bulle-tin uitgawe 5 2014

19
UITGAWE 5 KERSUITGAWE 2014 SAP TIN VETERANE BOND PADKOS Deur: Jan Du Preez

Upload: ilana-loubser

Post on 31-Jul-2016

267 views

Category:

Documents


18 download

DESCRIPTION

Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane Bond

TRANSCRIPT

Page 1: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

UITGAWE 5 KERSUITGAWE 2014

SAP TIN VETERANE BOND

PADKOS

Deur: Jan Du Preez

Page 2: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Liewe TIN-vriende – gegroet hier vlak voor Kersfees

Ons kon verlede maand vir ʼn rukkie stilstaan by Jesus se gelykenis oor die arbeiders wat op

verskillende ure gehuur is en toe almal dieselfde vergoeding kry. Uit ons menswees kon ons

aanvoel: Hier is ʼn skokkende onregverdigheid. En toe moes ons hoor dat die eintlike van hierdie

gelykenis gaan oor hoe ons verhouding met God werk. Juis hier in die Kersgety het hierdie

gelykenis ʼn eie boodskap vir ons.

Die gelykenis van die arbeiders in die wingerd in Matteus 20:1-16 gaan nie oor betaling en

werksvoorwaardes nie, maar oor genade, want ons God boer met genade. Ons sien ʼn vrygewige

God; ons sien die oop hand van God.

In hierdie verhaal spring twee dinge ons in die oog.

Eerstens dat werk eintlik oor gesindheid en liefde gaan.

Vir God is alle werk dieselfde. En vir gelowiges is alle werk eintlik werk vir ons Here gedoen. Nooit

gaan dit vir God oor hoeveel ons vir Hom werk nie, maar wel oor die gesindheid en die liefde

waarmee ons daardie werk doen. As ʼn ryk man ons ʼn paar honderd rand gee, is ons daaroor

dankbaar. Maar as ʼn kind vir ons ʼn Kers- of verjaardagpresent van ʼn paar rand gee wat met harde

werk en liefde bymekaar geskraap is, dan kry daardie klein geskenk ʼn waarde van sy eie. Só raak

die kind se geskenk ons harte veel meer as die groot en duur geskenk van die ryke.

Page 3: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Tweedens leer ons hoe God se genade werk.

Alles wat God gee, is genade. Ook alles wat ons is of het, is genade. Genade kan ons nooit

verdien nie. Nog minder kan ons God se arms bind om na ons pype te dans. God bly die

Almagtige. En uit die goedheid van God se Vaderhart gee Hy vir ons onverdiend en uit genade.

God gee ons nie betaling nie, maar ʼn geskenk; nie beloning nie, maar genade.

Hierdie verhaal van die arbeiders in die wingerd toets die gees waarmee ons vir God werk.

Daarom kan ons in Kerstyd sing:

Voel jy ook nou sy warm liefde

as ons Kersdag gedenk,

toe Hy sy Seun aan ons gegee het –

ons grootste Kersgeskenk.

God se grootste Kersgeskenk is vir ons die teken van uiterste liefde én genade. In die Kind van

Betlehem sien ons werklik God se vrygewigheid en oop hand. En ons weet dat dít God die dood

van sy Seun sou kos.

In Hom, die Genadeboer, ʼn geseënde Kersgety vir julle toegebid.

Page 4: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

UIT DIE PEN VAN DIE SEKRETARIS

VORDERING EN STATISTIEKE

Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 475

Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 74 (+2)

Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 69 (+2)

Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 5

DIE STERKTE VAN DIE BOND

Die totale sterkte van die bond is tans 77 en word soos volg saamgestel:-

Bestuurslede 6

Erelede 4

Lede 58

Ondersteuners 9

Lede oorlede 1

Page 5: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Desember 2014

LEDE

1. Billy Cox

2. Toffie Risk

NUWE LEDE VIR DESEMBER 2014.

Welkom aan die volgende nuwe lede in ons Bond, dit is ons bede dat julle die samesyn en

kameraadskap in ons familie sal geniet!

VEILING.

Die voorsitter van Koevoet Veterane Bond en ‘n erelid van ons bond, Pine Pienaar, het aan die

TIN Veterane Bond vier Casspir model voertuie (skaal 1:35) as ‘n reeks geskenk om vir die TIN

Bond fondse te genereer. Christo Giani het die veiling hanteer en die Casspirs op 16 Facebook

bladsye geplaas. Die veiling het die 20ste Desember 2014 gesluit. Die modelle word deur Pine

Pienaar self gegiet en op hout gemonteer. Daar sal ‘n sertifikaat deur die Koevoet Veterane

Bond uitgereik word saam met die modelle.

