Raad gebring. Mens sou verwag dat Petrus – ’n ongeleerde en eenvoudige mens – in vrees sou stamel, maar wat doen hy? Hy verkondig aan die hele Raad die evangelie deur vreesloos te getuig dat Jesus Christus die enigste Verlosser is.

Hoe het hy dit reggekry? Veral as ons in gedagte hou dat hy onlangs weg-gehardloop het toe daar vermoed is dat hy ’n volgeling van Jesus is (Luk. 22:54-62). Waar kom sy vrymoedigheid vandaan? Van die Heilige Gees (Hand. 4:8). Hý gee vir gelowiges die krag en vrymoedigheid om vreesloos van Christus te getuig. Ook vir my en jou. Hy leer ons wat om te sê onder alle omstandighede (Luk. 12:11-12).

Ons moet egter wel hiervoor bid. Mag ons daarom leer om saam met die vroeë kerk in gebed te vra: “Vader, gee dat u dienaars met volle vrymoe-digheid u woord sal verkondig; laat u Heilige Gees ons die vrymoedigheid gee om dit so te doen.” Sing: Psalm 119:26 (1936)

Ds. AJ (Albert) Coetsee (Uitschot)

Page 67: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

67

Maandag 27 Februarie Skrifgedeelte: Galasiërs 5:13-26 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22 (1983-vertaling)

Die vrug van die Gees – Liefde

Eintlik is daar net een ding wat ek as Christen in my verhouding met ander mense moet doen: “Ek moet my naaste liefhê.” Reeds in Levitikus 19:18 het die Here die opdrag vir sy volk gegee. Jesus het tydens sy lewe op aarde dieselfde riglyn gegee in sy opsomming van die wet: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Paulus bevestig dit in vers 14 wanneer hy sê dat die hele wet in die een gebod saamgevat word: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Tog sukkel ons daarmee as gevolg van die sondeval waar die band tussen die mens en die bron van liefde – God self – gebreek is. Ons word deur ons sondige natuur beheer. Ons kry dit nie reg om lief te hê nie, en as ons rondom ons kyk, sien ons ook nie die liefde vir mekaar nie.

Die volgende klink alte bekend: “onsedelikheid, onreinheid, losbandig-heid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeld-heid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge.” In sy groot liefde het God egter nie die wêreld so gelaat nie. Met die stuur van sy Seun het sy liefde in die wêreld sigbaar en haalbaar geword.

Deur die geloof in Jesus kan ’n mens weer liefhê. Liefhê omdat die Heilige Gees, wat die geloof in mense werk, uitgestort is en beheer neem van die lewe van ’n gelowige mens. Deur die Gees kry ons deel aan die bron van liefde en nou begin ons lewe anders lyk.

Deur die Gees kom ’n ander vrug na vore – dié vrug is liefde. Dit is ook nie so moeilik om liefde te beskryf nie. Paulus skets die veelkleurigheid van die liefde met woorde soos: vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartig-heid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Sing: Skrifberyming 9-4:1-3

Ds. HS (Fanie) Coetzee (Potchefstroom-Die Bult)

Page 68: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

68

Dinsdag 28 Februarie Skrifgedeelte: Psalm 51 Fokusgedeelte: Psalm 51:10, 14

Die vrug van die Gees – Vreugde

Wanneer jy onder beheer van die Heilige Gees lewe, sal vreugde ’n al hoe groter rol in jou lewe begin speel.

Wanneer mens die stelling omkeer en in jou en rondom jou soek na die vreugde in die lewe, word ons gekonfronteer met die vraag in watter mate ons onder beheer van die Heilige Gees lewe. Natuurlik praat ons nie van aange-plakte, opgemaakte, uitgedrukte vreugde nie. Natuurlik gaan dit hier oor iets baie dieper as vreugde wat deur eksterne middele opgewek word.

Hierdie vreugde is vreugde wat God self deur sy Gees in mense werk. Die vreugde is dus nie te vind in “iets” nie, maar in “Iemand.” Dit is te kry in ’n lewende verhouding met God. Juis daarom bevind Dawid hom ná sy sonde in ’n posisie waar hy sonder vreugde is. Dawid het genoeg geld, mag en status gehad en tog is hy vreugdeloos. Sy verhouding met God is deur sy sonde aangetas. Hy soek die herstel van sy vreugde deur na die Here toe te vlug (vs 3-4), sy sonde voor die Here te bely (vs 5-7) en te bid om vergifnis (5-7). Hy bid ook dat die Here nie sy Gees van hom sal wegneem nie (vs 13). Dit is die Gees wat die vrug van vreugde in mense werk.

Ware vreugde is alleen te vind in ’n lewende verhouding met God deur die genade van Jesus Christus. Paulus beklemtoon dit in sy blydskapsbrief aan die gemeente in Filippi wanneer hy hulle oproep om hulle IN DIE Here te verbly.

Moenie die vrug van vreugde op ’n ander plek gaan soek as by die Here nie. Sing: Psalm 100:1, 4 (1936)

Ds. HS (Fanie) Coetzee (Potchefstroom-Die Bult)

Page 69: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

69

Page 70: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

70

Woensdag 1 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; 1 Petrus 3:8-12 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22; 1 Petrus 3:11

Gelowiges kan nie anders as om vrede na te jaag nie

’n Perskeboom kan net perskes dra. Dit is hoe hy gemaak is. ’n Gelowige wat deur ons Here Jesus bevry is van die mag van sonde, het

’n nuwe lewe gekry. Die Heilige Gees wek geloof in mens én werk in jou om nou volgens jou nuwe aard te leef. ’n Gelowige kan nie anders nie as om die vrug te dra wat die Gees in hom werk.

Implikasie: ’n Gelowige kan nie sy sondige lewenstyl verskoon met: “Ek is so gemaak en so laat staan!” nie. ’n Gelowige kan byvoorbeeld nie doelbewus ’n diepgewortelde haat oor iemand of iets bly koester nie.

Een van die vrugte wat die Gees in ons werk, is vrede: diep, innerlike rus en vrede dat jou saak met God reggemaak is. Dié vrede móét noodwendig na vrede met jou naaste deurwerk.

Natuurlik is dit nie maklik om in vrede te leef wanneer daar spanning in jou huwelik of by die werk of in die land is nie. Tog was dit die omstandig-hede van talle gelowiges toe Petrus aan hulle geskryf het om te doen wat goed, vrede te soek en dit na te jaag.

Wanneer jy toelaat dat die Heilige Gees in jou werk (Hom nie onderdruk en bedroef nie), en as jy Hom vra om jou te verander, kom jy agter dat jy begin vrug dra – aanvanklik miskien min en klein vruggies, maar mettertyd groei dit en bring ’n oes voort. Sing: Psalm 34:1, 6 (1936)

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 71: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

71

Donderdag 2 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; 1 Petrus 3:1-13 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22; 1 Petrus 3:9

Wees geduldig, omdat God geduldig is

Dit is nie maklik om geduldig te wees nie. ’n Mens word mos vinnig kwaad wanneer iemand jou onregverdig behandel of iets negatiefs van jou sê.

Geduld is ’n vrug van God se Gees. Geduld beteken in Galasiërs 5:22 om stadig te wees om kwaad of woedend te word. Waar die Heilige Gees in iemand woon, werk Hy in daardie persoon om geduldig te wees, of geduldig te begin raak as hy van nature kortgebaker is.

Sommige mense sien geduld as ’n swak eienskap, want dit impliseer dat mens soms nie dadelik teen onreg optree nie. Waarom wil God hê dat gelowiges geduldig moet wees? Die kort antwoord is omdat God self geduldig is.

God is geduldig, selfs al bedroef en grief mense Hom met hulle optrede. Dink maar aan God se geduld in Noag se tyd toe Hy so bedroef was oor hoe verdorwe die mensdom geword het. Hy was egter geduldig en het nie alles en almal dadelik verwoes nie (Gen. 6:5-8).

Petrus herinner ons daaraan dat, al dryf mense die spot met God en al is hulle aan Hom ongehoorsaam, is Hy steeds geduldig voordat Hy hulle ver-oordeel en verdelg. Sy liefde om mense te wil red, vind in sy geduld weer-klank.

God se Gees werk in ons sodat ons sy beeld sal vertoon. Daarom werk sy Gees in ons om geduld te betoon wanneer ons benadeel word. Sing: Psalm 103:1, 3 (1936)

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 72: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

72

Vrydag 3 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Romeine 11:11-24 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22; Romeine 11:22

God se goedheid laat ons vriendelik wees

Paulus verduidelik God se goedheid of vriendelikheid teenoor heidennasies (dit sluit ons wat nie-Jode is, in!) aan die hand van ’n beeld uit die destydse boerdery. Boere het, soos vandag, soms takke uit ’n boom verwyder en dan lote van ’n ander boom daar ingeënt.

Dit is wat met die heidene gebeur het wat tot bekering gekom het. Hulle het deel van God se olyfboom, sy volk, geword. Die wilde olyftakke het dit nie verdien om oorgeplant te word nie, maar God het dit gedoen omdat Hy goed is. “Goedheid” word ook met “vriendelikheid” vertaal. Sy goedheid het met ’n duur prys gekom. Sy eie Seun moes met sy bloed betaal sodat ons in die mak olyfboom ingeënt kon word.

As oorgeplante olyftakke word ons opgeroep om uit God se vriendelikheid te leef. Waar mens uit sy vriendelikheid leef, bring dit ook vriendelikheid in ’n mens se lewe voort. Dit gebeur nie omdat jy uit jouself so goed is nie, maar omdat God se Gees in mens werk. Vriendelikheid is deel van die vrug wat God se Gees in ’n gelowige werk.

’n Mens is nie van nature vriendelik teenoor iemand wat jou benadeel nie, maar God werk deur sy Gees in ons sodat ons selfs teenoor ons vyande vriendelik optree. So sien buitestanders iets van die goeie God se kragtige werking in ons lewens. Sing: Psalm 119:1 (1936)

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 73: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

73

Saterdag 4 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Efesiërs 5:6-20 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22; Efesiërs 5:8, 9

Om goed te doen, is deel van gelowig wees

Donkerte assosieer mens met konkelwerk, moord, diefstal, ongeoorloofde verhoudings, die werk van die bose en die dood. Ons Here Jesus het ons van die duisternis bevry.

Dit het implikasies vir ons lewens. God het ons nie net bevry en toe gelos nie. Hy verwag van ons om as mense (kinders) van die lig te lewe, want in die Here is ons self ook nou lig (Ef. 5:8). ’n Lig verdryf altyd donkerte. Kyk maar net wat gebeur wanneer mens ’n lig in ’n donker vertrek aanskakel.

Goedhartigheid of goedheid is deel van die vrug van ’n gelowige wat nou self ’n lig is. ’n Gelowige kan nie anders as om goed te wees nie, want dit is een van die vrugte wat God se Gees in gelowiges voortbring. God gebruik ons so om die duisternis om ons te verdryf.

In praktyk beteken goedhartigheid of goedheid om ’n lewe van hoë morele standaard te handhaaf. Waar mense let op hoe hulle praat en banale gesprekke vermy, skep dit ’n aangename atmosfeer. Waar mense hardwerkend en eerlik is, is daar nie wantroue dat iets gesteel gaan word nie. Waar mense kalm optree, is daar rustigheid en vrede in ’n kantoor. Waar huweliksmaats aan mekaar getrou is, is ’n gesin ’n veilige hawe.

God verwag nie van ons om die wêreld te probeer verander met grootse sosiale programme nie. Hy verander die wêreld wanneer ons toelaat dat sy Gees in ons vrug dra deur onder andere goed te doen en só lig te bring. Sing: Psalm 145:1, 5 (1936)

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 74: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

74

Sondag 5 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Titus 2:1-15 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22; Titus 2:9-10

Getroue gelowiges is ’n versiering vir dit wat God leer

As gelowiges kan ons woorde en optrede soveel skade doen. Paulus het aan Titus, “sy eie kind in die geloof” (1:4), geskryf hoe om gelowiges te lei dat hulle nie God se woord in diskrediet bring met hulle optrede nie.

Vir ons, as 21ste-eeuse gelowiges, mag Paulus se advies oor hoe slawe moes optree, moontlik vreemd klink: geen opstand nie, maar onderdanigheid; geen teenpratery nie; niks skelmpies vat by hulle eienaars nie. Hulle moes nie doen wat ander slawe dikwels gedoen het nie.

Hulle optrede moes – ten spyte van hulle omstandighede – getuig dat hulle betroubaar, lojaal en getrou is. Waarom? Hulle getroue optrede sou ’n versiering wees van dit wat God leer. Hulle getroue, lojale optrede sou soos juwele wees wat só uitgestal word dat hulle prag ten volle waardeer kon word.

’n Christen se getrouheid aan God – ook onder moeilike, uitdagende, ver-leidelike omstandighede – bring omstanders onder die besef van die prag en heerlikheid wat God leer. Die lewe wat gelowiges lei, getuig dat God werklik mense van ’n selfgerigte, sondige lewensbestaan kan verlos. Dit getuig van ’n nuwe lewe wat God bewerk.

God se Gees werk in elke gelowige die vrug van getrouheid en lojaliteit teenoor God en ook teenoor jou medemens. Waar gelowiges getrouheids-vrugte dra, sien mense wat dit wat God ons leer, mooi is. Dit bring hoop vir mense wat moeg en ontnugter is van die klatergoud, valsheid en nikswerd kitsoplossings van die wêreld. Sing: Psalm 31:1, 2 (1936)

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 75: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

75

Maandag 6 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Titus 3:1-11 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Titus 3:2

God werk in ons om nederig (sagmoedig) te wees

Daagliks daag mense gesag uit: beterweterige tieners hulle ouers, onte-vrede werkers hulle werkgewers, landsburgers die owerhede.

God wil egter hê dat gelowiges nie opstandig nie, maar nederig, bedag-saam, sagmoedig sal wees. Paulus noem drie redes waarom ons nederig, bedagsaam, sagmoedig moet wees: • Eerstens (vs 3): Gelowiges was eens slawe van die sonde. Hulle kon eers

nie “nee” gesê het vir jaloesie nie, was haatlik en naywerig. • Tweedens (vs 4-7): God het in sy goedheid en liefde ons verlos van die

slawerny van sonde, jaloesie en om opstandig te wees. Hy het deur sy Gees ons geestelik weergebore laat word. Daarmee het ons met ’n nuwe lewe begin.

• Derdens (vs 8-11): Die nuwe lewe moet prakties neerslag vind in híérdie lewe, geloof moet tot dade oorgaan. Dit beteken onder andere om dinge te doen wat goed en voordelig is vir mense. Daarvoor het mens ’n gees van sagmoedigheid en nederigheid nodig sodat jy nie meer jouself, jou sie-ninge en jou belange eerste stel nie.

Natuurlik is dit ’n groot opgawe, eintlik onmoontlik, om sagmoedig en nederig te wees, veral wanneer jy uitgedaag word en onder spanning verkeer. God weet dat ons dit nie regkry uit ons eie krag nie. In sy genade het Hy sy Gees gestuur. Sy Gees werk in ons om ook die vrug van nederigheid te dra. Sing: Psalm 25:1, 2 (1936)

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 76: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

76

Dinsdag 7 Maart Skrifgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Handelinge 24:24-27 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:22-23; Handelinge 24:25

Selfbeheersing is nodig om sonde te oorwin

Goewerneur Feliks was ’n ongure karakter. Nie alleen het hy Drusilla van haar vorige man afgerokkel nie, maar hierdie vrygelate slaaf wat goewerneur geword het, word in die geskiedenis om die verkeerde redes onthou, onder andere oor sy wreedheid, swak regering en moord.

Paulus moes op allerlei valse aanklagte voor Feliks verskyn. Paulus het die geleentheid gebruik om die evangelie aan hom te verkondig. Hy het met hom gepraat oor God wat eendag alle mense gaan oordeel en hoe ’n mens se saak met God reggemaak kan word. Hy het ook met hom gepraat oor hoe belangrik selfbeheersing is. Feliks het bang geword toe hy dit alles hoor, maar hy het sy lewe nie verander nie.

Selfbeheersing is nodig om as ’n verloste gelowige gehoorsaam aan God te leef. Om jouself te beheer, is om innerlike krag te gebruik om jou verkeerde begeertes en luste in toom te hou en nie daaraan toe te gee nie. Natuurlik is dit nie maklik nie. Geen mens kan sy sondige geaardheid uit homself oorwin nie. Ons mag ons swakheid nie aanvaar nie, want God eis van ons dat ons onsself sal beheer.

In sy genade werk sy Gees in ons sodat ons ook die vrug van selfbe-heersing sal dra. Moenie die werk van sy Gees onderdruk nie. Waar God se Gees vrug dra, word sonde oorwin en God se Naam verheerlik. Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. EJ (Edmund) de Beer (Laeveld)

Page 77: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

77

Woensdag 8 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 3:9-17 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 3:16 (1933/53-vertaling)

Die Heilige Gees woon in die gemeente – begryp en bewaar die kosbaarheid daarvan!

Is ’n gemeente nie net ’n menslike instelling waaraan gelowiges tradi-

sioneel behoort ter wille van hulle behoeftes nie? 1 Korintiërs 3:16 antwoord hierop met die volgende woorde: “Weet julle

nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” Duidelik – julle is tempel van God en die Gees van God woon in julle. Dit gaan dus nie daaroor of gelowiges “gemeente” wil wees of dit nodig ag om dit te wees nie (inleidingsvraag), maar oor God wat van sy kant bepaal en ver-klaar: Julle gemeente (Korinte en elke ander gemeente) is tempel van God en die Gees van God woon in julle.

Wat beteken dit? Die woord “tempel” gee die antwoord. Oorspronklik dui die woorde vir heidene en Jode op “god/God se fisies wees op ’n spesifieke plek” – vir heidene in ’n afgodsbeeld, vir Jode in die Allerheiligste van die tempel met die verbondsark. Paulus leer dat God se teenwoordigheid in die Nuwe-Testamentiese tyd nie in ’n “afgodsbeeld” (heidene) of “simbool” (Jode) is nie, maar in die gemeente as lewende entiteit. Die gemeente as sulks is sy tempel, deurdat Hy deur sy Gees in hierdie entiteit teenwoordig is.

’n Gemeente is dus die “afgesonderde plek” (betekenis van “heilig” in vs 17) waar dit God behaag om fisies teenwoordig te wees, nie vanweë die ge-meente se eie geskiktheid of heiligheid nie, maar kragtens God se beskikking, welbehae, verkiesing, regverdigmaking en heiliging in Christus Jesus die Here.

In die woorde van Jeremia 7:9 hoor ons ook die kosbaarheid “die tempel van God, die tempel van God, die tempel van God is julle”. Sing: Psalm 133:1, 2 (1936)

Ds. HJP (Hendrik) de Beer (Magol)

Page 78: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

78

Donderdag 9 Maart Skrifgedeelte: Joël 2:18-32 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Joël 2:28

Deur die Heilige Gees as gawe van God laat God ons sy toekoms sien

Wanneer ons kyk na alles wat vandag in die wêreld gebeur, mag dit dalk na ’n donker toekoms lyk. God het ons as gelowiges egter ’n besondere Gawe gegee om na die toekoms en sy gebeure te kyk – die Heilige Gees. Hy sit as’t ware vir ons die bril van geloof op. Deur hierdie bril kan ons God in al hierdie gebeure raaksien. So sien ons: “Hy het medelye betoon met sy volk” (2:18). Israel kan nie die verwoesting wat hy veroorsaak, omkeer nie. Hulle is te sondig. God is egter die Een wat medelye betoon met sy volk en alles self bevry en nuut maak. Dit gebeur wanneer alles wat God besluit het, gebeur het (2:28).

Deur die bril van God se Woord sien Israel hierdie tyd as die Messiaanse tyd. Tog het van hulle dit nie raakgesien nie. Deur die Woord sien ons dan God se genade en liefde met die hoogtepunt van Christus. Christus self het ook gesê dat dit ’n donker wêreld gaan wees, maar dan lees ons: “Ek sal my Gees laat kom op al die mense.” Deur hierdie Gees sal gelowiges as profete optree om Christus se oorwinning te gaan verkondig.

Om hierdie taak te verrig, sal daar genoegsame middele wees. Ons moenie dink dat ons self hiervoor uit ons eie kan voorsien nie. Deur die Gawe van die Gees moet ons erns maak met ons taak om te verkondig. Dan mag die toekoms vir ander donker lyk, maar vir ons is dit vol heerlikheid. Sing: Psalm 147:7 (1936)

Proponent Jaco Cronje (Teologiese Skool Potchefstroom)

Page 79: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

79

Vrydag 10 Maart

Skrifgedeelte: Romeine 8:18-30 Fokusgedeelte: Romeine 8:23

Die Heilige Gees – belofte van bevryding

Ons lees in vers 23 van die Heilige Gees as die Eerste Gawe van God – die eerstelingsgawe. Dit verwys na die eerste gawe van die oes wat die belofte van die volle opbrengs inhou. So is die Heilige Gees die waarborg (Ef. 1:14) dat ons as volwaardige kinders van God aangeneem sal word wanneer ons van ons verganklike bestaan bevry word. God beloof ons dat die skepping, tesame met die mens, uit die “verslawing van die verganklikheid” bevry sal word.

Hierdie gawe wat ons van God ontvang, staan vas in Jesus Christus. ’n Vasstaande belofte wat niks kan verander nie (Rom. 8:31-39). Ons beleef steeds die effek van die sonde en dit maak dat ons soms blind is vir die belofte van God. Die Heilige Gees bevestig egter hierdie belofte in elkeen se hart wat die Gees ontvang het as die eerstelingsgawe van God. Dít sodat ons kan getuig met woord en daad dat alles wat God belowe, waar en seker is.

Ons weet vir seker dat ons in Christus van die aardse sugting verlos is. Daarom kan ons lewe in hoop en met die vaste wete dat God die hele skepping finaal van die effek van die sonde sal bevry. Ja, “Hy sal ons van die vergank-likheid bevry” (Rom. 8:23).

Hierdie sekerheid van ons verlede gee ons hoop en vertroue dat die beloftes van God vir ons toekoms waar sal word. Sing: Skrifberyming 11-2:1-4

Proponent Jaco Cronje (Teologiese Skool Potchefstroom)

Page 80: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

80

Saterdag 11 Maart Skrifgedeelte: Romeine 8:18-30 Fokusgedeelte: Romeine 8:26

Die Heilige Gees tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge

Soms hoor jy dat iemand sê: “Ek kan natuurlik vir jou bid.” Kan jy werklik bid? Wat is so natuurlik daaraan om te bid?

In ons fokusgedeelte lees ons van swakheid by gelowiges, en terwyl ons aan baie swakhede kan dink, word gebed hier uitgesonder as die swakheid waarmee die Heilige Gees ons help. Dit sê dat ons hulp met ons gebede nodig het.

Die betekenis van die woord wat hier met “bystaan” of “hulp” vertaal is, is pragtig. Die bedoeling is dat jy ’n swaar las moet dra en nou kom iemand en hy klim saam met jou onder die las in en hy help jou dra. So help die Gees ons met ons gebede om dit voor die genadetroon van God te bring. Hy pleit vir ons met onuitspreeklike sugtinge.

Iets van ons sugte en dat ons nie weet wat om te bid nie, sien ons in die geskiedenis van Hanna (1 Sam. 1:9-19). Wanneer ons diep ontroer is; wanneer ons hartseer is; geskok is – dan staan ons gedagtes stil en kan ons dit nie onder woorde bring nie. Jy verstaan nie. Jy weet net jy moet na God gaan.

Al staan jou gedagtes en woorde dan stil, al weet jy nie wat jy moet bid nie, weet dan dat die Heilige Gees vir jou intree, dat Hy vir jou pleit met versug-tinge wat nie in woorde gesê kan word nie. Hy ken jou hart. Hy sal jou gebed voor die Vader help bring. En waar jy dalk teen God se wil bid of worstel of dink, sal Hy dit regmaak en reg voor die genadetroon van God bring. Hy pleit immers volgens die wil van God. Sing: Psalm 90:1, 2, 9 (1936)

Ds. ASA (Stefaans) de Bruyn (Wilropark)

Page 81: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

81

Sondag 12 Maart

Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 1:12 – 2:4 Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 1:22

Die Heilige Gees as onderpand (arrabon) – waarborg teenoor die onbetroubaarheid van menslike woorde

Baie keer bevraagteken ons ander se motiewe omdat ons weet dat daar vrae

oor ons eie motiewe gevra kan word. Ons doen byvoorbeeld goed aan ander, maar wanneer ons onsself eerlik ondersoek, kom ons agter dat selfs daardie goeie dade uit selfsugtige oorwegings ontstaan het. Ek het dit dan nie gedoen omdat ek die Here bo alles liefhet en my naaste soos myself nie, maar ek het dit gedoen sodat ek raakgesien kan word en eer ontvang vir wat ek gedoen het. Soos ons motiewe, is ook ons woorde nog vol gebreke, al is ons deur Jesus Christus verlos.

Paulus se reisplanne het verander en hy kon nie by die gelowiges in Korinte uitkom soos wat hy hom voorgeneem het en hulle hom verwag het nie. As gevolg van die veranderde reisplanne het daar vrae ontstaan oor die betroubaarheid van Paulus se woorde en sy apostoliese gesag.

In ons Skrifgedeelte verdedig Paulus sy apostoliese gesag en maak hy dit duidelik dat die verandering van sy reisplanne nie sy betroubaarheid as apostel in gedrang bring nie. Meer nog: Die veranderde reisplanne bring nie die betroubaarheid van die evangelie in gedrang nie.

Paulus wys die gelowiges op God se werk aan hulle en in hulle en hoedat God die apostels gebruik het as instrumente in sy hande. God het hulle almal as sy eiendom verseël en die Heilige Gees as waarborg of onderpand in hulle harte gegee. Net die feit dat hulle in Jesus Christus geglo het, was die bewys van die werk van God se Gees in hulle harte.

Ons gebrekkige motiewe, ons woorde vol gebreke, ons planne wat veran-der, bring nie God se betroubaarheid in gedrang nie. Dalk dink jy so, omdat mense jou teleurgestel het. Glo opnuut die betroubaarheid van God se werk, van sy Gees wat God solank as waarborg aan jou gegee het. Sing: Psalm 33:2, 5, 6 (1936)

Ds. ASA (Stefaans) de Bruyn (Wilropark)

Page 82: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

82

Maandag 13 Maart Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 4:16 – 5:10 Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 5:5

Die Heilige Gees as onderpand (arrabon) – waarborg teenoor die dreig van die dood

In ’n tent in ’n vlugtelingkamp, of in ’n gerieflike huis in ’n woonbuurt?

Die teenstelling tussen tent en huis (vaste gebou) word in ons Skrifgedeelte gebruik om iets van die verskil tussen die lewe hier en die lewe hierna vir gelowiges duidelik te maak.

Ons sterflike liggame word as ’n tent voorgestel wat mettertyd afgebreek word. Wanneer jy, soos wat jy ouer word, die agteruitgang in jou liggaam bespeur, of wanneer jy ’n gelowige dierbare op sy sterfbed sien lyk, moet jy nie wanhoop nie. Die liggaamlike agteruitgang en die lyding op die sterfbed is in werklikheid die tentpenne wat een vir een uitgetrek word om die tent-woning af te breek. Dit word afgebreek nie sodat jy as kind van God vernietig word nie, maar omdat God vir jou ’n huis (vaste gebou) in die hemel gemaak het wat ewig sal bly staan.

In die lewe hier met sy teleurstellings, swaarkry en beproewings is God besig om sy kinders voor te berei vir ons oorgang van die tydelike tentwoning na ons vaste gebou in die hemel. Ons aardse liggame gaan in verheerlikte liggame verander word. In Christus het God vir ons ’n ewige heerlikheid voorberei. Sy Gees wat in ons is, is ons waarborg of onderpand. Hy is die ge-borgde belofte, die eerste deel wat ons reeds ontvang het as waarborg dat ons die volle erfenis nog sal ontvang.

Put dan troos uit hierdie heerlike sekerheid en waarborg wat God gee en waarmee jy as sy kind mag lewe en sterwe. Sing: Psalm 73:10-12 (1936)

Ds. ASA (Stefaans) de Bruyn (Wilropark)

Page 83: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

83

Dinsdag 14 Maart

Skrifgedeelte: Efesiërs 1:1-14 Fokusgedeelte: Efesiërs 1:14 Die Heilige Gees as onderpand (arrabon) – waarborg teenoor die twyfel of

ons wel ooit die erfenis van die verlossing sal ontvang

Baie mense se lewens kan as lewens sonder anker beskryf word. Hulle dryf maar net op die groot lewenssee rond, maar hulle het geen rigting nie. Hulle weet nie waar hulle vandaan kom en ook nie waar hulle heen gaan nie. Lewens sonder vastigheid en sekerheid. Hulle kry nie rigting na die hawe nie. Hulle dryf net rond totdat die storms van die lewe hulle skepies vroeër of later stukkend slaan.

Solank dit mooiweer is en die see kalm is, lyk dit glad nie so erg nie. Dit lyk nie na ’n groot probleem nie. Wanneer die storms egter opsteek, as die skip dreig om teen die rotse stukkend geslaan te word of op die sand te strand, dan kan jy nie sonder ’n anker wees nie.

In ons Skrifgedeelte lees ons van die anker wat God se kinders het en wat aan hulle heerlike vastigheid en sekerheid gee. Die grond vir hulle verlossing lê nie in hulleself of in die twyfelagtigheid van ’n menslike besluit nie. Die grond van hulle verlossing lê in God se uitverkiesing voor die grondlegging van die wêreld. Toe al het God besluit om hulle deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem. In die volheid van die tyd het die Seun van God gekom om vir hulle sonde te betaal. God het sy Gees aan hulle gegee as die waarborg of onderpand dat hulle ook nog verder sal ontvang wat Hy beloof het.

Gebruik dan die anker van God se beloftes om getroos te lewe. God doen nie halwe werk nie. Hulle wat Hy uitverkies het en wat Hy deur sy Seun gered het, aan wie Hy sy Gees as waarborg gegee het, red Hy al die pad totdat hulle veilig in die hawe aankom. Sing: Skrifberyming 1-1 (24):1, 2, 7

Ds. ASA (Stefaans) de Bruyn (Wilropark)

Page 84: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

84

Woensdag 15 Maart Skrifgedeelte: Efesiërs 1:3-14 Fokusgedeelte: Efesiërs 3:13, 14

Om met die Heilige Gees verseël te wees, is ’n wonderlike troos!

Om verseël te wees, beteken (onder andere) om uitgesonder en afgesonder te word; of om ’n seëlmerk – ’n uitkenningsteken, ’n stempel – te ontvang wat ons identiteit verseker; of om bevestiging en versekering te kry dat besitname en eienaarskap plaasgevind het, en dat daardeur ook ’n sekere gesag oorgedra word, veral in terme van koninklike gesag. Ook dat daar ’n waarborg gelewer word en die bevestiging gegee word dat ons God se kinders is en dat ons in en deur die genade van ons Here Jesus Christus sy eiendom gemaak is – ’n geskenk uit die hand van God!

Hierdie verseëling en waarborg het ewigheidswaarde wat aan alle Chris-tene nie net beloof word nie, maar reeds aan ons geskenk is die oomblik toe ons, óók deur die werking van die Heilige Gees, tot geloof gekom het. Die waarborg, die versekering is dat ons ook al die ander beloftes wat God gemaak het, sal ontvang.

As kinders van God wéét ons dat al sy beloftes altyd in vervulling gaan. Ook die belofte dat ons, uit genade, saam met Christus uit die dood opgewek is en reeds saam met Hom ’n plek in die hemel het.

Ons is reeds verlos en behoort aan God. Laat ons dan in en deur hierdie waarborg, wat ons reeds ontvang het, God loof en prys. Aan Hom kom al ons lof toe, ons hele lewe lank! Sing: Skrifberyming 1-1:7

Ds. JJ (Johannes) de Bruyn (Harrismith)

Page 85: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

85

Donderdag 16 Maart Skrifgedeelte: Romeine 12:3-8; Galasiërs 5:22-25 Fokusgedeelte: Romeine 12:3b; Galasiërs 5:25

Vrug op gawes

Genadiglik het elke Christengelowige verskillende en afsonderlike genade-gawes van die Heilige Gees ontvang. Die klem lê op die genade van die gawes. Soms ontvang een persoon meer, of minder, gawes as ’n ander. Baie kere beskik baie van ons oor dieselfde gawes – alles geskenke uit die hand van God. Gawes wat strek van wysheid, die mate van geloof, onderskeidings-vermoë, tot die vermoë om in tale te kan praat en om dit uit te lê, om wonders te kan doen. Gawes wat deur die Heilige Gees aan ons uitgedeel is soos wat Hy (die Heilige Gees) dit goedgedink het. Gawes wat Hý aan ons individueel en afsonderlik gegee het om geestelik reg te kan funksioneer.

Tog moet ons nie die gawes met die vrug van die Gees verwar nie. Dit wat vanuit hierdie verskeidenheid gawes uitvloei, is die vrug van die Gees. Waar die gawes onder gelowiges verdeel word, is al nege aspekte wat die vrug vorm – die een kan nie sonder die ander nie – deel van elke Christengelowige. Hoe meer ons die gawes gebruik, hoe groter en ryper en voller sal die vrug wees.

’n Lewe vol van die Heilige Gees vertoon die vrug van die Gees waar liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing sigbaar uitgeleef word. Daarom gebruik die Heilige Gees ons gawes om die vrug te laat groei. Dit is as’t ware die oes op die gawes.

Laat elkeen dan ons gawes gebruik om die vrug te dra, want ’n boom sal aan sy vrug(te) geken word … Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. JJ (Johannes) de Bruyn (Harrismith)

Page 86: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

86

Vrydag 17 Maart

Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:27-31 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:28, 31

Een Gees, een kerk – baie gawes

Weereens word dit vir ons duidelik dat dit nét God is wat al die gawes gee. Ook die verskillende gawes wat in die kerk van die Here sigbaar is, is deur die Heilige Gees geskenk. Daarom is dit ook so dat elke lidmaat in elke gemeente afsonderlike gawes binne die gemeente het – ’n wonderlike verskeidenheid, maar tog ’n eenheid.

Paulus verwys nie net na ampte (leiers) verwys nie, maar ook na die onder-skeie bedieninge en dienswerk wat in die gemeente plaasvind. Agt gawes, waarvan drie – apostels, profete en leraars – “uitgesonder” word. Hoekom? Dis ’n bevestiging dat dit God is wat mense gebruik om sy diens te verrig. In die tweede plek is dit om orde in die gemeente te handhaaf. God ís immers ’n God van orde. • Om ’n apostel te wees, beteken om ’n gestuurde te wees. Ook ek en jy is

gestuurdes om elke dag die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Ons Here Jesus se eie woorde weergalm telkens in mens se agterkop: “Gaan dan en maak dissipels van al die nasies …” Wees ’n gestuurde!

• Om ’n profeet te wees, is dalk so bietjie moeiliker. Tog kan ek en jy vertel wat ons weet! Verkondig die evangelie van Christus!

• So ook kan elkeen van ons met die evangelie van ons Here se genade die waarheid wat ons ken, gebruik om mense te leer. Verdedig die evangelie van Christus!

Mag elkeen van ons die gawes wat ons as geskenke uit die hand van God ontvang het, aanwend tot God se heerlikheid. Leef die evangelie van Christus. In liefde … Sing: Skrifberyming 20-1:1, 3, 6

Ds. JJ (Johannes) de Bruyn (Harrismith)

Page 87: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

87

Saterdag 18 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 14:1-5 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 14:3

Bediening van die Woord bring geestelike opbou, bemoediging en vertroosting

Paulus roep die Korintiërs op om altyd te onthou dat die hoofdoel van die

geestelike gawes is om die gemeente op te bou. Hy beklemtoon dat waar die gawe van profesie getrou gebruik is – Geesvervulde bediening en prediking vandag – word gelowiges opgebou, bemoedig en vertroos. • Geesvervulde bediening van die Woord bou eerstens op. Daarom is die ge-

meenskap van gelowiges so belangrik – daar word die Woord bedien – iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou. Die prediker het ook die verantwoordelikheid om die Woord suiwer te bedien.

• Geesvervulde bediening van die Woord bemoedig tweedens. Woord en Heilige Gees gaan saam. Ons word deur die Heilige Gees bemoedig – bygestaan en ondersteun. Hy help ons om te getuig van die Blye Boodskap van verlossing in Jesus Christus.

• Geesvervulde bediening van die Woord vertroos derdens. Ons word gehelp om nie te vrees nie en om onder moeilike omstandighede kalm te bly. Die storms van vrees, angs en wanhoop word tot bedaring gebring. Dit help ons om rus in die teenwoordigheid van Jesus te vind. “Moenie vrees nie, bly net glo” is die boodskap van die Woord by al die worstelinge van die tyd. In Christus is ons gesalf tot profete – ons moet die Woord bedien. Gees-

vervulde bediening van die Woord bring opbou, bemoediging en vertroosting. Sing: Psalm 119-1:40

Dr. TC (Theuns) de Klerk (Okahandja)

Page 88: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

88

Sondag 19 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:12-31 Fokusgedeelte 1 Korintiërs 12:25

Ons behoort aan Christus en aan mekaar

Paulus gebruik die menslike liggaam om ons verhouding as gelowiges onder mekaar te beskryf. Uit hierdie beskrywing van Paulus staan twee dinge baie duidelik uit: onderlinge afhanklikheid en individualiteit. Drie waarhede word beklemtoon: • Eerstens: Ons het mekaar nodig. Ons kan nie onafhanklik van mekaar in

die liggaam van Christus funksioneer nie. Ons kan nie op grond van ’n gevoel van minderwaardigheid of omdat ek nie dieselfde lyk of kan doen nie, nie deel wees nie. Ons kan onsself ook nie beter ag as ander in ons dienswerk nie. Nee, elke liggaamsdeel is ewe belangrik vir die gesonde en effektiewe funksionering van die liggaam.

• Tweedens: Ons verskil van mekaar. Paulus se slotsom is: baie lede, maar een liggaam. Elke gelowige, lidmaat in die gemeente, ledemaat in die liggaam, is uniek, onderskeidend, onvervangbaar en onherhaalbaar. Hierin lê die uniekheid en heerlikheid van die liggaam van Jesus Christus. Deur die bediening van die Woord en die werk van die Heilige Gees word hierdie unieke verskille tot ’n eenheid saamgevoeg in een liggaam waarin God verheerlik word.

• Derdens: Ons moet vir mekaar omgee. Die liggaam is so deur God saam-gestel – om mekaar te ondersteun en afhanklik van mekaar te wees. Ons moet besef hoe afhanklik ons van mekaar is, want dit sal ons aanmoedig om verdeeldheid te keer en werklike omgee te verdiep. Omgee word gesien wanneer ons mekaar se vreugdes en pyn deel. Ken ons mekaar so dat ons kan deel hê in mekaar se vreugdes en pyn?

Sing: Psalm 133-1:1, 2

Dr. TC (Theuns) de Klerk (Okahandja)

Page 89: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

89

Maandag 20 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:1-11 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:7 In die verskeidenheid van gawes word Jesus as Here in die wêreld bekend

gemaak

Die Heilige Gees bevestig deur sy werking in die gelowiges dat Jesus Here is. Hy doen dit deur die kerk in staat te stel om Jesus se teenwoordigheid in die wêreld op verskillende wyses te openbaar, deur elke individuele lidmaat. Die kerk is die wyse waarop Jesus Christus op unieke manier geopenbaar word en Hy homself op ’n onderskeidende wyse uitdruk.

In die kerk is daar ’n ryke verskeidenheid van mense en gawes. Daar is baie lidmate in die liggaam en elke lidmaat is anders. Geen persoon, geen gawe is ’n replika van n ander een nie. Daarom Paulus se oproep, selfs vir die verdeelde en arrogante gemeente van Korinte, om in die uitoefening van die verskeidenheid van gawes vir die wêreld te wys dat Jesus Here is.

God gee die verskeidenheid van gawes en ons mag daarom nie probeer om hierdie verskeidenheid te ontken of op een of ander wyse sekere gawes beter te ag as ander nie. God is in beheer – dit bevestig verskeidenheid, want Hy is oneindig ryk in barmhartigheid en genade, gedurigdeur besig om op kreatiewe maniere te werk om sy liefde en die waarheid te wys.

Aan elke gelowige afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Die kerk, die vergadering van gelowiges, is ’n gemeen-skap van die Heilige Gees, van die lewende God. Hy is ryk in verskeidenheid van genade en barmhartigheid en elke gelowige dra by tot hierdie verskei-denheid. Sing: Skrifberyming 8-1:1

Dr. TC Theuns) de Klerk (Okahandja)

Page 90: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

90

Dinsdag 21 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 14:26-40 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 14:40

Die gebruik van die gawes moet daartoe dien dat alles gepas en ordelik geskied

Paulus waarsku dat die verkeerdelike gebruik van die gawes in die ge-

meente tot onordelikheid kan lei. Daar is persone wat nie ander in ag neem by die gebruik van sy gawes nie – persoonlike voorkeure, arrogansie, hoogmoed bring verdeeldheid.

Die liggaam van Jesus is dan nie gesond nie, want daar is lidmate wat met hulle selfsugtige optrede die gesonde en effektiewe werking van al die lig-gaamsdele teenwerk. Daar is nie ’n sensitiwiteit vir mekaar nie.

Sulke optredes bring wanorde en sodoende word die vrede versteur. Daar-om gee hy duidelike opdragte ten opsigte van die gawe van ongewone tale en klanke en die gawe van profesie. Hy beklemtoon dat in die liggaam van Christus, die kerk, elkeen belangrik is. Die hele liggaam moet geleer en aan-gemoedig word om sy besondere gawe tot opbou van die liggaam te beoefen.

Die Heilige Gees kan en wil enige lidmaat op enige gegewe tyd gebruik om met sy besondere gawe deel te hê aan die opbou van die liggaam. Ons moet daarom oppas om nie net sekere lidmate sekere opdragte te gee en ander uit te sluit nie.

Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan: Hoe lyk ons aanbiddings-geleenthede vir diegene van buite? Is dit welvoeglik, gepas? Tree jy so op dat die liggaam gesond en effektief kan funksioneer? Sing: Skrifberyming 12-2:5

Dr. TC (Theuns)de Klerk (Okahandja)

Page 91: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

91

Woensdag 22 Maart Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:28; Romeine 1:1-7

Die eerste Geestesgawe: Apostels

Paulus was as Saulus en Paulus bekend. Saulus was sy Joodse naam om sy godsdiens en die geslag waaruit hy gebore is, aan te dui. Die naam Paulus dui op die menslike reg wat hy verwerf het om ’n Romeine burger te wees.

Hy noem homself ’n dienskneg van Christus Jesus. Daarmee stel hy die hoofsaak van sy lewe op die voorgrond. Om sy dienskneg-wees te verklaar, sê hy dat hy ’n geroepe apostel is, afgesonder vir die evangelie van God. Daarin gaan sy hele lewe op – om ’n dienskneg van Koning Jesus te wees en die blye boodskap van sy verdienste aan die kruis en sy opstanding oor die wêreld te verkondig.

Paulus noem homself ’n geroepe apostel. Hy is ’n apostel omdat Hy deur die Here Jesus geroep is as ’n uitverkore werktuig om die evangelie te verkondig. Om deel van die 12 dissipels te kon wees, moes iemand ’n oor- en ooggetuie wees van alles wat die Here Jesus gedoen en gesê het – vandat Hy in die openbaar begin optree het, sy kruisiging en opstanding, totdat Hy in die hemel opgeneem is. Hierdie dissipels word apostels as die Here van hulle uit-gestuurdes maak om sy evangelie aan die wêreld te verkondig.

As apostel is hy nie kragtens sy amp aan ’n gemeente verbonde nie, want hy (en die ander) is geroep om die fondament van die kerk te lê. Op grond van hulle verkondiging kom die kerk tot stand. Op grond van hulle verkondiging van die evangelie roep die Heilige Gees mense om in God en sy Seun Jesus Christus te glo. Die Heilige Gees laat daardie mense weergebore word om in Jesus Christus te kan glo. Op grond van die evangelie wat geglo word, werk die Heilige Gees in die nuwe hart en daarmee bou Hy die kerk op die rots van Petrus se belydenis.

Uit daardie huis wat op die rots gebou is, groei die kerk deur gelowiges byeen te bring in gemeentes wat elkeen volwaardig kerk is. Daaruit groei en bloei die ampte van profete, leraars, evangeliste, ouderlinge en diakens.

God se uitverkorenes onder die geklank van die heerlike evangelie! Sing: Psalm 33:11 (1936)

Ds. SD (Vasie) de Kock (Potchefstroom-Suid)

Page 92: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

92

Donderdag 23 Maart Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:28; Efesiërs 3:1-13

Die tweede Geestesgawe: Profete

Die gawe van die Heilige Gees in die profete is in die besonder aan die gawe van die apostels verbonde. Soos die apostels is hulle in die besonder geroep en opgedra om die geheimenis van Christus se koms te verstaan. Daar-die geheimenis is die verlossingsplan van God in Christus, wat ook die hei-dene insluit. Dit beteken dat die heidene deur die geloof in God en aan sy evangelie mede-erfgename van die ewige lewe, medelede van die liggaam van Christus en deelgenote van die vryspraak in Christus Jesus is.

Nadat die fondamente van die kerk gelê is, gaan die gawe van die profete oor in die ampte van leraar en ouderling. Tog speel die profete ’n belangrike rol in die verkondiging van die evangelie. Al was die heiden-Christene nie deel van die Ou-Testamentiese kerk nie, word hulle ook deel van die Nuwe-Testamentiese kerk op grond van hulle geloof in Jesus Christus en ontvang hulle ook die doop en seël van God se beloftes. Saam met die apostels is die profete bevoorreg om in te sien wat die “gemeenskap van die verborgenheid” is.

Om aan daardie verborgenheid gemeenskap te hê, beteken om in te sien, te verstaan en te glo aan God se verlossingsweg of verlossingspad in Jesus Christus. Hoe Jesus Christus met sy sterwe en opstanding die verhouding wat Adam en Eva tussen God en die mens verbreek het, weer herstel het, sodat dié wat in Hom glo, kinders van God is en erfgename van die ewige lewe. Die “owerhede en magte” is die engele wat begerig was om God se verlossings-plan te weet en tot die geboorte, sterwe en opstanding van Jesus Christus moes wag om God se verlossingsplan te verstaan (1 Pet. 1:12).

Watter voorreg dat ons dit mag verstaan deur die kosbare getuienis van die Heilige Gees! Sing: Psalm 91:6 (1936)

Ds. SD (Vasie) de Kock (Potchefstroom-Suid)

Page 93: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

93

Vrydag 24 Maart Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 14:36-38; Romeine 10:5-16

Die derde Geestesgawe: Leraars

Die profesie in die mond van leraars is om die Skrif reg te verstaan en die besondere gawe om dit te kan uitlê of aan God se kind te verklaar.

Die profesie as die Woord wat aan die gemeente van Jesus Christus ver-kondig word, verskil van die profesie in die Ou Testament. Die profete het saam met die apostels gewerk om die fondamente van die Nuwe-Testa-mentiese kerk te lê as ’n gawe van die Heilige Gees. Die verkondiging van die leraars is nie ’n onfeilbare verkondiging van God se wil nie. Dit is nie die-selfde saak as om God se openbaring net so aan die volk mee te deel nie. Die geroepe leraars word onderrig om God se openbaring op Skrif te verstaan en uit te lê sodat dit aan sy kinders onderrig kan word. Die Nuwe-Testamentiese gemeente word opgeroep om die profesie of die verkondigde Woord te toets (1 Kor. 14:36-38; 1 Tess. 5:21). Dit moet gedoen word deur ’n ander gawe van die Heilige Gees te gebruik. Dit is die gawe van die onderskeiding van geeste (1 Kor. 12:10; 14:29). Daardie gawe om te kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is, vind plaas deur wat gesê word, te meet aan die genade wat aan ons gegee is. Daardie genade is die inhoud van ons geloof, die Christelike leer (Rom. 12:6). Alle profesie wat nie volgens daardie leer is nie, is valse profesie. Profesie is ook die gawe om te verstaan en in woorde te sê wat die Here in ’n sekere situasie van jou vra (Hand. 11:28; 1 Tess. 5:20). Gewapen met die Woord werp die leraar profeties die lig oor ’n sekere gebeurtenis in ’n mens se lewe, rigtinggewend en vertroostend. Dit gebeur wanneer die leraar die verligtende werk van die Heilige Gees ontvang om te kan verstaan en dit op die lewe van elke dag te kan toepas. Dis ’n gawe waarvoor die leraar voort-durend moet bid en deur die grondige bestudering van die Woord uit genade ontvang. Die Heilige Gees is immers die eintlike Onderwyser in die waarheid. Die maatstaf om daardie waarheid te meet, is ook deur die Heilige Gees gegee in die belydenisskrifte wat ’n opsomming is van die waarheid wat jy in die hele Skrif ontvang. Daarmee is die Heilige Gees jou Leermeester om jou in die hele waarheid op jou hele lewenspad te lei. Sing: Psalm 25:2 (1936)

Ds. SD (Vasie) de Kock (Potchefstroom-Suid)

Page 94: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

94

Saterdag 25 Maart Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Timoteus 4:2-4; Handelinge 8:4-25

Die vierde Geestesgawe: Evangeliste

Die evangeliste het in dieselfde tyd as die apostels opgetree. Hulle was letterlik helpers van die apostels in die prediking van die evangelie en die stigting van gemeentes.

Timoteus doen hier die werk van ’n evangelis. Sy taak is om die Woord te verkondig, die dwalinge wat bestaan het, te weerlê en in alle lankmoedigheid te vermaan.

Die roeping van ’n evangelis is om die evangelie in die openbaar te preek in die midde van ’n gemeente wat besig is om te word, en ook daarbuite.

Filippus is ook ’n evangelis genoem (Hand. 21:8). Hy was een van die sewe diakens wat in Jerusalem verkies is ter wille van die diens van die barm-hartigheid (Hand. 6:3). Soos ander lidmate van die gemeente in Jerusalem het hy die wêreld deurkruis om die Woord te verkondig (Hand. 8:4; 11:20) en om te doop (Hand. 8:38). Dit is interessant dat die helpers van die apostel Paulus – Silas, Titus, Epafroditus, Aristarchus, Tichikus, Apollos, Epafras – wel die werk van ’n evangelis gedoen het deur die evangelie te verkondig, maar nooit so genoem is nie.

Die evangeliste was dus boodskappers van die evangelie wat óf geheel vrywillig omdat die liefde vir Christus hulle gedryf het óf volgens die opdrag van ’n apostel die Woord verkondig het om die kerk te plant of te bou. Hulle het iets van die taak van ’n sendeling verrig.

Filippus verkondig die evangelie en wanneer mense geglo het, het hy hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. Die apostels Petrus en Johannes is deur die ander apostels na Filippus se arbeidsveld in Samaria gestuur. Die apostels het vir die gelowiges gebid sodat hulle die Heilige Gees mag ontvang. Nadat die apostels hulle die hande opgelê het, het hulle die Heilige Gees ontvang.

Só word die liefdesywer van die evangeliste ingespan om die Here se kerk te help grondves. Sing: Psalm 68:1 (1936)

Ds. SD (Vasie) de Kock (Potchefstroom-Suid)

Page 95: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

95

Sondag 26 Maart

Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Timoteus 3:1-7 (vgl. ook Rom. 12:8; 1 Kor. 12:28)

’n Ouderling is ’n gawe van God die Heilige Gees aan die gemeente

Met die begin van die Nuwe-Testamentiese kerk, net na die hemelvaart van ons Here Jesus Christus, en die uitstorting van die Heilige Gees, was daar nog nie ouderlinge nie. Trouens, die kerk van die HERE het nog nie enigsins ’n ordelike bestaanswyse en vaste kenmerke gehad nie. Die apostels, ongeveer drie jaar lank deur Jesus self opgelei en toegerus vir die belangrike werk om die evangelie sy loop oor die hele aarde te laat neem (Matt. 28 : 19), het nog gelewe, en die kerk van die Here versorg, laat groei en georden. Mettertyd het hulle egter ontslaap.

Die kerk moes egter voortgaan, groei en lewe. Hiervoor sou die Heilige Gees sorg. Hy is mos gestuur om ons te lei en te vertroos ná die hemelvaart van ons Here, Jesus. So orden Paulus dan, deur die leiding van die Gees, die gemeentes waar hy gewerk het, en kry die ouderlinge die belangrike werk om die HERE se kerk verder te versorg (geestelik), te laat groei en te orden. Die ouderlinge moet die leiding neem, veral in die geestelike groei van die ge-meente in geheel, en elke lidmaat afsonderlik.

Ouderlinge is gawes van die Heilige Gees in die gemeente, en word ook deur die Gees toegerus vir hierdie uiters belangrike werk. Ouderlinge heers nie, hulle dien. Christus self is die Hoof van die kerk, en Hy regeer totdat Hy alles aan sy Vader onderwerp het.

Wanneer mens dan graag ouderling wil wees, en deur die HERE ook daartoe geroep word, is ’n voortreflike werk ter sprake! Die HERE se werk moet in die gemeente gedoen word! Ewigheidswerk!

Is jy ’n ouderling? Dien dan die HERE met vreugde en oorgawe! Is jy ’n lidmaat? Bid dan vir die ouderlinge en ontvang hulle in jou huis as gesante van Jesus! Sing: Psalm 133:1, 2

Ds. LSD (Lourens) du Plessis (Groblersdal)

Page 96: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

96

Maandag 27 Maart Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Timoteus 3:8-13 (vgl. ook Rom. 12:6-8; 1 Kor. 12:28)

’n Diaken is ’n gawe van God die Heilige Gees aan die gemeente

Met die aanvang van die kerk van die HERE in die Nuwe Testament was daar nog nie diakens nie. (Sien ook gister se dagstukkie oor ouderlinge as gawes van die Gees aan die kerk.) Die apostels het ook, benewens die gees-telike versorging van die gelowiges, die fisiese versorging van die gelowiges hanteer.

Daar was baie arm mense in die eerste gemeente, Jerusalem. Aanvanklik was die gelowiges hoofsaaklik van Joodse afkoms, maar mettertyd het ook mense uit ander kulture, soos Grieke, gelowig geword (vgl. Hand. 6:1-7). Die apostels kon naderhand nie meer die geestelike en die fisiese versorging in die gemeente behartig nie, en daarom is daar, onder die leiding van die Heilige Gees, sewe diakens gekies om die fisiese versorging te behartig.

Soos met die ouderlinge is diakens ook gawes van die Heilige Gees aan die gemeente, en word diakens self ook deur die Gees toegerus vir die belangrike werk wat hulle moet doen tot groei en opbou van die kerk van die HERE. Die diakens moet die liefde van Christus teenoor enigeen wat op watter manier ook al swaarkry, in die wêreld laat skitter. Geen lidmaat mag, om watter fisiese rede ook al, van die gemeenskap van die gelowiges vervreem raak nie!

Wanneer jy dan deur die HERE geroep word om as diaken in sy diens te werk, moenie terugdeins nie – die Heilige Gees sal jou toerus vir hierdie werk en ook aan jou die middele voorsien wat jy nodig het.

Wanneer die gemeente vir die barmhartigheidswerk bydra, gee ons nie vir die diakens nie, maar vir die HERE! Die HERE het ’n blymoedige gewer lief! (Lees meer hieroor in 2 Kor. 9.)

Vir diakens, net soos vir ouderlinge, is daar ’n heerlike vertroosting in hierdie onbaatsugtige roepingswerk in diens van die HERE : hulle ontvang ’n eervolle plek in die gemeente, en ook die voorreg van vrymoedigheid in hulle geloof. Ons as lidmate mag nooit nalaat om vir die diakens en ouderlinge, wat ons geestelik en fisies versorg, te bid nie! Sing: Psalm 145:1, 5 (1936)

Ds. LSD (Lourens) du Plessis (Groblersdal)

Page 97: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

97

Dinsdag 28 Maart Skrif- en Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:9, 28-31

Die Heilige Gees gee die gawe van geloof en genesing

Saam met die gawes van mense wat die gemeente op ’n besondere manier dien as ouderlinge en diakens, gee die Here ook deur sy Gees ander besondere gawes aan gelowiges.

In ons Skrifgedeeltes hierbo word op twee sulke besondere gawes gewys, naamlik geloof en genesing. Hierdie gawe van geloof dui nie op die saligmakende geloof nie, hoewel die saligmakende geloof, om te glo in Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker, ook natuurlik ’n gawe van die Gees is.

Die gawes van geloof en genesing word in dieselfde asem genoem, en staan direk in verband met mekaar. Dit gaan om die geloof as vaste vertroue in die wonderwerkende almag van God.

Hoewel die geloof in die wonderwerkende almag van God nie tot genesing beperk is nie, word dit in die Bybel met genesing van siekes vebind. Daar word ook in die omgang van geloofsgenesing gepraat. Dit gaan dus nie oor hoe sterk of swak jou geloof is nie, maar eerder oor genesing om die wonder-bare almag van God na vore te bring.

Wanneer mens siek is, en nie ’n wonderbare “geloofsgenesing” ontvang nie, beteken dit nie dat jou geloof te swak was nie! Ook Paulus het byvoor-beeld waarskynlik aan ’n verswakte gesondheid en siektetoestand gesterf, al was sy geloof ook besonderlik sterk. Ons lees trouens nie eers van vreeslik baie mense in die tyd van die Bybel wat ’n wondergenesing ontvang het nie. Maar tog het baie gelowiges al beleef hoe die HERE op ’n wonderbare manier genesing vir ernstige siekte gegee het.

Geloofsgenesing het ’n baie sterk missionêre toespitsing, en gebeur meeste van die tyd waar die wonderbare almag van God na vore moet kom om hei-dene te oortuig van sy almag en alvermoë, van die feit dat niks vir Hom on-moontlik is nie. Ja, veral om mense te oortuig dat Hy wat siekte kan genees, wat die eerste dood kan uitstel, selfs ook tot veel meer in staat is: Hy verlos ons ook in Christus van die ewige dood! Sing: Psalm 38:5, 17 (1936)

Ds. LSD (Lourens) du Plessis (Groblersdal)

Page 98: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

98

Woensdag 29 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 14:1-27; 12:31; 13:8, 13 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:31; 13:8, 13; 14:4, 5, 18, 19

Die Heilige Gees gee die tydelike gawe om ongewone tale of klanke te gebruik

In die gemeente van die Korintiërs was die gawe om ongewone tale of

klanke te gebruik ’n netelige saak, wat groot ongemaklikheid en hartseer onder die gelowiges veroorsaak het. Sommige lidmate het wel so ’n gawe van die Gees ontvang, en ander weer nie. Dit kan selfs wees dat van die lidmate voorgegee het om oor so ’n gawe te beskik.

Daarom moes Paulus hierdie verskynsel, hierdie Geestesgawe, in perspek-tief stel. Die gawe van ongewone tale of klanke mag alleenlik in die same-koms van die gemeente na vore gebring word, as daar terselfdertyd ook in die erediens iemand teenwoordig was wat die Geestesgawe van uitlegging ont-vang het, en dus die gelowige wat in ’n vreemde taal of klank profeteer het, se boodskap vir die res van die gelowiges kon uitlê. Hierdie gawe van ongewone tale of klanke is egter veel eerder ’n gawe vir persoonlike geloof en groei as vir die groei of stigting van die gemeente.

Vir die gemeente, die gelowiges wat byeengekom het om God te dien en eer (erediens), het dit veel meer waarde wanneer hulle die boodskap van die HERE ontvang in die taal wat hulle almal verstaan. Paulus verwoord dit baie sterk in 1 Korintiërs 14:19, dat hy liewers vyf woorde met sy verstand tot die gelowiges se opbou sal praat as ’n duisend woorde in ’n taal wat hulle nie ver-staan nie. Hoewel gawes van die Heilige Gees, soos genesing en die spreek in tale, dus ’n plek en funksie het, is daar egter ’n beter, meer uitnemende gawe.

Die Heilige Gees gee ook vir ons die onverganklike gawe van die liefde! Daarmee moet ons onsself besonderlik besig hou. God bo alles, en ons naaste soos onsself! Liefde is om te gee, nie om te vertoon nie! Sing: SB 21:1, 5, 6

Ds. LSD (Lourens) du Plessis (Groblersdal)

Page 99: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

99

Donderdag 30 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:1-31 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:13

Doop met die Heilige Gees ...

In die eerste paar verse skryf Paulus oor die Heilige Gees en die geestelike gawes wat aan die gelowiges uitgedeel word. In die tweede deel van die hoofstuk (vanaf vs 12 ev.) fokus hy direk op die kerk, nie as individue nie, maar as ’n geheel (as liggaam). Hy skets vir ons die kerk in die beeld van die mens se “liggaam”. Op hierdie besonderse manier van God se openbaring (in die beeld van die liggaam) word ons gewys op die verskeidenheid van gawes in die eenheid van sy liggaam.

Paulus stel die beginsel in vers 12 dat Christus saam met sy kerk (sy liggaam) EEN liggaam vorm, waar Hy die Hoof is van sy kerk! Daarin lê die EEN-heid! Daardie EEN-heid vind neerslag (vgl. vs 13): Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk (1983).

Die ware EEN-heid van die kerk lê nie in die eerste plek in die “doop”as sakrament nie. Die ware EEN-heid lê in die werk van die Heilige Gees deur Christus (die Woord)! Daaruit vloei die doop as teken en seël van die verlos-sende werk deur die Heilige Gees. Dit is HOE die geestelike band/eenheid ontstaan ... ’n band deur God self ... met alle gelowiges regoor die wêreld! Deur hierdie geloofsband neem die mens dit op as opdrag, om die ware EEN-heid in Christus uit te leef!

Daardie EENHEID kan alleenlik deur die geloof plaasvind deur God se Gees! Dit is God se Gees wat te midde van die “verskeidenheid” die eenheid IN CHRISTUS bepaal! Hierdie geestelike eenheid vind plaas wanneer jy deel word van die liggaam van Christus, sy kerk.

Hierdie vers verwys nie in die eerste plek na die uiterlike nie, maar verwys na die innerlike verandering wat plaasvind deur die Heilige Gees, wat ons in ware gemeenskap met ons EEN-heid in Christus bring! Ons ware eenheid in Christus ... daarin lê die betekenis en die doel van die doop met die Heilige Gees ...

Ons het reeds die belofte van die Heilge Gees as Trooster (Joh. 14:16, 26). Daardie belofte bring ons tot ’n groot verantwoordelikheid! Om met die Gees deurdrenk te wees ... is soos wat Paulus in hoofstuk 5 sê: ... word met die

Page 100: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

100

Gees vervul. Dit het Hy vir sy kerk gegee ... tot troos en tot opdrag! Wees Geesvervuld en leef jou roeping uit! Sing: Psalm 51: 5 (1936)

Ds. GJ (Gert) Erasmus (Komatipoort)

Page 101: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

101

Vrydag 31 Maart Skrifgedeelte: Efesiërs 4 Fokusgedeelte: Efesiërs 4:30

Bedroef die Heilige Gees ...

Hier in vers 30 kry ons die twee kante van dieselfde muntstuk. Die een kant die waarskuwing ... “En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie …” en die ander kant die troos: “... want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.” In hierdie vers leer die Here ons in die eerste plek in WIE is ons geanker en aan Wie ons behoort!

Paulus noem ’n klomp voorbeelde in hierdie perikoop (vs 17-32) van hoe die kind van die Here nie moet leef nie, maar indien hy dit doen, bedroef hy die Heilige Gees daardeur! Paulus sê kortliks dat die heiden wat nie in Christus glo nie (vs 17), se verstand verduister is en dat hulle geen deel het aan die lewe wat God skenk nie (vs 18). Bedoelende ... hulle glo nie wat God reeds in Christus geopenbaar het nie (vs 19). En hulle lewe getuig van hulle ongeloof!

Nadat Paulus die gemeente gewys het op die NEGATIEWE (hoe hulle nie moet leef nie), kom hy by die POSITIEWE (vs 20 ev.). Paulus sê aan hulle dat hulle roeping elders lê ... in die genade van Jesus Christus! Nadat hy ’n klomp opdragte gegee het HOE die kind van die Here moet wandel, vry van die sonde (vs 21-29), volg vers 30: En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie ... Wat beteken dit? Om die Heilige Gees NIE te bedroef NIE, beteken om die EEN-heid in Christus deur sy Gees uit te leef! Om sy genade uit te leef, beteken prakties om in ware dankbaarheid te leef volgens AL die gebooie van God! Om waarlik te leef as God se eiendom! Om die Heilige Gees te bedroef, beteken juis om nie die vrug van die Gees uit te leef nie, maar die vrug van die vlees ... (Gal. 5:19-21).

Wat die Heilige Gees bedroef, is sake waarop Paulus hier fokus, soos vals-heid (vs 25), kwaad word (vs 26), die duiwel ’n vatkans gee (vs 27), om te steel (vs 28), vuil taal (vs 29), bitterheid of woede (vs 31; vgl. ook Gal. 5). ALLES dinge wat teenoor die wet van God staan!

Lewe deur die Gees en laat die Gees jou gedrag bepaal! Sing: Psalm 25:2 (1936)

Ds. GJ (Gert) Erasmus (Komatipoort)

Page 102: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

102

Page 103: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

103

Saterdag 1 April Skrifgedeelte: 1 Johannes 5:13-21 Fokusgedeelte: 1 Johannes 5:16

Kan ons sê iemand het sonde teen die Heilige Gees gepleeg?

Die gebed van ’n gelowige het groot krag – so staan dit in Jakobus 5:16. Daardie teks gaan onder andere oor gelowiges wat hulle sondes teenoor mekaar bely, saam bid en só gesond word.

Hier in 1 Johannes 5:16 vind ons dieselfde gedagte – gelowiges wat vir me-kaar bid oor hulle sondes, en wat God genesing gee. Insiggewend is dat hier nie eers gepraat word oor belydenis van sonde nie. Wanneer ’n gelowige sy/haar medegelowige sien sondig, dan behoort Christelike liefde daardie gelowige te dring om al klaar vir die een wat sondig, te bid.

Tog gee Johannes ’n uitsondering waar nie gebid hoef te word nie. Hierdie uitsondering geld daar waar iemand sonde gedoen het wat tot die dood lei.

Meeste Skrifverklaarders is dit eens dat hier na sonde teen die Heilige Gees verwys word. Dieselfde Skrifverklaarders wys egter daarop dat daar al reeds by die vroeë apostoliese kerkvaders onsekerheid was oor wat Johannes hier presies bedoel het. Immers, hoe weet ons wanneer iemand sonde teen die Heilige Gees pleeg? Iemand wat lank in sonde volhard, maar uiteindelik tot bekering kom, pleeg mos nie sonde teen die Heilige Gees nie. Ons kan dus nie klinkklaar sê iemand doen sonde teen die Heilige Gees nie.

Daarom, laat jou Christelike liefde jou dring om daar waa jy sonde sien, vir inkeer te bid. Wie weet hoe God jou gebed gaan verhoor? Onthou, die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige werking! Sing: Skrifberyming 5-1:1, 2

Dr. JA (Jannie) Erasmus (Odendaalsrus)

Page 104: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

104

Sondag 2 April Skrifgedeelte: Hebreërs 5:11 – 6:12 Fokusgedeelte: Hebreërs 6:4-6

Afvalligheid in die geloof

Wat bedoel die skrywer van die Hebreërbrief as hy sê dat iemand wat in die geloof afvallig geword het, onmoontlik weer tot inkeer kan kom? Beteken dit nou dat iemand wat afvallig raak, sonde teen die Heilige Gees pleeg?

Let op dat die woorde van die Hebreërbrief aan gelowiges gerig is wat in die geloof moet volhard. Die brief is nie vir ongelowiges of afvalliges geskryf nie. Vanaf hoofstuk 5:11 is die skrywer juis besig om sy lesers aan te moedig om in die geloof te groei. Hulle mag nie babatjies in die geloof bly nie, maar moet tot geloofsvolwassenheid groei.

Wat is die resultaat as ’n persoon ’n baba in die geloof bly en nie vordering in die geloof maak nie? Uiteindelik kan so ’n persoon afvallig raak, en iemand wat afvallig geraak het, kom baie moeilik weer tot inkeer.

In ons fokusgedeelte is die skrywer van die Hebreërbrief dus met sterk woorde besig om gelowiges aan te moedig om in die geloof te volhard. Hy spel op ’n harde manier uit wat die gevolg kan wees as hulle afvallig sou word en hulle nie bekeer nie. Dan weerstaan hulle die werking van die Heilige Gees en dit kan uiteindelik aanleiding gee tot sonde teen die Heilige Gees.

Hierdie woorde beteken nou nie dat iemand wat afvallig word, sonde teen die Heilige Gees gepleeg het nie. So ’n persoon word in terme van 1 Johannes 1:8-9 steeds tot bekering opgeroep, om sodoende op die roepstem van die Gees ag te gee. Sing: Skrifberyming 15-2:3

Dr. JA (Jannie) Erasmus (Odendaalsrus)

Page 105: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

105

Maandag 3 April

Skrifgedeelte: Matteus 12:22-32 Fokusgedeelte: Matteus 12:31

Lastering teen die Heilige Gees

In Matteus 12:31 waarsku Jesus oor lastering teen die Heilige Gees. Die rede vir hierdie waarskuwing was die onsinnige beskuldiging van die Skrifgeleerdes dat Hy bose geeste met die hulp van Beëlsebul (of Satan) sou uitdryf. Hoekom sal Satan sy eie geeste help uitdryf?

Let op dat Jesus hier nie sê dat die Skrifgeleerdes teen die Heilige Gees laster nie. Hy waarsku egter daarteen. Dit was asof die Skrifgeleerdes (in hulle aankla van Jesus teen hulle beterwete in) op die terrein van lastering teen die Heilige Gees begin beweeg het.

Laster teen die Heilige Gees is nie een spesifieke sonde nie. Dit is nie iets wat jy een keer doen en dan sal God jou nooit weer vergewe nie. Nee, laster teen die Heilige Gees is die resultaat van ’n lewe waarin jy volhardend teen jou beterwete in die Heilige Gees se werking in jou lewe ontken. Dit is om God se wil te ken, dit is om God se genade te ken, dit is om God self te ken, en ten spyte van hierdie kennis jou nie aan God se wil te onderwerp nie, en jou teen God te bly verset tot die dag van jou dood!

As jy opreg daaroor bekommerd is of jy al teen die Heilige Gees gelaster het, dan het jy nog nie. Niemand wat hulle opreg tot die Here bekeer en daarna strewe om in dankbaarheid gehoorsaam aan die Here Jesus te lewe, sal verlore gaan nie (vgl. Joh. 3:16; Dordtse Leerreëls VD 5:4). Sing: Psalm 105-1:4

Dr. JA (Jannie) Erasmus (Odendaalsrus)

Page 106: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

106

Dinsdag 4 April Skrifgedeelte: Filippense 4:2-9 Fokusgedeelte: Filippense 4:6-7

Gebed in die Gees lei tot die vrede van God

Gebed is die soeke na vrede. Dit is egter belangrik dat ons sien hoe ons moet bid om die vrede van God te kan beleef. God se vrede kom alleen langs die weg van Filippense 4:6.

Wees in niks besorg nie ... Maak in alles julle begeertes aan God bekend. Daardie dinge wat in jou hart lewe, neem dit na God toe. Daardie goed wat jy vir jouself probeer uitwerk, maar wat nie altyd uitwerk soos jy dit met jou verstand uitgereken het nie. Gee dit vir die Here. Wat ook al in ons lewens na vore kom, groot of klein, belangrik of onbelangrik, ons moet dit na die Here toe bring. Die sorge van ons lewe moet ons vir Hom gaan gee.

Hierdie gebed is gekwalifiseerd. Met smeking en danksegging, in afhank-likheid en dankbaarheid moet ’n mens bid. In ons gebedslewe moet ons ons begeertes in afhanklikheid aan God bekendmaak.

Wat gebeur as ons so in gebed na God toe gaan? God se antwoord op ons gebed is God se vrede. Daardie vrede wat die menslike verstand te bowe gaan en wat oor ons hart en gedagtes die wag hou. Die vrede van die Heilige Gees. Sing: Skrifberyming 14-2

Ds. MJ (Thys) Erasmus (Nelspruit)

Page 107: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

107

Woensdag 5 April Skrifgedeelte: Handelinge 2:37-47 Fokusgedeelte: Handelinge 2:38

Die Heilige Gees verander ons lewenswyse

Die Heilige Gees verander ons lewenswyse op so ’n wyse dat ons nie meer aan die dinge van hierdie wêreld nie verknog is, maar ons geluk by Jesus Christus gaan soek. Soveel so dat ons nie meer vir onsself alleen lewe nie, maar vir Christus en vir ons medemens. Dit is hoekom Petrus in antwoord op die vraag: “Wat moet ons doen?” by bekering en die doop begin.

Begin met die opdrag om jou lewenswyse te verander en Jesus Christus as jou Here en jou Verlosser te bely. Hy sê: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

Hierdie bekering impliseer verandering. Verandering van jou hele benade-ring tot die lewe en jou hele lewenswyse. Trouens, die letterlike betekenis van die woord bekering sê dit vir ons: omdraai. ’n Totale ommekeer in jou lewens-beskouing en lewenswyse.

Waarin kom hierdie ommekeer na vore? In die mate hoe jy voor Jesus Christus as jou Here en Koning buig. Die vraag is nie meer: “Wat moet ons doen?” nie. Eerder: Wat doen God nou deur my? Die Heilige Gees verander immers ons lewenswyse. Hy gee ons die krag om met die goeie aan te hou. Om te volhard in die geloof ongeag die omstandighede waarin ons ons bevind. Sing: Psalm 40:4

Ds. MJ (Thys) Erasmus (Nelspruit)

Page 108: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

108

Donderdag 6 April Skrifgedeelte: Romeine 8 Fokusgedeelte: Romeine 8:9

Die stryd tussen ons sondige natuur en die Gees van God

Dit gebeur so maklik dat mense die Christelike vryheid verkeerd verstaan en as gevolg daarvan dan hierdie stryd tussen die sondige natuur en die Gees óf ignoreer óf heeltemal tot ’n hopelose stryd wil vervlak. Vir die liberalis bestaan daar dan geen stryd nie en vir die wettiese is die stryd ’n hopelose een, maar vir die gelowige het daar ’n oorwinning in die stryd deur Jesus Christus plaasgevind.

Op grond van die feit dat God aan ons in en deur die werk van Jesus Chris-tus die oorwinning gegee het oor die sonde en aan ons sy lewendmakende Gees gegee het, kom God nou ook met die oproep tot elkeen van ons: “Die wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees, laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.”

Wie is hierdie Gees? Dit is die Heilige Gees. Die heiligmakende krag van God wat God in ons harte uitgestort het. Die heiligheid van die Gees wat in ons woon, moet weerspieël word in die manier waarop ons optree. In die wyse hoe Hy ons gedrag bepaal.

Ons lewe word nou gekenmerk deur die vrug van die Gees: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en self-beheersing. Sing: Psalm 25:6

Ds. MJ (Thys) Erasmus (Nelspruit)

Page 109: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

109

Vrydag 7 April Skrifgedeelte: Efesiërs 4:17-32 Fokusgedeelte: Efesiërs 4:24

Nuwe mens in Christus tot eer van God

Moenie langer soos heidene lewe nie (vs 17b), dit is sinloos omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. In teenstelling met die volharding in onkunde en eie sondige drange, wat tot die dood lei, staan die lewe wat God skenk.

Die inhoud van die waarheid waarin ons onderrig is omdat ons van Christus gehoor het en Hom volg, word in verse 22-24 uitgespel. Die waarheid waaroor dit gaan, is die onderrig ten opsigte van die lewenswandel. Drie sake kom hier na vore: • Hou op, breek, trek die ou mens uit soos ’n mens ou, vuil klere uittrek (vs

22). • Word innerlik vernuwe deur die vernuwing van die gees en gedagtes (vs

23). • Lewe as nuwe mense, trek die nuwe mens aan soos nuwe, skoon klere (vs

24). Wie aan Christus behoort, word deur die Heilige Gees gelei om om op te

hou om te lewe soos hulle vroeër gelewe het, en met die ou mens gebreek. Daarteenoor lei die Heilige Gees ons om as nuwe mens te leef, geskep na die beeld van God. Die nuwe mens is geskep volgens wat God wou hê, dit wil sê om te wees soos God wou hê hy moet wees. So ’n mens is ook iemand wie se lewe deur heiligheid gekenmerk word, dit wil sê ’n lewe wat in diens van God gewy word.

Breek met die ou mens en leef deur die Heilige Gees as ’n nuwe mens, in Christus, tot eer van God. Sing: Skrifberyming 24 (1-1):3

Ds MP Fourie (Aliwal-Noord)

Page 110: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

110

Saterdag 8 April Skrifgedeelte: 1 Petrus 4:12-19 Fokusgedeelte: 1 Petrus 4:14

Die Heilige Gees rus ons toe om tot eer van God te leef

Niemand hou daarvan om vervolg en beledig te word nie. Ons lees in vers 12 dat ons nie verbaas moet wees as hierdie dinge met ons gebeur nie. Wanneer ons deur die Heilige Gees gelei word om voortdurend (daaglikse bekering) te breek met die ou mens en ons leef as ’n nuwe mens (sien 7 April) in Christus, dan gebeur dit dat vervolgings en beledigings tot ons beproewing dien.

Ons moet nie hierdie dinge as vreemd beskou nie, want in die daaglikse uittrek van die ou mens, die innerlike vernuwing deur die Gees en die aantrek van die nuwe mens, kry ons meer deel aan die lyding van Christus, om uit-eindelik – by sy wederkoms – in die volle vreugde te deel.

Hoekom dan die vervolging en beledigings? Die vraag is eerder: Hoekom nie? Om beledig te word ter wille van die Naam van Christus, is iets besonders. Dit is nie besonders om beledig te word nie, maar die rede vir die belediging is so besonders. Niemand sal jou beledig en vervolg as die Gees aan Wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, nie op jou rus nie.

Die Heilige Gees lei jou nie net om ’n nuwe mens in Christus te wees nie, maar Hy rus jou ook as nuwe mens toe om tot eer van God te leef, selfs wanneer vervolging en belediging oor jou kom. Sing: Skrifberyming 24 (1-1):7

Ds. MP Fourie (Aliwal-Noord)

Page 111: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

111

Sondag 9 April Skrifgedeelte: Johannes 12:12-19 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Johannes 12:13-15

Loof Jesus Christus as Koning

’n Groot menigte feesgangers wat volgens gebruik ’n week voor die paas-fees optrek om die reiniginge te ondergaan, het gehoor dat Jesus Jerusalem toe kom (vs 12). Van hulle was al onder die indruk van sy Messiaanse optrede dáár. Met palmtakke in die hande as simbool van oorwinning (vgl. Op. 7:9), begroet hulle Jesus met Prys Hom as uitroep van lofprysing. Jesus word as Messias begroet (vs 14), as “die Een wat sou kom” (vgl. Sag. 9:9). Hy is die Koning van Israel!

Jesus kom op ’n jong vul die stad binnegery. Die feesgangers weet vir seker dat die Koning van Israel by hulle is, op ’n donkie. Die dissipels het die betekenis van hierdie gebeure eers verstaan ná Jesus se dood en opstanding toe die Heilige Gees dit aan hulle verduidelik het (vgl. 15:26). Die skare het ’n getuigende skare geword. Hulle getuienis het nog groter skares na Jesus toe gelok.

Dit is gepas om hier te verwys na die “Donkies” in die kerkgeskiedenis van Suid-Afrika as een van die mooiste verhale in die geskiedenis van die NG Kerk. Vanaf 1876 tot 1952 het 567 studente wat geroepe gevoel het om sendelinge te word, vir 85 jaar aan die Sendinginstituut in Wellington studeer. Die leuse van die Opleidingsinstituut was “Afrika vir Christus”. Dr. Andrew Murray, predikant van die NG Kerk Wellington, het die naam “Donkies” aan-beveel as ’n erenaam. Sy motivering was dat ’n donkie vir Jesus Jerusalem in-gedra het. So moet hulle, as Donkies, die evangelie van Jesus Christus Afrika indra. Sing: Psalm 99:1, 4, 5 (1936)

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 112: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

112

Maandag 10 April Skrifgedeelte: Markus 11:12-25 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Markus 11:13

Die blare was mooi, maar die vrug van die geloof het ontbreek

Dit handel in hierdie twee perikope oor die vervloeking van die vyeboom en die reiniging van die tempel. Die vyeboom het die belofte van vrug gehad, maar niks gedra nie; en die tempel was veronderstel om die plek van aanbid-ding te wees, maar word vir handeldoeleindes gebruik. Jesus soek godsdiens-tige vrug onder sy eie mense, maar vind dit nie.

Die handelaars en geldwisselaars het tydens die paasfees baie geld gemaak. Mense wat van ander lande af gekom het, moes hulle geld vir Joodse geld om-ruil, aangesien dit al was wat in die tempel én ook deur die handelaars aanvaar is. Die geldwisselaars het die wisselkoers só aangepas dat hulle skatryk ge-word het, terwyl die handelaars weer buitensporige pryse vir die offerdiere gevra het, want “biesnies is biesnies”.

Vye was ’n gewilde en goedkoop voedselsoort in Palestina. Die klein vytjies groei gewoonlik saam met die blare, maar hierdie boom het geen vye gehad nie, hoewel dit vol blare was. Dit sou dus nie daardie jaar vrugte dra nie. Jesus se skerp woorde het beteken dat die volk van Israel net soos die vye-boom was. Hulle was ook veronderstel om baie vrug te dra, maar in plaas daarvan was hulle sonder enige vrugte.

Jesus was ontsteld omdat Israel na wie Hy gekom het, die skyn van vroom-heid en godsdienstigheid gehad het, maar nie hulle ware Verlosser wou aanvaar nie. Die blare was mooi, maar die vrug van die geloof het ontbreek. En dit nog te meer omdat die eindtyd reeds aangebreek het. Sing: Psalm 128:1, 3, 4 (1936)

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 113: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

113

Dinsdag 11 April

Skrifgedeelte: Matteus 21:23-27 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Matteus 21:23-25

Met watter gesag, Jesus? Met God se gesag!

Die vraag oor Jesus se gesag (vgl. ook Mark. 11:2-33) het verset van die Joodse Raad ontlok (vs 18). Die Raad (Fariseërs) wou by Jesus weet waar Hy sy gesag vandaan kry om op te tree soos Hy in die tempel gedoen het toe Hy die handelaars uitgejaag het om die diens in die tempel te beëindig. Hulle wou weet wie Hom die reg gegee het om dit te doen. As Jesus sou antwoord dat dit van God kom, sou hulle Hom van godslastering beskuldig.

Die geleerdes van daardie tyd het die reg gehad om ’n wedervraag te stel aan iemand wat aan hulle ’n vraag stel en om eers te antwoord as die vrae-steller sy vraag beantwoord het. Dit doen Jesus nou. Daardeur het Hy egter hulle duister motiewe ontmasker. Hy het hulle motiewe nie vertrou nie, aange-sien hulle ’n verborge agenda gehad het. Hulle wou nie regtig ’n antwoord van Hom hê nie, hulle wou Hom in ’n lokval lei.

Jesus het duidelik aangetoon dat die Fariseërs die waarheid net wou gebruik as dit tot hulle eie voordeel is. Daarom het Hy eers ’n vraag aan hulle gestel, en wou Hy weet waar die doop van Johannes vandaan kom. Jesus wou weet of Johannes se doop sy oorsprong by God of by mense gehad het. Hulle het hierdie vraag ontwyk deur te antwoord dat hulle nie weet nie.

Onuitgesproke was dit vir die aanwesiges duidelik: God het aan Jesus die gesag gegee. Sing: Skrifberyming 20-1:3, 5, 6

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 114: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

114

Woensdag 12 April Skrifgedeelte: Markus 14:3-9 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Markus 14:3b, 9; Matteus 26:13 Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar vertel

word …

In Matteus en Markus se Evangelies word hierdie gebeurtenis voor die laaste paasmaaltyd geplaas. Johannes plaas dit egter ’n week vroeër, net voor Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem. Lukas plaas ’n dergelike insident veel vroeër in Jesus se bediening (Luk. 7:36-50). Dit mag wees dat Matteus en Markus hierdie gebeurtenis juis hier geplaas het om aan te toon hoe groot die kontras was tussen hierdie vrou se oorgawe en liefde en Jesus se verraad deur Judas, wat in albei die Evangelies daaropvolgend vertel word.

Volgens Johannes was hierdie vrou Maria, die suster van Marta en Lasarus, wat in Betanië gewoon het (Joh. 12:1-3). Volgens Matteus, Markus en Lukas was sy egter ’n onbekende vrou.

Tydens Jesus se reis besoek Hy Betanië waar Hy deur ’n vrou gesalf word. Waarskynlik was dit nardusolie wat van die wortels van die nardusplant in Indië gemaak en ingevoer is. Dit was baie kosbaar, eg en nie verswak of gemeng nie. Die albastefles het ’n nou nekkie gehad. Al die olie in die fles moes gebruik word. Dit kon nie weer toegemaak word en vir later gehou word nie. Die waarde is op 300 silwerstukke gestel – ’n arbeider se dagloon, en die geld kon vir armes gegee word.

Die vrou het “vooruit al” Jesus se kop en liggaam daarmee gesalf as voorbereiding vir sy begrafnis. Die vrou het deur haar daad te kenne gegee dat Jesus Koning is. Sy begrafnis is nie die einde nie. Sy evangelie sal in die hele wêreld verkondig word. Sing: Psalm 19:1 (2001)

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 115: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

115

Donderdag 13 April

Skrifgedeelte: Matteus 26:26-30 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Jeremia 31:33, 34

Die kruis is weerligafleier op die dak van die wêreld

Tydens die laaste paasfees volgens die Ou Testament het Jesus een van die sakramente van die Nuwe Testament ingestel. Dit word nagmaal genoem omdat Jesus en sy dissipels dit met die aand(nag, vs 20)maaltyd verbind het; dit is die gemeenskapsmaal omdat daardeur ’n gemeenskapsband met God en ander gelowiges is.

Dit is ’n gedenkmaal. Gelowiges gedenk Jesus se lyding en dood simbolies wanneer die brood geëet en die wyn gedrink word. Dit is ook ’n danksegging omdat God daardeur gedank word vir die versoeningswerk wat Jesus Christus gedoen het, en vir die wonderlike genade wat Hy aan sondaars op hierdie ondermaanse aarde bewys.

Die kruis van Jesus is ’n “weerligafleier op die dak van die wêreld” (AA van Ruler, Nederlandse teoloog). Nou kan aan alle mense van die wêreld, aan alle nasies en volke in alle tale verkondig word dat deur die geloof in Jesus Christus sondaars vir God aanneemlik is (Rom. 3:21-24). Die toorn van God oor die sonde is afgeweer! In Jeremia 31:31 is daar sprake van ’n nuwe ver-bond. Hierdie nuwe verbond word nou aangegaan deur die dood en die opstanding van Jesus as ’n volkome offer van God. Almal wat in Hom glo, ontvang daardie vergewing van sondes (vgl. Matt. 26:28). Dit is ’n verseke-ring.

“Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here. Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees” (Jer. 31:33). Sing: Psalm 105:5 (1936)

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 116: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

116

Vrydag 14 April Skrifgedeelte: Markus 15:33-41 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Hebreërs 13:11-14

Jesus het buitekant die stadspoort gely

Wat beteken dit dat Jesus buite die stadspoort van Jerusalem gely het? Die Ou Testament is die sleutel om dit te verstaan. Die priester moes, as hy versoening vir die sondes van die volk doen, ’n “sondebok” offer (Lev. 16:27). Dit is die soenoffer op die groot Versoendag genoem.

Buitekant die laer/kampplek was die plek van onreinheid. Teen hierdie agtergrond verstaan ons waarom Jesus buite die poort gely het. Dit is waar die vervloekte hoort wat die straf op die sonde dra – in eensaamheid, buite die gemeenskapskring, buite die stad, buite die tempel. Ergste, buite die hemel.

Buite die poort is die plek van die hobo’s, kwaaddoeners en moordenaars. Daar waar die afval en pensmis deur vuur verbrand word; buite die beskawing en fatsoenlikheid, buite die gemeenskapskring – daar rig die Here God ’n nuwe bedeling op en verrys die Nuwe Jerusalem met ewige fondamente.

Die dieper sin hiervan vir die praktyk van ons aanbidding en geloofslewe is dat ons na Jesus Christus moet deurdring. Die Hebreërskrywer roep ons ook op met die woorde: “Laat ons dan nou uitgaan na Hom toe buitekant die laer en die smaad dra wat Hy gedra het” (Heb. 13:14). Wees ’n “eksodus-mens”. Trek weg uit die ongehoorsame gestaltes van ’n sondige lewe.

Laat ons uitgaan na Jesus, Middelaar en Priester wat Homself laat offer het vir die sondaars om só die verlorenes wat buite in eensaamheid is, weer in te bring in die ordekring en genadekring van God die Vader. Sing: Skrifberyming 5-3:2, 4, 5

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 117: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

117

Saterdag 15 April Skrifgedeelte: Matteus 27:62-66 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Matteus 27:66

Geen klip, wag of weermag kon Jesus verhinder om uit die dood op te staan nie

Die dissipels het nie onthou wat Jesus van sy opstanding gesê het nie

(Matt. 20:17-19), maar die geestelike leiers het wél onthou. Hulle was ná sy dood net so bang vir Hom as wat hulle vóór sy dood was.

Die Fariseërs was so bang dat Jesus se woorde oor sy opstanding bewaar-heid sou word, of dat iemand die lyk sou verwyder, dat hulle gesorg het dat die graf behoorlik verseël en bewaak word. Daar was net een ingang tot die grafkamer, teen die hang van ’n klipheuwel uitgegrawe. Dit is verseël deur ’n tou te span oor die klip wat voor die opening gerol was. Beide punte van die tou is met klei geseël.

Die geestelike leiers het nog ’n verdere voorsorgmaatreël getref en gevra dat daar wagte by die opening van die graf geplaas word. Al hierdie voorsorg-maatreëls het daartoe gelei dat die graf net om één rede leeg kon wees, en dit is as Jesus uit die dood opgewek is of opgestaan het OF gesteel is.

Die godsdienstige leiers het ’n plan gemaak deur ’n leuen te laat versprei dat Jesus se dissipels “in die nag gekom (het) en sy liggaam gesteel (het)”. Die wagter het toe die omkoopgeld gevat en gemaak soos hulle voorgesê is. Dit alles om die leë graf daaraan toe te skryf dat Jesus se dissipels die liggaam van Jesus gesteel het en dat Jesus NIE uit die dood opgestaan het nie.

Hierdie storie, skryf Matteus, word tot vandag toe onder (en deur) die Jode vertel (Matt. 28:13-15). Sing: Skrifberyming 5-4:1-6

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 118: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

118

Sondag 16 April Skrifgedeelte: Matteus 28:1-9 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Matteus 28:6

Jesus is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek

Jesus se opstanding uit die dood is die sleutel tot die Christelike geloof. Daardeur het God bevestig dat Jesus die Seun van God is (NB – Rom. 1:4). Die dood is nie die einde nie. Daar is lewe ná die dood! Ons hoef nie vir die dood bang te wees nie. Jesus leef en is saam met sy mense.