Die gelukkige eienaar van die vier Casspir modelle is Joe Coetzer van

Pretoria wat die hoogste bod van R7000-00 geplaas het.

Ons wil langs hierdie weg ons dank en waardering uitspreek aan Pine

Pienaar vir die pragtige gebaar om die jong bond op sy voete te help!

ONDERSTEUNERS

1. Hannelie Redelinghuis (vrou van veteran Henry Visagie)

Page 6: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

UIT DIE PEN VAN DIE TESOURIER

Goeie dag vriende en mede manskappe van die leeu wie altyd brul.

Ons het die tyd van die jaar bereik waar mense of soos dwase optree en geld uitmors, of

optree soos ware Christene en die betekenis van Kersdag respekteer, kerk toe gaan, die

geboorte van Jesus Christus herdenk en waardevolle tyd saam met familie en vriende

spandeer. Op hierdie dag dink ons as TIN Veterane ook aan ons gevalle makkers en hulle

families wie op hierdie dag nie saam met hulle kan wees nie. Dan dink ons aan ons mede

TIN Veterane, van jonk tot minder jonk (ja ek gaan nie die woord oud gebruik nie, want binne

in ons gedagtes is ons tog steeds jongmanne). Dan is daar baie van ons veterane wie

alleen sal wees oor hierdie feestyd. Indien julle weet van makkers wie alleen sal wees of in

hospitale is, in outehuise ens. en hulle naby aan jou is, gaan maak gerus ‘n draai by hulle of

bel net. Dit sal die wêreld vir so iemand beteken! Laas maand het ons vir Pine Pienaar

begrawe, laat ons ook sy familie onthou wie hierdie jaar sonder ‘n pa en oupa sal wees.

Deur: Sean Clayton

Page 7: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Die van julle wie ‘n welverdiende wegbreek sal neem oor hierdie feestyd wens ek‘n veilige reis toe.

Aan almal van julle wie by die huis sal wees of sal moet werk en veral ook ons vriende wie die land

sal moet veilig hou oor hierdie tydperk, mag God se wakende hand ten alle tye oor julle waak.

Geseënde Kersfees en voorspoede nuwejaar 2015!

Page 8: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

KERSWENSE VAN DIE REDAKSIE

Kersfeeswense vanuit ons harte wens ons jul toe hierdie jaar, dat daar groot seën sal

wees ook in die jaar wat kom.

Mag jul spesiale vreugde geniet en die vrede vind wat alle gedagtes oortref.

Seënwense wat bestaan uit Jesus se genade elke oomblik van die dag.

Julle is altyd in ons gedagtes al raak ons soms stil maar weet dat ons aan jul sal dink

en saam wag vir die groot ster wat blink.

Ilana en Martin Loubser

Page 9: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

King Rat

Elnic Steenkamp se bosherinneringe

Gedurende 1974 lê ek ‘n OP (observasie pos) saam met maters soos Koos Schreuder wat later

afgetree as Kolonel of Brigadier iewers in Gauteng, op ‘n koppie langs die walle van die Ruhja rivier

in Noord-Oos Rhodesië. Ongeveer ‘n kilometer van ons af, ook op ‘n koppie, is ‘n terroriste TB

(tydelike basis) waarvan ons en die Rhodesiërs weet. Ons moes XRay (Centenary) laat weet sodra

die klomp wil kamp opslaan andersins sou ‘n lugaanval met eerste lig die volgende dag op die TB

begin.

Net na twee die middag word ons onder ons bivies uitgejaag deur Hawker Hunter vegvliegtuie van

die Rhodesiese lugmag wat skreeuend oor ons verby vlieg. Ek het so pas ‘n blikkie van my ‘Rat

Pack’ (ration pack), nogal ‘n H vir die manne wat weet, oopgemaak om te eet toe die Hawkers met

hul lugaanval op die terroriste basis begin.

‘n Kilometer in daardie omstandighede is amper niks en almal op ons OP skarrel vir dekking want

die Hawkers kan ons maklik verwar met die terroriste basis en dan hul dodelike missiele op ons

afvuur. Wat my besiel het weet ek nie, ek weet ook nie of dit dom astrantheid of dalk vrees was nie

maar ek het ewe gemaklik onder my bivvie in geklim en my ‘H-Rat Pack’ verorber.

Na die aanval het Koos Schreuder my dadelik die bynaam van ‘King Rat’ gegee. Daardie bynaam

het ek gedra onder baie SAP, BSAP, LRI EN RAR lede tot die dag in Augustus 1975 wat ons uit

Rhodesië onttrek het.