Die wagte het self van skrik soos dooies geword, maar die “Dooie” wat hulle moes bewaak, is deur God uit die dood opgewek. “Soos Hy gesê het …” verwys na Matteus 16:21, 17:9, 23 en 20:19. Soos Markus 16:7 (anders as in Lukas en Johannes) word Jesus se beslissende verskyning in Galilea in die vooruitsig gestel (vgl. 26:32).

Aangesien die graf verseël is en bewaak word (27:66), wil die twee Marias (27:56, 61) na die graf gaan kyk. Verse 2-4 kom net in Matteus voor. Soos Jesus se sterwe (27:51-52), word sy opstanding deur bonatuurlike gebeure gevolg. Dit verklaar nie die opstanding nie, maar wel hoe die klip weggerol is, sodat die vrouens kon sien dat die graf leeg is.

Waar Markus 16:8 net van die vrouens se vrees en swye berig, word hier gesê dat hulle wel bang, maar baie bly was, en gehardloop het om die opdrag uit te voer. Hierdie gebeure word alleen hier vermeld (vgl. egter Joh. 20:14-15). Nou verskyn Jesus self aan die vrouens met dieselfde opdrag as in 5-7. Die vreugde (8) en aanbidding (9 – vgl. 14:33) van die vrouens herinner aan die begin van die Evangelie (2:10-11). Sing: Skrifberyming 12-2:1-3; Psalm 118:12, 14

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 119: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

119

Maandag 17 April

Skrifgedeelte: Matteus 28:1-8 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Matteus 16:6

“Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het” (Matt. 28:6)

Vir Christene is Sondag ’n feesdag! Sondag is opstandingsdag. Daar is fees in die hemel. Daar is vreugde in die Vaderhuis. Dit was die skoonste en mooiste môre sedert die skeppingsmôre. Opstandingsmôre was die opkoms van die Son van Geregtigheid, die Ewige Lig!

Paasmôre is daar vreugde in die hemel. Paasfees is die boodskap van opstanding aan die wêreld! Die graf is leeg. Jesus het opgestaan! Die dood is oorwin. Die dood is dood. Jesus het die doodlooppad van die dood ’n deur-looppad na die Vaderhuis gemaak. Vroue het eerste getuig en verkondig van Jesus se opstanding.

Helaas, op aarde is teleurstelling! Geen skare mense nie. Eintlik niemand nie. En dít terwyl dit die grootste oomblik sedert die skeppingsmôre is. Dit is ’n onverwagte en teleurstellende berig. Eeue vooruit het God voorspel dat die dag van oorwinning sal aanbreek. Daar is egter nie één wat dit opgewonde kom aanskou nie! Niemand nie. Die eerste teks en preek daardie opstandings-môre is deur ’n engel gesê: “Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opge-wek, soos Hy gesê het” (Matt. 28:6). Die woorde “soos Hy gesê het …” dui op wat Jesus self voorspel het en wat eeue lank voorspel is. In die eerste opstan-dingspreek word duidelik na die vervulling van die Skrif verwys.

Die opstanding van Jesus uit die dood is ’n bewys dat God nie maar ’n Praatjiemaker is nie. Die opstanding is ’n bewys van God se beloftes: Dit is “amen”, waar en seker! Sing: Skrifberyming 15-1:1-4

Dr. PW (Pieter) Bingle (Emeritus)

Page 120: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

120

Dinsdag 18 April Skrifgedeelte: 2 Timoteus 1:3-11 Fokusgedeelte: 2 Timoteus 1:7 (1983-vertaling)

Geeskrag is doenkrag!

Die jongman Timoteus in die ou lewe en wêreld! Dis nie maklik nie. Sonder doenkrag nie in staat om van die groot dade van God te vertel nie. Sonder Geeskrag sprakeloos en in ’n groot mate doelloos op pad in die wêreld.

Paulus skryf egter met rype ervaring en belewing. Paulus leer en onderrig. Woorde in ’n brief vir Timoteus en vir die 2017-mens. Die lewe en die opdrag in die lewe in verkondiging van die Koning se ryk … om gewoon te onthou van die Gees wat God aan sy kind gegee het. Kragtig is die Gees, en kragtig-doelmatig werksaam in ’n mens se hart en gemoed. Geeskrag wat die lamheid van lafhartigheid wegwerk. Vurig aanvuur tot vrymoedigheid om die teen-klanke in verset teen die blye boodskap weg te werk. In te vaar in die lewe, Geesvervuld. Vol van ’n boodskap wat leë gemoedere en harte met passie en oortuiging en sin en verwagting kan vul.

God se Gees … as gawe gegee om ’n mens se lewe vol te maak met krag en liefde en selfbeheersing! ’n Goddelike Drie-eenheid van Geesgenade en guns: Krag en liefde en selfbeheersing! Nie in eie krag nie, maar in u krag, o Gees van God. Liefdevol diensbaar soos Christus, met selfrespek omdat die Gees my “ek” regeer en beheer. Voluit in die lewe. Toegerus. Bekwaam omdat die Gees geesdrif skenk om te vertel en te getuig dat die evangelie die enigste krag is op grond waarvan ek as mens die wêreldkragte en magte kan trotseer.

Die Gees bring nuwe lewe. Hy is aan jóú gegee. Doen en sê en lewe. Met Geeskrag! Onthou: God het aan jou immers nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Vervul jou roeping met krag … genadekrag. Sing: Ps 33:2 (1936)

Dr. PH (Pieter) Heystek (Pta-Montanapoort)

Page 121: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

121

Woensdag 19 April Skrifgedeelte: 2 Timoteus 3:10-17 Fokusgedeelte: 2 Timoteus 3:17 (1983-vertaling)

Woord en Gees én Gees en Woord

Die jongman Timoteus loop sy pad deur straat en steeg van die aardse lewe en wêreld. Die volheid en volgang van alles wat in die wêreld aangaan: laaste dae-tye; swaar tye; die mensdom is selfgerig, eiegeregtig, verwaand, geldgierig, beledigend; die kennis van die waarheid is in gedrang. Wolke van verwarring, met moeite om koers te kry en koers te hou.

Teen genoemde agtergrond praat Paulus met Timoteus oor die Woord. God se Woord, die heilige Skrif, die hele Skrif. Paulus verklaar as geïnspireerde Bybelskrywer dat die Skrif geïnspireerde woorde is. Elke teks, elke woord en versehoofstuk. Dis God wat gee, Hy wat praat, Hy wat sê.

Dis woorde uit God se mond met groot waarde vir die waarheid, woorde wat dwaling weerspreek, woorde wat verkeerde, krom dinge regmaak. Woorde wat lewensreëls gee om Godvresend te kan lewe. Die geïnspireerde Woord van God vir my as mens op aarde. En die Gees van God wat my inspireer en oortuig van elke Bybelwoord se waarheid.

Elke teks is my lewensteks. Die Woord en die Gees, en die Gees en die Woord. En ek as mensekind wat met die fakkelvlam van die helder lig van die woord kan lig opsteek in die soms donker dae en tye op aarde.

Ek weet die Woord is waar. Die Gees oortuig my, en ek is met die geïnspi-reerde Godswoorde geïnspireerd op koers in die lewe. Die geïnspireerde Godsteks as grondteks om die teks van die oomblik te kan toets en meet, om lofseggend te kan sê:

“U woord is soet gehul met wysheid, Dit hou my op die regte pad. Vol liefde peins ek daaroor altyd Om dit ten volle te bevat. Die wysheid wat ek daaruit haal, Verhinder dat ek sal verdwaal …” (Ps. 119:9, 2001-omdigting)

Sing: Psalm 119:39 (1936)

Dr. PW (Pieter) Heystek (Pretoria-Montanapoort)

Page 122: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

122

Donderdag 20 April Skrifgedeelte: 2 Petrus 1:16-21 Fokusgedeelte: 2 Petrus 1:20, 21 (1983-vertaling)

God se Woord, die ware Woord!

Die Bybel in jou hand. ’n Biblioteek van boeke met woorde. Hoofstukke en verse-eenheid. Ou Testament en Nuwe Testament. Opgeskryf en vir die mens deurgegee om as blye boodskap te lees.

Petrus onderstreep die betroubaarheid van elke vers en woord. Sy brief word opgeskryf in ’n tyd toe oor die betroubaarheid van die waarheid van die evangelie getwyfel word. Met apostoliese gesag getuig Petrus oor die waarheid van God se Woord as die ware Woord! Petrus wat blye aanskouer kon wees van God se reddingsdade wat in Jesus Christus geopenbaar is. Hy het saam gestap en gehoor en geluister as Jesus praat en preek. Tree vir tree … Hy het gesien hoe Jesus mense se lewens verander op grond van wonderdade van genesing en troos en innerlike nuutheid. Hy kon op die aarde hoor die moment toe die Vader sê: “Hy is my Seun, my geliefde Seun, in Wie ek My verbly!” God se Woord. Die ware Woord.

En Petrus getuig met inspirasie. Hy skryf sy Petrusbrief op, lewenslank geïnspireer deur wat hy gesien en beleef het. Maar nie net met die oog gesien nie, ook met die oor kon hoor en met die oog kon lees. Elke woord van elke profesie wat gesê en opgeteken is. Want die Profeet is voorgesê! Mensetaal, maar nie deur ’n mens “uitgedink” nie. Die profesie … in taal meegevoer deur die Heilige Gees. Soos skeepseile in die wind gespan, op koers na sy be-stemming.

So het dit met die optekenaar van elke profesie gebeur. Hulle geestelike seile is gespan sodat die wind van die Gees hulle meevoer om profesietaal en woord in die harte van mense te kan indra! God se Woord. Die ware Woord. Kenbron, onder leiding van die Heilige Gees, vir ware lewe! Sing: Psalm 89:1 (1936)

Dr. PH (Pieter) Heystek (Pretoria-Montanapoort)

Page 123: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

123

Vrydag 21 April Skrifgedeelte: Lukas 24:36-49 Fokusgedeelte: Lukas 24:49 (1983-vertaling)

Met Geeskrag gewillig werksaam …

Die Here Jesus is ná alles (marteling, bespotting, onskuldig skuldigbevin-ding, kruisiging, opstanding) steeds geïnspireerd op aarde werksaam gewees. Die aardse tyd tussen opstanding en hemelvaart was nie niksdoen-tyd nie. Inteendeel, as opgestane Here was Hy besig om tot voor sy vertrek te sê en te praat en te verduidelik en te belowe.

Kort voor sy hemelvaart verskyn Jesus aan die dissipels. Hulle hoef nie vervaard te wees nie. Hy is nie dood nie. Hy lewe regtig. En as sy mond vlak voor die hemelvaart oopgaan, dan sê Hy: “Vrede vir julle.” Kyk en hoor en sien. Dit is Ek. Moenie bang wees nie. Moenie verskrik wees nie. Die woorde van die wet en die profete en die psalms het waar geword. En die wonder-waarheid van vergewing en hoop en die werklikheid van die lewende Christus moet oorvertel word aan mensekinders en nasies en volke wat op die aarde woon. Die wêreld in … Getuies wat gesien het en weet dat Jesus lewe!

Vertel en praat en preek. Sê en getuig. Pak met blydskap die bediening aan. Die Heilige Gees sal elke getuie toerus en bemagtig. Die beloofde gawe. Die Godsgawe wat ’n nietige mens oortuig dat grafdeure oopgebreek het en Jesus opgestaan het. Vanuit die hemel sal mense krag ontvang, soos ’n gewaad om-gehang, sodat die apostels destyds en jý vandag jou getuienisroeping met krag kan volvoer.

“Die Heer, die Heer het opgestaan! Aan Hom die lof, die roem, die eer, Hy laat mý met Hom triomfeer. Laat ons, o Here, deur u Gees, Afhanklik en oorwinnaars wees.”

Sing: Skrifberyming 8-1:2

Dr. PH (Pieter) Heystek (Pretoria-Montanapoort)

Page 124: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

124

Saterdag 22 April Skrifgedeelte: Matteus 12:22-37 Fokusgedeelte: Matteus 12:28

Christus verdryf duiwels deur die krag van die Gees!

Die duiwel is los in ons land. Binne hulle sondige en eensydige lewensopvatting kom die Fariseërs tot ’n

gevaarlike gevolgtrekking: Jesus dryf bose geeste met die mag van Beëlsebul uit. Die Fariseërs het altyd voorgehou dat die uitdryf van bose geeste deur hulle volgelinge slegs deur die medewerking van God geslaag het. Nou be-weer hulle dat Jesus deur Beëlsebul geeste uitdryf.

Hierteenoor stel Christus dan die ware toedrag van sake. Hy wys hulle daarop dat ’n koninkryk wat in homself verdeeld is, sal ondergaan. Hy dryf die bose geeste uit deur die Gees van God. Die Gees van God wys hier op die krag van God – Lukas praat van die vinger van God. ’n Regstreekse teëstelling: As dit nie deur die krag van Beëlsebul is nie, dan is dit deur die krag van die Drie-enige God. Daarom is dit sonde teen die Heilige Gees as die werke van God aan die duiwel toegedig word (vs 31).

Christus genees in die Naam van die Vader, deur die krag van die Gees van God. As die krag van God die krag van die duiwel uitgewerp het, dan het die koninkryk van God inderdaad gekom. Die Koningsheerskappy van Jesus Christus word verder geopenbaar met sy sterwe, opstanding, hemelvaart en heel besonderlik deur die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag.

Is die duiwel nie dalk los in hierdie land omdat ek nie elke oomblik deur die Heilige Gees in gehoorsaamheid aan die Woord lewe nie? Sing: Psalm 119:10 (1936)

Ds. Simon Hibbert (Koster)

Page 125: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

125

Sondag 23 April Skrifgedeelte: Handelinge 4:8-12 Fokusgedeelte: Handelinge 4:8

Geesvervulde: Nie selfverdediging nie, maar getuienis!

Enkele weke tevore het Petrus voor die soldate en slawe in die hoëpriester se paleis teruggedeins, Jesus verloën. Nou staan hy voor die Joodse Raad om getuienis af te lê. Hy moet deur watter krag en in wie se naam hulle die verlamde man genees het. Gaan Petrus weer vou?

Dan hoor ons ’n foutlose en skerp, Skrifgebaseerde getuienis uit die mond van Petrus. Die loënaar preek onverskrokke: Jesus, wat julle gekruisig het, is deur God opgewek, en deur Hom het die man gesond geword. Met bewyse uit die Skrif wys hy hulle daarop dat hulle die hoeksteen, Jesus Christus, verwerp het. Slegs Christus bring verlossing en niemand meer nie.

Waarom die geweldige verandering? Christus, wat waarlik deur die Heilige Gees gevul was, het sy belofte oor

die Heilige Gees aan sy dissipels met Pinkster vervul. Petrus is nou vol van die Heilige Gees en daarom kon hy voor die Joodse Raad met soveel vrymoe-digheid optree. Hy het die vervulling van die belofte van Christus belewe: “En wanneer hulle julle voor die sinagoges en die owerhede en maghebbers bring, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat julle moet sê.”

As Nuwe-Testamentiese gelowiges wat in Christus ALLES ontvang het, moet ons onsself biddend afvra: Watter getuienis hoor en sien ’n verlore-gaande wêreld? Geesvervuldheid of gewoon aardse getuienis? Sing: Psalm 145:10 (1936)

Ds. Simon Hibbert (Koster)

Page 126: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

126

Maandag 24 April

Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 1:1-10 Fokusgedeelte: 1 Tessalonisense 1:4, 5

Die Blye Boodskap kom in die krag van die Heilige Gees

Die krag van God wat duidelik in die bekering van die gemeente van Tes-salonika na vore kom, is die grond vir die groot dankbaarheid van die mede-stigters van hierdie gemeente.

God het, omdat Hy hulle uitverkies het (vs 4), die evangelie met die krag van die Heilige Gees aan hulle verkondig (vs 5). Dit het daartoe gelei dat hulle hul sonde besef het, asook hulle groot behoefte aan ’n Verlosser om hulle uit hierdie staat van onkunde, verdorwenheid, swakheid en ellende te verlos, en om hulle tot ware berou te lei.

Die gevolg van hierdie woorde wat God aan hulle deur Paulus gebring het, was dat hulle navolgers met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom, ge-word het. Hulle was ’n voorbeeld vir almal. Hulle was kanale en klankborde wat die evangelie deur hulle dankbare lewens ge-eggo het. Hulle het hulle só tot die ware God bekeer dat hulle nie kan wag nie dat “God se Seun moet terugkom uit die hemel, God het die Seun weer laat lewe. Die Seun is Jesus, Hy sal ons red wanneer God eendag die mense sal oordeel” (1:10, Bybel vir Almal).

Het ons die evangelie al so gehoor dat dit ons aanvuur tot ’n lewe van dankbare getuienis teenoor almal wat God op ons pad geplaas het? Sing: Psalm 95:5 (1936)

Ds. Simon Hibbert (Koster)

Page 127: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

127

Dinsdag 25 April Skrifgedeelte: 2 Timoteus 1:6-14 Fokusgedeelte: 2 Timoteus 1:6, 7

Gees van krag en liefde en selfbeheersing

Om voort te bou op die positiewe geloofsagtergrond van die jong Timoteus herinner Paulus hom aan die genadegawe wat sy deel geword het met die simboliese handoplegging om aan te toon dat hy as dienskneg van God verkies is. Hy moet hierdie ampsgenade wat soos ’n kooltjie onder die as smeul, aan-blaas deur gebed, getuienis en dade van geloofsvertroue, sodat dit weer met ’n vlam kan brand. Die genadegawe bly nie vanself aan die lewe nie; dit moet gekoester en aangewakker word.

Timoteus was van nature vreesagtig en bangerig om iets ongewoon te doen. Paulus besef, al is hy in die gevangenis, is God nog in beheer. Daarom herinner hy Timoteus daaraan dat, in die plek van sy eie vreesagtigheid, God deur die Heilige Gees aan hom ’n gees van krag en liefde en selfbeheersing gegee het.

Iemand wat nie die gawes wat hy ontvang het, gebruik en ontwikkel nie, is soos ’n man wat ’n lamp ontvang het, maar laat doodgaan het, en nou sit hy met skuldgevoelens in die donker.

Met die Gees rus God vandag nog geroepe dienaars toe. Elke gelowige is deur die Heilige Gees tot priester, profeet en koning gesalf. Laat elkeen van ons dus ons gawes met ’n lus en ’n vreugde tot eer van God gebruik. Sing: Skrifberyming 15:2

Ds. Simon Hibbert (Koster)

Page 128: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

128

Woensdag 26 April Skrifgedeelte: Johannes 14:18-26 Fokusgedeelte: Johannes 14:26

Die Gees is die goeie Helper

Voor God staan ons altyd skuldig, ons oortree sy wil dag en nag. God se wet kla ons aan, die duiwel kla ons aan, ons gewete kla ons aan. Ons staan magteloos en radeloos voor die heilige God.

Is daar dalk iemand – Iemand – wat kan help, en op grond waarvan? Die Donderdagaand, kort voordat Jesus die nagmaal instel en kort voor sy kruisi-ging die Vrydag, verseker Hy sy dissipels (en ons) daarvan: Ja, daar is Iemand, die Heilige Gees, die Gees van God. Hy is julle groot Advokaat, julle Voorspraak, julle Helper, julle Parakleet (in Grieks). Die Gees sal God die Vader daarop wys dat Jesus vir ons sondes betaal het en ons vrygekoop het.

Die Gees doen nog meer – Hy is ook die groot Kategeet wat ons alles leer wat Jesus gedoen het, die diepte, die omvang en die reikwydte van Jesus se verlossingswerk. Die Gees leer ons van vergifnis en versoening en van die genadige heerskappy van die opgestane en lewende Here Jesus Christus.

Die Gees doen nóg meer, want Hy weet van ons vergeetagtigheid as mense. Die Gees herinner ons telkens aan wat Jesus gesê en gedoen het. As ons die Bybel lees of na ’n preek luister of nagmaal vier, dan herinner die Gees ons: Jesus Christus is Heiland en Here, Hy het alle mag in hemel en op aarde; Hy regeer vandag, oor die wêreld, oor Suid-Afrika, oor die kerk, oor my lewe, oor my hart.

Die Gees is die goeie Helper, die groot Kategeet, die altyd Herinneraar. Gló dit. Lééf dit. Sing: Skrifberyming 8-1:1-2

Prof. JH (Amie) van Wyk (Emeritus)

Page 129: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

129

Donderdag 27 April Skrifgedeelte: Johannes 14:15-17 Fokusgedeelte: Johannes 14:17

Die Heilige Gees is Gees van die waarheid

Jesus is besig met sy afskeidsgesprekke aan sy dissipels, sy kerk, en laaste gesprekke is altyd baie belangrike gesprekke. Hý gaan – en wat word dan van sy kerk? Wat word van al sy werk, sy preke, sy dade, sy wonders, ja, sy totale verlossingswerk?

Hy belowe aan sy kerk: Ek stuur vir julle ’n ander Helper en Voorspraak, die Heilige Gees, hier genoem die Gees van die waarheid.

Ons weet almal ons leef in twee wêrelde: die wêreld van die waarheid en die wêreld van die leuen. Die vader van die leuen is die owerste van die bose wêreld. Daar is egter ook ’n goeie wêreld, die wêreld van die waarheid, waarvan Jesus Christus die Hoof is en waar die Gees van God intree die moment as Jesus na die Vader opgevaar het.

Die Gees van die waarheid lei die kerk van Christus op die pad van die waarheid (16:13), dit wil sê op die pad van die Woord (17:17). Die Gees fokus nie op Homself nie, maar op Jesus Christus en op sy volle heilswerk (16:12-14). Pinksterfees wys op die gebeure by Paasfees!

Die bose wêreld kan nie die Gees van die waarheid ontvang nie, want hulle sien Hom nie en ken Hom nie. Die kerk van Christus ken Hom egter, want die Gees bly bý hulle, ja, ín hulle.

Wat ’n verrykende en vertroostende gedagte: die kerk, ook die kerk in Suid-Afrika, is op weg met die Gees bý elkeen, ja, ín elkeen. Ook by en in jou.

Onthou dit elke dag! Sing: Psalm 51:5 (1936)

Prof. JH (Amie) van Wyk (Emeritus)

Page 130: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

130

Vrydag 28 April

Skrifgedeelte: Romeine 8:12-17 Fokusgedeelte: Romeine 8:16

Die Gees van God getuig dat ons kinders van God is

Dit is vir mense belangrik hoe hulle getipeer word, veral op godsdienstige gebied. Baie is gesteld daarop om “gereformeerd” genoem te word – en inder-daad is dit ’n woord met ’n ryk betekenis. Ander verkies om “Christen” genoem te word, want so het die Christusgelowiges deur die eeue bekend geword (Hand. 11:26).

Paulus gebruik hier die mees beskrywende woord wat vir sodaniges ge-bruik kan word, naamlik “kind van God”. Dit is ’n tipering wat oorvloedig in sowel die Ou as Nuwe Testament gebruik word.

Paulus vervolg: ’n Kind van God mag God as Vader, Abba, aanspreek – ’n woord met dieselfde gevoelswaarde as ons woord Pappa. Dit getuig van diepe afhanklikheid van die Vader en van sy sorgvuldige sorgsaamheid teenoor sy kinders. In hierdie verband speel die persoon en werk van die Gees van God en van Jesus Christus ’n deurslaggewende rol. “Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.”

Die Gees van God maak nie van ons slawe wat in vrees vir hulle base lewe nie, maar kinders van ’n liefdevolle, sorgsame en verlossende Vader. En as jy kind is, dan volg daar nog méér, dan word jy ook ’n erfgenaam, ’n erfgenaam saam met Christus. Jy deel in die verlossingswerk en verheerliking van Chris-tus.

Kinders van God is dus Geesvervulde mense. Hulle laat hulle lewe nie be-heers deur hulle sondige natuur nie, maar maak ’n einde aan die sondige praktyke.

Leef jy as ’n Geesvervulde kind van God of as ’n bose geesvervulde slaaf van Satan? Sing: Skrifberyming 20:1, 4-7

Prof. JH (Amie) van Wyk (Emeritus)

Page 131: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

131

Saterdag 29 April Skrifgedeelte: Romeine 8:26-30 Fokusgedeelte: Romeine 8:26, 27

Die Gees tree vir ons in

Die gebed is ’n onmisbare deel van ons geloofslewe. Daarsonder ver-skrompel ons geloof en verdwyn ons hoop op die Groot Toekoms, die bevry-ding van die skepping aan die verganklikheid. Ons weet egter nie altyd hóé en wát ons moet bid nie. Is daar iemand wat kan help?

Ja, skryf Paulus, die Gees van God staan ons in ons swakhede by. Hy pleit vir ons met woordelose versugtinge. Dit beteken (hier) nie dat die Gees buite ons om vir ons bid nie, maar die Gees bid en deur ons harte. En hoe gelukkig is ons: Die Gees pleit volgens die wil van God vir ons! God weet ook wat die bedoeling van die Gees is!

Drie keer word daar in Romeine 8 van versugting gepraat: die skepping sug (vs 22), die kinders van God sug (vs 23) en hier: die Gees van God sug (vs 26). Die Gees vang as’t ware met sy versugtinge ons versugtinge op en lê dit aan die God van genade voor. Die Gees vertaal ons versugtinge só dat God verstaan wat ons bedoel as ons bid, naamlik dat ons reikhalsend op ons verlos-sing en op die nuwe skepping hoop. Christus het ons immers verlos en bevry van die sonde en dood, en niks kan ons meer van sy liefde en die liefde van God skei nie (vs 31-39).

Bid jy nog? Besef jy dat die Gees jou stamelende gebed aan God voorlê? Bid jy nog om die koms van die Groot Toekoms en die aanbreek van die ko-ninkryk van God? Sing: Skrifberyming 9-6:1, 4-7

Prof. JH (Amie) van Wyk (Emeritus)

Page 132: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

132

Sondag 30 April

Skrifgedeelte: Openbaring 22:6-21 Fokusgedeelte: Openbaring 22:17

“Die Gees en die bruid sê: Kom!”

Die uitnodiging “Kom!” hoor ons dikwels in die Bybel. Soms word dit aan mense in wanhoop en swaarkry gerig, soos in Jesaja 55:1 waar die profeet aan die mismoedige ballinge sê: “Kom, almal wat dors het, kom na die water toe …” Of soos in Matteus 11:28 waar Jesus aan diegene wat deur foutiewe wetsonderhouding neer-gedruk word, sê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” In Matteus 25:34 sê Hy aan die skape aan sy regterkant: “Kom, julle wat deur my Vader geseën is. Die koninkryk is van die begin van die skepping af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit.” Kom! Kom! Kom!

Daar is ook ’n tweede soort uitroep, nié waar die Here óns roep om te kom nie, maar waar ons Hóm roep om te kom. Waar die Gees en die bruid, die kerk, na Christus roep om te kom: Kom! Kom, Here Jesus! In Grieks: Marana ta! (1 Kor. 16:22) Kom gou! Want so het Hy belowe, tot drie maal in Open-baring 22 (vs 7, 12, 20).

Waarom? Hy moet gou kom, want sy vervolgde gemeente in Klein-Asië (vandag Turkye) is dors, dors vir lewende water, dors vir verlossing, dors vir die koms van die Verlosser. Hulle is moeg vir die donker nag van vervolging en kyk uit na die opkoms van die helder Môrester. Hulle hoop om met Christus verenig te word, om in die heerlikheid van God te deel, om beloon te word vir die goeie wat hulle in die lewe gedoen het, welwetend wat die genadeloon sal wees (vs 12). Die Gees en die gemeente roep “Kom!”, want hulle wag op die koms van die voltooide koninkryk van God, op die aanbreek van die nuwe hemel en die nuwe aarde waar álles nuut sal wees (21:5).

Is jy een van dié wat roep: Kom! – of swyg jy?

Sing: Skrifberyming 18-8:1-6 (melodie Ps. 100) Prof. JH (Amie) van Wyk (Emeritus)

Page 133: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

133

Page 134: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

134

Maandag 1 Mei Skrifgedeelte: Handelinge 2:29-36 Fokusgedeelte: Handelinge 2:33; HK Sondag 19, Vraag 51

Christus skenk ons hemelse gawes deur die Heilige Gees

Christus wat aan die regterhand van God sit en beklee is met alle mag in die hemel en op die aarde, is in staat om die rykdom van God se genadegawes in ons uit te stort. Hy het ook voor sy hemelvaart aan sy dissipels as verteen-woordigers van sy kerk belowe dat, as Hy na sy Vader toe gegaan het, Hy die Heilige Gees as Voorspraak aan hulle sou stuur (Joh. 16:13-15). Hierdie belof-tes het Hy op Pinksterdag vervul (Hand. 2:33). Die Heilige Gees is daarom die eerste en allergrootste gawe wat ons Koning aan ons skenk. Onmeetbaar is die Heilige Gees as gawe, omdat Hy terselfdertyd ook die gewer is, want deur Hom ontvang ons al die ander hemelse gawes wat die Vader en die Seun ons skenk.

Die wonderlikste gawe van die Heilige Gees is die evangelie. Christus het immers aan sy dissipels belowe: “Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh. 14:26). Christus het oor ’n tydperk van drie jaar in sy onderrig baie dinge aan sy dissipels gesê. Hy het ook in hulle teenwoordigheid baie dinge aan die mense gesê. Hulle was ook aan-skouers van die baie wonders wat Hy gedoen het.

Nou is dit te verstane dat die dissipels, wat gewone mense soos ons was, maklik aspekte en fyn besonderhede van Jesus se onderrig en wonders kon vergeet of onvolledig kan weergee. Dan sê Christus egter dat die Heilige Gees wat Hy na hulle sal stuur, sal sorg dat hulle nie sal vergeet wat Hy gedoen en gesê het nie. Hy sal hulle herinner aan alles wat Jesus gesê en gedoen het sodat hulle dit aan ander kon meedeel en kon neerskryf.

So het Jesus self deur die Heilige Gees gesorg dat ons tans vier weergawes van die evangelie het en dit ook kan ken. Dit is deel van die wonderlike he-melse gawes wat ons van Hom ontvang het. Verder verlig Christus deur sy Gees ook ons verstand om die evangelie reg te verstaan. Ook herinner Hy ons in krisisoomblikke aan uitsprake in sy Woord om ons te vertroos en te be-moedig.

Page 135: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

135

Daar is ook geestelike gawes wat Christus deur sy Gees aan die gelowiges gee om hulle bekwaam te maak vir hulle roeping in die kerk (1 Kor. 12, 14). Onder die gawes is daar mense soos apostels, profete, ampsdraers, herders en leraars wat die gelowiges as liggaam van Christus moet toerus en opbou (Ef. 4:10-12). Verder is daar nog die gawes van wedergeboorte en bekering, van geduld en volharding, van geloof, hoop en liefde. Selfs stoflike dinge soos kos, klere, huis en geld is hemelse gawes as ons met die oog van die geloof daarna kyk. Dit geld ook vir beproewings wat vir ons ten goede meewerk (Rom. 8:28).

Dank Christus vir al sy hemelse gawes!

Page 136: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

136

Dinsdag 2 Mei Skrifgedeelte: Handelinge 5:1-11 Fokusgedeelte: Handelinge 5:3, 4; HK Sondag 20, Vraag 53

Die Heilige Gees as God

Dieselfde God wat sy Seun as Middelaar en Verlosser aan ons gegee het, gee ook sy Heilige Gees aan sy kinders. So kom God self en woon in die midde van sy kerk en in die harte van sy kinders. Watter uitnemende gawe het God nie in sy Gees aan sy kerk gegee nie! Die Heilige Gees is immers nie maar net ’n heilige, goddelike krag soos die Jehovah-getuies beweer nie. Vol-gens die Skrif is Hy ’n Persoon, ’n Voorspraak, die derde Persoon in die goddelike Drie-eenheid en daarom self God. Die Heilige Skrif leer immers dat die Heilige Gees ’n wil (Hand. 13:2) en ’n bedoeling (Rom. 8:27) het, dat Hy ondersoek (Rom. 8:27), dat hy bid (Rom. 8:27), dat Hy bedroef gemaak kan word (Ef. 4:30), dat Hy gelaster (Matt. 12:31) en beledig (Heb. 10:29) kan word en dat teen Hom gesondig kan word (Matt. 12:31; 1 Joh. 5:16). In Rom 8:26, 27 skryf Paulus van die Heilige Gees die volgende: “Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê kan word nie. En God self, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.” Kan so iets van ’n blote krag gesê word? Kan ’n krag bid? Kan ’n krag ’n eie bedoeling hê? Kan ’n krag ’n Voorspraak genoem word? Dit is tog onmoontlik. Dit kan alleen van ’n werklike persoon gesê word. Daarom bely ons op grond van die Skrif dat die Heilige Gees nie maar net ’n krag is nie, maar ’n Persoon, en wel die derde Persoon in die goddelike Drie-eenheid. Dat die Heilige Gees self ook waarlik God is, is nie iets wat kerkmense uitgedink het nie. Die Skrif self leer dit baie duidelik. As Ananias volgens Handelinge 5 gesondig het, sê Petrus aan hom dat hy vir die Heilige Gees gelieg het en daarom nie vir mense gelieg het nie, maar vir God (Hand. 5:3, 4). Hier verklaar die Skrif self dat die Heilige Gees waarlik God is.

Nou kan ons sien hoe wonderlik die gawe is wat God in sy Gees aan ons geskenk het. Dit is vir ons eintlik onbegryplik. Om te dink dat die Heilige Gees, wat self God is, Hom tog laat gee en laat stuur en laat uitstort, ja, dat Hy in ons wil kom woon! As die koms van Christus na die aarde beteken: Im-manuel – God by ons, dan beteken die uitstorting van die Heilige Gees: God in ons.

Page 137: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

137

Woensdag 3 Mei

Skrifgedeelte: Johannes 14:15-26 Fokusgedeelte: Johannes 14:16, 17; HK Sondag 20, Vraag 53

Die Heilige Gees as Gawe

In die vorige dagstukkie (2 Mei) is reeds aangedui dat die Heilige Gees ’n gawe van God aan sy kinders is. Die vraag is: Presies van wie is die Heilige Gees ’n gawe? Die Skrif antwoord op die vraag: Die Heilige Gees is ’n gawe van die Vader en die Seun. Dat die Heilige Gees ’n gawe van die Vader is, blyk onder andere uit Johannes 14:16, 17 as Jesus sê: “Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by hulle te wees, naamlik die Gees van die waarheid.”

Die Heilige Gees is egter ook ’n gawe van God die Seun, want volgens Johannes 16:7 sê Jesus van die Heilige Gees: “Ek sal Hom na julle toe stuur.” In Galasiërs 4:6 word die Heilige Gees die Gees van God se Seun genoem. Die uitstorting van die Heilige Gees is dus sowel ’n daad van die Vader en van die Seun (Geloofsbelydenis van Nicea; NGB art. 8), In ’n sekere sin is dit die bekroning van Christus se werk as Messias. Die uitstorting van die Heilige Gees is eintlik die groot en omvattende gawe wat uit die verlossingswerk van Christus voortvloei.

Aan wie is die Heilige Gees egter gegee? Uit die gebeure op Pinkster is dit duidelik dat Hy gegee is aan die gelowiges wat in Jerusalem bymekaar was en op die vervulling van die belofte van Christus gewag het. Die Gees het dus na die Nuwe-Testamentiese kerk van die Here gekom. Hulle het die gawe van die Heilige Gees verstaan en dit ook met groot blydskap ontvang (Hand. 2:14-36). Die ongelowiges het dit nie verstaan nie (Hand. 2:13). Dit is te verstane, want Christus het gesê dat die wêreld die Heilige Gees nie kan ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en nie ken nie (Joh. 14:17).

Ons belydenis laat ons egter verstaan dat ons hier ook met ’n intiem-persoonlike saak te doen het as hy sê: “Hy is ook aan my gegee.” Ook aan my! Hierdie belydenis mag ons nooit loslaat nie. Ons moet ons inspan en bid om daartoe te kom om met oortuiging te kan bely: Die Heilige Gees is ook aan my gegee. Die Gees woon in die midde van die gemeente, maar Hy woon ook in die hart van elke gelowige.

As ons die stil, verborge werking van die Gees in ons lewens ervaar, as

Page 138: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

138

daar by ons berou is oor ons sonde en ons verlang na die versoening in Christus, as die blydskap van die geloof in ons harte opkom of ’n onver-klaarbare krag en troos in donker dae – dan kan ons weet dat dit alles die werk van die Heilige Gees is, wat die Here aan ons geskenk het om ons te troos en altyd by ons te bly.

Page 139: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

139

Donderdag 4 Mei Skrifgedeelte: Johannes 16:5-15 Fokusgedeelte: Johannes 16:14; HK Sondag 20, Antwoord 53

Die Heilige Gees as Gewer

Die Heilige Gees is nie net ’n gawe van God nie, maar omdat Hy self waarlik God is, is Hy ook ’n gewer. Saam met ons Kategismus bely ons hier: “Hy is ook aan my gegee om my deur ’n ware geloof aan Christus en al sy weldade deel te laat kry ...” In hierdie woorde leer ons die Heilige Gees as gewer ken. Die Heilige Gees laat ons deel in al die weldade wat Christus vir ons verwerf het. Daarna word gewoonlik verwys met die term: die heilsorde. Dit sluit die volgende gawes en weldade in: roeping, weergeboorte, geloof, be-kering, regverdiging, heiliging, volharding en verheerliking. In die Kategis-mus is daar net sprake van geloof. Ons moet dit egter so verstaan dat die woord geloof hier al die ander genoemde gawes van die Heilige Gees insluit.

Die Heilige Gees gee aan ons ’n ware geloof en Hy doen dit deur die ver-kondiging van die Woord (1 Pet. 1:23-25). Dat die Heilige Gees die geloof in ons tot stand bring deur die verkondiging van die Woord, is ook heeltemaal verstaanbaar, want die Bybel is mos die boek van die Heilige Gees (2 Tim. 3:16, 17). Hy is self die eintlike skrywer daarvan, al is die letters deur die hande van mense opgeteken. Die Heilige Gees bring egter nie net die geloof in ons deur die Woord tot stand nie. Deur dieselfde Woord versterk die Heilige Gees ook ons geloof. Hy versterk dit verder deur die sakramente.

Wat is egter die grootste gawe wat die Heilige Gees ons skenk? Dit is Jesus Christus! Ons Kategismus sê immers dat Hy ons aan Christus en al sy weldade deel laat kry. Die doopsformulier sê dat die Heilige Gees ons tot lidmate van Christus wil heilig deur tot ons eiendom te maak wat ons in Christus het. Hy het self ook van die Heilige Gees gesê: “Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig” (Joh. 16:14). Ons moet goed onthou dat Christus en al sy weldade vir ons niks sou beteken het as die Heilige Gees dit nie aan ons gegee en tot ons eiendom gemaak het nie. As die Heilige Gees my nie in Christus en my verlossing deur Hom laat glo het nie, sou Christus vir my geen betekenis gehad het nie.

Hoe wonderlik is die werk van God tog nie! Dit is Jesus Christus wat die Heilige Gees aan my gee, en dit is die Heilige Gees wat Christus en al sy weldade aan my gee! Hoe kan ons God ooit genoeg dank vir sy genade!?

Page 140: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

140

Vrydag 5 Mei Skrifgedeelte: Johannes 15:18-27 Fokusgedeelte: Johannes 15:26; HK Sondag 20, Antwoord 53

Die Heilige Gees troos ons

In bogenoemde uitspraak van Christus (Joh. 15:26) bevestig Hy dat as die Heilige Gees kom, Hy Hom (Christus) as Verlosser sal verkondig en ons so aan Hom sal bind. Hierdie uitspraak is vir ons van besondere betekenis as ons belydenis sê dat die Heilige Gees ons troos. Dit kom trouens daarop neer dat as die Heilige Gees ons troos, Hy dit nie doen met mooiklinkende woorde en uitdrukkings nie. Nee, as die Heilige Gees ons troos, dan troos Hy ons met Christus.

• As ek droefheid oor die dood van ’n dierbare ervaar, dan is dit die Heilige Gees wat my troos deur my te verseker dat Christus die dood oorwin het (1 Kor. 15:20, 55-57).

• As ek platgeslaan word deur die harde slae van die lewe en die aanvegting van Satan, dan help die Gees my weer deur my daaraan te herinner dat Christus die wêreld en Satan oorwin het (Joh. 16:33; Rom. 8:37).

• As my dierbares nie meer daar is nie en ek nou alleen my pad deur die lewe moet vind, dan is dit die Gees wat my verseker dat Christus volgens sy belofte ook by my sal wees al die dae van my lewe (Matt. 28:20).

• As die een skok na die ander my tref en dit vir my voel of God my verlaat het, dan is dit die Gees van God wat saam met my gees getuig dat ek om Christus ontwil ’n kind van God en ’n erfgenaam van die ewige lewe is (Rom. 8:16, 17).

• So vertroos die Heilige Gees ons deur Christus en al sy weldade aan ons voor te hou (Gal 3:14). Dit is belangrik om daarop te let dat ons belydenis sê dat die Heilige Gees

tot in ewigheid by ons bly. Dit stem ooreen met die versekering wat Christus self aan ons gegee het toe Hy gesê het: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak gee om vir ewig by julle te wees” (Joh. 14:16). Dit beteken dat ons die ryk vertroosting wat die Heilige Gees ons bied, vir altyd besit. Selfs as ons nie daarvan bewus is nie, is die Heilige Gees nog by ons en in ons harte.

Daar kom soms dae van sonde en geestelike dorheid in ons lewe. Dit

Page 141: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

141

gebeur as ons die Heilige Gees bedroef en Hy Hom van ons terugtrek. Op sy tyd sit Hy egter sy heiligende werk in ons weer voort So kom daar ná insin-king weer oplewing, want die Heilige Gees gaan nooit weg van die kinders van God nie. Dan ervaar ons in ons eie lewe opnuut weer die heerlike werking van die Heilige Gees as gawe van God.

Page 142: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

142

Saterdag 6 Mei Skrifgedeelte: Titus 2:11-15 Fokusgedeelte: Titus 2:14; HK Sondag 21, Vraag 54

Die Christelike kerk

Wat is die Christelike kerk volgens Skrif en belydenis? In die Kategismus word van die kerk die volgende gesê: “Dat die Seun van God vir Hom ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord vergader, beskerm en onderhou.” In die NGB (art. 27) word die kerk genoem “’n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo”. In werklikheid kom hierdie twee uitsprake op dieselfde neer. In die Kategismus val die klem op die kerk soos dit by God bekend is, terwyl die NGB weer die nadruk laat val op die kerk soos hy hom openbaar, naamlik as ’n vergadering van mense wat waarlik in Christus glo. Op die vraag wat die kerk is, kan ons dus antwoord dat dit ’n vergadering van gelowiges is. Dit geld van al die verskillende gestaltes van die kerk. Of daar gepraat word van die kerk van alle tye, of van die kerk in ’n bepaalde land of van die plaaslike kerk – in alle gevalle is dit ’n vergadering van gelowiges. Slegs die wyse waarop die vergadering tot openbaring kom, verskil. Uit die Skrif is dit duidelik dat Christus die kerk vergader. Die kerk het sy oorsprong by Hom. Daarom praat ons ook tereg van die Christelike kerk of van die kerk van die Here. Dat dit Christus is wat sy kerk vergader, blyk ook uit die brief van Paulus aan Titus (2:14). Hy sê dat Christus Homself vir ons as offer gegee het om ons van ons sondes te reinig sodat ons sy eie volk kan wees. Christus beklemtoon ook dat dit Hy is wat sy kerk vergader as Hy volgens Matteus 16:18 verklaar dat dit Hy self is wat sy gemeente bou op die rots van die belydenis dat Hy die Christus is. Omdat die kerk sy stigting is, moet elke gedagte dat die kerk ’n menslike organisasie is, radikaal verwerp word.

Hoe vergader Christus sy kerk? Hy doen dit deur sy Gees en Woord. Die Woord van God moet in die kerk en deur die kerk verkondig word. Dit is die hooftaak van die kerk. Deur sy Gees berei die Here die akkers van ons harte voor dat dit vir die saad van die Woord ontvanklik is. Dit is ook die Gees wat die saad van die Woord inplant in ons harte sodat ons tot geloof kom en vrugte van geloof voortbring. Deur sy Woord en Gees kan die Here klipharde harte oopskeur, maar ook geskeurde harte genees. Dan word dit egter so gedoen dat ons altyd by die kruis van Christus op Golgota tereg kom.

Page 143: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

143

Sondag 7 Mei

Skrifgedeelte: Efesiërs 4:1-12 Fokusgedeelte: Efesiërs 4:4-6; HK Sondag 21, Vraag 54

Die eenheid van die kerk

Die eenheid as eienskap van die Christelike kerk word nie uitdruklik in Vraag 54 van die Kategismus genoem nie, maar word tog baie duidelik veron-derstel. Dit blyk daaruit dat daar in die enkelvoud van kerk gepraat word. Ook in die antwooord word na gemeente in die enkelvoud verwys.

Verder word gesê dat Christus sy gemeente vergader “in die eenheid van die ware geloof”. As ons rondom ons kyk, sien ons baie kerke, en dan lyk dit nie of daar sprake van ’n eenheid van die kerk kan wees nieDit gaan hier egter nie oor wat ons rondom ons sien en ervaar nie, maar oor wat ons in die geloof op grond van die Skrif van die kerk bely. Ons bely nie maar net dat die kerk één behoort te wees nie, maar dat dit eie is aan die kerk om een te wees. Daarmee word bedoel dat almal van alle tale, tye en plekke wat waarlik in die Drie-enige God glo, één kerk is. Dit blyk baie duidelik uit Skrifgedeeltes soos Johannes 17, Handelinge 2:41-47, 1 Korintiërs 1:2, 12:4-27 en Efesiërs 4:1-6. Dit gaan oor die kerk as een liggaam van Christus. Hy is die Hoof van die kerk, en wie deur die geloof aan Hom verbonde is, is ook deur liefde tot ’n eenheid aan mekaar verbonde. Dit blyk duidelik as Paulus in Efesiërs 4:4-6 met die oog op die kerk sê: Dit is één liggaam en één Gees, één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal.

As die kerk van Christus na sy wese een is, waarom is daar so baie kerk-groeperings (denominasies) wat van mekaar verskil? By die stel van hierdie vraag moet ons ons koppe in skaamte laat sak, want dit is weens ons sondes en sondigheid dat die kerk in sy aardse openbaring so verskeur daar uitsien. Dit is ons roeping om die verskille tussen kerke uit te wis en ware eenheid na te streef. Ons moet die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe (Ef. 4:3).

Tog, aan die ander kant, mag ons in ons strewe na eenheid tussen verskil-lende kerke nooit iets van die waarheid van die Woord prysgee nie. Dit moet ’n eenheid op grond van die waarheid wees (Joh. 17:17, 19) en nie ten koste van die waarheid nie.

Daarom moet daar deeglik onderskei word tussen verskille wat op die

Page 144: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

144

Woord van God gegrond is en minder ernstige verskille wat byvoorbeeld bloot kultureel van aard is. Steeds moet al die kerke daarna streef om “wêreldwyd, in Christus een” te wees (SB 27:4).

Page 145: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

145

Maandag 8 Mei Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 1:1-9 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 1:1, 2; HK Sondag 21, Vraag 54

Die heiligheid van die kerk

’n Ander kenmerk van die kerk is sy heiligheid. Heilig beteken volgens woordeboeke: volmaak, sonder sonde, vroom en rein. Geen kerk of selfs enige enkele lidmaat kan op sigself in waarheid met een van die woorde beskryf word nie. Trouens, in een van die woordeboeke kom die sin voor: “Hulle is nie almal heilig wat baie kerk toe gaan nie.”

As daar egter in die Skrif van die heiligheid van die kerk gepraat word, word daarmee nie bedoel dat gelowiges in hulleself sonder sonde is nie, maar dat die heiligheid wat Christus vir hulle verwerf het, deur God aan hulle geskenk word. Ons sien dit baie duidelik in 1 Korintiërs. Paulus begin sy brief deur die lesers in Korinte “geheiligdes in Christus” en “geroepe heiliges” te noem. In die res van sy brief toon hy dat gruwelike sondes in die kerk voorge-kom het, naamlik verdeeldheid, hoogmoed, owerspel, bloedskande, wanorde, liefdeloosheid en dergelike sake. Ondanks al die onheilighede noem Paulus hulle egter tog “heiliges”. Dit toon dat hy met heilig iets meer bedoel as die gesindheid van mense.

Met die heiligheid van die kerk word nie primêr bedoel wat mense is en doen nie, maar wat die Drie-enige God vir hulle en aan hulle doen. Volgens die Skrif is die heiligheid van die kerk te danke eerstens aan God se uitver-kiesing van en verbond met sy volk, tweedens aan die soenverdienste van Christus en die verlossing van sonde wat Hy bewerk het, en derdens aan die heiligende werking van die Heilige Gees (1 Pet. 1:2; 2:9, 10; Ef. 2:20, 21; 5:25-27). Op hierdie wyse het God van sy volk ’n heilige kerk gemaak, ’n tempel van God wat heilig is (1 Kor. 3:17).

Hierdie saak het egter ook ’n ander kant. Die feit dat God uit genade van gelowiges heiliges gemaak het, plaas nou op hulle die gewigtige roeping om daadwerklik alle sonde te vermy en soos heiliges volgens die wil van God te lewe. Hulle moet dus al hoe meer word wat hulle in beginsel deur God se ge-nade reeds is. Petrus skryf aan die gelowiges: “Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan geskrywe: ‘Wees heilig, want Ek is heilig’” (1 Pet. 1:14-16).

Die gelowiges moet dus deur hulle optrede toon dat hoewel hulle in die

Page 146: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

146

wêreld is, hulle nie van die wêreld is nie (Joh. 17:14-17). As hulle dit nie doen nie, word hulle wêreldgelykvormig en verloën hulle die heiligheid wat hulle in Christus het (vgl. Rom. 12:2). Dan gaan daar ook geen getuienis tot eer van God van hulle uit nie.

Page 147: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

147

Dinsdag 9 Mei

Skrifgedeelte: Handelinge 2:1-13 Fokusgedeelte: Handelinge 2:11; HK Sondag 21, Vraag 54

Die algemeenheid van die kerk

Die woord algemeen as eienskap van die kerk wil dieselfde sê as die woord katoliek wat oorspronklik gebruik is. Dit dui op die ware kerk van die Here van alle tye, ongeag skeidings tussen mense deur ras, stand, taal of woonplek. As iemand waarlik in Christus glo en die Drie-enige God van harte dien, behoort hy/sy tot die algemene kerk.

Die vervanging van die woord katoliek met algemeen was nie ’n goeie keuse nie. Die woord katoliek sien nie net op die kerk wêreldwyd nie, maar ook daarop dat in die kerk aan die een evangelie van Christus vasgehou word en dat almal hulle volle saligheid van Christus verwag. Die woord algemeen, veral ná die Reformasie, dui eintlik net op die universele kerk van alle tye in geografiese sin, hoewel die vashou aan die een evangelie en die verlossing deur Christus wel veronderstel word. Die woord algemeen is waarskynlik gekies om ’n duidelike onderskeid met die Rooms-Katolieke kerk aan te dui. Dit is jammer dat die woord katoliek met sy omvattender betekenis nie behou is nie. Dit moet duidelik gestel word dat die Rooms-Katolieke Kerk in werk-likheid geen reg het op die woord katoliek in hulle naam nie, omdat dié kerk nie alle gelowiges insluit nie.

Uit die Skrif is dit duidelik dat die Christelike kerk algemeen is, omdat dit ’n wêreldwye omvang, roeping en bestemming het. In die bekende Johannes 3:16 word gesê: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het ...” Dit toon duidelik dat God se liefde deur die sending van sy Seun die hele wêreld tot voorwerp gehad het. Die boodskap van die kerk is ook bestem vir almal in die wêreld, want Christus het aan sy dissipels as verteen-woordigers van sy kerk gesê: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels ...” (Matt. 28:19).

Op Pinksterdag word die wêreldwye gerigtheid van die kerk duidelik ge-openbaar as die evangelie aan mense uit verskeie lande en volke verkondig word. Petrus toon ook in sy preek aan dat dit wat gebeur het, ’n vervulling is van die profesie van Joël deur wie God gesê het: “Ek sal my Gees uitstort op alle mense ...” (Hand. 2:17).

Paulus het op baie plekke waar hy gekom het ’n heftige stryd gevoer teen

Page 148: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

148

die Joodse eksklusiwiteit, wat beteken het dat slegs Jode en hulle aanhangers lidmate van die kerk van Christus kan wees (Gal. 3:2-5). Paulus stel dit baie duidelik: “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is hulle almal één” (Gal. 3:28; vgl ook 1 Kor. 12:13; Ef. 2:14-16; Kol. 3:11).

Page 149: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

149

Woensdag 10 Mei Skrifgedeelte: Johannes 20:19-31 Fokusgedeelte: Johannes 20:28; HK Sondag 21, Vraag 54 (vgl. Belydenis van Nicea)

Die apostolisiteit van die kerk

Die apostolisiteit as kenmerk van die kerk word uitdruklik in die Belydenis van Nicea genoem, maar nie in die Apostoliese Geloofsbelydenis nie en derhalwe ook nie in die Kategismus nie.

Dit kom tog indirek wel ter sprake in die Kategismus, omdat die belydenis wat behandel word van die vroegste tye af in die kerk die Apostoliese Geloofs-belydenis genoem word. Daarmee word nie bedoel dat die belydenis deur die apostels opgestel is nie, maar dat sy oorsprong teruggaan tot die tyd van die apostels en dat die inhoud van die artikels – ook die een oor die kerk – ooreen-stem met die leer van die apostels. Daarom kan dan ook bely word dat die kerk ’n apostoliese kerk is.

Met die apostolisiteit van die kerk word dan bedoel dat daar ’n besondere verhouding is tussen die kerk en dit wat die apostels ervaar, gedoen en geleer het (vgl. Matt. 16:18; Ef. 2:20; Op. 21:14). Ons moet immers in gedagte hou dat die apostels ’n unieke plek in die kerk inneem, omdat hulle oor- en ooggetuies was van wat God in en deur Christus gedoen het. Hulle was getuies nie net van alles wat Christus oor ’n tydperk van drie jaar gedoen en geleer het nie, maar in die besonder van die groot en ingrypende gebeurtenisse soos die lyding en sterwe van Christus aan die kruis, sy opstanding uit die dood en sy verskynings daarna, sy hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Die apostels het verder nie net van Christus die magtiging ontvang om sy verteen-woordigers en getuies te wees nie (Matt. 28:18), maar Hy het ook belowe dat Hy hulle deur sy Heilige Gees in staat sou stel om dit goed en reg te kan doen (Joh. 15:26; Hand. 1:8).

In dié verband is dit van besondere belang om daarop te let dat Christus doelbewus gesorg het dat daar eenstemmigheid in die leer van die apostels was. Dit sien ons veral in sy optrede teenoor Tomas wat nie wou glo dat Hy uit die dood opgestaan het nie. As Tomas nie van sy ongeloof verlos is nie, sou die prediking van die apostels ’n innerlike teenstrydigheid vertoon het: dié wat sê dat Jesus uit die dood opgestaan het en dié wat soos Tomas dit ontken het. Een ding sou immers dan vasgestaan het: van die 12 apostels as

Page 150: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

150

grondleggers van die kerk sou daar geen eenstemmige getuienis oor Christus se opstanding uit die dood uitgegaan het nie. Dan sou Christene altyd daaroor in twyfel kon verkeer. Daarom moes Tomas gebring word tot die belydenis: “My Here en my God!” Daardeur is die apostolisiteit van die kerk verseker. Nou kan ook ons met sekerheid glo dat Christus die dood oorwin het.

Page 151: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

151

Donderdag 11 Mei Skrifgedeelte: Efesiërs 4:7-16 Fokusgedeelte: Efesiërs 4:11; HK Sondag 21, Vraag 54

Die instandhouding van die kerk

Dat Christus sy kerk vergader en beskerm, is reeds behandel. Hier word slegs aandag gegee aan die feit dat Hy sy kerk onderhou of in stand hou. Christus doen dit deur sy Woord en Gees, maar dan ook deur die optrede van die ampsdraers wat Hy aan die kerk gee. Daarop vestig Paulus die aandag as hy in Efesiërs 4:11 sê: “En dit is die ‘gawes’ wat Hy ‘gegee het’: apostels, profete en evangeliste, en herders en leraars.” Paulus noem eers die buitengewone ampte wat daar in die beginjare van die kerk van die Here was, naamlik die apostels, profete en evangeliste. Met die vestiging van die kerk het die gewone ampte van herders en leraars, ouderlinge en diakens egter die werk van die buitengewone ampsdraers oorgeneem. Hierdie ampsdraers moet deur organisasie, die reël van byeenkomste, die oprigting van geboue en dergelike sake die geleentheid skep sodat die Woord van God verkondig kan word, want daarin bestaan die eintlike instandhouding van die kerk (2 Tim. 4:1-4). Paulus stel dit baie duidelik dat die ampsdraers gawes van die Here is en deur Hom geroep en aangestel is om in sy gemeente te werk. ’n Mens dink hier ook aan die woorde van Christus toe Hy aan sy dissipels gesê het: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh. 20:21). Die ampsdraers moet as gawes en gesante van Jesus Christus gesien word.

Die hooftaak van die ampsdraers is die verkondiging van Jesus Christus as Verlosser. In aansluiting daarby sê Paulus aan die Efesiërs (4:12) dat die ampsdraers ’n tweevoudige taak het: eerstens om die gelowiges toe te rus vir die diens wat hulle moet verrig, en tweedens om die liggaam van Christus op te bou. Dit beteken dat die gelowiges opgebou en toegerus moet word om op ’n behoorlike wyse diens te kan verrig in die koninkryk van God as profete, priesters en konings. Om dit te kan doen, moet hulle God ken uit sy Woord. Hulle moet groei in geloof, hoop en liefde en die ampsdraers moet hulle daarin lei en help. Paulus toon ook aan wat die doel van hierdie instandhouding deur opbouing en toerusting is. Daardeur moet hulle sorg dat die lidmate geestelik volwasse mense in Christus is en standvastig in die geloof is. So sal hulle “in liefde by die waarheid bly en in alle opsigte groei na Christus toe” (Ef. 4:13-15).

Page 152: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

152

Vrydag 12 Mei Skrifgedeelte: Johannes 15:1-8 Fokusgedeelte: Johannes 15:5; HK Sondag 21, Vraag 54

Lewende lede van die kerk

Die Here eis van die gelowiges om lewende lede van sy kerk te wees sodat elkeen sy roeping kan vervul en sy ondersteuning kan gee in die kerk (Ef. 4:16; vgl Op. 2:2, 3, 19).

Wanneer is ons egter lewende lede van die kerk? Christus sê: Wanneer ons soos lote aan die wingerdstok is wat vrugte dra, maar dan vrugte van geloof en die negevoudige vrug van die Heilige Gees (Gal. 5:22, 23). God se genade moet dus in ons lewens gestalte kry en in duidelik aanwysbare vrugte tot openbaring kom.

Nou is die vraag: Hoe kom ’n mens daartoe om hierdie vrugte te dra en so te toon dat jy ’n lewende lid van die kerk is? Ons Here Jesus antwoord daarop deur te sê dat ons in voortdurende gemeenskap met Hom moet lewe soos die lote met die wingerdstok. Dit is ’n bekende en baie sprekende beeld: Christus is die wingerdstok en ons die lote. Soos die lote vir hulle lewe en taak om vrugte, druiwetrosse te dra ten volle op die wingerdstok aangewese is, so is ons ten volle op Christus aangewese. Sonder Hom kan ons geen lewende lede van sy kerk wees nie en geen vrugte van geloof en bekering voortbring nie.

Aan die ander kant, soos die krag en die werking van die wingerdstok tot openbaring kom in die vrugte wat die lote dra, so moet die krag van Christus en die werking van sy Gees in ons lewens tot openbaring kom in die vrugte van die geloof en die vrug van die Heilige Gees. Dit beteken dat as ons hierdie vrugte wil voortbring, ons as lewende lede van sy kerk in voortdurende intieme gemeenskap en kommunikasie met Christus moet lewe (Joh. 15:4).

As ons so in gemeenskap met Christus lewe, dan laat Hy sy Heilige Gees ook kragtig in ons werk sodat ons steeds meer die beeld van Christus sal vertoon. • Dit sal vir ons nie swaar wees om ons naaste wat teen ons oortree het, te

vergewe nie as ons self gedurig onder die indruk is van die vergewende liefde wat Christus teenoor ons geopenbaar het.

• Dit sal vir ons nie moeilik wees om offers in die diens van God en ons naaste te bring nie, as die groot offer van Christus om ons ontwil vir ons ’n

Page 153: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

153

aangrypende werklikheid is. • Dit sal vir ons nie te veel gevra wees om die minste te wees nie – al het ons

die reg aan ons kant – as ons lewe uit die gelowige wete dat die heilige God wat ten volle die reg aan sy kant gehad het, tog in Christus die minste geword het en neergedaal het om ons te red.

Page 154: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

154

Saterdag 13 Mei Skrifgedeelte: Kolossense 1:15-20 Fokusgedeelte: Kolossense 1:18; HK Sondag 21, Vraag 55

Die gemeenskap van die heiliges

Die belydenis van die heilige, algemene, Christelike kerk en die gemeen-skap van die heiliges vorm saam in die Apostoliese Geloofsbelydenis net een artikel. Die gemeenskap van die heiliges is in ’n sekere sin die binnekant, die intieme lewe van die kerk. Verder is die heiliges nie mense sonder sonde nie, maar sondaars wat in die bloed van Christus gewas is en deur die Heilige Gees geheilig is.

Die gemeenskap van die heiliges word soms eensydig verstaan asof dit alleen beteken dat ons na mekaar se geestelike en stoflike belange moet om-sien. Nou is dit wel iets wat daaronder verstaan moet word, maar eers in die tweede plek. In die eerste plek moet ons daaronder verstaan dat die gelowiges met Christus gemeenskap het en aan al sy skatte en gawes deel kry. Die gemeenskap van die heiliges as band tussen gelowiges kan alleen bestaan as ons waarlik deur die geloof aan Christus gebind is. Daar kan alleen ’n gemeenskap tussen gelowiges wees as ons werklik gelowiges in Christus is. In hierdie verband is Paulus se uitspraak dat Christus die hoof van die kerk as sy liggaam is (Kol. 1:18; vgl. 1 Kor. 12:27), baie belangrik. As die onderskeie lede van die liggaam nie aan die kop verbind is nie, kan hulle ook vir mekaar niks beteken nie. Dit geld ook vir die kerk as die lidmate nie werklik deur die geloof aan Christus as hoof verbind is nie.

Daar word dikwels gekla dat die gemeenskap van die heiliges, in die sin van die gelowiges se verhouding tot mekaar, nie tot sy reg kom nie. En in baie gevalle is die klag gegrond. Die vraag is egter of ons die fout op die regte plek soek. Ons sê dan aan lidmate: Stel belang in mekaar; gee om vir mekaar; deel in mekaar se vreugde en smart. Maar is dit nie net “lapwerk” waarmee ons probeer om die saak aan die buitekant reg te stel en mooi te hou, terwyl dit aan die binnekant nie reg is nie? Christus sê: “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” (Joh. 13:35). In hulle liefde vir mekaar sal geopenbaar word dat hulle aan Christus behoort. As hulle nie deur die geloof aan Christus gebind is nie, kan daar ook geen ware Christelike liefde teenoor mekaar wees nie – al sou hulle ook hulpvaardig en vriendelik teenoor mekaar wees.

Page 155: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

155

Dit moet ons weet: As ons liefdes- en geloofsgemeenskap met Christus kwyn, sal ons liefdes- en geloofsgemeenskap met mekaar ook kwyn.

Page 156: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

156

Sondag 14 Mei Skrifgedeelte: 1 Johannes 1:1-4 Fokusgedeelte: 1 Johannes 1:3; HK Sondag 21, Antwoord 55

Die gemeenskap met Christus

Op verskillende plekke in die Skrif word aan ons voorgehou dat die gelo-wiges ’n besondere band met Christus het en hoe dit funksioneer. In Johannes 15 word dit verduidelik met die band tussen die wingerdstok en die lote. In 1 Korintiërs 12 word dit weer met die band tussen die verskillende liggaamsdele en die kop vergelyk. In 1 Johannes 1:3 sê Johannes dat ons gemeenskap met mekaar in ons gemeenskap met die Vader deur Christus veranker is. In die gemeenskap met Christus kry die gelowiges hulle krag. Hy is die bron van ons geloof, hoop en liefde.

Die gemeenskap met Christus is wel iets wat ons uit genade besit, maar aan die ander kant is dit ook weer iets wat bo alles gesoek moet word. Dit is wat Paulus bedoel as hy aan Timoteus skryf: “Oefen jou om in toewyding aan God te lewe” (1 Tim. 4:7). Gedurig moet ons kontak soek met Hom, die kragbron van ons lewe. Uit Hom ontvang die hele kerk as sy liggaam sy goddelike groeikrag (Kol. 2:19). Hierdie gemeenskapsoefening met Christus is egter nie iets geheimsinnig nie. Dit bestaan gewoon daarin dat ons gesprek voer met Christus. Ons praat met Hom in ons gebede en Hy praat met ons deur sy Woord. As ons met ons sorge en probleme na Hom toe gaan in die gebed, antwoord Hy ons deur sy Woord – tuis of in die kerk of deur ’n sinsnede uit die Bybel wat die Heilige Gees op die regte tyd in ons gedagtes laat opkom. Deur sy Woord vertroos en versterk Hy ons. So word deur ons gebede en sy antwoorde die gemeenskap met Christus beoefen. Daarom is dit ons roeping om hierdie gemeenskap met Christus voortdurend te beoefen: ons moet volhardend bid; ons moet die Skrif ondersoek en leer ken, ons moet eredienste gereeld bywoon. Die Kategismus gaan egter verder en sê dat ons nie net met Christus gemeenskap het nie, maar dat ons ook aan al sy skatte en gawes deel het. Watter wonderlike skatte en gawes is dit nie! Dink daaroor na: die verge-wing van sondes; die verlossing van die ewige straf; die troosvolle werking van die Heilige Gees. Wie sal ooit die rykdom van al hierdie skatte en gawes kan bepaal? Tog kry ons dit verniet – as ons deur die geloof aan Christus gebind is. Dit is hierdie gemeenskaplike band met Christus en al sy skatte en gawes wat die gelowiges aan mekaar bind.

Page 157: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

157

Maandag 15 Mei Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:12-31 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:21; HK Sondag 21, Antwoord 55

Die gemeenskap met mekaar

Oor hierdie deel van die gemeensksap van die heiliges handel die Kategis-mus in die tweede deel van die antwoord soos hierbo aangedui. Wat hier bedoel word, sien ons ook in 1 Korintiërs 12:12-31. Elke lid van die liggaam het die ander lede nodig. As ons in gedagte hou dat Paulus hier praat oor die liggaam van Christus, die kerk, die gemeenskap van die heiliges, dan beteken dit dat die gelowiges mekaar se oë, voete en hande moet wees in die lewe van elke dag. Daarom moet ons daarop let dat ons belydenis sê dat ons verplig (skuldig) is om ons gawes tot nut en saligheid van ander aan te wend. Dit is ons skuldige plig teenoor mekaar. Nalatigheid hiervan is ’n ernstige oortreding in die oë van die Here. Ons lees immers dat Christus op die oordeelsdag aan die mense aan sy linkerkant sal sê: Ek was honger en julle het nie vir My iets gegee om te eet nie. Ek was dors en julle het nie vir My iets gegee om te drink nie. Ek was siek en julle het My nie besoek nie ... Vir sover julle dit nie aan een van die geringste van my broers gedoen het nie, het julle dit ook nie aan My gedoen nie (Matt. 25:31-46). Ons moet onthou: Al die gawes wat ons het, of dit geestelik, liggaamlik of stoflik is, het ons van die Here ontvang. Die Here het dit nie aan ons gegee om daarmee te spog nie – of die ander uiterste: om dit te begrawe nie. Nee, Hy het dit aan ons gegee om dit te gebruik tot sy eer en tot nut en saligheid van ons medegelowiges. Die gemeenskap van die heiliges is immers op liefde gebaseer – liefde tot God en liefde tot ons naaste. Nou is dit kenmerkend van ware liefde dat dit altyd wil gee. Paulus sê dan ook in 1 Korintiërs 13:5: “Die liefde ... soek nie sy eie belang nie.” Daarom ver-maan hy in Filippense 2:4: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander.” Ons belydenis sê verder dat ons ons gawes tot nut en saligheid van ander moet aanwend. Met die twee woorde word nie dieselfde bedoel nie. Die woord nut sien meer op die stoflike sy van die lewe, en die woord saligheid op die geestelike sy daarvan. Hieruit is dit duidelik dat ons die gawes wat ons ontvang het, met die oog op die aardse lewe en die ewige lewe van veral ons medegelowiges moet aanwend. Boonop moet ons dit gewillig en met vreugde doen.

Page 158: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

158

Dinsdag 16 Mei Skrifgedeelte: Matteus 15:1-9 Fokusgedeelte: Matteus 15:8; HK Sondag 21, Vraag 56

Sê die vergewing van sondes nog iets vir ons?

’n Preek of ’n dagstukkie oor die vergewing van sondes word miskien deur sommige met ’n mate van teleurstelling begroet. Nie omdat die vergewing van sondes nie van geweldige belang is en ook vir elkeen persoonlik ’n aangry-pende betekenis het nie – beslis nie! – maar omdat ons hier te doen het met ’n onderwerp waarvan ons dink dat ons teen hierdie tyd darem alles weet. Ons weet mos dat ons almal sondaars is.

Verder weet ons dat ons volle vergifnis alleen in die soenverdienste van Jesus Christus kan vind. Ons weet selfs dat die vergewing van sondes die hartaar van die evangelie is. Paulus sê immers: “Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos” (1 Tim. 1:15).

Die vraag is egter: Loop ons nie gevaar dat hierdie weldaad van die verge-wing van sondes juis vanweë sy oorbekendheid naderhand vir ons onbekend kan word nie? Dan is ons kennis daarvan ’n bloot oppervlakkige kennis sonder diepgang en ontroering. Dan is ons soos die skynheilige Jode van wie Christus met ’n aanhaling uit Jesaja (29:13) sê dat hulle die Here met hulle mond eer, maar hulle hart is ver van Hom af (Matt. 15:8).

In die reël bid ons gereeld vir die vergewing van sondes, maar hóé bid ons daarvoor? Verkeer ons ook figuurlik gesproke in die diepte as ons nadink oor ons sonde? Ons moet eerlik voor die Here erken: Aan die belydenis van en die gebed vir die vergewing van sondes haper daar dikwels ontsettend baie, omdat daar nie by ons ware sondebesef is nie.

Die vraag is nou: Waar kom hierdie gebrek aan kennis van ons sondes vandaan? ’n Belangrike rede daarvoor is dat ons, al is ons gelowiges, dikwels so ver van God en sy Woord af lewe. Ons sal dan nie verstaan hoe verskriklik Hy ons sonde haat nie.

Dan maak ons nie erns met ons belydenis van sonde en die gebed om ver-gewing van sondes nie. Daarom waarsku die Here ons deur Asaf as Hy sê: “Die wat ver van U af is, gaan verlore” (Ps. 73:27).

Page 159: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

159

Daarom moet ons oefen om met konsentrasie en inspanning ons sondes te bely en dit in ons persoonlike gebede soos Daniël (9:4, 5) by die naam te noem. Dan kan ons met ons hele hart bid om die vergewing daarvan. Ons nagmaalsformulier sê: “Ons moet nadink oor ons sonde en vervloeking en ons met diepe berou hieroor voor God verootmoedig.” Ons weet dat God om Christus ontwil ’n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie (Ps. 51:19).

Page 160: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

160

Woensdag 17 Mei Skrifgedeelte: Psalm 130 Fokusgedeelte: Psalm 130:3; HK Sondag 21, Vraag 56

Die sonde en die straf daarop

Om die belydenis van die vergewing van sondes reg te verstaan, is dit nodig dat ons goed moet besef wat sonde is en wat God se straf daarop is as Hy dit nie vergewe nie. Die digter van Psalm 130 (vs 3) verwys daarna as hy in ’n retoriese vraag te kenne gee dat die sonde in God se oë baie ernstig is.

Wat sonde is, word in die Skrif op verskillende wyses aangedui. • Sonde is ongeloof omdat Adam met die sondeval God se waarskuwings nie

geglo het nie (Gen. 2:16, 17; 3:6). Volgens Calvyn is ongeloof die wortel van die afval van God.

• Sonde is moedswillige ongehoorsaamheid (Gen. 3:6; Rom. 5:12-21; Heb. 2:2). Sonde is hoogmoed en verwaandheid (Gen. 3:5; 1 Tim. 3:6; 2 Pet. 2:4).

• Sonde is volgens die oorspronklike Griekse woord die misloop van jou bestemming.

• Sonde is haat, want dit is die teendeel van die liefde wat deur God geëis word (Eks. 20:5; Matt. 22:36-40).

• Sonde is wetteloosheid en wetsoortreding (1 Joh. 3:4). In die lig van hierdie kort uiteensetting kan ons die erns van die sonde sien.

Dit is nodig, want soms word daar oppervlakkig en selfs ligsinnig oor die sonde gepraat. Dit gebeur omdat daar nie met die erns van die sonde as sonde teen God rekening gehou word nie.

Die sonde van die mens roep om straf deur God – tydelike en ewige straf. God het reeds in die paradys die straf op die sonde aangekondig (Gen. 2:17). Na die sondeval het God die straf herhaal (Gen. 2:19). Die geregtigheid van God eis dat die sonde gestraf moet word, want Hy haat onreg (Ps. 5:6; 51:6; 130:3). Om iets van God se straf te verstaan, moet ons kyk na ’n paar mense wat die straf van God reeds hier op aarde ervaar het. • Lot se vrou was ongehoorsaam en het in ’n soutpilaar verander (Gen.

19:26). • Agan het gesteel en is op bevel van God gestenig (Jos. 7:25). • Ananias en Saffira het gelieg en toe het albei dood neergeval (Hand. 5:1-

11).

Page 161: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

161

• Herodes het sy eie eer bo die eer van God gestel en is deur wurms verteer (Hand. 12:23). Dit is nog maar net die straf van God in sy tydelike vorm. Hoe sal dit dan

nie wees vir hulle wat in die hel sal beland en die straf van God oor die sonde vir ewig ervaar nie? Hoe kan ons dan nog ligtelik oor ons sondes en die vergewing daarvan heenloop asof dit geen ernstige saak is nie? Dit is ’n saak waarvoor ons God alleen van harte kan loof en dank, omdat Hy die genade van die vergewing van sondes om Christus ontwil aan ons bewys het.

Page 162: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

162

Donderdag 18 Mei Skrifgedeelte: Psalm 32 Fokusgedeelte: Psalm 130:4; HK Sondag 21, Antwoord 56

Die vergewing van sondes

As ons ons sondes in hulle veelheid leer ken het en ook die toorn van God daaroor bemerk het, is dit vir ons van onuitspreeklike betekenis dat ons ook mag hoor dat al hierdie sonde om Christus ontwil vergewe is. Dan juig ons saam met Psalm 130: “Maar by U ís daar vergifnis ...” Die weldaad van die vergewing van sondes word dan elke dag ’n nuwe wonder wat ons nie sou kon glo as God se Woord dit nie gesê het nie. Nou staan dit in sy Woord: “By U ís daar vergifnis.” Hy was my sondes weg met die bloed van Christus (Op. 1:5; 7:14). En nie net my sondes nie, maar ook my sondige aard. God vergeef nie net die sondes wat ek doen nie, maar ook my inherente sondige neigings.

Hierdie vergewing geskied beslis nie vanweë ons goeie hoedanig-hede nie. Nee, dit geskied alleen op grond van die voldoening van Christus. As ons die kruis van Christus wegredeneer of uitskakel, is alle vergewing van sondes ’n absolute onmoontlikheid. Daarom weet ons: Die wonder van die vergifnis van sonde spruit voort uit die versoening van Christus aan die kruis. Christus het al ons sondes op Hom geneem sodat Hy voor God een stuk sonde was. Hy het ook helse smarte verduur – in ons plek! Maar omdat Hy vir ons sondes geboet het, kan ons nou kwytgeskeld en vergewe word (2 Kor. 5:19). Nou kan ons oortredings van ons verwyder word so ver as die ooste verwyder is van die weste (Ps. 103:12). Om Christus ontwil vergeef God ons radikaal – al ons sondes. Ook die wyse waarop Hy vergewe, is radikaal: Hy vergewe so dat Hy dit vergeet. Hy sê immers by monde van Jeremia (31:34): “Ek sal hulle oortreding vergewe en aan hulle sondes nie meer dink nie.”

So ’n wonderlike weldaad van God kan ons nie koud en sonder ontroering laat nie. Dit moet ons bring tot ’n lewe van ware dankbaarheid in die diens van die Here. Dit is ook wat die digter van Psalm 130 bedoel het as hy sê: “Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.”

Die wonder van die vergewing van sondes moet ons dus aanspoor om die Here met ons hele hart te dien en te eer en sy gebooie te gehoorsaam. Christus moet al hoe meer gestalte kry in ons lewens. So sal die egte geloof aan die vergewing van sondes ons besiel en ons lewe vul met ’n heilige, dinamiese aksie tot eer van God.

Page 163: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

163

Vrydag 19 Mei Skrifgedeelte: Matteus 10:26-33 Fokusgedeelte: Matteus 10:28; HK Sondag 22, Antwoord 57

Die siel van die gelowige by die dood

Wat gebeur met ’n mens op die oomblik as hy sterwe? Op daardie oomblik word die band wat liggaam en siel tot ’n wonderlike eenheid saambind, gebreek, sodat die siel dan los van die liggaam is. Dit bly so tot by die wederkoms van Christus.

Daarin sien ons die oordeel van God, want Hy het die mens as ’n eenheid van liggaam en siel geskep, maar vanweë die sonde word hierdie eenheid met die dood gebreek (Gen. 2:17). Sterwe beteken dus ’n breking, ’n ontbinding van wat nie gebreek of ontbind moes word nie. Dat die dood liggaam en siel van mekaar skei, sien ons by Christus. By sy dood het Hy sy gees of siel in die hande van sy Vader oorgegee (Luk. 23:46), terwyl sy lewelose liggaam in die graf neergelê is (Luk. 23:50-53).

Die vraag is: Wat word in die lig van die Skrif en belydenis bedoel met die siel van die mens? Ons kan sê dat die siel van die mens “iets” van die mens is waarin die hele mens na sy diepste wese ingesluit is; iets wat nie in homself enige onsterflikheid het nie, maar waaraan God onsterflikheid gee, sodat dit nie deur die dood aangetas kan word nie, maar as ’n lewende beginsel ná die dood bly voortbestaan (vgl. 1953-vertaling: Gen. 35:18; 1 Kon. 17:21; Matt. 10:28).

Dat die siel nie vernietig kan word nie, is duidelik uit Matteus 10:28 waarvolgens Christus verklaar: “Moenie bang wees vir dié wat die liggaam dodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie.” (Die woord “vergaan/ ver-derwe” in die res van die vers sien nie op vernietiging nie, maar op die smarte van die hel (Mark. 9:44-46).) Vanselfsprekend is die siel betrokke by die sterwe, maar dan tog so dat dit in hierdie proses van doodgaan gespaar bly en nie daardeur vernietig kan word nie. As lewende beginsel van die mens word die siel so deur God bewaar dat dit bewustelik bly voortbestaan na die dood.

Die gelowige se siel word by die dood dadelik tot Christus, sy Hoof, opge-neem (Luk. 16:22; Joh. 14:2). Dit is ook die rede waarom Christus aan die misdadiger aan die kruis kon sê: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk. 23:43).

Daarom kan elke ware gelowige saam met Kohlbrugge sê: Wanneer ek

Page 164: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

164

sterf – ek sterf nie meer nie – en iemand vind my skedel, dan verkondig die skedel nog aan hom: Ek het geen oë nie, nogtans sien ek Hom, Jesus. Ek het geen harsings nie, nogtans verkondig ek sy lof. Ek is ’n harde skedel, nogtans leef ek deur sy liefde. Ek lê hier buite in ’n kerkhof, nogtans leef ek in die heerlikheid van die paradys, en eenmaal sal ook my liggaam met Hom lewe.

Page 165: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

165

Saterdag 20 Mei Skrifgedeelte: Openbaring 14:6-13 Fokusgedeelte: Openbaring 14:13; HK Sondag 22, Antwoord 57

Die heerlikheid van die gelowige by die dood

Dit is ’n groot heerlikheid wat die gelowige volgens ons belydenis ervaar as sy siel by sy dood dadelik tot Christus, sy Hoof, opgeneem word. Ons sien die groot heerlikheid egter nog duideliker as ons lees wat die Here verder oor die dood van die gelowiges in Openbaring 14:13 sê. Drie dinge word van hulle gesê. • Eerstens sê die stem uit die hemel dat hulle salig of geseënd is. Salig of ge-

seënd beteken hier om vervul te wees met die hoogste denkbare geluk as genadegawe van God (1 Kor. 2:9). Nou weet ons dat hierdie salig-verklaring nooit van Christus as die Salig-maker losgemaak kan word nie. Die saligheid waarin Hy ons laat deel, het Hy self deur sy lyding en sterwe aan die kruis vir ons verwerf. Agter hierdie saligspreking sien ons Christus se kruis en oop graf. Die saligheid wat ons by ons dood ontvang, sal ook daarin bestaan dat ons voortdurend in die gemeenskap met Christus sal ver-keer. Ons sal by Hom wees wat ons so liefgehad het dat Hy die bitterste ly-ding verduur het om ons daarvan te verlos (Fil. 1:23).

• Tweedens word van dié wat in die Here sterwe, gesê dat hulle sal rus van hulle arbeid. Die rus wat die gelowige by sy dood verkry, is ’n rus in ver-skeie opsigte. - Dit is ’n rus van die sonde, wat die lewe vir die kinders van God so

bitter maak (Heb. 4:9, 10). - Dit is verder ’n rus van die stryd wat hier op aarde gevoer moet word

teen die duiwel, die wêreld en ons eie sondige natuur en vir die eer van God op alle terreine van die lewe.

- Dit is ook vir ’n rus van ons arbeid (Op. 14:13), veral van die moeitevolle aspekte daarvan. Tog beteken die rus nie totale passiwiteit nie, want ons sal voortdurend besig wees om God te dien (Op. 7:15; 15:2-4; 22:5).

• Derdens word van die gelowiges wat sterwe, gesê dat hulle werke hulle volg. Daarmee word bedoel dat dit wat die gelowiges hier op aarde in die diens van die Here gedoen het, nie by hulle dood vergeet sal word nie. God sal ons goeie werke beloon soos Hy dié van Moses beloon het (Heb. 11:26)

Page 166: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

166

en dié van sy verdrukte kinders sal beloon (Matt. 5:11, 12). So volg die goeie werke van God se kinders hulle by hulle dood. Daarom kan Paulus ook sê dat ons arbeid in die Here nie tevergeefs is nie (1 Kor. 15:58). Natuurlik is hierdie beloning net uit genade. Al is dit uit genade, bly dit egter ’n beloning. So vertroos die Here ons as ons te doen kry met die dood van dierbares of as ons dink aan ons eie dood.

Page 167: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

167

Sondag 21 Mei Skrifgedeelte: Openbaring 6:9-11 Fokusgedeelte: Openbaring 6:10; HK Sondag 22, Antwoord 57

Bewuste lewe na die dood

As die siele van die gelowiges by hulle dood tot Christus in die Vaderhuis opgeneem word, verkeer hulle daar in ’n bewuste toestand by Christus. Dit blyk reeds uit die vorige twee dagstukkies. Tog is dit nodig om dit weer sterk te beklemtoon, omdat daar ook tans mense is wat dit beslis ontken.

Teenoor dergelike ontkennings verklaar ons op grond van die Skrif dat die gelowiges na hulle dood nie in ’n toestand van bewusteloosheid of diep slaap verkeer waaruit hulle eers met die wederkoms van Christus sal wakker word nie. Nee, hulle is bewus van alles om hulle en ervaar bewustelik die heer-likheid wat God vir hulle beskik het.

Dat dit die geval is, blyk uit verskillende Skrifgegewens. So verklaar Pau-lus in Filippense 1:21, 23: “Want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins ... Ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.” Dit spreek van ’n bewustelike verkeer met Christus na die dood. Die sterwe kan tog nie vir die gelowige enige wins wees as hy in ’n toestand van bewusteloosheid of slaap verkeer en nie eers weet wat gebeur nie. Paulus sou nie kon sê dat dit verreweg die beste is om met Christus te wees as hy ná sy dood nie eers daarvan bewus kon wees van die feit dat hy by Christus is nie.

Die gelykenis van die ryk man en Lasarus spreek ook van ’n bewuste be-staan van die mens ná die dood, waarin die ryk man bewustelik smarte ly en Lasarus bewustelik die heerlike saligheid ervaar (Luk. 16:19-31).

Dat daar ’n bewuste bestaan ná die dood is, word ook bevestig deur wat ons lees in Openbaring 6:9, 10: “Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het hard geroep: ‘Hoe lank nog heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?’”

Hier leer die Skrif ons dat daar ’n aktiewe en welbewuste voortbestaan van die siele ná die dood is. Trouens, die vraag: “Hoe lank nog?” toon dat daar by hulle ’n tydsbesef is tesame met herinnering en vooruitsig. Hier kan ons ook sien dat die siele van die gelowiges ná die dood op so ’n wyse bewustelik met

Page 168: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

168

Christus saamlewe dat hulle in gespreek is met Hom. Dit alles toon dat die gelowiges ná hulle dood in ’n bewuste toestand by

Christus is. Ook met dié belydenis moet ons mekaar vertroos (vgl. ook Joh. 11:25, 26; Hand. 7:59).

Page 169: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

169

Maandag 22 Mei Skrifgedeelte: Lukas 16:1-9 Fokusgedeelte: Lukas 16:9; HK Sondag 22, Antwoord 57

Is daar ’n weersien na die dood?

Die vraag word soms gestel of die gelowiges wie se siele ná hulle dood in die Vaderhuis is, mekaar kan ken en herken. Sal daar ’n weersien van mekaar wees, nie slegs ná die liggaamlike opstanding nie maar reeds vóór die opstan-ding? Hierop moet op grond van die getuienis van die Skrif geantwoord word: Ja, daar sal ’n herkenning van mekaar ná die dood wees wat ons siele betref.

Hierdie herkenning of weersien van mekaar ná die dood is dikwels bestry op grond van die feit dat – soos daar beweer word – die siel geen sintuie soos oë, ore, hande en monde het wat vir die weersien of herkenning van mekaar nodig is nie.

Wie egter so redeneer, praat oor hemelse sake in aardse terme, en dit mag nie. Trouens, die engele het ook geen liggame nie – hulle is dienende geeste (Heb. 1:14) – en tog is daar onderlinge kontak en gemeenskap tussen hulle (Op. 12:7).

Ons moet egter nie steun op allerlei menslike redenasies nie, maar ons alleen hou aan wat die Skrif ons leer. Die Skrif leer ons dat daar wel ’n her-kenning van mekaar in die Vaderhuis is. Ook in dié verband kan verwys word na Christus se gelykenis van die ryk man en Lasarus (Luk. 16:29-31). Abra-ham het Lasarus geken en Lasarus weer vir Abraham.

In die gelykenis van die oneerlike bestuurder (Luk. 16:1-13) sê Christus: “Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak, sodat wanneer geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang.” Dit veronderstel duidelik ’n herkenning van mekaar ná die dood. Hierdie ontvangs of verwelkoming in die ewige wonings impliseer tog dat die gelowiges wie se siele ná hulle dood in die Vaderhuis is, moet weet dat dit hulle aardse weldoe-ners is wat die ewige rus binnegaan en hulle as sodanig ontvang.

Tog moet ons daarteen waak om nie van hierdie herkenning of weersien van mekaar aards te dink nie – so asof die bande wat ons hier op aarde aan mekaaar gebind het, ook ná die dood van groot betekenis sal wees. Nee, ons vreugde in die Vaderhuis sal nie daarin bestaan om weer by man of vrou, vader, moeder of kind te wees nie. Dit sal daarin bestaan dat ons by Christus, ons Verlosser en Saligmaker, sal wees. Ons sal hulle wat ons geliefdes op

Page 170: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

170

aarde was, weer sien en herken, maar alleen as kinders van ons hemelse Vader en as broers en susters van die Here Jesus. Paulus sê immers ook nie in Filippense 1:23 dat hy verlang om heen te gaan om met vader of moeder of die of daardie te wees nie, maar “om met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.”

Page 171: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

171

Dinsdag 23 Mei Skrifgedeelte: Johannes 16:5-13 Fokusgedeelte: Johannes 16:7

Hemelvaart: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan

Jesus was besig om sy dissipels vir oulaas te onderrig voor sy kruisiging en hemelvaart. Hy vertel dat Hy die Heilige Gees sal stuur om sy werk op aarde voort te sit – en dit tot hulle voordeel, as deel van God se verlossingsplan vir die mens. Die Heilige Gees sou gelowiges bystaan en lei om die donker kolle in hulle geloofsverstaan op te helder. Met Jesus se hemelvaart sou Hy dus nie sy kinders alleen agterlaat nie, maar sy Heilige Gees ... die Trooster of Helper ... na hulle toe stuur.

Watter voordeel hou dit vir sy kerk op aarde in? • Die Gees oortuig sy uitverkore kinders van sonde (vs 9) ... om hulle verlo-

renheid sonder Jesus Christus te erken en te bely. • Die Gees oortuig van geregtigheid (vs 10) ... dat alleen Jesus Christus, die

sondelose Middelaar, gedoen het wat reg was voor God deur vir ons sondes te betaal. Buite Hom is daar geen saligheid nie.

• Die Gees het Christus se werk op aarde kom voortsit en bring alles uitein-delik tot die finale hoogtepunt ... tot die eindoordeel wat verseker kom (vs 11).

• Die Gees lei gelowiges ook in die hele/volle waarheid van God (vs 13) ... in God se openbaring volgens die rykdom van sy Woord.

• Die Gees verkondig ook die toekomstige dinge aan sy kinders (vs 13). Hy sou die dissipels lei om die betekenis van Jesus se hemelvaart te kon be-gryp.

• Die Gees is Self ook waarlik God, wat by sy kinders op aarde is. Nie ’n oomblik is gelowiges sonder die genadevolle, liefdevolle sorg en

bystand van die Heilige Gees (van God Self) nie. Wat ’n grootse en wonder-like werklikheid waarmee ons kan lewe! Sing: Psalm 25:2 (1936)

Dr. JH (Jac) Howell (Die Kandelaar)

Page 172: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

172

Woensdag 24 Mei Skrifgedeelte: Matteus 28:16-18; Openbaring 1:9-20 Fokusgedeelte: Matteus 28:18

Hemelvaart: Jesus Christus het alle mag

Destyds het die dissipels in gehoorsaamheid aan hulle Here se opdrag na ’n berg in die streek Galilea gegaan. Waar presies hierdie berg was, weet ons nie. Toe Hy van ver af aankom, het van hulle egter getwyfel of dit werklik Hy was. Toe Hy naderkom, het almal Hom wel herken. Dit was Hy, die opgestane Here Jesus, wat weer aan hulle verskyn het. Hy was op pad om as Koning van die kerk op te vaar na die hemel om aan die regterhand van sy hemelse Vader te gaan sit.

Ja … Jesus Christus is die Hoof van die kerk. Volgens Efesiërs 1:10 en 22 is alle dinge onder Hom as Hoof verenig. God het Hom as Hoof bo alle dinge aan sy kerk gegee. Hy het ook volgens Filippense 2:9-11 aan Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is … elke knie sal voor Hom buig … en elke tong sal bely dat Hy die Here is.

Hy het Hoof (Here) van die kerk geword deurdat Hy aan ’n kruis vir ons sondes betaal en die dood oorwin het. Hy het alles gedoen wat God Drie-enig in sy Raadsplan beskik en van Hom as Seun vereis het. Daarom is alle mag in die hemel en op aarde aan Hom gegee.

Só het God Drie-enig by Homself besluit dat Jesus Christus, die Seun van God, wat Self God is, as Koning oor alle dinge sal regeer. Daarom: Wat Hy sê, is wet. Wat Hy sê, gebeur. Aan Hom behoort alle mag. Voor Hom moet ons buig en aan Hom alleen moet alles en almal gehoorsaam wees. Sing: Skrifberyming 43:1

Dr. JH (Jac) Howell (Die Kandelaar)

Page 173: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

173

Donderdag 25 Mei Skrifgedeelte: Matteus 28:19-20; Lukas 10:1-11 Fokusgedeelte: Matteus 28:19

Hemelvaart: Die groot opdrag

Net voor sy hemelvaart het Jesus aan sy dissipels verskyn om sy toekoms-tige doel met sy kerk bekend te maak. Onthou: Hulle was die apostels wat sou uitgaan om die Here se kerk op aarde te vestig. Toe nog was hulle die kerk.

Wat is die opdrag waarmee Jesus sy kerk – elkeen wat in Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker glo – uitgestuur het? Die opdrag is: Julle moet gaan! Gaan in opdrag van Koning Jesus Christus. Hy stuur jou en my om na die nasies uit te gaan.

Ja … na die nasies toe! Na alle mense toe. Na almal wat oor my lewenspad kom. Nie net na sekeres toe nie. Nie net waar dit vir my gerieflik en gemaklik is nie. Na die bruines, die swartes, die pienkes, die wittes en die geles … na almal toe.

Waarom moet ek na hulle toe gaan? Om vir hulle van die Here te vertel. Vertel hoe Hy Homself in die Woord aan ons bekendgemaak het. Vertel van sy liefde vir sondaarmense deurdat Hy sy Seun Jesus Christus gestuur het om vir ons sondes aan ’n kruishout te sterf.

Vertel … ja! Maar ek moet ook trek! Met my dade moet ek nadertrek. Met my andersheid as die wêreld moet ek trek. Ek moet hulle trek om self ook as dissipels te buig voor Jesus Christus, die Koning der konings.

Gaan dan uit, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees! Sing: Psalm 40:4

Dr. JH (Jac) Howell (Die Kandelaar)

Page 174: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

174

Vrydag 26 Mei Skrifgedeelte: Esegiël 37:1-14 Fokusgedeelte: Handelinge 2:2

Die windkrag van die Gees: die nuwe lewe

Aan die vooraand van die winter voel jy die wind, wat elke koue front aanblaas, aan jou lyf. Dan wil jy binne-in jou huis wees.

Die gelowiges was in die bovertrek waar hulle gewoonlik in Jerusalem bymekaargekom het. Die Joodse Pinksterfees sou môre begin. Die 50ste dag nadat met die koringoes begin is (Deut. 16:9). Pinkster is die dankdag vir die oes wat die Here gee. In Jerusalem was baie Jode vanuit al die streke byme-kaar, besig om voor te berei om die voorgeskrewe offers vir die Pinksterfees te bring.

Ingrypend, onverwags die geluid van ’n stormwind. Dit eggo uit al die windrigtings. Nee, daar was nie ’n stormwind nie. Die Heilige Gees werk nie soos ’n stormwind nie. God kom tot Adam in die aandbriesie (Gen. 3:8). God kom tot Dawid in die windgeritsel van die toppe van die melkbosse (2 Sam. 5:24). God kom tot Elia in ’n sagte windgesuis (1 Kon. 19:12). God sê immers deur die profeet Sagaria dat Hy nie deur mag en geweld werk nie, maar deur sy Gees (Sag. 4:6).

In Jerusalem hoor hulle die dawerende eggo. Die een windrigting “beant-woord” die ander windrigting. Die volmaakte offer het Jesus Christus gebring. Met sy opstanding is die sonde en dood oorwin. Aan die regterhand van God – sy offer is as die volkome versoening vir sondaars aanvaar.

Nou voorsien God self die dankfees. In die Gees wat uitgestort word. Dit word uit al die windstreke gehoor, vir almal wat uit al die streke in Jerusalem bymekaar was. Nie gewelddadig nie, maar tog onweerstaanbaar kragtig. Die hele bovertrek word met ’n lieflike balsemreuk gevul (Hand. 4:16), die vrug van die offer: die nuwe lewe!

Van nature is die mens dood (Ef. 2:1; Eseg. 37). Die doodsreuk van die sonde vul sy omgewing. Dan hoor hulle egter die Gees uit die vier windrig-tings. En daar kom lewe! Dit is die kragwerking van die Gees … wat ook in my en jou aan die werk is. Sing: Psalm 30:3 (1936)

Ds. CA (Carel) Jansen (Secunda)

Page 175: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

175

Saterdag 27 Mei Skrifgedeelte: Matteus 3:1-12 Fokusgedeelte: Handelinge 2:3

Deur die Gees gereinig en gesuiwer om oor God groot te praat

Met die winter wat voorlê, is die grootste dele van hierdie land droog. Dis veldbrandtyd wat kom. Soveel wat deur vuur verteer word. Die Bybel beskryf soveel kere vuur as verterend en verwoestend. Ook word God as ’n verterende vuur gevrees (Eks. 24:17; Jes. 30:30; Heb. 12:29). Wat sien die gelowiges op Pinksterdag? Vuur! Is dit God met sy oordeel? Nee. God vertel ons in sy Woord iets meer oor vuur. Vuur word ook gebruik om te louter, te suiwer (1 Pet. 1:7; Op. 3:8).

Die profetiese woord deur Johannes die Doper word nou werklikheid: Hy wat kom, sal met die Heilige Gees en met vuur doop (Matt. 3:12; Luk. 3:16). Wat sien die mense dan op Pinkster? Iets soos vuur wat in tonge verdeel het. As dit regtig vuur was, die vuur van God se heerlikheid, of die vuur van God se oordeel, het niemand in die huis dit oorleef nie.

• Vuur – God is aan die werk. • Iets soos – God hou rekening met die mens se swakheid. • In tonge verdeel – God raak die mens in sy swakheid aan; reinig hom

van sy ongeregtigheid (Jes. 6:6, 7). Op Pinkster kom God die Heilige Gees met ’n tweede teken: iets soos vuur

wat in tonge verdeel en op elkeen kom. Die Gees wat mense reinig op grond van Jesus Christus, wat mense louter/suiwer, met groot invloed op die tong, met wat en hoe jy praat. Vir elkeen. Nie net vir ’n uitgesoekte groepie soos Petrus en later Paulus nie. Sodat ek en jy kan gaan praat. Groot praat oor God. Nie meer grootpraterig wees oor myself, my kinders en my prestasies nie. Oor God, wat groot is, praat. Aanvanklik was dit 120, en later nog 3000, totdat God dit ’n groot menigte maak wat uitroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” (Op. 7:10). Sing: Skrifberyming 18-1 (9):1, 2

Ds. CA (Carel) Jansen (Secunda)

Page 176: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

176

Sondag 28 Mei Skrifgedeelte: Genesis 11:1-9; Handelinge 2:1-4 Fokusgedeelte: Handelinge 2:4 Die Gees dra die evangelie in verskeie tale tot die uithoeke van die wêreld

As die mens vir hom/haarself naam wil maak … Die metodes vandag verskil, die doel bly dieselfde: vir my ’n naam maak. Die resultaat is so dik-wels ’n “Babelse verwarring”. Hulle kon mekaar nie verstaan nie. En hulle gaan uitmekaar. Hulle word later vyande van mekaar.

As God self deur sy Gees werk, is die resultaat soveel anders. Met die uit-storting van die Gees begin die gelowiges in ander tale praat. Vreemde tale. Nee, hierdie is nie die sogenaamde “spreek in tale” in glossolalie nie. Daarvan sê die Gees deur Paulus in 1 Korintiërs 14:2 en 4 dat niemand dit verstaan nie en dat jy daardeur net jouself opbou. Baie in Jerusalem het nie verstaan wat aan die gang is nie, want elkeen hoor dan die evangelie in sy eie taal (Hand. 2:6).

’n “Babelse verwarring”? Allermins. Nou moet die evangelie oor die wê-reld verkondig word. Dit is immers die opgestane Here Jesus se opdrag (Matt. 28; Mark. 16; Luk. 24). Aan die mense gee die Gees die taal waarin hy/sy die goeie nuus sal uitspreek. Die Gees begin in Jerusalem, dan na die provinsie Judea, na die aangrensende Samaria, tot in die uithoeke van die wêreld (Hand. 1:8).

Hierdeur bring die Gees mense bymekaar, in die kerke wat saamkom. Hier-deur bewerk die Gees die versoening van Christus: versoening met God, ver-soening met mekaar. Sodat, watter taal jy ook praat, almal dieselfde Woord kan hoor en verstaan: die evangelie van verlossing. Sing: Psalm 96:1, 2 (1936)

Ds. CA (Carel) Jansen (Secunda)

Page 177: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

177

Maandag 29 Mei Skrifgedeelte: Handelinge 2:1-12 Fokusgedeelte: Handelinge 2:11b

Met die Gees vervul, praat jy oor die groot dade van God

Let maar op as julle saamkuier: Na ’n paar drankies is mense geneig om nogal breedsprakerig te word. Aan hulle pratery is daar kwalik grense. Groot-pratery wat die oplossings vir alle landsprobleme bied, vir die tekortkominge op die nasionale en internasionale sportvelde, vir die gebreke in die onderwys, vir die misdaadsituasie en vir bykans alle kerklike vraagstukke.

Ironies, want die kerke met die suiwer leer en belydenis vorder nie in Suid-Afrika nie. Is ons deurdronge van die Gees of deurdrink van die wyn (Ef. 5:18)? Mens is geneig om jou geloofsongemak agter een of ander lawwe opmerking weg te steek. Die opmerking wat tydens Pinkster gemaak is: “Hulle is dronk” (Hand. 2:12).

Wanneer jy, geroep deur God, geregverdig deur Christus, vervul is met die Heilige Gees (Hand. 2:4) … Vervul sluit in: toegerus wees, deur die Gees beïnvloed word, deur die Gees voorsien word. Vervul sê: volledig met alles wat nodig is.

Dan kan ek en jy mos grootpraat. Dis ’n ander grootpratery. Nou praat ons immers oor die groot dinge wat God doen. Nou getuig ons van sy wonderdade. Sy werke in Jesus Christus waaroor ons dankbaar verwonderd is. En die wonderlike is dat almal dit in hulle eie taal kan hoor om dit in hulle eie taal te kan sê.

Hoe anders sou die kerk vandag kon lyk as ons meer wou grootpraat … oor die groot dade van God?

Te laat? Nee! Praat, en bly praat! Die Heilige Gees laat groei. Sing: Psalm 19:2 (1936)

Ds. CA (Carel) Jansen (Secunda)

Page 178: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

178

Dinsdag 30 Mei Skrifgedeelte: Handelinge 2:1-13 Fokusgedeelte: Handelinge 2:1-4

Wat glo jy van die Heilige Gees?

Die opskrif kan ook lui: “Wie is die Heilige Gees?” Of: “Wat doen die Hei-lige Gees?”Doen moeite en lees Sondag 20 van die Heidelbergse Kategismus en Artikel 11 van die Nederlandse Geloofsbelydenis (agter in die Psalmboek) aandagtig deur.

Die belangrikste wat ons moet glo, is: Die Heilige Gees is saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Die Vader is God, die Seun is God en die Heilige Gees is God. En onthou: die Heilige Gees is ’n Persoon, die derde Persoon van die Drie-eenheid. Teen die Heilige Gees kan gesondig word en die Heilige Gees kan bedroef gemaak word.

Die Heilige Gees, sê die Kategismus, is “aan my” gegee … Op Pinksterdag is die Heilige Gees uitgestort oor almal wat daar in Jerusalem byeen was, maar dit is ook “aan my” gegee. Hoor net hoe persoonlik is dit: God gee dit ook aan my! En wat doen die Heilige Gees aan my en in my? Hy laat my, deur ’n ware geloof, deel kry aan Christus en al sy weldade wat Hy aan die kruis verwerf het.

Die Heilige Gees dra daardie weldade in my lewe in en giet dit oor my uit. Watter weldade? Vergewing van sondes, die sekerheid dat ek herstel is as kind van God en weer met God versoen is. In die proses vernuut die Heilige Gees my, wederbaar die Heilige Gees my, werk Hy die ware geloof in my, lei my op die bekeringsweg terug na Jesus Christus en eindig sy werk in my deur my die ewige lewe deelagtig te maak. Belangrik: Die Heilige Gees werk altyd deur die Woord van God in my. Nooit los van die Woord nie.

Die Heilige Gees deel uit en ons ontvang. Ons ontvang oneindig baie. Sien dit raak!

Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2 (of 14:1, 2)

Ds. PJ (Pieter) van der Walt (Emeritus)

Page 179: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

179

Woensdag 31 Mei Skrifgedeelte: Sagaria 4:1-14 Fokusgedeelte: Sagaria 4:1-6

Die Heilige Gees is die kragbron van die kerk

In ’n vyfde gesig sien Sagaria ’n goue kandelaar met ’n oliebak met sewe tuite en twee olyfbome, een regs en een links van die oliebak.

Die kandelaar is in die Bybel die simbool van die kerk (vgl. Op. 1:12, 13). Soos ons weet, het daar in die tabernakel ’n goue kandelaar in die heilige deel gestaan wat die belangrikste bestanddeel van Israel se heiligdom was. Die grootste taak vir die teruggekeerdes uit ballingskap was om onder leiding van Serubbabel die tempel te herstel. Die heropbou van die tempel sal geskied nie deur krag en geweld nie, maar deur die Gees van die Here.

Die kandelaar moes weer sy regmatige plek in die tempel in Jerusalem inneem en sy lig laat skyn. Die kerk se groot taak is om hierdie lig van die evangelie tot in die uithoeke van die wêreld te verkondig, en die olie wat die kandelaar voed, is die beeld van die werking van die Heilige Gees in die kerk deur die Woord van God. Die kandelaar word nie deur mensehande gevoed nie, maar deur die olie uit die oliebak en die oliebak deur die twee olyfbome. Die Heilige Gees is die kragbron van die kerk en werk altyd deur die Woord in die harte en lewens van die gelowiges.

God die Heilige Gees hou die lamppitte van die kandelaar brandend sodat hierdie lig nooit weer gedoof sal word nie. Die werkswyse van die kerk is: “Nie met mag of krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” Sing: Psalm 89:6 (1936-beryming)

Ds. PJ (Pieter) van der Walt (Emeritus)

Page 180: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

180

Page 181: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

181

Donderdag 1 Junie Skrifgedeelte: Handelinge 1:1-8 Fokusgedeelte: Handelinge 1:8

Die Heilige Gees roep: Verkondig die Woord!

Die evangelie van Jesus Christus mag nie geprivatiseer word nie. Ons mag dit nie net vir onsself hou nie. Dit is om dit onder ’n maatemmer weg te steek en die lig daarvan te doof. Nee, die evangelie van verlossing moet verkondig word, geproklameer word, dinamies uitgedra word die wêreld in. Die evan-gelie moet ontsluit word aan almal wat dit wil hoor. Dit moet die lig in mense-harte laat skyn.

Die wêreld moet hoor van Jesus Christus wat deur God na hierdie wêreld toe gestuur is, van sy onbeskryflike lyding via Getsemane op pad na die kruis op Golgota om sondaars te verlos. Die wêreld moet hoor hoe die profete in die Ou Testament die koms van Jesus as die Messias haarfyn voorspel het, selfs die dorp waar dit sou plaasvind (Miga 5:1).

Ná die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag was dit die opdrag van Jesus aan hierdie heel eerste gemeente in Jerusalem. Julle sal my getuies wees en hiervoor sal julle die krag van die Heilige Gees ontvang.

Dit was ’n geweldige opdrag wat nie in eie krag verrig sou kon word nie. Daar sou vyandigheid wees, valse leerstellinge, vervolging, maar die Here het belowe dat die poorte van die doderyk nie die kerk sal oorweldig nie.

Steeds, vandag nog, geld die opdrag: Verkondig die Woord – en steeds het ons die versekering dat die Heilige Gees ons die krag sal gee om dit te doen. Dit bly die onvoltooide taak van die kerk: Verkondig die Woord! Sing: Skrifberyming 14-3:4

Ds. PJ (Pieter) van der Walt (Emeritus)

Page 182: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

182

Vrydag 2 Junie Skrifgedeelte: Handelinge 1:1-8 Fokusgedeelte: Handelinge 1:8

Die Heilige Gees roep: Wees my getuies!

Om getuie van Jesus Christus te wees, is ’n opdrag wat nooit ophou nie. Ononderbroke moet jy as gelowige van Jesus Christus getuig, waar jy is en wat jy ook al doen. Jesus gee hierdie opdrag as Hy van sy dissipels afskeid neem voordat Hy na die hemel opvaar. Nadat Hy opgevaar het na die hemel, sal dit die grootste taak van die dissipels en van die kerk wees. Die dissipels was by Jesus toe Hy gelykenisse vertel het, wonders gedoen het, lyding verduur het, gekruisig is, begrawe is en opgestaan het uit die dood.

Jesus se afskeidswoord aan hulle is: “Julle sal krag ontvang wan-neer die Heilige Gees oor julle kom en julle My getuies wees …” Die Heilige Gees sal hulle roep en toerus om aan ander te vertel wat hulle gesien en beleef het, beginnende in Jerusalem waar die Heilige Gees uitgestort is, maar ook verder na Judea en Samaria tot in die uithoeke van die wêreld. ’n Haas onmoontlike opdrag! ’n Handjievol gelowiges moet getuies wees, moet vertel van dit wat hulle gesien en gehoor het, tot in die uithoeke van die wêreld! Hoe kan dit? Alleen deur die krag van die Heilige Gees! Teenstand en vyandskap sal daar wees, maar deur die krag van die Heilge Gees is alles moontlik.

Die getuienis van die kerk en die getuienis van ons as gelowiges in die samelewing ontbreek dikwels. Ons is so stil, so passief, en dit terwyl die wêreld soekende is en behoefte het om die wonderlike evangelie van Jesus Christus te hoor.

Hoe ’n getuie is jy? Moet nooit die krag van die Heilige Gees onderskat nie! Wees elke dag ’n getuie van Jesus, ons Verlosser en Saligmaker. Sing: Skrifberyming 15-1:1, 2, 3, 4

Ds. PJ (Pieter) van der Walt (Emeritus)

Page 183: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

183

Saterdag 3 Junie Skrifgedeelte: Efesiërs 6:10-20 Fokusgedeelte: Efesiërs 6:17

Die Heilige Gees roep: Hanteer my swaard!

Anders as die staat, het die kerk ’n unieke wapen: die swaard van die Gees, en hierdie wapen van die kerk word nie in ’n kerklike of sinodale magasyn op Potchefstroom toegesluit nie. Hierdie wapen, die swaard van die Gees, is ’n kragtige wapen wat in elke gelowige se huis is, wat in elke gelowige se hand is. Dit is die Woord van God.

Paulus se brief aan die Efesiërs is ’n brief van bemoediging. Hy roep die gelowiges op om die lewende liggaam van Christus op aarde te wees, om waarlik sy kerk te wees. Daarom is dit belangrik dat hulle lewenswandel in ooreenstemming moet wees met die roeping wat hulle van God ontvang het (4:1). Omdat Satan soos ’n brullende leeu rondloop (1 Pet. 5:8), roep hy die gelowiges op om die volle wapenrusting wat God gee, aan te trek: die waar-heid as gordel om julle heupe, die vryspraak as borsharnas, die bereidheid om die evangelie te verkondig as skoene aan julle voete, die geloof as skild, die verlossing as helm en die swaard van die Gees.

Almal is verdedigingswapens, net die swaard van die Gees is ’n aanvals-wapen. Alleen met die swaard van die Gees, die Woord van God, sal jy die bose magte van die duiwel kan aanval en oorwin.

Die vraag is: Ken jy hierdie besondere wapen, hierdie swaard van die Gees wat skerper is as enige tweesnydende swaard? Gebruik jy die Woord van God in jou lewe en in jou kinders se lewens? Alleen so kan ons weerbaar wees teen die aanslae van die bose en dit oorwin. Hierdie stryd sal voortduur totdat Christus weer kom. Moet nooit die krag van die swaard van die Gees onderskat nie. Hierdie wapen is ’n sleutel van die hemelryk waarmee die kerk oopsluit en toesluit. Verkondig die Woord tydig en ontydig (2 Tim. 4:2). Sing: Skrifberyming 14-3:3, 4

Ds. PJ (Pieter) van der Walt (Emeritus)

Page 184: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

184

Sondag 4 Junie Skrifgedeelte: Galasiërs 5:13-26 Fokusgedeelte: Galasiërs 5:16

Die Heilige Gees is in beheer van my lewe

Die kernwaarheid van hierdie vers is: God is deur sy Heilige Gees in beheer van my lewe. As gelowige moet ek my lewe in al sy fasette elke dag aan God se wil toets. Ek kan nie maar maak wat ek wil en wat vir my mooi en lekker en aanneemlik is, asof niemand iets oor my lewe te sê het nie. Dan bedroef ek die Heilige Gees. Dan staan die groot ek in die middelpunt. Nee, die Gees van God beheers my lewe, en Paulus sê: As God deur sy Heilige Gees in beheer is van my lewe, sal ek nooit swig voor die begeertes van my sondige natuur nie (5:16). Toets jou lewe aan dit wat God deur sy Heilige Gees wil hê as jy by jou werk is, as jy met vakansie is, as jy op die sportveld is, as jy jou kinders opvoed, wanneer jy in ’n argument betrokke is, in jou optrede teenoor jou man of vrou, wanneer jy jou motor bestuur. In vers 17 sê Paulus dit so mooi: “Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.”

As die Gees van God jou lewe beheers, dan sal jy die pragtige vrugte van die Gees in jou lewe vertoon: liefde, vreugde, vrede, ge-duld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en self-beheersing (5:22, 23). Dan is jy ’n mooi mens wat die beeld van Christus vertoon. Dan is jy ’n Gees-vervulde mens, want die Heilige Gees beheer jou lewe en nie jyself met jou sondige drifte nie.

Die vertikale lyn na Bo bevat die bede: Here, lei my elke dag deur u Hei-lige Gees. Dan sal die vrugte van die Heilige Gees op die horisontale lyn van my lewe pragtige vrugte dra waardeur God verheerlik word. Sing: Skrifberyming 2-4:3

Ds. PJ (Pieter) van der Walt (Emeritus)

Page 185: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

185

Maandag 5 Junie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 15:1-8, 20, 33-38 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 15:20, 36; HK Sondag 22, Vraag 57

Die sekerheid van die opstanding uit die dood

Omdat ons opstanding uit die dood moontlik gemaak is deur Christus se opstanding uit en oorwinning oor die dood, moet ons volle sekerheid hê dat Christus wel uit die dood opgestaan het. Volgens 1 Korintiërs 15:3-8 het ons wel die sekerheid, want Paulus sê eerstens dat meer as 500 mense getuies was dat Christus uit die dood opgestaan het (1 Tim. 5:19).

Nou gaan Paulus egter verder en wys in die tweede plek op ’n ander aspek van die saak wat nog verder aan ons sekerheid moet gee dat ons uit die dood sal opstaan. Hy sê: “Christus is opgewek uit die dood as eersteling van die wat gesterf het” (1 Kor. 15:20). Die woord eersteling is ontleen aan die wette wat die Here deur Moses aan Israel gegee het. Daarvolgens moes Israel die eerstelinge van die nuwe oes (die eerste gerwe, die eerste brode wat gebak is met koring van die nuwe oes) as ’n offer aan die Here bring (Eks. 23:19; 34:26; Lev. 2:12; 23:10, 17, 20; Num. 15:20, 21). Deur dié daad word te kenne gegee dat die hele oes waarvan die eerstelinge geoffer word, aan die Here gewy word.

So is dit nou ook met Christus in sy opstanding, hoewel die optrede van Christus as eersteling nie maar net ’n gebaar is nie, maar ’n daad van oorwinning oor die dood vir Homself en almal wat in Hom glo. Juis die woord eersteling toon dat Christus nooit los staan van dié wat aan Hom behoort nie. Wat hier van Hom as eersteling geld, geld ook van almal van wie Hy die eersteling is, en dit is al die gelowiges. Sy opstanding as eersteling beteken dus dat al die gelowiges wat Hy as eersteling verteenwoordig, sal deel in die salige opstanding waaraan Hy reeds deel het (vgl. 1 Tess. 4:14).

Die sekerheid dat daar ’n opstanding uit die dood is, kan derdens volgens Paulus in die natuur gesien word. Iemand kan immers vra: “Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê?” (1 Kor. 15:35). In sy antwoord daarop sê Paulus dat dit ’n dom vraag is, want dit wat die vraesteller betwyfel, vind elke dag in die natuur plaas. ’n Koringkorrel word byvoorbeeld gesaai. Dit word begrawe in die grond. As koringkorrel sterf dit en hou dit op om te bestaan.

Daarmee loop alles egter nie ten einde nie. Juis as die koringkorrel in sy

Page 186: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

186

gedaante as korrel ophou om te bestaan, kan dit in ’n ander gedaante, naamlik as lewende plant, daaruit tevoorskyn kom.

Dit wat nou in die natuur gebeur, sal eenmaal ook deur ’n beskikking van God met sy kinders gebeur by die wederkoms van Christus: hulle sal opstaan uit die dood. So leer ook die natuur ons dat daar ’n liggaamlike opstanding uit die dood is.

Page 187: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

187

Dinsdag 6 Junie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 15:31-39 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 15:38; HK Sondag 22, Antwoord 57

Die opstanding: met dieselfde liggaam

Aan die hand van dieselfde beeld van die saad en die plant wat daaruit voortkom (vgl. 5 Junie), verduidelik Paulus verder hoe dit met die opstan-dingsliggaam van die mens gesteld sal wees. Paulus lê baie nadruk daarop dat ek met die opstanding uit die dood dieselfde liggaam sal hê wat ek nou het.

Hoewel die gelowige se liggaam dan verheerlik sal wees en ’n ander ge-daante sal vertoon, sal dit tog dieselfde liggaam wees as wat ek nou het. Die beeld van die saad en die plant wat daaruit voortkom, toon dit duidelik aan. Die saad wat gesaai word, bepaal immers watter plant daaruit gaan voortkom. As ek ’n koringkorrel in die grond plant, kan ek tog nie verwag dat daar ’n vyeboom sal opkom nie. Uit ’n koringkorrel kom ’n koringplant tevoorskyn (1 Kor. 15:39). Anders gestel: Die koringkorrel wat gesaai is, tree, as dit ont-kiem, self weer tevoorskyn, maar net in ’n nuwe gedaante.

So is dit as die mens opstaan uit die dood. Ek sal self met hierdie liggaam wat ek nou het, opgewek word, hoewel dit ’n nuwe en veel heerliker gedaante sal hê. Dit kom dus daarop neer dat daar by ons opstanding uit die dood, wat ons liggame betref, ’n gedaanteverwisseling sal plaasvind, maar nie ’n we-sensverandering nie. Hierop lê Paulus sterk die nadruk, veral as hy van die korrels wat gesaai word, verklaar: “Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy ge-wil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam” (1 Kor. 15:38).

In elke koringkorrel is daar ’n lewenskiem (vgl. Fil. 3:20-21). Opper-vlakkig geoordeel, mag dit lyk of die lewenskiem dood is, want ek kan die korrel vir jare bewaar en hy sal presies so bly soos hy is. Op die oomblik as ek die korrel plant, ontkiem die lewenskiem egter en uit die skynbaar dooie korrel kom ’n plant tevoorskyn.

So is dit nou ook met die mens gesteld. Van elke menslike liggaam bewaar God ’n lewenskiem – op ’n wyse wat net Hy in sy volmaakte wysheid weet en in sy almag kan doen. Nou maak dit nie saak of ’n mens verbrand is of in die see vergaan het of deur diere verskeur is of in die graf tot stof geword het nie. God bewaar van elkeen ’n lewenskiem.

Met die opstanding uit die dood laat God uit daardie lewenskiem weer elkeen se liggaam uitgroei, maar dan in ’n baie heerliker gedaante as wat dit

Page 188: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

188

tydens sy/haar lewe hier op aarde was. Daarom kan elke gelowige saam met die Kategismus sê dat “hierdie selfde liggaam van my deur die krag van Christus opgewek sal word”.

Tot ons troos moet ons daaraan in die geloof vashou.

Page 189: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

189

Woensdag 7 Junie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 15:35-49 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 15:42, 44; HK Sondag 22, Antwoord 57

Die opstanding: met ’n verheerlikte liggaam

Al sal ons met die opstanding uit die dood dieselfde liggame hê as wat ons hier op aarde het, toon Paulus in 1 Korintiërs 15 dat daardie liggame grootliks sal verskil van dié wat ons tans het. Daar sal veral ’n groot verskil in heer-likheid wees.

Ook dit blyk duidelik uit die beeld van die korrel en die plant wat daaruit tevoorskyn kom. Daarom sê Paulus: “En wat jy saai, saai jy nie in die toe-komstige gestalte daarvan nie, maar as ’n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar God gee ’n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het, en aan elke saadsoort gee Hy ’n eie gestalte ... So is dit ook met die opstanding van die dooies” (1 Kor. 15:37, 38, 42).

Dit is asof die apostel met hierdie woorde aan ons sê: Neem ’n blote koringkorrel en plaas dit aan die een kant. Neem dan ’n volgroeide koringplant met volle halm en aar en plaas dit aan die ander kant. Laasgenoemde is tog baie mooier en indrukwekkender as die blote korrel. Die verskil wat daar tussen die twee is, is ’n aanduiding van die verskil in heerlikheid tussen die liggame wat die gelowiges hier op aarde het en die liggame wat hulle eenmaal by die opstanding uit die dood sal hê. Die verskil kom ook daarin na vore dat wat gesaai (begrawe) word, verganklik is, maar wat opgewek word, onver-ganklik is (1 Kor. 15:42).

Die feit dat ons by die opstanding dieselfde liggame sal hê as wat ons tans het, maar dat hulle baie anders daar sal uitsien as tans, het iemand vergelyk met die beeld van die vlinder (Feenstra). Die vlinder is dieselfde wese wat vroeër ’n wurm en daarna ’n papie was. Tog is die gedaante van die vlinder baie mooier en indrukwekkender as toe dit óf ’n wurm óf ’n papie was.

So sal dit met die liggaam van die gelowige wees by die opstanding uit die dood: dieselfde en tog baie anders. Die verskil tussen die liggame wat ons tans het en wat ons hiernamaals sal hê, dui Paulus verder aan as by sê: “’n Na-tuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek” (1 Kor. 15:44). Die liggame wat ons hier op aarde het, is natuurlike liggame. Daarmee bedoel die apostel dat dit broos, verganklik en stoflik is. In die plek daarvan kry ons geestelike liggame. Dit beteken nie dat dit iets spookagtigs is nie,

Page 190: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

190

maar dat dit liggame sal wees wat ten volle deel het aan die verlossing van sonde deur Jesus Christus en geheel en al beheers sal word deur die Heilige Gees. Dit is die heerlikheid wat wag op die kinders van God.

Page 191: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

191

Donderdag 8 Junie Skrifgedeelte: Openbaring 21:1-8 Fokusgedeelte: Openbaring 21:5; HK Sondag 22, Vraag 58

Die ewige lewe op ’n nuwe aarde

Die bestemming van die ware kinders van God ná die wederkoms van Christus is die nuwe aarde waarop hulle die volkome saligheid en onuit-spreeklike heerlikheid van die ewige lewe sal ervaar (2 Pet. 3:13; 1 Kor. 2:9). Dan ontvang hulle die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat Christus vir hulle verwerf het en wat in die hemel vir hulle in bewaring gehou word tot by die wederkoms van die Here (1 Pet. 1:4, 5). Uit die wêreld-brand van die einde waarin die werke van die mens op aarde verbrand sal word (2 Pet. 3:10), sal hierdie selfde aarde waarop ons nou woon in ’n nuwe, gelouterde, heerlike en heilige gedaante tevoorskyn tree (2 Pet. 3:13). God sê self dat Hy alles nuut sal maak (Op. 21:5). As God dit nuut gemaak het, bly dit in die gloed van daardie nuutheid en heerlikheid vir ewig pryk.

Wat hierdie nuutheid van die nuwe aarde beteken, word in die Skrif hoof-saaklik op ’n negatiewe wyse aan ons voorgehou. Daar word meesal slegs gesê hoe dit op die nuwe aarde nie sal wees nie en wat daar nie gevind sal word nie. Dit word gedoen omdat die heerlikheid van die nuwe aarde so ver uitstyg bo die mens se bevattingsvermoë dat dit onmoontlik is om in menslike taal en woorde positief te sê hoe dit op die nuwe aarde sal wees (1 Joh. 3:2). Paulus sê – ook op ’n negatiewe wyse – dat daardie heerlikheid so groot sal wees soos geen oog gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens ooit opgekom het nie (1 Kor. 2:9).

Daarom word, veral in Openbaring 21 en 22, die huidige aarde as’t ware met die nuwe aarde vergelyk en – sodat ons iets van die ewige heerlikheid kan verstaan – word getoon wat daar nie gevind sal word nie wat tans nog op die aarde gevind word.

So lees ons dat die see, wat in die Skrif dikwels ’n minder gunstige sim-boliek het, daar nie meer sal wees nie (Op. 21:1). Dit sal ook nooit nag word nie (Op. 21:25). Daar sal ook geen son of maan wees nie, want die heerlikheid van God sal die aarde verlig en die Lam sal sy lamp wees (Op. 21:23). Daar sal geen dood meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie (Op. 21:4). Daar sal ook geen trane meer gestort word nie (Op. 21:4). Daar sal ook geen vyand wees wat die mense bedreig nie. Daarom sal die poorte

Page 192: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

192

van die nuwe Jerusalem nooit gesluit word nie (Op. 21:25). So kry ons op grond van hierdie Skrifgegewens ’n geringe idee van hoe die ewige lewe op die nuwe aarde daar sal uitsien.

Page 193: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

193

Vrydag 9 Junie Skrifgedeelte: Openbaring 21:22-27 Fokusgedeelte: Openbaring 21:3; HK Sondag 22, Antwoord 58

Die ewige lewe: altyd by die Here

Die ewige lewe word in die Skrif aan ons voorgehou as ’n lewe waarin God en sy volk vir ewig by mekaar sal wees. Van God word in dié verband gesê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God” (Op. 21:3). En in 1 Tessalonisense 4:17 sê Paulus hieroor: “En so sal ons altyd by die Here wees.”

God sal by ons wees en en ons by God. Dit is die grootste en die heerlikste van die ewige lewe. Die rede vir die verloste mensheid se ewige vreugde is immers nie in die pêrelpoorte en strate van goud van die nuwe Jerusalem geleë nie (Op. 21:21), maar daarin dat God in die midde van sy mense sal wees. Hy sal met sy geseënde teenwoordigheid onder hulle woon. Tussen Hom en die verloste mensheid sal ’n ewige, innige gemeenskap wees en niks sal hulle ooit weer van mekaar kan skei nie (Rom. 8:38, 39).

Hierdie innige gemeenskap sal ook ’n volkome genieting by die verloste mensheid teweegbring. Net soos twee geliefdes wat lank van mekaar geskei was en opreg na mekaar verlang het, dit so intens kan geniet om weer by mekaar te wees, so sal die kinders van God dit ewig en intens geniet om by die God te wees wat hulle so liefgehad het. Daarom is dit te verstane dat die ewige lewe ook as die bruilofsmaal van die Lam aangedui word (Op. 19:9). ’n Huwelik en ’n bruilof is immers ’n hoogtepunt in die verhouding van ’n man en ’n vrou wat mekaar opreg liefhet.

Vir ons in wie se lewe die kerk hier op aarde ’n besondere rol in ons ver-houding tot God speel, mag dit vreemd klink as daar gesê word dat daar op die nuwe aarde nie ’n tempel of kerk sal wees nie (Op. 21:22). Dit beteken egter nie dat God nie daar op ’n besondere wyse gedien sal word nie, maar net die teenoorgestelde: God sal daar oral gedien word, want Hy is self die tempel (Op. 21:22).

Daarom sal ’n aparte tempel of kerkgebou nie meer nodig wees nie, want alles op die nuwe aarde sal tempel en kerk wees. Die nuwe aarde sal ’n reus-agtige tempel wees en die nuwe hemel sal die koepelgewelf daarvan vorm. Elke diens sal daar ’n altaardiens wees. Elke daad ’n offerande, elke woord ’n

Page 194: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

194

lieflike geur vir die Here. Dwarsdeur die diens wat die verloste kinders van God dan sal verrig, sal

altyd hulle lofsang tot eer van God gehoor word waarin hulle Hom prys vir die heerlike verlossing wat Hy deur Christus vir hulle bewerk het: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid van krag tot in alle ewigheid” (Op. 5:13).

Page 195: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

195

Saterdag 10 Junie Skrifgedeelte: Romeine 1:13-17 Fokusgedeelte: Romeine 1:17; HK Sondag 23, Vraag 59

Wat baat dit my dat ek glo?

In die vorige dagstukkies het ons aan die hand van die Kategismus besin oor die inhoud van die geloof soos saamgevat in die artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis. Elkeen van die artikels is noukeurig ondersoek om goed op hoogte te kom van die inhoud en betekenis daarvan.

Noudat ons weet wat die inhoud van ons geloof is, ontstaan noodwendig die vraag: Wat is die betekenis van alles wat ek bely oor God die Vader en ons skepping, God die Seun en ons verlossing en God die Heilige Gees en ons heiligmaking? Wat help dit my dat ek dit alles glo? Is ek deur my geloof ’n beter mens in vergelyking met dié wat nie glo nie? Veral as die gelowige die een ramp en teëspoed na die ander moet verduur, maar die ongelowige ken oënskynlik niks anders as voorspoed nie, dan word die vraag nog des te dringender: Maar wat baat dit jou dat jy dit alles glo? Dit is ook die vraag wat Job se vrou aan hom gestel het toe sy, na al die teëspoede en rampe wat hom getref het, aan hom gevra het: “Bly jy nog steeds vroom?” In hierdie vroom-heid van Job kon sy vrou geen nut meer sien nie. Daarom adviseer sy hom ook: “Vervloek God en sterf!” In die tyd van Maleagi (3:14) was daar ook mense wat gesê het “Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige?” Tot sulke uitsprake kom ’n mens as jy die bate van die geloof in aardse voorspoed en sukses, in eer en rykdom soek. Die bate van die geloof lê egter nie in die eerste plek in aardse winste en voordele nie. Trouens, Chris-tus het dit duidelik gestel: “As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook ver-volg” (Joh 15:20).

Waarin is die bate van die geloof dan wel geleë? Daarin dat God ter wille van die soenverdienste van Christus my regverdig verklaar en my vryspreek van alle sonde (Rom. 1:17) en my daarom ’n erfgenaam van die ewige lewe maak (Joh. 3:36). Omdat ek in God glo, staan ek nie meer voor Hom as ’n aangeklaagde en skuldige nie, nie meer as ’n doemwaardige sondaar nie. Ek staan voor Hom as ’n geregverdigde omdat Christus vir al my sondes ten volle betaal het. Daarom wag nie die smarte van die hel op my nie, maar die ewige saligheid waarin ek altyd by die Here sal wees (1 Tess. 4:17).

Page 196: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

196

Sondag 11 Junie Skrifgedeelte: Romeine 3:9-20 Fokusgedeelte: Romeine 3:9; HK Sondag 23, Antwoord 60

Ons doemwaardigheid voor God

Om die bate van ons geloof goed te kan begryp, moet ons weet hoe dit moontlik is dat ons voor God regverdig kan wees. Daarom stel die Kategismus ook die vraag: “Hoe is jy regverdig voor God”? In hierdie vraag hoor ons eintlik ’n verklaarbare verwondering: Hoe is dit moontlik dat ek, ellendige en doemwaardige sondaar, as ’n regverdige voor God kan staan? Hoe kan ek regverdig wees voor God? Deur mense kan ek dalk nog as ’n regverdige gesien word, maar hoe is dit moontlik voor God wat my hart ken as ’n bron van sonde en ongeregtigheid? En hoe kan juis dié God verklaar dat ek regverdig is? Regverdig wil tog sê dat God geen aanmerkings oor my lewe en geen beskuldigings teen my het nie en ... hoe kan dit?

Die opstellers van die Kategismus het egter nie vergeet dat ons sondaars is toe hulle geskryf het dat ons regverdig voor God is nie; inteendeel, hulle het dit goed raakgesien, beter as wat ons dit gewoonlik raaksien. Lees maar weer met konsentrasie die aanhaling uit die Kategismus hierbo. Dit toon duidelik dat die opstellers nie ons sondes vergeet het nie, want hulle gee dit in besonderhede weer. Hulle sê saam met Paulus in Romeine 3:9 dat ons almal in die mag van die sonde is.

Dit is noodsaaklik dat ons ons sondes so moet ken as ons die weldaad van die regverdiging deur die geloof wil verstaan. As ons ons sondes nie behoorlik ken nie, sal ons immers geen behoefte daaraan hê om deur God geregverdig te word nie. Daarom moet elkeen van ons weet en bely: Ek is ’n sondaar wat die hel verdien omdat ek nie net teen sommige nie, maar teen al die gebooie van God gesondig het en boonop swaar daarteen gesondig het. Ek het werklik nie een gebod onderhou nie. God het aan my gesê: Jy moet My liefhê bo alles en jou naaste soos jouself. En dit is wat ek nie gedoen het nie. Daarom moet ek bely dat my lewe so verskriklik leeg is aan liefde tot God en liefde tot my naaste en so vol is van myself, so vol sonde.

Dit is nie al nie, want my sondes en sondige aard het so ’n greep op my dat ek nie nou ’n einde daaraan kan maak en sorg dat ek dit nooit weer doen nie. Juis die greep wat die sonde op my het, het tot gevolg dat ek voortdurend tot alle sonde en kwaad geneig is. Die kieme van elke sonde en kwaad vind ek in

Page 197: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

197

my eie hart. Dat ek dit nie altyd doen nie, is net omdat God in sy genade my daarteen beskerm.

So moet ons ons sondes ken en bely as ons die weldaad van die regverdi-ging voor God en die vryspraak van skuld reg wil verstaan en van harte wil bely.

Page 198: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

198

Maandag 12 Junie Skrifgedeelte: Romeine 3:21-31 Fokusgedeelte: Romeine 3:24; HK Sondag 23, Antwoord 60

Die regverdiging van die sondaar deur God

As ons ons sondes leer ken het soos in die vorige dagstukkie aangedui, hoor ons soos in die lieflikste jubelsange in Antwoord 60 (vgl. hierbo) seker die heel mooiste en troosrykste woorde wat in die hele Kategismus opgeneem is. (Lees antw. 60 in sy geheel.)

Waar dit hier gaan oor die regverdiging van die sondaar, moet ons daarop let dat die woord wat in die Ou Testament met regverdig vertaal is, dui op die handeling van ’n regter waardeur hy die aangeklaagde ná noukeurige ondersoek vryspreek of skuldig verklaar. Nou staan ons almal vanweë ons sondes diep skuldig voor die hemelse Regter en ons verdien God se ewige straf. Desondanks spreek Hy ons vry en laat ons die ewige vreugde binnegaan. Hoewel ons volkome onregverdig is, verklaar die Regter ons volkome regverdig. Hy doen dit sonder dat ons dit verdien, alleen op grond van sy genade vanweë die verlossing deur Jesus Christus (Rom. 3:24). Die geregtigheid, heiligheid en volkome voldoening wat Christus in sy onpeilbare liefde vir ons verwerf het, skenk God nou aan ons en reken ons dit toe asof ons alles gedoen het wat Christus vir ons gedoen het (vgl. 2 Kor. 5:21).

Nou verstaan ons hoe ons regverdig is voor God nieteenstaande al ons sondes: • Dit is ter wille van die voldoening deur Christus. • Dit is omdat God ons in Christus so oneindig liefgehad het en nog liefhet. • Dit is omdat Christus vir ons al ons skuld ten volle betaal het en in ons plek

aan die geregtigheid van God voldoen het. Die regverdiging van die sondaar kan as die hart van die evangelie beskou

word. Die boodskap van die Bybel word kernagtig saamgevat in hierdie leer van die regverdiging. Dit beteken nie dat die Persoon en werk van Jesus Christus van sy sentrale plek in die evangelie van verlossing verdring word nie. Dit beteken wel dat die heilsame betekenis van Jesus Christus vir die wêreld sy sentrale punt en hoogtepunt in die leer van die regverdiging van die sondaar vind. Die rede daarvoor is voor die handliggend: Hier word immers aangedui hoe die verhouding tussen God en mens wat radikaal deur die sonde versteur is, nou weer deur Christus herstel is.

Page 199: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

199

Dinsdag 13 Junie Skrifgedeelte: Romeine 3:21-31 Fokusgedeelte: Romeine 3:28; HK Sondag 23, Vraag 61

Die regverdiging deur die geloof

Die vorige antwoord (60) het geëindig met die belydenis dat ek alleen deel kan kry aan die regverdiging deur Christus as ek dit met ’n gelowige hart aanneem. Ek moet vas glo dat Christus ook vir my die geregtigheid voor God verwerf het.

Die vraag is nou: Wat het die geloof met dit alles te doen? Paulus sê: “Ons betoog is tog dat die mens vrygespreek word omdat hy glo” (Rom. 3:28). Beteken dit dat ek die genade van God moet verdien deur my geloof?

So moet ons dit nie verstaan nie. Die geregtigheid van Christus is my toegereken deur God en daardeur is ek geregverdig. Dit is nie die geloof wat my regverdig maak nie, maar God alleen op grond van die verdienste deur Christus. Tog kan ek nie deel kry aan die verlossing deur Christus as ek nie glo nie (Rom. 4:9; Heb. 11:6).

In ’n sekere sin het ons hier met dieselfde probleem te doen as met die verband tussen die uitverkiesing van God en die verantwoordelikheid van die mens. Aan die een kant eis God dat ons moet glo soos Paulus en Silas aan die sipier van Filippi gesê het: “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word” (Hand. 16:31). Aan die ander kant sê Paulus baie duidelik dat ook die geloof ’n gawe van God is (Ef. 2:8). Aan albei aspekte moet ons vashou as ons sê dat ons deur die geloof geregverdig word.

In die regverdiging deur die geloof gaan dit daarom dat ons deur die geloof die verlossing deur Christus tot ons eiendom moet maak. Dan doen ons dit egter in die besef dat die geloof waarmee ons die verlossing vir ons toe-eien, self ook ’n gawe van God is en daarom geen verdienste van ons kant is nie.

Ons kan dit vir onsself makliker maak om die funksie van die geloof by die regverdigmaking te verstaan deur dit soos volg aan te dui: • Om te glo, is hier nie ’n presterende daad nie, maar ’n ontvangende daad. • Om te glo, is om te aanvaar wat God in sy genade aan ons gee. • Om te glo, is om in nederigheid en dankbaarheid vir ons toe te eien wat

Christus vir ons verwerf het. • Om te glo, is om te weet ek word om Christus ontwil deur God vasgehou,

gedra en versorg vir hierdie lewe en die lewe hierna.

Page 200: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

200

In al hierdie dinge is daar geen verdienste nie, want ook die geloof is ’n gawe van God (Ef. 2:8). Tog moet ons glo, want alleen as ons glo, word die geregtigheid van Christus ons toegereken en word ons voor God geregverdig (Rom. 3:25-28).

Page 201: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

201

Woensdag 14 Junie Skrifgedeelte: Lukas 18:9-14 Fokusgedeelte: Lukas 18:11; HK Sondag 24, Antwoord 62

Die verkeerde maatstaf by die beoordeling van goeie werke

Daar is mense wat dink dat hulle goeie werke so baie en van so ’n beson-dere gehalte is dat dit kan dien om vir hulle geregtigheid voor God te verkry. Terselfdertyd sien hulle neer op ander wat volgens hulle oordeel nie dieselfde hoeveelheid en gehalte goeie werke as hulle het nie.

In die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar wat gaan bid het, kry ons met so ’n gesindheid te doen. Die Fariseër se gebed bestaan uit ’n negatiewe en ’n positiewe deel. In die negatiewe deel dank hy God dat hy nie so ’n son-daar soos ander mense is nie: “Diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie” (Luk. 18:11). In die positiewe deel vertel hy aan die Here wat hy wel doen. Dan blyk dit dat hy oënskynlik baie meer doen as wat in die wet van Moses bepaal is.

Met die tollenaar is dit baie anders gesteld. Hy besef dat hy as sondig en doemwaardig voor God staan. Daarom kyk hy af en slaan op sy bors om aan sy selfaanklag en berou uiting te gee. Al wat hy in sy nood kan uitroep, is net die snik: “O God, wees my, sondaar, genadig!” Hy het geen verdienste wat hy aan die Here kan voorhou nie. Daarom kan hy ook niks anders doen nie as om te pleit om God se genade.

Wat is die verskil tussen die twee? Die verskil is dat waar die tollenaar sy lewe aan God se wil as maatstaf getoets het en toe besef het dat hy ’n “son-daar” was, daar het die Fariseër sy handel en wandel aan die lewe van ander mense getoets, soos blyk uit sy woorde: “O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie.” Dit het hom gelei tot die gevolgtrekking dat sy saak reg is by God en dat God daarom verplig is om hom met die ewige lewe te beloon.

Dit is egter dwaas om die waarde van jou eie lewe voor God te bepaal deur dit met die lewens van ander mense te vergelyk, want God se maatstaf is totaal anders as die gedrag van ander mense. Die geregtigheid en goeie werke wat vir God aanvaarbaar is, moet volgens die Kategismus “heeltemal volmaak wees en in alle opsigte met die wet van God ooreenstem”, terwyl ons beste werke “almal onvolmaak en met sonde besmet is”.

Daarom het die geestelike lewe van die Fariseër ontspoor en het hy sy sonde in die oë van die Here glad nie geken nie. Daarom het hy hom ook nie

Page 202: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

202

voor God verootmoedig nie. Ons moet leer om ons lewens soos die tollenaar met die maatstaf van God

se Woord te beoordeel. Dan sal ons besef hoe onvolmaak en sondig selfs ons beste werke is. As ons ons dan voor God verootmoedig, sal ons die ware vry-spraak en regverdiging by Jesus Christus vind.

Page 203: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

203

Donderdag 15 Junie Skrifgedeelte: Efesiërs 2:1-10 Fokusgedeelte: Efesiërs 2:8, 9; HK Sondag 24, Vraag 62

Die onverdienstelikheid van goeie werke

Die leer van die verlossing uit vrye genade sonder enige verdienste van ons kant, wat hierbo aangedui word, was deur die eeue heen nog altyd vir die hoogmoedige sondaar ’n struikelblok. Die mens wil in sy verwaandheid maar altyd soos die Fariseër voor God kom staan en sê: Here, kyk net wat doen ek alles om U te dien (vgl. 14 Junie).

Nou kom God egter en met die leer van die verlossing uit genade alleen, deur die geloof in Christus, sê Hy baie duidelik dat die mens met sy goeie werke geen saligheid of selfs ’n deel daarvan kan verdien nie. Ek sou my saligheid slegs daarmee kon verdien as my goeie werke absoluut volmaak, presies volgens die wet van God en sonder enige sweempie van sonde was. Dan alleen sou God dit kon aanvaar.

Nou help dit nie om te sê: Ek het die hele wet van God onderhou, behalwe enkele klein dingetjies nie. Nee, Jakobus sê die geringste wat ons teen een gebod sondig, maak ons ons skuldig aan almal (Jak. 2:10). Dit is te verstane, want ten diepste is daar net een gebod wat die grondslag en basis van al die ander gebooie vorm, en dit is die liefdesgebod – tot God en tot ons naaste. Daarom maak die oortreding van enigeen van die gebooie my skuldig aan al die ander, want die liefde word daardeur aangetas.

As ek deur goeie werke geregverdig wil word, moet ek in alle eerlikheid kan sê: “Ek het nog nooit iets gedoen wat God verbied nie, ek het nog nooit iets nagelaat wat God gebied nie, ek het nog nooit ’n verkeerde daad gedoen, ’n sondige of ydel woord gebruik nie, en daar het nog nooit ’n sondige gedagte by my opgekom nie. Ek het God altyd bo alles liefgehad en my naaste soos myself. Ek kan dit egter nie sê nie, want met ’n aanhaling uit Psalms 14 en 53 sê Paulus: “Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie” (Rom. 3:12). En Jesaja (64:6) sê dat selfs ons beste werke soos vuil klere is. Ons belydenis is dus reg as dit sê dat selfs ons beste werke onvolmaak en met sonde besmet is. Daarom kan ons goeie werke nooit die rede of grond wees waarmee God ons salig maak nie. Ons word voor God geregverdig nie deur enige goeie werke nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus op grond van sy soenverdienste.

Page 204: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

204

Vrydag 16 Junie Skrifgedeelte: Jakobus 2:14-26 Fokusgedeelte: Jakobus 2:26; HK Sondag 24, Vraag 64

Die noodsaaklikheid van goeie werke

Die feit dat die mens nie met sy goeie werke sy saligheid kan verdien nie, beteken nie dat ons goeie werke geen betekenis het nie. Ongelukkig was daar deur die eeue heen herhaaldelik mense wat gedink het dat die onverdiens-telikheid van goeie werke nou alle goeie werke oorbodig maak. Dit is die mense wat in hulle sonde wil bly lewe sodat God se genade oor hulle nog meer en nog groter kan word (Rom. 6:1). Ons Kategismus noem hulle heelte-mal tereg onverskillige en roekelose mense.

Hierdie siening word in die Skrif en spesifiek deur Paulus en Jakobus met beslistheid verwerp. Paulus sê wel dat ons uit genade gered word deur die geloof en nie uit die werke nie (Ef. 2:8, 9), maar dan voeg hy dadelik daaraan toe dat Christus ons geskep het “om ons lewe te wy aan goeie dade” (Ef. 2:10). Wat Jakobus betref, wil dit wel voorkom of hy die redding deur die geloof geringskat, maar dit is nie werklik die geval nie. Wat hy wil sê, is dat as die redding deur die geloof is, dit nie ’n dooie geloof moet wees nie, maar ’n lewende, werkende geloof wat in dade tot openbaring kom. Hy stel dit baie duidelik: “’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood” (Jak. 2:26).

Dit is dus nie die suiwere leer oor goeie werke wat mense onverskillig en roekeloos maak nie, maar die verdraaiing van hierdie waarheid.

Die beeld wat aan die antwoord van die Kategismus ten grondslag lê, is die van ’n boom wat vrugte dra – ’n beeld wat dikwels in die Skrif met die oog op die gelowige gebruik word. Psalm 1 sê byvoorbeeld dat die regverdige soos ’n boom is wat by waterstrome geplant is en sy vrugte op sy tyd gee. Die ware gelowige is soos ’n boom wat uit sy ou, onvrugbare natuurgrond oorgeplant is in die nuwe, vrugbare grond, Jesus Christus. Dit is ’n genadedaad van God. Nou is dit tog vanselfsprekend dat so ’n boom wat in vrugbare grond by waterstrome geplant is, vrugte sal voortbring. Die gelowige wat deur Christus as lewensbron gevoed word met die gawes van sy Woord en Gees, bring ook spontaan vrugte van dankbaarheid voort.

Christus stel dit baie duidelik: “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte” (Joh. 15:5). So is my goeie werke nie

Page 205: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

205

die rede of oorsaak waarom God my die saligheid moet skenk nie, maar die bewys dat ek die saligheid deur die geloof in Christus reeds besit.

Page 206: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

206

Saterdag 17 Junie Skrifgedeelte: Matteus 5:3-12 Fokusgedeelte: Matteus 5:11, 12; HK Sondag 24, Vraag 63

Die beloning van goeie werke

Dat God die goeie werke van sy kinders beloon, staan bo alle twyfel vas. Die Skrif leer dit op verskillende plekke. Van Moses word gesê dat hy die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipe “omdat hy na die beloning uitgesien het” (Heb. 11:26). En in die woorde van Christus (hierbo aangehaal) troos Hy sy verdrukte volgelinge met die belofte dat hulle loon groot is in die hemel. Paulus sê: “Ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad” (2 Kor. 5:10). Hieruit is dit duidelik dat goeie werke deur God beloon word, net soos slegte werke deur Hom gestraf word.

As my goeie werke wel beloon word, beteken dit nie dat my goeie werke my tog kan help om die ewige saligheid te bereik nie? Kan die leer dat ons goeie werke onverdienstelik is, in die lig hiervan nog standhou? Ons Kate-gismus antwoord hierop: “Hierdie beloning word nie uit verdienste nie maar uit genade gegee”. Christus sê immers self: “As julle alles gedoen het wat julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen” (Luk. 17:10). Onverdienstelike diensknegte – en as ons tog beloon word, is dit net genade.

Op grond van sekere uitsprake in die Skrif (Matt. 5:12; 10:41; 18:4; Luk. 6:23, 35; 2 Kor. 9:6; Gal. 6:7, 8; Op. 13:14) word aanvaar dat daar hierna-maals ’n verskil sal wees in die grootte van die beloning wat elke gelowige sal ontvang. Dit beteken dat daar ook ’n verskil sal wees in die mate van heer-likheid wat elkeen sal ervaar. Tog sal dit nie so wees dat die een met ’n min-dere heerlikheid afgunstig sal wees op die een met ’n meerdere heerlikheid nie.

Dit kan aan die hand van die volgende beeld verduidelik word: Neem tien glase van verskillende grootte en vul almal tot oorlopens toe met water. Al tien glase is propvol met water, en tog het die een glas meer as die ander. So sal dit ook hiernamaals wees: al God se kinders sal heeltemal vol wees met die heerlikheid van God. Tog sal, afhangende van die grootte van elkeen se beloning, die een se heerlikheid groter wees as dié van die ander (Feenstra).

Page 207: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

207

So sal die apostel Paulus wat so baie gedoen het in die koninkryk van God ’n groter heerlikheid hê as die misdadiger wat aan die kruis tot bekering gekom het. Niemand sal ’n groter heerlikheid begeer nie, want elkeen sal na sy of haar eie mate so vol wees van die heerlikheid van God dat daar niks kan bykom nie.

Page 208: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

208

Sondag 18 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:1-4; Genesis 4:1-16 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:4

Ware geloof is ware aanbidding van die lewende, onsienlike God!

Kain en Abel het albei plek gehad waar hulle God aanbid het, aangesien albei ’n altaar gehad het waar hulle vir die Here kon offer. Dit is ook duidelik dat hulle ’n spesifieke dag gehad het waarop hulle aan die Here moes offer, aangesien albei op dieselfde dag geoffer het.

Ons lees egter in Genesis 4:4-5 dat die Here slegs Abel se offer aangeneem het. Sou dit wees omdat Abel se offer ’n groter hoeveelheid was? Was Kain se vrugte-offer dan verkeerd? Nee, niks hiervan nie. Abel se offer het iets oor sy geloofshouding gesê. Hy het die eerstelinge, met ander woorde die beste, van sy kleinvee aan die Here gebring. Hy hou hierdie deel van sy kudde nie een-kant vir homself nie, maar maak letterlik ’n opoffering vir die Here.

Hy bied aan God die offer wat God verlang. Sy offer was ’n selfoorgawe en ’n dubbele belydenis: • As sondaar is hy nie werd om homself vir God aan te bid sonder ver-

soening nie. • In die offer van versoening het hy homself werklik aangebied en oorgegee

om God te aanbid en te dien. Wat op die altaar gelê het, was nie bloot ’n offergawe nie, maar Abel se hart. Sy geloof was die offer van homself. Daarom wys die offer van Abel ons na die groot offer van Jesus Christus.

Ware geloof begin by die nederige hart wat erken dat hy sondig is, wat erken dat hy versoening van sy sonde buite homself nodig het, wat erken dat Jesus Christus alleen daardie versoening bewerk. Die ware geloof laat ons die ware offer van Christus omhels en aan God voorhou as versoening van ons sonde.

Abel en ons het nie een fisies die kruisoffer van Christus op Golgota aanskou nie. Die ware geloof laat ons egter sien dat ons die onsienlike God alleen deur die offer van Jesus Christus kan aanbid. Nie ons werke nie, nie ons tradisies en eie, mensgemaakte ideale nie, maar Christus en Christus alleen! Sing: Skrifberyming 14-1:1, 2

Ds. Wilhan Jobse (Jeffreysbaai)

Page 209: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

209

Maandag 19 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:5-6; Genesis 5:18-24 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:5-6

Wandel met God in ware geloof!

Henog het in ’n tyd gelewe waarin die goddeloosheid van Kain se nageslag tot volle krag en boosheid gekom het. Die mense van sy tyd was uiters sleg.

Ons lees egter in Genesis 5:24 dat Henog “naby God geleef” (1983-vertaling) of “met God gewandel” (1933/53-vertaling) het. Dit beteken dat God daagliks deel was van Henog se lewensbestaan en sy doen en late. Met respek gesê, kan ons sê dat Henog vriende met God gemaak het. Hy was met hart en siel aan God verbind, sodat hy gewandel het in die ewige dinge wat God behaag. Hy het in gedurige gebedsgemeenskap met God verkeer. Ja, sy hele lewe was ’n gebedslewe van volkome toewyding aan God.

Henog se wandel met God was nie bloot lippetaal nie, hy het dit ook met die daad in die publiek gewys. Hy was geen stille geloofs-held wat hom eenkant en alleen gehou het nie. Hy het vir die mense van sy tyd gepreek en hulle gewaarsku teen die komende oordeel van God, indien hulle hul nie bekeer nie (vgl. Jud:14, 15). Hy het die publieke lewe opgesoek om daar van die regte van God te getuig. En elke keer wanneer Henog vir sy God, vir ons God, in die openbaar opgestaan het, was dit lewensgevaarlik. Die goddelose geslag van sy tyd kon sy prediking nie verdra nie.

Dit het Henog egter nie van stryk gebring of hom koers laat ver-loor nie. Deur die geloof het hy oor hierdie sigbare wêreld getriom-feer en hy ontvang die heerlike genadeloon van God – hy word weg-geneem sonder om te sterf.

Ons kan tog so maklik afgestomp raak en koers verloor in ons geloof. So maklik neem die wêreldse dinge die kosbare plek van geloof in ons hart. So maklik word al ons tyd in beslag geneem deur Facebook en Twitter dat ons nie meer so getrou saam met God wandel nie.

Skakel vir ’n oomblik daardie slimfoon of tablet af en word stil voor die Here! Sing: Skrifberyming 14-2

Ds. Wilhan Jobse (Jeffreysbaai)

Page 210: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

210

Dinsdag 20 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:7; Genesis 5:29; 6:8-19 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:7

Ware geloof doen gehoorsaam die wil van God!

Noag het grootgeword in ’n tyd waarin die boosheid van die mensdom tot volle krag en vorming gekom het. Dit was so erg dat God, wat die mens as kroon van die skepping en sy gelykenis gemaak het, bedroef was dat Hy die mens gemaak het (vgl. Gen. 6:5-6).

In die midde van hierdie boosheid was daar egter een begenadigde, een regverdige en een opregte man, Noag. God het tot die punt gekom waar Hy die boosheid van die mensdom nie meer langer kon verdra nie en besluit om die aarde te reinig deur die mens daarvan af weg te vee. Noag ontvang die opdrag om ’n ark te bou, sodat hy en sy huisgesin en ook twee soorte van elke diere- en voëlspesie gered kan word. Noag het moontlik in Mesopotamië gewoon, ver van enige oseaan of groot meer. Hy het dus ’n ark op droë grond gebou, wat vir die menslike logika nie sin maak nie.

Die ware geloof bevraagteken egter nie God se wil nie, maar gehoorsaam Hom onmiddellik. Vir 120 jaar, sonder enige kennis in seevaart en skeepsbou, sonder mannekrag of die moderne masjinerie van vandag, doen Noag gehoorsaam die wil van God en bou die ark. Elke hamerslag aan die ark was egter ’n oproep tot bekering vir die bose geslag van Noag se tyd.

Wanneer die sondvloed kom, is die ark tot seën van Noag en sy huisgesin, omdat hy God gehoorsaam het. Vir die bose, ongehoor-same geslag is dit egter die oordeel van God.

Ons lewe in ’n tyd en land waar die mens se eiewilligheid en ongehoor-saamheid van kwaad tot erger gaan. Sonder dat ons dit altyd besef, ontstaan die versoeking ook by jou en my om self ’n bietjie die wet en orde te buig. “Ek kan maar oor die stopstraat jaag, want niemand stop in elk geval daar nie.”

Die ware geloof doen egter altyd gehoorsaam die wil van God, al is ons land en wêreld op sy kop. Sing: Skrifberyming 14-3:1, 3

Ds. Wilhan Jobse (Jeffreysbaai)

Page 211: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

211

Woensdag 21 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:8-19 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:13

Die vaste geloof van ’n vreemdeling op aarde

Abraham en Sara is bekende figure uit die Ou Testament, maar hulle geloof dien tot ’n besondere versterking vir die kerk van die Nuwe Testament. Die Here het hom uit sy ouerhuis uitgeroep met die belofte dat Hy ’n groot nageslag sal ontvang en ’n land om in te woon. Tog is dit besonders dat Abraham nooit ’n stukkie grond in Kanaän gekoop het nie, behalwe die grafte by Magpela. Hy het gesterwe sonder om self die land van die belofte in te neem, maar hulle het dit in die verte gesien en geglo en begroet.

In die eerste vers van Hebreërs 11 word die definisie van geloof gestel as die vaste vertroue op die dinge wat ons hoop en die bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Abraham het die beloftes van die verbond in die verte gesien en geglo. Hy het ’n uitsig gehad op die vervulling van die beloftes van ’n nageslag en ’n nuwe beloofde land wat in Christus sal realiseer. As vreem-deling en pelgrim op hierdie aarde het hy in die verte gesien en geglo dat ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde die vervulling van al God se beloftes is.

’n Volksdigter verwoord ons vreemdelingskap op hierdie aarde en in hierdie wêreld met die woorde: “die wêreld is ons woning nie.” Ons voel dik-wels vreemd in ’n wêreld waar morele verval, korrupsie en misdaad hoogty vier, maar deur die geloof kan ons weet dat ons in die verte kan sien en glo en begroet dat ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde ons deel sal wees.

Terwyl ons hierdie hoop het, kan ons nou in dankbare, gehoorsame diens-baarheid leef om God se Naam te verheerlik. So sal die regverdige hier en in die ewigheid deur die geloof lewe. Sing: Psalm 105:1, 7 (1936)

Ds. Christiaan Jooste (Waterberg)

Page 212: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

212

Donderdag 22 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:20-22 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:22

Ryke seëninge deur die geloof

Die gawe van ’n nageslag soos die sterre van die hemele en die sand van die see is een van die wonderlike beloftes van die Here aan Abraham. In die volgende voorbeeld van ’n lewe in en deur die geloof word die fokus ingestel op die seëninge wat deur die geloof vir Isak, Jakob en Josef toebedeel word.

Om hulle te seën, beteken dat die guns en die goedheid van die Here aan die kinders toegewens word. In die vroeë geskiedenis van die aartsvaders was dit gebruiklik dat die seën saam met die erfporsie aan die kinders toegedeel is. Die oudste kinders het gewoonlik die dubbele deel van die seën ontvang. Hierin was die groot genade duidelik, want die seëninge wat die Here aan die ouers gegee het, word verder aan hulle kinders oorgedra.

Die seëninge wat die Here aan Abraham belowe het, het voortgegaan na Isak en van Isak na Jakob en Esau. Jakob het dit nie verdien nie, en Esau het dit geminag, maar tog is dit die weg waarlangs die Here dit aan sy volk gegee het. Van Jakob is die seëninge biddend vir die kinders van Josef gegee, en Josef het vasgegryp aan die seëninge met die bevel dat sy beendere in die Beloofde Land, die land van die seëninge, begrawe moet word.

Deur die versoeningswerk van Christus het ons die grootste seën van ons Vader ontvang, maar nou kan ons as ouers ook ons kinders seën. Tog kan hierdie seën net langs die weg van die geloof na ons kinders oorgedra word. Deur die geloof kan ons vasgryp aan die seën van God se versorging en beskikking in ons lewe, terwyl ons kinders die getuienis van ons geloof kan sien. So is dit ook vir hulle tot ’n ryke seën. Sing: Psalm 78:1, 4 (1936)

Ds. Christiaan Jooste (Waterberg)

Page 213: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

213

Vrydag 23 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:23-28 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:24-25

Die besluit van die geloof

“Die regverdige sal deur die geloof lewe”, is die openbaring van God dat Hy alles in Christus gedoen het en dat ons niks kan doen ter wille van ons saligheid nie. Die lewe wat ons deur die geloof ontvang, is die gawe van die Heilige Gees. Ons kan nie self tot geloof kom nie, en ons kan nie uit onsself volhard in die geloof nie. Tog staan ons nie passief in die geloof nie. Dit is die geloof in Christus wat ons lewe en ons lewensbesluite rig.

Die volgende voorbeeld van die implikasies van die geloof neem die Hebreërskrywer uit die lewe van Moses. In hulle geskiedenis was Moses im-mers een van die bekendste figure. Hy het hulle uit Egipte gelei. Onder sy leiding het hulle 40 jaar in die woestyn geleef en eindelik tot op die rand van die beloofde land gekom. Hy het op die berg Sinai die wet van die Here in ontvangs geneem. Tog was dit nie alles uit homself nie. Hy het ook deur die geloof opgetree en geleef. Deur die geloof het hy ’n bepaalde keuse gemaak. Hy het verkies om nie die seun van die farao genoem te word nie, maar om liewer sleg behandel te word saam met sy volk. Hy het deur die geloof teen die sonde en teen die wêreld gekies, maar vir sy volk. Hy het teen die gemak van die koningshuis gekies, en vir die sware roeping om sy eie mense uit Egipte te lei.

In Moses sien ons die teëbeeld van Christus wat sy Goddelike heerlikheid vir ’n oomblik afgelê het en die gestalte van ’n mens aangeneem het. Hy het mens geword en het as Kneg vir ons gely. Die Vader het Hom nie daarin ge-dwing nie, maar God die Seun het so besluit.

As kinders van God wat deur die geloof leef, word ons nou gedring om daagliks te besin oor wat ons verkies. Ons moet besluit of ons vir die wêreld of vir die koninkryk sal leef. ’n Lewe in God se koninkryk beteken dikwels benoudheid, verdrukking en vervolging. Ná die verdrukking kan ons egter die prys in besit neem wat Christus vir ons verwerf het. Sing: Psalm 34:1, 2

Ds. Christiaan Jooste (Waterberg)

Page 214: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

214

Saterdag 24 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:23-31 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:30, 31

Geloof besorg aan ’n nie-Joode ’n plek in God se plan

Vra die Here net geloof van ons, of verwag Hy meer? Geloof is onont-beerlik, maar is nooit steriel nie. Geloof vat grond in my lewenspraktyk.

Ragab, ’n nie-Jood, se naam in die ry geloofshelde is ’n groot verrassing. Daarby was sy ook ’n prostituut – iemand wat nie in die volk van die heilige God gepas het nie.

Tog … tydens sy aardse bediening is Jesus se dissipels verwyt dat hulle Meester saam met tollenaars en sondaars eet (Matt. 9:10, 11). Jesus het by geleentheid gesê dat tollenaars en prostitute wat die boodskap van Johannes geglo het, eerder as Jode die koninkryk van God sou ingaan (Matt. 21:31, 32).

Ragab was ’n prostituut wat geglo het. In geloof het sy haar doelbewus losgemaak van die ongehoorsames in die stad Jerigo. In lewensgevaar het sy die Israelitiese spioene in vrede ontvang en in haar huis versteek. Voordat sy hulle vrygelaat het, het sy haar geloof bely en hulle versoek om haar en haar mense se lewens te spaar (Jos. 2:11, 12).

Ragab en haar mense het oorleef. Haar geloofsdaad het tot haar vryspraak gelei (Jak. 2:25). Sy het ook ingrypend verander: sy is opgeneem in die volk wat God vir Hom afgesonder het. Haar naam kom selfs in Jesus se geslags-register voor (Matt. 1:5). God het haar ’n plek in sy plan gegee om sondaars soos sy te verlos.

Ook ons geloof moet dade word. Te midde van die afval moet ons vas in die geloof bly staan, as mense wat God in sy genade ingrypend verander het. Sing: Psalm 13-2:3 / Psalm 13-1:5

Ds. JH (Johan) Jordaan (Vereeniging)

Page 215: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

215

Sondag 25 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:29-40 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:32-38

Veel vermag en veel gely deur die geloof

Het ware geloof altyd net positiewe gevolge? Die gelowige beleef wel positiewe resultate, maar swaarkry en teenslae tref hom ook.

Drie groepe bekende gelowiges het positiewe resultate beleef. Daar was egter selfs op die enkele terrein van oorlog onverklaarbare verskille. In die val van die mure van Jerigo en die oorwinning van Gideon en sy bende het menslike inset bykans geen rol gespeel nie. Dawid en sy leër moes weer dap-per vir hulle oorwinnings veg. In sy finale geveg het Simson sy lewe verloor (Rigt. 16:30).

Elke keer het die Here se ingrype positiewe gevolge gehad. Gee jy die Here die eer vir die positiewe wat jy ervaar?

Die prentjie in verse 35b tot 38 is heeltemal anders: Gelowiges is selfs vervolg juis omdat hulle glo. Dit klop met Jesus se eis van selfverloëning en die opneem van die kruis van iemand wat Hom wil volg (Matt. 16:24). Is jy gereed om te glo, al word jy vervolg?

Vir almal wat glo, is die afloop altyd positief. Die Here laat alles vir ons ten goede meewerk. Ons weet Hy het sy Seun vir ons gegee. Saam met Hom gee Hy ons alles in genade (Rom. 8:28, 32).

Wat ons omstandighede ook al is, die hoofsaak is en bly: Bly glo, volhard in die krag en die geloof wat die Heilige Gees gee, staan vas in vertroue dat die Here altyd woord hou, altyd sy doel bereik. Ons sal dit as volledige werklikheid ervaar wanneer Jesus Christus weer kom. Sing: Skrifberyming 14-2

Ds. JH (Johan) Jordaan (Vereeniging)

Page 216: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

216

Maandag 26 Junie Skrifgedeelte: Hebreërs 11:29-40 Fokusgedeelte: Hebreërs 11:39-40

Leef enduit in geloof

Wag op iets is altyd moeilik. Wagtyd is vol onsekerheid. Die begunstigde in ’n testament weet die testamentmaker kan van gedagte verander. Hy moet wag vir die testamentmaker se dood.

As testamentmaker is God anders as mense. Hy gaan nie dood nie. Hy ver-ander ook nie langs die pad van gedagte nie. Hy het sy beloftes in sy testament bekendgemaak. Abraham en almal wat soos hy glo, is as erfgename benoem. Sy groot belofte was: Die Messias kom.

Al getuig die Skrif van die geloof en geloofshandelinge van die gelowiges van die Ou Testament, moes hulle vir die vervulling van hierdie groot belofte wag (Heb. 11:39). Vir hulle wag was daar goeie rede: … omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie (Heb. 11:40).

As die mense van die Ou Testament in geloof en vertroue volhard het, het ek en jy in die era ná die koms van Christus en die Heilige Gees soveel groter rede om in geloof en vertroue te volhard.

Stel jou die vreugde in die hemel voor toe die Messias wat God aan hulle beloof het, as mens gebore is. Hoor jy hoe die gejuig ’n crescendo bereik het toe Hy ná sy kruisdood opgestaan het? Sien jy die oneindige vreugde van die skare gelowiges van die ou bedeling toe Hy ná voltooiing van sy aardse bedie-ning in die hemel opgeneem is? Watter rede tot intense vreugde in die hemel en op die aarde! Sing: Skrifberyming 14-1:1, 2

Ds. JH (Johan) Jordaan (Vereeniging)

Page 217: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

217

Dinsdag 27 Junie Skrifgedeelte: Johannes 1:1-18 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Johannes 1:14

Jesus Christus maak ’n verhouding met God moontlik, vir jou!

As jy voel jou verhouding met God wankel, roep Johannes 1:14 ons op om te konsentreer op Jesus se –

1 … menswording … - “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.” Die ewige Seun van God het mens geword (letterlik: “vleis” geword). Hy was ’n mens met vleis, bene, vel en hare, ’n mens wat honger was, seerge-kry het en gehuil het. God is nie ver nie. Hy verstaan ons swakheid, probleme en pyn.

2 … sy Godheid … - “Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het …” Jesus het die heerlikheid van God geopenbaar. Eksodus 33 sê dat niemand die heerlikheid van God kan sien en lewe nie, maar die mense kon God deur Jesus sien. Hy het wonders gedoen, opgestaan uit die dood en opgevaar na die hemel. Waar die heerlikheid van God die dood sou bring, bring Jesus se openbaring van God se heerlikheid die ewige lewe. God wat mens geword het, het ook God gebly. Hy troos in hart-seer en pyn deur sy Gees, maar bring ook uitkoms as almagtige!

3 … en die inhoud van sy openbaring! - Vers 14 sluit af met die woorde: “… vol genade en waarheid.” God openbaar Hom deur Jesus. Die openbaring word saamgevat in die woorde “genade en waarheid”. God het ons sonde vergewe op grond van die werk van Christus. Ons verdien niks nie. Genade kan egter nie sonder waarheid bestaan nie. God stel steeds eise en verwag gehoorsaamheid. Omdat ons genade ervaar, moet ons dankbaar wees en waar-heid nastreef. Ons moet die waarheid in die Woord soek, verstaan en uitleef. Ons moet gelei word deur die Gees en waarheid, sodat ons nie die nuwe ver-houding met God verbreek nie. Sing: Skrifberyming 5:1, 2

Ds AP (Alwyn) Tredoux (Kemptonpark-Noord)

Page 218: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

218

Woensdag 28 Junie Skrifgedeelte: Efesiërs 3:1-13 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Efesiërs 3:5, 9

Ons as gelowiges is deel van God se verborge plan

In Efesiërs 3 deel Paulus met die gemeente in Efese die besonderse roeping wat hy ontvang het ter wille van die gelowiges onder die heidene, die nie-Jode. Deur die openbaring van God aan Hom (3:2; sien Hand. 22:17 ens.) is die verborgenheid (mysterion, vs 5 en 9) aan Hom bekendgemaak. En wat is hierdie verborgenheid wat nou bekend gemaak word? Dat “die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie”.

Hierdie spesifieke deel van die raadsplan van God (1:9), wat deur die Ou Testament nog net voorspel is (bv. Gen. 12:3; Ps. 87; Jes. 2:2-4), word “nou” geopenbaar in die eerste eeu (vs 5). Hierdie “verborgenheid” is God se raads-plan om in die volheid van die tyd alles en al sy kinders onder een hoof in en deur Christus te verenig tot lof van sy grote Naam, in Hom uitverkies … voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees” (1:4). Dit is die evangelie, die wonderlike nuus wat Paulus met die gelowiges in Efese deel, gelowiges uit die nie-Joodse volke. Maar nie net vir hulle nie, vir elke gelowige onder elke volk en stam en nasie is dit goeie nuus. Ook vir ons as gelowiges uit ’n nie-Joodse volk, die Afrikanervolk, dat so ’n groot genade ook aan ons bewys is. Ook ons as gelowiges is deel van God se verborge plan, wat nou geopenbaar word in die geskiedenis.

Dit beteken egter ook dat ons in ons land en die wêreld moet uitgaan om die goeie nuus te verkondig dat die “verborge” plan van God in vervulling ge-gaan het en dat alle gelowiges onder elke volk, stam, taal en nasie, nou saam mede-erfgename is in Christus. Sing: Psalm 87:1-5 (1936)

Ds S (Slabbert) le Cornu (Carletonville)

Page 219: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

219

Donderdag 29 Junie Skrifgedeelte: Matteus 28:16-20 Fokusgedeelte: Matteus 28:16-20

Die Groot Opdrag!

Wat is die taak van die kerk? Van jou gemeente? Jou taak? Is dit om funk-sies of basaars te reël? Om sosiale geleenthede vir verskillende groepe aan te bied? Om die wonderlike evangelie van verlossing in Christus net vir jouself te hou? Nee. Luister wat sê Christus is die opdrag van die kerk en kyk ook hoe Hy die opdrag gee. Eers kry die dissipels ’n versekering, daarna die opdrag en dan weer ’n versekering.

Die eerste versekering en gerusstelling aan die dissipels is: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.” Alle mag behoort aan Jesus Christus. Hy regeer oral, nie net op sekere terreine van die lewe nie, maar oral – in die hemel en op aarde. Hy het beheer oor alles en almal, selfs oor die duiwel. As Christus die opdrag gee, sê Hy dat dit nie uit ons eie krag moet en kan gedoen word nie. Wat is die opdrag? Kyk na die werkwoorde: “gaan”, “maak”, “doop” en “leer”.

• Gaan! (1953-vertaling: “Gaan dan heen …”) Daar staan nie: “Kom hierheen!” nie. Waarheen moet die dissipels gaan? Na al die nasies toe. Na alle mense toe.

• Maak! Wat moet gemaak word? Maak dissipels/gelowiges/navolgers van Christus. Hoe? Deur die Woord te verkondig.

• Doop! Wie moet gedoop word? Hulle wat tot geloof in Christus gekom het. Laat hulle die teken van die verbond ontvang.

• Leer! Wat moet geleer word en wie moet geleer word? Leer hulle, die jong bekeerdes, om alles te onderhou wat Christus geleer het. Leer hulle om nie hoorders nie, maar daders van die Woord te wees.

Die tweede versekering is dat jou gemeente/jy nooit alleen sal wees nie. Onthou dat Christus altyd by julle is en deur sy Heilige Gees in jou is, vir ewig. Sonder Jesus Christus kan ons niks doen nie. Gelukkig hóéf ons niks sonder Christus te doen nie.

Leef jy, jou gemeente, die groot opdrag uit? Sing: Psalm 100:1-4

Dagstukkie Almanak 2006

Page 220: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

220

Vrydag 30 Junie Skrifgedeelte: Johannes 6:47-59 Fokusgedeelte: Johannes 6:53-54

Glo en jy sal lewe!

Dit was die dag nadat Jesus meer as 5 000 mense met vyf brode en twee vissies gevoed het. Van oraloor daag daar mense op om hierdie profeet van wonderwerke te kom ontmoet. Ons hoor egter die hartseer in Jesus se woorde: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet het en versadig geword het.

Stap vir stap leer Jesus hulle nou om dieper te kyk as bloot die versadiging van hulle honger, om Hom in die geloof as die Brood van die lewe te sien. Aardse brood, soos die manna in die woestyn aan hulle voorouers, stil net jou honger, maar as jy in Jesus Christus die Verlosser en Redder van sonde raaksien, stil jou onrustigheid en onsekerheid in ’n aardse lewe, dit bied jou die sekerheid en vrede van ’n ewige lewe.

Jesus roep hulle op tot geloof. As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie. Verre-gaande om dit letterlik te wil verstaan, vrymakend om dit in geloof te begryp. Aan die kruis gee Hy sy liggaam en bloed, sy lewe, om ons lewens vry te maak van sonde en die ewige dood, om ons lewens te vul met die opstanding tot ’n ewige lewe.

Aardse brood stil net jou honger, geloof in Jesus Christus as die Brood van die lewe stil jou honger na vrede en rus by God. Geloof in Jesus Christus se offer van sy liggaam en bloed aan die kruis laat jou by die onrus, die twyfel, en die onsekerheid van hierdie lewe verby-kyk na die heerlikheid van ’n ewige lewe by God. Sing: Skrifberyming 2-4:3

Ds. WGM (Willem) Kotze (Rooihuiskraal)

Page 221: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

221

Page 222: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

222

Saterdag 1 Julie Skrifgedeelte: Matteus 7:15-23 Fokusgedeelte: Matteus 7:18

Aan jou vrugte word jy geken!

Jesus was nogal hard op die Fariseërs! Hoekom? Omdat hulle mense onder die indruk gelaat het dat hulle op die smal pad is, maar eintlik met die breë pad op pad is na die verderf (Matt. 7:13-14). Die Fariseërs was vals profete! Die probleem met vals profete is dat hulle altyd so goed oorkom. Hulle oorreed jou met “logika”, met sjarme, met mooi filosofieë (sien 1 Kor. 1:20vv.). Hulle laat jou nie noodwendig aan God twyfel nie, maar aan mens se verstaan van God en sy openbaring. Geen wonder nie dat vals profete in Openbaring 13:11 en verder as die dier uit die aarde geteken word, wat “ho-rings soos ’n lam s’n gehad het”. Dit lyk mak, maar as dit praat, is dit die draak se praat wat uitkom! Dit is die wolf in skaapsklere wat in die skaapkraal inkom en daar die skape verskeur. Vals profete vat jou weg van die ortodoksie, dit wil sê die beproefde en algemeen-aanvaarde waarhede in God se Woord. Hulle sê “Here, Here”, maar erken Jesus nie as Here nie. As dit dan enigsins moeilik is om te weet of ‘n profeet Jesus net met die mond bely, sê Jesus: Kyk na die profeet se dade. Kyk na sy lewe, sy doen en late. Die ware profeet vertoon die vrug van die Gees (Gal. 5:22, 23). Hierdie vrug, weet ons, het te make met jou verhouding met God (liefde, vreugde, vrede), jou optrede teenoor jou naaste (geduld, vriendelikheid, goedhartigheid) en jou eie karakter of inbors (getrouheid, nederigheid en selfbeheersing). Ons noem hierdie gehoorsaamheid aan God “ortopraksie”. Om God se wil te doen soos dit bekend is, geopenbaar is. Hierdie gehoorsaamheid is nie iets wat die lig op jouself laat val nie, maar op God. As dit bedoel is as iets wat die mense oor jóú moet laat “ooeee” en “ahhh”, het jy jou loon op aarde reeds weg (Matt. 6). Die dryf na gehoo-saamheid is egter juis geleë in die bewustheid van God se liefde vir ons! Daar-om leef dissipels, wat op die smal weg is, in lyn met God se wil.

Dink vandag hieroor: Is ek besig om myself te voed met die ortodoksie sodat ek ortoprakties kan leef? Watter profete laat ek in my lewe toe?

Bid vandag hieroor: Gee my die vrug van die Gees, o Here! Sing: Skrifberyming 15-1:2, 4

Dr. AJ (Braam) Krüger (Benoni)

Page 223: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

223

Sondag 2 Julie Skrifgedeelte: Matteus 5:13-20 Fokusgedeelte: Matteus 5:16

Wees sout en lig, tot God se eer

Sout gee beide smaak en keer verrotting. Op dieselfde manier is dissipels van Jesus veronderstel om ‘n positiewe invloed op die wêreld te hê. Dit is Christene wat aan die wêreld moet wys hoe ware vrede te vinde is en hoe om só te leef dat hierdie wêreld nie verrot en te gronde gaan vanweë onreg en goddeloosheid nie.

Lig het weer die uitwerking dat dit iets sigbaar maak. As iets in die donker was en dit word belig, dan kan almal dit waarneem. Op dieselfde wyse moet dissipels iets sigbaar maak. Watter “iets”? Eenvoudig: God in en deur Jesus Christus.

In vers 17 sê Jesus dat Hy nie die wet “afskaf” (BDV) nie, maar “vervul” of “sy volle betekenis” (1983-vertaling) kom gee. In Johan-nes 13:34 sê Jesus egter: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod …” Dit is die ou wet, maar met ‘n nuwe perspektief: “… julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.” En dit is wat dissipels aan die lig moet bring: Jesus se liefde! Dit is Jesus se liefde wat smaak gee aan die lewe en keer dat die wêreld vrot word!

Meeste gelowiges weet dat ons hiertoe geroep is. Is dit egter nie verskriklik moeilik om te doen nie? Ja, meeste van ons sukkel nogal hiermee! In Nehemia 3 lees ons van die muur rondom Jerusalem wat ná Juda se terugkeer uit bal-lingskap herbou is. Elke familie het die muur rég voor sy huis gebou. As mens dink aan “sout” en “lig” wees, lyk dit soms onuitvoerbaar. Maar as ons elkeen rég voor ons sout gooi, rég voor ons lig maak, doen elkeen sy deel en bring ons ’n verandering in hierdie wêreld te weeg.

Dink vandag hieroor: Die Roomse Kerk het gedink die wêreld is só korrup dat dit beter is om in kloosters te gaan wegkruip. Dissipels is egter geroep om uit te beweeg. Doen ons dit? Ons, die kerk in Suid-Afrika?

Bid vandag hieroor: Gee my krag en moed om sout en lig te wees, o Here! Sing: Skrifberyming 14-1:1

Dr. AJ (Braam) Krüger (Benoni)

Page 224: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

224

Maandag 3 Julie Skrifgedeelte: Handelinge 10:34-43 Fokusgedeelte: Handelinge 10:38

Doen soos Jesus gedoen het

Een van die gevaarlikste misverstande oor Jesus is dat Hy slegs ’n goeie voorbeeld is. ’n Navolgenswaardige persoon, wat liefde, kompassie en etiese waardes aan die mens kom leer het. Dan is Hy ’n leermeester soos baie ander. Dit is onder andere hoe Islam oor Jesus dink. As jy op hierdie manier oor Jesus dink, dan is Christenskap bloot ’n waardesisteem, dikwels nogal een wat kultuurgebonde is. Jesus het egter in die eerste plek iets anders kom doen. Hy het kom sterf deur aan ’n kruis te hang (Hand. 10:39). God het Hom ook uit die dood opgewek sodat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes ont-vang (vs 40, 43). Op hierdie wyse word sondaars met God versoen. Om jou-self “Christen” te noem, beteken bo alles dat jy Jesus erken as “Here” (vs 36). Dit is die Een wat jou gekoop het om vir ewig God se kind te wees. Volgens vers 35 is so iemand ’n persoon wat God vereer. Die 1933-vertaling sê: “… Hom vrees …” Vrees is nie bang wees nie, maar heilige respek. Jesus is nie (net) voorbeeld nie, maar Hy is Verlosser wat ons leer om God te respekteer (vrees). Vers 35 sê egter ook: “… en doen wat reg is.” Ja, Jesus is óók ’n voorbeeld! Omdat ons met God versoen is, loop ons in die voetspore van Jesus. Iemand het gesê: Jy loop só naby Hom dat die stof wat sy voete maak, as’t ware op jóú kom lê! Jy doen wat Jesus gedoen het, jy leef in navolging van die Meester, en “Hy het rondgegaan (en) oral goeie werke gedoen …” (vs 38). Hierdie tipe doen is onlosmaaklik deel van ’n Christen se lewe. Dit be-teken hom/haar as dissipel in die ware sin van die woord. Jesus self sê: “Ek was honger … dors … naak” en julle versorg my in soverre julle dit aan die geringstes doen! (Vgl. Matt. 25:31-46.)