Vandag besef ek dit was baie dom van my maar hulle sê mos slim mense doen dom dinge in

gevaarlike situasies!!!

STORIES UIT DIE BOS

Page 10: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Kersfees in die bos

Deur: Elnic Steenkamp

Ek wil graag Kersfees 1973 in Rhodesië en Kersfees 1979 in Ovamboland kombineer, want in

beide gevalle het dit ‘n wrang smaak in my mond gelaat.

Die jaar 1973 in die Zambesi vallei het ons tegemoed gegaan met swaar reën vanaf ongeveer die

11de Desember tot en met Oukersdag. Ons was agt seksies op die grond (kit bag squads) toe ons

die oggend van Oukersdag die opdrag kry om stoppergroepe te gaan lê teen die ‘escarpment’

(Mvuradonna gebergtes) vir ‘n verwagte aanval op ‘n groot terroriste basis in die vallei. Al agt

seksies was op verskillende plekke ontplooi en om daardie agt in ‘n linie langs mekaar in daardie

onherbergsame berge langs die vallei op agt versklillende ruitverwysing georganiseer te kry, is

bykans ‘n onbegonne taak. Die gevolg was dat baie seksies voor ander gelê het maar vir alle

praktiese doeleindes was dit maar ‘n ongeorganiseerde affêre.

Om 23:00 op Oukersdag val die eerste mortiere redelik vêr noord van ons, direk daarna nog ‘n

klomp heelwat nader aan ons noord westekant en toe sommer baie naby aan ons oostekant in die

TET gebied in Mosambiek. Die volgende klomp het of tussen van die seksies geval of baie nader

aan my spesifike seksie.

Daardie aand het ek groot grensvegters wat ons mes-manne genoem het (met drie, vier jagmesse

in skedes om die lyf) sien en hoor gil "Mamma, help en kan sien nie". Sommige manne het hul

magasyne afgehaal en weggegooi saam met hul webbing vir vrees dat skrapnel dit mag tref en laat

ontplof. Ons het radio koms probeer maak om aan te dui dat die ouens van teiken af is en op eie

magte skiet maar die radio was doodstil. Ons kon eers op Kersdag radio komms

bewerkstellig. Daar was blykbaar ‘n ondersoek geloods maar tot vandag toe weet van ons nog nie

wat gebeur het nie, of dit eie magte is wat mortiere op ons geskiet het en of dit insypelaars was

nie. Die mense wat weet wil ook nie sê nie.

Page 11: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Manne wat die aand saam met my was en wat ek kan onthou was ou Sers Snorre Grovè, Fred

Kitcing, Jan Nagel, Theuns Buys en nog andere.

1979 se Kersfees, (ek onthou nog Leon Shuster se grappie van die drie vrouens wat naam gemaak

het in Wêreld Politiek gedurende die jaar was Margeret Thatcher, Aja Tolla en Anti Sari) was ek op

die Ruacana SAP basis in SWA. Ek het so 23:30 se kant die ops tent ingegaan en die liedjie " The

Eyes of Lucy Jordan" oor die radio hoor speel. Die ou in die ops tent, ek kan nie sy naam onthou

nie, was vol trane met ‘n brief in sy hand. Toe gebeur die grootste toeval wat ek seker nog ooit

beleef het. Hy wys my die brief van sy meisie in die ‘States’ en raai wat, haar naam is Lucy

Jordan. Ek is later Umungwelume toe maar ek verneem het die arme man het nie die trip voltooi

nie. As gevolg van die voorval sal Lucy Jordan altyd in my geheue ingeprent wees.

Tussen die pale deur

Deur Tiny Nortjè

Dit is 1981 in Owamboland en ek en my span is op patollie met twee Casspirs.

Ons is verbonde aan die Veiligheidstak op Oshakati.

Naby Okatopi stop `n ou Owambo ons en kla dat `n gewonde terroris sy kraal oorgevat het, al sy

kos eet en doen wat hy wil. Sodra hy voertuie hoor vlug hy die bos in en kruip weg.

Ek besluit toe om `n plan te beraam:

Ons annekseer `n PB bakkie en laai kartondose bo-op en maak sommer `n fiets ook bo-op vas. My

buddy span klim agter in, ek gee hulle opdrag om nie op die gevestigde paadjies te ry nie en te

gaan kyk of hulle die terroris kan kry.

So `n halfuur later kom die berig: ”Ons het hom, ons het hom!”

Page 12: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Toe ek by die kraal kom, sit ta met sy hande vasgebind, hy was wel in die hak geskiet op een of

ander stadium. Ek vra hom toe waar sy wapen is en het eers ontken dat hy een het. Nadat ons

eers “bietjie tee gedrink” het, het hy gesê hy sal ons gaan wys.