Dink vandag hieroor: Die Here Jesus versoen my met God, en dáárom leef ek ‘n nuwe lewe. Is ek waarlik intensioneel (met voorbedagte rade, kan mens sê) besig om Jesus se hande en voete in hierdie wêreld te wees?

Bid vandag hieroor: Gee my, o Here, die genade van u Heilige Gees wat my oortuig en lei om dié dade te doen wat Jesus in hierdie lewe sigbaar maak! Sing: Psalm 25:2 (1936)

Dr. AJ (Braam) Krüger (Benoni)

Page 225: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

225

Dinsdag 4 Julie Skrifgedeelte: Kolossense 1:3–14 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Kolossense 1:9–10

Die regte kennis moet lei tot die regte lewenswyse

Paulus is in die tronk in Rome. Een van sy medewerkers, Epafras, het vir hom goeie nuus gebring oor die gelowiges in die stad Kolosse. Epafras het vertel van hulle geloof (1:4) en “die hoop wat vir hulle weggelê is in die hemele” (1:5) en hulle liefde (1:8). Hierdie goeie nuus bring Paulus op sy knieë. Hy dank God (1:3) vir die goeie berigte oor die gelowiges in Kolosse.

Let op: Paulus begin nie om die gelowige te prys oor dié mooi dinge nie. Al die mooi dinge wat gelowiges doen, is maar net die bewyse van God se genade wat in ons werk! Daarom moet Hy altyd geprys word oor die mooi dinge wat jy elke dag doen!

‘n Gelowige mag egter nie vassteek by ’n klompie mooi dinge wat jy reeds doen nie. Jy moet altyd aanhou groei in die goeie dinge wat jy doen. Dit moet elke dag méér word. Daarom bid Paulus dat die gelowiges “vervul mag word met die kennis van sy (God se) wil in alle wysheid en geestelike insig” (1:9). Hierdie “vervul mag word met die kennis” van God se wil móét duideliker sigbaar word. Daarom die bede dat gelowiges “waardiglik voor die Here mag wandel” en dat ons in “elke goeie werk vrug mag dra” (1:10).

So bid Paulus dat gelowiges wat deur die genade van die Heilige Gees die regte kennis van God se wil verkry, ook hierdie kennis sigbaar sal gebruik deur op die regte manier te lewe. Die regte kennis van God se wil móét im-mers die regte lewenswyse tot gevolg hê. Sing: Psalm 25:2, 6 (1936)

Ds. AP (Abraham) Krüger (Welkom/Virginia/Bothaville)

Page 226: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

226

Woensdag 5 Julie Skrifgedeelte: Jeremia 17:1-8; Psalm 1 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Jeremia 17:8

Gelowiges hou nie op om vrugte te dra nie!

Die bekende Psalm 1 wys op twee paaie wat ’n mens met jou lewenswyse kan volg. Daar is die pad van die regverdiges of gelowiges, en die pad van die goddeloses of ongelowiges.

Albei hierdie paaie het gevolge. Die pad van die gelowige het goeie gevolge en die pad van die ongelowige het slegte gevolge. Tragies dat die volk van die HERE, Juda, die slegte pad gevolg het! Hulle sonde is onuitwisbaar in hulle eie harte uitgekrap. Dit het onweerlegbaar duidelik geword in hulle godsdiens (17:1, 2) en ook in hulle lewe – hulle vertrou op mense (17:5) en nie op die HERE nie.

Daarom sal die HERE hulle in die hand van hulle vyande oorgee (17:4). Juda het die straf van die HERE oor hulleself gebring. Hulle het nutteloos geword soos ’n kaal en droë bossie in die woestyn (17:6). Hulle het geword “soos kaf wat die wind verstrooi” (Ps. 1:4) – soos ongelowiges!

Aan die ander kant – gelowiges se lewe is geseënd. Hulle gebruik hulle hele lewe om hulle vertroue op die HERE sigbaar te maak (17:7). Gelowiges dra vrugte van gehoorsame diens aan Hom. Gelowiges is vir Hom soos nuttige bome “wat by water geplant is” (17:8; Ps. 1:3).

Daarom dra gelowiges vrugte en hou aan vrugte dra – elke dag van hulle lewe!

Ons moet die beeld goed begryp: Ons (gelowiges) kán net vrugte dra om-dat God ons by die waterstrome van sy genade geplant het. Hy het ons deur Christus losgekoop uit die woestyn van ons sonde. Deur die Heilige Gees het Hy ons in die vrugbare grond van sy genade ingeplant.

Daarom kán ons nie anders nie – en deur die genade van die Heilige Gees wil ons ook nie anders nie – ons kán en wíl nie ophou om tot sy eer vrugte te dra nie. Ons kán en wíl daarmee aanhou – elke dag en heeldag en tot in ewigheid! Sing: Psalm 92:6, 7 (1936)

Ds. AP (Abraham) Krüger (Welkom/Virginia/Bothaville)

Page 227: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

227

Donderdag 6 Julie Skrifgedeelte: Matteus 3:1-12 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Matteus 3:8

Dra vrugte wat wys dat jy bekeer is

Mense was aangegryp deur die preek van Johannes die Doper! Sy preek was baie eenvoudig: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom” (3:2). Vir die Jode het dit beteken dat die beloofde Messias – die Verlosser – gekom het. Hulle het verwag dat Hy hulle sal verlos uit die mag van die Romeine.

Daarom kom hulle in groot getalle na Johannes toe. Hulle bely hulle sonde, belowe bekering en laat hulle doop. Almal was egter nie ernstig met hulle bekering nie, baie het geringe aanpassings aan hulle lewe gemaak. So het hulle probeer “om te vlug vir die toorn wat aan die kom is” (3:7). Hulle het gedink dat dit genoeg is om uit hulle geslagsregister aan te wys dat hulle die nageslag van Abraham is (3:9). As hulle bekering beloof en hulle afkoms van Abraham kan wys, dan is hulle veilig!

Johannes stamp egter hulle kaartehuisie om! “Dra vrugte wat by die bekering pas”! Bekering beteken nie om so hier en daar ‘n paar aanpassings aan jou lewe en lewenswyse te maak nie; bekering is verandering van jou hele lewe en lewenswyse. Jy skeur sonde uit jou lewe uit en jy hou elke dag daar-mee aan. En ook: Jy doen elke dag met volle oorgawe net dit wat God in sy Woord van jou eis. Jy wys met jou hele lewe en lewenswyse dat jy jou elke dag bekeer!

Hoe gaan jy vandag wys dat jy bekeer is en dat jy aanhou om jou te bekeer? Sing: Psalm 138:1, 2 (1936)

Ds. AP (Abraham) Krüger (Welkom/Virginia/Bothaville)

Page 228: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

228

Vrydag 7 Julie Skrifgedeelte: Johannes 15 Fokusgedeelte: Johannes 15:11

Ware en volkome blydskap kom van binne

Wat maak my regtig bly in hierdie lewe? Hierop sal ons seker uiteen-lopende antwoorde kry. Meestal sal ons die antwoorde soek vanuit die per-spektief van ons aardse lewenservarings, byvoorbeeld dat ons iets moet ontvang, soos ’n groot geskenk, of dat iets goeds met ons of ons geliefdes moet gebeur. Ja, sekerlik sal sulke dinge buite ons ons bly maak. Die Here wil dat ons in hierdie gedeelte leer dat volkome blydskap nie deur omstandighede buite ons kom nie, maar dat dit iets is wat van binne kom. Dinge buite ons, soos gebeurtenisse wat beproewings en slegte nuus vir ons bring, kan juis ons blydskap wegneem. Die gevolg is dat ons ’n strak, onvriendelike en selfs kwaai gesig na buite vertoon.

Jesus sê die woorde in die fokusgedeelte juis vir die dissipels toe hulle hart-seer was omdat Hy sou weggaan. Hulle moet hulle blydskap innerlik in hulle geloof vind, nie in uiterlike gebeurtenisse nie. Hy sal hulle ’n ander Trooster stuur, naamlik die Heilige Gees.

Wat die gedeelte vooraf gaan, is belangrik. In vers 9 en 10 staan twee dinge. Eerstens, soos die Vader Christus liefhet, so het Christus ons lief. Ons moet in sy liefde bly. Tweedens moet ons Christus se opdragte uitvoer, soos Christus die opdragte van sy Vader gehoorsaam het. As ons dit doen, sal ons in sy liefde bly en as vrug van ons gehoorsaamheid (fokusgedeelte), sal Christus se blydskap in ons wees en ons blydskap sal volkome wees.

Ons kan en moet dus innerlike vrede en blydskap in Christus soek, al is ons omstandighede hoe hartseer. Ons leef ook elke dag met die Trooster, naamlik die Heilige Gees – vir die seer hart, in die seer hart. Glo dit! Sing: Psalm 31:1, 5, 15

Ds. LJ (Louis) Buys (Benoni)

Page 229: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

229

Saterdag 8 Julie Skrifgedeelte: Jakobus 1 Fokusgedeelte: Jakobus 1:19-27

Woede – hoe oorwin ek dit?

Oplossing Hoe breek ek los uit die greep wat woede op my het? Dit help nie dat ek

my net oor en oor daaraan herinner om nie meer woedend te word nie! Ek moet begin by die wortel van die probleem, naamlik dat ek die leuen

glo dat woede vir my sekuriteit gee. Woede bring geen langtermyn oplossing of sekuriteit nie. Die enigste ware en blywende sekuriteit vir ‘n mens is die wete dat Jesus vir jou sonde betaal het. Deur in Hom te glo, mag jy verseker weet dat God jou Vader is. Hy het jou aanvaar soos jy is, maar wil nie hê dat jy sal bly soos jy is nie. Jy mag weet dat God se Gees in jou woon om jou te lei en dat Hy jou wysheid en krag sal gee om plofbare situasies te hanteer. Wanneer jy in ‘n situasie beland wat jou gewoonlik in woede laat uitbars, kan jy net jou beste gee en God vertrou om die oplossing te bewerk. Wanneer jy bedreig voel deur die situasie of deur iemand, sal die wete van God se liefde en aanvaarding vir jou rustigheid bring. Omdat God jou liefhet, kan jy volkome veilig voel. Vanuit hierdie sekerheid kan jy ander begin dien.

So kry jy beheer oor jou lewe Teenoor die onbeheerstheid en hardheid van woede, stel die Here die

liefde. God vra eerder van ons om ander wat magteloos is, te help (Jak. 1:27). Ek moet my nie verskans nie, nie net op mý versorging konsentreer nie, maar my op ander toespits, sonder om iets terug te verwag. Ek moet bereid wees om ander (soos die weduwees en wese) te help wat my waarskynlik nie daarvoor kan vergoed nie. • Ek moet bereid wees om die beheer van my lewe aan God oor te gee • Ek staan voor God en luister wat Hy vir my sê – ek neem sy Woord met

ootmoed aan (bereid om te luister en te doen). Die Woord vlek my oop soos ’n ontleedmes sodat ek my eie sonde, swakheid en foute sal raaksien. Ek hoor God se raad sodat ek my foute kan regmaak.

• Daarna moet ek doen wat Hy sê. Ek mag nie maar net hoor, instem en dan tog gaan doen wat ek wil nie. God se wil beheer nou my lewe.

• Wanneer ek God se wil soek in ’n krisis, dra God die verantwoordelikheid vir sukses. Daar kom nou vrede in my hart, want ek doen wat God vra en

Page 230: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

230

ek wag op sy beskikking. Loop dinge skynbaar verkeerd, mag ek sonder woede of vrees nuwe planne maak. Ek sal biddend vra: “Here, wat nou?”

• My doelwit in die lewe verander. Dit is nie in die eerste plek dat ek ’n sukses moet wees dat almal moet sien hoe bekwaam ek is nie, maar om in elke situasie te doen wat God vra en om dan rustig op sy seën te wag.

Prof. Gert Breed (Teologiese Skool)

Page 231: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

231

Sondag 9 Julie Skrifgedeelte: 2 Petrus 1:3-7 Fokusgedeelte: 2 Petrus 1:3

Die trappe in die verrykingsproses van ’n opstandingsgeloof

Die kerk wat uit die oop graf van Jesus gebore is, se lewe het ook verander. ”Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.” Saamgevat beteken dit dat God se kinders die verderf ontvlug en deel kry aan die Goddelike natuur. Die Heilige Gees is in hulle. Daarom beveel God ons om alles in die stryd te werp om ons geloof te verryk. Die ver-rykingsproses verloop in trappe: • Geloof word verryk met deugsaamheid: jy begin om iets te beteken as

Christen. • Deugsaamheid gee kennis: dit is ervaringskennis van die lewe saam met

God. • Kennis bring selfbeheersing: jy weet hoe om God se krag in jou te

gebruik. • Selfbeheersing lei tot volharding: jy hou aan, want jy kan jou beheer. • Volharding gee godsvrug: jy dra vrug omdat jy bewustelik in God se

teenwoordigheid leef. • Die godsvrug bring liefde onder mekaar: jy het jou medegelowiges regtig

lief en gee vir hulle om. • Uiteindelik lei dit na die boonste trap: liefde vir alle mense.

So lyk die kerk as opstandingsgemeenskap. Lyk jy so? Wil jy so lyk? Op watter trap staan jy? ’n Opstandingsgeloof steek nie op een trappie vas nie, maar is lewenslank besig om te klim. Sing: Skrifberyming 8-1:2

Dagstukkie Almanak 2006

Page 232: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

232

Maandag 10 Julie Skrifgedeelte: Romeine 14 Fokusgedeelte: Romeine 14:17

Die goeie nuus van God se koninkryk

Dit is goeie nuus om in Romeine 14:17 iets oor die koninkryk van God te lees, want as jy die goeie boodskap van die koninkryk verstaan, verander alles. Jou oordeel verander, asook jou doen en late, jou gesindheid en godsdiens én jou hele lewe.

As vrygekoopte sondaar wil Paulus hê dat jy sal verstaan dat dit in Gods koninkryk om die Koningwees van God in mense gaan. Dit is ’n koninkryk waarvan jy nou reeds deel is en wat jou so totaal anders in die tyd van aardse konings en koninkryke laat lewe. Dit geld vir jou wat van binne-uit regeer word omdat die Here jou Koning is. God se koningskap heers in jou en dit roer en raak jou hart en wese én jou siel.

Dink daaraan dat die Christene in Rome dit nie mooi verstaan het nie. Dit is die rede waarom hulle twis oor watter dag as die dag van die Here gevier behoort te word. Of mag jy net groente eet, en wat van vleis? Nee, sê Paulus, God se koninkryk is nie ’n saak van eet en drink nie. Sy koninkryk is meer as godsdienstige strukture. Dit gaan om baie–baie belangriker dinge.

Die apostel gaan voort en sê dat God se koninkryk die geregtigheid en vrede en vreugde is wat die Heilige Gees jou gee. Geregtigheid plaas jou oombliklik in God se nabyheid. In sy wese is God reg en goed en waar. Hy het vir jou reg gedoen deurdat Hy die sonde uit jou sonderegister verwyder en op sy rekening geskryf het. Jou saak is reg voor God. Jy verstaan dus ook wat vrede beteken. Dit is die einde van al jou vrugtelose getob oor baie dinge wat nie altyd baie belangrik is nie. Jy het vrede in jou siel omdat jy weet dat die regverdige uit die geloof lewe. Wat jy nie kon volbring nie, het Christus vir jou gedoen.

Vrede met God beteken ook vrede in jou en dus ook vrede met jou medemens.

Dit alles is moontlik omdat die Heilige Gees ’n gans ander blydskap in jou wakker maak. Jy ervaar ’n vreugde wat meteen ’n sekerheid is dat jou sonde vergewe is. Daar is ’n blydskap in jou wat nie van jou omstandighede afhank-lik is nie, maar daarop gegrond is dat jou Here regeer.

Wat ’n vreugde! Die goeie nuus waarmee jy kan lewe, is: My Here is

Page 233: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

233

Koning van sy ryk, Koning van my lewe; Koning van én in my hart. Dink daaraan dat jy ’n koningskind in die koninkryk van jou Here is. Sing: Skrifberyming 32:1, 2

Dr. PH (Pieter) Heystek (Pretoria-Montanapoort)

Page 234: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

234

Dinsdag 11 Julie Skrifgedeelte: Psalm 50 Fokusgedeelte: Psalm 50:23

Eer God met jou hart en met jou lewe

Psalm 50 laat ons baie diep nadink oor ons verhouding met die Here. Godsdiens kan nogal maklik ’n saak van blote plig of roetine word.

So was dit destyds met die Here se volk. Hulle het baie gereeld hulle brandoffers voor die Here gebring. Van buite het dit goed gelyk. Hulle harte was egter nie aan die Here verbind nie. Wonderlike dinge wat ons doen – soos om te bid, om ons Bybels te lees, om te sing of om eredienste by te woon – kan blote vormgodsdiens, uiterlike rituele en roetine word. Dit gebeur as dit nie gepaardgaan met harte wat opreg aan die Here verbind is nie. Dan is ons besig met godsdienstige pligte, maar nie met God nie, en geld die woorde van Jesus destyds aan die Fariseërs ook vir ons: “Hierdie volk eer My met die mond, maar hulle hart is ver van My af” (Matt. 15:8).

Ons moet die lewende God dien vanuit ’n lewende, egte en persoonlike hartsverhouding. Vanuit die binneste van ons hart moet ons in liefde en vertroue naby Hom lewe. Met opregte harte moet ons Hom loof en dank en sy Naam aanroep.

Wanneer ons so in ’n hartsverhouding naby God leef, sal ons Hom ook met ons lewens eer. “Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” (Joh. 15:5). So het Jesus op ’n keer aan sy dissipels gesê. Dan word ons kennis van die Bybel praktyk in ons lewens. Dan word ons gehoorsame daders en nie net hoorders van die Woord nie. Dan skyn ons lig in ‘n donker wêreld deur goeie werke volgens die wil van die Here.

Eer die Here vandag en elke dag met jou hart en met jou lewe! Sing: Skrifberyming 24:2

Ds. L du P (Wikus) van der Vyver (Silverton)

Page 235: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

235

Woensdag 12 Julie Skrifgedeelte: 1 Timoteus 6:2b-16 Fokusgedeelte: 1 Timoteus 6:14-16

Waarmee is jy besig?

Die Romeinse keisers het gedink dat hulle die wêreld kon beheer. Maar ... daar is net een unieke, almagtige Here wat alle wêreldse en skeppingsmagte beheer ... God. En ja, Hy is in die hemel, onsigbaar in sy grootsheid, maar ... tog is Hy besig om met sy ewige mag en krag sy werksplan hier op aarde uit te voer. Sy werksplan ... om die goeie nuus oor Jesus Christus wêreldwyd te versprei (Matt 24:14), om in sy geduld mense tot bekering te roep (2 Pet 3:8-9), om uiteindelik alles te wees vir alles (1 Kor 15:28).

By hierdie werksplan moet die jonge dominee Timoteus inskakel. Hy moenie sy tyd met die dwaalleraars se Christuslose gesprekke mors nie. Hy moenie sy energie laat opslurp deur hulle rusies en jaloerse afbreekwerk ter wille van hulle eie sakke nie. Néé, Timoteus moet sy opdrag uitvoer – sy God-gegewe verantwoordelikheid om Jesus tydig en ontydig te verkondig.

Hoekom? Omdat God teenwoordig is, dié God wat alle lewe gee en in stand hou! En omdat Jesus self met God se werk besig gebly het ... tot by Pilatus ... tot aan die kruis.

En nou jy, ek ... in watter mate skakel ons by die Here se werksplan in? Hoeveel tyd en energie spandeer ons as individue, maar ook as kerk van die Here, om die goeie nuus van Jesus te vertel? Kom ons skakel in by die Here se werksplan ... totdat Jesus terugkom! Sing: Skrifberyming 11-1:9-11

Ds. PW (Pieter) Kurpershoek (Middelburg MP)

Page 236: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

236

Donderdag 13 Julie Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 9:1-15 Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 9:7, 8

Daar is twee verskillende soorte gawes, gee op die regte manier!

Paulus skrywe aan die kerk in Korinte en moedig hulle aan om vir die kerk in Jerusalem by te dra. Hy maak onderskeid tussen twee maniere hoe ’n mens kan gee, ’n verkeerde en ’n regte manier. Moenie gee omdat jy gedwing word nie. Moenie karig of met droefheid gee nie. Gee altyd gewillig, oorvloedig en blymoedig. Die grootste motivering om reg te gee, is hoe jy God se optrede verstaan. Hy is óf iemand wat baie van jou neem en vra, óf iemand wat ongelooflik baie vir jou gee.

Paulus help jou om raak te sien dat God iemand is wat baie vir jou gegee het en baie vir jou sal gee. Hy is God wat baie seëninge gee nog voordat jy enigiets gegee het, en Hy sal vir jou nóg baie meer seëninge gee as jy bereid is om vrywillig, oorvloedig en met vreugde vir ander te gee. Dit lei daartoe dat jy nog méér genade ontvang om selfversorgend te kan wees, met die gevolg dat jy nog meer kan gee. God het immers sy eie Seun, Jesus Christus, nie gespaar en Hom teruggehou nie, maar Hom gegee tot volkome verlossing van al jou sondes.

Om op die regte manier te dink en te gee, bring groot dankbaarheid vir God by almal teweeg. Sing: Skrifberyming 20-2:1, 3, 4

Dr. Jan Lion-Cachet (Klerksdorp)

Page 237: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

237

Vrydag 14 Julie Skrifgedeelte: Johannes 4:27-38 Fokusgedeelte: Johannes 4:34

Doen die wil van die Here, dit is belangriker as kos vir jou liggaam

Jesus Christus het aan sy dissipels gesê dat dit sy taak is om die wil van sy Vader te doen en dit af te handel. Hierdie taak is belangriker as die kos wat Hy elke dag moet eet.

Jesus was uitgeput, dors en honger toe hulle op pad na Galilea by die fontein naby die Samaritaanse dorpie Sigar gekom het. Terwyl sy dissipels iets gaan kry het om te eet, gebruik Jesus die geleentheid om met ’n Samaritaanse vrou oor die “lewende water” te praat. Met hulle terugkoms praat Hy met sy dissipels oor die “brood” wat sy honger stil waarvan hulle nie weet nie. Die geestelike “water” en die “brood” het vir Hom méér waarde as sy fisiese be-hoefte aan kos. Jesus stel sy eie behoefte aan kos ondergeskik aan sy ge-hoorsaamheid om die wil van die Vader te doen!

Hy wys hierna aan sy dissipels die lande rondom hulle wat gereed is om geoes te word. Jesus dink nie aan die fisiese lande wat nog vier maande het voordat dit geoes moet word nie, maar aan al die mense wat gereedstaan om die evangelie te glo en die ewige lewe te ontvang. Om hulle van kos te voor-sien, is belangriker as jou daaglikse maaltyd. Is jy gereed om God te gehoorsaam en die oes te begin insamel? Sing: Psalm 146:1, 5 (2001)

Dr. Jan Lion-Cachet (Klerksdorp)

Page 238: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

238

Saterdag 15 Julie Skrifgedeelte: Efesiërs 2:1-10 Fokusgedeelte: Efesiërs 2:8; HK Sondag 25, Vraag 65

Die Heilige Gees skenk ons geloof

Lidmate van die kerk beskou hulleself in die reël as gelowiges, en sekerlik ook met reg. Hoe het dit egter gekom dat ons gelowiges is? Waar kom ons geloof vandaan? Het kinders dit van hulle ouers geërf? Het ons dit met ons bydraes van die kerk gekoop?

Ons belydenis antwoord hierop in duidelike taal: Ons geloof kom nie van mense af nie, maar van God. Die gedagte dat geloof iets uit die mens self is, moet daarom met beslistheid afgewys word. Ek kan geen geloof deur my eie toedoen kry nie. Mense se hande is afgekap as dit om die gawe van die geloof gaan. God alleen kan dit aan die mens gee (Ef. 2:8).

In sy gesprek met Nikodemus toon Christus baie duidelik aan dat dit spesifiek God die Heilige Gees is wat die geloof aan ons gee (Joh. 3:5-8). In die gebeure op Pinksterdag sien ons ook dat die Heilige Gees wat uitgestort is aan 3000 mense die geloof geskenk het sodat hulle tot bekering gekom het (Hand. 2:1-13, 41).

Nou is dit wel vir ons ’n vernedering dat ons die ware geloof nie deur eie toedoen kan bekom nie, want so word ons swakheid en onvermoë vanweë die sonde geopenbaar. Dit is iets waaroor ons baie bly moet wees, want as die geloof vir sy ontstaan en voortbestaan van ons afhanklik was, sou dit onstand-vastig gewees het en ons in krisisoomblikke in die steek gelaat het. Omdat ons geloof ’n gawe van God is, is dit egter ’n blywende en onvervreembare besitting. Selfs vernedering, vervolging en marteling kan die geloof van die ware kinders van God nie uitwis nie.

In die geskiedenis van die kerk is daar genoeg voorbeelde wat toon dat gelowiges bereid was om mishandel te word, om soos Stefanus met klippe doodgegooi te word (Hand. 7:58), om as prooi voor wilde diere gegooi te word, om op brandstapels verbrand te word eerder as om hulle geloof in Jesus Christus te verloën. Selfs die heftigste aanvalle van Satan soos op Job kan geloof nie vernietig nie, soos dit sy geloof nie kon vernietig nie.

Die almagtige God sorg self dat sy kinders staande bly in die geloof en dit nie verloën nie, ondanks alles wat hulle aangedoen word. Daarom kon Paulus ook met soveel sekerheid sê dat geen dood of lewe of engele of magte of

Page 239: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

239

teenwoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus ons Here is nie (Rom. 8:38, 39). Dit is die troos wat ons verkry uit die belydenis dat ons geloof die werk van die Heilige Gees is.

Page 240: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

240

Sondag 16 Julie Skrifgedeelte: Handelinge 16:6-15 Fokusgedeelte: Handelinge 16:14; HK Sondag 25, Antwoord 65

Die Heilige Gees gee geloof deur die Woord

Paulus het van die Here ’n opdrag ontvang om na Masedonië te gaan. Daar het hy in die stad Filippi oorgebly. Op die sabbat het hy na ’n Joodse bidplek by ’n rivier gegaan waar ’n aantal vroue vergader het. Hy het daar die evangelie van Christus as Verlosser verkondig, en nie sonder resultaat nie. Die Here het Lidia se hart deur die Heilige Gees geopen sodat sy ontvanklik was vir die woorde van Paulus. Toe het sy tot bekering gekom en is saam met haar huisgesin gedoop. Hier het plaasgevind wat ons in die Kategismus bely (antw. 65). Die evangelie van Christus is dus die werktuig in die hand van die Heilige Gees om die mens se hart te bereik en geloof daarin te voorskyn te roep.

Dit spreek vanself dat God wat almagtig is, geloof direk en onmiddellik in ’n mens tot stand kan bring sonder gebruikmaking van sy Woord – soos die geval was met Paulus op die pad na Damaskus (Hand. 9:1-19). Nou moet ons nie hierdie belydenis van God se almag misbruik om die belangrikheid van die verkondiging van die Woord af te water of te minag nie. Daar is wel mense wat dit doen en dan sê dat God iemand op straat of in ’n kroeg sonder die verkondiging van die Woord tot geloof en bekering kan bring.

Dit gaan hier egter nie om wat God kan doen nie, maar om wat Hy wil doen en wil hê ons moet doen. Dit is God se uitgesproke en geopenbaarde wil dat Hy deur middel van die Woord wat verkondig word, die geloof in die harte van sy kinders wil werk. In die boek Handelinge is daar talle voorbeelde daarvan. By elke stad of dorp waar Paulus op sy sendingreise gekom het, het hy eers na die sinagoges gegaan, omdat hy by die Jode se kennis van die Ou Testament aansluiting probeer vind het om Christus as Verlosser aan hulle te verkondig. Op dié wyse het verskeie Jode tot bekering gekom. As die Jode hom verwerp het, het hy egter na die heidene in daardie stad of dorp gegaan en die evangelie aan hulle verkondig. So het daar verskeie kerke tot stand gekom omdat die Heilige Gees mense se harte geopen het om Jesus Christus as Verlosser aan te neem (1 Pet. 1:23-25).

Hieruit is dit duidelik dat daar ’n baie nou band tussen die Heilige Gees en die Woord is. Dit word ook in die Skrif bevestig. So word verset teen die Woord in die Skrif ook as ’n verset teen die Heilige Gees beskou (Hand.

Page 241: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

241

7:51). Bediening van die Woord word ook as bediening van die Gees gesien (2 Kor. 3:8). Dit was trouens ook die geval by Lidia (Hand. 16:14, 15).

In die lig hiervan moet ons ook ons roeping sien om die evangelie aan almal op elke moontlike wyse te verkondig.

Page 242: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

242

Maandag 17 Julie Skrifgedeelte: 1 Timoteus 4:6-16 Fokusgedeelte: 1 Timoteus 4:7; HK Sondag 25, Antwoord 65

Die Heilige Gees versterk ons geloof deur die Woord

Dat die Heilige Gees ons geloof deur die verkondiging van die evangelie versterk, is uit die Skrif baie duidelik, al word dit nie in die Kategismus gesê nie. Spesifiek in die boek Handelinge (14:22; 15:32, 41; 18:23) word gesê dat Paulus en sy metgeselle die gelowiges geestelik versterk het. Hoewel die ver-sterking ook deur die sakramente kon geskied, kan uit die verband en uit Paulus se briewe (vgl. 1 Tim. 4:13) afgelei word dat die Heilige Gees hom en sy helpers gebruik het om die gemeentelede geestelik te versterk deur die ver-kondiging van die evangelie. Dit blyk ook baie duidelik uit 1 Korintiërs 15:1 (1953-vertaling) waar Paulus aan die Korintiërs sê dat hy met sy skrywe die-selfde evangelie aan hulle verkondig wat hy vroeër aan hulle verkondig het en wat hulle ook aanvaar het. Dit is egter baie belangrik om daarop te let dat ons as gelowiges die roeping het om self ook ons geloof te laat versterk deur die Heilige Gees (vgl HK antw. 103). Die Gees doen dit by ons veral deur die Woord van God. Daarom sê Paulus aan Timoteus (1-4:7): “Oefen jou om in toewydng aan God te lewe.” Wat hierdie oefening ook verder mag beteken, sien dit in die besonder op ’n studie van die Skrif. Dit blyk daaruit dat Paulus aan Timoteus (2-4:15) van die Skrif sê: “Dit kan jou kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus.” Dit beteken dat die Christen ook moet volhou in Skrifstudie, want die Heilige Gees gebruik so ’n studie om ons in die geloof te versterk. Verder is dit nodig dat gelowiges eredienste gereeld moet bywoon (Heb. 10:25), omdat die Heilige Gees ook die verkondigde Woord kan gebruik om hulle geloof te versterk (Rom. 10:14). Nou is daar mense wat beswaar het teen die gewoonte om eredienste gereeld by te woon, asof gewoontes in alle gevalle ’n sleur is (’n gewoonte wat gedagteloos gevolg word). ’n Goeie gewoonte is egter nie noodwendig ’n sleur nie, want die Skrif leer ons dat dit ’n baie goeie invloed op ’n mens se lewe kan hê en inderdaad ’n middel in die hand van die Heilige Gees kan wees om ’n mens se geloof te versterk (Heb. 5:14, 1953-vertaling). Daar word ook van Jesus gesê dat Hy “soos sy gewoonte was” op die sabbatdag na die sinagoge gegaan het (Luk. 4:16). Toegepas op kerkbesoek, moet ons Hom daarin navolg (1 Joh. 2:6), sodat die Heilige Gees deur die Woord ons geloof kan versterk.

Page 243: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

243

Dinsdag 18 Julie Skrifgedeelte: Lukas 17:1-6 Fokusgedeelte: Lukas 17:5, 6; HK Sondag 25, Antwoord 65

“Gee ons meer geloof”

Christus stel twee ingrypende eise aan sy dissipels: eerstens dat hulle nie-mand deur woord, daad of voorbeeld moet laat struikel nie; tweedens dat hulle grensloos moet vergewe. Daarom sê hulle toe vir Hom: “Gee ons meer geloof.”

Dit lyk nogal paslik dat die dissipels onder hierdie omstandighede meer geloof vra. Tog is Christus se reaksie daarop eintlik ʼn vermaning dat hulle vra wat hulle nie behoort te vra nie. Deur meer geloof te vra, gee hulle te kenne dat as hulle nie kan voldoen aan die eise wat Christus stel nie, dit eintlik Christus se skuld is, omdat Hy nie aan hulle genoeg geloof gegee het nie.

Christus praat wel soms van ’n klein of ’n groot geloof (Matt. 8:26; 15:28). Hier wil Hy hulle egter leer dat dit by geloof nie primêr om hoeveelhede gaan nie, maar om een van twee: jy het dit of jy het dit nie. As jy dit het, is jy tot geweldige dinge in staat, mits jy jou geloof en die krag wat daarin opgesluit is, daadwerklik gebruik.

Christus gebruik die beeld van die mosterdsaadjie om te illustreer wat Hy bedoel. Dit is ’n besonder klein saadjie, maar in daardie saadjie is daar ’n geweldige krag – ’n krag wat hom daarin openbaar dat dit ’n struik kan voortbring wat meer as twee meter hoog kan groei. Daar hoef geen ekstra krag by die krag van die saadjie gevoeg te word nie. Daar moet slegs aan die saadjie die geleentheid gegee word om die krag wat dit reeds het, te ontplooi. Dit word gedoen as die saadjie geplant en natgemaak word.

So, sê Christus, is dit ook met die geloof gesteld. In die geloof is daar ’n geweldige krag, want geloof beteken om aan die almagtige God gebind te wees. Dan moet ons die geloof egter die geleentheid gee om sy krag te ontplooi: Ons moet sake in geloofsvertroue op God aanpak; ons moet waag in die geloof en stry in die geloof.

Ons moet in die geloof nee sê vir alles wat nie reg is in die oë van die Here nie, maar van harte ja sê vir alles wat Hy van ons verwag en dit ook gede-termineerd doen.

As ek my geloof nie so gebruik nie, is ek soos die dienskneg wat die een talent of muntstuk ontvang het en toe nie die beste gebruik daarvan gemaak

Page 244: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

244

het nie, maar dit gaan begrawe het (Matt. 5:18, 24-27). Uiteindelik het dit ook niks opgelewer nie. Om te groei in die geloof, moet ek die geloof wat God my gegee het, daadwerklik gebruik.

Dit is ook die pad wat Christus aan ons voorhou – daarom word Hy die Voleinder van die geloof genoem (Heb. 12:2).

Page 245: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

245

Woensdag 19 Julie Skrifgedeelte: Matteus 26:26-30; 28:16-20 Fokusgedeelte: Matteus 28:19; HK Sondag 25, Vraag 66

Die sakramente as tekens

Volgens ons belydenis (HK, Antw. 65) het Christus die sakra-mente ingestel sodat die Heilige Gees ons geloof deur die gebruik daarvan kan versterk. Die vraag is egter: Op welke wyse versterk die sakramente ons geloof? Die Rooms-Katolieke Kerk sê dat die sakramente op ’n bonatuurlike, toweragtige wyse uit eie krag genade gee aan die mens wat dit ontvang, mits die persoon dit nie opsetlik verhinder nie. Dit beteken dat die Heilige Gees gebonde is aan en afhanklik is van die bediening van die sakramente deur die kerk. Dit is onskriftuurlik, want die Heilige Gees is self God en sy werking kan nie van die aksies van mense of die kerk afhanklik gestel word nie. Die Gees dra sy krag nie aan die sakramente oor nie.

Daarteenoor bely ons dat die sakramente tekens en seëls is. In hierdie dag-stukkie word verder slegs oor die sakramente as tekens gehandel. Die sleutel-woorde om dit te verstaan, is net soos.

God wil as die groot opvoedkundige deur die sakramente met sigbare sake onsigbare sake aan ons verduidelik. God gee hier aan ons aanskoulike onder-wys sodat ons die belofte van die evangelie des te beter kan verstaan. Die sigbare tekens waarvan Hy hier gebruik maak, is water by die doop en brood en wyn by die nagmaal.

Met die water by die doop sê Hy aan my: Net soos water gebruik word om die vuilheid van jou liggaam af te was, so was die bloed van Christus jou skoon van al jou sondes. So verduidelik die Here deur die water by die doop die vergifnis van sonde.

By die nagmaal is die gebruik van die brood en wyn as teken ook voor die handliggend en duidelik. Brood en wyn was in die tyd in Israel gewone kos en drank. Net soos iemand daardeur gevoed word en in die lewe bly, so verkry ons deur die liggaam en bloed van Christus die ewige lewe. Die brood wat gebreek word, is ’n teken van sy liggaam wat vir ons gebreek is, en die wyn wat uitgegiet word, is ’n teken van sy bloed wat vir ons vergiet is.

So wil die Here deur aanskoulike onderwys die evangelie aan ons verdui-delik. So wil Hy ons help om die vergewing van sondes deur die versoening van Christus te verstaan. So wil Hy ons geloof versterk.

Page 246: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

246

Donderdag 20 Julie Skrifgedeelte: Handelinge 22:11-16; 1 Korintiërs 10:14-17 Fokusgedeelte: Handelinge 22:16; HK Sondag 25, Antwoord 66

Die sakramente as seëls

Die sakramente is nie net tekens nie, maar ook seëls. As seëls is die sleutelwoorde daarvan net so seker. Deur die sakramente as seëls wil God ons verseker dat die beloftes van die evangelie werklik die waarheid is en in ons vervul sal word. Hulle waarborg dus die onverbreekbaarheid van sy ver-bondsbeloftes.

In die ou tyd is ’n proklamasie van ’n koning deur die koning se seël of stempel gewaarmerk. Die sakramente is ook sulke seëls. Dit is die waarmerk en stempel van die ewige Koning op die heerlike beloftes van sy evangelie. Wie dit gebruik, mag nie meer twyfel aan die waarheid en onverbreekbaarheid van die beloftes van die ewige Koning nie.

Deur die doop as seël sê God aan ons dat net so seker as wat water ons uit-wendig skoon was, so seker was die bloed van Christus al ons sondes af. Hoe sterk die betekenis van die doop as seël is, word veral duidelik as Ananias aan Paulus ná sy bekering sê: “Laat jou doop en jou sondes afwas” (Hand. 22:16). Omdat Paulus hom waarlik en van harte tot Christus bekeer het, kan hy ook direk deur die doop die versekering kry dat al sy sondes – al was dit skokkend! – deur die bloed van Christus afgewas is. So word die teken en die saak waarna dit verwys, aan mekaar verbind en dan is dit ’n seël.

Deur die nagmaal as seël wil God aan ons sê dat net so seker as wat die brood gebreek en die wyn uitgegiet word, so seker is Christus se liggaam gebreek en sy bloed vergiet tot volkome versoening van al ons sondes. Net soos by die doop, is ook by die nagmaal as seël die band tussen die wyn (beker) en die bloed van Christus só sterk dat Paulus dit aan mekaar kan verbind en sê (vra): “Die beker van danksegging waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie?” (1 Kor. 10:16).

Hoe goed is die Here nie vir ons soos dit ook in die gawe van die sakra-mente geopenbaar word nie! Die Here weet hoe swaar dit vir ons arme sondaars is om die beloftes van vergewing van sondes en die ewige lewe te aanvaar. Die genade wat Hy in die evangelie aan ons belowe, is só oneindig hoog bo ons verdienste verhewe dat ons dit byna nie sonder verdere beves-tiging kan glo nie.

Page 247: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

247

Om nou ’n einde aan ons onsekerheid en twyfel te maak, gee Hy aan ons die sakramente. So wil Hy ons geloof versterk, sodat ons steeds vaster aan Hom gebind kan word en die lewe vir ons altyd meer Christus kan word (Gal. 2:20; Fil. 1:21).

Page 248: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

248

Vrydag 21 Julie Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 2:1-5 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 2:2; HK Sondag 25, Antwoord 67

Woord en sakramente: dieselfde boodskap

In Vraag en Antwoord 67 wil die Kategismus beklemtoon dat daar ’n een-heid tussen Woord en sakramente is, en dat daar gevolglik ook ooreenstem-ming in hulle getuienis is. Tog is dit nodig om eers op die verskille tussen Woord en sakramente te wys.

Die vernaamste verskil is dat die Woord voorrang bo die sakra-mente het. Die Heilige Gees bring deur die verkondiging van die Woord geloof tot stand en versterk ook die geloof. Daarteenoor kan die sakramente slegs bestaande geloof versterk. Die sakramente is dus nooit selfstandig nie. Sonder die Woord sê die sakramente eintlik niks, want die sakramente veronderstel die aan-wesigheid van geloof. ’n Mens kan dus gered word as hy slegs die Woord van God gehoor het, al het hy nooit die sakramente gebruik nie. Daarvan is die redding van die misdadiger aan die kruis ’n duidelike voorbeeld (Luk. 23:39-43).

Die blote feit dat van die sakramente gesê word hulle is seëls, bevestig dit. Dit is immers nie die seël of die stempel op ’n goudstaaf wat daarvan egte goud maak nie. Dit is net die teenoorgestelde: omdat dit egte goud is, kan dit die stempel van egte goud ontvang. So word ’n kind nie ’n kind van God deur die doop nie, maar omdat hy ’n kind van God is, daarom word hy gedoop. Hy kan egter nie gered word deur deel te hê aan die sakramente sonder om die Woord te hoor nie (Rom. 10:14).

’n Tweede verskil is dat die Woord in die reël volgens Romeine 10:14 hoorbaar tot die mens kom (hoewel dit die lees daarvan insluit), terwyl die sa-kramente sigbaar is. Derdens word die Woord tot alle mense gerig, terwyl die sakramente slegs vir gelowiges bedoel is.

Ondanks die verskille tussen Woord en sakramente, is daar ’n baie groter ooreenkoms as verskil tussen hulle. Dit is juis hierdie ooreenkoms tussen hulle wat die Kategismus so sterk wil beklemtoon, naamlik dat die Heilige Gees met Woord en sakramente presies dieselfde beoog. Dit wil ons spesifiek leer en verseker dat ons volle saligheid rus op die offer van Christus wat Hy aan die kruis gebring het.

Albei wys as’t ware met ’n uitgestrekte vinger na die offer van Christus aan

Page 249: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

249

die kruis as die enigste grond van ons saligheid (vgl. Rom. 6:3). Albei wil, in die woorde van Paulus (1 Kor. 2:2), oor niks anders getuig nie as oor Jesus as die Christus en Hom as die gekruisigde.

Page 250: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

250

Saterdag 22 Julie Skrifgedeelte: Openbaring 22:12-21 Fokusgedeelte: Openbaring 22:18; HK Sondag 25, Vraag 68

Hoeveel sakramente?

Met hierdie Vraag en Antwoord word duidelik standpunt inge-neem teen die Rooms-Katolieke Kerk (RKK), omdat hulle sewe sakramente het. Die sewe is die volgende: 1. Die doop. Die krag van die doop is volgens hulle daarin geleë dat dit die erfsonde afwas en die wedergeboorte tot stand bring. Daarom moet die kind so gou as moontlik na geboorte gedoop word, want wie ongedoop sterwe, gaan verlore. 2. Die vormsel (konfirmasie). Dit is die tweede sakrament wat ’n kind ontvang en kan reeds op die ouderdom van ongeveer sewe jaar bedien word. Daardeur verleen die Heilige Gees aan kinders die krag om standvastig te bly in die geloof wat hulle by hulle doop ontvang het. 3. Die eucharistie (nagmaal). Dit dien om geloof te versterk. Volgens die RKK verander die brood en wyn in die werklike liggaam en bloed van Christus. 4. Die bieg (boetedoening). By die bieg moet die persoon berou oor sy sondes betoon, dit aan ’n geordende priester vertel en bereid wees om tydelike strawwe wat die priester oplê, te aanvaar. Daarna vergewe die priester sy sondes in die Naam van God. 5. Die laaste oliesel. As ’n persoon sterwend is, word die priester geroep sodat die sterwende sy sondes voor hom kan bely. Daarna word sy ledemate (soos sy oë, ore, neus, lippe, hande en voete) met olyfolie gesalf met die verklaring van die priester dat God sy sondes wat hy met die ledemate begaan het, vergewe. 6. Die huwelik. Deur die huweliksbe-vestiging word die infrastruktuur geskep sodat man en vrou lewenslank aan mekaar die sakrament van die huwelik kan bedien. 7. Die priesterwyding. Hierdeur kry die priester van die biskop die mag en bevoegdheid om sondes te vergewe en alles te doen wat hy vir sy roeping nodig het. In ’n sekere sin is dit die belangrikste sakrament van die RKK, omdat die priester en sy werk die voorwaarde vir die hele kerklike lewe is. Alles hang van die priester af.

Van hierdie sewe sakramente erken die reformatoriese kerke net die doop en die nagmaal. Die rede daarvoor is voor die handliggend: die doop en die nagmaal is die enigste sakramente wat volgens die Skrif deur Christus ingestel is – volgens Matteus 28:19 die doop en volgens Matteus 26:26-29 die nag-maal. Van die instelling van enige ander sakramente word niks in die Skrif gesê nie.

Page 251: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

251

Daarom voeg die RKK iets aan die Skrif toe wat nie van die Here af kom nie. Daarteen waarsku die Here: “As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is” (Op. 22:18; vgl. Deut. 4:2).

Page 252: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

252

Sondag 23 Julie Skrifgedeelte: Handelinge 2:37-42 Fokusgedeelte: Handelinge 2:38; HK Sondag 26, Vraag 69

Die doop as belofte

Die doop is ’n saak wat vir die kind van God ’n groot betekenis het. Dit geld nie net vir die kinders as hulle gedoop word nie, maar ook vir volwasse gelowiges. Daarom moet ons telkens daaroor besin en op dié wyse vasgryp aan die ankerpaal van die doop wat aan die begin van ons lewens ingeplant is.

Die doop is in die eerste plek ’n saak tussen God en die een wat gedoop word. God wil sy verbondsbeloftes aan hom/haar verseël. In die doop word ons daarop gewys en daarvan verseker dat ons gewas is van al ons sondes deur die bloed en Gees van Christus. Dit is die kernwaarheid by die doop. Dat alles by die doop rondom die vergewing of afwassing van ons sondes sentreer, blyk duidelik uit die Skrif en ons belydenis. Petrus sê op Pinksterdag aan al die mense wat na hom luister dat hulle hul moet bekeer en in die Naam van Jesus Christus laat doop, en dat God dan hulle sondes sal vergewe (Hand. 2:38). Volgens ons belydenis wil God deur die doop sy kinders verseker dat hulle werklik aan die verlossing van sondes deur die bloed van Christus deel het. Dit blyk baie duidelik as op Vraag 69 geantwoord word: “Christus het die uitwendige waterbad ingestel. Daarby het Hy beloof dat ek net so seker met sy bloed en Gees van onreinheid van my siel, dit is van al my sondes, gewas is as wat ek uitwendig met water gewas is wat die vuilheid van die liggaam wegneem.” Dit is ondubbelsinnige taal. Deur die doop verseker die Here my nie dat ek gewas sal word nie, maar dat ek gewas is van al my sondes. Ons lees ook nog in Handelinge 22:16 dat Ananias aan Paulus gesê het: “Laat jou doop en jou sondes afwas.” Hieruit blyk hoe sterk die doop en die afwassing van die sondes aan mekaar verbind word. In Galasiërs 3:27 (1953-vertaling) sê Paulus: “Julle almal wat in Christus gedoop is, het julle ook met Christus beklee.” En om so met Christus beklee te wees, beteken om met die bloed en Gees van Christus gewas te wees van al ons sondes. Dit kom dus daarop neer dat van die oomblik van my doop af Christus nooit meer los van my is nie. Daar is ’n band wat Hom aan my bind. Hy is immers gebonde aan sy eie beloftes wat Hy aan die doop verbind het. Daarom kan die gedoopte verbonds-kind juig: My doop verseker my dat ek van al my sondes gewas is deur die bloed en Gees van Christus.

Page 253: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

253

Maandag 24 Julie Skrifgedeelte: Hebreërs 10:19-25 Fokusgedeelte: Hebreërs 10:23; HK Sondag 26, Antwoord 69

Die doop as pleitgrond en troos

Die trou of getrouheid van God teenoor sy volk en sy kinders is ’n deug (eienskap) van God wat dwarsdeur die Bybel sterk beklemtoon word. Van Hom word gesê: “Hy is die getroue God sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar” (Deut. 32:4). “Wat Hy beloof het, sal Hy ook doen, want Hy is getrou” (Heb. 10:23; 1 Tess. 5:24). “Al is ons soms ontrou, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie” (2 Tim. 2:13). Daaruit vloei ook voort dat Hy ’n God van waarheid is (Joh. 1:14; 14:6) wat nie kan lieg nie (1 Sam. 15:29; Tit. 1:2). In Christus het Hy sy trou en waarheid duidelik geopenbaar (Joh. 1:17).

Hierdie sake is vir ons van besondere belang by ons besinning oor die doop. Deur die doop het Christus in sy trou aan ons beloof dat ons net so seker met sy bloed en Gees gewas is van al ons sondes as wat ons met water gewas is. Daarom sal ons die ewige saligheid beërf. Aan hierdie saak sal in die volgende dagstukkie ook aandag gegee word. Hier word, in die lig van God se trou, die aandag op twee sake gevestig, naamlik dat die doop ’n pleitgrond is vir ons gebede vir gedooptes wat van God weggedwaal het, en ’n troos is vir gelowiges wat in sonde geval het. Omdat God getrou is en Hom aan sy beloftes hou, kan sy beloftes by ’n persoon se doop dien as kragtige pleitgrond in die gebed as so ’n gedoopte geestelik verdwaal. Dan kan die geliefdes van so ’n persoon by die Here pleit dat Hy op grond van sy beloftes aan die persoon by sy/haar doop hom/haar tot besinning en bekering moet bring om soos die verlore seun na sy/haar Vader terug te keer (Luk. 15). So ’n gebed wat aan God se eie beloftes vasgryp, sal Hy beslis nie as minderwaardig en onvanpas beskou nie. Trouens, die Skrif leer ons duidelik: “Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking” (Jak. 5:16). Die vraag is egter of ons nie te gou ophou om biddend te pleit vir so ’n gedoopte wat afgedwaal het nie (Luk. 18:1-8). Die troue God se beloftes bied egter ook aan ons ’n heerlike troos as ons self soos Dawid of Petrus in sonde val. Hierdie troos word op aangrypende wyse soos volg in die doopformulier aan ons voorgehou: “En as ons soms uit swakheid in sondes val, moet ons nie aan die genade van God twyfel of in die sondes bly lê nie: die doop is immers ’n seël en ontwyfelbare getuienis dat ons ’n ewige verbond met God het.”

Page 254: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

254

Dinsdag 25 Julie Skrifgedeelte: Filippense 2:12-18 Fokusgedeelte: Filippense 2:12, 13; HK Sondag 26, Vraag 70

Die doop en ons regverdiging en heiliging

Wat dit beteken om met die bloed van Christus gewas te wees, word in antwoord op Vraag 70 in die Kategismus soos volg aangedui: “… om van God vergewing van sonde uit genade te ontvang ter wille van die bloed van Christus wat Hy in sy offer aan die kruis vir ons gestort het.” So verseker die doop ons van ons regverdiging voor God. Om Christus ontwil kan ons nou voor God verskyn asof ons nooit enige sonde gehad of gedoen het nie, asof ons self al die gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir ons volbring het (HK, Antw. 60).

Wat beteken dit egter om met die Gees gewas te wees? Dit beteken dat Christus die sondaar ook heilig. Wat die inhoud van hierdie heiliging is, verduidelik die Kategismus soos volg: “… om deur die Heilige Gees vernuwe en as lede van Christus geheilig te wees, sodat ons die sonde hoe langer hoe meer afsterwe en godvresend en onbesproke lewe.” So verseker die doop ons van ons heiliging voor God. Dit kom daarop neer dat ons al hoe meer breek met die sonde in ons lewe en doen wat God wil hê ons moet doen. Op dié wyse word ons nuwe mense wat steeds meer die beeld van God, ons Vader, vertoon.

Dit is nie waar dat die regverdiging die werk van God is, terwyl die heili-ging die werk van die mens is nie. Sowel die regverdiging as die heiliging is die werk van God. Die Kategismus stel dit duidelik dat die Heilige Gees ons vernuwe om “as lede van Christus geheilig te wees”. In die vrae van die doop-formulier word gevra of die ouers glo dat hulle kinders “in Christus geheilig is” en daarom behoort gedoop te wees.

Dit is wel waar dat die heiliging ook ’n roeping op die gedoopte plaas om hoe langer hoe meer die sonde af te sterwe en godvresend en onbesproke moet lewe. Die roeping van die mens tot heiliging sluit egter ten nouste aan by die heiliging as werk van God en vloei daaruit voort. Dit blyk duidelik as Paulus sê: “Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer” (Fil. 2:13, 14).

Daarom moet ons as gedooptes ons voortdurend van ons sondes bekeer en

Page 255: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

255

van harte daarna streef om in alles volgens God se wil te lewe. Ons moet ons daarvoor beywer om deur ons lewe te bewys dat God ons geroep en verkies het (2 Pet. 1:10). Daar moet by ons ’n lus en ’n liefde wees om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe (HK, Antw. 90).

Page 256: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

256

Woensdag 26 Julie Skrifgedeelte: 2 Petrus 2:17-22 Fokusgedeelte: 2 Petrus 2:22; HK Sondag 26, Antwoord 70

Die minagting van die doop

Die belofte wat Christus by ons doop aan ons gee, word duidelik in die belydenis aangedui. God eis egter van ons deur die doop om soos gedooptes in gehoorsaamheid aan Hom te lewe. In die lig hiervan ontstaan die vraag: Hoe moet die optrede van ongehoorsames en verbondsverbrekers beoordeel word? Met verbondsverbrekers word bedoel verbondskinders wat wel gedoop is, maar later tog geen waarde aan hulle doop heg nie, sodat hulle in die sonde bly lewe. Wat van hulle? Was die doop by hulle ’n vergissing? Was dit nie ’n verseëling van God nie? Was die toesegging wat aan hulle gemaak is, nie werklik bedoel nie?

Ons antwoord hierop dat hulle doop geen vergissing was nie. Ook húlle doop was ’n verseëling van God. Die toesegging wat aan hulle gemaak is, was werklik bedoel. Hierdie mense het egter die beloftes van genade wat aan hulle gemaak is, verwerp.

Dit beteken egter nie dat hulle nou van hulle doop losgekom en die beteke-nis daarvan gekanselleer het nie. Nee, omdat hulle op dié wyse God verwerp, het die doop vir hulle ’n teken van oordeel geword wat om God se verbonds-wraak roep. Net soos ’n mens ’n oordeel oor jouself kan eet en drink by die nagmaal, so kan jy tot jou oordeel gedoop wees as jy die God van jou doop nie in geloof en liefde aanneem en lewe volgens sy gebooie nie.

Petrus vergelyk hierdie mense met ’n vark (sog) wat gewas is, maar daarna weer in die modder gaan rol het (1 Pet. 2:22). Sy bedoeling met hierdie beeld is duidelik. ’n Vark is van nature vuil en hou daarvan om in die modder te rol. So is die mens ook van nature innerlik vuil en onrein vanweë die sonde.

Van die vark word nou gesê dat sy skoon gewas is. So is dit ook met die gedoopte verbondskind: hy is gewas van al sy sondes deur die bloed van Christus. Van die vark word verder gesê dat sy, nadat sy gewas is, weer in die modder gaan rol het. Dit is wat, figuurlik gesproke, ook met mense soos Esau en Demas gebeur het. Hulle was mense wat die teken en seël van die verbond ontvang het, maar tog daarna die rug op God gedraai het.

Daarmee kom hulle egter nie los van hulle doop nie, want nou is Hebreërs

Page 257: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

257

10:28 op hulle van toepassing: Die mense wat die wet van Moses oortree het, is reeds swaar gestraf. “Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het, en die Gees van genade beledig het?” Mag God ons daarteen beskerm.

Page 258: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

258

Donderdag 27 Julie Skrifgedeelte: Matteus 28:16-20 Fokusgedeelte: Matteus 28:19; HK Sondag 26, Vraag 71

Die instelling van die doop

Christus se opdrag in Matteus 28:19 kan beskou word as die amptelike instelling van die Christelike doop. Dit beteken nie dat daar voor dié tyd nie gedoop is nie. By die Jode was daar die sogenaamde proselietedoop, waarvolgens mense wat heidene was en die Joodse geloof aangeneem het, gedoop is. Ook het Johannes die Doper die doop van bekering en vergewing van sondes bedien (Mark. 1:4). Daarby het Jesus se dissipels ook gedoop (Joh. 4:2).

Christus se opdrag in Matteus 28:19 om te doop as deel van sy sendingbevel gee egter aan die doop ’n nuwe betekenis, omdat dit gegrond is op en voortvloei uit sy soenverdienste aan die kruis en sy oorwinning oor die dood. So het die doop in die plek van die besnydenis gekom.

Om in die naam van iemand gedoop te word, beteken dat die dopeling in ’n besondere gemeenskap tree met en onder die seggenskap of heerskappy gestel word van die persoon in wie se naam hy gedoop is. Die feit dat die Naam van die Drie-enige God by die doop genoem word, beteken dat die volle verlossing en redding van die dopeling daardeur aangedui word. Dit blyk baie duidelik uit die doopsformulier wat verklaar: • “As ons in die Naam van die Vader gedoop word, betuig en verseël die

Vader aan ons dat Hy ’n ewige genadeverbond met ons oprig.” Deur die doop maak God Homself tot ons Bondgenoot in die strydperk van die lewe wat ons nooit in die steek sal laat nie. Verder neem Hy ons deur die doop aan “tot sy kinders en erfgename”. Wat ’n ontsettende rykdom is dit nie! Deur die doop verseker Hy ons verder dat Hy ons “met al die goeie dinge wil versorg en alle kwaad van ons wil afweer of tot ons beswil beskik”. Hy sal ons dus ons daaglikse brood gee en alles vir ons ten goede laat meewerk (Rom. 8:28).

• “As ons in die Naam van die Seun gedoop word, verseël die Seun aan ons dat Hy ons so van al ons sondes was – waarmee Hy ons in sy dood en op-standing inlyf – dat ons van ons sondes bevry en regverdig voor God gereken word.” Daarom kan ons om die vergewing van ons sondes bid.

• As ons in die Naam van die Heilige Gees gedoop word, verseker die Heili-

Page 259: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

259

ge Gees ons dat Hy sal sorg dat ons as uitverkorenes van God eenmaal on-bevlek voor Hom sal verskyn. Hy waarborg ons dat ons nooit verlore sal gaan nie, maar in die geloof sal volhard tot die einde toe. Daarom kan ons daarvan seker wees dat ons verhoor sal word as ons bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose.”

So gee die doop aan ons ’n wonderlike troos en bemoediging.

Page 260: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

260

Vrydag 28 Julie Skrifgedeelte: 1 Petrus 1:1-9 Fokusgedeelte: 1 Petrus 1:2; HK Sondag 26, Antwoord 71

Onderdompeling of besprinkeling?

By die doop van ’n persoon word met onderdompeling bedoel dat die dopeling so diep in die water ingedruk word dat sy/haar hele liggaam met water bedek word. Daarteenoor word by besprinkeling slegs ’n klein hoeveel-heid water op die dopeling se voorkom gedrup of gegiet.

By die meeste reformatoriese kerke word onderdompeling en besprinkeling albei as wyses van doopbediening aanvaar. Dit blyk daaruit dat albei vorms van doopbediening goedkeurend soos volg in die doopformulier genoem word. “Dit (die weergeboorte) word ons geleer deur die indompeling in en besprinkeling met die water …” Die verskil met sommige voorstanders van die onderdompeling is dat hulle sê dat die doop slegs deur onderdompeling mag geskied, terwyl die standpunt van genoemde kerke is dat dit deur onder-dompeling of besprinkeling kan geskied.

Dit is ongetwyfeld waar dat die doop deur onderdompeling ’n duideliker afbeelding as die besprinkeling is van die dopeling se sterwe met Christus en sy opstanding met Hom tot ’n nuwe lewe (vgl. Rom. 6:3, 4; Kol. 2:12). Tog moet ons nie van onderdompeling ’n beginselsaak maak nie, en wel om die volgende redes: • Dit is nie die water wat ons sondes afwas nie, maar alleen die bloed van

Christus. Johannes (1:1-7) sê uitdruklik: “Die bloed van Jesus, sy Seun, reinig ons van elke sonde.” Die water is net ’n teken en ’n seël wat na die bloed van Christus heenwys. Of daar dus baie water of ’n bietjie gebruik word, maak nie eintlik saak nie.

• Die geestelike weldaad wat deur die doop afgebeeld word, word nie net die afwassing van die sonde genoem nie, maar ook die besprinkeling met die water en met die bloed van Christus. So lees ons in Esegiël 36:25: “Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word.” Die skrywer van die Hebreërbrief (12:24) sê dat die Nuwe-Testamentiese gelowiges gekom het “by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel”. Lees ook 1 Petrus 1:2 hierbo.

• Hoewel die doop aanvanklik deur onderdompeling bedien is, het dit van

Page 261: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

261

die vroegste tye af in die kerk ook deur besprinkeling geskied as daar nie genoeg water was nie, of as dit aan siekes op hulle beddens bedien is. In die Didache wat aan die einde van die eerste eeu geskryf is, word die volgende voorskrif gegee: Doop in stomende of ander water, in koue of warm water. En as dit nie beskikbaar is nie, “giet dan drie maal op die persoon se kop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees”.

Page 262: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

262

Saterdag 29 Julie Skrifgedeelte: 1 Samuel 4:1-11 Fokusgedeelte: 1 Samuel 4:3; HK Sondag 27, Vraag 72

Die doop is meer as net ’n uiterlike teken

Ons het reeds gesien dat God dit baie ernstig bedoel as Hy ons deur die doop verseker dat ons deur die bloed van Christus van al ons sondes gewas is en dat Hy ons deur sy Heilige Gees lei om volgens sy wil tot sy eer te lewe. Nou was en is daar egter mense wat die belydenis verkeerd verstaan. Hulle is van oordeel dat as God alles doen waarvan Hy ons deur die doop verseker, ons niks meer hoef te doen om ons roeping om soos gedoopte mense te lewe, na te kom nie. Op dié wyse word van die doop ’n bloot uitwendige saak met ’n toweragtige betekenis gemaak wat die hart van die gelowige koud laat, sonder heilige toewyding aan die diens van die Here. Daarop vestig Vraag 72 van ons belydenis die aandag as dit vra of die uitwendige waterbad sonder meer die afwassing van die sonde is.

In die Skrif word ons baie ernstig teen hierdie gesindheid en handelswyse gewaarsku. Ons kry immers daarmee te doen in die optrede van Israel in die tyd van Eli (1 Sam. 4:3). In dié tyd was die verbondsark enersyds ’n teken van God se teenwoordigheid in Israel, maar andersyds ’n teken vir Israel om aan God se gebooie, wat in die ark was, gehoorsaam te wees. Toe Israel hulle oorlog teen die Filistyne verloor het, het hulle besluit om die ark te gaan haal en na die gevegsfront te bring om so te verseker dat God by hulle sal wees en hulle sal help in die res van die oorlog.

Israel was egter aan God ongehoorsaam, en daarom het die ark sy betekenis as aanduiding van God se teenwoordigheid verloor en ’n blote houtkis ge-word. Trouens, toe het dit vir Israel ’n teken geword wat hulle van ontrou aankla en beskuldig. Daarom het God hulle ook nie in die oorlog gehelp nie en het hulle dit verloor.

Die gevaar is groot dat die doop vir ons, net soos die ark vir Israel destyds, ’n blote teken sonder betekenis kan word – net soos ’n verloofring nadat die verlowing verbreek is. Dit gebeur as ons die eise wat die doop aan ons stel, verontagsaam net soos Israel met die ark gedoen het. Dan word daar soms baie waarde aan die uiterlike teken van die doop geheg, sonder om met die betekenis daarvan erns te maak.

Daarteen wil Vraag en Antwoord 72 ons waarsku: Dit is nie die uiterlike

Page 263: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

263

handeling van die doop wat die sonde afwas nie, maar die bloed van Christus, en dit kan deur niks vervang word nie – nie deur die doop, die nagmaal, kerkbesoek of goeie werke nie. Dit maak die doop nie minderwaardig nie, maar eis juis van ons om die doop en sy betekenis in uiters ernstige lig te beskou.

Page 264: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

264

Sondag 30 Julie Skrifgedeelte: Titus 3:1-11 Fokusgedeelte: Titus 3:5; HK Sondag 27, Vraag 73

Die doop is nie sonder betekenis nie

Bogenoemde uitsprake van die Kategismus op grond van die Skrif is baie sterk, want daardeur word die doop onlosmaaklik aan die weergeboorte en die afwassing van sondes verbind. Hierdie uitsprake moet onverswak gehandhaaf word, maar dan in die lig van die Skrif as geheel, wat ons leer dat die uit-sprake net op ware gelowiges van toepassing is (vgl. Esau, Heb. 12:16; Demas, 1 Tim. 4:10).

As die uitsprake nie in die lig van die Skrif as geheel beoordeel word nie, kan dit ’n mens tot die verkeerde gevolgtrekking van die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherse Kerk bring dat die uiterlike handeling van die doop die weergeboorte en die vergewing van sondes bewerk. Die Here wou egter nie met genoemde uitsprake sê dat Hy deur die doop die weergeboorte en die afwassing van sondes bewerk nie, maar dat Hy daardeur die weergeboorte en die afwassing van die sondes aan ons wil verduidelik en ons wil verseker dat ons daaraan deel het (vgl. Antw. 73).

Allereers moet gesê word dat die Here ons deur die doop iets wil leer, naamlik dat soos water die vuilheid van die liggaam wegneem, net so word ons sondes deur die bloed en Gees van Christus weggeneem. Hier funksioneer die doop as teken. So wil die Heilige Gees die doop en sy betekenis aan ons verduidelik. Die doop is egter nie net ’n teken nie, maar ook ’n seël. Daardeur wil die Here as ons troue Verbondsgod aan ons die sekerheid gee dat ons net so seker geestelik van al ons sondes gewas is as wat ons uitwendig met water gewas word.

Daarom kan die gedoopte gelowige met sekerheid weet dat die Here werklik bedoel wat Hy sê as Hy verklaar dat die doop vir die kind van God die bad van die weergeboorte en die afwassing van die sondes is.

Ons vergeet hierdie betekenis van die doop so maklik. Daar is gedoopte gelowiges wat twyfel en wonder of hulle met God versoen is. Op dié wyse gee hulle te kenne dat hulle eintlik van die Here verwag om aan hulle ’n spesifieke teken of aparte verklaring te gee dat hulle waarlik sy kinders is. So ’n verwag-ting is eintlik ’n wantroue in en belediging van God. Daarmee gee hulle in werklikheid te kenne dat God se versekering deur die doop vir hulle nie

Page 265: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

265

genoeg is nie. Christus sou waarskynlik ook van so ’n verwagting gesê het: ’n Slegte en afvalige geslag soek na ’n teken, en geen ander teken as die doop sal aan hulle gegee word nie (vgl. Matt. 12:39).

My geloof kom nie daarin tot openbaring dat ek passief sit en wag op ’n teken van die Here nie, maar daarin dat ek met vaste vertroue aanvaar dat ek deel het aan die verbondsbeloftes waarvan God my by my doop verseker het.

Page 266: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

266

Maandag 31 Julie Skrifgedeelte: Kolossense 2:8-15 Fokusgedeelte: Kolossense 2:11, 12; HK Sondag 27, Antwoord 74

Die afwysing van die kinderdoop

Die kinderdoop wat in gereformeerde kerke as vanselfsprekend aanvaar word, is nie net in die verlede nie, maar word ook tans deur sekere kerklike groepe met felheid verwerp. Volgens hulle moet ’n mens eers geloof hê en die geloof ook bewustelik kan bely om gedoop te word. Daarom mag klein kin-dertjies nie gedoop word nie, want ’n mens weet nie of hulle later sal glo en Christus as hulle Verlosser en Saligmaker sal aanvaar nie. Verder beweer hulle dat volgens die Nuwe Testament net volwassenes gedoop is, soos Kornelius (Hand. 10:2, 47, 48), Lidia (Hand. 16:15), die tronkbewaarder van Filippi en andere (Hand. 2:38; 28:8; 1 Kor. 1:16).

Om met die laaste te begin, vergeet die kritici van die kinderdoop dat die boek Handelinge tot ’n groot mate die kerk op die sending-veld aan ons voorhou. Waar die evangelie aan heidene verkondig word, is dit normaal dat volwassenes eerste tot bekering kom en gedoop word. Dit is hoe dit vandag ook nog gebeur. Dat by sommige van die genoemde voorbeelde uit die Nuwe Testament die kinders ingesluit was, blyk duidelik as van Lidia gesê word dat sy en haar huisgesin gedoop is (Hand. 16:15).

Dieselfde geld van die tronkbewaarder (Hand. 16:33). Daar word wel nie gesê dat daar kinders in dié gevalle was nie, maar die woord wat met huis/huisgesin vertaal is (oikos), het kinders eerder ingesluit as uitgesluit. ’n Mens dink hier aan die uitspraak van Josua (24:15): “Ek en my huis, ons sal die Here dien” (1953-vertaling).

Verder is daar duidelike historiese getuienis dat die kinderdoop rondom 200 nC algemeen voorgekom het in Klein-Asië, Rome, Noord-Afrika en Palestina. Wat opvallend is, is dat daar geen stryd oor die kinderdoop plaas-gevind het nie.

’n Mens moet ook in gedagte hou dat die doop in die tyd van Jesus se om-wandeling op aarde geen onbekende saak was nie. Dit was destyds die gebruik dat as ’n gesin uit die heidendom na die Joodse geloof oorgegaan het, die vol-wassenes en ook die kinders gedoop is met wat destyds as die proselietedoop bekend was. Nêrens in die Bybel word gesê of geïnsinueer dat kinders nie gedoop mag word nie.

Page 267: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

267

Paulus stel dit baie duidelik in Kolossense 2:11-12 dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het. Wie die kinderdoop verwerp, misken die samehang wat daar volgens Paulus tussen die doop en die besnydenis is. In die lig van hierdie uitspraak van Paulus kan ’n mens sê dat die besnydenis sy godgegewe vervulling in die doop vind (vgl. ook 1 Kor. 7:14).

Page 268: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

268

Page 269: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

269

Dinsdag 1 Augustus Skrifgedeelte: Genesis 17:7-14 Fokusgedeelte: Genesis 17:7; HK Sondag 27, Vraag 74

Die kinderdoop: gegrond op die genadeverbond

In sy motivering van die kinderdoop neem die Kategismus sy uitgangspunt in die genadeverbond. In Genesis 17 lees ons dat God uit genade met Abraham, die vader van al die gelowiges, ’n verbond gesluit het. Dit het onder andere beteken dat God Abraham en sy nageslag sal bewaar, beskerm, versorg en lei en laat deel in al die weldade van die genadeverbond.

Om te toon dat Abraham en sy nageslag werklik deel het aan die verbond en dat God se verbondsbeloftes ook vir hulle geld, het Hy beveel dat al die seuntjies op die agtste dag ná geboorte besny moet word (Gen. 17:12). God het dus sy verbond met Abraham en sy nageslag deur die besnydenis beseël en bekragtig (Gen. 17:9-14).

Die besnydenis moes vir Abraham en sy nageslag die bewys wees dat God hulle God is (vgl. Rom. 4:11). Dit moes egter vir Abraham en sy nageslag ook steeds herinner aan hulle verpligting kragtens die verbond, naaamlik om aan God gehoorsaam te wees.

Hieruit is dit duidelik dat ’n kindjie van gelowige ouers in die Ou-Testa-mentiese tyd as ’n verbondskind gesien is. Deur sy besnydenis het so ’n kind ook die aanduiding en versekering ontvang dat hy tot die genadeverbond behoort. Hy het dus die verbondsteken ontvang voordat hy tot geloof gekom het en sy geloof kon bely.

As ’n kind dan in die Ou Bedeling in die verbond opgeneem is en ook die teken van die verbond ontvang het, hoeveel te meer geld dit nie van die Nuwe Bedeling wat met die koms van Christus begin het nie! Trouens, as ’n kind van gelowige ouers in die Nuwe Bedeling nie die verbondsteken kan ontvang nie, beteken dit dat ons met die koms van Christus armer geword het, en dit is tog dwaasheid om net daaraan te dink.

Daarby kom nog dat daar net een genadeverbond is, hoewel dit twee bedelings het: ’n oue en ’n nuwe. En al is die verbond met Abraham opgerig, vind dit sy krag en betekenis in Christus wat die Hoof van die genadeverbond is. As dit dan so is dat ons in die Ou en Nuwe Bedeling met een en dieselfde genadeverbond te doen het en die kinders van die Ou Bedeling die besnydenis as teken van die verbond ontvang het, is dit tog vanselfsprekend dat hulle in

Page 270: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

270

die Nuwe – en ryker! – Bedeling ook tot die genadeverbond behoort en die verbondsteken moet ontvang.

Hierby kom nog dat die Nuwe Testament self getuig dat die kinders tot die verbond behoort. Op Pinksterdag sê Petrus immers aan die bekeerdes: “Wat God belowe het, is vir julle en julle kinders ...” (Hand. 2:39). Daarom kan hulle kinders gedoop word.

Page 271: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

271

Woensdag 2 Augustus Skrifgedeelte: 1 Samuel 2:22-25; 3:11-14 Fokusgedeelte: 1 Samuel 3:13; HK Sondag 27, Antwoord 74

Die kinderdoop en die roeping van die ouers

As die Kategismus sê dat die kinders van die gelowiges deur die doop van die kinders van die ongelowiges onderskei moet word, is dit duidelik dat dit hier nie bloot oor die doop as uitwendige teken gaan nie. Binne ’n kort rukkie na die doop is daar van die water op die kind se kop niks meer te sien nie. Daarom word hier bedoel dat die ouers hulle kind as ’n gedoopte met gehoor-saamheid aan God moet opvoed sodat hy hom, terwyl hy opgroei, steeds meer as ’n kind van God kan openbaar.

Dit gaan dus hier veral oor die roeping van die ouers. By die doop belowe hulle om hulle kind in die Christelike leer na hulle vermoë te onderrig en te laat onderrig. Daarby eis die Here ook so ’n opvoeding van die ouers as Hy van sy gebooie aan hulle sê: “Hierdie gebooie wat Ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daar-oor praat as jy in jou huis sit en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan” (Deut. 6:6, 7).

’n Duidelike voorbeeld van wat gebeur as ouers hulle kinders nie opvoed om hulle verbond met God en die verbondsteken te verstaan en daarvolgens te lewe nie, kry ons in die geskiednis van Eli en sy seuns in 1 Samuel 2 en 3. Eli se seuns, Hofni en Pinehas, was priesters wat in die huis van die Here diens gedoen het. Van hulle word egter in 1 Samuel 2:12-26 gesê dat hulle slegte mense was wat nie met die Here rekening gehou het nie. Hulle het hulle ver-gryp aan die offers van die Here en owerspel gepleeg by die huis van die Here. Daar was dus geen onderskeid tussen hulle lewe as gelowiges en die lewe van die ongelowiges nie.

Wanneer Eli van sy seuns se sondes hoor, vermaan hy hulle om dit nie te doen nie, maar hy het nie met die handhawing van dissipline streng teenoor hulle opgetree nie (1 Sam. 22:22-26). Hierdie slapheid van Eli was so ’n groot sonde in die oë van die Here dat Hy van Eli en sy seuns aan Samuel gesê het: “Toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het het hy hulle nie (streng) bestraf nie. Daarom bevestig Ek met ’n eed aangaande die huis van Eli: die ongereg-tigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur dieroffer of graanoffer ver-soen word nie” (1 Sam. 3:13-14).

Page 272: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

272

Dit is ’n verskriklike oordeel wat die Here uitgespreek het oor ’n man wat nie sy kinders kragtens sy verbond met God met eerbied vir en gehoor-saamheid aan God opgevoed het nie. Dit is ’n ernstige waarskuwing wat die Here ook vandag rig aan ouers wat nalaat om hulle kinders as gedoopte kinders op te voed.

Page 273: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

273

Donderdag 3 Augustus Skrifgedeelte: 2 Timoteus 3:10-17 Fokusgedeelte: 2 Timoteus 3:14, 15; HK Sondag 27, Antwoord 74

Die roeping van gedoopte kinders

Uit bogenoemde belydenis is dit duidelik dat daar deur die doop ’n roeping en verpligting op die kinders gelê word om te aanvaar wat God hulle belowe en om Christus in die geloof as Verlosser aan te neem. Dit spreek vanself dat, terwyl die kinders nog jonk is, hulle ouers daarin aan hulle leiding moet gee en vir hulle ’n voorbeeld moet stel. Daar kom egter ’n stadium in die kinders se lewe dat hulle self Christus as Verlosser in die geloof moet aanvaar en volgens sy wil moet lewe. In hierdie verband is dit belangrik om te let op wat Paulus aan Timoteus skryf.

Timoteus se ma was ’n Jodin wat Christus in die geloof aangeneem het en sy pa was ’n Griek, ’n heiden. Hulle het in Listra gewoon (Hand. 16:1). Deur die onderrig wat hy van sy ouma, Loïs, en van sy ma, Eunice, en van Paulus self ontvang het, het hy die opregte geloof in Christus aangeneem (2 Tim. 1:5). Hierdie geloof in Christus as die enigste ware Verlosser het hy openlik bely en daarvolgens gelewe (Hand. 16:2). Dit beteken dat hy die verantwoor-delikheid wat sy ouers (sy ma en ouma) by sy doop op hulle geneem het om hom Christelik op te voed, nou doelbewus en in vertroue op God op homself geneem, ondanks die feit dat hy nog jonk was.

Hierdie optrede van Timoteus kan in die gees van die Kategismus soos volg weergegee word: Hy het God se verbondsbeloftes aanvaar, maar terself-dertyd besef dat hy voortaan moet lewe volgens die eise van die verbond. Dit is wat by elke gedoopte kind kragtens hulle verbond met God ingeskerp moet word. Aan elkeen van hulle moet ons sê: Onthou die verbondsbelofte van God waardeur verlossing van sonde en die gawe van die Heilige Gees beloof word, is by die doop ook aan jou verbind en bevestig.

Dieselfde doop eis egter van jou dat jy, terwyl jy opgroei, Jesus Christus in die geloof moet aanneem as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker. Dit kan jy doen deur met aandag te luister as jou ouers jou uit God se Woord onderrig en deur gereeld te bid; deur gereeld eredienste by te woon en getrou te wees in katkisasie; deur van jongs af die Bybel te lees en te bestudeer. Dan sal jy lewe ooreenkomstig die teken en seël van die verbond met God wat jy by jou doop ontvang het.

Page 274: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

274

Vrydag 4 Augustus Skrifgedeelte: Genesis 9:8-17 Fokusgedeelte: Genesis 9:11-13 Jesus Christus bring God se genadeplan met die skepping tot uitvoering

God sluit ’n verbond met Noag, sy nageslag en al die diere, naamlik dat Hy

nie weer die aarde met ’n vloed sal verwoes nie. As teken van dié verbond gee God die reënboog in die wolke. In die oorspronklike taal (Hebreeus) staan daar nie “reënboog” nie, maar “boog”. Dit is dieselfde woord wat in die Ou Testament vir die oorlogsboog gebruik word.

Met die teken van die (reën)boog sê God dus dat Hy nie weer met water oorlog sal maak teen sy skepping nie. As gevolg van die sonde is die aarde vervloek en die mens verdien om deur God gestraf te word, maar God sal sy (genade-)plan met die skepping voltooi.

Die verbond wat God direk ná die sondvloed gesluit het, word die natuurverbond genoem. Hierdie verbond is deel van één verbond wat soos ’n goue draad deur die Bybel loop, naamlik die genadeverbond. Met hierdie één verbond sê God vir ons dat Hy ons God sal wees en dat ons sy kinders sal wees.

Hoe is dit moontlik? God het sy oorlogsboog teen Jesus Christus gespan. Hy het die regverdige straf op die sonde gedra. Dink weer aan die (reën)boog. Hierdie boog wys nie af na ons toe nie, maar boontoe. Dit wys na Christus wat God se genadeplan met die skepping tot uitvoering gebring het.

Die doop is die teken van die genadeverbond en daarmee verseker God jou dat jy deel is van dié verbond. Dink aan God se genadeverbond wanneer jy weer die reënboog sien en wees verseker dat God sy genadeplan met die skepping tot volle uitvoering gaan bring. Sing: Skrifberyming 5-3:1, 5

Dr. HM (Heinrich) Zwemstra (Pretoria-Annlin)

Page 275: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

275

Saterdag 5 Augustus Skrifgedeelte: Genesis 15:7-21 Fokusgedeelte: Genesis 15:17, 18

God maak jou deel van sy genadeverbond

In vers 8 vra Abraham hoe hy seker kan wees dat God al sy beloftes gaan waar maak. Dan beveel die Here hom in vers 9: “Bring vir my ’n vers, ’n bok en ’n skaapram, almal drie jaar oud, en ’n tortelduif en ’n jong duif.”

Toe die Here sê: “Bring vir my die diere”, het Abraham dadelik geweet waaroor dit gaan. Hy het geweet dat dit ’n seremonie was vir die sluiting van ’n verbond (ooreenkoms). Daarom weet Abraham wat om te doen. Hy sny die diere (behalwe die klein voëls) middeldeur en lê die twee helftes teenoor mekaar.

In daardie dae het die partye wat ’n verbond gesluit het, tussen die helftes van die diere deurgeloop. Daarmee het elke party gesê: “As ek nie die verbond nakom nie, sal ek soos hierdie diere in stukke opgesny word.” Hier in Genesis 15 gebeur egter iets fantasties! In sy verbond gaan God alleen deur die diere. Daarmee sê Hy dat Hy ons, wat sy verbond met ons ongehoorsaamheid verbreek het, sal red.

Dit is dan ook presies wat gebeur het! Jesus het mens geword om vir ons sondes te betaal. Hy is vir ons sondes stukkend geslaan en aan die kruis het die donkerste donker oor hom gekom toe Hy uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Mark. 15:33).

Deur geloof is alle gelowiges kinders van Abraham (vgl. Rom. 4 en Gal. 4) en is ons deel van God se genadeverbond. Jou doop is die teken dat jy deel is van die genadeverbond. Dink vandag aan jou doop en leef as ’n verloste kind van God. Sing: Psalm 105:1, 5 (1936)

Dr. HM (Heinrich) Zwemstra (Pretoria-Annlin)

Page 276: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

276

Sondag 6 Augustus Skrifgedeelte: Eksodus 12:41-51 Fokusgedeelte: Eksodus 12:43

Die voorregte van God se verbond is vir gelowiges bedoel

Die Here sê in vers 43 dat geen nie-Israeliet (letterlik: buitestander) van die Paasfees (Pasga) mag eet nie. Beteken dit dat die Paasfees net vir gebore Israeliete bedoel is? Nee, mense van ander volke kan ook die Paasfees vier, maar dan moet hulle eers deel word van God se verbondsvolk.

Ons lees in verse 44 tot 49 dat nie-Israelitiese slawe, bywoners, huurlinge en vreemdelinge eers besny moet word as hulle die Paasfees wil vier. In die tyd van die Ou Testament was die besnydenis die teken van God se verbond (vgl. Gen. 17:9-14). Buitestanders (nie-gelowiges) moet dus eers God se verbond aanvaar en die besnydenis as teken ontvang voordat hulle die voorreg kan hê om die Paasfees te vier.

In die Nuwe Testament het die doop in die plek van die besnydenis gekom (vgl. Kol. 2:11, 12). Wanneer ons die doop as verbondsteken ontvang, word ons by God se verbond ingelyf, en wanneer ons God se verbondsbeloftes gelowig aanvaar, het ons deel aan al die voorregte van sy verbond.

Een van hierdie wonderlike voorregte is die Nagmaal wat Jesus in die plek van die Paasfees ingestel het. Jesus is die volmaakte Paaslam wat vir ons sondes geslag is. Die Nagmaal herinner ons aan Jesus se volmaakte verlos-singswerk en dit verseker ons van die ewige lewe wat ons saam met Hom het.

Dink vandag aan die wonderlike voorreg wat ons het om die Nagmaal te kan vier, asook al die ander voorregte wat God ons gee omdat Hy ons deel maak van sy verbond! Sing: Psalm 118:1, 7 (1936)

Dr. HM (Heinrich) Zwemstra (Pretoria-Annlin)

Page 277: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

277

Maandag 7 Augustus Skrif- en Fokusgedeelte: Efesiërs 2:11-22

Die doop – waarom kindertjies gedoop word

’n Kind wat vir Suid-Afrikaanse ouers gebore word, hoef nie aansoek te doen om Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Die kind hét burgerskap kragtens geboorte en word as Suid-Afrikaner erken totdat die burgerskap afgelê word. Buitelanders moet egter aansoek doen om Suid-Afrikaanse burgerskap. As hulle aan bepaalde vereistes voldoen het, kan hulle burgers word.

Dieselfde geld ook vir die koninkryk van God. Buitestanders (ongelo-wiges) wat deel wil word van God se koninkryk, moet eers aan bepaalde ver-eistes voldoen. Hulle moet Jesus Christus as enigste Verlosser bely en Hom dien en volg. Waar buitestanders tot hierdie belydenis kom, ontvang hulle toe-gang tot die koninkryk van God en ontvang hulle die volwasse doop as teken van hulle burgerskap.

Kindertjies wat egter vir gelowige ouers gebore word, word BINNE die koninkryk van God gebore. Hulle ís koninkrykskinders! Die doop, as teken van burgerskap, kan dadelik aan hulle bedien word, want hulle staan kragtens geboorte binne die verbond met God.

Kragtens hierdie verbond beskou God hulle as EEN met Christus (vs 13). Hulle het dus (al was hulle nog nie gebore nie) saam met Christus aan die kruis gesterf en saam met Hom tot ’n nuwe lewe opgestaan. Hulle is met God versoen (vs 15) en het deur Christus vrye toegang tot die hemelse Vader (vs 18).

As jy een van die kinders is wat God só onverdiend deel van sy koninkryk gemaak het, moet jy hierdie wonderlike burgerskap vasgryp. Leef naby God (vs 19) en gee alles om saam met ander gelowiges opgebou te word as ’n geestelike land (huis) waarin God woon (vs 22). Jy is immers gedoop!

Dr. WC Vergeer (Krugersdorp)

Page 278: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

278

Dinsdag 8 Augustus Skrifgedeelte: Deuteronomium 6:1-12 Fokusgedeelte: Deuteronomium 6:4-9

Gehoorsaamheid aan die wet!

Om dit waarin ’n mens glo, van harte te bely, is nie net om dit met oortuiging te sê nie, maar ook om almal wat dit hoor, tot ’n belydenis op te roep.

So ’n belydenis vind ons in vers 4: “Luister Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.” Dit het onder die Jode bekend gestaan as die “Sjema”, na aanleiding van die Hebreeuse woord vir “hoor”, en die Jode het dit dikwels as ’n gebed opgesê. Hierdie belydenis moes die basis vorm vir die volk se lewe in die beloofde land. Dit moes hulle egter ook tot liefde en gehoorsaamheid oproep. Hulle God is die enigste God, die lewende God, teenoor al die mens-like versinsels van heidense afgode.

Om dié rede moes die uniekheid van hulle God verkondig word deur gehoorsaamheid aan sy gebooie. Sy wet het Hy reeds aan hulle gegee om sy liefde aan hulle te toon, en dit kon nie maar net op die bladsye van ’n boek bly staan nie, dit moes van harte uitgeleef word. Die opdrag van die Here is (vs 8): “Jy moet dit as ’n herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ’n merk op jou voorkop wees.”

In ons tyd is dit absoluut nodig om hierdie belydenis weer opnuut te laat hoor, en hierdie leefwyse weer nuut te leef. Die gebooie van die Here op my hande beteken dat ek alles dóén in gehoorsaamheid aan sy wet. Sy gebooie as ’n merk op my voorkop is ’n teken dat ek in gehoorsaamheid aan sy wet dink. Soos Israel moet ons God se woorde van geslag tot geslag oordra, sodat dit deur die eeue die rigsnoer vir gelowiges kan bly. Sing: Psalm 119:1

Ds. WGM (Willem) Kotze (Rooihuiskraal)

Page 279: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

279

Woensdag 9 Augustus Skrifgedeelte: Psalm 51 Fokusgedeelte: Psalm 51:19

Kom met egte berou na die genadige God!

Droefheid en hartseer is nie vir ons onbekende ervarings nie – droefheid oor iemand wat dood is, oor ’n verbreekte verhouding, ’n mislukte eksamen. Beleef ons egter ook droefheid oor ons sondes? Hoe ervaar ons dit as ons in sonde val?

Gebeur daar in ons iets soos in Dawid, die magtige en beroemde koning van Israel, na sy owerspel en moord? Maak ons sonde ons klein en nederig voor die grote en heilige God? Is ons binneste gebroke en verslae wanneer sonde ons in sy magsgreep kry? Is ons bedroef en hartseer oor ons opstandig-heid teenoor die Here – ons keuses vir die duiwel en teen die lewende God? Is ons harte werklik stukkend wanneer ons die opdragte van die Here ignoreer?

Wanneer ons naby en intiem aan God lewe, vernuwe sy Heilige Gees ons van binne sodat ons eerlik na ons sondes kyk en dit met diepe droefheid teenoor die Here erken. Dis wat die Here van ons vra.

Die gevaar is dat ons gewoond raak aan ons sondes. Dit word bekende patrone wat ons later as deel van onsself sien. Of dalk nog erger – ons verwyt die Here wat ons dan so gemaak het met hierdie spesifieke oortredingsfoute.

Die wonderlike en troosryke boodskap van Psalm 51 is dat God niemand afwys wat nederig en vol berou na Hom toe kom nie. Hy ontmoet elke berou-volle sondaar met genade, liefdevolle barmhartigheid en vergifnis. Wonderlik klink die woorde van Jesus in Johannes 6:37: “Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.”

Mag hierdie woorde vir jou vandag en elke dag van jou lewe vul met ware blydskap en diepe vreugde! Sing: Psalm 130:1, 2

Ds. L du P (Wikus) van der Vyver (Silverton)

Page 280: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

280

Donderdag 10 Augustus Skrifgedeelte: Jesaja 43: 1-8 Fokusgedeelte: Jesaja 43:1

Wat beteken jou doop vir jou? God ken jou op jou naam en Hy lei jou deur jou lewe

Die volk Israel beleef ’n baie moeilike tyd in ballingskap. Daar gebeur

dinge wat hulle benoud en bang maak en daarom stuur God vir Jesaja om hulle te bemoedig. Die Here herinner Israel dat Hy hulle sal red en dat hulle nie bang moet wees nie.

God bemoedig ons egter nie op ’n afstand nie, maar op ’n baie persoonlike en intieme vlak. Die Here ken sy kinders persoonlik by die naam en leef persoonlik met elkeen mee. Wat ’n heerlike belofte is dit nie wat ons reeds by ons doop ontvang nie! Die doop is ’n persoonlike ontmoeting met God waar die grote God klein kindertjies by die naam noem en Homself aan hulle ver-bind.

Die Here ken my egter nie net persoonlik nie, Hy leef ook persoonlik met my mee. Die verbond wat God met sy kinders sluit, duur vir ewig en daarom kan ek seker wees dat God altyd by my sal wees en my sal lei. Ook deur die moeilike tye van my lewe – wanneer ek deur vuur en water moet gaan! Die doop is my versekering dat God my deur beproewinge heen lei en dat Hy my sal dra.

Hierdie beloftes van die Here berus op sy liefde vir my. ’n Liefde so groot dat Hy in die geval van Israel ander volke in hulle plek laat sterf het. Sy liefde vir my is so groot dat Hy Christus Jesus in my plek laat sterf het sodat ek kan deel in die verbondsbeloftes van God. Ons is vir Hom so kosbaar dat Hy bereid was om die duurste prys vir ons te betaal.

Wanneer jy dan bang of bekommerd raak, dink terug aan die feit dat jy gedoop is, dat God jou by jou naam geroep het en dat Hy toe reeds beloof het dat Hy jou op jou lewenspad sal lei – ook deur donker dieptes van beproewing. Gryp dan met geloofsvertroue vas aan die betekenis van jou doop en skep moed! God ken jou, God loop saam met jou en God is lief vir jou! Sing: Skrifberyming 11–2:1, 2

Ds. Piet Venter (Potchefstroom-Oos)

Page 281: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

281

Vrydag 11 Augustus Skrifgedeelte: 2 Konings 5:9-15 Fokusgedeelte: 2 Konings 5:10

Jou doop herinner jou dat jy deur die bloed van Christus skoon gewas word van al jou sonde!

Die ongelowige Naäman kom op aanbeveling van ’n gelowige kind na die

profeet Elisa om genesing vir sy melaatsheid te vind. Elisa gee Naäman ’n eenvoudige opdrag om hom sewe maal in die Jordaanrivier te gaan was en dan sal hy gesond word. Naäman was aanvanklik nie beïndruk deur die eenvoudige opdrag nie, maar ná oortuiging deur sy personeel gehoorsaam hy tog die profeet se opdrag en word deur God genees deur die water van die Jordaan.

Wanneer hierdie gebeure deur die bril van die Nuwe Testament gelees word, kry dit vir ons nuwe betekenis. In die lig van Jesus se opdrag dat mense met water gedoop moet word, verstaan ons nou dat water die simbool is van God se daad van vergifnis en redding in en deur Jesus Christus. Net soos soos water ons skoon was, word ons skoon gewas van die sonde deur die bloed van Christus! Soos Naäman rein (gesond) geword het van sy melaatheid nadat hy hom met die water gewas het, so was die Here die vuilheid van die sonde van my af deur die versoenende werk van Christus.

Wat ’n heerlike troosvolle teken is my doop dan nie! Om terug te dink dat ek ook met water gewas is wanneer ek besef hoe ek daagliks nog in sonde val en telkens weer die vergifnis in Christus nodig het. Hoe wonderlik dat God aan ons die geloof gegee het en dat hierdie teken elke dag praktiese betekenis in my lewe kry!

Wanneer sonde jou oorval en jy daarmee worstel, gaan dan soos Naäman na God en vind in die geloof vergifnis (skoonwassing) vir jou sonde en lewe soos ’n nuwe mens! Sing: Skrifberyming 8–1:1

Ds. Piet Venter (Potchefstroom-Oos)

Page 282: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

282

Saterdag 12 Augustus Skrifgedeelte: Handelinge 2:37-42 Fokusgedeelte: Handelinge 2:38

Jou doop roep jou tot verantwoordelikheid om gehoorsaam te lewe

In reaksie op Petrus se preek reageer die mense met geloof en word deur Petrus aangespoor om hulle van hulle verkeerde leefwyse te bekeer en die doop as teken van hulle nuwe verhouding met God te ontvang. ’n Gedoopte kan dus nie voortgaan om in sonde te lewe nie, en ook hierin kom God ons met die doop tot hulp! My doop is die die bewys (die waarborg) dat God, die Heilige Gees, in my woon en werk! Deur die versoening van Christus ontvang ek die Gees van God. Hy wil my juis herinner aan alles wat Christus vir my gedoen het en wat God my geleer het. Die Gees lei my op die pad van gehoor-saamheid.

Hierdie gehoorsaamheid word duidelik sigbaar in die lewe van die pas bekeerdes en gedooptes van Jerusalem in die wyse waarop hulle as gemeente saamkom en die Here dien! Hulle volhard daarin om God se Woord te bestu-deer en in ’n getroue gebedslewe met die Here te lewe. Die gelowiges het gereeld bymekaar gekom om Nagmaal te vier en onderling vir mekaar te sorg! Die toewyding van hierdie eerste gelowiges was so aansteeklik dat dit baie mense oortuig het om hulle tot die Here te bekeer.

Net so wil die Here dat jy ook getrou en gehoorsaam aan Hom lewe! Jou doop herinner jou daaraan dat jy nou die geloofsverantwoordelikheid het om uit dankbaarheid vir jou redding in Christus aan God gehoorsaam te lewe. Bid daarom gedurig dat die Heilige Gees jou lei. Soek God op in sy Woord en bid gereeld. Leef met jou gemeente mee en dien die Here! Dit is jou as gedoopte se verantwoordelikheid. Sing: Skrifberyming 8–1:2

Ds. Piet Venter (Potchefstroom-Oos)

Page 283: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

283

13 Augustus Skrifgedeelte: Handelinge 16:16-34 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Handelinge 16:30b, 31a

Wat moet ek doen?

Wat moet ek doen om gered te word? Dit is die vraag van die tronk-bewaarder van Filippi. Wat moet ek doen? Kan ons iets doen om gered te word? Die antwoord van Paulus en Silas is kort: “Glo in die Here!”

Is geloof iets wat ’n mens doen, of beteken dit juis dat jy ophou om iets te doen? Is geloof nie juis dat jy jou laat red deur die Here Jesus nie en dat jy self niks doen nie? Alles is tog net genade van sy kant af.

Geloof ís iets wat ons moet doen. Wat ons moet doen, is om te glo. Geloof is tog om op te hou om op jouself te vertrou en jou hele lewe in die hande van die Here te laat. Dit is om op te hou om jouself te probeer red deur allerhande dinge te moet doen voor God jou genadig sal wees. Geloof is om jou heelte-mal oor te gee aan jou Redder. Geloof is om alles van jou Verlosser te verwag. Wat jy moet doen, is om niks te doen nie, want om iets te doen, kan jy nie!

Dit is so moeilik, want ons wil nie ons eie swakheid aanvaar nie. Ons spook en spartel liewer om ons self te red, maar dit werk nie. Kyk eerder gelowig op na jou Redder en God! Gryp Hom vas en vertrou Hom! Dit is tog nie die daad van jou geloof wat jou red nie, maar die Een in wie jy glo.

Ten diepste is geloof nie iets wat jy doen – of nie doen nie. Geloof is ’n lewende verhouding met Jesus Christus. Dit is ’n verhouding waarin ek nie wys op wat ek alles doen nie, maar na Hom. Daar hang Hy aan die kruis, vir my! Daar sterf hy, vir my! Daar staan Hy op, vir my! Dit is die Een in wie ek glo!

Dit maak die geloof aktief. Dan kan jy sien wat jy in die geloof doen: liefde, bewys jou oorgee aan God, diens lewer en dankbaar wees, omdat jy ’n geredde kind van God is! Sing: Psalm 68:9

Ds. RG (Roelie) Aucamp (Emeritus)

Page 284: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

284

Maandag 14 Augustus Skrifgedeelte: Romeine 6:1-14 Fokusgedeelte: Romeine 6:11, 13

Dood vir die sonde – lewend vir God

Ons word dikwels herinner dat ons ’n sondige aard het. Dit herinner ons hoe verlore ons in onsself is en bevestig waarom ons geheel en al van God se genade afhanklik is. Ons mag egter nie in die sonde vasval soos in ’n modder-gat nie. Selfs die genade is nie ’n doel op sigself nie, want dan sou ons inder-daad kon aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem.

Die doel van God se genade is ’n herstelde, heilige lewe van dankbaarheid. God volstaan nie by genadige vergewing nie. Deur die geloof maak Hy ons een met ons Here Jesus Christus sodat ons saam met Hom dood is vir die sonde en lewend vir God. Die gelowige kan en moet daarom weer doen wat God wil. Ek kan nie my sondige natuur en my erfsonde as ’n verskoning voor-hou om aan te hou sonde doen nie, want die Here Jesus het my verlos en die Heilige Gees maak my lewend.

Ons worstel wel nog met ons ou sondige natuur. Daarmee hou Romeine 7 rekening, maar in hoofstuk 8 word ons opnuut verseker dat die oorwinning vasstaan vir elkeen wat deur die Heilige Gees beheers word.

Stel daarom vandag en elke dag as koninkryksburger elke deel van jou liggaam in diens van God om sy wil te doen. Doen dit onder die heerskappy van die Heilige Gees, omdat jy in die geloof een is met ons Here Jesus Christus en daarom saam met Hom vir God lewe. Sing: Psalm 71:2, 9, 14 (1936)

Ds. HB (Bernard) Hattingh (Emeritus)

Page 285: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

285

Dinsdag 15 Augustus Skrifgedeelte: Handelinge 10:44-48 Fokusgedeelte: Handelinge 10:44

Die koninkryk van God en geloofsgroei

Verstaan ek en jy hoe belangrik dit is dat ons geestelik groei? Die ko-ninkryk van God breek deur wanneer God se kinders geestelik groei! Ons sien dit in Handelinge 10. Hierdie hoofstuk in die Bybel verteenwoordig ’n sleutel-oomblik in die uitbreiding van die koninkryk van God. God maak hier duide-lik dat die evangelie van Jesus Christus nie net vir die Jode bedoel is nie, maar ook vir die heidene (nie-Jode). Tot groot verbasing van die Joodse gelowiges kom die Heilige Gees tydens Petrus se getuienis (vs 44) ook op die Romeinse kaptein Kornelius, op sy hele familie en al sy huisvriende (vs 24).

Let egter op hoe God te werk gaan in hierdie wonderlike deurbraak vir sy ryk. Hy gaan nie by gewone mense verby nie, Hy gebruik hulle juis! Eers breek God deur in mense se harte, dan in hulle lewens, dan in hele same-lewings, gemeenskappe, volke en lande. Kornelius en sy hele huisgesin (vs 2) groei deur God se genade tot godsdienstige mense wat baie goed doen aan armes en gereeld tot God bid (vs 2). Petrus groei deur God se genade tot iemand wat insien dat die evangelie ook vir nie-Jode bedoel is (vs 34) en hy ontvang bekwaamheid om gesagvol oor die geloofswaarhede te getuig (vs 39). Juis deur hierdie groeiwerk in mense brei die koninkryk van God uit, ontvang mense die Heilige Gees (vs 47) en word hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop (vs 48).

Sekerlik is God en sý ryk nie van mense en hulle geestelike groei afhanklik nie, maar wonderlik, wil God juis só werk! Ook in my en jou vandag! Wie bid: “Laat u koninkryk kom!” moet self bereid wees om te groei. Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Dr. WC (Wim) Vergeer (Krugersdorp)

Page 286: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

286

Woensdag 16 Augustus Skrif- en Fokusgedeelte: Romeine 2:25-29

Die doop – vrug daarvan in ons lewe

Soos Paulus onderskei tussen die uiterlike en innerlike besnydenis, onderskei die Nederlandse Geloofsbelydenis (Art 34) tussen die uitwendige en die inwendige betekenis van die doop. Dit is duidelik dat die doop nie maar net ’n buitekant-teken is wat “uit gewoonte of bygelowigheid” bedien moet word nie. Nee, uit die doop kry ek en jy veel méér as wat ons verwag! Die doop is ’n sigbare teken wat ook “onsigbare genadegawes” inhou. God dui deur die doop aan dat Hy innerlik in jou wil werk.

Daar is ’n afwassing of “besnydenis” wat die Heilige Gees in jou hart wil doen (vs 29). Volgens Guido de Bres behels dit: • Die Gees wil jou siel skoonmaak van alles wat keer dat jy in die regte

verhouding met God lewe. • Die Gees wil jou ’n nuwe hart gee wat vol blydskap is omdat jy God se

kind is. • Die Gees wil jou sekerheid gee dat Christus aan die kruis alles gedoen het

wat nodig is, sodat jy ewig by God kan lewe. • Die Gees wil jou al hoe meer soos Jesus Christus laat optree.

God het die doop as ’n wonderlike geskenk aan jou gegee. Dis tyd dat jy die geskenk oopmaak en kyk watter genade alles daarin verskuil lê. Gee jou volle samewerking aan die Heilige Gees vir die werk wat Hy innerlik in jou wil doen.

Só sal nie net die papier van die doopregister nie, maar ook jou hele lewe getuig: Ek is immers gedoop!

Dr. WC Vergeer (Krugersdorp)

Page 287: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

287

Donderdag 17 Augustus Skrifgedeelte: Johannes 1:29-34 Fokusgedeelte: Johannes 1:33

Om met water gedoop te word, is om deel te kry aan Hom wat met die Heilige Gees doop

Uit gereformeerde hoek gesien, is die sakrament van die doop, die

besprinkeling met water, ’n ware genadeteken. Dit is nie die handelinge met betrekking tot die gebeure rondom die doop wat die genade bewerk nie, maar die genade is te danke aan die liefde van Jesus en die werking van sy Gees.

Om die werking van die Heilige Gees in dié proses te kan verstaan, vertel 1 Korintiërs 12:13 ons dat alle gelowiges gedoop word en dat alle gelowiges vervul word met die Heilige Gees (die inwoning van die Gees). In Efesiërs 4:5 word die Gees in dieselfde konteks geplaas as één Here en één geloof, en so kan ons die Heilige Gees se werking in ons lewe dan as ’n werklikheid aanvaar.

Deur die doop (in die Heilige Gees) kry ons deel van Jesus se dood, sy graf en sy heropstanding. Dit vorm die basis van die losmaking in en deur Jesus van ons sondige ou natuur en daarom kan ons deur die krag van sy Gees as nuwe mense lewe (Rom. 6:1-10; Kol. 2:12).

So word ons dus weereens bewus gemaak van die een groot troos in die lewe … die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here (Rom. 6:23). As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word (Rom. 10:9)

Ds. JH (Jan) Venter (Venterstad)

Page 288: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

288

Vrydag 18 Augustus Skrifgedeelte: Galasiers 3:26-29; Filippense 3:12-14 Fokusgedeelte: Galasiers 3:27

Die doop in Christus hier op aarde het ten doel om die hemelse prys te bereik

“Julle … wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van

Christus geword. En as julle aan Christus behoort, is julle ook … erfgename kragtens die belofte van God….en daarom strek ons ons uit na wat voor is, en jaag die doel na om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Die eg Bybelse woorde weerklink van onwrikbare toewyding. As die woorde deel van jou geloofsbelydenis is, dan getuig dit van die konsentrasie en geestelike en fisieke inspanning van iemand wat verstaan wat die doop beteken.

Dit maak die feit duidelik dat die doop vir jou die wegspring is in die wedloop van hierdie lewe; dit is nie die begin van ’n passiewe ontspanne lewe as “Christen” nie. Die doop sluit die gedagte van die kruisiging en opstanding van Jesus (Rom. 6:3-5) in. Veral die deel hê aan die opstanding van Jesus dui dus op ’n besondere dinamiese en geesdriftige lewensbenadering.

As ’n moeë, maar geestelik triomfantlike ou man, was Paulus se herinneringe dat hy nie aan die hemelse “roeping” ongehoorsaam was nie (Hand. 26:19). Soos daardie bevel van die Here vir Paulus ’n werklikheid was wat sy hele lewe beïnvloed het, so moet dit vir ons wees as ons gedoop is: dit is ’n besluit waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Deur ons lewe heen sal ons weet dat dit die regte ding is wat gedoen is toe ons hierdie simboliese ver-sekering ontvang het dat ons erfgename van God.

Daar is min beloftes in die lewe waarvan ons so seker kan wees.

Ds. JH (Jan) Venter (Venterstad)

Page 289: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

289

Saterdag 19 Augustus Skrifgedeelte: Openbaring 7:1-8 Fokusgedeelte: Openbaring 7:3

God verseël sy eiendom vir die reis na die ewigheid

Openbaring 6 word afgesluit met die waarskuwing dat niemand kan be-staan wanneer die dag van oordeel aanbreek nie. Hierdie oordeel word in hoofstuk 7:1, 2 beskryf as vier winde wat dreig om vernietigend oor die aarde te waai. Dit is Satan se poging om die kerk van die Here te vernietig. Hierdie pogings is reeds aan die gang van die begin van die kerk af, maar neem tog toe namate die einde van die tyd naderkom.

Die troos vir Christene uit hierdie Skrifgedeelte is dat God sy kinders nie weerloos aan Satan oorlaat nie, maar Hy stuur ’n Engel om sy dienaars te verseël en te merk. Hulle sal immuun wees teen Satan. Hierdie werk word nie halsoorkop gedoen terwyl gelowiges paniekerig rondhardloop te midde van die geestelike vernietiging nie, maar God bewaar sy kinders volgens sy voorafbeplanning terwyl Hy in volle beheer is.

In Efesiërs 1:13 word die Heilige Gees genoem as die Een wat ons verseël en is die Engel wat Johannes in Openbaring 7 sien. Hierdie seël wat op ons aangebring word, is heiligheid. En ons kan nie anders nie as om met dank-baarheid aan God se belofte by ons doop te dink. “Die Gees wil in ons woon en ons tot lidmate van Christus heilig deur tot ons eiendom te maak wat ons in Christus het.

Johannes sien dalk wel in die gesig ’n fisiese merk op die gelowiges, maar geen fisiese merk op ons voorkom sal Satan keer om ons aan te val nie; die enigste bewys dat ons aan God behoort, is ’n lewe wat van God se werk in ons getuig. Die vrug van die Gees – woorde en dade, liefde en geduld, volharding in geloof – sal Satan se aanslae weerstaan, want ons is in Christus geborge. Bewapen jouself met heiligheid! Sing: Skrifberyming 18-7:1, 12

Ds. Attie Venter (Pretoria-Annlin)

Page 290: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

290

Sondag 20 Augustus Skrifgedeelte: Openbaring 14:1-5 Fokusgedeelte: Openbaring 14:1

God se verseëlde eiendom in die hemel

Openbaring 7:3 het gewys op die verseëling van gelowiges, waardeur ons teen Satan se aanvalle beskerm word. Openbaring 14:1 gee die bewys van God se oorwinning. Johannes sien in dié gesig die 144 000 gelowiges wat almal hulle bestemming bereik het op die berg Sion in die teenwoordigheid van die Lam. Alles is nou volmaak. Sion verwys na God se Berg waar Hy heers, en die Lam verwys na die sukses van Jesus se nederigheid en diensbaarheid as offer. Die 144 000 is natuurlik ’n simboliese getal (die 12 Ou-Testamentiese stamvaders maal die 12 Nuwe-Testamentiese apostels maal 1000 om ’n vol-heidsgetal weer te gee). Nie een van God se kinders het op die reis na die ewigheid verlore gegaan nie.

Geen wonder die uitverkorenes is besig om God te loof en te eer nie. Wan-neer Johannes hierdie gesig sien, staan hy op die aarde en hy hoor die sanggeluide uit die hemele. Hulle sing ’n nuwe lied, want die blydskap waaraan die gelowiges uiting gee, is ver verhewe bo wat hulle op aarde ooit kon verwag of in woorde kon uitdruk. Niemand anders kon hierdie lied leer nie, want nie net kan niemand meer verlore gaan nie, maar niemand anders kan bygevoeg word nie. Die gelowiges staan daar as begenadigdes met God se verseëling op hulle voorhoofde, maar ook as diegene wat die pad van heiligmaking geloop het.

So sal tot vervulling gaan wat op aarde deur die uiterlike doop geteken was. Die doop is nie alleen ’n teken nie, maar inderdaad ’n seël waardeur ons vertroos is met die onuitwisbare beloftes van God. Uitverkiesing en genade vrywaar mens nie van verantwoordelikheid nie, maar maak dit juis ’n moont-likheid en ’n werklikheid. Sing: Skrifberyming 18-6:1, 3

Ds. Attie Venter (Pretoria-Annlin)

Page 291: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

291

Maandag 21 Augustus Skrifgedeelte: Efesiërs 4:25-32 Fokusgedeelte: Efesiërs 4:30

Die verseëling roep jou op tot verantwoordelikheid

Dit verskaf ’n ongelooflike gevoel van sekuriteit om deur God vir die ewige lewe verseël te wees. God beskerm my immers teen my grootste vyand, naamlik my eie hardkoppigheid as gevolg van my sondige natuur.

Terselfdertyd plaas God se genade ’n verantwoordelikheid op my. Dit is dat ek nie die Heilige Gees moet bedroef nie. Hierdie appèl word baie sterk beklemtoon deur die belofte wat ons by die doop ontvang. Deur die doop word ons immers vermaan en verplig tot ’n nuwe gehoorsaamheid aan God.

Ons kyk na hierdie verantwoordelikheid vanuit die konteks van die vorige twee Skrifgedeeltes uit Openbaring. Die Gees van God is besig om ons te verseël. Hy is besig om ons – as reisigers na die ewigheid – toe te woel in alles wat ons nodig het om ons bestemming te bereik. Die Gees is besig om die sekuriteitsmuur rondom ons op te bou. Wanneer ons egter met verkeerde dinge besig is, maak ons die veiligheidshekke van ons harte oop en gee ons geleentheid vir Satan om binne te kom. Die Gees sê dit maak Hom hartseer, want ons verhinder ons beveiliging, ons werk ons verseëling teë. Ons weer-staan die genade.

Wanneer ons as gelowiges die wapenrusting van God aantrek (Ef. 6:16), dan blus ons daarmee die vurige pyle van Satan. Die Gees van God is egter die vuur wat in ons brand. Hy laat ons brand van aanbidding en bewondering vir God en sy grootheid. Hy laat ons brand van liefde, medelye en omgee vir mense. Die Gees bewaar en verseël ons deur ons al meer na Jesus te laat lyk in woorde en dade. Sing: Psalm 116:1, 2 (1936)

Ds. Attie Venter (Pretoria-Annlin)

Page 292: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

292

Dinsdag 22 Augustus Skrifgedeelte: Matteus 26:26-30 Fokusgedeelte: Matteus 26:26-27; HK Sondag 28, Vraag 75

Die nagmaal: Verskillende beskouings

Dit is opvallend dat die antwoorde van die Kategismus oor die nagmaal besonder lank en uitvoerig is. Dit is egter verstaanbaar as ons in gedagte hou dat die nagmaal tydens die Hervorming in die 16de eeu een van die ver-naamste sake was waaroor die hervormers nie net van die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) verskil het nie, maar ook van mekaar verskil het.

Die eerste saak waaroor hulle van die RKK in verband met die nagmaal verskil het, was oor die RKK se siening dat Christus daagliks deur die pries-ters aan God geoffer moet word, anders kan sondes nie vergewe word nie. Daarteenoor sê die Skrif dat Christus net een maal geoffer is en daardeur het Hy vir al ons sondes ten volle betaal (Heb. 10:20). Die tweede saak is die RKK se transsubstansieleer. Dit beteken dat as die priester die wydings-woorde (“Die brood wat ons breek ... Neem eet ... Die beker van danksegging ... Neem, drink ...”) uitspreek, verander die (substansie/wese van die) brood en wyn in die werklike liggaam en bloed van Christus. Dié siening is verwerp, omdat die Skrif leer dat Christus nou met sy liggaam in die hemel is (Hand. 1:9; 7:55).

Die Lutherse leer oor die nagmaal hou die volgende in: Met sy hemelvaart het Christus se liggaam alomteenwoordig geword en in alles ingetrek soos hitte deur yster geabsorbeer word as dit verhit word. Sy liggaam is nou in, met en onder alle bestaande dinge, ook in die brood en wyn by die nagmaal. Dié siening kan nie aanvaar word nie, want – soos reeds aangedui – is Christus se liggaam nou in die hemel (Hand. 1:9; 7:55). Ook het ’n mens hier met ’n vorm van panteïsme te doen, wat beteken dat alles God is.

Zwingli was weer die mening toegedaan dat die nagmaal net ’n herinne-ringsmaaltyd is, terwyl dit in werklikheid baie meer is as dit (vgl. Joh. 6:53-57).

Teenoor al hierdie standpunte was Calvyn daarvan oortuig dat die nagmaal (soos die doop) ’n teken en seël is. Met die nagmaal as teken verduidelik Christus die betekenis van sy lyding en sterwe vir ons, en met die nagmaal as seël verseker Hy ons dat ons werklik daaraan deel het. Op dié wyse is die nagmaal ook ’n herinneringsmaaltyd.

Page 293: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

293

Calvyn se verklaring het in die Kategismus neerslag gevind en sal in die volgende dagstukkie verder verduidelik word. Teen die agtergrond van al ge-noemde uiteenlopende standpunte is dit te verstane dat daar ’n breedvoeriger uiteensetting van die nagmaal as van die ander leerstukke gegee moes word.

Page 294: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

294

Woensdag 23 Augustus Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 11:17-26 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 11:24, 25; HK Sondag 28, Antwoord 75

“… tot my gedagtenis”

Christus het by die instelling van die nagmaal sy dissipels beveel: “Gebruik (doen) dit tot my gedagtenis.” Daarmee het Hy bedoel dat hulle gereeld die nagmaal moet vier, sodat dit hulle kan laat nadink en besin oor dit waarheen die nagmaal wys, naamlik sy bitter lyding en sterwe tot versoening van ons sondes.

Daarmee het Christus aangesluit by ’n bestaande voorskrif vir die paas-maaltyd. Tydens hierdie maaltyd moes die ouers aan die kinders vertel wat die betekenis van die maaltyd is. Hulle moes vertel dat die Here hulle as volk uit Egipte uitgelei het en hulle so van die slawerny van die farao bevry het (Eks. 12:24-27; 13:8). Dit moet egter so gedoen word dat die kinders besef dat hulle self ook daarby betrokke is en dat hulle eie lewens eeue daarna nog steeds deur die verlossing uit Egipte geraak word (Rigt. 6:7-9; Neh. 9:9, 10). So moes hulle die groot verlossingsdaad van die Here in “gedagtenis” bring.

Nou het Christus egter ’n baie groter verlossing as die een uit Egipte bewerk: Hy het deur sy verskriklike lyding en sterwe aan die kruis sy volk verlos van hulle sonde en hulle so met God versoen. Aan hierdie verlossing waarin Christus se liggaam gebreek en sy bloed vergiet is, moet nou gereeld gedink word. Daarom gee Christus aan sy kerk van alle eeue die opdrag: “Doen dit tot my gedagtenis.” As Israel God se verlossing uit Egipte in gedagtenis moes hou, hoeveel meer is dit van toepassing op die verlossing van sonde deur die lyding en sterwe van Christus?

In die lig hiervan moet die woord “gedagtenis” gesien word. Dit word dikwels misverstaan, asof dit presies dieselfde betekenis as herdenking of herinnering, wat sake slegs van die verstand is. Daarteenoor het “gedagtenis” ’n baie dieper betekenis en het te doen met ons hele lewe, net soos wat die geval was met Israel toe hulle uit Egipte verlos is. Dit het hulle hele lewe verander.

Om in hierdie konteks aan die Here te dink, beteken eerstens om doelbewus en met konsentrasie te dink aan die lyding en sterwe van Christus, soos wat dit voortreflik in die nagmaalsformulier gedoen word. Tweedens beteken so ’n gedagtenis aan die Here om jou hele lewe deur Hom te laat

Page 295: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

295

bepaal (Deut. 8:18; 15:40; ens.). Ons eet en drink tot sy gedagtenis as ons elke dag met ons hele lewe vasgryp aan die verlossing wat God deur Christus vir ons aan die kruis bewerk het.

Dan is die nagmaal nie net ’n saak van my verstand vir ’n paar oomblikke nie, maar van ons hele lewe. Dan sal die lewe, die volle lewe, vir ons Christus wees (Fil. 1:21). En dit is wat Christus bedoel as Hy sê: “Doen dit tot my gedagtenis.”

Page 296: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

296

Donderdag 24 Augustus Skrifgedeelte: Lukas 22:14-23 Fokusgedeelte: Lukas 22:19; HK Sondag 28, Antwoord 75

Die bevel om nagmaal te gebruik

Antwoord 75 begin deur daarop te wys dat die gebruik van die nagmaal ’n bevel van Christus is. Dit is nie ’n saak wat aan die willekeur van mense oorgelaat word nie. Die gelowige moet daaraan deelneem. Christus se woorde: “Doen dit tot my gedagtenis” is ’n bevel.

In die lig hiervan kan gewys word op verskillende verkeerde beskouings wat daar soms by lidmate aangetref word. So kan die betekenis van nagmaal oorskat word. Dan woon hulle eredienste nie gereeld by nie, maar wil wel deelneem aan die viering van die nagmaal. Dit is ’n skewe siening, want in sowel die bediening van die Woord as die viering van nagmaal word Christus as Verlosser van sondes verkondig. Daarom mag die een nie bokant die ander verhef word nie. As die bediening van die Woord vir ’n persoon nie ’n saak van erns is nie, kan die nagmaal ook nie vir hom ’n saak van erns wees nie, tensy hy ’n bygelowige waarde daaraan heg, en dan is hy in elk geval op ’n dwaalspoor.

Die betekenis van die nagmaal word soms ook op ’n ander wyse oorskat as mense voorgee dat die nagmaal net vir sogenaamde “heiliges” bedoel is en dat hulle “te sondig is om nagmaal te vier”. Hierdie optrede is gebore óf uit die verkeerde siening dat die mens uit homself in staat is om ’n bepaalde graad van heiligheid te verwerf, waardeur hy dan toegang tot nagmaal sou kry, óf uit die onwilligheid om homself van sy sondes te bekeer.

Teenoor albei hierdie groepe moet dit beklemtoon word dat die nagmaal ’n bevel van Christus is wat nie nie straffeloos geminag kan en mag word nie.

Teenoor die eerste groep moet gestel word dat die nagmaal nie ingestel is vir heiliges nie, maar vir sondaars wat berou het oor hulle sonde, glo dat dit hulle om Christus ontwil vergewe is en van voorneme is om uit dankbaarheid volgens die wil van God te lewe.

Teenoor die tweede groep moet daarop gewys word dat die nag-maal vir bekeerde sondaars ingestel is. Dit beteken dat as daar iets in hulle lewe is wat nie reg is in die oë van die Here nie, hulle dit moet gaan regmaak. Hulle moet hulle van hulle sondes bekeer, verkeerde verhoudings afbreek en regte verhou-dings herstel. Dan sal dit vir hulle moontlik wees om die bevel van Christus te

Page 297: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

297

gehoorsaam en om wel nagmaal te gebruik. Die gevaar bestaan egter ook dat die betekenis van nagmaal onderskat kan

word. Dan beskou lidmate die viering van die nagmaal as van minder belang. Ook aan hulle moet die bevel om nagmaal te vier, duidelik voor oë gestel word.

Page 298: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

298

Vrydag 25 Augustus Skrifgedeelte: Matteus 26:26-30 Fokusgedeelte: Matteus 26:28; HK Sondag 28, Antwoord 75

Die eerste belofte van die nagmaal: Vergewing van sondes

Die eerste belofte wat Christus deur die nagmaal aan my gee, is dat ek deel het aan sy offer aan die kruis vir die vergewing van sondes. Dit is belangrik om daarop te let dat die Kategismus uitdruklik praat van Christus se offer aan die kruis. Van die wesenlike elemente van die sonde-offer was dat die dier wat geoffer word, se liggaam gebreek (hy is doodgemaak) en sy bloed vergiet word (Lev. 4:4-7) en dat die offeraar deur die offer vergewing van sondes ontvang (Lev. 4:20; 5:6, 10, 13). Hierdie Ou-Testamentiese offers het heen-gewys na Christus se offer aan die kruis waar sy liggaam gebreek en sy bloed vergiet is tot ’n volkome versoening van al ons sondes (Matt. 26:28).

As Christus die nagmaal instel, doen Hy dit so dat die gebreekte brood en die wyn wat uitgegiet word, tekens is wat wys na sy gebreekte liggaam aan die kruis en sy bloed wat vergiet is tot vergewing van ons sonde. Die brood en wyn wys as’t ware met ’n uitgestrekte vinger na die versoeningslyde van Christus. ’n Mens kan dit nog sterker stel en sê: In die brood en wyn hoor ons Christus self eintlik sê in die woorde van die nagmaalsformulier: Kyk, kyk wat het Ek vir julle gedoen “dat Ek vir julle, wat anders die ewige dood moes sterwe, my liggaam aan die kruishout in die dood gee en my bloed stort ...”

Die brood en die wyn is egter nie net tekens nie, maar ook seëls. Dit wys nie net na die offerande van Christus nie, maar verseker ons dat ons werklik daaraan deel het. Lees weer bogenoemde aanhaling uit die Kategismus en let veral op die betekenis van “so seker” in die geheel van die sin.

Die nagmaal sê dus eintlik aan elkeen van ons: Sien jy, voel jy en proe jy die brood en wyn? Dit is werklik brood en wyn. Alle twyfel is uitgesluit. Net so moet ook alle twyfel uitgesluit wees of God, die troue Verbondsgod, met my as sy onwaardige kind iets te doen wil hê. Net so moet ook alle twyfel of ek werklik deel het aan die offer van Christus, uitgesluit wees. Omdat die tekens en seëls van brood en wyn nie iets is wat deur mense uitgevind is nie, maar deur Christus self ingestel is, verseker dit my dat die vergewing van sondes om Christus ontwil my persoonlike regmatige eiendom as God se verbondskind is.

Page 299: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

299

Dat die versekering van God werklik vir my persoonlik bedoel is, word beklemtoon deur die herhaalde “vir my” in bogenoemde uitspraak van die Kategismus.

Page 300: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

300

Saterdag 26 Augustus Skrifgedeelte: Johannes 6:47-59 Fokusgedeelte: Johannes 6:47; HK Sondag 28, Antwoord 75

Die tweede belofte van die nagmaal: Die ewige lewe

Die versekering wat die Here ons deur die nagmaal wil gee, hou nog meer in as die vergewing van sondes. Dit wil ons ook verseker dat ons deel het aan die ewige lewe. In die nagmaal sien ons immers nie net dat die brood gebreek en die wyn uitgegiet word nie; dit word ook nie net aan ons gegee om daarna te kyk nie; ons eet die brood en ons drink die wyn. Wat ons eet en drink, word deel van onsself; dit gaan in ons liggame in, word één daarmee en onderhou so die liggaamlike lewe.

Terwyl die brood en die wyn by die nagmaal nou ontwyfelbare tekens en seëls van die liggaam en bloed van Christus is, gaan by die gelowige gebruik van die nagmaal die lewe van Christus as’t ware oor in ons. Ons word dus in so ’n mate een met Hom dat elkeen van ons kan sê: Christus leef in my (Gal. 2:20). Die lewe waarin Christus ons laat deel, is die ewige lewe. Hy verklaar immers self: “Dit verseker ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe” (Joh. 6:47, 54).

Christus verklaar in Johannes 6:54: “Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” Volgens ’n oppervlakkige oordeel mag dit lyk of Christus in hierdie vers na die nagmaal verwys, maar dit is nie die geval nie. Op figuurlike wyse wil Christus hier aan ons sê dat ons Hom en sy evangelie met oorgawe in die geloof (“met die mond van die geloof” – Calvyn) moet aanneem. (Eet en drink is in vers 54 simbolies van sien en glo in vers 40). As ons dit doen, sal Hy ons laat deel in die ewige lewe en ons daarom op die laaste dag laat opstaan uit die dood. Dit is hierdie geloof waarmee ons Christus as Verlosser aanneem (Joh. 1:12) wat deur die viering van die nagmaal versterk word.

Deur die nagmaal verseker Christus ons dus dat Hy ons so sal versterk in die geloof en laat voortgaan op die pad van bekering totdat ons uiteindelik die ewige lewe binnegaan. So gee God aan ons deur die nagmaal die sekerheid dat Hy self sal sorg dat niks ons skei van sy liefde nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here (Rom. 8:37-39), en dat ons die ewige lewe in volle saligheid sal beërf (1 Pet. 1:3-5).

Page 301: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

301

Sondag 27 Augustus Skrifgedeelte: Efesiërs 5:21-33 Fokusgedeelte: Efesiërs 5:29-31; HK Sondag 28, Antwoord 76

Die eenheid van Christus en die gelowige by die nagmaal

Deur die nagmaal word die gelowige se band met Christus op ’n besondere wyse versterk. Daarop wys die Kategismus as dit sê dat die nagmaal ook beteken dat ons deur die Heilige Gees, wat tegelyk in Christus en in ons woon, “al hoe meer met sy geseënde liggaam verenig word dat ons vlees van sy vlees en been van sy gebeente is.” Wat besonder opvallend is, is die feit dat die eerste Skrifgedeelte wat in die Kategismus gegee word as grond vir hierdie uitspraak Efesiërs 5:29-30 (in aansluiting by verse 31-32) is. Dit beteken dat die innige verbintenis tussen Christus en sy kerk met die nagmaal vergelyk word met die innige verbintenis tussen man en vrou in die huwelik soos dit in geslagsgemeenskap tot openbaring kom.

Calvyn beklemtoon hierdie eenheid van Christus en sy kerk by die nagmaal baie sterk in sy verklaring van 1 Korintiërs 11:24. Hy sê dat die weldade van Christus ons deel kan word slegs as ons Christus self aangeneem het. Ons het Christus self aangeneem nie alleen as ons glo dat Hy ’n offer vir ons geword het nie, maar as Hy werklik in ons woon, as Hy een is met ons, as ons lewende lede is van sy liggaam (Ef. 5:30), as ons in Hom geïnkorporeer is en één lewe en één substansie (wesenlike eenheid) met Hom word. Dan word ons siele gevoed met die substansie van sy liggaam sodat ons werklik één is met Hom. ’n Mens kan ook sê dat met die nagmaal die Gees lewendmakende krag uit die liggaam van Christus in ons uitstort, hoewel sy liggaam ver van ons af is. Die nagmaal is ’n hemelse handeling, en daarom is dit nie ongerymd dat Christus, hoewel Hy in die hemel is, deur ons ontvang word nie. Dit geskied deur die verborge krag van die Heilige Gees (vgl. Inst. 3.11.10). Op dié wyse word dinge wat, wat plek betref, ver van mekaar verwyder is, nie alleen bymekaar-gebring nie, maar ook tot een verenig. Elders sê Calvyn dat dit by die nagmaal gaan om ’n heilige eenheid waardeur die Seun van God ons in sy liggaam inlyf sodat Hy saam met ons al sy weldade sou besit. So put ons die lewe uit sy liggaam en bloed sodat dit tereg ons voedsel genoem kan word. Calvyn sê: “Die manier waarop dit geskied ... ek moet erken dat dit my verstand ver te bowe gaan.” Daarom sê hy ook in ’n ander geskrif dat hy die geheim van hierdie dinge beter kan ervaar as begryp.

Page 302: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

302

Maandag 28 Augustus Skrifgedeelte: Galasiërs 2:17-21 Fokusgedeelte: Galasiërs 2:20; HK Sondag 28, Antwoord 76

Die nagmaal en ons daaglikse lewe

In die vorige dagstukkie is aangedui dat as die nagmaal reg gevier word, ons daardeur op ’n unieke wyse ’n besondere eenheid en gemeenskap met Christus en al sy weldade beleef. Ons is egter vanweë ons sondige natuur geneig om dit gou weer te vergeet en voort te lewe asof niks besonders gebeur het nie.

Tog mag dit nie so wees nie. Inteendeel, die nagmaal moet ’n blywende invloed op ons lewens hê. Ons geloof word immers daardeur versterk, omdat die nagmaal ons steeds vaster aan Christus bind. Daarop wys die Kategismus as dit sê dat die nagmaal ook beteken om al hoe meer met die geseënde liggaam van Christus verenig te word. Hoe meer ons met Christus verenig word, hoe sterker is ons geloof, hoe meer vertrou ons op Hom en hoe meer sal ons lewe uit die krag wat Hy ons gee.

As ons werklik deur die nagmaal met Christus gemeenskap gehad het en aan Hom gebind is, sal ons opnuut saam met Paulus kan sê: “Nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe” (Gal. 2:20). Dit beteken dat ons lewe, ons gewone alledaagse lewe in die huis, kantoor, fabriek of waar ook al sodanig deur die nagmaal beïnvloed word dat ons altyd sal lewe met die oog op Christus en volgens die wil van Christus. Ons moet so ontroer word deur Christus se groot liefde vir ons dat dié liefde ons hele lewe sal beheers. Dan sal ons by elke nagmaal ’n hele ent verder wees op die pad van daaglikse bekering as by die vorige nagmaal.

Dit is ook wat die Kategismus bedoel as dit oor die vrug van die nagmaal sê “dat ons deur die een Gees – soos die ledemate van die liggaam deur een siel – ewig lewe en geregeer word”. Die Heilige Gees regeer ons deur die Woord, want die Woord is deur die Heilige Gees geïnspireer (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21). Daarin word die wil van God aan ons geopenbaar. Hierdie wil van God moet ons ken en dit ook gehoorsaam. Dit kan van ons selfverloëning vra waardeur ons ons eie wil opsy moet skuif om aan die wil van die Here alleen gehoorsaam te wees.

Page 303: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

303

Hoewel dit vir ons soms moeilik mag voel om dit te doen, moet ons dit tog gewillig en met vreugde doen. As ons dit nie doen nie, bedroef ons die Heilige Gees wat ons in liefde wil regeer (Ef. 4:30; Hand. 7:51). Dan verloën ons ook vir Christus (Matt. 16:24, 25) wie se liefde vir ons by die nagmaal so duidelik aan ons voorgehou is.

Daarteenoor leer die Skrif: “Wie beweer dat hy in Hom (Christus) bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het” (1 Joh. 2:6).

Page 304: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

304

Dinsdag 29 Augustus Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 11:17-26 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 11:23-27; HK Sondag 28, Vraag 77

Die instelling van die nagmaal

Die dissipels was saam met Christus byeen in ’n voortbereide bovertrek waar hulle die Pasga gevier het. By die Pasga moes hulle die groot gebeurtenis van Israel se verlossing uit Egipte in gedagtenis bring. Toe is vir die eerste keer die paaslam geslag waarvan geen been gebreek mag word nie. Die bloed van die lam moes hulle aan die kosyne van die deure gesmeer het, want in die nag sou die engel van God die eersgeborenes van alles en almal laat sterwe, behalwe van diegene wat die bloed van die paaslam aan die kosyne gesmeer het.

Alles wat gebeur het by en direk voor die bevryding van Israel uit Egipte, moes by elke Pasga in gedagtenis gebring word. Dit was ’n voorafskaduwing en heenwysing van die veel groter verlossing wat Christus sou bewerk. Met die besondere viering van die Pasga deur Jesus en sy dissipels het daar permanent ’n wending in die viering van die Pasga gekom. As die dissipels dit verstaan het, sou hulle geweet het dat die verlossing van die werklike Israel uit die werklike Egipte nie die eintlike saak is waarom dit gegaan het nie, maar om die verlossing van die geestelike Israel, dit is al die kinders van God, uit die geestelike Egipte, dit is die sonde (Op. 11:8).

By die viering van die Pasga deur Christus en sy dissipels het die heenwysende skaduwees werklikheid geword. Voor hulle staan die ware Paaslam wat weldra “geslag” gaan word. Op dié wyse sal Hy ’n baie groter verlossing bewerk as die verlossing van Israel uit Egipte. Christus sou dit sekerlik aan sy dissipels verduidelik het. As Hy dan aan hulle die brood en die wyn gee en sê: “Dit is my ligaam; dit is vir julle”, en: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is”, dan laat Hy hulle verstaan dat die Pasga in die nagmaal oorgegaan het.

In hierdie woorde wat die ware Paaslam met sy liggaam en bloed aandui, kan die heerlike vervulling gesien word van die belofte van God dat die sondaar verlos sal word. Die dissipels sou die betekenis daarvan beter verstaan het toe Hy die volgende dag gekruisig is en die Heilige Gees hulle daarna oor die aangrypende betekenis daarvan onderrig het.

Page 305: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

305

Soos die Pasga gereeld gevier moes word sodat Israel God se verlossing uit Egipte nooit kon vergeet nie, so wil God ook dat die kerk die verlossing van sonde deur Christus nooit moet vergeet nie. Daarom het Christus beveel: “Gebruik dit tot my gedagtenis” (1 Kor. 11:24). Dit beteken: Gebruik dit sodat julle kan onthou.

Page 306: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

306

Woensdag 30 Augustus Skrifgedeelte: Markus 14:17-25 Fokusgedeelte: Markus 14:22; HK Sondag 28, Antwoord 77

“Dit is my liggaam”

Die feit dat Christus by die instelling van die nagmaal van die brood gesê het: “Dit is my liggaam”, en van die wyn: “Dit is my bloed”, is vir die verstaan van die nagmaal van wesenlike betekenis.

As ’n mens die betekenis van die woord liggaam probeer vasstel soos dit in die Nuwe Testament gebruik word, is dit duidelik dat daarmee nie iets van die mens bedoel word nie, maar dat dit verwys na die mens self in die totaliteit van sy menswees soos hy deur God geskep is (vgl. Rom. 12:1; 1 Kor. 6:13; 2 Kor. 5:10). As Jesus dan van die brood by die nagmaal sê: “Dit is my liggaam“, dan bedoel Hy daarmee: “Dit is Ek self.” Dan kan hierdie woorde van Hom by die nagmaal egter nie losgemaak word van die feit dat Hy Homself ter wille van die wat aan Hom behoort, aan die kruis in die dood oor-gee om vir hulle verlossing en redding te bewerk nie. Met die woorde: “Dit is my liggaam ”sê Hy dus eintlik: “Dit is Ek self in my selfoorgawe aan die kruis.”

Hierdie selfoorgawe van Christus vir dié wat in Hom glo, blyk nog dui-deliker as Lukas byvoeg: “... wat vir julle gegee word” (Luk. 22:19) en Paulus: “...vir julle” (1 Kor. 11:24). Die woord wat hier met “vir” vertaal is (huper), kan sowel met “vir” of “ten behoewe van” as met “in die plek van” vertaal word.

Deur hierdie besondere woordgebruik kry Jesus se selfoorgawe ’n twee-voudige betekenis: dit is ’n selfoorgawe ten behoewe van die gelowiges maar ook ’n selfoorgawe in die plek van die gelowiges. Dit beklemtoon die rykdom van die verlossing wat Hy vir ons bewerk het, veral as dit gesien word in die lig van die profetiese uitsprake oor die Kneg van die Here in Jesaja 53.

Dit is ook belangrik om te let op die tydstip waarop Christus gesê het: “Dit is my liggaam.” Dit het gebeur ná die drink van die tweede beker toe die ongesuurde brood gebreek en uitgedeel is. Van hierdie brood word gesê: “Dit is die brood wat jou herinner aan jou swaarkry” (Deut. 16:3; vgl. Eks. 12:39). Dit is ook genoem “die brood van ellende”. Dit verwys na Israel se verblyf in Egipte toe hulle swaarkry en ellende ervaar het.

Page 307: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

307

Nou het Jesus egter met sy liggaam wat gebreek is – dus sy selfoorgawe aan die kruis – die verlossing uit die ellende volbring. Hy het immers baie meer gedoen as die verlossing uit Egipte, want Hy het sy volk van hulle sonde, ellende en dood verlos. In die selfoorgawe van sy liggaam aan die kruis het Hy geword “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Joh. 1:29).

Dit is die aangrypende betekenis wat die woorde van Christus: “Dit is my liggaam” by die instelling van die nagmaal vir ons het.

Page 308: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

308

Donderdag 31 Augustus Skrifgedeelte: Markus 14:17-25 Fokusgedeelte: Markus 14:24; HK Sondag 28, Antwoord 77

“Dit is my bloed”

Om te verstaan wat Jesus met bloed bedoel as Hy van die wyn sê: “Dit is my bloed,” moet ons ook hier in die Skrif as geheel en in die besonder in die Nuwe Testament nagaan wat met bloed bedoel word. Dan is dit duidelik dat daarmee nie altyd sonder meer die bloed bedoel word wat in ons are vloei nie. Net soos wat die geval was met die woord liggaam, is die woord bloed ’n aanduiding van ’n persoon self in die totaliteit van sy menswees. Dit kan veral gesien word in Matteus 27:4 waar Judas sê dat hy “onskuldige bloed” verraai het. Daarmee bedoel hy nie iets van Jesus nie, maar Jesus self: Judas het Hom verraai. Ook in die Ou Testament word daar ’n besondere band gelê tussen bloed en lewe (vgl. Lev. 17:11, 14; Duet. 12:23).

As die woord bloed in die Nuwe Testament gebruik word, is daar altyd ’n verband tussen bloed en dood, en spesifiek ’n gewelddadige dood. As Judas die woord bloed gebruik, verwys hy na Jesus wat aan die kruis op ’n gewelddadige wyse doodgemaak sou word. ’n Mens sien dit ook as die Jode oor Jesus aan Pilatus sê: “Laat sy bloed oor ons en ons kinders kom” (Matt. 27:25; 1953-vertaling). Omdat die bloed nie van die persoon losgemaak kan word nie, word ook van Abel gesê dat sy bloed tot God roep van die aarde af (Gen. 4:10).

As Jesus dus van die wyn by die nagmaal sê: “Dit is my bloed,” wil Hy daarmee sê: “Dit gaan hier oor My self in my gewelddadige dood.” Net soos die uitspraak oor sy liggaam, het ook hierdie woorde oor sy bloed betrekking op verlossing wat Hy aan die kruis sou bewerk. Dieselfde geld ook van die gebruik van die woord “vir” (“Vir baie” – Matt. 26:28; “vir baie mense” – Mark. 14:24; “vir julle” – Luk. 21:20) as Jesus praat oor sy bloed.

Ook hier is dit van besondere belang om te let op die tydstip waarop Jesus gesê het: “Dit is my bloed.” Waar Jesus se uitspraak: “Dit is my liggaam” plaasgevind het ná die drink van die tweede beker by die eet van die ongesuurde brood, “die brood van swaarkry (ellende)”, daar sê Christus: “Dit is my bloed” by die drink van die derde beker wat bekend was as die “beker van danksegging” of “die beker van lofprysing” (vgl. 1 Kor. 10:16). Dan breek by die paasfees die feesvreugde deur. Daar moet by hulle vreugde wees meer

Page 309: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

309

as oor die verlossing uit Egipte, omdat Christus aan die kruis volkome verlossing van sonde bewerk en die ewige lewe vir hulle verwerf het. Waar die uitspraak “Dit is my liggaam” aandui waarvan Christus sy volk verlos het, naamlik die sonde en die dood (gerig op die verlede), daar wys die uitspraak “Dit is my bloed” waartoe Christus ons verlos het: die vreugde van sonde-vergifnis en die ewige lewe (gerig op die toekoms).

Page 310: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

310

Page 311: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

311

Vrydag 1 September Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 10:14-22 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 10:16; HK Sondag 28, Antwoord 77

Die nagmaal: gemeenskap met Christus

Deur die viering van die nagmaal tree Christus met ons in gemeenskap. Hy is die Gasheer wat ons deur die brood en die wyn met sy liggaam en bloed wil versterk deur ons in sy lyding en sterwe te laat deel.

Die saak het egter ook ’n ander kant, en dit is dat ons ook doelbewus met Hom in gemeenskap moet tree. Dit doen ons by die nagmaal deur bewustelik aan sy lyding en sterwe ter wille van ons te dink. Dit is trouens wat Hy ook met sy opdrag bedoel: “Doen dit tot my gedagtenis” (1 Kor. 11:25).

Hoe ons dit moet doen, word in die nagmaalsformulier aangedui op ’n wyse wat moeilik oortref kan word, veral as ’n mens dit nog meer persoonlik maak en ek/my lees in plaas van ons. Dit lui so:

“Ons moet van harte glo dat Jesus Christus deur die Vader na hierdie wêreld gestuur is, dat Hy ware mens geword het en as sondelose Lam die toorn van God gedurende sy hele lewe op aarde vir ons gedra het. Hy het met sy volmaakte gehoorsaamheid God se wet vir ons vervul, veral toe die las van ons sonde en die toorn van God Hom bloedsweet in Getsemane ontpers het. Hy het ons smart gedra sodat ons nooit weer tot skande sou word nie. Hy is onskuldig ter dood veroordeel sodat ons voor die gerig van God vrygespreek kan word. Hy is aan die kruis gespyker om die skuldbrief van ons sondes daaraan vas te nael. So het Hy ons verlos-sing op Hom geneem om ons met sy seën te vul. Hy het aan die kruis, na liggaam en siel, helse pyn en smart en bange Godverlatenheid gely toe Hy uitgeroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat? sodat ons nooit meer deur God verlaat sou word nie. Eindelik het Hy met sy dood en bloedstorting die ewige genadeverbond bekragtig met die woorde: Dit is volbring.”

Wie dit in alle erns in sy/haar hart sê en werklik met geloof deurleef, kan moeilik van ’n oppervlakkige gebruik van die nagmaal beskuldig word. Trouens, vir wie so gemeenskap met Christus oefen en besin oor sy lyding en sterwe tot ons verlossing, sal die nagmaal nie ’n losstaande herdenking wees van iets wat in die verlede gebeur het nie.

Dit is dan iets wat elke dag van ons lewe ’n blywende en aktuele betekenis het. Soos die verlossing uit Egipte ’n blywende teken van God se genade vir

Page 312: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

312

Israel moes wees, wat hulle hele lewe moes bepaal, so moet die verlossing deur Christus – soos dit in die nagmaal in gedagtenis gebring word – die totale lewe van die Christen beheers en bepaal.

Page 313: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

313

Saterdag 2 September Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 10:14-22 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 10:17; HK Sondag 28, Antwoord 77

Die nagmaal: gemeenskap met mekaar

In 1 Korintiërs 10:17 dui Paulus ’n verdere seën van die nagmaal aan. Almal by die nagmaal eet van dieselfde brood. Dit beteken dat daar tussen die nagmaalgangers ’n eenheid is – ’n eenheid van wedersydse liefde vir mekaar en omgee vir mekaar. Deur die samehang van vers 17 met vers 16 is dit egter duidelik dat die onderlinge band en gemeenskap van die gelowiges met mekaar uit hulle gemeenskaplike band met Christus voortvloei. Hierdie band is primêr en bepaal die gelowiges se band met mekaar. Die gemeenskap van die gelowiges is ’n gemeenskap in Christus. Waar die gemeenskap met Christus nie gevind word nie, kan daar ook geen werklike gemeenskap met mekaar wees nie. Hierdie gemeenskap van die gelowiges by die nagmaal word in die nagmaalsformulier op treffende wyse soos volg onder woorde gebring: “Verder word ons deur dieselfde Gees onderling as lede van een liggaam in ware broederlike liefde saamgebind, soos die apostel sê: Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. Net soos uit baie graankorrels een meel gemaal en een brood gebak word en uit baie druiwekorrels, as hulle gepars word, een wyn vloei, so moet ons almal wat deur die geloof in Christus ingelyf is, een liggaam wees. Ter wille van ons geliefde Saligmaker, wat ons eerste so uitnemend liefgehad het, moet ons broederlike liefde nie alleen met woorde nie, maar ook met die daad teenoor mekaar bewys.”

Dit is verder belangrik om daarop te let dat die onderlinge liefde van die gelowiges vir mekaar volgens die nagmaalsformulier nie net met woorde nie, maar ook met dade teenoor mekaar bewys moet word. Die gevaar is immers ook in hierdie verband om met “gepaste” woorde te volstaan, sonder om werklik die wil te doen van ons Vader wat in die hemel is (Matt. 7:21). As dit so is, is dit ’n bewys dat die essensie van die nagmaal, naamlik die gemeen-skap met Christus, by sulke mense nie tot sy reg gekom het nie. Daarom het hulle ook nie werklik ’n hart vir mekaar nie. Die eie aard van hierdie gemeen-skap met medegelowiges is immers sodanig dat dit nie net uit woorde kan bestaan nie. Dit moet, waar nodig, tot dade oorgaan (vgl. Gal. 6:2).

Page 314: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

314

Sondag 3 September Skrifgedeelte: Matteus 26:29; Openbaring 19:5-10 Fokusgedeelte: Openbaring 19:7; HK Sondag 28, Antwoord 77

Die nagmaal en die bruilofsmaal van die Lam

Die nagmaal wys nie net na die verlede nie, maar ook na die toekoms. Dit blyk duidelik daaruit dat Christus by die instelling van die nagmaal gesê het: “Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink” (Matt. 26:29).

Met hierdie woorde wys Christus heen na die glorieryke dag van sy weder-koms wanneer Hy al sy kinders by die bruilofsmaal van die Lam sal versamel. Dan sal alles nuut wees: die wyn sal nuutgemaak wees, maar ook die omstan-dighede waaronder dit gedrink word, sal nuut wees. Die nuwe sal ook daarin bestaan dat almal wat aan Hom behoort dan sonder sonde sal wees – vry van alle smet en skuld.

In Openbaring 19 hoor ons hoe daar met halleluja-geroep aangekondig word dat die bruilof van die Lam gekom het en dat sy vrou haar gereedgemaak het. • Dan gaan die innerlike gemeenskap met Christus aan die nag-maal ook

oor in ’n uiterlike gemeenskap met Hom aan die brui-lofsmaal. • Dan sal daar nie meer gemeenskap met sy lyding en sterwe wees nie, maar

met sy heerlikheid en die ewige lewe. • Dan het die bruid van Christus sy vrou geword (vgl. 2 Kor. 11:2). Die

bruid van Christus het geweier om enige gemeenskap te hê met die Antichris en “Babilon die Groter, die moeder van die prostitute en al die afskuwelikhede van die aarde” (Op. 17:4, 5 – 2014-vertaling). Onder vervolging en verdrukking het sy as bruid aan haar Bruidegom vasgehou en gedrink uit die beker van sy lyding wat Hy gely het toe Hy die bruidsprys vir haar betaal het. Daarom kan sy aan die bruilofsmaal van die Lam drink uit die beker van sy heerlikheid … tot in ewigheid.

Christus wil hê dat ons by die nagmaal nie net moet dink aan sy lyding en sterwe vir ons verlossing in die verlede nie, maar ook aan die groot heerlikheid wat daar op ons wag by die bruilofsmaal van die Lam. Daarom het Christus uitdruklik beveel dat ons die nagmaal moet vier totdat Hy kom (1 Kor. 11:26). Dit moet ons voortdurend na Christus se wederkoms laat uitsien.

Page 315: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

315

Trouens, die fees waarheen die nagmaal wys, kan beskou word as die doel en hoogtepunt van die al hoe meer toenemende eenheid en intimiteit van Verlos-ser en verlostes. Dit sal ’n heerlike, ewigdurende samesyn wees – die heerlik-ste vervulling van die beloftes van die evangelie.

Page 316: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

316

Maandag 4 September Skrifgedeelte: Matteus 26:26-30; Johannes 15:1-6 Fokusgedeelte: Matteus 26:26, 28; HK Sondag 29, Vraag 78

Christus se teenwoordigheid in die nagmaal – 1

Die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) se nagmaalsbeskouing kom daarop neer dat die brood en die wyn by die nagmaal verander sodat dit die werklike liggaam en bloed van Christus word. Dit gebeur sodra die priester die konsekrasiewoorde (Dit is my liggaam … ens.) uitspreek. Die brood en die wyn behou dan nog hulle uiterlike kenmerke, maar in wese verander dit in die liggaam en bloed van Christus. Om dié rede mag die lidmate nie self die nagmaalsbrood neem en eet nie, maar die priester plaas dit op die tong van die lidmaat, terwyl hy ’n bakkie onder sy/haar mond hou sodat daar nie ’n “krum-meltjie” van Christus se liggaam op die grond val en verlore gaan nie. Die lidmate drink ook self geen wyn by die nagmaal nie, omdat daar geredeneer word dat daar in die stukkie liggaam van Christus wat hulle eet, wel ’n bietjie bloed teenwoordig is en dit is genoeg.

Die RKK baseer hulle siening veral op die woorde van Christus by die instelling van die nagmaal: “Neem, eet; dit is my liggaam” (Matt. 26:26). En: “Drink almal daaruit, want dit is my bloed” (Matt. 26:28). Die woord “is” moet hier volgens hulle letterlik opgevat word.

Dat Christus nie bedoel het dat die wyn werklik in sy bloed verander nie, blyk daaruit dat Hy, nadat Hy die nagmaal ingestel het, aan sy dissipels gesê het: “Van nou af sal Ek nie meer van hierdie wyn drink nie …” (Matt. 26:29). Ná die instelling van die nagmaal praat Christus nog van die wyn as wyn en nie asof dit bloed is nie. Logies maak die siening van die RKK ook nie sin nie. Christus was immers persoonlik, na liggaam en bloed, daar langs die tafel toe Hy die nagmaal ingestel het. Hoe kan Hy dan ewe skielik op twee plekke wees: langs die tafel, maar ook in die brood en beker?

Daar is talle voorbeelde in die Skrif wat toon dat die woord “is” nie altyd ’n letterlike betekenis het nie, maar ’n figuurlike of simboliese betekenis. Dink maar aan uitsprake soos die volgende: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Joh. 14:6). “Ek is die wingerdstok, julle die lote” (Joh. 15:5). Verder: “Die rots was Christus” (1 Kor. 10:4; vgl. Eks. 17:6).

Hieruit is dit duidelik dat die woord “is” by die instelling van die nagmaal nie letterlik bedoel is nie, maar as simboliese of sakramentele tekentaal

Page 317: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

317

verstaan moet word. Verder sê die RKK wel dat die doopwater bonatuurlike krag besit, maar

nêrens dat dit in die bloed van Christus verander nie. Dit dui op ’n onaanvaar-bare inkonsekwensie in vergelyking met hulle leer oor die nagmaal.

In die lig hiervan moet die RKK se siening oor die nagmaal afgewys word.

Page 318: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

318

Dinsdag 5 September Skrifgedeelte: Matteus 26:26-30; Johannes 6:53-58 Fokusgedeelte: Matteus 26:26, 28; HK Sondag 29, Vraag 78

Christus se teenwoordigheid in die nagmaal – 2

Hoewel Christus nie in die nagmaal teenwoordig is nie, deurdat die brood en die wyn in sy liggaam en bloed verander soos die RKK sê nie, neem dit nie in die minste weg nie dat Christus wel konkreet en werklik in die nagmaal teenwoordig is deur sy Gees.

Wat is die betekenis van die brood en die wyn dan? Die brood en wyn ver-teenwoordig die liggaam en bloed van Christus, maar dan so dat Hy self aan die tafel van die Here aan die nagmaalsgangers die brood en die wyn gee om hulle so deel te laat kry aan sy liggaam wat gebreek is en sy bloed wat vergiet is. Dit is dus nie die brood en die wyn wat deur ’n bonatuurlike krag die teen-woordigheid van Christus tot stand bring nie, maar net die omgekeerde: omdat Christus deur sy Gees waarlik by die nagmaal teenwoordig is, bring Hy deur die brood en wyn wat aan die nagmaalsgangers gegee word, die gemeenskap met Hom en sy lyding en sterwe tot stand.

Die sekerheid dat ons met die brood werklik die liggaam van Christus eet en met die beker werklik sy bloed drink, lê dus nie in die eet en drink as sodanig nie, maar in die feit dat ons hierdie tekens uit die hand van Christus ontvang. Dit is Christus wat oor sy liggaam en bloed beskik. As Hy ons verseker dat ons in die brood sy liggaam en in die beker sy bloed ontvang, dan is dit hierdie versekering wat die nagmaal vir ons ’n geestelike werklikheid maak.

Die teenwoordigheid van Christus deur sy Gees by die nagmaal moet ons nie tot ’n teenwoordigheid bloot in ons gedagtes en verbeelding vervlak nie. Dit is net andersom: omdat Christus daadwerklik by die nagmaal teenwoordig is, moet ons met konsentrasie en inspanning ons gedagtes en denke op Hom rig. Daarom kan daar ook in die hartverheffing in die nagmaalsformulier gesê word: “Verhef u harte tot Jesus Christus, ons Voorspraak aan die regterhand van die hemelse Vader, en wees verseker dat die Heilige Gees u net net so seker met Jesus se liggaam en bloed versterk as wat u die tekens van brood en wyn tot sy gedagtenis ontvang.”

Christus is werklik en kragdadig teenwoordig in die nagmaal deur die Heilige Gees. Deur die Gees gee Hy Homself en al die weldade wat Hy vir

Page 319: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

319

ons verwerf het, aan ons. Deur sy Gees stort Hy nuwe lewenskrag in ons uit. Deur sy Gees laat Hy ons in die woorde van Jakob van die nagmaal sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek (Gen. 28:16).

Page 320: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

320

Woensdag 6 September Skrifgedeelte: Markus 14:22-24; Johannes 6:53-58 Fokusgedeelte: Markus 14:22, 24; HK Sondag 29, Vraag 79

Die nagmaal as teken en seël

In hierdie vraag van die Kategismus word duidelik op die betekenis van die nagmaal as teken en seël gewys. Daar is ’n mate van oorvleueling of herhaling van wat reeds in Sondag 28 gesê is. Dit is te verstane as ons die erns van die stryd oor die nagmaal tydens die Hervorming in ag neem.

Deur die nagmaal as teken wil Christus ons onderrig en iets aan ons verduidelik. Brood en wyn moet dan sinekdogeïes, met ander woorde as verteenwoordigend van alle soorte kos, verstaan word. Soos brood en wyn (gewone kos) my voed sodat ek hier op aarde kan bly lewe en my roeping kan vervul, so voed die gekruisigde liggaam en gestorte bloed van Christus my met die oog op die ewige lewe. So verduidelik Christus die betekenis van brood en wyn by die nagmaal.

Die uiteensetting van Antwoord 79 sluit aan by wat Christus in Johannes 6:55-58 sê. Daar toon Hy aan dat die Israeliete in die woestyn manna (brood) geëet het vir die instandhouding van die aardse lewe. Tog het hulle later gesterwe. Daarteenoor is Jesus die ware brood wat uit die hemel neergedaal het. Wie daarvan eet, het deel aan die ewige lewe.

Deur die werking van die Heilige Gees is die brood en wyn by die nagmaal egter nie net tekens nie, maar ook seëls. Daardeur wil die Here ons die seker-heid gee dat so seker as wat ons die brood en die wyn met die liggaamlike mond eet en drink, net so seker het ons deel aan die gebreekte liggaam en gestorte bloed van Christus, met ander woorde aan die versoening van sondes wat Hy aan die kruis vir ons verwerf het. Ons kan hierdie sekerheid hê omdat dit nie van ons trou afhanklik is nie, maar deur Christus se trou bepaal word. Die beloftes wat Hy maak, sal Hy vervul (Jes. 54:10).

Die Kategismus gebruik in hierdie verband die woord waarborge (in die ouer vertaling: pande). Soos ’n verloofring en ’n trouring ’n waarborg of pand is van die gewer se trou – om werklik te doen wat hy/sy beloof – so is die brood en die wyn ook waarborge of pande dat ons inderdaad deel het aan die verlossing van sonde deur die lyding en sterwe van Christus.

Paulus sê dat die wyn en die brood die gemeenskap met die bloed van Christus is (1 Kor. 10:16). Die woord gemeenskap het hier die betekenis van

Page 321: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

321

onlosmaaklik aan mekaar verbonde wees. Ons is deur die nagmaal in so ’n mate aan Christus se kruisiging en bloedstorting verbonde dat dit vir ons moet voel of ons self vir ons sondes gely en gesterwe het, en ons skuld voor God betaal het.

Page 322: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

322

Donderdag 7 September Skrifgedeelte: Hebreërs 9:10; 10:10-14 Fokusgedeelte: Hebreërs 10:12; HK Sondag 30, Vraag 80

Die nagmaal van die Here en die Roomse mis

Die formulering van Vraag 80 is op sigself baie sprekend. Daardeur word reeds duidelik aangedui dat die nagmaal deur die Here ingestel is, terwyl die mis (die RKK se aanduiding van die nagmaal) ’n instelling van mense in die RKK is. Drie sake kom in die antwoord na vore, naamlik die offerande, die teenwoordigheid en die aanbidding van Christus by die nagmaal. • Wat die offerande van Christus betref, begin antwoord 80 met die woorde:

“Die nagmaal betuig aan ons dat ons volkome vergewing van sondes het ter wille van die enige offer van Jesus Christus wat Hy self eens en vir altyd aan die kruis volbring het.” Die nadruk val baie sterk op die woorde volkome vergewing, enige offer en eens en vir altyd volbring. Dit toon baie duidelik aan dat die gelowige volkome vergifnis vir al sy sondes vind in die offer van Christus wat net een maal plaasgevind het. Dit is ’n onher-haalbare gebeurtenis. Daarteenoor word in die Roomse mis die beskouing gehandhaaf dat niemand vergewing van sondes deur die lyding van Chris-tus ontvang nie, tensy Christus daagliks deur die Roomse priesters geoffer word. Hierdie siening van die RKK is in stryd met die Skrif (vgl. Heb. 9:12; 10:10, 12) en daarom onaanvaarbaar.

• Oor die teenwoordigheid van Christus by die nagmaal bely ons dat Hy nie liggaamlik teenwoordig is nie, want na sy liggaam is Hy aan die regter-hand van sy Vader in die hemel (Hand. 7:55; Kol. 3:1). Hy is wel teen-woordig by die nagmaal, maar deur sy Heilige Gees wat ons in Christus inlyf en ons met Hom verenig. Paulus stel dit duidelik: “Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom” (1 Kor. 6:17). Van ’n fisiese kontak met Christus by die nagmaal is daar dus geen sprake nie. Die RKK beweer egter dat Christus liggaamlik in die brood en wyn teen-woordig is. Hierdie siening is reeds in Antwoord 78 met die nodige moti-vering afgewys.

• Aangaande die aanbidding van Christus by die nagmaal bely ons dat Hy aanbid moet word omdat Hy nie net ware mens is nie, maar ook ware God. Ook in die nagmaalsviering moet Hy aanbid word, maar dan waar Hy aan die regterhand van sy Vader in die hemel sit. Die RKK sê egter dat

Page 323: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

323

Christus met die nagmaal in die brood en die wyn aanbid moet word, want as die priester die wydingswoorde (“Dit is my liggaam …” ens.) uitspreek, ver-ander die brood en wyn in die werklike liggaam en bloed van Christus. Dit is duidelik in stryd met die Skrif (vgl. Antw. 78; Hand. 7:55; Heb. 10:12; Kol. 3:1; Eks. 20:3; Gal. 1:8, 9).

Daarom sê die Kategismus dat die aanbidding van die brood en wyn by die nagmaal deur die RKK “’n afgodery (is) wat vervloek is”.

Page 324: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

324

Vrydag 8 September Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 11:27-34 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 11:28; HK Sondag 30, Vraag 81

Selfondersoek voor nagmaal

Die besluit of iemand nagmaal mag gebruik, is eerstens ’n persoonlike saak. Elkeen moet dit vir homself biddend in die lig van die Skrif uitmaak. Dit is wat Paulus ook bedoel in 1 Korintiërs 11:28. So roep die nagmaal ons tot selftug.

Die ware selftug of selfondersoek bestaan volgens die Kategis-mus uit die-selfde drie dele as waarin die Kategismus ingedeel is en wat ook in die nagmaalsformulier gevind word, naamlik kennis van ons ellende, verlossing en dankbaarheid. • Kennis van ons ellende – Ek moet nadink oor my sonde en vervloeking

sodat ek ’n afkeer en diep berou daaroor kan hê en my voor God daaroor kan verootmoedig. Gewoonlik wil ons nie nadink oor ons sonde nie, maar met die oog op die nagmaal moet ons dit doen. Ek moet as’t ware my lewe stukkie vir stukkie neem en dit aan God se Woord toets. As ons dit eerlik en opreg doen, sal ons insien hoe oppervlakkig ons sondebesef dikwels is. Ons lewe so maklik in sonde sonder dat dit ons hinder. Die sonde het as’t ware dik eelte om ons siele gevorm sodat ons ongevoelig geword het vir die verkeerde en sondige. Dit spreek dan ook vanself dat as ons ons sonde nie reg ken nie, ons ook geen werklike behoefte aan Christus as Verlosser sal hê nie. Daarenteen, wie sy sonde reg ken, sal saam met die tollenaar uitroep: “O God, wees my, sondaar, genadig” (Luk. 18:13).

• Kennis van ons verlossing deur Jesus Christus – Ek moet myself ondersoek of ek glo dat al my sondes ter wille van die verdienste van Christus vergewe is. Ek moet daartoe kom om baie persoonlik in die woorde van Dawid die Here soos volg vir die vergewing van sonde te prys: “Hy handel met my nie volgens my sondes nie en vergeld my nie vir my ongeregtighede nie … So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy my oortredinge van my” (Ps. 103:10, 12). Daarby moet ek glo dat al “die swakhede wat nog oor is (in my lewe) met sy lyding en sterwe bedek is”.

• Kennis van ons dankbaarheid – In die Kategismus word die dankbaarheid van die gelowige aangedui as ’n permanente begeerte om ons geloof hoe

Page 325: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

325

langer hoe meer te versterk en ons lewe te verbeter. Ons moet ons geloof versterk deur die middele wat God ons gegee het: die Woord (eredienste), die sakramente en die gebed. Met die verbetering van ons lewe word nie ’n soort humanistiese opknapping bedoel nie, maar die voortgang op die pad van daaglikse bekering en die ontplooiing van die nuwe lewe wat die Heilige Gees aan ons geskenk het.

Page 326: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

326

Saterdag 9 September Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 11:27-34 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 11:27-29; HK Sondag 30, Vraag 81

Mag kinders nagmaal gebruik?

In die jongste tyd word daar deur verskeie kerke en persone besin oor die vraag of kinders ook tot die nagmaal toegelaat moet word – en indien wel, op watter ouderdom.

Kindernagmaal was reeds in die derde eeu nC ’n algemene prak-tyk in die kerk, hoewel die herkoms daarvan onbekend is. Daar was egter verskil oor die ouderdom waarop kinders aan die nagmaal kon deelneem. Die RKK het besluit dat kinders op die ouderdom van sewe jaar toegelaat moet word. Die probleem is dat daar in die Skrif geen duidelike uitspraak daaroor gegee word nie. Daarom moet afleidings gemaak word uit dit wat veral in 1 Korintiërs 11:27-29 gesê word. • Eerstens praat Paulus van “op ’n onwaardige wyse” eet en drink. Volgens

die verband dui dit daarop dat mense in die liefdesmaaltye wat aan die nagmaal voorafgegaan het, hulle kos op ’n gulsige wyse geëet het voordat ander daarvan kon eet. Op dié wyse is die gemeenskap van die heiliges geskend. So openbaar hulle ’n verkeerde gesindheid. God se liefde wat in die nagmaal aan hulle voorgehou is, word nie beantwoord met liefde tot hulle naaste nie, maar met selfsug.

• Tweedens verwys Paulus na selfondersoek. Die woord wat ge-bruik word, dui op ’n beoordeling met die doel om die egtheid van iets te ondersoek en te toets. Dit moet gelowiges met hulleself doen om te voorkom dat hulle die nagmaal op ’n onwaardige wyse gebruik.

• Derdens wys Paulus op die onderskeiding van die liggaam van die Here. Die Korintiërs het nie behoorlik onderskei tussen brood en wyn as gewone kos en as tekens en seëls van die nagmaal nie. Hulle het die nagmaal gebruik sonder om te besef waaroor dit eintlik gaan.

Wie werklik in Jesus glo en nagmaal gebruik, moet nie net van Hom gehoor het en van Hom weet nie, maar moet met hart en siel aan Hom behoort en dit ook kan verantwoord. Kan dit wel van ’n kind van ongeveer 12 jaar verwag word? Sommige mag wel daartoe in staat wees, maar ander dalk nie, al glo hulle werklik in Jesus Christus.

Wat dan as so ’n kind die verbond van God ontheilig en die toorn van God

Page 327: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

327

oor die hele gemeente opwek? (Vgl. HK Antw. 82.) Die onvolwassenheid en gebrek aan ervaring van ’n kind behoort in oorweging geneem te word. Die skrywer van die Hebreërbrief (5:14) sê immers: “Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei” (vgl. ook 1 Kor. 13:11).

In die lig hiervan is dit die beste om by die huidige reëling te bly dat kinders eers tot die nagmaal toegelaat word ná belydenis van geloof.

Page 328: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

328

Sondag 10 September Skrifgedeelte: Matteus 15:1-9 Fokusgedeelte: Matteus 15:8; HK Sondag 30, Antwoord 81

Huigelary en nagmaal

Huigelary of skynheiligheid is ’n ingesteldheid en lewe waar-volgens die uiterlike voorkoms van opregtheid en vroomheid ’n masker is vir verborge onopregtheid en ’n bedrieglike lewe. Die Griekse woord wat vir skynheilig-heid gebruik word (vanwaar die woord hipokriet afkomstig is), het oorspronk-lik ’n akteur (toneelspeler) aangedui wat ’n ander persoon se lewe, karakter en voorkoms vertoon.

In aansluiting daarby het die woord in die Nuwe Testament ’n baie nega-tiewe betekenis gekry by mense soos die Fariseërs wat hulle anders, gewoon-lik baie beter, voorgedoen het as wat hulle werklik was (vgl. Matt. 23:13-39). Christus het die Fariseërs baie skerp veroordeel juis vanweë hulle skynhei-ligheid. Hulle het voorgegee dat hulle die Here met oorgawe dien en sy gebooie stiptelik gehoorsaam, maar intussen het hulle hul skuldig gemaak aan gruwelike oortreding van God se gebooie. Daarom het Christus hulle heftig veroordeel en met ’n beroep op Jesaja 29:13 aan hulle gesê: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af” (Matt. 15:8).

Hulle hele lewe was dus eintlik ’n groot leuen, want hulle het hulle anders voorgedoen as wat hulle werklik was. Dit was asof die Fariseërs maar net nie kon of wou besef dat hulle mense miskien nog kan bluf deur hulle innerlike goddeloosheid met uiterlike vroomheid te bedek nie, maar nie vir God nie, want Hy ken hulle deur en deur. Omdat hulle hul sondes agter die masker van vroomheid nie wou erken en bely nie, het hulle ook geweier om hulle daarvan te bekeer (Matt. 11:20-24; 23:37).

Soos die Fariseërs van die Bybel gee ook die hedendaagse huigelaars deur hulle lewe en optrede voor dat hulle die Here met toewyding dien. Intussen oortree hulle die gebooie van die Here – soms selfs op skokkende wyse. Hier-die huigelaars is mense by wie daar geen selftug is nie, geen afkeer in hulleself vanweë hulle sonde nie, geen berou oor hulle sonde nie, en gevolglik geen bekering van hulle sonde nie. Tog doen hulle hulself voor as Christene en beskou dit as hulle reg om nagmaal te gebruik.

Daarom is hulle godsdiens niks anders as skynheiligheid nie, sodat die woorde van die profeet Joël (2:13) ook vir hulle geld: “Skeur julle harte, nie

Page 329: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

329

julle klere nie.” Tereg wys die Kategismus daarop dat indien hierdie mense wel nagmaal gebruik, hulle ’n veroordeling oor hulleself eet en drink. Almal van ons moet op ons hoede wees vir huigelary. Trouens, as die apostel Petrus en Barnabas in Antiochië daarin kon verval, sodat Paulus hulle daaroor moes vermaan (Gal. 2:13, 14), wie is ons om te sê dat dit nooit met ons sal gebeur nie?

Page 330: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

330

Maandag 11 September Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 11:27-34 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 11:30; HK Sondag 30, Vraag 82

Die nagmaal en God se toorn

Ongelowige en goddelose mense mag volgens ons belydenis nie aan die nagmaal van die Here toegelaat word nie. Hulle verskil van die huigelaars daarin dat mense gewoonlik nie weet wie die huigelaars is nie; God alleen weet dit.

Met hierdie tweede groep is dit egter anders: ook mense weet wie hulle is. Hierdie mense is nie soos Dawid wat uit swakheid in sonde val en daarna berou het daaroor en hulle bekeer nie. Nee, hier word bedoel mense wat in hulle sonde volhard en hulle só as vyande van Christus betoon. Die tug gaan by hierdie mense nie net oor hulle lewe nie, maar ook oor hulle leer, oor hulle opinies en sienings van sake. Mense se standpunte en sienings van sake word egter gewoonlik nie so maklik bekend nie. In die reël word hulle ongelowige opvattings eers opgemerk as dit in hulle lewe tot openbaring kom.

Sulke mense moet van die nagmaal weggehou word. Twee redes word daarvoor aangedui: • Eerstens omdat die verbond van God op dié wyse ontheilig word. Die

nagmaal is ’n seremonie waardeur ons te kenne gee dat ons vrede het met God deur Jesus Christus, en hoe kan iemand wat ’n vyand van God is, daaraan deelneem? Die nagmaal toon dat ons in ’n verbondsverhouding tot God staan, en dan kan ’n goddelose wat nie in die verbond opgeneem is nie, of die verbond minag, mos nie daarin deel nie.

• Tweedens word die toorn van die Here oor die hele gemeente op-gewek as slegs een ongelowige of goddelose daaraan deelneem. Om dit te verstaan, moet ons in gedagte hou dat ons verhouding tot God, en spesifiek ons deelname aan die nagmaal, nooit ’n individualistiese saak is, asof dit net gaan om my as individu se verhouding tot God nie. Die Skrif leer ons immers dat die gemeente ’n eenheid is (1 Kor. 12:12-31) en dat my optrede as individu nie losgemaak kan word van die ander lidmate van die kerk nie. Daarom word God se toorn oor die hele gemeente opgewek as slegs een ongelowige of goddelose daaraan deelneem. ’n Duidelike voorbeeld van so iets is die optrede van Akan by die inneming van Jerigo: net hy het gesondig, en toe het die toorn van God op die hele Israel gerus,

Page 331: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

331

sodat 36 onskuldige manne in die aanval teen Ai gesterf het (Jos. 7). Paulus het ook met hierdie probleem te doen gekry in die kerk van Korinte. In die gemeente was daar ongerymdhede by die nagmaal. Wat was die gevolg? Paulus sê: “Daarom is daar baie swakkes en siek-likes onder julle en sterf daar baie van julle” (1 Kor. 11:30).

Daarom moet die kerkraad waaksaam wees.

Page 332: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

332

Dinsdag 12 September Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 5:1-13 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 5:7; HK Sondag 30, Antwoord 82

Die nagmaal en kerklike tug

’n Gelowige kan nie met innerlike vrede nagmaal vier as hy/sy in een of ander sonde volhard nie. Net so kan ’n gemeente ook nie met innerlike vrede nagmaal vier as daar lidmate is wat in sonde volhard nie. Dit word duidelik aan ons voorgehou in 1 Korintiërs 5.

Korinte was in die tyd van die apostel Paulus as ’n groot handelsentrum bekend. Dit was egter ook vir afgodediens en sedelike verwildering bekend. Ontug en owerspel het daar op so ’n groot skaal plaasgevind dat dit spreek-woordelik geword het. Om Korinties te lewe, het dan ook beteken om ’n uiters onsedelike lewe te lei.

In hierdie stad het Paulus die lewendmakende evangelie van Jesus Christus verkondig. Die gevolg was dat ’n gemeente van Christus daar tot stand gekom het. Ons kan verstaan dat dit vir die gemeentelede aan die begin moeilik was om hulle aan hulle vroeëre sondige lewe te ontworstel. Gevolglik het tipiese Korintiese sondes in die gemeente kop uitgesteek. Paulus maak melding van ontug en owerspel in die gemeente, en selfs dat ’n man met sy stiefma saam-leef asof hulle man en vrou is. Daarom vermaan Paulus hulle om deur die toe-passing van die kerklike tug hierdie man uit hulle midde uit te sluit. Hy sê: “Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees …”

Soos op ander plekke in die Skrif, is suurdeeg hier die beeld van iets wat op die oog af onbeduidend en nietig is, maar tog ’n groot uitwerking het (vgl. vs 6). Christus gebruik dieselfde beeld om daarmee die uitbreiding van God se koninkryk aan te dui (Matt. 13:33). Paulus gebruik die beeld om die groei en deurwerking van die sonde te verduidelik.

Die belangrike saak wat die Here hier in sy Woord aan ons openbaar, is dit: Sonde wat nie gestuit word nie, werk soos suurdeeg; dit begin klein in ’n bepaalde aspek van ons lewe, en werk dan uiteindelik deur na ons hele lewe. Dit is iets wat die gelowiges in die kerk van Korinte goed moes besef. Hulle beskou die feit dat ’n man wat met sy stiefma as man en vrou saamleef as nie so erg nie, maar dit is ’n uiters ernstige saak, want sonde werk soos suurdeeg. As hulle niks daaraan doen nie, gaan ander hulle voorbeeld volg. Uiteindelik kan die hele gemeente daardeur besmet word. Daarom moet hulle met die

Page 333: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

333

kerklike tug teen die man optree. Paulus sê: “Verwyder die slegte mens onder julle uit” (vs 13).

Dié reël geld vandag nog. As daar iemand is wat ondanks vermanings hom nie van sy sonde wil bekeer nie, moet hy deur die kerklike tug van die nag-maal en uit die gemeente uitgesluit word, om te voorkom dat ander lidmate sy sonde begin navolg.

Page 334: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

334

Woensdag 13 September Skrifgedeelte: Genesis 14:14-20 Fokusgedeelte: Genesis 14:18, 19

Die waarborg van ’n Koning!

Te veel mense beloof dinge aan ons wat hulle nie kan gee nie. Kan Christus dan gee wat Hy in die Nagmaal aan ons beloof? Dawid antwoord hierdie vraag as hy in Psalm 110 sê dat die Messias sal kom “volgens die orde van Melgisedek”. In Israel was die priester- en koningskap van mekaar geskei. Die priester het namens mense by God ingetree. Die koning het namens God sy mense verlos, beskerm en toegesien dat reg en geregtigheid geskied. Die priester was dus versoenend, en die koning uitvoerend in sy optrede.

Melgisedek was anders. Hy was ’n koning én ook ’n priester. Christus sou ’n Koning-Priester wees soos Melgisedek. • As Priester het Hy Homself as die hoogste offer aan die kruis gebring. As

Priester tree Hy vir die mensdom in by God en vereffen Hy die oeroue sondeskuld van die paradys.

• As Koning tree Hy ook as Verlosser en Regter van God op. Koninklik oorwin Hy Satan aan die kruis en haal die angel uit die dood! Koninklik sluit Hy die poorte van die hemel oop!

Onwetend gee Pilatus daaraan erkenning met die opskrif aan Jesus se kruis: “Koning van die Jode.”

Wat sien en beleef jy met die Nagmaal? Jy sien die offerande van die Priester Christus, maar jy deel ook in die oorwinning van jou Koning Christus. Jy ontvang die verlossing van sonde en die oorwinning oor Satan. Jy ontvang die sekerheid van die ewige lewe! Jy ontvang die priesterlike versoening met God en ook die koninklike toesegging van al die weldade van die kruis. Daarom is die Nagmaal nie maar net ’n teken nie, maar werklik ’n seël – soos in die antieke tyd ’n dokument amptelik gemaak is deur die seël van die ondertekenaar daarop af te druk. Nagmaal is dus werklik waar Christus die skatte van die kruis aan jou gee. Die Heilige Gees deel dit uit in die vorm van geloofsekerheid en moed en krag. Hy verkwik jou siel en laat die geloof en hoop weer sterk opvlam. Christus gee vir jou, want Hy is Koning, Hy kan! Sing: Psalm 47:4

Ds. CJ (Christo) van Vuuren (Hartbeespoort)

Page 335: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

335

Donderdag 14 September Skrifgedeelte: Eksodus 12:3-13 Fokusgedeelte: Eksodus 12:11

Die Nagmaal – ’n systap of ’n vasvat?

Die gebeurtenis waarvan jy so pas gelees het, staan bekend as die Pasga. Dit het die jaarlikse Paasfees van die Jode geword. Die woord beteken om verby te gaan (“to pass over”). Die fees vier dan die feit dat God by hulle huise verbygegaan het, oftewel anderpad gekyk het.

Die Hebreeuse woord beteken ook iets anders. Dit beteken dat God by hulle huise vertoef het; gaan stilstaan het. Dan het dit die betekenis dat God by hulle gaan stilstaan het en hulle en hulle kinders daadwerklik verlos en beskerm het (dieselfde geld in vs 23). Sê dit nie soveel meer nie? Dit getuig dat God hulle met liefde, maar ook met sy krag afgeskerm het van die dood! Dit getuig dat Hy in hulle midde was. Daarom het hulle gereed gestaan – nie soseer net om te vlug nie – maar ook om die Here te ontvang! Let wel: Die woord wat in vers 13 vertaal word met verbygaan, is dieselfde woord vir pas-ga en kan net so goed vertaal word met stilstaan (sal Ek by julle kom stil-staan). Die Pasga het sy vervulling in die kruisiging van Christus – dié Paas-lam wie se bloed die sondedood afgeweer het.

As ons Nagmaal vier, moet ons raaksien dat dit nie maar net daar-oor gaan dat God in sy oordeel by ons verbygaan nie. Die brood en die beker getuig nie alleen dat Jesus vir ons geoffer is sodat God ons vergewe en anderpad kyk nie. Die Nagmaal getuig van ’n baie ryker en troosvolle waarheid. Die Nagmaal getuig van God wat by ons kom stilstaan; wat ons met liefde in sy Vaderlike sorg en beskerming toevou. Jesus getuig daarvan: My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie (Joh.10:29).

Die Heilige Gees wil jou aan die Nagmaalstafel verseker dat God by jou kom stilstaan – om jou te beskerm en jou as sy kind in sy sorg te neem! Sing: Ps. 145:10, 11

Ds. CJ (Christo) van Vuuren (Hartbeespoort)

Page 336: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

336

Vrydag 15 September Skrifgedeelte: Eksodus 12:3-13 Fokusgedeelte: Eksodus 12:13

Nagmaal: Ongelooflik? Of: Gelooflik!