In die bos kom ons toe by sy wegsteekplek uit, hy buk en haal die AK47 uit die sand en besluit toe

dat hy slim is, hy kom in `n dreigende houding orent met die wapen, ek het net een uitweg, boeta

Naas Botha kan kom klasse neem, ek tref hom teen die kop met my ‘size 13 boot……’ tussen die

pale deur!

Later het Kapt Eric Winter (Koevoet) die ondersoek oorgeneem en na ‘n lekker geselsie het hy ons

ook gaan wys waar hulle landmyne begrawe het

Page 13: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE

JANUARIE

1 Christo Giani

074 169 9538

5 Daniel Nortje

083 747 2265

11 Marius Swart

072 623 2155

21 Ernst Fourie

082 331 1779

24 Andre Brits

083 259 9290

Page 14: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE

PRYS BETAAL HETDeur Christo Giani

Dit is Desember 1974 en algemeen bekend dat daar ‘n wapenstilstand aangekondig is in Rhodesië.

Die SA Polisie het opdrag om die stilstand te eerbiedig en hulle is verplig om te glo dat die

weerstandsorganisasies betrokke die ooreenkoms sal respekteer.

Op 23 Desember 1974 vertrek sewe lede van die SA Polisie se Police Anti-Terrorist Unit 7 (PATU-7)

vanaf hulle Rusambo basis na Rushinga vir voorraad. Adjudant Offisier Jan Dippenaar is die mees

senior lid en in bevel. Hulle ry met twee Bedfords en ry volgens prosedure, die eerste voertuig

bekend as die “spook” ry ‘n ent vooruit en die tweede voertuig volg.

Naby die Mazoe Brug oor die Mazoe rivier verloor die Spook voertuie spoed teen ‘n steilte en net

voor ‘n draai. Die draai dra daartoe by dat die agterste voertuig nie meer die spook voertuig voor

hulle kon sien nie.

Skielik veskyn ‘n man in die pad en rig ‘n RPG 7 op die voorste Bedford met A/Off Dippenaar aan

die stuur. Hulle word tot stilstand gedwing en omsingel deur swaar gewapende terroriste

(waaronder vroue). Met AK 47 gewere in hulle gesigte word hulle gedwing tot oorgawe. Die tweede

Bedford ry in die gemors in sonder om te besef wat werklik aan die gebeur is en hulle word ook tot

oorgawe gedwing. Die hele SAP groep word ontwapen.

Een van die lede in die SAP-PATU groep is Konst Madanga van die British Southern Africa Police

(BSAP). Hy besef dat hulle tereggestel gaan word en kry die boodskap uit by van die SAP lede. Toe

die eerste skote klap vlug drie die bosse in en beland hulle in die Mazoe rivier wat in vloed is.

Mandanga is een van die lede wat vlug maar is nooit weer lewend gesien nie. Dit word gespekuleer

dat hy moontlik verdrink het. Konstabels Eloff en Grobbelaar het oorleef terwyl 4 lede koeelbloedig

doodgeskiet is.

Page 15: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE

PRYS BETAAL HET

DESEMBER23 1974 A/Offisier J.P. Dippenaar

23 1974 Sersant W.A. du Plessis

23 1974 Konstabel L.W.G. Franken

23 1974 Konstabel L.D. Erasmus

12 1985 Sersant P.R.L. Venter

30 1974 Konstabel A. Boshoff

Page 16: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE

LEDE

Dra van die seremoniele drag.

Soos vervat in die Grondwet Par 5.3

Page 17: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING

BESTUUR

Voorsitter: Willie Fouchè Sel: 083 654 8791 epos: [email protected]

Onder Voorsitter: Tiny Nortè Sel: 083 269 2071 epos: [email protected]

Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]

[email protected]

Tessourier: Sean Clayton Sel: 084 447 3487 epos: [email protected]

Kommunikasie: Christo Giani Sel: 074 169 9538 epos: [email protected]

EREPRESIDENT

Johan Viktor (Genl)

Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)

https://www.facebook.com/groups/535440839915941

Linkedin

http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/

Facebook Page

https://www.facebook.com/coinveteransleague

Page 18: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Indien daar enigiemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die

skrywer direk kontak by:

[email protected]

082 859 0764

(011) 803 6348

Die prys van die boek is R 350.00

VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND

Page 19: Bulle-TIN uitgawe 5 2014

Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings

na [email protected] voor die 25ste van

elke maand.

Redaktrise – Ilana Loubser

Regisseur – Martin Loubser