Die woordjie “ongelooflik” het ’n gewilde stopwoord in Afrikaans geword, maar ’n Christen behoort versigtig met die woord om te gaan. Die woord beteken onder andere dat iets nie geglo kan word nie, maar as dit by God se beloftes en sy almag kom, dan is dit alles gelooflik!

Die wêreld om ons is egter dikwels só wreed en ongenaakbaar dat ons vaskyk in die seer en vrees en dan kan jy in kleingeloof aan God se beloftes begin twyfel. Juis daarom koppel God sy almag en sy beloftes aan sigbare tekens, want sien is mos glo!

Interessant dat vers 13 sê dat die bloed aan die kosyne ’n teken vir die mense sal wees. ’n Mens sou verwag dat daar moet staan: dit is ’n teken vir God – om aan te dui dat daar Jode in die huis bly. Maar nee, dit is ’n teken vir die mense. Die Here kom hulle kleingeloof te hulp – in die verskrikking van die doodsnag sal die bloed aan die deurkosyne getuig dat God hulle sal beskerm. Die bloed getuig van God se beloftes en van sy troue liefde.

Dit is waarheen die Heilige Gees jou wil lei as jy Nagmaal gebruik. Die brood en die beker – die tekens – is herinneringe aan God se almag en sy beloftes, sodat jy in jou hart kan juig: Ek glo! Christus is die ware Paaslam wat vir ons sondes geslag is.

Al is die lewe om jou nag-donker en dreig die onheil op die horison, kan jy in die sigbare tekens vir God raaksien en uitroep: Nogtans, ek glo! Sing: Skrifberyming 14-2

Ds. CJ (Christo) van Vuuren (Hartbeespoort)

Page 337: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

337

Saterdag 16 September Skrifgedeelte: Jesaja 25:1-12 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Jesaja 25:6, 9

Die Here bied ’n feesmaal aan!

Die boek Jesaja bestaan uit profetiese uitsprake van gebeure voor, tydens en na die Babiloniese ballingskap van Israel (586-539 vC). Israel was in ballingskap weens hulle ongehoorsaamheid aan God. Die groot troos is dat God die gang van die geskiedenis bepaal. Enersyds oordeel die Here en andersyds gee Hy die belofte van redding.

In Jesaja 25:6 staan dat die Here ’n feesmaal vir al die volke gereed gaan maak. Oorwinning in die Here sal gevier word. Die mag van die dood en die sonde sal gebreek word. God vee as Vader die trane af. Vir die oorblyfsel van Israel het dit werklikheid geword, want hulle is na Jerusalem teruggelei.

God stuur sy Seun, Jesus Christus, om redding te kom gee! Deur Jesus Christus verander alles vir die mens en die skepping. Jesus word gespot, gekruisig. Hy word deur God verlaat en Hy beleef die angste van die hel. Hy oorwin die dood, die sonde en Satan! Hy gee aan jou genade. Jesus kom weer, en dan sal ons die bruilofsfees van die Lam in sy volheid beleef. Dan sal God die Vader ons trane finaal afvee. Dan is die seerkry van die sonde verby, finaal (Op. 21:4)!

Intussen? Jy is nie alleen nie. Die Heilige Gees is in jou en die Woord lei jou. God skenk aan jou medegelowiges om saam die stryd te voer en nou reeds saam die oorwinningsfees te leef. Dit is waarom ons nagmaal vier. Mag die Heilige Gees jou laat vashou aan die redding en vreugde wat Hy as God die Vader, Seun en Heilige Gees aan jou gee.

Deel jou vreugde van redding met dié wat nog soek en smag na God. Sing: Psalm 48-1:5

Ds. Joop van Schaik (Randburg)

Page 338: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

338

Sondag 17 September Skrifgedeelte: Johannes 6:22-40 Fokusgedeelte: Johannes 6:35, 40

Ons het Jesus broodnodig!

Johannes 6:1-15 vertel hoe Jesus net voor die paasfees met vyf garsbrode en twee vissies ’n menigte mense voed. Hierdie brood-wonderwerk het baie mense na Jesus gelok.

Die volgende dag sê Jesus juis vir die mense: “Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat die ewige lewe gee” (Joh. 6:27). Die brood wat God gee, is die brood uit die hemel, en dit gee lewe (vs. 33). Dan kom die mense en vra: Gee vir ons van die brood! Jesus antwoord: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie” (vs. 35). Die boodskap wat Jesus gee, is dat Hy die enigste ware geestelike brood is. Geloof in Jesus Christus is die enigste pad van redding. Die Heilige Gees werk in jou ware geloof en jy het die Bybel soos brood in jou geestelike lewe nodig. Jesus is jou enigste geestelike brood – net Hy red jou en gee jou die ewige lewe. Al sterf jou liggaam op aarde, word jou gees na Christus opgeneem. Tydens Jesus se wederkoms sal jy met jou liggaam, siel en gees saam met Jesus Christus die volle ewigheid ingaan! Hierdie vreugde vier ons elke keer wanneer ons nagmaal gebruik.

Waarop is ons fokus elke dag? Oorlewing, brood (kos), prestasie, erken-ning? Ja, God gee vir ons ’n dagtaak, en brood is nodig. Nog belangriker, ons het Jesus nodig, broodnodig! Mag die Heilige Gees jou nou rustig maak. Mag jy deur die boodskap van die Bybel die ware brood kry, aanhou kry: daaglikse geloof in jou enigste Verlosser.

Deel jou vreugde vandag met ander mense wat Jesus ook broodnodig het. Sing: Skrifberyming 17-3:1, 2

Ds. Joop van Schaik (Randburg)

Page 339: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

339

Maandag 18 September Skrifgedeelte: Johannes 19:1-16 Fokusgedeelte: Johannes 19:14, 16

Juig saam: Jesus ís ons Koning!

Nadat Jesus gevange geneem is, het die soldate Hom tydens die hofsitting hardhandig en spottend behandel. ’n Doringkroon is op sy kop gesit en hy moes ’n pers mantel (koningskleed) aantrek. Kort-kort het die soldate Jesus geklap en gesê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” (vs 3).

Goewerneur Pilatus bevind Jesus onskuldig en sê dit vir die Jode. Die Jode hou niks hiervan nie en pers Pilatus af. Indien Pilatus vir Jesus loslaat, is hy nie ’n vriend van die keiser nie. Hy sal sy werk verloor. Pilatus sê vir die Jode: “Hier is julle koning!” Hulle skreeu egter: “Kruisig hom!” Jesus is onskuldig oorgelewer en weggeneem om gekruisig te word.

Maak ek en jy nie dikwels ook met Jesus soos die Jode nie? Elke keer wan-neer jy ’n sondige gedagte het, iets verkeerd sê of doen, dan is jy die oorsaak van Jesus se onskuldige kruisdood. Ja, dis baie erg, en daarmee erken jy Jesus juis nie as jou Koning nie! Elke keer as jy te skaam is om te sê dat jy ’n Christen is en doodstil bly wanneer dinge verkeerd loop, erken jy Jesus nie as jou Koning nie.

Die goeie nuus is genadiglik dat Jesus juis as ons Verlosser ons skuld deur die spot, kruisdood en hel kom betaal het. Hy het ons verdiende dood gesterf sodat ons kan lewe, ewig lewe! Jesus bevestig deur sy kruisdood en opstan-ding dat Hy waarlik Koning is, ons Koning! Wanneer ons nagmaal vier, vereer ons Koning Jesus.

Kom ons dink, praat en leef anders. Mag die Heilige Gees ons verder vul, lei en aan Jesus, ons Koning, laat vashou. Kom ons juig saam: Jesus Christus is namens ons gekruisig en Hy het waarlik opgestaan! Jesus is ons Koning! Sing: Lied 184:1, 4

Ds. Joop van Schaik (Randburg)

Page 340: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

340

Dinsdag 19 September Skrifgedeelte: Johannes 6:47-58 Fokusgedeelte: Johannes 6:54-56

In ’n lewende gemeenskap met ons Here Jesus!

Is jy honger en dors? Nee, ek praat nou nie van ’n leë maag wat smag na aardse kos nie … ek praat van ’n baie dieper honger en dors! ’n Honger en dors wat ’n mens se binneste, jou hart en siel, uitteer en wat smag na ware ver-sadiging! Immers, ons leef in ’n wêreld wat ons geestelik honger en dors máák!

God wil vir ons, hongeriges en dorstiges, versadig met iets, nee, met Iemand, sodat daar ’n einde aan ons ewige honger en kommer kan kom.

Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, sê Jesus Christus (vs 54). Die woordjie eet beteken nie om te peusel of langtand te eet nie. Nee, dit dui op ’n vraatsugtige aksie, om iets te verorber, te verslind – omdat jy besef jou lewe hang daarvan af!

Wie regtig geestelik honger en dors is, sal met dieselfde ywer Jesus se liggaam en bloed, die ware voedsel en drank (vs 55) eet en drink.

Net soos gewone kos deel word van ons hele liggaam wanneer ons dit eet, so word Jesus deel van ons ... en ons deel van Hom! Ons bly in Hom en Hy in ons (vs 56). Natuurlik beteken dit nie ’n mistieke eenwording nie. Dit is geloofstaal wat sê dat daar ’n innige gemeenskap tussen Jesus Christus en die gelowige ontstaan – ’n lewende verhouding!

Veral wys dit op ’n lewensgemeenskap! Jesus se lewe as kruisoffer (red-ding) gaan oor in die een wat Hom eet en drink, wat in Hom glo! Wie in die Nagmaal (die tekens van) sy liggaam en bloed eet en drink, bely dat ’n le-wende lewensgemeenskap met Hom die enigste lewensmoontlikheid is! Sing: Psalm 23:3 (2001)

Ds. HC (Charl) van Rooy (Randburg)

Page 341: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

341

Woensdag 20 September Skrifgedeelte: Johannes 17:18-23 Fokusgedeelte: Johannes 17:22-23

Die een man-getuienis van ons een-wees

Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is (vs 22).

Waarin lê die kerk se heerlikheid ...? In nederige diens en gehoor-saamheid aan ons Vader, net soos Jesus se heerlikheid op aarde ’n pad van selfverne-dering en diens was ... wat op sy kruisdood uitgeloop het (vs 4).

Hoe word God se heerlikheid sigbaar op aarde ...? In die een-wees van die kerk, as weerspieëling van die eenheid tussen Vader en Seun (vs 22-23).

Die vraag is natuurlik hoe die een-wees van die kerk lyk? Duidelik bedoel Johannes 17 nie dat al die gelowiges in dieselfde gebou bymekaar moet wees nie. Ook nie dat die gelowiges eenders (in taal en kultuur) moet wees nie.

Nee, dit is ’n geestelike eenheid wat ons klaar in Christus is! Die een-wees van die kerk beteken dat gelowiges se optrede só met dié van ons hemelse Vader ooreenkom dat die kerk soos een man optree! Dis om God se hart, sy genade en verlossing en nuwe lewe, in woord en daad te laat hoor!

En dit is só belangrik, want aan hierdie een man-getuienis hang die geloof-waardigheid van ons (evangelie-) woord in die wêreld! Dit is nou maar een maal só (en noem dit humanisties as jy wil): Die ongelowiges kyk na ons, Christene; hulle kyk of daar eenheid – eensgesindheid en harmonie en vrede – onder ons heers, en dit laat hulle besluit of hulle ons boodskap (van Jesus) kan glo ...

Is dit nie tragies dat die een-wees dikwels verdwerg word agter soveel ver-skeurdheid, ook ten opsigte van die kerk se boodskap, nie?

Daar word vertel dat Ghandi (die Indiese geestelike), wat beson-der geboei was deur Jesus, toe hy gevra is waarom hy nie ’n Christen is en by die kerk aan-sluit nie, sou geantwoord het: “By watter kerk”?

Nagmaal is ’n getuienis én ’n belewing van ons een-wees, maar ook ’n ootmoedige gebed om die eenheid van die kerk. Sing: Psalm 134:1, 2 (1936)

Ds. HC (Charl) van Rooy

Page 342: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

342

Donderdag 21 September Skrifgedeelte: Psalm 111:1-10 Fokusgedeelte: Psalm 111:4, 5 (1933/53-vertaling)

Die Here sorg dat Hy nie vergeet word nie!

Psalm 111 protesteer teen ’n tipe doodsheid in mens se harte teenoor die Here, ’n stomheid op ons lippe! In kerktaal gesê: Hy veg teen die formalisme in ons godsdiens. Waar kom dit vandaan? Dit is omdat ons so maklik vergeet. Dis nou maar eenmaal so dat ons nie ’n lang geheue het nie – ook nie wat ons verhouding met God betref nie. Dit is met ons godsdiens baie keer net soos met ’n kind se nuwe speelding. Die eerste dag kan hy nie ophou om daarmee te speel nie ... Maar sommer gou is die blink oë en die opgewondenheid weg, en is dit ook maar net nog ’n speelding. Goddank, Psalm 111 troos ons dat die Here weet van ons kort geheue ... Daarom “(het) Hy vir sy wonders ’n ge-dagtenis gestig” (vs 4). Hy is ’n God wat tekens/bakens oprig van sy magtige dade ... om ons te help onthou! “Gedagtenis stig” beteken eenvoudig: Die Here het ’n erediens (kultus) ingestel – ’n plek en geleentheid geskep waar sy verloste volk sy genade kon herdenk en die krag van sy redding kon beleef! In die Ou Testament het Hy die Pasga ingestel om sy volk hulle verlossing uit die hel van Egipte te laat onthou! Voor Jesus se kruisiging, met sy laaste Paasfees op aarde, het Hy self die brood en wyn in die Nagmaal as tekens gegee om ons te herinner aan sy verlossingswerk vir ons aan die kruis! Die Here doen dit, sê die psalmis, omdat Hy “dink” aan sy verbond, sy genadige verbintenis, met ons (vs 5). Wanneer ons nie meer aan Hom dink nie, dink Hy genadiglik nog aan ons. En as die Bybel sê dat die Here aan iemand dink, is dit nie iets passief nie, ’n dooie herinnering (soos ’n standbeeld), aan iemand nie. Nee, dit dui op sy aksie, goddelike ingrype ter wille van so iemand se heil. “Hy hou sy verbond altyd in stand”! In die Nagmaalstekens hoor en sien ons dit. Die lewende Christus verbind Hom aan hierdie tekens – nie net as ’n herinnerings-maaltyd (terug dink wat Hy gedoen het) nie. Nee, meer! Op ’n goddelik-verborge manier is Hy self in die brood en wyn teenwoordig. En so voed God self dié wat Hom vrees, so verryk (versterk) Hy ons geloofsverhouding met Hom ... Só laat Hy ons weer die krag van sy wonderlike dade ervaar. Sing Psalm 111:1, 2 (2001)

Ds. HC (Charl) van Rooy

Page 343: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

343

Vrydag 22 September Skrifgedeelte: Psalm 116 Fokusgedeelte: Psalm 116:12-14

Beantwoord Jesus se verlossing met dankbaarheid!

Hoe kan ’n mens ooit die Here vergoed vir al sy genade? Is daar iets wat ’n mens aan die Here kan gee om dankie te sê? Dit is die vraag wat die digter in vers 12 vra: “Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?”

Dié Psalm is deur iemand geskryf wat in doodsgevaar was. Dit was so te sê klaar met hom, maar die Here het hom op ’n wonderbaarlike manier gered en sy lewe gespaar. As dit nie vir die Here se genade was nie, dan was dit klaarpraat met die digter.

Hierdie Psalm kry sy vervulde betekenis in Jesus Christus. As dit nie vir Hom was nie, was dit klaarpraat met ons ook. Dan het ons die ewige dood tegemoet gegaan. Dan was daar vir ons geen vooruitsig ná hierdie lewe nie. Hy het egter vir ons sondes betaal aan die kruis. Hy het vir ons versoening gedoen. Daarom kan ons ook nou saam met die digter daarvan sing dat die Here ons van die ewige dood gered het. Deur Jesus Christus is ons van die ewige dood gered en kan ons uitsien na die ewige lewe ná hierdie lewe.

Iemand wat dit insien, kan nie anders nie as om die Here daarvoor te loof en te prys en sy hele lewe as ’n dankoffer aan die Here te wy. Die geskenk van die ewige lewe het immers die bloed, die lewe, van Jesus Christus gekos. Daaraan herinner die nagmaal ons ook. Die wete maak mens oneindig dank-baar! Sing: Psalm 116:7, 10 (1936)

Ds. HPM (Malan) van Rhyn (Pretoria-Noord)

Page 344: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

344

Saterdag 23 September Skrifgedeelte: Psalm 32 Fokusgedeelte: Psalm 32:2, 5

Bely en word bevry!

Dawid begin die Psalm deur ’n algemene waarheid te stel: Dit gaan goed met ’n mens as God jou sonde vergewe! Die Heilige Gees wil ons egter ook deur Dawid leer dat sondebelydenis en berou ’n baie belangrike rol hierin speel. Daarom vertel Dawid vir ons wat met hom gebeur het.

Daar was ’n tyd in sy lewe toe hy stilgebly het oor sy sonde en dit vir die Here probeer wegsteek het. Toe hy oor sy sonde geswyg het, het dit sy gesondheid aangetas en dit het gevoel asof die Here se hand swaar op hom druk. Ja, sy sonde het hom letterlik ingehaal en daardie wete was vir hom onuithoudbaar. Toe doen hy die regte ding: Hy bely sy sonde voor die Here. Dit wat hy eers probeer wegsteek het, het hy toe voor die Here ontbloot.

Direk nadat hy sy sonde bely het voor die Here, lees ons in vers 5, sê Dawid: “ ... en U het my skuld vergewe.” Psalm 32 leer ons dat dit lewensgevaarlik is om oor jou sonde te swyg en om dit te probeer wegsteek en dit nie bely nie. Psalm 32 leer ons egter ook van die wonderlike bevryding van jou sonde in Christus en die genade van skuldvergifnis.

Daarom kan ons ons sonde met vrymoedigheid voor God bely en op sy vergifnis vertrou soos dit in die nagmaal vir ons afgebeeld word. Om dit nie te doen nie, is gevaarlik. Om dit wel te doen is bevrydend! Sing: Psalm 32:2, 3 (1936)

Ds. HPM (Malan) van Rhyn (Pretoria-Noord)

Page 345: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

345

Sondag 24 September Skrifgedeelte: Jesaja 1:10-20 Fokusgedeelte: Jesaja 1:18

Volledig vergewe!

In Jesaja 1 konfronteer God vir Juda oor hulle sonde. Dit was nie dat hulle nie meer die Here gedien het nie. Inteendeel, hulle het nog gereeld aan die Here geoffer. Dit was egter net uiterlike handelinge. Dit was net vormgodsdiens. Al het hulle gereeld offers gebring aan die Here, het hulle nog steeds in hulle sonde volhard, sonde wat in helder kleure geteken word: skarlakenrooi en purperrooi. Hierdie skel kleure staan in skerp kontras met die kleur van heiligheid en sondeloosheid: wit soos sneeu, wit soos wol. Vir hulle het die rooi streep van die sondemeter die hoogte ingeskiet!

Die Here roep die volk op vir ’n gesprek met Hom. So ’n gesprek kan nie goed eindig vir die volk nie. Al wat hulle in so ’n gesprek behoort te hoor, is: Julle word vir ewig veroordeel oor julle sonde! Verrassend genoeg word hulle egter nie veroordeel nie, maar word die moontlikheid van genade aan hulle voorgehou: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.” Dit is ’n profesie oor die groot genade van God in Christus!

In Christus en in Hom alleen kan mense wie se sonde duidelik sigbaar is, verander word in mense wie se heiligheid duidelik sigbaar is. Dit word op ’n sigbare manier aan ons afgebeeld in die nagmaal, sodat ons sal lewe soos geheiligde mense wat die Here met hart en siel dien. Sing: Skrifberyming 8 (5-3):1, 2 (1936)

Ds. HPM (Malan) van Rhyn (Pretoria-Noord)

Page 346: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

346

Maandag 25 September Skrifgedeelte: Jesaja 55:1-13 Fokusgedeelte: Jesaja 55:1 Kom koop sonder geld by die Here – Hy maak jou vol, les jou dors en gee

jou vreugde!

Stel jouself voor jy het in ’n woestyn verdwaal. Jy dwaal rond. Jy het niks by jou nie. Nie kos nie. Nie water nie. Jy is honger – maar kan niks daaraan doen nie. Jou mond is droog. Die son brand jou genadeloos. Jy is dors. So strompel jy voort – en weet dat jy op pad is na jou dood toe.

Dan kom daar iemand. Jy hoor hom roep: Kom! Kom, koop water by my! Jy weet jy het daardie water nodig. Maar jy het nie eers geld om water te koop nie. Soos jy egter nader aan die verkoper kom, hoor jy sy verdere boodskap: Kom, koop – sonder geld! Kom koop – sonder om te betaal! Nie net water nie, maar wyn en melk ook! Nie net water om lewe in stand te hou nie, maar melk om jou sterk te maak en wyn om jou gelukkig te maak.

Dit is hoe groot die Here se genade vir ons ook is. Hy gee meer as wat ons nodig het. Hy gee lewe in ’n verhouding met Hom. Ewige, vreugdevolle lewe wat ons nie self verdien nie. Ons koop by Hom sonder om te betaal, omdat ons Here Jesus Christus vir ons aan die kruis betaal het. Hy was dors sodat ons nooit weer na God hoef te dors nie. Deur Hom is ons met God versoen.

Dit is wat ons met nagmaal gedenk – Jesus het vir ons betaal waar ons nie self kon nie. By God het ons meer as wat ons nodig het – water, melk en wyn. Gaan jy dit koop sonder geld? Of gaan jy verbyloop en doodgaan van die dors? Sing: Psalm 118:14 (1936)

Ds. GP (Gerhard) van Rhyn (Rietvallei)

Page 347: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

347

Dinsdag 26 September Skrifgedeelte: Psalm 16:1-11 Fokusgedeelte: Psalm 16:10

Die Here gee my nie oor aan die dood nie – daarom kan ek ewig lewe

Hoe kan ons seker wees van die ewige lewe as die dood ’n realiteit is? Hoe kan ons seker wees dat ons ewig en veilig gaan lewe as dinge nie altyd gebeur soos ons dit wil hê nie? Waarop rus geloofsekerheid? Op iets wat ek doen? Ek moet net meer en beter en groter en dan sal die Here vir my lief wees?

Nee! Ons sekerheid lê nie in onsself nie! Ons sekerheid lê in die feit dat die almagtige God in beheer is en dat Hy ons lewens bepaal. Ons sekerheid lê in die feit dat Hy sy groot liefde en genade in Jesus Christus vir ons wys. Ons Here Jesus wat mens geword het, aan die kruis gesterf het vir ons sonde en begrawe is. Hy het egter nie daar gebly nie! God het Hom opgewek uit die dood. Die dood het Hom nie oorwin nie, Hy het die sonde en die dood oorwin.

As ek in Hom glo, deel ek in sy oorwinning! Dan het ek die wonderlike troos dat ek saam met Hom gesterf het vir die sonde en dat ek saam met Hom opgestaan het in ’n nuwe lewe. Die dood of die sonde het nie mag oor my nie. Hierdie oorwinning van Jesus is so groot dat dit beteken dat ek altyd veilig by my hemelse Vader is. Niks kan my van sy liefde skei nie. Ek is op pad na die ewigheid saam met Hom. Hy gee my nie oor aan die dood nie, want die dood is oorwin.

Lewe hierdie nuwe lewe. Vind jou sekerheid in wat God doen – nie in wat jy doen nie. Dan kan jy ewig seker wees. Jy is veilig by die Here. Hy gee jou nie oor aan die dood nie. Ons Here Jesus het in ons plek gesterf. Hy het die dood oorwin. Ons deel in daardie oorwinning. Dit is die wonderlike troos wat ons met nagmaal het. Sing: Psalm 18:9 (1936)

Ds. GP (Gerhard) van Rhyn (Rietvallei)

Page 348: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

348

Woensdag 27 September Skrifgedeelte: Hebreërs 10:1-10 Fokusgedeelte: Hebreërs 10:1-4

Hoe dikwels dink jy aan jou sonde?

Wees bietjie eerlik met jouself: Hoeveel sonde het jy gister gedoen? Kan jy tien opnoem?

Dis nogal maklik om ’n gebed af te sluit met die woorde: “Vergeef ons ons sonde, om Christus ontwil.” Waarvoor vra ons nou eintlik?

Jy behoort te weet wat sonde is. Daar is ’n hele paar definisies: As jy weet wat die regte ding is om te doen, en jy doen dit nie. Of: om jou doel te mis. Of: om die wet van die Here te oortree. Jy kan maar ’n paar byvoeg.

Die probleem is dat God van elke sonde weet. Elkeen maak God toornig! Vir elkeen moet Christus tussen jou en God gaan staan, sy hande en voete vir sy Vader wys, en pleit (Rom. 8:34; 1983-vertaling).

Daagliks is daar in die Ou-Testamentiese tyd geoffer. Daar was baie verskillende offers – lees weer Levitikus 1-7. Elkeen wat aan sy sonde herinner is, moes ’n onskuldige dier bring, keel afsny, die priester vra om dit op die altaar te verbrand, sodat God nie in sy toorn die sondaar straf nie.

Nagmaal moet ons ook aan ons sonde herinner. Het dit regtig ’n invloed op jou lewe? Nou hoor jy nie die geroggel as die lam doodbloei nie. Wat hoor jy? Brood breek. Maak toe jou oë. Sien die naakte Jesus aan die kruis. Vir jou sonde – wat jy waarskynlik so vinnig vergeet as wat jy dit doen.

Môre kyk ons waarom Christus dit gedoen het. Sing: Psalm 130:2 (1936)

Dr. HF (Hennie) van Wyk (Bloemhof/Christiana)

Page 349: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

349

Donderdag 28 September Skrifgedeelte: Hebreërs 10:11-31 Fokusgedeelte: Hebreërs 10:17, 27

Hoe dikwels dink God aan jou sonde?

Wat was die effek van ’n diereoffer? Ons moet besef dat offers nie vir God gevoed het soos wat die heidene gereken het die doel van hulle offers was nie. Die offers moes vir die mens preek. Ek doen sonde. Ek moet sterf. Ek wil nie sterf nie, daarom maak ek die dier dood in my plek!

Die offer moes ’n effek op die mens gehad het. Hy moes dink vóór hy weer sonde doen. Dit kos geld. Dis sommer baie geld om vandag ’n skaap te verloor. Hierdie dink voor ek sonde doen, is deel van die bekering van die mens: Ek moet weet wat my sonde is en ophou om die sonde te doen.

Dan sondig ek weer. En weer. En weer. Let op die verskil tussen die verta-lings sondig (1933/53), bly sondig (1983) en willens en wetens sondig (DV). Daar is sonde, voortgaande sonde en opsetlike sonde. Ek sondig op al drie wyses! Ek sondig.

Geen dier se bloed kan die sonde afwas nie. Net die offers van Jesus. In my plek.

Maak u oë toe. Sien jouself aan die kruis hang – dis wat jy verdien. Dan haal Jesus jou af en Hy word in jou plek gekruisig.

In die nagmaalviering hoor ons die volkome versoening vir al jou sonde. Slegs dan dink God nie aan jou sonde nie. Sing: Psalm 4:3 (1936)

Dr. HF (Hennie) van Wyk (Bloemhof/Christiana)

Page 350: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

350

Vrydag 29 September Skrifgedeelte: Hebreërs 9:11-22 Fokusgedeelte: Hebreërs 9:14

Hoe aktief is jou gewete?

Ons het in die afgelope twee dagstukkies die klem op sondebesef laat val: hoe ons daarna kyk en hoe God daarna kyk.

Bloed word deurgaans met lewe verbind. As jy in die Ou-Testamentiese tyd sonde gedoen het, moes jy die dier na die priester bring. Hy het dit geslag en die bloed geneem en op die altaar gesprinkel. Soos stortwater vuilheid afwas, so het die sprinkeling van die bloed die afwassing van die sonde gepreek.

Op die groot versoendag (Lev. 16) moes die hoëpriester ook die bloed op die volk sprinkel. Dit het versoening gepreek. Volgende jaar moes dit maar weer gedoen word. En weer. En weer.

As Jesus die via dolorosa loop, is Hy ’n Lam wat weet waarom Hy geoffer word. Met elke hamerslag spat die bloed – word jy besprinkel en word vir jou gepreek: Hy bring die volkome offer. Omdat Jesus nie sonde gehad het nie, self God was en is, kon Hy sterf EN die dood oorwin (HK Sondag 5 en 6). God was só tevrede met die offer dat dit nooit weer nodig sou wees om Jesus te offer nie. Hierdie offer is volmaak.

Weereens moet jy besef: dit was vir jou. Jy moet dit weet. Sien jy die verband tussen weet en gewete? Daarom mag die offer van Jesus nie maar iets wees wat jy onthou nie. Dit moet iets wees wat jy weet en besef: elke keer as ek sonde doen, weet ek dat Jesus se bloed op my gesprinkel is. Elke sonde moet jou pla. Sy offer is jou skuld, en myne. Sy liggaam is gebreek en sy bloed vergiet as volkome versoening van al jou sonde. Sing: Psalm 51:4 (1936)

Dr. HF (Hennie) van Wyk (Bloemhof/Christiana)

Page 351: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

351

Saterdag 30 September Skrifgedeelte: Openbaring 3:14-22 Fokusgedeelte: Openbaring 3:20

Blindes met toe deure

Waarom moet dit nodig wees dat Jesus aan ’n gemeente se deur moet klop? Ons leef in tye waar ons die deure sluit as dit donker word. Iemand wat

swak sien, maak ook seker dat die deure goed toe is sodat skelms ’n mens nie onverhoeds betrap nie. Ons sluit ons besittings toe in kluise, installeer alarms en het gewapende reaksiemagte. Wat dink ons? Lees mooi wat het die gemeente van Laodisea gedink (vs 17).

Wat sien Jesus? Hy kyk verby die aardse dinge en Hy sien ’n gemeente wat só besig is om die aardse dinge te beskerm dat hulle net afskeeptyd het vir die werk van die Here. Die deur word vinnig oopgemaak en met vuil klere gaan hulle kerk toe, dink nie aan die Here nie – net hulle eie dinge. Dit maak hulle blind en kaal.

Genadiglik is dit nie die Here se gesindheid nie. By die toe deur klop Hy. Let op dat Hy nie soos net ná sy opstanding deur die toe deur gaan nie. Nee – Hy het reeds sy verantwoordelikheid nagekom! Hulle is ’n gemeente wat ook die nagmaal gevier het. Wat gedoop is. Wat, besprinkel met die bloed van Christus, volkome vergifnis ontvang het. Hulle verantwoordelikheid is om iets aan hulle blindheid en naaktheid te doen. Hulle moet dit besef. Hulle moet die deur oopmaak en oogsalf vat en aansmeer, klere gaan koop. Wittes – die reg-verdige dade. Hulle moet dóén.

Nagmaal is weer daardie herinnering: Ek het ’n verantwoordelikheid om allereers my aandag aan die Here te gee. Hy wat gee wat geen geld kan koop nie: volmaakte, volledige versoening.

Aanvaar dit en leef dit uit! Sing: Skrifberyming 44 / 15-8:2, 4

Dr. HF (Hennie) van Wyk (Bloemhof/Christiana)

Page 352: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

352

Page 353: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

353

Sondag 1 Oktober Skrifgedeelte: Psalm 73 Fokusgedeelte: Psalm 73:24-26

Gemeenskap met Christus in die Nagmaal verdryf verbittering

Asaf het ’n groot worsteling. Hy het in vertwyfeling verval toe hy die voorspoed van die goddelose mense en die ellende van die opregtes sien. Hy het in sy eie lewe horisontaal gemeet en afguns het hom beetgepak (vs 3). Só erg, bely hy, was die twyfel en afguns dat dit vir hom gevoel het of hy tevergeefs sy hart rein gehou en sy hande in onskuld gewas het. Dit beteken nié dat Asaf sondeloos was nie. ’n Rein hart beteken nie sondeloosheid nie, maar wel dat hy on-danks sy eie sonde die lewende Here met ’n opregte geloof gedien het.

Is dit dan tevergeefs om die Here met ’n opregte geloof te bly dien terwyl die goddeloses in hulle goddeloosheid voortploeter? Nee. In die gemeenskap met die Here kry Asaf perspektief: hy het die genade ontvang om vanuit die gemeenskap met God (vs 17) na alles te kyk.

In gemeenskap met God kry ons perspektief. Ook in die viering van die Nagmaal gee die Here aan ons perspektief.

Onreg word nie ongestraf gelaat nie. Mý onreg word aan Christus gestraf – daarvan is die brood en die wyn ’n teken en ’n seël. Deur Christus se verlos-singswerk mag ek in gemeenskap met God lewe deur die Heilige Gees (vs 17, 23).

In die gemeenskap met Christus aan die Nagmaalstafel word my geloofs-oog opnuut gerig om te sien dat my lewe deur die raad van God gelei word. My geloofsoog word opnuut verhelder dat ek kan sien: aan die einde van my lewe word ek in heerlikheid opgeneem. Ek mag aan die ewige feesmaal aansit. Ek mag sien: Op die laaste dag, wanneer Christus as Regter terugkom, sal ook die onreg nie ongestraf gelaat word nie.

Só word die vertwyfeling, afguns en verbittering verdryf wanneer ek in ge-meenskap met Christus perspektief ontvang: In die gemeenskap met die Drie-enige God lê ware lewensvreugde, en nié in die voorspoed wat die wêreld bied nie! Sing: Psalm 73-1:9, 10

Ds. JC (Jannes) van Dyk (Ventersdorp)

Page 354: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

354

Maandag 2 Oktober Skrifgedeelte: Psalm 23 Fokusgedeelte: Psalm 23:5

Die Goeie Herder gee as Gasheer versterking aan die Nagmaalstafel

Ons word moeg. Ons harte is sonder vrede. Ons daaglikse stryd tap ons kragte. Ons word bang. Dit is wat hierdie lewe aan ons doen.

Het koning Dawid se stryd teen sý teëstanders hom nie ook moeg gemaak nie? Sonder vrede gelaat? Sonder krag? Vol vrees? Juis daarom dat Hy so vertrouensvol bely dat die Here sy herder is. Hý gee rus, Hý gee verkwikking, Hý gee vrede, Hý gee beskerming.

Die Here is nie net sy herder nie. In ons fokusvers word ’n tweede beeld gebruik – dié van die gasheer wat sy moeë, uitgeputte, vreesagtige gas (in wie se hart daar baie onvrede is) aan die feestafel verwelkom en mildelik sy goedheid aan sy gas bewys.

As Gasheer ontvang die Here Jesus jou aan die Nagmaalstafel. Hy is die Gasheer wat Homself gee om jou te verkwik. Aan die Nagmaalstafel het jy deur die kragvolle werking van die Heilige Gees só ’n innige gemeenskap met Hom dat “Christus sy lewe in ons oorgiet, asof dit in murg en been indring”. Só verkwik Christus jou. Gee Hy aan jou sy vrede. Gee Hy aan jou krag. Word jy opnuut van sy liefde vir jou verseker en verdryf Hy jou vrese.

Maar: Hy gee dit aan dié wat in ’n innige en persoonlike verhouding met Hom lewe (vs 1: Die Here is mý Herder … Gasheer). Sonder die innige, per-soonlike verhouding met die Gasheer kan jy álles aan sy tafel eet en jy gaan nog steeds moeg, sonder vrede, kragteloos en bang wees. Sing: Psalm 23

Ds. JC (Jannes) van Dyk (Ventersdorp)

Page 355: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

355

Dinsdag 3 Oktober Skrifgedeelte: Jesaja 25:6-9 Fokusgedeelte: Jesaja 25:6-9

Nagmaal laat ons met verlange uitsien na die dag van volmaakte troos

Israel het die verbond met God verbreek. Die Here het hulle tot berou en bekering opgeroep, maar daar was verharding. Die gevolg van hulle verhar-ding – dit verkondig die profeet Jesaja – is die oordeel van die Here oor sy ontroue volk. Ook die volke wat as tugroede gebruik is, sal egter onder die oordeel van die Here kom.

Tog is daar hoop ánderkant die oordeel! Die Here sal vir Hom ’n oorblyfsel bewaar en terugbring na Sion, en nasies wat aan die oordeel ontkom het, sal in die heil van God deel. Hulle sal saam met die oorblyfsel van die volk die vreugde van gemeenskap met Israel se God smaak (die feesmaal is heenwy-sing na gemeenskap met God, vs 6).

Dit is in hierdie gemeenskap, só profeteer Jesaja, waar daar nie meer droefheid en rou sal wees nie (die doek as teken van rou word verwyder, vs 7). Die dood word vernietig. Trane sal afgedroog word (vs 8). Sy volk word in eer herstel (vs 8).

Wanneer ons die Nagmaal vier, dan wek dit in ons ook die verlange na die Bruislofsmaal van die Lam. Na die volmaakte, herstelde gemeenskap God in die Nuwe Jerusalem. Daardie herstelde gemeenskap waarin ons volmaakte troos sal ontvang omdat Christus ons deur sy kruisdood met God versoen het! Sing: Skrifberyming 3-3:1-6

Ds. JC (Jannes) van Dyk (Ventersdorp)

Page 356: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

356

Woensdag 4 Oktober Skrifgedeelte: Hebreërs 4 Fokusgedeelte: Hebreërs 4:14-16

Vier die gemeenskap met Christus met vrymoedigheid!

Die gemeenskap met Christus aan die Nagmaalstafel laat baie mense terugdeins. Die selfondersoek wat jou jou eie sonde opnuut laat besef, reik so diep in jou lewe in. Die “eet en drink ’n oordeel oor jouself” is vir ander ’n baie hoë berg om uit te klim. So is daar nog baie ander dinge wat ons laat terugdeins – blatante nalatigheid word hier uitgesluit.

Tog doen ons juis selfondersoek en word ons in die selfondersoek gewaarsku en opgeroep om ons toevlug tot ons groot Hoëpriester te neem. Ons kan onmoontlik op eie meriete na die Nagmaalstafel stap. Dan sal geen kerk ooit die sakrament vier nie!

Terwyl ons gelowig ons Here Jesus Christus en sy versoeningswerk vas-gryp, kan ons met vrymoedigheid die gemeenskap met Hom aan die Nag-maalstafel vier. Dit is immers Hý wat as ons groot Hoëpriester Homself op die altaar van Golgota geoffer het om ons sonde te versoen! Dit is sý Gees wat in ons hart die geloof werk dat ál my sonde op grond van Christus se offer ver-gewe is, en dat God aan my uit genade die geregtigheid in Christus gee! Dit is sý Gees wat my aan al sy weldade laat deel kry!

Vier met vrymoedigheid (in Christus deur die Heilige Gees) die gemeen-skap met Christus, want sy Gees laat jou in die gemeenskap met Hom genade en barmhartigheid ontvang. Sing: Skrifberyming 17-3:1, 2

Ds. JC (Jannes) van Dyk (Ventersdorp)

Page 357: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

357

Donderdag 5 Oktober Skrifgedeelte: Johannes 1:1-18 Fokusgedeelte: Johannes 1:16

’n Oorvloed van genade op genade, sonder ophou!

Kan jy en ek met ons beperkte verstand en insig ooit verstaan wat volheid en oorvloed werklik beteken? Ons kan iets van hierdie oorvloed probeer uitdruk met die metafoor van ’n opborrelende fontein. Dit hou net aan en aan! Die een stroom bou op die volgende. Sonder einde stroom die oorvloed van God se genade na ons: genade op genade, seëning op seëning, gawe op gawe, geskenk op geskenk!

God gee al hierdie beloftes en gawes aan ons. Hy laat ons elkeen daarin deel. Elkeen kry sy afgemete aandeel sonder enige verdienste. Nie eie inspan-ning of kragte nie. Aan ons gegee en verskaf! Alles genadegawes van geloof, versoening, vergifnis en nuwe lewe wat na ons aangestroom kom!

Dit alles is net moontlik deur God se eniggebore Seun, Jesus Christus. Die enigste Seun wat die mees intieme plek by die Vader kom inneem het. Niemand kon daar kom nie, nie Moses nie, ook nie die geliefde dissipel Johannes nie.

Tog bring Jesus Christus vir ons, brose en gebroke mense, by God uit. Wat ’n oorvloed en luuksheid: Deur Hom, wat God vir ons deur sy Woord en Gees kom wys en verduidelik, kom ons nou self by God! Dit alles omdat Hy eers by ons kom tent opslaan het, by ons kom bly het.

Weet jy dit? Ervaar jy hierdie rykdom, nie net wanneer jy die tekens van brood en wyn by die Nagmaal eet en drink nie, maar elke dag wanneer jy hierdie Here met al sy beloftes jou eie maak? Sing: Psalm 112-2:1

Ds. SFF (Steve) van der Walt (Kathu/Olifantshoek)

Page 358: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

358

Vrydag 6 Oktober Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 1:12-24 Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 1:20-22

God se “Ja” is al wat saak maak! (Beseëling van die beloftes deur die Heilige Gees)

Twyfel jy dat God getrou is? Bevraagteken jy jou medegelowiges se

geloofwaardigheid? Gebeur dit nie wanneer ons met ons eie oë alles waarneem nie? Dan sien

ons nie God raak wat ter wille van sy koninkryk dinge laat gebeur soos dit moet nie. Selfs Paulus moes ter wille daarvan sy reisplanne na Korinte kort-knip en eerder met ’n brief sê wat nie ongesê mag bly nie.

Op die ou end is dit belangrik dat God sy sê moet sê. Dit blyk uit wat Paulus hier sê dat God en ook Paulus self nie wisselvallig of onbetroubaar is nie. Inteendeel, Jesus Christus het al God se beloftes tot sy eer kom waar maak. Hyself het sy “Amen” daarop gesit: Dit is waar en seker.

Wat meer is: Hy het gemaak dat ons nou vaste grond onder ons voete het, soos ’n huis ’n fondament het. Deur sy bloed is ons nou syne! Hy het ons met sy eie seël gemerk. Hoekom sal ons langer twyfel dat Hy getrou is? Hy het reeds die eerste betaling gemaak – sy Heilige Gees, die deposito, die vaste waarborg vir ons gegee. Met Hom het Hy begin om die volle som, die ewige heerlikheid met Hom, te gee.

Dis mos sekerheid! Iemand waaraan ons ons lewe kan toevertrou! Kom ons gryp onvoorwaardelik aan God vas. Neem sy Woord as die fondament, die waarborg dat sy “ja” “ja” is. Kyk daarom deur hierdie oë van God rondom jou, en jy sal aan Hom die eer gee! Sing: Skrifberyming 12-3:1, 2

Ds. SFF (Steve) van der Walt (Kathu/Olifantshoek)

Page 359: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

359

Saterdag 7 Oktober Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 7:8-13 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 7:9, 10

Nagmaal vereis eerlike selfondersoek

“Om tot ons troos die nagmaal van die Here te kan hou, is dit ten eerste nodig dat ons ons vooraf reg sal ondersoek” – so stel die Nagmaalsformulier dit. Die ware selfondersoek vereis eerstens dat elkeen moet nadink oor sy sonde … sodat hy homself met diepe berou hieroor voor God kan verootmoedig. Alhoewel die apostel in sy vorige brief die Korintiërs streng vermaan het oor onsedelikheid, hofsake tussen gelowiges, geestelike hoogmoed en onderlinge liefdeloosheid, het die Korintiërs ’n goeie gesindheid teenoor die apostel behou. Dit is wonderlik om te verneem.

Nou verneem Paulus deur Titus dat sy prediking en vermaning inderdaad geestelike droefheid, hartseer in die gemeente meegebring het. Hy sê egter: “Al het ek julle deur my brief hartseer gemaak, is ek nou nie daaroor jammer nie … Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het” (vs 8, 9).

Dit is die heilsame effek wat eerlike Woordverkondiging inhou wat na eerlike selfondersoek lei. Dit bring inderdaad hartseer, droefheid in die harte van opregte gelowiges. Dit is ’n droefheid, ’n hartseer oor sondes wat in jou eie lewe na vore kom en waarvan jy jou moet bekeer. Dit is ’n droefheid volgens (in ooreenstemming met) die wil van God wat ’n onberoulike beke-ring tot redding in ’n mens se lewe meebring. Hierdie droefheid, hierdie hart-seer werk die Heilige Gees in ons hart en bring ’n metanoia, ’n bekering teweeg. Die woord metanoia beteken ’n verandering van denke en daarom ’n verandering, ’n omkering in jou leefwyse. Dit vind plaas wanneer iemand tot die insig kom dat sy denke, sy insig, sy houding en gesindheid verkeerd is, en hy daarom bereid is om hom op die regte koers te laat stel. Vir hierdie geestelike selfondersoek moet ons elke dag bid om die leiding van die Heilige Gees. 2 Korintiërs 13:5 sê immers: “Ondersoek julleself of julle in die geloof is; stel julleself op die proef.” Ons moet bid en na ware, opregte selfondersoek streef. Dan kan ons geseënde Nagmaal vier. Sing: Psalm 130:2 (1936)

Ds. NJ (Nic) van der Walt (Brits)

Page 360: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

360

Sondag 8 Oktober Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 1:3-5 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: 2 Korintiërs 1:5

Nagmaal – ’n ware troosmaal

“Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus” (1933/53-vertaling) (“oorvloed van bemoediging” (1983-vert.). Wat hier staan, is dat ’n Christen wat in Christus se kruisdood as sondevergewing glo en dit in hierdie wêreld bely, baie lyding sal ervaar, selfs verguising vir hulle geloof wat hulle uitleef. Dit is die lyding van Christus wat ook sy dissipels, sy volgelinge, die gelowiges se deel kan wees in die lewe.

Ons bely in Sondag 1 van die Heidelbergse Kategismus dat ons met liggaam en siel, in lewe en in sterwe, nie aan onsself behoort nie, maar aan ons getroue Verlosser Jesus Christus. Dit is ons enigste troos. Artikel 21 van die Nederlandse Geloofsbelydenis bely dat ons volkome vertroosting in sy wonde vind.

Die ware geloof in die genade van God oorstem die hartseer en droefheid van ons sonde en gebrokenheid van hierdie lewe. Te midde van selfs vervol-ging vir jou geloof in Christus word jy vertroos, omdat jy Christus se eiendom is. In die woorde van die Nagmaalsformulier: Elkeen moet sy hart ondersoek of hy die vaste belofte van God glo dat al sy sondes hom alleen op grond van die lyding en dood van Jesus Christus vergewe is …

Dit is die troos wat Nagmaal inhou, en van hierdie troos verseker die Heilige Gees ons elke dag. Wie homself in nederigheid voor God ondersoek het en sy persoonlike sondes bely, mag met ’n getroosde gemoed voor God en die mense lewe. Wat dan ook van ons gevra word, is dat ons ander sal troos met die vertroosting waarmee onsself getroos is (vs 4).

Sing: Psalm 4:1 (1936)

Ds. NJ (Nic) van der Walt (Brits)

Page 361: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

361

Maandag 9 Oktober Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 5:6-8 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 5:7

Nagmaal bring ons tot persoonlike heiligmaking

Die troos wat die Nagmaal verkondig, moet ons tot persoonlike heiligma-king bring. Dit is die vrug wat die troos in ons lewe moet voortbring. Die brief aan die Korintiërs stel dit baie duidelik: Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle werklik … Laat ons feesvier met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid (1 Kor. 5:7, 8).

Benewens dat die Skrif suurdeeg as die stille positiewe invloed van ons Christelike geloofslewe rondom ons beskryf (dink aan die gelykenis van die suurdeeg), is suurdeeg in die Korintiërsbrief ’n beeld van sonde wat ’n gemeente en ’n samelewing kan deursuur. Suurdeeg kan ook ondeug word, soos onsedelikheid, liefdeloosheid, hoogmoed ensovoorts. Daarom roep die apostel die Korintiërs op om die ou suurdeeg van geestelike ondeug uit te suiwer en ’n nuwe deeg van reinheid en waarheid te word.

Die kerngedagte soos die Nagmaalsformulier dit aan ons voorhou, is dat ons van nou af met ons hele lewe ware dankbaarheid aan God sal betoon en opreg voor Hom sal wandel; om eerlik alle vyandskap, haat en nyd te laat vaar en voortaan in ware liefde en eensgesindheid met ons naaste te lewe. Dit is dan ons heiligmaking wat volg op ware selfondersoek. Dit is die onberoulike bekering waarvan 2 Korintiërs 7:10 praat – die hartsverandering wat ’n lewensverandering meebring.

Dit is die dankbaarheidslewe van ’n opregte Nagmaalganger. Dit is die nuwe mens waartoe die Here ons oproep: ’n hartlike vreugde in God deur Christus en ’n lus en liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe (HK Sondag 33, Antwoord 90). So werk die Heilige Gees hierdie nuwe lewe van dankbaarheid in ons hart.

Ons bely dan ook in die Dordtse Leerreëls dat die Here die evangelie nie net uiterlik aan ons verkondig nie. Hy verlig ook nie net die verstand kragtig deur die Heilige Gees nie. Deur die kragtige werking van dieselfde Gees, wat die wedergeboorte skenk, dring Hy ook deur tot in die binneste dele van die mens, open Hy die geslote hart, versag Hy wat hard is, en besny Hy wat onbesnede is.

Page 362: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

362

In die wil stort Hy nuwe eienskappe in en maak die wil, wat dood was, lewend; wat sleg was, goed; wat onwillig was, gewllig en wat ongehoorsaam was, gehoorsaam sodat ons, soos ’n goeie boom, vrugte van goeie werke kan dra (3/4, par. 11) Sing: Psalm 116:7 (1936)

Ds. NJ (Nic) van der Walt (Brits)

Page 363: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

363

Dinsdag 10 Oktober Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 5:12-28 Fokusgedeelte: 1 Tessalonisense 5:23, 24

Die Heilige Gees waarborg jou verhouding met God

Verhoudings gaan oor spontaneïteit en nie oor reëls hoe om teenoor mekaar te leef nie. In die tweede deel van die brief (hoofstukke 4-5) is daar ’n aantal voorskrifte, byvoorbeeld oor ons seksuele lewens, broederliefde, arbeid, opdragte oor die optrede binne verhoudings en nog meer. So is daar dwarsdeur die Bybel sulke voorskrifte en ons kan maklik die fout maak om te dink dat ons hierdie voorskrifte moet nakom om God se guns te wen.

Nagmaal herinner jou daaraan dat dit net Christus se soenver-dienste aan die kruis is wat jou verhouding met God herstel. Deur die Nagmaal versterk die Heilige Gees jou geloof om te glo dat dit vir jou waar is.

Ons hoor hier ’n lys “voorskrifte”, maar eintlik is dit nie voor-skrifte nie. Dit beskryf hoe die Christelike lewe lyk wat Christus met sy opstanding vir ons gegee het. In Paulus se gebed in 1 Tessalo-nisense 5:23 hoor jy hoe jy deel aan die hierdie nuwe lewe kry. Paulus bid dat jy na liggaam, siel en gees, dit wil sê die totaliteit van jou menswees, sal ervaar hoe God hierdie nuwe lewe vir jou ’n werklikheid maak. Dan hoor ons in vers 24 die vaste belofte dat God dit beslis sal laat gebeur.

Wanneer jy in ’n ware verhouding tot iemand staan, is jou optrede in daardie verhouding omdat jy dit wil doen. Dit is wat die Heilige Gees vir ons doen. Hy maak dit moontlik om aan God gehoorsaam te wees en dat jy dit doen omdat dit is wat jy van harte wil doen. Omhels hierdie nuwe lewe met die arms van jou geloof en moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Sing: Psalm 34-1:5

Ds. JG (George) van der Walt (Empangeni)

Page 364: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

364

Woensdag 11 Oktober Skrifgedeelte: Johannes 15:1-8 Fokusgedeelte: Johannes 15:4, 5

Bly in geloof verbind aan Jesus en ervaar hoe die vrug van die Gees ook in jou lewe ’n werklikheid word

Verhoudings is alleen moontlik wanneer daar vrug uit daardie verhouding

voortspruit. Dit is egter nie ’n fisiese vrug wat mens kan sien, proe, ruik of aan vat nie. In ons teks gebruik die Here ’n alledaagse beeld om geestelike waarhede oor te dra, net soos die Nagmaal ook deur die tekens van brood en wyn die geestelike waarheid van ons verlossing in Jesus Christus oordra.

In die beeld in ons teks stel Jesus Hom as ware wingerdstok voor, terwyl sy Vader die Boer is en die gelowiges die lote is wat vrug dra en die verlorenes die lote is wat geen vrug dra nie. Die vrug waarna hier verwys word, is die geestelike vrug van die Gees wat in Galasiërs 5:22-23 vir ons beskryf word, naamlik liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrou-heid, nederigheid en selfbeheersing. In ’n ware opregte verhouding sal hierdie vrug na vore kom. Die enigste manier hoe hierdie vrug gedra kan word, is wanneer jy in Jesus bly en Jesus in jou. Die tekens van brood en wyn van die Nagmaal verduidelik hoe jy in Jesus bly en Hy in jou. Die brood wys op sy liggaam wat vir jou gebreek is aan die kruis, en die wyn na sy bloed wat vir jou uitgegiet is. Dis die offer wat Jesus gebring het sodat Hy in jou bly. Verder is die brood en wyn ook ’n vaste versekering dat die Heilige Gees jou geloof voed, net soos wat brood en wyn die liggaam voed. Dit is deur geloof wat jy in Jesus bly.

God vra van jou geloof om in Jesus te bly, maar sy genade is so groot dat die Heilige Gees vir jou die geloof gee wat Hy vra. Bly in geloof vas aan Jesus en ervaar hoe die vrug van die Gees ook in jou lewe ’n werklikheid word. Sing: Skrifberyming 2-4:1

Ds. JG (George) van der Walt (Empangeni)

Page 365: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

365

Donderdag 12 Oktober Skrifgedeelte: Openbaring 3:7-13 Fokusgedeelte: Openbaring 3:11

Hou in geloof aan Jesus vas totdat Hy kom, met die wete dat jy die oorwinnaarskroon sal ontvang

Hier in Filadelfia ontmoet ons ’n groepie Christene wat weens hulle geloof

geteister word. In hierdie brief bemoedig Jesus hulle om in hulle geloof te volhard sodat hulle nie hulle “kroon”, dit wil sê die ewige lewe, verloor nie.

Die brief begin met die belofte dat niemand die deur na God se Koninkryk vir hulle kan toesluit nie, omdat God dit self vir hulle oopgesluit het. Alhoewel hulle krag min is, het hulle steeds aan die boodskap van verlossing vasgehou en Jesus nie verloën nie.

Die verdere belofte wat hulle ontvang, is dat Jesus hulle in die tyd van be-proewing sal vashou en dat hulle vervolgers hulle nie sal oorwin nie. Inteen-deel, hulle sal erken dat Jesus die gelowiges liefhet. Hulle volharding in geloof sal verseker dat hulle pilare in die nuwe Jerusalem sal word wat met die Naam van God as sy eiendom gemerk is.

Hierdie is ’n brief van troos om gelowiges te bemoedig in tye van beproe-wing. Ook ons word vir ons geloof vervolg en beproef. In die oë van die wêreld word Christene beskou as die eienaardiges wat kontak met die realiteit verloor het. Daarom word ons ook aangemoedig om in geloof vas te hou dat Jesus Christus die Seun van God, die opgestane Here en Verlosser is. Die Here vra nooit meer as wat Hy reeds gegee het nie. Hy vra van ons geloof en om daarin te volhard. Daarom gee die Heilige Gees vir ons die geloof wat Hy vra en ook die Nagmaal om ons geloof te versterk, sodat ons enduit in geloof kan volhard.

Vind jou troos in die Nagmaal sodat jou geloof versterk kan word. Hou in geloof aan Jesus vas totdat Hy kom, met die wete dat jy die oorwinnaarskroon sal ontvang. Sing: Skrifberyming 15-7:4, 5

Ds. JG (George) van der Walt (Empangeni)

Page 366: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

366

Vrydag 13 Oktober Skrifgedeelte: Matteus 16:13-20 Fokusgedeelte: Matteus 16:19; HK Sondag 31, Vraag 83

Die sleutels van die koninkryk van die hemel

Om te weet wat die sleutels van die koninkryk van die hemel is, moet ons eers weet wat met die koninkryk van die hemel bedoel word. Matteus praat meesal van die koninkryk van die hemel, en Markus en Lukas van die koninkryk van God. Die rede daarvoor is dat Matteus aan mede-Jode geskryf het en hulle was bang dat hulle die derde gebod sou oortree as hulle van die koninkryk van God praat. Inhoudelik beteken albei uitdrukkings presies dieselfde, naamlik dat God Koning is en dat Hy oor alles en almal regeer. As ons van die koninkryk van die hemel praat, bedoel ons meesal God se ko-ninkryk soos dit hier op aarde gevestig is. Tog staan dit nooit los van die hemel nie. Daarom word van die onderdane van die ryk van God gesê dat hulle burgerskap in die hemel is (Fil. 3:20), en dat hulle by hulle sterwe na Christus in die hemel gaan (2 Kor. 5:1; Fil. 1:23). Daar is ’n baie nou verband tussen die koninkryk van die hemel en die kerk, al mag hulle nie met mekaar vereenselwig word nie. Daarom is dit te verstane dat albei dieselfde vyande het. Teenoor die koninkryk van die hemel – en die kerk – staan Satan as vors van die duisternis met al sy onderdane en handlangers. Hulle wil die ko-ninkryk van die hemel en die kerk ondermyn en ruïneer en, as dit kan, heeltemal verwoes. Daarom spreek dit vanself dat hierdie vyande van Christus uit die kerk as die strydende leer van die koninkryk uitgehou moet word.

Die beeld wat hier gebruik word, is dat die koninkryk van die hemel ’n om-muurde vestig is wat slegs vir gelowiges oopgesluit, maar vir ongelowiges toegesluit, word sodat hulle geen toegang daartoe kan kry nie. Hoewel Chris-tus die Koning van die koninkryk en derhalwe die eintlike Sleuteldraer is (Op. 3:7, 8), hanteer Hy nie self direk die sleutels nie. Dié taak het Hy aan die kerk opgedra toe Hy aan Petrus gesê het wat hierbo uit Matteus 16:19 aangehaal is (vgl. Matt. 18:18). Die kerk moet die sleutels volgens die Woord van God en onder leiding van die Heilige Gees hanteer.

Daar is twee sleutels, naamlik die verkondiging van die evangelie en die toepassing van die kerklike tug. Streng gesproke is daar net een sleutel, en dit is die Woord van God. Die Woord word egter op verskillende maniere in die prediking en die tug gehanteer.

Page 367: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

367

Saterdag 14 Oktober

Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 2:1-5 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 2:4; HK Sondag 31, Vraag 84

Die gesag van die prediking van die Woord

Die bediening van God se Woord het goddelike gesag juis omdat dit die Woord van GOD is wat verkondig word en nie die woord van ’n mens nie. Die gesag van die verkondiging van die evangelie word ook duidelik geopenbaar in Paulus se brief aan die Korintiërs (2:4). By hulle was die Griekse wyse van redenering en welsprekendheid hoog geag.

Daarteenoor sê Paulus volgens die 2014-vertaling dat sy prediking van Christus as gekruisigde nie berus op “oorredende woorde van wysheid nie, maar op bewyse van die Gees en van krag”. Met die uitdrukking “oorredende woorde van wysheid” verwys Paulus na die sogenaamde dialektiese metode van die Grieke waarvolgens daar deur vraag en antwoord na die waarheid gesoek word.

So was Paulus se prediking juis nie. Hy het nie na die waarheid gesoek toe hy vir hulle gepreek het nie. Nee, sy prediking het berus “op bewyse van die Gees en van krag”, of soos ’n ander gesaghebbende vertaling dit weergee: “met die demonstrasie van die krag van die Gees.”

Die Griekse woord apodeixis wat met bewyse of demonstrasie vertaal is, was in die Griekse logika die tegniese term wat gebruik is om die onweerleg-bare bewys van die waarheid van ’n stelling aan te dui. Van dié Griekse woord is die redelik onbekende Afrikaanse woord apodikties afgelei en dit dui aan dat ’n stelling of uitspraak onweerlegbaar is. Om iets apodikties te sê, beteken dus om dit met die grootste gesag en volle oortuiging van die waarheid daar-van te sê. Die waarheid word dan nie gesoek nie, dit is reeds daar. Dit word eenvoudig gesagvol gekonstateer.

So het Paulus die evangelie aan die Korintiërs verkondig en so moet dit vandag nog verkondig word: gesagvol as ’n onweerlegbare waarheid. Dit was ook die karakter van die prediking van die Ou-Testamentiese profete. Telkens het hulle gesê: “So sê die HERE …” En omdat die Here dit sê, het sy Woord wat suiwer verkondig word, goddelike gesag.

Dit laat ons verstaan wat ’n preek is. ’n Preek is nie maar net ’n stigtelike woord of ’n sielsgedagte of ’n wetenskaplike verhandeling of ’n welsprekende

Page 368: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

368

redevoering nie. Nee, in die prediking wat werklik die bediening van die Woord van God is, het ons te doen met ’n gesagvolle verklaring wat van God afkomstig is, met ’n boodskap uit die hemel, met ’n proklamasie op gesag van die Seun van God.

Slegs sulke preke kan die koninkryk van die hemel vir die gelowiges oop-sluit en vir die ongelowiges toesluit.

Page 369: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

369

Sondag 15 Oktober Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 2:13-16 Fokusgedeelte: 1 Tessalonisense 2:13; HK Sondag 31, Vraag 84

Die implikasie van die gesag van die prediking

Die feit dat die prediking die gesagvolle verkondiging van die Woord van die ewige, almagtige God is, het geweldige implikasies vir sowel die prediker as die lidmate van die gemeente (1 Tess. 2:13).

Vir die prediker beteken dit dat, voordat Hy die Woord van die Here kan verkondig, hy dit eers behoorlik moet ondersoek en bestudeer. Hy moet eers goed luister wat die Here aan hom sê voordat hy iets aan die gemeente kan sê. Daarom is Skrifstudie en nogeens Skrifstudie, tesame met die gebed om die verligting en leiding van die Heilige Gees, vir hom ’n permanente vereiste. So alleen kan hy immers die Woord hoor wat die Here deur hom aan die gemeente wil sê. As hy dit nie doen nie, sal hy nie in staat wees om die ware Woord van die Here aan die gemeente te bring nie, met die gevolg dat die gemeente geestelik kan honger ly. Hy sal dan medeverantwoordelik daarvoor wees dat die deel van God se volk wat aan sy sorg toevertrou is, verdwaal weens gebrek aan kennis.

Daarom waarsku die Here so ernstig teen die valse profete wat uit hulle eie harte gedagtes laat opborrel en dit dan verkondig onder die dekmantel dat dit die Woord van God is (Deut. 13:1-3; Matt. 7:15).

Die bedienaar van die Woord moet aan die gemeente sê wat God sê. Al maak dit wat die Here deur hom sê die hoorders baie seer, moet hy nie huiwer nie, want dit is God wat deur hom praat.

Die feit dat dit die Woord van God is wat in die suiwer prediking van die evangelie gesagvol verkondig word, plaas egter ook ’n groot verantwoordelik-heid op die gemeente. Eerstens moet hulle kerk toe kom om na die Woord van die Here te luister. Verder eis dit ook van die hoorders om met eerbied en konsentrasie te luister, want in die preek praat die ewige God met hulle. Hulle moet luister met oop ore en oop harte sodat hulle dit wat die Here aan hulle sê, kan inneem en in hulle daaglikse lewe gaan doen.

Hierdie dinge moet opnuut beklemtoon word, want daar is lidmate wat na die preek luister met die oor van die taalkundige of die woordkunstenaar of iets dergeliks. Hulle luister egter nie altyd na die preek as ’n gesagvolle verklaring wat van God kom nie. Hulle luister nie so dat dit wat hulle hoor

Page 370: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

370

hulle tot bekering bring en die koninkryk van die hemel vir hulle daardeur oopgesluit word nie.

Hieruit is dit duidelik wat dit beteken dat die prediking die bediening van die Woord van God is. Dit beteken dat die prediking gesag, goddelike gesag het, en die handelswyse van die prediker en die hoorders moet daardeur bepaal word.

Page 371: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

371

Maandag 16 Oktober Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 2:1-5; Openbaring 3:7-13 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 2:2; HK Sondag 31, Antwoord 84

Die verkondiging van redding

Die inhoud van die bediening van die Woord waaroor dit hier gaan, kan kort en kragtig aangedui word as Jesus Christus as Redder en Verlosser, of soos Paulus dit stel: Jesus Christus en Hom as die gekruisigde. Daarom sê ons belydenis ook dat aan al die gelowiges verkondig en openlik betuig moet word “dat al hulle sondes hulle waarlik ter wille van die verdienste van Christus vergewe is”.

Die geloof in Christus as Redder en Verlosser is die enigste sleutel wat die koninkryk van die hemel vir die gelowige oopsluit en niks anders nie. Geen goeie werke, geen humanistiese liefdesdiens, geen groot opofferings sonder meer kan die plek van Christus inneem nie.

Hieruit is dit duidelik dat Christus, die gekruisigde, self die sentrum van die evangelieverkondiging moet wees. Steeds moet op Hom gewys word as die enigste deur Wie ons die koninkryk van die hemel kan binnegaan. Van nature, vanweë ons sonde, staan ons immers almal buite die koninkryk van die hemel. Daarom moet Hy in die prediking altyd aan ons voorgehou word as die enigste weg tot die ewige lewe.

Christus self toon dit aan as Hy sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh. 14:6). Johannes (1:12) sê van Hom: “Aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Daarom moet aan almal wat Jesus Christus van harte deur die geloof as Saligmaker aan-geneem het, in die Naam van Christus self verkondig word dat al hulle sondes vergewe is, dat die koninkryk van die hemel vir hulle oopgesluit is en wyd oop bly. Hulle moet nie daaraan twyfel nie, maar kan volkome seker wees daarvan.

Aan die ware gelowiges mag en moet verkondig word dat geen sonde of swakheid wat nog teen hulle wil in hulle oorgebly het, kan verhinder dat God hulle in genade aanneem en die poort van die koninkryk vir hulle oopsluit met die sleutel van die bloed van Christus nie.

Christus sê self ook aan hulle, soos aan die gelowiges in Filadelfia: “So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit

Page 372: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

372

dit weer oop nie: … Kyk, Ek het ’n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie” (Op. 3:7, 8).

Wat ’n genade is dit nie om sulke aangename dinge te kan verkondig nie! Hoe ’n heerlike voorreg is dit nie om die sleutel van die prediking en dié van die evangelie te mag hanteer nie!

Page 373: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

373

Dinsdag 17 Oktober Skrifgedeelte: Johannes 3:27-36 Fokusgedeelte: Johannes 3:36; HK Sondag 31, Antwoord 84

Die verkondiging van redding en oordeel

In gister se dagstukkie is aangedui dat dit ’n heerlike voorreg is om die pre-diking van die evangelie as sleutel van die koninkryk van die hemel te mag hanteer. Die saak het egter ook ’n ander kant, en dit is dat dit ook ’n uiters gewigtige taak is om die sleutel te hanteer, want die sleutel sluit nie net oop nie, maar ook toe. Daarop wys ons belydenis ook, want dit sê dat die hantering van die sleutel ook beteken dat “aan al die ongelowiges en huigelaars ver-kondig (moet word) dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus solank as hulle hul nie bekeer nie”.

Dit is hartverskeurend om aan mense wat God verwerp en Christus verloën te verkondig dat hulle die ewige oordeel tegemoetgaan as hulle hul nie bekeer nie. En tog moet dit gesê word. Wie dit nie doen nie, versaak sy roeping. Dit is trouens slegs ’n halwe bediening van die Woord as net die verkwikkende dou van God se reddende genade van die kansel afdaal en daar nie gewys word op die weerligstrale van God se oordeel nie.

Die volle bediening van die Woord is die verkondiging van redding en van oordeel. Enersyds moet die boodskap gehoor word: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh. 3:16). Andersyds is die prediking die skrikwekkende aankondiging dat elkeen wat die Seun ongehoor-saam is, die lewe nie sal sien nie, maar in die buitenste duisternis uitgewerp sal word.

Dat daar in elke preek gewys moet word op sowel die redding as die oor-deel van God, blyk ook duidelik uit Johannes 3:36. Die redding word verkondig met die woorde: “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe.” Die oordeel oor die ongehoorsames word veral in die laaste woorde verkondig: “… die toorn van God bly op hom.” Daar word nie gesê die toorn van God kom op hom nie, maar die toorn van God bly op hom.

Daaruit is dit duidelik dat die toorn van God eintlik op alle mense rus – op almal sonder onderskeid. Wie egter in Christus glo en Hom gehoorsaam, word vanweë sy soenverdienste vrygespreek van skuld en van die toorn van God verskoon. Dan word die koninkryk van die hemel vir jou oopgesluit. As jy

Page 374: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

374

egter nie in Hom glo en Hom gehoorsaam nie, bly God se toorn op jou en bly die koninkryk van die hemel vir jou toegesluit.

In die lig hiervan moet lidmate ná elke preek waarin die evangelie suiwer verkondig is, huis toe gaan óf met die versterkte en heerlike besef dat al hulle sondes om Christus ontwil vergewe is, óf met die vreeslike wete dat die toorn van God op hulle rus en hulle hul moet bekeer.

Page 375: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

375

Woensdag 18 Oktober Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 16:13-24 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 16:22; HK Sondag 31, Antwoord 85

Die wese van die kerklike tug

Daar heers by baie mense ’n groot onkunde oor die doel, funksionering en betekenis van die kerklike tug. Die gevolg is dat daar allerlei ongegronde bewerings gemaak word indien die kerk dit sou waag om die kerklike tug uit te oefen. Mense vergeet dat die handhawing van die kerklike tug een van die kenmerke van die ware kerk is.

Dikwels word die Christelike of kerklike tug voorgestel as ’n liefdelose optrede van hooghartige ampsdraers waardeur van sogenaamde moeilike of lastige lidmate ontslae geraak word. Wie so dink, weet duidelik nie waarom dit gaan in die kerklike tug nie. Dit gaan daarin immers juis om die liefde van God deur Christus vir die mens. ’n Mens kan dit so stel: In die kerklike tug het ons te doen met die mens se antwoord op God se liefdesaanbod van ewige redding en verlossing deur Jesus Christus. Daarom word die wese en inhoud van die kerklike tug in die woorde van Paulus saamgevat: “As iemand die Here nie liefhet nie, laat hom vervloek wees.”

Christus het deur sy borgtogtelike lyding en sterwe in liefde sy hande na ons, verloregaande sondaars, uitgesteek om ons te red. Nou verwag, ja, eis Hy van ons om in wederliefde daarop te antwoord deur sy reddingsdaad in geloof en liefde aan te neem.

As ons hierdie onbeskryflike groot liefde egter ignoreer of verwerp, dan is ons volgens Paulus vervloektes op wie die ewige oordeel van God wag. Aan-gesien die kerk die liggaam van Christus is waarin daar net plek is vir hulle wat Hom waarlik liefhet, moet dié wat Hom nie liefhet nie en op wie God se vervloeking rus, ook uit die kerk geweer word. Dit word gedoen deur die kerklike tug of sensuur.

Dan tree die volgende bevel van Paulus in werking: “Verwyder tog die slegte mens onder julle uit” (1 Kor. 5:13). Hoe drasties daar teen so ’n persoon opgetree moet word, blyk uit 1 Korintiërs 5:11 waarvolgens Paulus sê: “Nou skryf ek aan julle om nie te meng met iemand wat ’n gelowige genoem word, maar ’n onsedelike of ’n gierigaard is, of ’n afgodedienaar of kwaadprater of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle nie eers saam eet nie”

Page 376: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

376

(2014-vertaling). Die kerklike tug word dus toegepas op mense wat die Here nie liefhet nie (1 Kor. 6:22).

Die vraag is egter: Hoe weet ons dit? Die antwoord is dat dit in ’n mens se daaglikse lewe geopenbaar word. Christus sê self: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam” (Joh. 14:15, 2014-vertaling). En Johannes sê: “Die liefde van God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam” (1 Joh. 5:3).

So kan uit ons optrede gesien word of ons die Here liefhet of nie. Daar-volgens kan die tug as sleutel van die koninkryk van die hemel gehanteer word.

Page 377: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

377

Donderdag 19 Oktober Skrifgedeelte: Matteus 18:15-17; Hebreërs 10:23-25 Fokusgedeelte: Matteus 18:15; HK Sondag 31, Vraag 85

Die onderlinge tug

Voordat die kerklike tug deur ’n kerkraad toegepas kan word, moet die selftug en onderlinge tug eers in werking gestel word. Selftug beteken dat ’n persoon self moet toon dat hy berou het oor sy sonde en met alle mag daarteen stry (1 Kor. 11:28). Wat die onderlinge tug betref, moet daar volgens die bevel van Christus in Matteus 18:15-17 soos volg opgetree word: As jou medege-lowige sondig, bestraf hom onder vier oë. As hy daarna met die sonde voort-gaan, bestraf hom weer, maar in die teenwoordigheid van een of twee getuies. As hy dan nog nie luister nie, sê dit aan die kerkraad sodat hulle met die kerklike tug kan voortgaan.

Hieruit is dit duidelik dat die onderlinge tug eers toegepas moet word voor-dat tug deur die kerkraad oorweeg word. Dit is beslis ’n saak waaraan drin-gend aandag gegee moet word. Van hierdie onderlinge tug behoort daar veel meer tereg te gekom. Dit is trouens ook die weg van die Christelike liefde. Daarom mag ons nie die liefdelose houding van Kain aanneem wat gesê het dat hy nie sy broer se oppasser is nie (Gen. 4:9).

In die brief aan die Hebreërs (10:24) word ook gesê: “Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” Dit is besonder treffend dat die woord wat met omsien vertaal is, eintlik beteken dat ons nou-keurig op mekaar moet ag gee bykans soos spioene. So noulettend moet ons na mekaar se leer en lewe omsien. Ons moet dit nie doen om van mekaar te skinder nie, maar om mekaar tot liefde en goeie dade aan te spoor en om mekaar te help om nie van die gebooie van die Here af te wyk nie.

As ons dit nie doen nie, kan ons voor God skuldig staan aan geestelike moord. Die Here het immers aan Esegiël gesê: “En wanneer iemand wat tot dusver reg gelewe het, die regte lewe laat vaar en onreg doen, en Ek bring hom tot ’n val, sal hy sterwe. Omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterf, en sal die goeie dinge wat hy gedoen het, nie onthou word nie, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood” (1953-vertaling: “… sy bloed sal Ek van jou hand eis”) (Eseg. 3:20). Dit is onderlinge tug.

As die onderlinge tug ook nie help om ’n persoon van sy sonde te laat afsien nie, moet voortgegaan word met die kerklike tug. Die kerklike tug word

Page 378: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

378

egter nie toegepas om mense wat sonde gedoen het en daarna berou gekry het en hulle bekeer nie (Ps. 51:19; Joh. 8:11), maar op hulle wat in hulle sondes volhard en “nie van hulle dwalinge of skandelike lewe wil afsien nie” (HK).

Page 379: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

379

Vrydag 20 Oktober Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 5:1-13 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 5:13; HK Sondag 31, Antwoord 85

Die doel en betekenis van die tug

Die kerklike tug of sensuur word toegepas op diegene wat nie van hulle sondes wil afsien nie, maar daarin volhard. Die hardnekkige sondaar wat nie na al die vermanings wil luister nie, maar aanhou om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here, is ’n voorwerp van die kerklike tug; ook hy wat skaam-teloos voortgaan om Christus se gebooie te minag en só toon dat hy Hom nie liefhet nie. Van elke sodanige persoon sê Paulus dat hy vervloek is (1 Kor. 16:22). Dit beteken dat so ’n persoon beskou moet word as een op wie die vloek en oordeel van God rus. Hierdie oordeel van God word onder andere in die kerklike tug geopenbaar.

Die doel van die kerklike tug is om die gemeente heilig te hou. Daarom sê Paulus: “Verwyder die slegte mens onder julle uit.” Almal wat weier om hulle van hulle sondes te bekeer, moet uit die gemeente verwyder word sodat hulle nie ander gemeentelede ook tot sonde verlei nie (vgl. 1 Kor. 5:7). Trouens, as daar nie teen so ’n persoon opgetree word nie, kan die ander lidmate die in-druk kry dat daar niks verkeerd is met die handelswyse van die sondaar nie, sodat hulle verlei word om dieselfde te doen. Daarom moet daar met die kerklike tug teen so ’n persoon opgetree word.

Die kerklike tug het egter nie net ’n negatiewe doel om mense wat in hulle sondes volhard, uit die kerk en uit die koninkryk van God uit te sluit nie. Dit het ook ’n positiewe doel, naamlik die redding van die sondaar. Deur die tug moet die persoon tot insig gebring word om sy sonde te kan verstaan. Dit dien om mense in liefde daartoe te bring om van hulle sondes af te sien, vergewing daarvoor by Christus te soek, sodat die vloek van God nie op hulle rus en sy oordeel hulle deel word nie. So is die tug ’n liefdesmaatreël tot behoud van die sondaar.

Die betekenis van die tug is volgens die Kategismus dat die betrokke per-soon uit die Christelike gemeente en deur God self uit sy koninkryk uitgesluit word. Om uit die koninkryk van God uitgesluit te word, beteken om vir die ewige straf bestem te word.

Ons moet nie vra waar die kerk daaraan kom om oor sulke ingrypende sake te besluit nie. Jesus Christus self het dié mag aan die kerk toevertrou toe Hy

Page 380: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

380

aan Petrus en deur hom aan die dissipels en sy kerk gesê het: “Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly” (Matt. 16:19; vgl. Joh. 20:23). Daarom kan die persoon wat uit die kerk uitgesluit is, weer in die kerk opgeneem word as hy hom opreg bekeer.

Page 381: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

381

Saterdag 21 Oktober Skrifgedeelte: Matteus 16:18-19; 18:15-20 Fokusgedeelte: Matteus 18:25-20; HK Vraag en Antwoord 85 Die tug is ’n sleutel wat God vir ons gegee het om sy Koninkryk vir ander

oop of toe te sluit

Wanneer jy sien dat iemand op die verkeerde pad is, kan jy dit nie net so los nie. Uit liefde moet jy met daardie persoon gaan praat. As daardie persoon na jou luister, het jou gesprek met daardie persoon die koninkryk van die hemel vir hom of haar oopgesluit. Dan het die Heilige Gees jou gebruik om daardie persoon te oortuig van sonde en hom of haar tot bekering te lei.

Jy moet altyd onthou dat dit slegs die Heilige Gees is wat iemand van sonde kan oortuig. Dit is slegs die Heilige Gees wat iemand tot geloof en bekering kan lei. Dit is slegs die Heilige Gees wat iemand sover kan kry om God se groot liefde vir sondaars in Christus te omhels. Jóú werk is slegs om die saad te saai. Die oortuigingswerk kan jy in die hande van die Heilige Gees los.

As die persoon nie na jou luister nie, moet die pad wat in Matteus 18:15-20 voorgeskrywe word, in liefde en met lankmoedigheid gevolg word. As iemand, nadat daar baie kere met hom of haar gepraat is, uiteindelik van die gemeente afgesny word, het die Christelike tug die koninkryk van die hemel vir hom of haar toegesluit. Indien die persoon egter op enige stadium in hier-die proses tot inkeer kom, het die Christelike tug die koninkryk van die hemel vir hom of haar oopgesluit. Sing: Skrifberyming 15-7:1, 6

Ds. JL (Jannie) van der Schyff (Welkom-Noord)

Page 382: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

382

Sondag 22 Oktober Skrifgedeelte: Spreuke 1:1-7 Fokusgedeelte: Spreuke 1:3a (1933/53-vertaling)

Tug maak verstandig

Tug behels dat jy tereggewys word, dat jy reggehelp word. Mense hou egter nie hiervan nie. Mense hou nie daarvan om gesê te word nie. So dikwels hoor ons die woorde: “Ek gaan my deur niemand laat voorskryf nie.”

Die ironie is dat dit goed is vir ons om reggehelp te word. Hoe anders sal ons leer en groei? Ons leer mos uit ons foute. Wie nie bereid is om soms gesê te word nie, mis hierdie voordele van tug. Wysheid word nie verkry sonder tug nie. Om God se groot liefde vir sondaars in Christus te ontdek en te ontvang, is dit soms nodig dat jy gesê word. Jy moet immers eers jou sonde ontdek om werklik te besef watter groot genade God aan jou gegee het.

Die een ding wat in ons pad staan om reggehelp te word, is ons eie ek. Jou eie ek is egter saam met Christus doodgemaak en begrawe. Jy is bevry van jouself. Jy is vry van die angstigheid dat dit afbreek aan jouself sal doen as ander jou teregwys. Die Heilige Gees lei jou om dit te ontdek. Hy beheer jou lewe en lei jou om reggehelp te word.

Tug behels nie net om deur ander tereggewys te word nie. Dit behels ook selftug. Voor jy nagmaal kan gebruik, moet jy eers selftug toepas. Slegs hy wat hom deur die Heilige Gees laat lei om selftug toe te pas, is gereed vir nag-maalgebruik. Sing: Psalm 25-1:2

Ds. JL (Jannie) van der Schyff (Welkom-Noord)

Page 383: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

383

Maandag 23 Oktober Skrifgedeelte: Spreuke 4:1-13 Fokusgedeelte: Spreuke 4:13 (1933/53-vertaling)

Tug is jou lewe

Tug en die opvoeding wat ouers aan hulle kinders gee, loop hand aan hand. Dit leer vir ons wat reg en verkeerd is. Dit gee vir ons ’n kompas om nie op die lewenspad te verdwaal nie. Dit wil ons beskerm teen die slegte gevolge wanneer ’n mens wel die pad byster raak. Ons word deur tug en opvoeding toegerus vir die lewe. Ons leer daardeur wat ware wysheid is, naamlik om God te dien. Dit leer ons om aan God gehoorsaam te wees.

Christelike tug en opvoeding leer jou om jou eie sonde te erken en te bely, en jou as gevolg daarvan voor God te verootmoedig. Dit verkondig aan jou dat jy God se belofte moet glo dat al jou sondes vergewe is, omdat Jesus Christus in jou plek daarvoor betaal het. Dit vra van jou om met jou hele lewe vir God dankie te sê hiervoor en daarom opreg voor Hom te lewe. So leer jy om jou lewe buite jouself in Christus te soek en in hierdie gesindheid nagmaal te gebruik.

Dit is belangrik dat jy vashou aan die tug en die opvoeding wat jy by jou ouers gekry het, want dit is goed vir jou. Dit is jou lewe! Die Heilige Gees stel jou in staat om hieraan vas te hou. Hy doen dit deur die Wet van die Here op die tafels van jou hart te skrywe. Sing: Psalm 119-1:1, 7

Ds. JL (Jannie) van der Schyff (Welkom-Noord)

Page 384: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

384

Dinsdag 24 Oktober Skrifgedeelte: Hebreërs 12:4-6; Openbaring 3:14-22 Fokusgedeelte: Hebreërs 12:5, 6; Openbaring 3:19

Tug as liefde

Ontrou aan God is ’n ernstige bedreiging. Verslapping en louheid in geloofsdissipline word deur Satan verwelkom. Hy trek jou steeds verder van God af weg. Twyfel in God se liefde en die waarheid van sy beloftes sorg ook dat jy tou opgooi en terugsak.

In jou worsteling met onreg en ongeregtigheid moet jy na Christus kyk. Hy het tot die einde toe volhard. In sy krag en sterkte moet jy ten bloede toe weerstand bied in jou stryd teen die sonde.

Lyding en beproewing is tugmiddels waarmee die Here jou teregwys. Hy bestraf en tug elkeen wat Hy liefhet. Jy moenie dit gering ag of opstandig wees as Hy jou tug nie. Moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie.

Sy tugtiging mag nooit die oorsaak van verslapping in liefde en gehoor-saamheid aan sy wil word nie. Hy verafsku louheid. Hy wil met eerbied ge-dien word. As jy ongevoelig en lou teenoor sy saak is, moet jy tot bekering kom. Wees ywerig in die liefdesvuur (Op. 3:19).

Christus straf en tugtig jou omdat Hy jou liefhet en wil red. In elke ouer-huis en in die kerk moet die tug en vermaning dieselfde liefde van Christus uitstraal. Tug is nie straf nie, maar ’n liefdeshandeling om reg te trek wat skeef gegroei het. ’n Ouer en die kerk openbaar nie Christus se liefde as tug nie toegepas word nie. Om onder verdrukking moedeloos of opstandig te word, is ’n veragting van die tugtiging van die Here. Dit is ’n voorreg, ’n bewys van sy liefde dat Hy jou tug.

Sing: Psalm 38:1, 3 (1936)

Ds. WP (Willem) van der Merwe (Queenstown/Dordrecht)

Page 385: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

385

Woensdag 25 Oktober Skrifgedeelte: Hebreërs 12:7-12 Fokusgedeelte: Hebreërs 12:7

Tug as opvoeding

In die wedloop van die geloof sak jy dikwels uit. Swaarkry en lyding laat jou soms aan God se liefde en die waarheid van sy beloftes twyfel. Vertwyfe-ling en kleingeloof wil jou soms laat tou opgooi (Matt. 14:31).

Jy sak uit omdat jy teen swaarkry en lyding vaskyk. Jy fokus nie op Jesus Christus nie. Wat is jou lyding in vergelyking met syne? Hy het nie terugge-deins nie, maar dit geduldig verdra.

Sommige mense (soos Job se vriende) sê dat aanvegtinge en erge beproe-winge bewyse is dat jy nie God se kind is nie. Alle mense word beproef. Van ’n gelowige word egter verwag om nie opstandig te wees nie, maar om ge-duldig te aanvaar en te verdra.

Deur sy Woord en Gees verbrysel God jou siel. Hy verander die gesindheid van jou hart (Ps. 51:10). Soos jou ouers jou in liefde getug het, is Hy besig om deur sy tugtiging jou dissipline te leer.

Wie tug as liefdeshandeling aanvaar, word daardeur geoefen. Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Soms is die tugtiging wat ons op daardie oomblik deurmaak, pynlik. Deur al die trane heen skenk Hy egter innerlike vrede en gemoedsrus. Dit bewerk lewensvolheid en geluk.

Tugtiging is sy opvoeding waardeur jy geleer, geoefen en gedissiplineer word (Deut. 8:5) om meer en meer dankbaar onder sy wil te buig. Op die-selfde wyse het selfs Christus, deur lyding heen, gehoorsaamheid geleer (Heb. 2:10, 18; 5:8).

Wie op Christus fokus, leef in vreugde met ’n lewende hoop op die ewige erfenis (1 Pet. 1:3-9). Sing: Psalm 89:12 (1936)

Ds. WP (Willem) van der Merwe (Queenstown/Dordrecht)

Page 386: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

386

Donderdag 26 Oktober Skrifgedeelte: Efesiërs 6:1-9 Fokusgedeelte: Efesiërs 6:4

Opvoeding deur tug en vermaning

’n Siek samelewing is die vrug van ’n gebrek aan dissipline. Studente-opstand, geweld, intimidasie, vandalisme en wetteloosheid is die simptome wat in basiese opvoeding aangespreek moet word.

Die basis van ’n gesonde samelewing begin in die ouerhuis. Deur tug en vermaning moet die “regte” waardes, lewensingesteldheid en lewenswyse gekweek word. Waar die “regte” opvoeding ontbreek, ontaard die jeug in rebelsheid. ’n Verkeerde daad wat nie dadelik gestraf word nie, gee daartoe aanleiding dat aangehou word om verkeerd te doen (Pred. 8:11). Eli se seuns het nie na sy vermanings geluister nie (1 Sam. 2:22-25). Dawid het verkeerd teenoor Absalom opgetree en die opstandige gevolge gedra (2 Sam. 14:13, 28).

Om ’n kind “soos die Here wil” groot te maak, is ’n groot verantwoordelik-heid. Tug en vermaning wat deur liefde bepaal en gereguleer word, kan alleen-lik reg toegepas word as jy Geesvervuld is (Ef. 5:18). Eie woede, humeurig-heid, buierigheid, inkonsekwentheid, onredelikheid en baasspelerigheid moet deur selfbeheersing beteuel word. Die rede vir tug en vermaning moet ook vir die kind duidelik wees. Straf moet by die oortreding pas en nie die kind ver-kleineer nie. Liefdevol, met begrip en geduld moet die persoonlikheid en individualiteit van ’n kind gerespekteer word.

Kinders moet ervaar dat ouers self, liefdevol, onder die gesag van Christus buig. Hulle word daardeur geleer om God Drie-enig te ken, lief te hê en te gehoorsaam. Kinders neem fyn waar. Hulle sien dissipline en beheer wat ouers oor hulleself uitoefen – “soos die Here wil”. Kinders sal daarom ook met die gebreke van ouers geduld hê. Sing: Psalm 103:5, 7 (1936)

Ds. WP (Willem) van der Merwe (Queenstown/Dordrecht)

Page 387: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

387

Vrydag 27 Oktober Skrifgedeelte: Psalm 119:105, 132-146 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Psalm 119:105

U Woord gee lewe

Psalm 119 is baie keer net aan ons bekend as die langste hoofstuk in die Bybel. Die ryke inhoud daarvan gee riglyne vir ons daaglikse lewe. Alhoewel daar nie sekerheid oor die skrywer is nie, word dit tog duidelik dat die digter worsteling beleef het met ellende, sonde, sameswerings en aanvegtings. Telkens bely hy dat daar net een oplossing is – die Woord van die Here.

Volgens oorlewering het Dawid hierdie Psalm gebruik om vir Salomo die alfabet te leer skryf maar dat dit inderdaad soos ’n geestelike alfabet vir die lewe is. Feitlik elke vers beklemtoon die waarde van God se Woord om lewe te gee, lig te verskaf, rigting te gee en geregtigheid te laat geskied. Dit word veral duidelik in vers 132-146 waar die digter sy intense worstelstryd beskryf. Fisies is hy gebreek en platgeslaan. Daarom smag hy met sy hele wese na God se gebooie. Ontsteltenis verteer hom. Angs en benoudheid oorval hom. Hy roep na die Here om sy gebede te verhoor. Geestelik verlang hy daarna dat sy lewensomstandighede moet verander. Dit kan alleen plaasvind wanneer daar ’n verandering plaasvind. Dit is die Woord van God wat lewe gee. Teenoor sy doodsbestaan wat gekenmerk word deur die belewenis van duisternis en donker, is daar ’n oplossing. Die begrip van lig en lewe word meermale in die Bybel gebruik om hoop en rigting te gee. In Psalm 119 word hierdie sekerheid ná elke worstelstryd beklemtoon. Dit is veel meer as net ’n geestelike bevryding. Die lig op die digter se pad word ook letterlik verstaan. Die woord wat gebruik word, dui hier op ’n lamp wat gebruik is om die pad te verlig. Dit is gewoonlik in die hand gedra om die onmiddelike omgewing waar jy geloop het, te verlig. Elke reisiger sou dan ’n eie lamp saamgeneem het. Ander reisigers kon ook die lampe raaksien, en so was daar dan lig vir almal op die pad. As jou lewe vandag stukkend is en jy platgeslaan is deur sonde, aanveg-tings en met lewensvraagstukke worstel, is die Woord van God die beste plek om lig en lewe te kry! Die Woord het vlees geword en Christus self nooi almal wat vermoeid en belas is, om na Hom te kom. Hy sal rus gee. Sing: Psalm 119:39 (1936)

Ds. PJ (Petrus) van Blerk (Rietvallei)

Page 388: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

388

Saterdag 28 Oktober Skrifgedeelte: Romeine 2:12-16 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Romeine 2:12, 16

Christus kom oordeel

Met hierdie brief aan die gelowiges in Rome bring Paulus die evangelie van Christus. Dit is die blye boodskap dat God deur Christus red!

Hierdie brief het egter ook ’n teenpool. Oor dié wat sondig, sal geoordeel word. Met heelwat regsterme verduidelik Paulus God se optrede. Hy gebruik terminologie wat in die howe bekend was om by hulle redenasies en siens-wyses aan te sluit. Dit is die mens se geaardheid om selfverontskuldiging of –regverdiging te soek. Ons veroordeel baie maklik iemand anders. Net so hou ek nie daarvan om beoordeel te word nie. Daar word harde woorde in Romeine 2:3 as waarskuwing vir sulke optrede gebruik. Eintlik sê Paulus in vers 16 dat die oordeel van God deur Christus kom. Om dit te verstaan, gebruik hy die voorbeeld van mense wat sonder die wet van Moses gesondig het , teenoor hulle wat onder die wet gesondig het. Daarmee sluit hy elke mens in – die Jode sowel as die nie-Jode. Daar was Jode wat sedert hulle geboorte met God se wet grootgeword het en dan was daar bekeerlinge van die evangelie.

Wanneer Christus dan oordeel, word een groep nie bo ’n ander bevoordeel of benadeel nie. Elkeen ontvang dieselfde genade. God trek niemand voor nie. God is regverdig en vra rekenskap van dit wat jy ontvang het. Jy kan nie op grond van verdienste aanspraak maak op ’n ander beoordeling nie. Niemand het enige verontskuldiging nie.

Daarom word ons opgewek om behoorlike selfondersoek te doen. Dan besef ek dat ek net op Christus se verlossing kan vertrou en self niks het om aan te bied nie. Sing: Skrifberyming 5-4:1, 3, 6

Ds. PJ (Petrus) van Blerk (Rietvallei)

Page 389: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

389

Sondag 29 Oktober Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 2:10-16 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: 1 Tessalonisense 2:13; HK Sondag 31, Vraag 84

Die uitwerking van die Woord van God

Paulus is dankbaar dat die Woordverkondiging in Tessalonika vrugte gele-wer het. Hierdie verkondiging het gepaardgegaan met hulle lewenswandel wat in ooreenstemmig met die Woord was. Dit is nie ’n aanspraak op hulle voor-treflikhede nie, maar die gevolg van hulle gehoorsaamheid aan God sodat hulle suiwer, reg en onberispelik geleef het. So het die Woord eerstens op hulle ’n uitwerking gehad.

Die uitwerking raak egter ook die gemeente. Paulus druk dit op hulle harte om tot eer van die Here te lewe. Hulle is geroep om in God se koninkryk in te gaan en in sy heerlikheid te leef. Hierdie verhouding word met die beeld van ’n pa wat sy kinders versorg, in verband gebring. Dit is ’n intieme verhouding waar die pa die beste belange van sy kinders soek. So moet die gemeente steeds voortgaan om die boodskap wat hulle ontvang, te toets aan die Woord van God. Hierdie boodskap moet in hulle optrede sigbaar wees. Verder sal die verkondiging van die boodskap daartoe lei dat diegene wat sondig, deur God se oordeel getref sal word. Dit is dan dieselfde Woordverkondiging wat tot gevolg het dat sekere mense aan God gehoorsaam is en ander die maat van hulle sondes volmaak en deur God se oordeel getref word.

Elkeen het ook die verantwoordelikheid om die boodskap wat ontvang word, aan God se Woord te toets. Die toepassing van tug is dan ’n liefdevolle handeling om te verseker dat elkeen se lewe volgens God se Woord ingerig is. Dit help nie net dat jy die boodskap van God se liefde vir jou Christus hoor nie. Jy moet jou lewe daarvolgens inrig.

Tug is die handeling waarmee die uitwerking van God se Woord jou lewe aanspreek. Sing: Skrifberyming 15-7:1, 4

Ds. PJ (Petrus) van Blerk (Rietvallei)

Page 390: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

390

Maandag 30 Oktober Skrifgedeelte: Titus 3:1-11 Fokusgedeelte: Titus 3:8, 10-11

In liefde vermaan waarop nie ag slaan, laat selfveroordeeld staan

Titus 3 is tot vers 7 deurvleg met die liefde van God. Hierop volg in vers 10 om “niks met iemand te doen hê nie” wat op die verkeerde pad volhard. Is dit nie liefdeloos nie? Anders gevra: Is die kerklike tug, wat op afsnyding van die gemeente kan uitloop, dan nie liefdeloos nie? Dit is van belang om verse 1-7 in berekening te neem wat in vers 8 hierin saamgevat word: “Dit is ’n betroubare woord.” Hierin word die evangelie, deurvleg met die liefde van God in Christus en deur die Gees, opgesom. Die evangelie het ook op gelowiges se leefwyse betrekking as vrug van die lewensvernuwing deur die genade van God (3:1, 2, 8).

Hierteenoor staan die bedreiging van dwaalleer. As iemand onder die invloed van dwaalleer kom en van die evangelie (opgesom in “’n betroubare woord”) afdwaal, en daardeur partyskap of skeuring in die gemeente veroor-saak, dien die tug daartoe om af te sien van die kwaad en waardig die evan-gelie te handel en te wandel. Allermins is die voorgeskrewe tughandeling vol-gens Gods Woord liefdeloos. Dit is reeds duidelik in “’n eerste en ’n tweede vermaning” as ’n poging in liefde om die sondaar tot bekering te bring (met die aanwysing van die Here Jesus in Matt. 18:15-17 in gedagte).

Indien volhardende afdwaling en volharding in sonde oplaas afsnyding van die gemeente tot gevolg het, is dit ook nie liefdeloos nie. Trouens, as die kerk tugloos is, word liefdeloos gehandel. Die doel van kerklike tug, gedring deur die liefde tot eer van God, die heil van die gemeente en die behoud van die sondaar, is bekering.

Wie hierteenoor in sonde volhard, haal willens en wetens die oordeel oor homself. Anders gestel: In liefde vermaan waarop nie ag slaan, laat selfveroor-deeld staan.

Sing: Psalm 19:6 (1936)

Ds. EJ (Eddie) Tiemensma (Kempton Park)

Page 391: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

391

Dinsdag 31 Oktober Skrifgedeelte: 1 Petrus 4:1-6 Fokusgedeelte: 1 Petrus 4:5

“Hoog bo die onreg wat hier woel, staan God se heil’ge regterstoel”

Die opskrif is ’n aanhanling uit die 1936-beryming van Psalm 68 (vs 3). In die tyd van Psalm 68 was die onreg van onderdrukking aan die orde van die dag.

In ons tyd is onreg op alle terreine van die samelewing aan die “woel”, wat ten hemele skreeu. So ook was onreg aan die “woel” in die tyd van die eerste Petrusbrief waar gelowiges onder verontregting gely het. In 1 Petrus 4:1-6 staan verontregting in verband met allerlei gemene maniere waarop die lewe vir gelowiges, waarvan die meerderheid bekeerlinge uit heidendom was, moeilik gemaak is. Gelowiges se ou vriende, nog vasgevang in die greep van die heidendom, het dit vreemd gevind waar weggebreek is van die “stroom van losbandigheid” om volgens die wil van God te leef. Gelowiges is deur vriende van vroeër beswadder, beledig en lasterlike dinge toegedig. Hiermee is gelowiges voor ’n sware toets gestel: om nie vergeldend te handel nie.

Hiervoor word ons ook gestel as ons met die lyding van verontregting te doen sou kry: om nie die reg in eie hande te neem deur kwaad met kwaad te vergeld nie, maar om die oordeel aan God oor te laat. Die oordeelsdag kom gewis waar almal – lewendes en dooies – voor God verantwoording moet doen.

Vir gelowiges is daar vertroosting. Calvyn, gedagtig aan die Hervorming in die 16de eeu waaraan die 31ste Oktober herinner, het die vertroosting op grond van die Woord hierin verwoord: “Dit is vir ons ’n groot troos om te weet dat Christus die Regter sal wees. Hy sal nie op die regterstoel klim tot óns veroordeeling nie” (Institusie II, hfst. 16:18). Op sy “heil’ge regterstoel”, sal Hy regverdig oordeel oor die “onreg wat hier woel”. Sing: Psalm 9:5, 12 (1936)

Ds. EJ (Eddie) Tiemensma (Kempton Park)

Page 392: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

392

Page 393: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

393

Woensdag 1 November Skrifgedeelte: 2 Petrus 2:1-10 Fokusgedeelte: 2 Petrus 2:9

“Ver van God op ’n afgrond aan” en “saal’ge lot naby God”

Aan die een kant: “Wie ver van U sy weg wil gaan, stap op ’n donker af-grond aan”, en aan die ander kant: “Maar dis my goed, my saal’ge lot, as ek naby is by my God” (Ps. 73:12, 1936-beryming). Enersyds die “donker af-grond” van God se straf vir die “kwaadpraters van die Weg van die waarheid” (2 Pet. 2:2), en andersyds God se redding vir die “godsaliges” (2 Pet. 2:9).

Oor hierdie tweeledige waarheid is 2 Petrus 2:1-10 duidelik: straf en red-ding op die oordeelsdag. Drie voorbeelde word in verse 4-6 genoem ter stawing daarvan dat vals leraars, wat dwaalleer insmokkel om gelowiges tot sedeloosheid te verlei, hulleself in die verderf stort. Die engele wat gesondig het (Op. 20:1-3), die goddelose mense in die tyd van Noag (Gen. 6:13-20) en die stede Sodom en Gomorra (Gen. 19:24, 25) is die oordeel nie gespaar nie.

Hierdie voorbeelde is hierop van toepassing: “Die Here weet om die god-deloses … vir die oordeelsdag gevange te hou” (2:9). Hulle sal hulle straf nie kan ontvlug nie. Hierteenoor is Noag, met sewe ander, gered (2:5). Ook Lot, vir wie die sedelose lewe in Sodom en Gomorra ’n foltering was, is die oor-deel gespaar.

Ter wille van Jesus Christus, deur God nie gespaar nie maar oorgelewer om almal te red wat aan Hom behoort, kan niemand die uitverkorenes veroordeel nie: “Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel?” (Rom. 8:33, 34). Vir die kinders van God is die goddeloosheid en wetteloosheid wat ons sien en hoor ’n pyn in die hart. Gelowiges leef egter uit pas met “die wat die gesag van die Here verag” (2:10). Want: “… dis my goed, my saal’ge lot, as ek naby is by my God.” Sing: Psalm 73:12 (1936)

Ds. EJ (Eddie) Tiemensma (Kempton Park)

Page 394: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

394

Donderdag 2 November Skrifgedeelte: Judas:1-25 Fokusgedeelte: Judas:20, 21

Bly in die liefde van God

Hoe sou jy dit hanteer indien goddelose mense met valse leerstellings in jou gemeente ontbloot sou word? Die maklikste sou seker wees om dit aan die kerkraad oor te laat om te besluit of dit werklik ’n valse leer is of nie. Judas roep gelowiges op om sekere positiewe dinge in hulle geloofslewe te doen. Wanneer jy dít doen, sal jy in staat wees om teen die valse leer van goddeloses in die kerk weerstand te bied. Hierdie positiewe dinge beskryf hy in verse 20-21: • Jy moet op jou kosbare geloof bou. • Jy moet deur die krag van die Heilige Gees bid. • Jy moet in die liefde van God bly. • Jy moet jou verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus vestig.

Hierdie vier sake sentreer rondom die derde punt, naamlik dat die gelowi-ges in die liefde van God moet bly. Is dit nie logies nie? Waarheen sal ’n kind eerste gaan vir veiligheid en beskerming wanneer hy bedreig word? Die kind wat liefde in sy huis ontvang, sal waarskynlik heel eerste na sy ouerhuis vlug. Die belangrikste manier om weerstand teen ’n valse leer te bied, is dus om jou in jou hemelse Vader se omgewing te bevind. Daar oorlaai Hy jou met sy liefde. Daar beskerm Hy jou teen valsheid en onsuiwerhede. Die ander drie sake sentreer rondom hierdie eerste vereiste. Ons kan sê dit is die dinge wat jou help om in die liefde van God te bly. As jy dus daagliks en voortdurend op jou kosbare geloof bou, help dit jou om in die liefde van God te bly. Wanneer jy voortdurend deur die krag van die Heilige Gees bid, hou dit jou binne die liefde van God. En dit is dan, wanneer jy binne die invloedsfeer van die Vader is, dat Hy met jou deur sy Woord en Gees praat. So hou Hy jou op die weder-koms van sy Seun gefokus. Moet dus nie skrik vir die valse leer nie. Beveg dit deur dit te herken aan die eienskappe wat Judas vir ons uitwys. Bly in die liefde van God deur getrou te bou op jou geloof, gereeld deur die krag van die Gees te bid en die oog voortdurend op ons Here Jesus Christus te hou. Sing: Psalm 31:15

Ds. JL (Louis) Aucamp (Kemptonpark-Mooifontein)

Page 395: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

395

Vrydag 3 November Skrif- en Fokusgedeelte: Openbaring 11

Is die toekoms van die kerk dan so donker?

Johannes sien dat die tempel gemeet word. Dit het nie betrekking op die tempel in Jerusalem nie, maar wel op die kerk ná die hemelvaart van Christus. In Matteus 24:10 het Jesus oor die groot afval gepraat. As die tempel nou gemeet word, moet die voorhof weggelaat word. Die kerk word ’n krimpende kerk, omdat die “voorhofchristene” finaal voor ’n keuse gestel word. Jy is vir Christus of teen Christus.

Vandag word God en sy Woord op baie terreine teruggedruk: in ons skole, ons parlement, ons ekonomie, ons politiek. Tog gaan die getuienis voort. Die twee getuies is soos twee olyfbome wat voortdurend tot die olie van die Gees toegang het. Die vyandskap word egter sterker sodat ook hierdie getuies stilgemaak word. Hoe graag wil mense die stem van die Skrifgetroue kerke stil maak! Die “bewoners van die aarde” (die ongelowiges) verheug hulle daaroor, maar God red ook die getroues!

Wanneer die sewende trompet blaas (Op. 11:15-19), breek die oordeel aan. Die vier en twintig ouderlinge, die kerk in die hemel, sing daaroor, maar die ongelowige nasies is woedend omdat die tyd van God se geduld verby is.

Sorg tog dat jy nie maar ’n meeloper is wat as “voorhofchristen” sonder oorgawe aan die Here wil lewe nie! Gaan voort met jou getuienis en moenie bang word nie! Jy is mos in God se diens! Sing: Psalm 31:1, 3

Dagstukkie Almanak 2003

Page 396: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

396

Saterdag 4 November Skrif- en Fokusgedeelte: Lukas 7:36 – 8:3

Hoe beleef jy jou sonde en verlossing?

Mense troos hulleself graag aan die gedagte dat hulle sogenaamde “klein sondaars” is, terwyl ander mense “groot sondaars” is. So was dit waarskynlik ook met Simon die Fariseër die geval. As geestelike leier het hy só gereeld in die tempel gekom en het hy die Wet só goed geken dat hy nouliks behoefte aan verlossing gehad het.

Daarom is dit onwaarskynlik dat Simon vir Jesus uit liefde en eerbetoon na sy huis genooi het, of omdat hy geestelik honger was of behoefte aan verlossing gehad het. Hy was gewoon nuuskierig. Daarom kom hy selfs die mees elementêre reëls van gasvryheid teenoor sy gaste nie na nie. Omdat die liefde ontbreek, doen hy geen moeite nie.

Teenoor Simon egter staan die naamlose sondares uit die onderdorp. Terwyl Simon, die vername, dus in sy eie oë bo sonde verhewe was, word daar van die vrou uit die staanspoor gesê dat sy by God diep in die skuld was en dat sy dringende behoefte aan verlossing gehad het. Maar juis dít, die wonder van verlossing en skuldvergifnis, het sy leer ken! Nog vóór sy Simon se huis binnegekom het, het sy in die geloof haar swaar skuldlas op Jesus se skouers gelê. Nou kom sy om dankie te sê en in die oortreffende trap al daar-die dinge te doen wat Simon in liefdeloosheid nagelaat het: sy was Jesus se voete met haar trane en droog dit af met haar loshangende hare; sy oorlaai sy voete met soene, en sy giet duur, eksklusiewe reukolie oor sy voete uit. In wese stort sy haarsélf in dankbare aanbidding oor haar Verlosser uit!

Omdat sy baie vergewe is, het sy baie gegee. Omdat Simon egter geen sondebesef gehad het nie en hy dus in sy eie oë ’n “klein sondaar” was, het hy karige liefde betoon.

Het jy ook soos die naamlose vrou van harte berou oor jou baie sondes? Weet dan dat Jesus Christus juis vir mense soos jy kom sterwe het. Bely jou sondes voor Hom. Ervaar die wonder van skuldvergifnis en gaan dan voort om met ’n heilige lewe vir Hom dankie te sê! Sing: Psalm 32:1, 5, 6

Ds. JJ (Koos) Cloete (Emeritus)

Page 397: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

397

Sondag 5 November Skrifgedeelte: Handelinge 2:1-13 Fokusgedeelte: Handelinge 2:3

Toegerus van bo

Jesus Christus het met sy hemelvaart sy koningstroon in die hemel bestyg. Sy dissipels het biddend in Jerusalem gewag op die vervulling van sy belofte. Dan, met die Joodse Pinksterfees (oesfees) breek sy koningskap kragtig, hoorbaar en sigbaar in hierdie sondewêreld deur. Die koninkryk van God is so onstuitbaar soos 'n geweldige stormwind, en word gedra deur die getuienis van vuurtonge wat uit die hemel aan die brand gesteek word.

Wat sou dit beteken? Jesus Christus se oorwinning word deur die werking van die Heilige Gees in sy dissipels se lewens uitgestort. Die dissipels word deur God in beslag geneem en met al die nodige gawes toegerus om nou sy gestuurdes (apostels) te kan wees. In die tale van die destydse bekende wêreld sou hulle die opdrag van Handelinge 1: 8 kon gehoorsaam. Toegerus van bo sal hulle nou, vanuit die krag van sy oorwinning en die toerusting van God se Gees, sy koningskap oor die hele aarde kan verkondig.

Die feit van Jesus Christus se hemelse koningskap word met Pinkster ’n aardse werklikheid. Sy liggaam word geestelik bekragtig vir die baie belang-rike taak om in hierdie “laaste dae” besig te wees met sy allerlaaste opdrag.

Is dit waarmee ons besig is? Hoekom is ons dan so kragteloos, magteloos en moedeloos? Hoekom kla ons dat sy opdrag heeltemal te groot en om-vangryk is? Hoekom wag asof iets nog van bo moet gebeur?

Die boodskap van Pinkster is duidelik: Sy liggaam is reeds toegerus van bo om nou diensbaar te wees hieronder. Sing: Skrifberyming 14

Prof. IW (Naas) Ferreira (Teologiese Skool)

Page 398: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

398

Maandag 6 November Skrif- en Fokusgedeelte: Psalm 103:1-22

Ek kan nie stilbly nie …!

Wanneer Dawid in Psalm 103 sy voornemens om die Here te loof, neerpen, dan gee hy ook die duidelike redes vir hierdie begeerte van sy hart. Die redes is voor die handliggend … die Here se liefde, genesing, ontferming, redding en vergifnis. Die goeie gawes van die Here wat hy in oorvloed kan geniet. Die jeugdige krag, die reg en geregtigheid van die Here. Sy genade en barm-hartigheid.

Ja, dit is asof Dawid nie genoeg woorde het om die goedheid en die liefde van God te beskryf nie. En daarom kan Dawid nie stilbly nie!

Dawid se getuienis is hier tipies van die gelowige mens wat God se hand in sy lewe ervaar en God se inspraak in sy lewe kan hoor. Die verkondiging van die Woord sluit nie net die poorte van die ewige lewe en God se ewige teenwoordigheid vir ons oop nie, maar maak ook die koninkryk van God ’n realiteit in hierdie lewe op aarde deur die kragtige werk van die Heilige Gees.

Diegene wat die evangelie van Jesus Christus hoor, kan nie anders as om daardeur verander te word nie. En wanneer die Heilige Gees die hart van die mens verander, word die lofsange van dankbaarheid ’n oproep tot alles en almal in die lewe!

Wanneer ek dan in Psalm 103 van Dawid se redes lees, en ek ervaar ook soveel daarvan in my eie lewe, kan ek nie stilbly nie! Mag Dawid se voorneme ook myne en joune wees! Sing: Psalm 103:1, 2, 3 (1936)

Ds. OJ (Ockie) Struwig (Frankfort)

Page 399: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

399

Dinsdag 7 November Skrifgedeelte: Matteus 13:10-17 Fokusgedeelte: Matteus 10:11

Here, ek sien en hoor U duidelik!

Nie alle mense ervaar God se hand in hulle lewe op so ’n besondere manier soos die gelowiges nie. So hartseer as wat dit mag klink, is die koninkryk van die hemele nie vir almal so ’n werklikheid nie en begryp nie almal waaroor die hemelse koninkryk werklik gaan nie. Wanneer ons Here Jesus gelykenisse gebruik om die koninkryk van die hemel te verkondig, is dit baie duidelik dat sommige sal kyk, maar niks sien nie, en ander sal hoor, maar niks verstaan nie.

Natuurlik was voldoende kennis en begrip van God en sy koninkryk binne die mens se vermoë, maar deur die sondeval is die ganse mensdom van hierdie gawes beroof! Die sondeval het die mens horende doof en siende blind gemaak. En die mens met sy sondige natuur druk ook spreekwoordelik sy ore en oë toe vir die wil van God. Die versoekinge in die wêreld maak dit ook nie makliker om tot ware kennis van God se koninkryk te kom nie.

Deur die genade van God word die geheime van die koninkryk van die hemel egter sedertdien stukkie vir stukkie geopenbaar aan God se uitverkore kinders wat deur die Heilige Gees vir hierdie kennis ontvanklik gemaak word. Daarom noem Jesus die ware gelowiges “bevoorreg”, om te kan sien en te kan hoor, want baie profete en (skyn)gelowiges (10:17), wou graag hoor en sien, maar hulle het nie die voorreg gehad nie. Die Heilige Gees verlig die verstand en die gees van die ware gelowige om te kan sien en te kan hoor as God die Vader, Seun en Gees Hom in sy volle wese openbaar – in die sterrehemel, oor die ganse aarde en in die lewe van God se kinders.

Gelukkig en geseënd is elkeen wat kan sê: Here, ek sien en hoor U duidelik ... in al die fasette van my lewe! Sing: Skrifberyming 8-1:1, 2

Ds. OJ (Ockie) Struwig (Frankfort)

Page 400: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

400

Woensdag 8 November Skrifgedeelte: Markus 4:10-12, 21-22 Fokusgedeelte: Markus 4:22

Almal moet dit sien en hoor en daaroor praat!

Jesus gebruik hier ’n baie kort gelykenis om die evangeliese opdrag aan elke gelowige te beklemtoon. Die eenvoudige waarheid dat ’n lamp se doel is om lig te maak en die donkerte te verdryf, word die doelgerigte inhoud van die gelowige se lewe. En wanneer God deur sy Woord en Gees die insig en kennis oor sy koninkryk aan die gelowige openbaar, dan gee dit nuwe betekenis en rigting aan elke gelowige se lewe.

Regdeur sy Woord is dit baie duidelik dat God juis (gewone) mense beson-dere insig en wysheid gee om die geheime van sy koninkryk te verstaan. Dan skakel Hy hulle ook in as medewerkers om sy koninkryk te verkondig. Hierdie roeping is egter nie bedoel vir enkele beskore uitverkorenes nie. Sy medewer-kers vind ons daarom oral oor die wêreld, want elke kerk en elke gemeente en elke gelowige het hierdie roeping om die lig van die evangelie te laat straal en die koninkryk van God te verkondig.

Jesus Christus se opofferende liefde aan die kruis is die enigste antwoord vir hierdie wêreld. Hy is die Mediator in elke moeilike verhouding, Hy is die Krag vir elke sieke, Hy is die Hulp vir elke swakke, Hy is die Troos vir elke treurende, Hy is die Anker van hoop, Hy is die Bron van die lewe. Hy is die lig vir die wêreld (Joh. 8:12)!

Hierdie boodskap van Jesus Christus moet skyn soos ’n helder lig in die duisternis van hierdie wêreld. Hierdie waarheid moet almal sien en hoor en daaroor praat! Ook ek en jy ...! Sing: Psalm 9:1, 7, 10 (1936)

Ds. OJ (Ockie) Struwig (Frankfort)

Page 401: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

401

Donderdag 9 November Skrifgedeelte: Matteus 7:24-27 Fokusgedeelte: Matteus 7:24

Gehoorsaamheid verwag alles van Jesus!

As Jesus sy bekende Bergrede in die Evangelie volgens Matteus afsluit, dan leer Hy ons dat daar net twee maniere is waarop ons op sy woorde kan reageer. Die eerste opsie beskryf Jesus as verstandig en die tweede opsie beskryf Hy as dwaas.

Die hele Bergrede moet ons hoor en verstaan in Jesus se eerste woorde: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is” (Matt. 5:3). Die eerste tree in die koninkryk van God in, is om met ’n verslae hart en met bedelaarshande by die kruis van Christus te staan.

Ek handel soos ’n verstandige man wanneer die Gees ’n hartsgesindheid in my vonk wat alles van Christus verwag. Ek besef dat as ek enigiets van waarde wil wees, moet God dit in Christus aan my skenk. ’n Christenskap wat die fel aanslae van die lewe kan oorleef, vra na ’n totale gehoorsaamheid aan Christus. Enige ander Fondament as “Christus alleen” gaan jou in die steek laat as die storms kom.

Ek handel soos ’n dwaas wanneer ek soos die kerkleiers van destyds, of Petrus in Galasiërs 1-2, dink dat my eie pogings, my eie nakoming van uiter-like “moets en moenies”, vir God by my in die skuld kan maak. So ’n Chris-tenskap word deur elke nuwe stroom of storm van dwaalleer heen en weer geslinger.

Let op dat beide die verstandige man en die dwaas suksesvol ’n huis gebou het. Die groot verskil was die Fondament. “N(n)iemand kan ’n ander fonda-ment lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus” alleen (1 Kor. 3:11). Sing: Skrifberyming 7-2:1, 2

Ds. HJ (Hendrik) Stoltz (Ontdekkers)

Page 402: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

402

Vrydag 10 November Skrifgedeelte: Markus 2:13-22 Fokusgedeelte: Markus 2:21-22

Jesus maak alles nuut!

Reeds in die Ou Testament het God deur die profeet Jeremia (31:31 ev.) bekend gemaak dat Hy ’n nuwe verbond met ons gaan sluit. Die ou verbond met al sy wetsvoorskrifte kon ons in elk geval nie nagekom het nie. Jesus se bediening was van die begin af daarop gerig om Jood en nie-Jood daarop te wys dat in Hom God se oomblik van nuwe begin aangebreek het. Jesus het nie gekom om die tekortkominge in die Ou-Testamentiese godsdiens te lap of beter te maak nie. Ook nie om dit net met iets beters te vul nie.

Die goeie nuus van die evangelie gaan juis daaroor dat God in Christus heeltemal nuut begin het. Jesus het aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan sodat Hy ons vry kan maak van die bande van die sonde en die wet. Die Gees oortuig ons harte van God se liefde vir ons in Christus. Hy laat die liefde van Christus in ons groei soos ’n vrug.

Enigiemand wat Christus plus ons gehoorsaamheid aan die wet verkondig, is soos iemand wat met ’n nuwe stuk lap ’n stokou kledingstuk wil lap. Of dit is soos iemand wat in ’n stokou wynsak nuwe wyn gooi. Iewers gaan iets mee-gee.

Jesus het gekom om die wet vir ons te vervul en ons vry te maak van alle mensgemaakte voorskrifte, reëls en rituele. Deur sy Gees skenk Hy aan ons die nuwe lewe. Nou reeds kan ons saam met Hom lewe en uitsien na die dag wanneer alles volmaak nuut gaan wees en waar ons volmaak by Hom en die Vader gaan wees. Sing: Psalm 33:2, 11

Ds. HJ (Hendrik) Stoltz (Ontdekkers)

Page 403: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

403

Saterdag 11 November Skrifgedeelte: Matteus 24:45-51 Fokusgedeelte: Matteus 24:50

Wees wakker, Jesus kom weer!

Die boodskap van Jesus in sy profetiese rede is baie duidelik: Daar kom ’n dag wanneer God oor elke mens gaan oordeel. Net God weet wanneer hierdie dag gaan aanbreek, daarom moet elkeen van ons voorbereid wees. Ons moet dié dag met ’n sekere hartsgesindheid inwag.

Die “getroue en verstandige slaaf” wat sy eienaar enige oomblik terug verwag, is die gelowige wat vir Christus op sy woord vat. Christus is die Here wat dood was en weer opgestaan het, maar wat ook aan die regterhand van God sit vanwaar Hy terug gaan kom. Waar die Gees hierdie waarheid in ’n hart vasmaak, ontstaan ’n sekere hartsgesindheid. Ek weet my Koning kom terug, daarom … • … is ek diensbaar in sy gemeente en is ek sonder ophou besig om die goeie

nuus oor Hom in woord en daad te verkondig; • … sien ek uit na die dag wanneer ek by Hom gaan wees en waar ek mede-

erfgenaam gaan wees van alles wat aan Hom behoort. Ongelukkig is daar so baie mense, selfs mense wat sê hulle is gelowiges,

wat soos ’n “slegte slaaf” lewe. In hulle handel en wandel skep hulle die indruk asof Jesus nooit weer terug gaan kom nie, of as hulle Hom terug verwag, lê dit nog ver in die toekoms. In hulle daaglikse lewe steur hulle hul nie aan God nie.

Die groot dag van die Here, wat gepaard sal gaan met die wederkoms van Christus, gaan elke ongelowige onkant vang en sal lei tot hulle veroordeling deur God. Sing: Skrifberyming 2-4:2, 3

Ds. HJ (Hendrik) Stoltz (Ontdekkers)

Page 404: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

404

Sondag 12 November Skrifgedeelte: Matteus 18:21-35 Fokusgedeelte: Matteus 18:32, 33 (1933/53-vertaling); HK Sondag 31:83, 84

Deel soos Christus barmhartigheid en vergifnis uit!

Aan die kruis het Koning Jesus (Matt. 27:37) sy koninkryks-onderdane los-gekoop en syne gemaak. Matteus 18 vorm deel van die sogenaamde ko-ninkryksgelykenisse waarin vir ons vertel word hóé die onderdane behoort te leef. God se Koninkryk word op ’n heel ander manier as ’n aardse geregeer. Trefwoorde is: liefde, genade, troos, beloftes, oordeel en geregtigheid.

Sondag 31 sluit by hierdie koninkryksgelykenisse aan. Die koninkryk van die hemele is soos ’n outydse kasteel. Die groot buitedeur sluit oop en toe om die volk binne en die vyand buite te hou. Daar is twee sleutels. Die eerste sleutel sluit vir die gelowige die Koninkryk oop deur die verkondiging van die evangelie. Die tweede sleutel is die Christelike tug wat deur die evangelie mense tot bekering roep. Vir die bekeerde sondaar word die Koninkryk ook oopgesluit. Vir die ongelowige en onbekeerde word hierdie twee sleutels egter gebruik om die koninkryk toe te sluit. Ter wille van die verdienste van Christus word vir die gelowige al hulle sondes waarlik vergewe “so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met ’n ware geloof aanneem”.

Matteus 18 se gelykenis staan in hierdie konteks van sondevergiffenis. Die gelykenis wil vir ons leer dat die onderdane, net soos Koning Jesus, ander mense volkome behoort te vergewe en grenslose barmhartigheid behoort te bewys. Petrus wou nog optree soos wat die Fariseërs geleer het – naamlik ’n oog vir ’n oog, en ’n tand vir ’n tand! Of, as jy tog barmhartigheid wil bewys, dan kan jy maar vergewe ... maar net tot sewemaal toe. Hierteenoor leer Jesus: In die koninkryk van die hemele is daar ’n onbeperkte vergifnis van alle sondes en ’n oneindige barmhartigheid – naamlik 70 maal sewemaal!

Ons bid gereeld die Onse Vader-gebed: “Vergeef ons ons skulde soos ons ons skuldenaars vergewe.” Jesus sê daarvan: “As julle die mense hulle oortre-dinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe ...” So nie ...?! (Matt. 6:14, 15).

In die koninkryk van die hemele word van die onderdane verwag om die vergifnis van die sonde en die verkryging van barmhartigheid en genade met ’n gelowige hart aan te neem. Maar óók om op dieselfde manier vergifnis en

Page 405: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

405

barmhartigheid aan die medemens te betoon. Die ontferming wat jy van Koning Jesus ontvang het, dring jou daartoe om self ook met ontferming teenoor andere op te tree. Indien ons God se belofte van vergifnis deur sy Gees met ’n ware geloof aanneem en met vergewensgesindheid teenoor ander optree, word die koninkryk van die hemele vir ons oopgesluit. Sing: Psalm 66:1, 7

Ds. AH (Arie) Stavast (Kroonstad)

Page 406: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

406

Maandag 13 November Skrifgedeelte: Matteus 21:28-32 Fokusgedeelte: Matteus 21:31-32 (1933/53-vertaling); HK Sondag 31:84, 85

Ja-sêer-niksdoener; nee-sêer-tógdoener; ja-sêer-jadoener?

Matt. 21:28-32 is ’n koninkryksgelykenis. Koning Jesus se onderdane behoort gehoorsaam sy opdragte in sy koninkryk te verrig. Oënskynlik is die verhaal van die gelykenis duidelik: die eerste seun weier botweg om te ge-hoorsaam. Daarop gaan die pa na die tweede seun, wat dadelik inwillig, maar nie gehoorsaam is nie. Die eerste seun kry egter berou, en word tóg gehoor-saam. Vir watter een van die seuns is die koninkryk oopgesluit – vir die nee-sêer-tógdoener, nie waar nie?

In die paragraaf vóór die gelykenis probeer die owerpriesters en ouderlinge vir Jesus ’n strikvraag te stel. Hulle bevraagteken Jesus se gesag. Eintlik wil hulle nie erken dat Jesus die Seun van God, die Gesalfde is wat al ons sondes kom betaal nie. Jesus vra ’n teenvraag: “Die doop van Johannes, waar kom dit vandaan ...?” Dis die doop met belydenis van sondes. Johannes het ook gesê: “Dra dan vrugte wat by die bekering pas” (Matt. 3:6, 8). Hierdie sogenaamde kerkmense (owerpriesters) het vir die Woord van die Here “Ja!” gesê, maar vir die vrugte dra wat by die bekering pas “Nee!” gesê. Hulle aanvaar die Woord dat die Christus sou kom, maar wanneer Hy gekom het, wil hulle nie sy gesag aanvaar nie. Matteus. 21:32(a) sê: “Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, (maar) julle het hom nie geglo nie ...” Hulle dra die naam “gelowige”, maar gedra hulle “ongelowig” (HK 31:85). Hulle is ja-sêer-niksdoeners!

Sondag 31 praat ook van hierdie twee soorte kerkmense – die nee-sêer-tógdoeners en die ja-sêer-niksdoeners. Die Koninkryk word deur die verkon-diging van die evangelie dat ons sondes ter wille van die verdienste van Chris-tus vergewe is, oopgesluit “so dikwels as wat hulle dié belofte met ’n ware geloof aanneem” (HK 31:84). Die tweede sleutel is die Christelike tug wat deur die evangelie mense tot bekering roep. Vir die bekeerde sondaar word die Koninkryk ook oopgesluit “wanneer hulle werklike verbetering beloof en bewys” (HK 31:85). Die gelykenis sluit hierby aan: “Jesus sê vir (die ower-priesters): Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God. Want Johannes het na julle gekom in die weg van

Page 407: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

407

geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie” (Matt. 21:31b, 32).

Hiervolgens is die owerpriesters die ja-sêer-niksdoeners, en die bekeerde tollenaars en hoere die nee-sêer-tógdoeners. Vir die eerste groep sogenaamde kerkmense word die koninkryk van God toege-sluit. Hulle wil graag bekend staan as God se kinders, maar hulle is ongehoorsaam. Vir die tweede groep bekeerde sondaars word die koninkryk oopgesluit. Hulle het die belofte van sondevergifnis geglo, tot bekering gekom en werklike verbetering bewys.

Jy, broeder en suster, is mos ’n ja-sêer-en-jadoener. Want jy het “Ja” gesê toe jy belydenis van geloof afgelê het, én jy bekeer jou mos elke dag deur die krag van die Heilige Gees! Sing: Skrifberyming 43 (15-7):4, 5, 6

Ds. AH (Arie) Stavast (Kroonstad)

Page 408: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

408

Dinsdag 14 November Skrifgedeelte: Matteus 22:1-14 Fokusgedeelte: Matteus 22:14 (1933/53-vertaling); HK Sondag 31

Uitgenooi na die bruilofsfees?

Hierdie gelykenis verwys na die bruilofsfees wat Koning Jesus vir die uit-verkorenes berei. Koning Jesus vergader uit die hele menslike geslag vir Hom ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (HK Sondag 21:54). Baie mense is geroep, maar min uitverkies (Matt. 22:14). Slegs 144 000 (’n simbo-liese volheidsgetal) mense wat vrygekoop is, gaan die nuwe bruilofslied sing en aansit aan die bruilofsmaal van die Lam (Op. 5:9-14; 14:3; 19:1-8).

Volgens Sondag 31 gaan diegene wat die belofte van die evangelie met ’n ware geloof aanneem en hulle tot God bekeer, bruilofsgaste wees. Die onge-lowiges, huigelaars, onbekeerdes en diegene wat hulle egter onchristelik gedra en hulle nie aan die vermaninge steur nie, gaan níé toegelaat word tot die bruilof nie”. In die gelykenis word daar tweekeer uitgenooi. Die eerste uit-nodiging word aan die volk Israel gerig (Matt. 22:1-5). Die reaksie spreek van onwilligheid, minagting, onlojaliteit, onverskilligheid, eiebelang, vyandigheid én van die mishandeling en doodmaak van God se diensknegte. Dis selfs ’n verset teen God se genade. Hierdie uitgenooides word deur God omgebring. Hulle is die uitnodiging onwaardig. Die tweede uitnodiging word gerig aan almal – slegtes en goeies (Matt. 22:10), armes, kreupeles en blindes (Luk. 14:21). Hulle uitnodiging is uit genade en geen verdienste nie. Van hierdie uitgenooides verwag die Koning tog vrugte van bekering – hulle moes die bruilofskleed aantrek. Die Koning gaan uit om met die gaste te verkeer.

Iemand het egter sonder die bruilofskleed ingeglip. Hy wou wel deel wees van die bruilofsfees, maar wou nie aan die Koning die eer gee nie. Hy wou nie bekleed wees met die kleed van geregtigheid wat Koning Jesus aan die kruis berei het nie (vgl. Rom. 13:14, Ef. 4:24). Hy wou nie Christus aantrek nie. Hy wou nie in die geloof dit wat Christus verwerf het, vir homself toe-eien nie! Hierdie uitgenooide word ’n uitgegooide! Moenie dink dat die Here en die kerk al te bly sal wees met jou in hulle geledere terwyl jy leef soos jý wil nie! Nee, beklee jou met die Here Jesus Christus! Dra die vrugte van die bekering! Dán sal jy ook die bruilofslied sing! Sing: Skrifberyming 8 (5-3):1, 2 Ds. AH (Arie) Stavast (Kroonstad)

Page 409: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

409

Woensdag 15 November Skrifgedeelte: Matteus 25:1-13 Fokusgedeelte: Matteus 25:1-13; HK, Vraag 83

Hy het die sleutels van sy koninkryk: Wees gereed!

In ’n lewe met baie hartseer en swaarkry, skuld en oordeel het God dit moontlik gemaak dat daar vir mense feesvreugde kan wees omdat ons die Ver-losser en Koning Jesus Christus leer ken het. Beter nog: dis omdat die Verlosser en Koning ons as sy eiendom ken en daarom ons na sy fees toe genooi het. Soos gaste na ’n bruilofsfees toe, nooi Hy mense om sy Konings-heerskappy gelowig te erken.

Destyds was ’n houer met ekstra olie ’n baie belangrike bykomstigheid as jy ’n troue bygewoon het. Sonder ekstra olie vir jou lampie kon jy dalk saam met al die ander gaste die bruidegom inwag, maar wanneer almal later bly is om te hoor dat hy op pad is, kon dit maklik gebeur dat jy te laat besef dat die olie in jou lamp besig is om op te raak.

Ons Here Jesus het vertel dat dit is wat eenkeer met vyf meisies gebeur het. Hulle het nie betyds gereed gemaak vir ’n lang wag nie. Die ander kon hulle nie uithelp nie, almal het net genoeg vir hulleself gehad. Wanneer die bruidegom kom, is duidelik gesien wie gereed is.

Met die koninkryk van God gaan dit ook so, vertel Jesus. Ons weet nie wanneer sy wederkoms plaasvind, of wanneer ons laaste oomblik hier aan-breek nie. Wie in ware geloof aan Hom deel het en met jou lewe wys dat Hy die Koning en Here van jou lewe is, is gereed. Wie in ongeloof Hom egter verwerp het, word dan uitgesluit.

Hy gebruik die verkondiging van sy Woord en die liefdevolle vermaning en tug van sy kerk soos sleutels om oop te sluit en toe te sluit.

Wees gereed! Hy maak dit moontlik om gereed te wees! Sing: Psalm 139:12 (1936)

Ds. GNV (Nico) Botha (Emeritus)

Page 410: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

410

Donderdag 16 November Skrifgedeelte: Lukas 19:12-27 Fokusgedeelte: Lukas 19:12-27; HK Sondag 31

Wees getrou!

In die gelykenis vertel Jesus dat wanneer hulle eienaar as koning terugkom, dan kom die een slaaf na die ander en sê: “Meneer, u het soveel muntstukke aan my toevertrou, hier is dit saam met die wins wat ek gemaak het”, selfs die slaaf wat dit wat hy gekry het, gaan begrawe het, sê: “Hier het u u geld terug.”

Hy het dit dus nie vir hulle gegee met die gedagte dat dit nou hulle s’n is en dat hulle daarmee kan maak wat hulle wil nie. Hy het die reg om te wil weet wat hulle met sy geld gedoen het. Hy wil weet of hulle aan Hom getrou was.

As die Here iets aan ons toevertrou, bly dit syne en ons moet aan Hom verantwoording doen! Die aarde behoort aan die Here, en die lug en die waterstrome en die mens. Alles is deur Hom aan my toevertrou, ook die een met wie ek getroud is, en so ook ons kinders, en ons geld en besittings en tyd. Ons het maar net bruikleen daarvan.

Ons moet dit alles gebruik soos die eintlike Eienaar dit graag wil laat gebruik. Anders is ons ontrou aan Hom. Wie ontrou is en sy gawes onbenut wegsteek, word uitgesluit uit die weelde om deel van sy koninkryk te wees. Die getroues wat dit na vermoë gebruik het om Hom te dien, word vertrou met groter verantwoordelikhede.

Ons het tot met die wederkoms van Jesus heerlike geleenthede om die kosbare skatte wat aan Hom behoort, getrou te gebruik: skatte van mensele-wens, besittings en tyd en kennis. Die manier waarop ons dit gebruik, wys of ons weet dat ons en alles wat ons ontvang het, syne is! Sing: Skrifberyming 15-1:1, 2, 4

Ds. GNV (Nico) Botha (Emeritus)

Page 411: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

411

Vrydag 17 November Skrifgedeelte: Lukas 12:35-40 FokusgedeelteL Lukas 12:35-40; HK Sondag 31

Moenie aan die slaap betrap word nie

Die ergste wat met enige werker kan gebeur, is seker dat jy aan die slaap raak terwyl jy aan diens is, selfs op nagskof. Van slawe is destyds verwag om wakker en beskikbaar te wees as hulle eienaar tuiskom. Dit was hulle slaweplig, al is dit hoe diep in die nag, selfs vroegoggend net voor dagbreek.

So moet volgelinge van Jesus in hierdie tyd voor sy wederkoms lyk, “die heupe omgord en die lampe aan die brand”! Dis die Bybelse tekening van hoe die kerk van Christus lyk. Nie lomerige, moeë, half-aan-die-slaap ongeërgde mense in knoesige nagklere nie, maar diensknegte in werksklere wat voorbereid wag op hulle Here en Eienaar se terugkoms.

Ons weet nie wanneer Hy kom nie, daarom moet ons voortdurend waak-saam wees. Dis mos soos ons deesdae ook nie net soms sorgdra dat ’n dief nie vrye toegang tot ons huis kry nie, maar dit deurlopend doen, want ons weet nie wanneer dit dalk kan gebeur nie.

In die gelykenis is dit die eienaar wat laatnag skielik sy voorskoot aansit en sy slawe wat hom ingewag het, bedien! So verras Hy ons ook gereeld deur ons met sy Woord te bedien. Hy wil ons deur die evangelie nie aan die slaap sus nie, maar ons juis wakker hou. En as ons ten spyte van die lewende verkon-diging van sy Woord tog ons waaksaamheid verloor, dan skud Hy in liefde ons wakker deur die herderlike vermaning van sy kerk. Hy bedien ons met die sleutels van sy koninkryk wat oopsluit vir wie op Hom wag en toesluit vir wie in ongeloof volhard.

Sy kerk is vir Hom kosbaar! Hy het ons duur gekoop op Golgota en Hy wil sy eiendom nie laat verlore gaan nie! Sing: Skrifberyming 14-1:1, 2

Ds. GNV (Nico) Botha (Emeritus)

Page 412: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

412

Saterdag 18 November Skrifgedeelte: Lukas 10:30-37 Fokusgedeelte: Lukas 10:30-37; HK Sondag 31

Sonder barmhartigheid kan ons God nie liefhê nie

Jesus het die gelykenis vertel omdat die wetgeleerde homself wou regverdig toe hy gehoor het dat ons God en ons naaste moet liefhê. Hy ken God en hy probeer met al sy nougesette wetsonderhouding wys dat hy God liefhet, maar “wie is my naaste”?

Moontlik het hy gehoop dat jy dalk tog die ewige lewe kan hê, al gee jy nie om vir ander nie. Dalk is die deur na die koninkryk van die hemel tog wawyd oop as jy net maar God liefhet.

Waar Jesus Koning is, is daar nie plek vir sulke dubbelhartigheid nie. Liefde vir ons naaste is onafskeidbaar deel van ons toewyding aan God, al is dit tipies menslik om liewer by mense wat in nood is “aan die ander kant van die pad” verby te loop asof hulle nie bestaan nie.

Die wetgeleerde se vraag word reggestel: die vraag is eintlik nie “wie is my naaste?” nie, maar eerder “wie is die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” Is ek iemand se naaste?

Ons Here verander ons lewe sodat dit nie net op onsself en op ons eie be-lange gerig sal wees nie, maar op Hom sodat Hy geëer en gedien kan word ook deur daar te wees vir ander. Al is ek deel van ’n veragte deel van die bevolking soos wat die Samaritane was, maak Hy my bereid om medelye met ander te betoon.

Sonder liefde vir die naaste is liefde vir God nie eg nie, en loop ons met ons vroom godsdienstigheid ons te pletter teen die toe deur van sy koninkryk. Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en wedu-wees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld (Jak. 1:27). Sing: Psalm 18:12,4 (1936)

Ds. GNV (Nico) Botha (Emeritus)

Page 413: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

413

Sondag 19 November Skrifgedeelte: Lukas 12:13-21 Fokusgedeelte: Lukas 12:15

In Christus is die mens vir ewig ryk

Gierigheid distansieer die mens van God. Die Heidelbergse Kategismus stel in Sondag 32, in aansluiting met Skrifgedeeltes uit 1 Korintiërs 6:9-10 en Efesiërs 5:5-6 dat die gierigaard nie die koninkryk van God sal beërwe nie. Deur sonder God te lewe, sluit die mens homself uit die koninkryk van Jesus Christus. In hierdie gedeelte wil Jesus dit aan ons tuisbring deur die gelykenis van die ryk dwaas. Gierigheid beteken om meer te wil hê as wat ek reeds het. Dit is ook die probleem waaroor die broers stry in Lukas 12:13. Hulle wil hê Jesus moet ’n uitspraak maak oor die erfporsie. Die Here behandel egter nie simptome nie. Hy weet wat sit agter die vraag: hebsug, gierigheid. As Jesus die gelykenis van die ryk dwaas vertel, dan begin Hy deur te sê dat die ryk man se grond – let wel, sy grond – het goed gedra. Geen boer kan sonder baie inspanning ’n oes inbring nie. Elke boer weet egter ook dat as die grond en die weer nie die oes lewer nie, is daar niks wat jy as boer daaraan kan doen nie, dit is God wat voorsien. Sy ongeduld met sy huidige omstandighede is duidelik in Lukas 12:17-19 wanneer die man by homself dink (asof daar nie ’n God is tot Wie hy kan bid nie) om sy oes op te gaar en sy skure af te breek en groter te bou, want hy verwag dat hy reuse oeste gaan oplewer. Gierigheid is ’n baie subtiele monster. Dit het ’n geheimsinnige mag en krag, dit maak jou blind vir dit wat ewigheidswaarde het. Vir Jesus is die reg of verkeerd, billik of on-billik, belangrik, maar dis vir Jesus nog belangriker dat ons ons harte sal bewaar van gierigheid. Jy kan immers die hele wêreld as wins verkry, maar nog steeds jou lewe verloor. Die ryk dwaas het toe nooit sy besittings verloor nie, maar wel sy lewe (Luk. 12:20, met soortgelyke gedagte in Ps. 49:19-21). Die mentaliteit van besit, meer geld, meer sekuriteit, groter huise, meer grond en beter geleenthede, het mense se leef- en denkwêreld begin oorheers. Dit mag edel klink om al hierdie dinge te kan hê, maar dit kan ook siek word. God is altyd die belangrikste. Hy voorsien in dit wat jy nodig het, sy belangrikste voorsiening was Jesus Christus, in Hom is die mens vir ewig ryk.

Sing: Psalm 34:1, 7

Dr. FG (Frans) Minnie (Pastorale Berader, Cachet)

Page 414: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

414

Maandag 20 November Skrifgedeelte: Lukas 14:7-15; Johannes 16:8 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Lukas 14:7-15 Die Gees wat sondebesef werk, laat ons die Gasheer raaksien en sy opdrag

gehoorsaam

Die sentrale tema in hoofstukke 14 en 15 is die feesmaal in die koninkryk van die hemele. Jesus rig Hom in verse 7 tot 15 tot die gaste en sy gasheer. Wat het hulle in gemeen? Die gasheer was ’n owerste van die Fariseërs … en die gaste was diegene wat volgens die Fariseërs waardig geag is om saam met hom aan tafel te sit. Beide gasheer en gaste was hoogmoedig, selfversekerd dat hulle rein en waardig is om eenmaal by die feesmaal van die koninkryk van die hemele te mag aansit.

In hierdie hoogmoed en eiegeregtigheid het hulle die voorste gestoeltes uitgesoek en nie gemeng met diegene wat (volgens hulle) ooglopend “onrein” en met sondes besmet was nie.

In hierdie hoogmoed en gebrek aan sondebesef kyk hulle JESUS mis! Die vernaamste Gas aan tafel! Die Seun van God, die Woord wat vlees geword het, die Brood van die lewe, wat vir onreines, vir sondaars die koninkryk van die hemele kom oopsluit het.

Sy Heilige Gees oortuig van sonde (Joh. 16:8) en laat ons in die geloof Hom raaksien wat toegang verleen om te mag aansit aan die bruilofsmaal van die Lam!

Wie deur dié Gasheer genooi is, word uitgestuur met ’n opdrag: Nooi soos God! Nooi armes, siekes, blindes, wat volgens Ou-Testamentiese wet nie geskik was vir gemeenskap met God nie, nooi hulle en vind aansporing in hierdie reël van die koninkryk: “… elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.” Sing: Psalm 22:11, 12 (1936)

Ds. SJMS (Faan) Smit (Heidelberg)

Page 415: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

415

Dinsdag 21 November Skrifgedeelte: Lukas 14:15-33; Efesiërs 4:30 (1933/53-vertaling: DL Hoof-stuk 5, VD 2) Fokusgedeelte: Lukas 14:28-30

Die eise van dissipelskap: Bid vir Gees-gewerkte prioretisering en volharding

Jesus tref twee vergelykings om dissipelskap in sy koninkryk te ver-

duidelik: dié van ’n bourekenaar wat ’n toring wil bou, en ’n koning wat in ’n oorlog gedwing word.

Albei moet weet wat hulle onderneming verg voor hulle dit aanpak, en wanneer jy jou verbind het, moet jy enduit volhard. Die verskil tussen die bourekenaar en die koning is egter: Die bourekenaar kan besluit of hy wil voortgaan om te bou of nie. Die koning het nie ’n keuse nie, hy word aangeval en dit vereis voorbereide optrede.

Jesus roep jou as sy dissipel. Jy moet jou deeglik vergewis waarvoor jy jou inlaat. Daar is ’n kruis. Jy mag nie werk (osse) of materiële besittings (grond) of verhoudinge (vrou) bo die navolging van Jesus stel nie! Doen die koste-berekening vooraf, sodat jy nie halfpad tot jou eie spot en skande omdraai tot ’n ongewisse hoop nie!

Dit beteken egter nie dat jy jou maar van die roeping kan onttrek as jy weet wat ware dissipelskap eis nie. Bid God om sy Heilige Gees wat ons verseël om te volhard en te prioretiseer. En kyk in jou kosteberekening nie net na die eis van dissipelskap nie, kyk ook na die loon, naamlik: Ingang in die Koninkryk van God, toegang tot die bruilofsmaal van die Lam, danksy Jesus Christus saam met Wie ons alles genadiglik sal erf! Sing: Psalm 119:43 (1936)

Ds. SJMS (Faan) Smit (Heidelberg)

Page 416: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

416

Woensdag 22 November Skrifgedeelte: Lukas 15:1-32 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Lukas 15:32

Gees-gewerkte blydskap oor ons Vader se opsoek-liefde in Christus

Jesus, omring deur tollenaars, sondaars en Fariseërs, vertel agtereenvolgens drie gelykenisse wat gaan oor iets wat verlore, gevind, en waaroor daar feesvreugde is – die verlore penning, verlore skaap, verlore seun.

Die “verlore seun” het ’n opstandige hart en steur hom nie aan wette en reëls nie. In die tyd van sy ongebondenheid bring hy sy geld deur in ’n losban-dige, sondige lewe tussen sondaars. Wanneer hy in besef van sy verlorenheid en gebrek na die huis van sy vader gaan, loop hy hom vas in die uitgestrekte, liefdevolle arms van ’n vader wat sy seun terug soek en met blydskap terug ontvang.

Jesus openbaar met hierdie drie gelykenisse dat Hy na hierdie wêreld ge-stuur is om die Vader se kinders op te soek tussen sondaars, prostitute, tolle-naars en onder die uitgeworpenes en veroordeeldes van die samelewing.

Die ander seun, wat tuisgebly het, is gehoorsaam aan die reëls van die vader. Hy beskou homself beter as sy broer en meer verdienstelik voor hulle vader. Ons mis egter by hom ’n dankbare liefde teenoor sy vader. Sy liefde-lose hart word daarin geopenbaar dat hy nie bly is saam met die vader oor die terugvind van die verlore seun nie.

Is ons saam met Jesus betrokke in sy opsoek van God se verlore kinders? Is ons saam met die Vader bly oor een sondaar wat hom bekeer? Dit kan alleen wanneer ons Gees-gewerkte dankbaarheid in ons harte het vir die Vader se opsoek-liefde in Christus se sterwe vir ons toe ons nog sondaars was. Sing: Psalm 33:11 (1936)

Ds. SJMS (Faan) Smit (Heidelberg)

Page 417: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

417

Donderdag 23 November Skrifgedeelte: Lukas 16:19-31 Fokusgedeelte: Lukas 16:31

Waar jou skat is …

Hierdie gelykenis sluit aan by vorige gedeeltes waar Jesus oor die gebruik of misbruik van geld praat. Die ryk man waarvan hier melding gemaak word, het met sy deftige klere en vrolike partytjies die lewe geniet. Hy het in oor-maat gehad. Vir hom was sy rykdom baie belangrik, geld was sy afgod.

Hy het egter iets baie belangrik kortgekom, hy het nie die Bybel geken of daarvolgens gelewe nie. Die ryk man het alles in hierdie lewe gesoek en begeer, behalwe die ewige lewe. Hy het hom aan alles toegewy wat met sy aardse lewe in verband staan, maar hy was nie bekommerd oor die dag van die dood nie. In sy oormaat het hy die mense wat swaarkry nie raakgesien en was hy nie oor hulle bekommerd nie. Hy sien nie eers die arm man, vol swere, voor sy voordeur lê nie. Dit was Lasarus, ’n bedelaar, siek, honger en onver-sorg. Die mense het hom vermy, hy was ’n uitgeworpene, behandel as ’n ver-vloekte.

Dan kom die ryk man tot sterwe, en Lasarus ook. Lasarus word in die hemel opgeneem en sit by die vader van die gelowiges, Abraham. Die ryk man ontwaak egter in ’n plek van ewige pyn. Die Woord van die Here sê hy was in smarte, die pyn sou nooit weer van hom wyk nie.

Hy begin sy nuwe lewe in die ewigheid as ’n bedelaar; hy smeek Abraham om hom net ’n druppel water te gee. Vir hom is daar egter geen troos uit die hemel nie. Sy versoek dat sy broers gewaarsku word, word nie toegestaan nie. God praat deur sy Woord – net soos die ryk man luister hulle egter nie na die vermanings en teregwysings nie.

Jesus wil dan juis hiermee vermaan om selfs in hierdie lewe te lewe met die oog gevestig op die ewige lewe, Hy maak dit vir ons moontlik deur die krag van sy Gees.

Geniet dus die lewe in Christus, met jou oog op die wat hulp nodig het. Begeer God, en nie rykdom nie, want waar jou skat is, daar sal ook jou hart wees (Matt 6:22). Sing: Skrifberyming 17 (17-1):1, 6

Dr. FG (Frans) Minnie (Pastorale Berader, Cachet)

Page 418: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

418

Vrydag 24 November Skrifgedeelte: Lukas 18:1-8 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Lukas 18:8b

Die noodsaak vir ware gebed in ons lewe

Dikwels word hierdie gelykenis uitgelê asof Jesus leer dat ons net moet aanhou om te bid, want uiteindelik sal God wel toegee, net soos die onreg-verdige regter gedoen het.

Dit is nie wat Jesus in hierdie gelykenis leer nie. Inteendeel, die punt van die gelykenis is juis dat God glad nie soos hierdie onregverdige regter is nie. Die regter was iemand wat God nie gevrees het nie en geen mens ontsien het nie. Daarom moet ons in hierdie regter eerder ’n beeld sien van die wêreld.

Die tweede karakter is dié van die weduwee. Vanuit die versekering van vers 7 dat God gou reg sal doen aan “sy uitverkorenes”, word dit duidelik dat ons ook na die identiteit van hierdie weduwee, dieper sal moet kyk. Sy is beeld van die kerk van die HERE wat swaarkry onder die onregverdige optre-de van hierdie wêreld. Die gelykenis handel dus ten diepste oor die gevaar van gebedstamheid by die kerk.

Die swak skakel in gebed is nooit God nie. Ter wille van sy Seun staan Hy gereed om ons te versorg met ryk gawes uit die skathuis van sy Seun se ver-dienste. Die swak punt is egter onsself.

Daarom die vraag van ons teks: As die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof vind? Geloof wat op Hom steun? • Mense wat alles van Hom vra en verwag? • Mense wat God ken as ons Vader in Christus?

Moenie ophou om te bid nie! Dis die merkteken van die gelowige. Sing: Psalm 66:7, 8, 9 (1936)

Ds. BC (Ben) Smit (Pretoria-Meintjeskop)

Page 419: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

419

Saterdag 25 November Skrifgedeelte: Lukas 18:9-14 Fokusgedeelte: Lukas 18:13

Die opregte gebed van ’n sondaar

Twee manne gaan bid. Hulle verteenwoordig twee teenoorgestelde groepe mense in die Joodse lewe. Die eerste een is in sy eie oë godsdienstig onberispelik. Die ander een, ’n uitge-worpene in die oë van die samelewing. Die eerste een bid hoogmoedig en spog met homself en sy dade. Hy sien homself beter as ander mense. Die tweede een ken sy sonde, maar smeek God om genade. Die woord Fariseër beteken “hulle wat afgesonder is”. Hulle was die professionele godsdienstige mense van hulle tyd. In hulle ywer om heiligheid en geregtigheid te bekom, het hulle iets soos 248 godsdienstige wette en 345 verbodsbepalings by die tien gebooie gevoeg. Dit het elke aspek van hulle lewens geraak, van watter klere hulle mag aantrek tot hoe hulle hul hande was. Tollenaars, daarenteen, is met minagting behandel. In die oë van die Jode is hulle die uitvaagsels van die samelewing. Hulle is as oneerlik en korrup beskou en hulle is gehaat vir die swaar belastings wat hulle met die goedkeuring van Rome ingesamel het. ’n Bedrieër, eiegeregtig, volksverraaier. Die tollenaar is skaam, want sy sondes was in sy oë geweldig. Só erg was sy sonde vir hom dat hy nie eers die tem-pelgebou wou binnegaan om te bid nie. Hy bly ver van God staan. Hy wil nie eers na die hemel opkyk nie, want hy weet dat hy in die teenwoordigheid van die heilige God staan, die kenner van die mens se hart. Hy staan daar nederig in sondebesef en wanhoop. Die sondigste van sondaars. Hy weet egter by God is daar hoop en genade. Paulus sê later: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Jesus beklemtoon in sy uitspraak dat die tollenaar guns in die oë van die Here gevind het (vs 14): “Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.” Die tollenaar se opregtheid staan teenoor die Fariseër se eiewaan. Sy sondes is vergewe. Jesus Christus vergewe ons en versoen ons deur sy kruisdood met die hemelse Vader. Ons is verseker dat ons Vader ons sondes vergewe om Christus wil. Dank Hom elke dag vir sy genade.

Sing: Psalm 18:1, 12 Ds. Willem Vogel (Cachet)

Page 420: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

420

Sondag 26 November Skrifgedeelte: Markus 4:1-8, 13-20 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Markus 4:3

Hoe lyk jou hart?

Jesus bring fisies en geestelik skeiding wanneer Hy in ’n skuit klim. Fisies, want die skare wat Hom verdring en vanweë sy gene-sings nie bereid was om te luister nie, word op ’n afstand gedwing. Geestelik, deur met hulle in gelykenisse te praat. Nie almal wat luister, hoor nie. Dié afstand moet die hoorders self oorbrug. Nie alleen moes hulle hulle ore spits om Hom te hoor nie, ook hulle verstand en hart moet ingespan word om die beelde te verstaan.

Vir die genesing-honger skare is die boodskap daarom: Luister! Luister het prioriteit by Jesus. Hy stel Homself aan hulle bekend as die Saaier, terwyl hulle Hom wil hê as Geneser. Deur die gelykenis moet hulle losgeskud word uit hulle gesindheid van eie voordeel soek en verstaan dat hulle die oes moet lewer.

Daar is talle bedreiginge vir die saad: • Satan; • verdrukking en vervolging; • sorge van die lewe; • die bedrieglikheid van rykdom; • begeerte na allerlei dinge.

Ten spyte van alles is die saad egter goed, want die oomblik as dit grondvat in goeie grond, dra dit oorvloedig vrug.

Vanweë die bedreiginge vra die saad daarom na goeie grond, en as daar maar by ons ontvanklikheid is, wat deur die Gees bewerk word, dan groei dit kragtig en dit dra oorvloedig vrug.

Waarvan loop jou hart oor? Die wêreld, of die Gees? Sing: Psalm 95:4, 5, 6 (1936)

Ds. BC (Ben) Smit (Pretoria-Meintjeskop)

Page 421: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

421

Maandag 27 November Skrifgedeelte: Lukas 15 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Lukas 15:10

Vreugde oor elke bekering?

Die aanleiding vir hierdie een gelykenis (vs 3) met sy drie dele, was “kerkmense” se verset teen bekering van sondaars (vs 1 en 2). Jesus vertel die gelykenis uit liefde om die verharde “kerkmense” hulle eie verlorenheid te laat besef. Daarom drie hoofkarakters: • ’n herder, • ’n vrou, • en ’n vader.

Al drie soek hulle eiendom wat verlore geraak het met inspanning en noukeurigheid en liefde, totdat hulle die verlorene vind en dan is daar groot blydskap en feesvreugde in die hemel by God en sy engele (vs 10). Die drie subkarakters in die gelykenisse is ’n prentjie van ons mense se verlorenheid: • ’n skaap verdwaal en uitgelewer in die wildernis (ons aard om af te dwaal –

Jes. 53:6); • ’n muntstuk, gelyk aan ’n dag se loon, verloor in die huis (in die kerk, maar

onbewus van jou val); • ’n seun wat wegloop en ’n selfs meer verlore seun wat tuisgebly het

(opstandigheid). Al drie verlore, maar nie vergeet nie, want die Here soek verlore-nes op.

Elkeen is vir Hom kosbaar. Dit laat ons elkeen dan ten slotte met drie vrae: 1. Sien jy jouself aan die kant van die verlorenes, of aan die kant van die

“kerkmense”? 2. Het jy genoeg kontak met die wêreld om mense tot bekering te sien kom? 3. Is daar vreugde oor elke bekering, ook jou eie, of woede en weerstand oor

evangelisasie? Sing: Ps. 87:1, 2, 5 (1936)

Ds. BC (Ben) Smit (Pta-Meintjeskop)

Page 422: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

422

Dinsdag 28 November Skrifgedeelte: Lukas 15:11-24 Fokusgedeelte: Lukas 15:19-20; HK Sondag 31

In die Koninkryk: Barmhartige Vader of veeleisende Baas?

Met die gelykenis van die man met die twee seuns leer die Heilige Gees ons veral van die God die Vader. Hy is soos die vader wat die pad dophou en van ver af sy kind sien terugkeer. Sonder verwyt kry God sy terugkerende kind innig jammer, hardloop hom tegemoet, omhels hom, soen hom, versorg hom en vier fees.

Ons is geneig om oor God te dink asof Hy tipies soos ’n mens sal optree – met ten minste ’n stekie verwyt en beskuldiging soos “Jy kon ten minste ’n sms gestuur het dat jy nog lewe.” Maar noudat God se liefde deur Christus aan ons geopenbaar is, weet en glo ons van beter. Die Heilige Gees herskep ons na die beeld van die Vader en ons dank Hom daarvoor.

Tog is dit so dat ons dikwels die fout maak om tot God terug te keer met ’n verkeerde voorstelling van hoe Hy is. Soos die jongste seun van die gelykenis is ons bereid om hard te werk om weer God se verlore guns (soos ons dit sien) te verdien. Ja, ons is selfs bereid om ons kind-status prys te gee en onsself weer van onder af op te werk deur die “verbetering” wat ons/hy/sy (moet) “bewys”.

Dan moet ons liewer weer ons eie hart ondersoek in die lig van hierdie gelykenis: Glo ek in God as barmhartige Vader of veeleisende Baas? Sing: Skrifberyming 2-1 (19):5-7

Ds. JA (Johan) Schutte (Emeritus)

Page 423: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

423

Woensdag 29 November Skrifgedeelte: Matteus 20:1-16 Fokusgedeelte: Matteus 20:15, 16; HK Sondag 31

In die Koninkryk: Geen plek vir jaloesie oor God se goedheid

Die goedheid van God is soveel anders as wat ons oor goedheid dink dat ons maklik daardeur onkant gevang word. Die wêreld se manier van opvoed en motiveer leer ons van kleins af om te staan op ons regte en te eis vir ons beloning. Prysuitdelings van skole gee dikwels aanleiding tot rusie. Sertifi-kate, trofeë en toekennings word vertoon as deel van die suksesbeeld wat ons graag wil uitdra. Vergelyking van salarisse laat ons gou verontreg voel. In hierdie wêreld sal ons nooit vrede vind oor hierdie saak nie.

Die Heilige Gees leer en lei ons egter om nuut hieroor te dink en anders te reageer. In God se koninkryk besluit Hy oor erkenning en beloning. Sy belo-ning word nie deur die verdienste van die mens bepaal nie, maar deur sy genade en goedheid. Anders as in die wêreld, beloon Hy dié wat laaste kom, eerste en dié wat eerste, kom laaste. En omdat die beloning nie volgens ver-dienste is nie, hou dit vir almal ’n verrassing in: buitengewoon en geheel en al bo verdienste.

Indien ek verontreg voel deur hierdie beginsel van God se koninkryk, kan dit wys dat ek eintlik jaloers is op God se reg om genadig te wees en dat ek nog baie het om te leer van wat dit is om uit genade te leef.

Die goeie gevolg kan wees dat ekself deur die krag van die Heilige Gees meer genade betoon. Sing: Psalm 103-2:4

Ds. JA (Johan) Schutte (Emeritus)

Page 424: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

424

Donderdag 30 November Skrifgedeelte: Matteus 25:31-46 Fokusgedeelte: Matteus 25:37-40; HK Sondag 31

In die Koninkryk: Verbaasde erfgename

Jesus se beskrywing van die laaste oordeel is aangrypend: Hy kom “in majesteit ... en al die engele saam met Hom”. Hy gaan sit “op sy koninklike troon” en “al die volke” word voor Hom gebring. Hier is die groot dag van afrekening. Die grootste, belangrikste, mees verhewe samekoms in die hele geskiedenis. Die aarde en sy bewoners word tot verantwoording geroep voor God in teenwoordigheid van sy engele. Gaan ons nóú die donderende oordeel van God as Regter hoor?

Verbasing op verbasing. God as Vader se uitnodiging word eerste gehoor: “Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit.” Jy wil dalk ook vra: Hoe is dit moontlik? Hy gee die rede: “Ek was honger en julle het My iets gegee om te eet ...” Nou raak dit nog meer verstommend. Die geseëndes wil van verbasing weet: Wanneer het ONS dit alles aan U gedoen?

Die antwoord is eenvoudig: Toe julle dit aan die geringstes van my broe-ders gedoen het, sonder om iets terug te verwag. Toe julle goed gedoen het bloot uit liefde vir God en jou naaste, sonder om boek te hou van die goed wat jy doen. Toe broederliefde en naasteliefde onder leiding van die Heilige Gees jou leefwyse geword het as Beelddraer van God. So geseënd is jy, verbaasde erfgenaam! Psalm 146-1:5-7

Ds. JA (Johan) Schutte (Emeritus)

Page 425: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

425

Page 426: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

426

Vrydag 1 Desember Skrifgedeelte: Genesis 3:1-24 Fokusgedeelte: Genesis 3:15, 16, 19

Verhoudingskonflik

God vereis gehoorsaamheid eerstens aan Hom. In Genesis, wat beteken Begin, lees ons hoe en waar alles ontstaan het. Ook die begin van verhoudings; die eerste verhouding tussen God en man, en die eerste verhouding tussen man en vrou. En in God se eie woorde, “dit was goed”.

Hoofstuk 3 is waar alles verkeerd gegaan het. Ons almal ken die storie: Die slang mislei die vrou, die vrou oortuig haar man, hulle eet van die vrugte en besef hulle is kaal, en net daar verander alles ... die mens word bewus van homself, die eie-ek is gebore!

Wanneer God hulle vra oor wat hulle gedoen het, is verskoning soek en selfverontskuldiging al wat uit hulle monde kom. Man blameer sy vrou en vrou beskuldig die slang, niemand wil verantwoordelikheid aanvaar nie, en hier sien ons hoe verhoudings verander het. Die mens kruip vir God weg (Gen. 2:24), hulle verhouding met God is nie meer dieselfde nie. Die mens word skaam (Gen. 3:8), hulle verhouding met mekaar is gebroke.

God luister nie na verskonings nie, almal word gestraf. In vers 15 kry ons die slang se straf en vervloeking, in vers 16 die gevolg van die vrou se ver-keerde dade. Die man se straf in vers 17, 18 en 19 sluit nie net harde hande-arbeid in nie, maar is so intens dat die hele aarde vervloek is deur sy onge-hoorsaamheid. Dit is hoe ernstig God is oor gehoorsaamheid aan Hom.

Dit is uit liefde vir ons wederhelftes dat ons hulle tevrede en gelukkig wil sien, maar as dit vereis dat ons selfs in die minste aan God se wil onge-hoorsaam moet wees, is dit nie reg nie. God vereis gehoorsaamheid eerstens aan Hom.

Ds. Jan-Louis Coetzer (Postmasburg)

Page 427: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

427

Saterdag 2 Desember Skrifgedeelte: Johannes 3:1-11 Fokusgedeelte: Johannes 3:3, 8; HK, Vraag 8

Wedergeboorte is ’n vereiste om goed te kan doen

Jy moet wedergebore wees om in die koninkryk van God in te gaan. Is jy wedergebore? ’n Ongereformeerde vraag? Ja, en nee. Ja, omdat dit ’n mens mag laat dink dat jou saligheid van jou persoonlik afhanklik is. Nee, omdat Jesus self sê dat jy wedergebore moet wees. Die antwoord op vandag se vraag sê dat wedergeboorte ’n voorvereiste is om goed te doen.

Dat die voorwaarde van wedergeboorte van Jesus self kom, is vir ons ’n troos, omdat ons in lewe en in sterwe aan Hom behoort (Sondag 1:1). Kom, loop saam op hierdie pad!

Wedergeboorte is die werk van die Heilige Gees. Soos die wind “waai” Hy vrymagtig. Ek en jy kan Hom nie keer nie. Verder “waai” Hy altyd in ’n spesifieke rigting, naamlik God se rigting. Hy buig ons om van verdorwenheid na goed doen. Hy maak ons anders, nuut, so goed asof ons opnuut gebore word. Ons kan weer van voor af begin.

Hoe doen die Gees dit? Deur die prediking van die evangelie (1 Pet. 1:23, 25). Die evangelie preek Christus, Jesus Christus aan Wie ons met liggaam en siel behoort en wat met sy kosbare bloed vir al ons sonde betaal het. Hoe meer ons die prediking van Jesus (evangelie) hoor, hoe meer buig die Gees ons om. Soms buig Hy die een meer en die ander dalk ietwat minder. Hy doen dit vrymagtig, maar Hy buig ons altyd in die regte rigting – na God, om goed te kan doen.

Wedergeboorte word gestel as ’n vereiste om in die koninkryk te kom en om iets te doen wat goed is. Dit klink na harde werk. Nee, kom kerk toe! Hoor hoe evangelie gepreek word! Ja, dit is ook harde werk, maar dan deur die Heilige Gees. Sing: Psalm 87:1, 2, 5 (1936)

Ds. CA (Carel) Jansen (Secunda)

Page 428: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

428

Sondag 3 Desember Skrifgedeelte: Genesis 6:5-22 Fokusgedeelte: Genesis 6:8, 9, 22

’n Skip op droë grond

Wat besiel ’n man om ’n skip van 135 meter lank, 22 meter breed en 13,5 meter hoog, op droë grond te bou? Hoe gaan hy die skip by die water kry? Daar is nie eers water naby nie! Is Noag kranksinnig? Nee, net gelowig.

Die mense wat God goed geskape het, het slegte dinge gedoen. Hulle was korrup en vol geweld. Dit het die Here bedroef dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Hulle lewe was verrot. Daarteenoor lees ons dat die Here Noag begenadig het. Drie dinge staan op Noag se getuigskrif. Hy was regverdig, onberispelik en het naby God geleef.

God gaan die slegte mense verdelg! God gaan Noag en sy gesin red! Ons sien God se oordeel, maar ook sy genade in hierdie geskiedenis. Ons sien God se haat/toorn oor die sonde, maar ook sy groot liefde vir die gelowige. Die oordeel kom met die water van die sondvloed waardeur alle lewe op aarde vernietig is (behalwe die waterdiere). Lees vers 17 en18. Alles op aarde sal sterf. Die redding lê in die woorde: “Maak vir jou ’n ark ...”

Die Here begin as ’t ware voor met die skepping van lewe op aarde. In die ark is Noag en sy gesin en van alles wat leef, naamlik diere, voëls en krui-pende diere. God se redding begin van voor af. In Christus begin hy ook van voor af met jou. Jy word ’n nuwe mens wat verlos is van sonde, op pad na die nuwe hemel en aarde toe. Met groot ontsag bely ons dus (Ps 130:2):

“As U, o Heer, die sonde na reg wou gadeslaan, Wie sou een enkel stonde voor U, o Heer, bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees: daarom word U met bewing reg kinderlik gevrees.” Hoekom bou jy ’n skip op droë grond? Omdat jy glo en God gehoorsaam.

Sing: Psalm 130:1, 4

Dagstukkie Almanak 2006

Page 429: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

429

Maandag 4 Desember Skrifgedeelte: Genesis 22:1-19 Fokusgedeelte: Genesis 22:18

God die Heilige Gees gee vandag steeds geloof en gehoorsaamheid

God het met Abraham ’n verbond gesluit waarin Hy beloof het dat Hy sy nageslag so baie soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see sal maak. Dan beveel die Here hom egter om die seun van die verbond, waaruit hierdie nageslag gebore moes word, te gaan offer. En Abraham gehoorsaam in geloof.

Toe Isak vra waar die lam vir die offer is, antwoord Abraham dat God vir Homself die lam as ’n brandoffer sal voorsien. As Isak op die altaar lê en die engel Abraham keer om hom te dood, sien hy agter hom ’n ram – daar is die lam. God self voorsien soos Abraham geglo het, God sorg self vir die offer. Hy stuur ’n plaasvervanger in Isak se plek. Daardie plaasvervanger was egter uiteindelik nie die ram wat Abraham agter hom gesien het nie. Abraham sien op die berg in die land Moria ’n voorafskaduwing van Golgota. Waar is die lam? Johannes het na Christus gewys en gesê: Daar is die Lam van God, die Here sal voorsien! Dit wat God Abraham gespaar het, het Hy Homself nie gespaar nie. Hy offer sy Eniggebore Seun wat Hy liefhet, Jesus Christus. Hy wat uit die saad van Abraham, uit Abraham se nageslag gebore is tot seën vir die nasies, sodat hulle in Hom gered kan word.

Hierdie geloof en gehoorsaamheid wat Abraham hier openbaar, was nie ’n unieke geloof en gehoorsaamheid wat nie meer vandag gevind word nie. Dit is geloof en gehoorsaamheid wat die Heilige Gees aan hom gegee het, dieselfde geloof en gehoorsaamheid wat die Heilige Gees vandag nog aan ons ook gee. Ons deel in hierdie seën van die nasies, deur Christus uit die saad van Abraham. Sing: Psalm 105:4, 5

Ds. CJJ (Jaco) Putter (Potgietersrus)

Page 430: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

430

Dinsdag 5 Desember Skrifgedeelte: Genesis 49:1-2, 8-12 Fokusgedeelte: Genesis 49:9, 10

Christus maak ons konings wat God kan en moet loof

In hierdie gedeelte vind ons ’n profesie deur die Heilige Gees by monde van Jakob oor Juda. Juda het die eersgeboortesëen wat Ruben ontneem is, verkry. Hy was geroep as heerser oor sy broers en sy hand sou ook op sy vyand se nek wees. Uit sy geslag het die konings van Israel soos Dawid en Salomo gekom, wat leiding moes gee aan God se volk, en vyande onderwerp. Juda het egter nie hierdie seën verdien nie, hy het dit uit genade ontvang om (soos sy naam sê) die Here te loof. Jakob profeteer: Juda is ’n jong leeu, hy ontvang leeu-krag vir sy regeertaak oor sy broers en vyande. Tog kon Juda vanweë sy sondige aard nie die oorwinning vir sy volk en oor sy vyande be-haal nie, daarom is daar ’n “totdat” in sy seën ingebou. Die septer en die veldheerstaf sou van Juda nie wyk totdat Silo kom.

Die totdat is die grens van die mislukte koningskap in Israel en van die hele mensdom. Daarom sou Silo kom, wat ’n toespeling op Christus is. Openbaring 5 verkondig Hom as die ware Leeu uit Juda, wat as geslagte Lam staan. Leeu, omdat Hy as geslagte Lam aan die kruis gesterf het. Deur sy vernedering en soendood heen is Hy aan die regterhand van God verhoog, waar Hy as Hoof van die kerk ook die wêreld regeer. Hy is die ware Koning, die ewige Koning uit Juda, in Wie die Heilige Gees se profesie by monde van Jakob, volkome vervul is. Hy het die nasies aan Hom onderwerp. In en deur Hom alleen kan gelowiges uit alle volke, stamme en nasies uiteindelik ook konings wees, wat nou oor die sonde en duiwel heers, en ná hierdie lewe ewig saam met Hom regeer.

In en deur Hom alleen kan ons konings wees wat God elke dag deur die Heilige Gees se werking loof. Sing: Skrifberyming 2-3:1

Ds. CJJ (Jaco) Putter (Potgietersrus)

Page 431: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

431

Woensdag 6 Desember Skrifgedeelte: Numeri 24:10-25 Fokusgedeelte: Numeri 24:17

Christus verlig ons pad deur sy Gees en Woord

Die waarseêr Bileam moet Israel vloek, maar God lê op sy woorde beslag om Israel te seën. Hy profeteer dus deur die Heilige Gees in ons teks en sien die vestiging van Israel se koningskap wat uitloop op Christus: “’n Ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n septer kom uit Israel op ...”

Christus noem Homself die blinkende Môrster. Hy is die Lig wat vir die wêreld gekom het om ons deur sy ligtende Woord op al ons paaie te lei, en Hy skyn die helderste op die donker paaie van ons lewe. Ons as gelowiges het nie kunsmatige sterre met Kersfees nodig nie. Ons ken en dien die ware Ster uit Jakob, Jesus Christus, die enigste en ware lig wat die sondeduisternis in ons lewe en om ons deur die lig van sy Woord verjaag en ons so deur sy Gees lei.

Hy is egter ook die Septer uit Israel. Bileam profeteer hoe verpletterend en vernietigend sy septer sou neerkom op alle volke wat hulle teen die ryk van Israel en later teen die koninkryk van die hemel verset. Almal wat nie leef vanuit die lig en leiding van die Ster van Jakob nie, maar hulle teen Hom verset, gaan verplettering deur die Septer uit Israel tegemoet.

As ons egter lewe in die ware lig van die Woord deur die Heilige Gees, sal ons ons eerbiedig en gehoorsaam buig onder die septer van sy heerskappy en Hom as enigste Koning oor ons erken. Vir God se kinders is Christus se septer immers nie ’n ystere heerserstaf nie, maar ’n lieflike herderstaf om te lei na stille waters, veilig te lei, al gaan hulle ook deur donker doodskaduwees heen. Sing: Skrifberyming 4-7:2

Ds. CJJ (Jaco) Putter (Potgietersrus)

Page 432: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

432

Donderdag 7 Desember Skrifgedeelte: Deuteronomium 18:15-22 Fokusgedeelte: Deuteronomium 18:15

’n Profeet soos Moses

Moses was ’n besondere profeet gewees. Hy verduidelik God se verlos-singsplan vir Israel (Eks. 6:5 ev.), naamlik die uitredding van Israel uit die slawehuis van Egipte.

Moses word verder profeties geken as die een wat God se Wet aan Israel gegee en geleer het. Dit is die profetiese getuienis oor hoe mense wat deur God uit slawerny verlos is, voor Hom moet lewe (Eks. 20:2).

Tog was Moses ’n sondige man met bloed aan sy hande (Eks. 2:12) en was hy ongehoorsaam aan God se opdrag by Kades om met die rots te praat (Num. 20:12). Sy straf is dat hy nie die beloofde land sou binnegaan nie (Deut. 32:51, 52).

Tog belowe die Here in Deuteronomium 18:15 dat Hy weer ’n profeet soos Moses sal stuur. Hy sal selfs meer as Moses wees, want Hy sal nie alleen God se woorde in sy mond hê as ware profeet nie, maar ook volmaak gehoorsaam wees deur alles te sê wat God Hom beveel (vs 18).

Johannes kondig hierdie Profeet skugter aan (Joh. 1:45); ná Pink-ster spel Petrus dit duidelik uit (Hand. 3:22) en eindelik roep Ste-fanus dit uit voor ’n balhorige Joodse Raad en volk (Hand. 7:37). Dit is ons Here Jesus Christus!

Hy is baie meer as die profeet Moses (Heb. 3:3 ev.). Hy is ons hoogste Profeet wat die verlossingsplan van God vir sondaars ten volle bekend maak (HK Sondag 12). Hy red mense wat vasgevang sit in die slawehuis van hulle sonde deur vir hulle met sy bloed te betaal. Met sy geboorte word daar al gesê dat Hyself die Verlosser sal wees van sy volk se sondes (Matt. 1:21). Hy is volmaak gehoorsaam aan sy Vader se opdrag om Verlosser te wees tot die dood toe.

Vir verloste mense, mense wat onder die slawejuk van die sonde was, kom gee Hy sy Gees sodat hulle presies sal weet hoe om as verlostes te lewe. Hier-die heerlike verlossingswerk van God moet nou my en jou ganse lewe bepaal. Sing: Psalm 118:8, 10

Ds. TJ (Theuns) Potgieter (Port Elizabeth)

Page 433: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

433

Vrydag 8 Desember Skrifgedeelte: 2 Samuel 7 Fokusgedeelte: 2 Samuel 7:16

’n Ewige Koningskap

Nadat die Here vir Dawid rus gegee het van al sy vyande, en hy in ’n weelderige paleis bly, het Dawid die innige begeerte om vir die Here ’n huis bou. ’n Offerplek, aanbiddingsplek en gemeenskapsplek met die Here. Hy laat weet egter vir Dawid deur die profeet Natan dat Hy vir Dawid ’n geestelike koningshuis sal bou en sy koningskap sal altyd voortbestaan. Nie Dawid nie, maar God sal die inisiatief neem om die gemeenskap met Hom vir altyd daar te stel. Dit is ’n wonderlike belofte aan Dawid. Dit lyk asof hierdie belofte met die ballingskap van Juda en Israel vervaag. Dit is egter nie waar nie. Die Here maak nie beloftes en voer dit nie uit nie. Omtrent 1000 jaar later lees ons by die geboorte van Jesus Christus dat hierdie belofte vervul word wanneer daar van Christus gesê word: “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy ko-ningskap sal daar geen einde wees nie” (Luk. 1:32, 33). ’n Ewige koningskap!

Selfs heidene uit die Ooste erken sy koningskap as hulle in Jerusalem aan-kom en vra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is?” (Matt. 2:2). Toe Jesus gekruisig word, staan dit bokant Hom geskrywe: “Dit is Jesus, die koning van die Jode” (Matt. 27:37). Sy ewige koningskap kon nie deur graf en dood gekeer word nie. Hy betaal vir ons sondes. Hy heers oor die dood en sonde as Hy opstaan uit die dood en eindelik sy ewige koningskap prokla-meer: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde” (Matt. 28:18). So sal Hy as Koning kom op die wolke om met koningsmag te regeer. Op sy klere, by sy heupe, staan daar geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers” (Op. 19:16). Wat maak dit egter van my en jou? As Jesus die ewige Koning is, maak dit van my en jou ewige koningskinders. Vir altyd gekoop as sy eiendom deur sy bloed. God se beloftes aan Dawid oor ’n ewige koningskap geld vandag nog vir my en jou wat in Jesus Christus glo. Hy maak immers nie beloftes wat Hy nie kan hou nie. Die vraag is net: Glo ek en jy hierdie belofte? Sing: Psalm 99:1, 3, 5 Ds. TJ (Theuns) Potgieter (Port Elizabeth)

Page 434: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

434

Saterdag 9 Desember Skrifgedeelte: Psalm 89 Fokusgedeelte: Psalm 89:36-38

Die Here se verbondstrou en –liefde vergaan nie

Dit voel soms vir die mens asof die Here in sy verbondstrou teen hom gedraai het. Waarskynlik worstel Etan van Juda ook hiermee. Moontlik het ons hier die wegvoering van Juda in ballingskap tydens koning Jojagin se regering. Dit lyk of die Here sy verbondstrou teenoor die koningslyn van Dawid verbreek het.

Tog gryp die digter aan die Here se verbond vas, sy trou en liefde. Hy verwys vier maal na die verbond, ses maal na die Here se verbondsliefde (geset) en nege maal na sy verbondstrou (emet) terwyl hy 13 maal die Naam Jahwe, die Verbondsnaam, gebruik.

Te midde van al hierdie skynbare verbondsverlating van die Here, hou Etan steeds vas aan sy verbondsbeloftes. Hy herinner Hom selfs daaraan dat Hy ’n eed afgelê het dat Hy sy woord teenoor Dawid nie sal verbreek nie (vs 36).

Dit lyk met die verwoesting van Jerusalem asof die Here se verbondstrou en –liefde opgehou het om ’n ewige koninkryk te kom vestig. Dit is egter nie waar nie. Dis opvallend dat Matteus wat sy Evangelie vir die Jode skrywe, tydens die geboorte van Jesus Christus met ’n geslagsregister begin. En waar begin hy? “Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die Seun van Abraham” (1:1). Hy begin by die verbondshoof Abraham. God het sy verbond met Dawid nie vergeet nie! Trouens, Hy sal eerder sy eie Seun vergeet en teen Hom draai aan die kruis, as om van sy onverganklike ver-bondstrou en –liefde te vergeet. Dis sy onbreekbare verbondsbeloftes wat Christus in ons plek laat sterf.

Ons besef dit nie altyd nie, maar Kersfees is een stuk verbondstrou en –liefde teenoor sy kinders. As dit nie vir sy verbond met Dawid en die “Seun van Dawid” was nie, sou Kersfees nie moontlik wees nie.

As die wêreld so stukkend om ons is, ons dikwels so worstel met die pyn van hierdie lewe, dan herinner Kersfees ons dat God tog die God is van liefde en trou. Dat Hy deur Jesus Christus met ons ’n ewige genadeverbond gesluit het wat Hy nooit as te nimmer sal verbreek nie.

Page 435: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

435

Laat ons in donker dae hieraan vashou: Die HERE se onverganklike verbond, sy onverganklike liefde en trou in Jesus Christus vir elkeen wat in Hom glo! Sing: Psalm 89:2, 14

Ds. TJ (Theuns) Potgieter (Port Elizabeth)

Page 436: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

436

Sondag 10 Desember Skrifgedeelte: Psalm 2 Fokusgedeelte: Psalm 2:6 (1933/53-vertaling)

Dien die HERE en sy Gesalfde, alle mense!

Onrus en opstand. Dit klink soos die wêreld van vandag. Vers 2 sê waarop die opstand ten diepste gerig is – teen die HERE en sy Gesalfde!

Ons dink dadelik hier aan die Here Jesus. Tog is daar ander gesalfdes in die Bybel ook, soos koning Dawid. Wanneer so iemand gesalf is, was dit ook die teken dat die Heilige Gees kragtig in daardie persoon begin werk (1 Sam. 16:13). Die Heilige Gees rus hom toe en maak hom bekwaam vir sy werk as koning.

Elke gesalfde koning wat in Jerusalem geregeer het, het vooruitgewys na die koms van die volmaakte Koning! En uiteindelik is Hy gebore, Jesus Christus. Met sy doop is Hy met die Heilige Gees gesalf as ons ewige Koning (Matt. 3:16). Hy was as Seun van God volmaak geskik vir sy taak. Die HERE sê self oor Hom: “U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.” Vers 8 beskryf Hom as ons ewige koning op die hemeltroon en in vers 9 as koning wat oordeel en oorwin.

As volgelinge van Christus en daarom self gesalfdes met die Heilige Gees (HK Sondag 12) moet ons ons ewige Koning met ontsag dien. Ons moet ons volledige onderwerping en respek wys. Die gebruik was destyds om so ’n be-langrike persoon se voete te kus (vs 12).

Hierdie oproep gaan ook uit na alle regeerders en wêreldleiers. Dien die HERE en sy Gesalfde, alle mense! Sing: Psalm 2:6 (1936, tweede beryming)

Ds. AL (Abrie) Pelser (Bethlehem)

Page 437: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

437

Maandag 11 Desember Skrifgedeelte: Psalm 45 Fokusgedeelte: Psalm 45:7, 8

Ons moet as bruid die bruilofslied van ons Koning-Bruidegom sing!

Psalm 45, sê die opskrif, is ’n gedig. Die digter het die groot opdrag gekry om ’n gedig te skryf oor die bruilof van die koning, ’n lied van die liefde!

Wie die koning was, maak nie soveel saak nie. Dit gaan hier oor Iemand wat groter is as ’n gewone aardse koning en bruidegom. Ons sien dit alreeds in vers 7 waar die koning beskrywe word as ’n verhewe en goddelike wese. Sy troon staan vir altyd vas. Hy laat geregtigheid geskied. En dan volg die hoogtepunt in vers 8. God het Hom self tot koning gesalf. Die Hebreërskrywer haal die twee verse (Heb. 1:8, 9) aan en en maak dit direk van toepassing op Jesus Christus!

Die digter skryf dus nie maar net ’n mooi paslike gediggie nie. Hy skryf ’n gedig wat gaan oor dié koning wat Gesalfde van die Here is. Jesus Christus is met sy doop deur die Heilige Gees tot ons ewige Koning gesalf. Hy regeer vir altyd en Hy laat reg en geregtigheid geskied. Hy is ook die Bruidegom wat sy bruid versamel tot die ewige lewe! Die bruid is sy kerk. Ons ewige Koning moes egter veg vir sy bruid (vs 4-6). So groot is sy liefde vir haar dat sy bruid-skat sy eie lewe is. Let op sy trouklere wat met mirre, aalwyn en kaneel gegeur is (vs 9). Dit is die mengsel waarmee Jesus se liggaam gebalsem is (vgl. Joh. 19:39).

As bruidskerk van ons ewige Koning-Bruidegom word ons opgeroep om die bruilofslied te sing in afwagting en verlange na sy koms. Sing: Psalm 45:1, 6 (1936)

Ds. AL (Abrie) Pelser (Bethlehem)

Page 438: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

438

Dinsdag 12 Desember Skrifgedeelte: Psalm 110 (1933/53-vertaling) Fokusgedeelte: Psalm 11:1

Ons is gewillig in ons diens aan ons Priester-Koning

Psalm 110 is waarskynlik tydens kroningsplegtighede in die vroeë Israel gesing. Die inleidingswoorde: “Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ’n voetbank vir u voete”, dui al daarop dat die koning wat die ereplek inneem en gekroon word, Christus is! God die Vader praat met sy Seun, wat Dawid “my Here” noem.

Die Psalm gee ’n kort oorsig oor die hele evangelie. Die Seun van God, gesalf deur die Heilige Gees tot ewige Koning, het sy koningswerk hier op aarde afgerond toe Hy die vyand onderwerp en uit die dood opgestaan het. Daarna het Hy opgevaar na die hemel en as oorwinnaarkoning aan God se regterhand gaan sit, totdat Hy weer sal terugkeer. Dan sal Hy sy septer as teken van mag oor die heelal uitsteek. Al sy vyande sal verslaan word en almal sal voor Hom buig.

As deel van dié koms van die koninkryk word die kerk as die koning se onderdane opgeroep tot diensplig. Daar staan in vers 3: “U volk sal baie ge-willig wees op die dag van u krygsmag.” Hierdie dag van krygsmag strek van Jesus se hemelvaart tot met sy wederkoms. Ons moet dus as kerk die stryd op aarde voortsit.

Die Heilige Gees help ons daarin. Hy maak ons gewillig in ons diens. Geklee in heilige feesklere wat dui op toegewyde diens, moet ons ons koning wat ook priester is, getrou navolg in ons diens en aanbidding. Ons moet daarin volhard, tot ons Koning-Priester terugkom en al sy vyande finaal verslaan. Sing: Psalm 110-3:1-3

Ds. AL (Abrie) Pelser (Bethlehem)

Page 439: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

439

Woensdag 13 Desember Skrifgedeelte: Jesaja 8:23 – 9:6 Fokusgedeelte: Jesaja 9:1

Die Verbondsgod verander duisternis in lig

Die verbondsvolk het in donkerte geleef. Hulle was self die rede vir die donker in hulle lewe. Hulle het teen die heilige God gesondig. Die profeet Jesaja het in sy profesie met die deur in die huis geval: “Ellende wag vir julle, sondige nasie, volk met skuld belaai, geslag wat verkeerd handel, julle wat net afbreek, wat My, die Here verlaat het, My, die heilige van Israel verag en vir My die rug gedraai het” (Jes.1:4.)

Die genadige Verbondsgod stuur sy profeet Jesaja, ten spyte van die verbondsvolk se sonde, ook met ’n wonderlike verlossingsboodskap. Jesaja se naam beteken die Here is redding, en die woord deur Jesaja gebring, was ’n reddingswoord: “Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien” (Jes.9:1.) Hierdie lig was ’n Seun, die Seun van God wat gebore sou word en die verbondsvolk sou red.

Kyk ons vandag om ons, is dit nie moeilik om die donker waarin ons leef, raak te sien nie. Sonde is oral om ons, ons eie sonde en dié van die sondige wêreld. Ons sonde maak dit donker in ons lewe. Ons is nie by magte om die donker te laat weggaan nie.

Ons Verbondsgod verander die donker in lig. Sy Heilige Gees laat ons met geloof terugkyk na sy Seun wat ons aan die kruis gered het. Die Heilige Gees laat ons ook uitsien na die wederkoms van die Seun van God, wanneer ons finale redding volmaak geopenbaar sal word en ons by God, ons Ewige Lig sal wees. Sing: Skrifberyming 51/3-1:1, 3

Ds. PJ (Johan) Nel (Akasia)

Page 440: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

440

Donderdag 14 Desember Skrifgedeelte: Jeremia 23:1-8 Fokusgedeelte: Jeremia 23:5, 6

Die Spruit van Dawid herstel ons verhouding met God

Die verbondsvolk het misluk. Juda het die Here verlaat. Hulle godsdiens het oppervlakkige vormgodsdiens geword. Hierdie mislukking was katas-trofies. Die konings van Juda, die profete en die priesters het almal deel gehad in hierdie mislukking. Almal het die straf en oordeel van die Here verdien.

Ook ons mislukking wys in ons sonde. Verbondskinders oortree vandag steeds die Here se Wet – verbreek al sy gebooie. Die kerk van Christus se stem is dikwels stil in ons land. Die vrees van die Here en die eer van die Here, dit soek die verbondskinders nie meer nie. Die ampsdraers staan saam met die ander verbondskinders skuldig voor die Here.

Die Here is die genadige en getroue Verbondsgod. Hy laat sy verbondsvolk nie op die weg van totale vernietiging gaan nie. Hy bly getrou aan sy verbondsbelofte. Hy verseker Juda van ’n nuwe toekoms. Hierdie nuwe toekoms word werklikheid deur ’n Spruit uit die nageslag van Dawid. Hierdie Spruit sal die verhouding met God weer herstel en die verbondsvolk regeer.

Christus is hierdie Spruit. Hy herstel ons verhouding met God deur sy dood en opstanding. Hierdie herstelde verhouding met God is nie vir almal nie, maar net vir die mens wat van die Heilige Gees ware geloof in Christus ontvang. In so ’n gelowige werk die Heilige Gees bekering.

In die krag van die Heilige Gees kan en moet elke ware gelowige ’n lewe van bekering leef. Deur bekering verander ’n lewe van mislukking in ’n nuwe lewe met God en vir Hom. Sing: Psalm 38:1, 17 (1936)

Ds. PJ (Johan) Nel (Akasia)

Page 441: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

441

Vrydag 15 Desember Skrifgedeelte: Sagaria 6:9-15 Fokusgedeelte: Sagaria 6:12, 13

Deur Christus word die tempel van die Here weer opgebou

Die verbondsvolk het uit hulle ballingskap teruggekeer. Terug in die beloofde land moes die tempel van die Here weer herbou word. Aanvanklik het hulle met geesdrif begin om die tempel te herbou. Na ’n tyd het beproe-wings en onderlinge onenigheid die verbondsvolk moedeloos gemaak. Hulle het die tempelbou gestaak. Sonde het die herbou van die tempel verhinder. Die Here het Sagaria gestuur om ernstig te preek teen die verwaarlosing van sy tempel.

Die tempel van die Here – wat of wie is die Here se tempel? God leer ons in sy Woord dat die tempel van die Here baie meer is as byvoorbeeld net ’n kerkgebou. God woon in elke gelowige. Elke gelowige is nou tempel van die Heilige Gees (1 Kor. 6:19.) Sonde verhinder die opbou van die tempel van die Heilige Gees. ’n Wettelose en losbandige lewe breek die tempel van die Here af. Wegdwaal van die Here of ’n gebrekkige verhouding met Hom verhinder die opbou van die Here se tempel.

Sagaria het ook genade aan die verbondsvolk verkondig. Die Here sou ’n Koning en Priester stuur. Hierdie Koningpriester sou die tempel herbou en die verbondsvolk regeer.

Christus is ons Priesterkoning. Hy herbou, herstel ons as die tempel van die Here deur sy dood en opstanding. Hy regeer ons deur sy Heilige Gees. Wanneer ons ons deur die Heilige Gees laat beheers en nie deur ons sondige natuur nie (Gal. 5:16, 17), word die tempel van die Here, elke ware gelowige, opgebou om vir Christus te leef! Sing: Psalm 84:5, 6

Ds. PJ (Johan) Nel (Akasia)

Page 442: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

442

Saterdag 16 Desember (Geloftedag) Skrifgedeelte: Psalm 9:1-11 Fokusgedeelte: Psalm 9:11 (1933/53-vertaling)

Wie Hom soek, verlaat Hy nie!

Hierdie Psalm is 3000 jaar gelede deur die geïnspireerde Dawid gedig. Hoeveel maal is dit sedertdien in krisistye gelees en gesing? Dalk ook deur ú. Dalk rondom die gebeure by Bloedrivier.

Dis ’n danklied van Dawid. Saam met sy volk wil hy die Here loof vir groot uitredding op ’n nasionale vlak. Daarom dra dit ook ’n besondere boodskap by die viering van Geloftedag.

Hoe tasbaar is die Here se goedheid ervaar. Dat wanneer Hy verskyn, die vyand verdwyn. Let op die mooi beskrywing: Die vyand retireer voor die Here. Hulle struikel. Dan kom hulle om – vers 4.

Tog het Johannes Calvyn gewaarsku dat mens God nie mag versoek nie. Nie mag verwag dat Hy sal uitred wanneer ons Hom met sondigheid probeer vermoei nie. Of dat ons maar op ons louere mag rus en verwag dat Hy as’t ware in ons diens is nie. Nee, ook in sy verhoring is daar ’n faset van ons eie heil uitwerk. Ook óns kant bring.

Hy verhoor naamlik wie Hom ken. Só ken dat daar ’n innige, persoonlike verhouding is. Vertroue op Hom. Dis genade op sigself. Ons kan Hom slegs ken omdat Hy Homself aan ons kenbaar wou maak. Op grond van die versoening van ons sondes deur Jesus Christus, en deur sy Gees by ons intrek geneem het. En ons gees laat getuig dat ons kinders van God is en Hy om Christus wil ons Vader is.

Dáárom dat Hy wie Hom soek, nooit sal verlaat nie! Sing: Psalm 9:1, 7

Ds. CJ (Cornel) Nagel (Messina)

Page 443: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

443

Sondag 17 Desember Skrifgedeelte: Maleagi 2:17 – 3:5 Fokusgedeelte: Maleagi 3:1

Wat beteken die Here se koms regtig vir jou?

Die laaste en duidelikste Godspraak aan Israel oor die koms van die Messias. Geen ander bring die menslike faktor sterker aan die lig nie. By die mens is dit dikwels: God, ja, godsdiens, ja, maar wat kry ék daaruit? Hoe baat dit my? En deesdae al meer: Hoe vermáák dit my?

Israel het ongeduldig geraak met God. Wanneer kom Hy om sy beloftes te bewaarheid? Om al die onreg te straf? Waarom laat Hy toe dat die goddelose floreer? Hulle gaan van krag tot krag. Die Here het ’n behae in kwaaddoeners, sê Israel.

Maleagi bestraf die volk. Hulle vermoei die Here met hulle praatjies. Dan antwoord God self met hierdie Godspraak. Die Messias gáán kom. ’n Wegbereider sal dit voorberei. Dan, skielik sal Hy kom.

Sal húlle, so begaan dat Hy die goddelose moet straf, self kan standhou as Hy kom? Om die kwaad te verteer soos Hy deur die beeld van vuur en seep verduidelik?

Mag hierdie Godspraak ons Kersviering verdiep. Om tussen die menslike faktore deur te begryp: ons God is nie weg nie. Hy is selfs nie ver nie. Hy talm ook nie. Soos ons môre gaan hoor, is Hy elke dag besig om alles vir die weerkoms van sy Seun voor te berei. Hy het nie net gekom om ons sonde te versoen nie, om deur sy Gees by ons intrek te neem om ons te heilig nie. Ons Here Jesus Christus kom wéér. Dís die groot realiteit in ons aanbidding. Dit verg vóórbereiding. Sing: Skrifberyming 7-1:1, 3

Ds. CJ (Cornel) Nagel (Messina)

Page 444: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

444

Maandag 18 Desember Skrifgedeelte: Galasiërs 4:1-15 Fokusgedeelte: Galasiërs 4:4, 5

Christus gestuur om ons God se vrye kinders te maak

Jong kinders is op dieselfde vlak as werkers. Al mag hulle eendag alles erf, nóú het hulle ewe min reg daarop. Boonop is kinders ewe gebonde aan reëls en regulasies.

Vaders/ouers het besluit wanneer kinders volwasse word. ’n Groot geleent-heid. Romeine het dit as liberalia, vrywording gevier. ’n Griekse seun het ’n epoba geword, ’n kwekeling onder staatsopleiding. Vir Joodse seuns was en is dit bar (seun) mitzvah (van die wet). Voortaan self verantwoordelik vir wets-onderhouding.

Teen hierdie agtergrond verduidelik Paulus aan die Galasiërs: Toe die tyd van God die Vader se eeuelange voorbereiding vol was, het Hy sy Seun vir die bevryding van sy kinders gestuur. Christus, self God, het nou sy Seun geword, soos Psalm 2:7 al voorsien het en Matteus 3:17 en Handelinge 13:33 verdui-delik. Gebore uit Maria, het Hy ook ’n mens geword. Van sy geboorte af het Hy God se wet gehoorsaam. So het ons Vader self ons Bevryder beskik wat aan al sy vereistes voldoen (HK v/a 15). Hy het alles om ons, ook God se kin-ders wat onder die wet was, verlos.

Hierdie woord is so mooi. Soos iemand wat na ’n slawemark gaan en onder-handel om ’n slaaf te koop. Hom/haar dan uitlei en vrylaat. Dís waarvoor Christus gekom het.

Nou skryf Paulus dat ’n jong kind in ’n huis niks beter af was as die slawe in die huis nie. Almal was onder reëls en regulasies. Niemand was vry nie. Maar toe Christus kom, het Hy hulle vryheid gekoop. Hulle tot kinders ver-klaar. Statusverandering. Vry om hulle erflating te ontvang en geniet. Sing: Psalm 2:4, 6

Ds. CJ (Cornel) Nagel (Messina)

Page 445: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

445

Dinsdag 19 Desember Skrifgedeelte: Lukas 1:5-25 Fokusgedeelte: Lukas 1:17

Is jy voorbereid vir die Here se koms?

In die Antieke Wêreld is ’n boodskapper voor ’n koning uitgestuur om die inwoners van die land op sy koms voor te berei. Sagaria en Elisabet se seun, Johannes, was bestem om die Messias se voorloper te wees. Sy geboorte-aan-kondiging is die vervulling van verskeie Ou-Testamentiese profesieë (Jes. 40:3; Mal. 3:1).

Johannes sou voor die Here uit gaan “in dieselfde gees en krag as Elia”. Maleagi 4:5-6a het voorspel: “Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag. Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen …”

Elia was ’n prominente figuur in die Ou Testament. Min ander het soveel krag van God ontvang. Sonder huiwering het hy sondaars gekonfronteer. God se oordele aangekondig. Ryk of arm, koning of slaaf, priester of soldaat, maak nie saak nie, Elia het gepreek! Op sy bevel het dit vir drie en ’n half jaar nie gereën nie. In antwoord op sy gebed het God vuur uit die hemel gestuur op Karmel. Vreesloos en moedig het hy sy profetiese roeping uitgevoer.

As ons aan Elia dink, dink ons dadelik aan Johannes. Daar was baie ooreenkomste: sy klere, sy kos, sy woonplek in die woestyn en sy vurige preke. Johannes was egter selfs nog groter as Elia. Jesus getuig: “Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter as Johannes is nie” (Luk. 7:28).

Waarom was Johannes so groot? Lukas 1:17 dra die sleutel! Die Doper het uit gegaan “in dieselfde gees en krag as Elia”. Dit was God se krag wat in en deur hom gewerk het. Dit was die Almagtige wat hom voor sy geboorte al met die Heilige Gees vervul het. Alles wat hy gedoen het, getuig van krag. Hy het nie geskroom om God se Woord te verkondig nie. Nie gehuiwer om mense oor hulle sondes te vermaan nie (Luk. 3:7). Hy was nie bang vir soldate nie (Luk. 3:14), het selfs koning Herodes oor die kole gehaal (Luk. 3:19). Vir almal wat wou luister, het hy gepreek: “Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe” (Luk. 3:2). Ken ek en jy die krag van die Heilige Gees in ons lewe?

Johannes se opdrag was om die volk vir Koning Christus se koms gereed te maak. Wat het hierdie voorbereiding behels? Hoe lyk ’n volk, ’n gemeente,

Page 446: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

446

wat voorbereid is? Twee woorde: versoening en bekering! Mense wat met mekaar en God versoen is. Mense wat in liefde en vrede met God en naaste leef. Ongehoorsames wat hulle tot God bekeer en getrou op sy Koninkryks-weg bly (Luk. 1:17). Dis presies waarvoor Jesus Christus gestuur is. Dit alles het Hy volmaak volbring! Wat ’n genade!

Is ek en jy gereed vir die Here Jesus se koms? Nie net nou in die Kersgety nie, maar is ons gereed vir sy wederkoms? Mag die Heilige Gees ons waarlik voorberei en gereedmaak. Sing: Skrifberyming 8-1:2

Ds. CJ (Innes) Nagel (Louis Trichardt)

Page 447: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

447

Woensdag 20 Desember Skrifgedeelte: Lukas 1:26-38 Fokusgedeelte: Lukas 1:35, 37

God se krag maak alles moontlik!

Maria het Gabriël se goeie tyding van harte geglo, tog was daar ’n vraag in haar hart: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ’n man gehad het nie?” (vs 34). ’n Eerlike vraag. ’n Goeie vraag. Nie net gee die engel ’n antwoord nie, ook bied hy ’n teken wat God se belofte bevestig: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God” (vs 35).

Die Heilige Gees sou haar oorskadu. Hierdie is Ou-Testamentiese taal wat ons herinner dat die Heilige Gees van die begin af aktief betrokke is by alles wat God doen. By die skepping het die Heilige Gees die waters “oorskadu” (Gen. 1:2). In die woestyn het die Heilige Gees die tabernakel in heerlikheid bedek as ’n teken van God se heilige teenwoordigheid (Eks. 40:35 ev.). Later sou die Heilige Gees die Messias salf en toerus vir sy dienswerk.

Deur die krag van die Heilige Gees het Jesus versoening vir sondes bewerk (Heb. 9:14). Deur die krag van die Heilige Gees is Christus uit die dood opge-wek (Rom. 1:4). Die Here Jesus stuur die Gees om sy gemeente te oorskadu en met krag toe te rus (Hand. 1:8). Dit is deur die krag van die Heilige Gees dat ons Jesus Christus vandag mag ken, aanbid en verheerlik. Van die begin af het die Heilige Gees God se kinders, sy gemeente, koesterend oorskadu en saam met die Vader en die Seun meegewerk tot ons verlossing. Wat ’n heer-like vreugde!

Maria kry ook ’n teken. God beskik oor lewe. Hy beskik oor die moeder-skoot. Elisabet, ’n onvrugbare vrou, word op gevorderde leeftyd swanger. Dis ’n wonder! Maria sal egter ’n groter wonder beleef! Sy, ’n maagd, sal geboorte skenk aan die Verlosser van die wêreld! O, geseënde vrou!

Hoe is dit moontlik? Maria se vraag weerklink tot vandag. Onthou altyd, niks is vir God onmoonlik nie!

Is daar iets in jou lewe wat onmoontlik lyk? Jou sonde, ’n stukkende ver-houding, siekte, finansiële uitdagings, jou werk, studies, lyding? Onthou, niks is vir God onmoontlik nie! Hy is die God van die maagdelike geboorte. Hy is

Page 448: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

448

die God wat die onmoontlike doen. Hy is die Allerhoogste en Almagtige God wat deur sy Heilige Gees in jou en my lewe werksaam is. Sing: Psalm 47:1, 4

Ds. CJ (Innes) Nagel (Louis Trichardt)

Page 449: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

449

Donderdag 21 Desember Skrifgedeelte: Matteus 1:18-25 Fokusgedeelte: Matteus 1:21, 23

Immanuel – God by ons!

“Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam Jesus beteken “die Here red” of “verlosser”. Die Here verlos sy kinders op verskeie maniere: skenk voedsel aan die hon-geriges, genees siekes, vertroos gebrokenes van hart … Baie het gehoop dat die Messias Israel sou verlos van Romeinse oorheersing.

Gabriël word gestuur om God se eintlike agenda aan te kondig. Christus sou kom om God se volk van hulle sondes te verlos. Sonde is tog die eintlike wortel van alle kwaad, gebrokenheid en ongeluk. Sonde het ook afstand, ja, verwydering tussen God en mens gebring. Die volmaakte harmonie versteur, die kosbare porselein van versoening, vrede en liefde in skerwe laat spat.

Die geboorte van die Here Jesus is die bewys en bevestiging dat God met ons is. Hy is altyd by ons. Nooit kan ons sy teenwoor-digheid ontvlug nie (Ps. 139:7-9). Ons kan wel probeer om God te ignoreer, sy bestaan te ontken, Hom te verloën, erger nog, selfs te laster, maar Hy gaan nooit weg nie. Sy soe-wereine heerskappy strek oor sy ganse skepping. Hy is alomteenwoordig.

In ons fokusverse beklemtoon Matteus die feit dat God besluit het om met Jesus se geboorte op ’n nuwe wyse in die geskiedenis van die wêreld in te gryp. Drie keer in Matteus word ons op die hart gedruk dat Jesus –Immanuel– God by ons is! Heel aangrypend! Aan die begin (1:21), in die middel (18:20) en aan die einde (28:19-20) van die eerste evangelie. Wat ’n heerlike troos om te weet dat God altyd by en met ons is!

Wanneer jy eensaam voel, wanneer jy op ’n siekbed lê, as jou hart in stukke wil breek, as jy voel dat die lewe se uitdagings te veel word, as jy bang en verward en moedeloos is … gryp vas aan die troos … Immanuel, God is by ons!

Mag ons dit hierdie Kersgety besonder ervaar, deur die wonderlike werk, krag en nabyheid van die Heilige Gees. Ja, selfs nog nader – God in ons! Sing: Psalm 34:1

Ds. CJ (Innes) Nagel (Louis Trichardt)

Page 450: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

450

Vrydag 22 Desember Skrifgedeelte: Markus 1:1-8 (1983-vertaling) Fokusgedeelte: Markus 1:8

Hy wat ná Johannes kom, doop met die Heilige Gees

“Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só,” sê Markus. Dan vertel hy van die lewe en werk van Jesus, wat die begin van ’n blye boodskap is wat deur die hele wêreld sou gaan.

Voor Hom was daar Johannes die Doper, wat die pad van die Gestuurde van God kom reguit maak het. (Mal. 3:1) Die waterdoop van Johannes het die pad oopgemaak vir die doop met die Heilige Gees waarmee Christus sou doop. Die waterdoop is die simbool van die afwassing van sondes. Die doop met die Heilige Gees is die voltooiing en bevestiging van die vergifnis van sondes. Dit kan alleen gebeur wanneer die langverwagte Christus gekom het.

In die tyd wat ons as Kersfees ken, het Hy in ons wêreld ingebreek. Hy wat kom red, die Verlosser, is die Een wat hierdie blye Boodskap bring. Hy sou die Heilige Gees bring vir en oor alle gelowiges, om van Jesus te vertel (Joël 2:28; Hand. 1:8). Die Heilige Gees laat ons ook die gebooie van God gehoor-saam (Eseg. 36:26).

Wie in Jeus Christus glo, het die Heilige Gees ontvang. Nou kan jy begin vertel van Jesus Christus aan wie ook al mag hoor. Soms stel ons die Heilige Gees teleur en is ons ongehoorsaam aan Hom. Die Heilige Gees is die Een wat ons wil troos, leer en lei. Hy is vir altyd met ons tot by ons dood, of tot by die wederkoms.

Glo jy in Jesus Christus? Dan is jy met die Heilige Gees gedoop. Sing: Skrifberyming 12-3:2 4

Ds. JF (Koos) Mouton (Potchefstroom-Mooirivier)

Page 451: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

451

Saterdag 23 Desember Skrifgedeelte: Hebreërs 2:10-18 Fokusgedeelte: Hebreërs 2:17

’n Gesin met God as Vader en Jesus Christus as ons oudste broer

God, die Vader, het beplan dat sy kinders, die gelowiges, die hemelse heerlikheid sal beërf. Ons onreinheid diskwalifiseer ons om voor God te kan staan. Daarom moet ons eers van die sonde gereinig word.

God ruim hierdie probleem op ’n besondere manier uit die weg. Sy Seun, Jesus Christus, kom na die aarde met Kersfees, en sterf om ons van die sonde skoon te maak. Jesus is ons oudste broer en sy dood kom ons almal ten goede. Nou kan ons voor God staan, want Jesus het aan ons in elke opsig gelyk geword, behalwe dat Hy geen sonde gehad of gedoen het nie.

Verder, toe Hy na ons gekom het, het Hy ook die mag van die duiwel en al sy trawante verbreek. Die duiwel is nou soos ’n gekweste leeu, baie gevaarlik, maar sy einde is seker. By Christus se wederkoms sal hy finaal verslaan word. Ons hoef nie vir die dood bang te wees nie.

Vrees vir die dood kan jou soos ’n slaaf vasbind. Juis hierdie angs vir die dood het Jesus kom wegneem. Hy is vir ons ’n barmhartige en getroue hoë-priester. Hy het ’n warm hart vir ons. Die priester het in die Ou Testament vir die mense offers gebring. Jesus het sy lewe vir ons geoffer sodat ons nou as verlostes voor God kan staan.

Glo daarom dat God jou kan help wanneer jy in versoeking kom, omdat Jesus, as mens, deur Satan versoek is. Hy weet wat versoeking is. Sing: Skrifberyming 12-3:1, 2, 3

Ds. JF (Koos) Mouton (Potchefstroom-Mooirivier)

Page 452: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

452

Sondag 24 Desember Skrifgedeelte: Lukas 2:8-14 Fokusgedeelte: Lukas 2:11

Hoor vandag ’n goeie tyding!

Herders hoor eerste van die geboorte van Jesus Christus. In die tyd van Christus is hulle as die laagste in die samelewing beskou. Daar is op hulle neergesien. So werk die Koning: Hy kom om die nederiges en veragtes in die samelewing te red en op te hef.

’n Engel van die Here, dit wil sê ’n boodskapper van God, kom sê dit vir hulle: ’n goeie boodskap van groot vreugde. Ons hoor dit as evangelie, Blye Boodskap. Met die aankondiging is Hy nog ’n klein Kindjie in die stad van Dawid. Later sal sy koningskap egter na vore kom, want Hy is “die Verlosser, Christus, die Here”.

Christus beteken “Gesalfde”. Hy is die Gestuurde van God om iets besonders te kom doen. Om in die middel te kom staan, eintlik te hang, aan die kruis tussen ons en God. ’n Teken word gegee – in Bethlehem sal die skaapwagters ’n Kindjie in ’n krip vind. Dit is so heeltemal anders as wat ’n mens sou kon dink. Nie in ’n plaleis van ’n koning nie, maar in ’n stal. Dan breek die hemel oop met ’n lofsang van engele: “Eer aan God ...”

Christus het gekom na ons! In ’n nederige gestalte. Vir nederiges en vir mense wat niks van hulleself verwag nie, maar alles van God. VANDAG is hierdie Woord nog vir ons ’n Blye Boodskap.

Wanneer jy dan môre Kersfees vier, dink dat Christus vir jou gekom het. Dis ook ’n boodskap vir nou, VANDAG. Sing: Skrifberyming 4-6

Ds. JF (Koos) Mouton (Potchefstroom-Mooirivier)

Page 453: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

453

Maandag 25 Desember (Christusfees) Skrifgedeelte: Filippense 2:5-11 Fokusgedeelte: Filippense 2:6-8

Wees soos Jesus!

Jesus het mens geword. Op watter datum weet niemand. Tog word dit wêreldwyd op 25 Desember gedenk. Onthou vandag egter nie net Jesus se menswording nie. Nee, luister hier: “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.” Die gesindheid wat uitstaan, is sy nederigheid. Twee maal lees ons: “Hy het Homself verneder ...”

Hy het Homself verneder deur mens te word. Maar ook deur die kruisdood. Net as mens kon Hy Verlosser wees. Van die gestalte van God afstand gedoen en die gestalte van ’n slaaf aangeneem. Hy het nie aan sy Godgelyke bestaan vasgeklem nie. Vrywillig het Hy prysgegee. Dit het groot vernedering gekos!

Volg Jesus daarin na. Ons klou soms so krampagtig aan ons status. ’n Fariseërsgesindheid is partykeer meer sigbaar. Ons is trots op ons goeie dade in die kerk, maar dan dikwels daardie waar ons hande nie vuil en ons status nie benadeel word nie! Mense wil ook graag erken word vir hulle posisie in die samelewing. Eerder in ’n kantoor werk as die skoonmaker van openbare toilette.

Om soos Jesus te wees, beteken egter: Klim van jou troontjie af en dien soos ’n slaaf – al doen jy ’n belangrike werk in die kerk of samelewing.

Hy verwag egter nog meer. Dat ons, soos Hy, ons kruis sal opneem. Dit het Jesus se gehoorsaamheid gevra. So ook van ons. Sterf in jouself, leef in Hom! Opregte Christelike liefde vra opoffering van jou eie wil en voorkeure. Stel ander se belange eerste. Sing: Skrifberyming 15-1 (2003)

Dr. WC (Callie) Opperman (Windhoek-Suid)

Page 454: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

454

Dinsdag 26 Desember Skrifgedeelte: Sagaria 9:9-10 Fokusgedeelte: Sagaria 9:9

Die Koning kom op ’n donkie! Regverdig, Oorwinnaar en nederig

Verlossing en vrede word aangekondig. Jou Koning kom! Hy sal op ’n koninklike rydier, die donkie-hingsvul, die stad Jerusalem binnery. Daar word ’n paar eienskappe aan die koning op sy hingsvul gekoppel: Hy is regverdig, want hy leef in die regte verhouding met God. Hy sal oorwinnaar wees en Hy bring vrede vir die nasies. Hy is nederig, daarom is daar ’n hegte band tussen hom en sy onderdane. Ook die geringes en diegene wat hulp nodig het, word raakgesien en tegemoetgekom.

Vir Sagaria se tyd het dit hoop gegee op die versoening tussen die ver-skeurde twee ryke van die volk van God, Juda en Israel. ’n Koning wat in nederigheid kom, maar tog met gesag, sou dit bewerk.

Wanneer Jesus eeue later Jerusalem triomfantelik wil binnegaan, dan gee Hy sy dissipels opdrag om ’n donkie en haar vul op te kommandeer. Daarop ry Hy die Dawidstad binne met die skare wat skreeu: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” (Matt. 21:9). So gaan die profesie van Sagaria in vervulling. Hy is die Messiaskoning, wat met gesag gekom het. Hy vestig sy koninkryk in nederigheid, maar met beslistheid.

Wanneer ons die koms van Christus as Verlosser gedenk, smag ons steeds na vrede. Tussen Christene, tussen regerings, in gesinne, oral waar onvrede gedy. Vir ons lyk vrede dalk onmoontlik, maar ons moet ons in nederigheid, regverdigheid, met oorwinningskrag van die Gees, daarvoor beywer. Met die sekerheid dat Jesus as Koning weer sal kom om volmaakte vrede te bring. Sing: Psalm 48-1:1

Dr. WC (Callie) Opperman (Windhoek-Suid)

Page 455: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

455

Woensdag 27 Desember Skrifgedeelte: Markus 1:9-15 Fokusgedeelte: Markus 1:15

Die tyd van die koninkryk is hier!

Ingrypende gebeure word beskryf, nie net vir die man van Nasaret nie, maar vir die koninkryk van God en die hele mensdom. Jesus se openbare optrede het pas begin. Hy dring aan om deur Johannes gedoop te word. Daarmee saam is die hemelse aankondiging: “Jy is my geliefde Seun. Oor jou verheug Ek My” (1:11). Dan slaan die teëkoning, Satan, toe. Hy versoek Jesus om op ’n ompad-manier koning te word. Jesus weerstaan die versoekings.

Nou was die tyd ryp vir Jesus se gesagvolle optrede. Hy kondig die ko-ninkryk van God aan. Hy is self Koning, wat ’n nuwe tydvak inlui. “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom” (1:15). Dit is die evangelie wat Jesus bring, die blye boodskap dat die Koning hier is (1:14). Die profesieë oor die Messiaskoning, die Verlosser, het in vervulling gegaan.

Die koninkryk van God was nog altyd daar. Nou word dit egter sigbaar. Jesus dryf duiwels uit, maak siekes gesond, preek met gesag, en oorwin uiteindelik die dood, nadat sy verlossingswerk aan die kruis volbring is. Die koninkryk het deurgebreek en sal soos ’n mosterdsaad groei totdat Jesus weer kom.

Intussen is Jesus se sterk appèl: “Bekeer julle!” “Glo!” Dit is ’n dringende oproep. Ons kan dit nie ignoreer nie. Bekering hou in om Jesus as Christus te erken en in die geloof te aanvaar. So kry jy deel aan sy koninkryk. Verder moet ons aan die Koning gehoorsaam wees en Hom volg.

Doen dit! Daadwerklik! Met oortuiging! Sing: Psalm 145-1:1, 12

Dr. WC (Callie) Opperman (Windhoek-Suid)

Page 456: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

456

Donderdag 28 Desember Skrifgedeelte: 1 Timoteus 2:1-7 Fokusgedeelte: 1 Timoteus 2:5, 6

Bid tot God op grond van die werk van Jesus dat alle mense tot geloof moet kom

Was die afgelope Kersfees ’n fees van Christus as die enigste Middelaar

tussen God en mens? Of was dit ’n fees van die verbruikerskultuur waar die mens sy waarde meet in die aantal geskenke wat hy ontvang of gee? Wat kan u daaraan doen dat Christus as die enigste Middelaar tussen God en mens erken en eerbiedig word?

U word opgeroep om daarvoor te bid. In Paulus se pastorale brief aan Timoteus gee hy onderrig oor die gebed en roep alle gelowiges op om te bid vir die verlossing van alle mense en dat hulle tot die volle waarheid moet kom. Hy dring baie sterk daarop aan dat die gelowigs moet bid. U gebed moet almal insluit, en niemand uitsluit nie, selfs nie eers korrupte regerings en leiers nie.

Hy begrond sy oproep tot gebed in die feit dat daar net een God is (vgl. Deut. 6:4) en net een Middelaar tussen God en mens. Dit is Jesus Christus wat mens geword het en homself as losprys geoffer het vir almal.

God wil dat almal tot geloof moet kom. Daarom moet daar gebid word vir regerings sodat almal ’n stil lewe kan lei in toewyding aan God. Wanneer die gelowiges leef in toewyding aan God in alle eerbaarheid onder leiding van die Heilige Gees, sal hulle deur woord en daad die evangelie uitdra.

Bid in gehoorsaamheid tot God en sluit almal in. So sal die kerk van die Here in die volgende jaar groei tot lof van sy heerlikheid en u gebed sal Hom verheerlik. Sing: Skrifberyming 15-1:1, 3

Prof. SJ (Sarel) van der Merwe (Emeritus)

Page 457: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

457

Vrydag 29 Desember Skrifgedeelte: Jesaja 62:1-12 Fokusgedeelte: Jesaja 62:11, 12 Christus kom weer: Leef heilig toegewyd aan Hom sodat u leefstyl ander

tot geloof roep

Aan die einde van 2017 wag ons op die koms van 2018. Gaan dit dié jaar wees waarin Christus weer kom? Moontlik, moontlik nie. Die sekere wete van sy wederkoms spoor ons aan om in 2018 heilig toegewyd aan Hom te leef sodat almal deel wil wees van sy kerk.

Die boodskap van die Here weerklink oor al die eeue dat Hy wat red, kom. Hy het Israel gered uit Egipte, Hy het Israel teruggebring uit ballingskap en Hy het sy kerk gered uit die sonde en telkemale weer opgerig nadat hulle afgedwaal het. Hy vervul al sy beloftes en u gebed moet Hom steeds daaraan herinner (vs 6). Hy kondig aan dat Hy wat verlos, kom en almal wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit. Sy volk wat Hy syne gemaak het deur die soen-offer van Christus, leef in gemeenskap met Hom onder leiding van die Heilige Gees. Die pad moet reggemaak word. Dit is woorde wat Johannes die Doper gebruik voor die eerste koms van Christus.

Dieselfde woorde moet weereens weerklink, want Hy kom weer. Leef saam met Hom heilig sodat almal sal sien dat God u verlos het. Leef toegewyd aan Hom, sodat sy kerk gewyde volk genoem kan word. Leef as verlostes sodat u leefstyl ander roep tot geloof. Dan sal Jerusalem nie meer verlate wees nie, maar ’n gewilde stad. Die kerk sal nie meer leeg loop nie, maar almal sal die gemeenskap met God opsoek. Die kerk sal gewyd wees, omdat God daar woon. Die hoop van die wederkoms sal oor die aarde verkondig word. Sing: Skrifberyming 18-7:1, 3, 10

Prof. SJ (Sarel) van der Merwe (Emeritus)

Page 458: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

458

Saterdag 30 Desember Skrifgedeelte: Daniël 7:9-27 Fokusgedeelte: Daniël 7:13, 14; Matteus 28:18-20

Die Seun van die mens regeer!

Daniël sien vier verskriklike en angswekkende diere in hierdie gesig. Die vierde dier was buitengewoon skrikwekkend. Hierdie dier versinnebeeld die wêreldryke van die laaste dae wat in opstand is teen God.

Ons leef in die laaste dae – tussen hemelvaart en weder-koms. Daarom sien ons met ons eie oë die ryke van die wêreld se ongekende opstand teen die Almagtige en sy Woord. In die nuus hoor en sien ons ’n wêreld wat sidder onder die woede van Satan. Soos die jare verbygaan, sal hierdie opstand al hoe erger word. Dit kan ’n mens wanhopig maak.

Daniël sien egter in hierdie gesig ook iets anders. Hy sien Iemand soos ’n Menseseun aan Wie heerskappy gegee is sodat die hele aarde Hom sou dien. Daarom is dit nie vreemd dat die Here Jesus Homself die Seun van die mens noem nie.

Ons het dit pas herdenk dat Hy uit ’n vrou gebore is. Hy is die Seun van God, maar Hy is ook waarlik mens. Daarom kon Hy God se toorn dra en daa-rom kon Hy vir ons sondes betaal. Ja, daarom kan Hy nou ons Middelaar en ons Hoof wees. Wanneer ’n mens die twee fokusgedeeltes vergelyk, besef jy dat die Here Jesus self die ver-vulling is van dit wat Daniël gesien het.

Dis voor sy hemelvaart dat Hy in Matteus 28 aankondig dat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hom gegee is en dat Hy met sy kerk sal wees al die dae! Wanneer ons terugkyk oor ’n onstuimige en ontstellende jaar, vol oorloë en bloedvergieting en hartseer word ons tog getroos. Alle mag in die hemel en op die aarde is aan die Seun van die mens gegee.

Met elke jaar wat verbygaan, weet ons dat die wederkoms van ons Hoof ook al hoe nader kom. Dat die tyd naderkom dat alle heerskappy gegee sal word aan die volk van God wie se Hoof die Seun van die mens is. Psalm 68:1 (1936)

Ds. RA (Ronald) Bain (Potchefstroom)

Page 459: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

459

Sondag 31 Desember Skrifgedeelte: Openbaring 5:1-10 Fokusgedeelte: Openbaring 5:5

Die seun van Dawid voleindig die wêreldgeskiedenis

Nadat Johannes die Almagtige op sy troon gesien het, verskuif sy aandag na die boekrol in sy regterhand. Hierdie boekrol is die raad van God waarin die voleinding van die wêreldgeskiedenis opgeskryf is. Die geskiedenis eindig nie net nie. God bring dit deur sy regering tot ’n volmaakte einde, en daarom noem ons die laaste dag ook die voleinding. Niemand is egter waardig om God se raad uit te voer nie. God het baie spesifieke vereistes vir die een aan wie Hy die voleinding van die wêreld gaan toevertrou.

Dis dan dat ’n ouderling vir Johannes troos. Ja, die kerk troos die kerk met die evangelie. Hierdie troos is vir ons bedoel. Die Leeu uit die stam van Juda, die seun van Dawid is waardig. Iemand wat uit die kerk gebore is, is waardig. Waarom is net Hy waardig? Ons lees dit in die lied in vers 9: … want U is geslag en het ons met u bloed gekoop vir God. Hy is ook die Lam wat geslag is. Dan word dit duidelik: Die enigste een wat die Almagtige waardig ag om sy raad uit te voer, is die Een wat uit die kerk kom en die kerk losgekoop het met sy bloed.

Wat ’n wonderlike troos wanneer ons dink aan ’n jaar wat verby is en ’n nuwe jaar wat kom. Ons is in die veiligste hande denkbaar. Ja, wanneer die boek se seëls gebreek word, gebeur daar baie dinge wat ’n mens bang kan maak. Ons is egter in die hande van die Leeu wat ook ’n Lam is. Hierdie hele wêreld staan onder die regering van die Een wat ons liewer gehad het as Homself. In sy regering is Hy altyd die Leeu uit die stam van Juda, maar ook die Lam wat vir sy kerk geslag is. Die Hoof van die kerk regeer oor alles sodat die wêreldgeskiedenis voleindig kan word. Geregtigheid sal geskied, die kerk sal verheerlik word en God sal alles in almal wees. Skrifberyming 5-3:1, 2 (Skrifberyming 8)

Ds. RA (Ronald) Bain (Potchefstroom)

Page 460: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

460

Dagstukkies in ander landstale

Page 461: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

461

Scripture: 2 Timothy 1:7

God gave us a spirit not of fear, but of power and love and self-control

How often does the Christian not grow fainthearted and fearful in times of trial and affliction, even to the point of wanting to give up? But nowhere in the Bible did Jesus say that the Christian life would be easy.

God has a good purpose in taking us through hard times, most important of which is to see what comes out of our hearts in trial and affliction (Deut. 8:2). Bitterness, complaining, rebellion or joyful submission? But also, to determine where we will turn to in these times. To our own frail and pathetic human re-sources or to Him and His word? (Deut. 8:3). If we turn to ourselves, we will certainly give up.

Fear is a powerful tool in the hands of the devil. But the Christian has sufficiently been equipped through the provisions which Christ by his Holy Spirit provides. The spirit of power, the very power of God which alone can sustain (Eph. 3:20). The spirit of love, a sacrificial love which continues to serve others no matter how difficult or unbearable situation.

Jesus had every reason to give up, but he endured because of the great love wherewith he loved us (Heb. 12:1-2).

Last, we have what Paul calls a sound mind, a mind no longer governed by feelings, circumstances or impulse but by the objective truth of God’s word. “It is written …” was our Lord’s response to the devil’s vicious testing in the wilderness. We dare not stand on anything else.

Come now fearful one, take hold on the resources God has provided in His Son.

Rev. dr. AG (Arthur) Miskin (Rietvallei)

Page 462: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

462

Scripture: Psalms 23:3

He restores my soul

Soul restoration is not only the greatest need of the world today but also of the Christian. The only One able to do this is our Good Shepherd, the Lord Jesus Christ, in whom Psalm 23 finds fulfilment. How does He do this?

First, from wandering. All men, by nature, are lost sheep wandering in the wilderness of separation from God. Only Christ can restore them to a right relationship with God. The writer of Psalm 119, a mature believer, writes, “I have gone astray like a lost sheep; seek Your servant ...” It is such also that the Good Shepherd restores by bringing life and strength to the faint, the weary and exhausted.

Second, the process. The Good Shepherd seeks and finds His wandering sheep, bringing them back to the fold (Lk. 15: 3-7). The process by which He accomplishes this, is by way of repentance. Repentance is mostly brought about by conviction of sin and seeing the folly of having departed from God in the first place. True repentance brings deep sorrow, not so much for failing (again), but for grieving God (Ps. 51: 4).

Last, the means of restoration. Through the hearing, reading, and meditating upon the Word of God. The Holy Spirit applies a passage of Scripture to your heart and conscience and so brings repentance. Secondly, through prayer. Coming before God on our knees, with an overwhelming sense of weakness. Many wandering sheep have risen from their knees with gladness, forgiveness and an overwhelming sense of restoration. Last, the mutual admonition of the saints, even discipline of the church, whereby a wandering soul, through loving correction, is brought back and restored.

Rev. dr. AG (Arthur) Miskin (Rietvallei)

Page 463: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

463

Puiso ya Lefoko: Bakolose 4:1-6 Setlhogo: Tswelela mo thapelong, o tsamaye ka botlhale tseleng tsotlhe tsa bophelo

Ga ntsi mo matshelong re a tle re lebale go rapela fa re lebagane le mathata le dikgwetlho tsa bophelo. Fa botshelo bo tsamaya ka moo re ratang ka teng re a itebala, re ya iketla. Lefoko la Modimo le re, “tswelela mo thapelong, o tsamaye ka botlhale tseleng tsotlhe tsa bophelo”. Se letle maemo go go diga mowa, se nyeme mooko.

Nna o thantse mo thapelong ka tebogo Paulo fa a le mo maemong a a botlhoko kgolegelong kwa Roma, ka ntlha

ya go rera efangedi. Ga a ka a letlelela gore a lebale go rapela. O tsweletse mo thapelong, a dula puisanong le Modimo. A bona go tshwanela gore maemo ao a a fetolele go nna tshono go ena. Tshono ya go rera efangedi e e phedisang mo kgolegelong. A bona go tshwanela gore a kwalele phuthego ya Kolose lekwalo moo a kgalemelang tsotlhe tseo di sa siamang, dithuto tsa maaka. Le go fa na ka ditaelo tsa gore baphuthegi ba Kolose ba phele jaang go ya ka lefoko la Modimo. O ba laela go itisa mo dithutong tsa tsietso, go itshepisiwa le go ratana, o ba fa melao ya lelapa le go tshola batlhanka/malata a bona, o ba laela gape go rapela le go rapelelana le go tshela ka botlhale.

Fa o le mo go Keresete yo a leng botlalo le wena o dirilwe botlalo ka ena. O dula o thantse mo thapelong. Ga o palelwa ke go leboga Modimo mo maemong a o kopanang le ona. Ka gonne o le botlalo ka ntlha ya ga Keresete. Tsamaya ka botlhale go botlhe. Amen

Rev. OL Moncho(Ikageng Centre)

Page 464: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

464

Puiso ya Lefoko: Doiteronomio 10:12-22 Setlhogo: Boifa Morena, o tlhokomele ditaolo tsa gagwe

Yo no Modimo ke o feng? Moshe o tlhalosa Modimo ka go mo

farologanya le medingwana o re, “Ke Modimo wa medimo, ke Morena wa barena. Ke Modimo o mogolo, o o thata, o o boitshepo, o o sa gobeleleng motho ope le e seng go rekwa ka thelesetso. Ke Modimo yo o direlang Masiela, batlholagadi le baeng ka tshiamo. Ke Modimo yo o tlhokomelang gore ba nne le dijo le diaparo”.

Modimo yo o go tlhokometseng, yo o go ratang, yo o go direlang, o batla eng mo go wena?

Direla Morena Modimo wa gago Baiseraele ba fitlha Joretane moo ba tshwanelwang ke gore ba tshele gona,

ba tshelele kakwa go Joretane, ba ye go lwana kgatlhanong le merafe e e mo lefatsheng leo Modimo a ba solofeditseng lona. Pele ba tshela gona seo ba tshwanelwang ke gore ba se dire, Se sa bakwa ke mokgwa o o ba ileng ba tshela ka ona mo loetong la bona. Ba kwatisa Modimo ka go itirela modingwana wa se seto fa Moshe a tlhatlhogetse kwa thabeng ya Sinai, go tsaya Molao. Fa a boa a fitlhela ba itiretse modingwana wa seseto, wa namane ya gauta e e neng e dirilwe ke Arone. Moshe ka ntlha ya kutlobotlhoko le khutsafalo, a thubaganya matlapa a molao.

Mono re bona Moshe a amogela Ditaolo gape go tswa mo Modimong ka sebele.

O re Moshe mo Baiseraeleng, “ke eng se MORENA, Modimo wa gago o se batlang mo go wena?” Potso eno ke eo Mokeresete a tshwanelwang ke go ipotsa yona ka metlha. Lentswe la Modimo le re Boifa Modimo, ka mantswe a mangwe tlotla Modimo, reetsa seo a se buang le wena o se diragatse. Se boife motho, o re batho batla reng. Bothata jo bo leng teng ke gore, re boifa batho gona le Modimo. Modimo o batla gore re mo boife, re se ka ra monyatsa, re se ka ra mo tseela kwa tlase mme dibopiwa tsa gagwe re bo re difa tlotla eo e mo tshwanetseng. Boifa Modimo o mo fe tlotlo eo e motshwanetseng ka metlha. Amen

Rev OL Moncho(Ikageng Center)

Page 465: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

465

Puiso ya lefoko: Dilelo 3:19-26 Setlhogo: Leta thuso ya Morena o sa potlake

Jeremia o lelela Jerusalema e phatlaladitsweng,e e digilweng. Ka lebaka la

go sa utlweng ga morafe wa Modimo. Ba ne ba dira maila fa pele go sefatlhego sa Modimo. Sebe se ne se ba fifaditse matlho, ba tswile leseding ba le lefifing.

Dipogisego tse dingwe tseo re di itemogelang ke ka ntlha ya boleo jwa rona. Ke ka ntlha ya ditiro tsa rona tse di sa siamang, ke ka ntlha ya dikgato tsa rona tse di sa kgatlheng Modimo. Ka jalo Modimo o letla gore re fete ka gare go pogisego, gore re mo gopole, gore re itharabologelwe, mme re boele go ena. Re ipobole ditlolo tsotlhe, re kope tshwarelo go ena.

Vs 19, “Gopola pogisego ya me le ditimelo tsa me, le longana le botlhole. Mowa wa me o ntse o gopola tseo, o o begile mo teng ga me”. Pogisego ke selo seo se sa tsweng mo pelong ya motho, ke bohutsana jo bo itirang ntho mo teng gago. Ke botlhoko jo bo dulang ka mo gare ga gago. Mme ka metlha fa o gopola pogisego ya gago, Mowa wa gago o ya tlase, o tlala ka khutsafalo. Mme ngwana wa Modimo o kgona ka thuso e tswang Moreneng go lemoga le go ikanya Modimo yo o tshelang.

Bopelotlhomogi jwa Modimo ga bo fele Jeremia o re, ka ntlha ya seemo seno, ka ntlha ya maemo a na, “Selo se ke

tla se tsenya mo pelong; ke gone ka moo ke solofelang ke re, ‘Ke mapelotlhomogi a Morena, fa re ise re felele ruri; ee mapelotlhomogi a gagwe ga ise a fele’. Modimo le fa re mo sitela, re mo leofela o sa ntse a supa bopelotlhomogi jwa gagwe.

Bopelotlhomogi jwa Modimo ga bo fele. Le fa o ka lela bosigo le motshegare, le fa mathata a gago a ka gola bosigo le motshegare, le fa o ka fetoga kgobo ya masilo, Bopelotlhomogi jwa Modimo ga bo fele. Leta thusa ya Morena, o sa potlake. Bopelotlhomogi jo ga ise bofele, bo keke jwa fela. Bo bonala se ntle fa Modimo o re ruanya le ona, le fa sebe se ne se re kgaogantse le ena, O ile a neelana ka Morwa wa gagwe Jesu Keresete go bogisega bogolo se golo go nna le wena, gore ka pogisego eno ya gagwe, re bone poloko, re bone boitshwarelo mme re dule ka boiketlo a tleng tsa gagwe.

Seno ke ka ntlha ya bopelotlhomogi jwa Modimo. Jeremia le ena fa a bona le go lemoga bopelotlhomogi jwa Morena ka gare go botlhoko le selelo se a se lelang, o re, “Bopelotlhomogi jwa Modimo bo bo swa tsatsi le le tsatsi, boikanyego jwa Modimo ke jo bogolo”.

Page 466: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

466

Fa letsatsi le tlhaba re bona bopelotlhomogi jo bosha mo Modimong, go sa natse pogisego e o tobanang le yona fa o robala bosigo. Se wena o tshwanelwang ke go se dira ke gore o lete thuso ya Morena, o e letele ka iketlo le bopelotelele, o itshokele ka lebaka la gore Modimo wa tshepagala, wa ikanyega, boikanyego jwa gagwe ke jo bogolo thata. Ka ntlha ya go tshepagala ga Modimo, Jeremia maemong a na, o re “Kabelo ya me ke Morena; ke ka moo ke solofelang mo go ene”. Le fa a lela, le fa a le pogisegong, le fa a le botlhokong, le fa dikeledi di tswala matlho a gagwe, ga a felelwe ke tsholofelo, ga a felelwe ke tshepo ka lebaka la gore o itse sentle gore Morena Jesu o mo lefetse tsotlhe sefapaanong sa Golgota moo a thagisitsweng teng. Ke ka moo a reng Kabelo ya gagwe ke Morena, e bile ke ka moo ke solofelang mo go ene. Lebaka le bonolo, bopelotlhomogi jwa gagwe ga bo fele, ke ka moo re sa feleng ka ntlha ya pogisego, ke ka moo re sa ntseng re le bophelong jona ka ena. Le wena pogisegong ya gago, le wena botlhokong jo o bo utlwang, le wena bohutsaneng jo o iphitlhelang o le ka gare go jona, leta thuso ya Morena. go ba ne wa ikanyega, gonne wa tshepagala.

“Morena o lorato le ba ba solofelang mo go ene, o lorato le pelo e e mmatlang”. Modimo wa go rata, ga rate go go bona o bogisega, ga rate go go bona o lela, ga rate go bona mowa wa gago o hutsafetse. Wena solofela mo go Ena, o tla nna le lerato, mo ikanye o bone pelo e e eletsegang. Seno o ka kgona fa o ka nna pelo telele, wa letela thuso ya Morena gonne lefoko la Modimo le re, “Go molemo fa motho a leta thuso ya Morena a sa potlake”. Itirele molemo, itirele tshiamo o lete thuso ya Morena. Le fa o dula o tlhora, le fa mowa o bogisega ka ntlha ya maemo a o leng mo go ona, Leta thuso ya Morena o sa potlake gonne seo se molemo. Amen

Rev. OL Moncho (Ikageng Center)

Page 467: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

467

PALO YA LEFOKO JOHANE 15:9-17 TEMATHERO JOHANE 15:14 MOPUTSO WA GO NNA MORUTWA

Bontsi jwa batho re rata go nna ditsala tsa ga Jesu, mme ele go ya ka fa dikgatlhegong tsa rona.

Re tsamaya tsela ya Morena Jesu go ya ka dipolane tsa dipelo tse di foufetseng tsa rona, re dira goya ka fa rona re ratang ka gone. Fa go ya ka rona Modimo o tshwanetse go amogela le go dumalana le seo re se dirang, ebile o tshwanetse go re itshwarela dibe tsa rona. Ka mantswe a mangwe re pateletsa Modimo go utlwa ka rona. Tumelo e e ntseng jalo ke ya lefela, e tletse boikgantso le boikgogomoso, mme e a feila fa go nna thata.

Fa o tlhoafaletse gonna molatedi kgotsa morutwa yo o tlhwatlhwa wa dinako tsotlhe wa ga Jesu. O tla tshwanelwa ke go simolola ka go amogela Jesu mo pelong ya gago jaaka Morena le Morekolodi wa botshelo jwa gago. Jaanong go be go latela boikokobetso, go tshela botshelo jwa boikokobetso, o ikokobeletsa thato ya gagwe. Boikgantso le bo wena tsa gago di tshwanetse go swa. O nne jaaka ngwana.

Go le gantsi go ikokobetsa ga se selo se se bonolo, ke selo se se leng kgatlhanong le tlhago ya rona ya sebe. Gonne motho ka tlhago ya gagwe ke moleofi, re tsaletswe mo sebeng, ga gona molemo ope mo go rona. Go rata go teng, mme go dira ga go yo. Moapostolo Paul are “molemo o ke o ratang ga ke o dire, mme bosula jo ke sa bo rateng jone ke a bodira.

Re leboga Modimo ka Jesu, re leboga mowa wa gagwe o o boitshepo gore thusa go ikokobetsa. Fa re gola semowa gonna go sedimoga mo go rona se eleng thato le keletso ya Modimo.

Jaanonong tiro ya Morutwa ke go diragatsa taelo ya Morena, taelo ya gagwe ke eng? Ke gore re ratane, gonne fa re ratana lefatshe le tla itse gore re barutwa ba gagwe. Taelo engwe ya Morena Jesu ke gore fela jaaka a re dirile barutwa le rona re ye go dira merafe yotlhe barutwa, Mme dikgang tse di monate ke gore Morena Jesu are “Mme itseng nna ke na le lona ka malatsi otlhego ya bokhutlong jwa lefatshe”(Matt 28:19-20). Tsotlhe tse dikgonagala fela ka go amogela Morena Jesu mo pelong ya gago jaaka. Morena le mmoloki wa botshelo jwa gago. Go amogela Jesu go go naya tshiamelo ya go nna ngwana, ya go nna tsala le ya gonna morutwa wa ga Jesu. Amen.

Rev. OI Rooibaadjie (Maruping)

Page 468: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

468

PALO YA LEFOKO DIPESALOME 139:1-24 TEMANATHERO DIPESALOME 139:23-24 ITSHEKATSHEKO MO TSELENG

Dafita morago ga gore Modimo o mo senolele boleo jwa gagwe ka moporofiti Nathane, o ile a ithuta Modimo sentle, a itse gore Modimo ke Modimo mo thata otlhe, motlhodi wa le godimo le le fatshe le tsotlhe tse di mo go lone.

Kitso e e ile ya mo gakgamatsa thata, ya nna kwa godimo ga gagwe ya mo palelela a palelwa ke go e fitlhelela.

Ke gone ka moo a kopang Modimo gore a mo seka seke, gonne ke ene yo o mo itseng, go feta ene. “O itse gonna ga me le go nanoga ga me; o tlhaloganya maikaelelo a me o le kgakala; O seka seka go tsamaya game le go lala ga me, mme ditsela tsa me tsotlhe o di ela tlhoko” (vers 2-3)

Thapelo e ya ga Dafita e botlhokwa thata mo go rona. Go le gantsi dithapelo tsa rona ga di bue sepe ka rona, ka dinako tsotlhe fa re rapela ke go kopa Modimo fela ditlhoko tsa rona tsa botshelo jo.

Re tshwanetse gore nako le nako re letlelele Modimo Mowa o o boitshepo go re sekaseka gore are sa ntse re le mo tseleng e e siameng.

A o dira jalo ka metlha? Fa o seke o dira jalo ke nako jaanong. Simolola gommpieno go neela Modimo botshelo jwa gago jotlhe, ke ene a go itseng, ke ene ago bopileng. Bula pelo ya gago o mo amogele.

Modimo Mowa o o galalelang o tla re thusa gore dipelo tsa rona le matlho a rona a semowa di bulege, le gore tlhotlhomise se eleng thato ya Modimo ka maphelo a rona.

Gape ke ka thuso ya one mowa o o boithsepo gore, re utlwisise Enfangedi e reng! Modimo o re romeletse Jesu go re golola, ke ene mogolodi ale esi, re dumele mo go ene go bona boitshwarelo jwa dibe tsa rona. Amen.

Rev. OI Rooibaadjie (Maruping)

Page 469: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

469

Scripture: John 3:16 The God who loves us!

The love of God for his children is not a secret. God loves us openly. God has revealed his love for us in His Word. God’s love is not a subject of speculation. God has bared it all for the world to see.

This public display of His love for us happened many years ago on Golgotha. And today that empty cross on Golgotha where Jesus was crucified speaks volumes about this love. God’s loving heart in a just way intervened to redeem us from eternal punishment of death; our sentence was replaced by eternal life.

This empty cross of Jesus helps us to understand Jesus’ words in John 3:16 “For God so loved the world that he gave his one and only Son, that whosoever believes in him shall not perish but have eternal life.” The love of God chose life for us. The love of God freed us from the evil rule of the devil. This is love in its purest form. The love that overlooked the fact that we were enemies of God.

This is not an abstract theoretical kind of love. It is love in action – not a mere feeling. Apostle John in 1 John 3:1 speaking of this love says, “How great is the love the Father has lavished on us, that we should be called children of God.”

We are no longer strangers in the family of our Father. We are now the family of God through faith. Let it be joy to us to know that God loves us!

Rev. Thapelo P Diphoko (Atteridgeville)

Page 470: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

470

Scripture: Matthew 22:37 “Loving the God of love”

God is love! These words are commonly found on the pulpit cloths of many churches. This is an indication of the churches’ awareness of the loving character of God. It is a desire of every believers to be assured that indeed God loves them because this love means so much to us.

The knowledge that God loves us and that He is our Father should be great comfort to believers. Yes, God first loved us. Does he care whether we love him or not? Jesus’ reply, in Matthew 22:37, to the Sadducees and the Pharisees gives us an answer to this question. Matthew 22:37, “Love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your mind”.

God is not only happy with loving us, but He also wants us to love him. God wants us to love him without reservation. He wants all our hearts, all our souls and all our mind. We must love God with the totality of our being.

Can we individually really say with a clean conscience – “I love God and I am proud of it!”? While it is true that our love for God is considerably measured in how we treated other people, most importantly we must reflect on the attitude of our hearts towards God.

Fellow believers, the loving God of love yearns for us to love Him without reservation. May the Holy Spirit make our heart grow fonder of God every day. Amen.

Rev. Thapelo P Diphoko (Atteridgeville)

Page 471: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

471

Scripture Reading: Matthew 6:1-18 Text Verses: 4, 6 & 18 God is the great rewarder

After Jesus gives the beatitudes from Matthew 5:3-12, from verse 13-48 he start to address issues pertaining Christian life style and attitude. He challenges the Old Testament and secular world view by giving Christian world view. He clearly indicates that we have a role to play as Christians since we are salt and light of the world. He mention how the law is fulfilled in Him. Thereafter, he start to deal with things that confront us in a daily bases, namely: anger, lust, divorce, taking vows, revenge and loving our enemies. In all this he was emphasizing how the law was fulfilled in him.

In Chapter 6 where we are looking at Jesus speak of God as the rewarder. He mentioned three things in sequence, namely:

Giving Praying Fasting and concluded by saying “Then your Father, who sees what is done in

secret, will reward you” (verses 4, 6, 18). Giving, praying and fasting are no matter of “if” but a matter of “when”. It is Christian calling to give, pray and fast. Since Jesus Christ knows that we can do it out of selfish reasons, He mentions how it should be done. It should not be done out of selfish reasons but as an act of love, caring and kindness.

We are extending the hand of Jesus Christ here on earth as his servants. The world is full of people in need more than givers. Acts 20:35b categorically state that, “It is more blessed to give than to receive”. When you are giving, praying and fasting you are not doing anyone any favour but you are doing yourself a favour. Proverbs 19:17 says, “Whoever is kind to the poor lends to the Lord, and he will reward them for what they have done”.

All giving, prayers offered and fasting will never be in vain, surely our Father, who sees what is done in secret will reward us.

Dr. PT (Thomas) Masase (Boskop)

Page 472: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

472

Scripture Reading: Romans 8:31-39 Text Verses: 35-39

Confession that nullify the work of the devil

We are living in challenging times. Our faith in Jesus Christ is challenged almost everyday. The death of our loved ones, rapes, unemployment, drought, etc. It is like everything is against us. Those who are devoted Christian when these kind of things happen they start to doubt their faith or even God. In our moment of doubt the enemy likes it. As an opportunist, he will seek to use the opportunity. Beloved in Christ, when things are going wrong in our lives, that does not change the nature of God or the love of God towards us. Even when things are good, that does not change the character of God towards us.

One thing the devil should know about us, when things are good or bad, God is God. Listen to what apostle Paul says in verse 35-36, "Who shall separate us from the love of Christ? Shall trouble or hardship or persecution or famine or nakedness or danger or sword? In verse 38 he gives this solid confession that clearly shows where he stand with God. He boldly says, "For I am convinced". Listen very carefully, 'I am convinced', no doubt about this. He says, "For I am convinced that neither death nor life, neither Angels nor demons, neither the present nor the future, nor any powers, neither height nor depth, nor anything else in all creation, will be able to separate us from the love of God that is in Christ Jesus our Lord.

In Jesus Christ we are not ordinary but more that conquerors through him who loved us. Victory is certain. We are not going to live life as victims but victors.

Dr. PT (Thomas) Masase (Boskop)

Page 473: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

473

INDEKS VAN DAGSTUKKIES 1 Johannes 1:1-4 ............................................................................................. 14 Mei 1 Johannes 5:13-21 ......................................................................................... 1 April 1 Korintiërs 1:1-9 .............................................................................................. 8 Mei 1 Korintiërs 10:14-22 ............................................................................ 1 September 1 Korintiërs 10:14-22 ............................................................................ 2 September 1 Korintiërs 11:17-26 ............................................................................. 23 Augustus 1 Korintiërs 11:17-26 ............................................................................. 29 Augustus 1 Korintiërs 11:27-34 .......................................................................... 11 September 1 Korintiërs 11:27-34 ............................................................................ 8 September 1 Korintiërs 11:27-34 ............................................................................ 9 September 1 Korintiërs 12:1-11 ............................................................................... 16 Februarie 1 Korintiërs 12:1-11 .................................................................................... 20 Maart 1 Korintiërs 12:1-11 ................................................................................. 26 Januarie 1 Korintiërs 12:12-27 ............................................................................... 8 Februarie 1 Korintiërs 12:12-31 ...................................................................................... 15 Mei 1 Korintiërs 12:12-31 .................................................................................. 19 Maart 1 Korintiërs 12:1-31 .................................................................................... 30 Maart 1 Korintiërs 12:27-31 .................................................................................. 17 Maart 1 Korintiërs 12:28; Efesiërs 3:1-13 .............................................................. 23 Maart 1 Korintiërs 12:28; Romeine 1:1-7 .............................................................. 22 Maart 1 Korintiërs 12:9, 28-31............................................................................... 28 Maart 1 Korintiërs 14:1-27; 12:31; 13:8, 13 .......................................................... 29 Maart 1 Korintiërs 14:1-5 ...................................................................................... 18 Maart 1 Korintiërs 14:26-40 .................................................................................. 21 Maart 1 Korintiërs 14:36-38; Romeine 10:5-16 ..................................................... 24 Maart 1 Korintiërs 15:1-8, 20, 33-38 ......................................................................... 5 Junie 1 Korintiërs 15:31-39 ...................................................................................... 6 Junie 1 Korintiërs 15:35-49 ...................................................................................... 7 Junie 1 Korintiërs 16:13-24 ............................................................................... 18 Oktober 1 Korintiërs 2:1-5 ..................................................................................... 14 Oktober 1 Korintiërs 2:1-5 ........................................................................................... 21 Julie 1 Korintiërs 2:1-5; Openbaring 3:7-13 ..................................................... 16 Oktober 1 Korintiërs 2:6-12 ................................................................................. 17 Februarie 1 Korintiërs 3:9-17 ........................................................................................ 8 Maart 1 Korintiërs 5:1-13 .............................................................................. 12 September 1 Korintiërs 5:1-13 ................................................................................... 20 Oktober 1 Korintiërs 5:6-8 ....................................................................................... 9 Oktober

Page 474: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

474

1 Petrus 1:1-9 ................................................................................................. 28 Julie 1 Petrus 4 ................................................................................................. 30 Januarie 1 Petrus 4:12-19 .............................................................................................. 8 April 1 Petrus 4:1-6 ........................................................................................... 31 Oktober 1 Samuel 2:22-25; 3:11-14 ....................................................................... 2 Augustus 1 Samuel 4:1-11 ............................................................................................. 29 Julie 1 Tessalonisense 1:1-10 ................................................................................ 24 April 1 Tessalonisense 2:10-16 ......................................................................... 29 Oktober 1 Tessalonisense 2:13-16 ......................................................................... 15 Oktober 1 Tessalonisense 5:12-28 ......................................................................... 10 Oktober 1 Timoteus 2:1-7 ...................................................................................28 Desember 1 Timoteus 3:1-7 ......................................................................................... 26 Maart 1 Timoteus 3:8-13 ....................................................................................... 27 Maart 1 Timoteus 4:2-4; Handelinge 8:4-25 .......................................................... 25 Maart 1 Timoteus 4:6-16 .......................................................................................... 17 Julie 1 Timoteus 6:2b-16 ........................................................................................ 12 Julie 2 Konings 5:9-15 .................................................................................... 11 Augustus 2 Korintiërs 1:12 – 2:4 ................................................................................. 12 Maart 2 Korintiërs 1:12-24 ................................................................................... 6 Oktober 2 Korintiërs 1:3-5 ....................................................................................... 8 Oktober 2 Korintiërs 13 ............................................................................................ 6 Januarie 2 Korintiërs 3:1-11, 18 ............................................................................. 2 Februarie 2 Korintiërs 4:16 – 5:10 ............................................................................... 13 Maart 2 Korintiërs 7:8-13 ..................................................................................... 7 Oktober 2 Korintiërs 9:1-15 ......................................................................................... 13 Julie 2 Petrus 1:16-21 ............................................................................................ 20 April 2 Petrus 1:3-7 ................................................................................................... 9 Julie 2 Petrus 2:1-10 ....................................................................................... 1 November 2 Petrus 2:17-22 ............................................................................................. 26 Julie 2 Samuel 7 ............................................................................................... 8 Desember 2 Timoteus 1:1-11 ...................................................................................... 3 Januarie 2 Timoteus 1:3-11 ......................................................................................... 18 April 2 Timoteus 1:6-14 ......................................................................................... 25 April 2 Timoteus 3:10-17 ....................................................................................... 19 April 2 Timoteus 3:10-17 .................................................................................. 3 Augustus Daniël 7:9-27 .........................................................................................30 Desember Deuteronomium 18:15-22 ...................................................................... 7 Desember Deuteronomium 6:1-12 ........................................................................... 8 Augustus Efesiërs 1:1-14............................................................................................. 14 Maart

Page 475: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

475

Efesiërs 1:15-23...................................................................................... 18 Februarie Efesiërs 1:3-14........................................................................................ 15 Februarie Efesiërs 1:3-14............................................................................................. 15 Maart Efesiërs 2:1-10................................................................................................ 15 Julie Efesiërs 2:1-10............................................................................................... 15 Junie Efesiërs 2:11-22........................................................................................ 7 Augustus Efesiërs 3 .................................................................................................. 29 Januarie Efesiërs 3:1-13............................................................................................... 28 Junie Efesiërs 3:14-21...................................................................................... 19 Februarie Efesiërs 4 ..................................................................................................... 31 Maart Efesiërs 4:1-12................................................................................................... 7 Mei Efesiërs 4:17-32............................................................................................... 7 April Efesiërs 4:25 – 5:5 .................................................................................. 10 Februarie Efesiërs 4:25-32...................................................................................... 21 Augustus Efesiërs 4:7-16................................................................................................. 11 Mei Efesiërs 5:18 ........................................................................................... 13 Februarie Efesiërs 5:21 – 6:9 .................................................................................. 21 Februarie Efesiërs 5:21-33...................................................................................... 27 Augustus Efesiërs 6:10-20............................................................................................... 3 Junie Efesiërs 6:1-9............................................................................................ 26 Oktober Eksodus 12:3-13 .................................................................................. 14 September Eksodus 12:3-13 .................................................................................. 15 September Eksodus 12:41-51 ..................................................................................... 6 Augustus Eksodus 19:16-19; Handelinge 2:1-4 ....................................................... 1 Februarie Eksodus 34; Deuteronomium 16; Handelinge 2:1-8 ................................ 31 Januarie Esegiël 36:16-33 ......................................................................................... 7 Januarie Esegiël 36:24-38; Joël 2:28-32 ................................................................... 1 Januarie Esegiël 37:1-14 ................................................................................................ 26 Mei Esegiël 47:1-12 ......................................................................................... 11 Januarie Filippense 2:12-18 .......................................................................................... 25 Julie Filippense 2:5-11 ...................................................................................25 Desember Filippense 4:2-9 ............................................................................................... 4 April Galasiërs 2:17-21 ................................................................................... 28 Augustus Galasiers 3:26-29; Filippense 3:12-14 .................................................... 18 Augustus Galasiërs 4:1-15 ....................................................................................18 Desember Galasiërs 4:1-7 ......................................................................................... 3 Februarie Galasiërs 5:13-26 ................................................................................... 20 Februarie Galasiërs 5:13-26 ................................................................................... 24 Februarie Galasiërs 5:13-26 ................................................................................... 27 Februarie

Page 476: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

476

Galasiërs 5:13-26 ............................................................................................ 4 Junie Galasiërs 5:22-23; 1 Petrus 3:1-13 ................................................................ 2 Maart Galasiërs 5:22-23; 1 Petrus 3:8-12 ................................................................ 1 Maart Galasiërs 5:22-23; Efesiërs 5:6-20 ................................................................. 4 Maart Galasiërs 5:22-23; Handelinge 24:24-27 ....................................................... 7 Maart Galasiërs 5:22-23; Romeine 11:11-24 ........................................................... 3 Maart Galasiërs 5:22-23; Titus 2:1-15 ..................................................................... 5 Maart Galasiërs 5:22-23; Titus 3:1-11 ..................................................................... 6 Maart Genesis 11:1-9; Handelinge 2:1-4 ................................................................... 28 Mei Genesis 14:14-20 ................................................................................ 13 September Genesis 15:7-21 ....................................................................................... 5 Augustus Genesis 17:7-14 ....................................................................................... 1 Augustus Genesis 22:1-19 ...................................................................................... 4 Desember Genesis 3:1-24 ........................................................................................ 1 Desember Genesis 49:1-2, 8-12 ............................................................................... 5 Desember Genesis 6:5-22 ........................................................................................ 3 Desember Genesis 9:8-17 ......................................................................................... 4 Augustus Handelinge 1:1-8 ............................................................................................. 1 Junie Handelinge 1:1-8 ...................................................................................... 12 Januarie Handelinge 1:1-8 .................................................................................... 14 Februarie Handelinge 1:1-8 ............................................................................................. 2 Junie Handelinge 10:34-43 ........................................................................................ 3 Julie Handelinge 10:44-48 .............................................................................. 15 Augustus Handelinge 13:44-52 .............................................................................. 25 Februarie Handelinge 16:16-34 .............................................................................. 13 Augustus Handelinge 16:6-15 ........................................................................................ 16 Julie Handelinge 2:1-12 ........................................................................................... 29 Mei Handelinge 2:1-13 .................................................................................. 11 Februarie Handelinge 2:1-13 ........................................................................................... 30 Mei Handelinge 2:1-13 .................................................................................. 5 November Handelinge 2:1-13 ............................................................................................. 9 Mei Handelinge 2:29-36 ........................................................................................... 1 Mei Handelinge 2:37-42 ................................................................................ 12 Augustus Handelinge 2:37-42 ........................................................................................ 23 Julie Handelinge 2:37-47 ......................................................................................... 5 April Handelinge 22:11-16; 1 Korintiërs 10:14-17 .................................................. 20 Julie Handelinge 4:1-31 .................................................................................. 12 Februarie Handelinge 4:5-13, 29-31 ....................................................................... 26 Februarie Handelinge 4:8-12 ......................................................................................... 23 April

Page 477: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

477

Handelinge 5:1-11 ............................................................................................. 2 Mei Handelinge 6:8-15; 7:51-60 ................................................................... 22 Februarie Hebreërs 10:11-31 .............................................................................. 28 September Hebreërs 10:19-25 ......................................................................................... 24 Julie Hebreërs 11:1-4; Genesis 4:1-16 .................................................................. 18 Junie Hebreërs 11:20-22 ........................................................................................ 22 Junie Hebreërs 11:23-28 ........................................................................................ 23 Junie Hebreërs 11:23-31 ........................................................................................ 24 Junie Hebreërs 11:29-40 ........................................................................................ 25 Junie Hebreërs 11:29-40 ........................................................................................ 26 Junie Hebreërs 11:5-6; Genesis 5:18-24 ................................................................ 19 Junie Hebreërs 11:7; Genesis 5:29; 6:8-19 ............................................................. 20 Junie Hebreërs 11:8-19 .......................................................................................... 21 Junie Hebreërs 12:4-6; Openbaring 3:14-22 ..................................................... 24 Oktober Hebreërs 12:7-12 ..................................................................................... 25 Oktober Hebreërs 2:10-18 ..................................................................................23 Desember Hebreërs 4.................................................................................................. 4 Oktober Hebreërs 5:11 – 6:12 ....................................................................................... 2 April Hebreërs 9:10; 10:10-14 ....................................................................... 7 September Hebreërs 9:11-22 ................................................................................ 29 September Jakobus 1 .......................................................................................................... 8 Julie Jakobus 2:14-26 ............................................................................................ 16 Junie Jeremia 17:1-8; Psalm 1 ................................................................................... 5 Julie Jeremia 23:1-8 ......................................................................................14 Desember Jesaja 1:10-20 ..................................................................................... 24 September Jesaja 25:1-12 ..................................................................................... 16 September Jesaja 25:6-9 .............................................................................................. 3 Oktober Jesaja 43: 1-8 .......................................................................................... 10 Augustus Jesaja 43:22 – 44:5 ..................................................................................... 9 Januarie Jesaja 55:1-13 ..................................................................................... 25 September Jesaja 62:1-12 .......................................................................................29 Desember Jesaja 8:23 – 9:6 ....................................................................................13 Desember Joël 2:18-32 ................................................................................................... 9 Maart Joël 2:21-32 .............................................................................................. 10 Januarie Johannes 1:1-18 ............................................................................................ 27 Junie Johannes 1:1-18 ......................................................................................... 5 Oktober Johannes 1:19-29 ..................................................................................... 15 Januarie Johannes 1:29-34 ..................................................................................... 13 Januarie Johannes 1:29-34 ................................................................................... 17 Augustus

Page 478: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

478

Johannes 1:8 – 2:2 ................................................................................... 16 Januarie Johannes 12:12-19 .......................................................................................... 9 April Johannes 14:15-17 ........................................................................................ 27 April Johannes 14:15-17, 25-26; 16:5-15 .......................................................... 17 Januarie Johannes 14:15-21 ................................................................................... 7 Februarie Johannes 14:15-26 ............................................................................................ 3 Mei Johannes 14:18-26 ........................................................................................ 26 April Johannes 15 ..................................................................................................... 7 Julie Johannes 15:1-8 ....................................................................................... 11 Oktober Johannes 15:1-8 .............................................................................................. 12 Mei Johannes 15:18-27 ............................................................................................ 5 Mei Johannes 16:5-13 ............................................................................................ 23 Mei Johannes 16:5-15 .............................................................................................. 4 Mei Johannes 16:5-15 ..................................................................................... 6 Februarie Johannes 17:18-23 .............................................................................. 20 September Johannes 19:1-16 ................................................................................ 18 September Johannes 20:19-25 ................................................................................... 19 Januarie Johannes 20:19-25 ................................................................................... 27 Januarie Johannes 20:19-25 ................................................................................... 4 Februarie Johannes 20:19-31 .......................................................................................... 10 Mei Johannes 3:1-11 ...................................................................................... 2 Desember Johannes 3:27-36 ..................................................................................... 17 Oktober Johannes 4:27-38 ........................................................................................... 14 Julie Johannes 5:18-29 ..................................................................................... 18 Januarie Johannes 6:22-40 ................................................................................ 17 September Johannes 6:47-58 ................................................................................ 19 September Johannes 6:47-59 ................................................................................... 26 Augustus Johannes 6:47-59 .......................................................................................... 30 Junie Judas:1-25 .............................................................................................. 2 November Kolossense 1:15-20 ......................................................................................... 13 Mei Kolossense 1:3-14 ............................................................................................ 4 Julie Kolossense 2:8-15 .......................................................................................... 31 Julie Lukas 1:26-38 ........................................................................................20 Desember Lukas 1:26-38 ........................................................................................... 25 Januarie Lukas 1:5-25 ..........................................................................................19 Desember Lukas 10:30-37 ..................................................................................... 18 November Lukas 12:13-21 ..................................................................................... 19 November Lukas 12:35-40 ..................................................................................... 17 November Lukas 14:15-33; Efesiërs 4:30............................................................... 21 November

Page 479: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

479

Lukas 14:7-15; Johannes 16:8 .............................................................. 20 November Lukas 15 ............................................................................................... 27 November Lukas 15:11-24 ..................................................................................... 28 November Lukas 15:1-32 ....................................................................................... 22 November Lukas 16:1-9 .................................................................................................... 22 Mei Lukas 16:19-31 ..................................................................................... 23 November Lukas 17:1-6 ................................................................................................... 18 Julie Lukas 18:1-8 ......................................................................................... 24 November Lukas 18:9-14 ................................................................................................ 14 Junie Lukas 18:9-14 ....................................................................................... 25 November Lukas 19:12-27 ..................................................................................... 16 November Lukas 2:8-14 ..........................................................................................24 Desember Lukas 22:14-23 ....................................................................................... 24 Augustus Lukas 24:36-25 ......................................................................................... 5 Februarie Lukas 24:36-49 .............................................................................................. 21 April Lukas 3:15-22 ........................................................................................... 14 Januarie Lukas 7:36 – 8:3 ..................................................................................... 4 November Maleagi 2:17 – 3:5 .................................................................................17 Desember Markus 1:1-8 .........................................................................................22 Desember Markus 1:1-8 ............................................................................................ 22 Januarie Markus 1:9-15 .......................................................................................27 Desember Markus 11:12-25 ........................................................................................... 10 April Markus 14:17-25 .................................................................................... 30 Augustus Markus 14:17-25 .................................................................................... 31 Augustus Markus 14:22-24; Johannes 6:53-58 ..................................................... 6 September Markus 14:3-9 ............................................................................................... 12 April Markus 15:33-41 ........................................................................................... 14 April Markus 2:13-22 .................................................................................... 10 November Markus 4:10-12, 21-22 ........................................................................... 8 November Markus 4:1-8, 13-20 ............................................................................. 26 November Matteus 1:18-25 ...................................................................................21 Desember Matteus 10:26-33 ........................................................................................... 19 Mei Matteus 12:22-32 ........................................................................................... 3 April Matteus 12:22-37 ......................................................................................... 22 April Matteus 12:33-37 .................................................................................... 23 Januarie Matteus 13:10-17 .................................................................................. 7 November Matteus 15:1-9 ................................................................................... 10 September Matteus 15:1-9 ............................................................................................... 16 Mei Matteus 16:13-20 .................................................................................... 13 Oktober

Page 480: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

480

Matteus 16:18-19; 18:15-20 .................................................................... 21 Oktober Matteus 18:15-17; Hebreërs 10:23-25 .................................................... 19 Oktober Matteus 18:21-35 ................................................................................ 12 November Matteus 20:1-16 .................................................................................. 29 November Matteus 21:23-27 ......................................................................................... 11 April Matteus 21:28-32 ................................................................................ 13 November Matteus 22:1-14 .................................................................................. 14 November Matteus 24:45-51 ................................................................................ 11 November Matteus 25:1-13 .................................................................................. 15 November Matteus 25:31-46 ................................................................................ 30 November Matteus 26:26-30 ......................................................................................... 13 April Matteus 26:26-30 .................................................................................. 22 Augustus Matteus 26:26-30 .................................................................................. 25 Augustus Matteus 26:26-30; 28:16-20 .......................................................................... 19 Julie Matteus 26:26-30; Johannes 15:1-6 ..................................................... 4 September Matteus 26:26-30; Johannes 6:53-58 ................................................... 5 September Matteus 26:29; Openbaring 19:5-10 .................................................... 3 September Matteus 27:62-66 ......................................................................................... 15 April Matteus 28:11-20 ...................................................................................... 5 Januarie Matteus 28:16-18; Openbaring 1:9-20 ........................................................... 24 Mei Matteus 28:16-20 .......................................................................................... 27 Julie Matteus 28:16-20 ......................................................................................... 29 Junie Matteus 28:1-8 ............................................................................................. 17 April Matteus 28:1-9 ............................................................................................. 16 April Matteus 28:19-20; Lukas 10:1-11 ................................................................... 25 Mei Matteus 3:1-12 ............................................................................................... 27 Mei Matteus 3:1-12 ................................................................................................ 6 Julie Matteus 3:1-12 .......................................................................................... 8 Januarie Matteus 3:1-2; 4:12-17 ............................................................................ 20 Januarie Matteus 3:13-17 ...................................................................................... 21 Januarie Matteus 3:13-17; Markus 1:9-11 ............................................................... 4 Januarie Matteus 5:13-20 .............................................................................................. 2 Julie Matteus 5:3-12 ............................................................................................. 17 Junie Matteus 7:15-23 .............................................................................................. 1 Julie Matteus 7:24-27 .................................................................................... 9 November Numeri 24:10-25 ..................................................................................... 6 Desember Openbaring 11 ....................................................................................... 3 November Openbaring 14:1-5 ................................................................................. 20 Augustus Openbaring 14:6-13 ........................................................................................ 20 Mei

Page 481: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

481

Openbaring 21:1-8 .......................................................................................... 8 Junie Openbaring 21:22-27 ...................................................................................... 9 Junie Openbaring 22:12-21 ..................................................................................... 22 Julie Openbaring 22:6-21 ...................................................................................... 30 April Openbaring 3:14-22 ............................................................................ 30 September Openbaring 3:7-13 ................................................................................... 12 Oktober Openbaring 5:1-10 ................................................................................31 Desember Openbaring 6:9-11 .......................................................................................... 21 Mei Openbaring 7:1-8 ................................................................................... 19 Augustus Psalm 103:1-22 ...................................................................................... 6 November Psalm 110 ..............................................................................................12 Desember Psalm 111:1-10 ................................................................................... 21 September Psalm 116 ............................................................................................ 22 September Psalm 119:105, 132-146 .......................................................................... 27 Oktober Psalm 130 ........................................................................................................ 17 Mei Psalm 16:1-11 ..................................................................................... 26 September Psalm 2 ..................................................................................................10 Desember Psalm 23 ..................................................................................................... 2 Oktober Psalm 32 .......................................................................................................... 18 Mei Psalm 32 .............................................................................................. 23 September Psalm 45 ................................................................................................11 Desember Psalm 50 ......................................................................................................... 11 Julie Psalm 51 ................................................................................................. 28 Februarie Psalm 51 ................................................................................................... 28 Januarie Psalm 51 ................................................................................................... 9 Augustus Psalm 73 ..................................................................................................... 1 Oktober Psalm 89 .................................................................................................. 9 Desember Psalm 9:1-11 .........................................................................................16 Desember Rigters 3:7-10; 6:34; 11:29 ......................................................................... 2 Januarie Romeine 1:13-17 ........................................................................................... 10 Junie Romeine 12:3-8; Galasiërs 5:22-25 ............................................................. 16 Maart Romeine 14 .................................................................................................... 10 Julie Romeine 2:12-16 ...................................................................................... 28 Oktober Romeine 2:25-29 .................................................................................... 16 Augustus Romeine 3:21-31 ........................................................................................... 12 Junie Romeine 3:21-31 ........................................................................................... 13 Junie Romeine 3:9-20 ............................................................................................. 11 Junie Romeine 5:1-11 ........................................................................................ 9 Februarie Romeine 6:1-14 ...................................................................................... 14 Augustus

Page 482: Dagstukkies 2017 - boek 2017... · 2017-05-11 · By sy opstanding word Jesus deur die Gees opgewek in al sy goddelike krag en heerlikheid. Ná sy hemelvaart kom Jesus met die krag

482

Romeine 8 ....................................................................................................... 6 April Romeine 8:1-17 ...................................................................................... 23 Februarie Romeine 8:1-17 ........................................................................................ 24 Januarie Romeine 8:12-17 ........................................................................................... 28 April Romeine 8:18-30 ......................................................................................... 10 Maart Romeine 8:18-30 ......................................................................................... 11 Maart Romeine 8:26-30 ........................................................................................... 29 April Sagaria 4:1-14 ................................................................................................. 31 Mei Sagaria 6:9-15 .......................................................................................15 Desember Sagaria 9:9-10 .......................................................................................26 Desember Skrifgedeelte: Hebreërs 10:1-10 ......................................................... 27 September Spreuke 1:1-7 ........................................................................................... 22 Oktober Spreuke 4:1-13 ......................................................................................... 23 Oktober Titus 2:11-15 ..................................................................................................... 6 Mei Titus 3:1-11 .................................................................................................... 30 Julie Titus 3:1-11 .............................................................................................. 30 Oktober